diff options
| author | nfenwick <nfenwick@pglaf.org> | 2025-02-04 13:14:50 -0800 |
|---|---|---|
| committer | nfenwick <nfenwick@pglaf.org> | 2025-02-04 13:14:50 -0800 |
| commit | 77e3f71db39cda1e8c4a8a53619e77eeb518e8ec (patch) | |
| tree | 2fedda97fba7fee251b45b828778668fbcef86cb /old/63998-8.txt | |
| parent | f0ded1f7a358c8c4fa0c12bf068c16df94c5e161 (diff) | |
Diffstat (limited to 'old/63998-8.txt')
| -rw-r--r-- | old/63998-8.txt | 3423 |
1 files changed, 0 insertions, 3423 deletions
diff --git a/old/63998-8.txt b/old/63998-8.txt deleted file mode 100644 index 9bea98c..0000000 --- a/old/63998-8.txt +++ /dev/null @@ -1,3423 +0,0 @@ -The Project Gutenberg EBook of Boesman-Stories, by G. R. von Wielligh - -This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most -other parts of the world at no cost and with almost no restrictions -whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of -the Project Gutenberg License included with this eBook or online at -www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you'll have -to check the laws of the country where you are located before using this ebook. - -Title: Boesman-Stories - Deel III. Die boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede - -Author: G. R. von Wielligh - -Illustrator: H. Anthon Aschenborn - -Release Date: December 10, 2020 [EBook #63998] - -Language: Afrikaans - -Character set encoding: ISO-8859-1 - -*** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES *** - - - - -Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed -Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project -Gutenberg (This file was produced from images generously -made available by The Internet Archive) - - - - - - - - - - BOESMAN-STORIES. - - Deel III. - - DIE BOESMAN SELF, SY SEDES, - GEWOONTES EN BEKWAAMHEDE. - - - DEUR - G. R. VON WIELLIGH. - Geillustreer deur H. ANTHON ASCHENBORN, Stellenbosch. - - - ALLE REGTE VOORBEHOU. - - - DE NATIONALE PERS. BEPERKT. Drukkers en Uitgewers. - Kaapstad, Stellenbosch, Bloemfontein en Pietermaritzburg. - 1921. - - - - - - - - -INHOUD. - - - No. Bladsy. - - 'n Paar Woorde vooraf 1 - - 51. Klipgereedskappe 3 - 52. Uit die Geskiedenis 9 - 53. Die Boesman self 15 - 54. Die Boesman-taal 23 - 55. Huislike Lewe en Gewoontes 29 - 56. Godsdienstige Begrippe 41 - 57. Bygeloof aangaande seker Diere 49 - 58. Nog meer oor Bygeloof 59 - 59. Die Boesman as Kunstenaar 65 - 60. Die Boesman as Jagter 71 - 61. Die Boesman as Krygsman 81 - 62. Die Boesman as Bediende 89 - 63. Voortekens en Voorgevoel 95 - 64. Nog meer uit die Geskiedenis 101 - 65. Pyl en Boog 109 - 66. Hoe Boesmans Vry en Trou 117 - 67. Is Boesmans werklik so dom? 125 - 68. 'n Boesman is waarlik dapper 133 - 69. Hoe Boesmans verf maak 141 - 70. Kinders van die Natuur 147 - 71. Fyn Diefstalle 155 - 72. As Nood die Boesmans druk 161 - 73. Wat 'n Boesman alles kan doen 167 - 74. Wat 'n Boesman nie kan doen nie 175 - 75. Wat alles in voordeel van Boesmans is 183 - - - - - - - - - -'N PAAR WOORDE VOORAF. - - -Hierdie slag het ons die eer om Deel III van "Boesman-Stories" in -die hande van die Publiek te lê. Deel I het ons 'n insig gegee hoe -flou die godsdienstige begrippe van die Boesman is; in Deel II is ons -vergas geword op Stories wat enigsins die diepte van sy denkvermoë -peil. Dus, tot sover het ons hom met ons verstand gevolg. - -Maar nou in hierdie Deel III en ook in Deel IV stel ons hom in sy -eie natuur kaal en bloot voor die oë van die leser. Ons sal hom in -sy tuiste en in die veld, as versorger van sy gesin en kunstenaar, -as jagter en krygsman, stap vir stap op die hakke volg. Dus, ons wil -nou met sy persoonlikheid en geaardheid kennis maak. - -Die eerste twee Dele is dus Stories deur Boesmans vertel; die volgende -twee is Verhale omtrent Boesmans meegedeel. In die eerste geval was -die outa as Storie-verteller aan die woord: in die laaste geval is die -skrywer die verteller. Dus kan dit moontlik van ons verwag word dat -ons 'n meer verhewe skryfstyl moet aanpas. Dog na ons beskeie mening -sal ons afbreuk aan die egtheid van die materiaal doen om dit met 'n -vergulde nerfie oor te blaas. Ons het nou eenmaal met 'n eenvoudige -skryftrant begin: vergun ons dan ook om dit also te eindig. - -In die eerste twee Dele het ons volkome vertroue op ons eie -aantekeninge gestel, en het dus vermy om gebruik te maak van -mededelings in druk, geskrif of mondeling: dog in die laaste twee Dele -moes ons in seker Hoofstukke (Deel III, om die skakels saam te knoop) -gebruik maak van geskiedenis en boeke wat ons by die geleentheid -sal aanhaal. Verder is ons baie dank verskuldig aan mnr. Emanuel -de Roubaix, van Roggeland, Nieuwoudtville, mnr. A. W. van Zijl, van -Klein-Breipaal, Kenhardt, en ds. W. S. Rörich, van Kroonstad (vroeër -van Namakwaland), vir hulle welwillendheid om ons bydraes te stuur, -waardeur hierdie werk sy oorspronklike karakter handhaaf. Ons reik -hul die hand van dankerkenning uit en gee hul 'n warme handdruk as -'n blyk dat ons hulle onselfsugtige medewerking baie hoog op prys -stel. Ieder se bydrae sal ons waar dit ingevleg is, spesiaal aanhaal. - -In Jakob Platjie het ons reeds baie feite oor Boesmans meegedeel; -om daardie gegewens hier uit te sluit, sal ons die volledigheid van -hierdie werk nie reg laat wedervaar nie; daarom vul ons die nodige -besonderhede ook hier in. - -Hierdie Deel is miskien meer van 'n wetenskaplike aard, so eenvoudig -voorgestel as dit in ons vermoë geleë is; dog die volgende Deel IV -is avontuurlik en minder so. Daarin kry ons te doen met gevegte met -en deur Boesmans, dan sal ons regtig leer wat in 'n Boesman sit. - - - Die Skrywer. - - Kafferstat, P. K. Hendrina, - Transvaal, Julie 1919. - - - - - - - - -NO. 51. - -KLIPGEREEDSKAPPE. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste - volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier, - omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen. - - -In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde -versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale -uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog 'n soort gereedskap te -hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee -die mens self hom moet verdedig--so het hy vereers vuursteen geneem -en dit reggekap om dit 'n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi -te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So -word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem. - -Maar as 'n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk -oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het -na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om -'n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan 'n beter vorm, -sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak -word die Nuwe Steentydperk genoem. - -Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie -ou gereedskappe van klip is onverganklik en is vandag nog te vinde, -en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige -tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou -gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip, -ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het, -is dieselfde as wat ons oupa's en grootjies vir hulle tonteldose en -vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie -soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei. - -Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te -smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik -gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul -dan 'n harder metaal, brons, verkry. A, dit was 'n geluk! Hulle giet -toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle -verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm -gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al -'n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word -die Bronstydperk genoem. - -Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns -om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te -bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak -word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog -in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom -bygedra het. Wat beteken 'n wêreld vir ons vandag sonder yster? - -Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet -voortgegaan het nie! Die Egiptenare het reeds 4400 jaar voor Kristus -'n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en -bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte -versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe -Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde -nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar, -toe hy met Engeland in 52 v.K. oorlog maak, vind dat die Britte nes -Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die -Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse -kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe. - -Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk--dit blyk uit die -maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog -daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en -beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd -nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het. - - - - - - - - -NO. 52. - -UIT DIE GESKIEDENIS. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons - ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir - dr. W. H. I. Bleek se boek "Bushmen Folklore." - - -Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge -van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke -kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié -van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref--ja, -selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk -is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat -baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar -gemaak te wees deur 'n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar -is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika -agter wild rondgeswerf het. - -Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot -gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente -uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand -se gesig baie duidelik kon afbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer -beter as die Egiptenare om 'n ding ver of na op 'n tekening te laat -lyk. Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar 'n -kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het 'n handelstog -na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan -inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy -'n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee -te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy -die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het; -en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk, -moet verklaar dat dit 'n ware Boesman is. - -Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met -die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu -(Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe 'n groot handelsgeselskap na -die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die -Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy -het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat -sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het, -teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik, -is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur -te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit 'n -ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus, -die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf. - -Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts, -hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans -begin toe die vee te steel en op roekelose wyse te slag, wat tot -gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor -die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword, -wat weer 'n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe -invloed uit op albei sprake--dié van die Hottentotte en die Kaffers. - -Toe die blanke bevolking aan die Kaap 'n volkplanting kom aanlê, -het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot -Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt -van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal, -Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie. - -Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat -die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot -hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom -kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het, -is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op -'n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om -'n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te -ver nie. - -Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te -vang en te slag. Kommando's is teen hom uitgerus geword; en daar hy -'n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se -werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman -en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword. - -Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so 'n voet voortgegaan -sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou -die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om 'n boerdery -mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog -albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en -toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het -probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer -volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies -en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke -grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om -Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op 'n mislukking -uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie, -en vermoor selfs die veewagters op wrede manier. - -As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon -nie--die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare -deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie. - -Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog -Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie -van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier -ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe -bevorder het nie. - - - - - - - - -NO. 53. - -DIE BOESMAN SELF. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self - wat ons as Boesman ken. - - -Die Boesman noem hom in sy eie taal, Cham, of liewers gesê, -'Cham-ka-'kui (ka is se of sy, en 'kui man). Boesmanland noem hy -'Cham-ka-'au, en sy taal is 'Cham-ka-'kakken. - -In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans, -naamlik van:-- - -Die Dwergies. Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het -hul 'n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van -Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur, -met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die -digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van die Boesmans van -Suid-Afrika: hulle praat 'n taal wat deur die gewone Boesman verstaan -word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde, -en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die -gewone Boesman. In 1884 het 'n reisende sendeling ons meegedeel dat -die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy 'n -paar na 'n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim -en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen -gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom, -waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan; -en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word -as 'n mens die Dwergies na 'n boom van hierdie soort sien hol. Wel, -hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy -mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer; -maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand -verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te -laat sterwe. - -Die Vaalpens-Boesmans, of Vaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is 'n -baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny -ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy -liggaamsbou lank en swart nes dié van 'n Kaffer, dog in maniere, -geaardheid en taal is hy 'n ware Boesman; maar lank nie so skrander -en gesleep as 'n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van 'n swerfling -en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar 'n treurige menssoort en -lyk soos 'n hond wat nie 'n baas het nie--ja, hy sal selfs 'n volle -jaar werk om 'n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense -van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters. - -Die gewone Boesmans. Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie -boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat -verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het 'n vuil, geel kleur -en het 'n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim--dus 3 duim langer as -die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in -klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder -die oë, terwyl hy 'n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy -oë is half toegeknyp, sodat hy deur 'n skrefie onder sy oorhangende -ooglid uitkyk--miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed -in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy -klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog -sal baie hom dit nie nadoen om 'n boogsnaar so ver na agter te trek -nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande -afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort -mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag, -maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is -so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat -'n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie--wat egter nie die geval -is nie: hy het deeglik onsigbare nate. - -Sy oë is klein en bruin en besit 'n siensvermoë wat menige mens laat -verstom. As hy sy hand bokant sy oë hou om dié teen die skerp sonlig -te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy -is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye -betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit. - -Die Boesman is by uitnemendheid 'n swerfling en 'n ontembare liefhebber -van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog -geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van -die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier, -aan die noorde van Damaraland. - -In verstand is hy maar swak ontwikkel--lees en skrywe val swaar. Dit -skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net -woorde vir een, twee, drie--verder noem hy dinge met die woord baie -(of soos hy sê: "nie min nie"). Soos meeste barbare, loop hulle -nakend: die mans slaan 'n smal vel onder sy bene deur en bind dit -agter en voor aan 'n gordband vas, terwyl die meide 'n soort kort -velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra 'n karos of -velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms 'n slaapplek agter 'n bos, -dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte -gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik, -daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul -hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van -wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te -dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet, -gebruik hul 'n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met -ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë -doppe van volstruiseiers of in die pens van 'n geskiete springbok -of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere) -aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word. - -Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is -verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister, -en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net -skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries -om klein wild mee dood te gooi, en sommige