diff options
| -rw-r--r-- | .gitattributes | 3 | ||||
| -rw-r--r-- | 18203-8.txt | 12629 | ||||
| -rw-r--r-- | 18203-8.zip | bin | 0 -> 292392 bytes | |||
| -rw-r--r-- | 18203-h.zip | bin | 0 -> 325416 bytes | |||
| -rw-r--r-- | 18203-h/18203-h.htm | 12944 | ||||
| -rw-r--r-- | LICENSE.txt | 11 | ||||
| -rw-r--r-- | README.md | 2 |
7 files changed, 25589 insertions, 0 deletions
diff --git a/.gitattributes b/.gitattributes new file mode 100644 index 0000000..6833f05 --- /dev/null +++ b/.gitattributes @@ -0,0 +1,3 @@ +* text=auto +*.txt text +*.md text diff --git a/18203-8.txt b/18203-8.txt new file mode 100644 index 0000000..d62a3cb --- /dev/null +++ b/18203-8.txt @@ -0,0 +1,12629 @@ +The Project Gutenberg EBook of Die prosa van die twede Afrikaanse beweging, by +Pieter Cornelis Schoonees + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + + +Title: Die prosa van die twede Afrikaanse beweging + +Author: Pieter Cornelis Schoonees + +Release Date: April 18, 2006 [EBook #18203] + +Language: Afrikaans + +Character set encoding: ISO-8859-1 + +*** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE *** + + + + +Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online +Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net + + + + + + + + + + DIE PROSA VAN DIE TWEDE + AFRIKAANSE BEWEGING. + + AKADEMIES PROEFSCHRIFT + TER VERKRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DE LETTEREN EN + WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GEZAG VAN + DE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P. ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE + FAKULTEIT DER WIS- EN NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE + VERDEDIGEN IN DE AULA DER UNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER + 1922, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR + + DOOR + + PIETER CORNELIS SCHOONEES, + GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA. + + AMSTERDAM + Drukkerij en Uitgeverij + J.H. DE BUSSY. + MCMXXII + + + + + _Aan my vrou + en kinders_. + + + + +_VOORWOORD_. + + +_Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is +dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van +Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige +jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde PRINSEN, my geagte +promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my dissertasie veel +te danke het_. + +_Ook aan U, hooggeleerde BOER, BRUGMANS en STOETT wens ek my opregte +dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en historiese +wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my studie +getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan U, +hooggeleerde SIX, SWAEN en SCHOLTE betuig ek ook my erkentelikheid_. + +_Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek +baie op prys stel_. + +_Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek +en by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is +ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van +Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief_. + +_Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou SPIER, die heer +J. INGWERSEN Sr., mevrou SCHABERG-KEMINK en die famielie NIERKENS aan my +en my gesin in die tyd van die groot woningnood 'n rustige woon- en +studeerplekkie gegee. Dat ons dit ten hoogste waardeer, spreek vanself. +Sonder die daadwerklike steun van die Unie-regering en die +Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie kon voltooi het nie. Aan almal +ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons Hollandse vriende, wat +soveel gedoen het om ons verblyf hier te veraangenaam deur hul +gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds met raad en daad by te +staan. In die sonnige suide sal die glimlag van hul vriendskap nie +vergeet word nie!_ + + + + +INHOUD. + + VOORWOORD Bls. VII + + HOOFSTUK I. + + DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING Bls. 1-28 + + + § 1. Historiese Inleiding (1-4). § 2. Teëstelling tussen + die Eerste en Twede Beweging: (4-6). § 3. Die Twede + Beweging veel meer dan Taalbeweging (6-7). §4. Gevaar + vir Isolasie (8). § 5. Kultuur-toestande (8-14). § 6. + Kalvinisme en Kuns (14-18). § 7. Die Prosa.--Algemene + Karakteristiek (18-25). Krietiese Standpunt (25-27). + § 9. Beperking van Onderwerp.--Indeling (27-28). + + + HOOFSTUK II. + + POLEMIESE PROSA Bls. 29-40 + + + Adv. J.H.H. de Waal (29-30). G.S. Preller (30-31). + Dr. D.F. Malan (31-32). Prof. N.J. Brümmer (32-33). + _Die Brandwag_ (33). Prof. J.J. Smith (34). Dr. T.B. + Muller (34-35) _Ons Moedertaal_ (36). Adv. C.J. Langenhoven + (37-40). + + + HOOFSTUK III. + + PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE Bls. 41-61 + + + § 1. (a) _De Goede Hoop_ (41-43). _(b)._ (43-45). § 2. + _Die Brandwag_ (45-55). Jan F.E. Celliers (48-53). + Hettie Cillié en E.H.F. de Roubaix (53-54) Iz. van + Heerden (54-55). § 3. _Die Huisgenoot_ (55-60). § 4. + Ander Tydskrifte (60-61). + + + HOOFSTUK IV. + + G.R. VON WIELLIGH, "Die Laaste stem uit Die Genootskap + van Regte Afrikaners" Bls. 62-99 + + + Lewensskets (62-63). _Eerste Skrywers_ (63-66). _Jakob + Platjie_ (67-71). _Huis en Veld_ (71-74). _Staan jou Man_ + (75-77). _Boesman-Stories_ (77-82). Styl en taal (82-99). + + + HOOFSTUK V. + + ROMANS, VERHALE EN SKETSE Bls. 100-230 + + + § 1. Adv. J.H.H. de Waal: Lewensskets en inhoud van sy + twee romans (100-103). Is _Joh. van Wyk_ 'n historiese + roman? (104-108). De Waal se romans is intriegeromans + (109-111). Karaktertekening (112-117). Natuurbeskrywing + (118-119). Styl (119-125). Dialoog (126). Anglisismes + (127-130). Taal (130-132). _Stompies_ (132-133); + § 2. J. Lub (133-135). § 3. J.G. Engela (135-136). + § 4. Adv. C.J. Langenhoven: Lewensskets (136-137). + _Ons Weg deur die Wêreld_ (II en III) (137-140). + § 5. Christian Zinn. (140-141). § 6. Dr. D.F. Malherbe: + _Vergeet nie_, inhoud (141-143). Bettie se "offer" (143-148). + Karaktertekening (148-150). Gebrek aan objektiwiteit + (150). Styl (151-158); § 7. Mej. Chris. C. Euvrard + (158-159). § 8. Joubert Reitz (159-161). § 9. Jochem van + Bruggen: Lewensskets (161-162). _Teleurgestel_ (162-171). + _Op Veld en Rande_ (171-174). _Ampie_ (174). _Die Burgemeester + van Slaplaagte_ (174-176); § 10. Gordon Tomlinson + (176-180). § 11. Adv. H.A. Fagan: Lewensskets: + _Uit 'n Studente-Album_ (181-182). _Uitgesogte Afrikaanse + Verhale_ (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets; + _Celestine, Verborge Skatte_ (183-185). _Die Lokaas_ + (186-188). § 13. Léon Maré: _Die Nuwejaarsfees_ + (188-195). _Ou Malkop_ (195-197). § 14. D.P. du Toit + (197-199). § 15. A. du Biel: _Getrou_ (199-202). _Die + Misdade van die Vaders_ (202-205). § 16. Mevr. M. + Jansen-Pellissier: Lewensskets; _Die Veldblommetjie_; + Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207). + Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H. + Malan: Lewensskets (209-210). _Die Swerweling_ as + historiese roman (210-212). Karaktertekening (212-14). + Styl en taal (214-219). § 18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets + en inhoud van _Twee Rampe en twee Gelukke_ + (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220). + Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225). + § 19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto + (228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230). + + + HOOFSTUK VI. + + SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bls. 231-248 + + + § 1. Ds. Willem Postma (_Dr. O'Kulis_): Lewensskets + (231-232). _Die Eselskakebeen_ (232-233). § 2. Reenen + J. van Reenen: _Die Agterstevoortrekkers_ (234-239). + § 3. Adv. C.J. Langenhoven (_Sagmoedige Neelsie_): + _Sonde met die Bure_ (239-243). _Doppers en Filistyne_ + (243-248). + + + HOOFSTUK VII. + + DIDAKTIESE PROSA Bls. 249-261 + + + § 1. Adv. C.J. Langenhoven: _Ons Weg deur die + Wêreld_ I, IV, VI, IX (249-253). _Aan Stille Waters_.--Langenhoven + se letterkundige opvattings (253-259). + § 2. Dr. C. Louis Leipoldt: _Praatjies met die Oumense_ + (259-261). § 3. G. Jordaan (261). + + + HOOFSTUK VIII. + + DIEREBESKRYWING Bls. 262-269 + + + § 1. A.A. Pienaar (_Sangiro_): Lewensskets (262-263). + _Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld_ (263-269). + Hans Anton Aschenborn (269). + + + HOOFSTUK IX. + + REISBESKRYWING Bls. 270-273 + + + § 1. A.J. Jacobs (_Dómine_): _Reisavonture op Land en + See_ (270-273). + + + HOOFSTUK X. + + HISTORIESE PROSA Bls. 274-325 + + + § 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller: + Lewensskets (276-278). _Voortrekkermense I_ en _II_ (278). + _Dagboek van Louis Trigardt_ (279). _Piet Retief_ (279-282). + _Kaptein Hindon_ (282-283). _Baanbrekers_ (283). _Twee + Geskiedkundige Opstelle_ (284). _Genl. Botha_ (284-285). + Letterkundige Opvattings (285-288). § 3. J.H. Malan: + _Boer en Barbaar_ (288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff: + _Vaalrivier, Rebellie-Sketse_ (292-293). § 5. J.A. Smith: + _Brit en Boer_ (294-295). _Naar Bloedrivier en Paardekraal_ + (295). § 6. Dr. J.D. du Toit _(Totius)_: _Ds. S.J. du Toit in + Weg en Werk_ (296-300). §7. Ds. W. Postma (_Dr. O'Kulis_): + _Doppers_ (300-301). _Die Boervrou_ (301-304). § 8. Thos. + Blok: _Grensboere_ (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener: _Sarel + Cilliers_ (305-307). § 10. A.J. van der Walt: Lewensskets + (307). _Noordwaarts_ (308-310). _Vastrappers I_ + (310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: _Kronieke van + Noordelike Transvaal_ (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell: + Lewensskets (313), _Die Voortrekkers_ (314-315). _Christiaan + de Wet_ (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe: + _Marthinus Theunis Steyn_ (317-324). § 14. Mevr. Lenie + Boshoff-Liebenberg: _Moedersmart en Kinderleed_ (324-325). + + + NAAMREGISTER Bls. 327-330 + + + + +HOOFSTUK I. + +Die Twede Afrikaanse Beweging. + + +§ 1. Historiese Inleiding. + +Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, +die _Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het +onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke +Provincie_ (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n _Engelsman_ gewees, wat +allereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat +Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en +beter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die +skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H. +Meurant (1811-1892) was.[1] + +Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word +Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur +die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7 +September 1872 in _De Zuid-Afrikaan_ 'n artiekel skryf oor _De Bijbel in +het Afrikaansch_, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus +1875 vaste vorm kry deur die oprigting van _Die Genootskap van Regte +Afrikaners_.[2] + +Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op +taal- maar ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers +behandel.[3] Reeds vóór die anneksasie van die Transvaalse Republiek +(1877) het _Die Patriot_ al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4] +"en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die +patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n +oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die +digter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier môreskemer, +eendag."[5] Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale +herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op +15 April 1881 verklaar _Die Patriot_: "Die Afrikaners, veral die jeug, +het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teën Engels, +en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Die +verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek +nou beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die +volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel al +duidelike kieme te sien is.[7] + +Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. +Die Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die +volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die +on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslag +aan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke _volte +face_--en gevolgelike onpopulariteit--van die persoon, die aan die spits +gestaan het van die beweging wat, in die oë van die publiek, +onafskeidelik aan hom verbonde was."[8] Heeltemal dood was die +Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a. die +bloemlesing van Pres. F.W. Reitz, _Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte_, +asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juis +is die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy tyd 'n +kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel +nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns +as onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se +optree--al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie--een +van die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse +skryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan +'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers +begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (_Die Huisgenoot_ Mei +1922.) + +Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die +Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse +Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895 +maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en +1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller +(was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom +het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld.... +Waar hul vroeër, teenoor die naturelle, hul _stam_verwantskap gevoel +had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een +_nasie_ is.... In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard +het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die +dood die lewe gevoed. Die puinhope van die twee Republieke het die +vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die +Kaap tot in Kongoland, en van Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"[9] +"In die oorlogsjare.... is die vaderlandsliefde in lewendige ligte +uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die vreemde kom besinning en inkeer +tot menige Afrikaner. En na Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer, +en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die geheue drup."[10] + +Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê: + + If a state submit + + "At once, she may be blotted out at once + And swallowed in the Conqueror's chronicle. + But in wars of freedom and defence + The glory and grief of battle won or lost + Solders a race together--yea--tho' they fail, + The names of those who fought and fell are like + A banked up fire that flashes out again + From century to century, and at last + May lead them on to victory,--I hope so-- + Like phantoms of the Gods." + +Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur +'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in +die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit +egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken +word.[11] + + +§ 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging. + +Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar +dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry +en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken. +Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal +te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien +hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die hele +beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van een +talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling waarop +die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer verskil van +politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar gelukkig het +die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyf of meer +renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie. + +Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende +persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die +gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die +maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat +'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die neëntiende +eeu allermins te verwagte was. Aan die Kaap het wel betreklike rus +geheers, maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem +alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die +Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die +insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die +land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van +die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse +elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en +kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in +Zuid-Afrika een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig +van karakter, dat men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de +wedergade zal vinden."[12] In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie +opbloei nie. Daar was geen tyd vir rustige besinning nie en die vinnige +loop van die gebeurtenisse het alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik +gemaak. Voeg ons daarby nog die stryd op taalgebied en die gebrekkige +eenheidsbesef, dan hoef dit niemand te verbaas nie, dat die +kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters alleen voortrekkerswerk +kon verrig. + +Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk +kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike +wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die +geskiedenis van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige +vooruitgang, wat sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo +toeneem. Die "nou-rym-ons-lekker"-periode[13], waarin iedereen, van +Generaal Joubert af tot die skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar +gedraai het, was verby en al dadelik word op die ernstige strewe van die +Twede Beweging nadruk gelê. In 1906 sê Preller al: "Afrikaans het tot +hiertoe groteliks gedien als 'n soort van trog, om al die o'erloop +vulgariteit van die nasie op te vang";[14] en Jan Celliers verklaar in +sy brosjure, _Doel van Ons Tydskrif_: "As ons let op wat in hoofsaak tot +nog toe gelewer is in die Afrikaanse taal ... dan kan dit ons nie +verwonder nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik +om mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel +erken moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie +werk is, is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis +word.... Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die +sterkste geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees +vir ons om die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees _om +hom in te lei tot hoëre dinge_."[15] + + +§ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging. + +In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al +gou blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van _Die Patriot_ +nie uitsluitend 'n _taal_beweging is nie. Generaal Hertzog begroet _Die +Brandwag_ as volg in die eerste nommer: "Het Afrikaanse volk ontwaakt +tot het gevoel van mannelik eigen kracht, eigen waarde en zelfrespekt, +verlangt zichzelf te zijn.... Te lang reeds is 't volk begocheld +geworden door de luister van vreemde reklame en bedrogen geworden door +'t hooghartige ener aangematigde uitheemse meerderheid. Evenals op +industrieel en maatschappelik gebied, zo ook op intellektueel gebied +willen wij onszelven zijn. Wij willen zijn zoals _wij_ zijn en niet +zoals _anderen_ zijn...." En al gaandeweg groei die besef, dat die +grondslag van alle beskawing is die ontwikkeling van die hele volk +volgens die noodwendigheid van sy eie siel en sy eie geaardheid. "Ons +praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk vir 'n Afrikaanse +toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die erkenning van ons eie +taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die vadere aan ons +nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n volk van +ander volke onderskei.... Die skokkende gebeurtenisse van die laaste +twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef dat +hul lede is van 'n Afrikaanse volk--'n volk met eie tradiesies en sedes +en gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die +aarde."[16] + +Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid. Daar +word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook pogings +aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n Teken van die +kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat met liefdevolle +ywer gewerk word om die geestelike erfgoedere van die voorvaders teen +verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op kultuurgebied is die leuse +orals: "oneigene, ik late u, ... gaat reizen!" Die laaste boodskap van +President Kruger, waarin hy die volk aanspoor om uit die verlede te neem +wat goed is en daarop voort te bou vir die toekoms het in goeie aarde +geval. 'n Eensydige betragting van die mooi leuse lewer egter groot +gevaar op. Die strewe na 'n eg-Afrikaanse kultuur mag nie lei tot 'n +skrikkerige afwering van alle vreemde invloede nie. Geskiedenis beteken +juis verandering, en as ons vandag probeer om 'n beskawing te ontwikkel +uitsluitend uit wat ons as goed Afrikaans in die verlede voorkom, dan +moet dit op mislukking uitloop. Hoe hoog ons ook al die tradiesies van +die voorgeslag skat, ons moet nie vergeet nie, dat ons tans voor ander +probleme as ons voorvaders staan. Jan Celliers het in 1913 al gewys op +die onmoontlikheid van isolasie: "Die dag sal nog kom dat Suid-Afrika +net soos enige beskaafde land gelyk-op sal deelneem aan die wêreld se +beweginge en worstelinge op geestelik gebied, aan die wêreld se +vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog koester, om van S.A. +'n soort alleenstaande Israel te maak--bang en wars van uitlandse +inmenging en invloede--is 'n droombeeld wat met die dag reeds vaer +word."[17] + + +§ 4. Gevaar vir Isolasie. + +Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerige angsvalligheid alle +buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n benoude, +stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer Afrikaanse kuns +te kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet maar aansukkel op +ons eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad anders is as in die +ouere kultuur-lande. Dat hierdie rigting totaal verkeerd is, word al +dadelik bewys deur die feit, dat ons beste kunstenaars juis onder die +inwerking van buitelandse invloede hul skoonste werk geskep het. Die +egte kunstenaar laat hom nie verbaster deur 'n vreemde kultuur nie. Hy +ontleen daaraan wat vir die volle ontplooiing van sy gees diensbaar is, +en vervorm en verwerk die vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer +nasionale kunswerk. 'n Volk wat nie sy man kan staan teenoor vreemde +invloede nie, gaan te gronde en so ook die kunstenaar. Maar met reg kan +ons van hom eis, dat hy ons blik sal verruim en ons in intieme aanraking +bring met die kuns ook van ander lande. Isolering op letterkundige +gebied sou beteken opdroging, sou aanleiding gee tot 'n eindelose +herkouery. Laat ons kunstenaars dus gerus van alle oorde hul gees +verryk. As hul mans genoeg is, sal hul selfstandigheid niks daaronder ly +nie en ons kuns sy nasionale stempel behou. In elk geval geen Chinese +muur rondom Suid-Afrika nie! + + +§ 5. Kultuur-toestande. + +Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n +waaragtige diep-wortelende kultuur is. Maar so 'n kultuur is in elk +geval in wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon- en +beeldhoukuns maak al ons harte bly. Wie dan nog let op die wondere +ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat daar +inwendige kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog grootser +skoonheid sal lei. Ook by ons wag die jeug "het hoofd vol duistere +glories en de handen bevend van voorgevoel."[18] + +"Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de +dichters, waar zij muziek gaande maken en gezongen worden; of waar zij, +vanaf het tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters, +die een volk, aan zichzelf ontdekt, één maken."[19] So het ook ons +digters die dinge, wat daar roer en woel in die hart van die nasie, +vertolk en die solidariteitsgevoel versterk, terwyl die prosaïste ons +gevoel van nasionale eiewaarde verhoog het deur die skildering van +grootse dade uit die wordingstydperk van die volk. + +Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk, wat +nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale +kultuur. Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n +egalige en natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot +gedeelte van die volk--miskien kan die werklike toestand benader word +deur te sê die helfte--leef nog voort in byna volslae onkunde van die +kultuuropenbaring, wat orals om hul opbloei. By so 'n besondere +gebeurtenis as 'n Dingaansviering b.v. merk hul wel dat daar 'n roering +is, maar die dieper betekenis van die kultuurbeweging bly onbegrepe, +omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling die orgaan daarvoor mis. + +'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye +is die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage +agterlikes het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde. +Daaraan moet toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende +elemente in ons kuns. + +Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as +een versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan +van dowwe verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te +laat kry in die intellektuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie +word nie verspil op debatte van die: "Wat is sterker: vuur of +water"-tiepe nie? As 'n mens so maand na maand die notule van baie +vereniginge, (gelukkig nie almal nie) deurlees, dan kan jy jou verbaas +oor die deurtrapte advokate-listigheid, wat aan een of ander +beuselagtige onderwerp bestee word, en die geesdriftige koppigheid +waarmee die kwessie eindelik uitgebaklei word. Triomfantelik word dan +die uitslag aan die pers meegedeel, asof dit 'n belangrike probleem is, +wat nou vergoed opgelos is! Op baie plekke is daar gelukkig mense wat +leiding kan gee, en daar bereik die vereniging of lees- en studie-sirkel +dan ook sy doel, maar dit is 'n feit dat meer as een persoon, met behulp +van 'n bietjie gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe sy +geestelike ontwikkeling hom geen reg gee nie. Op die manier kry ons +kunsdespote in onderbaadjie-sakformaat, wat, ondanks hul goeie +bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene kunsbegrip +en die opbruisende energie van die jong mense op niksbeduidende sakies +laat verflenter. + +Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die +wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike +goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende +skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel +te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik +geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue +rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het +vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n +geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering +alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word +deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na skoonheid +in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kultuur. + +As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n +simptoom is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een +inspirerende voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur +van 'n regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting van algemene +waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en onmisbaarheid van +kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat die gemeenskap belang +stel in ideële goedere. Die suksesvolle reise van Lauwerijs en +Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.[20] Naas al die +tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie opgesom[21] +kan nog gewys word op die oprigting van die _Tydskrif vir Wetenskap en +Kuns_ in Bloemfontein (1922). + +Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as +daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die +volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar +Dr. H.J. Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te +min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom +meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke +idealiste.... Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n +verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde +vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir +resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie."[22] Die +skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by die +meeste van ons, die bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste +smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die +beoordeling van skilderye."[23] + +Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my soveel +per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (_Die +Huisgenoot_, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die +geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van _Ons Land_, 1919, +beveel Ds. J.P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel: +_De Dronkenschap van Dokter Dirkse_, waarin alle woorde met die letter +_d_ begin. Dat dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, blyk +uit die volgende: "De drank doet duizenden dwaasheden. Daarom drinkers, +die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. Doorziet daardoor de +dwaasheid der dronkenschap, de droevige doodslag der drankzuchtigen. +Doodt dus dadelik, doch degelik de drankduivel. Doet dus de drankduivel +deerlik delgen...." Sedelike oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad +'n "droevige doodslag" op die kuns laat pleeg! Dat so 'n +rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon word, is 'n aanduiding +dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig is. Ook die opvoering +van so 'n kykspel as die _Medea_ van Jan Vos op Pretoria[24] deur die +"Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken. + +Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, +wat seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die +mense wat so los in hul skoene staan--en wat hulself tog vir erg beskaaf +hou--tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos +_Tit-bits_ en die _Strand Magazine_."[25] En veel uit die volgende, wat +in 1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: "As ons let op wat tot nog +toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ... +gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese--die +soort soos Captain Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig +hou met die growwe feite van die lewe--nog altyd die meeste in die smaak +val.... In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie--ons hele +bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en alledaags. +Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld daarbuite al +moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie."[26] + +Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kultuur +"oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie, +dis geleen. Ons sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ... +As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes, +dan praat ons so ongemerk ... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: "Op +die gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral +ons taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied +het ons waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter +ontwikkelingsproses deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die +tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n +groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons met verbasing en blydskap +vervul."[27] + +Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op +het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die +verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het +feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat ons +volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik +bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is.... +Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen--het Hollandse, +het Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van Midden-Europa, +die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de natuurlike +erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en +Romeinen."[28] + +Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat van +'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste +druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste +musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy +eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe +primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die +toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur.... Ons +volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om +hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie +skilderstukke nie."[29] + +By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word +op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse +letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit +geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers +soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, òf totaal onbekend, of +nog alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg +het dan ook die Akademie daarteen protes aangeteken[30] en in die laaste +jare kom ook hierin verbetering. + + +§6. Kalvinisme en Kuns. + +'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner +volk Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen +zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n +opvoeren van _Hamlet_ zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J. +Brümmer.[31] "Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op +'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die +"teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was "'n school voor de +beoefening van de deugd der onderworpenheid, ... was genoeg om de +Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de +weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder ons volk +op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking +wees, maar laat ons veral die somber stemming nie oordryf nie. "Om den +wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden +lach doen spelen", sê Dr. Kuyper.[32] Dit was by ons nie nodig nie, want +'n guitige humor is juis een van die kenmerke van die Afrikaner volk. En +in die "meedogenloze" natuur van Suid-Afrika is die stralende son tog +steeds 'n simbool van blyheid gewees, wat ons uit die bedompige huise +gelok 't na jag- en veldvermaak. + +Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog +veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om +die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook +al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n +agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te +toon wat 'n voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die +Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, +want as afstammeling van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die +idee vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van +die afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse +kerkvensters mee te versier."[33] + +Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling +gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes +bevorder.[34] "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n +voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand +verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante ten gunste +van die voorstel was. In _Die Banier_ (Des. 1921) bepleit Dr. H.J. Steyn +die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die tyd is verby +om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse +toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons +nasionale gevoelslewe."[35] In die taalstryd het die liefhebbery-toneel +uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar geselskappe, wat groot +gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in 1910 al: "Dis op ander +plekke ook duidelik gebleke dat die toneel 'n magtige middel kan wees +tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n spieël voor te hou van sy +drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel boesem eerbied en liefde +in vir die landstaal. In ons land, veral, waar so min gelees word, kan +die toneel 'n groot rol speel ..."[36] + +Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse +letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag +_De Dichter als Ziener_ sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige +tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters +betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen +aan dat ideëel-zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet +hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige wereld." (II p. 57). Ter +stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire, _Kunst- en Levensbeelden_. +Van _l'art pour l'art_ wil Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy +Prof. Woltjer aan: "Het begin en einde van alle poëzie is de ere Gods in +het woord Hem toegebracht uit en door zijn schepsel". + +In 1912 spreek Dr. I.J. Marais ([oorlede] 1919) sy professorale +banvloek uit oor "De Nieuwere Richting in de Nederlandse +Letterkunde",[37] waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij +verheerliken de kunst; zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden, +vaak door geen mens verstaan ..." Beets, Da Costa, Van Lennep, +Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet--die noem hy +almal "sterren van de eerste rang"! "Met hun heengaan nam de +middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om +manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die les te lees word genoem +"verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg die +uitspraak: "De _Opstellen_ van Van Deyssel, de _Letterkunde_ van Kloos, +de _Studies_ van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral +die wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot teëspraak. "Het +_èsthetiese_ neemt de plaats in van het _etiese_. Het schone wordt +verheerlikt tegenover het goede en het ware, en het heilige." Steunende +op Taco de Beer en Ds. Hulsman word die wêreldbeskouing dan veroordeel. +Johan de Meester en Vermeylen val onder die skrywers "van mindere rang" +en alleen enkele sonnette van Perk vind genade. En eindelik kom die +volgende sug van verligting: "Goddank dat onze Zuid-Afrikaanse +schrijvers ons een andere weg hebben aangewezen ... Couperus, Van Eeden, +Van Deyssel en anderen kiezen wij niet tot model in Z.A. Daartegen +waarschuwen wij ..." Prof. A. Moorrees breek 'n lansie vir Bilderdijk in +sy dankwoord en prys die kritiek van Beets teenoor die "van sommige +latere kritici, wier kritiek grotendeels schijnt te bestaan uit +geïdealiseerde viswijventaal."[38] Ook Ds. J.D. Kestell verklaar dat +"ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te volgen, men +zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere generatie, en +inzonderheid aan Beets."[39] + +As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis. +Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van +Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees +geleer om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te +waarderen"[40] en weier om 'n metode te volg, wat die meeste egte +kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot +sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o.a. onder "de +sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipiële voorligting by die +moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n +Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n +veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog mense +wat glo dat kristelike beginsels teenoor _egte_ kuns nooit vyandig hoef +te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor _Kuns en +Sedelikheid_ nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: "Ons +opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer +verwaarloos.... Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou (nie), +wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van verbode +vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom"? (_Die Huisgenoot_ +Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die voetpaadjie van ons +Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale grootpad, word dit 'n +aktuële kwessie. + +Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en +S.A. goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne ziel +bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht. +Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de _traditionele_ paden +... En op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn +vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit +gebied.... We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik +naïef. En aan onze _kunst_ komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep +onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds +kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen +hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat +grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags +Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij +_weten_, en _gewaarschuwd zijn_, en niet overrompeld worden."[41] + +Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling +wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige +vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om +vastigheid te gee op stylgebied. + + +§ 7. Die Prosa.--Algemene Karakteristiek. + +In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die +Afrikaanse Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante +elemente--en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n +weerspieëling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer +het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd--'n stryd wat +feitlik elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande +taalkwessies, waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou +bekommer nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons +volksbestaan, vir ons volkseenheid. "Ons jong Afrikaanse taal _moet_ win +en _sal_ win", is die vlammende passiekreet van die herlewende volk; en, +eweas die manne van die Pleïade in Frankryk, verdedig ons kunstenaars +met heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan 'n lang +periode van geestelike knegskap beëindig word; vol van die besielende +weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen die +wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan ons +op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar seker +sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders blink in +die skittering van 'n nuwe son. + +Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n +rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak. +Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog +alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in +die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter +van fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die +teenstanders: "Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend gewerk +en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur kan +ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende skoonheid +wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die uitdagende +houding van die voorstanders van Hollands, wat hul steeds beroep het op +'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van durf. In jeugdige +oormoed het ons aan skrywe gegaan--nie altyd omdat hier binne ons 'n +magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking gedwing 't nie, maar +ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar jaar +het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat in +die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek +dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd +verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in +Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding +meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs +op die pers gekom 't. + +Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die +manbaarheid van 'n jong taal--net so min as wat die goue erepennings van +die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte poësie +uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike +onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die "begenadigde +eenling" eenvoudig _moet_ gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n +letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit +iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om +met rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy +daarin die fynste roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings +kan verklank. + +Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op +hol bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die +waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale +letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees. +Maar nie in één nag sal daar 'n katedraal uit die velde opdoem nie, soos +Albert Verwey êrens sê. Die waardelose ou timmerasie het ons omgesmyt, +die wanordelike periode van die afbrekery het ons deurgemaak, maar die +tyd is nou ryp om ernstig en rustig te bou aan die nuwe lewende kuns. Ná +die omwenteling _moet_ en sal daar iets groots kom--maar as vanself. + +Naas die militante element is daar, soos reeds by die beskouing van die +kultuurtoestande opgemerk, 'n sterk didakties-moraliserende +stroming.[42] Die toenemende sedebederf, "wat saam met 'n +bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het"[43] laat meer as een skrywer 'n +preektoon aanslaan of traktaatjies in verhaalvorm skryf. + +Die kunstenaar wat ons 'n didaktiese roman in goeie sin kan gee +ontbreek nog. Carel Scharten sê tereg: "Het (is) ongetwijfeld mógelijk, +dat ... een strekking, mits tot een bezielenden hartstocht gegroeid, een +gróót talent tot de hoogste en tevens voor ieder verstaanbare kunst +opvoert...."[44] By ons het die didaktiese stroming op die gebied van +die roman nie veel meer opgelewer as soetsappige vermanings nie, wat +heeltemal los en uit die verband staan, of anders verhale, opsetlik só +saamgestel, dat die strekking die _enige_ doel is. Langenhoven, wat +aanvanklik sy lewenswysheid op betogende wyse meegedeel het, begin dit +nou in verhaalvorm te verwerk en by hom is daar seker kans, dat die +strekking tot besielende hartstog sal vergroei en mettertyd 'n +opbloeiing van gemeenskapskuns bring. Hy en ander skrywers teken die +kultuurverbastering op satieries-humoristiese wyse, terwyl die +mentaliteit van die arme blanke en sy agteruitgang in die stede +realisties geskets is deur J. van Bruggen en Lub. + +Die romanties aangelegde skrywers volg die voetspoor van historisie soos +Preller en J.H. Malan en verheerlik die nasionale verlede. Die +Voortrekkerperiode veral word met liefde bestudeer, maar ook die +Anglo-Boere-oorlog lewer stof vir 'n paar romans en talryke sketse. J.H. +Malan en De Waal gaan terug na die vroegste tydperk van die Kaapse +geskiedenis, terwyl ook resente gebeurtenisse, soos die opstand van 1914 +behandel word. Die invloed van Van Lennep is duidelik merkbaar by +sommige skrywers. Dikwels moet die historiese agtergrond hoofsaaklik +dien om 'n hele reeks awonture meer waarskynlik te maak. Die digterlike +gees, wat die historiese feite moet interpreteer, en deurdring tot die +innerlikste kern van 'n tydperk, sonder versmoor te raak onder +noukeurige argeologiese gegewens is alleen af en toe aanwesig. Daarom is +die resultaat meestal nie veel meer dan "'n gekleurde historieprent" +nie. + +'n Aaneenryging van kakelbonte awonture, wat die nuuskierigheid prikkel +deur al die konwensionele kunsies van 'n vernuftige intriege vind nog +groot byval, selfs by die ontwikkelde klasse. Dit is 'n voorkeur, wat +deur die tallose minderwaardige Engelse ontspanningsromans aangekweek en +in stand gehou word.[45] As 'n skrywer maar behendig die draadjies kan +trek van 'n klompie houtpoppies, liefs met 'n stukkie vierkleur om die +hoed, en hul 'n paar ingewikkelde dansies laat uitvoer, waarby 'n paar +"rooies", of 'n klomp Soeloes in die stof getrap word, dan vind hy +lesers genoeg! Op karakterontwikkeling kom dit minder aan as daar maar +genoeg aksie, beweging en verrassinge is. + +Jan Celliers het die oorsake van die toestand as volg geformuleer: "Hoe +kan verwag word dat 'n jong kultuur, wat, so te sê, gister eers ontwaak +het, onder 'n jong volk, wat van die begin af 'n harde stryd om sy +bestaan te stry gehad het teen 'n hardhandige natuur, teen +honderd-duisende barbare, teen 'n vreemde oorheerser van buite, sou +ooreenkom met die van ouer lande? Hoe kan verwag word dat ons vir ons +besonder sou verdiep het in 'n studie van die mens en sy omgewing vir +filosofiese of vir kunsdoeleindes? Ons het die mens en die natuur +bestudeer met die oog op die praktiese vrae van die dag, wat gou en goed +opgelos moes word, waar ons bestaan van afgehang het. En dié stryd hou +nog altyd aan.... Ons bloed is nog aldag te veel in beweging, jaag ons +aan, ons het te veel te doen, ons moet gou klaar wees, het nie tyd om +veel te droom of te peuter nie.... Om een en ander rede is ons romans +nog veel meer op handelinge en vermenigvuldiging van gebeurtenisse +aangelê as op karakterstudie van 'n persoon of versameling van persone. +Dis vir ons onmoontlik om soiets doodkalm te behartig en ons grote stryd +te vergeet; onwillekeurig straal die stryd, en alles in verband daarmee, +in ons werk deur--romans, toneel, alles."[46] Dat die opvatting van 'n +goeie roman, soos deur Jan Celliers in dieselfde voorlesing uiteengeset +nog lang nie algemeen is nie, blyk uit 'n pleidooi in _Die Huisgenoot_ +(Okt. 1919), waarin ongetwyfeld die gevoelens geuit word van "die grote +gros van fatsoenlike mense, wat.... 'n pittige, boeiende verhaal belaai +met "kunsies", verkies bo 'n sielkundige studie van mens en natuur."[47] +En dit sal seker nog lank duur voor al die "fatsoenlike mense" tot +juister kunsbegrippe kan opgevoed word en leer insien, dat Hollanders, +wat iets van letterkunde afweet al lank al nie meer op Van Lennep "roem +as 'n egte en groot romanskrywer" nie. + +In die laaste tyd is daar egter 'n reaksie gekom op die awontuurlike +rigting. J. van Bruggen, Léon Maré, Kruger, Van Reenen en ander verdiep +hul in karakterstudie en ook in talryke tydskrifverhale word die mens +meer en meer hoofsaak. Deur die genoemde skrywers is realistiese werk +van goeie gehalte gelewer. Oor die algemeen moet egter geseg word, dat +ofskoon ons goeie vertellers het, wat die kuns van aanskoulike +voorstelling verstaan, daar nog uiters selde 'n karakter geskep is, wat +deur plastiese uitbeelding en fyn, menskundige aanvoeling 'n blywende +indruk maak. Daar is meer as een skrywer met 'n raak opmerkingsgawe, +maar ons voel telkens asof die dinge meer deur 'n soort +projeksie-apparaat bekyk word, as deur die oog van 'n kunstenaar. Wat +Van Deyssel "de oppermacht der intuïtie" noem, ontbreek nog. + +"The depiction of the external, objective, carnal, precedes in every +form of expression of which we can have records, the consideration of +the internal, the subjective, the spiritual. We go from shapes, and +forms, and bulk, and externals, to the presentation of the life +within."[48] + +Daar is al genoeg aanduidings dat by ons die ontwikkeling dieselfde weg +sal volg. En Stoddard toon aan dat dit ook op ander terrein die geval +was. So het die skilders eers die Madonna met 'n oureool geskilder; +later pas "illumined and glorified by a light from within." + +Verskillende skrywers het op gelukkige wyse die inboorling geteken en +ook hier is die strewe merkbaar om van die skildering van uiterlike +eienaardighede oor te gaan tot die uitbeelding van dieper menslikheid. +En naas die jagstories met hul bonte awonturereeks staan Sangiro se +_Sketse_, waarin hy probeer "om die diere se gewaarwordinge uit hulle +uiterlike beweginge te verstaan."[49] + +Die groot behoefte aan leesstof in die moedertaal het meer as een +skrywer, veral in die begin, uit pure vaderlandsliefde na die pen laat +gryp. "Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed, ons +kan nie wag nie!"[50] was die wagwoord. In baie voorredes kan mens dan +ook sien, dat die enigste doel van die skrywer was om die leeslus aan te +moedig. So verklaar De Waal van sy _Stompies_, dat hulle "van geen +besonder gehalte op letterkundig gebied (is) nie", "die enigste doel van +die skrywer is om te help voorsien aan (lees _in_) 'n nasionale +behoefte".[51] "Ons kan nie ons volk laat agterbly nie", sê Langenhoven +by die verskyning van _Stukkies en Brokkies_ (1911) en selfs in 1918 +heet dit nog: "Die hele boek is maar 'n noodshulpie". Ook D.P. du Toit +reken homself maar onder die "handlangers en knoeiers, wat somar +roustene aandra vir die binnemure".[52] Onder sulke omstandighede hoef +die groot gebrek aan tegniek, waarop in die volgende hoofstukke +herhaaldelik sal gewys word, geen verbasing te wek nie. + +Vandag is die toestand só verander, dat ons met die volste reg van alle +aspirant-kunstenaars kan eis, dat hulle goed georiënteer is in die +wêreldletterkunde, dat hul ten minste 'n begrip het van die algemeen +erkende tegniese reëls, voordat hulle aan skrywe gaan. Ons kan ook met +reg verwag, dat hulle geen uitgediende, outydse modelle navolg nie, dat +hulle steeds in voeling bly met die literêre vooruitgang in ander lande. +Maar aan die eise het nog net enkele voldoen en daarom het ons +letterkunde allesbehalwe 'n moderne cachet. + +Op taalgebied heers daar by die meeste skrywers groot onsekerheid. Daar +is nog 'n soekery, 'n rondvallery om die juiste vorm te kry, wat +natuurlik maklik verklaarbaar is, by 'n geslag wat gister eers geleer +het om sy eie taal te skryf. By meer as een is die taal nog stroef en +onbuigsaam, wanluidend en sonder ritme. Ander weer, soos Preller, wat +goed op die hoogte van die moderne stylkuns is, skryf al in 1906 'n +gekultiveerde taal, klankvol wegdeinend op bevallige ritme en telkens +verrassend deur oorspronklike beeldspraak, ontleen aan Afrikaanse volk +en bodem.[53] Uit tallose voorbeelde in die volgende hoofstukke sal blyk +hoe gevaarlik diep die vreemde parasiete al deur die bas van die +taalboom geknaag het, en hoeveel speurende sorg daar sal nodig wees om +hulle uit te vroetel. + +By enkele skrywers is daar 'n welbewuste strewe na mooiheid van klank en +frisheid van segging, by die meeste egter 'n gedagtelose naskrywery van +geykte Hoog-Hollandse beeldspraak. Gelukkig is daar ook al prosa +geskryf, wat bewys, dat Afrikaans in smydigheid, in seggingskrag en +klank alleen 'n kunstenaar nodig het om tot sy reg te kom. Wanneer ons +let op die stroom middelmatige verse, dan blyk dit hoe nuttig Jacob Geel +se uitspraak ook vir ons kan wees: _"Laat ons het Proza bewerken: de +echte Poëzie zelve zal er bij winnen"_. + + +§ 8. Krietiese Standpunt. + +In die volgende hoofstukke word 'n poging gedoen om die letterkundige +waarde van ons vernaamste prosawerk te bepaal. Wie bekend is met die +toestande in ons land sal toestem, dat by die estetiese kritiek 'n +verwysing na die kultuur-historiese waarde van die besproke boeke +noodsaaklik is. In enkele gevalle word dit afsonderlik gedoen, maar hier +kan met nadruk daarop gewys word, dat die meeste behandelde werke, wat +ook al hul gebreke mag wees, en hoe primitief hul ook dikwels mag skyn +vir iemand, wat op die hoogte van die moderne Europese lettere is, _tog +almal, byna sonder uitsondering, voortreflike dienste in ons taal- en +kultuurstryd bewys het_. Daarom pas dit ons om 'n eresaluut te bring aan +al die voortrekkerskrywers, wat ons volk van 'n geestelike hongerdood +gered 't, deur wie se liefdevolle ywer ons nie langer as doofstomme +bywoners in ons eie land hoef te sit en swyg nie. 'n Eresaluut, nie +alleen aan die begaafde artieste nie, maar ook aan die, wat in alle +eenvoudigheid houtkappers en waterdraers was, toe die meeste nog stil +gesit 't, of niks anders as spot oor had vir 'n beweging, wat 'n einde +aan ons lang periode van geestelike knegskap gemaak het. + +Die gevoel van piëteit hoef egter ons krietiese vermoë nie te verlam, +mag ons nie belet om sonder doekies omdraai 'n estetiese oordeel uit te +spreek nie. Dit sou 'n verkragting van ons gewete wees en 'n fatale +uitwerking hê op die verdere ontwikkeling van ons jong letterkunde. Nou +dat die taalstryd feitlik afgeloop is, word dit tyd om vas te stel, wat +ons tot dusverre bereik het; om te waardeer wat skoon is, om te laak wat +gebrekkig is. Tyd ook, om die voortbrengsele van ons kuns te meet aan +die meesterstukke van die buiteland. Want ons wil vorentoe beur! Ons wil +Suid-Afrika "hoog opstooten midden in de vaart der volken". Ons wil nie +'n pieperig-bleek kasplantjie hê nie, wat alleen 'n sukkelbestaan kan +voortsleep in 'n vaderlandse broei-atmosfeer. Dit moet 'n _kan-nie-dood_ +wees, wat ook die kritiek van ons Dietse stamgenote nie kan ontwortel +nie, in vaderlandse bodem geplant, maar tog bestand teen alle wind en +weer. + +Op dié gedagte is ook die krietiese beskouing in die volgende hoofstukke +gebaseer. Wie dit daarmee nie eens is nie, sal op meer as een skynbaar +onbillike oordeel stuit. Maar laat diegene bedenk, dat ons op kuns-, net +so min as op ander gebied 'n laer kan trek en met doringtakke inmenging +van buite afweer. Op die gevaar van isolasie is reeds in 'n vorige +paragraaf gewys. As ons digters reeds so 'n hoë peil bereik het, dat +selfs Europese fynproewers hulle werk kan waardeer, dan hoef ons +prosaïste ook nie met minder tevrede te wees nie. Jong Suid-Afrika +streef ook op kunsgebied vooruit en die kunstenaar wat laag mik, sal in +'n paar tiental jare skoon vergeet wees. Daarom moet ook ons prosakuns +op 'n kosmopolietiese plan kom te staan, wat geensins denasionalisering +hoef te beteken nie. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons tans +verkeer, kan 'n gemotiveerde kritiek, waarin breedvoerig op prinsipiële +kwessies ingegaan word nuttig wees en daarna is ook in hierdie werk +gestreef. As dit lei tot 'n ruimer belangstelling in ons prosakuns, tot +meer vergelykende studie en 'n juister insig in letterkundige +verskynsele, dan is die doel van die skrywer bereik. + +Op die ooreenkoms tussen ons toestand en die Vlaamse is al dikwels +gewys en dit geld ook van die kritiek. August Vermeylen sê: "Elke +flamingant achtte het zijn plicht zijne algemeene gedachten in de +godentaal weg te brullen of uit te kwinkeleeren. In het begin onzer +herwording, na het jaar 1830, was de literatuur het voornaamste wapen +der Vlaamschgezindheid geweest, en lang nog meende ieder taalstrijder +dat wapen te moeten hanteeren. Het vergde dan ook meer dan gewonen takt +van den kritikus, om zich niet schuldig te maken aan landverraad, als +hij den rijmelenden taalbroeder wat minder "puik" moest verklaren."[54] + + +§ 9. Beperking van Onderwerp.--Indeling. + +Die volgende bespreking is beperk tot oorspronklike prosa, wat meer of +min tot die terrein van die skone lettere behoort. Buiten beskouing bly +dus _(a)_ suiwer wetenskaplike prosa, waaronder 'n groot aantal +Afrikaanse dissertasies en die _Populêr-Wetenskaplike Serie_ van die +Nasionale Pers; _(b)_ godsdienstige prosa, soos die kinderbybel van Ds. +Conradie en 'n hele paar preekbundels; _(c)_ vertalings en omwerkings; +_(d)_ kinderboeke. Daar word 'n poging gedoen om te bepaal in hoeverre +ons historiese prosa, deur versorging van styl en ander artistieke +kenmerke tot die gebied van die kuns behoort. + +In § 7 is 'n algemene karakteristiek van ons prosa gegee. Op enkele +strominge word daar gewys, maar tewens blyk ook hoe alles by ons nog in +wording is. Veral by die romans en verhale is dit moeilik om tot 'n +bevredigende indeling te geraak. Waar daar nog net vae aanduidings is +van enkele hoofgroepe, en die meeste skrywers nog in verskillende +rigtings rondsoek, word dit onmoontlik en ongewens om nou al kampe af te +baken. Om dié rede is die voorkeur gegee aan 'n kronologiese indeling, +wat onder ander die voordeel bied, dat die meeste skrywers as 'n eenheid +kan bespreek word en, waar nodig, die ontwikkelingsgang in hul werk kan +aangedui word. Op die manier is die verbrokkeling van 'n skrywer se werk +soveel moontlik beperk. G.R. von Wielligh word in 'n afsonderlike +hoofstuk bespreek, omdat hy in baie opsigte _"'n Laaste stem uit die +Genootskap van Regte Afrikaners"_ is. Vir die ander hoofstukke is geen +opheldering nodig nie. Op enkele uitsonderings na word hier die +Akademie-spelling gevolg. + +VOETNOTAS: + +[1] Vgl. _Die Huisgenoot_, Jan. 1922: _Eerste Skrywers en Eerste +Geskrifte in Afrikaans_. + +[2] Die vyftigste verjaardag van die _Genootskap_ in 1925 mag seker nie +ongemerk verbygaan nie. + +[3] Dr. L. van Niekerk: _De Eerste Afr. Taalbeweging_ (1916); _Ds. S.J. +du Toit in Weg en Werk_, deur Dr. J.D. du Toit (1917); _Eerste skrywers_ +deur G.R. von Wielligh (1918); S.J. du Toit, _Geskidenis van die Afr. +Taalbeweging_ (1880). + +[4] Vgl. _Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk_, p. 203. + +[5] Preller: _Inleiding tot Die Vlakte_, 5de druk, p. 7. + +[6] Gesiteer deur Dr. J.D. du Toit: _Ds. S.J. du Toit_, p. 210. + +[7] Vgl. Dr. S.P.E. Boshoff: _Volk en Taal van Suid-Afrika_, p. 62. + +[8] J.H.H. de Waal in _Die Burger_, 12 en 13 Aug. 1921. + +[9] Dr. T.B. Muller: _Die Geloofsbelijdenis van 'n Nasionalis_. (1913), +p. 8. + +[10] Preller: _Inleiding tot Die Vlakte_, 5de druk, p. 12. + +[11] Die taalstryd het Dr. E.C. Pienaar beskryf in: _Taal en Poësie van +die Twede Afr. Taalbeweging_. Vgl. daarby egter Hoofstuk III. + +[12] Dr. W.J. Leyds: _Het Insluiten van de Boeren-Republieken_ I, p. XI. + +[13] Vgl. L. v. Niekerk: _De Eerste Afr. Taalbeweging^1_, p. 64. + +[14] _De Volkstem_, 18 Aug. 1906. + +[15] Ek kursiveer. + +[16] _Die Huisgenoot_, Julie 1919.--Prof. J.J. Smith. Vgl. ook Hoofstuk +III, § 3. + +[17] _Neerlandia_, Sept. 1913. + +[18] Vermeylen: _Verz. Opstellen_. + +[19] Carel Scharten: _De Roeping der Kunst_, p. 5. + +[20] Vgl. my artiekel: _Kuns regeringsaak,^2 Die Brandwag_, Jan. 1921. + +[21] _Taal en Poësie^2_ ens. p. 110-117. + +[22] _Die Banier_, Aug. 1921. Dr. Steyn se verdienstelike artiekels oor +_Die Dietse Bond_ het seker reg op meer algemene belangstelling en +behoort herdruk te word. + +[23] _Die Huisgenoot_, Nov. 1921. + +[24] Dr. E.C. Pienaar: _Taal en Poësie^2_ ens., p. 47. + +[25] _Die Brandwag_, Junie 1917. + +[26] id. 15 Aug. 1911, _Skrywers en Gekrifte_, deur N.N. (Jan Celliers). + +[27] _Die Banier_, Okt. 1921. _Het Geleerde Jong Suid-Afrika 'n +Program?_ + +[28] _Akademie-Jaarboek_ I, p. 94. + +[29] Dr. H.J. Steyn: _Die Banier_, Des. 1921. + +[30] _Akademie-Jaarboek_ V, p. 89. + +[31] Id. I, p. 83. _Die Afrikaanse Volksziel_. + +[32] _Het Calvinisme en de Kunst_. + +[33] _Die Huisgenoot_. Feb. 1919. + +[34] Vgl. _Jaarboek_ I, p. 49 vlg. en p. 14. Vgl. ook Dr. G. Besselaar: +_Z.A. in de Letterkunde_, p. 95. + +[35] In die pers is aangekondig, dat D.J. Smal, die bekende yweraar vir +gelyke taalregte na die buiteland gaan vir tegniese toneelopleiding. + +[36] _Akademie-Jaarboek_ I, p. 92. + +[37] _Jaarboek_ III, p. 54 vlg. + +[38] _Jaarboek_, p. 67. Vgl. ook sy oordeel oor Beets in V, p. 95 vlg. + +[39] V, p. 103. + +[40] III, p. 68. + +[41] _Die Banier_, Okt. 1921 na aanleiding van die tydskrif: _Het +Getij_. + +[42] Vgl. § 5. + +[43] Dr. W.M.R. Malherbe in 'n voorwoord by _Die Veldblommetjie_. + +[44] _De Roeping der Kunst_, p. 399. + +[45] Vgl. Jan Celliers: _Die Roman. Die Huisgenoot_, Aug. 1919. + +[46] t.a.p. + +[47] Die skrywer is J.W. van Kaapstad. + +[48] Stoddard: _The Evolution of the English Novel_, Chapter I. + +[49] Voorwoord. + +[50] Jan Celliers in _Die Volkstem_, 19 Junie 1907. + +[51] Voorrede 2de druk. + +[52] Voorrede: _Sy Pa se Skuld_. + +[53] Vgl. b.v. sy Persoonlike appresiasie van _Joh. van Wyk, De +Volkstem_, 18 Aug. 1906. + +[54] _Verz. Opstellen_ II, p. 149 + + + + +HOOFSTUK II. + +Polemiese Prosa. + +"Ik houd van woorden, die op mij neêrbonken als vallende balken, van +woorden, die mij voorbijsissen als kogels", sê Lodewijk van Deyssel. +Sulke woorde van "roode gramschap" en "gele spotternij" sal in die +volgende oorsig telkens aangehaal word met die doel om daarop te wys, +dat enkele van ons strydskrifte oor die taalkwessie, nie alleen van +histories, maar ook van letterkundig belang is. Hier word dus geen +gedetailleerde geskiedenis van die taalstryd gegee nie--dit het Dr. E.C. +Pienaar in sy dissertasie gedoen[55]. + +Met die oprigting van die tydskrif, _De Goede Hoop_, in Julie 1903 onder +redaksie van Adv. J.H.H. de Waal, 'n algemeen erkende voorstander van +Afrikaans, wat al sedert 1897 bydraes in dié taal gelewer het in _Ons +Land_[56] kry die Twede Beweging vaste vorm. As eindpunt van die +taalstryd kan beskou word 7 November 1919, die dag waarop die Kaapse +Sinode Afrikaans as offisiële kerktaal naas Nederlands erken het. Wat +Ds. N.J. Brümmer in 1909 gesê het geld ook tans nog: "Dit is wel waar, +dat so nou en dan nog een of ander Rip van Winkel uit syn slaap +opflikker en teen Afrikaans uitvaar, maar dit is maar die stuiptrekkinge +van 'n slang wat swaar vervel."[57] + +In die sestienjarige stryd het daar 'n groot aantal polemiese geskrifte +verskyn, aanvanklik in Hoog-Hollands weens die groot vooroordeel teen +die moedertaal, maar later meestal in Afrikaans. Reeds in die twede +nommer van _De Goede Hoop_[58] moet De Waal "'n geachte correspondent +uit Stellenbosch", wat gekla het oor "te veel Afrikaansch" daaraan +herinner, "dat Kaapsch-Hollandsch bij velen bijval vindt en hoe langer +hoe meer als zelfstandige taal erkend wordt." By sulke kalme +teregwysings het dit natuurlik nie gebly nie en De Waal het later onder +die skuilnaam _Jan van Rosenburg_ die teenstanders meer as een kopskoot +gegee. + +Twee jaar later, op 19 April 1905 begint die stryd ook in Transvaal, +wanneer Gustav Preller sy reeks artiekels _Laat 't Ons Toch Ernst Wezen_ +in _De Volkstem_ publiseer. Dit is 'n kloek, goedgedokumenteerde +manifes, wat met onverbiddelike logika al die argumente van die +teenstanders ontsenu en as gevolg gehad 't die stigting van _Die +Afrikaanse Taalgenootskap_, op 13 Desember 1905. In Julie 1905 word +Preller se artiekels met weglating van die eerste gedeelte en voorsien +van 'n nuwe inleiding in brosjure-vorm uitgegee, met die ondertietel: +_Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse Schrijftaal_.[59] +Afgesien van die historiese betekenis van Preller se brosjure verdien +dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit letterkundig oogpunt 'n +ereplaas onder die polemiese literatuur van die Twede Beweging. Met 'n +forse stem verkondig hy die waarhede, wat vandag so vanself sprekend +lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen ingang te vind. + +In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artiekel 'n +warme oortuigingsdrang op. Met die stryd vir die vereenvoudigde spelling +(1904) het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer iedereen +filoloog! "In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker meer +theologiseert dan uw zoon, die student is in de theologie," sê Allard +Pierson in _Intimis_. Lees mens filologie in plaas van teologie, dan was +dit presies ons toestand. Onder al die dilettante-wysheid en verwarde +taalbegrippe kom egter ook telkens brokstukke van entoesiastiese +welsprekendheid voor, waaruit blyk dat heel die volk in roering was. +Naas die lekeredenasies staan dan die kalm-wetenskaplike betoë en +ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig aan met hul mokerslae +alle opposiesie vergruisel het. + +Van die begin af was daar al sekerheid van die uiteindelike oorwinning. +"'n Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die +Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies", sê Preller op 9 Augustus +1905 in _De Volkstem_. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later +vir 'n eie letterkunde: "Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik +dat slegs 'n eige letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote, +deurtrokke van die Afrikaanse gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur +en deur in taal en inhoud, dat so 'n letterkunde alleen bereken is om +hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help om so 'n letterkunde voor +ons mense op te bouw? Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om +op te voed; ons kannie wag nie!"[60] + +En in die volgende jaar roep Dr. D.F. Malan: _"Dit is ons Ernst!"_ "G'n +taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n +skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di +taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore +op di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di +volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs +syn skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore +en sterf saam."[61] Op helder wyse set hy uiteen, dat Nederlands nooit +ons volkstaal kan word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. "Di +Afrikaanse Taalbeweging is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk +tot 'n gevoel van eiewaarde en tot di roeping om 'n waardiger plaas in +te neem in di wereldbeskawing."[62] + +Hoe die "gevoel van eiewaarde" al sterker word, blyk uit die brosjure +_Die Afrikaanse Nasie_ (1908) waarin Prof. N.J. Brümmer 'n uiteensetting +gee van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat tot nog toe alleen +die Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word "omdat hulle +'n eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword +het". Hy ontken alle "nasionale eenheid" tussen Nederland en Hollands +Suid-Afrika. "Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid +in wereldbeskouing, gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan +tussen die Afrikaner en die Hollander....[63]. Wat die Hollandse +letterkunde betref, die veelbesproke kultuurskat--die bestaan nog vir +enkele spesialiste onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan +ook soms vir studente, solank as hulle vir 'n eksame of prys werk. Ons +volk as volk dra van Hooft, Vondel, Cats of Bilderdijk net so min kennis +as van die man in die maan. Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil +ek nie eers praat nie. Of hierin ooit verbetering kan kom, betwyfel ek +sterk. Die Hollandse skrywers skryf nie vir ons nie, en al sou hulle ook +vir ons skrywe, dan raak hulle tog ons volkssiel nooit." Dit is +verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van die taalstryd gemaak +is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver, al sit daar +natuurlik 'n kern van waarheid in die bewerings. Die werk van sulke +geestelike aristokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die _hele_ +nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit, dan sou dieselfde +bewering met die grootste stelligheid van die Nederlandse volk self kon +gemaak word. Carel Scharten sê b.v.: "Het leelijke, het onwegwerkbare +feit is juist, dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en +ongelezen blijven zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast +die voor heel een volk geweest."[64] En in ander lande gaan dit net so. +Edward Garnett sê b.v. van Engeland: "Ons toneel is het grofste in +Europa en onze verwaarlozing van het drama van Shakespeare is werkelik +een schandaal."[65] + +Clément Vautel het nog onlangs in verband met die Molière-herdenking +opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. "Ieder +doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat +fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een +vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?"[66] + +Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog. +"Ons het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde +en ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels." Maar die manier waarop hy +hom die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig. +"As elkeen van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak, +dan sal dit wel nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde"! Dis +maar gelukkig dat al die Stellenbosse studente nie die raad opgevolg het +nie! + +Saam met die Unie gebore, staan _Die Brandwag_ vanaf 1910 trou op die +uitkyk en telkens as artiekel 137 van die grondwet veronagsaam word, het +sy waarskuwingsienjaal weerklink. "Die Afrikaner moet beleefd wees en +ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate +dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne +die wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en +verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die +Afrikaner-taal vernietig word." (_Die Brandwag_, 1 April 1911.) Van +maand tot maand het die redakteur, Dr. W.M.R. Malherbe die stryd vir +Afrikaans voortgeset en 'n hele reeks warm pleidooie is daar te vinde in +die redaksionele kolomme, veral van die eerste jare.[67] + +In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel _Oom Gert Vertel_, voorafgegaan +van 'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J.J. Smith, tans professor +in Afrikaans aan die Stellenbosse Uniwersiteit. "Die werk van die +Afrikaanse Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk +moet dit altoos bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n +vrind en 'n bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as +jyself, moet jy oortuig--as jy ten minste nie jou eie ondergang wil +bewerkstellig nie."[68] Die oortuigingswerk doen Smith op meesterlike +wyse. Hier is 'n geskoolde filoloog aan die woord, wat met kennis van +sake praat. "Ek grond my mening op die geskiedenis van die wording van +ander tale en op die herlewing in ons volk."[69] En met onverbiddelike +logika bewys hy, dat die argumente van die teenstanders "alles maar slim +praatjies" is! + +Ook _Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis_ deur Dr. T.B. Muller is 'n +pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale +bewussyn. "Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem +geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in +Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Oos Afrika." Hier word die +vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. "In plaas +van na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die +algemene taak van die mensheid." En op oortuigende wyse bepleit hy die +middele om die doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid +getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid +as leier voel. "Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n +langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al +wat goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap.... Die gevaar +van die oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my wel +bewus van; maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op aarde +tot stand kan kom nie...." 'n Warm entoesiasme klink dan ook heerlik op +in sy hele betoog en met gloedvolle oortuiging leg hy sy +"geloofsbelydenis" af: "Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse +nasie vir geen ander burgerreg in die wereld wil verruil nie. Die grote +nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk, ... maar hul dra +ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan +een plek in afgeleefdheid oor te slaan.... By ons is dit so anders. As +'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan te gemoet. 'n Jong volk +leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n +jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die +ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit veel heerliker my +druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en karaktervorming +van 'n jong nasie dan om te help dokter aan; die kroniese kwale van 'n +oue ... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n +vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te +sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n +bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.... Laat Jong +Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, +maar met sy lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!" +Hoeveel erns daar in die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in +1905 'n Rhodesbeurs van £ 300 per jaar om in Oxford te studeer van die +hand gewys 't, omdat hy "eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man +wie se politiek hy verfoei en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die +vryhede van die Afrikaner-volk."[70] In 1918 is hy aan die griep oorlede +in die ouderdom van 34 jaar. Om die warm idealisme, gesonde argumente en +forse styl is Muller se brosjure een van die beste stukke van ons +polemiese prosa. + +Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem die stryd ook in +felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad _Ons Moedertaal_ opgerig +as orgaan van die A.T.V., onder redaksie van J.J. Smith, T.B. Muller en +G.C. Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad +"geen heuningtou" was nie, "waarop allerhande soorte goggas hulle kan +kom vergas.... _Ons Moedertaal_ is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat +Simson met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van syn volk +gebruik het ..." (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans +deur drie Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. "Nou +behoef die Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als +Ismaeliete, teen wie alle man se hand gekeer is; hul veg nou met die +steun van die landswette agter hul rug" (15 Julie 1914). En op +kwaai-sarkastiese wyse het hul geveg! Veral in die kolom _Taalnuws en +Opmerkings_ word nydige klappe uitgedeel. Die beste Nederlands van +Afrikaners noem hul nie meer "amper-Nederlands" nie, maar +"stertjie-Afrikaans", en as _Ons Land_ per ongeluk "_het_ universiteit" +skryf, dan sê _Ons Moedertaal_: "Werkelik dis treurig dat daar in ons +verligte dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee +rigtings tegelyk spartel." (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie +moeg om die "gebasel" van teenstanders te "verpletter", omdat hul "ander +werk het als om slapers en dromers te probeer wakker maak." (1 Nov. +1915.) + +Die "ander werk" was dan ook van meer ernstige aard. B.B. Keet pleit op +oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. "Daar is ontsaglik veel +onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek +liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende +beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel." (15 Sept. 1914.) +Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander +hoofstuk bespreek.[71] Smith set sy werk voort in _Die Huisgenoot_, +waarin _Ons Moedertaal_ in 1916 opgaan. + +Tot die polemiese prosa moet ook gereken word G.S. Preller se twee +_Taal-Tiepes_, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant (_Die Brandwag_, 15 +Feb. en 15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die +Boere veg, raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom "te +arm (is) om te bestaan". + +"Wat is 'n _"stoep"_ op Engels, Jiems?" wou een van die seuns weet ... +Dit was ráak. Almal is tjoepstil.--"En wat bedui julle vir _koppie, +spruit, veld, kommando_...?" + +Nou was 't Koen se kans om in te vryf: "Dáar het jul dit," sê hy, "die +skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige +Afrikaans." So raak Jiems getroef deur die Boereseuns, wat selfs vir die +lastige sportterme raad weet! + +Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer, +kry goed op sy baadjie. Hy wil: "Gij zult de dorschende os niet +muilbanden" vertaal met "Jy moet die os wat koring trap die bek nie +toebind nie". Maar sy optimistiese teenstander weet vir alles raad: +="Vir ons is Afrikaans die taal van die Toekoms in ons wêrelddeel, ons +glo daarin, ons werk en leef daarvoor."= + +"Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk,--'n mens +moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so! +Sy hoogmogende is 't nou so waarlik "'n lus geworde om gade te slaan hoe +daar gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te +proef!" En selfs in minder dan tien jaar, selfs in _vyf_ jaar is die +wonder geskied! + +Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir +Afrikaans, C.J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die +psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou 't, in 1922 self een van die +eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan! In _Ons Land_ van 12 +September 1911 skryf Langenhoven: "Als die Hollandse Kerk my sou vraag +om die Bybel, die psalm- en gesangboek en die formuliere, wat aan my +hart geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te +set, dan sou ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid +daarvoor; en ik sou die voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als +heiligskennend. Dit sou vir my smaak 'n parodie wees." + +Een van die laaste, maar ook een van die welsprekendste pleidooie vir +Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die +Akademie in Julie 1914.[72] Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed +so innig, dat dit meer geword 't dan 'n episode in 'n verbygaande stryd, +en op sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie +van gevoelens en gedagtes, wat jare lank in die hart van die volk geleef +het, maar nog nie hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die +"dorstige vulletjies", wat jare lank gesukkel en geploeter het langs +hopeloos versperde ompaaie om by die dam te kom, weet maar al te goed +hoe raak en hoe juis Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van +die pynigende dwaaltog geskilder het! "Ik denk terug met bitterheid aan +die verdere verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en +kollege verlaat, om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes +gedaan het: om dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en +pynlike self-oefening om te set en tot my siels-besitting te maak" (p. +427). + +Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak wat +Langenhoven nadruk lê. "Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek +tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstands-medium, en sy gebruik +als 'n gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot +uitwendige openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn" +(p. 428).... "Dit mag vir elke Afrikaner ewe verstaanbaar wees om te +lees: "Die huis se muur is stukkend", of om te lees: "De muur van het +huis is stuk". Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval +voor sy gees. Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste +geval is beeld en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte +onafskeidelik vasgeheg aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met +dieselfde spontane voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld +uit die elemente van vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word +nie" (p. 440). + +Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente teen Afrikaans +weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van +Suid-Afrika; daarin "mankeer die goddelike vuur--die element wat +onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke +wa-skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n +Murillo of 'n Michael Angelo maak nie" (p. 445). En die gevolg is: "'n +land sonder skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie +literatuur. Die inspirasie ontbreek.... Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! +in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om +digters, waar elke tafereel uit ons roemryke geskiedenis skreeuw om +skrywers" (p. 447). Maar met voldoening word gewys op die ontluikende +letterkunde in die moedertaal. "Ons wat so lank kwynend gesuig het aan +die artifisiële gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie +kondens-melk, begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te +word" (p. 449). + +Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. "Die Afrikaanse kind +(word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak +dat die taal van sy huis nie 'n taal van kultuur en beskawing is nie" +(p. 460). + +Deur die hele betoog klink "die smeekstem van 'n Afrikaner met +mede-Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar +altyd sal bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie" (p. +461). En by die laaste gedagte tril die stem van gloeiende +verontwaardiging: "Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! dis +onse kostelikste roem, onse hoogste besitting: die één enigste +witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar +gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat +ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deur triumfeer het; +die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van +ons volk" (p. 461). + +In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes +besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met 'n vlammende aanklag: "Komt +aan, gij de Villiers's en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd +voor--(om 'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht +hadden Hooghollands evengoed als gij, of beter, aan te leren--zoals de +priesters in de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne +heren, waar gij gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van +Zuid-Afrika hongert te midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet, +zoals van gemelde priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven. +Ge hebt ons kultuurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de +bevoorrechten onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest +in onze bittere behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek +noemen--ook niet tot één toe--dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands +geschreven in al de tijd toen men, volgens u terecht, het Hooghollands +onderwees en schreef en predikte, vandaag als een volksbezitting in de +letterkunde leeft. En deze dorre landen van u voorbijgaande zijn _wij_ +begonnen--een korte halve generatie geleden--met onze gemene +kombuistaal. En de werken onzer schrijvers in het Afrikaans hebben ons +nu reeds een eigen letterkunde bezorgd, zodat de Afrikaner ook in de +kultuurwereld zijn hoofd niet meer met schaamte hoeft te laten hangen. +Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid hebben waar degenen die ons nu +tegenstaan niets deden?... Komt het u als een kleinigheid voor dat ook +deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal worden door de Rehums en de +Simsais?" So skryf Langenhoven in sy brosjure _De Heilige Ennen van +Rehum en Simsai_, wat onder die lede van die Sinode versprei is. Hoe +mooi word daarin die deftige toon met sy bybelse wendinge vir die +hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord op die brosjure _Onze +Afrikaans-Hollandse Spreektaal_, van Melius de Villiers met 'n +aanhangsel van Ds. A.I. Steytler (1919), waarteen ook J.J. Smith in _Die +Huisgenoot_ op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek 't.[73] + +VOETNOTAS: + +[55] _Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging_, 2de druk, 1920. + +[56] Sien _Die Huisgenoot_, Okt. 1921. + +[57] _De Volkstem_, 30 Des. 1909. Vgl. _Die Huisgenoot_, Julie 1922, oor +opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke. + +[58] Aug. 1903. + +[59] Vgl. Dr. E.C. Pienaar: _Taal en Poësie van die Twede +Afr.-Taalbeweging_^2 p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die +brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14 +_Julie_ 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste +gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie +perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, +waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van +steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen +ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te +spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven." _De +Volkstem_, 19 April 1905. + +[60] _De Volkstem_, 19 Junie 1907. + +[61] _Dit is ons Ernst_, 13 Aug. 1908. + +[62] _Dit is ons Ernst_, 13 Aug. 1908. + +[63] Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering in _Die Brandwag_, 15 +Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek. + +[64] _De Roeping der Kunst_, p. 5 en 25. + +[65] In 'n artiekel: _Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)_ + +[66] Gesiteer in die _Algemeen Handelsblad_. + +[67] Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekel _Stryd en +Taalstryd_, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal. + +[68] _Oom Gert Vertel^3_, p. XX. + +[69] t.a.p., p. XXI. + +[70] Tomlinson in _Die Brandwag_ Des. 1918. + +[71] Vir verder besonderhede oor _Ons Moedertaal_ kan verwys word na Dr. +E.C. Pienaar: _Taal en Poësie_^2, p. 64-74. + +[72] Herdruk in _Ons Weg deur die Wêreld_ (1919): _Afrikaans als +Voertaal_. + +[73] Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se +verweer oorgedruk en as pamflet versprei. + + + + +HOOFSTUK III. + +Prosa uit die Tydskrifte.[74] + + +§ 1.(a) De Goede Hoop (1903-1914). + +Die oprigting van die tydskrif _De Goede Hoop_ in Julie 1903 deur Mev. +Koopmans-de Wet en "Onze Jan", "benevens andere der voorste Afrikaners +in de Kaapstad".[75] met Adv. J.H.H. de Waal, 'n erkende voorstander van +Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in +die geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier +van die Eerste Beweging, Ds. S.J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse +politiek van ná 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met +soveel opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste +spartelings van die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909 +geduur, toe die tydskrif _Ons Taal_ dood gekwyn 't, maar veral om +politieke redes moes daar 'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die +ondersteuning van _De Goede Hoop_ deur "Onze Jan" was 'n voldoende +waarborg vir die eg-Afrikaanse rigting van die blad, en die redakteur +het van die staanspoor af vasgetrap vir Afrikaans. Deur sy verstandige +stadig-oor-die-klippers-taktiek[76] het hy veel gedoen om die ou +vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl sy kragtige +artiekels onder die _nom de plume Jan van Rozenburg_ 'n groot stoot aan +die nasionale beweging gegee het. _De Goede Hoop_ was dan ook veel meer +as 'n "eerste voorbode van die naderende renaissance", soos Dr. E.C. +Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). "Van Kaapstad begint +die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een van +die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle +voortrekkerswerk gedoen het. + +Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging +besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit "op +sy kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E.C. Pienaar +doen, (Diss. p. 1) is stellig onjuis.[77] + +_De Goede Hoop_ het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was +tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.[78] Dit het dan ook veral by +jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie +dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende +hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse +prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, +luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar +ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reël. + +Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die +volgende: "In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een +listige mededinger om de hand van de beminde ... Onverwachte +gebeurtenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig +tegen" (_G.H._ April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se +roman _Vergeet Nie_, en in nommer van Des. 1911 hoor ons van +"verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman". + +Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy +bewondering vir _Johannes van Wyk_. By sy beoordeling het die betekenis +van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. "Ons volkstaal, ons +dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en +verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of +andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en +waardering." Vandag sal Malherbe seker nie meer van _Johannes van Wyk_ +o.a. beweer nie: "Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en +gebeurtenisse in die oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole +die inwendige van sy persone." + + +(b). De Goede Hoop (1915-1921). + +Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is +in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.[79] In sy +studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid +en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie +voortgeset; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom +van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropies, kerklik en +wetenskaplik gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van +die A.T.V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die +wysbegeerte aan die Stellenbosse Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van +sy werk is in Hollands, o.a. _Spoken_ en _Eerbied_. Die Afrikaanse +brosjure _Die Afrikaanse Nasie_ is al onder Polemiese Prosa bespreek. + +Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se +redaksie nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans +in voorkom, word dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral +die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. +Die voorstanders van Afrikaans verenig hul rondom _Ons Moedertaal_ +(1914), later verenig met _Die Huisgenoot_ (1916) en _Die Brandwag_ +(1910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee +kampe splits, invloed gehad 't op die groepering van lesers is +ontwyfelbaar. In hierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die +tydskrifte sou 'n nadere bespreking van die kwessie egter uit sy plek +wees. + +Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige +Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf +Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke _Die Spraaksame +Ossewa_[80] in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die +menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van +die as, wat "'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa" +is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by +Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik +aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. "Die ossewa is al +oud en daar sit wysheid in sy jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese +vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek +vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur. +Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur +kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende: +"as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919). + +Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry +blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen +uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word +aangegee, nl. die verhaal _Hansie Smal_, wat in een van die nommers van +die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee +Brümmer die verrassende uitspraak: "Poëzie moet vloeien, moet _zalvend_ +zijn....[81] (Sept. 1916). Dit staan daar! + +Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n +eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende "gedig" dien, +wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is: + + Geagte Heer, die editeur, + Ek wil vir jou weer pla, + Want ek wil in die "Goede Hoop" + Vir jou 'n plekkie vra. + Ek wil ook iets vir jou instuur + Soos al jou vrindetal; + En daarom skryf ek nou vir jou + Oor "Lente in die Dal", + +Op die manier kry die rymelaar "Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol! +(Sept. 1920.) + +Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte +nie. Dit is van "'n weerspannige dogter", wat "met 'n treurige, bleek +gesiggie.... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir +Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in +'n ... klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy +beskeidenheid, "versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n +ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid. + +'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy +beste werk in _Die Brandwag_ verskyn het, word dit daar bespreek. + +Die letterkundige kritiek van _De Goede Hoop_ bestaan nog altyd uit kort +aankondiginge. "Dons maar op, alles sal reg kom!" word _Marius_ +toegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in +_De Goede Hoop_ soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd +loop. + + +§ 2. Die Brandwag (1910-1922). + +_Die Brandwag_ is opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W.M.R. +Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1 +September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy in September +1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer totdat die +uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word. + +Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: "Die +Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog +onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat +opgevul word deur "vreemde kaf, als _Home Notes_ en _Home Chat_ en _Home +Journal_, enz." Verder wil die tydskrif probeer om "leiding en koers te +geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar +streven ... 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot +maken." Met die uitvoering van die programma het die blad uitstekend +geslaag en dank sy die medewerking van feitlik alle skrywers en digters +van betekenis kon dit 'n hoë literêre peil bereik en tot die end toe +handhaaf. Dat die blad 'n faktor van groot betekenis in die kultuur- en +taalstryd was is ongetwyfeld, en die verdwyning daarvan moet as 'n ramp +beskou word. Daar is werk van blywende waarde in gepubliseer en deur +middel van die wedstryde het 'n hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem +van Bruggen, Léon Maré, E. de Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e.a. +bekend geword. In die kinder-afdeling het Mev. Iz. van Heerden naam +gemaak met haar voortreflike verhale, sodat "Tannie van Die Brandwag" 'n +geliefde naam by die kleinspan oor die hele land is. + +Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns +ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse +kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns, +terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese +belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op +die publikasie van ou handskrifte: "Daar is al soveel in die laaste +oorlog verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog +te redde is." (15 Julie 1910.) + +Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste +jaargang waarsku die opstelle-kommissie teen verhale met "awonture en +kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie +gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voorstelling van buitengewone +of gewone gebeurtenisse--met ware en rake tekening van karakters." (Des. +1910.) Die krietikus X verklaar: "Ons skrywers begin in te sien, dat die +krag en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting +van buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid +van skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van +karakter-uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is +nog iets anders as die "gemoedprikkelende verrassingen", waar _De Goede +Hoop_ na gesoek het! + +Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek +al 'n gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot +wat G.S. P(reller) noem "onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysinge" +(15 Sept. 1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir +die besonder Afrikaanse kultuurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat +dit geen blywende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is +J.F.E. C(elliers) se beoordeling van _Stompies_ deur Adv. J.H.H. de +Waal. "Ons is bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander +land daarvan gesê mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't +vir ons S.A. goed is, en dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan +lees en aan dink en aan gebruik van sy eie taal te bring, alle lof +verdien. Die skrywer siet goed in dat romanties aangelegde verhaaltjies, +met 'n pikante sousie van awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor, +meer lesers sal trek dan iets wat bepaald op letterkunde aangelê is, op +karakter- en gevoelstudie van 'n fynere soort.... Nou die skrywer die +_groot_ publiek al by herhaling tevrede gestel het, spreek ons die hoop +uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien wat in diepgang, in +gevoel- en karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal wees in ons +wêrelddeel ..." (15 Jan. 1912.) + +In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as +krietikus, en ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mens van een +wat self digter is, nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie. +Sonderling is b.v. die volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen +se bundel _Lente-Stemme_: "Om die soort van gediggies goed te maak, is +veel moeiliker dan om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese +bekwaamheid en seker veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle +spore van sukkel uit jou werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920). +Nadat hy die aanwesigheid van "ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê +hy: "Al wat makeer is die handskaaf en die sandpapier.... En laat die +digter dit vir 'n grondbeginsel eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte +rympie is handewerk van net soveel betekenis as inspirasie." Na +aanleiding van dié resensie het ek aangetoon, dat so 'n beginsel 'n +absolute miskenning van die wese van alle egte poësie is. (_Die +Brandwag_, Okt. 1920.)[82] Dit is bes moontlik, dat Marais met _skaaf_ +en _handwerk_ iets anders bedoel as die gewone opvatting van dié woorde +in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu dateer. Hy +moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met +betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand. + +Een van die trouste medewerkers was + +Jan F.E. Celliers.[83] + +As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees +verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. In _Die +Brandwag_ het onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat +prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei +historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke +munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat +dit dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste +daarvan is later herdruk in sy _Afrikaanse Leesboek_ (1920). Veel het hy +ook gedoen om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor +letterkunde te bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks +artiekels, getietel _Lewe en Lettere_ in _Die Burger_, 1921,[84] waarin +hy blyk gee van 'n gesonde kunsopvatting. In die stadium van +ontwikkeling, waarin ons volk tans verkeer, is so 'n causerie oor kuns +van groot waarde. 'n Verdienstelike omwerking van 'n roman van Henri +Bordeaux, _Bang vir die Lewe_, het ook van hom in _Die Brandwag_ verskyn +en is later opgeneem in Die Burger-leeskring (1919). _Colombo_ van +Prosper Mérimée het hy ook daarvoor vertaal (1920). + +Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar +verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die +kleinste klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van +hom as digter mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n +jubelende ekstase: "O _laat_ my hier verlore raak, hier altyd bly, hier +sterwe as dit moet, want hier bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so +naby die Onsienlike as nêrens anders nie...." (_Die Brandwag_, Jan. +1917.) "Ons wil een word met die gaos van dartelende geluk en +ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die mallende, krullende +skuim, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde vrye roes van +uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In sy +uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in +verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. "Die see in +die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag--dronk, +mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself +oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, +swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit +oor-soppend die rotsbanke se skulp-skurfte, swoep! opdoeffend teen +blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in +puntjies uitpyl en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning +omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in +rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in +altyd-durende dans van strydlustige durf en ongeduld." (id.)[85] + +"Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende +kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik--met 'n stadig-lange swaai, +net of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande +of val in die rivier naas die skuit." (_Die Brandwag_, Jan. 1917.) + +Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars! +Noem dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van +Querido-aanse oorlading--ook goed; maar hier is in elk geval 'n +ontroerde, wat soek na treffende segging en juiste klank. + +Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur +nie; hy is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek, +telkens met 'n wondervraag stilstaan. "Pylsnel skiet 'n groot +naaldekoker soos 'n blou bliksemstraal deur die lug en is weg met een +van die stryders. En ek verwyder my, met die ewige vraag op my lippe, +hier as in die groot wêreld daarbuite: Waarom, God, waarom?" (_Leesboek_ +p. 206.) + +"Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die +vraag aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is +alles sommerso?" (id. p. 204.) + +"Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees, +in elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur: _wat, waar is +die groot geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?" +(In die Kango-grotte. Die Brandwag_, April 1918.) + +Mooi plastiese uitbeelding is daar ook in _Winter-môre-mark_: "Kaffers +wat werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die +broeksakke, elke voet eina-eina neergeset,--almal ewe stuurs.... 'n +Pikenien het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy +kaal pensie, en daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as +aan kleef." (_Leesboek_ p. 133.) + +Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook +geskryf: _Sy tel nie mee nie_, en _Nie nodig nie_, in sy _Leesboek_ en +_Waarom Hy en nie Ek nie?_ in _Die Brandwag_ (15 Maart 1914). Hier is hy +ook die woord-arties, wat ons verras met fris beeldspraak. "Arme Gawie +verwag 'n bondgenoot en uitredder in oupa en begin dadelik: "Meneer, is +dit nou reg...." maar, wie sê, die ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n +maxim-sarsie van kort en klein gekapte skreeuerige woorde...." Onder sy +ander verhale munt die volgende uit: _Suster Greta_, (5 Aug. 1913); _'n +Ou Vlam_, (1 Mei 1912). _Vyf Minute_, (15 Junie 1913), is besonder goed +gestileer. Die goeie beginsels wat hy in _Die Huisgenoot_, (Aug. 1919) +aanbeveel, word hier toegepas--geen kakelbonte awonture nie--maar studie +van die mens.[86] Van sy hand is ook die reeks didaktiese _Briewe van +Bram_, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom.[87] + +Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van +belang: _"Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens_,[88] +omdat dit ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy +strewe naar geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid.... In ons +land het 'n skrywer 'n besonder moeilike taak: hy staat voor die +moeilikheid dat die buite-bevolking ander leesstof nodig het as die +dorpsbevolking; en hy mag die buite-bevolking nie sommer aan hul lot +oorlaat nie, en sê, "ek bemoei my net met die dorpsmense", omdat die +Afrikaners te min in aantal is teenoor die inkomelinge van buite, omdat +elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die skaal is vir ons taal- en +volksbestaan. _Die nasionale skrywer moet as-ware elke Afrikaner uit +snuffel en soek om hom 'n skool te gee, 'n meester, 'n boek, wat hy kan +verstaan, wat hom voorlig en opvoed_.[89] Hier staan Celliers dus op +dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die se opvatting +sal die vraag nader bespreek word.[90] 'n Groot gedeelte van Celliers se +prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang om die +volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê +hy verder: "Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en +geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld.... Aan hom +moet ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking +kan deurstaan met die letterkundige voortbrengsels van die buiteland.... +Die Afrikaanse kunstenaar moet dus _nie altyd_[91] uitsluitend aan die +beginner dink nie _en sy gevoel of siening in-toom nie_[91]--hy moet +daar dikwels die volle teuel aan gee en die allerbeste lewer wat hy kan, +want veral die opgevoede man moet vir ons taal en nasionale saak gewin +word ..." In sy poësie word die twede gedeelte van die program uitgewerk +en gelukkig het dit weinig gely onder sy didaktiese en patriotiese +geteoretiseer. As 'n =digter= ons kom vertel, dat hy _nie altyd_ ... _sy +gevoel of siening in-toom nie_, m.a.w. dat hy dit soms tòg doen om vir +die "beginner" bevatlik te wees, dan sou ons verwag dat dit met sy kuns +heeltemal misloop, hoe goed die bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is +dit by Jan Celliers nie die geval nie. Wat C.R. de Klerk van Vondel sê, +geld ook hier: "De beste schilders zijn niet zelden de onbeholpenste +stamelaars als ze hun eigen werk trachten te duiden in woorden."[92] +"Nut en stichting", "nuttigheid voor de scholieren en opluikende +jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan een Berecht van Vondel, +maar in sy beste werk, soos b.v. die _Lucifer_, vergeet hy totaal, dat +hy die mense wou "verbeter" en is hy veral 'n _soeker van skoonheid_. +Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die laaste tyd ook in sy +teoretiese beskouing 'n veel juister standpunt inneem. "Geniale +uitbeelding, plastiese voorstelling, dis die eintlike werk van die kuns, +die letterkunde. En die uitbeelding is hier alleen goed as dit, +daardeurheen, die gronde en dieptes laat sien, _sonder dat dit die +eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was om bepaald sedelik of +opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die onderwyser_. 'n Ware +kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese stemming of gevoel, wat +sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n bepaalde doel gehad het. As +die vrye uiting hom 'n rigting laat voorskrywe deur 'n sedelike of ander +doel, word persone en toestande vanself verdraai, pasklaar gemaak, om +aan die doel of strekking diensbaar te wees, en dan is so 'n werk, as +kunswerk, nie meer van die beste nie."[93] + + * * * * * + +Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie +se werk herhaaldelik bekroon is, is + +Hettie Cillié. + +Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na +Transvaal getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die +Hugenote-Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir +histories-romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en +sketse is in verskillende krante en tydskrifte gepubliseer.[94] + +Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n +rol speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar +karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend +genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so +onpersoonlik is. _Twee Susters, (Die Brandwag_, 1 Maart 1913) en _'n +Ongeluk_, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename +toon vertel. + +Emanuel H.F. de Roubaix. + +Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte +verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby +Nieuwoudtville. Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste +lektuur was die Bybel, Katkisasieboek, _Ons Kleintji_ en _Ons Tydskrif_. +In 1898 kon hy op Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse "Step by +Step" begin. Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit. + +In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in +Namakwaland. Veertien jaar was hy op Roggeland en vanaf 1922 is hy op +Paardekraal (Noord-Bokveld). + +Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang +trektogte--dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks +los anekdotes, (_Op wag in Boesmanland_ b.v., (_Die Brandwag_, 1 Mei +1916), maar meestal 'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur, +en in eenvoudige, ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy +onderwerp, vertel hy die ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n +primitiewe beskawing, wat hy beskryf in onopgesmukte toneeltjies van +roerende eenvoudigheid. Treffend het hy die agterdog van die +Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede geteken in _In die Land van +Dr. Steenkamp_, (_Die Brandwag_, Julie 1920). In sy styl is daar af en +toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit vasgewortel in +die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder gelukkig. Daar +stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self. Onwaarskynlik klink +dit b.v. om 'n Namakwalandse "boggie van veertien jaar" te hoor praat +van "ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware skulderkentenis", +(_Die Brandwag_, 1 Des. 1917). Ook die outa in _Maar 'n ou Hotnot_ praat +'n opgepoetste, onware taal. + +In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese +grieselighede. So teken hy in _Pietertjie en Johannetjie_ 'n verlore +seun, wat op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (_Die +Huisgenoot_, Junie 1920.) + +Iz. van Heerden--(VAALSWAER). + +Onder die jagstories, wat in _Die Brandwag_ verskyn het, verdien die +reeks _Herinneringe van 'n Jagter_ deur _Vaalswaer_ vermelding. Dit is +geen geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n +klein anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter, +wat onder die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met +'n paar trekkies mooi 'n stemming aandui. 'n Goeie voorbeeld daarvan +staan in die nommer van 1 Oktober 1916. _Vaalswaer_ is in 1870 in die +distrik Cradock gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saamgewerk in die +taalstryd, o.a. as sekretaris van die A.T.G. Met sy eggenote, _Tannie_, +woon hy nou op Potgietersrust. + + * * * * * + +_Die Brandwag_ bevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale, +waarvan o.a. die volgende kan genoem word: _'n Bestorming_ deur Nig +Mimmie (15 Mei 1911); _Oormag_ deur P. (Sept. 1921); _Boere op See_ deur +O.D. (Sept. 1921). + +Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende +veral aandag: _Die Bymot_ deur Carl Jeppe (15 Des. 1910); _Sy Terugkoms_ +deur Steph. Maré (1 Des. 1912); _Wraak_ deur J.F. Engelbrecht (15 Des. +1912); _'n Brief_ deur H. (1 Des. 1915); _Oom Hans_ (Sept. 1921). Van +sulke min of meer onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan +saamgestel word. As vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in +Afrikaans: _Die Niggies van die Kommandeur_ verskyn deur J.F. van Oordt +(1856-1918),'n skrywer, wat onder die naam _D'Arbez_ 'n hele reeks +Hoog-Hollandse romans gepubliseer het[95]. Van hom is ook die verhaal +_Die Wolwegat_, later opgeneem in die bundel _Losse Klippe_. + + +§ 3. Die Huisgenoot (1916-1921). + +In Mei 1916 is _Die Huisgenoot opgerig_ onder redaksie van Prof. J.J. +Smith, as vertegenwoordiger van die Afrikaanse Taal-Vereniging en C.J.L. +Ruysch van Dugteren, van die Nasionale Pers. Met die blad is verenig die +A.T.V. orgaan, _Ons Moedertaal_, wat onder die oorlogsdruk moeilik kon +bestaan[96]. Na die dood van Ruysch van Dugteren in 1918 is Prof. Smith +alleen redakteur. Ofskoon Hollandse stukke natuurlik nog 'n enkele maal +opgeneem word, verskyn die blad sedert 1918 feitlik uitsluitend in +Afrikaans. Dit is ook die offisiële orgaan van die =A.T.V., A.C. V.V., +O.V.V.= _Helpmekaar_ en _Werda_. + +Die doel van _Die Huisgenoot_ word in die uitgawe van Julie 1917 só +aangedui: "_Die Huisgenoot_ is 'n tydskrif, wat tot doel het die +handhawing van ons taalregte en die bevordering van Afrikaans. Dit wil, +sonder die terrein van partypolitiek te betree, meewerk in die opbou van +ons nasionale lewe deur die aandag te vestig op alles wat goed is in die +geskiedenis, owerleweringe en ideale van Hollands Suid-Afrika." Heel +goed word die geaardheid van die blad deur die redakteur beskryf: "_Die +Huisgenoot_ het probeer om populêr te wees, sonder om juis die wetenskap +enige geweld aan te doen; en dit was altyd sy strewe om vir elke leser +in die Afrikaanse wêreld iets boeiends te verskaf. Deur +lewensbeskrywinge van groot Afrikaners, deur sketse uit ons dierewêreld, +deur stukke oor Suid-Afrikaanse kuns, deur verhale vir kinders en +grootmense, deur die bespreking van taalkwessies, deur wenke vir die +vrou, deur foto's, grappies en ander sake, het ons probeer om met die +smaak van al ons lesers enigsins rekening te hou. Ons het, met ander +woorde, 'n bont verskeidenheid nagestreef...." (Mei 1918). Met groot +sukses het die blad sy program uitgewerk. In die moeilike taak om +wetenskaplik en daarby ook populêr te wees, het die redaksie vry goed +geslaag. Voorlopig skyn die bestaan van 'n tydskrif nog daarvan af te +hang, want pas in 1922 het die pogings om 'n suiwer wetenskaplike en +kuns-blad te stig sukses gehad[97]. + +Deur 'n konsekwente, ofskoon krietiese toepassing van die +Akademie-reëls het _Die Huisgenoot_ veel gedoen om aan die verwarring op +spellinggebied 'n einde te maak en die afdeling _Taalvrae_ was seker een +van die nuttigste. Tog het die redaksie nooit uit die oog verloor nie, +dat daar naas die taal nog ander belangrike sake was. "We moeten een +volk zijn met eigen taal niet alleen, maar met eigen tradities, eigen +bouwkunst, eigen schilderkunst, eigen muziek, eigen levensopvatting." +(Feb. 1917.)--"'n Volk wat hom ten volle wens te ontwikkel en wat 'n +waardige plek onder die nasies van die wêreld wil beklee moet hom op +alle gebied(e) ontwikkel. Dit is nie genoeg dat ons vir ons taalregte +stry nie; en dit is ook nie genoeg om na politieke mag te strewe +nie...." (Julie 1919).--"Uit ekonomiese afhanklikheid spruit alte +dikwels kultuurslawerny...." (April 1919). + +Daar is een geval waar die ywer vir die taal van letterkundige standpunt +minder gelukkig was. B. Spoelstra bring, "op 'n heel interessante +manier", seg die redakteur 'n versameling van ses-en-vyftig spreekwoorde +in 'n verhaaltjie byeen, (Jan. en Mei 1921) en ander lesers word +aangespoor om die spreekwoord-gimnastiek na te volg! Tot watter +verwarrende beeldspraak dit aanleiding gee, blyk al uit die eerste sin: +"Toe ons die ander dag _'n voëltjie gehoor fluit 't_, dat twee jong +mense _die huweliksbootjie wou instap_, en al taamlik gou _die +vierperdewa wou inspan_, het _menigeen sy tande geslyp_ vir die bruilof +en gehoop om weer 'n keer lekker _te gaan skoffel_." (Jan. 1921.) + +Letterkundige kritiek beslaan 'n vername plaas in die blad en oor die +algemeen is dit op gesonde beginsels gebaseer. Dat die blad hom nie leen +tot onoordeelkundige ophemeling van minderwaardige of middelmatige werk +nie en by sy kritiek steeds 'n hoë peil handhaaf ten spyte van heelwat +teenstand is 'n verblydende teken. + +Dit spreek egter vanself dat met ongeveer 'n vyftiental resensente dit +moeilik gaan om die eenheid op krieties gebied te handhaaf. So word +dieselfde stuk by 'n eerste en twede druk nogal heel verskillend +beoordeel. Dit is die geval met _Die Vrou van S.A._ (Nov. 1918 deur H.A. +Fagan, Feb. 1922 deur F.B.). + +Veral in die begin van 1919 het 'n paar resensies van verskillende kante +teenspraak uitgelok en aanleiding gegee tot vrugbare polemiek.[98] + +In Februarie 1919 wys J.J. S(mith) op die algemene gebrek aan tegniek: +"Ons wil (die) skrywers net daarop wys, dat hul ons letterkunde 'n groot +diens sal bewys as hul, voor hul aan die skrywe gaan, eers 'n bietjie +wil studeer en nadink oor die wette wat gedurende die eeue heen in hul +besondere kunsvak geformuleer is." In 1920 word dit nodig om aan die +talryke skryflustiges die volgende waarskuwing te gee: "Kyk, die +Afrikaanse Taalbeweging het darem nou 'n stadium bereik waarin ons nie +meer alles wat daar in druk verskyn as hemelval hoef te begroet nie" +(E.C. P(ienaar) Nov.). _Slypsteen_ ontlok aan M.T. die versugting: "Van +Lennep, Van Lennep en sy geesgenote--dat hulle tydperk hier in S.A. +verbygaan!" Daarby word gevoeg: _Slypsteen_ "weet oënskynlik nog niks +van die groot strome in die hele nuwe Europese letterkunde nie." (Julie +1921.) + +Dat daar vir die Europese en meer spesiaal vir die Nederlandse +letterkunde so weinig, of glad geen plaas ingeruim word in _Die +Huisgenoot_ nie is 'n gebrek, waarop ek in die uitgawe van Desember 1920 +gewys het. "Van die kunsafdeling in ons tydskrifte verwag ons veel meer. +Dit behoort ons op die hoogte te hou van kultuuruitinge en -strominge in +ander lande. Deur ons geografiese ligging loop ons groot gevaar om op +kunsgebied agterlik en geïsoleerd te bly. Ons land lê in 'n uithoek, en +die storme wat die gemoedere elders in heftige beroering bring, gly as +geruislose kabbeling om ons kuste heen, soms 'n paar verdwaalde +opdrifsels meevoerende. Vir ons tydskrifte meen ek is die tyd tans gekom +vir 'n breër behandeling van die literatuur, vir 'n intenser meelewe in +die literêre strominge van die wêreld, sonder welke dit onmoontlik is om +die literatuur van enige land te begryp. Deur vergelykende studie alleen +kom ons tot 'n besef van die groot eenheid, tot 'n begrip van die +menigvuldige aanknopingspunte tussen die nasionale en die internasionale +kultuur. Dit is onmoontlik om elke literatuur in 'n aparte hokkie te +hou. Ons moet in staat wees om 'n blik oor die gehele wetenskap te werp, +en op dié wyse alleen kan ons die onderlinge verband tussen die +verskillende dele en die grote geheel begryp."[99] + +Tot die prosaskrywers, wat in _Die Huisgenoot_ gedebuteer het, behoort +A. du Biel, (_Getrou_ en 'n paar kort verhale) en A.A. Pienaar +(Sangiro). Die kort verhale, wat enigsins bo die middelmatige uitkom is +besonder skaars. Die meeste daarvan verraai 'n ongeoefende hand. +_Onsigbare Hande_ deur M. Linde (Maart 1920) en veral _Die Bosduiwenes_ +deur J.W. (Des. 1920) verdien vermelding. Laasgenoemde is sonder enige +mooi-doenery, vol stemming en goed vertel. Ook die volgende bevat 'n +belofte: _Die Ou Bliktrommel_ (Aug. 1917) deur _Kleinjan_, J.R.L. van +Bruggen, die digter van _Lente-Stemme_, en _Vergeet-my-Nietjies_ deur +Rikie Postma (Des. 1921). + +Van die digter, Dr. C. Louis Leipoldt het o.a. verskyn: _Wit Anjeliere_ +(Nov. 1919) en _Die Transportryer se Storie_ (Okt. 1921). Hy laat graag +'n onopgeloste raaiseltjie aan die leser oor om tot nadenk te prikkel. +Dit is in ooreenstemming met sy kritiek oor Van Reenen se _Celestine_, +waar hy sê: "'n Ware kunstenaar fluister as hy by so 'n punt (waar jou +hare moet rys) kom: juis die sagte gefluister gee die indruk van +geheimsinnigheid, moedeloosheid, angs, gevaar, smart, vertwyfling." +(Nov. 1919.) Maar sy besgeslaagde verhaal het in _Die Brandwag_ verskyn +(1 Aug. 1914). Dis 'n digterlike sprokie van wondervolle teerheid: _Die +Weeskindjie, wat 'n moeder wou hê!_ + +Die griep-epidemie, die opstand in 1914 en die druk van die oorlog, dit +is oorsake, wat die getal "blyeyndende" verhale so klein maak in die +jare 1918 en 1919, en 'n besondere voorliefde vir die skildering van +treurige voorvalle in die hand werk. Die strekkings-verhale van +_Hermanus_ behoort tot die gebied van die traktaatjiesliteratuur. _As +Vader gaan Biljart speel_ kan dien as staaltjie, (Nov. 1921). 'n +Voorbeeld van valse romantiekerigheid gee N.H. Theunissen in sy verhaal: +_Tussen die Aand- en Môre-skemer_ (April 1920). Hy wil 'n digterlike +Voortrekkersdogter en haar dom-onnosele vryer uitbeeld. Dit sou moeilik +gaan om meer staaltjies van verknoeide viesie en onware tekening in 'n +kort verhaal bymekaar te bring. "Oor die lieflike gesiggie sprei daar 'n +tergende glimlag, ... en haar oë, _diep poele van geheimsinnigheid_, +verduister, en word _onleesbaar_." Die arme Jan kry les in digterlike +natuur-beskouing. "Kom en kyk hoe mooi lyk die groot bome, hoe hulle +hulde bring aan die sonsondergang." Die raadselagtige nooi word so +geteken: "Sy was die verpersoonliking van leed en van vreugde. Die groot +ruimtes was haar wêreld. Sy het geleef en gevoel vir alles om haar. Vir +haar _mede-wagenote_ was sy _onaantasbaar_. Hulle siele kon nie saamgaan +met haar langs die babbelende strome, na die _soemende_ bosse op 'n +blosende môre nie." As Jan haar in sy arme neem is daar in haar "geen +antwoordende vuur nie". Gelukkig, want in die dae was daar nog geen +brandweer nie! Maar nou kry Jan weer les in sielkunde: "Die bloed wat +deur my stroom, het die are van die wêreld gegee; die hart wat in my +klop, is die kloppende hart van die see. Sien jy, Jan, ek kan ook +rym!... Van uit die diepe aarde, van uit die waters het my liggaam +gekom; en my liggaam is 'n _hok_ (sic!) van drome" ... Sy dowwe verstand +kon haar woorde nie volg nie. Die beeldspraak was buite die enge kring +van sy gedagtes." Ook ons slaan dit totaal dronk! Maar die domme Jan +ondergaan 'n gedaanteverwisseling. "Sy ontvang sy lippe sonder weerstand +... Hy trek hom weg en kyk na haar oë. 'n Straal van kennis, 'n +profeteviesie het hom ingevloei". Soe! maar dis darem vir jou 'n nooi! +In die aand het "die stergegordelde nag haar omhels" en na die Soeloes +se aanval "sluit hulle hul lippe in wederkerige, ewigdurende liefde, +terwyl die bloed hulle monde oorstelp. Al die vlekke op die gesigte van +die dode word deur 'n engelehand uitgewis. Die man se gesig word kalm, +oorsprei met 'n waas van alomkennis ..."--"Geef ons natuur en waarheid +weer" mag ons wel uitroep! Gelukkig is dit op ander plekke in die blad +wel aanwesig. + + +§4. Ander Tydskrifte. + +In _Die Boerevrou_, 'n damesblad, opgerig in Maart 1919 onder redaksie +van Mevrou K. Malherbe het 'n paar mooi verhale van Adv. Eugène, N. +Marais verskyn, o.a.: _Die Brief van Nooitgedag_ (Des. 1919)[100]. Ook +F. v.d. Heever,[101] van wie in 1919 'n bundel gedigte uitgegee is, het +'n paar veelbelowende sketse geskryf, waaronder: _Werkstaking by die +Kleigat_ (Mei 1922) uitmunt deur plastiese tekening. + +Sedert Maart 1920 het 'n orgaan van die Afrikaanse Studentebond as +byvoegsel van _Die Brandwag_ verskyn onder die naam _Die Banier_. Die +inhoud was meestal van wetenskaplike aard en word hier dus nie nader +bespreek nie. + +In Junie 1922 het onder redaksie van Dr. D.F. Malherbe verskyn die +_Tydskrif vir Wetenskap en Kuns_. In die voorwoord word gesê: "Ons (wil) +met hierdie Tydskrif 'n gees van ernstige studie help aankweek, +geleentheid bied vir elkeen wat oorspronklike beskouinge het of nuwe +resultate of nuwe materiaal om te publiseer.... Laat die Tydskrif dan 'n +middel wees om Afrikaans betekenis te verleen in die wetenskaplike +wêreld, om te ontplooi die rykdom van sy vormende krag, sy vermoë om die +nuwe woord te skep wat met raak seggingskrag verras, om te openbaar sy +suiwerheid en helder eenvoud, om te getuig van sy mondigheid en +bruikbaarheid op elke gebied van die geestelike lewe, om deur sy +veelsydigheid van uiting ons volkskultuur tot skoner bloei te bevorder." +Die blad wil ook gee "kunskritiek wat kan oprys uit die vlakteveld van +dorre eensydigheid tot 'n hoër plan met wyer uitsigte." Die oprigting +van so 'n tydskrif is 'n bewys van die gestadige ontwikkeling en +ernstige strewe van die Twede Beweging. + +VOETNOTAS: + +[74] Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van +skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie +behandel nie. + +[75] _Goede Hoop_, Julie 1903. + +[76] In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het +teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de +bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons +maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjure _Laat +'t ons toch Ernst wezen_ sê hy: "Wij willen (Preller) in alle +vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De +invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk +geschieden" (Sept. 1905). + +[77] Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan +in _Die Burger_, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J. +Smith het in _Die Huisgenoot_, Sept. en Okt. 1921, 'n helder +uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die +geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie +gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal +juis. + +[78] Vgl. die eerste no., Julie 1903. + +[79] Die lewensskets is aan _Die Brandwag_, Des. 1918 ontleen. + +[80] 'n Paar daarvan het eers in _Ons Moedertaal_ gestaan. + +[81] Ek kursiveer. + +[82] In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n +paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of +badende digters--grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas +is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk +nie". Voorwoord, _Die Vlakte_, (1920) p. 7. + +[83] Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209. + +[84] Vanaf Feb. 1922 voortgeset in _Die Huisgenoot_. + +[85] Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook +gewys, 2de druk, p. 228. + +[86] Vgl. p. 21 vlg. + +[87] Een daarvan is opgeneem in die _Leesboek_, p. 185. + +[88] Kursivering van die skrywer. + +[89] Ek kursiveer. _Die Brandwag_, Julie 1917. + +[90] Sien Hoofstuk VII. + +[91] Ek kursiveer. _Die Brandwag_, Julie 1917 + +[92] _Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen_, p. XI. + +[93] _Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot_, Jan. 1922. Ek kursiveer. +Vgl. egter _Reg bo Reg_ (1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou +... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook te verdedig." +(Voorwoord). + +[94] Lewensskets aan _Die Brandwag_, Des. 1918 ontleen. + +[95] Vgl. _Z.A. Prozabundel_: Hoekstra--Viljoen, p. 102. + +[96] Op die betekenis van _Ons Moedertaal_ is in Hoofstuk II al gewys. + +[97] Vgl. § 4. + +[98] Vgl. die nommers van Feb. en April. + +[99] Uit 'n artiekel: _Oor Letterkundige Kritiek_. t.a.p. + +[100] Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in die +_Almal-se-Boeke-_Serie verskyn onder die tietel _Margriet van +Laastelust_, (1922). + +[101] Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig +in Windhoek. + + + + +HOOFSTUK IV. + +G.R. von Wielligh. + +"Die Laaste Stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners". + + +Die stamvader van die Von Wielligh-geslag was offisier in die +Oos-Indiese Kompanjie. Gideon Retief is op 1 April 1859 gebore in die +Pêrelse distrik. "Van sy sewende jaar af moes hy ploeglei, vee-oppas, op +die oesland hopies maak en meer dergelike werkies wat vir 'n plaaskind +nie ongewoon is nie."[102] Deur borgstaan het sy vader alles verloor en +so moes Gideon self sy studie bekostig. Op sy elfde jaar het hy sy vader +vergesel op 'n handelstog na Boesmanland. Toe hy by sy terugkeer op die +Pêrelse Gimnasium kom, het hy net soveel Engels as Jakob Platjie geken, +maar binne vyf jaar was hy al landmeter. Deur sy beroep het hy groot +streke van Suid-Afrika goed leer ken. Op vyf-en-twintig-jarige leeftyd +is hy benoem tot Landmeter-Generaal van Transvaal. + +In 1903 het hom 'n ongeluk oorkom, wat byna tot volslae blindheid gelei +'t. Hy het na Delagoabaai gegaan om die astronomiese instrumente van die +Transvaalse regering te haal. By dié geleentheid is op 'n karnaval kalk +in sy oë gegooi. Mediese behandeling het sy toestand sover verbeter "dat +hy nou in sy regteroog 'n kwart natuurlike gesig teruggekry het. Hy lees +met 'n sterk bril en 'n dubbelde vergrootglas--sy neus byna op die +papier, en dan sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk." + +"Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk +geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge +soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie." + +Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf in _Die Patriot_, maar toe die blad +'n onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek +(1891). Later was hy weer medewerker vir _Ons Kleintji_, waarin die +eerste paar hoofstukke van _Jakob Platjie_ verskyn het. Ook aan die blad +_Ons Taal_ het hy bydraes gestuur. + +In 1907 het sy eerste _Dierestories_ verskyn, vier dele waarvan tussen +1917 en 1922 uitgegee is. Verder: _Jakob Platjie_ (1918); _Eerste +Skrywers_ (1918); _Boesmanstories_ I-IV (1919-1921); _Staan jou Man_ +(1920); _Robinson Crusoë_ (1920), _Huis en Veld_ in 1921 gepubliseer, +maar reeds in 1916 geskryf; _Nimrod Seeling_ (1921); _Ghwennie Barnveld_ +(1922). 'n Groot aantal stories en artiekels het in die tydskrifte +verskyn, o.a. _Ons Geselstaal_ in _Die Huisgenoot_ (1921-'22), terwyl +nog 'n paar werke in die pers is. + +Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste +Beweging, wat ook aktief opgetree het in die twede. In _Eerste +Skrywers_ (1918) skets hy die ontstaan en werk van _Die Genootskap van +Regte Afrikaners_, en verdedig die opvattings van die genootskap +teenoor verskillende aanklagte van die Twede Beweging. Hy deel +allerlei feite mee wat van groot belang is vir die geskiedskrywer van +die Patriotbeweging, polemiseer teen die spelling en organisasie van +die Twede Beweging en gee talryke taalkundige beskouings, wat getuig +van 'n uitgebreide kennis van die volkstaal, maar wat soms minder juis +is deur sy gebrek aan wetenskaplike insig in taalverskynsele. Reeds +vanaf 1877 het Von Wielligh "alle egte en suiwere Afrikaanse woorde, +uitdrukkings, sinswendinge, ens." opgeteken, maar sy werk het in die +Anglo-Boere-oorlog in die hande van die vyand geraak.[103] Sy +uitgebreide studie oor _Ons Geselstaal_ in _Die Huisgenoot_ (1921-22) +getuig van 'n onverfloude belangstelling in die ontwikkeling en +dialektiese verskynsels van die volksspraak. Hy is 'n voorstander van +purisme. Woorde soos "energie, soliditeit, affiliasie, alternatief" +noem hy _taalkriekies_, "wat ons mense op die platteland--en ook baie +dorpelinge--hoor sing, maar hulle weet nie waar die goedjies presies +sit nie."[104] Hy waarsku veral teen die gebruik van Neerlandse +uitdrukkings "deur skrywers wat in Hollands en in Holland gestudeer +het."[105] Eienaardig is dan ook die poging wat hy doen om Hollandse +en vreemde uitdrukkings "nae 's landts gheleghenheyt" te verafrikaans. +Woordevloed word "'n waterval van woorde" (_Eerste Skr._, p. 9); +wierookvat, "wierooktessie" (p. 59); 't onderspit delven, "die +onderspit byt" (_Huis en Veld_, p. 31); wittebroodsdagen, +"soetebroodsdae" (p. 32); clairvoyance, "heldersienery" (t.a.p., p. +177); propaganda, "voortplantingplanne" (_Die Brandwag_, Feb. 1918). + +Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns. +Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om "die grote gros te bereik, +wat letterkundig honger en dors ly".[106] "Die ou Genootskap het vir +leesstof vir die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir +lektuur vir ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is "Ons mik +hoog".[107] In die voorwoord van _Huis en Veld_ verklaar hy: "Nog +vashoudende aan die ywer om ons mense meer en meer te laat lees, het ons +vir ons meer deur die populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om +ons aan praalgeskrif te bind, want ons volk hou min van geskrifte, +volgeprop met dromery, maar verlang wel om verhale met korte bewoordinge +in sy (_lees hul_) ware kleure afgeskilder te sien. So het ons die wenk +gevolg van "praat gou want ek woon ver"." Von Wielligh staan dus nog +heeltemal op die Ou _Patriot_-standpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875 +groot dinge gebeur 't, dat die Twede Beweging die taalstryd gewin 't, +juis omdat die _intellektuele gedeelte_ van die bevolking die voortou +geneem 't en nie tevrede was alleen met rympies en grappies nie. Vandag +mag nie iedereen meer rympies maak nie "van Generaal Smuts af tot die +veewagtertjie in die veld", en hom dan verbeel dat hy ons letterkunde +help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie weg, dat in die periode vóór +1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied nuttige werk gedoen 't, dat +hulle die land geskoffel het waarop ons vandag ploeg en saai. Maar vir +my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al vóór die +Anglo-Boere-oorlog kon gewin gewees het nie, as die leiers van die +Eerste Beweging hoër gemik 't. + +Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na +skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig +terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging +soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit +dikwels op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na +iets hoërs en skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n +oorspronklik warme aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn.[108] As Von +Wielligh hom geroepe voel om vir die "minder bevoorregtes" te skrywe, +dan doen hy seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig +om "hoog te mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die +vuurmaakplek van sy lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy +in _Huis en Veld_ en elders maar al te dikwels doen, dan leer hy hul +miskien wel hul eie taal lees, maar dan is daar geen sprake van +kulturele opheffing nie. En dit is tog sy doel, want hy verklaar sy +standpunt as volg: "Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk +onder die ander volke te laat uitblink; maar die Volksskrywer saai die +sade, wat voedsel vir sy eie Volk lewer."[109] + +Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns +druk hy so uit: "Kuns is skoon, kuns is verhewe, kuns is edel en +bo-aards; _maar dit neem 'n kunstenaar om kunsstukke te waardeer_. En +dis daarom dat die grootste gros net baie van 'n goeie "rympie" dink(,) +want dit klink in hulle ore nes die Walse van Strauss en nie nes die +Sonatas van Beethoven nie."[110] Die gekursiveerde stelling is vals. +Tussen die kunstenaar en leser moet daar natuurlik 'n seker mate van +geestelike affiniteit bestaan, voordat daar sprake kan wees van +kunsgenot. Maar terwyl die kunstenaar, gedrewe deur 'n aangebore +skeppingsdrang die diepste aard van 'n wese of ding peil en dit dan tot +skoonheid herskep, hoef die kunsgenieter alleen 'n normale mens te wees +met 'n klein bietjie aanvoelings-vermoë. Die kunstenaar dring deur tot +die kern, verwyder daarvan al wat bykomstig is en bied ons dit aan in sy +suiwerste skoonheidsessensie. Hy doen die werk, ons moet alleen die +vreugde, wat hy by sy skeppingsdaad ondervind het, kan navoel en +hervoel. Von Wielligh speel dus maar 'n eenvoudige deuntjie op die +konsertiena of "ramkie", omdat hy meen dat daar tog so weinig mense is +wat iets beters kan geniet. + +Vir sy opvatting van die ontstaan van kuns is die volgende sitaat ook +van belang: "Daar was baie briewe en gedigte uit alle oorde van die +land.... (vir _Die Patriot_.) Baie minderwaardige stukke werd ook +geplaas om skryflus aan te wakker. Diegene wat beter kon doen, het nie +stil bly sit nie, en die wat swak was, het bygeleer. _Want as iemand +iets herhaaldelik aanpak, leer hy vanself om die volgende keer dit beter +te doen. En so werd die wieg vir aanstaande skrywers gereed +gemaak."_[111] Hier staan Von Wielligh dus nog op die agtiende-eeuse +standpunt: "Kunst wordt door arbeid verkregen". Sy werk dra nog +heeltemal die stempel van die _Patriot-periode_, en die ideale, wat hy +na streef is die van 'n verbygegane geslag. Hy staan met sy gesig +agterwaarts gekeerd en is "'n laaste stem uit die Genootskap van Regte +Afrikaners". + +Jakob Platjie. + +In _Jakob Platjie_ gee hy "egte karaktersketse uit die volkslewe van +Hotnots, Korannas en Boesmans".[112] Platjie woon met sy ouers, "twee +opregte peperkorreltjie Hotnots" by die Drakensteinberg. As hulle op die +end van die maand hul loon ontvang, peil hul kantien toe. Iedries en +Sina, Platjie se ouers raak in die tronk en hyself verdwaal op weg plaas +toe en loop Koos Fonk, 'n smous raak, wat hom saam neem op 'n handelstog +na Boesmanland, ens. Dan word die verhaal 'n aaneenskakeling van los +anekdotes; Hotnotsfeeste word beskryf, Koos vier sy verjaarsdag en +agtervolg Boesmans, wat sy beeste gesteel 't, terwyl saans om die +wagvuurtjie allerlei Hotnotstiepes hul stories aan die nuuskierige +Platjie vertel. Koos Fonk trek ook na Griekwaland, waar ons Kleopas +Kipie hoor preek en twee kapteins sien oorlogmaak. + +Platjie keer na sy ouers terug, trek met hulle na Stellenbosch en kom na +hul dood op die sendingstasie Genadendal. Daar maak hy kennis met Dr. +Kleiner, wat uit Europa gekom 't vir etnologiese studie en vergesel hom +op sy togte as tolk. Platjie raak net hooggeleerd, word kristen, vertel +wolf-en-jakkalsstories aan sy kinders en sterf. + + * * * * * + +In die voorrede verklaar Von Wielligh: "Wat die taal betref, wat ons in +die mond van die sprekers geleg het, mag ons in die rede geval worde +deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die +onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings +in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle +hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het +ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons +die lesers sou hinder." Uit 'n kunsoogpunt bederf hierdie besluit die +hele boek, want dit beteken 'n opsetlike vervalsing van die dialoog. Dit +was Von Wielligh se plig as kunstenaar om 'n Hotnot soos 'n Hotnot te +laat praat en ofskoon sy standpunt verdedigbaar was in die dae van die +Eerste Beweging, toe "Patterjots" sinoniem was met plat taal en die +getroue weergawe daarvan die taalsaak sou benadeel het, kon daar geen +rede bestaan om in 1918 nog so 'n apologie te maak nie.[113] Ek gee 'n +paar staaltjies van die kunsmatig vervalste dialoog: Sina praat van +konstabels "wat net _daarop uit_ is om _hulpelose_ mense die tronk in te +prop" (p. 5); Iedries vertel: "Boems! Daar val 'n kanon_skot_ op see in +Tafelbaai--_die egó bulder_ van klofie tot klofie...." (p. 14), "So 'n +_toestand van sake_ kon nie lank aanhou nie. Daar moes _'n toenadering +plaas vinde_" (p. 16); die ou toordokter sê vir Toel: "... maar jy is my +regterhand en _die voorwerp van my ongeveinsde vrindskap_", (p. 62); ou +Bleskop, 'n Koranna veewagter, vertel van die waterslang: "die water +maak agter hom sulke wit _kabbelings_ en hy klowe die water _soos 'n +skip_" (p. 98); Platjie sê: "die baas het hom _in vrindelikheid_ vanmôre +gestewel en gespoor" (p. 132); Samuël praat van kieries wat "begin _te +kletter_" (p. 77). + +Gelukkig staan naas sulke papiertaal baie dialoge, wat bewys, dat Von +Wielligh die Hotnotsspraak goed beheers en hul mentaliteit deur-en-deur +ken. En dis 'n kennis wat berus op 'n intieme aanraking met die +inboorlinge. Hy het hul bespied in al hul gewoontes en gebruike. Veral +die tekening van die parmantige Tys Bokkies is goed geslaag. Die +grootste gedeelte van die Griekwapreek is ook 'n bewys, dat hy hom +heeltemal ingeleef het in die psiege van die mense wat hy uitbeeld. Hy +slaag daar uitstekend in om die naïewe taal en beeldspraak, die +primitiewe gedagtegang weer te gee. Ook van die eienaardige humor van +die inboorlinge het hy gelukkige staaltjies gegee. By die beskrywing van +sulke toneeltjies is hy op sy beste, en ofskoon daar groot foute in die +komposiesie is, bly dit tog altyd nog 'n verdienstelike werk deur die +raak tiepering van enkele figure. _Die sentrale fout is, dat die mense +daar is ter wille van die taal en nie die taal ter wille van die mense +nie_. Von Wielligh het sy taal hartstogtelik lief. Jare lank is "pittige +taal" sy spesialiteit gewees. Reeds in 1881 het hy die burgemeester van +Utrecht (Holland) met sy "naieve uitdrukkingen" dronkgeslaan.[114] En +nou het hy in _Jakob Platjie_ probeer om sy moeisaam opgegaarde taalskat +te verwerk. Mens kry soms die indruk asof sekere anekdotes opsetlik +bedenk en ingelas is om 'n treffende uitdrukking of komieke +woordverdraaiing te kan gebruik. + +_Jakob Platjie_ is 'n etnologiese museum, vol opgestopte Hotnots, +Korannas en Boesmans. Hulle is kunstig opgestel te midde van 'n +nagebootste omgewing. Daar is 'n klipspelonk met mooi tekeninge, 'n +Boesman wat staan uintjies uitgrawe met sy harde kierie, en 'n paar +ander wat wild bekruip. Verder lê daar egte Boesmanspyle, ramkies, ens. +Die ou wildvelle wat die Hotnotpondokkie bedek, is effens opsygeslaan, +sodat ons 'n goeie idee van die konstruksie kan kry. Von Wielligh loop +tussen die opgestopte poppe rond, vertel allerlei anekdotes, verklaar +hul lewenswyse en die gebruik van die primitiewe gereedskappe. En in sy +hande dra hy 'n besonder oulike Hotnotpoppie, wat hy Platjie noem en wat +hy soos 'n geoefende buikspreker allerlei vrae laat stel, as die +museumbesoekers al bietjie dooierig word van die muwwe lug. "Tata en +memme, waar lê tog die danige geboorteland van julle?" (p. 6); "Toel, +waar lê jou geboorteland?" (p. 58); "Oom Bles, waar lê daardie land van +jou?" (p. 95); "Oom Ruiter, wat moes 'n mens eintlik maak as hy skielik +in die veld teen wilde Boesmans dam?" (p. 188), ens. En dan begin Von +Wielligh, as museumdirekteur weer te vertel van die ou dae se volk, +terwyl Ruiter, Toel, Oom Bles en Tys Bokkies by ons staan met hul stywe +gesigte en beweginglose lede. Telkens verseker hy ons, dat alles werklik +waar is: "Die verhaal lyk baie romanties, maar is eg Hottentots in al sy +besonderhede." (p. 58); "Hier volg nou 'n diskoers wat ons so dikwels +onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel." (p. 95.)[115] Soms +raak die direkteur so erg boos op sy poppe, dat hy hulle reguit +toespreek en dan gelyk sy beeldspraak erg veel op die van 'n Griekwa +predikant soos Kleopas Kipie "O skynheilige mensdom, wat sy medemens +oordeel. As die helder soeklig op almal gedraai word, hoeveel +blikskottels en blikborde sal van die rakke tussen die silwergoed moet +pad gee. En hoeveel sal bly staan, wat as egte sterling silwer verklaar +word!" (p. 51.) Maar as Von Wielligh regtig ernstig word, dan draai hy +sy rug op die poppe, gooi vir Platjie ook weg en trakteer sy besoekers +op 'n lang etnologiese verhandeling. (Hoofstuk X.)[116] As 'n mens ook +so oorloop van kennis is dit erg lastig om nog altyd eers iemand 'n +sopie te moet injaag voor sy tong loskom! Of om iemand van Europa te +laat oorkom soos Dr. Kleiner.... + +Ons moet dit op prys stel dat Von Wielligh sy ervarings onder die +inboorlinge te boek stel. Maar dit is erg jammer, dat hy nie ingesien +het, dat hy sy eie kuns vermoor deur kort-kort allerhande didaktiese +byvoegsels en onnatuurlike dialoog daarin te wring, in plaas van sy +uitgebeelde persone, _soos die lewe self is_ deur hul eie natuurlike +geaardheid en as gevolg van die omstandighede van hul bestaan _vanself_ +een of ander mening te laat bewys of suggereer. Hy is verplig om soos 'n +museumgids by sy eie werk lang toesprake te hou, waarskynlik omdat hy +gevoel het, dat die werk self nie sprékend leef nie. + +Platjie is, soos reeds aangedui, niks anders as die pomp, wat Von +Wielligh gebruik om die water bo die aarde te kry. Ook in sy droom bly +hy nuuskierig. "Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne +aandag" (p. 224). As Platjie moeg word vir die pompery, dan kom Koos +Fonk help en later Dr. Kleiner. Maar die droom van Platjie is tog nog +die wonderlikste ding in die boek! Dis nie sommer vandag se Hotnot, wat +só kan droom nie! Platjie hoor 'n koningin sê: "Sien jul daardie +berge--ver en naby? Sien jul die klowe met hul trippelende en murmelende +kristal strome? Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die +skoenlapper en die by met nektar versadig? Sien jul die hemelpurper, +waarheen wolkies van vlas deur die son met goud geverf word?" (p. 224.) +As Von Wielligh dan so veel belang stel in die goudmyn van Ofir--'n +onderwerp, wat ook die leier van die Patriotbeweging in 'n roman bewerk +het--laat hom dan in 'n wetenskaplike blad sy opienie lug. Maar hy hoef +ons nie te kom wysmaak, dat 'n Hotnot, al is hy ook so danig geleerd +soos Platjie, só kan droom nie. Dit is 'n psigologiese onjuistheid, so +onbeskaamd-astrant, dat dit selfs die onnoselste "minder bevoorregte" +moet opval. + +Huis en Veld. + +Willie Rosveld is vyf jaar op jag gewees, neem sy vader se +produktebesigheid oor en trou met Hessie Bendel. Sy vrinde is Frans le +Blanc, 'n ongetroude slagter, en Dolf Baumann, 'n rytuigverhuurder en +groenteboer. Die famielies gee 'n piekniek, vier nuwejaar en gaan saam +strand toe. Dan trek hul na die diamantvelde. Ewert, Dolf se oudste +seun, gaan saam met 'n trek na die Dorsland. Frans word intussen +voorsien van "'n altyd laggende Amalie" (p. 146), 'n weduwee met 'n +groot veeplaas in Transvaal, wat hom trou "omdat sy (hom) van sy jeug af +ken ..." en omdat hy "as slagter, so grondig met veeboerdery bekend was" +(p. 147). As die goudvelde in Transvaal ontdek word, dan trek Willie en +Dolf weer soontoe. Hulle word ryk, kuier rond, besoek Pretoria, waar hul +met Oom Paul en Genl. Joubert gesels, maar word op hul ou dag van mekaar +geskei. + + * * * * * + +_Huis en Veld_ is 'n poging om die maatskaplike en ekonomiese toestande +omstreeks 1870 te skets. In plaas van _memoires_ te skryf, probeer Von +Wielligh om die mense van 'n halwe eeu gelede self op die toneel te +voer, wat hom egter jammerlik misluk. Hy piets hul met 'n swepie deur al +die vier provinsies rond, sodat hy 'n kans kan kry om van die ou dae te +vertel. Dolf het gelukkig 'n seun, wat Dorsland toe kan trek, maar ons +voel nie, dat dit Ewert is wat al die ellende deurmaak nie. Dis +eenvoudig Von Wielligh, wat 'n opstelletjie skryf. Hy laat Willie trou +"nie om 'n liefdesverhaal in te voer nie, _maar wel om die gebruik, of +gewoonte, van daardie tyd aan te gee_" (p. 30). So gaan dit die hele +boek deur. Hy vertel, o so veel van die uiterlike omstandighede en van +die swerftogte van sy mense. Ons hoor wat die koring gekos 't, waarvan +hul brood maak, ons weet hoe hul 'n kers snuit, dat hulle "in daardie +tyd net so goed tandpyn gekry (het) as nou" (p. 22)--maar die mense self +ontmoet ons nooit. Hulle is nie eers aangeklede poppe in 'n museum van +oudhede nie, hulle is bloot _name_. + +Met 'n klein wysiging kan ons Von Wielligh sy eie woorde toeroep: _"Die +huis moenie 'n preekstoel wees nie en die veld nie 'n voorlesingsaal +nie."_ (p. 88.) Dit is juis wat hy doen. Luister maar na hierdie +ouderwetse preek: "Jare is die vasgeklinkte skakels van 'n eindlose +ketting, en snoer aan mekaar tot in ewigheid; ons persoonlikheid is maar +as druppeltjie daaraan, om spoedig te verdamp en sy plek ken hom nie +meer nie ... Dis die laaste dag van die jaar; maar nie die einde van tyd +nie--(sou die "minder bevoorregtes" dit miskien nie weet nie? +P.C.S.)--tussen die begin en einde van oneindig ewigheid is geen middel +nie. (Q.E.D.!) Net soos die grootste hemelliggaam 'n stoffie in die +oneindige ruimte is, net so is eeue 'n oogwenk in die ongebroke snoer +van tyd," (p. 48-49.)[117] Op p. 32-33 word ons in egte traktaatjiesstyl +vertel hoe iemand "diep onder die grond in 'n dronkaardsgraf" geraak +het. + +Dat daar 'n geestelike verwantskap tussen Von Wielligh en Kleopas Kipie, +die Griekwa-predikant bestaan, bewys die volgende: "Net so onsierlik as +'n blomtuin sonder blomme, so nutteloos as 'n horlosie sonder wysters, +of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal +die samelewing op aarde sonder vrouens wees. Daarom, groot is jou mag, o +vrou, sien toe dat jy dit op die regte tyd, en op die regte wyse +gebruik. Maar nie om berge te wil versit, of te uithaler te wees in 'n +kamer waar rotte komedie speel nie ..." (p. 121). + +Die selfde Oom Ignaas, wat beweer dat die huis geen preekstoel moet +wees nie, sit ewe getroos twee paginas vol te preek oor huweliksgeluk +(p. 87-88), en sy vrou klop hom nog, want sy het byna drie blaaie nodig +voor sy uitgepraat is, (84-86). Op p. 79 preek Oom Ignaas weer oor +weeskinders en so sou daar nog meer voorbeelde aan te wys wees, wat net +danig "met slaapstof gespesery" is.[118] + +Die dialoog is meestal onnatuurlik. Soos 'n egte boekeheld sug Willie: +"Ag mag ek die onsterflike glimlag nog eens op moeder se lippe sien, of +die welgemeende raad van vader aanhoor!" (p. 4.) En watter Boermoeder +sou so praat: "Willie, ons is bly dat jy die veld deurreis het, _waar +alles deur die Natuur self geplant is_...." (p. 9). En Frans, die +slagter, die man wat sê: "Liefde is eiebelang en selfvermaak" (p. 148), +slaan ook 'n snaakse taaltjie uit by die Duiwels-Kantoor: "Waar is die +skilder wat die landskap op seildoek kan weergee! Waar is die digter om +die grillerige aanblik in woorde te beskrywe!" ens. (p. 157). + +Ou Kammies, wat so dapper met die doringstomp spook is goed geteken. As +hy praat dan luister ons graag, want sy taal is nie net 'n aftreksel van +Von Wielligh s'n nie. "Maar seur,--nou?