het 'n asgaai op een -of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met 'n -slinger te werp--soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die -boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan -hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie; -terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger, -moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy 'n mens -of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind -is hy minder gelukkig. - -Sy voedsel bestaan byna uit enige ding--al wat hy nie eet nie, is wat -hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange, -akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit -die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis, -veldvrugte, wortels, uintjies en heuning. - -As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die -bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie -opsig by hom ver kort skiet; en dan sal ons verstaan dat 'n Boesman -nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende -diere te vermy, of aan te val om hulle te dood. - -Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy -geen wette nie--elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy -wet is: "Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek." Van -'n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur -dat die inwoners van 'n kraal die sterkste en dapperste man as leier -beskou of dat 'n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou -word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak -word, of as die klomp uit mekaar koers vat. - -Omtrent hulle godsdiens sal ons in 'n ander verhaal vertel en sien hoe -flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot -hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in 'n woesterny -alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en -diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees? - -Sommige persone wil beweer dat 'n Boesman nie 'n mens is nie; ons sal -net 'n paar vrae aan hulle stel: Het 'n Boesman 'n taal en kan hy -'n ander taal leer? Kan 'n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe -hou? Kan 'n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans -honde aan en bly die honde vir hulle getrou? - -So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen: -"Watter dier nog kan dit alles doen?" En dan voeg Jakob Platjie daarby: -"Hoekom spook 'n Boesman as hy dood is?" - -Die enigste huisdier wat 'n Boesman aanhou, is 'n hond. - - - - - - - - -NO. 54. - -DIE BOESMAN-TAAL. - - - OPMERKINGS:--Ons sal maar hieroor 'n kort Verhaal skrywe; - want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde - lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige - informasie dank verskuldig aan "Bushmen Folklore" deur dr. Bleek - en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder - deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het. - - -As ons 'n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink -aan 'n geselskap paddas wat langs 'n watervoor sit koert en tong -klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: "Is dit nou werklik -'n taal in die regte sin van die woord?" - -By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik 'n taal is, -waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die -werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar 'n -enkelvoud, tweevoud en 'n meervoud van selfstandige naamwoorde is. 'n -Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom -op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig -en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die -behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte klemtoon -op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte -plek van die mond te gee, anders kry dit glad 'n ander betekenis. - -Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons -gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:-- - - - 1. Die gesmak-klik. Dit is die sagste van algar en word gemaak deur - die twee lippe op mekaar te plaas en met 'n gesuig skielik te - verwyder--nes met 'n soen. - 2. Die sagte tandklik. Dit word gemaak deur die punt van die tong - teen die boonste voortande saggies vas te druk en met 'n suig - skielik weg te trek--nes ons maak as ons oor iets spyt of - jammer het. - 3. Die sylingse klik word gemaak deur die tong een kant toe teen - die kieste te druk en dit met 'n suig skielik weg te ruk--net - soos ons maak om perde te laat trek. - 4. Die keelklik word gemaak deur die tong bo teen die gehemelte op - te krul, met 'n trek skielik na agter--amper nes ons vir 'n - klein kindjie bang maak. - 5. Die harde klik word gemaak deur die punt van die tong teen die - voortandvleis vas te druk en dan skielik weg te ruk--nes ons - vir 'n hen met kuikens roep. - - -Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:-- - - - (a) Die keelklank, wat amper soos die Hollandse ch klink. - (b) Die sterk knorklank word laag in die keel gemaak en gaan nes - 'n padda wat kwaak. - (c) Die swak knorklank word vorentoe in die keel gemaak--amper nes - ons saggies keel skoon maak. - (d) Die neusklank word deur die neus gemaak--nes in baie Franse - woorde. - (e) Musikale klank, wat 'n luidende toon aan die woord gee--nes ing - in Engelse woorde. - (f) Klemtoonklank, wat die regte klemtoon gee. - - -So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie. - -Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie -genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee -nie--dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie -taal behoorlik te skrywe. - -Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar -somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal -in geskrif te bring. - -Hier gee ons 'n voorbeeld hoe Boesmans 'n selfstandige naamwoord -verbuig (volgens dr. Bleek):-- - - - Enkelv.: Meerv.: - - N. 'Kuiten (man). N. ''Eiten (manne). - G. 'Kuita (man se). G. ''Eita (manne se). - Vok. 'Kuwe (o man). Vok. ''Auwe (o manne). - Ak. 'Kui (man). Ak. ''Ei (manne). - Alt. 'Kuko (ander man). Alt. ''Ekuiten (ander manne). - - -Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat -hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul -nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe -nie--so besit hul 'n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie -gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront--want -dit moet van kinderjare af geleer word: 'n volwasse raak die taal nooit -grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid--wie weet hoe lank -dit nog kan duur?--vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders -wat die taal van die Boesman ken, 'n goeie akademiese opleiding te gee -om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer. - -Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike -taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en -Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet -ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking -met vreemde stamme gekom het, en dat 'n Boesman in verbasende goeie -aanleg besit om 'n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die -ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is -in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag -nog opregte Boesmans vind. - - - - - - - - -NO. 55. - -HUISLIKE LEWE EN GEWOONTES. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die - Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing. - - -Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin -nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het, -hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan -handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die -versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel -die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers--al groei -hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes. - -Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet -van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net 'n dag van vandag en -bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel -daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal -ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder -murmureer daaroor doodtevrede wees--en hy is ook tevrede! - -Skiet die vader 'n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie -meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan aan braai, hul eet -tot hulle middellyf op 'n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te -dans, of gaan slaap, om die braaiery oor 'n ruk weer te hervat en eet -dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op -is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van -die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het -eer 'n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar, -slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen -maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader 'n -kans vir 'n skot, dan waag hy dit. Is dit 'n raak skot, dan is daar -meer kos vir die volgende dag. - -Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat -hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié -mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband, -aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou -eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp -hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie. - -Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank -geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit 'n kleinigheid -vir 'n volwasse Boesman om die helfte van 'n groot emmer water uit te -drink, en 'n klein kindjie sal 'n paar bottel water soos niks uitdrink -nie. Hulle wag 'n rukkie en drink weer 'n goeie hoeveelheid water. - -As 'n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene 'n entjie -van die deur van sy hut op 'n hopie gegooi. So het elke man in die -kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word, -word in die hol bak van die borsbeen van 'n volstruis geplaas. Is -daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en -daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen. - -Maar het net een man van daardie kraaltjie 'n groot stuk wild geskiet -en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die -nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die -man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook -op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie -manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys. - -Die boonste bladbeen van 'n springbok word nie op die beenhopie gegooi -nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen -die latte van die hut weggesteek--en wel in die hut van die man wat -die bok geskiet het. - -As 'n Boesman 'n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy -stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor -'n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul -hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die -uitkyk na stof die eerste ding. - -As Boesmans enige tyd op 'n plek gewoon het en trek dan weg om wild -of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul -bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en -wel in 'n lyn wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die -ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te -vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde -bossie word naby die ou plek geplant, die twede 'n bietjie verder, -die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word -'n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in -geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende -ook by hulle aan te sluit. - -Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe 'n diep -gat waar water is; dan steek hul 'n uitgeholde riet in die gat regop -in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net -die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie -riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan -suig hul water met hul mond op en ledig dit in 'n leë volstruiseierdop -of in 'n leë springbokpens. Dus, as iemand water van 'n Boesman kry -om te drink, moet hy nie altyd vra: "Hoe het jy die water geskep?" nie. - -Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie 'n voetpad -daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié -met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore, -sodat 'n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het -nie. Ook word op hierdie manier nie 'n voetpad veroorsaak nie. Die -volgende dag neem hul weer 'n ander koers. - -As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal--vir 'n stukkie tabak -of vuurhoutjies is hy altyd gewillig--, dan stap hy nie direk in die -rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde -rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met 'n ompad -na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie -te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra -om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om -'n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters -uit sy jagveld weg te hou. - -Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe; -maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke -met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte -van die grond--so gelyk asof daar nooit 'n put gewees het nie. - -Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die -vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand -se pinkie van 'n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van -'n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie -juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur -dit ook dat 'n mooi meidjie--'n lelike na hulle beskouing nie--'n -gat deur haar neus kry; want dit sou haar met 'n ringetjie daardeur -nog mooier laat lyk. - -Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en 'n heel -eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag -die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige -gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem -hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en -snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit 'n geraas nes 'n -droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels -van die mans vasgebind, sodat dit 'n geritsel kan maak as hulle hul -voete teen die grond stamp. - -Ook maak die meide 'n tamboer van 'n pot en afgehaarde -springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en -dansmaat aan te gee--vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer -'n uitstekend goeie jag gemaak is. - -Om die vuur is drie kringe:--In die binneste brand die vuur, en daar -word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak; -en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit -die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie -op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie -praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul -al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te -gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het, -gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets -oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van -die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en -plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis -oor die dag van môre en die toekoms nie. - -Hoeveel 'n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is -seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons sal maar sy geliefkoosde -uitdrukking vir baie gebruik: nie min nie. Op die plaas Lemoenkop, -langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat 'n Boesman -met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot 'n ruk na sonop -'n springbok en 'n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David -Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar 'n kort -entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen -gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie. - -Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse -maak; vir gare gebruik hul die senings van diere. - -Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei--as -hul dit kan bekom--te smeer. In die spoelings van waterlope word -'n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer -hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster. - - - - - - - - -NO. 56. - -GODSDIENSTIGE BEGRIPPE. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans - van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig - daarvan af weet. - - -Van 'n Opperwese, van 'n plek van Geluk of Straf het die Boesman -totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die -begin 'n ougeslag van Boesmans bestaan het--ander mense neem hy in -hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan -daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as 'Chwe-'na-ssho-'ke, -wat hul in enige dier, boom of mens kon verander. - -In die begin was daar 'n skemering oor die hele aarde. Die son, maan -en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat -die son een van die ougeslag was, met 'n blink aangesig, dat die ander -manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders, -die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog -is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant -op en soek na sy lyf, wat in 'n krap verander het, tot die aand toe, -en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre--dag na dag--te -ontwaak. Die son-man was in sy dae 'n groot jagter, towenaar en man -van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het. - -Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat -deur die Dwarrelwind ('n soort voël) die lug ingewaai het. Die son -wou die maan daar nie hê nie--so skiet hy stukke van die maan af, -tot die maan die fatsoen van 'n opgekrulde skoensool het. Die maan -het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde -maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan -weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die -krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer -plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie -lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer -op keer as hul sterwe--net soos die maan maand na maand lewendig -word. Dus was die Dood in die begin maar 'n tydelike slaap. - -Dog die Dood--om nie weer lewendig te word nie--is deur die Haas in die -wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die -dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder -weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom -'n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê -die Maan: "Van nou af sal niemand weer lewendig word nie--net soos -ek--, maar algar sal baie lank doodbly." So het die Dood deur die -Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar -'n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het wat nog -altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie, -eet hul daardie stukkie vleis nie. - -Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende -as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo -opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die -Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar -is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die -hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige -wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in 'n lied, -of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat -die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn -nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak; -dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou, -sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom, -naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook -gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van -prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die -hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook -met hul die somerwarmte kan meebring. - -Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in -ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles -leef en slaap maar vir 'n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan -en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf -goed òf kwaad kan doen. - -Bepaalde afgode ken die Boesman nie--daarvoor is sy begrip van -'n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van -die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery; -is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom -die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy -voel hom magteloos teen 'n donderstorm of verskeurende ongedierte wat -plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die -Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die -gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets. - -As 'n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een -'n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille -van die gees wat daarin woon. - -'n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die -"wegleggingsgebed" uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat; -maar wat daardie "wegleggingsgebed" eintlik is, kon hy my nie te veel -van vertel nie. - -Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen -priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en -goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan -hul 'n grondige en verenigde opienie oor 'n seker leer of instelling -hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle -het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke -van hulle eie nie--dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog, -daar bestaan 'n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel -nie ontwikkel is nie. In hierdie opsig is hul amper 'n siertjie vir -die Kaffers voor, wat glad nie eens 'n woord vir God in hulle taal het -nie--in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woord Tixo vir God gebruik. - -As ons van die Boesman se geloof praat, is dit amper beter om van sy -bygeloof te spreek--hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis -sal maak. - -Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag -van 'n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen. - -Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om -'n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik, -het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat -buite die jagveld geleë is, lê vir hom in 'n donker, mistige weer, -en dit val hom swaar om dit meteens te vat. - -Maar op die jagveld kan ons algar lesse by 'n Boesman gaan neem. Daar -is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand. - -As 'n Boesman hom by die stene van 'n graf van 'n vriend of famielielid -buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar -hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat -die gees in die graf hom hoor. - - - - - - - - -NO. 57. - -BYGELOOF AANGAANDE SEKER DIERE. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe - wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat - dit amper net soos 'n soort godsdiens kan beskou word. - - -In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat -bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot -Waterslang begin: - -Die Groot Waterslang het 'n skitterende en fonkelende steen op sy kop -en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy -luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder -die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die -fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van -die grond, sodat die jagters net nodig het om 'n vlak gaatjie te grawe -om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word, -waaruit die water met 'n hol riet gesuig moet word. - -Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die -Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy -laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë, -waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer -te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel -en van alles wat hy kan doen. - -Ons het 'n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang -gesien het. Op 'n plaas in die Piketbergse distrik het 'n man ons -'n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het -nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee -deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur 'n giftige slang -gebyt is, en 'n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek, -dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die -steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit -tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie--dus laat ons -die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882 -deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is. - - - -Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van 'n vinger, -en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders -wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip -(asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente, -maar is glad nie 'n skitterende steen nie--soos die Boesmans beweer--, -wat in die dag blink nes 'n ster en in die nag nes 'n kool vuur. Wel, -dis soveel as ons van die affêre af weet. - -Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker -van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die -gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in -'n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in -'n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate, -en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die -bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen, -dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes 'n os met horings. - -Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van -die ougeslag Boesmans. Vra 'n mens aan Boesmans hoe hul dit weet, -dan antwoord hul met 'n weervraag: "Waar kom daardie goed se sterkte -en krag dan vandaan?" - -Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet -nie. Want 'n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste -geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke -en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie. - -Die Boesmans vind die gebrom van 'n volstruis mooier as die gebrul van -'n leeu. Daarom, as hul 'n volstruis skiet, dan moet hulle kinders -die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak, -dan verloor dié hulle eienskap om die kinders 'n harde stem te gee. Dit -word by seker geleenthede gedoen. - -Boesmans glo dat hul 'n uil kan betower en hom dan na die hutte kan -stuur om daar te hoe-ho en die dood van die ongewenste persoon aan -te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy -daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as 'n groot towenaar -beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken -hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as 'n uil buite in -'n boom skree. - -As iemand 'n slang beseer, of selfs net die kop met 'n entjie lyf -afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig -aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het, -hy steek hom daar êrens in 'n hoekie of in sy kooigoed of in sy -velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook -'n Hottentot-bygeloof. - -Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of -hul mag nie die vars bloed of vleis aan 'n boog, pyl of pylkoker laat -kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of -in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die -veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om -naby te kom nie--hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters; -ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af. - -Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van -'n springbok nie: ander parte kan sy maar eet. - -Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees -hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep. - -Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide -gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat -die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker -stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene -wat van tyd tot tyd daar geval het. - -Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul -'n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van -'n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis. - -Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by -voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want -as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van 'n dier wat -baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy -die vleis van 'n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke -vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is 'n dier -wat snags nie slaap nie--dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan -gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir -daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug. - -Wanneer 'n slang by 'n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en -nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat -daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie -afgestorwe persoon. - -Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal -dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie. - -Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans -gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog -as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die -swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir 'n Boesman wette kan -voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan 'n ander. - - - - - - - - -NO. 58. - -NOG MEER OOR BYGELOOF. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die - bygelofies van Boesmans. - - -Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir -enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige -skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of -storms uitskel of met minagting behandel, bedryf 'n groot kwaad. Hy -glo dat die donderweer 'n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse -straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die -weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van -die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie. - -Die wind word deur 'n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas -gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi, -of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die -maker van die wind laat 'n windstorm opkom om alles te verwoes en -uitmekaar te pluk. - -Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand -hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit, -anders word die reën kwaad en roep 'n geweldige storm op, wat alles -laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die -veiligheid te bewaar. - -As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy -bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die -weerlig of 'n swaarweersteen dood. - -As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek -hul 'n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat -daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan -die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder -die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit -nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die -wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in -die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar -is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae. - -Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie--daarom maak hy die -kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel -nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel--nes die -kinders van katte doen--, dan verander hul ook in wilde-katte--dus, -sodra hy sy kind met 'n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas -hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak. - -Vir spoke is hy baie bang. Naby 'n begraafplaas kry 'n mens hom -nie in die donker nie. As hy meen dat hy 'n spook sien, trek hy -'n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg -so hard as hy kan. Hy vertel as die spook 'n bossie onderstebo sien -staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan -daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar -'n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg -en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy -sien dis maar alles foppery. - -As 'n ster verskiet--vernaamlik as dit 'n lang ligtrein agterlaat--, -dan meen die Boesmans dat 'n bekende of 'n vriend sterf; die ster -wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul -lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding -'n paar dae daarna. - - - - - - - - -NO. 59. - -DIE BOESMAN AS KUNSTENAAR. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy - verskillende kunsbedrywe volg. - - -Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as -kunstenaar glad nie 'n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy 'n -skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin -het hy 'n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde--dit wil sê, -om voorwerpe op 'n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy -aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word -deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans -met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers -met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word -op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur -aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met -'n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met -'n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en -bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring. - -Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die -fatsoen van die liggaam van 'n dier taamlik getrou kan afteken, sodat -daaromtrent geen twyfel kan bestaan nie; maar die bene en horings -is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die -oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om -'n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis -natuurlik 'n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem -hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings -duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder 'n regte besef besit -van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel; -hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas -Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons -mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van -der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons -aandag op daardie inkrapwerk te vestig. - -Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak -word, anders verloor so 'n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook -as 'n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die -Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min -toneeldansers wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof--hy is met sy -voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy -liggaam is hy amper so knap as 'n slang. - -Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou -by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie -en is maar bra eentonig, dog altyd van 'n vrolike aard en bestaan -meestal uit riele, waarvan nogal 'n taamlike verskeidenheid bestaan. - -Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou -kan naboots. Daar 'n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy -kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om 'n -lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy -beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle -naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op -hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op -sigself is ook 'n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer -dat sulke voortbrengsels al hulle krag by vertaling verloor, anders -kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees. - -As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad -nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die -hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en -namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit--so moet ons hom -hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou. - -Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond -of veld te vind, is hy bepaald 'n kunstenaar of 'n deskundige: die -geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan -vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees -het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en -hoe skrander in ander gevalle. - - - - - - - - -NO. 60. - -DIE BOESMAN AS JAGTER. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal ontmoet ons die Boesman op - sy regte plek. Ons kan nie glo dat enige nasie hom op hierdie - gebied kan verslaan nie. Sy planne by die jag is onbegryplik fyn - en skrander. Iemand wat 'n Boesman nog nie in die veld sien jag - het nie, kan hom daarvan geen denkbeeld vorm nie. - - -Een voordeel besit die Boesman as jagter: hy is klein van persoon en -besit 'n paar oë om ver en raak te sien soos nog geen ander menseras -hom op kan beroem nie. Ook sy geelbruin kleur is tot sy voordeel; -want dit verskil min met die omgewing van die veld waarin hy sy -lewensbestaan moet soek. Van natuur is hy deur al die eeue heen so -gehard dat dit baie vermoeienis vereis om sy kragte uit te put--hierin -kom sy ligte liggaamsbou hom ook tot hulp. Sy uithoudingsvermoë -teen honger en dors, hitte en koue en die grootste ongeriewe oortref -ons verstand. - -Sy ingeskape oplettendheid is sy onfeilbare gids. Sy soekende oog is -wakkerder as dié van die wakkerste jaghond. Hy het lankal opgelet dat -wild teen die wind op wei en dat wanneer hul verskrik word, hul teen -die windkoers trag te ontvlug. Wel, dit weet die ander jagters ook; -maar wat hy verder ag op geslaan het, is dat as wild twee stompe hout -gekruis oor mekaar sien lê, of 'n bos met sy wortels na bo sien staan, -of volstruisvere aan 'n stok gebind in die grond geplant, bemerk, -of soiets gewaar, dat hul dan nie so na aan daardie plekke wei nie, -maar sulke tekens op 'n afstand vermy. Ds. Rorich vertel: - -"Gewaar die Boesman dat wild op 'n ver afstand wei, dan berei hy sy -jagveld deur twee rye van sulke tekens te maak. Die twee rye is so ver -van mekaar dat die wild tussen hul kan opwei. Is alles in gereedheid -gebring, dan gaan die jagters tussen die twee rye van tekens gate -in die grond grawe, waarin hul plat gaan lê, sodat die wild hul nie -kan gewaar nie. Ander Boesmans, ook sommige van die meide, stap in -'n bepaalde rigting om die wild, sonder hul skrik te maak, na die -jagters aan te keer. Hierdie verrigting vereis baie oefening en -oplettendheid. Die aandrywers vertoon hul op 'n afstand, sodat die -wild genoodsaak word om in die rigting te wei waar die jagters vir -hulle klaarlê. As 'n mens sien hoe knap dit uitgevoer word, staan sy -verstand amper stil. - -Wei-wei kom die wild nader tot hul tussen die twee rye tekens -is. Die jagters wag tot algar 'n kans het of 'n kans kan kry. Uit -hulle wegkruipplekke vlie een pyl na die ander sonder gedruis deur -die lug en tref sy mikpunt. Die wild sien hoe van hulle maats spring -en spartel--so neem hul die vlug, dog verskeie van hulle het in die -slag gebly en val in die hande van die skrander jagters. Ieder man -se pyle is gemerk--dus weet hy watter bok hy vir hom moet toeëien. - -Hierdie plan van aanval is nie die enigste kunsgreep waarmee Boesmans -hul bedien nie. Dr. Bleek vertel ons van ander planne, wat in sy boek -te vinde is. - -Die springbok is die moeilikste wild om onder pylskot te kry--so moet -vir hom baie fyn planne gemaak word. So is die jagter verplig om hom op -een of ander manier te vermom en op 'n baie skelm manier weg te kruip. - -Boesmans maak wat bekruipmusse genoem word; verder vermom hy sy -liggaam met vasbind van bossies om sy liggaamsdele, sodat hy presies -nes 'n bossie lyk. Daar wild fyn van ruik is, moet hy die windkoers -waarneem om altyd onderkant of dwars teen die wind te bly; want kry -die wild die ruik van sy vyand, dan neem hy die vlug. - -Verder bedien hy hom van die velle van wild om dié om sy liggaam te -trek. So neem hy die afgeslagte vel van 'n volstruis en gord dit om -sy lyf; in die nek steek hy 'n stok, met sy hand kan hy die nek na -die grond toe laat sak of oplig--net soos 'n volstruis doen as hy -wei. In dié houding kom hy nader en nader tot hy die voëls of wild -onder pylskot het. Dog dit alles moet op 'n handige manier uitgevoer -word, daar wild ewe oplettend as sy vyande is; word die plan onhandig -uitgevoer, dan ontdek die wild die bedrogspel en neem die vlug. So kan -ons goed verstaan hoe die kinders in die ledige ure geoefen word om -sulke bedrywe knaphandig uit te voer. Dit leer hul as hul nog jonk is. - -Daar die Boesman so gehard is en so baie vermoeienis kan trotseer, -so weet hy om hiervan gebruik te maak om sy uithoudingsvermoë te meet -teen diere wat nie water drink nie. Die springbok en die haas behoort -tot sulke diere. In tyd van droogte besit die plante nie baie sappe -nie--dus as sulke diere op die warmste van die dag vermoei word, -kry hul gou dors en raak dus kapot en gee in as die druk te sterk op -hulle kom. Dit alles verstaan die Boesman; hy sorg dat hy water by -hom het en begin sy agtervolgingshardloop na hy 'n seker bok vir hom -uitgekies het. Hy agtervolg die bok op die warmste van die dag. Hy -het die voordeel om soms 'n korter pad te hol as die bok met 'n draai -loop. Sodra die bok mislik word en tekens daarvan gee, weet die Boesman -dat die dier nou ingee. Spoedig oormeester hy sy stuk wild--maar -praat nie van sy eie vermoeienis nie. Watter mens sal dit nog vir 'n -Boesman nadoen? 