--nou kraak my ou litte van +kanniemeernie en ek kan nie eers meer daardie klip raak spuug nie" (p. +47). Een so 'n sinnetjie laat ons direk voel dat ons met 'n _mens_ te +doen het. Hoe raak is ook die toneeltjie waar Kammies met die +piekniekwaens aankom: "Wel, hoe het dit gegaan, outa Kammies?" vra +Willie. "Nee, goed seurtjie. Net jammer die wiele van die wa het van +droogte begin skree," antwoord die ou wynvlieg. "En die swaarste van al +was, outa, dat die smeergoed al die tyd op die waentjie lê," las Dolf +tussen in. "Dis by my kool die waarheid, seur Dolf! Toe het ek maar soos +bobbejaan gemaak--ander pad sit kyk." (p. 41.) + +Waarom sleep Von Wielligh kinders in sy verhaal as hy hulle net heeldag +toesnou: Moenie dit nie en moenie dat nie! nes 'n kwaai oupa wat hoofpyn +het? As die arm goedjies iets wil doen, dan moet hul altyd hoor: "Nee, +volstrek nie, die muile sal jul skop" (p. 57), "die slange sal jul byt" +(p. 44) en so word hul nog vyf keer iets verbied, (p. 42, 50, 56, 57 +voorlaaste paragraaf, en 67.)[119] + +Wat hy in _Staan jou Man_ verklaar, is maar al te waar van homself: "... +ons wat groot en oud geword het, het magtig baie vergeet wat in die +kindersiel woon." (p. 147.) Anders sou hy die twaalfjarige Ester nie so +'n ou-menstaaltjie laat praat nie: "Kom ek om, dan kom ek om.... Sit ons +stil tuis, dan is ons tog kinders van die Dood." (p. 177.) En die +wonderlike Amerikaner, wat so netjies sug nes 'n middeleeuse rederyker +(p. 201) het ook 'n snaakse begrip van 'n kinderverstand as hy vir Ester +sê: "Hulle (die eierdoppies) het wel eens die kiem van lewe gedra, maar +is nou siellose stof geword en is tans oorblyfsels van verongelukte +verwagtings, nes die graffies van kinders wat slegs tydelik aan hulle +volk geleen was." (p. 201.) + +Eweas in _Jakob Platjie_ hou Von Wielligh ook in _Huis en Veld_ lang +verhandelinge oor die toestande van 'n halwe eeu gelede, wat heeltemal +los staan van die verhaal. So kry ons in hoofstuk III besonderhede oor +poswese, boerdery, kerk, skool, spoorweë en ... swawelhoutjies. Daar is +historiese uitweidings en 'n beknopte geskiedenis van die +Patriotbeweging; 'n definiesie van 'n lugspieëling (p. 109), wat sou pas +in 'n handboekie oor aardrykskunde, 'n boereraad teen koorssiekte en 'n +persoonlike appresiasie van die deugde van Engelse sout, kienapille en +"grou vomitief", ens. ens. Von Wielligh het ongetwyfeld 'n goeie kennis +van die tydperk wat hy beskrywe en sou seker 'n handboekie kan opstel +wat vir die historikus en argeoloog nuttig sal wees, as hy maar net leer +om te onderskei tussen gewigtige en onbelangrike sake en hul nie heel +deftig vertel dat "die graanboer meestal sy gesprek voer oor graan ploeg +en afoes; die wynboer belang (stel) in wingerde en wyn, en die veeboer +verdiep (is) in sy skape en beeste ..." (p. 57-58). Hy kan gerus aanneem +dat iedere normale mens dit oor vyftig jaar ook nog sal weet! Laat hom +in elk geval nie weer probeer om sy kennis soos Koos Fonk in 'n roman +rond te smous nie, want ook op letterkundige gebied is sulke +smokkelpraktyke strafbaar. + +Staan jou Man. + +In _Staan jou Man_ word die boerelewe op die ooster-grense van die +Kaapkolonie in die tyd net voor die Groot Trek geskets. Gert Markeland, +weens sy groot lengte bekend as "Groot Fant" woon op die plaas +Kliphuiskoppie in die nabyheid van Grahamstad. Een van sy bure is Samuel +Firtree, 'n Engelse "setlaar", wat egter heeltemal Afrikaner geword het. +Jakob Raster, 'n Hollandse matroos, is Daan Wiks se skoolmeester. Groot +Fant gee op sy verjaarsdag 'n groot fees, en later word trekplanne op +Org Dapperman se plaas bespreek. Daar word 'n tier geskiet, by welke +geleentheid Raster les kry in perdry. Frankie Daai, 'n ou-jonkman maak +flikkers by Sytjie, wat skielik ryk geword het deur 'n groot erfenis, +maar word deur sy handelsvennoot Soekie Grasman uitgeoorlê. Victor, die +seun van Firtree, skiet per ongeluk Org Dapperman dood en verwond sy +vrou, waardeur die trekplanne uitgestel word. Allerlei kaskenades van +Rennie, Groot Fant se seun en Ester, Dapperman se dogter, word verhaal. +Ester red die bewoners van Kliphuiskoppie deur op dapper wyse die aantog +van Kaffers aan die bure bekend te maak. Plase en meubels word verkoop +en voorbereidings vir die Trek gemaak. Intussen het Daai en Grasman in +die tronk geraak en Groot Fant Sytjie gekies om die plek van sy oorlede +vrou in te neem. Die verhaal sluit met enige awonture van die trek. + + * * * * * + +Uit _Staan jou Man_ blyk ten duidelikste dat Von Wielligh se +intriegemasjienerie net 'n paar radjies het, wat al lelik uitgeslyt is. +In _Huis en Veld_ het hy tweemaal gebruik gemaak van 'n verlore brief +(p. 117 en 125), in _Staan jou Man_ doen hy dit nog eens (p. 103) en ook +in Jakob Platjie speel 'n brief die rol van verklikker (p. 85). In +_Staan jou Man_ bewys Sytjie ook nog Daai en Grasman se onskuld deur 'n +brief (p. 237).[120]--Koos Fonk se verjaarsdagfees by Gansmond word +beskryf (Hoofstuk XII)[121]; in _Huis en Veld_ is daar Nuwejaarviering +(Hoofstuk VII), in _Staan jou Man_ alweer 'n verjaarsdagfees (Hoofstuk +VI), en daarby nog 'n poffertjiesparty (Hoofstuk III).--Platjie sien +"skrifgeleerde" visioene, nadat hy soutvleis en stormjaers geëet 't (p. +222), Frankie Daai ooreet hom aan buffelkarbonaadjies en word deur 'n +lelike nagmerrie gery (Hoofstuk IX).--In _Huis en Veld_ skrik die +vrouens hul lendelam vir spinnekoppe (p. 181) en Tant Annie het groot +respek vir klipsalmanders (Hoofstuk II).--Die vrindskaplike verhouding +tussen die famielies in _Huis en Veld_ vind ons onder gewysigde +omstandighede terug in _Staan jou Man_. Jakoba word skielik ryk (_H. en +V._ p. 114), Sytjie ook _(S. jou M._ p. 90) en albei kry dadelik vryers. +Birdie se twee vryers raak albei in die moeilikheid deur hul slim +planne, Sytjie s'n netso. En so sou daar nog meer ooreenkomste aan te +wys wees. + +Die oorvloed van los anekdotes in al drie boeke is ook opvallend. In +_Staan jou Man_ loop so baie kruispaadjies, dat ons glad van die +grootpad verdwaal. Die skrywer het dit blykbaar self gevoel, want hy +begint Hoofstuk XIV aldus: "Ons verlang nou al so baie na Kliphuiskoppie +... dat ons nou g'n minuut langer sal versuim om daarheen te gaan nie." +Die enigste draad, wat die anekdotes verbind, is dat almal bewys, dat +die persone hulle _man kan staan_. Dit word so 'n opeenhoping van dapper +dade, dat mens naderhand voel, dat die kindere Enaks weer opgestaan het, +terwyl Groot Fant 'n reinkarnasie van Simson is. Dat hy nog die moeite +doen om die pilaar van die kliphuis met kruit weg te blaas en dit nie +sommer omstoot nie, soos sy prototiep met die tempel van die Filistyne +gemaak 't, bly 'n raaisel! + +Dit spreek vanself dat by 'n roman, waarin die skrywer probeer om deur +'n semelagtige aaneenstrengeling van awontuurlike voorvalle te bewys, +dat die vernaamste persone almal hul man kan staan, van die psigologiese +uitbeelding niks tereg kom nie. As hy die smart van die trekkers moet +uitbeeld, wanneer hul die Kolonie verlaat, dan roep hy uit: "Ons verberg +ons gesig vir die warme trane van afskeid, ons sluit ons ore vir die +_hartverskeurende_ snikke, wat sielesmart vertolk.... Vroue en kinders +wink mekaar toe met hulle hande of sakdoeke, en die mans waai met hulle +hoede--alles tekens van 'n _hartgevoel wat woorde magteloos slaan om +(dit) te verklank"_ (p. 240-241).[122] + +Dieper dan die trane en die sakdoeke kan hy nie sien nie en daarom wil +hy sy oppervlakkigheid agter 'n retoriese poespas wegsteek. Met die een +voorbeeld kan ek volstaan en merk alleen nog op, dat daar selfs geen +goedgetekende Hotnotsfiguur in _Staan jou Man_ is nie. + +Die neiging om lang "moralisatiën ende contemplaciën" oor sy persone +te hou, is in _Staan jou Man_ nog baie hinderliker dan elders. "En as +ons Frankie Daai so sien lê, dan rys die volgende oorwegings in ons +gedagte op:--" (p. 86). Wat die "oorwegings" met die slapende Frankie +te doen het, weet Von Wielligh alleen, want dis 'n beskrywing van die +winter!! As Frankie egter eers gedroom het, dat Sytjie hom wurg, maak +"hierdie afgryslike gesig ... verder 'n beroep op ons nadenking" en +dan pas merk ons dat die wintertoneeltjie 'n aanlopie was vir 'n +uitgewerkte preek oor die "vraatsugtige Mens", by welke uitroep ons +seker aan Frankie se gulsigheid met die buffelkarbonaadjies moet dink! +Maar dis glad mis! Die "vraatsugtige mens" handel nes die "kille +nagwindjies"! So raak ons "toegespinnerak" in die "stowwerige webbe" +(p. 88) van onverstaanbaarheid. + +Op p. 186 versoek hy die "waarde leser" om die pen uit sy hand te neem +"om die blydskap van tant Annie _in skrif_ ... neer te _skrywe_"; op p. +147 staan 'n prekie oor kinders in Griekwa-styl; op p. 270 vertel Ester +en Rennie "hulle awonture en uitredding, _wat ons as volg teruggee_". +Die verklaring van _stormjaers_, p. 26, wat hy oor en oor gee in byna al +sy boeke, en die beskrywing van 'n _kakebeenwa_ moet hy bewaar vir sy +oudheidkundige handboek. + +Boesman-Stories. + +"The religion of the Bushmen is made as clear from their own recitals +as such a subject can be, when it is remembered that the minds of the +narrators were like those of little children in all matters not +connected with their immediate bodily wants. Their views concerning the +sun, moon, and stars seem utterly absurd, but a European child five or +six years of age, if not informed, would probably give no better +explanation. Their faith too, that is, their unreasoning belief in many +things that to an adult European seem ridiculous, is seen to be that of +mere infants." So lui die verklaring van Dr. Theal in sy inleiding tot +_Bushman Folklore by Bleek and Lloyd_ (p. XXXVIII) en wie die eerste +deel van Von Wielligh se _Boesman-Stories_ (1919) gelees het, moet die +juistheid daarvan erken. Die stories verplaas ons in 'n spook-wêreld, +waar alles met toordery aanmekaar hang, waar die snaakste +gedaanteverwisselinge plaasvind en die aller-gekste maneuwers uitgevoer +word. In die wonderlike gedoentes is daar weinig logiese gang; daar is +geen kliemaks wat steeds die belangstelling gespan hou, geen goeie +motivering, geen artistieke, harmoniese eenheid nie. Meestal weet ons +nie of ons met mense of diere te doen het nie, want ofskoon die diere +gewoonlik enkele kenmerkende eienskappe hou, word die juiste maat in hul +vermensliking selde getref, en verrig hul dade, wat al te spesifiek +menslik is. So lees ons van 'n uil, wat sy mes laat val (I, p. 117), 'n +aasvoël, wat 'n springbok skiet (II, p. 19), 'n leeuwyfie, wat met +Boesmankinders saamwoon en hulle met knopkieries wapen (II, p. 109), 'n +tier wat hom as 'n reisiger vermom (II p. 140). En van sulke voorbeelde +krioel die stories. Dit word ten slotte 'n marteling om die grillige +kronkelinge van die Boesman-fantasie te volg. Van skoonheid uit +letterkundige oogpunt is daar heel weinig te bespeur in die kinderagtig +inmekaargedraaide versinsels, waaraan mens geen osseriem kan vasknoop +nie. Vir die etnoloog mag die gegewens, wat Von Wielligh met sulke +prysenswaardige ywer byeenversamel het van groot waarde wees, maar vir +die letterkunde is alleen enkele verhale uit die eerste twee dele van +enige betekenis. Mooi is nommer 41 waar 'n leeu met 'n klein meidjie by +die wagvuur speel. En so is daar ander toneeltjies uit die swerwende +jaglewe van die Boesman, wat treffend is deur oer-naïewe eenvoud; ook +raak skildering van diere (b.v. in nommer 44), maar selde 'n skone +geheel. + +In die eerste deel word hoofsaaklik die mitologie behandel, deel twee +bevat dierstories, terwyl die derde deel eintlik geen reg op die naam +_Boesman-Stories_ het nie, want dis 'n geskiedkundige verhandeling oor +die "sedes, gewoontes en bekwaamhede" van die Boesman. Heelwat +besonderhede, wat reeds in _Jakob Platjie_ en die eerste twee dele +voorkom, word hier herhaal, te same met persoonlike herinneringe en +allerlei anekdotes, wat die skrywer van ander persone verneem het. In +eenvoudige taal vertel Von Wielligh alles wat hy van die Boesmans weet. +Gelukkig het hy sy meedelings nie "met 'n vergulde nerfie +oor(ge)blaas"[123] nie, want soos uit 'n nader bespreking van sy styl +sal blyk, is 't juis dìt, wat hinderlik is in sy romans. Hier loop hy +eenvoudig padlangs en vir die ondersoeker van Boesman-gewoontes deel hy +heelwat wetenswaardigs mee. In die voorwoord van die derde deel verklaar +hy, dat dit "van 'n wetenskaplike aard" is. Populêr-wetenskaplik sou +juister wees, want Von Wielligh is met als sy persoonlike ervaring 'n +leek sonder etnologiese vorming, wat geen begrip het van die groot +verband van sy onderwerp, en wat hom deur sy hartstog vir die Boesman +tot allerlei gewaagde en moeilik bewysbare generalisasies laat verlei. +So verklaar hy op p. 73, dat die Boesman 'n paar oë het, "om ver en raak +te sien soos nog geen ander menseras hom op kan beroem nie", en op p. 68 +verseker hy ons, dat daar "op die Europese toneel min ... dansers (is), +wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof ..." Op p. 21 verklaar hy: "soiets +as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie", terwyl hy kort daarop moet erken: +"In sterk wind is hy minder gelukkig". Die meedeling oor die slangsteen +op p. 52 is seker ook nie van wetenskaplike aard nie, ewemin as die +snaakse definiesie van "deursigkunde--dit wil sê, om voorwerpe op 'n +tekening op verskillende afstande voor te stel" (p. 67). Vir die vakman +sal die volgende bewering ook stellig nie van veel nut wees nie: "Sy +voedsel (d.i. die Boesman s'n) bestaan byna uit enige ding--al wat hy +nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie." (p. 21). + +Die vierde deel bevat "gemengde vertellings, mees van 'n awontuurlike +aard", wat die skrywer gedeeltelik self opgeteken 't en gedeeltelik aan +ander bronne ontleen 't. Daar is 'n paar goeie jagstories en verhale wat +ons 'n kyk gee op die awontuurlike lewe van die boere teen die end van +die negentiende eeu. Uit letterkundige oogpunt is dit die besgeslaagde +bundel, ofskoon ook hier die psigologie soms nie dieper as die boonste +nerfie gaan nie, soos blyk uit die volgende: "Dis wonderlik watter +indruk so 'n verandering in die lewe van 'n Boesman maak. Hy kom uit die +wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en +sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die +groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom 'n +wonder bo wonder." (p. 132.) Met dit al het Von Wielligh met die +versameling van die stories 'n verdienstelike kultuur-historiese bydrae +gelewer. Wat hy met onvermoeide speursin uit verborge hoekies en +gaatjies gehaal 't sal altyd van belang bly, maar waar dit ons hier te +doen is om letterkundige skoonheid, moet gekonstateer word, dat die +geaardheid van 'n groot gedeelte van die stof sodanig is, dat dit slegs +vir wetenskaplike doeleindes geskik is. + +Gewoonlik word die serie _Boesman-Stories_ as boeke vir die jeug +beskou. Blykens die voorberig van die vierde deel was dit allermins die +bedoeling van die outeur en uit die karakterisering van die inhoud is +dit duidelik, dat hy gelyk het. Daar is seker min Afrikaanse ouers, wat +sou wens, dat hul kinders so 'n volledige kennis van al die +Boesman-bygelofies bevoorbeeld moet hê, as wat Von Wielligh ons aanbied. +Niettemin sou daar seker 'n klein bloemlesing uit die vier dele kan +saamgestel word, wat sal voldoen aan die vereistes van 'n kinderboek. +Maar Von Wielligh is veels te optimisties waar hy sê: "...daar sal gewis +'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar meer as kinders hulle +ore sal hou teen die blaaie van _Boesman-Stories_ om te luister na +sprokies en vertellings _asof die woorde direk en duidelik afkomstig is +van die oorspronklike lippe wat hul vertel het_."[124] Dit is in +flagrante teëspraak met die volgende: "Met die skrywe van hierdie +_Boesman-Stories_ het ons die gedagtes van die Boesmans _in ons eie +woorde vertolk ..._"[125] en gee aanleiding tot 'n ander opmerking. Die +eienaardige bekoring van die inboorlingestories sit ongetwyfeld +grotendeels in die persoonlikheid van die oorspronklike verteller. Dit +het Von Wielligh self gevoel, want in die voorberig van _Diere-Stories_ +verklaar hy: "Niemand kan 'n Diere-Storie so smaakvol as 'n Hotnot +vertel nie. Dit smaak of hy alles daar voor hom sien en hoor, wat hy +verhaal. Haarfyn kan hy die Diere naboots en namaak--so natuurlik, dat +ons daarvan soms bang word." Nou is dit juis dié natuurlike element, wat +ons in die _Boesman-Stories_ mis, terwyl in _Diere-Stories, soos deur +Hotnots vertel_ die juiste toon baie beter getref word. Gelukkig het Von +Wielligh besef dat 'n kinderboek nie "deurspek met lesse, met sedepreke" +moet wees nie en met uitsondering van sekere minder artistieke +stylwendings kan die _Diere-Stories_ as aangename kinderlektuur beskou +word, wat egter in hierdie verband nie nader kan bespreek word nie. + +Al dadelik blyk egter weer uit die volgende aanhaling, dat Von Wielligh, +as leek hoegenaamd geen insig het in die wordingsgeskiedenis van +dierverhale nie. In die voorberig van _Boesman-Stories I_ stryk hy met +'n klein vetkersie ewe parmantig in die volle lig van 'n stralende son: + +"In Europa en Amerika word tot nog toe vrugtelose pogings aangewend om +gewilde en ingrypende (?) "Diere-Stories" te skrywe; hier in Suid-Afrika +het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeue gelede uitgewerk. Al +wat ons te doen het, is om die ryk oes in te samel." Hy weet dus nie, +dat feitlik alle volke hul dieresprokies het nie, dat selfs vandag nog +sulke vertellings van mond tot mond gaan oor die gehele aardbodem en dat +baie van ons jakkalsstories groot ooreenstemming vertoon met die +Europese verhale van die vos.[126] Wat die digter van _Reinaerts +Historie_ (II), reeds in die 14de eeu geseg het bly nog altyd waar, ook +in literêr-historiese sin: "Van Reinaerde es een groot saet Ghebleven +dat nu seere up gaet." + +Van Von Wielligh het ook nog verskyn 'n Afrikaanse bewerking van +Robinson Crusoë (1920) en 'n Boesman-Robinsonade, _Nimrod Seeling_ +(1921). Nimrod is 'n seuntjie van vier jaar, wat in die hande van +Hotnots en Boesmans val en by hulle bly tot sy veertiende jaar. Deur +'n aaneenskakeling van awontuurlike gebeurtenisse kry die skrywer nog +eens 'n geleentheid om die gewoontes, sedes en bygelowe van +verskillende inboorlingstamme te skets, terwyl ook die jag op groot +wild beskryf word. Aangesien die verhaal vir die "jonger geslag" +bedoel is, word 'n eenvoudige styl gebruik. Maar selfs die spannendste +awonture word op dorre betoogtoon verhaal, sonder enige poging tot +plastiese uitbeelding. "Die leeu is nou kort agter ons. Toe Saba in +haar boom was, steek sy haar hand uit om my op te help. Maar helaas, +my lang hare raak verward in 'n droge tak. Saba breek met wilde krag +die stuk tak en pluk my op; net toe kom die leeu onder die boom en +vang met sy voorpoot naar my voete. _Hierop_ maak Saba haar man as of +hy uit sy boom wou afklim. Die leeu sien dit, hol soheentoe en kry 'n +skoot met 'n gifpyl, deur die ander Boesman afgeskiet. _Hierop_ gee +Saba haar man hom nog 'n skoot, en hy was nie meer nie." (p. 33-34.) +Dit is maar een voorbeeld van die dooierige, kroniekagtige +vertellings, waarin die verskillende insidente deur 'n uitgerekte +string van hierop--daarop--waarop--daarna--verder--voorts en +soortgelyke woorde aanmekaar geryg word.[127] Dat ook hier herkouing +van ou motiewe aanwesig is, bewys o.a. die Griekwa-preek op p. 76. + + Hy tok-tok, hy tok-tok, + Hy tok-tok, hy tok-tok, ens. ens.[128] + +Dit is die enigste ritme, wat daar in Von Wielligh se prosa is. Gevoel +vir die klankwaarde van woorde, vir die fyner modulasies, vir die mooi +melodie van glydende woordereekse besit hy nie. Ewe geduldig stryk hy sy +ramkie en op die eentonige deun "kerf" hy riel na riel uit. Dit is die +totaalindruk. In _Jakob Platjie_ word ons af en toe deur 'n mooi +klankeffek verras en ook in die _Boesman-_ en _Diere-Stories_, maar in +_Huis en Veld_ dreun die dowwe preektoon dwarsdeur. + +Herhaling van dieselfde woorde is 'n vaste kenmerk van sy styl. "As 'n +man wild na huis bring, dan word die afgekoude _bene_ 'n entjie van die +deur van sy hut op 'n hopie ge_gooi_. So het elke man in die kraaltjie +sy eie _been_hopie. Die af_geëte bene_, so lank _geëet word, word_ in +die hol bak van die bors_been_ van 'n volstruis geplaas. Is daardie +_been_skottel vol _bene_, dan word dit na die _been_hopie gedra en daar +neerge_gooi_." (_Boesman-Stories_ III p. 34-35.) En so gooi Von Wielligh +nog 'n paar paragrawe aldeur _bene_ op die _beenhopie_, totdat dit 'n +berg word! In _Huis en Veld_ (p. 145) kom behalwe ander herhalings voor: +herstel--stel--stel, alles in een paragrafie.[129] + +"Onder sy aanvoer kom hul altyd vier_kant_ veilig ander_kant_ uit" +(t.a.p., p. 67). "Dit het Daan gesê, en hy gaan toe op 'n verraderlike +blok _sit_, wat sy plesier daarin vind om óm te slaan en die een wat +daarop wou _sit_, nog die moeite te gee om dit weer met sukkel in ewewig +op die grond te plaas en dan daarop te _sit_, met meer aandag wat onder +as wat voor die _sit_ter plaasvind" (t.a.p., p. 24). Afgesien van die +storende herhaling is dit seker besonder lompe styl. En sulke voorbeelde +is daar soos bossies![130] + +Met nog een tok-tok-deuntjie kan ons volstaan. _"Daar_ was nie lopende +_water_ in die _kloof_ nie; alleen was _daar_ 'n gat _water_ onder 'n +_water_val. _Daar_ was geen ander ingang tot die _kloof_ as van onder af +nie. Ons vind die dooie kalf bo in die _kloof_ digteby die _water_val en +_daar_ het ons die slag_yster_ gestel soos dit behoort te wees, sonder +die _yster_ aan iets vas te maak--anders draai die tier sy poot _daar_in +af. Lê die _yster_ los, dan kan hy wel 'n entjie _daar_mee stap, dog van +ontvlug is glad geen sprake nie, _daar_ die _yster_ te _swaar_ aan sy +seer poot hang." (_N. Seeling_ p. 77-78.) "Ma, Pa vra of Ma nie Pa se +osse na die wa sal laat ja nie?" is kindergestamel van dieselfde +klankwaarde. + +Vir kombinasies van verwante gedagtes is Von Wielligh baie lief en +dikwels gee hy _in aliis verbis idem_. "Dit vul ons hart egter _met +blydskap_ om _met vergenoegdheid_ 'n terugblik te mag werp ... (_Eerste +Skrywers_ p. 7); "Maar gelukkig het 'n _verwydering_ van liefde en +vrindskap die lede nie van mekaar kon _skei_ nie. Vrinde as altoos!" +(t.a.p., p. 49)--wat onsin is! "Hulle (verstaan: die Engelse) beskik oor +wêreldberoemde skrywers en _vertalings uit ander tale"_ (t.a.p., p. 91); +"_Hy het_ die Britse gesag _verlaat en vaarwel gesê_, en met sy Groot +Trek _het hy_ in 1836 die Kolonie _verlaat_ ..." (t.a.p., p. 103); "'n +lappies dorp _van tente_ of 'n blikkies dorp _van sinkhuise_" (_H. en +V._, p. 111); "_Rusteloosheid_ egter gun hom _geen rus_ nie"[131] +(t.a.p., p. 6); "die renbaan het Freddie se beurs omgedop, _sodat die +binnekant nou buite sit_" (t.a.p., p. 128); "alles natuurlik onder vier +oë _en in diepe vertroue"_ (_J. P._ p. 94); "Die trekboere het in tente, +maar liefs _by voorkeur_ in matjieshuise gewoon" (t.a.p., p. 92); "die +man se lyf was amper kaal en _met min klere bedek_" (_Boesman-Stories_ +I, p. 148). Dieselfde neiging om tog maar veral niks aan die fantasie +van die leser oor te laat nie blyk ook uit tal van nuttelose opmerkings +by die _Boesman-Stories_. Die tietel van No. 58 in deel III lui: "Nog +meer oor Bygeloof" terwyl die _Opmerking(s)_ ons nog ewe deftig +verseker: "In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies +van Boesmans"! By No. 53 en elders gaan dit net so! + + Ick sie: geen dingh en is soo kleyn, + Of 't gaet u tot het innigh breyn: + Geen dit of dat, geen boere-schuyt, + Of gy en treckt er voordeel uyt.[132] + +As Von Wielligh in die sewentiende eeu geleef 't sou hy seker 'n tiental +emblematabundels geskryf 't. Wat van Vader Cats geseg is, geld ook van +hom: "Niets is hem te gering; geen afstand is hem te groot, geen +combinatie te zonderling; zijn blik volgt de vloo, dwaalt van de oester +tot het haantje van den toren."[133] "De voorstellingen (in Sinne- en +Minnebeelden) zijn meerendeels ontleend aan het dagelijksch leven; een +doorgehakte paling welks twee deelen zich zoeken te vereenigen, een +brandend hout en een mooi meisje, eene papegaai in een kooi, een +spinneweb, een windhaan, een rattenval, een bordurende juffer ... +verwelkte rozen, een vlinder, eene fuik, enz."[134] + +"Frans weer was soos sodawater: druk jy die prop in, dan bruis dit, maar +die gas is gou uitgekook. Gou driftig, maar gou weer goed." (_H. en V._, +p. 14.) Met 'n mooi plaatjie daarby sou dit 'n goeie _sinnebeeld_ wees. +Cats redivivus, maar dan tog in onderbaadjiesak-formaat, want van sy fyn +vertellerstalent is daar by Von Wielligh weinig te bespeur. Dit is +bekend, dat Cats twistery tussen man en vrou verdedig deur daarop te +wys, dat 'n braakmiddel af en toe goed is vir die maag. Dit is wel iets +na Von Wielligh se smaak: "Om iemand kwaai woorde toe te voeg, of om hom +_vomitief_ in te gee, kan jy iets onaangenamer terug verwag" (_H. en +V._, p. 88). Dieselfde skerp "tegenstelling van verheven en plat" wat by +Cats so 'n komiese indruk maak, tref ons ook by Von Wielligh aan. As +Cats bevoorbeeld wil duidelik maak, dat die gedrag van iedere vryer +noukeurig ondersoek word, dan sê hy: + + Een vryer moet het lyf als op de rooster leggen, + Om daer, gelyck een worst, te worden omgewent, + Totdat men aen den reuck syn roet (vet) en reuzel kent.[135] + +Von Wielligh verklaar met groot erns: "... so nutteloos as 'n horlosie +sonder wysters, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se +bors, net so sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees." (_H. en +V._, p. 121). + +"Zeker, Potgieter had gelijk toen hij, met het oog op Huygens, zeide +dat voor den waren dichter niets te laag is om het tot zich op te +beuren. _Indien_ de dichter het lage dan ook maar opbeurt. Dat doet Cats +zelden. Gewoonlijk bukt hij zich of hurkt er bij neer ... Liefst houdt +hij zich bij het dagelijksch leven; maar het dagelijksche wordt licht +alledaagsch, het alledaagsche staat niet ver van het platte, het platte +daalt gaarne af tot het ruwe."[136] So gaan dit ook met Von Wielligh. +Dat hy sy boere ens. van die ou dae, beelde ontleen aan hul daelikse +bedryf laat gebruik, is goed gesien. As Frans die slagter b.v. in _Huis +en Veld_ na aanleiding van 'n opmerking dat gebrekkige en sieklike mense +nie behoort te trou nie sê: "Dus hulle is van egtelike Liefde +uitgesluit. Hul moet hulle geluk in Vrindskap gaan soek--en is stompoor +gesny en op die stoppelland geja." (p. 16), dan tiepeer dit meteens die +man se hele persoonlikheid. Willie se grappie: "Ons het die ou jaar net +vandag nog aan die puntjie van sy stert, vannag glip hy hand uit en +slaan bolmakiesie oor die afgrond van die verlede" (p. 47) pas mooi in +die koffiedrink-atmosfeer. Maar wanneer Dolf se vrou in volle geselskap +sê: "dan maak Ma eers goed vuur op hulle asplekke" (p. 74), stap sy oor +die grense van alle welvoeglikheid. Von Wielligh moet bedenk, dat wat +uitstekend pas in _Jakob Platjie_ nie orals kan gebruik word nie. Koos +Fonk se mikstuur "maak vrolik en olik en dan moet daar weer van die hond +se hare gehaal worde om op die hond se bytplek te sit" (p. 81). Sina is +"vir die tronk so bang ... as 'n bobbejaan vir die hits van 'n gloeiende +yster" (p. 5)--dit is raak opmerkings, wat ons dadelik as psigologies +juis voel. Maar ongelukkig het die Hotnot-Griekwa-Boesman-suurdesem deur +_al_ Von Wielligh se werk getrek. Dolf se "beskouing omtrent sake het +nie dieper ingedring as 'n speld in 'n aap se duim nie" (_H. en V._, p. +13); sy gestalte "laat iemand aan 'n bobbejaanpaal dink ... terwyl Frans +iemand aan 'n ronde-rib skapie herinner" (p. 13)[137]; Hessie "kielie 'n +kort stukkie op die klavier" af (p. 36); Dolf lyk "net verspot ... asof +hy te veel galsterige varkspek geëet het" (p. 97) en in _Staan jou Man_ +sit "algar ... by hierdie tyd soos paddas danig erg van die gemmerbier +opgeblaas" (p. 61); "Die son steek asof hy Fant in 'n groot stuk kaiings +wou opsmelt" (p. 18); Soekie Grasman is "so grappig dat hy 'n hele vrag +ape van lag sal laat uitskater" (p. 104) en druk Sytjie "om haar +beenderige ribbe" (p. 131); "M.A. en B.A.-tietels was vir hulle net +soveel wêrd as 'n broeksak vir 'n hond" (p. 149); "ons almal weet dat +die troos wat hieraan ontleen is, maar altyd 'n handvol vlieë bly" (p. +244). Met sulke beelde sal Von Wielligh seker die outas en aias in die +kombuis laat lag.[138] + +Met eienaardige logika probeer hy om die plat taal van die +_Patriotters_ goed te praat: "'n Fout werd gevinde met die Eerste +Skrywers, dat hul ongekuiste taal gebruik het. Maar dit vind 'n mens by +die eerste skrywers van alle volke en die rede is hierin te soek: dat as +iemand van 'n vlooi praat, dan is dit onbeskaaf, maar hy mag wel van 'n +vlieg praat. Dis niks om van 'n koei te praat nie; maar pas op om van 'n +bul te praat. Iemand kan sê: "dis leuenagtig"; maar "_dis waaragtig_" +dan is dit vloek. In die opvoeding word hom geleer wat te sê en nie te +sê nie. Dus hy word geleer hoe om in die sitkamer te praat. Alle dinge +is geoorloof; maar alle dinge is nie oorbaar nie". (_Eerste Skr._, p. +38.) Met iemand wat hom van sulke argumente bedien, val daar nie te +redeneer nie.[139] Dat "die eerste skrywers van alle volke" hul van +ongekuiste taal bedien het, is 'n bewering wat stellig onwaar is in sy +algemeenheid; bowendien kan die gebruik daarvan in die negentiende eeu +beswaarlik geregverdig word deur 'n vergelyking met toestande van vyf of +ses eeue terug. + +In sy studie _Ons Geselstaal_ verklaar Von Wielligh: "Dog iemand wat +regtig meen om suiwer Afrikaans te bestudeer, moet peil tot die bodem om +die Afrikaanse gedagtegang baas te raak. Hiervoor lewer Plat Taal ons 'n +uitstekende geleentheid om te leer hoe woorde van suiwer gehalte te +vorm. Dit wil sê, as ons meester van die Afrikaanse Plat Taal is, dan +besit ons die sleutel om woorde van 'n hoë gehalte te smee; besit ons +dan sulke doeltreffende woorde, dan word praalskrif op suiwer grondslae +vir ons so duidelik as die son aan die hemel--altyd opklim, opklim tot +die hoogste sport."[140] Von Wielligh is hier ongetwyfeld op die regte +spoor, al raak hy ook verward in sy beeldspraak. Met _plat taal_ bedoel +hy blykbaar die geselstaal van die onderste lae van die samelewing, wat +volstrek nie noodwendig plat is nie, terwyl onder _praalskrif_, taal van +letterkundige gehalte moet verstaan word. As Von Wielligh dus bedoel dat +die kunstenaars die volkstaal moet beluister, dan gee hy 'n raad wat +baie groot skrywers van alle volke gevolg het. Dit is bekend hoe Vondel, +Hooft, Brederoo en ander sewentiende-eeuers gedurende die wordingsproses +van die Neerlandse taal geput 't uit die sappige volkstaal. Hooft sê in +'n brief van 1630: "Verworpelingen van woorden van straet op te raepen +ende doen dienen daar ze deugen, al was 't onder de edelen, daer kan men +eer af hebben". Van Vondel vertel G. Brandt: "Om op elke stof en zaak de +rechte spreekwysen te vinden, onderzocht hy, by allerley slagh van +menschen, wat Duitsche woorden elk ontrent zyn werk, handteering en +kunst gebruikte. De landtluiden vraagde hy, hoe sy spraaken ontrent den +landtbou, en hoe ze 't geen daar toebehoorde noemden, en uitdrukten. +Ontrent den huisbou vraagde hy op gelyke wyse de timmerluiden en +metzelaars: ontrent de zeevaart en 't scheepstuig de zeeluiden; ontrent +de schilderkunst, en wat daartoe hoorde, de schilders: en zoo voort +ontrent alle ander bedryf, wetenschappen en kunsten. Dit strekte tot +opbou der taale en om van al wat hem voorquam met woorden die de zaake +eigen waaren te spreken."[141] Dit is presies wat Von Wielligh met groot +ywer en toewyding gedoen het en die uitkomste van sy jarelange ondersoek +is dikwels verrassend. Maar dit is van meer belang vir die taalwetenskap +as vir die letterkunde, omdat Von Wielligh geen kunstenaar is nie, wat +uit sy versamelde gegewens 'n werk van skoonheid kan skep. Hy is +eenvoudig 'n belangstellende leek, wat hom verlustig in die "raak +kolskote"[142] van die "spraakmakende gemeente", wat "sy lag nie kan +bedwing vir die raaksê-uitdrukkings"[143] van die volksvernuf nie. As hy +binne "die grense van sy eie ploegland"[144] bly, en die gesprekke van +eenvoudige volkstiepes of inboorlinge weergee, bereik hy dikwels 'n mooi +effek, maar sodra hy hom "werp op die vleuels van praalskrif" dan gee +dit 'n lelike misoes af. Van sy fyn opmerkingsgawe waar dit dinge uit +die alledaagse lewe geld, uit die boerebedryf en jagveld getuig byna +iedere pagina van sy werk. Ook die gewoontes van die diere het hy ywerig +bespied. Hy het honderdmaal geluister na geselsery oor "pynplekkies en +weersgesteldheid"[145], hom "knippeldik" versadig aan die kwinkslae en +"pittige" gesegdes van eenvoudige siele, wat jarelank in die veld- en +woestyneensaamhede rondgeswerf het. Daarom is daar in sy beeldspraak so +dikwels 'n plat-by-die-grondse geestigheid, 'n kombuisagtige bysmakie, +daarom verlustig hy hom in bywonergrappies. + + +Wanneer hy binne "die grense van sy eie ploegland" bly, dan is sy +beeldspraak ook baie beter as die van sy "praalskrif". Ter tiepering 'n +paar voorbeelde: "Mog daar 'n verskilletjie ontstaan, word dit so gou +doodgedruk as die vonkie wat val op 'n pyproker se broek (_H. en V._, p. +15); "Niemand kry die eer om hom te fop nie; hy lê altyd vir hulle +klaar, nes 'n haas wat met sy oop oë slaap, of nes 'n ystervark met sy +skerp penne, na die bedrieër toe." (_S. j. M._, p. 68.) "Vat hom aan sy +hakskeen, en jy kry 'n terugskop met die polvy van 'n velskoen, waarin +'n nommer-12-voet sit, om jou maagpyn en winduit op jou hurke te bring; +dan pak hy die parmant aan die arms, ... stamp hom nes 'n karringstaf op +en af, tot hy hik." (id., p. 12); "Daarom het al die mans in daardie dae +nes spinnekoppe gelyk wat tot agter hulle nekke oopgeboener was." (id., +p. 6); "Fant het net soos iemand wat korhaan jag, om en om Sytjie gestap +tot sy gaan sit, toe korrel hy" (id. p. 229); "Wie sy ou steeks perd, +wat gewoonlik agteruitbeur as daar seekoegate agter is, verruil vir 'n +ander wat gewoonlik die vaart neem as daar miershope en slote voor is, +weet bepaald dat hy deurgaans in die midde van onsekerheid verkeer." +(id., p. 239). Rosa "sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met 'n +baksteen skrop" (_Jakob Platjie_, p. 166). Abdol maak geld "soos +gemaalde koffie uit 'n meul." (id., p. 71.) "Oom, my bokke is regtig +mooi--hulle kloue kraak nes blinkleer stewels as hul so rondstap." (id., +p. 57.) + +Wanneer Von Wielligh nou sulke uitdrukkings gebruik, dan bly hy binne +sy eie ervaringssfeer en ofskoon daar geen sprake is van digterlike +siening nie, voel ons direk dat alles eg en deurleefd is. Maar te +dikwels vergeet hy dat die lekker-gesels-praatjies om die wagvuurtjie in +die oop veld sleg pas in die sitkamer en dan verspreek hy hom lelik. So +lank as hy nog by die wagvuurtjie bly, kan ons soms met genoege luister +na sy jaganekdotes en vertellings van die ou dae, dan hinder sy gekruide +styl ons nie, omdat dit so innerlik-eg is, so getuig van intieme omgang +met die natuur in sy oer-staat. Maar sodra hy die sitkamer binnestap, +begint hy op onnatuurlike toon te preek,--dan rek hy "'n +taai-tammeletjie so lank uit as (hy) kan"[146] en jaag die geselskap +uitmekaar deur sy "pittige plat taal". Die gedurige botsing tussen sy +natuurlike geselsstyl en sy onegte "praalskrif", wat hom verlei tot 'n +ridikule vermenging van hoog en laag is juis wat ons kriewelrig maak. + +By die bespreking van _Huis en Veld_ is aangetoon, dat hy _Kleopas +Kipie_ maklik uitstof, wanneer hy sy sondagse manel aantrek. Dan word hy +gewoonlik onverstaanbaar in sy geaffekteerde hoogdrawendheid. "Met hulle +(die Trekkers) aangesigte na die noorde gekeerd, dwaal hulle dáár ver in +die suide op die agtergrond en sit op die verlede te broei. Die verlede +is vir vleis en bloed onnaakbaar; dog ons herinneringe, nes 'n +vliegtuig, is in staat om ons uit die deinsige hoogte op ons ou +dwaalplekke te laat neerkyk. Hulle sien uit hulle voëlvlug die ouderlike +woning, waarin hul die besitters van lewe met sy worstelinge geword het; +hulle sien die speelplekke met die waentjies en poppe wat hul +verbeeldingskrag gevoed en uitgeswel het, om deur bespieëling die weg +van toepassing te volg; ... Daarop keer die herinnering langsaam terug +... tot waar hul daardie aand gesit het. Dan lei Herinnering hul tot +onder die uitgebreide vleuels van Hoop, wat hul aan die hand vat ..." +(_S. j. M._, p. 282-283). Dit is seker nie moontlik om meer "vishoekvas +in die spinnerakke"[147] van jou verbeelding te raak nie, om nou 'n +tiepiese Von Wiellighaanse uitdrukking te gebruik. Eers _dwaal_ die +Trekkers, dan _sit_ hul "op die verlede te broei". Hul herinnering word +met 'n vliegtuig vergelyk; die vliegtuig kry 'n hand wat deur die +gevleuelde Hoop gevat word! Hiermee kan vergelyk word _Eerste Skrywers_, +p. 106: "Die heldemoed van die Afrikaner daar aan die dag gelê, het die +sluise van nasionale ontwaking oopgetrek; want die volk werd daarvoor +intyds ryp gemaak, sodat die verrassing nie as 'n onweerslag op hulle +gekom het nie." + +In die voorwoord van _Huis en Veld_ kom nog 'n voorbeeld van verwarde +beeldspraak voor: "Hierdie swakke poging, deur ons aan die hand gegryp +om 'n druppeltjie in die emmer te laat val--is dit mis, dan is dit +mis,--is die uitvloeisel van 'n dryfveer, wat ons aanspoor, nie alleen +die skouer teen die wiel te sit nie, maar om ook volhardend ons hele +gewig daarop te werp. Ons mog in die voorreg deel om vanaf 1875 as +handlanger en baksteen-aangeër met die opbou van ons Afrikaanse +taalgebou mee te help ..." Sulke voorbeelde is daar baie in Von Wielligh +se werk. + +As voorbeeld van die komiese effek veroorsaak deur die teenstelling van +sy gewone en kamma-verhewe styl kan die volgende uit die twede paragraaf +van _Eerste Skrywers_ (p. 1) dien: "Graag het ons gesien dat 'n +bevoegder lid ... sy kop oor die onderdeur van ons hartbeeshuis gesteek +het om te antwoord op die herhaalde aanklop." Maar dan word hy meteens +deftig: "Broeders en Susters! Blyhartig werp ons vir ons op die vleuels +van die gedagte om terug gedra te worde tot daardie dae, toe die sonskyf +van ons goeie nasionale taalsaak sy vergulde rand nog net so effentjies +bokant die donkere berge van onbewustheid en sluimer uitgesteek het." +Dan hoor ons van "'n koue harnas van geheimhouding oor ... brandende +gevoele", van "'n Afrikaanse boom, wat daar sy takke vry in ons heldere +lug uitbrei ..." en verneem dat in die dae "besigheid so slap soos +pannekoekdeeg en handel so plat soos die pannekoek self was"! + +Tot welke onsinnigheid Von Wielligh hom deur sy opgeskroefdheid laat +verlei, blyk uit die volgende voorbeelde: "Hierdie pragtige stukkie +landskap is met die penseel van die verwoestende mensehand op die +seildoek van die skone panorama doodgeskilder, sodat dit daar nooit weer +sal verskyn nie." (_H. en V._, p. 71.) Die herhaling op die end is +tiepies. "Watter angs dit op die kindersiel afgespieël het val beter vir +die gedagte om dit te ontplooi as vir die pen om dit neer te grif" (_S. +j. M._, p. 272); "Hulle monde was meer vloeibaar as die vloeistof wat +uit die man se klere tap." (id., p. 243); "Toe eers ontprop hy sy +opgebottelde gedagtes en gee hul onsigbare vleuels om oor die +gebeurtenisse van die dag, oor die twee jongmeisies en oor homself te +laat vlie." (id, p. 84) "Selfs die kristallug, waar die sterretjies uit +die onmeetlike verte neerkyk, is tans met 'n swart plafon toegespyker." +(id., p. 167.) 'n Voorbeeld van Laag-by-die-grondse humor staan op p. 95 +van _Staan jou Man_. Daar ontmoet ons ook nog juffroue, wat bordjies dra +met die opskrif: "alle toegang ten strengste verbode" en wat hul +voorstel hoe hul "'n weg sal baan deur 'n Eden van aardse saligheid"!! + +Dikwels gee Von Wielligh se neiging om abstrakte begrippe te +verpersoonlik, of met iets anders te identifiseer aanleiding tot die +allersnaakste kombinasies. "Die wapenhuis van Rennie en Ester was +taamlik gevuld met 'n rommel van deug en ondeug; die taak om die gebruik +daarvan onder 'n ystervoet vas te trap was aan streng moeders en minder +geduldige vaders oorgelaat." (id., p. 148); "Die woorde was maar die +vingers wat die harpsnare van aldaagse gebeurtenisse bespeel" (id., p. +158); "Het die uitlegginge ... altyd die blou strikkies van waarheid om +hulle nekke gedra?" (id., p. 147); "Hoe verkwikkend dit ook al vir +moeder en dogter was om in die arms van liefde te val ... tyd, egter, +het die skerp snede van die swaard van skei stomp gevyl en dit minder +gevoelig gemaak." (id., p. 144); "Hulle prikkelende nuuskierigheid om +die groot dorpe en see te sien, was die goue eiers van hulle verwagting +waarin die kuikentjies van verrassing reeds piep." (id., p. 218). Op die +jagveld is die Boesman "vis in die water en stuurman aan die roer van sy +verstand". (_B.-St._ III, p. 47). "Waarom moet ons ons woordeskat gaan +verryk met woorde wat yskoud is en wat met ons geen meegevoel koester +nie?" (_Eerste Skr._, p. 80). + +In _Eerste Skrywers_ (p. 125) haal Von Wielligh met instemming 'n +veroordeling van retoriese uitdrukkings aan, maar juis die twee +gewraakte beelde is hy besonder lief voor. In die voorwoord al vertrou +hy dat hy "in die _arms_ van 'n genadige beoordeling sal val" en so is +daar nog baie ander soorte _arms_ in sy werk te vind,[148] terwyl +"Dingaan die _teuels_ van tirannie en dood gevoer het net waarheen hy +wou" (_S. j. M._, p. 11). Von Wielligh is trouens die laaste man, wat +oor retoriese styl moet klaag, want dit sou geen sware taak wees om 'n +paar paginas afgeslyte frases uit sy werk neer te skryf nie. In _Huis en +Veld_ vind ons: "steunpilare van die samelewing" (p. 128), "stortvloed +van trane" (p. 130); "op die louere gaan rus" (p. 177 en 14); "om 'n +luisterend oor te neig aan die sang ... van voëls, wat ... hulle +lieflike akkoorde laat weergalm" (p. 43). In _Eerste Skrywers_: "Toe het +die son van ons nasionale ontwaking ... sy ligdolke in die duisternis +van ons slapende harte ingepriem ..." (p. 103). In _Staan jou Man_: "Dit +het 'n vaste fondament van seltstandigheid onder hulle voete geskuiwe en +die vryheidsvlam in hul harte aangeblaas" (p. 149); "Die nag het met sy +sneeuwit kleed gekom ...; verkwikkende slaap ... het sy sagte ferwele +hand oor die vermoeide ooglede gestryk; die ongestadige weer het sy +septer van gesag aan 'n kalm dag oorhandig" (p. 277). So word soms lang +stukke aanmekaar gelas deur die banaalste beelde,[149] waarvan +_sluier_,[150] _floers, tyd_,[151] _weegskaal_ en _spinnerak_ die +vernaamste is.[152] Wat 'n _floers_ is weet Von Wielligh blykbaar nie, +want hy skryf: "Om die floers van treurigheid te _onderdruk_ staan die +haan ... vlerk klap en kraai ..." (_S. j. M._, p. 240).[153] En hoe mens +se _oogmaat_ jou 'n _sluier voor die oë_ kan _hang_ is ook nie duidelik +nie, (id., p. 5). + +'n Totale gemis aan digterlike siening openbaar Von Wielligh in sy +natuurbeskrywing. Hy het ongetwyfeld veel opgemerk en kan ons vertel van +watter bossies skape en bokke die meeste hou. Iemand wat van plan is om +in die Karo te gaan boer, sal heelwat praktiese informasie in _Huis en +Veld_ vind. Maar 'n kunstenaarsblik op die natuur soos die van Malherbe +het Von Wielligh nie. "Bome is hier in oorvloed, ons sien hier die soet +doring, kaffer wag-'n-bietjie, kiepersol, naboom, sekelbos, wilde vy, +waterbessie, wilde sering, vaarlandswilg en nog honderde ander tesame +met soveel soorte bosse." (_H. en V._, p. 155.) So kry ons telkens 'n +dorre opsomming, presies asof dit die jaarverslag van 'n botaniese +vereniging is. Op p. 44 gee hy 'n katalogus van die soorte voëls, op p. +45 en 104 van die veldblomme, op p. 106 van die Karo-plante--"sommige +egter word nie deur vee gevreet nie"![154] 'n Enkele maal tref ons 'n +opmerking, wat van eie siening getuig: "die stoere akkerbome (brei) +hulle arms in alle rigtings (uit) om die kleinere gewasse 'n seën toe te +wens. Aan die stroom swaai die wilg lustig sy groen snoere en speel met +sy swepies in die wind." (_H. en V._, p. 40.) Maar meestal vergenoeg Von +Wielligh hom met 'n verwerking van sy boerekennis, waarin hy af en toe +'n skoolmeesteragtige opmerking vleg om te wys dat hy ook 'n bietjie in +botanie gepeuter 't. "Ja, so noem ons mense dit, maar die plantkundiges +het dit 'n lang, ja 'n beesagtige lang naam gegee van Mesembrianthemum, +wat middagblom beteken." (_H. en V._, p. 104).[155] + +Soos iedere boer stel Von Wielligh ook groot belang in die weer. "Kalm +en rustig werp die _goue_ dageraad sy _sombere_ lig oor die vlaktes van +Gwaggas. [Contradictio in terminis. P.C.S.]. Weldra verrys die son; maar +is van sy _oogverblindende_ ligglorie ontroof--die dig gepakte dampkring +het al die sterk uitskietende strale opgesuig. [In Gwaggas was ek nog +nie, maar ek twyfel sterk of die lig van die _opgaande_ son daar direk +"oogverblindend" word. P.C.S.]. Die son lyk nou so groot as 'n wa se +voorwiel (in alledaagse taal). [?? P.C.S.]. Vroeg laat die sonbesies +hulle hoor; die mense voorspel 'n warme dag en spoedig verandering in +die weer." (_Jakob Platjie_, p. 115.) Natuurlik kom daar allerlei soorte +_sluiers_ te pas by sulke beskrywings. "Kyk, hoe pragtig staan elke +bossie onder 'n sluier van allerhande kleure van blomme" (_H. en V._, p. +103); "die appelkoos is oortrek met 'n rooskleurige sluier" (id., p. +40), terwyl "die ruisende melkstroom nog sleg(s) deur die mistige sluier +van die aand sigbaar is." (id., p. 101.) + +"Seurtjie, kyk daar steek die dagbreek reeds sy rooi neus agter die +bergkam uit ..." (_H. en V._, p. 38) sê Kammies, en Von Wielligh vind +die beeldspraak so treffend, dat hy dit self gebruik: "Die grou dag +steek spoedig sy droewige wenkbroue agter die bergrand uit...." (id., p. +3). Hoe banaal en konwensioneel is ook die volgende: "Dit was amper, +sononder, net toe die son die weste ligpoorte wou gaan sluit. Alvorens +die gulde deure te grendel, werp die son eers 'n blik terug om te sien +of die Nagwagter met sy vet gesig nog nie deur die oostelike vensters +loer nie. Toe die laaste sonstrale wegsterf en hulle betower en die +liggloed van die omliggende bergtoppe onttrek...." (id., p. 156); "Voor +die vuurstokers van die son nie ekstra brandstof op die sonnehaard plaas +nie om die slapers onder hulle komberse uit te brand...." (id., p. +52.)[156] Dit skyn wel die vernaamste besigheid van die son, want ons +verneem dat "die oprysende son 'n ligstraal deur die skeur van (Soekie) +se venstergordyne (prop) om hom in die gesig wakker te kielie" (_S. j. +M._, p. 119), en Victor "skrik in 'n vaart wakker, een oggend toe die +grou oggendlig die gordyne van sy slaapkamer _aantas_(!)" (id., p. 109). +Ou Kammies sal onder sy kornuite ook seker eer inlê met die volgende: +"Die daeraad steek sy grou sakdoek hoog uit aan die oostekant, asof hy +daarmee in die lug waai...." (id., p. 43). + +Nog 'n banale beeld is dat 'n maand of dag _sterf_ en _begrawe word_ +(_S. j. M._, p. 99, 277); die jaargetydes of dae is die _jasse_ van die +veld[157] (id., p. 191), terwyl die berge _wit pruike_ dra (id., p. 100 +en _H. en V._ p. 101). + +"Rapen as kinderhoofies" het Potgieter in sy novelle _Blaauw Bes, +Blaauw Bes!_ "'n ongelukkige vergelyking" genoem, wat mens "van het +kannibalen-maal gruwen doet!" By Von Wielligh gaan "pluimvee, +speenvarkies en lammers", wat so skoon gemaak is as "poedelnakende +babetjies" in "die hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die +snakkende monde"! (_Jakob Platjie_, p. 130-1). + +As staaltjies van die onbeholpe uitdrukkingswyse, wat mens so dikwels in +Von Wielligh se werk aantref, kan die volgende dien: + +In _Jakob Platjie_: "Dan kom hul luidrugtig in geselsery ... huistoe". +(p. 3); "By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring" +(p. 59); "Hul had dun arms en bene met volwasse buikies, wat nie op +gereëlde voeding kan beslag lê nie ..." (p. 108); "Hul is by +uitnemendheid byejagters, om byneste op te spoor" (p. 112); "Dit was +genoeglike dae van wetenskaplike voedsel vir altwee partye" (p. 211). + +In _Huis en Veld_: "Edelmoedig het hulle (die Uitgewers) op die +voorgrond getree om hulle medewerking tot die bloei van 'n eie +Afrikaanse letterkunde geldelik te ondersteun"[158] ('n Woord vooraf); +"Die lug is ... elektries swanger" (p. 154). + +In _Eerste Skrywers_: "Dit was die skone ideale en toewyding" (p. 1). +"En dan draai ons 'n sterker soeklig op al hierdie _gesigs_punte in ons +_gesigs_veld om te getuig, nie wat ons _uit_ ander bronne ontleen het +nie, maar waar ons oog- en _oor_getuige van was." (p. 3); "Hulle moes +onder die wapenrusting van geheimhouding van hulle persoon hulle +skuilhou." (p. 6.) "Hiermee word dus 'n maatstaf in die hande van die +beoordelaars geplaas, wat wel in toepassing mag geneem worde ..." (p. +7); "Die skrywer het ... al die westelike distrikte van die Kaap weer +besoek met opmetings van plase" (p. 28); "dan ontruk ons nie _uit_[159] +nie; maar werp juis gemaakte geskiedenis _in_[159] die gapende kake van +die vergetelheid" (p. 47). "Nog minder het iemand getrag om die skone +wêreld, wat medegevoel afdwing met te veel geleerdheid te bederwe" (p. +53); "As 'n skrywer baie met geoefendes (in plat taal) omgegaan het, en +hy self daar nie mis in bedeeld is nie ..." (p. 101); "Hierdie bewering +klop ons op die skouer, eis verdediging om nie abuislike foute te maak +nie" (p. 129). + +In _Staan jou Man_: "'n Lusoord van aardse skepping" (p. 3); +"aangematigde skrik" (p. 15); "die liewe brawe koffie" (p. 37); "Sytjie +(was) reeds daar, want sy het die aankoms van haar pleegouers eerder +ontvang as die huismense gedink het" (p. 102)[160]; "Toe word 'n Hof van +Heilige Geloofsgerig aangestel" (p. 150). Wat dit nou eintlik is, sal +Von Wielligh wel alleen weet! "Sy voel gelukkig om spoedig van aardse +smart verlos te wees en te herenig met haar eggenoot ..." (p. 164). + +In _Nimrod Seeling_: "twee wakker blou oge wat 'n lig van bewussyn laat +uitstraal het ..." (p. 59); "Hulle toon toe aan dat dié soort lewe, wat +ek verkies, 'n afbrekende eeu is ..." (p. 116). + +In _Boesman-Stories_: "Want 'n weerklank klink altyd mooier as die stem +wat dit weerkaats" (I, p. 34); "sy pylkoker val aan stukkies en die pyle +daarin verdor sy in kaf" (I, p. 141); "So gevoel die kinders hul veilig +onder die beskerming van hulle ouers--al groei hulle op omsingel deur en +onder verskeurende ongediertes. Een dag leef hul in oordaad, dae daarna +vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken +net 'n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur +voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie." (III, p. 31); "om dit mooi +te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie" (III, +p. 5); "Watter ander gevolg moet ons hieroor vel ..." (III, p. 105). + +In _Diere-Stories_: Outa is "uitgedos in vriendelikheid self ..." (I, p. +9); Die dierestories "verskaf ... sielslewe in die hart van die ou +bokwagter" (I, p. 12); "Toe lag die Voëls nie meer nie; maar sit mekaar +knersend van verontwaardigheid kwaai aan te kyk ..." (I, p. 24). + +Oor die algemeen is Von Wielligh se taal suiwer, maar spore van Engelse +invloed kom tog voor. + +"Wydbegrippig" (_broad-minded_) (_Eerste Skr._, p. 59); "Koos vra hul +om saam brekfis _te neem_" (_J. P._, p. 70); "'n Korte wandeling gaan +neem" (_H. en V._, p. 34); "Toe die klok twaalfuur slaan, rys die vrinde +..." (id., p. 52); "nukomelinge" (id., p. 174); "Moet tog nie +moeilikhede halfpad gaan ontmoet nie" (_S. j. M._, p. 17); "alles het sy +natuurlike self gebly" (id., p. 39); "'n dood geheim" (id., p. 136); +"die naarste van drome" (id., p. 263); "toe hy so 'n skewe kyk na Kraai +gooi" (_B.-S._ II, p. 4 en 155);[161] "ondergroei" (id., p. 107); "Die +Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem ..." (IV, 121); +"Julle neem dit lekker" (_D. S._ I, p. 43); "Jakhals het uit sy eieself +geweet ..." (id., p. 48); Jakhals vra aan Wolf "hoe 'n tyd hy daarvan +gehad het" (id., p. 61); Wolf vra "in 'n fluister" (id., p. 66); "En jy +meen te vertel die kinders het dit alles opgevreet?" (II., p. 11); Die +kat "pir" (id., p. 19). Ook in _Robinson Crusoë_ is daar voorbeelde van +letterlike vertaling. + +Met die voorsetsels raak Von Wielligh soms verward: "met bliksem ... +vergeseld; in vatbare (?) wyse opgestel" (_E. Skr._, p. 32, 120); Die +Boesmans "bedien hul met ribbebene wat hol geslyp is" (_B.-S._ III, p. +20). "Kamma-geleerdes" (_E. Skr._, p. 108) is 'n gelukkige neologisme, +"pou-trots" (_S. j. M._, p. 6) egter nie, en nog minder "posing" (id., +p. 27). Von Wielligh gebruik ook graag vorme soos: "as komme kan", +"ontvalle", "soude", (_E. Skr._, p. 6, 8, 53). 'n Paar voorbeelde van +verkeerde woordskikking kom voor, o.a.: "Oom Willem word tot kommandant +gekies, omdat hy dapper is en kan in die grootste gevaar sy hoof koel +hou." (_J. P._ p. 151.) + +VOETNOTAS: + +[102] _Die Brandwag_, Des. 1918, waaraan hierdie lewensskets ontleen is; +1850 is egter verkeerd, vgl. _Eerste Skrywers_, p. 151. In _Die +Huisgenoot_, Nov. 1919 staan 'n uitvoeriger biografie. + +[103] Vgl. _Eerste Skrywers_, p. 57. + +[104] _Eerste Skrywers_ p. 35. + +[105] t.a.p., p. 85. + +[106] t.a.p., p. 159. + +[107] t.a.p, p. 124. + +[108] Vgl. my artiekel oor Letterkundige Kritiek in _Die Huisgenoot_ van +Des. 1920. + +[109] Private meedeling van die skrywer. + +[110] _Eerste Skrywers_, p. 113. Kursivering van my. + +[111] t.a.p., p. 54. Kursivering van my. + +[112] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: _De Eerste Afrikaanse Taalbeweging_^1, p. +189. + +[113] Vgl. oor "Patterjots" Dr. L. v. Niekerk t.a.p. + +[114] _Eerste Skrywers_, p. 101. + +[115] Vir hinderlike tussenkoms van die outeur kan ook nog vergelyk word +p. 12, 21. + +[116] Vgl. ook nog p. 217 et passim. + +[117] Vgl. _Staan jou Man_, p. 88, 143. + +[118] _Staan jou Man_, p. 55. + +[119] Vgl. ook _Staan jou Man_ p. 47. + +[120] Waarom Daan Wiks so lank wag met sy gewigtige getuienis word nie +opgehelder nie. + +[121] Ook nog verskillende fuiwe van Hotnots. + +[122] Vgl. ook die flou praatjie oor Ester se droefheid, p. 169. + +[123] Vgl. Voorwoord. + +[124] _Voorberig_ 4de deel. Kursivering van my. + +[125] _Voorberig_ 1ste deel. Kursivering van my. + +[126] Vgl. o.a. Prof. J.W. Muller se inleiding by sy Reinaert-uitgawe. + +[127] Vgl. o.a. p. 93, 22-23, 52, ens. Of daar in _Ghwennie Barnveld_, +'n boek "vir jong meisies" in dié opsig verbetering is, kan ek nie +beoordeel nie, omdat dit na die skrywe van hierdie bespreking verskyn +het. + +[128] _Boesman-Stories_ II, p. 194. + +[129] Vgl. nog _Eerste Skrywers_, p. 27: +gedruk--gedruk--drukkery--drukpersie; p. 60: "Ons was met ons deurkruis +van ons land ...", ens. + +[130] Vgl. o.a. _H. en V._, p. 143: "Al hierdie gebeurtenisse het baie +gevoelig 'n diepe indruk op die Afrikaanse huislike lewe en dinkwyse +gemaak en nagelaat." Lomp is ook: "Hy skuif sy raam op en staan die +heerlike koffie met tyd te geniet, terwyl sy oë 'n blik werp wat buite +in die fris oggendlug plaasvind." (_S. j. M._, p. 119). + +[131] Vgl. _Boesman-Stories_ I, p. 55, "'n woelige Gees sonder rus". + +[132] Jacob Cats: _Houwelijck_ I, 235. + +[133] J. Prinsen: _Handboek tot de Ndlsche Lett. Ges.^2_, p. 335. + +[134] G. Kalff: _Ndlsche Dichters der 17de Eeuw_, p. 37 (Cats). + +[135] Vgl. Kalff, t.a.p., p. 100. + +[136] Kalff: t.a.p., p. 98. + +[137] Vgl. in _Glorie Pan_: "Niks op aarde is bestendig nie; alles is +van korte duur nes 'n lappie op die seer vinger van 'n bobbejaan." (_Die +Brandwag_, 10 Des. 1913). + +[138] Vgl. ook die onsmaaklike opmerking in _S. j. M._, p. 65: "Ons ou +mense het min van snorbaarde gehou, wat so hinderlik met, soen en +sop-eet geblyk het"! + +[139] Vgl. ook die snaakse betoog om te bewys dat _jy, jou_, ens., nie +plat is nie. _Eerste Skr._, p. 97. + +[140] _Die Huisgenoot_, Okt. 1921, pag. 247. In Hoofstuk XII van _Eerste +Skr._ behandel hy plat taal en ook in _Die Huisgenoot_ Junie 1921, +Hoofstuk XV van _Ons Geselstaal_. Vgl. die voetnoot van die redaksie oor +wat Von Wielligh onder "plat taal" verstaan. + +[141] _Leven van Vondel_, Ndlsche Klassieken, p. 123. + +[142] _Eerste Skr._, p. 100. + +[143] _Die Huisgenoot_, Okt. 1921, p. 247. + +[144] _Eerste Skr._, p. 126. + +[145] _H. en V._, p. 15. + +[146] _Die Huisgenoot_, Mei 1921, p. 25. _Ons Gesels taal_. + +[147] _S. j. M._, p. 133. + +[148] Vgl. o.a. _S. j. M._, p. 144, 195, 270, 282; _H. en V._, p. 146; +_N. S._ Voorwoord. + +[149] Vgl. b.v. _S. j. M._, p. 191. + +[150] O.a. _S. j. M._, p. 213, _H. en V._, p. 123, 67, 86, 101, 130. + +[151] O.a. _S. J. M._, p. 167, 143. + +[152] Uit _Die Huisgenoot_ van Febr. 1922 blyk dat Von Wielligh nog +lustig op sy "praatmasjien" die ou deuntjies afdraai. Die "spinnerakke" +en die "kloue (wat) nes blinkleerstewels kraak" is daar, terwyl die +katalogus van die verskillende soorte koppies en rante uitgebrei word +deur ... "pramkoppies"! (p. 421). + +[153] Vgl. ook _Eerste Skrywers_, p. 49, waar "'n floers van +neerslagtigheid" 'n somber gevoel "verwek". + +[154] Vgl. ook nog p. 185. + +[155] Vgl. ook p. 104 en p. 109 waar 'n verklaring van 'n +"lugverheffing" gegee word. + +[156] Dieselfde beeld kom ook voor in _S. j. M._, pag. 19. + +[157] Ook die voëltjies dra "winterjassies", _H. en V._, p. 43. + +[158] "Ondersteunen" is waarskynlik 'n drukfout. Die twede "hulle" slaan +op "ondersteuners" in die vorige sin. Vergelyk _S. j. M._, p. 239: +"Rustig verhef hulle die woonhuis ... deur die Trekkers hulle eie hande +opgebou". + +[159] Kursivering van Von Wielligh. + +[160] Vgl. _N. Seeling_, p. 57: Baie seediere, wat my geheuge ontsnap +het ..."! + +[161] _N. S._, p. 50, "afskeidskyk". + + + + +HOOFSTUK V. + +Romans, Verhale en Sketse. + + +§ 1. Adv. J.H.H. de Waal. + +Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is gebore op 30 Desember 1871 op die plaas +Bakkerskloof, Stellenbosch. Sy vader was boer en handelaar, sy moeder +die oudste suster van "Onse Jan". Aan die Normaal Kollege in Kaapstad +het hy gematrikuleer en daarna was hy 'n tydlank onderwyser o.a. op +Uitenhage en Utrecht. Later het hy 'n betrekking aangeneem in sy vader +se ysterhandel, maar die joernalistiek het hom aangelok en as +voorbereiding vir dié vak het hy regte gaan studeer in Londen, waar hy +aangesluit 't by die Inner Temple en as studievrind o.a. Generaal Jan +Smuts had. Nadat hy in besonder kort tyd sy wetseksamens afgelê het, +tree hy in die huwelik met Emma de Kock (1898) en woon vir ses jaar in +dieselfde huis as "Onse Jan", vir wie hy as "luitenant" dien. + +In Julie 1903 word hy redakteur van die tydskrif, _De Goede Hoop_, +waarin _Stompies, Johannes van Wyk_ en _Die Twede Grieta_ verskyn het. +"Sy bedoeling met daardie geskrifte was om die jong lesers soveel +moontlik met leesstof in populêre skryftrant te voorsien, en wel in die +taal wat hy van jongsaf voorgestaan het--Afrikaans."[162] + +Op sy kantoor is op 5 Oktober 1906 die Afrikaanse Taal Vereniging +ontstaan. Aan sy inisiatief is die erkenning van ons taal in die Kaapse +geregshowe te danke.[163] In Des. 1914 het hy afgetree as redakteur van +_De Goede Hoop_, as gevolg van 'n wryving met die uitgewers oor +politieke kwessies. Onder die _nom de plume_, _Jan van Rozenburg_ had hy +naamlik Generaal Hertzog se politiek verdedig by die kabinetskriesis in +1912. Nederland het sy dienste as voorvegter vir ons taalregte erken +deur sy benoeming tot lid van die Leidsche Maatschappij. Op die oomblik +is hy lid van die volksraad vir Piketberg en een van die voormanne van +die Nasionale Party in die Kaapprovinsie. + +Johannes van Wyk, (1906).[164] + +Johannes van Wijk is 'n jongeling van edel inbors, wat deur sy +onbesproke gedrag, hoflike maniere en fyn beskawing die gunsteling van +die Kaapse samelewing word. Dit wek die jaloesie en haat op van sy neef, +Gert Rass, wat besluit om sy ondergang te bewerk. 'n Plan om Johannes +deur die Boesmans te laat doodmaak misluk. Gert word egter tot nuwe +wraakplanne geprikkel deur die feit, dat Hester Linde aan Johannes die +voorkeur gee. Deur vervalsing van 'n brief slaag hy daarin om Johannes +op 'n aanklag van hoogverraad teen die Goewerneur, Adriaan van der Stel, +in die gevangenis te kry. Johannes ontsnap, word deur Gert en sy +handlangers agterna gesit, maar vind eindelik onder die naam Koos Emmert +'n skuilplaas by 'n boer, Pierre de Villiers aan wie hy hom as kneg +verhuur. Hier raak hy weer deurmekaar met die Boesmans, maar word op die +laaste tippie deur sy vrinde, Malherbe en Joosten, gered. Intussen het +die goewerneur sy ontslag gekry en hoef Johannes nie meer as droster te +lewe nie. Gert drink 'n vergiftigde kelkie wyn, wat hy vir Johannes +bestem had en sterf. Met 'n driedubbele huwelik eindig die verhaal. + +_Johannes van Wyk_ het oorspronklik in _De Goede Hoop_ verskyn, die +eerste hoofstuk in Jan. 1904. Die skrywer verklaar self, dat die +ontstaan van die roman te danke is aan sy betrekking as redakteur van +die blad.[165] De Waal het skrywer geword, nie deur 'n innerlike +skeppingsdrang nie, maar deur die dwingende mag van omstandighede. +Toevallig het 'n yweraar en hartstogtelike voorstander van die lang +geminagte volkstaal die middel in die hand gekry om aan verstokte +teëstanders te wys, dat in dié taal 'n roman kon geskrywe word. Eers +probeer hy om deur uitlowing van 'n honorarium die skryflus van sy +lesers op te wek, maar die resultaat was teleurstellend; al die stukke +moes in die snippermand. Aangemoedig deur die sukses van sy toneelspel +_Angelina_ het De Waal toe besluit om self 'n roman te skrywe. Met sy +nugter verstand het hy 'n reeks toneeltjies op kunsmatige wyse inmekaar +gepas en die resultaat was 'n leesbare roman, wat veral die jongeliede, +vir wie _De Goede Hoop_ in die eerste plaas eintlik bedoel was met +groot spanning gevolg het. Ons staan hier voor 'n gewigtige +kultuurgebeurtenis. Dit naamlik: _in 1904 het die eerste Afrikaanse +roman van die Twede Beweging verskyn_.[166] + +Die skrywe van _Johannes van Wyk_ was 'n daad van betekenis. Na al die +gekibbel 'n _daad_. En 'n daad, wat vir meer as een die oë laat oopgaan +het. Vir lange jare had die teëstanders van Afrikaans met triomfantlike +gebaar hul onweerlegbare stelling opgedreun: "Het Afrikaans heeft geen +letterkunde!" De Waal se antwoord was: _Johannes van Wyk_. "Die eerste +oplaag het bestaan uit 500 eksemplare, en die drukkerskoste was toe +slegs een-sesde van wat dit vandag vir so 'n aantal sou wees. Tog is ek +destyds gelukgewens geword met my moed dat ek dit gewaag het om 'n boek +in Afrikaans uit te bring."[167] Vir die voorstanders van Afrikaans was +_J. v. W._ dan ook 'n welkome bondgenoot. Die Afrikaanse Taalgenootskap +in Pretoria het onmiddellik 'n beroep gedoen op alle Afrikaners om dit +te lees, en die meeste krante het dit warm aanbeveel. + +By die beoordeling van _J. v. W._ moet veral rekening gehou word met die +omstandighede waaronder dit ontstaan het. Maar sedert die eerste uitgawe +het nou byna twintig jaar verloop. De Waal het dit herhaaldelik omgewerk +en in 1921 het reeds die vyfde druk verskyn, veral omdat dit vir drie +publieke eksamens tegelyk voorgeskrywe was.[168] Noudat die taalstryd +verby is moet ook die literêre waarde van _J. v. W._ bepaal word. Omdat +egter in bou en opset _Die Twede Grieta_ soveel ooreenkoms daarmee +vertoon, kan die twee romans tegelyk bespreek word. + +Die Twede Grieta + +is die dogter, van Johan Conradie, wat kort na haar geboorte, waarby +haar moeder sterf, uit die huis van haar vader gesteel word en in Natal +as Miss Grace Palmer opgroei. Andries Burger, pleegsoon van Conradie, +loop saam met sy vrind, Bertie Muller, van die S.A. Kollege weg aan die +begin van die Anglo-Boere-oorlog en hul sluit by die republikeinse leërs +aan. Phineas Marais, stiefbroer van die "eerste" Grieta, Conradie se +oorlede vrou, is die sondebok van die roman. Hy verlaat die Teologiese +Kweekskool op Stellenbosch na die dood van sy vader, wat 'n groot +erfenis nalaat, word 'n geldwolf, loop in die oorlog oor na die Engelse +en vervolg Andries en Bertie, vir wie Hester Fourie, sy verloofde +afgewys het as doodsvyande. Andries en Bertie beleef die wonderlikste +awonture in die oorlog. Andries red Grace uit die hande van Kaffers, en +Bertie word verpleeg deur Hester. Na die oorlog ontdek Conradie dat +Grace Palmer sy doodgewaande dogter is, 'n feit wat Phineas se +roofproses teen hom in duie laat val. Presies soos Johannes van Wyk +eindig die verhaal met 'n driedubbele huwelik. Andries trou met die +twede Grieta, Bertie met Hester en selfs Conradie slaag daarin om "'n +sagsinnige liewe vroutjie van ag-en-twintig jaar" raak te loop, terwyl +Phineas na Engeland vertrek om die reputasie van S. Afrika daar te +verbeter. + +Ook die _Twede Grieta_ het in _De Goede Hoop_ verskyn, vanaf Jan. 1912. + + * * * * * + +"Het grondplan van de meeste Scottsche romans is: de held trekt de +wereld in, beleeft komische of tragische avonturen en sluit in het eind +zijn bruid in de armen. Dit geldt voor Waverley, Old Mortality, Abbot, +Fortunes of Nigel, Peveril of the Peak, Quentin Durward, Rob Roy en meer +andere; de avonturen zijn meestal die van den oorlog en van de politiek +... En naast dit hoofdtype spreekt dikwijls de sensatieroman van +Radcliffe in de geheimzinnige verwikkelingen, het duistere mysterie, dat +den lezer tot het eind in spanning houdt."[169] + +In hoofsaak pas hierdie karakteristiek ook op die twee romans van De +Waal. Dit word begryplik as ons lees, wat hy self omtrent die ontstaan +van _Joh. Van Wyk_ meedeel:[170] "Ek het tevore (d.w.s. vóór die skrywe +van _J. v. W._) maar min romans gelees--net die van Van Lennep, Victor +Hugo en 'n halfdosyn ander ..." Van Lennep herken ons dan ook dadelik in +De Waal se romans en aangesien Van Lennep al sy slim draaitjies van +Walter Scott geleer 't, het ons hier te doen met 'n navolging uit die +twede hand.[171] + +Aan 'n goeie historiese roman kan die volgende eis gestel word: "Hij +make gansch een tijdperk uit het verleden weer levend, in den vollen +rijkdom van al wat er in omging, idealen en vooroordelen, zeden en +gebruiken; hij geve voor een oogenblik de illusie, dat we tijdgenooten +zijn van een voorbijgegaan leven, van een vergeten beschaving."[172] So +iets eis natuurlik diepgaande historiese studie en nog veel meer. "Het +is een gave van het genie, het algemeen menschelijke, het grootsche en +geweldige, zoowel als de teerste gevoelstrillingen in de tragédie +humaine onder welke vormen, in welke tijden ook, te voelen, te zien, te +grijpen en uit te beelden met middelen die altijd treffen, die altijd +leven van innerlijke waarheid."[173] Die historiese romanskrywer moet, +soos Victor Hugo van Scott gesê het, wees: "'n buigzame solide geest, +die in zich opneemt als weeke was het cachet van iedere eeuw en van +ieder land en dezen indruk voor de nakomelingschap bewaart als +onvernielbaar brons.[174] + +Nou ontstaan die vraag: In hoeverre het _Johannes van Wyk_ reg op die +naam historiese roman? Walter Scott maak gebruik van 'n spannende +intriege om sy historiese stof kleur en lewe te gee. Daar is 'n sterk +didaktiese element in sy werk: "het aanbrengen van historiekennis, niet +zoo zeer tot leering en waarschuwing voor toekomstige geslachten als wel +uitsluitend om het hebben van die kennis zelve, het wekken van liefde en +belangstelling voor het verleden. Die tendenz spreekt duidelijk uit de +lange inleidingen, de geleerde noten bij den tekst, de ophelderingen en +citaten aan het slot, de historische uitweidingen in de romans +zelve."[175] + +In _Joh. van Wyk_ is egter die _intriege hoofsaak_. Die historiese +agtergrond word gebruik alleen om die leser die illusie van werklikheid +te gee. Daarvoor het De Waal 'n besonder awontuurlike tydperk uit die +vroegste geskiedenis van die Kaap gekies, waarin hy sy karakters die +wildste kaskenades kon laat uitvoer, sonder om die skyn van waarheid +prys te gee. + +Pas in 1911 is die dagboek van Adam Tas ontdek op die Kaapse Biblioteek +en in 1914 het Dr. Leo Fouché dit uitgegee. Die aantekeninge van Adam +Tas stel ons in staat om diep in te dring in die Kaapse toestande +gedurende die stryd van die boere teen W.A. van der Stel. Op vertroulike +manier deel Tas allerlei klein feitjies mee, met behulp waarvan 'n +romanskrywer sonder veel moeite 'n kleurryke beeld kan skilder van die +boerelewe aan die begin van die 18de eeu. In 1904 het De Waal natuurlik +nie die dagboek tot sy beskikking gehad nie, maar selfs na 1911 het hy +skynbaar geen aandag geskenk aan die nuwe gegewens, met die gevolg dat +sy uitbeelding van die historiese persone en toestande vaag en soms +heeltemal onjuis is. Selfs die dokumente wat reeds in 1904 beskikbaar +was,[176] het De Waal nie geraadpleeg nie, want die historiese vernis, +wat op _J. v. W._ lê, is _baie dun_. Die feite wat die outeur verwerk, +kon hy uit die eerste die beste skoolhandboekie gehaal het. Hy doen +hoegenaamd geen poging om deur te dring tot die psiege van die manne, +wat in die worsteling teen Adriaan van der Stel die eerste saadjies van +ons nasionale bewussyn gesaai het nie. "Adam Tas en de mannen van 1705, +die de rechten en voorrechten der kolonisten zo onmiskenbaar +geformuleerd en zo dapper gehandhaafd hebben, mogen ... met recht +genoemd worden de grondleggers van ons politieke zelfbewustzijn."[177] + +Wat vertel De Waal ons van die manne? Hulle was "_almal welopgevoede, +knap boere, hoog aangeskrywe in die samelewing"_.[178] Henning Huising +het _"die rykste man aan die Kaap geword deur 'n monopolie_". En die +arme drommels is so onversigtig om by 'n "_effe opgeskuifde raam_", +waarvoor "_net 'n dun wit gordyntjie_" hang "_op nie 'n alte sagte +toon_" 'n gesprek te voer sodat Johannes _elke woord_ kon opvang! En dit +terwyl daar sulke mense soos Piet Rob was, van wie Tas verhaal: "Mij is +vertelt als dat de noordse Piet Rob deese morgen met zijn Paarde wagen +na Hottentots Holland is gereeden, die Schoft heeft welligt op deese +Lichtmis dag weder wat aan te brengen, want het een zeekere zaak is dat +die vent 't verklikkers ambagt sterk oeffent, dan hij staat er +mettertijd voor beloont te werden....[179] Selfs die gewigtige dokument +teen die goewerneur lê oop op die skryftafel! En dis die manne, wat flou +grappies maak met Starrenburg, die vent wat hul soos die pes gehaat 't, +en van wie Tas in sy dagboek praat as "de schoft Landdrost,[180] +Landdrost Beelzebub,[181] schofagtigen roffiaan".[182] Set maar 'n paar +sinnetjies uit Tas se dagboek naas die floue geteem, wat De Waal hom in +die mond lê en dan voel iedereen direk hoe onwaar, hoe absoluut vals die +uitbeelding in _J. v. W._ is. Op Van der Bijl se raad om die dokumente +teen die goewerneur liewer stukkend te skeur antwoord Tas: "Ag", sê Tas +spottend, "lelik in die pekel bring! Wat is daar op stuk van sake, om te +vrees? In g'n een van die ag-en-dertig beskuldigings teen die Goewerneur +kom daar 'n sweem van sediesie voor nie...."[183] Vergelyk hiermee wat +Tas in sy dagboek onder datum 28 Des. 1705 aanteken: "... immers zoude +die eervergeeten vend (A. v.d. Stel) ons gaarne van kant helpen zoo 't +hem anders doenlijk was, die vervloekte Tyran heeft de Ingeseetenen +zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en geplukt, dat ze +bijna baloorig zijn geworden, nu soekt die onbeschaamden schendbrok de +schuld van zijn hals af te schuiven en mannen van eeren op dusdanigen +manier een smette aan te wrijven. O Tijden! O Zeden! dog de regtvaardige +God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bazen kop doen nederdaalen +en niet toelaaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden."[184] In die +paar sinne voel ons die woes-laaiende passie van 'n man, wat veel gely +'t. Dis glad 'n ander kêrel dan die Tas, wat De Waal so kalmpies laat +redeneer oor die Goewerneur wat "ons planne mag dwarsboom".[185] + +Op pagina 186 word ons meegedeel, dat die goewerneur die volgende +persone gevange geneem 't: Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden, +Pieter van der Bijl en Henning Huising. Op die volgende pagina begin +Hoofstuk XXX met die woorde: "Op las van die Goewerneur en sy raad ... +is Pieter van der Bijl, Henning Huising _en die twee ander_ op 'n skip +wat op weg was na Amsterdam, gesit...." Wie is die _twee ander_? Uit die +verband kan ons alleen tot die gevolgtrekking kom, dat De Waal Pretorius +en Van der Heiden bedoel. Maar wat hy daarop laat volg is in stryd +hiermee, want ons verneem, dat Van der Heiden in die Kaapse tronk bly. +Hier bestaan dus duisterheid in die voorstelling.[186] Die historiese +waarheid is, dat Henning Huising, Pieter van der Bijl, Ferdinand Appel +en Jan van Meerland na Holland gestuur is om voor die Here XVII te +verskyn.[187] Dat àl die gevangene, met uitsondering van Tas en +Louw[188] die goewerneur om vergifnis gevra het, is ook in stryd met die +historiese feite. Zevenhoven b.v. kon die landdrost met al sy +dreigemente nie klein kry nie, en toe die raadslid Brommert hom aanraai: +"Ga bij den Goeverneur en bid hem om vergiffenisse" was sy manlike +antwoord: "Dat kan ik niet doen, ik hebbe de waarheid gezegd.... Is dit +naer recht handelen? 't Lijkt beter naer Inquisitie."[189] + +Op pagina 186 kom daar nog 'n onjuiste bewering voor: ".... Willempie +het aan die kêrels te kenne gegee dat, as hulle die waarheid van die +klagtes wil ontken, hy hulle sal laat loop; maar _die laaste een het +geweier."_ Fouché egter beweer: "Enkelen werden reeds bij het eerste +verhoor door de dreigementen van Starrenburg zo bang voor "de scherpere +middelen" die hen wachtten, dat zij alles deden, wat hun gevraagd +werd."[190] Ook die spesiale pluimpie wat De Waal aan Tas gee, kan die +leser onder 'n verkeerde indruk bring. "Na zijn gevangenneming gedraagt +hij (d.i. Tas) zich niet met de standvastigheid, die velen van zijn +minder begaafde broeders tonen.[191] + +Ook _Die Twede Grieta_ noem die outeur "'n historiese roman", maar weer +is hier die intriege hoofsaak en staan die geskiedkundige gedeeltes +meestal geheel los, nes hoofstukke wat gelig is uit 'n historiese +handboek. In Hoofstuk II b.v. gee die skrywer op p. 52-62[192] 'n skets +van die Engelse anneksasie-politiek. Op p. 159-163 word die oorgawe van +Cronjé beskrywe; op p. 290-295 vind ons militêre beskouings en selfs die +vernaamste punte van die vredesverdrag van Vereniging. Waarskynlik het +De Waal met hierdie opsetlike byvoegsels die bedoeling gehad om sy jong +lesers op aangename wyse 'n les in vaderlandse geskiedenis te gee, wat +hulle in 1912 erg nodig had, want dit is bekend, dat die onderwys in dié +vak veel te wense oorgelaat 't en dat selfs vandag nog die waarheid op +allerlei wyse verdraai word. Die didaktiese element is dan 'n welbewuste +poging van 'n patriotiese skrywer om die anti-nasionale onderwyspolitiek +van die Engelse oorwinnaar teë te werk. Hier het ons dus 'n voorbeeld +van die wyse waarop die politieke toestand na die oorlog invloed +uitgeoefen het op die letterkunde. + +Dat die skrywer alleen deur 'n dorre betoog die nodige atmosfeer vir sy +verhaal kan skep is 'n teken van swakheid. So kry ons geen begrip van +die dramatiek van die worsteling nie. "De moderne historische romankunst +veronderstelt, dat ge uw historie kent en dat een enkele toespeling +genoeg is, om u in den tijd te verplaatsen en wie ze niet kent, moet aan +die enkele toespeling maar genoeg hebben om zich het noodige decor te +fantaseeren."[193] Die historiese verhoudinge moet ons voel "als een +vanzelf sprekende bijzaak". Die doel moet wees om ons die reële lewe te +laat meelewe, "gezien in zijn algemeene menschelijkheid door een +modernen mensch en kunstenaar...."[194] Die moderne historiese roman is +"een roman als elke andere, een greep uit het leven, het algemeen +menschelijke in schoonheid gezien en uitgebeeld, om esthetische motieven +gedacht en gevoeld in oude tijden en verhoudingen. De historische +romanschrijver is niet langer de soms weerspannige slaaf der historie; +de historie is zijn dienares geworden, die onderdanig en hulpvaardig, +zich op den achtergrond houdend, aanbrengt, wat tot kennis van de +economische, sociale, maatschappelijke toestanden, waarin de helden van +'s kunstenaars verbeelding leven ter beschikking moet zijn."[195] + +De Waal staan dus nog heeltemal op die ou standpunt en dit spreek +vanself, dat vir ons jongere, wat die moderne opvatting ken en waardeer, +sy historiese uitweidings die eenheid van sy romans hinderlik verstoor. +Die ware kunstenaar laat ons deur middel van die ervarings van sy +persone, deur die uitbeelding van hul sielelewe voel, wat daar omgegaan +het in die hart van die volk gedurende 'n seker tydperk. In Hoofstuk +VIII slaag De Waal dan ook uitstekend daarin om ons deur middel van 'n +samespraak tussen Bertie Muller en Kaptein Glide 'n stukkie +oorlogspsigologie te gee. Maar meestal bly die intriege hoofsaak en is +die oorlog 'n handige raam waarop die outeur oneindige awonture borduur. +Dit was dan ook volstrek nie sy bedoeling om die innerlike roersels van +die volksiel gedurende die wanhopige worsteling uit te beeld nie. +Presies soos by _Johannes van Wyk_ het hy 'n periode uit die geskiedenis +geneem, waarin hy sy persone die bontste awonture kon laat beleef en tog +'n glimp van waarheid behou. + +De Waal se twee werke is geen historiese romans nie, maar wel +_intriegeromans_, presies soos die van sy leermeester, Jacob van Lennep. +J.H. van den Bosch het op voortreflike wyse hierdie soort roman +geskets[196]: "De stof der kunst is het karakteristieke en typische in +zijn steeds nieuwe verwerkelijking. Als voortbrengsel der phantazie, +behoort tot de kunst ook de reproductie van het toevallig-uiterlijke. +Niet echter tot de beste. Het toevallige is niet noodwendig, het is waar +noch onwaar. Tijdelijk mag het behagen, misschien door nieuwheid en +gloed, voor een oogenblik spannen door vreemde ongewoonheid--weldra is +het achter de bank geworpen en verouderd; de onverschilligheid der +nakomelingschap velt er een zwijgend maar welsprekend vonnis over. Wil +het eeuwig leven als de natuur, dan moet het kunstwerk--zelve Eeuwige +natuur zijn, typisch en voleindigd. + +De Intrigeroman als zoodanig, niet kind van rijpe ervaring ... kind van +één dag daarentegen is bestemd om op denzelfden dag te sterven. Het is de +roman der willekeur, wier type men in den Graaf de Monte Christo heeft +leeren kennen. De intrigekunstenaar (al is zijn gave benijdenswaardig) +geeft ons geen werkelijkheid, niet de wereld vol karakter rondom ons te +aanschouwen,--het is de droomwereld eener spelende phantazie. Zijn helden +zijn marionetten, hij de man in de poppekast. Het is de roman der +oppervlakkigheid, zonder diepte van leven, zonder inwendigen samenhang. In +de mysterieuze natuur is ook alles bont en willekeurig dooreen-geworpen, +als in een uitdragerswinkel;--voor oppervlakkige blikken: want in de +diepte is alles één. Het is kunst zonder waarheid, zonder wijsheid, geest +en beteekenis, omdat het kunst zonder idee is."[197] + +Ook De Waal se helde is marionette, aangeklede poppe, waarby die +awontuur alle psigologie verdring. "Scherp getrokken is de lijn tussen +deugd en boosheid. Hier ontwikkelen zich dan ook geen karakters; hier +wordt ook geen moeite gedaan, om uit elk, overigens zo wonderlik +samengesteld menselik hart, te halen, wat er, onder de werking van +allerlei samenlopende of elkander strijdige invloeden, uit te halen is; +verre van daar; onder al het levendig bedrijf, speelt ieder zijn hem +toebedeelde rol op de meest passieve wijze; ieder van zijn kreaturen is +gewaarmerkt tot een vast en onmiddellik te herkennen tiepe...."[198] Die +enigste ontwikkeling, wat daar by De Waal se hoofkarakters te bespeur +is, bestaan daarin dat die oorspronklike eienskap waarmee hy hul bedeel +het, hoe langer hoe sterker word. Sy helde word al dapperder, sodat +hulle in die laaste hoofstuk _Uebermenschen_ is, sy skurke al hoe +swarter, totdat hul die baarlike duiwel in persoon word. Hy bedenk +allerlei middeltjies, wat daarop bereken is om ons bewondering vir sy +held te laat styg, of ons veragting vir sy skurke te vergroot. + +Johannes van Wyk bied homself as vrywilliger aan teen die Boesmans; hy +is vergewingsgesind teen Gert en verpleeg hom as hy gewond is; hy red +Hester Linde op besonder dapper wyse; as hy Gert heeltemal in sy mag +het, neem hy geen wraak nie, maar wil alles vergeef; selfs Gert prys sy +saggeaardheid: "As 'n vlieg in sy karringmelk val, dan red hy dit!"[199] +Hy gee twintig guldens aan ou Fekkie; "die gebrek aan intellektuele +geselskap het hy geweldig gevoel"[200] op die plaas by Villiers; van +Fritz Köhler wil hy nie skinder nie; en as Gert sterf, dan voel Johannes +"weer die kinderlike, broederlike liefde van jonger jare opstyg in +hom".[201] Voorwaar, 'n voorbeeldige jong kêrel! 'n Tugendheld! + +So ook Andries Burger. Hy is wel 'n bietjie koppig op skool, maar De +Waal laat ons goed voel, dat dit eintlik 'n goeie eienskap is, wat net +pedagogiese leiding nodig het. As Andries dan ook Perold se skool +deurloop het, word hy 'n tiepe van die nasionale student. Hy wil nie +eers met sulke "rou rooi" dametjies, soos Grace Palmer praat nie, en die +koppigheid van die kind moet ons bewonder, omdat 't die onversetlike +wilskrag van die jongeling verklaar, wat teen die wens van sy pleegvader +en professor tog oorlog-toe gaan. Andries is ook 'n sportsman van die +eerste water; hy weier om met sy beste vrind 'n dop te gaan steek en +verwyt hom ernstig sy losbandigheid en gebrek aan nasionale sin. Bertie +se swakheid moet dien om ons 'n hoër dunk van Andries te gee. In die +oorlog word Andries so gou gebrei, dat, "hy amper enigiets sou +waag".[202] Hy maak 'n stoutmoedige aanbod aan Generaal De Wet (p. 159) +en as verkenner is hy die dapperheid in persoon, wat altyd die vyand +baas raak. Op 'n koppie red hy Bertie, neem drie National Scouts gevange +en skiet een dood. Sy gewonde vrind verpleeg hy met die grootste +selfopoffering (p. 206). Phineas voel "glad ongerus in Utrecht" as hy +hoor, dat daardie waagduiwel ... in die rondte swerf as verkenner"[203] +en al is hy ook nie vandag se kind nie, waar dit op geslepenheid aankom, +moet hy telkens erken, dat Andries hom uitoorlê. Andries kry altyd die +mooi rol; hy red Grace van die Kaffers, bring haar in veiligheid en +voorsien haar van geld; hy maak die geld buit, wat Phineas en Loogman +van die weduwee afgeneem het en stuur dit aan haar terug met De Jager. +As Genl. De Wet 'n skitterende oorwinning behaal, dan is Andries +daarby.[204] As veldkornet Potgieter in die nood raak, dan is 't +Andries, wat hom raad gee[205], en met die hulp van twee vrinde bestook +hy die Engelse uit 'n voordelige posiesie sodat die kommando ontsnap en +die vyand groot verliese ly. Maar Andries is nie alleen 'n onverskrokke +krygsman en verkenner nie, hy kan ook 'n mooi gedig maak en behaal selfs +'n prys daarmee.[206] As die vrede gesluit word, dan hoor ons: "niemand +het die prysgee van die duurgekogte onafhanklikheid van die Transvaal +dieper ter harte geneem nie as die jong hooghartige Andries."[207] + +By die tekening van sy skurke gaan De Waal presies op dieselfde wyse te +werk. Die een laag swartsel na, die ander smeer hy op. + +Gert Rass steel blomme, bring Johannes daardeur in die moeilikheid, val +hom aan met 'n karwats en wil hom verwurg; hy stook Abram op om Johannes +deur die Boesmans te laat vermoor; wil die laken nie opsteek om Johannes +te red nie, en het selfs minder gevoel vir sy neef dan die Boesman, +Abram; jak Johannes af, wat hom verpleeg 't en laat sy ouers onder die +indruk kom, dat sy neef hom gewond 't; aan Klaartjie vertel hy kluitjies +oor sy neef; op die basaar fop hy met sy nommer, beskinder Joosten en +beroof hom van sy "violet"; hy laat 'n vervalste brief in Johannes se +sak stop om hom van hoogverraad beskuldig te kry; is dadelik gereed om +sy ontsnapte neef te agtervolg en wil hom koelbloedig doodskiet; bedreig +Hester Linde met 'n pistool, lieg as hy in die moeilikheid raak, en +huigel vrindskap vir Johannes om hom te kan vergiftig. Gert word só +gevaarlik in sy duiwelagtige haat, dat De Waal verplig is om hom op te +ruim voor hy Johannes en sy vrinde kan beloon vir hul deug.[208] + +Phineas Marais, die eks-teoloog is ook 'n monster, wat al monsteragtiger +word. Sy huigelary word hoe langer hoe geraffineerder, en om die +bewondering vir Andries des te hoër te laat styg word sy teëstander al +hoe gewikster in Fariseïese listigheid. Hy moet deur sy verraad en +geldsug die nodige verwikkelinge skep, sodat Andries 'n kans kan kry om +sy edelmoedigheid en onverskrokkenheid aan die dag te lê. Die laagheid +van Phineas is die terrein waarop die patriot Andries, _le chevalier +sans peur et sans reproche_ steeds met sukses opereer. Andries is +dwarsdeur die roman die lieweling van die outeur, orals word hy +verheerlik, orals word die pad vir hom skoongemaak. + +Op De Waal pas dan ook uitstekend die volgende verklaring van M.H. van +Campen: "Twee eigenaardigheden hebben alle pseudo-menschscheppers +gemeen, ten eerste: het verzoeten hunner nobele figuren tot dupen en +engelen--welke twee begrippen, als men de gewikstheid der duivelen +daarbij in aanmerking neemt, vrij wel elkander dekken!--; zij doen dit +zuiver instinctmatig, of wel: een onduidelijk bewustzijn van hun +onvermogen, in de menschschepping de aesthetische schoonheid te +bereiken, doet hen streven naar de ethische, welk streven tevens tot +gevolg heeft dat zij hun ignobele schepselen zoo zwart maken als de +satan zelf is, daardoor wordt de ethische schoonheid langs een omweg +bereikt: de lezer voelt, hoe boos de auteur op zijn figuur, hoe +verontwaardigd hij is, het ethisch schoon bevindt zich dus in den +auteur-zelf! En als het tweede dezer eigenaardigheden moet genoemd, dat +de pseudo-menschschepper, hetzij min of meer bewust van zijn onvermogen +als zoodanig, hetzij zelfs geheel onbewust daarvan en instinctief, de +menschbeelding op het zooveelste plan doet terugwijken en het bijwerk +brengt op het allereerste: het bijwerk van de "intrigue", van de taal, +van de natuurbeschrijving, het bijwerk van alles en nog wat. Schiep de +Heer in zes dagen heel de wereld en één menschenpaar, zij besteden dunkt +mij, volle zes dagen aan het scheppen eener menschenlóóze wereld en +stelen vijf minuten van den sabbath, om honderd menschen te maken! Die +menschen zijn er dan ook naar ...--"[209] Alleen die volgende reserwe +moet ek maak: wat bywerk van taal en natuurbeskrywing betref, is daar by +De Waal geen sprake nie--hy vertrou enkel op 'n spannende intriege en 'n +historiese versiering om sy verhaal leesbaar te maak--wat later bewys +word. + +Hoe dat by De Waal alles afhang van die grillige toeval blyk uit die +verlowing van Hester Fourie en Bertie. Hester sê Phineas af, nie as +gevolg van 'n geweldige sielekonflik nie, waarin haar patriotisme en +liefde in botsing kom. Tot op die laaste behou sy haar naïewe geloof in +sy opregtheid, ja verneder haarself voor haar veragtelike aanbidder: "Ek +weet, dat jy my sal beskou as 'n bedriegster, 'n valse skepsel ... Ek +weet dat jy die naam van Hester Fourie sal verag, sal verfoei, sal wil +uitdelg uit jou geheue, ...[210]. Sy is selfs gewillig om Phineas te +trou al was hy ook "handsupper"--eenvoudig omdat haar eie pa ook sy +nasie verraai het--'n rede wat psigologies absoluut vals is, omdat juis +die skrynende pyn daardeur veroorsaak, haar die verlore ideaal des te +inniger sal laat koester en haar verlange om dit in die minnaar terug te +vind oneindig versterk. "Pa het my diep teleurgestel, maar Phineas sal +sy man staan--_hy_ sal aan sy volk getrou bly", so sou die _vrou_ Hester +geredeneer het, die vrou wat geloof het dat hy 'n volksleier behoort te +word![211] As De Waal wou gehad 't, dat ons Hester Fourie moet bewonder +as 'n fiere dogter van die Vrystaat, dan moes hy die bitter kneusing van +haar meisieshart uitgebeeld 't by die oorlopery van haar vader en +minnaar, die wondere, geheimnisvolle rypwording van haar kinderliefde +vir Bertie en haar langsame bewuswording van die feit, dat haar gevoel +vir Phineas 'n vergissing was. Maar in die roman gehoorsaam sy aan "'n +onverklaarbare, waarskuwende stem ... 'n instink wat na geen menslike +raad wou luister nie",[212] terwyl sy tog héél goed =weet=, dat Bertie +die plaas van Phineas in haar hart ingeneem 't. Of het Phineas haar ook +leer huigel? + +Haar liefde vir Bertie is nie 'n allesbeheersende, allesoorwinnende +passie nie, wat haar met dwingende mag na die geliefde dryf, maar haar +lot word beslis deur die absoluut _toevallige_ ontdekking van Nurse +Nellie. Haar lewe is nie die langsame ontplooiing uit 'n innerlike +drang, wat onverbiddelik dryf na die vervulling van 'n eie +sielsgeaardheid nie, omdat die skrywer _nog nooit_ geloop 't op die +slingerpaadjies, wat soos 'n wirrel-warrel-vlegwerk uitgesprei lê oor +die groot wonderland--_das Ewig-Weibliche_. + +Die _blinde_ toeval! In _Johannes van Wyk_ het die nommertrekkery op +die basaar 'n beslissende invloed op die lewensgeluk van ses persone. En +as Johannes sy kans laat glip, dan speel dieselfde _blinde_ toeval hom +die meisie nogeens in die hand, dan kry hy 'n geleentheid om Hester te +red en verseker die flink optrede van sy vrinde hom 'n ongestoorde +wandeling met haar. By die eetmaal is dit wéér die _blinde_ toeval, wat +hom 'n sitplaas naas Hester gee; wat die kaptein en kolonel met +plotselinge doofheid slaan, sodat hy sy geheimpies uitvoerig aan haar +kan vertel. Voorwaar, Johannes laat ons dink aan Van Lennep se motto by +_De Roos van Dekama_. Hy is die man wat: _"wacht en stille sitt"_ en tog +alles kry, terwyl Gert met al sy slim planne homself in die ongeluk +stort. + +Joosten, vir wie Fritz Köhler, "g'n enkele keer die kans wou gee +nie"[213] om met Jeanette te praat nie, word ook deur die _blinde_ +toeval gehelp--anders was hy vandag seker nog ongetroud! + +En Grace Palmer? Haar huwelik is afhanklik van die toevallige +ontdekking, dat sy die Twede Grieta is. Sy self gee drie redes op, +waarom 'n huwelik met Andries onmoontlik is.[214] "De Intrigeroman kan +alles bewijzen. Hij is een droom; de natuurwet is er buiten dienst +gesteld."[215] Om dié rede behoef dit dan ook geen verbasing te wek nie, +dat daar nog 'n hele reeks onwaarskynlikhede in die twee romans te vind +is, o.a. die verdwyning van Grieta, die onvoldoende motivering van die +haat tussen Andries en Phineas en veral die feit, dat Conradie die Kaap +verlaat sonder Andries mee te deel wie Grace is. Op die manier kry +Andries nog 'n kans om sy koppigheid te wys en die feit, dat hy nou al +deur sy oorlogervarings tot selfstandige man geryp is, verhinder sy +pleegvader nie om hom nog soos 'n stout seuntjie te behandel nie! In _J. +v. W._ laat die karakter van Abram ons ook twyfel aan die egtheid +daarvan; die skoot wat Abram net presies in die hart tref, terwyl hy op +Johannes se hart mik, verwek 'n skeptiese glimlag. Dat Gert in die +gifdrinktoneel hom so maklik laat fop, klink ook onwaarskynlik. De Waal +slaag daar nie altyd in om sy sterk-romantiese gegewens deur 'n +onweerstaanbare suggestiewe werking tot onbetwyfelbare realiteit te maak +nie. + +Dit blyk ook duidelik uit Andries se awontuur by Utrecht. Ons verneem +dat 't "buitengewoon donker" is--só donker selfs, dat die ruiter +"nouliks die kop van sy pêrd kon sien."[216] Tog laat "'n warrelwindjie +'n dun stofwolkie ... opstuif"! Later eers word die terrein deur bliksem +af en toe verlig. Maar dit bly só donker, dat die kaffer "slegs 'n +donkere gestalte" is. Die skrywer laat ons egter nie =voel= deur +allerlei fyn trekkies nie, dat dit werklik donker is. Hy teken die hele +toneel asof dit alles in die skroeiende son gebeur 't. "Verbysterd en +asof half lam leun sy (Krysie) met haar een hand teen een van die +opstaande rotse." Het Andries kat-oë gehad, of het hy dit ook alles, +"met die hulp van (die) weerlig" so haarfyn gesien? Hy soek nie +voel-voel na die gewere en bandeliers nie--hy tel sommer "een van die +twee Lee-Metfords en die bandeliers op ...". Hy loop nie +struikel-struikel oor die los klippe in die donker nie--"hy _nader_ ... +die meisie". En sy =sien= hom "verward" aan; "sy skud haar kop", as hy +haar iets vraag en "aan haar kappie en jas kon jy ... =sien=, dat sy +terdeë met klei in botsing gewees het." Het dit ook alles gebeur met die +hulp van bliksemstrale, want dis nog só donker, dat hy byna oor die twee +doodgeslaande perde val. + +Die gebrek aan suggestiewe besonderheidjies belet ons om die waarheid +van die nagtelike toneel te voel. Die skrywer het dit nie innerlik +deurleef nie, maar met sy nugter verstand die awontuur inmekaar gesit. +En hy was hier tog op bekende terrein, want hy was self onderwyser in +Utrecht en het seker meer as een van die donderstorme gesien, wat met +sulke plotselinge felheid kan neerswaai, so geheel anders as in die +Kaap. + +Die donderstorm word as volg beskrywe: "Die stormwolk, waaruit soveel +_vog gegiet_ en _vuur geskiet_ was, was nog met onverminderde water en +elektrisiteit belaai en woed nog aldeur voort, (dus 'n wolk, wat +voortwoed!) maar nie meer vlak bo-kant die hoofde van die jong twee nie. +Die reusagtige massa was na die noordweste gedrywe, en slegs die +nadruppels val nog by die vlugtelinge. Met die ooptrek van die hemel kom +ook die opgaande maan te voorskyn."[217] Van natuurviesie geen sprake +nie, nog minder van indiwiduële impressie of verrassende segging. Die +hele beskrywing word gegee enkel om die laaste sinnetjie, want Andries +moet 'n kans kry om "die sewentienjarige poppie" te bekyk. + +Die beskrywing van Patrysvlei[218] is soos die van 'n afslaer, wat 'n +plaas wil verkoop. Patrysvlei is "'n lushof" met mooi draadheinings. +Daar is 'n "deftige woonhuis" met "netjies ingerigte buitegeboue, +stalle, krale, kampies en pluimveehokke"; "_in_ sag groen gelowerde +vrugteboorde", 'n groot tuin, 'n "massiefgewalde dam", deur 'n +"altydlopende stroom gevoed" en verder "uitgebreide, duidelik +afgebakende saai- en weilande". Die skrywer verseker ons, dat 't "'n +bekoorlike landgoed, 'n paradysie" is, maar so 'n vendusieagtige +ophemeling laat ons totaal koud en het met kuns niks te maak nie. Die +van buitegekome obserwatoriese gewaarwording is nie deur die van binne +opstygende deurvoeling tot 'n psigiese verbeelding geryp nie. + +Die verslag van die voetbalwedstryd in hoofstuk vyf van _Die Twede +Grieta_ is ook 'n bewys van De Waal se onmag as kunstenaar. So 'n +beskrywing kan 'n rapporteur van 'n agterveldse krantjie ook gee, want +dis kleurlose joernalistiek, sonder 'n persoonlike aksent, in die +allergewoonste voetbaljargon. Die partytjie by Bertie was in 'n groot +saal "waar die meeste _van_ die mense in vrolike gebabbel vergader +was.... Verversings en lekkernye is intussen rond_gedeel_ en van die +keurigste sterk dranke kon jy te drink kry."[219] + +In _Johannes van Wyk_ nog 'n staaltjie: Hester en Johannes sing saam op +die rots: "Toe begin hulle _weer_. Al die ander was stil as die graf. +Heerlik _weer_ lui (weerlui?) die skone melodie. Trillend _weer_ het +iedere noot in die rotsagtige kloof van kant tot kant _weer_klink. Met +soveel _ge_volg is elke woord uit_ge_bring _ge_word dat dit in_ge_dring +het tot in die diepste hoekie van elke hart en die fynste snare daar +_ge_roer het. Was dit dan wonder dat selfs Louise haar oë vogtig +_ge_word het?[220] Viermaal _weer_; sesmaal _ge_ opmekaar gestapel! en +dit in ses-en-'n-halwe reël! By die waaragtige kunstenaar, wat hom diep +in sy stof inlewe, verander ritme, styl, taal, woordekeus voortdurend al +na gelang van die stof. De Waal wil hier musiek in woorde verklank en hy +hakkel soos 'n doofstomme. Die mooi alliterasie: "Trillend weer het +iedere noot in die rotsagtige _k_loof van _k_ant tot _k_ant weer_k_link" +gaan verlore in die aanswellende gutturale kakofonie. + +De Waal se styl het geen eie geluid nie. Sy taal is die van die koele +gedagte, ontspring nie uit 'n ontroerde gemoed nie, mis harmoniese +ritme. Nooit voel ons; daarin die koorsagtige klop van die digter, nooit +tintel daarin die warm liefde vir singende woorde nie. Kort en saaklik +deel hy ons mee, soveel as nodig is om die intriege te verstaan, soms +met katalogusagtige dorheid. Grace word ingelei in "'n kamer van +middelmatige grootte, wat klaarblykelik gedien het vir eet-, slaap- en +werkkamer tegelyk, want in die middel staan daar 'n tafel met 'n bord, +'n kaasbak, 'n suikerpotjie, 'n standertjie, 'n paar koppies en +pierinkies en nog meer sulke goed; naby die venster sien jy 'n tafeltjie +met 'n goedkoop naaimasien en 'n werkmandjie daarop, terwyl, aan die +teenoorgestelde kant van die kamer, die voetenent van 'n ledikant van +agter 'n Japanese skerm uitsteek. Verder bemerk jy daar ook 'n +wastafeltjie en enige ander meubelstukke--almal oud en eenvoudig, maar +net en sindelik."[221] Geen verrassende wending, geen metaforiese +vermoë. Dit is net asof hy 'n reusagtige settery het, waarin die sinne +netjies in hul bakkies gerangskik staan--_la phrase fait une fois pour +toutes_.[222] As iemand skrik of verbaas is, dan het hy "wydgespalkte, +wit kykers", (_J. v. W._, p. 37); Malherbe en Joosten volg Johannes se +bewegings "met beklemde harte en wyd-geopende oë", (_J. v. W._, p. 71); +"Die dominee sien sy dogter met wydgespalkte oë aan", (_J. v. W._ p. +149); "die meid, met 'n uitdrukking van angs in haar groot, wit oë". +(_Tw. Gr._, p. 7). "'n Klein gil _verlaat_ sy bors, en met wydgespalkte +kykers starend staan hy vir 'n oomblik asof versteend", (_Tw. Gr._ p. +173); "ontsettend verras staar hy die meisie met wydgespalkte oë en ope +mond aan", (_Tw. Gr._, p. 392); "Palmer!?" roep Conradie, met groot oë, +verbysterd", (_Tw. Gr._, p. 353); "Maar voor hy iets meer sê, deins hy +verskrik terug, en staar haar met wydgespalkte oë aan", (_Tw. Gr._, p. +350); "Met wydgeopende, verwilderde kykers staar hy die besoekster +asemloos aan", (_Tw. Gr._, p. 369); "Met ope monde asof deur towery +geboei, gaap hulle die singers in verlore bewondering aan", (_J. v. W._, +p. 97); "die trotse Chrissie staar met wye fonkelende oë vaag op na die +plafond", (_Tw. Gr._, p. 224). As Boonzaaier dié romans moes illustreer +...! Dieselfde uitdrukking kom ook by Van Lennep voor: "Welnu! waar +wacht gij op?" vroeg de man, wien de uitdaging gold, aan den voerman, +die _met wijd opgespalkte oogen_, dit tooneel stond aan te gapen."[223] + +Soms laat De Waal nogal wonderlike maneuwers uitvoer: "Maar Jeanette het +alreeds haar _oë_ met stille valksblikke na huis, werf en elke plekkie +daar rondom, vir sover as haar gesig nie =versper= was nie _geslinger_", +(_J. v. W._, p. 199); "Sy oë begin van vooraf in sy kop te rol", (_J. v. +W._, p. 15). + +Nog 'n ander stylverstening is: "'n Rilling loop deur sy lyf", (_J. v. +W._, p. 38); "'n Vinnige rilling loop deur die hele lyf van Johannes", +(_J. v. W._, p. 215); "'n Ysige rilling tref die lede van die +sielvermoeide student", (_Tw. Gr._, p 389); "Hester haar liggaam tril +van die skok", (_Tw. Gr._, p. 200); "wat 'n gril skud sy lede", (_Tw. +Gr._, p. 250); "Dit was of Andries 'n geweldige skok deur al sy lede +kry", (_Tw. Gr._, p. 314). "Wat 'n rilling loop daar deur sy hart", (_J. +v. W._, p. 72). Van Lennep gebruik die uitdrukking ook: "Een koude +rilling liep mij door de aderen."[224] + +Nog 'n ander stylverstening is _asvaal_ of _vaal soos as_.[225] So sou +ons die hele inwentaris kan opmaak van die bakkies in De Waal se +settery; van die beperkte aantal stereotiepe uitdrukkings, wat met +tergende reëlmatigheid by amper elke dialoog voorkom--die "knersende +tande", "geamuseerde gesigte", die "hande in die hare", die krappery +agter die ore, of op die kop, die "bevestigende knikkies", "wit bewende +lippe", "glinsterende, _wetende_, verwilderde, verslindende ... oë"; +"vuurrooi wange", "veel-betekende (?) glimlaggies", "angstig-kloppende, +bonsende harte" en al die verskillende soorte _kyke!!_--o.a. "die kyk +... wat as 'n dolk tref", (_J. van W._, p. 46). Dan nog De Waal se +besonder hartlam-uitdrukking =kykers=--van allerlei aard, diep, vurige, +swart, donkerbruin, glimlaggende, skitterende, medely wekkende, +sielvolle[226], glimmende, bewonderende, grys, groot, ope, blink, +pragtige, patetiese....[227] + +'n Enkele maal word ons verras deur 'n raak tekening: "rooi as 'n +granaatappel", (_Tw. Gr._, p. 121); "met 'n berouvolle krakie in sy +stem", (_Tw. Gr._, p. 269),--maar dis nes 'n eensame blommetjie in 'n +vaal stoppelland. Meestal is De Waal doodtevrede met die ou beskrywende +adjektiewe, wat die Neerlandse skrywers van vóór 1880 duisendmaal +afgerinkink het. Dit blyk veral waar hy die uiterlik van sy persone +teken. Hester Linde het "'n _lelie-blanke_ kleur, afgewissel deur die +_roseblos_ van gesondheid, ... daarby vertoon sy 'n paar oë so helder, +so _hemelsblou_, so _sielvol_, as g'n digter of skilder sou kan teken +nie; 'n lieflike neusie gelyk en reg _as van 'n marmer beeld_." (_J. v. +W._, p. 63). Sy is 'n _engelagtige_ wese, (_J. v. W._ p. 72 en 162) met +_hemelse_ oë; ook Grieta is "'n _beeldfraaie_ mens.... meer geskik vir +die tuiste van engele, dan vir hierdie prosaiese aardbol", (_Tw. Gr._, +p. 1); "'n buitengewone _juweel_" met "melkwit hals" en "goudbruin hare, +wat tot sieraad sou gestrek het vir die skoonste _towergodin_", terwyl +Hester weer 'n "liewe _juweeltjie_" is, "'n allerpragtigste kind, die +_beeldskone_ predikantsdogter" met "'n _sneeublanke_ gelaat". Sy is "die +liewe engel wat dag en nag Johannes se gedagte besig hou en 'n _vuur_ in +sy hart _aangesteek_ het wat niks kan uitblus nie...." (_J. v. W._, p. +178). Ook Grace laat "'n _vlammetjie ... ontbrand_, wat Andries nie lig +kon _blus_ nie". Nes by Hester word ons verseker van die magteloosheid +van die skilder en nou ook nog van die beeldhouer: "Het ooit 'n skilder +'n kinnetjie pragtiger geskets? Het ooit 'n beeldhouer 'n mondjie bedeel +met soveel uitdrukking, soveel karakter, soveel _soete onskuld_, as wat +vertoon word deur daardie twee gesonde, klein, allerliefs gevormde +lippies?" (_Tw. Gr._, p. 239). Sy is ook soos haar moeder "meer geskik +vir die tuiste van engele": "Dat 'n regtige, gewone, aardse mens so +_fouteloos_ (anglisisme!) daar kon uitsien, sou hy nooit kan geglo het +nie." Ons glo dit dan ook nie!! Mens moet na Tollens en sy konfraters +gaan om die sussies van De Waal se engeltjies te kry. Hoor maar hoe +Tollens "_Het Ongenoemde Meisje_" "besing"[228]: + + "Der nachtegalen zang is schoon, + Maar tienmaal schooner is haar toon, + Haar stem doortintelt merg en bloed; + Geen ziel, die zij niet smelten doet; + Geen booswicht is er, als zij zingt, + Wien niet een traan in de oogen dringt. + + Zij zweeft, als had zij wiekjes aan: + Haar zooltje laat geen teeken staan. + Haar vlechten zijn als ravengit, + Haar boezem is als zwanenwit; + Geen enkel sproetje vlekt haar kin + En 't englenzieltjen evenmin. + + Wie zulk een meisje ooit ontmoet, + Zoo schoon, zoo rein, zoo engelgoed; + Wie 't orglen van een stem vernam, + Zoo fraai of ze uit den hemel kwam, + Geloof hij 't vast--zweer hij 't vrij: + Dat is mijn meisje! dat is zij!" + +De Waal se "fouteloos fraai" meisies dra natuurlik ook klere, "fouteloos +passend" soos Grieta; hul het "lieflike gelaatstrekke", "pragtige +elegante" gestaltes, of anders "heerlik-fraai--slank en tog vol"; +meestal "langwerpige" gesiggies soos Hester Linde, Hester Fourie en +Grace; maar die koddigste is wel die _plomp_[229] wange, wat by De Waal +blykbaar die betekenis van die Engelse _plump_ het!! + +Vergelyk ons nou hiermee die manier, waarop Van Lennep sy dames en +here teken, dan val die sterk ooreenkoms dadelik in die oog. In _De Roos +van Dekama_ word Madzy as volg voorgestel: "Voor zooveel men, nu zij +gezeten was, haar gestalte kon beoordeelen, was zij rijzig van postuur; +doch haar fijne leest was gewikkeld in een zwarten zijden mantel, die +niets liet bespeuren dan de bevallige ronding van een _leliewitten_ +arm.... De kap van den mantel bedekte het hoofd, en was onder de kin +vastgestrikt, doch liet echter vryheid om de _edelste_ en tevens +innemendste _wezenstrekken_ te beschouwen, welke immer in het hart eens +jongelings liefde verwekt hebben[230]. De strenge regelmaat des beloops +van neus en voorhoofd, welke aan het profiel der Grieksche Juno +herinnerden, was getemperd door den zachten, minzamen opslag van _twee +groote, helder hemelsblauwe oogen_, overwelfd door gitzwarte +wenkbrauwen, zoo zuiver van omtrek, _als waren zy door een +penseelgevormd_, en door de kuiltjes welke in de van gezondheid +schitterende wangen en in de ronde kin als tot een schuilplaats voor de +bevalligheden gevormd waren. Een klein vlekje ter zijde der bovenlip, +instede van het gelaat te ontsieren, stak geestig af tegen de blanke +tinten van het fijne, met blauwe adertjes gemarmerde vel, en verhoogde +de levendigheid van uitdrukking der wezenstrekken, vooral wanneer zij +zich tot een lachje saamtrokken, en de halfgeopende rozemond, de dubbele +rij der hagelwitte tandjes ontdekken liet."[231] Vir Reinout is Madzy +dan ook dadelik 'n "_lieve engel_". "Reinout ... had een wel niet +rijzige, maar toch in allen deele _fraai gevormde_, gestalte. +_Ravenzwart haar krulde_ hem met bevalligheid om de slapen; zijn +gelaatstrekken waren fijn en regelmatig, en schoon van nature bleek en +door de zuiderzon en de vermoeienissen des oorlogs met een gele tint +overdekt, hoogst bevallig en innemend. Geest en _scherpzinnigheid_ +straalden uit zijn gitzwarte oogen, wier _levendigheid_ waarde gaf aan +alles wat hij zeide."[232] Malherbe "was middelmatig van gestalte, +welgeset, kragtig gebou. Sy blas kleur en Paryse neus het duidelik te +kenne gegee dat hy van Franse afkoms was; en sy groot welgevormde kop, +versierd met 'n bos digte, _pikswart krulhare_, het blyk gelewer van +meer dan 'n gewone mate van harsings; terwyl sy diep, vurige, +donkerbruin kykertjies, wat treffend gepas het by sy swaar wenkbroue, +die _wakkerste skerpsinnigheid_ verraai het." (_J. v. W._, p. 61.) + +Daar is nog meer reminisensies aan die versteende terminologie van vóór +1880 by De Waal. "Iedereen luister met ingetoë bewondering na die +_sielverheffende_, heerlike musiek", (_J. v. W._, p. 228); +_verbryselende_ tyding, (_J. v. W._, p. 251); "wat daar in sy gemoed +omgaan, kan beter verbeel dan beskrywe word", (_J. v. W._, p. 106); 'n +_ontluikende_ man, (_J. v. W._, p. 8). De Waal besef nie die +gevoelswaarde van die woord _ontluikende_ nie, want ofskoon "'n +ontluikende _maagd_" 'n doodgewone staaltjie van die Parnastaal is, kan +ons ons moeilik 'n ontluikende _man_ voorstel. In _Die Twede Grieta_ kom +ook nog voor: "_verhewe_, edele gelaatstrekke", (p. 209); +"_onvergeetlike, hartstrelende_", (p. 318); "'n soet druppel in die +bitter beker", (p. 12); "_hartedrif_" (p. 382); "dit was asof 'n _priem_ +sy hart deurboor en sy bloed yskoud word", (p. 96)[233] "'n Vloed van +bitter onaangename gewaarwordings deurstroom sy beklemde gemoed", (id. +vgl. _J. v. W._, p. 174); "sy was weggevaar na die heerlike wêreld van +die sorglose vergetelheid, rustig in die arms van die slaapgod ...", (p. +238); "_oorstelp_ van vreugde en droefheid", (p. 174). + +Aan beelde waag De Waal hom baie selde en as hy dit doen, dan is 't +gemeenplaatse, of ridikule voorstellings soos: "Hy kon sy brein in geen +ander rigting laat vloei nie" (_Tw. Gr._, p. 259); "Die nommer van die +meisie wat nou so dryf op die hete onstuimige stroom van sy gedagtes", +(_J. v. W._, p. 64); sy gedagtes rol oor al die gebeurtenisse van die +aand terug", (_J. v. W._, p. 106); "Die digte sluier wat haar geestesoog +bedek het, is afgeruk", (_J. v. W._, p. 174); Andries hoor Grace se +"silwerstem. Dit _tril(!)_ die snare van sy hart", (_Tw. Gr._, p. 259); +"Byna onmiddellik daarna, soos in 'n towerslag verander haar gelaat in +glad 'n ander plooi ..." wat net so 'n wonderlike metamorfose is soos +die van Andries, wat volgens Phineas van 'n _askoek_ tot 'n _doring +ontwikkel_, (_Tw. Gr._, p. 242 en 382). + +"Jacob van Lennep was van 1829 tot zijn dood in 1868, Rijks-advokaat; +bijna 40 jaar dus. Het ambt maakt de man. Deze man moet dus wel tot in +z'n tenen advokaat zijn geworden, vooral omdat-ie van z'n eigen natuur +al had, wat dat ambt in 'n mens pleegt te ontwikkelen: handigheid in 't +pareren en uitvallen; scherpzichtigheid van elk plekje dat de +tegenpartij bloot geeft; en bij deze schermmeesters-talenten, toch +eenvoudige waarheidszin en oprechtheid....[234] Dieselfde eienskappe is +ook te vind in die romans van Advokaat De Waal. Hy het sy eie +pleiterstalent aan Malherbe geskenk en die kruisverhoor van Gert is een +van die besgeslaagde gedeeltes van _Johannes van Wyk_. Phineas behaal +ook 'n advokate-oorwinning op die Smithfielders en die weduwee, en sy +listige draaitjies laat ons meer aan die geregshof dan die Teologiese +Kweekskool dink. Vir die samestelling van sy intrieges kon De Waal dan +ook profiteer van sy eie ervaring by die geregshof, 'n element wat 'n +ruim plaas beslaan in albei romans. Die lewendigheid van sy dialoog laat +aan dieselfde invloed dink. Oor 'n raak antwoord staan sy persone selde +verleë, en tog ontaard dit nie in 'n vernufsdialoog nie, maar is +gewoonlik 'n weergawe van die los natuurlike gesèlstoon. Dat hy dit +egter nie altyd tref nie, bewys die volgende kromtaal, wat hy in die +mond van Professor Clarke lê: "Jy het skone vooruitsigte, _my jong_ +(sic!), as jy net getrou by jou studies wil bly; en ek gee jou my woord, +dat alles, wat ek kan doen om jou meriete bekroon te kry met die sukses, +wat dit verdien, _sal_ ek.[235] Ook Ds. Kestell en Conradie spreek +Andries toe as _my jong_.[236] + +'n Staaltjie van gebrekkige psigologie vind ons in _Die Twede Grieta_. +Dis Andries se verjaarsdag en hy moet natuurlik die gewigtige +gebeurtenis aan sy maat op skool meedeel. "Mag jy soet opgroei! fluister +die ander grappig terug."[237] Wie sou so 'n ou-tante-agtige wens verwag +van 'n kind van elf jaar? As hy nou nog gevra 't: "Het jy baie presente +gekry?" dan kon ons dit verstaan! + +By De Waal kan ons konstateer 'n byna volslae veronagsaming van die +volkstaal. Hy was een van ons eerste skrywers en het soos weinig ander +die kans gehad om gebruik te maak van tiepies Afrikaanse wendinge, wat +in die rykste verskeidenheid net op die lewewekkende adem van die +kunstenaar gewag 't. Maar in plaas daarvan gebruik hy die dorre beendere +van 'n voos ou-tydse retoriek, wat al twintig jaar morsdood was. Of wat +uit kultuuroogpunt nog veel erger was, hy leen hot en haar van die +Engelse en set die jong lesers van _De Goede Hoop_ 'n onsmaaklike +hutspot à l'anglaise voor--juis dié mense, wat hy, as taalyweraar, moes +oortuig van die deugdelikheid van die Afrikaanse taal. As De Waal +woordkunstenaar gewees 't, dan sou hy op sy togte met die Rondgaande +Hof, wat hom in nou aanraking met al die klasse van die samelewing oor +'n uitgestrekte gebied van die Kaapprovinsie gebring 't, die volkstaal +beluister 't, met volle teue die fris veldgeur van die ongerepte +Afrikaanse idioom ingedrink 't. En indien hy ook al dikwels die +verpestende lug, wat stadig maar seker by ons taalvensters ingewaai het, +moes opsnuif, was dit dan nie juis sy heilige plig as _voorman_ om met +speurende sorg alle uitlandse bysmakies uit die nasionale taalspys, wat +hy vir argelose jongeliede opgedis het te verwyder nie? Maar die Engelse +stormwind het De Waal omgewaai en al het hy in die afgelope sewentien +jaar effentjies gespartel om op te staan, die vyfde druk van _Johannes +van Wyk_ en die twede druk van _Die Twede Grieta_ bewys dat dit hom tot +nog toe nie geluk 't nie. + +In sy dissertasie _Taal en Poësie van die Twede +Afrikaanse-Taalbeweging_ het Dr. E.C. Pienaar gekonstateer, dat met +betrekking tot anglisismes _Johannes van Wyk_ "aan 'n ongeneeslike kwaal +ly".[238] In _Die Burger_ van Augustus 1921 laat De Waal hom as volg +daaroor uit: "Is dit die skuld van die outeur dat soveel anglisismes +burgerreg verkry het in ons taal? Toe ek die boek geskrywe het, het ek +die spreektaal ten naastenby weergegee soos hy gebruik geword het, nie +soos ek of my taalvriende sou verkies het dat hy moet wees nie. My +skryftaal was maar 'n weerspiegeling van die spraak.... Die woorde lyk +(hou van) en kyk (blik) ... sou ek darem in geen geval laat vaar het +nie. Hulle het pos gevat in ons taal en verarm dit nie." Dr. Pienaar het +ongetwyfeld gelyk as hy beweer, dat De Waal se taal "'n weerspiegeling +was van 'n kunsmatigvervalste spraak-werklikheid, soos die onder +bepaalde anti-nasionale skool-invloede in bepaalde kringe geheers +het."[239] Tereg word ook verder gelaak die gebrek aan "historiese +atmosfeer" in _Johannes van Wyk_ "omdat die skrywer deftige Hollanders +van die jaar 1700 anglisismes in die mond lê, wat tuis hoort by +verengelste Afrikaners van twee honderd jaar later, en selfs dan nog +maar in sekere kringe."[240] + +"Moed broei moed" is die vertaling, wat Grace Palmer gee van "Courage +breeds courage". Andries verbeter dit tot: "Moed kweek moed"[241]. Dit +is presies die wyse waarop De Waal te werk gaan. Sy _gedagtewêreld_ is +Engels; en sy skrywery is 'n langdurig gesukkel, 'n kriewelagtige +gepeuter om aan Engelse gedagtes 'n Afrikaanse tint te gee. Só kan geen +kunswerk ontstaan nie. Ons stuit gedurig op uitdrukkings en woorde, +waarvan die Engelse voorbeelde hul direk aan ons opdring. Dit is dan ook +'n vergeefse poging om die twee romans van anglisismes te suiwer, wat +die skrywer alreeds probeer doen 't; die rooi suurdesem het deur-en-deur +getrek tot in hul kern, soos blyk uit die volgende paar voorbeelde wat +gemaklik verdubbel kan word. In _Johannes van Wyk_, vyfde druk 1921, kom +voor: p. 29, "sou hy 'n twintigtal van daardie gebroed binne vyf minute +kon uitgevee het; p. 149, "Wat 'n jammer ..." p. 173, "dat F.K.... sy +kop mag verloor en 'n hand in so 'n daad hê; p. 174, Sou sy nie ... iets +kan sê of doen wat hom mag weggee nie? p. 215, (hy) bind sy rooi sakdoek +oor _die groter deel_ van sy gesig; p. 224, Die twee lawwe kêrels ... +vind hulle uitgesny deur "die Franse advokaat"; p. 76, "Gou nou!" _haas_ +Joosten sy twee vrinde _aan_, ... + +In _Die Twede Grieta_, twede druk, 1921: p. 11, watter adres hom in +Johannesburg sou vind, p. 54, Brittanje steek weer sy vinger in die +pasty; p. 136, 'n Stuiwer vir jou gedagte; p. 149, maar sy vrees het nog +die bo-hand gevoer; p. 213, Ons kon om die lewe nie raai; p. 242, in die +klein uurtjies van die nag; p. 308, die gees van jingoïsme--waarvan alle +... Afrikaners in die stede prooi was; p. 326, koerasie byeengesamel; p. +328, in watter woorde die nuus te breek; p. 377, Die aparte +uitdrukkings, wat daar beurtelings op die gelaat van Grieta verskyn het +... was 'n studie.--_Plompe_ wange is reeds in 'n ander verband genoem. +In _Die Twede Grieta_ hoor ons nog van 'n _milde_ behandeling! (Eng. +mild). + +Ook die volgende uitdrukkings, meestal onbeholpe vertalings, toon +duidelik aan hoe De Waal in Engels dink en dan 'n woord of wending kies, +wat glad nie in die verband pas nie. In _Johannes van Wyk_ b.v. p. 48, +aan die agterdeel van die huis; p. 80, 84, 246 die gestremde (Eng. +strained) stilte, verhouding, ens.; p. 84, En hy ... ontmoet haar lippe +met syne ... in 'n soete, hartelike kus; p. 101, U het ons almal uiters +gul vergas; p. 180, Die stem klink op verhewe toon[242]; p. 217, jy 't +my in 'n desperate weg gedring; 'n goeie dag gee. + +In _Die Twede Grieta_: p. 41, Die ruime stellasies ... was besprenkeld +van toeskouers[243]; p. 56, Op laasgenoemde plek spring daar 'n stad op; +p. 59, tegelyk sou die forte by Pretoria gegryp word; p. 198, sy +volledig die sin; p. 175, Intussen doen die verpleër aldeur alles in sy +vermoë om die vloei van die bloed te stuit, en werklik was die +lekkasie(!) binnekort aanmerklik verminder. + +_Kyk_ (blik), _kom kyk_ (besoek) en _lyk_ (hou van) is vaste +uitdrukkings van De Waal. By die gebruik van voorsetsels is hy ook +gedurig onder Engelse invloed of maak hy die snaakste foute. In +_Johannes van Wyk_ b.v. p. 19, onttrek ... uit; p. 24, voorsien ... +met[244]; p. 59, trakteer met lekkers; p. 60, deelneem in; p. 61, Aan sy +breë mond kan jy ... lees; p. 71, vermorsel aan 'n rots; p. 96, hy roep +op die sangpaar; p. 128, vervang met; p. 170, gedagtes in die saak vorm; +p. 180, om jou naamtekening aan hierdie getuigskrif ... te verkry; p. +204, hy hou hom onledig aan die heel-maak van 'n ... mandjie; ens. + +In _Die Twede Grieta_: p. 335, om hom met die nou gang te begewe na sy +kompartement; p. 344, berus by haar laaste antwoord; p. 369, hy spring +met 'n skrik _in_ sy sitplaas op; p. 388, 'n kelkie ... tot mekaar se +gesondheid drink; p. 227, "Kom!" roep die boer aan die pêrde; p. 156, +duskant van Paardeberg; p. 285, ryk in bobbiaan ...; ens. + +'n Voorbeeld van stokkerige Hollands vind ons in _Johannes van Wyk_, p, +190: Die _verbeide_ vyand. Telkens is die woordskikking verkeerd. In die +_Tw. Gr._, p. 47, b.v. Die trant van die spel, ja, het so 'n keer +geneem, dat, binne vyf minute na die ongeluk, _was_ een van die +donkerbloues in staat ...; p. 79, Hy het my onder ander vertel ... dat +ofskoon Hollands en Engels op papier gelyke regte het, _word_ daar in +die praktyk gesorg....[245] + +Die lidwoord ontbreek in: om sake weer op ou voet te kry; pas het hy +hierdie prooi in oog gekry; hulle wag tot oordeelsdag.[246] Of anders +staan dit waar dit onnodig is: Omtrent honderd kanonne (word) in _die_ +werking gebring.[247] + +Verder kom daar nog 'n hele stel uitdrukkings of woorde voor wat (a) 'n +allerkoddigste indruk maak deur hul lompheid; (b) volmaak onverstaanbaar +of ongebruiklik is; (c) waarvan De Waal die gevoelswaarde nie besef 't +nie. Ek gee enige voorbeelde: + +(a) Uit _Johannes van Wyk_: + +(p. 42) Toe verkwik hy sy gestel by 'n dammetjie; p. 68, die lewendige +kou water; p. 70, Versigtig en langsaam kom hy (die skuit) met sy +_swaarbelaaide_ mense_vrag_ gedurig nader; p. 82, die gemoedvolle vader; +p. 192, 't Was allesbehalwe 'n gevoel van gerustheid waarmee die +verdediger van die kraal nou _beset_ was. Hy moes die toneel ... +_toe_skou; p. 226, Die liewe natuurlike musiek, wat hierdie lewendige +water op sy weg ... ondertoe na die vlakte _baan_; p. 82, En wat kom die +gewaad ook daarop aan, solank as dit nog reg is miet sy _inhoud_! (Ds. +Linde tot Hester); p. 227, Daardie selvolle kykers, wat so sy hart +_verteer_ het. + +Uit _Die Twede Grieta_: + +(p. 236) Haar storie ... het sy op so 'n belang-prikkelende manier +vertel, dat dit van begin tot end die _aandag_ van haar _geleide +boeiend_ geïnteresseer het; p. 295, So het die burgers hulle _gelate wil +berus_ by die besluite ...; p. 394, die vooruitlopende weet-al-leser; p. +4, in die wye, rond-gegruisde tuinpaadjie. + +(b) Uit _Johannes van Wyk_ + +p. 7, Sy ... _ontlos_ haar van haar helper; p. 201, die bedleërige; p. +163, 'n aangestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte seeman; p. 24, +spieder en bespeurder; p. 2, sy goedbelynde gesig. + +Uit _Die Twede Grieta_: + +p. 295, die harttrillende vierkleur; p. 308, weervaardigheid; p. 381, +die salig-oorstelpte besoeker. + +(c) Uit _Johannes van Wyk_: + +p. 5, die dik _prettige_ dogter; p. 235, met 'n gesig oppervlakkig +prettig; p. 140, 'n prettige boer; p. 169, 253, nering; p. 102, Het komt +my voor dat tante Debora hem daartoe _aansart_; p. 58, die mense was +gemoedelik aangedaan; p. 68, Köhler het haar (die meisie) met geweld +_weggeraap_; p. 80, terugwerping; p. 75, toewerping; p. 165, Ek weet +waarlik van niemand wat 'n mooier _vorm_ en postuur het nie (van +Johannes geseg); p. 188, en al die huisgesinne ... het met waens en +karre _na die setel_ van plesier en vrolikheid vertrek. + +Uit _Die Twede Grieta_: + +p. 19, Wat sal van daardie verskriklike wil van hom word, as ...; As ek +jou belet om dit met geweld _uit_ hom te _delg_; p. 20, Phineas Junior +... het welig opgegroei; p, 34, Haar geselligheid, wat sy by al haar +kennisse ... _beoefen_ het; p. 114, na 'n koppie koffie by 'n buurman te +_benuttig_ het; p. 286, om Andries _handtastelik_ te verwelkom; p. 302, +tasbare dank; p. 265, nouliks was daardie aanval aanvaar. + +Stompies. + +_Stompies_, 'n bundel stories, rympies en toneelspelletjies is, wat die +prosastukke betref, uit dieselfde hout as die romans gesny. Tien of +twaalf sulke _stompies_ met timmermansvaardigheid aanmekaar gelas en met +historiese kleefstof van 'n patriotiese merk vasgelym vorm die lang +_stompe_ van die romans. Maar dis dorre stompe van 'n stokoue, +doodgebloeide boom, wat De Waal omgekap 't om die taalvuurtjie mee op te +stook. + +In _Stompies_ (1911) word die getal van die "engelagtige" meisies met +hul "betowerende, hemel-fraaie kykers (o.a. p. 7, 10, 156), _plompe_ +rooskleurige wangetjies (p. 98), Venusagtige gestalte (p. 140), ens. +vermeerder. Hulle "stuur 'n elektriese stroom deur al die lede" (p. 156) +van hul aanbidders en as hulle so onversigtig is om in die water te val, +of deur Kaffers toegetakel word, dan kry die dapper redders, wat +_toevallig_ daarop afkom die welbekende "koue rilling" wat "deur hul +hele lyf loop" (o.a. p. 78), totdat hul uiteindelik "die hemelse +gedaante van hul teergeliefde(s) te gemoet _vlieg_" (p. 83) en +"verrukkelike vreugde in hul _hart_ straal." (p. 83.) Die gelukkige +paartjies word dan nog almal voorsien van 'n liewe gesonde seuntjie (p. +60), "twee fraaie kindertjies" (p. 104) of "drie gesonde kleintjies" (p. +158). + +Die voorwoord bevat nog 'n merkwaardige verklaring: "Soals die ironie +dit wil, gee _ek_, die alle digters en rympiesmakers beskou als +beklagenswaardige dromers en dwepers, nou self 'n klomp rympies uit!--" +Dat iemand wat so 'n beskouing daarop na hou, geen kunswerk kan lewer +nie, spreek vanself. Hy het self dan ook erken dat hy nie "in die wieg +gelê was om romans te skrywe nie. (Hy) het maar die leeslus onder ons +volk vir Afrikaans wil help opwek"[248]. Hierdie oordeel kan na ons +ondersoek volkome bevestig word. Sy romans het geen letterkundige, maar +wel kultuur-historiese waarde. Dit was propaganda-werk, wat verskyn het +in 'n tyd toe die meeste ander voormanne nog niks gepresteer had en daar +feitlik geen Afrikaanse leesstof was nie. Sy doel het De Waal dan ook +bereik; _Hy het 'n groot deel van die Afrikaanse volk hul eie taal leer +lees_. Wanneer ons nou dat die stryd vir Afrikaans gewin is, behoefte +gevoel om ook die letterkundige waarde van die eerste prosawerk te +bepaal, dan moet daar nogeens met nadruk op gewys word, dat _Johannes +van Wyk_ met al sy gebreke 'n faktor van belang in die taalstryd was. + +Dat dit gelees is, is veral te danke aan die spannende intriege. Wat J. +Koopmans van Van Lennep sê is ook van De Waal waar: "Meesterlik worden +de draden in één punt samengetrokken; als in een vuurwerk knapt en +knettert de kruithuls aan alle kanten; de ene vonk ontsteekt de andere +en draait de spil naar de gewenste zijde"[249]. Solank as daar mense is +wat 'n boek lees alleen "vir die storie", sal De Waal se romans seker +gelees word. + + +§ 2. J. Lub. + +J. Lub is op 1 Mei 1868 gebore te Garijp, 'n dorpie in die provinsie +Friesland. In 1892 het hy as onderwyser na die Transvaal gekom. In die +Anglo-Boere-oorlog was hy vir ses maande in diens van die Rooi Kruis as +bestuurder van die ambulanstreine. Na die vrede het hy opgetree as +Hollandse dosent aan die Johannesburgse Normaal-Skool en tans is hy +inspekteur van skole op die Rand. Vyf bundels sketse het van hom +verskyn: _Eenvoudige Mense_ (1908), _Donker Johannesburg_ (1910)[250], +_In en om de Goudstad_ (1912), _Het Zwarte Gevaar_ (1913), _Oom Frikkie +en ander Sketse_ (1918).[251] + +Van Lub se sketse is 'n groot aantal in Afrikaans geskrywe, maar dit is +die Afrikaans van 'n buitelander, waarin, hoe goed hy die taal ook al +deur 'n langdurige verblyf onder ons mense geleer 't, tog altyd nog iets +vreemds klink. Omdat sy persone meestal in 'n Engelse milieu optree, kom +daar in sy werk nogal baie Engelse uitdrukkings voor en hoewel dit soms +deur die geaardheid van die sketse noodsaaklik word, moet die +veelvuldige gebruik van woorde soos "cab, stretsjer, uitgeswindel, +loafers, motormen, sweets, gingerbier" ens. beslis afgekeur word. +"George lyk om te "marry", maar sy "job" betaal maar net £12-10s., en hy +het die laaste tyd op die reisies verloor, want sy "friend" het hom die +"wrong tip" gegee" (_Eenv. Mense_^3, p. 52). Al dien so 'n staaltjie nou +ook ter karakterisering, tog word die herhaling van sulke gebrabbel op +lange laas onleesbaar. + +Die verwording van die Afrikanerkarakter in die kosmopolietiese +goudstad--dit is die vernaamste onderwerp van Lub se sketse. "Daar binne +in die kuil (Johannesburg), vergaan 'n deel van ons arm mense, wat in +hoë plekke behoort te wees, maar wat nou in hole van ellende omkom en +bedelaars is ... of nog erger" (_Oom Frikkie_, p. 66). Die degenerasie +van sulke sosiale drenkelinge word in lewendige tafreeltjies beskryf. +Die algemene opset is gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die +stadsbeeld geteken; dan ontmoet "meester" een van sy oud-leerlinge of 'n +ander bekende van die plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So +kry "meester" af en toe 'n kans om die rol van Hildebrand teenoor die +diakenhuismannetje te speel. Anders word allerlei straattiepes op die +manier van Justus van Maurik beskryf, soms met 'n moraliserende prekie +as slot. "Dink tog 'n bietjie, as julle die busdrywer(s) sien, dat hy +ook een van ons medemense is", ens (_Eenv. Mense_, p. 36). Met 'n +poliesman as geleider besoek Lub die gevangenisse, agterbuurte en +reddingshuise. Die redakteur van _Die Brandwag_ het sy werk juis +gekarakteriseer: "Sulke sketse is menslike dokumente ... 'n simpatieke +argief, wat die koue koerante en dokumente-argief van vandag se +geskiedenis aanvul vir die toekoms" (t.a.p., Des. 1918). Dit is goeie +joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp 'n lig op die +ontstaan van ons arme blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktuëel is. + +By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms +melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op die manier +verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's +op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat +meestal goed geslaag is. + + +§ 3. J.G. Engela. + +J.G. Engela is gebore in 1862 op Ceres, waar hy alleen Engels op die +skool kon leer. Op sewentienjarige leeftyd was hy al ouerloos en toe +moes hy tog-ry, skoolhou en allerhande ander werk doen om 'n bestaan te +maak. In die Transvaal was hy op die kantoor van die mynkommissaris, toe +die oorlog uitbreek. Hy is by Paardeberg gevang en na Ceylon gestuur. Na +die vrede was hy klerk in 'n winkel en in dié tyd het sy boeke verskyn. +In 1914 is hy as winkel-inspekteur aangestel, en toe hy op sestigjarige +leeftyd volgens die regulasies moes aftree, het hy gaan boer op "Die +Vlakte", in die distrik Bloemhof. + +Afrikaanse Verhale en Gesellige Half-Uurtjies. + +In die voorwoord van sy twede bundel, _Gesellige Half-Uurtjies_ verklaar +die skrywer, dat hy "in alle eenvoudigheid getrag (het) om ons volk tot +meer lees aan te spoor." Dié doel het hy seker bereik, veral omdat in +1909, toe die eerste bundel verskyn het, Afrikaanse boeke nog baie +skaars was, maar ook omdat hy sy grappies op aangename wyse vertel. +Engela laat gewoonlik een of ander norse persoon in 'n strik loop. Hoe +om iemand 'n poets te bak is sy spesialiteit. Wie onder humor nog iets +anders verstaan dan pure grapperigheid sal dit seker nie eens wees met +Nico Hofmeyr nie, waar hy in die voorrede van die _Verhale_ die skrywer +se "fyn humor" roem. + +Minder gelukkig is Engela met sy ernstige verhale, wat by voorkeur 'n +moordgeskiedenis behandel en erg melodramaties is. Vir romantiekerige +situasies is hy ook lief. So hoor ons dat Gratia "plaas neem op die ou +omgevalle boomstam, en ... haar betraande oë omhoog-slaan, naar die +heerlike groen lommer waarmee die woud so kunstig in 'n Septembergewaad +versier was.... Saggies roer sy die snare van haar Mandoliene aan...." +(_Half-Uurtjies_, p. 33). Tog ken Engela Rhijnvis Feith seker net uit sy +gesangeboek. + +Gesels. + +_Gesels_ (2de druk, 1913) is die swakste van die drie bundeltjies. Taal +en styl is hier besonder onbeholpe, die grappies word flou, soms selfs +stuitend. _Die Storms van Bergendal_ is seker die summum van alle +bereikbare onnatuurlikheid. 'n Broer, wat met sy verlore gewaande suster +trou, haar dan keel af sny; 'n lyk, wat na 'n vreeslike storm deur die +"rumoerige woelwaters ... met alle sorg" in 'n kar "neergelê" word; 'n +gedrogtelike misgeboorte, wonderlike drome, en geesverskynings, waarby +vier predikante te pas kom, 'n groot skat, ens ... brr! Dis 'n +gruwelstuk, wat Jan Vos sou laat watertand! + +As 'n staaltjie van Engela se gebrekkige sinsbou kan die volgende dien: +"David was 'n Hotnot van ongeveer 40 à 50 jaar: Kort en sterk geboud, en +was van nature 'n buitegewoon opgeruimde skepsel, en kon hom ..." (p. +41); "Hy was uit op huisbesoek, en waarmee hy toe klaar was, en weer op +die terugreis huis toe" (p. 42). Dié snaakse gebruik van die voegwoord +tref mens deur die hele boek aan. + + +§ 4. Adv. C.J. Langenhoven. + +Polietikus, joernalis, digter, prosaïs en toneelskrywer is +Langenhoven, en veral in die laaste tyd toon hy 'n veelsydige +bedrywigheid op letterkundige gebied. Op Oudtshoorn was hy redakteur +van _Het Zuid-Westen._ In 1911 het verskyn _Stukkies en Brokkies_, "'n +leesboekie vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongeliede- en +Debatsverenigings". Dit is in 1914 opgeneem in _Ons Weg deur die +Wêreld_,[252] grotendeels 'n didaktiese werk, wat egter ook verhale, +fantasieë, samesprake, aforismes en gedigte bevat. Die verhale en +fantasieë word hier bespreek, die didaktiese gedeeltes in hoofstuk VII. +Die samesprake behoort tot die toneel-literatuur en die "Spesiale +stukke vir Debatsvereniginge" (Afd. V.) kan buiten beskouing bly.[253] + +Op Langenhoven se belangrike aandeel in die taalstryd het Dr. E.C. +Pienaar gewys[254]. Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale +Raad was, word hy volksraadlid vir Oudtshoorn. Tans is hy senator. + +Van hom het ook verskyn: _Die Pad van Suid-Afrika_, 'n digbundel; twee +satieries-humoristiese verhale: _Sonde met die Bure_ (1921) en _Doppers +en Filistyne_ (1922), wat in hoofstuk VI bespreek word; _Die Hoop van +Suid-Afrika_ en ander toneelstukke; _Twee Geskiedkundige Opstelle_[255] +in samewerking met G.S. Preller; in Engels: _Republicans and Sinners_ en +_The Everlasting Annexation_. _Aan Stille Waters_, wat nou in _Die +Burger_ verskyn, is 'n reeks artiekels oor onderwerpe van uiteenlopende +aard. Daar is verhale, fantasieë, gedigte en bewerkings van psalme, +gesange en Engelse liedere. Binnekort verskyn dit in die _Almal se +Boeke_-serie, terwyl die gesange al afsonderlik uitgegee is onder die +tietel _Afrikaanse Gesange_. _Die Eensame Hoop_ (1922) is 'n +kinderverhaal. + +Ons Weg deur die Wêreld. + +(Afdelings II en III.) + +In die eerste verhaal raak Ou Verkeerde Faans "'n onvermoeide ou +twismaker" onder die strelende warmte van die kaggel al sy kwellings +kwyt. Maar daar sal "nie more weer vuur in die kaggel wees nie" en +daarom moet Neef Kerneels maar dadelik die saak oor die bogslootjie +tussen hom en sy buurman skik. _Lammetjie en Wolf_ is die verhaal van 'n +verdwaalde kindjie, wat in die hande raak van 'n verstokte misdadiger, +vir manslag tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel. Klein Miemie +verteder die ou sondaar se hart en hy bring haar terug na haar ouers. +Die omkeer by Hans Bonsa word alleen op betogende wyse beskryf; daar is +geen plastiese uitbeelding, soos van Miemie se dwaaltog nie, wat met +mooi innigheid geteken word. Dieselfde innigheid tref ons in _Twee Oues +van Dae_, waar 'n grysaard op gevoelige wyse uiting gee aan sy liefde +vir 'n troue hond. _Die Nuwe-Jaars-offer_ is 'n verhaal van 'n jonge +man, wat gewillig die dood tegemoet gaan om 'n medeminnaar te red. In +die _Brief_ klink die fyn sarkastiese toon van _Doppers en Filistyne_ al +helder op, en ook die _Sonde met die bure_-motief is aanwesig. +"Eergister het Bertus Bakbene weer 'n straal van my beurt water gesteel +om sy ou pattatta-tuintjie nat te maak en ek het sy jong se graaf daar +uit sy hande geruk en hom 'n skrams raps daarmee oor die korrelkop gegee +en toe in die uitkeerplek ingerol om weer reg te lawe" (p. 48)[256]. +Waterlei-moeilikhede gee ook in _Doppers en Filistyne_ aanleiding tot +kostelike humor, maar Oom Stoffel moet op die dorpse bure 'n meer +verfynde taktiek toepas. Die naskrif van die brief is 'n mooi voorbeeld +van misplaatste moederliefde. _Die Kluisenaar van die Karro_ "kon ... +uit elke bossie 'n preek haal" (p. 60). Dit is 'n botaniese les in +aantreklike vorm. _Meester_ bevat skoolherinneringe. Dat meester egter +"'n _suiwere_ Nederlandse aksent" had is onjuis, want die Nederlandse +"e" is allesbehalwe "presies die Afrikaanse ij" (p 62). + +Die _Fantasieë_ begint met 'n allegorie in Bybelse styl. In die orige +stukke is "Boet Nelie" 'n grysaard, wat soos Jonathan in _Waarheid en +Droomen_ op weemoedige wyse aan mymer gaan. Hy het 'n hunkering na die +ou "romantiese, skilderagtige" boereplase "met onbewerkte hoekies en +kweek-plekkies onder 'n skaduboom om op te lê en droom" van sy kinderdae +(p. 77). Niks is daar wat hom so treurig stem nie as die gestadige +verwoesting van soveel heerlikheid in die natuur deur die moderne +boerderymetodes. "Alles moet nou gelyk gemaak word--gelyk en reghoekig +en reglynig. Die tyd van sentiment is verby: dis nou die dag van +besigheid". Daarom gaat Boet Nelie vir laas kuier na die ou watersloot +en hy gesels op vertroulike wyse daarmee oor die ou dae. Hy is ook, die +vriend van die ou wa, wat vir brandhout moet verkoop word. Die sê van +Nelie "Sy hart is so vol liefde dat daar plek is vir al die ou goedjies +wat hy as kind mee maats gemaak het en al is hy nou 'n bejaarde man ... +dan kom hy nog met my gesels net soos toe hy 'n kind was--met my, die +stomme ou wa asof ek 'n mens was net soos hy" (p. 100). Die motorkar wat +Nelie mee plaas toe ry "is 'n masien. Daar is geen siel in hom nie en hy +roof my van my siel ook." (p. 105.) Op die ou geboorteplaas vind hy +nêrens troos nie. "Al die ou dinge wat sy hart aan vasgekleef het en die +metgeselle van sy skooldae en die dierbare van sy huisaltaar word een +vir een weggeruk ..." (p. 107.) Maar die ou berg het staande gebly en +die moet vir hom die raaisels van die lewe help oplos. "Seg my, my ou +berg, wat is die plan van die hele besigheid?" (p. 109.) Net soos Elia +wil hy weg wees "van die kranksinnige gewoel van die wêreld en nader +naar die troosvolle rus van die voorportaal van die hemel" (p. 110). En +die berg vertel hom: "dis nie die groot dinge wat belangrik is (nie)." +(p. 110.) + +Op die weemoedige kadans van sy mymerstemming laat Nelie hom saggies +voortwieg en die klare eenvoud[257] van sy volsinne, wat met rustige en +kalme geleidelikheid mekaar opvolg is in harmoniese ooreenstemming +daarmee. Maar die doodnugter opmerkings oor mishandeling van die maag, +en die walging vir "insak-gansveermatrasse", waarin party mense op +"bloedige Karro-somerdae" kruip--dit is wanklanke in die +fantasie-atmosfeer. + +Blykens die voorberig van die derde druk het Langenhoven afgesien van +"die imperfektum wat (hy) eentyd van malligheid wou invoer".[258] + +Eienaardig is die gebruik van "ieder 'n mens" i.p.v. iedere mens[259], +"tussenposend" (p. 67), "'n lustige gemak" (p. 84, _Ons Weg_). Enkele +minder gelukkige uitdrukkings kom voor: die kalwertjies wat wil laat +drink wees (p. 15); die dik doringplate ... het begint minder te +weergalm (p. 19); 'n groot karree-boom, _wie se_ diepgaande wortels.... +(p. 41); hy stuur hom daar haal (p. 54). Daar is 'n paar +opslag-mangelwortels tussen die beetrye,[260] o.a.: "sonder om enige +partikuliere persoon toe te spreek (p. 6); met 'n effe suggestie van +rood (p. 80, _Ons Weg_); die doodskleed van die nag word ingegaar deur +die hand ... (id. p. 79). + +Daar is oorspronklike beeldspraak: as verkoue en sinkings jou gelyk +beetkry "een aan die disselboom ... en die ander aan jou briek ..." (p. +6); maar taamlik afgeslyte kom ook nog voor o.a.: die veld ... weef 'n +prag-tapyt op die vloer van die aardse tempel ... (_Ons Weg_, p. 29); +die onstuimige boesem van die rivier (p. 88); om snare in die +liefde-ontblote hart aan te roer (p. 21); die laken of doodskleed van +die winter, (_Ons Weg_, p. 78). + + +§ 5. Christian Zinn. + +Van Christian Zinn het in 1911 verskyn: _In Harte Verenigd_, of _Sketse +uit die Boere-Lewe_. Dit is 'n verhaal uit die tyd van die +Jameson-strooptog en Anglo-Boere-oorlog, waarin die skrywer geleentheid +vind om heelwat politieke beskouings aan die man te bring. Die dapper +held, mooi meisie en lae verraaier ontbreek nie. Die liefdesverhaaltjie +is vol soeterige sentimentaliteit. Daar is o.a. sprake van "'n miljoen +dralende soene"! Die historiese gebeurtenisse word oppervlakkig behandel +en die uitwerking daarvan op die uitgebeelde persone uiters gebrekkig +aangedui. Letterkundige verdienste het die verhaal nie, want die styl is +onbeholpe, gebrekkig en taamlik vol anglisismes. Vir die taalkundige kan +dit interessant wees, omdat daar soveel oorgangsvorme in voorkom. Van +die woord _baie_ het Zinn blykbaar 'n groot afkeer; dit kom glo maar +eenmaal voor (p. 127). As voorbeeld van taal, styl en spelling kan die +volgende dien: Dit was net als of Suid Afrika verdoemd was om 'n +vreselike terugsetting te kry net so's voorspoed in bereik was. Die land +had mooi vooruit gegaan, in alle rigtinge was verbeterings te bespeure, +kapitaal had ingevloei, en die wonderlike rykdom wat S.A. eige is, werd +geopend, (p. 33); Sannie haar auntie Maria maak net goeie vooruitgang +met haar jongste minnaar, 'n jeugdige luitenant die met 'n party van die +Yeomanry uitgekom had, en die so opgenome was met die lewe in die +uitgestrekte Karroo, dat hy met graagte daarnaar vooruitsiet om sig neer +te set tot vee-boerdery ... (p. 132). + + +§ 6. Dr. D.F. Malherbe. + +Vir sy lewensloop en werk kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar se +proefskrif.[261] Van belang is die volgende meedeling: "As 17-jarige +knaap het hy een keer deur die Karo gery sonder om meer te sien as 'n +vervelige uitgestrektheid van vlakte, dor en verlate. Maar toe hy in +1907 weer in daardie omgewing kom, het dit hom magtig aangegryp. Daar +was vir hom so 'n wonderlike geheimsinnigheid in, so 'n bekoring dat hy +gemeen het om daar vergoed te bly. In dié stemming is sy eerste werklike +gedigte geskrywe."[262] Vir sy prosawerk ook, is soos nader sal blyk, sy +verblyf in die Karo van groot belang gewees. + +Vergeet Nie, (1913). + +In die nabyheid van die rustige Karodorpie, Steenburg woon die Du Pré +famielie op die plaas Rietfontein. Oom Willem en Tant Annie het saam oud +geword in die Karo-eensaamheid. Hul dogter, Bettie is ook 'n "kind van +die vrye veld, 'n pragtige voorbeeld van die Afrikaner-meisie". Oom +Willem is enigsins melankolies van geaardheid en die oorlogsgerugte +vervul hom met 'n donker voorgevoel. "Die vuur sal brand van noord tot +suid ... en dit is my asof ... ek die end nie sal belewe nie", so lui sy +profetiese woorde op die vooraand van die groot kriesis. En die plegtige +huisgodsdiens is nog nie afgeloop nie, toe Servaas Vermaak, die bywoner, +wat dorp toe was en daar Adonis as skaapwagter gehuur 't, met die +oorlogstyding vergoed 'n end maak aan die "rustige rus" van die +plaasbewoners. Nie lank na Servaas kom Bettie se verloofde, Piet Marais, +geneesheer op Steenburg om afskeid te neem. Hy is Kolonialer, maar offer +al sy goeie vooruitsigte op om by die Boere-ambulans in diens te tree. +Oom Willem, wat in alle sake die Bybel tot rigsnoer neem, veroordeel +rebellie, maar heg tog sy goedkeuring aan Piet se daad, as hy hoor dat +hy veral gaan om geneeskundige hulp te gee. Met gloeiende geesdrif +verdedig Piet sy handelwyse teenoor Bettie se besware en peil dan op sy +vosperd reguit Boere toe. Ons ontmoet hom weer by die Boeretroepe, maar +nie meer as Rooikruisdokter nie, want dis al die tydperk van +guerilla-oorlog. Piet is trots al die teleurstellings nog dieselfde +vurige entoesias, die geswore vyand en bestryer van papbroekerigheid. +"Nee, manne, laat ons saamstaan(,) almal wat kan tot die end." Onder sy +invloed word die flouhartige Japie du Plooy en Oom Jan ook +"bitter-einders". + +Intussen kom Bester, die beroemde rebelle-kommandant met 600 man die +eentonigheid van 'n vervelige namiddag verdryf op Rietfontein. Bester,'n +35-jarige man, wat tot hiertoe alle vroue met onverskilligheid verby +gegaan 't, moet dadelik "hands-op" vir Bettie! As sy na Piet verneem, +deel hy haar mee, dat hy weet van 'n Dr. Marais, wat vroeg in die oorlog +aan koorssiekte dood is. Hy beloof haar om nader inligtings in te win. +Oom Willem verwek heelwat ontstemming onder die rebellekommando deur die +verdediging van sy bybelse standpunt aangaande trou aan die regering. +Die volgende oggend sukkel hy dorp toe met sy eseltjies om die besoek +van die Boere aan Kommandant Hunt te rapporteer, en loop 'n lelike +skrobbering op, omdat sy rapport so laat inkom. + +Bester se liefde vir Bettie beïnvloed die bewegings van sy kommando en +deur sy herhaalde besoeke aan Rietfontein raak die Du Pré famielie in +die moeilikheid. Oom Willem, pas herstel van 'n swaar siekte word in 'n +vreeslike storm dorp toe gevoer deur die Engelse. In haar radeloosheid +bedenk Bettie 'n wanhopige plan om haar pa te red. Sy skryf 'n brief aan +Bester, wat met sy kommando nog in die nabyheid verkeer, en laat dit +deur Servaas besorg. Maar Adonis verklik alles aan die Engelse en as +Servaas terugkom van sy vrugtelose tog, word hy saam met Bettie en haar +moeder na die tronk geneem. Oom Willem en Servaas word na Port Alfred +gestuur deur die militêre, Bettie kom agter die tralies, terwyl Tant +Annie vrygelaat word op parool. + +Intussen het Dr. Marais een van Genl. De Wet se vertroudes geword en as +Du Plooy met rapporte na die Kolonie vertrek, kry hy 'n brief vir Bettie +mee, wat hy in Bester se hande laat. Maar deur sy poging om die brief +aan Bettie te besorg, raak Bester gevange en word ter dood veroordeel. +In die tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel, dat Piet nog leef. +Kort na Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na +Rietfontein. Oom Willem het kort na sy aankoms in die kamp op Port +Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou. + + * * * * * + +Bettie word ons voorgestel as 'n ideale Boermeisie. Alleen die feit, dat +sy haar afgeleefde ouers nie kan verlaat nie, weerhou haar om Piet se +voorbeeld te volg en aan te sluit by die ambulans. In die gevangenis en +teenoor Hunt gedraag sy haar kloek. Sy is blykbaar trots op die rol wat +sy gespeel 't, en as Piet haar na die oorlog vra, of sy bereid is om vol +te hou in die groot stryd teen die Engelse kultuuroorweldiging, antwoord +sy met 'n tikkie verontwaardiging in haar stem: "Piet, mag jy my nog so +'n vraag vra nadat ek _soveel opgeoffer en gely het?_"[263] Dit kom my +egter voor asof Bettie haarself _moedswillig_ in die ongeluk gestort 't, +en as dit die geval is dan verloor haar "offer" vir die nasionale saak +heelwat van die heroïese kleure, wat die skrywer daarin geweef 't. + +Op pagina 66 staan: "Al die veerkrag van haar nasionale gevoel is deur +die oorlog in volle beweging gekom, en niks is daar sterker by haar +gewees as _die wens om positief te mag meedoen aan die stryd nie_. Maar +hoe kon sy haar ouers verlaat? Onmoontlik vir haar om uit te gaan as +verpleegster! En so is dit haar ernstige gebed geword dat sy op watter +wyse dit God behaag 'n aandeel mog kry aan die oorlog. En as sy niks kan +meedoen nie, dan wou sy meely met haar volk." Hoe edel hierdie besluit +op sigself ook al mag wees, dit neem die feit nie weg, dat Bettie se +naasbysynde plig ongetwyfeld was om vir die veiligheid van haar +afgeleefde ouers te sorg. Maar as sy by haar vader se siekbed moet waak, +dan spook die gedagte van deelneem aan die oorlog, wat 'n _idée fixe_ by +haar word altyd deur haar brein: "Sou die Here haar roep om haar siek +vader op te pas, en mag sy daarom geen deel hê aan die oorlog nie? Sou +dit haar roeping en werk worde, beskeie en stil, _waar sy hoë aspirasies +had?_"[264] Piet Marais se oorlogsgeesdrif en wie weet, miskien ook die +Engelse romans, wat sy van die skool af meegebring 't,[265] het haar +blykbaar taamlik sentimenteel gestem en haar belet om 'n nugter kyk op +sake te behou. As Bester haar meegedeel 't, dat 'n sekere Dr. Marais in +die begin van die oorlog aan koorssiekte dood is, maak sy allerhande +onuitvoerbare planne--"sy sou stilletjies wegraak, te voet loop as dit +al was, haar lewe daaraan waag, sy sou sôre, dat sy êrens by die Boere +te lande kom, sy sou Piet soek ... en as hy waarlik dood was, _sy graf +met haar trane bevogtig!_"[266] Die laaste sinnetjie kon wel in een van +Feith se romans gestaan 't! Daar is trouens meer wat ons aan die +sentimentele romans van die agtiende eeu herinner. 'n Paar ou briewe van +Piet maak sy "met voldoening ope en lees dit in stil mymering en met die +gevoeligheid van 'n teer vrouehart." (p. 64.) Dat Bettie "in die +traag-skrydende ure van die nag" romantiese plannetjies uitgedink het, +is psigologies volkome juis, maar ons is nie gewend, dat 'n flink +Boermeisie van drie-en-twintig jaar, wat bowendien reeds op haar +agtiende jaar "selfbewus en ryp genoeg vir verantwoordelikheid" (p. 33) +was, dat so 'n meisie, tans die enigste[267] stut en steun van haar grys +ouers in uiters benoude dae haar al te lank oorgee aan 'n Wertheriaanse +sentimentaliteit nie. + +Bettie se volgende dade toon dat sy doelbewus, ja moedswillig alles doen +om "'n aandeel aan die oorlog te kry"--m.a.w. sy leg die veiligheid van +haar ouers in die waagskaal ter wille van 'n meisiesagtige gril, wat sy +vir "hoë aspirasie" aansien! Sy weet, dat haar pa 'n swartkruis agter sy +naam het, dat die geringste suspiesie hom in lewensgevaar kan bring en +tog ontvang sy Bester "alleen in die sitkamer" (p. 92). Bester het +ongetwyfeld 'n sterk indruk op haar gemaak, en ofskoon sy trou bly aan +Piet en haarself wys maak, dat "as Piet dood is, sy ook dood (sou) wees +vir die wêreld" (p. 90), sien sy tog verlangend uit na Bester se +terugkeer. En nie alleen omdat sy hoop, dat hy nuus van Piet bring nie. +Piet behou wel die ereplaas in haar gemoed, maar uit die omstandigheid, +dat sy oorweeg wat Bester vir haar kan beteken in geval Piet werklik +dood is, kan ons besluit dat sy persoonlikheid haar diep getref het. Sy +redeneer so: "Sy is mos sterk genoeg, sy het Piet _te_ lief om aan enig +ander man te dink" (p. 95). En sy doen dit tog! Bettie maak 'n kriesis +van ernstige weifeling deur. Sy het Bester lief en al wat haar terughou +is "die dure besef van plig en eer." (p. 99.) + +Oom Willem het dadelik die groot gevaar ontstaande uit die herhaalde +besoeke van Bester ingesien en Bettie ernstig gewaarsku (p. 95). Sy het +volkome goed geweet, "dat alle persone, wat geheime konneksies met so 'n +gevreesde en verwenste mens het op die ongenadigste manier sou gestraf +word." (p. 96.) Tog ontvang sy Bester nòg eenmaal alleen--sy dink nie +aan die gevaar waaraan sy haar ouers blootstel nie, ofskoon hy haar +meedeel dat sy stap gevaarlik is en dat die Engelse dus naby is--sy gaat +_swygend_ met hom die sitkamer binne en steek nog daarby 'n kers op (p. +97). Op die manier, bewerk sy haar pa se ongeluk. Kan ons haar dus glo +as sy uitsnik: "Ag Pa, ek kan dit nie help nie, ek is net so onskuldig +soos Pa"? (p. 102). Miskien wel; miskien was dit bloot vroulike +onversigtigheid. Maar die volgende stap van Bettie--die brief wat sy aan +Bester skrywe--is alleen verklaarbaar as 'n moedswillige poging om +haarself "'n aandeel aan die oorlog" te verskaf. Sy kom tot die +konklusie, dat alleen Bester haar pa kan red. Het sy gemeen, dat hy die +Engelse moet agtervolg en Oom Willem terugbring plaas toe? Moes Bester +vervolgens Rietfontein verdedig teen die Engelse oormag? homself, sy +kommando en die vrouens laat platskiet ter wille van één man? Of moes hy +die afgeleefde, sieklike grysaard, teen die se eie wil saamsleep op sy +swerftogte? In haar opgewondenheid het hierdie eenvoudige oorwegings nie +by haar opgekom nie en in haar naïewe geloof aan Bester se al-sterkheid +skryf sy aan hom--'n impulsiewe daad--psigologies volkome juis. Maar +haar moeder se opmerking, dat haar plan gevaarlik is, bring haar nie tot +nadenke nie. En plotseling blits dit deur haar gedagte: Nou kan ek my +"hoë aspirasies" bereik--sy kry die "besef ... dat sy self in die +draaikolk van gebeurtenisse begin meedans. Was dit dan nie altyd haar +ernstige versugting nie?" (p. 107). Juis, sy is lank al moeg vir die +eensame lewe op die plaas, waar sy al meer dan 'n jaar opgesluit sit. +Haar romantiese siel smag na dade van durf en intussen suggereer sy +haarself, heeltemal ter goeder trou, dat sy alles doen om haar pa se +ontwil! + +Maar Servaas is die man, wat haar tot rede sal bring! Hy weet meer dan +sy: "Die vlakte, die bossies, dit lewe van duisende kakies so na Vaaldam +se kant toe. Die hele wêreld is vanaand vol van hulle." (p. 110.) Hy +erken: "dis byna verniet om so iets te probeer en daarby gevaarlik." (p. +109.) Helaas! Arme Servaas verloor ook àl sy gewone boere-nugterheid--hy +kan "die vurige pleit van 'n skoon jonkvrou" nie weerstaan nie! En hy +gaat jou waarlik waar op die dollemansboodskap uit, ofskoon sy vrou +uitdruklik verklaar dat dit "gek mense se werk is om so iets te doen" +(p. 112). + +By 'n nugter beskouing van die feite moet ons kies tussen twee +opvattings: (1) òf Bettie is ten spyte van haar drie-en-twintig jaar nog +maar _'n bogkind_ soos Janetta haar noem, wat met die grootste +onversigtigheid haarself, haar ouers en Servaas in die ongeluk stort, òf +(2) in 'n toestand van radelose opgewondenheid maak die _idée fixe_ "om +haar deel aan die oorlog by te dra" haar onbekwaam om die simpelste +logiese gevolgtrekking te maak. In albei gevalle word dit dan egter +onmoontlik om haar handelwyse as 'n onselfsugtige, edele daad te beskou +en verloor haar =offer= sy grootse betekenis. Soos Malherbe haar geteken +'t kan sy nooit as heldin, as die "moedige Boermeisie met haar sterk en +besliste karakter"[268] beskou word nie. Sy is eenvoudig die slagoffer +van haar kinderlike onnoselheid of van haar "hoë aspirasies", wat ons +medelyde opwek, en die bewondering vir haar kloek gedrag in die +gevangenis word getemper deur die bewussyn, dat dit alles onnodig was, +terwyl ons haar bowendien met reg kan verwyt, dat sy haar ouers en +Servaas met sy famielie in die ongeluk gestort 't--ja selfs die dood van +haar vader verhaas het. Bettie, soos die outeur haar wil voorstel, is 'n +psigologiese teenstrydigheid. + +M.H. van Campen het die raak opmerking gemaak, "dat kunst het +_zichtbaar worden der noodwendigheid in 't, voorgesteld gebeuren_ ten +gevolge heeft, en dat het blijken dier noodwendigheid de schóónheid van +'t _voorgesteld gebeuren_ uitmaakt."