'n Haas is makliker om op hierdie manier baas te raak, -dog ons, witmense, kan hierdie plan vir uitvoer maar uit ons kop laat. - -Vir voëls word wippe en strikke van allerlei soorte gestel, ook -bedien hul vir hulle van die maak van vanggate deur 'n diep gat in -die grond te grawe, dit met latte, gras en grond te oordek; dus, as -'n dier daarop trap, val hy binne-in. - -Meerkatte word gevang deur 'n ent van die gate af te gaan lê; sodra -die meerkatte gaan wei en op 'n afstand in die veld is, bestorm die -Boesmans die gate, stop algar behalwe een toe, dan gee hul effe pad; -die meerkatte bestorm die gate en wil by die een gat in, alwaar hul -gevang word. - - - - - - - - -NO. 61. - -DIE BOESMAN AS KRYGSMAN. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal maak ons kennis met 'n gevaarlike - vyand, wat geen genade vra nòg genade verleen nie. - - -Een van die oorsake dat die Boesman-nasies so uitgedun is, is omdat -hy die lewe van sy vyande nie spaar nie; hyself, as hy in die hande -van sy teëparty val, smeek ook nie om genade nie en verwag om maar -die dood te sterwe. - -Wat hom so 'n gevaarlike teëstander maak, is sy gevaarlike gifpyle: -'n skrapie aan die liggaam deur een daarvan veroorsaak, beteken -gewisse dood, tensy 'n teëmiddel vir die gif by die hand is. Dan -kom nog daarby dat 'n Boesman nooit sy teëstander op die oop vlakte -uit die vry vuis ontmoet nie, en dat hy so kan wegkruip en hom so -kan versteek dat hy totaal onsigbaar is vanwaar die gifpyle sy boog -verlaat, en misskiet is amper onmoontlik vir hom. Want hy waag nooit -'n skot nie of hy moet seker wees dat dit raak sal wees. - -Ook 'n Boesman sal nooit weerstand bied as hy nie tevore 'n veilige -plek vir hom uitgekies het nie. Daarvoor sorg hy altoos. Reeds ver het -sy skerp oog sy teëparty sien nader; en as daardie een sy aanval begin, -dan het die Boesman lankal sy posiesie ingeneem. Nou kan iemand hom -voorstel watter kanse daar bestaan om Boesmans in berg- of rantveld op -die lyf te loop; want hy kan wegkruip beter as enige dier dit kan doen. - -Ofskoon die Boesman die witman met jagplanne ver uitstof, is die -witman tog sy moses om krygsplanne te maak--dis te sê, as die Boesman -nie meer agteruit of vooruit kan nie. Maar solank dit nog nie die -geval is nie, dan is dit makliker om 'n voël in die lug te vang as -'n Boesman in die berge of tussen skurwe rantjies. - -Die eerste wat die teëstander aan dink, is om hom teen die gifpyle te -beskerm. Hiervoor word verskeie planne by die hand geneem. Een is om -harde, rou beesvelle vir skilde te gebruik: stokke word aan die vel -gebind om dit stewig te maak en daarmee te dra. In die vel word smal -skietgate gesny--net dat die tromp van die roer daardeur kan en dat bo -nog 'n smal skrefie is om deur te loer om korrel te hou. Selfs hierdie -skietgat is gevaarlik. 'n Ander persoon of ander persone as die skut is -die skilddraer om die skild versigtig voorwaarts te dra. Dan, 'n vel -moet dik en sterk wees as hy bestand is teen die skerppuntbeenpyle: -so 'n pyl kan 'n dun vel gemaklik deurboor, en die Boesman weet waar -te mik, daar die een wat hom bespied, noodwendig voor die skietgat -moet staan om te loer. In sulke gevalle word dubbele velle gebruik. - -Het die skuts geen velle meegebring nie, dan word groot bosse latte of -gras styf vasgebind, en die skut rol dit voor hom uit; maar dit is maar -'n gevaarlike onderneming; want die skut moet sy kop oor die bondel en -daarlangs uitsteek om korrel te vat, en dan het die Boesman al lankal -sy korrel geneem. Om te beproef of dit gewaag is om die kop agter die -bondel uit te steek, probeer die skut eers om sy hoed op 'n stokkie uit -te lig; sodra die hoed sigbaar word, vlie daar pyle deur; dit herhaal -hy om die Boesmans hulle pyle te laat vermors. Dog as die Boesmans -sien dat die hoed steeds sy verskyning maak, weet hulle somar dat dit -'n foppery is; want sy skerp oog het die pyl deur die hoed sien gaan -en sy fyn gehoor het die pyl hoor klap. So spaar hy verder sy pyle, -en al hou hy net een pyl oor, dan nog is hy net so gevaarlik asof hy -met 'n koker vol pyle sit. En glo daardie een pyl gaan hy nie somar -vermors nie: hy hou dit as dit 'n kwessie van lewe of dood word. - -Soms gebruik die geweerskuts 'n ander krygslis deur 'n klomp beeste -tussen hul en die Boesmans vas te keer. Op hierdie manier kan hul -vir hulle agter die beeste wegsteek en rondskuif, sodat dit vir die -Boesmans moeilik word om presies te weet agter watter beeste die -geweerskuts is. Op so 'n wyse kry die aanvallers beter kanse om op -die plekke te skiet vanwaar die pyle kom. As die son laag sit, kan -'n mens die pyle teen die son verby sien trek, dog as die son hoog -in die lug is, dan is soiets haas onmoontlik; dus is die kuns ook om -uit te vind van watter plekke die pyle kom. - -Dit gebeur soms dat Boesmans hulle veediefstalle op die oop veld -voortsit, en dat hul op die kaal vlakte ingehaal word. In sulke -gevalle het hul hulle agtervolgers ver sien aankom en maak dan gate -in die grond om 'n verdedigende houding aan te neem. En daar is hul -net so gevaarlik om uit te haal as in die kliprantjies. Want solank -hulle agtervolgers nie onder pylskot is nie, sal die Boesmans geen -geleentheid aanbied om een roerskot op hulle af te vuur nie. En kom -die agtervolgers onder pylskot, dan weet ons wat dit beteken. - -Met Kaffers is die geval anders. Hulle kry orders om die verskansings -van die Boesmans lewendig of gewond te bestorm. Wie val, val--maar -vir die Boesmans moet hul gaan doodsteek. Kafferhoofde gee geen rep -om omtrent die lewe van hulle krygsvolk nie; so het by voorbeeld die -Soeloekoning Tjaka orders aan sy krygsvolk gegee om ongewapend 'n leeu -te gaan vang en dit lewendig by hom in die kraal te bring. Hoeveel -Kaffers so 'n leeu eers doodbyt voor hul hom in hande het, is hom -onverskillig. Dog hul moet hom lewendig bring. - -Wat die Hottentotte betref, is hul amper net so gevaarlik om teen -te veg--dus is dit te begryp dat die twee partye--Boesmans teen -Hottentotte--taamlik onder mekaar gemaai het. Hierdie voordeel het -die Hottentotte aan hulle kant: hulle is beter georganiseer en kan -dus met groter mag gesamentlik optree. - - - - - - - - -NO. 62. - -DIE BOESMAN AS BEDIENDE. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman - vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en - nie so onbekwaam is nie. - - -Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom -uitmaak nie. Eendag sê 'n man aan ons: "Arrie, 'n Boesman kan 'n -mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie, -dan mis jy hom darem." - -Boesmans wat in die wildernis onder 'n vrye lug en in 'n vrye natuur -gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van -beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase -vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan 'n -uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het -vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was -nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee -tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool, -ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter -het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel; -want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg. - -Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref--maar dan moet die -baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie. - -Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense -van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van -sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van -die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat -die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as -'n Boesman 'n seker leeftyd--nog maar jonk--bereik het, dat hy 'n -vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te -sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op 'n Boesman rus, -hy langer bly, daar sy vrou liewers 'n stiller lewe wil voer as om -in die woeste met haar kinders rond te swerf. - -Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk -drank word. Vir 'n pruimpie tabak sal 'n Boesman ver uit sy pad -gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het -en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat -daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat -vir dronkenskap tereg--dis te sê as hul daardie maand nie reeds -in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir 'n -Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry, -en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak -is geen hoeveelheid tabak bepaal nie--net soos dit op is, dan kom jong -of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit. - -Winkelklere hou vir 'n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd -daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere -meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het--regmaak of -lap is net verniet. - -As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal -nie 'n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die -trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde -om vir hom te jag--so neem hy altyd 'n hond met hom veld-toe--dis te -sê as hy een het of kan kry. - -Maar ook vir plaaswerk van 'n ligte aard is hy ook handig. Hy is -'n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig--sowel -leier as ploegsterthouer. - -Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om 'n Boesman sy -volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel -kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van -hom nie--hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer -te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net 'n seker taks; want by -eet en drink het dié nasie geen maat nie. - -Deur hulle van kleins af te oefen, kan 'n mens hul leer om sindelik -en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle -klere is as 'n meid kan dink om te wees. - - - - - - - - -NO. 63. - -VOORTEKENS EN VOORGEVOEL. - - - OPMERKINGS:--Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels - aan dr. Bleek se boek "Bushmen Folklore." - - -As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis -of 'n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan -wees--ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of -kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As -sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die -ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. 'n Droom -is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie: -op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as -daar mense en besoekers vir hom aankom. - -As die eeld van 'n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een -se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: "Loop kyk of oupa -nie aankom nie." - -Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: "Daar kom iemand -aan." - -Waarop hulle pa sê: "Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis -die merk van 'n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as -ek julle dinge vooruitvertel nie." - -As die een weer 'n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en -sê: "Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op -hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop -uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want -hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg." - -'n Ander man roep uit: "Ja, toe, kinders, loop kyk!" - -As 'n Boesman 'n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit -voel, dan is dit 'n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal -afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat -hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap. - -As hy 'n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die -springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die -bok wat hy dra. - -Die ander Boesmans stem in en sê: "Ja, broer, jy praat reg." - -As hul 'n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: "Hier kom -springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die -bossies laat kraak." - -As hul 'n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: "Ek voel hoe ons die -horings van die springbok gaan afkap." - -Voel hul 'n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe -wat op die gesig van 'n springbok is. - -As hul 'n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat -bo die oë van 'n springbok is. - -Vir 'n volstruis is die gevoel 'n gekriewel op die kop; dit beteken -die goggas wat op 'n volstruis se lyf rondkruip. - -In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus -neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: "Nou -slaap die Boesmans--daarom sal ons maar naby gaan." - -Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel, -dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul -nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te -lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild -gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die -wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om -te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie. - -Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en -gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die -bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die -een wat die voorgevoel gehad het. - - - - - - - - -NO. 64. - -NOG MEER UIT DIE GESKIEDENIS. - - - OPMERKINGS:--Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik - is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het; - en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig. - - -Die Denkvermoë van 'n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as -dié van 'n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag- -en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by 'n Boesman gaan -les neem. Hy het nie 'n naam in sy taal vir 'n getal hoër as twee nie: -as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is -twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee, -sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop -sonop-toe, twee lê en een staan onder 'n boom. - -Maar met dit alles is hy tog 'n tekenaar wat kunstige prentjies op -die rotse kan afskilder, of met 'n harde klip daarop inkrap. Nou, -ou Ruiter, 'n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van -die prentjies en inkrappings briewe is--ander is somar tekeninge. Nou, -as daardie prentjies briewe is, dan is hul van 'n soort soos kinders -aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe. - -Nou, die ou Egiptenare het ook 'n manier gehad om in tekenskrif te -skrywe. Maar die ou Egiptenaar was 'n hoog ontwikkelde man, en dus kan -ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem. - -Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan -het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie -orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle -ooit in beskawing gevorder het. - -Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig -het--van 'n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken -is--, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van -die Boesman uit te ken en te ondersoek. - -Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou -nasies vertel. - -Ons het reeds geluister na hoe die Farao's van Egipte 'n dwergnasie -geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie -tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde -jare voor die Farao's die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in -Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op -verskeie plekke te vinde en te sien. - -Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir -honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier 'n menssoort gewoon -het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges -besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde -Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie -gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die -gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en -dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit -net 'n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die -tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en -Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel -as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika -was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie. - -Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die -ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen -waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is. - -In die jaar 1884 ontmoet ons 'n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer, -Transvaal, gewoon het. Hy het by hom 'n ouderwetse stuk klipgereedskap -gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem -(of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so 'n tamaai -asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets -daarmee dood te gooi. - -Sy antwoord was: "Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate -vir wild te grawe." En na 'n rukkie vervolg hy: "Ons, Boesmans, het -nie soveel krag in ons arms om 'n ding met 'n stomp klipasgaai dood -te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer, -dan sit hy gou op sy hurke." - -Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur -die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd -vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het -nie--soos b.v. die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander -plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom -het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in -hande moes kry--en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad. - -Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige -seker honderde jare oud is--dis te sê as ons oordeel na die dik lae -stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot -tyd gegroei en vergaan het--vernaamlik te oordeel na die dik bome -wat bo-oor gegroei het. - -So is--jare gelede--op Mosselbaai in 'n spelonk 'n groot hoop -skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het -dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is. - -Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is, -is te vinde op die linkerwal van 'n spruit wat in die Buffelsrivier, -Oos-Londen, loop. Die hoop het soos 'n klein heuweltjie gelyk, wat -bedek was met 'n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei -het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke -jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was -om 'n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword, -en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat -swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek -geword nie. - -Nou, as ons 'n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar -baie vrae in ons gedagte op--soos, hoeveel jare het dit geneem om -soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die -dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om -daarop te ontwikkel? - -In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref -waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild -en potstukke te vinde is. - - - - - - - - -NO. 65. - -PYL EN BOOG. - - - OPMERKINGS:--In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons - mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville, - verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het--wat toe al - 83 jaar oud was. - - -Die wapen waarop 'n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog -word van 'n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit -gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem -'n lat van omtrent drie en 'n half of vier voet lank. Die stuk hout -moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits--met verdrag--na -die punte toe, dog in die middel bly dit oor 'n duim dik. Na hy dit -mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die -vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam -is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die -boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie. - -Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan--solank as -dit nat is--'n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die -een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van -'n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout -vas, en dan is die boog klaar. - -Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak; -want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been -of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van 'n -bottel of 'n stuk hoepel gebruik het--dis te sê, waar hul dit op die -lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is -soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort -het 'n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel -en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander--soos glas -en vuurklip--word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die -pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl--om dit -reguit te laat trek--bind hul 'n veer met senings vas, sodat die -pyl daardeur 'n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die -harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal 'n skerp beenpunt. - -Nou ontbreek die gif nog. - -Soos ons gesien het, het die Boesman oor 'n baie groot oppervlakte -gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op -'n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op -'n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat -b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te -kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende -soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk -dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel. - -Daar is 'n gifbos wat die plantkundiges die Acocanthera venenata -noem. Mnr. Smith vertel ons dat die Boesmans die hout van hierdie bos -neem, dit stukkend stamp, in 'n kleipot plaas om met water gekook -te word. Solank dit kook, moet 'n deksel op die pot bly, want die -wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en -toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en -gekook tot net 'n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman -daarmee na 'n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng -die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit 'n taai, bruin -mengsel wat die kleur van bywerk het. - -Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe 'n ou Boesman, -Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle -bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de -Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:-- - -"Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was -sterk--want ek het met my eie oë gesien dat 'n springbok, net deur -die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie -gebeur het nie as 'n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy -eenvoudig gekook van die gifbos se melk. - -"Die gifbos groei maar op 'n paar plekke, nl. soos kort bokant -Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is 'n plekkie -tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word; -die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die -gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag -voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp dorinkies en is daarby -vol senings net soos die blaaie van turksvye. - -"Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk -van hierdie gifbos smeer. - -"Die oumense was erg bang vir die gifbos--daarom het hul die kinders -ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te -kom nie." - -Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus -hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van -seker soort slange--nie alle soorte nie--gebruik om hulle pyle mee te -vergif. By soiets is daar altyd 'n seker mate van geheim by sonder om -eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang -moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook -sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees -nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of -dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel -en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê: -'n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery. - -As die wildding dood is, dan is die eerste wat 'n Boesman doen as hy -daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg -te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het -wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis 'n lawwe smaak het. - -Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit -wel giftig as dit in die bloed van 'n wildding of mens kom; maar hulle -verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom. - -Dit is ook 'n bekende feit dat 'n hond wat deur 'n giftige slang -gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later -gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas -was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as 'n slang hulle byt. - - - - - - - - -NO. 66. - -HOE BOESMANS VRY EN TROU. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Storie vertel ons wat mnr. W. A. van Zijl, - van Klein-Breipaal, Kakamas, ons meegedeel het, verder wat ons - van Boesmans self verneem het. - - -Daar die Boesmans ver uit mekaar woon en hulle nie bepaalde wette -het nie, is dit maklik te verstaan dat b.v. die Boesmans van die -Kalaharie ander gebruike het as die Boesmans van Transvaal, die Karoo -of Boesmanland. - -So vertel mnr. W. A. van Zijl ons dat in Boesmanland, as 'n jong -Boesman op 'n jongmeid verlief is, dan moet hy 'n vet springbok gaan -skiet; hy bring dit na die plek waar die jongmeid woon en plaas dit op -'n klein afstand van die pondokkie. - -Die volgende dag moet hy weer 'n ander bok gaan skiet; hy bring dit -dan weer na dieselfde plek waar hy die bok van die vorige dag gesit -het. Lê die eerste bok nog daar (omdat die ouers van die meid dit nie -kom haal het nie), dan is dit die vaste teken dat die meid hom nie -wil hê nie, en hy kan maar die twee bokke vir homself hou en wegneem. - -Maar as die eerste bok weggehaal is en hulle kom die twede een ook -haal, dan kan sy hart maar gerus wees en hy kan die meid kry. Want -hiermee het hy getoon dat hy 'n man honderd is, wat 'n vrou kan kos -gee. Die grootste plegtigheid by die bruilof is dans en vleis-braai, -eet en musiek-maak. - -Die seremonies van trou is heel eenvoudig. Die bruidegom gaan met een -aan ieder sy in 'n ry staan. Die bruid insgelyks staan met 'n meid -aan ieder sy regoor, dan dans hul 'n paar slae heen en weer, en die -hele plegtigheid is oor; dan kan die braaiery en dansery maar begin. - -By ons het 'n ou Boesman met die naam van Ruiter gewerk. Weens sy -swakker liggaamsbou kon hy met die ander volk nie saamwerk nie en wou -nieteenstaande dieselfde huur ontvang. Ons het hom naderhand laat -loop. Dog in dié tyd het ons hom gevra om saans vir 'n span tabak -aan ons stories te kom vertel. En dit kon hy net goed doen. - -Soos hy ons beduie het, is hy aan die kant of grense van die Kalaharie -gebore. Met strooptogte op vee van die trekboere uitgevoer, is hy -op jonge leeftyd in hande van Boere geval en het van een baas na die -ander getrek, en so het hy min of meer half-beskaaf geraak; maar sy -Boesman-nukke kon hy maar nie laat staan nie--so was hy al baiemaal -in die tronk. Wel, sy storie oor hulle manier van vry is soos volg:-- - -'n Boesman neem maar een vrou en nie so baie as 'n Kaffer nie. Hy -gaan tot 'n huwelik oor as hy twintig jaar is of soms jonger. As hy sy -hart op 'n jongmeid gesit het, dan gaan hy daar kuier. Met sy aankoms -daar groet hy almal vriendelik en gaan naas die jongmeid sit en begin -somar 'n lewendige gesprek. As die jonkman vir die meid aanstaan, -dan staan sy op en bring vir hom iets om te eet of te drink. Na hy -hom uitgesels het, staan hy op, stel hom ewe kwaad aan en stap weg -sonder om iemand te groet. Hieruit moet die jongmeid en die geselskap -opmaak dat hy van nou af 'n vaste vryer is. - -Hy bly dan vir 'n lang tyd weg en maak eindelik sy verskyning -weer. Almal is bly om hom te sien, en hy neem dan sy sitplek naas die -jongmeid, en die ander klomp bedien die twee. Hy bly dan die aand daar; -en al wat die jongmeid doen, is om sy bed op te maak en stap dan weg. - -Maar wee die jonkman as hy binne die ses maande nie kom nie; dan -betower die ouvolk 'n uil, wolf of jakkals om daar by die jonkman se -huis in die aand allerhande nare geluide te maak. Het die jongkêrel -'n suspiesie, dan bly hy binne in sy pondok of strooihuis en gaan -dan die ander dag teen-toorgoed haal wat sterker is as dié van die -ouvolk en vernietig dan die krag daarvan. Maar staan die jongkêrel -onbedag op om te gaan kyk watter goeters sulke nare geluide maak, -dan val hy op die plek dood as hy buitekant kom. - -As die jongmeid van die begin af van die jonkman nie gehou het nie, -dan bly sy nie naas hom sit nie: sy staan op, stap weg en gaan op -'n ander plek sit; dan moet hy weet dat sy kanse maar sleg staan. - -Mnr. Jan Gey het aan ons vertel toe hy aan die grens van die Kalaharie -sy veepos gehad het en sy vee daar aan die sorg van getroue Boesmans -oorgelaat het, het hy altyd gesorg dat die jong Boesmans jonk trou; -dan bly hul daar, sorg vir hulle vrouens, en is dan glad nie so -rondloperig nie. - -Die Boesman is baie aan sy vrou en kinders geheg. Hy sal die grootste -ongeriewe deurstaan om kos en water aan hulle te verskaf. Die vrou -daarenteen help ook kliphard om veldkos vir haar gesin te verskaf. Was -dit nie dat hul mekaar so getrou bystaan nie, dan kon so 'n swerwende -nasie in die woestyn nie vir duisende jare bestaan het nie; hy is -wreed teenoor ander, maar teen sy gesin is hy die opoffering self en -stel sy lewe vir hulle in gevaar. - - - - - - - - -NO. 67. - -IS BOESMANS WERKLIK SO DOM? - - - OPMERKINGS:--Hoe meer ons die Boesman bestudeer, hoe groter - raaisel word hy vir ons. - - -Ons is almal daarmee eens dat 'n Boesman baie fyn jagplanne kan -maak--meer so as enig ander nasie van die wêreld; maar dan weet ons -ook dat niemand daarin geslaag het om 'n Boesman goed te leer lees -en skrywe nie. Sy taal is eenvoudig, tog vervoeg hy sy werkwoord net -so goed as 'n Hollander of Engelsman kan dink om sy eie werkwoorde -te vervoeg. 'n Jong Boesman leer 'n ander taal praat met verbasende -snelheid. Sy tekeninge is so duidelik dat daar geen twyfel kan ontstaan -watter dier of mens daarmee bedoel is nie. Van klei kan hy enige dier -of mens namaak en tog kan hy nie tel nie, terwyl aan die mens tien -vingers gegee is, wat ook kan gebruik word--en wat al die nasies van -die wêreld gebruik het--om te leer tel. - -Omdat hy nie diep oor iets kan redeneer nie en omdat hy hom nie in -ernstige gedagtes kan verdiep nie, is sy begrip van godsdiens baie -oppervlakkig--so het dit by ons al 'n vaste uitdrukking geword: Hy -is so dom as 'n Boesman; sy verstand is so kort as dié van 'n Boesman. - -Maar is hy nou so dom in alles? - -Sonder gereedskap kan die beste ambagsman nie werk nie. En hoeveel -ambagsmanne--ja, hoeveel van ons--is daar wat ons eie gereedskappe kan -maak? Die kuns is om sonder gereedskap te werk. Ons het kraalsnoere -van volstruiseierdoppe gemaak gesien en het enkele in ons besit wat -'n Boesman sonder gereedskap gemaak het. Ons vertel wat oom Jan Visser -aan mnr. E. de Roubaix meegedeel het hoe die krale gemaak word:-- - -"Rondebout (die Boesman) en van sy maats het ek sien krale maak van -die doppe van volstruiseiers. Die dopstukkies word geslyp tot hulle -rond is en die grootte van 'n hempsknopie het; dan word 'n gaatjie in -die middel geboor en is dan gereed om ingery te word. Die Boesmans dra -soms lang stringe van hierdie soort krale om hulle arms en bene--net -soos Kaffers glaskrale dra." - -Dan, weer, het ons kieries met 'n knop gesien wat Boesmans sonder -die hulp van 'n staalmes bewerk het en het daarop met 'n draadjie -en kooltjies vuur diere uitgebrand wat baie duidelik en natuurlik -was--vernaamlik 'n bont tier en slange met hulle skobbe en dubbele -tonge. Ons is seker dat baie van ons wat ons so slim hou, die Boesman -dit nie sou nagedoen het nie. En wie het hom dit geleer? - -Mevr. Jacob de Clercq het ons vertel dat haar vader 'n Boesman gehad -het wat by hulle groot geword het. Hy het al sy eie musiekinstrumente -ewe kunstig gemaak. Daar het dit nie by gebly nie, maar hy kon daarop -gesangetjies en liedjies speel; maar om te leer lees of spel of iets -uit die hoof leer--so ver kon hul hom nie bekwaam nie: Sy vertel, -toe die eerste kettingsteek-naaimasiene uitkom, het hy op sy eie -manier so 'n speelgoed-masien nagemaak. Hy het te danig 'n begeerte -gehad om smidswerk te leer, en het toe by 'n smid in Natal gaan werk; -hy was daarin net knap; en toe hy die ambag enigsins goed verstaan het, -loop hy weg, sodat niemand weet waarheen hy gedros het nie. - -Selfs met 'n eenvoudige sikspens-knipmes kan 'n Boesman kunstige -werkies verrig. Ons het gesien 'n nek en kop van 'n viool wat 'n -Boesman van kareehout uitgekerf het wat glad nie in vertoning vir -'n ingevoerde een hoef agteruit te staan nie. - -'n Ou vrind van ons het ons vertel dat sy buurman, mnr. Prinsloo, -in die ou dae 'n watermeultjie gehad het om koring mee te maal. Sy -meulenaar was 'n Boesman wat hy klein gevang het en van sy ouers -ontvang het, daar kos toe skaars was. Die Boesman het alles van malery -geleer. Hy was ook met 'n makgemaakte Boesmanmeid getroud. Albei het -'n goeie en sindelike opvoeding gekry en het in 'n kliphuis met deur -en venster daar by die meul gewoon. Dit het soms gebeur dat die malery -langer ophou as verwag is, dan het die ou Boesman die witmense na sy -huis genooi om koffie te drink of 'n stukkie te kom eet. Sy oumeid -was skoontjies aangetrek; die tafellaken was so wit as sneeu; wat -daarop staan, blink; en die borde, messe, vurke, lepels en kommetjies -is wat hul spesiaal vir witmense gehou het. - -Dus sien ons hieruit dat as 'n Boesman van kindsgebeente reinheid -geleer word, hy ook sindelik kan wees en dat hy vir hom in muurhuise -goed tuisvoel. - -Dis verder 'n bekende feit dat die Boesmans nooit geploeë of gesaai het -nie. Wel, meneer Louw Prinsloo het in die vroeë dae naby Chrissies-meer -op die Hoëveld van Transvaal gewoon. Hy vertel dat hul wilde Boesmans -wat vee gesteel het, agternagesit het. Aan die bopunt van Soetoerivier -kry hul die woonplek van die Boesmans; en daar het klein tuintjies met -mielies gestaan, terwyl in die hele omgewing geen blankes of Kaffers -gewoon het nie. Wild het toe al skaars geword, en die ou spreekwoord -sê: "Nood leer bid,"--so het die Boesman hom verplig gevoel om ook -mielies te saai--miskien meer met die doel om dit groen te kook of -te braai. - - - - - - - - -NO. 68. - -'N BOESMAN IS WAARLIK DAPPER. - - - OPMERKINGS:--Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix - soos deur oom Jan Visser aan hom vertel. - - -Ou Oom Jan Visser--nou 83 jaar oud--vertel die volgende ware -gebeurtenis:-- - -"Sestig jare gelede was ek 'n jongeling van drie-en-twintig jaar -oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien, -gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld -tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras -en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se -veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by -'n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer -van 'n groot meer water 'n pan.--Die Skrywer.] - -"As 'n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan -lyk die ander kant somar hier naby. Maar moenie glo nie! Jou gesig -word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien 'n mens êrens in die pan -'n groot wit ding wat so groot vertoon as 'n boerbok; maar loop hy -daarheen, dan vind hy niks meer as 'n murgbeen van 'n bees nie. - -"Op 'n warm dag--as die warm lug oor die grond flikker--, dan -vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat -groot kabbelings maak. Maar dit alles is 'n lugverskynsel, wat ons -opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry; -en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so. - -"Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons -'n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard; -want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies -te sien was, was net twee skrefies--hoewel hy baie beter kon sien as -ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie. - -"'n Geslepener skelm, 'n fyner leuenaar en 'n deurtrapter dief ken ek -nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies), -vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle -pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand -hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of -ander tyd 'n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste -en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik -is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op -'n ander plek was as dié waar die goed gesteel is--alles om te staaf -dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie. - -"Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase -so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende -en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af 'n hasie agter -'n bossie sien lê, of 'n koraan in die laagte sien staan, of 'n pou -daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in -'n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader -en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al die -tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die -arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom; -want mis-skiet ken die ou Boesman nie! - -"Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die -warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies -die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die -bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan, -begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos 'n slang -op die grond seil en gaan dan tot 'n vyftien tree of so van hulle af, -kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat -'n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie. - -"Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is 'n plek met die naam van -Omdraaivlei; daar was 'n ander staning. Op 'n seker dag het daar op -Omdraaivlei 'n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar -'n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop. - -"Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie -lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel -nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit -na die smous toe om tabak te gaan koop. - -"Omtrent halfpad staan 'n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom -ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die -een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie -sy pyl en boog by hom gehad nie, nog minder vuur of 'n ander wapen -as net sy twee-voet-lank kierietjie. - -"Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom 'n entjie -nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu -bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die -leeu 'n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot -staan bring. So het hy 'n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan, -spring hy regop in die lug, gee 'n geweldige skreeu en klop hard en -geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en -wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir -die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En -na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom -my vader roep om die leeu te skiet. - -"Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het -meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel -was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat -Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik 'n baie -nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie, -dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe." - -Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer -vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf -hoor. Ongetwyfeld was hy 'n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld -was hy 'n held. - -In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van -sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk -dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie. - - - - - - - - -NO. 69. - -HOE BOESMANS VERF MAAK. - - - OPMERKINGS:--Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle - skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms - hulle lyf skilder. - - -Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die -skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder -te verbleek of af te reën--hoe maak hul die verf? Nou, as iemand 'n -bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom -dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom -of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar -pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref -word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan -word 'n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te -krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat -net 'n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit -'n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So -'n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik. - -Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur -mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken. - -Oom Jan gaan voort om te vertel:-- - -"Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T'korgas se -Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel, -swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net -watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot -tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers -daardeur; nou is dit stof. - -"Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t'kouboom se olie, -net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder. - -"Die t'kouboom tref 'n mens vandag nog in groot menigte aan in die -sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke -langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het 'n dik stam -en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van -'n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit 'n -frankbitter smaak. - -"Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te -stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom -se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam -met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit -gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op -'n klip val, maak dit 'n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg -oor jare daarna somar sal uitgaan nie. - -"My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf -geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar -op harde klip behou dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery -het dit moeilik gegaan om 'n skaafplekkie aan die tafel te kry--dis -ongetwyfeld, dié soort olie is goed. - -"Rondelyf het nog 'n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet -en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars--so vat hy soms -in plaas daarvan kors, of gom, van die t'kooibos. Met hierdie soort -verf het hy soms sy hele liggaam besmeer--tot selfs sy bakkies. Dit -het 'n mooi donkerbruin kleur. - -"Die ajoos is 'n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland -word 'n paddastoel duiwelsbrood genoem.--Die Skrywer.] Maar waar die -duiwelsbrood die vorm van 'n hoed of sambreel het, het die ajoos die -vorm van 'n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word -hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne -vol van 'n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak." - -Tot so ver het oom Jan vertel. - -Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie, -of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans -gebruik om hulle wange mee bruin te skilder--soms word hulle gesigte -nogal taamlik bont daarmee geverf. - -Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte -tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was -die antwoord: "Dit hou die vel koel en as ons dit na 'n tyd afwas, -dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld -brand die son ons heeltemal bruin." Dit was natuurlik die geval waar -die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom -nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant. - -Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans -teken die Kaffers altyd swart af--daarvoor gebruik hul potswartsel; -vir Boesmans gebruik hul meestal bruin--daarvoor gebruik hul bruin -potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik -hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons -skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts -ontleen is. Soms vind 'n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf -hiervan word op seker plekke gegrawe. - - - - - - - - -NO. 70. - -KINDERS VAN DIE NATUUR. - - - OPMERKINGS:--In hierdie Verhaal deel ons 'n paar gevalle mee - hoe onverskillig 'n Boesmans die erns van die lewe kan opneem: - plesier is sy grootste ideaal. - - -Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die -plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom -beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak. - -Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy -honger het nie; en as hy sy bekoms aan 'n maal het, dan wil hy dans; -en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd -staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste -van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste -te kom dans--net soos die ou Farao's van Egipte gedoen het om hulle -dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans. - -Sê die oubaas: "Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die -aasvoëldans,"--dan lyk 'n aasvoël 'n mooi bog om beter rond te spring -en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan -kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is -as dié van 'n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die springbokdans -uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos 'n gomlastiekbal -in die lug, skynbaar sonder 'n been, arm of spier te beweeg--want -springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk. - -En as 'n klugspeler en nabootser het 'n Boesman nog nie sy gelyke -gekry nie. - -Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry -nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie, -veldvrugte of uintjies--alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak -nie. - -Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle -hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle -wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op -die lyf wat vir 'n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg -om matig aan te gaan en 'n stukkie vir die dag van môre opsy te sit -nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit -dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor: -"Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad." - -As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg; -en wat doen die Boesmans? - -Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog 'n kind was, kom -daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie, -Middelburg, Tvl., is) 'n ou Boesman en sy meid; hulle plaas 'n klein -meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat -om tog maar die meidjie vir 'n jong os te ruil, daar hulle baie honger -ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so 'n jong kind nie ontvang nie; -dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies, -gaan 'n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind -met 'n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie -vind nie--so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy -het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie -Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword. - -Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet -in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons -vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:-- - -Oom Jan Visser vertel: "Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die -Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag--kort voor sononder--'n klomp -Boesmans teen 'n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om -iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf -weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig -is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke -gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes 'n -klomp bobiane wat kos teen die rant soek. - -"Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan -rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed -dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit -ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die hele -nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die -musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het, -wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel is -Die Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer -so: Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!--dit word oor en oor herhaal. - -Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die -poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste -gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens -anderkant Kenhardt aan 'n dam te gaan werk. Maar voor hulle die -werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie -ingevlug. - -"Toe ek 'n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy -het gewoonlik die hoepel van 'n vat geneem en rond gebuig dat dit -so groot as 'n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy 'n stok wat -as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die -pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan 'n nat -haarafgemaakte vel van 'n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel -en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie -snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van -die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy -'n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes -'n drie-snarige ghitaar. - -Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser--ja, wat vang kinders nie aan -nie! Ek het geleer om Die Bontperd te speel, dan dans ou Rondelyf -voor my en skoffel dat die stof so trek." - -Tot so ver die verhaal van oom Jan. - -'n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand--al -was dit maar vir 'n oomblikkie--'n plesier-plek by te kom. Ons weet van -'n geval waar 'n smous 'n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil -het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder, -die bokooi, te gaan opsoek. 'n Boesman bied sy dienste aan om die jong -springbokkie vir 'n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom -dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na -sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy -sy lyf dan oor 'n sopie so moet pla, antwoord hy: "Baas, 'n dag se -swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig -maak." Die smous het egter 'n span roltabak by die sopie gevoeg; -en meer voldaan en opgeruimd--toe die sopie begin te trek--het ons -'n skepsel nie gesien nie. Met so 'n beloning sal hy nooit staak nie. - -Oom Piet Smit het 'n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape -in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag -verlaat, dan kry hul die volgende dag 'n afgedankste afranseling. Maar -daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers -wat op 'n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te -gaan verruil. - -Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans -net deur hul met 'n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan -moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van -tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry. - - - - - - - - -NO. 71. - -FYN DIEFSTALLE. - - - OPMERKINGS:--Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn 'n Boesman - kan steel sonder uitgevind te word--maar baiekeer loop hy hom - tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is. - - -Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie, -nl. dat 'n Boesman 'n gebore dief is. En tog sit in so 'n algemene -verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed -aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas -nie? Ons was in 'n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: "Nooi, -ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te -steel as ek by jou drank uitkom nie." En die huisvrou het ons verseker -dat nie 'n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit -te veilig onder slot gehou het nie. - -Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons -deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:-- - -"Eenmaal het 'n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee -kom gewoonlik oor 'n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle -lêplek toe. As 'n haas oor die veld loop, kan 'n mens hom sien. Wel, -soos gewoonlik kom die vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte -wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by. - -"Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe -word bevind dat een aan die getal kort kom. - -"My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: 'Dis baie snaaks dat -net een skaap aan die getal ontbreek--een skaap sal mos nie afdwaal -nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan -die geilsiekte dood.' - -"Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul -om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen -paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort -blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in 'n droë bos -snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit 'n droë kraalbos is -wat iemand in 'n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit, -loer in die gat--en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis, -behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus -in die gat sorgvuldig versteek. - -"'Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,' roep -my vader uit. 'Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,' sê hy -toe hulle huis-toe stap. - -"Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande -agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin -vas te draai. Want 'n Boesman moet 'n mens gou op die lyf loop om -hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie. - -"'Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar -op die kaal vlakte gevang sonder dat 'n mens of die twee wagters jou -gesien het?' vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld -gaan aandraai. 'Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore -en vingers in die skroef af!' - -"Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel -dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met 'n bossie op sy -kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van -die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar -binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van -die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat -gesleep. Die skape om die gat het wel 'n bietjie geskrik; maar dit doen -hul heeldag as hul op 'n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was -alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters -geweet het dat daar iemand en 'n skaap binne in die gat gewees het. - -"Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my -vader het hom 'n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van -'n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars 'n week gehelp, -dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf." - -Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die -binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad -het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en 'n Boesman -het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook 'n getroue ou Boesman, -ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk. - -Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, 'n vet koei; die vleis moet in -die nag in 'n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander -dag makeer 'n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die -oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op 'n wonderlike manier, -vind hul uit. - -Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas 'n koei gaan -slag. In die nag het een in 'n boom ver van die huis geklim en nes 'n -jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde -jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol -na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander -Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in; -dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman -sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie. - - - - - - - - -NO. 72. - -AS NOOD DIE BOESMANS DRUK. - - - OPMERKINGS:--Hier gee ons 'n paar voorbeelde hoe ver nood iemand - kan drywe. - - -Die boesman, as kind van die woestyn, het 'n harde stryd teen wilde -diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van -bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging. - -Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit -is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders. - -Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan -meedoen nie as die nood hul dryf om te trek--ja, na 'n veraf geleë -streek te trek? - -Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl, -Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: "Die wilde Boesmans -het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood -hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat. - -"Die eerste manier is om 'n kliphok om die swakke en oue van dae -te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir 'n geruime tyd te -dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot -oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om -die ou skepsel teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy -binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om -deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word. - -"Die twede manier is: Hulle grawe 'n diep ronde gat regaf--natuurlik -waar geen klippe te vinde is nie--, plaas die ou daarin, en ook kos -en water, maar dan vir 'n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom -voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met -vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf -in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan -verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou -kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe. - -"Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van -ouderdom of dors, dan maak hul 'n langwerpige hol plek in die grond, -lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood -is--nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie." - -Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel. - -In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans -verseker geword dat hul altyd 'n kliphok, waar klippe te vinde is, -en 'n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die -agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm. - -Dit alles lyk wreed; maar 'n Boesman het ons die vraag self gestel: -"Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma koelbloedig te vermoor as -daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle -te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame--en wat word -dan van die Boesman-nasie?" - -Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons -eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl -'n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat -nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan -die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat 'n knaagdier is, maar -verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie, -terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie, -maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit -'n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers -vis as onrein beskou, maar hulle sal 'n jakkals eet. Baie mense wil -nie wild eet nie of dit moet 'n luggie hê. - -Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie--hy eet wat voorkom, -soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms -en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles--as dit net nie -doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van -die woestyn het hom daartoe gedwing--net soos ons in die geskiedenis -lees dat as 'n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger, -dan het die mense net alles geëet en gedrink wat 'n Boesman eet en -drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot -die ander, en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as -die Franse. - -Deurdat 'n stomp pyl--soos dié van 'n Boesman--nie deur die dik vel -van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te -skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns -goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te -gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe. - - - - - - - - -NO. 73. - -WAT 'N BOESMAN ALLES KAN DOEN. - - - OPMERKINGS:--Ons noem hier enige feite wat 'n ander nasie moeilik - 'n Boesman sal nadoen. - - -Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit -'n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar -dat hy van so 'n geval nie weet nie. As 'n Boesman eenmaal op 'n plek -gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander -oord reguit met 'n onbekende pad na die plek toe loop--al was dit -in die donker. In hierdie opsig is hy net soos 'n posduif wat oor -honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie. - -So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy 'n jongeling was, het by -sy vader 'n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad -om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande -weg was, kom op 'n goeie dag een van die ou se kinders aangestap--hy -het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie -beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop; -en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en -reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad, -het baie honger en dors gely, en is deur 'n streek gegaan waar leeus en -wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy -enigste antwoord: "Ek weet mos waar oubaas woon." Wel, sou 'n kind van -twaalf jaar van 'n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende -weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis -deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat? - -Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te -agtervolg--wat beteken dat hul 'n harder natuur besit as 'n dier. So -skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan -Visser aangeteken het:-- - -"My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te -spoor--en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny -beter as 'n gewone hond en kon beter sien as 'n aasvoël uit die lug; -want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby -het hy 'n groot stuk wêreld in 'n omsientjies kon afdraf sonder enige -tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm -is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By -hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet. - -"Hy was 'n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy -in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans." - -Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker -opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis -goed verdra. Selfs die spelonk waarin hy woon, het 'n walglike walm -wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so -'n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede -die lewe moet voortsit, dan lê almal binne 'n week of so plat aan -die koors. - -Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is -sy skuilplekkie in 'n renerige nag of dag net om te troos, maar nie -om die instromende water uit te hou nie--en tog weet hy van geen jig -of inflammasie nie. - -Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan -maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:-- - -"Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op 'n afstand is, -kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al -wat hy moet doen, is om 'n bossie op sy kop vas te maak om sy swart -hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf -dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die -bok te kom as hy verkies--net, hy moet onderkant die windkoers bly, -sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg -hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op 'n afstand tussen -vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom, -maar die pyl moet 'n seker distansie trek om sy snelheid te kry." - -Iets wat 'n Boesman ook beter as 'n ander kan doen, is om weg -te kruip. Eens het ons 'n plaas gemeet waar twee Boesmantjies -kalwerwagters was. In 'n grasvlei het ons 'n vlag gesteek en het die -Boesmantjies belet om met die kalwers naby die vlag te wei. Hulle -het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur -die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en -ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al -drie stap daarheen--maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om -kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet -nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake -omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar -weer rondspeel. - -Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om -in 'n minderheid teen 'n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat -om sy grond vir so 'n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense -te verdedig. Eenmaal het 'n ou Kaffer op die westelike grense van -Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:-- - -"My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak -die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!--nee, -my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke -die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom; -maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete -is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe." - -Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die -wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee -van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy -die lewe van ander in 'n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As -daar maar 'n dosyn vegmanne in 'n bergstreek woon, dan is dit nie -elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in -die woestyn gaan agtervolg? - -Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van -volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg; -want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:-- - -"Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in -volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op -sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te -gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom -as die wind hul in die duine oopwaai." - -Ja, en ons wonder hoe water wat solank in 'n eierdop gestaan het, -moet smaak! - -Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat -haas ongelooflik is, en sal aantoon wat 'n Boesman nog meer kan doen. - - - - - - - - -NO. 74. - -WAT 'N BOESMAN NIE KAN DOEN NIE. - - - OPMERKINGS:--Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds 'n - raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer, - hoe raadselagtiger is hy. - - -As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag -versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en -ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman -hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min -verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal -geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal -daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe -eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van -die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as -'n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem, -sal hy dit wel leer; maar meng 'n spul silwergeld, soos trippense, -sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en -vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om -die waarde daarvan op te gee nie. - -Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur--hulle verkies -dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie. - -Ek het eenmaal 'n Boesman gehuur wat 'n hele ruk op Kimberley gewerk -het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar -tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom -kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand--ek wys hom op my -vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: "Nee, baas, ek het nog -altyd op Kim'ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke -vinger 'n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by -baas mooi werk; so nie, dan gaan ek 'n ander baas soek." So het ek hom -vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand -gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand -kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet. - -Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook -al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry -nie--hy meen dit moet 'n ryk man wees wat alles besit en oor algar -baas is. Hy vertel toe:-- - -"Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor -ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal -vergeet om aan ons te vat as ons self 'n mannetjie is wat met 'n kierie -'n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by -die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom -waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die -derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is -dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne -saam, die veldkos is ons syne saam, die water is ons syne saam; en -wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou -en kinders, ons hond en gereedskap--daar moet 'n ander die pote van -afhou: dis ons eiendom--nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?" - -Hieruit is dit duidelik dat 'n Boesman nie kan regeer nie en is self -moeilik om te regeer--mits 'n mens sy maniere goed bestudeer en hom -daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi. - -Om 'n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons -persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die -somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te -luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom 'n begrip te gee hoe -die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer, -en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: "dis tog te -swaar om te leer," het hy gesê, en so was die skoolganery op 'n end; -terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne 'n paar maande uit sy boek kon -lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het -vir Hans as 'n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp. - -In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense -Sendinggenootskap aan Sakrivier, Boesmanland, 'n sendingstasie aangelê, -met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te -bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste, -skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans -na Blyde Vooruitzigt--soos die naam van die sendingstasie was--te -lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer -beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde -lewe die toevlug geneem; want werk--soos Hottentots en Kaffers by -sendingstasies--wou hul nie. - -Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat 'n tyd onder die witmense gewoon -het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners -is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit -skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:-- - -"Die Boesman se geaardheid is nes dié van 'n wildehond. As hulle vee -gesteel het, dryf hul dit op 'n draf vinnig weg tot by 'n ruie plek -of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee, -voor die voet op 'n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van -ons doodgemaak--so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit -vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe -en vergaan; môre doen hy weer dieselfde." - -Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin -van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings -afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly -nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak -om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so 'n oorvloed -van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle -uit sy oordaad laat bly--die wolwe en jakkalse kan ook maar snags kom -bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne--hy -is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets. - -Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink; -want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen -het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te -beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van 'n lae, gesonke -mensheid in een geslag 'n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van -een geslag op na die volgende. - -En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang -vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd -hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in -erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om -dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder. - - - - - - - - -NO. 75. - -WAT ALLES IN VOORDEEL VAN BOESMANS IS. - - - OPMERKINGS:--Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om - die bestaan van Boesmans vir soveel eeue--nee, duisende jare--te - waarborg. - - -Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir -duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat -geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe -om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies -het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare, -Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse, -Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en -het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek. - -Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike -geboorteland van die Boesman, dit weet ons as 'n onbetwiste feit dat -Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn, -het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman -die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel. - -'n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild -is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees -nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir 'n jagter -opgelewer, sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai -nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê -dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg. - -Op hierdie manier het hy verkies om in 'n lui-lekker-land te woon. Daar -is niks verédelends in jag nie--dit beteken die vermoor van onskuldige -lewens; en om 'n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir -die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid -verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel; -want 'n redelose dier, soos 'n leeu, kan ook jag en genoeg vind om -van te lewe. - -Dan is dit 'n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die -geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as 'n minder geskikte. Die -geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder -geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op -die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan -hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net -soos die veld te laat lyk--dié vader bring 'n kragtiger famielie op; -terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens 'n vrou kan -kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen -die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie 'n -swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd -geskik is. - -Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot -sy voordeel is. - -Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop -gelet dat daar 'n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in -die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en -opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê -dat al wat 'n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat -deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond. - -Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae -van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter -en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak -en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed -voedingskrag op 'n seker deel op te gaar. Wie 'n Boesman ken, weet -dat 'n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet -ons die tekenaar nie blameer nie as hy 'n Boesman net so afteken as -hy in die natuur is. - -Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie -so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal -in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig -nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter, -moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal; -dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te -kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as 'n vèrkyker is. Hy het dus -die voordeel van 'n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies, -omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk. - -Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is -ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat 'n kind in 'n dag afmaak, -probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg -gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van 'n kind, en staan dan -verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar -nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers -onder hulle is ook die beste jagters--dus: die beste versorgers van -hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag -onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde -en resiesperde. - -Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is -persone met 'n vaste liggaamsbou