[269] Dit is juis die sigbaarwording +van die noodwendigheid, wat ons in Bettie se "offer" mis. Malherbe het +een van die mees dramatiese momente in sy verhaal laat glip. Hy gee ons +self die gegewens vir die uitbeelding van 'n geweldige konflik: aan die +een kant Bettie se geheime liefde vir Bester, die bestaan waarvan sy +self nog nie wil erken nie; daarmee saamgevleg die hoop, dat hy haar +iets omtrent Piet Marais sal kan meedeel en bo-op dit, haar kriewelige +ongeduld om na 'n jaar van gedwonge niks-doen eindelik haar lang +gekoesterde plan om aktief op te tree in die oorlog uit te voer. Aan die +ander kant: die besef dat dit haar plig is om terwille van haar ouers en +as verloofde van Piet, wat miskien nog leef alle omgang met Bester te +vermy. As Bettie in só 'n konflik eenvoudig haar naasbysynde plig gedoen +'t, dan sou ons haar _ook sonder om te weet_, dat sy dapper was in die +tronk, as 'n heldin kan bewonder. + +_Vergeet Nie_ is 'n aaneenskakeling van dramatiese tonele, waarin die +oorlog voor ons geestesoog verbytrek. Sonder veel verandering sou dit +dan ook moontlik wees om die roman om te werk tot 'n toneelspel, waarin +daar wel veel aksie, maar weinig botsing van hartstogte sou voorkom Ons +kry 'n indruk van wat daar gewoel en gekook het in die hart van die volk +gedurende die oorlogsjare, van die lyding van vrouens en oumense, van +die dapperheid van die Kolonialers, die laagheid van die _National +Scouts_, die vervolging en plaery onder die krygswet. Maar by die +beoordeling van die boek moet ons een faktor veral nie veronagsaam nie: +dit naamlik, dat die teenswoordige geslag nog in meerder of minder mate +_onmiddellik_ betrokke was in die gesketste gebeurtenisse, dat daar +tallose herinneringe van die groot oorlog nog lewe in ons bewussyn. Dié +herinneringe word deur die skrywer in dramatiese verhoudinge gegroepeer +en iedereen kan dadelik uit sy eie ondervindinge analoge gebeurtenisse +rekonstrueer. Dit versterk die indruk wat die gelesene op ons maak +honderdvoudig. Die skrywer roep ou halfvergete impressies uit hul +wegkruipplekkies te voorskyn. Op onbewuste wyse vul ons self die verhaal +aan, en so kry dit op laas 'n aktuële kleur, 'n sterk geprononseerde +persoonlike karakter, wat die leser tot in die diepste roersele van sy +siel beweeg, maar wat die verhaal _op homself nie besit nie_. + +Ek noem een voorbeeld om my bewering te verduidelik. Die teregstelling +van Bester herinner ons dadelik aan Kommandant Scheepers. Die +oorspronklike ontroeringe, veroorsaak deur die tragiese uiteinde van +Scheepers, versterk die indruk, wat die soortgelyke lot van Bester by +ons verwek en raak daar gedeeltelik mee geïdentifiseer. Die gevolg is, +dat Bester-Scheepers in die roman 'n werklik lewende persoonlikheid vir +ons word. + +Maar nou ontstaan die vraag: Is Bester, wanneer ons ons persoonlike +ervarings heeltemal uitskakel, nòg 'n lewende persoonlikheid, ontroer +die wyse waarop Malherbe hom uitgebeeld het ons dàn nog? Dit is die +enigste wyse waarop ons die kunswaarde van _Vergeet Nie_ vir die +_nageslag_ kan bepaal, want oor 'n tagtig of honderd jaar, sal die boek +nie meer in so 'n voordelige posiesie verkeer nie, dan kan dit alleen +nog profiteer van die nasionale oorleweringe van die groot stryd. En +selfs dìt sal die boek nog 'n groot voorsprong gee, want by 'n volk met +'n kragtige bewussyn word die nasionale helde uit 'n vergange +glanstydperk altyd met 'n stralekrans van heilige aanbidding versier. +Dit is bekend dat _De Geuzen_ van Onno Zwier van Haren lank as 'n +kunswerk van die hoogste skoonheid beskou is, eenvoudig omdat dit 'n +nasionale onderwerp behandel. + +Maar ons keer terug tot Malherbe se karakteruitbeelding en vraag: Wat +weet ons nou eintlik van Bester? Hy is 'n bekwame en dapper kommandant, +wat verlief raak op Bettie. As hy hoor, dat haar verloofde nog leef, +besluit hy na enige stryd om haar dit mee te deel. In die hof verdedig +hy sy handelwyse op hartstogtelike manier en gaat sy dood tegemoet soos +'n held. Alleen by die beskrywing van sy laaste dae kry ons enigsins 'n +blik op sy sielelewe en die totaalindruk bly vaag. Bester is sonder +lewensdoordringing geteken, daar is niks indiwiduëels, wat hom tot 'n +duidelike persoonlikheid maak nie. + +Piet Marais eweso. Hy is 'n tiepe van die ontwikkelde Afrikaner, wat +deur 'n vyfjarige studie in Europa sy insigte verruim en sy lewe verdiep +het. Hy het daar "jare van worsteling" gehad, hy moes dikwels "met smart +afskeid neem van oortuiinge wat (hom) in vlees en bloed oorgegaan (was) +van (sy) kindsheid af." Hy was 'n ernstige soeker na waarheid, wat uit +ou tradiesies en nuwe wetenskap vir homself 'n eie lewensbeskouing +gebeitel het. In die karakter van Piet lê seker 'n stukkie +outobiografie, maar in 'n oorlogsroman was daar geen kans vir 'n +psigologiese uiteenrafeling van hierdie interessante fase in die +ontwikkeling van die Afrikaanse student nie. Ons wag nog op die +kunstenaar, wat die botsing en gedeeltelike samesmelting van die +Afrikaanse en Europese kultuur moet uitbeeld. + +Ons verneem ook nog enige besonderhede van Piet se oorlogservaring en +hoe hy verlang na Bettie. Maar 'n lewende persoonlikheid, met wie ons al +die wisselende stemminge van die awontuurlike kommandolewe deurvoel, +word hy nie. + +Ook Tant Annie bly 'n vae figuur. Op Bettie het sy blykbaar geen invloed +nie. Selfs aan Hunt was dit duidelik, dat sy geen aktiewe rol kon speel +nie en die treurige gebeurtenisse slaan haar dan ook heeltemal terneer. + +Oom Willem is met meer liefde geteken. In sy bybelvasteid, sy afkeer van +pronk en na-apery is hy 'n tiepe van die Afrikaanse boer. Ons verneem +dat "dors na kennis hom aangespoor (het) tot selfopvoeding", maar uit +die opgawe van sy biblioteek blyk, dat dit hoofsaaklik godsdienstige +kennis was, waar hy na gestreef 't. Hy bly getrou aan die Engelse +regering, omdat sy godsdienstige oortuiging hom leer, dat rebelleer +sonde is. Maar, as hy later persoonlik kennismaak, met die onregverdige +taktiek van die Engelse, laai sy haat op teen die vyand van sy volk en +kry hy simpatie met die rebelle. _Vergeet nie_ is die plegtige boodskap, +wat hy aan Servaas gee op sy sterfbed. + +Bester, Piet Marais en Tant Annie is karakters, wat _getiepeer_, maar +nie psigologies _gekreëer_ is nie. Die skrywer staan te veel met sy eie +ekheid tussen die objektief beeldende teksdele, hy mis die gawe om sy +gegewens tot 'n saamgegroepeerde eenheid te bring, om sy persone +heeltemal objektief van uit hul eie innerlike wese te laat lewe. Deur +die subjektief deurleefde werklikheid vleg hy sy eie beskouings en +daardeur verdwyn die realiteitsillusie. Die roman word 'n +aaneenskakeling van dramatiese momente, maar geen epiese struktuur, +waarin die ganse sielelewe van 'n groot tydperk in sy gehele menslikheid +tot een grootse beelding samesmelt nie. + +As Piet Marais oorlog toe ry hoor ons: "Dis die eerste rit vanaand van +'n besielde Kolonialer na 'n slagveld wat so groot sal word soos byna +die gehele beskaafde Suid-Afrika, na 'n oorlog wat nie sal oortref word +in gemene gruweldade nie ... ens." (p. 22). Dit is wat Malherbe weet, +maar Piet was tog geen profeet nie. Op hinderlike wyse dring die skrywer +homself hier op die voorgrond. + +Sy historiese kennis verwerk Malherbe presies soos De Waal. Op pagina +52-54 staan 'n lang oorsig van militêre gebeurtenisse en op pagina 63-64 +'n uiteensetting van die toestande onder die krygswet. Alleen deur 'n +betoog kan hy die nodige atmosfeer vir sy verhaal skep. Só kry ons geen +begrip van die dramatiek van die worsteling nie. + +Soms egter slaag Malherbe daarin om deur pittige plastiek die leser +direk te tref. 'n Voorbeeld daarvan is die mooi kommando-toneeltjie in +hoofstuk X, waar 'n lewendige dialoog ons dadelik op hoogte van sake +bring. Die brief uit die konsentrasiekamp met sy bemoedigende woorde: +"Gaan voort, want ons saak is reg en God sal ons nie verlaat nie" laat +ewe ons gemoed tril en ons sien die duisende vroue in geduldige lyding. +'n Oomblik later vaag die nugter vraag van Generaal De Wet: "Hoe is die +posiesie?" alle droomgepeins weg. Maar as kort daarop "soos 'n magtige +gebed waar berusting in ruis" die burgers se plegtige lied tussen die +koppies weergalm en die generaal en sy staf met eerbiedig gebaar hul +hoede afhaal, dan sweef ons op die klankedeining na 'n wonderland van +heilige herinnering--dan sien ons die stoere manne "saamsing met vrou en +kind, met vrind en bloedverwant onder gewyde dak...." Hier is innigheid +van weergawe. Ons voel die diepe kneusing van sterk manneharte, wat op +die nuwe dag in stille Godsvertroue wag. 'n Skrywer, wat so mooi die +nodige sfeer met uiters gevoelige tikkies kan aandui, hoef waarlik nie +sy toevlug tot koel-verstandelike histories geredeneer te neem nie. Hy +hoef nie uit sy denkbewussyn allerlei verklarende toeligtings aan te +voer nie--die leser vang dadelik die aksent van waaragtigheid uit die +klank van sy woorde op. + +Maar selfs by hierdie mooi veldtablo kom die skrywer se opdringerigheid +te pas. Hy vind dit nodig om weer blyk te gee van sy historiese kennis +en vertel ons dat "die wêreld in kampe van blokhuise afgeperk is ... +waaromheen swaar kolomme opereer met 'n onuitputlike gedetermineerdheid +om die groot veggeneraal van die Boere in die reusenetwerk van bewegende +lyne toe te wikkel".[270] Dat De Wet se gevangeneming die Boer-magte sou +knak is 'n feit, só vanselfsprekend, dat die meedeling daarvan absoluut +oorbodig is, vir ons _èn vir die nageslag_. Mens sou ewegoed 'n Fransman +daaraan kan herinner, dat Blücher en Wellington vir Napoleon wou vang by +Waterloo!! As die skrywer die orige informasie tog wou meegedeel 't, dan +moes hy dit so in die dialoog gevleg 't, dat ons dit nie voel as 'n +opsetlik skoolmeesteragtige opmerking nie. + +Gebrek aan plastiek is daar in die volgende sinnetjie: "In 'n +omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer." (p. 135.) Dit is 'n blote +konstatering, wat by die leser geen impressie van die handeling wek nie. +En juis in die vorige sin slaag die skrywer daar pragtig in om deur die +herhaling van die woord _afsaal_ 'n duidelike gehoorbeeld te suggereer. +"Afsaal", klink dit deur die rye, "afsaal tot ver agteruit en rondom". +Ons hoor hoe slaperige burgers met sware basstem mekaar die woorde nasê, +totdat die klankeketting dreun in die agterste gelid. Maar in plaas van +die gehoorhallusinasie te verinnig deur die geskuifel van die saals, wat +met dowwe plof en stiebeuelgerinkel op die aarde bons, kom die skrywer +met sy niksseggende verklaring: "In 'n omsientjiestyd is die welkom +bevel uitgevoer." + +Nog so 'n geval vind ons op pagina 13. "Dit kan stil, ontsettend stil +word op Rietfontein. In die middel van die dag kan dit gebeur dat daar +geen lewensteken te bespeur is nie." Uit so 'n beskrywing blyk duidelik, +dat die outeur nie _in_ die toestand is nie, maar praatjies _oor_ die +toestand maak. Hoeveel mooier is die beeld waarmee hy ons dadelik die +stilte en eensaamheid op Steenburg laat voel--die dorp, "waar alle +geluid en rumoer van menslike bedrywigheid nietig wegsterwe _soos die +breek van 'n dun, droë takkie in 'n ontsaglike woud_". + +Dan is daar nog iets wat hinderlik is in die kommando-toneel. Japie du +Plooy is "deur die invloed van Dr. Marais tot 'n waaghals en onvermoeide +verkenner _omgetower_." (p. 138.) Ook al "in 'n omsientjiestyd"? Vir so +'n sielkundige bolmakiesie het mens 'n ouderwetse toordokter nodig en ek +twyfel of Piet dié kuns in Duitsland geleer 't. + +Daar is nog meer voorbeelde van die neiging van die skrywer om hom +tussen sy verhaal en die leser te plaas. Servaas kom die dorp ingery op +die 12de Oktober 1899. Dan kry ons in enkele raakgetekende lyne 'n +pragtige ets van Steenburg en omgewing,--maar dit is nie _Servaas_, wat +die dorp so sien nie--dit is _Malherbe_. Ons loop nie saam met Servaas +onder die peperbome nie. Nee, die skrywer sit op een van die koppies en +peins oor die "sukkel-werksaamheid" van klein mensies en die +wyd-omhemelde velde, waarin die dorpie "soos 'n nouliks sigbare stippie" +wegsink. Intussen vergeet ons Servaas totaal, verdwyn alle +realiteitsgevoel. Malherbe vertolk die gedagtes van sy persone deur _sy_ +lieriese parafrase in plaas van die gedagtes self, in hul eie taal te +gee. + +Op pagina 34 word die gang van die verhaal onderbreek deur die volgende +opmerking: "Arme Bettie en Piet, watter reggeaarde sou nie medely hê met +julle nie, ..." en op pagina 46 roep hy uit: "O, die wonderlike gawe van +heerlike ontboeseming aan die mensekinders gegee, ..." + +Bettie se innerlike lewe word soms op fyn-psigologiese wyse deurvoel. +Haar tobbery oor die lot van die geliefde, die nuansering van haar +gevoelens by die verskyning van Bester, die manier waarop sy wik en weeg +wat hy vir haar sou kan beteken ingeval Piet werklik dood is, dit is +treffend uitgebeeld. Maar haar karakter word onwaar, omdat ons nie kan +glo aan die egtheid van haar "offer" nie. Ook die tekening van Oom +Willem is aandoenlik in sy egte menslikheid. Maar die groot betekenis +van _Vergeet Nie_ as literere kunswerk lê nie in die karakter-tekening +of komposiesie nie, maar in die styl met sy sterk persoonlike aksent. + +Malherbe se prosa is byna heeltemal vry van vreemde invloed. Dit is +prosa met 'n eie ritme, prosa waarop 'n fyn digterlike waas rus. Hy +beskryf nie alleen die uiterlik van wat hy sien nie, maar dring deur tot +die innerlikste wese, sodat ons die geur daarvan kry. Die skroeiende son +brand ons deur die hele boek, ons sien die stowwerige dwarrelwinde op +hul grillige togte oor die vaal Karovlaktes. Al die wisselende +natuurtonele het die skrywer diep ontroer--die skaduwees van die swart +wolke, langsaam skuiwend oor die jong skaapbossies, wat "soos dwergies +koes"; die plasreens, wat neerbons met woeste geswiep, die langgerekte +kettingligte wat geheimsinnige tekens aan die swart hemel skrywe. Op +Rietfontein het hy die witgeswelde arms van die vyelaning gesien, "waar +die jong vye soos klein kindervuisies aan uitloer"; Steenburg teken hy +met 'n paar uiters fyn penseelstrepies--die "rustige Karodorp, dromend +in selftevredenheid en wyd omwoon deur slapende koprande wat in +donkerbruin pantser en ylvaal groei uitgebeiteld rus teen die ewig-blou +hemel aan."[271] + +Sonder aarseling vertolk die digter die fantastiese skyn wat die dinge +in sy oog aanneem; sy impressionistiese beelde tril en bewe van jong +lewe. Sy metafore is nie spoggerige blinkgoed, wat as versiering van +buite opgeplak is nie, hul sit vasgegroei in sy skepping, wel spontaan +op uit sy onbewustheid. Adonis se ou baadjie is "lewensmoeg en klaar met +die wêreld", die kleurevariasie van sy gelapte ferweelbroek is "soos 'n +bont mensesee by 'n wedstryd waar die son sy ligte glans oor heenstrooi +op 'n vrolike somermiddag". So gee Malherbe ons telkens met 'n paar +raak-etsende woorde 'n verrassend-nuwe kyk, en haal hy skoonheid selfs +uit die flenter-ploiings van 'n ou Hotnot. Op die plaas het hy die +"dowwe basmusiek van die ooie, swaar van dreuning nes dié van 'n +aanstormende vloed afgewissel deur indringende skreenote van die +lammertjies" gehoor; hy het die kalwers stofdraaie sien maak as hul +onbekommerd die jong dag ingaan. Die swaar reendruppels spat teen die +vensterruite "of jy ertjies saai"; die westewind, "die hoopbederwer van +die Karoboer ... vlie tussen die wolke in en skeur hul uiteen met +dreunende en druisende gebaar. Wild klop hy hulle uiteen, die swaar +gepakte wolkemassas _soos 'n geoefende hanteerder van 'n sweep 'n digte +klomp vee_, totdat hul uitgedun heenseil, een-een wegsmeltend onder sy +verskroeiende asem, en die lug weer vry neerblou in die hittige +sonstrale."[272] + +So magtig is die indruk van die natuur op die skrywer, dat hy al die +wisselende stemminge van sy persone met 'n stukkie natuurviesie +deurwewe. As Servaas "vol van vrees vir die toekoms" teen "die vaal +hange uitslinger met sy kar", dan lyk "die swygende rande so naar, so +onvriendelik nes dreigende ongediertes", dan ry hy op 'n pad, wat +"spookagtig wegslinger tussen die donker swartkoppe in." Wanneer Piet +Marais wegry van Bettie oorlog toe, dan is dit donkermaan, dan sing "'n +byterige Oktoberluggie 'n klaende sangetjie" in sy ore. En as Bettie hom +agterna kyk dan straal "die blinkende sterre met oë van genade op 'n +verbroke vrouehart" neer. By haar ontwaking die volgende oggend "lê die +sonnegoud heilig en skoon soos 'n glimlag van Gods genade" op tafelrande +en koppies. Vir Japie du Plooy en sy maats is die rooi lug 'n +onheilspellende teken. Die westewind laat Bettie huiwer; "net so wreed +en meedogenloos soos die stofstorm daar buite heenbruis, so het die +omstandighede ook met haar lewe gespeel!" Wanneer Oom Willem weggevoer +word van Rietfontein hang "'n afgryslike weer in die lug" en na die +storm ruis die sagte buitjies "soos 'n vreedsame verontskuldiging vir +verbygegane wreedheid" neer oor die onskuldige grysaard. En die vroue op +die plaas voel "of die natuur selfs geen simpatie en gevoel vir hul leed +had nie." Oor die kindertjies van Servaas "gly die sonstrale van 'n +koninklike somermiddag beskermend en seënend." Oom Willem sterf saam met +die ondergaande son en die geruis van die see is 'n plegtige dodeklag". +Wanneer Bester sy doodvonnis hoor, sien die son "soos 'n rustige god in +spraaklose medely op 'n toneel van menslike leed" neer. By die +uitvoering van die vonnis kom die son weer "net agter verre rande uit +... terwyl rondom die _ligfontein_ 'n bloedrooi halwe maan ver in die +blou uitsirkel. _Betyds gekom om bloedvermaak te aanskou_". Hier egter +kry ons die indruk, dat die son en die bloedrooi maan daar =met geweld= +bygesleep is. Veral die gekursiveerde sinnetjie bederf die stemming, +terwyl die omskrywing "ligfontein" banaal is. + +Wanneer Piet en Bettie na die oorlog op die klipheuwel by Rietfontein +sit, dan "_treur_ ook die son in sy bloedrooi vlieserige omhulsel, 'n +weerglans van die bloed wat vergiet is op die Afrikaanse velde", maar +enige oomblikke later as hul twee siele "saam(vloei) in 'n heilige +vervoering van onvermengde geluk, van toekomsdrome en toekomsweelde" dan +"skemer die laaste _glimlag_ van die ondergegane son in roerlose stilte +uit...." + +_Vergeet Nie_ begint met die son en eindig met die son. Meestal slaag +die skrywer daarin om met sy digterlike viesie op die natuur sy +stemmingsbeelde te verinnerlik, maar dit word ook soms bloot _manier_. + +Naas eg-Afrikaanse beelde, wat getuig van fyn waarnemingsgawe kry ons +egter ook flou-geryde uitdrukkings soos: "Verder het hy die sleutel +waarmee hy onmiddellike toegang tot Bettie sou verkry", (p. 69); Bester +is oortuig van sy "onblusbare liefdegloed" vir Bettie (p. 96); Aan Oom +Willem het die willekeur sy skaamtelose hand geslaan (p. 149); Bester +het sy vonnis in die gesig gekyk soos 'n marmerbeeld (p. 186); die +maatskappy, waarvan hy 'n bruikbaar lid geword het (p. 17); vanaand sal +'n nog bitterder leed haar siel deurboor (p. 19); Daar brand 'n vuur, +daar gloei 'n drif, 'n hartstog wat geen stormvloed sal uitdoof nie, +daar setel 'n beslistheid wat die teerste bande nie sal verander nie. +(p. 22). En so staan hy daar voor Servaas as 'n toonbeeld van goeie +voornemens.... (p. 7); ens. + +Ook onvervalste retoriek: Die suiwer suiderhemel met sy ontelbare +_flikkerbronne_ ... 'n _klanklose(?) prag van lewende juwele_ gesaai oor +die grondelose _boesem_ van die lug, ... (p. 44); 'n gloeiende naald +boor langsaam deur sy siel, agterlatend 'n smal baan van verskroeide +lewensvreugde (p. 44)--'n beeld wat positief walglik is. + +Dan vind ons ook nog uitdrukkings, wat onduidelik en onbeholpe of +minstens vreemd is: Bettie is besig om met haar eenvoudige musiek "die +grond_toon_ van haar lewensgeskiedenis te _vertel_ (p. 73); die _trek_ +van verwyt in haar vader se woorde (p. 105); 'n woord wat wreed sou val +op die tere _bodem_ van plegtige liefde ... (p. 38); Bettie is die +_voorwerp_ van die liefde (p. 18); Dit is of sy beperktheid oor homself +weggegroei ... het (p. 195); Bester met sy listige planne en +parmantigheid moes in die _hand_ kom, ja selfs op sy _lewe_ was dit +gemunt, waar kleurlinge in diens van Sy Majesteit hul _lewe_ moes +_prysgee_ onder sy _hande_! (p. 161); Bester "met sy onverskrokke +_bende_ (p. 161);[273] program (p. 31); _aan_speling i.p.v. +toespeling[274] (p. 77 en 90); vuurgeveg (p. 140); Daarheen word gestuur +wat in die oë van die Engelse outoriteite as lastige pro-Boer-mense +_verskyn_ het ... (p. 151). Alle kommunikasie met die distrik (is) +afgesny en handel _tot 'n nietigheid afgedruk_ (p. 82); sommige +oomblikke voel dit hom of sy verstand hom begewe onder die invloed van +gedagte (p. 150). + +_Waagmoed_ is 'n ongelukkige neologisme; _wikkelwakkel_ is ontleen aan +Guido Gezelle se gedig: "_Bonte Abeelen_" "Die Dood se grillige +_ont_klemming" is geen Afrikaans nie. (p. 154). 'n Voorbeeld van lelike +klink-klank staan op p. 175: Dit was 'n beleefde voor_spel_ van die +treur_spel_." Malherbe is trouens nogal lief om kort op mekaar, soms in +een sin dieselfde woorde te gebruik. So kry ons tweemaal _toevallig_ op +p. 99; warrel op p. 65; huis op p. 17, skynbaar op p. 18, nou op p. 14. + +Gevoel is maar al te dikwels _gemengd_--'n stereotiepe niksseggende +uitdrukking: (p. 24) daar woel 'n mengeling van gevoele in haar siel; +(p. 66) 'n warreling van gemengde gevoel. + +As 'n kunstenaar ons vertel dat iets _onbeskryflik_ is, dan is dit 'n +belydenis van onmag of 'n retoriese reminisensie. Enige voorbeelde: (p. +65) Wie beskryf haar sielelyding ...; (p. 44) met 'n onbeskryflike krag; +(p. 46) die onbeskryflike weelde van onbeheerste gevoel.[275] Op p. 34 +kom nog 'n ouderwetse slim draaitjie voor: "Bettie is toe na haar kamer +gegaan en ... wat sy daar gemaak het, sal iedereen wel weet wat van +meisies kennis het"! En wat moet ons dink van die "arme student wat met +'n _verskeurde_ hart en _verslae_ gees moet afskeid neem van sy +_dierbaarste op aarde_ en dit vir baie lang tyd"! (p. 34). + +Afgeslyte uitdrukkings ontstel ons in dubbele mate by Malherbe omdat sy +stylkuns oor die algemeen deur so 'n innige, suiwer-eenvoudige woordkeus +beheers is. Ons voel dat hy gesoek het na die alleen-juiste woord en +dikwels klink daar 'n harmoniese toon in sy geïndiwidualiseerde sinsbou. +Hy wou méér gee, dan 'n gewone amusementsroman en as een van die eerste +_kuns_-uitings in prosa sal sy werk steeds van belang bly. Hy het die +joernalistieke vaalheid uit ons taal weggevaag deur sy fleurige beelde, +ontleen aan Afrikaanse veld en lug, en daarby besit hy as digter 'n fyn +gevoel vir woord- en klankwaarde. + +Ten spyte van die foute in sy styl en komposiesie hang _Vergeet Nie_ +soos 'n klein druiwetrossie in die groen wingerd van ons letterkunde. +Die beelde met hul Karo-omwaasde ongereptheid is die wynkleurige +korrels, mekaar verdeukend in die transparante ronding van sappige +swelling, wat die tingerige steeltjies in hul liefdegroei bedek. En wie, +stil-gelukkig, die korrels een vir een in al hul sonnegeurende +sappigheid geproef het, sal ook die tere stingeltjie nie àl te wreed +vergooi nie. + + +§ 7. Mej. Chris. C. Euvrard. + +Van Chris. C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië het drie novelles +verskyn: _Twee Susters, Lena_ en _Twee Broers_. Haar werk word hier +alleen vermeld, omdat aan _Twee Susters_ in 1914 die eerste prys +toegeken is in die jaarlikse wedstryd van die Akademie. Dit is van geen +letterkundige belang nie, en bevat oorlogsondervindings in onbeholpe +skoolmeisies-styl. Ter tiepering 'n enkel staaltjie: "Lena was skaars +onder die _seil_ uit, toe een van die wagte wat by die wa was, vir haar +vra of hy die _seil_ sal aftrek. Lena sê ja en in 'n paar oomblikke was +die _seil_ af en kon almal weer lug kry. Die _seil_ was maar net af van +die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en tant +Sannie te _praat_, en terwyl hulle nog _praat_, kom 'n paar soldate ook +by die wa en begin ook met die meisies te _praat_." (_Twee Susters_^2, +p. 45.) Die redakteur van _Die Brandwag_ het in Des. 1918 nog verklaar, +dat ofskoon haar werk oppervlakkig is dit "veel daartoe by(dra) om +leeslus op te wek by die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie" (p. +214). Vir die taalstryd mag dit dus miskien wel van enige betekenis +gewees het.[276] + + +§ 8. Joubert Reitz (1880-1919). + +Joubert, 'n seun van President F.W. Reitz is gebore op Bloemfontein in +1880, kort na die slag van Majoeba. Daarom het sy vader Generaal Piet +Joubert gevra om sy peetoom te wees. Met die oorlog van 1899-1901 het hy +dadelik aangesluit by die Pretoria-kommando. In 1900 het hy gedien onder +Kaptein Heinrich du Toit en terwyl hy in die Soutpansbergse distrik siek +lê aan die koors, het die Engelse hom gevang en na Bermuda gestuur. + +Na die vrede is hy met twee broers Madagascar toe, maar omdat dit daar +nie na hulle sin was nie, het hulle teruggekom na die Transvaal. Joubert +het hom toe as prokureur op Potchefstroom gevestig, waar hy in 1919 +oorlede is. + +Van hom het verskyn twee romans: _Die Dolosgooier_ (1916) en +_Beproewing_ (1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels +gedigte en prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee +is 'n reeks artiekels oor "_Oom Fanie_ en sy ervarings met 'n maai- en +vliegmasjien."[277] + +Die Dolosgooier. + +Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk gaan na die diamantvelde by Bloemhof, +maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil +hy vertrek, nadat hy op die stasie "'n sterretjie" gesien het, maar sy +kaffer gooi die dolosse en die se voorspelling blyk juis, want Frits kry +'n paar mooi diamante. Nou trek hy weg om sy "sterretjie" te gaan soek +en al gou blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met wie hy 'n +vennootskap gesluit het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid +gehad en dié strooi nou skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op +die "sterretjie". Collins slaag daarin om 'n fabelagtige skat uit +Sekekoen se kafferstad te roof, maar hy beswyk aan 'n wond op die +hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits laat die kaffers £5000 +betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se twede voorspelling +kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms. + +Beproewing. + +Hierdie roman is meer of min op dieselfde plan gebou as _Die +Dolosgooier_. 'n Doodgoeie jonge man word vervolg deur 'n gewetelose +skurk, maar na baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word +plotseling skatryk en trou met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n +koeël uit die weg geruim word. Die ekspediesie na Duits-Suid-Wes en die +opstand vorm die agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee +aanleiding tot verwikkeling en die spanning oor die erfenis word deur +middel van 'n naamsverandering tot die ontknoping bewaar. + + * * * * * + +Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die +Duits-Wes-veldtog. Die raamwerk van _Die Dolosgooier_ het hy in 'n +militêre gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers +geraak. Later het J.H. Malan, die "Oom Fanie" van die voorwoord dit +persklaar gemaak, onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl +verbeter, kortom die hele boek oorgeskryf met behoud van die +oorspronklike intriege.[278] Dat die aandeel van die bewerker taamlik +groot was, blyk uit 'n vergelyking met _Beproewing_, waarin taal en styl +so sleg versorg is, dat die verhaal feitjik onleesbaar is. Dit krioel +van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz had aanleg om 'n +spannende intriege inmekaar te sit, maar sy uitdrukkingsvermoë was +hopeloos swak. Selfs na die skawery van die bewerker het daar in _Die +Dolosgooier_ soveel oorgebly, wat onbeholpe is, dat van letterkundige +verdienste weinig sprake is, ofskoon dit deur die handige toepassing van +Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons awontuur-romans behoort. + +As voorbeeld van die kreupel styl en taal kan die volgende dien: "Frits, +hoewel 'n jonge, onervare man, terwyl hy nog onder sy komberse half-sit, +half-lê, naar die pragtige natuurprent kyk, gedronge om die natuurskoon +in oëskou te neem en, daar hy 'n dorpenaar was, moes tot die konklusie +kom ... ens. (p. 17); Harvey ... had die saak van die likwidasie moet +laat vaar.... Harvey het dit so haastig aangeneem, dat die kêrel had +begin te dink...." (p. 105). Anglisismes groei ook nog geil: (Hy) moes +van skool om sy eie lewe te verdien (p. 4); ons geluk is uit (p. 26); hy +begin te voel dat die grappie nie die kers wêrd was nie (p. 146), ens. + +Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die "troue geagte leser" en +dwarsdeur die verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en +Petrus is tiepes van die bekende volbloed skurke. In _Beproewing_ neem +die politiek 'n groot plaas in. Die skrywer sê self: "Maar laat ons +liewer nie van die dinge praat nie, anders word die verhaal 'n politieke +vlugskrif...." (p. 97), wat dit dan ook teen die end werklik word. + + +§ 9. Jochem van Bruggen.[279] + +J. van Bruggen is gebore te Groede in die provinsie Zeeland, Nederland, +op 29 September 1881. In 1892 het sy vader hom in Johannesburg gevestig. +Aan die Pretoriaanse gimnasium het Jochem begint verse maak oor die +Voortrek. Die Anglo-Boere-oorlog het 'n end gemaak aan sy studie en vir +sewe maande was hy op kommando, totdat hy, by die oorgawe van +Johannesburg vasgekeer is. Van toe af moes hy vir homself sorg en in +plaas van ingenieur te word moes hy lewe van die geringe verdienste, wat +'n agentskantoortjie aan 'n onervare jong man in daardie tyd kon gee. Na +die vrede het hy in 'n wassery die gestrykte wasgoed in pakkies +opgemaak, boordjies getel, ens. Maar dit kon hy nie uithou nie. Hy het +uitgebars die veld in, ruimte toe en by sy boesemvrind G.J. Oosthuizen +op Steenkoppies gaan woon. 'n Tydlank was hy daar onderwyser aan die +C.N.O. skool. 'n Debatsvereniging en koor het onder sy leiding gebloei, +terwyl daar ook van hom toneelstukke opgevoer is. Sy volgende +onderneming was 'n tabaksbesigheid, wat hy met sy vrind Oosthuizen +opgerig het. Aanvanklik het alles goed gegaan, maar later, veral deur 'n +konneksie met 'n uitgeslape seun van Israel het die besigheid 'n totale +mislukking geword, met die gevolg dat albei in 1909 diep in die skuld +was. In _Ouboet_ is o.a. 'n sydelingse herinnering aan hierdie episode, +wat vir 'n tydlank sy letterkundige aspirasies heeltemal gesmoor het. In +1912 het hy sy Voortrekkerverse weer verwerk, maar kon geen uitgewer +daarvoor kry nie. In 'n wedstryd van _Die Brandwag_ het _Die +Praatmasjien_ in 1914 'n prys gehaal en van toe af het Van Bruggen sy +koers gekry. + +In 1917 het sy roman _Teleurgestel_ die Hertzogprys van die Akademie +behaal en in 1920 is sy kort verhale onder die tietel _Op Veld en Rande_ +gebundel. Van 'n nuwe roman, _Ampie_ het twee hoofstukke in tydskrifte +verskyn. "As boer moet ek in hierdie swaar tye net my kop gebruik om die +boerdery agtermekaar te hou, wat my werk as skrywer uitermate belemmer", +skryf Van Bruggen na aanleiding van _Die Burger_ se enquête. _Die +Burgemeester van Slaplaagte_ het in die serie _Almal se Boeke_ in 1922 +verskyn. + +Teleurgestel, + +is 'n roman uit die Anglo-Boere-oorlog. Die Boere van Waterval en +omstreke is besig met skyfskiet as die veldkornet hulle kom +opkommandeer. Dirk Liebenberg het sy afgeleefde ouers na die kruitbadjie +by Waterval gebring en op 'n wandeling deur die kloof probeer hy om +Maria Brinkman oor te haal om sy vrou te word. Sy gee egter die voorkeur +aan haar ou speelmaat, Gys, wat as gevolg van 'n speelse opmerking van +haar die kordaatstuk uitvoer om 'n blom op 'n gevaarlike krans by die +waterval te pluk. By dié geleentheid word Gys en Dawid, Maria se broer, +deur Swartbooi, 'n geheimsinnige potteskuurder in 'n spelonk gelei, waar +hy vir hulle dolosse gooi en somber voorspellings oor die naderende +oorlog maak. + +Na vyftien maande kom 'n kommando nuwejaar vier op Waterval. Dirk +koester hands-op-planne, wat afstuit op die idealisme van die vrouens. +Later vind hy geleentheid om met Stols en Greef, wat graag hul famielies +wil besoek stilletjies af te swenk van die kommando. Hy trakteer hulle +op 'n paar goeie doppe "perskesop". Stols is 'n swak jabroer en laat hom +maklik oorhaal, maar Greef ry met sy maats se perde terug kommando toe. +Dirk vind Maria nog onhandelbaar en sluit in groot verbittering by die +Engelse aan, waardeur hy sy pa se dood veroorsaak, Stols sukkel terug +Boere toe, maar laat in sy verbouereerdheid sy geweer agter, wat die +vyand aanleiding gee om die woonhuis op Waterval af te brand. Deur Dirk +se verraad word Gys en Dawid vasgekeer in Swartbooi se grot, waaruit +hulle met moeite ontsnap. Gys word later gewond, die vrouens raak in die +kampe, maar na die vrede trou Gys met Maria, en Dawid met Elsie Greef, +terwyl Dirk 'n suiplap word. + +In _Teleurgestel_ het Van Bruggen sy oorlogservarings verwerk. "Hy het +die verwoeste plase gesien na die oorlog, en hy het geluister na die +ondervinding van die _Bittereinders_, na die verhale uit die tyd toe die +Engelse oor Steenkoppies en omgewing hot en haar getrek het en uit die +droewe tyd van Johannesburg se renbaan."[280] Swartbooi se prototiep was +"'n verdwaasde ou kaffer, wat die Hartleys--daardie tabakmagnate--se +kombuisgereedskap geskuur het, dag vir dag in 'n driffie en as 'n +malmens geskreeu het party nagte as hy rondloop."[281] + +In _Die Burger_ het Van Bruggen verklaar: "In ooreenstemming met my +vorige werk, sal my strewe bly: 'n afbeeldsel van die lewe soos ek dit +gewaar, wat duidelik sal staan in die skynsel van romantiek."[282] Nou +is "romantiek" juis een van die terme wat moeilik definieerbaar is, maar +Van Bruggen wil blykbaar te kenne gee, dat hy geen realis in die enge +betekenis van die woord is nie. Is die opvatting juis, dan gaan hy van +dieselfde beginsel uit as meer dan een kunstenaar van betekenis. Johan +de Meester sê b.v. "En als ik iets als onbelangrijk voel--als een ding +dat me niet interesseert--dan is 't het realisme, dat aan de loutere +beschrijving zonder meer van een brok werkelijkheid z'n volle kracht +geeft. Dat zou ik nooit kunnen doen."[283] Cyriel Buysse verklaar: "De +beschrijving van een realiteit is toch heel iets anders dan die +realiteit.... Als de artiest niets aan de werkelijkheid toevoegde, zou +hij geen artiest zijn. Het beschrijven van détails zonder meer, zooals +Van Deyssel wel eens heeft gedaan, daar voel ik niets voor. Dat kan ik +niet mooi vinden. "L'âme des choses", zooals de kunstenaar die voelt, +moet uit zijn werken spreken."[284] En Is. Querido verklaar met die +grootste stelligheid: "Ik moet met mijn innerlijk leven ingaan op de +dingen ... ik kan de dingen niet klein zien: ik moet ze vergrooten, +doorlichten ... ik moet er heelemaal door vervoerd worden ... =Ik heb +niets aan de realiteit=!"[285] + +Ofskoon ons Van Bruggen se beginsel dus kan aanvaar, lei sy +ver-romantisering dikwels tot 'n sodanige vermooiing en opsiering van +die werklikheid, dat die egtheid van sy figure in die gedrang kom. En +daarvan sê Querido: "Elke willekeurige fantastische belichting van 'n +werkelijkheidstafereel ... wordt valsch maakwerk, onechte, +gedrochtelijke romantiekerij."[286] Swartbooi met "sy dwalende brein, +wat sy lewe so vol misterie maak" (p. 195), sy geheimsinnige grot en +orakeltaal is seker romanties geteken, maar wek skeptiese bedenkings van +ernstige aard. Gys en Maria op wie ook 'n sterk romantiese skynsel val, +bly vir ons vae figure. Stols daarenteë, wat deur sy jabroer-geaardheid +geen aanleiding tot romantiekerige vermooiing gegee het nie, is deur 'n +raak-realistiese uitbeelding tot 'n lewende mens geword, wat ons nie +maklik vergeet nie. Arme Liepie met sy "bang-oormekaar-kyk oë", seer rug +en orige knipmes ken ons deur en deur. Nog 'n ander byfiguur, Moeder +Greef met haar laslappies en ou-mens gemaal is met trekkies van +boetserende fynheid geteken, terwyl Luikes Greef met sy droë humor ook +goed geslaag is. + +By die uitbeelding van Dirk Liebenberg gee Van Bruggen 'n psigologiese +uiteenrafeling, maar sy afkeer van die skepsel van sy eie verbeelding is +só groot, dat dit hom nie geluk om onpartydig teenoor die figuur te +staan nie. Sy haat vir die walglike kreatuur het hom verhinder om +heeltemal op te gaan in Dirk se psiege. Reeds in die eerste hoofstuk +verraai hy deur 'n kwasi-twyfel sy vooroordeel. "Ons huiwer om hom so +wreed te beskuldig, _want ons ken sy verlede nie in besonderhede nie_. +Miskien sal die toekoms 'n gedagte aan die moontlikheid daarvan +regvaardig."[287] Nou weet ons al: Dirk gaan die sondebok word, en die +ongeregtigheid word dan ook by wavragte op hom gelaai! Maar let wel, Van +Bruggen sèlf _ken sy verlede nie in besonderhede nie_. Hoe kan so 'n +persoon nou ooit fel-lewend vir ons word? Met 'n sug van verligting neem +die outeur afskeid van hom: "En so het ons klaar met Dirk" (p. 219). Hy +het só boos geword, dat hy hom, na 'n paar kwaai trappe vir ou-laas, uit +sy verhaal bons! Dit word mos bruilofstyd en daarby pas Dirk, die +suiplap met sy "valse gryns" nie. Maar dis 'n oplossing, wat ons nie +bevredig nie. Geslaag is die figuur nie, ofskoon daar telkens brokke +treffende analiese is. Maar meestal neem Van Bruggen teenoor Dirk die +houding van 'n bestraffende regter aan. "Kan 'n wolwe-aard so gou +verander in skape-gedweeheid; 'n dwingeland in 'n oë-dienaar ...?" (p. +12). 'n Oomblikkie tevore het hy nog gehuiwer "om hom so wreed te +beskuldig", maar nou is sy vonnis al gevel. Juis die bo sy onderwerp +staande gevoelloosheid verhinder hom om 'n warm-menslike omtrek aan die +verraaiersfiguur te gee. Later word Dirk dan ook eenvoudig as 'n +_besetene_ uitgebeeld. "Die fluisterstem van sy gewete sterf in die +diepte weg, wat Satan bliksemsnel met misdaadplanne vul" (p. 145). By +die dood van sy moeder kry hy 'n "laaste kans" (p. 191). "Dis een van +die momente, waarin 'n goeie gees, so hom die tyd gegun werd om tot die +harde hart van Dirk deur te dring, 'n ander mens (van hom) sou kon +maak". Gelukkig bly ons die koddige psigologiese gedaanteverwisseling +bespaar! + +Soms gaat Van Bruggen so op 'n paar tree van sy persone af staan en +bepeins dan hulle toestand. Gys is "in strak starend gepeins" (p. 216). +En dan roep die outeur uit: "O watter gedagtes! So sterk nog as in sy +volle kragtyd ...." ens. Daar is nog meer sulke hinderlike ingrypsels +van die outeur. "Die leser wat onsigbaar agter Dirk aangestap en oor sy +skouer geloer het ... Dirk is te ongeduldig om die kamer rond te kyk, +maar ons kan dit nog net doen, vóór die aandskemering ons dit belet" (p. +23).[288] Dit is verroeste romantegniek van die jaar nul! Dat Van +Bruggen egter 'n plastiese gawe van geen geringe betekenis het nie, +bewys die welgeslaagde toneel, waar Liebenberg vir Greef en Stols wil +oorhaal om die wapens neer te lê. + +'n Weemoedige klaagtoon van verdrietige berusting deurhuiwer die ritme +van Van Bruggen se styl in _Teleurgestel_. Die smart oor verlore +onafhanklikheid en die droewige herinnering aan oorlogsleed tril na in +somber klanke. En teen die end word Van Bruggen moeg vir die trommelslae +wat "die doodmars deurdof". "'n Lange sombere storie ... ons wil hom +deurhardloop" (p. 222). Tog klink daar soms 'n skaterlag; as die kakies +retireer vir 'n rollende pampoen (p. 173) en Greef vir Stols laat +"handsop" (p. 156). 'n Paar mooi kindertoneeltjies beloof iets vir die +toekoms. + +Opvallend is die gebruik van koppelwoorde soos: +knutselwerk-uitdenk-vermoë (p. 230), swaai-arm-beduie (p. 9), +goudblom-oorlaai (p. 20), droomglans-dowwe oë (p. 195). 'n Enkele maal +word daarmee 'n mooi effek bereik, maar meestal gee die oorvloedige +aanwending 'n indruk van gesogtheid, terwyl baie saamkoppelings in stryd +met die taaleie is. Die voorliefde vir lang-asem sinswendings versterk +die sware klank van sy prosa, wat met afgemete pas moeisaam voortbeweeg. +En daardeur ook hoor ons telkens dissonante b.v.: "Van onder oop, het +hoëveld se voor- en najaarsstorme daardeur gestroom en binne die lang +huise opgestuiwe in die smal-langwerpig drukke reghoek-ruimte, waar die +lewe in en uit rumoer na sy hokkies, en kinders spelend raas, +natbesweet" (p. 221). Tog het Van Bruggen deurgaans 'n fyn gevoel vir +woordklank. Telkens kry ons brokkies van sinne, wat in gereëlde +versritme vorentoe gly; "en vínnig word haar stáp, ofskóon sy dralend +peíns oor wóndervraág...." (p. 77). Maar ons stuit ook op klinkklank: +"terwyl sy _rol_-oë die kamer vergenoeg deur_rol_" (p. 114); _Al kante +uit_ wil hy koers vat, so rol sy uitpuil oë _al kante uit_ (p. 149); dat +drie ... by die _val_ hulle eie _val_ sal vind (p. 194); dit _beslis_ +die twyfel van die _onbesliste_ goeie man (p, 150). + +Koppelwoorde en sinsbou gee aan Van Bruggen se styl 'n moderne cachet. +'n Allersnaakste indruk maak daarnaas, die ouderwets-retoriese taal, +soos ons die ken uit die Hollandse predikante-literatuur van vóór 1880, +wat ook nog dikwels van Suid-Afrikaanse kansels gehoor word. 'n Knagende +wee, wat die hart verteer (p. 86); Daar drup dit in sy hongerige siel +heilsame lafenisdruppe en sy gedagte sien, as deur hemelse ingewing ... +(p. 83); wat alles die plegtige oomblik verhewe maak (p. 67); 'n Sug ... +tower 'n nuwe gevoel in sy boesem (p. 51); 'n swarte afgrond ... gaap +(p. 76), ens. Dit krioel ook van sulke domineesterme soos: hartsvriend +(p. 202), hartebodem (p 76), brandende gemoed (p. 50), tomelose hartstog +(p. 126), geestesoog (p. 57), skoonste hemeldeug (p. 80), ens. + +En hoe deftig paradeer Van Bruggen met 'n hele kommando holrug perde! +Dit is perde wat al meer as 'n halwe eeu nie meer "pylsnel oor die pad +sweef" nie (p. 70), dis ou doodgemoorde knolle, wat skaars nog 'n +vuiliskar kan trek. Gys is die "eweknie van Dawid in geesdriftige +opwerping van oorloglugkastele"; daar is in die kloof "'n reusemagneet" +wat hom trek (p. 56); "Die ontboeseming was as 'n warme son, wat die +yskors ontdooi" (p. 82); "toegedekte liefde (het) haar windsels +afgegooi" (p. 99); Die liggie lei hom soos 'n vuurtoring die ... skip +(p. 167); aan bande gelê (p. 169); ens. Gelukkig kry ons tussen die +muwwe, onpersoonlike beeldspraak so 'n enkele keer 'n fris veldwindjie: +As Swartbooi die plaasmense sien wegvoer deur die kakies dan is "die +lewe wat in sy oë kom blink, ... soos die ... in 'n koei se oë, wat wild +oor die kraalmuur kyk, wanneer haar pasgebore kalfie hok-toe weggedra +word", (p. 196); "die stryd teen onsigbare wapens ... soos mambas in die +ruigte" (p. 192); "Af drif toe ... kom 'n groot tentwa aangeklop" (p. +7). Daarnaas kry ons egter weer sulke badkamer-beeldspraak soos: Maria +"aarsel niks om 'n doeltreffende bekoeling uit te giet nie oor sy +brandende gemoed"! (p. 50); "Of 'n vloed yskoue water oor hulle rugge +uitgegiet word, so laat, wat agter is hulle ril" (p. 65). Ook +onsmaaklike triwialiteite soos: "Daar is geen druppel bloed meer in +Stols se neuspunt nie; dis alles weggestroom na die midde van sy romp +..." (p. 157). + +In sy natuurbeskrywing is Van Bruggen onbeholpe en soms banaal. Hy +skerm met groot woorde wat volkome retories en aandoeningloos van +algemeenheid is. "Die _skone dal_ lê voor die perdelose ruiters in +_volle somerweelde_. Die ou opstal lyk so _skilderagtig_.... Ook is dit +of die _skouspel_ hom _hipnotiseer_.... Die ganse moot brei uit _in +sombere somerweelde_" (p. 126-7). Sulke niksseggende frases laat ons +heeltemal koud. Nie deur die woord _somber_ ontstaan die indruk van +somberte nie. Die somberte-emosie moet hy in beeld bring, moet hy ons +laat aanvoel deur plastiese trekke. Maar hy verswak nog meer die indruk +van sy frases deur te praat van "die lentegroen, (wat) in jeugdige +ydelheid wou spog ..." En dan vervolg hy met valse, ondeurvoelde +beeldspraak: "Uit egaal donkergroen _spreek_ nou éénselfde stemmige +gedagte, waar uitgeswelde rypheid elke deeltjie van die _ernstige_ +boskasie herinner aan verwelking." Dit is viesie-verknoeiing. "Die +stemming deel sig onbewus mee aan die twee ..." Juis, _onbewus_, want +hoe dit gebeur bly vir ons 'n raaisel. En dat Stols en Dirk albei in +presies dieselfde stemming geraak, is papier-psigologie! Daar is nog +meer holle frases: "Dieselfde voorjaarsagtermiddag het ook sy +toweraandeel volbreng in die natuurherlewing" (p. 20). Dirk kry +"lewens-lente-visioene"! Die voëltjies sing mooi "en dis of die ganse +omgewing wil meedoen aan 'n _gemoedsontboeseming_"! (p. 31) "Grootse +natuurskoon" (p. 47), "roerlose aandskoonheid" (p. 90); "dis van die +aande, waarin natuur sy _wonderskoonheid_ wys met _stille majesteit_" +(p. 166), "ruwe natuurprag" (p. 52); "Die lente het weer 'n jong gewaad +oor die velde gesprei" (p. 202). En op p. 52 is daar weer "'n grootse +gedagte, wat _setel_ in die lower-woestheid". Die gedagte spring van sy +"setel" af en hou 'n netjiese prekie in die tale Kanaäns. "Dis 'n +plekkie, wat mensekindere wil goedmaak en verhef bo wêreldse +nietighede," ens. + +Duisterheid is dikwels die gevolg van die retoriese opblasery. "Die +kranse voor en weerskante is hoog en amper loodreg, bedek met ruwe +natuurprag, wat gestapel op kwynend-skemerlig en duister ... (p. 52). +Hoe moet mens jou nou 'n voorstelling vorm van wilde plante _gestapel_ +op _skemerlig en duister?_ Op p. 32 is daar "_klanke_, wat hemelwaart +_denk_ en dankbaar swewe, vir sparende liefde ..." Al slaan _denk_ ook +op _gevoel_ dan is dit nog 'n onbeholpe parallelisme. Onverstaanbaar is: +"Ligvlekke, wat die boomskaduwees werk, hou vaste lyne" ens. (p. 87). En +wie hoor nie die gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos +die volgende: "Dis pynlik om die _afbreuk van geesverbystering_ (?) te +sien, wat flou, al flouer 'n kwynend verset teen eie onmag vertoon en in +sielsmart oorgaan ..." ens. (p. 9). Maria se "sterk gestel (het) begin +te luister na die stem van siekte. Tallose skrikgedagtes het +senewee-skokkend met haar liefde gespeel en bondgenoot geword van 'n +ongesteldheid wat haar sou neerdruk ens. (p. 234-5) En daarom het die +siekte so gesloer om uit te breek, uit eerbied vir die grondigheid van +haar verset en heldepoge." Sy kom uit die hospitaal "met twee (!) grote, +siel-vertolkende oë, verhewe-boeiend"! En daar is nog meer voorbeelde +van sulke opgeskroefde woordkramery. Wat moet mens aanvang met +taalgeknoei soos die volgende: "Humeur lê diep bedolwe onder tallose +swaardrukkende gedagtes" ens. "'n Onmag van sy logies verstand, laat +pessimisme die vrye teuel" (p. 82); Luikes is "oortrek deur die waas van +sy karakter ..." (p. 35); "die inwendige Greef" (p. 36);[289] ens. ens. + +Die verpersoonliking van abstrakte begrippe gee aanleiding tot +raaiseltaal en gesogte wendings. "As die _sluipgang_ van hulle +genegenheid tuis gekom het is dit getrouheid tot die dood ..." (p. 35); +"die koers ... waar vinnig verlange die bome deursoek" (p. 76); +"_Hartverheffende_ momente wat _grondslag_ vir 'n toekoms lê en lewens +bou of brokkel--kort as 'n sug, 'n fluisterwoord, 'n oogstraal as +diamante bly skitter aan die langste lewensdraad en nog glansies op sy +rafelpunt werp; gebonde aan seisoen nog tyd" (hoe rym dit met "kort as +'n sug"? P.C.S.) ens. (p. 106.) Met nog een voorbeeld van Van Bruggen se +onbeholpenheid kan ek volstaan: "Maar lewe het vasgeklem aan sy omhulsel +met ongekende adhesie, waardeur die wetenskap verbaas, wat eers +verwaarloos werd, omdat geen hoop bestaan het nie, met ywer die omhulsel +onder sy behandeling geneem het." (p. 214). + +Die dialoog is meestal onnatuurlik-styf en soms so deftig as 'n +redevoering. Gys sê: "Dis of natuur 'n moedwil toon om haar wonderwerke +treffender te maak. (p. 53); Ons volksaard is opgeruimd en vol korswil, +wat wys veral op sulke dae, waar hoop, by nuwe begin, ook nuwe ambiesie +gee" ens. (p. 89). En hoe netjies ryg Dirk sy sinne aan mekaar as hy +pleit vir Maria! Hy eindig so: "Die hoop sal my in doodsgevaar +dapper-versigtig, in moedeloosheid vasberade maak en my nasie laat +liefhê, omdat jou ideale myne sal word!" Met dié woorde vat hy haar hand +"wat sy nie kon terug trek nie, omdat haar sielestryd _onbeskryflik_ +geword het." Dieselfde onmag om heftige emosie plasties uit te beeld +vertoon Van Bruggen ook waar hy Dirk se houding moet beskryf: "As hy +verneem dat sy moeder gestorwe is, _voel hy getref en kyk somber na die +aarde voor sy voete_." (p. 191.) + +Die taal van _Teleurgestel_ is sterk Hollands gekleur. Woorde soos _bot, +mat, meewarig, halfliggend, gebly_ (gesneuwel) (p. 111), _hawe, struik, +dryn_ word dikwels aangetref. Maar ook die sinsbou is onafrikaans en +veral die gebruik van infinitiewe vorme is storend. "Maria hunker na +meer _wete_, nou die _skiete_ opgehou het" (p. 171). Van sulke vorme +krioel die boek en dit gee soms aanleiding tot duisterheid soos op p. +184: "'n wese, wat versuim tot _sy kom_". Onafrikaans is ook: "Maria en +Elsie doen saam in die spel" (p. 91); "waarvoor diensies" (p. 6). Die +gebruik van die vorme _hê_ en _het_ is soms verkeerd. + +Op Veld en Rande. + +In _Op Veld en Rande_ (1920) is dit moeilik om die skrywer van +_Teleurgestel_ te herken, as die laaste verhaal, _Die Beeswagtertjie_ +buiten beskouing bly. Alleen enkele stylwendings soos "wit orkaan +gedrewe wolke" (p. 122), en 'n paar geykte frases soos "toe twee harte, +wat lief en leed van die wêreld verstaan, opreg ineensmelt!", +"sielsgenot" (p. 109), "hartsgevoel" (p. 28), "hartetaal, vol gloed" (p. +59), herinner aan die manier van _Teleurgestel_. Hier ook geen +romantiekerige opsiering, maar onvervalste werklikheid. Hoe raak en +eenvoudig-waar word Sitman, die "meeldiaken" met sy "ongebleekte +kussingsloop" nie geteken nie! Hy is die man, "wat sit waar hy sit", +"die elfde plaag" (p. 27). Soos Van Bruggen hom geteken het met sy +astrante indringerigheid, altyd kunsies bedenkend om tog maar nooit aan +die werk te kom nie, sy windmaker-praatjies wat eie nietigheid moet +bedek, sal die bywonersfiguur lewe in ons letterkunde. Hy staan vlak +voor ons met al die flenters van sy verslegting. Hoe goed is nie geteken +sy poging om tog nog 'n skyn van vernaamheid te ontleen aan die +reputasie van sy onbekende "ouboet Karel van Staanderton se distrik". En +die dialoog is so spontaan--dis die lewende terugbeelding van egte +gesprekke sonder retoriese byspinsels van die outeur. Hoor maar ou +Sitman se gesanik: "Nou ja! ek hoor toe gister ... of was dit eergister +... nee dit was gister, dit wil my nou goed byval--Willemse het gister +hawer gelaai--ja dis reg, dit was gister.... Nou ja, ek hoor toe gister +by Oom Andries dat meneer de Klerk altemit iemand sal nodig kry om hand +by te sit" (p. 23). Hoe raak is ook die bywoner se hele persoonlikheid +geteken in die kwasi-gewigtige wyse waarop hy meedeel, dat hy "tot 'n +besluit gekom 't" (p. 256), of as hy klaag oor die baie werk (p. 43). +Uit so 'n paar plasties uitgebeelde toneeltjies word Sitman vir ons +meteens fel-lewend, terwyl Dirk Liebenberg, trots al die swaarwigtige +analiese alleen 'n toneelskurk bly. + +Ook "kromrug Bettie" met haar huilende kleinspan in die rokerige lug van +die hartbeeshuis is goed getiepeer. Hoe mooi leef die moeder-instink op +in die verdwaasde skepsel, as daar planne gemaak word om haar kinders na +die weeshuis te stuur. Sy glo tog so vas, dat niemand anders so goed vir +hulle sal kan sorg nie, al sit sy in die grootste ellende. "Daar is +Driesie!... Uit die staanspoor is sy maag onderste bo!... Sal hulle +tussen die kliprandjies rondloop om aambeibossie te soek? En dit laat +trek? En dit vir hom ingee?--Nog nooit nie!..." (p. 54). Hoe diep het +Van Bruggen ingedring in die kommergedagtetjies van die arme sieltjie! + +Die ander bywoners se mentaliteit word ook met 'n paar fors trekke +aangedui: Willemse, die staatmaker voorman, Neef Niklaas met sy +naïef-wysgerige praatjies oor "bestiering" en "bestuur", Gouws, die +dwarskop. Stols, uit _Teleurgestel_ kon deur die oorlog nie in sy gewone +lewe geteken word nie. Maar nou sien ons die bywoners in hulle daelikse +besigheid, hulle getob oor allerlei kwellings en die wrokkende gevoel +oor hul afhanklike posiesie. En ook hulle baas, Andries Vry, die +konserwatiewe boer en Bybelvaste ouderling ontmoet ons. + +'n Enkele maal kom Van Bruggen self om die hoekie loer, op pagina 29 +nl., waar hy verstandige maar onletterkundige opmerkings maak oor +kafferpolitiek. + +_Ouboet, Oom Jannie_ en _Die Praatmasjien_ is ook goed geslaag. Veral +die lugtige verhaaltoon val op na die sware sleepgang van +_Teleurgestel_. Daar is 'n vaardigheid in komposiesie, 'n handige +groepering van allerlei tiepes uit die boerelewe, wat met al hul +eienaardighede goed geteken word. As realistiese skilder van die +plattelandslewe openbaar Van Bruggen 'n bewonderenswaardige +deurdringingsvermoë. Stoffel Harmse, die omslagtige verteller en +lastige buurman, met sy vervelende "jy kan vir Sarie ook vra", Oom +Jannie en die weduwee, wat by "gebrek aan stof vir vertroulike +konversasie hoofpersone uit geslagregisters van al twee kante opnoem en +bespreek" (p. 101)--dit is fyn-psigologiese trekkies, wat bewys dat die +skrywer hom ingeleef het in die mentaliteit van sy mense. Hulle +karakter word nie bestuur deur geestige bokkespronge van die outeur +nie, maar daar is 'n innerlike ontplooiing, wat ons direk as waar en +noodwendig voel. Dit geld egter nie van _Die Beeswagtertjie_ nie, wat +eenvoudig 'n nugter bedenksel is, en waar alleen Kleinbooi met enige +lewenswarmte geteken is. Die mynwerkers is alleen met so 'n paar +strepies toneelverf bestryk en die styl het weer dieselfde +opgeskroefdheid as in _Teleurgestel_. Veral pagina 140 is swak, waar +"die onmusikale Josef 'n singlus uiter", en "'n siel-treffende Engelse +liedjie" deur sy neus gons "met omgewing-influenserende dreun"! Die +beskrywing van die begrafnis in _Oom Jannie_ (p. 83) is ook gedeeltelik +misluk. Die toespraak tot die "onverskillige, gevoellose ligmis" is +heeltemal misplaas, terwyl die volgende sinne ons aan die paddas +herinner, wat met so 'n voortreflike gawe des onderskeids die boere op +Waterval verwelkom (p. 88). "Kyk! die osse hou op met wei, of die +redelose vee gevoel, dat nou die tyd nie is vir sinlike lus nie," ens. +(p. 83). + +In die natuurbeskrywing tref ons nog gemeenplaatse aan. "In +lewensvolheid juig die veld-van-reuse-blare, vol frisse groeikrag, +(wat?) met die fynste silwer blink en as diamante skitter" (p. 121). 'n +Enkele stylwending en woord, b.v. mande (p. 21), welk (p. 112) verraai +nog Hollandse invloed. Onbeholpe of foutief is o.a. die volgende: +argelose boerewerwe (p. 55); voorbeeldige besef (p. 112). In sy beperkte +moreel-voel is 'n verdrietige wens (p. 129); _myners-_ontboeseming (p. +133); Met Sitman op die onderpunt ... gaap die reeks van bywoners en +spring op die gros ... (p. 12) diamante te grawe wat stadig in die +stroewe hersens vreet (p. 14); 'n Ry van arbeid (p. 15); 'n gehele +voorkoms, wat H. dadelik kooi toe bring (p. 41), ens. Die volgende +meditasie is van die outeur en nie van Oom Jannie nie: "Daar moet weer +lewe kom, waar sorgvolle vlyt...." (p. 90). + +In die roman _Ampie_, waarvan nog net twee hoofstukke verskyn het[290] +is Van Bruggen op sy beste. Hier laat hy ons as objektief-beeldende +kunstenaar die lewe van die opgevoerde persone intens meeleef. Hoe +suiwer is die weergawe van Ampie se gewaarwordings as sy maat, die esel +verkoop word! En op wat 'n innerlik-ware toon is sy in-hom-self-pratery +meegedeel! Los en natuurlik is die dialoog, waarin soms ewe 'n toon van +die rou werklikheid opklink: "Ampie stamp sy simpel suster eenkant-toe: +"Gee pad van my plek af!--Ma, kyk vir Ampie!--Ampie jy sal bars! brom +die ma, sonder om te roer." Raak-psigologies is dit om ou "Goor Dawid" +saam met Booyse vir sy seun te laat vermaan: "Ja Ampie, doen jou bes, +... dis Kaffersleg as 'n mens ongeleerd bly." Hoe rats is hy om 'n +ekskusie te bedenk as hy die kontrak moet teken: "Oom Kasper, jy weet +die griep.... Ek het hom in my rug gehad, en my hande was daardie tyd +glad dood, en ek het glad verleer om my naam te teken. Kom Ampie, vat +die pen onder: ek sal bo vat."[291] 'n Enkel minder gelukkige +uitdrukking kom af en toe voor o.a.: "Nou is hy die voortbrengsel van +wat sy taaie liggaamstemming eis en sy sintuie."[292] + +Die Burgemeester van Slaplaagte. + +In _Die Burgemeester van Slaplaagte_ bly die opgaande lyn in Van +Bruggen se kuns gehandhaaf. Dis 'n heel eenvoudige geskiedenis van 'n +paar eenvoudige mense in 'n dooierige dorpie, maar Van Bruggen maak dit +tot 'n stukkie treffende realiteit deur sy lewensware uitbeelding. Oom +Lood wat "almelewe oorhoekse jukskeie en vrot voorslae" (p. 88) met 'n +toegeknypte oog verkoop, is famielie van Stols uit _Teleurgestel_. Maar +hy is met 'n dieper indringingsvermoë geteken. Ons ken nie alleen sy +uiterlike eienaardigheidjies nie, sy lus vir 'n boegoesopie, sy neiging +om alles voor die voet te sekondeer op 'n vergadering, maar droom saam +met hom oor sy toekomstige kosterskap, kreun saam met hom in sy +vadersmart. Want Lewina, sy dogter, doodmoeg vir die eentonige lewe in +'n slaperige stofholte trek na Johannesburg. Goed is die ouers se +instinktiewe wantroue vir die grote-stadslewe aangedui. Maar as hul +dom-gerus oor die dogter se toestand huistoe kom, is dit tog lekker om +so 'n bietjie te spog oor die ryk "huwelik"! Wanneer Lewina eindelik met +haar skande terugkeer, tob haar vader oor die raaisels van die +stadslewe, wat hy met sy onnosele Slaplaagte-logika wil oplos. Oom Lood +is met soveel gelukkige trekke uitgebeeld, dat ons hom deur-en-deur ken. +Die nasionale skoolmeester se skoene word toegedraai in die Engelse +krant, waarmee Peach hom wou oortuig van die Duitse gruweldade! Van +sulke kostelike humor is daar meer staaltjies. By Oom Lood staan dit +vas: "Daar was net een vèrplie baklei, en dit was in een-en-tagtig se +oorlog; en daarom het ons die Rooies toe uitgestof"! (p. 39). Van 'n +kunstenaar, wat so diep in die psiege van 'n eenvoudige siel kan +deurdring, kan seker nog veel verwag word. Treffend-juis is ook die +uitbeelding van Tant Lewina, 'n eenvoudige werk-esel met tog so 'n +gevoelige moederhart. As Boet Heina met sy plegtige waarskuwing kom, +gaan sy sit "soos 'n huismoeder op 'n Sondagmôre se boekevat as sy +tewens die kokery moet dophou" (p. 51). Deurtastend van geaardheid hou +sy haar met geen gepiep op nie (p. 84) en verstaan die kuns om +nuuskierige famielielede te troef met haar ratse tong. + +Ook die byfigure word met enkele raak trekke geteken, sodat die hele +stowwerige Slaplaagte met sy bewoners helder voor ons staan. Daar is +Pieter van Staden met sy moedelose, _don't-kêr_-stemming, omdat die +reent nie wil kom nie, maar vol vuur op die skoolkommissie-vergadering, +waar hy sy wysheid oor windpompe uit. Die hele vergadering is 'n mooi +geslaagde voorbeeld van Van Bruggen se "copiëerlust des dagelijkschen +levens". Hy hoef ons nie nog te verseker, dat 'n voorval "histories" is +nie (p. 60), ons voel direk dat alles eg is, so noukeurig selfs, dat dit +telkens die indruk van 'n "document humain" maak. + +'n Enkele maal kan hy 'n uitroep nie bedwing nie; "O, die kwaadpraat en +kwaaddink van die mensdom!" (p. 38). Ook in die dialoog is daar hier en +daar 'n plekkie, waar ons die skrywer, en nie die uitgebeelde persone +hoor praat nie. So sê die meester: "Ek hoop julle sal van teleurstelling +vrywaar wees" (p. 70), en Oom Lood: "Alles is net een infame bedrog" (p. +101). Komies is dit om net na die beskrywing van die groot droogte te +hoor dat "niks (voor)val wat _stof_ gee tot gesels nie"! (p. 4). +Onduidelik is die volgende: "Op die bulteveld ... boei die eensaamheid +deur 'n magtige bekoring die onsigbare werking van die skeppende +Almag...." (p. 73); en slordig: "'n _Trek_ van onverskilligheid om_trek_ +haar oë" (p. 35). + + +§ 10. Gordon Tomlinson. + +Gordon Tomlinson is gebore op Swellendam in 1889. Vir alles wat +Afrikaans is, was hy van jongs af aan 'n sterk propagandis, sodat hy +b.v. in die Anglo-Boere-oorlog van skool weggeja is, omdat hy 'n +Vierkleur-ruiker in sy knoopsgat gedra het. Later het hy voortdurend +stroebeling gehad met die Engelse hoof. Die meeste awonture, wat in +_Deur die Smeltkroes_ beskrywe word het in Swellendam gebeur tydens die +oorlog. Eers wou Tomlinson predikant word, maar weens 'n keelaandoening +moes hy die plan opgee. Op Stellenbosch het hy in die regte gestudeer en +daar het hy saam met Dr. Tobie Muller en Professor J.J. Smith een van +die voormanne van die A.T.V. geword, en deel uitgemaak van die redaksie +van _Ons Moedertaal_. Later het hy hom ingespan vir die Helpmekaar en +tans woon hy in Vredefort, waar hy hom met sy eggenote aan die +skilderkuns wy.[293] + +Deur die Smeltkroes, (1917). + +Op die dorp Vergenoeg woon Oom Gert de Bruyn, "'n egte tiepe van die +opregte Afrikaner" (p. 4) en Van der Bijl, 'n jingo, wat "rooier dan +rooi" is. As die Anglo-Boere-oorlog uitbreek kom daar 'n end aan die +vrindskaplike verhouding tussen die bure, tot verdriet van die kinders, +wat oor en weer verlief geraak 't--Piet de Bruyn op Susan van der Bijl, +en haar broer John op Lenie, Piet se suster. Susan het egter 'n "Engelse +modepoppie" geword en deur toedoen van Carel Nel, wat by die Van der +Bijls inwoon raak Piet in die moeilikheid en val in ongenade by Susan. +Verskeie awonture van Piet en John se skooldae word vertel, asook hul +ondervindings aan die Victoria Kollege. Hulle sluit by die kommando van +Scheepers aan en as John gevang word, slaag Piet daarin om die verraaier +Nel te ontmasker. Van der Bijl word 'n goeie Afrikaner en tussen die +jongspan kom alles reg, terwyl Nel so vrindlik is om in Australië +spoorloos te verdwyn. + +_Deur die Smeltkroes_ het 'n sterk-propagandistiese strekking. Tomlinson +verdedig die Afrikaanse beginsels teenoor die imperialistiese idee van +Engelse en verengelste Afrikaners. Hy gaat te keer teen die +verwaarlosing van Hollands op die skole, die onnasionale +geskiedenisonderwys, die eksamenstelsel, "die oudwyfse Skotse sisteem +alhier deur 'n Dr. Muir ingevoer" (p. 59), en "die nuwe +kindergarten-metode" (p. 9). Hy laat "Jong Suid-Afrika sug om die +vryheidsin, wat leef en sal leef, solank daar Afrikaners op Afrikaanse +bodem wandel" (p. 53) en gebruik elke geleentheid om sy patriotiese +gevoelens te lug. As pleidooi vir 'n suiwer-Afrikaanse kultuur het die +boek ongetwyfeld waarde. Maar as roman beskoud is dit 'n mislukking. +Behalwe die regstreekse propaganda, tree die outeur van die staanspoor +af gedurig op die voorgrond. Hy spreek sy lesers toe,[294] vertel hulle +wat hy met "die spelers in hierdie drama" (p. 6) gaan doen, en omdat hy +hoofsaaklik 'n outobiografie skryf, verval hy telkens in persoonlike +mymeringe.[295] Telkens moraliseer hy oor die dade van sy persone, b.v. +"Arme Piet! Had hy maar geweet, wat voorlê. Gelukkig, egter, het die +Voorsienigheid ons so gevorm, dat ons slegs vandag kan sien--en skaars +dit" (p. 62) + +Ofskoon hy blykbaar sielkunde by "Pappie (saliger gedagtenis)" (p. 69) +geleer het, blyk daar weinig van in die roman. Van kalwerliefde kry ons +die volgende vermaaklike verklaring: "Nie 'n nooi, leser, soos u en ek +seker al gehad het, maar een, wat jy in 'n meer idealistiese sin +liefhet. Jy het haar lief, maar hoe, weet jy nie. Jy het haar, hulle +ook, lief, as jy nog so jonk is, sonder dat die liefde miskien ooit +bekend word. Dis somar liefhê." (p. 17-18). + +Hoe weinig begrip Tomlinson het van die ingewikkelde prosesse van die +puberteitsjare blyk uit die beskrywing van Piet se aankoms op +Stellenbosch. "Piet stuur 'n stille gebed van dankbaarheid op, dat hy in +so 'n omgewing kan studeer en besluit om van die studentelewe in sy +geheel gebruik te maak, sodat hy 'n veelsydige ontwikkeling kan geniet +om also bes sy land te kan dien" (p. 66). Dis kastig dieselfde Piet wat +sulke uithaler kaskenades op die dorp aangevang het! Nou is hy meteens +'n suikersoet oompie, op wie Van Alphen 'n mooi gedig sou gemaak 't! + +As Piet die eerste maal in 'n geveg is, word sy gewaarwordings as volg +beskryf: "Die eerste paar oomblikke wis Piet nie eintlik, wat om te maak +nie. Sy hart klop vinniger, en as 'n koeël oor sy hoof fluit, koes hy +een kant toe. Maar gou-gou het die oorlogsgees hom oormeester...." ens. +(p. 125). + +Hoe oppervlakkig die psigologie is blyk uit die pogings om felle emosies +te beskryf. As Piet onverwags op sy maat by die kommando afkom, word ons +vertel: "Soos 'n mens maklik kan verstaan, was die wedersydse vreugde by +die ontmoeting groot." (p. 122.) "Ons sal liewer 'n sluier trek oor die +afskeid tussen die jong verloofde; waar die liefdegodin alheersend vir +'n oomblik is, moet die gewone mens soetjies trap." (p. 96.) Met sulke +praatjies maak hy hom van die saak af! + +Piet het die slapende Susan wakker gemaak met die vraag: "Het jy my +lief?... Vir Piet was daardie oomblik een van die vreeslikste, wat hy +ooit deurleef het. Dit was, asof die lot van die hele wêreld, van die +heelal selfs van haar hart afhang. Hy hoor duidelik die klop van sy +hart. "Is jy kwaad vir my?" fluister hy. Stadig draai sy haar hoof weer +om, en met 'n gloed van vreugde deur sy are, sien hy 'n vrindelike +glimlag op haar gesig. Hy buig neer, en die hele wereld verheug hom met +Piet, as hy die eerste reine soen van die onbevlekte lippies +ontvang...." (p. 37). + +Van der Bijl se bekering tot opregte Afrikaner is seker goed gemotiveer, +maar dit is geen proses, wat as 'n _coup de foudre_ in een sinnetjie kan +beskryf word nie. (p. 110). Presies so gaan dit met Susan (p. 112) en +haar moeder (p. 111). + +In die karakteruitbeelding is daar die bekende skerp teëstelling tussen +goed en sleg. Oom Gert is die ideale patriot, Piet en John die dapper +helde, Van der Bijl die vurige jingo, Nel die lae verraaier. Die meisies +is "twee beelde van deug en skoonheid" (p. 146). As Nel genoeg moeite +veroorsaak 't om die "dapper helde" se "verhewe" karakter aan die lig te +bring, word hy nog vir ou-laas ekstra swart gesmeer en dan eenvoudig +uitgewip (p. 141). Dit is "merely a mechanical device for stopping +somewhere", soos Cross tereg opmerk. "A literary form cannot exist +without its art. If a fable may drift along at the pleasure of an +author, with the episode thrust in at will, then anybody can write a +novel."[296] + +Die swaarmoedige Piet werp hom "in wanhoop ... neer op sy bed, _wat +skud van die storm_, wat in die siel van die onstuimige jongeling woed"! +(p. 22). Die "edele siele" van die arm meisies word ook "deur storme +geteisterd" (p. 134, 92), hulle droom "van rose en melk, van ongekende +en verrukkende klanke, van ruisende strome en bedwelmende blommegeure" +(p. 72). Die toneel op die strand tussen Susan en Piet (p. 41) is +taamlik sentimenteel.--"Die misterie van die nag pak hul beet; en met 'n +kleine skudding,(?) skuiwe Susan nader aan Piet.... "Piet, wat makeer? +Waarom is jy so stil?"--"Dit weet ek nie, maar ek word so swaarmoedig. +_Ek dink, dit is die verhewenheid van die heelal, wat my aangryp_." ... +"Dit was asof hy met die onbekende worstel, asof daar 'n wêreld van +gedagte hom oormeester. Naderhand, asof tot homself sprekende, fluister +hy 'n Lied van Smart...." Die gevolg is "dat Susan bitterlik ween" en +"met geboë hoofde keer hulle huiswaarts." + +Die talryke sugte in ons Afrikaanse romans vul Tomlinson onder ander met +die volgende variëteite aan: "geskok tot in die diepste wese styg daar +'n sug van die bodem van sy _beroerde_(?) hart--'n sug, wat 'n +wêreldspraak was. (p. 29); Susan sug alleen die sug van die tevredene en +die regvaardige"! (p. 116), ens. + +Tomlinson skryf 'n gemaklike styl, sy taal is suiwer en die dialoog +meestal los en natuurlik. Daar is lewendige toneeltjies met rake praat +en weerpraat o.a. p. 44-45, waar Oom Gert en sy buurman aanmekaar +spring. Onwaar word die dialoog wanneer hy Piet, wat toe nog nie deur sy +matriek was nie, laat sê: "Kerel, wie sal hom daar onder daardie +mengelmoes begeef behalwe alleen die met Imperialisme besetene?" (p. +54.) Bybelse wendings word met voorliefde gebruik, en dikwels is daar +ook 'n predikanterige kleur, b.v. "om sy sondedaad uit te wis" (p. 30). +Die veelvuldige gebruik van stereotiepe beelde is opvallend. "Maar al +was hul harte bloedende, het niemand dit getoon nie. Hulle harte was +aanmekaar gesnoer deur nuwe bande en deur 'n gemeenskaplike liefde +teenoor hul geliefde Suid-Afrika" (p. 142). Sulke gemeenplaatse ontneem +aan die styl alle persoonlike aksent. + +Onvervals retories word Tomlinson veral in sy natuurbeskrywings. "Die +son, bloedrooi, begin hom stadig in die arme van 'n veelkleurige see te +werp. Dit was, asof bruid en bruidegom ontmoet, albei in die fynste en +pragtigste kledy uitgedos.... Fyn goud val oor die hele aarde en +verfraai die skoonste _paleise_ en die armoedigste strooihuise--ens." +(p. 40).[297] Die _paleise_ sou 'n mens aan Potsdam kan laat dink! Maar, +die "ouderwetse woning" van Van der Bijl had ook "_honderde_ klein +venstertjies" (p. 4). Mooi is die stemmingsvolle gedig op p. 72, met +uitsondering van 'n enkele stoplap. + + +§ 11. Adv. H.A. Fagan.[298] + +H.A. Fagan is gebore op Tulbagh in 1889. Van 1905 tot 1910 het hy op +Stellenbosch gestudeer en behalwe B.A. honneurs ook die Prel. L.L.B. en +Kerkadmissie-eksamens afgelê. Nadat hy ses maande op die Teologiese +kweekskool was, het hy vir enige tyd opgetree as waarnemende professor +aan die Victoria Kollege en vervolgens sy juridiese studie voortgeset in +Londen, waar hy advokaat geword 't aan die Middle Temple en ook die +L.L.B. graad behaal 't. In die begin van 1914 het hy hom gevestig as +advokaat in Kaapstad. Hy was een van die eerste direkteure van die +Nasionale Pers, 'n tydlank assistent-hoofredakteur van _Die Burger_ en +daarna vir enige tyd professor in Hollands-Romeins reg aan die +Stellenbosse Uniwersiteit. Tans het hy weer sy praktyk as advokaat in +Kaapstad hervat. + +Van hom het verskyn _'n Eerste Digbundel, Uit 'n Studente-Album_[299] en +'n bloemlesing _Uitgesogte Afrikaanse Verhale_ (Burger-Leeskring, 2^de +jg.). + +Uit 'n Studente-Album. + +_Uit 'n Studente-Album_ bevat ses kort verhale, twee waarvan tot die +komiese genre behoort, _'n Vondeling_ lyk die meeste op jeugwerk. Die +beskrywing van Japie se ontnugtering bly aan die buitekant, en die +melodramatiese ontknoping word deur niks voorberei nie. _Op 'n +Vakansiereis_ en _Tableaux Vivants_ gaan baie dieper en bevat 'n +belofte. Dit geld ook van _'n Gewone Rosie_, waarin daar iets teers +sprokiesagtig is. Twyfel ontstaat egter aan die psigologiese +uitbeelding, wanneer ons hoor, dat die seuntjie hom die nag voorgestel +het "as 'n meetlose swarte ruimte, waarin jy sou dool en swerf as 'n +verlore siel" (p. 168). Ook die volgende sin mis die kinderlik-naïewe +toon, wat anders goed bewaar word: "Tog is daar 'n waas van +geheimsinnige betowering oor die hele natuur gesprei" (p. 169). + +Fagan het 'n aangename verteltoon, 'n goedversorgde styl, wat net hier +en daar bietjie konwensioneel word. "Die dood van sy vrou het 'n +ledigheid in sy hart gelaat ... (p. 116); Sy was 'n sonnestraal in sy +koue, sombere woning (p. 117); die spore van wrange sielsverdriet" (p. +126). Erg ongemaklik moet Japie gevoel het "met 'n gloeiende vuur in sy +brein"! (p. 28). + +_'n Eerste Digbundel_ bevat ook enkele prosastukke. + +Uitgesogte Afrikaanse Verhale. + +Hierdie bundel bevat negentien kort verhale van die volgende outeurs: +Helene Oldendorf, T. Schumann, G.R. von Wielligh, Rikie Postma, F.E. de +Villiers, C.R. Swart, Eugène C. van Wijk, Sarah Goldblatt, Essie Malan, +Frina Roux, Marjorie Hofmeyr, Chris. Fourie, N.H. Theunissen, D.W. +Wessels en "Veritas". Afgaande op die tietel sou mens verwag, dat dit 'n +bloemlesing is, maar die meeste verhale verraai 'n ongeoefende hand. +Daar is spore van diep gevoel, hier en daar 'n geslaagde toneeltjie, +maar weinig wat ontroer deur skoonheid van segging, klank of +uitbeelding. Die taal is deurgaans suiwer,--die skaaf van die +versamelaar het seker daaroor gegaan--en tog is daar kreupel +uitdrukkings soos die volgende: "Hy ken die druk van sy moeder toe hy +(aan) haar bors _gekweel_ het (p. 22); Sy vraag ... bring haar terug (p. +51); die vryerpaar wat hier ... staan te sug, te verwyt ... (p. 73); die +onmeetbare landstonele van die gedagtes (p. 145); in vyftig jaar het die +land die mantel van beskawing aangegooi (p. 147); Watter rede het u om +nooit ag te gee aan ons uitnodiginge nie? (p. 175); Is u boodskap in +militêre belange? (p. 198); Sy geheue hou nog 'n allerskoonste gesig en +onwillekeurig bring hy sy hand aan die saluut" (p. 202). + +Die taal kon beskaaf word, maar die ouderwets-retoriese beeldspraak het +te diep gesit. Daar is b.v. 'n verhaal van "onbreekbare skakels in 'n +ketting deur smart gesmeed" (p. 42), waarin reeds op die eerste pagina +onder meer die volgende staaltjies voorkom: "Oorlog is in die lug. Selfs +die lieflike geur van die nuut-ontwaakte lenteblomme word verdring deur +'n verstikkende reuk van kruit en rookdamp; Offers ... op die altaar van +die nimmerversadigde oorlogsgod; die awendstond van sy veelberoerde +lewe", ens. (p. 36). So gaan dit die hele boek deur, alles mooi +grammatikaal korrek, maar sonder die fris geur van oorspronklikheid. Die +dames met hul "sielvolle blou oë" sug danig baie en die wind maak nogal +koddige maneuwers met die "geslaakte" dingetjies. "Dadelik skraap die +nagwind die suggie op, neem dit op sy vlerke en ry daarmee weg: oor die +velde en vlaktes, oor berge en dorpe, tot hy eindelik by 'n groot stad +kom. Tussen die hoë geboue deur vind hy sy pad tot by 'n oop venster. +Hier vertoef hy net 'n halwe sekonde, om die suggie van sy vlerke af te +skud, sodat dit binne in die kamer val"! (p. 128). + +Van Von Wielligh is daar 'n soort politieke allegorie, waarin hy dit +regkry om Dr. Jameson vóór die Groot Trek te laat optree. Ook nog 'n +vaderlike predikasie oor blomme: "Eiliewe nee, laat ons hartsnare dan +liewer weerklank vind" ens. (p. 29). Sy gehoor het so fyn geword, dat hy +"_klap_wiekende skoenlappers" (p. 32) ontdek het! + +Drie verhale gebruik die Duits-Suid-Wes-veldtog en verandering van +politieke oortuiging as motief en die meeste is dan ook geskryf tussen +1915 en 1918. + +_Droogte_ van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, _Oog om oog_ is in sy +soort goed. Die gelukkige en treurende paartjies van die meeste verhale +maak geen blywende indruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde +oorsake ook gewyt moet word aan onbekendheid met die tegniek van die +kort verhaal. "More real brains are required for the construction of an +excellent short story than for a hundred pages of many a novel", sê +Harry T. Baker,[300] en die uitspraak bevat seker waarheid. + + +§ 12. Reenen J. van Reenen. + +Reenen J. van Reenen is in 1884 op Calvinia gebore. In 1902 het hy met +sy B.A.-eksamen die eerste Koningin Victoria-beurs aan die S.A. Kollege +behaal. Vier jaar later het hy in Amerika sy studie vir siviele +ingenieur voltooi en na 'n jaar praktiese ondervinding op groot +besproeiingswerke in Nebraska na Suid-Afrika terug gekeer. Gedurende sy +studiejare het hy hom ook op taal en lettere toegelê en reeds van 1898 +af op die tekenkuns. Aan die _Brandwag_-interviewer vertel hy: "Dit was +met die herlewing van die Afrikaanse Taalbeweging, wat in 1915/16 so +sterk gegaan het, dat die skryflus by my opgekom 't. Ek het 'n paar +hoofstukke prosa en verse geskrywe, wat my vrinde hier op Bloemfontein +beval 't. Hulle aanmoediging het my beweeg om _Die Agterstevoortrekkers_ +(1917) uit te gee. Maar gedurende die voorbereiding van dié werk moes ek +toe my ou teorie toepas: n.l. dat die poging om leeslus onder ons volk +op te wek, sal misluk, of in alle geval baie langer sal neem eer dit met +sukses bekroon word, as die leesstof nie geïllustreer is nie."[301] + +Van Reenen is ook 'n kampvegter vir die bestryding van grondverspoeling +en het hom spesiaal gewy aan die studie van die Boesmankuns, nadat hy in +1917 'n voordrag van die skilder Pierneef oor die inboorlingekuns gehoor +het. Ook op die gebied van folklore het hy al interessante ontdekkinge +gedoen. Behalwe die genoemde werk het van hom verskyn _Celestine_ +(1919), en _Verborge Skatte_ (1920), twee bundels sketse; 'n roman: _Die +Lokaas_ (1921) en twee kinderboekies. Hy het ook baie ander werke +geïllustreer. _Die Agterstevoortrekkers_ word in hoofstuk VI bespreek. + +Celestine en Verborge Skatte. + +Dit is twee bundels verhale, hoofsaaklik navolging van Edgar Allan Poe +aan wie _Verborge Skatte_ dan ook opgedra is. _Celestine_ bevat +spookstories, met een waarvan die skrywer in 1903 'n prys behaal 't in +_The South African News_. Dié verhaal, _'n Hopie Bene_, is 'n droom, +maar in die orige word die geheimsinnige element nie verklaar nie, +behalwe in _Tant Annie_. James Russel Lowell het aan Poe toegeken "a +power of influencing the mind of the reader by the impalpable shadows of +mystery".[302] Verder sê hy: "In raising images of horror, also, he has +a strange success; conveying to us sometimes by a dusky hint some +terrible _doubt_ which is the secret of all horror."[303] Dit is wat ons +grotendeels by Van Reenen mis. Sy voorstellinge is te nugter, sy +geheimsinnigheid te deursigtig. Die subtiele realistiese illusie, wat +Poe b.v. in een van sy beste verhale _Ligeia_ skep, lê buite Van Reenen +se bereik. Wie b.v. Poe se nagwake by die lyk van die Lady Rowena +vergelyk met die enigsins analoge situasie in die verhaal _Celestine_ +(p. 30) voel direk, dat dit veral realistiese uitbeelding is, wat by Van +Reenen ontbreek. Poe verstaan die kuns om deur allerlei suggestiewe +besonderhede 'n dodelik beklemmende atmosfeer te skep--Van Reenen noteer +alleen die geheimsinnige feit. Die vergelyking wat Dr. Dorothy +Scarborough tussen Poe en Hoffmann maak, pas ook op Van Reenen "His +(Poe's) horrors have a more awful effect because he is an incomparably +greater artist. He knows the economy of thrills as few have done. His is +the genius of compression, of suggestion."[304] + +Die _Verborge Skatte_ word deur Professor Erts se buitengewone vernuf +ontdek. Die raaiselskrif in _Die Voortrekker se Skat_ is gebaseer op die +van Poe se verhaal, _The Gold-bug_. In _Die Kinderdief_ word gebruik +gemaak van 'n motief, waarop Poe o.a. _The Purloined Letter_ gebou het: +"the intellect suffers to pass unnoticed those considerations which are +too obtrusively and too palpably self-evident. The Minister had +deposited the letter immediately beneath the nose of the whole world, by +way of best preventing any portion of that world from perceiving it." +Ook in die uitwerking van die besonderhede is daar ooreenstemming. + +Van Reenen het 'n aangename verteltoon en sy verhale is verdienstelike +ontspanningslektuur. + +Die Lokaas. + +Gert Vermaak, 'n begaafde weeskind word deur oom Willem en tant Miem +aangeneem. Toe hy ses jaar oud was, kom 'n ontwikkelde Hollandse +skeepskaptein om gesondheidsredene op die Karoplaas woon. Onder sy +leiding word Gert so buitengewoon skerpsinnig, dat dit die +opmerksaamheid van 'n kapitalis trek, wat hom na Europa stuur om vir +advokaat te leer. + +Na sy terugkoms vestig hy hom in Kaapstad en word gou een van die leiers +van die Boereparty. Maar die kapitalis gebruik 'n mooi vrou as lokaas, +en by die stemming oor 'n gewigtige wetsontwerp word Gert ontrou aan sy +party. + + * * * * * + +Voorop moet gestel word, dat die skrywer geen poging doen om die +geleidelik voortskrydende geestelike ontwikkeling van 'n geniale kind te +skets nie. Hy gee alleen "'n loshangende versameling van staaltjies wat +Gert (hom), af en toe in die laaste dertig jaar ... vertel het." Die +skrywer is nie die objektiewe uitbeelder van 'n deurleefde werklikheid +nie, hy is net die verteller van Gert se geskiedenis. Hy self tree +telkens op die voorgrond, spreek "die welwillende leser" toe (p. 29), en +voel hom kort-kort gedronge om brokkies van sy eie wysheid by die +verhaal in te las. Daarom mis dit die warme tinteling van intimiteit, +daarom bly die skrywer maar al te dikwels aan die buitekant van sy +persone. "Dit lyk asof (Gert) teenoor die kaptein voel soos 'n minnaar +teenoor sy nooientjie ... hulle gesprekke was hom heilig en dit sou +heiligskennis wees om dit te publiseer" (p. 29). Alweer die treurige +sluiertaktiek, 'n vyeblaartjie om eie magteloosheid as kunstenaar te +bedek! Is dit dan nie juis die kunstenaar nie, wat met sy wondere +intuïesie moet deurdring tot die heilige der heilige? Die uiterlike +lewensfeite sien ons almal, lees ons daagliks in die krant, maar dit is +die kunstenaar, wat die verborge roersele van die hart moet openbaar. Hy +moet so opgaan in die persoonlikheid van sy figure, dat hy alles _seker +weet_, dat hy die kleinste nuansering van gevoelens en gewaarwordinge +kan ontleed. As hy alleen kan sê: _"Dit lyk asof ..."_ (p. 29), dan +twyfel ons aan die egtheid van sy voorstelling. Hoe moet ons nou met +Gert meelewe, as van die drie belangrikste jare uit sy ontwikkeling +selfs geen "loshangende versameling van staaltjies" meegedeel word nie? +Maar wat wèl verhaal word is, dat die _R.M.S. Tartar_ presies om vieruur +uit Tafelbaai gestoom 't met Gert aan boord en dat hy met die _R.M.S. +Scot_ uit Europa teruggekeer 't! Van die jong advokaat weet ons nie veel +meer dan die plaat by p. 132 ons te sien gee nie--'n jongkêrel soos +duisend ander--geknip uit die eerste die beste kleermakerskatalogus! + +Gelukkig is daar enkele gedeeltes waar Van Reenen nie alleen die +verteller nie, maar Gert self is. Die uitmekaarhalery van Oom Willem se +oorlosie (p. 19-20), die waterlei in die nag (p. 40) en nog ander +toneeltjies uit Gert se kinderjare toon, dat die skrywer 'n fyn +psigologiese insig het. Dit geld ook van die manier, waarop Gert sy +besluit neem om Stella nie op te gee nie. Hoe treffend-juis is dit +gesien om die nesmakende duiwe die deurslag aan sy redenasies te laat +gee! Maar die mooi gestileerde sinne, wat Gert se dink-taal moet +voorstel is weer van Van Reenen. Ook enkele gelukkige trekke in Tant +Miem en Oom Willem toon, dat die skrywer 'n taamlike uitbeeldingsvermoë +het. Maar dit is alles so fragmentaries, dat die persone tog vaag bly. +So word die planne van die intrigerende kapitalis met dieselfde +behendigheid as in _Verborge Skatte_ uitgewerk, maar daar is weinig +aanduiding, dat hy behalwe draadtrekker ook _mens_ is. + +Gert is blykbaar 'n uitsonderingsfiguur, maar selfs so beskou, is daar +enkele trekke in sy karakter, wat wys op 'n verdraaide psigologie. Op p. +24 word ons verseker: "Soos 'n openbaring ... word sy volksbewussyn +skielik gebore". Hy is nog maar ses jaar oud, maar omdat hy so 'n +talentvolle knapie is, wil ons dit aanneem. Ongeveer ses of sewe jaar +later hoor ons egter: "Volksbewussyn sal hy maar ontwikkel in die +vreemde lande wat hy later sal deurreis" (p. 68). Afgesien van die +teëspraak is die voorstelling hier absoluut vals, want daar is geen +enkele jongeman van twaalf of dertien jaar nie wat, selfs al begryp hy +die abstrakte idee ook, so 'n wonderlike besluit kan neem. En die +wysgerige bespieëlinge op p. 52-53 is geen "raaisel" nie, maar eenvoudig +gedagtes van die skrywer self, wat hy aan die twaalfjarige knapie +opdring. + +As voorbeeld van die swak tegniek kan aangehaal word, dat deur die lang +uitweiding op p. 11-12 die spelende Gertjie skoon vergeet raak. Net so +gaan dit met die kaptein. "Ons durf darem nie langer by hierdie +interessante woordkuns vertoef nie, want ons vriend die seevaarder wag +nog al die tyd vir ons op die drumpel van die voordeur ..." (p. 16). Op +p. 22 heet dit: "Maar ek loop my verhaal verby, en ons moet eers weer 'n +bietjie terugkeer." + +Van Reenen het 'n los, gemaklik-vloeiende styl, wat egter weinig +persoonliks het. Beeldspraak gebruik hy maar selde; die "verdraaide +beeld" op p. 139 is nie gelukkig nie, en die "spatsels van die smeer van +die misvloer" wat mens aan golwe laat dink nog minder (p. 66). Die +"liefdesbeker" (p. 52) ken ons al van toeka se dae af! "In hierdie dae +begin Gertjie al in brein en liggaam tamelik uitrek" (p. 39)--'n pynlike +proses, wat mens aan die inkwisiesie laat dink! Verkeerd is: "Maar die +werk wat hy gedoen het, gee 'n _weerkaatsing_ in sy professionele werk" +(p. 92). Veral in _Verborge Skatte_ is die anglisismes volop. "Toe ek my +op my ou dag geskilder het as omring deur 'n kring talryke kinders (p. +112); om hande op die skobbejakke te lê (p. 151); Alles wys daarheen +...; Kan ek vanaand ... met my kollega opkom?" (p. 154) ens. In +_Celestine_ kom o.a. voor: "Gelukkig had ek nie lank te wag ... (p. 93); +van êrens ... val daar 'n geweldige hou (p. 33); haar brood en botter +verdien" (p. 20). + + +§ 13. Léon Maré. + +H.L.F. Maré is in 1889 op Pietersburg gebore. Na 1902 het hy o.a. op +Wellington en Pretoria sy opvoeding voortgeset. Maar hy moes al gou sy +eie potjie skraap en toe het hy, terwyl hy in die posdiens was, privaat +gewerk vir Skool-Hoër. Hy is nou amptenaar in die Uniegebou, Pretoria. +Party van sy eerste stukke het in Nederlands verskyn. Van 1911 af is hy +'n troue medewerker van _Die Brandwag_ gewees. Van hom het verskyn: _Die +Nuwejaarsfees op Palmietfontein_ (1918) en _Ou Malkop_. Laasgenoemde is +bekroon met die Hertzog-prys van die Akademie (1919)[305]. + +Die Nuwejaarsfees, (1918). + +Léon Maré is een van die weinige Afrikaanse skrywers by wie die +awontuur bysaak en die mens hoofsaak is. 'n Armsalige putgrawertjie, wat +deur 'n harde rotsrif skade ly, 'n houtryer op weg na die mark met 'n +vrag--sulke eenvoudige motiewe gebruik hy vir verhale. Tog leer ons Toot +veel beter ken in die omvang van 'n kort verhaal, dan al die +brawe-Hendrik helde van die awontuur-romans, wat hemel en aarde beweeg +deur hul buitengewone dade. Léon Maré besit die gawe om sy karakters te +laat lewe, só te laat lewe, dat mens hul asem op jou aangesig voel. Deur +die tekening van allerlei uiterlike eienaardigheidjies, +gelaatsuitdrukking, gebare, ens. sien ons hul vlak voor ons staan. +Terselfdertyd openbaar hy in sy beste stukke 'n indenkingvermoë, wat hom +in staat stel om selfs die fluistergeheimpies van 'n mensehart te +verstaan, deur te dring tot die diepste kern daarvan en al die +begeertes, stemminge en lewensaanvoelinge uit te beeld. Deur ligte +aanwaaisels van allerlei herinneringe laat hy ons heel die verlede van +sy figure begryp, terwyl ook die inwerking van hul omgewing plasties +voorgestel word. Selfs waar hy romantiese gegewens kies, soos in die +oorlogsverhale is dit tog altyd meer die mense, as hul awontuurlike +ondervindinge, wat Maré interesseer. Met hoeveel liefde verwyl hy nie in +_Die Kommandeer van Japie Moolman_ by allerlei besonderheidjies, die +aanval van die waghond, die trappery op die kat, ens. Soms is sy +tafreeltjies 'n byna dood-nugter kopie van die gewone lewe en tog +ontroer dit omdat deur die beskrywing so iets warm-mensliks huiwer. Daar +is b.v. die inmekaar gekrimpte Toot op die putwal (p. 152)[306] met sy +brood en koffie; langs hom sy verkluimde seuntjie. Hoe suiwer en eg word +die outjie se kindergedagtes weergegee! Dan weer Toot in sy huur-kamers, +met 'n konsertiena op die knie, of besig om 'n kinderskoentjie heel te +maak. Goed gesien is dit ook om Outa Booi na die oorlog op Japie Moolman +se geroeste ploeg te laat afkom (p. 85). Deur sulke eenvoudige middels +bereik die skrywer sy doel. Met tallose klein handelinge bou hy vir ons +'n lewende mosaïek. + +Op iedere pagina gee hy blyke van fyn waarneming. Hy het gesien hoe +die wind met die ou ooms se baard speel, hoe die stoffies agter 'n +galopperende ruiter uitslaan en wegkwyn, hoe die wagvure opflikker en +fantastiese skaduwees ronddans. Vir al die wisselinge in die natuur +het hy 'n ope oog--vir die songetinte wolke, die wasige mis op die +bergrande, die wondere van die sterrehemel. Ook weet hy hoe die +steenbokkie "sy eerste bekkie vol soet gras onderuit 'n graspol" +afknyp (p. 195), hoe die rysmiere uit hul gaatjies glip, hoe die +muggies "in sirkels van tallose spikkeltjies wals en sigsag ... oor +waterpoele" (p. 102). Telkens weef hy mooi stemmingsstukkies inmekaar, +gee hy met 'n paar trekke die atmosfeer so duidelik aan, dat dit die +werklikheidsillusie versterk. + +Altyd geluk dit hom natuurlik nie. Hy is te veel geneig om iedere keer +weer te praat van _gordyn, disk, karmosyn, silhoeëtteer_, ens. Op p. 42 +las hy op storende wyse 'n kwasi-astronomiese opmerking in: "Die klein +fonkelende sterretjies is ligte van die eindelose Planete-wêreld ..." +ens. Grotendeels misluk is ook die tekening van Annie Bester voor die ou +harmonium: "In die voorhuiskamer, voor 'n oopgetrekte vensterraam ..." +ens (p. 37-38). Uit allerlei klein besonderhede blyk dat Maré die +toneeltjie alleen as toeskouer beskryf.[307] + +In _Die Nuwejaarsfees_ word die vrolikheid van 'n klomp olifantjagters, +met forse trekke geteken. Die kaskenades van Oom Klaas, wat 'n ankertjie +egte brandewyn op slinkse wyse bespring, is goed beskryf. _Annie Bester, +Japie Moolman, Freek en sy perd Bles_ behandel episodes uit die +vryheidsoorlog. In _Wrange Vrugte_ word 'n geeerde volksraadslid deur +kindergebabbel en die afskietery van klappers op Krismisaand aan sy +verraad in dieselfde oorlog herinner. Die skets gee blyk van 'n goeie +psigologiese insig. Die afskeid van voortrekkers aan Dassieshoek in die +ou Kolonie en die rit van Frans Malan om die laers vir Dingaan te +waarsku, word in twee sketse beskryf. _Die Stem van die ou +Kafferkraal-Murasies_ is 'n poging om die mentaliteit van 'n +Soeloesoldaat te teken, 'n poging, wat herhaal word in _Soeloe-Eer_ uit +die bundel _Ou Malkop_. _Moebie_ vertel van die tobbery van 'n +kaffermoeder oor haar seun, wat toevalle kry en _Joggem Helberg_ is 'n +jongkêrel, wat in 1863 deur leeus verskeur word. Die eerste druk van +_Die Nuwejaarsfees_ het ook nog bevat 'n retoriese beskrywing van 'n +storm, wat met reg by die twede druk weggelaat is. Drie nuwe verhale, +_Wrange Vrugte, Moebie_ en _Joggem Helberg_ het daarvoor in die plaas +gekom, terwyl tallose taal- en stylverbeteringe gemaak is. + +Onvoldoende taalkennis gee Maré se werk 'n lelike knou. Hy maak foute, +wat skooljongens kan verbeter. Sy interpunksie is swak, sy spelling +treurig. Hy skryf b.v. _lysels, geoeffende, vors_ (fors), _vergaarderde, +gesannikie_, ens. Die dubbele negatief ontbreek dikwels en anglisismes +is volop o.a. "die hele van die ander dag (p. 42); een onheil, wat moet +plaas neem (p. 56); 'n menende knik (p. 60); afwerk (p. 92); twee meer +veldstoele (p. 105); (ek) lei die weg soheentoe (p. 138); opgelig (p. +141); hy gee 'n ander gapie (p. 148); gesette kake (p. 193); as die +vlamme ... opflaar (p. 201); haar bors ... hewe op en af (p. 225); (hy) +rys hom uit sy sitplek (p. 61); toe het bloedvergiftiging in die been +gesit" (p. 217) ens. ens. Woordskikking en verbuiging van byvoeglike +naamwoorde is dikwels gebrekkig, b.v. "En hy word gou agterna gevolg, na +die plek van bestemming, _goed of sleg_, deur sy troue manskappe (p. +78); deftig_e_ geklede dames (p. 157); 'n spoelende en bruisend, kristal +stroom water (p. 102). + +Die opdrag om 'n kort skets te skryf, waarin die woorde _alleenliks_ en +_nouliks nog_ nie mag voorkom nie sou seker vir Maré die swaarste straf +wees. Tot vervelens toe prop hy dié woorde in alle hoekies en gaatjies, +en naderhand weet hy absoluut nie meer, wat hul eintlik beteken nie! In +_Ou Malkop_ kom selfs voor _uiteindeliks_ (p. 145), _oogverblindeliks_! +(p. 148), _natuurliks_ (p. 195), en die volgende: "Guillaumet kan geen +woord uitkry van verbasenheid (!) nie en blik die gouverneur _alleenliks +net_ meer in verwondering aan" (p. 198). + +Foutiewe meervoudige vorms soos die volgende kom voor: lofliede (p. +178), sugge (p. 95), streeltjies (p. 94), wandels (p. 131), getjilpe, +gefluite, gebruise (p. 43, 45, 52) ens. Die werkwoord word verkeerd +gebruik in: "Die son kom agter die koppie uit en _skitter_ strale van +goud oor ... (p. 101); 'n vensterraam, waardeur 'n groot hanglamp sy +breë wit lig ... na buite ... _stroom_ (p. 37); tante _sweef_ haar arms +so voor haar uit ... (p. 35). Maar hy _gewaarword_ nie 'n meisie nie (p. +75); Towenaars alleen _woon_ so 'n kluisenaarslewe (p. 131); deur sy +fluksheid het hy gou _bevorder_ tot kommandant ... (p. 209); Uit die +gewoel ... _hef_ 'n nat voorhoof omhoog (p. 211); agtervolg (p. 60); die +doudruppels ... blink en skitter en _rol_ boomstamme orals _af_" (p. +54). + +Lomp, of heeltemal onverstaanbaar is o.a. die volgende: "Haar gemoed +skiet haar diep (p. 60); Die grasdak ... skep nuwe herinneringe ... te +voorskyn (p. 98); met 'n gefynde oor (p. 79); Ek worstel om van 'n +betowerende wilskrag los te kom (p. 123); 'n stulpende onderaardse skok +(p. 141); 'n Vaal hond ... vlieg ... uit sy skuilplek, haal-haal oor die +gedraai of die ruiter hou-hou met sy karwats agtertoe ... (p. 61); die +vroutjie ... word veronderstel deur haar rokende man langs aan (p. 152); +die agent is toegehul in die geheime; deur al sy omgewings van grootheid +en deftigheid, word geen ondersoek ingestel nie ... (p. 155); nog 'n +terugdeinsende tree vorentoe" (p. 228). + +Die volgende rariteite gebruik Maré ook: geheelal (p. 42); die +_toeskou_ van so 'n klomp waens ... het 'n dagbreek-oujaarsmore net +toepaslik gekleur (p. 14); gewigte rapport (p. 40); 'n staanbeeld +uitgehou in graniet (p. 43); met opgestrekte lippe (p. 56); wyshooftig +(p. 70); diep bewoog (p. 72); Die jonge rapportganger ... arriveer terug +(p. 114); opgedoste krygsmanne (p. 125); sissende-vurige dinamiet +lonte[308] (p. 141). + +Hoe die skrywer soms sukkel, blyk uit die volgende. In die eerste druk +kom voor: "'n toegerankte grennadella stoepie" (p. 43). Dit word in die +twede druk: "'n grenadella gerankte stoep"! (p. 44). Op p. 122 kry ons +weer "'n toegerankte grenadella-veranda".[309] + +Soms is daar iets telegramagtigs in die styl, meestal veroorsaak deur +die veelvuldige gebruik van verlede deelwoorde. Wanneer Ter Blanche die +voorhuiskamer beskou, lees ons: "'n Mooi aardige skulpaddoppie kom +eindelik onder oog, _opgestaan en oorgetree, en_ dit word gou opgetel +van die tafeltjie, waar 'n groen kleedjie netjies oorgetrek is, _en_ +waarop 'n groot lamp met 'n kleurige oorglas staan, _en_ dit word +noukeurig beskou _en_ bewonder." (p. 56.) Dit is 'n tiepiese voorbeeld +van Maré se verwarde, inmekaargedrukte sinne, slordig aanmekaar +gekoppel. Sulke _en-en_-reekse is daar soos bossies. "_En_ eindelik +sissend _en_ stomend verlaat die lokomotief die treinstasie stadig, _en_ +onder 'n geween _en_ geskreeu van "hoeré!" _en_ hoede in die lug +opgegooi. _En sy_(!) trek voort, _en_ nouliks ... ens." (p. 68). Dat die +koppelwoord naderhand glad geen betekenis meer het nie, of heeltemal +verkeerd gebruik word, blyk uit sinne soos die volgende: "Onderwyl hy +besig is, kom die diensmeisie binne, _en_ met 'n silwer teepot, en +sinese koppies en pierings ... (p. 151); Behalwe vir 'n paar opmerkinge +nog oor die mooi onweer, wat diekant in die lug lê, _en_ die seun gaan +haastig vooruit ..." (p. 65). Ook _hul-hul_-sinne kom voor. "Menige van +die burgers ... is ... in _hul_ distrik teruggekeer as versterking, maar +hoewel in _hul_ eie deel van _hul_ land, was _hulle_ geskei van _hul_ +famielie-betrekkinge, want _hul_ plase was so kaal ... en _hul_ +famielies was almal _in_gevoer deur die vyand na die kampe ..." (p. 69). +Daar is nog meer sulke herhalings, wat aantoon, dat Maré se klankgevoel +soms erg gebrekkig is. "Bo op die kruin ... bars die son deur ... _en +verlig_ met uitgespreide trillende strale die gras_toppe_ van die +berg_toppe_, _en verlig_ donkere spelonke _op_(!) (p. 195). Maar hy +gewaarword (!) nie 'n meisie nie wat buite_kant_ _kamp_ drade die_kant_, +op haar knieë neersak, haar hande tesame omhoog _vou_, ver_trou_end op +na die _troue_ heldere wagtertjies bo haar kyk (p. 75); Skerp flikker +die staal mes voor aan die punt van sy ge_weer weer_ ... (p. 76); 'n +gekletter van _perde_pote van verwilderde _perde_" (p. 49). Maré is ook +te lief vir langdradige omskrywings, wat soos 'n remskoen op sy +verhaalgang werk. As ons lank al weet wie Annie is, dan hoor ons nog +altyd van "Oom Andries Bester se dogter Annie" of "oom se dogter", (o.a. +p 37, 38). + +Nog 'n paar staaltjies van die skrywer se gebrekkige uitdrukkingsvermoë: +"Die tyd tree weer met haar sikkel soos gewoonlik in, en die uur of so +se vereniging hier word ook eindelik weer die verwyderde sny gegee[310] +(p. 73); Daar verlos hy hom gou van sy swaar dik winter jas (p. 147); +baie hartseer luister die oubaas na die laaste koei vanaand op die plaas +se melk ... (p. 93); die generaal halt voor en klim uit sy saal, die +manskappe uit hul saals, en nouliks is al die tooms versamel of 'n paar +burgers kyk voor vasgehoude perde hul maats agter, wat so agter die +leiers aan wegtree, met hul mousers (p. 72); Dan maak ou oom en sy troue +oujong Jonathan stoele en rusbanke uit aardige houtsny uit stinkhout ... +(p. 203); Die hele dorp spring in wakkerte" (p. 80). + +Daar is ook voorbeelde van afgeslyte beeldspraak soos: "deurboorde harte +(p. 74 en 100); eindelik sprei die duisternis ... soos 'n swart kleed +wat neerval (p. 72); die bytende tand (p. 78); die hamer van Tyd" (p. +95). Komiek word dit wanneer ons hoor: "haar bors bewe meteens op en +neer soos die rustelose golwe van die see"!! (p. 60). + +Maar ten spyte van sulke opvallende stylgebreke ontroer Maré se prosa +ons tog, omdat, soos Jan Celliers tereg opmerk in sy voorwoord, hy +"dinge so gesien en gesê het as nog geen ander skrywer in ons land nie". +Sy krag lê nie in die tekening van groot-opgesette tonele nie; dit is +die vlugge vegies, waarmee hy op verrassende wyse 'n realiteits-illusie +kan skep. In sy beste werk is daar 'n innigheid, wat die kleinste +voorval beglans met 'n sagte en suiwer lig. Dan klink daar ook op in sy +sinne 'n sterk persoonlike aksent, dan vind hy die juiste woorde om sy +emosie te vertolk. Dit is 'n gebrek aan tegniese vaardigheid, wat sy +werk hier en daar soos skooljongens-geskryf laat lyk. + +Dié gebrek is in sy twede bundel + +Ou Malkop + +só markant, dat mens nie anders dan van _taalgemors_ kan praat nie. +Voorbeelde daarvan staan op byna iedere pagina, en sitate word feitlik +oorbodig. Heeltemal misluk is die beskrywing van die ontsporing van die +Engelse trein (p. 41-42). "Hy kom aangestoom en aangedroom op sy +masjienery en hardloop los vooruit met alle krag en verdelgende mag.... +Die bodem van die aarde tril! Dis of die sterre in hul blou firmament +gril met iedere naderende stamp en uit hul gewelf wil losbeef!... 'n +Gehom-mmm! van raddewerk van masjienery!--en meteens! 'n lang ry +swart-kamers hol dol en ril duiselig oë verby!--'n groot windvlaag skep +alles op onder die kranksinnige gedruis! 'n Stulpende onderaardse skok!! +'n donderende donderslag!! en daar omrol 'n stuk swaar ysterwerk soos 'n +kanon in die lug" (p. 42). Dit is magtelose gestamel met viesie- en +taalverknoeiing, wat in die historiese skets _Etienne Barbier_ 'n +toppunt bereik en soms geheel onverstaanbaar word. "Mnr. Guillaumet gryp +_sy_ musiek in die een hand fermer, laat _sy_ krullende kop effens op +_sy_ skouer val en _sy_ basstem rol uit _sy_ breë bors: + + Ons blink gespande snare! + Saam 't stem van sangster's hare; + Roep my hart van Cabo's kuste walm + Terug na Nederlandse strande kalm! + +_En_ daar volg handeklappies onder 'n toejuiging, _en_ deur twenk! +twenk! snare alweer _en_ 'n basstem klink ernstig deur...." (p. 168). + +Enkele staaltjies moet nog gegee word om aan te toon hoe Maré se taal +en styl verwilder het: "Die skaduwees dans en flonker hier en daar (p. +11); hy roep protestend deur 'n bol rook (p. 21); Uitgestrekte liggame +van slapende burgers is gedompel en verswak in die diepte van die nag se +boesem (p. 33); 'n opgeheefde sabel (p. 43); en nouliks of hy 's te +voorskyn gekom om te ontwapend (p. 44); met verslaagde oë (p. 53); ek +(het) my die vraag al gesit (p. 72); waar ... hiënas eentonig in +monotoon af en toe tjank (p. 81); ou Loftus ... wat 'n groot moege +glimlag vir hulle dra (p. 128); in 'n verre afwykte land (p. 133); +Borste hewe op en af ... (p. 142); die jagveld (is) nog in die luim van +die vroeë stilte gedompel (p. 154); Die meisie aan die sy van G. tree +die ontvlugte man uit die kasteel te voorskyn (p. 181); Vir 'n oomblik +is die voorgeneemde moordenaar ... in al sy ruheid gestem (p. 190); En +die aand laat, toe daar nog 'n tippie roesrooi in die verre geskiet +langs die verhewende bergkruine opskemer ..." (p. 200). + +Dit alles en veel wat nog erger is staan in die boek wat _mirabile +dictu_ in die jaar onses Heren 1919 deur die Suid-Afrikaanse Akademie +vir =Taal=, =Lettere= en =Kuns= bekroon is met die Hertzogprys! + +Hier en daar is natuurlik nog enkele gelukkige trekke, wat ons aan die +skrywer van _Die Putgrawer_ herinner. Veral in _Fekkie_, die verhaal van +'n blomverkoopstertjie en _O so 'n harde Hart_, waarin die besoekers van +'n kantien geteken word, is daar goeie gedeeltes. _Die Liefling van die +Korps_ gee 'n skildering van die kommando-lewe; _'n Wonderlike Ongeluk_ +en _Die ou Poskoets_ voer ons terug na die ou dae. In 'n brief aan _Die +Burger_ praat Maré van "die onuitputlike bron van die lewes van ons +gewesene Afrikaners" en dit blyk dat veral "die stoere ou +olifants-jagters van 1861 se dae" hom aantrek. "In die algemeen is die +rigting van my strewe om al die goudgeel sonstraaltjies van die verlede +van ons voorgeslagte te herroep en te trag om dit vars te laat bly in +die geheues van ons jong geslag."[311] + +In die skets _Ou Malkop_ word moralisasies van die skrywer tussen die +gepeins van die kaffer ingevleg en op p. 150 is daar 'n uitweiding oor +"die ou dae". In _Eensame Prospektors_ is die dialoog onnatuurlik.[312] +Ook in sy portret-tipiek is Maré nie gelukkig nie. As ons lees op p. 82, +dat Van der Walt 'n "dik gedraaide swart buffel-horing snor" het, en as +hy lag "geluide maak soos wat kom van wegdrentelende makoue" (p. 92), +dan ontstaan daar al twyfel; wanneer ons enige pagina's verder hoor, dat +Hoard "'n stywe snor oor die bo-lip soos gevoude swawelvlerkies" het (p. +100), dan versterk dit die suspiesie, dat die opsetlik bedagte kenmerke +meer van 'n lomp toneelspeler afgekyk is, dan na die lewe geteken. + +Sal Maré na 'n paar jaar ernstige studie alle tegniese moeilikhede +oorwin, en ons 'n kunswerk van rype voldragenheid aanbied? Dan vergeet +ons sy jeugdige _malkop_-onderneming, ten spyte van die +onsterflikheidsstempel van die Akademie. + + +§ 14. D.P. du Toit. + +D.P. du Toit is 'n afstammeling van die Du Toits Van Daljosafat, waar hy +groot geword 't. Sy moeder was 'n suster van Ds. S.J. du Toit. Omdat sy +gesondheid toe nie teen plaaswerk bestand was nie, het hy van 1891 af +onder Ds. S.J. du Toit gewerk op die redaksie van _Di Patriot_ en ander +blaaie. In 1896 was hy sekretaris van die eerste Afrikaanse Taalkongres +in die Pêrel en _Ons Kleintji_ het hy feitlik geredigeer onder toesig +van Ds. S.J. du Toit. Later was hy aan verskillende krante verbind, by +_Het Westen_ o.a. as redakteur. Sedert die oprigting van _Die Burger_ is +hy een van die subredakteure van die blad. + +Een van sy toneelstukke, _Die Bedriegers_ is in 1893 geskryf. Wanneer +Melt Brink se toneelwerk buiten beskouing bly, dan is dit die eerste +Afrikaanse stuk wat gedruk en opgevoer is.[313] Op Somerset-Oos is dit +vir die eerste maal gespeel. Van Du Toit het verder verskyn die +toneelstukke _Geldsug of Jaloesie_ en _Die Herwonne Koninkryk_; 'n +roman, _Sy Pa se Skuld_ (1918) en 'n bundel grappige versies +_Treinnonsens_ (1922). + +Sy Pa se Skuld. + +Lina trou teen haar vader se sin met Fred, 'n volbloed skurk, wat met +die huwelik sy finansiële ondergang wil voorkom. Sy word onterf en Fred +moet vlug na 'n hele reeks misdade. Sy seun, Gert boet vir die misdade +van sy vader en word in sy liefde gedwarsboom. Op die ou end kom alles +tog reg en selfs die berouvolle Fred word in sy eer herstel. + +Du Toit doen wel 'n poging om deur te dring tot die innerlike lewe van +sy karakters, maar vir die uitbeelding van 'n geweldige psigologiese +kriesis is hy te huiwerig. "Dis te heilig, ons mag nie probeer om dit na +te speur nie" (p. 99); "Die afskeid sal ons egter nie trag te beskrywe +nie, eenvoudig omdat dit nie kan beskrywe word nie"[314] (p. 113). Op +dieselfde manier glip hy oor die smart wat Gert en Lorrie uitstaan as +gevolg van die vervalste briewe. Dit is nie 'n deurleefde verhaal nie, +waarin die roersele van 'n mensehart blootgelê word. Du Toit beskou sy +persone meestal op 'n afstand as belangstellende toeskouer. "Terwyl hy +daar agter die randjie ry, raak hy ons ook uit die gesig" (p. 106). Die +handeling word nie direk in plastiese vorm gegiet nie, sodat iedere +leser onmiddellik sien en hoor wat daar gebeur. Die skrywer self is +telkens aan die woord en deur sy nugter opmerkings en prekerige +uitweidings kom die gebeurde tot ons langs 'n groot ompad, sodat dit nie +tot werklikheid kan vergroei nie. "Nou dis nie nodig om die twee nes hul +skaduwee te agtervolg nie...." (p. 48). "Die betrokke persone het ons +heeltemal uit die oog geraak" (p. 144). Daar is meer sulke aanduidings +van gebrekkige tegniek.[315] Die preek oor die teks "Ik stond op het +zand der zee" is 'n nuttelose uitweiding en die lang beskrywing van die +viskopery net so. Die skrywer vertel ons self ewe naïef, dat Gert en +Lorrie "ook maar bloed weinig van die hele toneel gesien het"! (p. 151). + +Besonder omslagtig is Du Toit se verhaaltrant dikwels. 'n Enkele keer +besef hy dit self: "Dog ons sal nie op haar hande staan en kyk om te +sien hoe sy werk nie." ens. (p. 51.) Hy vermoei deur 'n langdradige +opsomming van allerlei onbelangrike besonderheidjies (vgl. b.v. p. 212), +terwyl ook die gesprekke met reportage-noukeurigheid weergegee word. + +Die styl verraai die hand van die geoefende joernalis, wat met gemak sy +sinne aanmekaar ryg, sonder juis te streef na skoonheid van klank. Maar +selfs die haastige joernalis mag nie sulke sinne soos die volgende +neerskryf nie: "Hy herinner hom nou goed, so duidelik as kan wees, dat, +toe hy gistraand sy tabaksak uit die sak wou haal sy sakdoek bo-op die +tabaksak in sy sak was, dat hy toe die sakdoek eers uitgehaal het en toe +die tabaksak en toe weer die sakdoek in sy sak gesteek het, en na hy sy +pyp gestop het, het hy die tabaksak somar so onverskillig bo-op die +sakdoek in sy sak gesteek." (p. 104)[316] Maar sulke sinne is gelukkig +uitsondering en die styl is deurgaans helder en goed versorg. Om dié +rede veral moet die roman, ofskoon dit geen aanspraak kan maak op hoë +letterkundige verdienste nie een van die leesbaarste Afrikaanse romans +genoem word. "'n Rousteen vir die binnemure" noem die skrywer sy werk +met goeie selfkennis in die voorrede. Voorlopig kan ons sulke roustene +nog goed gebruik, al bestaan daar gegronde rede om te vrees, dat dit +mettertyd sal verbrokkel. + +As 'n voorbeeld van Du Toit se beeldspraak kan die volgende dien: "'n +Vat kan maar 'n sekere hoeveelheid hou. Pomp jy daar meer in, dan loop +dit oor. So is ook die menslike gemoed." (p. 87.) + +Engelse invloed blyk uit die volgende: "'n Man van professie (p. 178); +dit help nie vir ons om oor gestorte melk te huil nie (p. 190); tot my +dooddag toe (p. 207); 'n buig" (p. 160). + + +§ 15. A. du Biel. + +A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik +Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in "die bittere +publieke skool van die lewe" het hy al sy kennis opgedoen. Van sy +twaalfde jaar af het hy baie gelees en van kleins af met sy vader lang +reise gedoen. Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir +homself 'n bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir sy ouers +ook op hom geval. + +_Getrou_ het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf.[317] +_Die Misdade van die Vaders_ het in 1919 verskyn. 'n Nuwe roman, _Kain_, +wat oor die periode 1870-80 handel is nou in die pers. Op die oomblik +verskyn in afleweringe _Oor Berg en Vlakte of Onder die Vierkleur_, 'n +verhaal vir die jeug, in die eerste nommer waarvan "pakkende awonture" +in vooruitsig gestel word. + +Die letterkunde beskou Du Biel as "die kragtigste wapen om ons volkie te +ontwikkel". Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika +op te wek. + +Getrou. + +Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk, +Holland en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so +swak aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees 't. Moet die +praatjies oor Lodewyk XIV, die "prag en praal van Versailles" en 'n paar +armsalige _ma chère's_ ons nou onder die indruk bring, dat ons in +Frankryk verkeer? Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit +in aanraking nie, en die historiese vliesie is baie dun. Met 'n +komieklike naïwiteit vertel Du Biel ons in beeldspraak, wat baie op die +van Von Wielligh gelyk, hoe hy gesukkel het om "Vader Tyd se rytuig" te +laat stil hou! (p. 142). "Dit neem dan ook heelwat inspanning van die +verbeeldingskrag om die plek voor te stel soos dit twee eeue gelede was, +want die meedoënlose hand van vooruitgang spaar nie die oudhede nie" (p. +141). Dat die koms van die Hugenote was "die stigting van die Afrikaanse +volk" (p. 127), is 'n onjuiste bewering. Verrassend is die meedeling, +dat die sewentiende eeu veral die eeu was "waarin die hele wêreld sy eie +sienswyse wou handhaaf ten spyte van Kristelike liefde, van reg--ja, ten +spyte van die Almagtige" (p. 147). Ook die volgende slaan ons heeltemal +dronk: "As ons die Amerikaanse volk beskou ... dan vind ons oral 'n diep +bewussyn van die majesteit van die Allerhoogste" (p. 127). Sulke +bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n primitiewe historiese insig +het. + +Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. "So 'n +man was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak +sy lewensgeskiedenis was" (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan +pas hy die welbekende _sluier-taktiek_ toe! "Wel, leser, ons sal die +twee vanaand nie verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens +wat te heilig is om aan vreemde oë te ontbloot" (p. 30).[318] Gedurig +dring die skrywer homself op die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n +teologiese student en gebruik selfs die dialoog vir sedekundige +verhandelinge.[319] Die twee "ou seerobbe", wat op p. 160 begin te +praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou die sewejarige +Marie van Henri se storie (p. 15-20) verstaan het? + +Die verhaal is van die _Johannes van Wyk_-soort--'n aaneenstrengeling +van awonture--soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheld, wat +wondere verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat +sidder. Die skurk is "nie geheel sleg nie--geen mens is" (p. 99).[320] +Tog kom daar van die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van +liefde is vir Du Biel eenvoudig. "Daar is diepe agting in haar hart vir +haar vriend--'n agting wat besig is om in liefde te verander: _die +enigste weg_ waarlangs 'n edele liefde kan ontstaan"! (p. 53)[321] Die +ingewikkeldste psigologiese prosesse word ons in een sinnetjie +meegedeel. "In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n man geword" (p. +38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus nie bestaan nie, +skyn hy aan heeltemal goeies tog te geloof, want Van Bergen is stroperig +braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok het nie. +Potsierlik is veral die toneel met Juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.) + +Die Misdade van die Vaders. + +Veel beter geslaag is _Die Misdade van die Vaders_. Hier is die skrywer +op meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die +Voortrekker-periode. Jan Alpenveld, 'n misdadiger besluit om aan die +Kaap 'n fatsoenlike lewe te begin. Met sy hoflike maniere verower hy die +hart van Annie Bester, 'n eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van +Petrus Liebenberg, wat verloof was aan sy seun Tjaart. As Oom Petrus +beswaar maak teen die huwelik, vlug Annie met Jan Kaap toe. Annie is die +dogter van "'n roekelose kêrel en 'n hopelose dronkaard" (p. 11 2^de +druk). "Die Heilige Skrif is vir (Liebenberg) 'n lewendige wet en hy +trag om dit letterlik te volg". Na Annie se vlug sny hy haar naam uit +die famielie-register voor in die Bybel en lees daaruit die vervloeking +plegtig voor: "Die de misdaad der vaderen bezoek aan de kinderen, aan +het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij haten." Jan Alpenveld +raak na enige tyd in die hande van die gereg maar tussen sy seun, +Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie ontstaan weer 'n liefdesbetrekking, +wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek alleen na die +woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot dienste aan die +Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg met die +Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die van +die liefde is. + +Twee motiewe uit _Getrou_ word nog 'n keer gebruik. Soos Annette in +haar eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi +praatjies van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner +lewe in Kaapstad en die vername houding van "Graaf Alpenveld". Van +Bergen bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend +word, Alpenveld net so. Die geheimsinnige "Verdwynende Boerewag" is 'n +knap verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van +gifbrakende monsters veg hy teen leeus; die skone dame word nie uit 'n +onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut +van 'n Kafferkaptein. + +Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjies; die vrymaking van +die slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse +van die Engelse sendelinge word bespreek, 'n Poging word gedoen om dit +alles binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings +is kort. "Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel ... en dit is +ook geskiedenis." (p. 124). Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal +tog nie daarin slaag om ons in die volle werklikheid van die +Voortrekkertydperk te plaas nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van sy +gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou gedurig 'n praatjie met die +leser, gee beskouings oor die gedrag van die karakters, las sedekundige +prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop oor drie geslagte, maar +daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al die bewoners van Uitkyk. +Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag geteken word. Selfs waar +dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o.a. met Lenie, kry ons selde die +indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen het. Lenie word ons op +p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker, dat haar vader die +"kundigheid"(!) waardeer, ofskoon ons van die waardering nooit iets merk +nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer aan Lenie se digterskap +herinner en 'n gediggie "wat sy in dié dae gemaak het" word meegedeel. +"In die dae" is net voor die Groot Trek, maar op p. 141 word ons +vertel--dis nou 'n goeie paar maande later--dat van dieselfde gedig, wat +ons al klaar gelees het nog net "enkele reëls" geskryf is! Deur sulke +onhandige sette[322] is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde +persone altyd sien Meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter +Theal, Cory en ander historisie! + +"In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel +in al sy naaktheid...." (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie, +wat so dikwels in _Getrou_ voorkom.[323] Van wat in die siel van +Nikolaas en Lenie omgaan na die indrukwekkende vervloeking deur Oom +Tjaart hoor ons weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas +"lyk jare ouer: die gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in +plaas daarvan staat erns geskrywe" (p. 98).--"Arme Lenie! Sy is nou maar +slegs die gees van wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik +op haar gesig is onvergeetlik" (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel +beter in om ons te laat voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas +tevergeefs stry. Die vloek wat op hom rus deur sy geboorte kan selfs +deur sy dapperste dade nie weggeneem word nie. "Die misdade van sy +vaders" maak 'n volkome rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en +dat hy sy lewe opoffer vir dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit +hul gemeenskap stoot is 'n treffende kliemaks van 'n eg-menslike drama. +Met sy dood is die drama uit, en die slothoofstuk verswak alleen die +indruk.[324] Lenie behoort aan niemand anders as aan die gevalle held +nie. + +Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word _Die Misdade van die +Vaders_ iets meer dan 'n gewone awonture-verhaaltjie. Die moralisasies, +wat 'n groot gedeelte van die roman inneem is van dieselfde gehalte as +in _Getrou_. Daar is geen sprake van mooiheid van segging of +oorspronklikheid nie. "Hoe wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik; +niks bly vir een enkele uur geheel dieselfde nie." (p. 124.) Van sulke +afgesaagde bewerings krioel die boek. Of anders kry ons twyfelagtige +stellings soos die volgende: "Dit is een van die wonders van die +skepping dat dit in die mag van die mens is om te word wat hy verkies" +(p. 50). + +"Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en eenvoud", +verklaar Prof. J.J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit +seker, maar dit mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het +nie. Daar is niks persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer +deur fynheid van segging of klank, nie. Dikwels stuit ons op 'n +eentonige "hul-lerigheid" "_Hul_ wou blomme pluk. Plotseling het _hul_ +'n aantal Kaffers na _hul_ sien aankom, en _hul_ het begin hardloop. +_Hul_ het gou gesien dat _hul_ nie sou voorbly nie, en het na 'n dik +plek bosse weggedraai, waar _hul_ gedink het dat _hul_ miskien kon +wegkruip. _Hul_ het die bosse gehaal; maar _hul_ was doodmoeg, en die +Kaffers was kort agter _hul_. _Hul_ moed was al byna op, toe _hul_ by 'n +erdvarkgat kom." (p. 187.) + +In die taal is daar 'n paar anglisismes, onder meer die volgende: +"watter goeie doeleinde kan dit dien (p. 98); ontdoen" (p. 132, 228). In +_Getrou_: "En die dogter, is sy _skoon?_ (Hollandisme).--O ja, sy is +gangbaar (p. 39); sy is in geen haas om terug te gaan nie (p. 92); +vroulike vorms" (p. 48). Die gebruik van _beken_ en _erken_ (p. 65, 71), +gelaster (p. 86)[325] is verkeerd. + + +§ 16. Mevrou M. Jansen-Pellissier. + +Martha M. Pellissier is gebore op Bethulie. Haar grootvader was 'n +Franse sendeling. Aan die Hugenote-Kollege het sy in 1909 die B.A. graad +behaal, daarna onderwys gegee in Pieter-Maritzburg en in 1912 in die +huwelik getree met Advokaat E.G. Jansen L.V. Vir jare al is sy een van +die stuwende kragte van die Afrikaanse saak in Natal. Vir verskillende +vereniginge het sy ge-ywer en onder haar leiding het die Saamwerk-Unie +die eerste openbare eksamens in Afrikaans gehou. In verband met die +eksamens het sy haar ook toegelê op taalstudie en met medewerking van +C.M. Booysen 'n Afrikaanse grammatika geskryf. Haar _Brandwag_-verhale +is in 1919 gebundel onder die tietel _Die Veldblommetjie en andere +Verhale_. Verder het sy nog geskryf _Afrikaner Harte_, 'n toneelstuk. + + * * * * * + +Die meeste verhale in _Die Veldblommetjie_ het 'n duidelike strekking. +Dit is veral pedagogiese en seksuele vraagstukke, wat behandel word. +"Die skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n +bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het" sê Dr. W.M.R. Malherbe in sy +voorwoord. Daar is eintlik drie "veldblommetjies". Een volbring haar +kinderplig ten spyte van die ontevredenheid van haar verloofde, die +ander twee word verlei deur die skynskoon van die wêreld. _Waarom die +Agteruitgang?_ is geskryf "uit oortuiging dat die agteruitgang van ons +mense op godsdienstig gebied grotendeels toe te skrywe is aan die feit +dat Afrikaans nie van die kansel gebruik word nie ..." (p. 47). + +Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word +op so 'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of +direkte les kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy +die situasie gewoonlik en eindig met 'n melodramatiese slot, wat soms +nogal onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te +lê op die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek[326] en +beskouings oor die gedrag van die karakters ingevleg.[327] + +As gevolg van dié werkwyse het _Die Veldblommetjie_ 'n bydrae op +nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat, +en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kultuur. Uit 'n +letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n +tendens afgekeur word. Die vernaamste fout is "that the moral suggests +the tale far more frequently than the tale suggests the moral"[328]. +"Zoodra je de bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de +menschen onder den invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders +niet zouden hebben, moet je het leven een beetje verwringen, datgene er +uitkiezen, waardoor die ideeën worden opgewekt, en zoodoende een +eenigszins valsch beeld geven van het leven."[329] Dit is 'n gevaar +waaraan die skryfster in haar ywer om ons oor te haal tot haar +opvattings nie ontsnap nie, maar dit geld meer die bou en opset van die +verhale, want in die uitwerking van details word ons dikwels getref deur +raak tekening van die lewe op plaas en dorp. Natuurlik kan tendensieuse +werk ook goeie kuns wees. Volgens Frederik van Eeden is die verskil +tussen goeie en verkeerde tendens-literatuur dit: "dat de kunstenaar, +die een zuiver kunstwerk maakt, daarbij wordt bewogen door de schoonheid +van zijn idealen, ook al zijn dit ethische idealen. De mensch, die +onzuiver werk maakt, denkt om den invloed, dien hij op anderen zal +hebben, tracht zijn lezers over te halen tot zijn overtuiging. Dit nu +kan een echt kunstenaar als zoodanig niets schelen. Die let alleen op de +schoonheid van hetgeen hij voor zich ziet. Let u op een van de +hoofdwerken van Shelley, dan voelt u, dat hij in grenzelooze bewondering +is voor hoog-menschelijke eigenschappen. Maar u merkt niet in hem de +kleinste poging om iemand te bekeeren tot zijn opvattingen. Als die +bekeering komt, dan moet ze komen door de schoonheid van wat hij te +aanschouwen geeft."[330] + +Bedenklik lyk my die houding, wat Professor Jan F.E. Celliers in sy +voorwoord by die sketse _Uit die Lewe_ van Gawie J. Otto aanneem teenoor +strekkings-literatuur. "Die meeste sketse laat hy heeltemal vir hulselwe +spreek. Dog as egte Afrikaner, wat voel vir sy volk, sien hy met +besorgdheid hoe gebruike en sede onder ons verander, en nie altyd in +voordelige sin nie. Daarom verwyl hy graag met liefde by herinneringe +uit die verlede ... en kan hy nie nalaat nie om nou en dan voor die +ligbeeld te tree wat hy op die doek gooi en 'n paar ernstige woordjies +met ons te praat.... So 'n opbouende strekking vra nie in die eerste +plaas of hierdie of daardie opvatting van kuns daarmee tevrede is nie; +en dit was maar altyd en oral die kenmerk van die letterkunde van 'n +jong volk, wat vir sy opbou waarskuwing en lering nodig het. Van die +ouere skrywers is daar menigeen wat ook, so tussenin, gemoedelik met ons +kan gesels." Die sedeprekery in ons letterkunde kan op dié wyse nie +geregverdig word nie. Aan 'n letterkunde wat in die begin van die +twintigste eeu pas ontluik, moet tog ander eise gestel word, dan aan die +van volke wat al vyf of ses eeue bestaan. Is daar dan miskien sedert die +tyd van Maerlant b.v. geen vooruitgang in kunsbegrip gewees nie? Moet +ons literatuur dan opgebou word op hopeloos verouderde beginsels? Die +Europese volke van vandag het seker nog net soveel "waarskuwing en +lering" nodig as in die tyd van Maerlant, en tog is daar geen enkele +kunstenaar, wat nou nog b.v. natuurlike historie op rym gee nie. As ons +skrywers voortgaan met die "gemoedelike geselsery" en sedeprekery, dan +kry ons 'n versameling van traktaatjies en geen letterkunde nie. Wanneer +iemand sketse _uit die lewe_ skryf, dan moet dit só lewend wees, dat die +skrywer nie nog met 'n stokkie by sy beeld hoef te staan en preek nie. +Teken hy die egte Boereseuns, dan sal ons vanself weet, dat hy nie die +"bioskoopaanbidders, sigaretteverslinders, ens." bedoel nie. (p. 16.) + +"Al wat werkelijk schoon is geeft een zekere veredeling en heeft +daardoor ook overeenkomst met godsdienstige dingen. Als iemand die goed +begrijpt en als iemand een stuk kunst goed begrijpt, dan wordt hij +daardoor tot nadenken gebracht en dan wordt hij er ook beter door. Het +zal ethisch werken, zooals ook de muziek ethisch werkt ..."[331] Op dié +wyse werk die kuns mee tot die opheffing van 'n nasie. Die dae van Vader +Cats is verby. Ons het tot die oortuiging gekom, dat "juist het +aller-subliemste in den mensch, het edelste, door iemand die er +didaktisch naar zou streven niet kan worden bereikt ... Zoodra je +didaktisch te werk gaat, moet je de menschen al redeneerend er toe +brengen goed te zijn. Maar wanneer je de menschen kunt ontroeren door +schoonheid, dan worden zij vanzelf goed."[332] + +Enkele verhale in _Die Veldblommetjie_ is sonder strekking. _Ons +Heldinne_ beskryf die tyding van vlugtende vroue gedurende die +Anglo-Boere-oorlog; _Andries_ is 'n grapperige vertelling van die +makmaak van 'n kwaai vrou en _Die Storie van 'n Lam_ 'n goeie +kinderverhaal. + +Die skryfster het 'n aangename verteltoon, wat alleen in _Liefdeswee_ +spore van retoriek vertoon. Hier hoor ons o.a. van _hartsnare_ (p. 177) +en dat "die tand van twee lange jare byt" (p. 183). Ook die beeldspraak +word troebel: "In sy donkere kykers, skuil daar nou weemoedige skaduwees +wat die weerkaatsing is van die soet-suur liefdesbrand in die hart" (p. +174). Die styl is egter deurgaans helder en natuurlik. In _Liefdeswee_ +is daar 'n paar mooi brokkies natuurbeskrywing. Enkele anglisismes kom +voor, o.a.: "Perderuiters ... dring hul 'n weg deur die skaar (p. 24); +ek gaan vir 'n wandeling (p. 42); Tante ... haas na die kombuis (p. 88); +klok-gesig (p. 111); die kinders neem daar 'n pret in" (p. 142). + +Foutief is: "eikeboom, _wie se_ spreiende takke (p. 154, 171) en +_gesuiwer_ (p. 115). Die dubbele negatief ontbreek ook soms. + + +§ 17. J.H. Malan. + +J.H. Malan is in 1874 op Groenberg, Wellington gebore. Sy eerste +onderwys het hy van C.P. Hoogenhout ontvang. Van 1894-1897 was hy +onderwyser in die Vrystaat. Daarna het hy verder gestudeer en tydens die +Anglo-Boere-oorlog Hollands gedoseer aan die Hoëre Skool op Seepunt. In +1904 begin hy sy joernalistieke loopbaan by die _Re-Echo_. Vervolgens +het hy gewerk by _Het Zuid-Westen_ en _Het Westen_. In Potchefstroom was +hy ook redakteur van die tydskrif _Werda_, wat vir ongeveer 'n jaar +bestaan het. Op die oomblik is hy op die redaksie van _Die Volksblad_ in +Bloemfontein. + +Na die drie-jarige oorlog het Malan sy historiese ondersoekings in die +argiewe begin en 'n versameling van Africana aangeleg. _Boer en Barbaar_ +het in 1913 verskyn,[333] 'n toneelstuk _Na Olikheid kom Vrolikheid_ in +1917, en _Die Swerweling_ in 1921. + +Tydens die veldtog van Dr. W.J. Viljoen ten gunste van die +Vereenvoudigde Spelling het Malan in _Ons Land_ vir Afrikaans gepleit +onder verskeie pseudonieme, soos _Cabo, Bonhomie_, ens. Op +joernalistieke gebied is hy as _Oom Fanie_ bekend. Hy het o.a. deur die +halfkroon-fonds £4000 vir Generaal De Wet se boete ingesamel. Vir sy +aandeel in _Die Dolosgooier_ van Joubert Reitz word na die bespreking +van dié boek verwys. + +Die Swerweling. + +_Die Swerweling_ is "'n verhaal uit die tyd van die Franse Hugenote in +Drakenstein". Lambert Lourier, wat in Frankryk baie Hugenote oor die +grense gebring het, word in Suid-Afrika "'n onverbeterlike makdroster, +swerweling en niksdoener" (p. 165). Hy is 'n sieltjie sonder sorg, wat +"geen staanplek in hierdie wêreld (wou) hê nie." (p. 40.) "Ek is wat ek +nog mag word. Ek glo aan geen instelling van die mens nie" (p. 47). Sy +vernaamste besigheid is dan ook rondkuier, jag en ipocras drink by die +landdros, Samuel de Meurs, wat ook vroeër Hugenote gehelp 't om te +ontvlug. Van dié vlugtelinge woon daar ook in Drakenstein, en in die +smidswinkel ontdek Danie Hugo, dat Lambert die melkjong van die Orleanse +klooster, en De Meurs die brandwag was, wat hom so fluks gehelp 't om +met die meisies Anne en Jeannette te ontsnap. Anne het die vrou geword +van Pierre Rousseau, maar Jeannette, Hugo se verloofde het aan die +ontberings op die vlug beswyk. Lambert toon 'n neiging om sy +swerwersbestaan op te gee as hy verliefd raak op Anna, die dogter van +Rousseau. Maar hy verspeel sy kanse, omdat sy Kaapstadse "pepermintjie" +Isabella so vrypostig met hom omgaan. Nadat Danie vir Anna uit die see +gered 't, kry sy die ou-jonkman lief, terwyl Lourier troos soek by +Isabella. Op voorspraak van sy vrinde, benoem die Goewerneur, Louis van +Assenburgh, Lourier tot onder-stuurman op die retoervloot en op die +Amsterdamse skeepstimmerwerf vergeet hy al sy swerwersideale en word 'n +rustige werksman. + +_Die Swerweling_ is 'n historiese roman, die hoofdoel waarvan die +aanbrenging van geskiedkundige kennis is. Daar is tallose historiese +uitweidings o.a. oor die vervolging van die Hugenote in Frankryk, die +politiek van die Oos-Indiese Kompanjie, ens. Uit allerlei besonderhede +blyk ten duidelikste dat hier 'n historikus, wat jare lank met groot +toewyding in argiewe sy gegewens bymekaar gesnuffel het aan die woord +is. "Dit is 'n jammerte dat geen enkele brief uit die tyd bewaard gebly +is nie in sover dit die Kaapse Hugenote aangaan" (p. 17). Soms deel hy +sy kennis op betogende wyse mee, soos in hoofstuk V, of anders laat hy +iemand 'n opsetlike vraag stel. Anne wil weet, wat vir mense die +Dragonders is (p. 20); Anna vra: "Maar wat is nou eindelik (eintlik?) +die galeie? (p. 22); De Smit: "Maar Aploon, wat is nou eintlik die +Buddhisme? (p. 59); en op p. 105 vra Anna weer: "Maar wat doen die +Hugenote en die misdadigers dan nou eintlik op die galei?" En so is daar +meer voorbeelde, wat ons telkens laat voel, dat ons hier met geen +_mense_ te doen het nie, maar alleen met 'n skrywer, wat onder allerlei +vermomming sy byeengegaarde kennis aan die man wil bring. + +"Koopmans heeft voor eenige jaren in _De Beweging_ (III jg.) den +historischen roman vergeleken bij die eigenaardige soort van publieke +vermakelijkheden, die zich toen nog wel als aanhangsel van +tentoonstellingen, onder den naam van Oud-Antwerpen, Oud-Dordt, +Oud-Holland en wat niet al voordeden. Een oudheidkundige en een +architect zetten zich aan het werk; oude prenten worden geraadpleegd, en +oude kaartboeken en werken over meubel- en kostuumkunde opgeslagen en +daar verrijst na wat passen en meten, wat "woekeren met de ruimte" een +marktpleintje met een straatje en een grachtje, overschaduwd door +vierjarige iepen, alles opgebouwd uit pleister, paklinnen, riet en +bordpapier. Een vroegere keukenmeid komt er u misschien als +oud-Hollandsche kellnerin een potje peuzelaar uit Heineken's brouwerij +brengen. Ge krijgt een oogenblik een gezellige illusie, maar dat is het +frissche, rijke leven niet. Gij houdt ten slotte het besef, dat alles +maar komedie en aanstellerij is, midden in de moderne maatschappij. +Achter gindsche schutting, die het raadhuis voorstelt, snort de +electrische tram voorbij."[334] + +Die vergelyking pas op _Die Swerweling_, want ten spyte van die +argaïstiese tintjie in die styl, ten spyte van al die moeite wat die +skrywer gedoen het om histories juis te wees in die skildering van die +omstandighede, gewoontes, huisraad en klere van die Kaapse Hugenote voel +ons direk, dat dit 'n bordpapiere wêreldjie is, wat ons die moderne +werklikheid nie laat vergeet nie. Die indruk word nog versterk deur die +gebruik van sulke outydse foefies soos die volgende: "Ons mag 'n +gedeelte van die gesprek by die voordeur afluister, solang die slaaf in +die kombuis aan slaap is ..." (p. 92); As 'n mens 'n dag na die gebeurde +in die vorige hoofstuk vermeld, en dit kort na sonsondergang, saggies by +die opestaande gang binnestap en by die deur links in die kamer kyk, sou +'n mens 'n meisie van omtrent 19 jaar oud voor 'n groot spieël het sien +staan." (p. 144.) So teken die moderne kunstenaar nie. Die laat ons geen +gesprekke by die voordeur afluister nie, maar plaas ons in die volle +realiteit, omdat hy met sy eie persoonlikheid die lewe van sy +uitgebeelde persone deurleef het. "Il faut que la réalité extérieure +entre en vous; =á nous en faire crier=, pour la bien reproduire", sê +Flaubert. + +Mens is halfpad deur die boek voor jy weet wie Anna en Anne is en die +ongelukkige gelykluidendheid van die name gee aanleiding tot +kindergestamel. "Anna mag wel verliefd op Lourier wees of word, maar dit +sal ten minste nie met die toestemming van Anne wees nie, as Anne weet +dat hy van Anna meer as van 'n vriendin hou." (p. 83.) Anna openbaar in +haar liefde so 'n netjies-redenerende nugterheid, dat ons twyfel aan die +egtheid van haar gevoel. Dit geluk haar uitstekend om haar vader se raad +op te volg. Sy moet "met Lourier se innerlike karaktertrekke soveel +moontlik in aanraking ... kom ... met intoming van gevoelens, sodat daar +'n terugtrekking kan wees" (p. 127). As Lambert by haar aandring op 'n +beslissing, dan antwoord sy ewe verstandig: "Dit is ingewikkeld vir 'n +meisie van my jare en onbedrewenheid om alles so haarfyn oor my verlange +en my wense uit te pluis en te beslis." (p. 133.) Tog het sy hom werklik +lief, maar na die onthullings in die bootjie volg daar so 'n plotselinge +ommekeer in haar gevoelens, dat dit baie op geestelike akrobatiek gelyk. +Vóór die bootongeluk het sy vir Hugo "nie die minste ontferming of +vriendelike nagedagte nie" (p. 168), maar kort daarna "huil (sy) bitter +en lang in haar pynlike verlange na hom" (p. 175). Sy is ongetwyfeld 'n +"fatsoenlike dame", wat heel verstandig handel en weinig las het van 'n +impulsiewe Franse temperament, maar in so 'n koel-berekende "liefde", +waarby finansiële oorwegings 'n groot rol speel[335] is niks wat ons +deur skoonheid ontroer nie. + +Dat Lourier "die onverbeterlike swerweling en niksdoener" so 'n rustige +ambagsman in Amsterdam word, waar hy "'n verantwoordelike en winsgewende +pos" beklee (p. 198) is ook in stryd met die gewone menslike geaardheid. + +Hugo, "die verstandige, kalme figuur aan die Bergrivier" (p. 125) bly +ook meestal doodbedaard. Hy vind dit heeltemal billik, dat Anna "die man +se innerlike (moet) leer ken, wat verlang dat hy haar lewensgesel sal +wees" (p. 84). En as dit blyk dat sy verwagtings op 'n sandbank gebou +is, bring Pascal hom tot die heldhaftige besluit: "Hy sal losbly van +homself(?), om nie te verlang nie, dat sy vir hom liewer as vir 'n ander +sal hê en dit net omdat hy vir haar lief het" (p. 116). Van lange duur +is die filosofiese wysheid egter nie, want hy gaan slaap "met die +gedagte wat streef om die holligheid in die huis en haard tog eenmaal op +te vul met die geluk waarna hy in sy troostelose allenigheid smag" (p. +117). Dit kom my voor dat die neiging van die outeur om in die persoon +van Hugo die Hugenote te idealiseer hom hier parte speel. "Hy (behoor) +ook groot genoeg te wees om vir hom (aan 'n teleurstelling) te +onderwerp, soos hy met sy geloofsgenote gewoon was om te doen" (p. 116). +Maar van die grootheid merk ons nie veel nie, want as hy gaan slaap, +verlang hy al weer na Anna, doen hy dus presies, wat hy hom voorgeneem +'t om nie te doen nie! + +Die slemppartye van Lourier en De Meurs is miskien die besgeslaagde +toneeltjies in die boek. De Meurs met sy toegeknipte oog en knorrende +brak. Lambert in sy astrante vrindskaplikheid is goed geteken, terwyl +die dialoog meestal fris en lewendig is. Hoe styf en onnatuurlik word +dit egter op ander plekke! "Ja, as dit (die liefde) die diepte van die +ware moederliefde het en 'n vermeende liefde nie 'n bandelose drif is +nie wat te dikwels en helaas, al te gou tot 'n ontnugtering van die +werklikheid (?) kom." Sulke en nog swaarwigtiger betoë lewer Jacob de +Smit op p. 137. Hy praat van "'n nimmereindigende lewenswroeging", +terwyl ook Isabella so deftig soos 'n dominee redeneer: "Jy sien daar so +beteuterd en ontredderd na liggaam en siel uit, asof jou sterwensuur +naby is." De Smit vertel Lourier dat sy ouershuis "nou 'n droom, 'n +ysingwekkende, nimmereindigende herinnering (is). Terwille van (sy +moeder) het (hy) nog teen die verdrietelikhede van die lewe manhaftig en +hygend geworstel...." (p. 46). De Smit met sy triestige beskouings moet +dien as teëhanger van Lambert Lourier met sy lugtige swerwersnatuur. +Maar die hele selfmoordepisode behoort tot die swakste gedeeltes van die +boek. Malan verstaan nie die kuns om deur intuïtiewe deurdringende +details sy persone te laat leef nie en De Smit bly vir ons 'n skim. Sy +teatrale lamentasies mis alle egtheid en die tekening van sy geval is so +alledaags, dat dit by ons geen dieper gevoel opwek nie dan soortgelyke +berigte, wat ons af en toe terloops in 'n krant raaksien. + +Die onverstaanbare praatjies van Aploon oor Boeddhisme lyk baie na +onhandige vertalings uit 'n handboek oor Oosterse wysbegeerte. Onder +ander sê hy: "Die mens het geen eie ek nie. Hy bestaan uit 'n +liggaamlike uiterlike gevoel, waarneming, begeerte en bewussyn wat hy +hom kan verbeel en as hy sterf, plof dit almal uiteen" (p. 59). Die +vertalings uit Pascal is ook nie almal gelukkig nie "Die teenwoordige +is nooit ons _end_ nie...." (p. 115). Die Franse teks lui: "Le présent +n'est jamais notre fin: le passé et le présent sont nos moyens; le +seul avenir est notre fin".[336] Dit lyk baie of 'n Engelse vertaling +Malan hier op 'n verkeerde spoor gebring 't, want uit die verband blyk +dit dat Pascal wou sê: Die teenwoordige is nooit ons _doel_ nie. +Onduidelik is ook Malan se vertaling van: "Si nous naissions +raissonnables et indifférents, et connaissant nous et les autres, nous +ne donnerions point cette inclination à notre volonté.[337] "As ons +onverskillig--oplettend...." ens. (p. 115). + +Onverstaanbaarheid is 'n vaste kenmerk van Malan se styl. Telkens stuit +mens op sinne, wat jy drie of vier keer moet lees, voordat dit op 'n +manier duidelik word. Sy verwronge uitdrukkingswyse laat mens dink aan +'n swaargelaaide wa, wat kreun-kreun teen 'n knaende opdraand uitgesleep +word. + +Die duisterheid word meestal veroorsaak deur 'n onbeholpe sinsbou en +woordskikking, of 'n verwarde gedagtegang. "'n Halwe of hele bottel wyn +by glasieswyse genuttig in 'n aand deur een persoon, is nie juis beskou +deur die fatsoenlikste in die land nie, dat 'n mens op 'n ongeoorloofde +wyse oor jou maat gaan." (p. 92); "Ek snap dit nie, maar ek glo dat 'n +Indiese bende ook in die rigting van die onsienlike en harmonie vir +hulle beweeg" (p. 122); "Daarmee is hulle die aand, byna histories vir +die famielie se geskiedenis uitmekaar" (p. 126); "Hugo redeneer, dat +hier daar nou 'n mooi geleentheid moontlik sal kom ..." (p. 101); "Die +okkultistiese wysbegeerte ... had 'n vèrreikende invloed op die +ongelukkige man, waaroor hy dae lang steeds gedroom en met sy eie +toestand vergelyk het." (p. 61); "In geen land is 'n somersnag +bekoorliker nie as in Suid-Afrika.[338] Die suidooste wind het af en toe +die dag gewaai en alhoewel dit in Olifantshoek byna pynlik was, die +alom-besielende stilheid in die natuur, kon die aanhoudende dreuning van +die "Sedoos" se geblaas ... nog duidelik gehoor word ..." (p. 132); "Vir +sy onderwyserskap wil hy verhoging van traktement hê, wat maar twee dae +in 'n week ... duur" (p. 12); "Dit was ons leiers se grootste fout +gemaak, dat hulle ..." (p. 19); "Vir haar skyn daar met 'n oormate van +poeier aan die gesig, voorligting oor betaamlikheid en stemmigheid +sonder suur en spraakloos te wees, ten minste ontbreek te hê" (p. +144-5).[339] + +Naas meer sulke voorbeelde kom daar nog baie staaltjies van onbeholpe +styl en verkeerde woordgebruik voor, waarvan enkele voorbeelde ter +tiepering gegee word: "Die geplas van die strooidak neerstromende water" +(p. 15); "oorstelp" (p. 64); "En as hy met ander honde op straat brutaal +is, dan as hy aan die kortend kom, vlug hy tussen sy baas se bene, wat +sy Nimf ... dan met sy stok verdedig" (p. 69); "ontbreek" (p. 72); "Toe +hy sy hand bo sy oë hou, om die gedaante ... te ontsyfer" (p. 74); +"herinner" (p. 124); "onderhoud" (p. 135); "Hy het ... so skokkend +geskrik" (p. 149); "bevel" (p. 178). + +Storende herhaling van dieselfde woord kom maar al te dikwels voor: +"Hy kan moontlik Hugo se sukses al onmoontlik gemaak het; +ongetwyfeld--sonder twyfel; belangstelling ... gestel het of stel" (p. +82-3); "weer ... weer ... weer" (p. 86, in een sin); so ook "buurman" +(p. 102); "Toe was sy ook etlike male voor die spieël en vol van mooie +bespiegelings oor haar indrukwekkende postuur ..." (p. 146); "almal +... almal; wispelturige; Daar was ten minste 'n kenlike gemoedsvrede +... in die kombuis van Pierre Rousseau kenbaar" (p. 9); ens. + +Die beskrywing van die verjaardagfees op die kasteel in Hoofstuk XVII +mag in alle opsigte histories juis wees, maar met kuns het dit seker +niks te maak nie. "Eindelik tree die goewerneur, onder menigvuldige +buigings van die gaste ... binne. Daaronder word opgemerk, onder meer, +landdros de Meurs, lede van die Politieke Raad, ander vernaamste +ingesetene van die stad.... Isabella was in 'n platgeplooide swart +syrok, mevr. luitenant Rheede in 'n polonnaise-plooirok...." (p. 153-4). +So 'n verslag kan die jongste rapporteur van _Die Volksblad_ ook skrywe! +In wat blykbaar as 'n kunswerk bedoel is, behoort so iets, om die minste +te sê seker nie voor te kom nie. + +Malan het 'n manier om met die grootste erns uit te wei oor alledaagse +onbelangrikheidjies. "Anne wat in die kombuis besig was om te stryk, het +binnegekom nadat Anna, haar dogter, vir haar van die gaste vertel het en +sy het hulle almal hartlik welkom geheet, nadat sy vir hulle gegroet +het" (p. 8). Nou weet ons dit tog sekuur: eers groet, dan welkom heet! +Maar, "intussen sal Anna voorbereidsels vir die ete maak" en "solang die +gaste en Pierre oor die rit, die weer en die boerdery praat is die tafel +gedek en verder alles in verband met die aandete in orde gebring. Toe +hulle almal aansit, was daar genoeg vir almal." Gelukkig vir die +huisvrou, maar hoe sy dit so sekuur kan weet by die begin van die +maaltyd al, is nie erg duidelik nie! Dan volg 'n uitweiding oor die +"Fransche brood". "Na die ete is die huisgodsdiens, wat deur Pierre +_gelei is, waargeneem_. Eers is 'n hoofstuk uit die Bybel uit +voorgelees, toe 'n psalmvers gesing, ens ..." Waarom moet sulke +welbekende sake so plegtig meegedeel word? Hier het Malan nou 'n mooi +geleentheid gehad, om deur enkele plastiese trekkies, deur die tekening +van 'n paar gebare of die aanduiding van 'n reeks klein handelinge sy +persone uit te beeld. Maar vir hom is dit, as historikus hoofsaak, dat +die leser moet weet van "die worsteling van die Camisarde, (wat) op die +punt is om onderdruk te word". + +Na die huisgodsdiens gaan die gaste in die kombuis om die vuurherd sit. +Die poging om die nuwe atmosfeer aan te dui is nie erg gelukkig +nie--daar is storende herhalings en verwronge sinsbou--terwyl die +volgende sin seker uit 'n kinderboekie verdwaal het: "Anne vra vir Anna +om die tessie met die stoof asseblief te gaan haal; en nadat sy dit +gebring het, (gewigtige meedeling! P.C.S.) het sy vir haar moeder daar +kole met die tang ingedoen en dit het onder Anna se voete in die stoof +gekom"! (p. 9-10). + +Gevoel vir die natuur het Malan wel, maar hy vergenoeg hom meestal met +konwensionele beeldspraak. Die bergpunte gooi hul "wit musse" ongeduldig +af (p. 5); "van die sonneskyf (spat) 'n see van gloeiende vonke (af)" +(p. 6); "Statig en deftig is die son reeds agter die westerkimme +weggestap in sy fonkelende mantel van goud en oranje en violet" (p. +199). Waag hy hom aan 'n nuwe beeld dan kry ons rariteite soos die +volgende. 'n Wyfie-kokkewiek antwoord haar maat "in 'n perfekte maat +..., met _halleluja's_" (p. 63), terwyl die lenteson elke jaar +"nimmerfeilend oor elke boom en blad na 'n gure winternood _halleluja's_ +neergiet--helaas, helaas, ook as requiem vir die voorgeslag wat verby +is, wat leef, wat kom." (p. 80-1). Halleluja's as requiem! 'n +_Voor_geslag wat leef, wat kom! Dit staan daar! + +In hoofstuk III moet 'n vergelyking van die voortreflikhede van +"eiland- en waterleipatats" ons in die stemming bring vir 'n lofrede op +die Bergrivier "die lewensaar en voeder van die allereerste wegbaners in +die nuwe vaderland" (p. 38). "Aan sy oewers is hy die een na die ander +geslag as 'n neulende _kindjie_ in die skommelende wieg, 'n +nooit-vergete troos." Maar in die volgende sin hoor ons: "By hulle moes +die Bergrivier se aansyn en waterrippeling die afspieëling van 'n +_moederportret_ gewees het ..." Dat "die puriteinse gedeelte van die +volk ... die rooivlag ... uitgehang het" teen die ou bruilofsliedjies is +'n anakronistiese beeld, wat 'n snaakse indruk maak in die +agtiende-eeuse sfeer. (p. 183.) In die "aambeeldklanke aan die oewers +van die Eersterivier" klink 'n harmoniese toon, maar waarom moet ons +driemaal hoor dat die water "haastig" is? (p. 81). + +Stereotiepe uitdrukkings soos die volgende kom dikwels voor: "'n +Skynende lig in die ... dikste duisternis" (p. 108); Lourier bly "as 'n +soutpilaar staan" (p. 86), en voel "asof hy langsamerhand in 'n see van +wanhoop wegsink" (p. 162); ens. Naas retoriese uitdrukkings soos: "Sy +kreun van sielswroegende spyt" (p. 173) ook die mees alledaagse +beleefdheidsfrases: "By die geleentheid het hulle vir hom met die +innigste hartlikheid vir sy heldhaftige daad bedank en Hugo het dit met +die minlikste bereidwilligheid aanvaar" (p. 176). En hoeveel "sugte" +word daar nie "geslaak" nie! De Meurs "slaak die een na die ander +sielsverstorende sug" (p. 72); Anna "slaak ... 'n diep sug van troos en +verligting" (p. 174); ens.[340] + +Onder die anglisismes kom voor: kyk (blik, en iemand besoek, p. 6, 13, +186, 62, 76); sieniek (sienikus, p. 84); "om daar ... so 'n ekshibiesie +van hom te maak" (p. 162); afgetrek (p. 183). Malan gebruik dikwels +Hollandse woorde en wendings: tors (p. 27); desulke (p. 32); verhole (p. +44); ens. Die volgende voorsetsels is foutief: "Uit die gang uit gaan 'n +mens _by_ 'n rei[341] trappe op na bo" (p. 24); "student _in_ 'n +Neerlandse Uni(w)ersiteit" (p. 48); "die kroon was ... _deur_ +mak-roosmaryn ... versier" (p. 183); "sakdoeke _aan_ die vertrekkende +gewaai" (p. 189); "As amptenaar van die O.I.K. het hy ... _by_ hom die +stempel van Batavia gedra" (p. 66). Uit 'n taalkundige oogpunt sou daar +nog heelwat op Malan se sinsbou aan te merk wees. Onder ander is sy +gebruik van die dubbele ontkenning, van _het_ en _hê_ dikwels foutief. + + +§ 18. Ds. J.H. Kruger. + +Ds. J.H. Kruger is in 1878 gebore op Venterstad, K.P. Aan die +Teologiese Skool, Burgersdorp het hy gestudeer en daarna enige tyd +onderwys gegee. Sy teologiese studie is in 1899 deur die oorlog +onderbreek. Met die hulp van vriende het hy deur Grootrivier gevlug en +as rebel by die kommando's aangesluit. Na herstelling van 'n wond by +Spioenkop, Natal opgedoen, het hy by Generaal De Wet aangesluit, maar in +die verwarring by die slag van Sandrivier is hy gevang en moes twee jaar +as balling in Ceylon deurbring. In 1906 het hy in Potchefstroom +proponentseksamen gedoen. Sy eerste standplaas was Elliot en van 1911 af +Postmasburg. In 1921 het van hom verskyn 'n roman, _Twee Rampe en Twee +Gelukke_, waaraan in die prysvraag van die firma J.H. de Bussy die +twede, prys toegeken is. + +Twee Rampe en Twee Gelukke. + +Bram, die eienaar van die plaas Leeukop het agteruit geboer en was +verplig om geld op te neem by sy buurvrou, ou tant Anna Smal, wat van sy +verleentheid wil gebruik maak om haar buffelagtige seun Hans met sy +fynopgevoede dogter Isabella te laat trou. Met skinderpraatjies steek +tant Anna vir Bram op teen die Breed-famielie, sy beste vrinde, wat op +die aangrensende plaas Oupos woon. Isabella het vir Piet Breed lief, +maar haar vader se afhanklike posiesie verplig haar om met Hans uit te +gaan, wat haar na 'n dansparty sleep. Tant Anna en Bram jaag die Breeds +van hulle huurplaas weg, maar Bram se gewete plaag hom so, dat hy sy +dogter en die Breeds kort voor sy dood om vergewing vra. Hans word in +die pad gesteek deur Bram se weduwee en as tant Anna die geld opsê, word +Piet Breed deur die vrygewigheid van Oom Segrys Boshof in staat gestel +om Leeukop te koop. + + * * * * * + +Die roman is hoofsaaklik in dialoogvorm geskryf. Die gesprekke word baie +breedvoerig weergegee, en as gevolg kry die verhaal hier en daar 'n +slepende gang. Heel weinig word aan die fantasie van die leser +oorgelaat. Daar is soms 'n neiging om alles tot op die been af te kluif. +Groetery, koffiedrinkery en soortgelyke dinge word oor en oor vertel. +Die skikkinge vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en ou +Jefta se relaas (p. 37-40) kon heelwat korter gewees 't. + +Die dialoog tref deur 'n besonder losse natuurlikheid. Die mense praat +geen kunstig inmekaar gesette vernufstaaltjie nie, maar hul gesprekke +word gekenmerk deur die sig-sag gang, die toevallig gebrokene van die +geselstaal.[342] + +Maar, "gesprekjes weergeven is geen dialoog, hoe letterlijk de +weergegeven woordjes en zinnetjes ook zijn.... De hooge en werkelijk +groote dialoog ontstaat pas in de door de ziel van den kunstenaar +herschapen taal-levingen. Dialoog krijgt alleen dan diepte, als hy +geheel op hetzelfde geïndividualiseerde plan staat van de waarde der +menschen en omgeving. Dialoog scheppen is even moeilijk als tragiek +scheppen, of liever moet zich geheel scheppend oplossen in de gansche +uiting. Evenmin als 'n _fotografische_ opname eener omgeving, die alleen +door de ziel van een kunstenaar er in te brengen stemming kan weergeven +_van_ die omgeving, evenmin kan een _fonografische_ op- en overname van +een gesprek de stemming weergeven van de ziel der wezens die spreken. +Dialoog is stemmingskunst in de hoogste volmaking en 'n innig-levende +dialoog kan nooit 'n klankweergeving zijn van _afgeluisterde_ +zinnetjes."[343] Fonografies korrekte sinnetjies is seker volop in die +roman, maar in die pratery van ou tant Anna bereik Kruger ongetwyfeld +iets van die hoë dialoog. En dat sy mense op natuurlike wyse gesels is +ook al iets om dankbaar voor te wees, aangesien so baie van ons skrywers +nog soos Bredero van Rodenburg sê "de Vrouwen, Dienst-meysjens, ja +Stalknechts doe(n) Philosopheren ... dat ick doch meer voor een bewijs +van uwe wetenschap acht, als voor een eygenschap in die slach van +Menschen."[344] + +Kruger verstaan die kuns om uit die dialoog die innerlike wese van sy +mense te laat opduik en daardeur bereik hy meer dan baie ander skrywers +met analiese of beskrywing. Tant Anna het skaars haar mond oopgemaak of +ons ken haar al deur-en-deur in al haar skynheilige vroomheid. As +skinderbek veral is sy goed geteken. Op listig-diplomatieke wyse word +die driftige Bram eers opgestook, maar as hy te ver wil gaan in sy woede +laat sy hom bedaar met 'n bybelteks! (p. 66). Deur allerlei gelukkige +trekkies en haaltjies word sy so goed uitgebeeld, dat sy naderhand +lewendig voor ons staan met die vetswam onder haar kin, die vuil-gelige +tande, bleekrooi sakdoek en snuifdosie. Ook van Hans en Jan Booise kry +ons 'n realistiese portrettekening. Ou tant Anna se vroom uitvalle, haar +met bybeltekste deurspekte taal en haar manie om almal te dokter is goed +weergegee. So ook die buffelagtige lompheid van Hans. Maar die +kenmerkende eienskappe van moeder en seun word teen die end van die +verhaal só aangedik, dat die tekening karikatuuragtig word. Kruger moet +dit nie vergeet nie: "il n'y a point d'unité complète dans l'homme, et +presque jamais personne n'est tout à fait sincère ni tout à fait de +mauvaise foi."[345] + +Tog is daar 'n paar mooi realistiese toneeltjies uit die lewe op +Tweefontein[346] en die manier waarop Hans van Leeukop verwilder word +(p. 202, vlg.) is 'n gelukkige vinding, wat van diep-psigologiese insig +getuig. Dit is ook waar van die uitbeelding van die oplopende Bram, wat +na die dansparty tot inkeer kom; die kwaai-koppige Oom Segrys, wat dit +nie kan kleinkry nie, dat dit na 'n dansparty altyd so mooi reent (p. +182); tant Martina, wat so trots is op haar "skoon geslagte" en die so +fyn kan uitrafel. Maar Piet bly 'n skim en die maklike manier, waarop hy +eienaar word van Leeukop gee hom die allures van 'n "romanheld". Dit is +die swak punt in die komposiesie van die boek. Oom Segrys se +buitengewone vrygewigheid word wel enigsins gemotiveer deur die feit, +dat die Breeds hom in die stormagtige nag gered 't, maar die oubaas, wat +so 'n swak het vir famielie-betrekkings het tog seker nog nader verwante +gehad, wat meer reg op sy geld het as Piet. Oom Segrys is eenvoudig die +_deus ex machina_, wat die ontknoping van die verhaal moet bewerk. Sulke +goedhartige ooms is maar bra skaars in die werklike lewe. + +Die tekening van Isabella is ook net gedeeltelik geslaag. Haar +ervarings op die dansparty is meer die indrukte van 'n dood-onskuldige +teologiese student, wat vir die eerste maal iets van die sondige wêreld +sien en notiesies maak vir 'n retoriese preek teen wêreldsgesindheid. +"Will Bottel het op haar 'n treurige, sonde-vieslike[347] indruk gemaak" +(p. 151). Sy sien hom lê op die vloer "soos iemand in die poel van +rampsaligheid moet lê" (p. 172). "Dit was vir haar of sy in 'n onheilige +omgewing staan en 'n besoedelde atmosfeer inasem, 'n atmosfeer, waarin +verpestende sondekieme ronddrywe" (p. 152). "Die onreinheid en +onheiligheid het haar angstig gemaak, ontevrede, ongemaklik en +verwaarloos laat voel, net soos iemand, wat vuil was en lanklaas gewas +het"!! (p. 177). Sulke opmerkings bewys, dat hier die predikant baas +speel oor die outeur. Hy kon hom nie vereenselwig met die malkop-dansers +in hul "dolle gloria" nie, maar bly 'n onwillige _toeskouer_ van al die +sondige pret. Sy aanvoeling van Isabella se gewaarwordings is +grof-manlik en nie vroulik-subtiel nie. Maar as Isabella met Koos dans, +dan maak hy 'n raak opmerking: "Sy dans en voel, dat dit 'n genot moet +wees om te dans met 'n jonkman, wat sy sou bemin" (p. 163). + +Oom Freek is geen figuur wat ons tref deur indiwiduële tekening nie. Sy +mymering op p. 10-11 sit te netjies inmekaar om eg te wees. Dieselfde +indruk maak ook p. 74, terwyl Hans onmoontlik ou Jefta se woorde so +presies in sy gedagte kan nasê (p. 78). Dat al drie reisigers dieselfde +indruk van die verlate Oupos kry (p. 138) is ook onmoontlik. Mooi word +egter die atmosfeer aangedui as Piet in die waanhuis die doodkis +toeskroef (p. 20) en treffend-eg is die uitbeelding van sy +grillerig-bange gevoelens. "Piet verbeel hom meteens, daar uit die +groot, wye spinnekop-nes kom 'n grillerige langbeen....; die verewa +agter in die waanhuis kyk hom aan met groot starende oë".[348] In die +damtoneeltjies is daar stukkies beskrywing van 'n suggestiewe +fynheid.[349] + +In die verhalende gedeeltes is Kruger se styl soms so kort afgebyt, nes +een wat ver gehardloop het en nog uitasem sy storie vertel.[350] Eweas +in die dialoog kom hier ook 'n breedvoerigheid voor, wat af en toe +hinderlik word. "Die predikant staan op, maak keel skoon, haal sy bril +uit die skyf, vee dit af, hak hom met albei hande agter die ore vas, gee +'n versie op, lees 'n kapittel en begin toe, so effens oor die +brille[351] loerend." (p. 30.) So 'n eentonige reeks moment-opnames +steek lelik af by realistiese skilderytjies soos die volgende: "Ou tant +Anna lag met wyd oopgerekte mond, die vetswam onder haar ken uitdyend en +die gehemelterooi agter haar vuil-gelige tande wysend." (p. 65.) En wat +maak vlak-vaal sinne, waarvan die volgende maar een voorbeeld is in 'n +letterkundige werk? "Die meeste meisies was in die groot langwerpige +eetkamer, waarin, behalwe 'n eettafel en 'n paar ouderwetse swart +stinkhout stoele, niksnie besonders was nie." (p. 152.) Onbeholpe van +segging is o.a. die volgende: "'n groot mis_stof stof_wolk (p. 70); die +om sy lyf met 'n riem vasgegorde te wye ferweelsbroek (p. 86), Oom Freek +(vra) met bewende ken, waaraan die lang yl baard skud en vlammende oë" +(p. 87); die herhaling van _slaap_ op p. 181. + +'n Voorbeeld van smaaklose klink-klank is die beskrywing van die wind op +p. 146. "Draaiende, swaaiende kom met die paaie aangewaai stowwe suile +(stofsuile?), wat soos geel krullende kuiwe opstuiwe. Die hollende, +jollende wind skop die stowwe bolle (stofbolle?) soos dwalende, malende +vuilkolle hoog in die lug in...." So rym en allitereer hy dapper voort +nes 'n poëtaster, wat sy eerste versfabriekie aanmekaar klink! +Ondertussen word die _stofsuile_ van _krullende kuiwe_ tot _stofbolle_ +en die weer tot _vuilkolle!