en 'n gemiddelde grootte van ongeveer -ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak -nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar -gee hom vee om mee te werk, of werk van 'n minder vermoeiende aard, -dan is hy daar tuis net soos enige ander. - -Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het, -is dat daar selde of nooit 'n getroude meid gevind word wat nie 'n -aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk -dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die -verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van -die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir -hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil 'n Boesmanmeid liewers 'n -Hottentot of Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale -gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van -dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is -in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy 'n seker -mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar -eie nasie te verstoot en haar met 'n vreemde nasie te vereenselwig. - -Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk -te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die -redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar -noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte -duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort. - - - - - - - - -End of the Project Gutenberg EBook of Boesman-Stories, by G. R. von Wielligh - -*** END OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK BOESMAN-STORIES *** - -***** This file should be named 63998-8.txt or 63998-8.zip ***** -This and all associated files of various formats will be found in: - http://www.gutenberg.org/6/3/9/9/63998/ - -Produced by Jeroen Hellingman and the Online Distributed -Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project -Gutenberg (This file was produced from images generously -made available by The Internet Archive) - -Updated editions will replace the previous one--the old editions will -be renamed. - -Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright -law means that no one owns a United States copyright in these works, -so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United -States without permission and without paying copyright -royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part -of this license, apply to copying and distributing Project -Gutenberg-tm electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG-tm -concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark, -and may not be used if you charge for the eBooks, unless you receive -specific permission. If you do not charge anything for copies of this -eBook, complying with the rules is very easy. You may use this eBook -for nearly any purpose such as creation of derivative works, reports, -performances and research. They may be modified and printed and given -away--you may do practically ANYTHING in the United States with eBooks -not protected by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the -trademark license, especially commercial redistribution. - -START: FULL LICENSE - -THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE -PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK - -To protect the Project Gutenberg-tm mission of promoting the free -distribution of electronic works, by using or distributing this work -(or any other work associated in any way with the phrase "Project -Gutenberg"), you agree to comply with all the terms of the Full -Project Gutenberg-tm License available with this file or online at -www.gutenberg.org/license. - -Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project -Gutenberg-tm electronic works - -1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg-tm -electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to -and accept all the terms of this license and intellectual property -(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all -the terms of this agreement, you must cease using and return or -destroy all copies of Project Gutenberg-tm electronic works in your -possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a -Project Gutenberg-tm electronic work and you do not agree to be bound -by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the -person or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph -1.E.8. - -1.B. "Project Gutenberg" is a registered trademark. It may only be -used on or associated in any way with an electronic work by people who -agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few -things that you can do with most Project Gutenberg-tm electronic works -even without complying with the full terms of this agreement. See -paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project -Gutenberg-tm electronic works if you follow the terms of this -agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg-tm -electronic works. See paragraph 1.E below. - -1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation ("the -Foundation" or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection -of Project Gutenberg-tm electronic works. Nearly all the individual -works in the collection are in the public domain in the United -States. If an individual work is unprotected by copyright law in the -United States and you are located in the United States, we do not -claim a right to prevent you from copying, distributing, performing, -displaying or creating derivative works based on the work as long as -all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope -that you will support the Project Gutenberg-tm mission of promoting -free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg-tm -works in compliance with the terms of this agreement for keeping the -Project Gutenberg-tm name associated with the work. You can easily -comply with the terms of this agreement by keeping this work in the -same format with its attached full Project Gutenberg-tm License when -you share it without charge with others. - -1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern -what you can do with this work. Copyright laws in most countries are -in a constant state of change. If you are outside the United States, -check the laws of your country in addition to the terms of this -agreement before downloading, copying, displaying, performing, -distributing or creating derivative works based on this work or any -other Project Gutenberg-tm work. The Foundation makes no -representations concerning the copyright status of any work in any -country outside the United States. - -1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg: - -1.E.1. The following sentence, with active links to, or other -immediate access to, the full Project Gutenberg-tm License must appear -prominently whenever any copy of a Project Gutenberg-tm work (any work -on which the phrase "Project Gutenberg" appears, or with which the -phrase "Project Gutenberg" is associated) is accessed, displayed, -performed, viewed, copied or distributed: - - This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and - most other parts of the world at no cost and with almost no - restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it - under the terms of the Project Gutenberg License included with this - eBook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the - United States, you'll have to check the laws of the country where you - are located before using this ebook. - -1.E.2. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is -derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not -contain a notice indicating that it is posted with permission of the -copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in -the United States without paying any fees or charges. If you are -redistributing or providing access to a work with the phrase "Project -Gutenberg" associated with or appearing on the work, you must comply -either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or -obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg-tm -trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9. - -1.E.3. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is posted -with the permission of the copyright holder, your use and distribution -must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any -additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms -will be linked to the Project Gutenberg-tm License for all works -posted with the permission of the copyright holder found at the -beginning of this work. - -1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg-tm -License terms from this work, or any files containing a part of this -work or any other work associated with Project Gutenberg-tm. - -1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this -electronic work, or any part of this electronic work, without -prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with -active links or immediate access to the full terms of the Project -Gutenberg-tm License. - -1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, -compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including -any word processing or hypertext form. However, if you provide access -to or distribute copies of a Project Gutenberg-tm work in a format -other than "Plain Vanilla ASCII" or other format used in the official -version posted on the official Project Gutenberg-tm web site -(www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense -to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means -of obtaining a copy upon request, of the work in its original "Plain -Vanilla ASCII" or other form. Any alternate format must include the -full Project Gutenberg-tm License as specified in paragraph 1.E.1. - -1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, -performing, copying or distributing any Project Gutenberg-tm works -unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9. - -1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing -access to or distributing Project Gutenberg-tm electronic works -provided that - -* You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from - the use of Project Gutenberg-tm works calculated using the method - you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed - to the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, but he has - agreed to donate royalties under this paragraph to the Project - Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid - within 60 days following each date on which you prepare (or are - legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty - payments should be clearly marked as such and sent to the Project - Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in - Section 4, "Information about donations to the Project Gutenberg - Literary Archive Foundation." - -* You provide a full refund of any money paid by a user who notifies - you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he - does not agree to the terms of the full Project Gutenberg-tm - License. You must require such a user to return or destroy all - copies of the works possessed in a physical medium and discontinue - all use of and all access to other copies of Project Gutenberg-tm - works. - -* You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of - any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the - electronic work is discovered and reported to you within 90 days of - receipt of the work. - -* You comply with all other terms of this agreement for free - distribution of Project Gutenberg-tm works. - -1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project -Gutenberg-tm electronic work or group of works on different terms than -are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing -from both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and The -Project Gutenberg Trademark LLC, the owner of the Project Gutenberg-tm -trademark. Contact the Foundation as set forth in Section 3 below. - -1.F. - -1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable -effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread -works not protected by U.S. copyright law in creating the Project -Gutenberg-tm collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm -electronic works, and the medium on which they may be stored, may -contain "Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate -or corrupt data, transcription errors, a copyright or other -intellectual property infringement, a defective or damaged disk or -other medium, a computer virus, or computer codes that damage or -cannot be read by your equipment. - -1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right -of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project -Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project -Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project -Gutenberg-tm electronic work under this agreement, disclaim all -liability to you for damages, costs and expenses, including legal -fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT -LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE -PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE -TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE -LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR -INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH -DAMAGE. - -1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a -defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can -receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a -written explanation to the person you received the work from. If you -received the work on a physical medium, you must return the medium -with your written explanation. The person or entity that provided you -with the defective work may elect to provide a replacement copy in -lieu of a refund. If you received the work electronically, the person -or entity providing it to you may choose to give you a second -opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If -the second copy is also defective, you may demand a refund in writing -without further opportunities to fix the problem. - -1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth -in paragraph 1.F.3, this work is provided to you 'AS-IS', WITH NO -OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT -LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE. - -1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied -warranties or the exclusion or limitation of certain types of -damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement -violates the law of the state applicable to this agreement, the -agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or -limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or -unenforceability of any provision of this agreement shall not void the -remaining provisions. - -1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the -trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone -providing copies of Project Gutenberg-tm electronic works in -accordance with this agreement, and any volunteers associated with the -production, promotion and distribution of Project Gutenberg-tm -electronic works, harmless from all liability, costs and expenses, -including legal fees, that arise directly or indirectly from any of -the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this -or any Project Gutenberg-tm work, (b) alteration, modification, or -additions or deletions to any Project Gutenberg-tm work, and (c) any -Defect you cause. - -Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm - -Project Gutenberg-tm is synonymous with the free distribution of -electronic works in formats readable by the widest variety of -computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It -exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations -from people in all walks of life. - -Volunteers and financial support to provide volunteers with the -assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg-tm's -goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection will -remain freely available for generations to come. In 2001, the Project -Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure -and permanent future for Project Gutenberg-tm and future -generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary -Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see -Sections 3 and 4 and the Foundation information page at -www.gutenberg.org - - - -Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation - -The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit -501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the -state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal -Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification -number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary -Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by -U.S. federal laws and your state's laws. - -The Foundation's principal office is in Fairbanks, Alaska, with the -mailing address: PO Box 750175, Fairbanks, AK 99775, but its -volunteers and employees are scattered throughout numerous -locations. Its business office is located at 809 North 1500 West, Salt -Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up to -date contact information can be found at the Foundation's web site and -official page at www.gutenberg.org/contact - -For additional contact information: - - Dr. Gregory B. Newby - Chief Executive and Director - gbnewby@pglaf.org - -Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg -Literary Archive Foundation - -Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive without wide -spread public support and donations to carry out its mission of -increasing the number of public domain and licensed works that can be -freely distributed in machine readable form accessible by the widest -array of equipment including outdated equipment. Many small donations -($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt -status with the IRS. - -The Foundation is committed to complying with the laws regulating -charities and charitable donations in all 50 states of the United -States. Compliance requirements are not uniform and it takes a -considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up -with these requirements. We do not solicit donations in locations -where we have not received written confirmation of compliance. To SEND -DONATIONS or determine the status of compliance for any particular -state visit www.gutenberg.org/donate - -While we cannot and do not solicit contributions from states where we -have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition -against accepting unsolicited donations from donors in such states who -approach us with offers to donate. - -International donations are gratefully accepted, but we cannot make -any statements concerning tax treatment of donations received from -outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff. - -Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation -methods and addresses. Donations are accepted in a number of other -ways including checks, online payments and credit card donations. To -donate, please visit: www.gutenberg.org/donate - -Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic works. - -Professor Michael S. Hart was the originator of the Project -Gutenberg-tm concept of a library of electronic works that could be -freely shared with anyone. For forty years, he produced and -distributed Project Gutenberg-tm eBooks with only a loose network of -volunteer support. - -Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed -editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in -the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not -necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper -edition. - -Most people start at our Web site which has the main PG search -facility: www.gutenberg.org - -This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, -including how to make donations to the Project Gutenberg Literary -Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to -subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks. - |