_ Komies is die klankeffek in die volgende: +"Die slappe wilkertakke ... skoppermaaie rusteloos, moedeloos, lindelam +heen en weer oor die dam"![352] + +In sy beeldspraak is Kruger 'n enkele maal fris en oorspronklik. Ou +Jefta se hemp word deur die wind _bulsak_ geblaas tussen sy skouers (p. +147); Isabella sidder "soos 'n voëltjie vir 'n mamba-slang" (p. 153); +Jana lyk "soos 'n Bloemfonteinse straat, wat ... opgemaak (is) vir die +hertog van Connaught" (p. 149). Die gewone cliché-praatjies is egter ook +volop: Die lykpreek het "byna 'n eeu geduur" (p. 30); "Koud soos 'n stuk +ys, waaraan sy gloeiende hart raak ..." (p. 84); "Haar hart het ... +gebrand van verlange, maar sy moes daardie liefdekole in haar boesem +dra"! (p. 223). Arme meisie! + +Storend is die gebruik van 'n driedubbele negatief en weglating van die +dubbele negatief. "Vir haar was daar _niksnie_ aangenamer _nie_ (p. 24) +nooitnie ... nie; ens. "G'n blaartjie het geroer" (p. 7); ens. + +Ofskoon die gebruik van dialektiese vorme in die dialoog toelaatbaar is, +moet dit afgekeur word in die verhalende teks. Kruger gebruik o.a. +suffel, groos, espres, bebliek, ens. Wat hy o.a. met _preer_ (p. 204), +_effetroon_ (p. 62), _eenspaier_ (p. 141) bedoel is my onbekend.[353] +Verkeerd is: ongehawende stemme (p. 8), kostelike gordyne (p. 214), +terwyl _moedvallig_ 'n Krugerisme is. + +Afsonderlik moet nog vermeld word, dat Kruger sy eie persoon nooit op +die voorgrond dring nie. Hy hou geen toesprake tot sy "geagte lesers" en +moraliseer nie oor sy karakters nie. Van 'n skrywer, wat in sy eerste +werk so 'n psigologiese indringingsvermoë openbaar en so realisties +teken, kan nog veel verwag word. + + +§ 19. Mej. Sadie Bosman. + +_Langs Kronkelende Weë_ (1921). Dit is 'n verhaal van "hartverskeurende +afskeid", van eindelose gekreun en gesteun, van sugte en snikke! Dis nie +die gewoonte om statistiese tabelletjies in 'n letterkundige kritiek te +gebruik nie, maar in hierdie geval moet tog vermeld word, dat daar byna +_vyftig_ maal gesug word! Dan nog al die trane! Emmers vol! Soms kom al +om die ander bladsy byna die uitdrukkings "met 'n sug", "met betraande +oë" voor.[354] Met sulke en dergelike huilerige woordjies, met 'n +salwende tederheidsbetoon, 'n sieklik-verweekte gevoelerigheid probeer +die skryfster om ons te ontroer. Met sielsleë frases wil sy ons in 'n +droefnisstemming bring! "Duisenderlei bange vrese vervul steeds haar +treurende hart en die skoon oë was moeg van al die stil geween ... die +oë vol skaduwees (waaragter) 'n wêreld van wee verberg was" (p. 155). +"Maar vanaand moes die sterre hulle aangesig verberg vir die +hartverskeurende strome van mensebloed(!) wat orals vloei, en skyn die +hemelse vrede verder as ooit te wees van die oorlog-geteisterde aarde" +(p. 61). "Met gebukte hoof, verbleekte gesig, en dromende oë hervat sy +haar lewenstaak; maar die glimlag op haar lippe het vir altyd verdwyn, +(So, so! P.C.S.) en haar hart daarbinne was versteend" (p. 96). Nêrens +'n gevoelde woord, met pure aanstellerige bombas. Of anders 'n mislike +foefie om eie onmag te bedek. "Oor die bitter skeiding en +hartverskeurende vaarwel laat ons saggies 'n sluier neer" ens. (p. 47). + +As Lear uiting gee aan sy droefheid oor die dood van Cordelia, dan sê hy +met 'n eenvoudige gebaar: "Pray you, undo this button. Thank you sir". +Só werk die beeldende kunstenaar. + +Groot en egte lewensgevoel kan alleen geuit word deur groot +styleienskappe. Daar is duisende diep ontroerdes, by wie alleen +hakkelwoordjies of stomme gebare 'n aanduiding gee van die +lewenstragiek. Maar alleen die kunstenaar kan die donker dieptes vir ons +oopblits. Dit kan nie gedaan word met praatjies oor "snikkende geween" +en "gesmoorde smartelike kreune" nie. In Sadie Bosman se styl is daar +nooit 'n opglansing van oorspronklikheid nie. Dit is wat Querido noem 'n +"grijseffene breikousenstijl", waarin die dooiste gemeenplaatse met 'n +geroetineerde ratsheid afgerittel word. Nooit raak sy verleë oor 'n +woord nie, die naalde klik-klik met masjinale reëlmatigheid. + +Tog het sy 'n stof behandel, wat by 'n waarlik voortreflike werker tot +'n geweldig aangrypende tragedie sou kon gegroei het. Hannes en Miemie +is verloof, maar deur die rebellie en die veldtog teen Duits Suid-Wes +(1914) ontstaan daar vyandskap tussen hul vaders. Hannes kom tot ander +insigte deur sy omswerwings in die Vrystaat en op die end van die +"kronkelende weë" kry hy tog vir Miemie. Geteken word dus die reaksie op +'n paar persone van die geweldige konflik, wat die Afrikanerdom in twee +partye verdeel 't en vandag nog soveel bitterheid veroorsaak. Maar die +twee vroue, deur wie Hannes tot _Nasionalis_ bekeer word is geen gewone +sterwelinge nie--hulle is engele! Veral Lida word ons voorgestel as "'n +vleklose engel" en selfs die dokter "'n bedaarde ou Engelsman" (p. 198) +verklaar, dat "vir so 'n engel ons besoedelde aarde 'n onwaardige +woonplek (is)" (p. 199). Maar ook Miemie is so 'n voorbeeldige +jongedogter, dat dit geen verbasing wek as ons hoor dat sy "engelagtig +lyk" nie (p. 16) en Hannes "met so 'n hemelse teder blik aan(sien)"[355] +(p. 44). Hannes is "'n treffende beeld van 'n flink jongeman, wat 'n +suiwer, eerbaar en opreg lewe lei" (p. 24). Sy enigste sonde is, dat hy +'n _Sap_ is, maar die stroopsoet seuntjie word deur die liewe engeltjies +so mooi reggehelp, dat hy ook volmaak word! Beskou ons nou die orige +figure van die limpatiese geselskap, dan blyk dit, dat Oom Gideon +ooreenkoms vertoon met die swaarmoedige grysaards uit _Vergeet nie_ en +_Teleurgestel_. Hoe dat Oom Koos nou eintlik tot berou kom, word nie +vertel nie. Die bedrywige Tant Lizzie, wat gelukkig geen tyd het om te +veel te sug nie is die bes geslaagde figuur. Waar daar geen geleentheid +vir sopperige sentimentaliteit is nie, blyk dit dat die skryfster 'n +goeie opmerkingsgawe het. Tant Lizzie is ten minste 'n menslike mens. + +Tot watter onsinnigheid die sentimentele neiging aanleiding gee blyk +hieruit: Miemie het "'n ondeunde kuiltjie, wat elkemaal so skelmpies uit +die wange loer, en waarin die hart van Hannes lank reeds baie diep +ingetuimel het"! (p. 3). Sy gaan na die somerhuisie waar "die +roostakkies en kamperfoelie om die latwerk heen(slinger); daar steek sy +dikwels haar arms na hulle uit "om hulle aan haar bekommerde hart te +druk"! (p. 56). Stel mens jou die dinge nou nugter voor, dan is dit om +van te skater! + +Die toneeltjie waarin die oue Basson, wat aan die maal geraak het oor +sy in die rebellie gevalle seun in die middel van die nag vir Hannes kom +vra: "Vir watter kant het jy gestem?" (p. 167) laat ons op plastiese +wyse voel, wat 'n lewenssaak die politiek vir ons mense is. Dit is +psigologie-in-aksie en heel wat anders dan 'n bewering soos die +volgende, wat ons op goed geloof moet aanneem, sonder dat ons daar iets +van gevoel het. "In die oorlogskool het (Hannes) geleer dat helde +gebore, en nie gemaak word nie, en dat die beesagtige in die mens soms +die redelose dier ver oortref" (p. 102). + +Die politieke tendens en die feit dat daar resente gebeurtenisse van +nasionale belang in behandel word, gee die roman 'n aktuele kleur. Deur +die een party kan dit as 'n wapen in die politieke stryd beskou word, +maar van letterkundige belang is dit nie. Feitlik is dit dan ook slegs +'n vertaling, want die oorspronklike uitgawe van 1916 was in +Hoog-Hollands. + + +§ 20. G.J. Otto. + +Gawie Joh. Otto is in 1880 gebore op Marico, Transvaal. Ottoshoop is na +sy vader genoem, wat onder die Republiek daar Mynkommissaris was. In +1896 het hy klerk geword in die Onderwys-Departement. Met drie wonde het +hy by die slag van Elandslaagte na awontuurlike ondervindings ontsnap en +deurgeveg tot 1901, toe hy gevang is en na Indië gestuur. Na die oorlog +was hy werksaam by C.N.O. skole. Hy het ook besonder aktief opgetree in +verskillende verenigings, asook op kerklike en politieke gebied. In _De +Volkstem_ het behalwe baie ander artiekels van hom 'n feuilleton, _Koen +Vermaak_ verskyn. Sy brosjure _Vreemde Stertvere_ (1910) is 'n +aansporing om ons taalregte prakties toe te pas. 'n Toneelstuk, _Josef_ +het in _Die Brandwag_ verskyn, _Uit die Lewe_, 'n bundel sketse in 1921. +Sedert 1919 is hy Inspekteur van Blanke Arbeid vir die Vrystaat en o.a. +ook Sekretaris van die Raad van Advies vir Jongeliede. + +Uit die Lewe. + +Die skrywer vertel in 'n paar kort sketse hoe die Boereseuns in sy jong +dae skyfgeskiet, vis gevang en klippe gerol het. Hulle wys 'n Hollander, +wat sy Hoog-Hollands blykbaar eers in Afrika geleer 't, hoe om kalwers +te ry en met 'n nooi op te sit. Verder gee Otto 'n verslag van die +eerste twee maande van sy lewe en skets die ongerustheid van 'n paar arm +blankes wat ure lank op die Bloemfonteinse trein wag. Prof. Jan Celliers +het in sy voorwoord die bundeltjie goed gekarakteriseer: "Sonder te +danig hoë pretensies, wil (die skrywer) net die Afrikaanse lewe weergee, +en padlangs-eenvoudig met ons daaroor praat." Die klein stukkie lewe wat +hy teken, ken hy goed, maar hy is nie by magte om sy sintuiglike +waarnemings op te hef tot 'n hoër plan nie, omdat dit hom ontbreek aan +styl en uitbeeldingsvermoë. Dat 'n paar sketse 'n strekking het, is +alreeds opgemerk.[356] + + +§ 21. "Wolla". + +Wolla vertel in _My Groot Dag_ (1921) die vakansie-awonture van Petrus +Breytenbach, onderwyser in Ermelo, van wie se Ford-outo 'n diamante-dief +met 'n mooi vroutjie behendig gebruik weet te maak. Die drietal word +deur speurders agtervolg en na allerlei wonderlike en soms erg +onwaarskynlike ondervindings gepak. Pietjie en Thea kom met die skrik +vry, maar Pietjie slaan 'n onnosele figuur as hy uitvind, dat hy in +plaas van 'n Duitse vliegenier 'n dief gehelp 't, en dat van sy mooi +plannetjies met Thea niks kan kom nie. Dit is 'n goed vertelde +amusements-verhaaltjie, net geskik vir spoorweg-lektuur. As die outo +verby Majoeba en ander slagvelde ry, dan vergeet Pietjie vir 'n ruk sy +"verhewe romantiese gedagtes" (p. 48) en verval in patriotiese +oorpeinsings. Af en toe laat Wolla ons effentjies glimlag, maar die +humor is soms plat by die grond, "'n Kêrel het eenmaal gesê, hy dink hy +kan gewoon word om te lewe op kasterolie, as hy net lank genoeg kan +aanhou daarmee. Ek glo dit goed." (p. 64.) + +Wolla vertoon 'n bedenklike ratsheid in letterlike vertaling uit +Engels, soms van die _slang_ soort. "Om alles te kroon (p. 3 en 68); +Wel, van al die pedante snuiters ... vat die vent die koek (p. 127); +Wel, ek was al net siek van die plek (p. 93); Vir eenmaal het hy niks te +sê gehad nie.... (p. 123); Ermelo Hoger Skool" (p. 1); ens. + + +§ 22. "Slypsteen". + +"Slypsteen" het blykbaar De Waal se romans goed bestudeer. Hy gebruik +motiewe uit _Johannes van Wyk_ en _Die Twede Grieta_, maar slaag daar +nie in om sy storie so oulik inmekaar te draai nie as De Waal. Hans is +die "karakterlose wreedaard" (p. 79) van die verhaal _Broerliefde_ +(1921). Maar hoe volleerd in duiwelstreke ook, hy word uitoorlê deur +Gert, wat 'n plaas in die heilige-kalender verdien.'n Gesteelde kind +veroorsaak 'n verwikkeling, waardeur Gert byna met sy suster trou. Daar +is 'n oujonkman, wat sy bes doen om 'n paar grappies te maak, in sy +"mymering" 'n hele storie vertel en in sy moralisasie tot by Adam en Eva +verdwaal! (Hoofstuk IX). Twee opgeskote seuns wat stroebeling kry, laat +Slypsteen so praat: "Ek meen, dat as jy jou nie verbeter nie, 'n +treurige toekoms jou deel sal wees, en jy 'n armsalige uiteinde sal +hê."--"Jou kleine niksnuts!" skree Hans.... "Wag, wag, Hans," hervat +Gert, ... "Kyk, toe jy daar op Kransburg my oor 'n draai gegee het, toe +moes ek dit verdra, maar sinds daardie tyd het ek 'n bietjie groter +geword. Egter, waarom sal ons nes vuil skuim teen mekaar bruis. Daardeur +sal my karakter net besoedel word, en jy nog dieper in die modder sak as +waar jy al reeds sit" (p. 47). Mens sou sê die brawe Gertjie was al 'n +paar jaar op die Teologiese Kweekskool! + +Op die heel laaste bladsy word in die gouigheid drie huwelike gesluit, +terwyl selfs die oujonkman nog verloof raak aan 'n ryk weduwee! Hans +trek na Rhodesië. Of hy daar nog altyd "helse planne" brou word nie +vermeld nie! + +Slypsteen skryf 'n eentonige styl, waarin nooit iets persoonliks +opklink nie. Hoe weinig hy sy taal beheers blyk uit voorbeelde soos die +volgende: "geondersoek (p. 17); sobat (p. 109 en 116); speuljies (p. +109); poosjie (p. 85); op plig (p. 91) en die verkleinwoorde: soenjie, +swaweljie, ens. + +VOETNOTAS: + +[162] Hierdie feite is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[163] Vgl. _Die Burger_, 23 Sept. 1921. + +[164] Eerste hoofstuk in _De Goede Hoop_, Jan. 1904. + +[165] _Die Burger_, 12 Aug. 1921. + +[166] Vgl. vir "voorbodes" van die Twede Beweging: E.C. Pienaar, _Taal +en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging_, 2de druk, p. 195. + +[167] De Waal in _Die Burger_, Aug. 1921. + +[168] Voorwoord Vyfde Druk, waaraan al die sitate ontleen is. + +[169] J. Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Historische Roman in Nederland_, +p. 18. + +[170] _Die Burger_, 12 Aug. 1921. + +[171] Volgens Prinsen, t.a.p., p. 51 is die "romantische roes in Scott +gekristalliseerd. Van dit kristal is Van Lennep de grove namaak in +ordinair vensterglas." Na 'n vergelyking van die twee skrywers kom +Prinsen tot die gevolgtrekking, dat al oorspronklikheid van Van Lennep +is "een zekere Hollandsche, soms lamlendige, soms goedmoedige +breedsprakigheid en een evenzeer Hollandsche ordinaire neiging tot +laag-bij-de-grondsche moppigheid." p. 53. + +[172] Louis Maigron, _Le roman historique_, gesiteer deur Prinsen, +t.a.p., p. 1. + +[173] Prinsen t.a.p. p. 7. + +[174] id. p., 25. + +[175] id. p., 21. + +[176] _Het Dagboek van Adam Tas_: Leo Fouché, Hoofdstuk II § 1-3. + +[177] t.a.p., p. 362. + +[178] _J. v. W._, p. 133. + +[179] _Dagboek_ onder datum 2 Febr., p. 126. Vgl. ook p. 142 waar Tas +gewaarsku word: "ook zeijde hij mij dat ik op mijn hoede moeste +weesen...." + +[180] _Dagboek_, p. 138 onder datum 18 Feb. 1706. + +[181] t.a.p., p. 142. + +[182] p. 150. + +[183] _J. v. W._ p. 133. + +[184] _Dagboek_, p. 90. + +[185] _J. v. W._ p. 134. + +[186] Eers op p. 232 verneem ons, dat Jan van Meerland op die see +gesterf het. + +[187] Fouché, _Dagboek_, p. 236. + +[188] _J. v. W._, p. 187. + +[189] Fouché, p. 248. + +[190] p. 242. + +[191] t.a.p., p. XXVI. + +[192] Twede Druk, 1921. + +[193] Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Historische Roman_, p. 91. + +[194] id. + +[195] t.a.p., p. 104. + +[196] _Taal en Letteren_, 1892. + +[197] Vgl. hierby nog Prinsen: _Handboek tot de Nederl. Lett. Ges._ p. +613-614. + +[198] J. Koopmans: _De Beweging_, 1913. + +[199] _J. v. W._, p. 126. + +[200] t.a.p., 164. + +[201] t.a.p., p. 250. + +[202] _Tw. Gr._, p. 160. + +[203] t.a.p., p. 242. + +[204] Vgl. p. 217. + +[205] t.a.p., p. 261. + +[206] p. 283. + +[207] p. 295. + +[208] Feitlik die enigste menslike gevoel, wat beide Gert en Phineas +besit, is liefde vir hul ... perde! + +[209] _Nederlandsche Romancières van onzen Tijd_, p. 10. + +[210] _Tw. Gr._, p. 305. + +[211] t.a.p., p. 38. + +[212] t.a.p., p. 306. + +[213] _J. v. W._, p. 210. + +[214] _Tw. Gr._, p. 331. + +[215] _Taal en Letteren_, 1892. + +[216] _Tw. Gr._, p. 225. _Dag_ op dieselfde pagina is seker 'n drukfout +vir _nag_. + +[217] t.a.p., p. 233. + +[218] t.a.p., p. 89. + +[219] t.a.p., p. 313. + +[220] t.a.p., p. 229. + +[221] _Tw. Gr._, p. 349. Beter geslaag is die beskrywing van Johannes se +kamer, _J. v. W._, p. 163. + +[222] Vgl. Rémy de Gourmont: _Esthétique de la langue française_. + +[223] _Ferdinand Huyck_, p. 42. + +[224] o.a. _Ferd. Huyck_, p. 91. + +[225] Vgl. o.a. _J. v. W._, p. 101, 122, 201; _Tw. Gr._, p. 200, 357. + +[226] Uit _J. v. W._ + +[227] Uit _Tw. Gr._ + +[228] _Dichtbloemen_, p. 150. + +[229] _J. v. W._, p. 63 en 226. + +[230] Vgl. hiermee _Tw. Gr._, p. 233-4 waar Krysie ook 'n kappie dra. + +[231] t.a.p., p. 106. Uitgave Sijthoff. + +[232] t.a.p., p. 44. + +[233] Vgl. ook _J. v. W._, p. 174. + +[234] J. Mathijs Acket: _Nieuwe Taalgids_, 15de jg., 6de afl., p. 275. + +[235] _Tw. Gr._, p. 67. + +[236] t.a.p., p. 295, 311. + +[237] t.a.p., p. 14. + +[238] Twede Druk, p. 153, noot. + +[239] _Die Burger_, Aug. 1921. + +[240] Vgl. ook Dr. Pienaar se dissertasie, p. 151-6 en Dr. Boshoff: +_Volk en taal van Suid-Afrika_, p. 407-424 waar die kwessie uitvoerig +bespreek word. + +[241] Vgl. hiermee _J. v. W._, p. 210 "'n Vreesagtige hart sal nooit 'n +flinke vrou vang nie." + +[242] Vgl. p. 62, 'n _verhewe_ betrekking in die diens van die Kompanie. + +[243] Vgl _J. v. W._, p, 226 en _Tw. Gr._, p. 237. + +[244] Vgl. _Tw. Gr._, p. 296. + +[245] Vgl. ook _J. v. W._, p. 199 en _Tw. Gr._, p. 333. + +[246] _Tw. Gr._, p. 309, 51, 80. + +[247] t.a.p.. p. 159. + +[248] _Die Burger_, Aug. 1921. + +[249] _De Beweging_, 1913. + +[250] Ook in Engels verskyn as _Dark Johannesburg_. + +[251] Lewensskets ontleen aan _Prozabundel_ van Hoekstra en Viljoen. + +[252] Die derde druk verskyn nou in afsonderlike afdelings. + +[253] Vgl. Hoofstuk I, § 9. + +[254] _Taal en Poësie^2_ ens., p. 58-64. + +[255] Sien Hoofstuk X. + +[256] Nuwe Deel I. Sitate uit die nuwe druk word afsonderlik vermeld. + +[257] Vgl. die opmerkings oor 'n eenvoudige styl op p. 190-1. In _Die +Banier_, Julie 1921, staan ook 'n artiekel oor: _Lett. Styl._ + +[258] _Opvloog_ op p. 5 is seker 'n drukfout. + +[259] O.a. p. 17. Vgl. _Ons Weg_: "elk 'n man", p. 136. + +[260] Vgl. p. 46. + +[261] _Taal en Poësie_ ens.^2, p. 329. In 1921 het nog van Malherbe +verskyn: _Die Timmerman_, 'n Verhaal in Verse en _Koringboere_ 'n +toneelstuk; in 1922: _Rivier en Veld_, 'n digbundel. + +[262] _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[263] _Vergeet Nie_ (1920), p. 198. Ek kursiveer. + +[264] t.a.p., p. 91. Ek kursiveer. + +[265] Vgl. p. 15. + +[266] p. 89. Ek kursiveer. + +[267] Sy het nog wel 'n broer, "wat op die aangrensende aanleg woon", +maar van hom verneem ons net, heeltemal teen die end van die roman, dat +hy na Servaas se gevangeneming die plaasbelange behartig 't--'n rol wat +erg onwaarskynlik klink. + +[268] p. 129. + +[269] _Over Literatuur_, p. 110. + +[270] p. 138. + +[271] _Uitgebeiteld_ is minder gelukkig, want terwyl ons deur die woorde +om_woon_ en slapende die goliat-rotse as =lewende= monsters voel, laat +_uitgebeiteld_ weer aan 'n dooie materie dink. "De hoofdzakelijke +schoonheid van een "beeld" bestaat daarin, dat het de _verborgen +eenheidsessentie_ van twee verschillende of zelfs schijnbaar +tegenstrijdige begrippen, zaken of wezens aantoont. En hoe duideliker en +overtuigender ons die eenheid wordt aangetoond, hoe grooter onze +verrukking is." (M.H. v. Campen _Over Literatuur_, p. 138). Die +_verborgen eenheidsessentie_ wat Malherbe ons eers so goed laat voel, +verbreek hy deur een ongelukkige woord. + +[272] p. 65. + +[273] Die verkeerde gebruik van _bende_ is oor die hele land verbrei +deur 'n welbekende lied uit die _Hallelujah_-bundel, waarin van "'n +Daniëlsbende" sprake is! Ook Von Wielligh praat in _Eerste Skrywers_ (p. +138, by die portret) van "die klein _bende_ van die Genootskap van Regte +Afrikaners". + +[274] 'n Germanisme. + +[275] Vgl. nog p. 101, 158, 104; en p. 24, Piet met sy _onnoembaar_ soet +glimlag! + +[276] Die Kommissie vir Taal en Lettere het gerappotteer: "'t Novelletje +... _Twee Susters_, hoewel taal, stijl en inhoud nog veel te wensen +overlaten, is nochtans van genoegzame historiese waarde en geeft blijk +van belofte voor de toekomst ..." _Akademie-Jaarboek_ V, p. 51. + +[277] Meedelings van Oud-President F.W. Reitz. + +[278] Meedeling van die heer J.H. Malan. Vgl. ook voorwoord van "Oom +Fanie". Sitate volgens die 1ste druk. + +[279] Die biografiese feite is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[280] _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[281] _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[282] Brief van 6 Jan. 1922. + +[283] D'Oliveira, _De Jongere Generatie_, p. 21. + +[284] t.a.p., p. 70. + +[285] t.a.p., p. 139. + +[286] Querido: _Over Literatuur_, p. 43. + +[287] p. 8. Twede druk. Ek kursiveer. + +[288] Vgl. ook p. 206 en 222. In _Op Veld en Rande_ kry ons net eenmaal +'n toespraak tot die "geduldige leser" (p. 101). + +[289] Vgl. p. 108. + +[290] In _Die Burger, Nuwejaarsno._ 1922 en _Die Brandwag_, Des. 1921. + +[291] _Die Burger, N.J. No._ p. 19. + +[292] _Die Brandwag_, t.a.p., p. 172. + +[293] Die lewensskets is ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[294] O.a. p. 14-15, 17-18, ens. + +[295] O.a. p. 7. + +[296] W.L. Cross, _The Development of the English Novel_. (1920), p. 64. + +[297] Vgl. ook p. 47: "goue velde met karmosyn geskilder". + +[298] Lewensskets ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[299] Sonder jaartal. Die meeste verhale is in 1914 vir _Ons Moedertaal_ +geskryf. + +[300] _The Contemporary Short Story_, (p. 101). + +[301] _Die Brandwag_, Des. 1919. + +[302] _The Works of E.A. Poe_ I, p. XI (1866). + +[303] t.a.p., p. XII. + +[304] _The Supernatural in Modern English Fiction_, p. 59. + +[305] Uit: _Lett. Leesboek_, Bot-Kritzinger. + +[306] Alle sitate volgens 2de druk. + +[307] Hy vergeet selfs die "groot hanglamp", want op p. 40 word die +huisgodsdiens by kêrslig gehou. + +[308] So word die meeste saamgestelde woorde dwarsdeur sy werk geskryf. + +[309] Vgl. hiermee: "'n wit seil bemaste Jonge Thomas", _Ou Malkop_, p. +168. + +[310] Vgl. ook p. 100: "iedere stamp en skok, wat die wa gee is 'n +verwyderende skeur in droewige harte." + +[311] Brief van 17 Jan. 1922. + +[312] Vgl. b.v. p. 74. + +[313] Meedeling van die outeur. + +[314] Vgl. ook nog o.a. p. 29. + +[315] O.a. p. 194 "Daar dit nie goeie maniere is om af te luister wat +sulke twee jonge mense ... praat nie, word die gesprek hier nie +meegedeel nie." + +[316] Vgl. ook p. 238. "Die twee is getroud ..." ens. + +[317] Oorspronklik as vervolgstorie in _Die Huisgenoot_ verskyn; in 1921 +in _Die Burger-Leeskring_ uitgegee. + +[318] Vgl. o.a. ook nog p. 210. "Ek laat dit aan die verbeeldingskrag +van die leser oor ..."! + +[319] O.a. p. 184. + +[320] Waarom is dit "die treurspel van mislukte lewens"? + +[321] Ek kursiveer. + +[322] Vgl. b.v. p. 41. "Albei sê baie wat nie juis vir ons van belang is +nie". Hoofstuk XIX staan op 'n verkeerde plek, en daarom moet die leser +uitgenodig word "om 'n weinig terug te gaan"! + +[323] Vgl. ook die plotselinge omkeer by Oom Tjaart, p. 234. + +[324] Die sgn. _proloog_ kan ook gerus weggelaat word. + +[325] Ook _gespot in M. v.d. V._, p. 201. + +[326] O.a. p. 61. + +[327] O.a. p. 183. + +[328] _The English Novel_: Walter Raleigh^5, p. 268. + +[329] Willem Kloos in _De Mannen van '80 aan het Woord^3_: D'Oliveira p. +46. + +[330] t.a.p., p. 76. + +[331] Lodewijk van Deyssel. t.a.p., p. 32. + +[332] Herman Robbers in _De Jongere Generatie_: D'Oliveira, p. 120. + +[333] 2de druk 1918. + +[334] Prinsen: _De Oude en de Nieuwe Hist. Roman_, p. 71. + +[335] Vgl. p. 127. + +[336] _Pensées de Pascal_, par A. Gazier, p. 318. + +[337] t.a.p., p. 158. + +[338] Vgl. 'n dergelike naïewe opmerking op p. 178: "'n Boerenhave +(sic!) was daar nie in die ganse volksplanting nie ..."! + +[339] Vgl. nog p. 80: "Die rus en kalmte ..." en p. 81: "Is dit nie +dieselfde streling ..." + +[340] Vgl. o.a. nog p. 199, 29. + +[341] Dwars deur die boek word dié woord en ook _uitwei_ verkeerd +gespel. Dimunitiewe op _-fie_ ook. Vgl. ook neer_vlei_ op p. 192, ra_t_ +op p. 121. Die sinstorende drukfoute moet, soos die skrywer my meedeel, +gewyt word aan die besonder omstandighede, waaronder die boek gedruk is. + +[342] Die ketting-sin op p. 67 lyk egter wel "ghevernuftizeert". + +[343] Is. Querido: _Studiën_, p. 219. + +[344] Voorrede: _Griane_. + +[345] Benjamin Constant: _Adolphe_. + +[346] O.a. p. 81. + +[347] 'n Ongelukkige koppelwoord. + +[348] Waarom die stuitende en onnodige herhaling van _spinnekop_? + +[349] Vgl. p. 220 b.v. + +[350] Vgl. b.v. p. 7. + +[351] Verstaan: glase. + +[352] Vgl. nog p. 171: berge--werwe--swerwe; p. 194 dwars bars. + +[353] Duister is ook: "dat die ou jong simpatie ken", p. 188. + +[354] Vgl. o.a. p. 184-204. + +[355] Daar is ook 'n verpleegster, wat 'n _engellied_ sing, (p. 71). + +[356] Op pag. 207. + + + + +HOOFSTUK VI. + +Satieries-Humoristiese Prosa. + + +§ 1. Ds. Willem Postma. (1874-1920). (Dr. O'Kulis). + +Ds. Willem Postma was 'n seun van Prof. Dirk Postma, die vader van die +Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Hy is in 1874 in Burgersdorp gebore, +waar hy hom vir die leraarsamp voorberei het onder Prof. Jan Lion +Cachet, (Ou Oom Jan). Op Bethulie, Bloemfontein en Reddersburg was hy +predikant. In die oorlogsjare (1899-1902) moes hy uitwyk na Middelburg, +K.P., omdat hy geen eed van trou wou aflê nie. Daar het hy die kos vir +sy gesin in 'n winkel en deur privaatlesse verdien. + +Onder groot moeilikhede het hy die gemeente in Bloemfontein gestig. In +Mei 1905 het hy onder die skuilnaam _Jong Afrika_ in die Hollandse +_Friend_ begin te skryf oor die Afrikaanse taal, sonder dat hy iets van +Preller se stukke afgeweet het. As gevolg van die groot byval het Ds. +Postma toe gereeld bydraes onder die tietel _Oogdruppels_ gelewer. Toe +die setter verstaan, dat die ondertekening van die eerste stuk, nl. +_Okulis_, oogdokter beteken, het hy daarvan Dr. O'Kulis gemaak en so het +die naam gebly. "Deur dié stukke het hy hom as volksman geopenbaar, het +hy hom 'n weg gebaan na die hart van die Vrystaatse volk ...," verklaar +Totius.[357] In Bloemfontein was hy ook die stigter van wat tans bekend +is as die "Voorbereidende Tegniese Skool". + +In die aangehaalde artiekel gee _Totius_ 'n paar persoonlike +herinneringe en sê o.a. dat hy "nie maar 'n merkwaardige figuur (was) +nie, maar 'n heldeverskyning". Van hom het verskyn: _Die +Eselskakebeen_,[358] _Doppers_ (1918) en _Die Boervrou_ (1919). + +In _Die Brandwag_ (1912) het hy 'n teorie oor die ontstaan van Afrikaans +uitgewerk.[359] Sedert 1918 was hy lid van die Akademie. Van belang is +nog dat sy vriende huiwerig was oor die uitgawe van die _Eselskakebeen_. +In 1920 is hy oorlede. + +Die Eselskakebeen. + +In _Die Brandwag_[360] het die skrywer verklaar, dat die boek 'n +"suiwere outobiografie" is met uitsondering van die laaste hoofstuk. +Maar dit is veel meer; dit is ook die biografie van etlike Afrikaner +geslagte, wat nog vir 'n tiental jare na die Anglo-Boere-oorlog gekreun +het onder dieselfde treurige onderwysstelsel deur hom beskryf. Pas in +die laaste jare het daar verbetering gekom en in sommige dele van ons +land heers feitlik dieselfde misstande noù nog. + +Eers beskryf Dr. O'Kulis sy geboorte, waarby Tant Antjie met haar +medisynetrommeltjies gehelp 't. Spoedig begint die taalmoeilikhede en in +'n donker onweersnag doen hy die ontdekking, dat ons liewe Heer ook +Afrikaans verstaan. Op skool is dit van die eerste dag af 'n gedurige +stryd teen die _step-by-step_-denasionalisering, wat die doel was van 'n +verpolitiekte stelsel, as so 'n onpedagogiese gedoente ten minste die +naam stelsel ooit verdien het. Mooi word die wisselwerking tussen die +skool- en huislike invloed beskryf. "Wel, die Boere het van al daardie +Royal Reader gedoente niks geglo nie as ek hulle bietjie wou vertel. Al +wat ek vir my moeite gekry het, was: "Jou Rooinek, glo jy al daardie +leuns?"[361] Langsamerhand groei die verset van die aanvanklik deur +skoolwysheid oorblufte seuntjie. Die omgang met Boerfamielies, wat +vashou aan die ou _Trap der Jeugd_ en die Bybel versterk die Boergees in +hom, totdat hy die geleerde weefsel van bedrog wegvee en met volle +selfkennis sy Engelse meester toevoeg: _Ek is 'n Boer_ (p. 44). Hy wil +nie langer "'n agterryer in sy eie land", 'n jingo of weeluis wees nie +(p. 42). Wanneer die seun 'n man word, maak hy 'n eselskakebeen +vogtig[362] met die trane van sy lang opgekropte spyt en dan dreun die +mokerslae op "die Filistyn in die Afrikaner". Dit word 'n geweldige +wapen in sy hand, waarmee hy seker meer as 'n "duisend man" verslaan +het! In die begin is daar 'n bietjie goedaardige skerts o.a. oor die +dominee se gesukkel met die Hollandse geslagte (p. 16), maar wanneer hy +die toestande op die Engelse skool beskryf, word die toon +kwaai-sarkasties en bitter. Die eensydige onderwys uit die _Royal +Reader_, oor _British en Cape History, Geography_, ens. word met +satieriese skerpsinnigheid aan die kaak gestel. Met 'n speelse vernuf +word die oorsprong van die Engelse nasie uitgepluis. "Daar is van die +geskiedskrywers, wat die oorsprong wil aflei uit die naam, nl. Angel +(Engel) en dan wil meen dat hulle van 'n Engele-geslag is. Of dit van +die gevalle engels is of van die ander is onmoontlik om uit te maak"! Op +aanskoulike wyse word aangetoon dat die geïmporteerde eksamenstelsel +geen rekening hou met die eise van ons samelewing nie. "Jannie het op +skool net 'n bietjie algemene kennis en die _School-Higher_-sertifikaat +opgetel. Vir die lewe moes hy daarna eers klaar maak." (p. 55.) + +Selfs vandag het die boekie nog aktuele waarde, en dis 'n +kultuur-historiese dokument, wat selfs die verre nageslag nog met +belangstelling sal lees. Al sal dit hulle nie so heftig ontroer nie soos +ons, wat al die ervarings self ondervind het, tog moet dit altyd +treffend bly deur sy raak voorstelling en bytende spot. Daar is enkele +uitweidings, wat die eenheid van die strydskrif verstoor, 'n paar +anekdotes, wat die direktheid van die aanval verminder, maar omdat dit +iets is wat werklik "uit (die) hart opgeborrel het"[363] sal dit altyd +sy waarde behou. + + +§ 2. Reenen J. van Reenen. + +Die Agterstevoortrekkers (1917). + +Johan van Heemskerck het in sy _Batavische Arcadia_ (1637) 'n paar +Haagse here en dames 'n plesiertoggie laat doen met die doel om "onder +'t soet van minnepraetjes al spelende (te) komen tot kennisse van de +vaderlandtsche gelegentheden, daer niemandt een vreemdelingh in behoort +te zijn." Van Reenen stuur 'n aantal Bloemfonteinse geleerdes en +kunstenaars met hul famielies op die ou voortrekkerpad "om te probeer of +daar nie, daar in die bosse en klowe, in die kranse of op die bulte nog +van die heldemoed van die ou voortrekkers te bespeur is nie, en of daar +op die wye ope veld nie 'n kans is om weer die helder eenvoudige +duidelike uitsig op die lewensprobleme op te vang en in (hul) daaglikse +omgang te gebruik nie" (p. 32). Die ooreenkoms is duidelik, ofskoon daar +seker van bewuste navolging geen sprake kan wees nie. By Van Reenen is +daar nie soveel "loofwerck van liefkooserijtjes", maar die minnende +paartjie ontbreek tog ook nie. Die poging om pastorale en didaktiese +motiewe te verenig is al merkbaar in die aangehaalde sin. Oom Jakob sê +ook nog: "Dis die doel van die uittog ... om 'n veldwasempie op te vang +uit die _Afrikaanse Son en Veld_" (p. 31). Nog duideliker straal die +pastorale motief uit die volgende deur: "Daar in Bloemfontein in 'n +atmosfeer van kunsmatigheid, val die klank (van die ossewa) weg, hier op +die veld, ver van die besmetlike invloed van groot stede, mag die plof +plof van die ossevoete nou en dan in die sand wegval, maar die skok van +die wiele bly." (p. 110). Die didaktiese motief blyk ook nog hieruit: +"Opgewonde gee ek antwoord dat dit 'n eerste klas plan was om die +sienswyse van die voortrekkers te verstaan, en hulle geskiedenis met +smaak te leer lees...." (p. 20). En die sewende trekreël lui: "Elke aand +sal een van die trekkers ... 'n lesing gee oor die een of ander in die +geskiedenis van die Voortrekkers" (p. 37). + +Maar sterker nog dan die pastoraal-didaktiese motiewe van die verhaal +is die satieries-humoristiese element. Die meeste van die Bloemfonteinse +deskundiges verbeel hulle wat wonders. In die "afskeidsbrief" heet dit: +"Ons is beslote om ... ons diep kennis vir almal wyd en syd bekend te +maak" (p. 40). Die Professor wil drie waens vol boeke laai "om aan die +boere te verkoop"; Jan, die "goggadeskundige" wil die boere waarsku teen +skadelike insekte, en Antoon, die musikus hoop dat deur sy musiek "nuwe +ideale mag ingeboesem word in diegene wat binne die betowerde sirkel van +ons skitterende strale inkom." (p. 31.) Oom Jakob egter voel dat die +groot geleerdheid van sy maats eensydig is. "Op seker gebiede het ons +... vooruitgegaan, maar op ander ... is ons baie versleg" (p. 32). Hy is +dan ook gewillig om aan die voete van die plattelander te sit en lesse +van hom te leer. Ook Oom Kaas, die "diepgeleerde professor in +geskiedenis" voel, dat die hele spul dalk sal verkeerd loop, dat die +_Agterna_-trekkers bes moontlik _Agterstevoor_-trekkers sal word, en sy +voorspelling kom uit. + +Die vernaamste, doel van die skrywer is om die verwaandheid van die +hooggeleerde akademiese here bespotlik voor te stel. Die heel eerste +voorval gee al dadelik die toon aan. Die osse trek afdraand net so swaar +as opdraand en terwyl hulle 'n geleerde dispuut hou oor dié +raaiselagtige omstandigheid, kom 'n onnosele konstabel die moeilikheid +oplos deur die styfaangedraaide briek los te draai! Dat klein Leon aan +die ossewabriek dieselfde funksie as aan die van 'n outo se slinger +toeskryf, is meer dan 'n gelukkige grappie; dit is meteens al 'n +simboliese voorstelling van die groot afstand tussen die voortrekker- en +die moderne beskawing. + +Die trek is skaars aan die gang of die entomoloog vind uit, dat Oom +Gert iets oor goggas weet, wat hy nog nooit in sy diepsinnige handboeke +van gelees het nie, en met 'n ironiese laggie voeg die skrywer hom toe: +"Neef Jan, ek het gemeen jy gaan vir die boere leer, nie hulle vir jou +nie." (p. 54.) S.K., die professor in fiesika vind uit, dat al sy +gekompliseerde instrumente en spitsvondige berekeninge minder +vertroubaar is dan die kennis van die eerste die beste ou boertjie. En +dan is dit nog boonop klein Botterkoppie wat hom tot die erkentenis +bring! Op die tuinfees slaan almal behalwe Oom Jakob 'n gek figuur. Die +dorpelinge verskyn in trekkersdrag, maar die kastige trekkers in haastig +bymekaar geskraapte Europese spektakels! Alles doen hulle agterstevoor! +Die steekse motor van die dokter, wat deur die osse dorp toe moet +gesleep word is weer 'n ironiese beeld--die moderne vernuf afhanklik van +die ouderwetse trekkersmetode. Die professor kry in "'n hoekie van die +Vrystaat" 'n resep vir heuning-bier, wat hy tevergeefs in sy geleerde +foliante gesoek het, maar sy onbekendheid met die praktiese uitwerking +daarvan besorg hom 'n wetenskaplike hallusinasie, wat tot 'n algemene +bespotting aanleiding gee. + +By die afgebrande huis loop die trekkers 'n gewone boer raak, met 'n +ontwikkelde kunsgevoel en so 'n fyn beskawing dat dit hulle bewondering +afdwing. Wanneer die trekkers by Kerkenberg kom, waar Piet Retief se +naam op die rots staan, word die toon van die verhaal ernstiger. Die +historiese gevoel ontwaak en Oom Kaas bevredig Emmie se weetgierigheid +deur allerlei besonderhede oor die Voortrekkers se ossewaens mee te +deel. Op die Natalse pad kom die piëteitsgevoel tot uiting in 'n +humoristiese regsaak tussen ossewa en outo. "Ek het die Afrikaner Nasie +gedra toe dit nog 'n suigeling was; en nou, op my ou dag, wil julle hê +dat ek moet pad gee vir 'n bog kind, so jong dat hy self erken dat hy +nog nie eers gebore is nie." "Grootgeraas" is 'n outo van "aanstaande +jaar se model" en "Die Dromedaris" weier om pad te gee vir so 'n +"aangewaaide, buitelandse ding--niemand weet eers wie sy ouers is nie!" +(p. 210.) Hier is die soort humor aanwesig, wat volgens Schopenhauer is +"der hinter den Scherz versteckter Ernst",[364] want uit so 'n toneel +spreek die wil van 'n volk om die erfenis van sy voorvaders te bewaar +"van vreemde smetten vrij". + +Dirk vind nog 'n geleentheid om die "geleerde ape", S.K. en die +Goggadoktor droog te sit. Hy verydel die grootskeepse opgrawingsoperasies +van die twee deur die egte voortrekkervurk met sy pennemes uit te grawe, +terwyl 'n verroeste valse "versigtig in watte opgewoel" tereg kom in Jan +se trommel. Dis 'n laaste verbluffende kopskoot op die dorre +kamergeleerdes! + +Die manier waarop die dansparty eindig is 'n bewys, dat die +agternatrekkers tog onder die besielende invloed van hul voorvaders +geraak het en hul onder al die malligheid goed ingeleef het in die gees +van dié grootse tydperk met sy skrynende wee. As die maan wegraak, en +die uile droewig skree, begint Antoon se viool "te huil soos 'n moeder +oor haar kind se lykie.... Soos diegene wat pas 'n dierbare vriend in sy +graf gelê het, uitmekaar gaan, so verdwyn nou stilletjies die gaste een +vir een" (p. 235). Om 'n toneel van sulke roerende stemming in al sy +innigheid uit te beeld--daarvoor was Van Reenen nie woordkunstenaar +genoeg nie. Die oorgang van uitgelate malligheid kom te plotseling. Dirk +se gulle lag oor sy welgeslaagde grap, sy "dis nou regtig 'n lekker bal" +klink nog in ons ore as ons by die "stille snikke van sterk mans" kom. +Maar ons voel tog iets van die stille plegtigheid van die oomblik en +enkele dowwe dreunings van 'n verre dodemars kom uit die verte +aansuis.... Verswak die skrywer nie die ernstige ondertoon van sy werk +deur na so 'n toneel weer met minnepraatjies aan te kom nie? En smoor hy +dit nie heeltemal deur die _ragtime_-klanke van die agterrede nie? Ek +meen van wel. + +Magteloos, totaal magteloos staan Van Reenen as woordkunstenaar teenoor +die natuur. Die trekkers mag 'n "veldwasempie" opgevang 't--ons kry nie +eers die ruik daarvan nie! "My hand het net gejeuk vir 'n kwas en verf +om die pragtige kleure op doek of kaart te skilder, maar al had ek die +gehad sou dit my darem onmolik gewees het om uit te druk wat ek gevoel +het...." (p. 84). En met die pen kom hy ook nie verder as 'n gestamel +oor die _onbeskryflike kleure_ nie (p. 138). Dit is vir hom "'n soort +heligskennis om die wonderwerke van die Natuur te veel in hulle +teenwoordigheid te analiseer" (p. 152). Daarom moet ons tevrede wees met +die kennis, dat hy 'n lekker pypie daar op die Nek gerook 't, en dat hy +nooit moeg word van die Treurwilgers rondom die damme nie! (p. 85.) + +Beskouings oor bou- en skilderkuns, meubilering en musiek word in die +verhaal ingevleg. "'n Mooi sandsteengebou gepleister met sement, soos +klipwerk nagemaak" word die aanleiding om teen na-apery van vreemde +kultuurvorme te waarsku (p. 86). Tussen die sekretaris en Antoon vind 'n +kunsdebat plaas (p. 138 vlg.). As Van Reenen egter meen dat die doel van +die kuns is om "die Natuur akkuraat ... weer (te) gee" (p. 141), dan is +hy nog op 'n dwaalpad. + +Met die taal sukkel hy ook nog baie. Sy woordskikking en voorsetsels is +telkens verkeerd. "In Switserland[365], elke tien jaar voer hulle 'n +toneel op wat gebeurtenisse in die lewe van die Here Jesus voorstel.... +(p. 121); om aan die datum van die almanak te kyk (p. 102); wat ek voor +strewe" (p. 141). Ook 'n hele paar anglisismes kom nog voor: "in herfs +(p. 19); Harrismith Distrik" (p. 154) ens. Gebrekkige taalgevoel blyk +o.a. uit die volgende: "Afrikaans het _haar_ swak punte (p. 119); +Basoetoeland wat _haar_ berge vir ons wys (p. 138); die woede eienaar" +(p. 42). Die juffrou M., op p. 153 moet blykbaar deurgaan vir 'n +Hollandse, maar "dat berg" het sy tog seker nooit gesê nie! Hoe weinig +"felicity in the flow of words" daar by Van Reenen is blyk uit +kreupelsinne soos die volgende: "Dan kom die sonsondergang en asof 'n +reuse skilder met 'n reuse rooi of rooskleur kwas die landskap skilder, +neem die blou berge 'n rooskleur skynsel aan. Dan word die kleur meer en +meer pers." (p. 138.) Ook die beeldspraak is weinig oorspronklik: "die +deken van die grappe (p. 137); 'n lugkombers" (p. 237). Beets is ook +versot op die banale deken- en mantelbeelde (vgl. XXI). Sou hy nou +werklik gemeen het, dat sy erbarmlike gerymel in dieselfde hoofstuk vir +poësie moet deurgaan? + +Die dialoog word meestal gekenmerk deur 'n besonder losse natuurlikheid +en tallose lewendige toneeltjies getuig van groot plastiese talent. +Sommige daarvan is egter skadelik vir die eenheid van die werk en dit +geld ook van enkele langer vertellings, wat die aandag op storende wyse +van die hooftema aflei. Dit is o.a. die geval met hoofstuk XXIV, wat +"Herinneringe uit die Engelse oorlog" bevat. Daar is nog meer sulke +uitweidings, wat die verhaal soms na 'n versameling van los anekdotes +laat lyk. + + +§ 3. Adv. C.J. Langenhoven. + +(Sagmoedige Neelsie). + +Sonde met die Bure, (1921). + +"Die ou wêreld is nou so treurig donker.... Om my dan self 'n bietjie op +te beur--en as ek dit kan regkry, menige ander arme drommel ook wat +altemit teen dieselfde versoeking moet stry om nie maar gedurig +miesrabel te voel nie ... (het) ek hierdie noukeurige en onverbloemde +verslaggie geskryf van 'n baie gelukkige vakansieplan...." (p. 1-2). Die +ou wêreld het té treurig geword, en daarom sit Langenhoven die hele +werskaf onderstebo neer. Sy bure het hom versondig en nou sê hy: Ek maak +soos =ek= lekker kry en kom julle nog verder met my lol, dan koggel ek +julle almal uit! Dit is so ongeveer die stemming waarin Neelsie geskryf +het. + +Sy vrou wou haar nie laat vermaak deur die weelderige leefwyse van haar +bure nie--dit was in die dae van Oudtshoorn se volstruisgloria. Sy het +aan hom gekarring en al sy besware "doodgealmiskie". Hy koop "'n +afgeleefde tremwa" in die Kaap, en toe agtien osse die soort strandhuis +nie kon trek nie, verower hy op 'n sirkusvendusie die olifant, Herrie. +Dwars deur die dorp gaan die tog, Olifantsrivier op. Almal wat hom +lastig val raak lelik gepier. Die burgemeester is eerste aan die pen en +sy bemoeisug gee Neelsie 'n kans om sy ergernis oor belastingkwellings +te lug. Op Stolsvlakte raak die pad versper deur die slingerende +gevaarte en van weerskante word die verkeer opgedam. Maar Herrie +verwilder die spul met sy gesnork deur 'n motorbeuel. So ver as Neelsie +gaan versondig hy sy bure--maar hulle het mos eerste begin te lol! En hy +slaan nog geld uit hulle ergernis ook om vir Engela, sy dogter se +numodiese klere te betaal! Dit word 'n wraakneming van 'n getergde man. +Die magistraat, Afdelingsraad en geregtelike mag agtervolg hom, maar +moet met hangende pootjies en skoongewaste koppe stamp-stamp huistoe ry +oor 'n omgeploegde pad. In Meiringspoort vind hy eindelik rus--vir 'n +tydlank ten minste. Daar raak hy aan filosofeer oor "al die nietige ou +mensies op aarde" (p. 61) en die wondere van die skepping. Maar die +lekker rooipit perskes, wat gedienstige jongkêrels vir Engela aandra, +laat hom uitvaar teen die nuwe soorte, wat allerhande plae in die land +gebring 't. En 'n stapel koerante maak hom briesend! Vroutjie peuter aan +hom oor sy ongeselligheid en as gevolg praat hy die arme dominee skoon +dronk van pure gasvryheid. Met 'n groot reent raak die kos skaars, maar +die jongkêrels knoop al De Rust se kabeltoue aan mekaar om oor die +kranse van dertienhonderd voet nuwe voorraad en ... Engela se beste +vryer af te hys! + +Een van die afdrifsels op die rivier is 'n dronk Hotnot, wat onder die +sing van "God save the King" op 'n stomp afdryf! "Ons het later gehoor +dat hy deur Oudtshoorn se distrik met Olifantsrivier af is, al singende +"Rule Britannia". En die laaste berigte wat van hom bekend is, is dat hy +onder Gouritzrivier se brug deur is see-toe met die laaste van sy drie +liedere. Dit was "Home Fires" (p. 93). Kostelike ironie! + +Oom Hendrik kom ook aangespoel om 'n goeie spook-storie te vertel. En +met sy vasgereende bure kom Neelsie gelukkig so goed klaar, dat selfs +die arm-blanke-vraagstuk aan sy geselligheid geen afbreuk doen nie. +Engela is ook in die skik met haar uit die lug gevalle vryer en die hele +wêreld kom so stadig aan weer reg. + +Skaars is die pad egter rybaar of die "sondesoekery" begint weer. Twee +deputasies kom Neelsie vra om hom verkiesbaar te stel, Prins Albert vir +die volksraad en Oudtshoorn vir die stadsraad. Prins Albert hoop om op +die manier sy paaie ongeploeg te hou en Oudtshoorn sê: "Ons wil hê jy +moet so vas wees in die dorp dat jy nooit weer daar uitkom nie" (p. +118). Dit is die laaste, maar glad nie die enigste klap wat Sagmoedige +Neelsie aan sy eieliefde gee nie. Die "sagmoedigheid" van hom is sommer +bossies. Juis die manier waarop hy daarmee omspring, sy koddige pogings +om kastig eie vernaamheid te handhaaf en homself te rehabiliteer is een +van die besgeslaagde humoristiese trekke. "Neelsie, ons bring jou De +Rust se groete. Jy weet hoe lief ons jou het. Moenie laat daar iets +tussen ons kom nie.... Bly op Oudtshoorn.... En die beswaar het ek +gewaardeer.... En tot vandag toe het daardie mense my nog lief. Ek moet +darem maar 'n goeie man wees" (p. 46). + +Komieklike verdraaiings, woordspelings en paradokse, die eienaardige +nuanse wat hy in geestige maar ook in die eenvoudigste opmerkings +lê--dit is 'n paar middels wat gebruik word. "Soos die ou spreekwoord +tog sê, as 'n mens dom is moet jy slim wees." (p. 6); tafelpote "moet +glo op een of ander manier ongelyk wees om gelyk te wees." (p. 10); "Ek +wil nie altyd wil nie, maar as ek darem nou wil, dan wil ek, of as ek +nie wil nie, dan wil ek nie." (p. 23.) Met 'n paar woorde bereik hy soms +'n mooi effek. Nadat hy 'n opsomming gegee het van al die swaar goed wat +op die tremwa is, voeg hy so ewe droog by: "En Engela se klere." (p. +48.) Anders kom hy weer met groot vertoon van erns die mees +vanselfsprekende feit vertel: "Engela en Willem het hulle, met +prysenswaardige bedagsaamheid jegens ons ouere smaak, onderwerp om maar +besonders van ons geselskap te bly en met hulle eie tevrede te wees, by +gebreke aan beter." (p. 110.) + +"The sense of the Comic is much blunted by habits of punning and of +using humouristic phrase: the trick of employing Johnsonian +polysyllables to treat of the infinitely little. And it really may be +humorous, of a kind, yet it will miss the point by going too much round +about it."[366] Gelukkig kan dit nie van Langenhoven gesê word nie. Hy +maak 'n spaarsame gebruik van al die foefies en om die bos loop hy ook +nie. Mens kry by hom, wat Meredith noem "stout animal laughter", maar +ook "spiritual laughter". + +"Die geagte leser kan glo wat hy wil en as hy nie wil nie kan hy laat +staan," sê die skrywer in sy voorwoord. Maar die onwaarskynlikheid is in +so 'n verhaal 'n deug. "There is nothing more powerfully humorous than +what is called _keeping_ in comic character ... (i.e.) consistency in +absurdity; a determined and laudable attachment to the incongruous and +singular. The regularity completes the contradiction; for the number of +instances of deviation from the right line, branching out in all +directions, shows the inveteracy of the original bias to any +extravagance or folly, the natural improbability, as it were, increasing +every time with the multiplication of chances for a return to common +sense, and in the end mounting up to an incredible and unaccountably +ridiculous height, when we find our expectations as invariably baffled. +The most curious problem of all, is this truth of absurdity to itself. +That reason and good sense should be consistent, is not wonderful: but +that caprice, and whim, and fantastical prejudice, should be uniform and +infallible in their results, is the surprising thing."[367] + +Nou is daar nog 'n paar "muggies"[368], wat moet katswink geslaan word, +vóórdat hulle ons slaapsiekte kan gee! In _Die Brandwag_ (15 Mei 1912) +het Langenhoven gepleit vir "sulke handige woorde as: mistyk, +baaisikkel, drein, spiets, toast". In dieselfde artiekel kom voor: +_papier_ (krant), _gedrop, hendikep, remnant, op te dres_. As 'n +takhaar, soos Oom Stoffel in _Doppers en Filistyne_ praat van "die haai +sosaaietie van die dorp", dan het ons daar vrede mee. Ons sien hom sy +neus optrek vir die hele gedoente en hoor in die klank al sy veragting. +Dit is dieselfde beginsel wat hom laat sê _Broes Dekstrooi_ en +_Makpaatrie_ en dit tiepeer die man meteens. Maar die _gereelde_ gebruik +van die sogenaamde "handige woordjies" moet stellig afgekeur word en dit +kan ons met Langenhoven se eie woorde doen: "Sal 'n groot Afrikaanse +letterkunde ooit ontstaan, dan sal hy groot wees omdat hy Afrikaans is: +Afrikaans in sinsbou, idioom, taalgenie, taalopvatting, taalgevoel, +taalstandpunt." (t.a.p.). In _Sonde met die Bure_ stuit ons taalgevoel +op: "bargain (p. 16), trieks (p. 18), sake in order bring (p. 22), +kerrietse (p. 36), wybel (p. 98); ons dogter Engela had ook intussen +teruggekom (p. 20); nie alleen dat Vroutjie haar daaraan sou moes +versoen.... (p. 15); Vroutjie gee my weer 'n kyk" (p. 88). En is die +vorm _aan die gesels_ (p. 41) nie veel meer Afrikaans nie as _aan 't +afkom, aan 't uitspan_, ens.? + +Doppers en Filistyne, (1922). + +"Nou ja, net soos Delila met Simson gemaak het--gekerm en gekarring tot +sy haar sin gekry het--net so het Soetlief met my gewerk tot sy my +oorgelewer het aan die dorpse Filistyne" (p. 7). Soetlief volg dieselfde +taktiek as Vroutjie. Sy is moeg vir die rustige plaaslewe en dwing dorp +toe om ook in die "adelkringe" te kom. Oom Stoffel, 'n opregte ou +takhaar moet toegee en dan begint die sonde met die dorpse bure, en die +dorpse gewoontes. Alles is "blink bedrog". In plaas van sy koele +rietdakhuis trek hy in "'n moderne ongerieflike verspotterigheid ... wat +jy kon omstoot buiten dat die uitgeknipte blikversierseltjies jou hande +sou stukkend sny." (p. 18.) Van "sonde en ergernis en dorpse modes en +dorpse vleis en brood" word hy dodelik siek. Neelsie jaag hom die stuipe +op die lyf en as die dokter hom wil opereer, slaan hy die kêrel "dwars +oor die wastafel" en vlug na die plaas. + +By sy terugkoms begint die spokery met sy buurman Makpaatrie oor die +waterlei-beurt. Steekbaard, die ou plaashond bevlieg die Skotsman, want +hy reken: "'n Vroumens met 'n lang rooi snorbaard en rokkies bokant die +kaal knieë--nee, soiets moenie wees nie" (p. 63), En hy veroorsaak nog +meer moeilikheid deur 'n slagting onder die Skot se "uitheemse soorte +bog-ongedierte". + +Die anderkantse buurman was "Ja-mes Wénderbaail". Miesies Ja-mes gee +Soetlief 'n kursus in dorpse beskaafdheid, maar Oom Stoffel hou sy lyf +nog altyd takhaar. Die onderhoud tussen hom en Miesies Ja-mes is 'n +meesterstuk van vlymende satiere. (p. 73-75.) Soos Langenhoven die +verengelste Van der Byl-famielie geteken 't sal hulle bly lewe in ons +letterkunde. Hier is hy werklik 'n "virtuoos van het sarcasme". + +Neelsie se joernalistieke ervaring kom Oom Stoffel te pas as hy die +Taaims-vaatdoekie aan flenters skeur en die hele redaksie met sy +karreekierie deurloop. Die Progressiewe Hollandse predikant word ook +ongenadig geroskam. As Neelsie met 'n vernuftige varkeberekening bewys, +dat Oom Stoffel koninklike bloed in sy are het skaam die ou hom +bitterlik. "Ek het gedog my peddekrie was skoon"! (p. 113.) Dit is die +ou Boeretrots wat met al sy veragting van uitheemse tietels hier +opflikker. + +Engela se klererekening bring vir Neelsie "in die verknorsing" en dit +gee aanleiding tot 'n humoristiese hofsaak. Die gedig wat hy in die +tronk maak, het egter onder sy verdrietige stemming gely. + +"Die dorpse duiwels se naam is legio" en in die loop van die verhaal kry +meer as een 'n goeie raps onder Oom Stoffel se kierie. Dit word 'n +deurlopende veroordeling van alle nuwe boggedoentes, van die "met blink +klatergoud-beslane doodkis", die "Mayoral Sunday", die ingevoerde +Engelse honde tot die vrot perskes, pere en appels met _fensie_-name en +_fensie_-wurms om maar 'n paar te noem. Oor alles moet hy sy +takhaar-wysheid lug, en as hy nie te kwaad word nie, laat hy ons glimlag +oorslaan in 'n onbedaarlike skaterlag. Al die nuwerwetse +verspotterigheid word met die ou plaaskierie goed deurgeloop. + +Dan kom egter "'n groot versoening ... my ou teëparty is almal bekeerd; +wat my vyande was is vandag my vriende" (p. 136). "Soos met 'n towerslag +is ons gevoelens teen mekaar verander en van onverdraagsaamheid tot +liefde oorgegaan. Makpaatrie en Broes is nie meer uitlanders nie; hulle +is Afrikaners.... Op die ent van vergaderings en konserte sing ek God +save the King uit volle bors ... (p. 67). Die groot versoening het nie +alleen van die Engelse Jingo's Afrikaners gemaak nie, maar ook die +Afrikaner-Jingo's bekeer (p. 86). Voortaan werk Oom Stoffel saam met +Miesies Ja-mes by die verkiesings. + +Maar die kastige "versoening" is juis die toppunt van alle ironie! Oom +Stoffel gee homself sy eie doodsteek! Hy het die teëparty so ongenadig +gekneus en gelooi, dat ons voel dat húlle nooit ofte nimmer met hom kán +saamwerk nie. Hoe moet ons dan die psigologiese raaisel van die +versoening verklaar? Delila-Soetlief het die ou takhaar se baard +afgeskeer! Nie alles nie--hy het nog heelparty van sy ou +swaap-nukke--maar Soetlief "knip elke oggend (s)y bokbaardjie vir (hom) +met die skêr reg volgens die nuutste S.A.P.-mode" (p 142). En al die tyd +verbeel hy hom, dat Soetlief en sy ou vyande "aan (s)y kant kom staan +het en saam met (hom) voel vir die beginsels en ideale, wat (hom sy) +lewe lank besiel het ..."! (p. 141.) So kom daar 'n vlymende politieke +ironie in die boek. En dit is 'n raak hou, omdat Langenhoven dit reg +gekry het om die ou takhaar homself te laat veroordeel. + +"If you detect the ridicule, and your kindliness is chilled by it, you +are slipping into the grasp of Satire. If instead of falling foul of the +ridiculous person with a satiric rod, to make him writhe and shriek +aloud, you prefer to sting him under a semi-caress, by which he shall in +his anguish be rendered dubious whether indeed anything has hurt him, +you are an engine of Irony."[369] Die "satiric rod" was Oom Stoffel se +kareekierie; die "semi-caress" het van Soetlief gekom. + +"The foppish irony fretting to be seen, and the irony which leers, that +you shall not mistake its intention, are failures in satiric effort +pretending to be treasures of ambiguity"[370]. Omdat Langenhoven so goed +daarin geslaag het om ook hierdie fout te vermy, daarom sal die satiere +ook vir later tyd sy oorspronklike frisheid behou, wanneer die politieke +koaliesie daarin gehekel al lank reeds tot die geskiedenis behoort. Hy +het self die grootste gedeelte van Oom Stoffel se ervarings deurleef en +kon die oubaas teken in 'n stemming van vergewende spot. Sy humor is +soos Höffding sê "das Gefühl des Lächerlichen auf Grundlage der +Sympathie". Al is hy vandag Oom Stoffel se politieke teenstander, hy het +die ou bondgenoot nog lief. "Der Humor trägt die Versöhnung im Gemüte. +Er unterscheidet sich von dem Witze, dasz er an den Dingen mit denen er +spielt einen innigen Herzenanteil nimmt, und das die Lust des Lachens +ein inniges Mitgefühl der Rührung für das Verlachte begleitet und +durchklingt."[371] Die simpatie behoort Langenhoven in staat te stel om +ook die langsame groeiproses van die versoening in Oom Stoffel se gemoed +uit te beeld. + +Oom Stoffel word ons voorgestel as 'n ongeletterde takhaar. Sagmoedige +Neelsie, sy neef skuld hom 'n klompie geld en die moet sy spelling en +interpunksie verbeter. Dat Neelsie die Akademie-spelreëls op krietiese +wyse toepas--daaroor sal weinig hom seker berisp; maar van die kommas +het hy seker 'n goeie honderd vergeet. "Inhoud woordekeus en +styl"--alles is van Oom Stoffel. Hoe goed Neelsie hom ingeleef het in +die psiege van die ou takhaar blyk uit iedere pagina. Oom Stoffel word +vir ons 'n lewende persoonlikheid. Hy redeneer met die egte +boere-logika. "Soetlief het rooihare. Met 'n rooihaar-ding--of jy hom +ruil of koop of aanteel of trou; hoé jy hom ook kry--steek jy jou in 'n +waag." (p. 19.) Dié stelling bewys Oom Stoffel deur sy ervarings met +vosperde. "Onder al ... die klomp was maar een goeie. Nou kan die leser +by homself uitsyfer wat die kanse is wanneer 'n man 'n rooihaar-ding +aanskaf." Dit is 'n raak psigologiese uitbeelding, wat ons direk tref +deur sy egtheid. Ook Oom Stoffel se gesukkel om die hoe en die waarom +van al die dorpse instellings en gewoontes te verstaan is goed +weergegee. "Hoe dít uitwerk weet ek nie en Neelsie kan my dit ook nie +uitlê nie.... Waarom kan die Engelse kerk my kerk vat en hom uit 'n +blote dorp optel en in 'n city neersit?" (p. 29.) Dit is deur sulke +trekke, dat Oom Stoffel lewendig voor ons kom staan. Hy bly nie in die +boek nie. Die dorpelinge het straatlampe, "om hulle op hulle pad hel-toe +te verlig" (p. 34). Die dokter "kap met die punte van sy vingers oral +oor my bors en my maag rond _nes 'n houtkapper aan 'n vrot +wilgerboomstam_" (p. 46). "Waarom sou ek daardie ou koeie uit die sloot +opgrawe _en aan hulle dooi beendere kou en gallamsiekte kry?_" (p. 136). +"Ou Ja-mes wat anders so suinig is dat hy 'n vlooi sal afslag en dan die +soutkorreltjie viermaal middeldeur maak om die vel in te pekel" (p. 84). +Uit sulke en tallose ander voorbeelde blyk hoe diep Langenhoven +ingedring het in Oom Stoffel se gedagtewêreld. Oom Stoffel is 'n +afsonderlike persoonlikheid. Hy leef, en hy leef sy eie lewe. Hy praat +ook sy eie taal, maar wanneer hy skryf, dan herken ons af en toe +_Neelsie_ se gladdigheid, regsgeleerdheid en humor. Opvallend is dit +nie, maar ons voel dit tog in sinne soos die volgende: "Maar toe die ou +weer met my oor die muur aan 't raas gaan, beskuldig ek hom dat hy met +vrou en kinders en volk, en _met die medepligtigheid en korrupsie en +kollusie_ van ou Broes Dekstrooi, my stelselmatig van my water besteel." +(p. 66.) Só kan 'n ou takhaar nie skryf nie. + +Enkele minder gelukkige uitdrukkings kom voor: "gedryfde gelukjag (p. +17); dat ek _aan_ 'n boek _aan_ 't skrywe was"[372] (p. 1); ook 'n paar +anglisismes, o.a. "die doem van die Adamskind (p. 26). + +"Ek het geen rede om te dink dat Oom Stoffel Multatuli lees nie," sê +Sagmoedige Neelsie (p. 83 voetnoot). Ons ook nie, maar vir Neelsie self +moet Multatuli in baie opsigte 'n simpatieke skrywer wees. Fonkelende +vernuf, bytende sarkasme, 'n voorliefde vir paradokse en soms ook vir +oud-testamentiese wendings, dit en nog meer het Langenhoven met +Multatuli gemeen. Ook sy spelling-opstandigheid en afkeer van +"hooggeleerde akademiese here" en deskundiges herinner ons aan +Multatuli. "Die geleerde mense is alleen geleerd--die verstandige mense +is ongeleerd" (p. 135). "Die land wemel van skitterende deskundiges" +(_Die Burger_, 14 Aug. 1922). En dat hulle self so weinig presteer en +net "die verstandige mense" se werk wil kritiseer--dit steek Langenhoven +in die krop. Is dit nie of ons Multatuli se uitdaging hoor aan die +"hooggeleerde Muurling": "Laat zien wat _gij_ voor den dag brengt, gij +... geen doctorandus meer, maar doctor, leeraar! Gij, geen doctor meer, +geen leeraar meer, maar _hoog_-doctor, _hoog_-leeraar, leeraar van +doctoren, doctor _van_ leeraren, opperleeraar, opperdoctor!" (Idee 279.) +"Komäan, hoog-geleerden en zeer-geleerden, lever eens wat +volkeren-wijsheid aan 't volk dat uwe wijsheid in huur heeft, en +betaalt!" (Idee 281.) Sou Langenhoven hom nie met Multatuli vrolik maak +nie oor "den armen speciaal-professor die gestruikeld is over 'n +speciaal eigenschapje van 'n speciaal-atoom zijner specialiteit"? Ons +gun hom die plesier, as hy maar onthou dat 'n kunstenaar nog iets anders +is as 'n hooggeleerde.[373] En ons lag saam met hom oor "taal- en +spelling-grille" as hy net nie in ernstige letterkundige werk daaroor +peuter nie![374] + +VOETNOTAS: + +[357] In _Die Huisgenoot_, Jan. 1921, waaraan hierdie lewensskets +ontleen is. Enkele feite kom uit _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[358] Twede druk 1909. Die datum van die eerste druk is my onbekend. +_Doppers_ en _Die Boervrou_ word in hoofstuk X bespreek. + +[359] Vgl. Boshoff: _Volk en Taal van S.A._, p. 76 vlg. + +[360] Des. 1918. + +[361] Derde druk, p. 31. + +[362] Vgl. _Richteren_ 15:15. + +[363] Voorwoord by die 3de uitgaaf. + +[364] _Welt als Wille und Vorstellung_ II, p. 109. + +[365] Bedoel word Oberammergau, wat tog nie in Switserland lê nie. +_Vollendam_ op p. 120 moet wees Volendam. + +[366] _An Essay on Comedy_ by George Meredith, p. 65. + +[367] _English Comic Writers_: W. Hazlitt, p. 10. (Bohn's edition). + +[368] Sien voorwoord, No. 4. + +[369] Meredith, t.a.p., p. 79. + +[370] id., p. 83. + +[371] Backhaus: _Das Wesen des Humors_, p. 70. + +[372] Vgl. _Sonde met die Bure_: "En toe gaan ek aan 't skiet aan die +haan", p. 24. + +[373] Oor die onvrugbaarheid van akademiese professore het Langenhoven +hom herhaaldelik uitgelaat. In _Die Banier_, Julie 1921, beweer hy +selfs, dat dit daarna lyk of 'n akademiese opleiding vir die vorming van +'n kunstenaar noodlottig is--wat seker 'n onjuiste bewering is. So 'n +opleiding "het uitgeloop, nie op 'n mislukking nie, maar op 'n sukses: +op die sukses van 'n beoogde mislukking, want hy was opsetlik bereken om +te misluk"! Vir sulke spitsvondigheidjies is Langenhoven maar àl te +lief! + +[374] Vgl. b.v. _Ons Weg deur die Wêreld^2_, p. 81: "gesteelde--nee, +gestole moet ek sê--...." In _Aan Stille Waters_ is daar ook +spellinggrappies. + + + + +HOOFSTUK VII. + +Didaktiese Prosa. + + +§ 1. Adv. C.J. Langenhoven. + +Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX.[375] + +Die eerste afdeling: _Naarheid en Waarheid_ bevat aforismes. Bestaande +spreekwoorde word aangevul, verbeter of ontken. "Dis wáar, klere maak +nie die man nie. Maar slordigheid nog minder." "Een swaaltjie maak geen +somer nie. Hy maak nie eers 'n nes nie." "Daar mag halwe eiers wees wat +beter is as leë doppe, maar die halwe eiers wat naar my koers toe gekom +het was nog altyd vrot." 'n Groot aantal spreuke is woordspelings: "Om +te weet is net so maklik as om nie te weet nie. Wat swaar is, is om te +weet wát jy weet deur te weet wat jy nie weet nie." In andere klink daar +'n sarkastiese toon: "In 'n vrye land behoort elke koerantskrywer die +reg te hê om dwaasheid te verkondig." Die sonde-met-die-bure-motief is +hier ook aanwesig: "Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou +buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se famielie." Oom +Stoffel sal seker instem met die volgende: "As die son nou met die +beskawing wil saamgaan, moet hy in die nag skyn wanneer die mense wil +wakker wees en in die oggend ondergaan wanneer hulle wil slaap." +"Vroutjie" se redeneerkuns word so getiepeer: "Oortuig 'n vrou dat sy +nie reg is nie, sy klap jou om met simpel almiskié." + +Die spreuke is 'n pittige samevatting van die skrywer se lewenswysheid. +Daar is raak opmerkings, wat getuig van 'n helder, logiese gedagtegang +en 'n uitgebreide ervaring; nuwe waarhede, op pakkende wyse uitgedruk; +ou waarhede, in 'n nuwe, oorspronklike vorm. As voorbeelde van sy +kernagtige styl kan die volgende dien: "Waar die vader op 'n donkie gery +het en die seun op 'n galop, kry jy die kleinkinders te voet." +"Kleinserigheid is die voorkant van seerkleinigheid." + +In die _Ligte Leekprekies_ (IV) is daar 'n preek vir kinders oor +wedywer. "As julle nie weet wat kompetiesie is nie, soek 'n handvol +koring en gooi die vir 'n klompie hoenders. Dan sal julle kompetiesie +sien." (p. 71, Derde druk.) Die verskille tussen "hoender- en +mens-kompetiesie" word dan uitgewerk na aanleiding van wedywer op +sportgebied. Die deurmekaar Engels en Hollands pratery "is my +skoolmeester se skuld" verklaar Langenhoven. Mooi is dit seker nie! + +In _'n Preek vir Nooiens_ word die deugde van die voorouers teenoor die +hedendaagse nuwighede geplaas, en die vergelyking val nie ten gunste van +die laaste uit nie, soos blyk uit die volgende lang-asem sin met sy +komieklike nadraaitjie: "En onse jonge dogters begint in te teken vir +ryk ge-illustreerde mode-joernale en 'n aangeleerde smaak te ontwikkel +vir bloedsomloop-versperrende nou-ryg borste-rokke, voet-martelende en +senuwee-renewérende spyker-polfytjies; vir die gesig-belemmerende +wa-wiel-hoed en die bene-belemmerende hobbelskirt; vir die lae-nek blous +en die ope-werk kous." (p. 80.) Teen die wedywer in huweliksgeskenke +word ook protes aangeteken: "Maar onder die teenswoordige opjaagvendusie +wat van menige bruilof gemaak word, weet jy nie watter geskenk 'n +konvensionele pligvervulling verteenwoordig en watter werklik van harte +gemeen is nie...." (p. 83). + +In _Beweging_ word die ontwikkeling van ons vervoermiddels geskets en +die voorgeslag verheerlik: "Baie van ons voorouers had stoomharte by die +remskoenwaens; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens." (p. +88.) Al die menslike voertuie is egter onvolmaak, wanneer dit vergelyk +word met een "deur die liewe God gemaak." "So stil, so absoluut +eengalig, loop die ou aarde wat vir ons oor en deur die peillose +afgronde van die hemelruim veilig meevoer, dat die oorgrootste +meerderheid van die mensdom vandag nog oortuig is dat sy dood-stil bly +staan in een plek, beweegloos, roerloos." (p. 89.) Die aarde is "ons ou +moeder-wa" waarop die lewensreis afgeleg word. Dan ontstaan die vraag: +"Waarheen? Waartoe? Waarom?" + +In die kinderprekie oor _Ideale_ word die volgende spreuk nader +uitgewerkt "Die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die wêreld +is maar die oeste van ongesiene gedagtesaadjies." + +In die sesde afdeling word _Die Betekenis van Opvoeding_ op aanskoulike +en helder wyse uiteengeset en nagegaan wat _Die Kenmerke van 'n goeie +Toespraak_ is. + +In die negende afdeling, waaraan die boek sy naam ontleen, tree +Langenhoven op as 'n gids op _Ons weg deur die Wêreld_. In 'n honderdtal +kort prekies, elkeen voorsien van 'n pittige teks word onderwerpe van 'n +groot verskeidenheid behandel. Daar is preke oor die mode, dronkenskap, +skindery, politiek, sedelike kwessies, ons eksamenstelsel, opvoeding, +skuldmaak, fariseïsme, liefdadigheid, eerlikheid, borgstaan, godsdiens, +die dood. Ook maatskaplike vraagstukke, soos die verhouding tussen +kapitaal en arbeid word bespreek. Hy probeer om homself en sy bure +grondig te leer ken. Hoe moeilik die _ken jouself_ is, weet hy maar al +te goed: "Die enigste mens in die wêreld wat in die posiesie is om jou +te beoordeel is jyself, maar jy is die onbevoegdste, want jy is tegelyk +regter en beskuldigde. Jy alleen kan in jou hart inkyk: maar ongelukkig +dis jy wat inkyk--die baas en dienaar van die hart." (72.) + +Op sy weg deur die wêreld vind hy baie dinge wat verkeerd is, maar tog +bly hy optimisties: "Laat ons moed hou, maat, die ou wêreld is darem nie +so sleg nie!" (92.) "Die grote waarhede van godsdiens en wetenskap en +idealisme en vaderlandsliefde: immers dié regeer die wêreld." (id.) Tog +moet hy af en toe peins oor die volmaakte wêreld, wat sou ontstaan as +die menslike natuur anders was: "Veronderstel die hele mensdom sou +volkome waarheid-sprekend word, wat sou almal nie win daarby nie!" (50.) +"Die wêreld kon 'n soort van lushof gewees het waar ons al singende en +huppelende 'n lower-beskadude en bloem-bestrooide weg vervolg het van +ons wieg tot aan ons graf." Maar ons moet "met skaamte bely: ... Alles +is hier skoon en edel en groots behalwe die inwoners." (53.) + +Enkele volkstiepes word raak gekarakteriseer; in nommer 10 die man wat +by alles voor-op-die-wa wil wees, in 64 die lastige kuiergas, wat "nie +gesels nie, maar gesels-maak". In 78 kom een van die weinige anekdotes +voor, want die direkte preektoon word maar uiters selde deur 'n verhaal +onderbreek. + +In die honderdtal preke vind ons veel wat fris en oorspronklik is, en +selfs die ou waarhede word op 'n besonder persoonlike wyse uitgedruk, +sodat dit prikkel tot nadink. "As jy op trou staan sal jy geen goeie +raad aanneem nie, en as jy op sterwe lê sal jy dit nie kry nie." (14.) +"My liewe man, moenie vrees vir jou dood nie: vrees vir jou lewe. By jou +dood sal jy verby kom: hy sal nie te swaar wees nie; want as hy te swaar +sou wees, sou hy onmooglik wees; en as hy onmooglik sou wees, sou jy +onsterflik wees. Wees gerus oor daardie laaste plig wat van jou gevorder +sal word op die aarde: jy sal nie kortkom nie--daardie laaste skuld sal +jy betaal tot op die uiterste greintjie van die uiterste penning" (55). +Dit is deur so 'n ongewone manier van sê, deur sulke verrassende +wendings, dat Langenhoven meestal daarin slaag om ons aandag vas te hou, +want sy preke is pure pit-kos, wat nie in oomblikke van verstrooiing +moet gelees word nie. Die oorvloedige gebruik van abstrakte begrippe, +die epigrammatiese styl met sy vernufspelings, paradokse en parallele +sinsbou vorder die grootste opmerksaamheid van die leser. "'n Bekwame +booswig sou minder van 'n booswig gewees het als hy 'n onbekwame booswig +was. Dáár, o mens, is jou kostelikste besitting: jou karakter wat jou +bekwaamheid bekwaam kan maak ten goede" (68). "Die meeste wyse mense wat +ek nog raak geloop het is dom mense, en die meeste slim mense dwaas" +ens. (9). "Al ons geluk is verbeelding en alle verbeelde geluk is geluk" +(_Aan Stille Waters_). "Leugenliewende waarheidgierigheid (92), die +ontsag vir sy gesag (93), die onreg dat 'n ander die reg ... het" +(77)--vir sulke knal-effekte is Langenhoven besonder lief. Dat hy met sy +puntige gesegdes soms 'n mooi indruk maak is seker; maar die vuurwerk +van sy vernuf verteer ook soms die gedagte wat hy wil uit. Op die manier +gaan die eenvoudigheid wat hy bo-alles na streef verlore. "Die +eenvoudigste sprekers, die eenvoudigste skrywers, is die wat die +diepste, diepste denkers is.... 'n Suiwere gedagte, 'n suiwere waarheid, +is van self soveel wêrd dat hy die beste indruk maak as hy op sy eie +verdienste, op sy eie waarde, ten toon gestel word in plaas van deur 'n +misdamp onduidelik bespeurbaar te wees." (_'n Goeie Toespraak_.) + +Op enkele minder gelukkige taalvorme kan hier nog gewys word: "Die man +_wiens_ raad (21 et passim); toe hulle van alle invloede van Kerk en +Skool en Wet _ont_stoke was (27); die taktieke voordeel (37); meineders +(85); verrottenheid (86); om te wanregeer (91); ons _beweeg_ die graaf +in die grond in" (p. 85, Derde Dr.). Die woordskikking is soms foutief +o.a.: "Anders maklik kan jou eie redenasies jouself naderhand ... +verlei" (p. 218). Troebel is die volgende beeldspraak: "die lente van +nuwe lewe en bottende, bloemende, bloedgalop." (p. 90, Derde Druk.) + +Afgesien van die storende gebruik van Engelse woorde soos: dres, mistyk, +blackmailer, safe, snobbery, jollie, shabby, independent, ens. is die +aantal anglisismes taamlik groot. Die volgende voorbeelde is aan +afdeling IX ontleen: "'n Klassiek van die literatuur (12); in growwe +opsigte (20); naar 'n gevolgtrekking te spring (21); op die lange baan +verydel die luiaard sy eie doel (25); sy professie van reine bedoelings +(37); nou en dan trek ons 'n blank; om deliberaat meineed te pleeg (48); +raar (Eng. _rare_) (52); die eerste plig is die makliker plig (61); die +wilde-hawer-saaiers in hulle jeug ...; sy iedere woord (71); die ou +vriende van jare lange stand" (83). In _'n Goeie Toespraak_ hoor ons van +welsprekendheid, wat _platval_ (p. 216). Ook in die sinsbou stuit mens +op Engelse wendings. + +Uit die reeks artiekels _Aan Stille Waters_ kan ons Langenhoven se +letterkundige opvattings leer ken. "Die hedendaagse Europese dekadensie +van die kubiste en futuriste en impressioniste (volgens wie 'n ding moet +lelik wees om mooi te wees)" moet nie "aan ons Afrikaanse waarheidssin +en eenvoudsgevoel ... af(ge)smeer" word nie. (_Die Burger_, 14/8/22.) In +dieselfde artiekel spreek hy hom teen 'n beroepstoneel uit: "Ek (sou) +liewer ons kultuur op die gebied van die drama onontwikkeld sien bly as +dat ons beroepsbeoefenaars sou hê.... Ek hoef nie meer te sê nie as dat +volgens my insigte 'n klas van beroeps-vermaak-skaffers nie tot genoeg +nut vir die samelewing is om op te weeg teen die besware wat daar in te +bring is nie." As 'n beroepstoneel niks anders dan "vermaak-skaffers" +oplewer nie, sal baie die bewering seker onderskryf; maar van 'n goeie +toneelspeler verwag ons tog veel meer dan bloot _vermaak_! Ook "vir die +gewone mens" moet die kuns méér wees as "ontspanning ... tussen die +harde en dikwels onlieflike pligte van die lewe." (28/8/22). Maar hoe +hoog Langenhoven sy roeping as kunstenaar opvat, blyk uit die volgende: +Vir die kunstenaar sal die kuns "nie 'n afwisselende tydverdryf wees +nie; dit sal sy hele lewe wees." (id.) + +Die Bybel, die psalms en gesange is vir hom die toppunt van alle +bereikbare skoonheid. "Hy (d.i. Langenhoven) haal uit die Bybel aan, +omdat hy van geen letterkunde in die wêreld weet wat, as 'n saak van +blote verhewenheid en skoonheid, in die verte daarby kom nie; en uit ons +Psalms en Gesange, _omdat hy van niks in die Nederlandse lettere weet +wat daarby kom nie"_ (31/7/22).[376] By so 'n uitspraak het die gewyde +inhoud van die aangehaalde werke met hul geheiligde herinneringe seker +swaar geweeg. Veral die gekursiveerde stelling wek verwondering, want +wanneer die Bybel, weens sy unieke posiesie as die geïnspireerde Woord +buiten beskouing bly, dan is daar tog seker genoeg geestelike liedere +wat 'n vergelyking met die offisiële gesange glansryk kan deurstaan. + +Langenhoven se ideaal is om 'n boek te skryf "wat genot verskaf by die +veewagterskraal en nie benede die aandag van die hoogsgeleerde +uniwersiteits-professor (is) nie." (12/6/22). "Skryf ek vir die geleerde +mense, met die veronderstelling van kennis en ontwikkeling wat hulle +reeds klaar besit, dan word ek vir die grote meerderheid van die volk +onleesbaar--dan kan hulle geen vattigheid by my kry nie. Skryf ek met +die oog op die onbevoorregtes, waar my hart van jammerte en medelye is, +dan loop ek die gevaar dat teen die hoof van my nasie die vernederende +vreemde verwyt kan geslinger word: Julle is onbeskaaf; julle kultuur is +benede die hedendaagse ontwikkelde peil" (id). Die "versoening tussen +hierdie twee teenstrydige uiterstes" vind hy in die Bybel en by Homerus. +"Daarin is die verhewenste bereik waartoe die kuns van die lettere in +staat is, en bereik _langes die weg van die allernederigste +eenvoud_."[377] + +Duidelik word sy didaktiese standpunt uiteengeset in _Hoe skryf 'n +mens?_ (17/14/22). "Wat ons roeping en plig is, ons wat skryf, is om +naar ons broers om te kyk wat die opvoeding van node het wat aan hulle +in hulle jonge dae weerhou is en wat hulle nergens anders kan kry nie as +by ons.... Met ons boeke, met ons tydskrifte, met ons koerante, behoort +ons veral diegene te help wat hulle nie self kan help nie." Langenhoven +streef na gemeenskapskuns. Sterk ontwikkel is by hom die liefde vir die +massa, vir _"die onbevoorregtes, waar (s)y hart van jammerte en medelye +is_." Op hom is die woorde van Frans Bastiaanse toepaslik: "Als een +kunstenaar zoo veel houdt van die massa-idee als een ander bijv. van +zijn geliefde of zijn moeder kan houden, dan kan die massa-idee in hem +dien ontroeringsstaat wekken, die tot het kunstenaarsschap aanleiding +geeft."[378] Langenhoven begaan egter die fout om aan àl ons skrywers 'n +didaktiese dwang op te lê en in sy ywer en liefde vir die "arme +sukkelaars op die nederigste onderste sportjie" vergeet hy, _dat die +waaragtige kunstenaar geen skoolmeester is nie_. Die waaragtige +kunstenaar is iemand wat deur skoonheid ontroer is en wat die wondere +gawe besit om sy ontroering in taal of klank of kleur of marmer so te +uit, dat die oorspronklike verrukking wat hy by sy skeppingswerk +ondervind het, vir ander navoelbaar is. Dat daar van alle goeie kuns 'n +veredelende werking uitgaan, is vir die kunstenaar iets bykomstigs; doel +mag dit nooit wees nie. "Het primaire van een kunstwerk is de ontroering +die er in schuilt, en of die ontroering bij den kunstenaar nu gewekt +wordt doordat hij haar krijgt uit het massa-sentiment, of door het +natuurleven, of wat dan ook, dat blijft ten slotte hetzelfde, mits de +diepere ontvankelijkheid en het kunstenaars-temperament er zijn."[379] +'n Kristen-kunstenaar b.v. sal in sy werk, ja =moet= as dit eg is, sy +godsdienstige gevoelens openbaar, omdat hy in 'n kunswerk vorm gee aan +die innerlikste roersels van sy wese. Maar as die self-openbaring van +die Kristen-kunstenaar ontstaan, nie uit 'n suiwer-estetiese drang nie, +dog met die bedoeling om ander te bekeer, dan word dit 'n preek, wat met +kuns niks te maak het nie. As die Kristen alleen uiting gee aan sy +godsdienstige ontroering en alleen daardeur gedryf word tot skepping van +sy werk, dan kan dit kuns wees. Op dieselfde wyse kan iemand wat diep +ontroer is deur die nood en behoefte van ons arm blanke, soos +Langenhoven b.v., kuns skep wat hul harte sal raak. Maar gaat al ons +skrywers nou voor hul skryftafels sit met die bewuste, vooropgestelde +doel: Ons moet "die duisende onbevoorregtes van ons volk", wat nou vir +die eerste maal boeke in hul eie taal kan lees, help, tot 'n hoër trap +van beskawing ophef, dan kan daar wel goeie didaktiese verhandelinge, +ens. ontstaan, skoolboekies vir grootmense, maar nooit ofte nimmer +_kunswerke_ nie. Eenvoudig omdat kuns nie gefabriseer of gekommandeer +kan word nie, omdat kuns sy ontstaan dank aan 'n spontane ontroering van +'n begenadigde eenling. "An essential in creative art is the artist's +temperamental absorption in his own work. Art in that respect is +essentially aristocratic, however democratic its appeal may be. That is +what Meredith meant when he said, 'Do not democratize literature'. Beer +or blankets or biscuits or braces may be manufactured to please the +taste of the average man, but art cannot be so dealt with under penalty +of losing its quality as art."[380] + +Langenhoven beweer: "Die meesterstukke van die wêreld, die klassieke wat +die toets van die tyd deurgestaan het, is nie dié wat te hoog vir die +volk was nie, maar juis die wat elementaal (verstaan: _elementêr_) was +en hulle beroep gemaak het op die ewige gevoelens en behoeftes en +ervarings van die ongekunstelde volkshart." (17/4/22). Om dié snaakse +bewering te bewys, neem hy die Bybel as voorbeeld. Maar afgesien van sy +letterkundige waarde, wat ongetwyfeld groot is, het die Heilige Skrif +deur sy godsdienstige inhoud só 'n bevoorregte posiesie, dat daarop geen +argument kan gebou word nie. Shakespeare, Dante, Vondel--aan sulke +kunstenaars moet ons die bewering toets. Hulle was en is nog altyd "te +hoog vir die volk", soos in hoofstuk II al aangetoon is. Dit is pure +onsin om van 'n kunstenaar te verwag dat hy hom na die publiek moet rig. +Hy moet eenvoudig getrou wees aan die innerlike stem, aan die heilige +ontroering, wat die skepping van kunswerk vir hom tot plig maak. + + "Wer den Dichter will verstehen + Muss in Dichters Lande gehen" + +sê Goethe. "Dat is een wet van alle tijden voor de poëzie.... Een +dichter moet in niets anders leven dan in de aandoening, in de idee die +hij aan het dichten is. Hij moet niet met zijn verstand een geleidertje +bij zijn werk zetten, dat toekijkt of hij wel zoo schrijft dat vele +menschen het zullen kunnen lezen. Dan is de toestand niet zuiver meer en +is de poëzie vertroebeld."[381] + +Met dit alles word volstrek nie beweer, dat die kuns buiten die +maatskappy, buiten die volk hoef te staan nie. "Goede en groote kunst +heeft steeds in de maatschappij gestaan; al werkt ze niet rechtstreeks +op de massa, zij is en blijft een macht in de gemeenschap. Het +voortbrengen van goede, groote kunst is iets zeer persoonlijks en +individueels. Als toevallig dat persoonlijke en individueele dwingt tot +het scheppen van gemeenschapskunst, prachtig! _Maar zoo iets opzettelijk +aan te kweeken of bij politieke leuze voor te schrijven is een +dwaasheid_. De hoogste en teerste en tevens machtigste kunst oefent haar +levenden invloed rechtstreeks meestal slechts in beperkten kring, zal +wel zeer zelden spreken tot het gevoel en begrip van de grove +massa...."[382] + +Laat dié kunstenaar wat deur sy innerlike geaardheid en natuurlike +aanleg tot gemeenskapskuns geroep word, dit voortbring; maar laat ons +dit nie as enge dogma aan almal voorskryf nie, want iedere waaragtige +kunstenaar dien die mensheid op sy eie manier. Kloos sê: "Een gedicht is +de individueelste expressie van de individueelste gevoelens", en Adama +van Scheltema se formulering is presies die teenoorgestelde: "Een +gedicht moet zijn een muziekstuk van woorden en gedachten, dat door +zooveel mogelijk onzer medemenschen kan worden gevoeld en +begrepen."[383]. Tog het albei skoonheid geskep. Maar die indiwidualis, +wat in stryd met sy roeping die hele gemeenskap wil dien met sy kuns +gaat ten gronde. Ons hoef alleen aan Gorter te dink. En didaktiese kuns +wat nie is "ontvangen en geboren uit de onweerstaanbare +schoonheidspassie, gesteund door kennis en arbeid" kan wees "leerzame +propagandistiese lectuur ..., maar dat gaat voorbij, daaruit vloeit niet +de koesterende warmte van het stralend vuur, _the joy for ever_."[384] +"Even in novels of a superior order, which may be marked by some +psychological insight, atmospheric truth, and a highly consciencious +exposition of character and motive, we find that the didactic touch +often robs the story of the qualities of flexible grace and naturalness +which are essential to fine craftmanship."[385]. Dit is 'n waarskuwing +wat ons kunstenaars gerus kan oorweeg. + +Gelukkig hoef ons in Suid-Afrika voorlopig nie te vrees vir +indiwidualistiese verwildering nie. Ons kunstenaars sluit hul nie op in +_ivoren torens_, gaat nie op in egoïstiese aanbidding nie, maar staan in +die middel van die volk. En as daar nog baie onbevoorregtes is, wat +selfs ons nasionale kuns nie kan waardeer nie, dan is dit omdat die weg +tot ware kunsbegrip lank is. Deur aan die volk hul moedertaal op die +skool te gee het Langenhoven die enigste weg ingeslaan waarlangs hul +gelei kan word tot 'n waardering van egte kuns.[386] + + +§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt.[387] + +Praatjies met die Oumense, (1918). + +Die grootste gedeelte van die bundel bestaan uit 'n +populêr-wetenskaplike behandeling van mediese onderwerpe, soos kanker, +geslagsiektes en die drankkwessie. 'n Vyftal opstelle behoort egter tot +die didaktiese literatuur. Die _Praatjies_ is geskrywe "om oumense, +veral die wat ouers is, aan te spoor om vir hulleself te dink".[388] +Groot nadruk word gelê op die noodsaaklikheid om logies te redeneer en +die skrywer toon dan ook dat hy dié kuns goed verstaan. Sy rustige +betoogtrant munt uit deur klare eenvoudigheid. "Soos dit nou gaan, is +die meeste gepraat selfs oor belangrike sake net maar babbelpraat, omdat +diegene wat in die bespreking deel neem nie die moeite gedoen het om +vooraf die feite, wat op die onderwerp van toepassing is, te leer ken +nie." (p. 17.) + +Die kuns om te lees, verbeelding, opvoeding, vryheid en +verdraagsaamheid--dit is die didaktiese onderwerpe wat behandel word. Sy +pleidooi vir 'n suiwer Afrikaanse beeldspraak verdien die aandag: "Ons +hoef vir geen nasie agter te staan nie, wat vergelykenisse, geput uit +ons natuur, ons geskiedenis, ons alledaagse lewe, betref, maar waar sien +of hoor jy dat ons publieke sprekers van sulke nasionale beelde 'n +algemene gebruik maak?" (pag. 43.) + +Telkens word Multatuli met groot ingenomenheid aangehaal en die lesing +van sy werk aanbeveel[389]. 'n Paar van Leipoldt se denkbeelde is +taamlik rewolusionêr en sal, deur ons land ten minste, seker 'n klein +Multatuliaanse "rilling" laat gaan. Hy is 'n teenstander van +godsdiens-onderwys op skole. "Is dit nie veel beter nie om uit die Bybel +te put stories en stukkies wat 'n rein opvoedkundige waarde het, en dit +voor te dra in die skool as deel van die algemene geskiedenis soos dan +ook die Herbartse volgelinge dit doen?" (p. 84.) Sendingwerk beskou hy +as 'n uiting van onverdraagsaamheid. Die sendelinge is "uitstekende, +mensliewende persone.... En tog, dieselfde beminnelike mense gaan naar +ander mense, wat nie juis bely wat hulle bely nie, en kwets die mense in +hulle diepste en heiligste gevoelens op 'n manier wat hulle van jou en +my nooit sal verdra nie." (p. 150.) Op p. 34 is sprake van "die +middeleeuse hipotese van erfsonde" en "die predestinasie of +verdoemingsleer van die Kristelike kerk." Predikante en prokureurs kry +'n opslagskoot op p. 16: "Die meeste van ons is geneig om die deskundige +te wantrou. Daar is net twee van die soort mense aan wie onder ons mense +'n algemene roem toegeken word, naamlik die predikante en die +prokureurs, en op die keper beskou is hulle deskundigheid tog maar van +die minste waarde"! + +Leipoldt se helder prosa bevat ongetwyfeld 'n belofte. "Ek weet dat wat +ek aanvoer van belang is vir ons volk, en dat dit algar dinge is, +waaroor 'n verstandige mens behoort na te dink" verklaar hy in sy +voorwoord. Die waarde van sy _Praatjies_ lê daarin, dat dit 'n +aansporing tot selfstandig dink bevat. Op enkele minder gelukkige +taalvorme kan nog gewys word: "Ons herinner, hoe sy ewe manmoedig ... +pal gestaan het (p. 12); as ek dus iets verbeel (p. 29); hy is een van +die mense wat ... die naam van mistiek mag dra" (p. 32). "Die strikte +onderwyser" (p. 87) en "vandag is ons begrip nog geverwe deur gewoonte" +(p. 145) is anglisismes. + + +§ 3. G. Jordaan. + +G. Jordaan vertel in _Die Muurkassie_ (1919) hoe Oom Andries "deur +oppassendheid en sorg ryk geword het". Hy hou vas aan die voorvaderlike +gewoontes en gereeld kom die Bybel uit die muurkassie. As klein Andries, +uit wie se jeug allerlei awontuurtjies meegedeel word, egter groot is, +trou hy met Florence McWire. Hy word een van die "society-mense" en dit +duur nie lank nie of die muurkassie word die bewaarplek vir kaarte en +brandewyn. Armoede volg en na 'n beskouing oor die arm-blanke-kwessie +roep die skrywer sy lesers, "wat ook grond geërf het van hulle ouers" +toe: "Daar kom 'n stroom van immigrante uit Europa. Vele oë is op die +erwe van die voorgeslagte (die plase van die boere). Laat ons met +rotsvaste beslistheid Naboth nasê: Dit zij verre van mij dat ik u geven +(of verkopen) zal de erve mijner vaderen!" + +Jordaan "skryf as gewone boer aan (s)y landgenote"[390] 'n eenvoudige +lekeprekie oor 'n aktuele kwessie. Ter afwisseling vertel hy 'n paar +grappies: Oom Willie val in die stampkarring, Oom Andries in 'n bad +water, ens. Maar sy waarskuwing is ernstig, en ofskoon van geen +letterkundige, seker van kulturele belang. Hy is ook die skrywer van: +_Hoe zij stierven_. + +VOETNOTAS: + +[375] Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die +stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk +gesiteer. + +[376] Ek kursiveer. + +[377] Ek kursiveer. + +[378] E. D'Oliveira: _De Jongere Generatie_ p. 93. + +[379] t.a.p., p. 94. + +[380] Edward Garnett: _Friday Nights_, p. 257. + +[381] D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck. + +[382] Prof. Dr. J. Prinsen: _Handboek_^2 ens., p. 554. Ek kursiveer. + +[383] D'Oliveira, t.a.p., p. 211. + +[384] Prinsen, t.a.p., p. 671. + +[385] Garnett, t.a.p., p. 265. + +[386] Vgl. my artiekel oor die kwessie in _Die Huisgenoot_, Aug. 1922. +In sy repliek (_Die Burger_, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om +die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n +kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde +ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!! +Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk +o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die +katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly +onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers van _Die +Huisgenoot_ aangetoon word. + +[387] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: _Taal en +Poësie_^2 ens, p. 300 vlg. + +[388] Voorwoord. + +[389] O.a. p. 88. + +[390] Voorwoord. + + + + +HOOFSTUK VIII. + +Dierebeskrywing. + + +§ 1. A.A. Pienaar. (SANGIRO). + +Sangiro is in 1894 in die distrik Pretoria gebore. Op elfjarige leeftyd +het hy met sy ouers die voortrek na Duits-Oos meegemaak. Groot was die +ontberings op die lang trek van die kus af na Kilimandjaro. Eers was dit +malaria, toe vrek die trekdiere en eindelik was al die voedselvoorraad +op--verweg in wilde bosstreke, waar niks te kry was nie. Kort na die +aankoms by Kilimandjaro, waar toe al 'n paar Boerfamielies was, is twee +van sy broers dood aan die gevolge van malaria en die ontberings langs +die pad. Daar was geen ander maats naby die plaas nie en dus het hy +alleen opgegroei tussen die diere. Van die tyd vertel hy: "Die grootste +plesier het toe nog bestaan in die jagawonture en die doodskiet. Maar ek +het baie behae daarin geskep om jong wilde diere lewendig te vang en aan +my gewend te maak. Daardie eerste jare was 'n gedurige worsteling om die +vee snags teen roofdiere te beskerm. Dié werk het hoofsaaklik op my +gerus. Deur gedurige aanraking--jag en naspoor gedurende die dag en +opsit in die kraal snags, het ek natuurlik 'n baie intieme kennis van +die roofdiere veral gekry. Hierdie lewe het vier jaar geduur. Toe is ek +na Suid-Afrika om te studeer. (Heidelberg, Tvl. en Stellenbosch). Toe ek +in 1917 gaan kuier na Duits-Oos, was my lewensbeskouing baie verander. +Ek het dit nou swaar gevind om wild dood te skiet, en het die jag alleen +nog geniet wanneer dit gevaarlike teenstanders, soos die leeu en +renoster geld. Die grootste plesier het ek nou daarin gevind om die +diere in hulle eie omgewing gade te slaan. Die gebeurtenisse in my +boekie het gedurende hierdie twee jaar plaasgevind. Die stories is waar. +Die leeus het ek 'n weeklank elke maanlignag sit en beskou uit 'n boom. +Ek kon elke beweging bespeur en later weergee in my boek. Die jagters +wat daarin voorkom is my broer, ('n jonger een) en ek self." + +In 1920 het _Sangiro_ aan die Stellenbosse Uniwersiteit gegradueer. Hy +is nou op die redaksie van _Die Burger_, en uit die blad is sy sketse +_Uit die Lewe_ bekend. In 1921 het van hom verskyn: _Uit Oerwoud en +Vlakte, Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld_[391]. Daarvan vertel +hy: "Die boekie is geskryf in Quarta, Stellenbosch, waar 'n groot +verlange na die wildernis van my besit geneem het, sodra ek in 1918 weer +teruggekeer het uit Duits-Oos.... Ek kan dit nie help nie, maar ek het +'n gedurige heimwee na die wildernis--nou ook weer." So skryf _Sangiro_ +net na sy terugkeer van 'n lang jagtog. Die jag was egter bysaak en die +volgende keer neem hy miskien net sy kamera saam. _Sangiro_ is die +bynaam wat die Kaffers hom gegee het. + +Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld. + +M.H. van Campen het opgemerk, dat in die loop van die eeue die +beroemdste skrywers die dierewêreld "nimmer om zich-zelfs-wil in +literaire kunst" uitgebeeld het nie. In die Pancatantra, die fabels van +Aesopus, die Reinaert-sage en ook vir La Fontaine is die dier alleen van +belang "voor zoover het als acteur te gebruiken viel, wien een +_menschelijke_ rol kon worden toebedeeld."[392] "Zeer zeker ging al +dezen schrijvers het eigenaardige van het dier-leven niet onopgemerkt +voorbij, maar dat leven zagen zij niet als een schoonen stroom, machtig, +diep en hunner aandacht ten volle waardig, ook al hadden zij er nooit de +_spiegeling_ van der _menschheid_ gelaat in gezien.... De dieren spelen +(in de Indo-Europeesche dierensage) wel de eerste rol, maar die dieren +denken en handelen met _menschelijk_ verstand, die dieren zijn _verkapte +menschen_, zijn _menschen in een dierenhuid gestoken_, gelijk in +Rostand's _Chantecler_." Natuurlik erken Van Campen dat "door spel en +tegenspel dezer als 't ware psychologisch-_kunstmatige_ en _niet_ naar +de doorgronde-werkelijkheid gebeelde dierfiguren, tafereelen van tot +schoonheid gestegen schalkheid, satyre, wijsgeerig en _mensch_-kundig +inzicht ontstaan (zijn), die voor geen andere werken van letterkunde +onder hebben te doen." + +In die diere-epos en diereroman van ons tyd word die dier om sy eie +ontwil uitgebeeld. Jack London se _Pittah_ noem Van Campen: "een +dierenverhaal, dat ons den schrijver doet zien, zóó verzonken in de +contemplatie van het _dier_-leven, dat _dit_ op het allereerste plan van +het werk staat, en de _menschen_ er slechts in optreden voor zoover zij +invloed hebben op geest of lichaam van het dier." So langsamerhand het +daar 'n uitgebreide literatuur ontstaan, heeltemal gewy aan diere van +allerlei soort. Charles Derennes raak in sy _bestiaire sentimentale_ +selfs in geesdrif oor 'n vlermuis en in _Le Roman de la Rivière_ van +Georges Ponsot is die held 'n jong snoek. By sommige kunstenaars is dit +die herlewing van die ou pastorale idee, 'n wegvlugtery uit die +smoor-atmosfeer van die moderne beskawing. Edward Garnett vertel ons van +W.H. Hudson "who, (flings) off the soiled dust of our human +thoroughfares, and (goes) into nature's wilderness to escape the sight +of the _pale civilized faces_, with the mean round of petty human +interests of their _artificial indoor lives_."[393] In Suid-Afrika met +sy wyd uitgestrekte vlaktes, wat nog so dun bevolk is, kan daar van so +'n motief egter geen sprake wees nie. By ons is daar nog maar weinig +"kinderen van weelderige overbeschaving",[394] want die grootste +gedeelte van die volk leef nog in landelike eenvoudigheid. Maar deur die +gedurige rondtrekkery in woeste streke het die Boere in intieme +aanraking met die natuur gekom, en had hul die geleentheid om die lewe +van die groot wild van naby te bestudeer. In ons letterkunde is daar dan +ook tallose jagverhale. Maar so 'n digterlike gees soos Sangiro is nie +tevrede met die optekening van sy jagervarings nie. Deur 'n langdurige +verblyf in woeste streke geraak hy onder die mistieke bekoring van die +oerwoud, gaat hy geestelik heeltemal op in die geweldige drama van die +natuur. "Man ... can only enter into the vast world of (nature's) myriad +sentient life by employing all the old emotional tools--his sense of +mystery, love of beauty, poetic imagination, and human love--to +supplement and vivify the _impassive_ truths of Science."[395] Dit is +wat Sangiro doen. 'n Leeu is vir hom nie alleen "'n aantreklike wit" en +"na 'n goedgeslaagde skoot ... 'n stuk dooie vleis" nie, maar in elke +leeu sit "'n fyn georganiseerde lewe ..., 'n persoonlikheid in sy soort +ruim so interessant as dié van die mens" (p. 83). "Ook onder die wilde +diere bestaan daar 'n soort van geesteslewe, wat die opmerksame +waarnemer telkens weer met verwondering vul; vir hom word dit naderhand +moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hul uiterlike beweginge te +verstaan" (Voorwoord). Maar Sangiro is veel meer as 'n "opmerksame +waarnemer"; sy liefde vir die diere maak hom die digterlike vertolker +van al hul emosies en instinkte en deur middel van sy plastiese +uitbeelding laat hy ons dit ook navoel. "Wild nature's life being a +natural drama of instinct, an unceasing play of hunger, love, battle, +courtship, fear, parental emotion, vanity, and most of all, perhaps, +pure enjoyment of physical powers, it is obvious that every man who is +irresponsive in his feelings, or possessed of a dull artistic +imagination, or weak aesthetic sensibilities, must remain practically +aloof from wild nature and its infinite feast of characteristic +displays."[395] + +Edward Garnett het in die aangehaalde artiekel duidelik aangetoon, dat +die noukeurige wetenskaplike waarnemings van die beroepsnatuurkundige +aangevul en vertolk moet word deur artistieke en poëtiese verbeelding. +Tot die wetenskaplike ondersoeker sê hy: "You tell us countless facts +about the laws of life, but the actual spirit of life, its living +feeling, which is the essential volatile principle of life, can never be +fully assessed by you." Dié artistieke verbeelding en innige +aanvoelingsgawe besit Sangiro en daarom is sy sketse ook 'n kunswerk +geword.[396] Hoe diep en innig die liefde vir diere kan word, blyk uit +die volgende verklaring van Dr. Jac. P. Thijsse: "Ik heb nu al zoovele +voorjaren met de vogels bewust meegeleefd, dat ik ook de Aprilmaand min +of meer op vogelmanier gevoelen kan en ik voel 's morgens bij 't +ontwaken, welke vogels in den nacht aangekomen kunnen zijn."[397] + +In die eerste skets beskryf Sangiro die lotgevalle van 'n leeufamielie. +In al hul houdings het hy die diere bespied, op al hul dwaalpaadjies het +sy oog hul gevolg. Die speelse vrolikheid van die kleintjies, die +versigtige sluipgang op die jagveld, die kennismaking met nuwe vrinde en +die nagtelike smulpartye word op mooi realistiese wyse geteken. Hy +probeer om al die fyn klanknuanserings in die leeuegebrul te verstaan. +Wanneer hy die smart van die trotse bosreuse oor 'n doodgeskiete wyfie +beskryf, die hulpelose verlatenheid en swerftogte van die bangerige +kleintjies, dan bereik hy 'n diepte en innigheid van plastiese +uitbeelding waar 'n roerende skoonheid in bewe. Die langsame ontplooiing +van die jaginstink by die jong diertjies word met treffende waarheid +geskilder. Die wilde natuur waarin die geweldige dieredrama afgespeel +word is nie alleen dekor, is nie louter omlysting nie, maar maak +onafskeidelik deel uit van die handeling. In die stilte van sy donker +wegkruipplek, in die lange ure van sy spannende nagwake het die +geheimsinnige gees van die wildernis hom aangeraak. Hy het die glans van +die maanspatsels oor donker blare gesien, die wegskuiwende skaduwees in +hul trage gang gevolg; die blitsoë van getergde leeus het hom laat +huiwer; die geritsel van die gras, die gekreun van die bome, die +jagkrete van al die oerwoud-bewoners het hy leer verstaan; die slagtande +van gulsige hiënas het hy hoor kners op die afgevrete bene van hul +prooi. En deur die skoonheid van sy woord laat hy ons dit ook alles sien +en hoor. + +"Ek sou ... vandag die geweer opsy laat en net met kamera en dagboek ter +hand 'n beeld uit die daaglikse lewe van die oerwoudbewoners probeer +opvang." (p. 169.) So ontstaat die skets: _In die Oerwoud_. By 'n +reënpannetjie is sy wagplek en al die lewe rondom hom word met raak +trekke geteken, terwyl ook die hele atmosfeer van die oerwoud goed +aangedui word. + +Die derde skets _Renosterlewe_ is 'n deurlopende verhaal van die +vrindskap tussen 'n renostertjie en 'n jong seekoei, wat albei hul ouers +deur die koeëls van die jagters verloor het en troos en veiligheid in +mekaar se geselskap vind. Al hul awontuurlike ondervindings op lang +swerftogte deur oerwoud en oor vlaktes word met liefdevolle oorgawe in +treffende tafereeltjies uitgebeeld. Die hele tropiese omgewing met sy +miljoene dier-bewoners en weelderige plantegroei word vir ons 'n skone +realiteit, trillende van intense lewe tot in sy donkerste +wegkruipplekkies. In so 'n geweldige oerwoud is die mens maar 'n nietige +stippeltjie, en in die atmosfeer van plegtige stilte, waar elke geritsel +'n betekenis het vir duisende ore, besef ons, "that man's mind, though +the most marvellously complex instrument of all, is still, as it were, +but a human eyelet hole, through which the Universe can only be +refracted back to us in certain aspects of its incalculable whole."[398] +Hoe dankbaar moet ons wees, dat daar kunstenaars soos Sangiro is, wat +ons nader aan die natuur bring, wat ons iets laat begryp van die intieme +lewe van die diere. Hy is op die jagveld nie alleen 'n vernielende +oorwinnaar nie, aangehits deur 'n primitiewe uitroeiingsinstink, maar +ook die digterlike aanskouer, wat voel dat daar in die krioelende lewe +om hom heen skoonheid te vind is. Dat hy protes aanteken teen die +onridderlike praktyke van party jagters kan ons verstaan.[399] Maar sy +hele boek is so 'n welsprekende aanklag teen menslike wreedheid, dat 'n +direkte pleidooi, wat ook uit kunsoogpunt nie kan goedgekeur word nie, +oorbodig is. + +Treffend is die tekening van die eensame renosterwesie. "Sy ongeduldige +geproes, waarmee hy eers die seekoeitjie wou uitlok, onderwyl hy +opgewonde op die oewer ronddrentel en die sagte brak vol ronde +spoortjies trap, het langsamerhand, namate sy maat verder en verder +swem, in 'n smekende gepiep oorgegaan.... Nog 'n rukkie staan die donker +figuurtjie daar op die wit brak, af en toe sag kwiekende onderwyl hy oor +die water staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om +verder te sien met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy, +met sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige +renostergesiggie" (p. 204-6). So vind Sangiro vir al die woudbewoners +die juiste, tekenende woord. Van 'n gekweste seekoei kry ons die +volgende realistiese skildering: "In stomme wanhoop-staar hang die +massiewe kop omlaag, die verbryselde kakebeen bloederig-kwylend in +aanhoudende vergeefse poginge om tande op mekaar te knars." (p. 225.) +Ook die atmosferiese verskynsels, die tropiese sonsondergang, die +miswolke teen die hang van die berge, die sombere reënseisoen laat +Sangiro in fyn stemmings-beskrywinge vir ons leef. "Dae het verbygegaan, +en nog duur die sonskyn. Met die groei van die maan het die weer skielik +verander, en na 'n week van woeste, stikdonker nagte en droefskemerige +reëndae wasem die oerwoud weer geur uit onder 'n sonnige safierhemel; en +wellustige dae word gevolg deur toweragtige maanlignagte, wanneer +vuurvliegies oor 'n misties-glimmende watervlak dans en dowwe +eggo-klanke van nagdiere onder 'n donker, vogtige oerwoud rondom +weerklink." (p. 229.) Mens voel dat die skrywer sy gedagtes gekoester +het, sy woorde liefhad en hul met sorg neergeskryf 't. Daar is 'n +vloeiende buigsaamheid, 'n musikale streling in sy sinne. Telkens word +ons verras deur raak seggingskrag en fyngevoelige uitbeelding, sonder +dat aanstellerige en bygemaakte woordpronksels die klare eenvoud van sy +styl bederf. + +'n Enkele maal skryf hy aan die diere miskien te spesifiek menslike +gevoelens toe, en soms twyfel ons aan die juistheid van sy psigologie. +"Die renostertjie (staan) nog snuiwend in die rondte, gereed om te storm +... en heeltemal seker dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is." (p. +233.) In so 'n geval bring die skrywer sy eie waarneming op die dier oor +en oortuigend is dit seker nie. Maar daarteenoor staan, dat hy hom so +ingeleef het in die diereverstand, dat sy intuïesie hom selde op 'n +dwaalspoor bring. + +Oor die beeldspraak nog 'n opmerking: maak dit nie 'n komiese indruk +nie, as ons lees dat renosters "in alleryl die _hase_pad gekies het"? +(p. 188.) + + +§ 2. Hans Anton Aschenborn. + +Aschenborn is in 1888 gebore in Kiel. Sy vader is 'n Duitse admiraal. +In Mecklenburg het hy op 'n groot landgoed prakties leer boer. Van Prof. +Burmester in Kassel het hy skilderles gehad en sedert 1910 boer en +skilder hy in Suid-Wes-Afrika. Op die gebied van die artistieke +afbeelding van ons wilde diere is hy 'n baanbreker en verskeie uitgawes +is al deur hom geïllustreer.[400] In 1921 het verskyn: _Uit die Lewe van +'n Gensbok_, die eerste van 'n reeks, waarin Aschenborn ook die koedoe, +wildebees en eland wil beskryf en afbeeld. "Die gensbok het ek op my +plaas in Suid-Wes so noukeurig gadegeslaan, dat hy vir my 'n intieme +vriend geword het", verklaar hy in sy voorwoord. Maar so 'n +woordkunstenaar soos Sangiro is hy nie. Sy boekie is van meer betekenis +vir die skilderkuns as vir die letterkunde. In eenvoudige, soms +gebrekkige taal skets hy 'n paar insidente uit die lewe van 'n gensbok. + +VOETNOTAS: + +[391] Oorspronklik in _Die Huisgenoot_ verskyn. + +[392] Over Literatuur, Twede Bundel: _Pit-tah, De Grijze Wolf_, door +Jack London, p. 205 vlg. + +[393] _Friday Nights_: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg. + +[394] Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft's _Granida_, Zw. +Herdr. + +[395] Garnett, t.a.p. + +[396] Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen +rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self +waargenome feite berus. + +[397] _Het Intieme Leven der Vogels_, p. 221. + +[398] Edward Garnett, t.a.p. + +[399] Vgl. o.a. p. 83 vlg. + +[400] Ontleen aan _Die Huisgenoot_ Des. 1920. + + + + +HOOFSTUK IX. + +Reisbeskrywing. + + +§ 1. A.J. Jacobs. + +Reisavonture op Land en See deur 'n Dómine, (1920). + +Volgens _De Goede Hoop_, Augustus 1919 is _Dómine_ die skuilnaam van +A.J. Jacobs. Hy het oor Madeira 'n reis gemaak na Buenos Aires en +vandaar na die Boerekolonie in Argentinië om vir die geestelike belange +van die uitgewekene te sorg. 'n Lywige boekdeel het hy nodig om al sy +ervarings te vertel. En dan betreur hy dit nog, dat hy nie alles haarfyn +kan meedeel nie! "Dis tog jammer dat hulle nog nie 'n instrument soos 'n +gramafoon uitgevind het nie, wat mens op reis by jou kan dra nie. Dit +moet nes 'n sakkamera wees en daarmee moet mens _alles wat jy hoor kan +opvang en bewaar_. Daar gebeur so baie dinge, wat mens hoor en dis +moeilik om alles akkuraat weer te gee."[401] Die neiging om _alles_ mee +te deel is juis _Dómine_ se fout. Hy veronderstel, dat tallose +besonderhede, wat vir hom persoonlik van belang is, ook die leser sal +interesseer en weet eenvoudig van geen ophou nie. En dit is jammer, want +hy het ongetwyfeld slag om 'n anekdote smaaklik te vertel, soms met so +'n droog-humoristiese draaitjie, dat iedereen daarby moet glimlag. Maar +sulke onderhoudende gedeeltes lê diep toegepak onder wavragte van +onbelangrike sake. So kry ons b.v. allerlei banaliteite oor die _Saxon_; +tot selfs die tonnemaat van die skip word meegedeel! (p. 18.) Soms lyk +dit of die skrywer hom 'n klein agterveldse leserskring voorstel, wat hy +met groot syfers kan dronkslaan! Is dit nou nodig om nog in 1920 te +vertel: "Eendag is die pond sterling veel meer waard as op 'n ander +keer"? (p. 61.) Dit is maar een voorbeeld van die tallose uitweidings, +wat allermins op 'n fris oorspronklikheid kan aanspraak maak en +eenvoudig 'n herkouery van oorbekende sake word. + +Soms lyk dit weer of die skrywer 'n handleiding vir toekomstige +emigrante wou skryf.[402] Hy gee selfs kook-resepte![403] En so word sy +reisbeskrywing 'n sonderlinge byeenskraapsel van allerlei wysheid. + +Dat _Dómine_ op spellinggebied geen deskundige is nie, blyk al uit die +tietel van sy boek. Afgesien van die tallose drukfoute kry mens op byna +iedere bladsy rariteite soos die volgende: "vollende, dokse, hemdjie, +kerritse, nuwes, baik, stadte, raste (i.p.v. rasse), geflatter" ens. Ook +anglisismes is volop en dwarsdeur die boek stuit mens telkens op sinne +waarin die negatief, woordskikking en voorsetsels verkeerd is. Lomp +uitdrukkings soos "puur bloed inboorlings" (p. 169), "die besnedenis van +sy gesig" (p. 148) ens. toon duidelik, dat _Dómine_ sy taal glad nie +beheers nie. Hoe sou hy anders so iets, soos die volgende kan skryf: +"Verre van in 'n soort afsondering, as in 'n groewe, vas te sit, het +hulle met hul sedelike en nywerheids talente gewoeker. Die rykes het die +armes voortgehelp deur onderlinge geselskappe om hout te saag, land van +bosse rein te maak en alle soorte ambagte te beoefen." (p. 184.) + +Natuurbeskrywings kom daar baie in die boek voor, maar gewoonlik word +die land uit die oogpunt van 'n boer gesien. "Die plek waar ons sou +staan, was besonder waterryk; groot kuile en helder strome loop deur die +ganse breedte van die kañedón of vlei. 'n Boer se hart sal bly word, as +hy die rykdom van gras en water kan aanskou" (p. 227). Hy is gedurig in +die stemming van 'n boer, wat 'n nuwe landstreek opneem om die beste +plek vir 'n plaas uit te soek, en ondertussen bereken watter soort +boerdery daar die voordeligste sal wees. In 'n handboek vir emigrante +sou sulke aanwysings seker onmisbaar wees, maar die skrywer wou tog iets +anders gee. As hy by die glanspunt van sy reis kom, en sy tog oor die +mere en deur die oerwoude moet beskryf, is hy 'n opmerksame toeris, wat +gedurig syfertjies en berekeninge in sy sakboek opteken. "Die formasie +van mere tussen hoë berge is in veel opsigte merkwaardig. Op gesag van +Delgado weet ek dat hierdie een 12,000 vt. bokant die oppervlak van die +see geleë is" (p. 174). Gevoel vir skoonheid het hy ook, maar wanneer +dit tot uiting kom, blyk sy volslae magteloosheid as taalkunstenaar. +"Alles skyn omtower in iets onnatuurliks, denkbeeldigs, fantasties!... +Nee, geen kunstenaar kan op die doek verewig, wat daar ieder dag +afgespeel word nie. Die Skepper wat daardie _onbeskryflik heerlike +gloed_ van lig as met 'n towerslag op berg en bos heenwerp ... laat Sig +nie naboots nie!... Bokant ons hoofde _ver_skiet bundeltjies +agterblywende sonstrale _ver_by.... Dit word aand en die stil maar _guur +lug voel skerp_ teen hande en gesig.... Van alles wat mens sien en +ondervind, skyn die bloedsomloop vinniger en warmer in sy werk te gaan: +_geen_ honger of _koue_ hinder in hierdie towerwêreld nie...."[404] Wie +sou nou in só 'n omgewing praatjies verkoop oor honger, kou en +bloedsomloop--en nogal teenstrydige praatjies ook! "Majestueuse en +reuse-berge, ontsaglike kratermond, onpeilbare diepte, toweragtige +effek" ens.--dit is almal holle frases, wat ons gladenal nie kan ontroer +nie. + +By die beskrywing van die oerwoud kom die sakboekie weer te pas. Die +"sirkelvormige bek van die onderaardse blaasbalk ('n krater) moet enorm +groot wees ..." (p. 177); ongelukkig kon _Dómine_ hom nie meet nie! Maar +die bome is 150 vt. hoog, die uitholling vir die pad 20 vt. diep en die +boomstamme lê 15 vt. dik op mekaar gestapel in 'n moerassige plek. "Een +boom was 6 vt. dik, as die vet humus van varens en struikgewas wat +daaraan kleef, meegereken word". Sulke duimstokbeskrywings kan nou +eenmaal geen "onvergetelike afdruk op die geheue" maak nie. Dit doen +_Sangiro_ wel, al meet hy sy bome nie. + +Beter slaag _Dómine_ as hy die toestande en gewoontes in Suid-Amerika +beskryf. Hier val sy neiging om oor-akkuraat te wees nie so in die oog +nie. Ook die ervarings van die trekkers en hul moeilikhede in die +vreemde land het hy op lewendige wyse geteken. + +VOETNOTAS: + +[401] p. 85. Ek kursiveer. + +[402] Vgl. o.a. p. 103 vlg. + +[403] p. 173. + +[404] p. 175. Ek kursiveer. + + + + +HOOFSTUK X. + +Historiese Prosa. + + +§ 1. Inleiding. + +Reeds voor die oprigting van die _Genootskap van Regte Afrikaners_ het +'n paar voorstanders van die moedertaal gewerk aan _Die Geskiedenis van +ons Land, in die Taal van ons Volk_.[405] By die verskyning van die boek +in 1877 word opgemerk: "Engelse, mar gen Hollanse Geskiedenis van ons +land bestaan daar tot nog toe. En dat ons op die Engelse Geskiedenisse +nie so mar o'eral kan afgaan nie, sal elke leser wel sien voor hy ons +boek uitgelees het." Nog lange jare het dit geduur voordat Theal en Cory +dié uitspraak in sy algemeenheid geloënstraf 't, en telkens moet ons +historisie nog optree teen 'n uitgebreide laster-kampanje. Preller het +op een van die oorsake daarvan gewys in die voorrede by die sewende druk +van _Piet Retief_ (1911), waar sprake is van "die gaotiese en primitiewe +toestand waarin ons openbare dokumente-versamelinge asnog verkeer.... As +die dokumente beskikbaar was ... dan is daar net een geskiedkundige +waarheid bestaanbaar; dié naamlik, wat stap vir stap gesteun staan op +die oorspronklike stukke."[406] 'n Stelselmatige geskiedverdraaiing +wortelende nie alleen in politieke animositeit nie, maar met voorbedagte +rade as politieke wapen gebruik--dit is een van die grootste prikkels +wat tot historiese studie aangespoor 't. Die navorsingswerk van ywerige +historisie met liefde en groot opoffering gedaan, het 'n felle lig +gewerp op ons _eeu van onreg_. Onder sulke omstandighede is dit +verstaanbaar dat naas die besadigd-wetenskaplike weerlegging ook die +bitterste verontwaardiging opgelaai het. + +Die verhoogde belangstelling in ons vaderlandse geskiedenis is 'n uiting +van die groeiende volksbewussyn, want eers wanneer 'n nasie volkome +oortuig is van sy eie selfstandigheid ontwaak die begeerte om die helde +van die wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese +prosa bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet +Retief, President Steyn, Generaal De Wet en ander word die geskiedenis +van 'n hele tydperk gegroepeer. + +Die historisie wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te +rehabiliteer en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te +gee kan reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar +gister verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul +aantal is veel groter dan die wat vir die volgende paragrawe in +aanmerking kom. Hier word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste +historiese werke in Afrikaans onder die Twede Beweging en 'n ondersoek +ingestel na die _letterkundige_ gehalte daarvan, 'n Bespreking van die +historiese waarde val buiten die kader van hierdie werk.[407] Dit spreek +natuurlik vanself, dat ook die dorste kroniek vir die historikus groot +waarde kan hê. + +Die herstelling van die Voortrekkerskerk in Pieter-Maritzburg en die +inrigting daarvan as museum, die Vroue-monument en tallose ander +gedenktekens--dit is maar 'n paar bewyse, dat die Afrikanervolk ontwaak +tot 'n besef van die betekenis van sy nasionale verlede. Die oprigting +van die Historiese Bond in 1920 met die doel om bronne op te spoor en te +versamel, die tiende druk van Preller se _Piet Retief_ in dieselfde jaar +is ook tekens in dié rigting, terwyl op die jaarlikse Dingaansvierings +die tradiesies van die voorgeslag bestendig word. + + * * * * * + +='n Nuwe nasie het besit geneem van sy erfporsie en is besig om sy +geestelike onafhankelikheid uit te werk! Die Afrikaanse Bestemming is +"wyd en breed soos die Afrikaanse veld=."[408] + + +§ 2. Gustav Schoeman Preller. + +Preller is 4 Okt. 1875 gebore op die Plaas Klipdrif, distrik Pretoria. +Sy oorgrootvader Preller was wat ons ou mense nou nog 'n "blommesoeker" +noem, d.i. natuurkundige. Hy het aan die Kaap gewoon, terwyl die +grootvader veeboer geword 't in Natal, waar sy Friese beeste die aandag +getrek 't. Komdt. Robert Preller ([oorlede] 1916), die vader van die +skrywer het na die Vrystaat verhuis en in die oorlog onder Genl. De la +Rey gedien. Hy was getroud met 'n dogter van H. Schoeman ([oorlede] +1890), wat met die Voortrek saamgekom 't en in die tyd van President +Pretorius generaal en waarnemende president geword 't. + +Gustav Preller se eerste herinneringe gaan terug na 'n plaas in die +nabyheid van Standerton, Paardekop, wat destyds aan sy vader behoort 't. +Op sy vyfde jaar is hy te perd met sy vader saam na die Swasielandse +bosveld. In 1886 is hulle verhuis na Rietspruit, ook in die distrik +Standerton. Toe kort daarop hy en sy suster egter moes skoolgaan, het sy +vader die skaapboerdery opgegee en dorp toe gegaan, omdat losjies vir +die kinders nie te kry was nie. In 1891 gaan die famielie na Pretoria, +waar Gustav eers 'n rukkie in 'n Boere-winkel gewerk 't, toe op 'n +prokureurskantoor en later in staatsdiens getree 't. Voordat hy egter +sover was moes hy verskeie jare hard werk onder private onderwysers en +ook daarna het hy sy studie voortgeset. Hy was eerste klerk op die +hoofkantoor van mynwese toe die twede vryheidsoorlog uitbreek. Dié stryd +het hy meegemaak met die derde battery van die staatsartillerie tot vier +maande voor die vrede, toe die hele res van sy afdeling oorrompel en +gevangegeneem is. Na sy terugkoms uit Indië was al wat hy besit 't skoon +weg. Op versoek van Eugène Marais word hy toe redakteur van _Land en +Volk_. Voor die oorlog al het hy dikwels artiekels geskryf vir die +koerante en tydskrifte--dikwels in Engels!--o.a. in _The Moon_ en _De +Pers_. Vir _De Volkstem_ het hy gedurende enige jare al die mynnuus +gelewer en _Land en Volk_ voortgeset tot Maart 1903, toe hy subredakteur +van _De Volkstem_ word, 'n pos wat hy vandag nog beklee. Die meeste +opstelle en stories wat tussen 1905-'10 in dié krant verskyn 't as +feuilletons is van sy hand. Die bekende artiekels getietel: _Knop oor +Landsake_ is ook van hom. Hy is lid van die S.A. Akademie, van die +Historische Genootschap in Utrecht en die Maatschappij van Nederlandsche +Letterkunde. Van hom het verskyn: _Laat 't ons toch Ernst Wezen_ (1905); +_Piet Retief_ (1906); _Baanbrekers_ (1915); _Kaptein Hindon_ (1916); +_Dagboek van Louis Trigardt_ (1917); _Voortrekkermense_ I en II (1918 en +1920); _Generaal Botha_ (1920). Saam met Dr. Engelenburg het hy ook +geskryf: _Onze Krijgsofficieren_ (1903) en _De Familie Kruger_ (1904). +_Charley's Aunt_ het hy vertaal, (_Piet s'n Tante_), _Les Héritiers +Rabourdin_, (_Erfgename van Erasmus_) en _Jock of the Bushveld_ van Sir +Percy Fitzpatrick. Die voortrekkers-rolprent is onder sy leiding +opgestel. In 1919 het hy met C.J. Langenhoven geskryf: _Twee +Geskiedkundige Opstelle_. Op sy aandeel in die taalstryd en sy werk as +redakteur van _Die Brandwag_ is alreeds gewys.[409] + +Sy vernaamste werksaamheid is op geskiedkundig terrein en sy navorsings +oor die Voortrekkersperiode veral verseker hom 'n plaas as baanbreker +onder die Afrikaanse historisie. "Uit 'n aantal oorspronklike historiese +dokumente, in die koerant (_De Volkstem_, 13 Des. 1905) openbaar gemaak +... is langsaam gegroei" die kloeke boekdeel _Piet Retief_, waarvan die +oplaag in 1920 al veertienduisend eksemplare bereik 't.[410] "Sedert die +tyd (1905) het daar ander werke van Preller oor die Voortrek gevolg. +Want hy set sy arbeid onvermoeid voort.... Wie op sy studeerkamer kom, +sal kan sien die reeks gekatalogiseerde lewens van Voortrekkers, soveel +moontlik met die portret of portrette van die betreffende man of vrou +daarby.... Preller leef =in=, leef =vir= daardie tyd. Die naspeur en die +bekendstel daarvan het langsamerhand sy eintlike lewenstaak geword, +sodat ons vandag oor die lengte en breedte van ons land tevergeefs sal +soek na die eweknie van Preller as kenner van die Voortrek en sy mense, +tot selfs van die kleredrag wat in die tyd gedra is."[411] + +'n Hele reeks belangrike dokumente oor die Voortrek het Preller bymekaar +gemaak in + +Voortrekkermense, I en II, (1918 en 1920).[412] + +Daarin kom o.a. voor die herinneringe van Van Gass, J.H. Hatting, L.C. +de Klerk, Karl Trichardt, Anna Steenkamp en 'n herdruk van Erasmus Smit +se dagboek. Die laaste is oorspronklik uitgegee deur Ds. H.F. Schoon +(1896). 'n Groot gedeelte van die gegewens het Preller in sy _Piet +Retief_ verwerk. L.C. de Klerk het hy in 1908 "teruggeneem naar die +Natalse slagvelde Van die Voortrek, en dáar ter plase opgeskryf wat hy +daarvan te vertelle had" (I, p. 211). "Hier had ik een van die +Voortrekkers op die eienste grond van die Voortrek; my doel was om, as +'t kon, die ander Voortrekkers _as mense_ daar te sien herleef, inplaas +van die steriotiepe "itinerant prayer-meeting", waar ander van vertel." +(id., p. 212.) Die dokumente stel ons in staat "om die Voortrekkers te +leer ken soos hulle hulself gesien het, op die trek, in die laer, op die +jag en in die huislike kring; aan hul arbeid, hul godsdiens en vermake, +in hul gewoontes en in die kleredrag van hul tyd. Buitendien verskaf 't +uitsluitsel oor tal van belangwekkende historiese gebeurtenisse" (id., +p. 1). Die krietiese opmerkings van Preller getuig van groot +skerpsinnigheid en 'n intieme kennis van die voortrekkerperiode. In die +twee dele het hy dokumente van die grootste belang op wetenskaplike wyse +uitgegee. + +Op dieselfde manier het hy ook (1917) in opdrag van die Akademie +uitgegee die + +Dagboek van Louis Trigardt (1836-8). + +"Vir die kennis van ons volk besit ons uit die tyd van die Voortrek geen +ander dokument wat hiermee te vergelyke is--die daaglikse aantekeninge +van 'n Afrikaner wat die grote, ja grootse in die historie volbring +sonder dit nogtans as bewuste doel voorop te stel, maar tevrede is om 't +vanself, as dominante gevolg van sy handeling voor 'n dag te laat tree +uit 'n kroniek van die kleine" (p. XI). Preller toon verder aan hoe +belangrik die _Dagboek_ is "vir ons kennis van die inboorling bevolking +van Transvaal, vir verskeie seer merkwaardige historiese uitkomste, vir +(ons) aankomende nasionale letterkunde, vir die volkekundige en ons +kennis van Suid-Afrikaanse meteorologiese toestande." (XII vlg.). Die +belangrikheid van die _Dagboek_ word seker aanmerklik verhoog deur die +voortreflike inleiding en note, asook deur die feit dat die teks op 'n +wetenskaplike wyse behandel is. Ontroering tril daar in die woorde +waarmee die resultate van Trigardt se trek beskryf word: "Die voorste +Voortrek is volbring! Dis slegs 'n Verkenning gewees vir die +Afrikaner,--van die Vryheid en die See. 'n Verkenning egter, net soos +dié van Piet Retief, wat nie vrugteloos is nie.... Hans van Rensburg se +ongelukkige trek had tot eind-bestemming die oseaan; en die 49 manne, +vroue en kinders wat daar aan die Limpopo-boorde geval het onder die +Soeloe-asgaai, was die eerste dúre offer wat die Boere Nasie gebring het +aan 'n ingeskape vryheidsdrang. Trigardt se trek en ál die mensewee, wat +uit hierdie Dagboek soos 'n seëning oor die nageslag saggies snik, was +aangeleg op éen-selfde hoë nasionale Bestemming...." (CXXVI vlg.) + +Piet Retief, (1906). + +Dit is Preller se hoofwerk, wat hy met jarelange ywer en groot liefde +tot stand gebring het. Alles wat van die groot Voortrekker bekend is +word meegedeel. Maar uitsluitend biografie is dit allermins. Ons kry 'n +volledige beeld van die moeilikhede op die Kaapse grens, die oorsake van +die Trek, die onderlinge verhoudings en geskille tussen die aanvoerders, +die internasionale status en grondwettelike instellings van die +Trekkers, die moeilikhede van hul togte en hul betrekkinge met die +naturelle. Die gebeurtenisse wat aanleiding gee tot Dingaan se groot +verraad word haarfyn uitgepluis en die konklusies van die skrywer se +ondersoek op helder wyse uiteengeset en gestaaf. Ook die gebeurtenisse +na Retief se moord tot aan die Bloedrivierslag word beskryf en die +betekenis van Retief se optrede bepaal. + +Dit gaan uiters moeilik om objektief te staan teenoor 'n boek soos _Piet +Retief_, want die tragedie daarin uitgebeeld is op sigself al só roerend +in sy dramatiese afwikkeling en só betekenisvol vir die lot van ons +nasie, dat selfs 'n uitgedroogde kroniekskrywer sonder 'n vleugie +verbeelding nog daarin sou slaag om ons die grootsheid van die +worsteling te laat gevoel. Dit het Preller blykbaar ook besef, want hy +gee 'n onopgesmukte verhaal, in sober gehoue styl waarin die tragiese +gebeurtenisse self tot hul reg kom, sonder dat die aandag afgelei word +deur bykomstige woordfraaiigheid. Treffend is dit veral by die +hoogtepunt van die verhaal, waar in die beskrywing van die oorrompeling +deur die dansende kaffers alleen 'n joernalistieke draaitjie in die styl +hinderlik is. In 'n _Volkstem_-artiekel mag so 'n uitdrukking soos "die +welwillende leser" (p. 272, 10^de dr.) op sy plek wees--híer seker nie! +Nadat die posiesie van die _dramatis personae_ aangegee is, word die +dansbeweging mooi beskryf: + +"Drieduisend pare voete kom in forse beweging om tyd te hou na 'n +wild-eentonige maatsang, wat al naarder en wilder word na gelang +Dingaan se improwisasie hul opwinding aanspoor, sodat naderhand die +nugtere aarde dril en dreun onder die neergehurkte Boere...." (p. +273). Wanneer Retief protesteer as "die bokspringende rye" teen sy +vrinde aanstort in hul lawaaierige dans, vervolg Dingaan sy +onheilspellende deuntjie: "Drink, o drink van die bier! Jul brandende +kele roep daarom! Drink soveel jul kan; want môre sal jul nie meer +drink nie." (p. 274.) Dan klink meteens temidde van die "barbaarse +orgie" die fatale sein: "_Boelàlánie abatágatie_!" Juis deur die +sobere eenvoud in die styl, die kalme weergawe van die historiese +besonderhede raak die toneel ons tot in die hart, moet dit ook iemand +van 'n ander nasie raak. Saggies huiwer die ontroering in die woorde: +"Retief ... troue, moedige Retief, regskape, opregte Afrikaner, siel +van die aankomende Afrikaner-nasie!--sy marteling moes die +onmenslikste gewees het van almal!... Met knopkieries werd hy +afgemaak--laat ons hoop vóórdat Dingaan se laaste bevel aan sy +afgebeulde liggaam voltrek was!" (p. 277.) + +Hoofstuk XXIX is 'n meesterlike samevatting van Retief se optrede en die +betekenis daarvan. Hier kom Preller se forse styl meer tot sy reg, omdat +hy geen historiese dokumente hoef aan te voer nie. Met breë blik oorsien +hy die hele Trek en met simpatieke aanvoeling van die Boere-standpunt en +lewensbeskouing deel hy in helder, logiese redenering sy gevolgtrekkinge +mee. "Piet Retief het 'n nasie gestig; of, as dit histories te veel gesê +is, het hy ten minste met volkome bewustheid die grondslag gelê waarop +'n nasie ontstaan is. Hy was idealis in nasionale sin--dit is te sê, hy +het hom met die Voortrekkers, met sy volk, duidelik voor oë gestel die +nastrewing van 'n ideaal, wat insluit 'n onafhanklike ontwikkeling en +voortbestaan van dié volk as nasionale eenheid op die wêreld." (p. 345.) +Retief het "die Afrikaanse Bestemming in woorde ontwerp--wyd en breed +soos die Afrikaanse veld...." (p. 351.) "Hy is die eerste gewees wat die +gebore Afrikaner se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van +Suid-Afrika as sy "vaderland" gewaag het; terwyl die meeste ander die +land sowel as hulself nog maar beskou het as 'n volslae willose +aanhangsel van een of ander Europese ryk." (p. 350.) Hy het "deur sy +werk, sowel as deur sy dood, die Hollands-Afrikaanse Emigrant laat +begryp ... dat hy nie somar 'n op sigself rondswerwende eenling is nie, +maar deel uitmaak van 'n groot volksverband, met een belang en een +bestemming." (p. 355.) + +Solank daar 'n Afrikaner is "jaloers op sy geskiedenis, jaloers op die +waaragtige waarheid daarvan" sal _Piet Retief_ gelees word, want Preller +het daarmee 'n duursame monument opgerig van die wordingstydperk van ons +nasie. Buitendien het _Piet Retief_ deur sy verskyning in 1906 'n +besonder plaas in ons letterkundige geskiedenis. Saam met _Johannes van +Wyk_, wat in dieselfde jaar in boekvorm verskyn 't is dit die eerste +prosawerk van betekenis onder die Twede Beweging. + +Kaptein Hindon, (1916). + +Dit is die _Oorlogsaventure van 'n Baas-Verkenner_, "'n getroue weergawe +van die middellike dagboek-aantekeninge van die krygsman self." +(Voorwoord). Maar groter waarde het Preller se bewerking: "Die +toevallige omstandigheid, dat die outeur die grootste gedeelte van +dieselfde gebeurtenisse as Hindon--al was 't ook soms op 'n +afstand,--meegemaak 't, (is) vanself bevorderlik gewees aan 'n +lewendiger opvatting by die beskrywing dan anders die geval kon gewees +'t; en ... 'n gevolgelik dieper ingeleefde voorstelling." Hieraan is dit +te danke dat Preller se bewerking van die dagboek nie geword 't 'n +eentonige relaas van awonture nie, maar 'n lewendige voorstelling van +belangrike episodes uit die twede vryheidsoorlog. Daarby verloor hy +nooit die historiese verband uit die oog nie, en word al die +alleenstaande oorlogsfeite ingeskakel in die groot geheel. So word dit +'n saamhangende verhaal van die gebeurtenisse tussen 1895 en die vrede +van Vereniging. Deur 'n handige gebruik van Engelse bronne, soos die +outobiografie van Sir William Butler, geluk dit Preller om tallose +belangrike historiese feite te staaf en onverdiende laster aan die kaak +te stel. Onder ander word die opstokery van die Kaffers op oortuigende +manier bewys. + +Die tallose heldefeite van Hindon en sy maats word op aanskoulike wyse +beskryf. Dit geld ook veral van die veldtog in Natal, wat met groot +uitvoerigheid geteken word. Vermaaklik is Hindon se awontuur by die huis +van die Middelburgse volksraadslid (p. 291 vlg., 2^de druk). Deur +talryke anekdotes, wat 'n helder lig werp op die toestande tydens die +stryd en die mentaliteit van albei vegtende partye word die beskrywing +van die militêre gebeurtenisse op aangename wyse afgewissel. + +Hoe mooi Preller daarin slaag om sy veldslag-indrukke te verklank, blyk +o.a. uit die volgende: "Die eienaardige dubbele koe-ka knal van die +Engelse lee-metfordgewere, wat mens in die begin duidelik kon onderskei +van die dowwe mouser s'n énkele dodelike doef-slaggie, smelt nou saam in +éen gelykmatige kraakgeluid, wat soos springmielies in 'n vetpot sing +deur die laagte en teruggewerp word van die bergkante af, deurmekaar in +'n sware dreuning, waarin net die kanonne-bas naderhand oorheers. By die +skansmuurtjes zip-zip die klein koëltjes teen die klippe, en stukkies +fluit vrolik een-kanttoe, of 't skuur met so 'n snaakse sing-sangetje +skielik deur die lug oorheen, waarvan mens die dodelike vyandskap eers +merk as 't raak is, en 'n man inmekaar sak op die grond, of die fyn +blaartjes van die mimosa-boompies hier bokant afspat, op die vilthoede" +(p. 58). "Bom na bom breek briesend op hul klipskanse uitmekaar, en bars +met brullende giering bôkant hul toegewyde hoofde in nydige +moment-blitse oop, om hul inhoud oor die Boere uit te braak, soms vyf, +ses tegelyk, wat die kante van die kop omkarn in kokende kraters en 'n +onweer van skerwe en rotse opjae." (p. 125). + +Baanbrekers, (1915). + +Hierdie brosjure, 'n herdruk van _Brandwag_-artiekels bevat "'n +Hoofstuk uit die voorgeskiedenis van Transvaal", waarin die moord van +ag-en-twintig persone by Moorddrif in 1854 en die belegering van +Makapaansgat deur 'n strafkommando beskryf word. By dié ekspediesie was +ook Paul Kruger en besonder interessant is die waagstukke wat van hom +meegedeel word. Preller moet weer verskillende verdraaide voorstellings +weerleg. "Die dinge is verby, en die laster-kampanje het sy uitwerking +gehad. Praktiese, materiële voordeel kan 't nie meer aanbring om 't te +weerleg nie. Tog is 't tyd om, terwille van die waarheid alleen, 'n +oordeel wat op dié manier gevorm werd teen die Boere-volk, in hersiening +te neem, en inplaas van die fantasie-beelde van politieke +feuilletoniste, of die sentiments-oorweginge van 'n wekelike altruïsme, +die onweerlegbare feite alleen te laat spreek" (p. 33). Met die +optekening van so 'n "heroiese insident" het Preller ongetwyfeld nuttige +werk gedoen. + +Preller en C.J. Langenhoven het saam uitgegee: + +Twee Geskiedkundige Opstelle, (1919). + +Eersgenoemde se opstel oor _Suid-Afrika s'n Boere-Republieke_ is 'n +bondige opsomming van die vernaamste feite uit ons geskiedenis in die +tydperk 1486-1910. In enkele pagina's word daarvan 'n handige oorsig +gegee en juis die snelle opeenvolging van die gebeurtenisse laat 'n +sterk indruk van ons "eeu van onreg" na. + +Langenhoven gee _'n Paar Algemene Oorweginge omtrent +Geskiedenis-studie_. Met aanskoulike beelde toon hy aan "dat die hele +wilde natuurlewe 'n onafgebroke stryd is" (p. 114.) Een van die +vernaamste stellings in die betoog is "dat die geskiedenis 'n eindelose +ketting is van oorsake en gevolge wat nie plotseling begin en nie +plotseling afbreek nie." (p. 130.) Na 'n paar opmerkings oor die +kudde-instink word die ontwikkeling van ons volksbewussyn geskets en +daarop aangedring, dat geskiedenis-studie meer behoort te wees as 'n +ondersoek van "die blote geraamte van uitwendige datums en +gebeurtenisse" (p. 143). "In ons vurige idealistiese vaart word ons +skielik nugter geskok teen 'n feit van die guurste en nakendste +realisme" (p. 147)--ons honderd-duisend arm blanke naamlik. "Dit is 'n +baie ernstige siekte-verskynsel. Die geskiedkundige moet die diagnose +van die kwaal vind en daaruit moet ons die remedie soek" (p. 154.) +Preller beweer daarenteen in sy _Eksplanasie_: "Die diagnose is egter +die werk, nie van die Geskiedenis nie, maar van die Staat. Die +geskiedenis word eers daaruit opgebou" (p. XII). Preller wil die +statistiese metode van ondersoek op die arm-blankevraagstuk toepas. + +Generaal Botha, (1920). + +In hierdie brosjure het Gustav S. Preller 'n paar artiekels oor Genl. +Botha verenig. Dit is "meer brokstukke van die boustof (vir 'n +lewensbeskrywing) as dat 't aanspraak wil maak op 'n afgeronde +behandeling." (Voorwoord.) Hy deel dan verder mee dat hy op hom geneem +'t "die byeenbrenge van die materiaal vir 'n uitvoeriger 'lewe' van +Suidafrika s'n grootste staatsman". Die brosjure bevat enkele +herinneringe van persone wat Genl. Botha intiem geken 't en 'n herdruk +van 'n artiekel uit _Neerlandia_ deur Dr. J.H. Kiewiet de Jonge. Daar is +meedelings oor die generaal se famielie en kindsdae, oorlogservarings, +sy politiek en huislike lewe. In kleine omvang is heel wat interessants +bymekaar gebring. + + * * * * * + +Vir die kennis van Preller se letterkundige opvattings is van belang een +en ander uit sy reeks artiekels: _Eerstelinge--'n Persoonlike +appresiasie van J.H.H. de Waal s'n Roman, Joh. van Wyk_. (_De Volkstem_, +18 Aug. 1906 vlg.). _Joh. van Wyk_ is volgens die artiekel "op s'n best +'n vernuftig inmekaar gewarde verhaal van 'n paar mense met hul haat, +afguns en liefde, wat s'n 'boeiendheid' ontleen aan die manier waarop +dit inmekaar geset is, aan die ontknoping en aan 'n gemaklike +verhaaltrant. Die mens-tragedie daarin blyf klein ... die romantiek is +partykeer voos, die stylmiddele gebrekkig, die psychologie hopeloos +vals." Tog kon hy die kulturele waarde van die roman insien: "Dis net +die ding wat ons nodig het om te leer lees. Al die ander sal later kom." +Maar dit is merkwaardig, dat hy van die staanspoor af sy mening sonder +doekies omdraai uit, en sy letterkundige oordeel nie deur bykomstige +omstandighede laat benewel nie. _Eerstelinge_ open die literêre kritiek +van die Twede Beweging op waardige wyse. Onder ons prosaskrywers is daar +seker weinig wat al in 1906 so 'n fors, persoonlike styl had. Wie kon +toe al iets so raak sê, soos die volgende: "Die klompie afgejakkerde +woorde ... wat 'n sukkellewe bymekaar gesweet het ...; Die hele wereld +bekyk hul van die hopie waar húl op staan; ómdat húl die hang anderkant +die bult nie kan sien nie, is die aarde pannekoek-plat op syn pilare +gegrondves." Ook met sy _Inleiding tot Jan Celliers_ in _Die Vlakte_ +(1908) het Preller 'n kloek stuk prosa gelewer wat uitmunt deur fris +beeldspraak en kragtige geluid. + +Vir sy taalgebruik is die volgende van belang: "Dis glad nie nodig om +voor wat hul taal-barbarisme noem ... juis so wild te wees als 'n +histeriese jong meisie voor 'n groot miskruier-gogga...." En in sy werk +is woorde soos _touchant, subiet, marsiale, parafernalië, imminente, +violente, skrupules_ ens. glad nie skaars nie.[413] + +Oor dialoogkuns maak hy die volgende juiste aanmerking: "Dialoogkuns ... +is in algeval nie die nakende natuurlikheid nie; maar, gepaard aan +grondige mensekennis die neerslag van 'n skeppende verbeelding; iedere +stenograaf sou 'n mens kon verseker dat jij die grootste onsin van die +wereld sou hoor als jij presies moes neerskrijf, woord voor woord, wat +daar gesproke word...." Dan leg hy die vinger op 'n tegniese fout, wat +vandag nog deur byna àl ons verhaalskrywers gemaak word: "'n Techniese +fout wat De Waal nou en dan maak is om telkens _self_ so 'n gemoedelike +gesprekkie met sijn lesers te hou, wat totaal nie te pas kom nie." Hy +wys ook daarop dat De Waal "Adam Tas als historiese figuur ... geen reg +laat wedervaar nie." + +Die volgende pleidooi vir fris beeldspraak is vandag nog net so nodig +as in 1906: "De Waal sal in sijn latere werke ... 'n groter en 'n warmer +liefde (krij) voor sijn _woord_, voor die afgebeulde, seerrug woord, wat +waarlik tog nie meer kan nie. Die sal hij bêre, en alleen gawe, ronde, +hele woorde inspan, en mooi agtermekaar, so's 'n span breed-gerugde +vaarlandse osse, wat gelijkweg beur om sijn mening te trek en te draag. +'So geseg, so gedaan' ... gaat ons perbeer opvolg, maar als 'n vorm van +uitdrukking voor éwig begrawe, en in die uitbeelding van gedagte en +gevoel gaan ons altijd soek naar die raakste woorde, en al die +verslonste ou plunjes en toiens weggooi.... Gee ons maar 'n kans; ons +gaat ons woorde navoel, en wik en weeg iedereen, sodat iedereen +naderhand weer inbom, en dreun en gons so's die ko'els van 'n pompom, in +plaats van so's 'n uitgewaaide ou stofstorm op ons neer te sak." Word +hier nie op tiepies Afrikaanse wyse die denkbeelde van die Tagtigers +weergegee nie? Dat Preller dit al _aan die begin_ van die Twede Beweging +gesê het, is merkwaardig. En dat die strewe na 'n persoonlike woordkuns +by hom erns was, blyk uit al sy prosawerk. Dit sou seker nie moeilik +wees om daarin ook pagina's aan te wys, wat nie meer as goeie +joernalistiek is nie, bladsye waarin "die afgebeulde, seerrug woord" nog +gemoor word, uitdrukkings met die haastigheid van 'n koerantskrywer +neergeklits. Maar meestal klink uit sy prosa op 'n eie stem en telkens +verras hy ons deur skoonheid van segging en mooiheid van klank.[414] +Omdat by ons nog soveel muwwe, onpersoonlike stylkuns is, so 'n oorvloed +van "verslonste ou plunjes en toiens", of anders aanstellerige +woordpraal, daarom is dit 'n ware verademing om te luister na die +harmoniese deining en wieging, wat Preller se periodes vorentoe stoot. +Hy is ten minste iemand, wat nie sommer die eerste die beste frases wat +in sy gedagte opkom afskryf nie; sy sinne maak nie die indruk van "so +gemaak en so gelaat staan" nie; hy hoor nog die taalklanke, deurvoel die +nog in hul volle betekenis. + +Dat Preller historiese gegewens ook kan omwerk tot 'n aangrypende +verhaal, daarvan het hy die bewys gelewer in _Moedersmart_.[415] Op +treffend-realistiese wyse word daarin uitgebeeld die foltering van 'n +moeder, wat die sterwensgeroep van een kind moet veronagsaam om 'n ander +gesonde uit die hande van die kaffers te red. In sy historiese werk word +die moordlustige bedrywe van die kaffers op saaklike wyse meegedeel, +maar hier is dit deur plastiese tekening tot 'n roerende tragedie +gegroei. + +Oor Preller se taalgebruik hoef na die genoemde bespreking van Dr. E.C. +Pienaar nie uitgewei te word nie. Op enkele minder mooie uitdrukkings +kan hier nog gewys word: "In die tyd het hy en hy alleen in breë en +diepe trekke in die kinders van Suidafrika _uitgehou_ die wye omvang van +'n selfstandige Afrikaner-nasie" (_P. R._ p. 350); "Die werke van dié +manne ... wat _verminder aan_ die nasionale onbewustheid ... (id. p. +347); "sodat honderde gesinne ... van gebrek sou moes _krepeer_" (id. p. +300); "Die Nylstroom ... wat hier breed is en ruig _bewas_ met bos en +riet; twee stamme ... van die oorspronklike ras _afgespring_ +(_Baanbrekers_, p. 9, 12); "g'n kopere _bendes_ om begeestering van +buite in of uit te blaas nie" (_K. Hindon_, p. 31); "dan kan jy enige +tyd jou weg uitkry" (id. p. 293); "In die verdere loop van dieselfde +gesprek sê hy te glo, dat...." (id. p. 317); "Weinig wonder, dat baie +van hulle die voorkeur daaraan gegee het...." (_Trigardt_, LXXIII); "die +welsprekende wond in sy hofie" (_Moedersmart_). + + +§ 3. J.H. Malan.[416] + +Boer en Barbaar, (1913). + +By die twede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel. Hy +gee "die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en +verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het," soos +die ondertietel lui. Dit is "volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige +geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk" (p. IX).[417] + +Malan begint met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek +breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n +kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor vee- en +wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die +Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke +onder Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die +verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook +die betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy +aan die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens +kry ons 'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die +opkoms en ondergang van die Soeloenasie, die eerste Engelse kolonie in +Natal, die moord van Retief met die daarop volgende moorde en veldtogte +en die vestiging van die Boere-republiek in Natal. As aanhangsel volg +nog 'n verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie. + +Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk en die groot +aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n +hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en +belangriks opgediep uit die voortrekkersperiode. Maar tot die historisie +wat die uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk +behoort Malan nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit en die gawe om op +helder, logiese wyse die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek +by hom maar al te dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose +feite en besonderheidjies moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n +grootse tafereel vergroei, die besielende asem wat die stof van die ou +foliante wegblaas en die vergete helde in lewende lywe voor ons laat +staan--die besit Malan slegs in geringe maat. Dit help nou eenmaal nie +om net te praat van "die hartroerendste episodes" (p. 286), +"onuitwisbare tonele" (p. 299), "hartdoorborende reise" (p. 301), +"ontsettende toestande", "verbryselde manne" (p. 302), want dit is tog +maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die +toneel dan werklik "onuitwisbaar" is, teken dit dan in al sy kleure en +geure, in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat +ook óns daar iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net +daaroor praat nie. Want Malan wil meer gee as 'n gekatalogiseerde +feiteversameling of 'n wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan +die moraliseer en wys op die deugde van die voortrekkers, wat dan met +die teenswoordige sedebederf gekontrasteer word. (o.a. p. 317-8). Die +geskiedenis is vir hom "die leermeesteres des lewens" (p. 396). As die +nageslag "afdwaal van die eienskappe van welvoeglikheid, statige +fatsoenlikheid, ysterklip karakter en godsvrug van ons wegbaners", dan +raak hy op die pad wat lei "tot ondergang en vernietiging". + +Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die +trekkers. Hy laat vir 'n paar bladsye die kroniekstyl met al sy feite en +syfers staan en beskryf "die laaste aand" in die ou Kaapse woning (p. +136 vlg.).[418] Hier sê hy nie: "Niemand kan sig inbeel, welke tonele +deur die brein van elkeen ... gevlieg het" (p. 285); hy is nie meer 'n +blote toeskouer op 'n distansie van 'n "onuitwisbare toneel" nie, maar +die trekker self wat afskeid neem. Omdat hy die geval werklik deurleef +het in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook die ontroering in sy woorde, +al stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke en al verdwyn die +weemoedige stemming geheel en al deur so 'n potsierlike beeld: 'n +Maanstraaltjie is "_'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers +wadend oor die menslike stipjes_...."! (p. 140). Daar is nog tallose +voorbeelde van viesie-verknoeiing, o.a.: "'n hartebranding, wat +onuitspreeklik was" (p. 275); "snoewende woordegloed" (p. 398); "Shaka +rol die golwe van kaffers oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand" +(p. 156); ens.; ook onbeholpe uitdrukkings soos: "'n diepheuse buiging" +(p. 123); "geen Britse leërmag met hulle destyds verwaande +Europees-Waterloo militêre geflikker.... (p. 348); hy "was bestemd, om +die finale verwoesting van Dingaan se kolossale mag ... te help +vernietig (p. 381); die gevolg was 'n sieklike jammerte ... wat as 'n +hitte stroom deur Europa gestroom het...." ens. (p. 49); "hy had egter +intussen 'n groot verlies van bloed wat die mensliewende, dappere +Afrikaner in 'n floute skok (p. 310). Die onbeholpenheid bereik sy +toppunt in onleesbare sinne: "Piet Retief was seker een van die +merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en besonder bekwaam +en--lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste swakhede, veral in +die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan disipline, sug +naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom." (p. 186.) "Stuart +vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet was, en na +eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. Retief in 1814 +was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die veldfles van +Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in die huis van die heer +H.S. Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te sien" (p. +289). Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde sinsbou staan +by klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit letterkundige oogpunt +hoef ons seker nie te soek in 'n boek waar die argitektuur van die sinne +so 'n gaotiese warboel is nie--'n ordelose hoop klippe van alle +moontlike soorte,--agteloos op mekaar gesmyt, sonder vaste plan, sonder +sierlike lyne. Watter fyngevoelige leser sal nie struikel oor sinne soos +die volgende nie: "Ek het dadelik enige poorte van die laer laat +opemaak, skryf hy op die 23^ste Des., 1838 naar Kaapstad en verskyn in +die _Zuid-Afrikaan_...." (p. 349); "Hulle noem die raad deur 'enige +persone' te syn gekies." (p. 202); "Op die 28^ste Jan., 1837 was ... die +Kommando terug, sonder een enkele man, behalwe vier van Moroko se +Barolongs gesneuwel, verlore te hê." (p. 186); "toe Paul Kruger hem die +hand in sy stoel gesete en waarom sy kinders en kindskinders geskaard +was, druk, ..." (p. 147). + +Dan is daar nog staaltjies van mislukte hoogdrawendheid soos: "Die +_Mayflower_ kwaker pelgrimvaders is nou verander in 'n weelde baaiende, +onsindelikheid en bedrog...." ens. (p. 133). + +Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se +akker kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inwersie +van onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander +foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie. +Tot die anglisismes behoort o.a.: "'n warme tyd" (p. 30); "die Londen +Sending Genootskap" (p. 35); "China skoteltje" (p. 132); "Wat die +opvolging van Shaka betref, het Mbopa vir Mahlangana vals gespeel" (p. +235). + +Wat ook al die streng-historiese waarde van _Boer en Barbaar_ mag wees, +dít staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die +letterkundige waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van +Malan, wat met soveel toewyding gewerk 't en daarby gewillig was "to +scorn delights, and live laborious days" vir die historikus groter +waarde het. Deur die belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as +gelees word. + + +§ 4. Dr. S.P.E. Boshoff. + +Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is in 1891 gebore op Vaalbank, distrik +Senekal. Eers het hy in die Boland skool gegaan en later na die Grey +Kollege gekom. Na sy M.A. eksamen in 1912 het hy aan die Uniwersiteit +van Amsterdam in die Nuwe Lettere gestudeer. Met die uitbreek van die +oorlog het hy na Suid-Afrika teruggekeer en daar deelgeneem aan die +rebellie. Sy ondervindinge op kommando en in die tronk het hy beskryf in +_Vaalrivier, die Broederstroom_ (1916)[419] en _Rebellie-Sketse_ (1918). + +Na die troebele is hy aangestel as professor aan die Potchefstroomse +Uniwersiteitskollege. In 1921 het hy sy studie in Amsterdam voltooi en +_cum laude_ gepromoveer tot doktor in die Nederlandse Taal en Lettere op +'n dissertasie: _Volk en Taal van Suid-Afrika_. + +Hy sê self "dat hy hom nog nie en miskien nooit sal reken tot die +Afrikaanse skrywers nie. Wat hy doen is maar houthakkers- en +waterputterswerk vir ons ontluikende letterkunde" (_Die Brandwag_, Des. +1918). Hy is in die eerste plaas dan ook filoloog, en sy dissertasie is +'n monumentale werk, die vrug van jarelange arbeid. Ook uit bowegenoemde +sketse blyk sy voorliefde vir taalkundige waarneming. In samewerking met +L.J. du Plessis het hy ook uitgegee twee deeltjies _Afrikaanse +Volksliedjies_, 'n versameling van piekniek- en minne-rympies. Die +inleiding getuig van onvermoeide nasporingsywer op die gebied van +folklore. Meer as een fyn liedjie, wat in een of ander uithoek van ons +land lê en roes, sal deur die bundels algemeen bekend word. + +Van Boshoff het verder nog verskyn 'n toneelstuk _Jannies, Johnnies en +Jantjies_ en 'n gewysigde bewerking van Ds. S.J. du Toit se _Magrieta +Prinsloo_. Hy is onlangs tot lid van die Leidsche Maatschappij benoem. + +Vaalrivier, die Broederstroom en Rebellie-Sketse. + +_Vaalrivier_ behandel veral die laaste dae van Generaal C.F. Beyers, +terwyl _Rebellie-Sketse uit my Dagboek 1914-1915_ verskillende gevegte +en ook die tronklewe beskryf. Dit is feitlik alles persoonlike +ervarings, wat die skrywer meedeel en hy doen dit op 'n aangename +verteltoon, in 'n goed versorgde styl. Hy het daar mooi in geslaag om +die taamlik eentonige militêre en topografiese meedelings af te wissel +met lewendige dialoog, waardeur ons 'n goeie kyk kry op die stemming +onder die burgers. Veral die beskrywing van die tronklewe munt uit deur +aanskoulikheid en raak humor. Mooi staaltjies van boerekwinkslae word +ook gegee en o.a. die knaende rooklus goed uitgebeeld. Daar is burgers +wat selfs van die dominee twak kry "want die predikante was prakties en +hul roltwak was gewoonlik langer as hul predikasies" (_R. S._ p. 132). +"Na die preek kon 'n mens dan ook gewoonlik 'n gelukkige roker hier en +daar onder die skare onderskei aan die blou rookwolkies om hom heen, en +aan die streep minder gelukkige broeders, wat agter hom aanstryk om tog +maar net die ruik van die rook te kry." (t.a.p., p. 133.) Daar is meer +sulke voorbeelde van goeie waarneming, wat getuig van intieme kennis van +die boere-mentaliteit. Die rake slag, waarmee sommige persone uitgebeeld +word is 'n aanduiding, dat die skrywer ook op die gebied van die roman +sukses sou hê. + +Die styl word gekenmerk deur 'n besonder voorliefde vir alliterasie, +waarvan reeds die eerste sin van _Vaalrivier_ 'n voorbeeld is. In die +beeldspraak verras meer as een oorspronklike wending, b.v. "'n eensame +en blykbaar verlate woonhuis ... waarby 'n lang en nog eensamer ou +bloekomboom half staan en slaap, nes 'n reier op sy een been langs die +vlei" (_Vaalrivier_ p. 92). 'n Paar maal word _die_ as relatief gebruik +o.a. "Genl. Maritz, _die_ hy in daardie geval...." (_R. S._ p. 5). +Telkens kom _vyandige_ i.p.v. _vyandelike_ voor, b.v. "vyandige +perderuiters" (_Vaalrivier_ p. 55). Die anglisisme op p. 36 "die Jingoes +(het) my 'n vreeslike lewe gelei" moet seker op rekening van die spreker +gestel word. Die bewering, dat kuns "'n lukseartiekel" is (_R. S._ p. +122) moet blykens die verband nie _au sérieux_ geneem word nie. 'n +Voetnoot, soos die eerste op p. 24 (_Vaalrivier_) kan gerus weggelaat +word. + + +§5. J.A. Smith. + +Johannes Anthonie Smith is gebore op Grootfontein, distrik Aberdeen in +1886. In sy jeug het hy _Ons Kleijntji_ gelees en vir Afrikaans geywer. +Toe hy byna vyftien jaar was het hy weggeloop na die Boere-kommandos en +tot die vrede geveg. Aan die Hoëre Skool in Stellenbosch het hy sy +studie voortgeset en daarna gaan boer. Die groot droogte van 1915 het +aanleiding gegee tot die keuse van 'n joernalistieke loopbaan. Eers was +hy tydelik werksaam by _De Nieuwe Tyd_, 'n Aberdeense krant en later +redakteur van _Het Westen_. Sedert 1917 is hy redakteur en bestuurder +van _Onse Courant_, Graaff-Reinet. Dit is die eerste krant wat in die +Kaapprovinsie oorgeslaan het in Afrikaans. Smith het daarin en ook +andersins aktief opgetree in die stryd om Afrikaans as voertaal erken te +kry. Die gevolg was die invoering van die Afrikaanse medium in die Hoëre +Skool op Graaff-Reinet. Hy versamel tans gegewens oor die mense en +toestande in dié distrik vóór die Groot Trek, en werk aan 'n brosjure +oor die teregstelling van Komdt. Scheepers. Van hom het verskyn: _Brit +en Boer, van Slagtersnek tot Jopie Fourie_ (1917) en _Naar Bloedrivier +en Paardekraal_ (1918)[420]. + +Brit en Boer. + +Die skrywer gee 'n kort oorsig van die historiese gebeurtenisse van +1814 tot 1915. "By ons volk is 'n groot behoefte aan 'n kort, duidelik, +onpartydig en in Afrikaans geskrywe historieboek...." verklaar hy in sy +voorwoord. Deur gebrek aan 'n lewendige, persoonlike styl het dit egter +alleen 'n versameling van feite geword. As voorbeeld van die dikwels +gebrekkige styl en kanselagtige beeldspraak kan die volgende dien: "Hier +werd Afrikaanse lewens ontneem deur die Engelse, vir die eerste maal en +werd later nog weer herhaal.... Die diepe wond is nooit geen balsem +toegedien, maar steeds meer nuwe wonde in die boesem van die +diepgeteisterde volk geslaan." (p. 21.) Vorme, soos die volgende laat +mens twyfel of die boek wel in Afrikaans geskryf is: "Op s'n treurigs +(p. 22); Retief en de syne (p. 39); Die Regering ... het moe geword ... +en dag dit best.... (p. 64). Na veel moeite kreeg men die inwoners so +ver.... (p. 66); Goud werd gevonden" (p. 82) ens. Dan krioel dit nog van +taalkundige rariteite o.a. kalmtjes (p. 110); Men sal herinner (p. 77); +Southey het lang reeds in sy verstand gehad ... (p. 81) ('n Anglisisme); +sy bedriegelik invloed (p. 85); vermompte despotisme (p. 96); Mettertyd +het die uitlander populasie, die op sigself nie 'n presiese dreigende +gevaar was ... (p. 107); die ver-engelsen van die hele aardbol" (p. 108) +ens. As die dubbele negatief reg gebruik word is dit 'n uitsondering. + +Naar Bloedrivier en Paardekraal. + +Op eenvoudige wyse gee die skrywer 'n beknopte oorsig van die +gebeurtenisse, wat in verband staan met Bloedrivier en Paardekraal, +volgens sy beskouing "'n onuitputtelike bron van sede- en nasionale +lesse" (p. 11). Hy wou 'n werk lewer "wat vir die opkomende geslag +onmisbaar moet wees in verband met die hedendaagse Dingaanfees." Of die +onmisbaarheid van lange duur sal wees val te betwyfel, omdat die styl, +ofskoon beter versorg dan in _Brit en Boer_ so weinig artistiek en +dikwels onbeholpe is. "Na hierdie aanval is die laers in vier groot +laers verdeel en teruggeset en het onder die bevel van Maritz ... +gestaan" (p. 41). Daar is meer sulke voorbeelde. Die dubbele negatief +ontbreek nog telkens en uitdrukkings soos "skatte-buiters (p. 59), +verpeins (p. 82); 'n bewering te maak uit denkbeeldige inisiatiewe" (p. +70) is 'n aanduiding van gebrekkige taalbeheersing. + +Nadruk word veral gelê op die verband tussen Bloedrivier en +Paardekraal: "As 'n mens Dingaansdag kan of mag vier, dan kan en _moet_ +'n mens die herstelling van die onafhanklikheid in 1880 ook vier. Albei +jaartalle het dieselfde betekenis vir die volk." (p. 93.) + + +§ 6. Dr. J.D. du Toit (Totius).[421] + +Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk, (1917). + +"Een omstandigheid moet by die lees veral nie vergeet word nie. Ds. +du Toit was 'n Ismaël: sy hand was teen almal, en almal se hand was teen +hom.... By die beskrywing van sy lewenstaak was dus wysheid en tak 'n +hoofvereiste, en die skrywer wil hier die opregte versekering gee, dat +hy sy uiterste bes gedoen het om by oue gevoelighede verby te skram en +om oue wonde nie seer te maak nie. Vandaar dat deurgaans geen kritiek +geoefen en geen beoordeling van persone en gebeurtenisse gegee word nie. +Die dag daarvoor sal wel later aanbreek. Die skrywer wou volstaan met +die blote meedeling van _feite_ (soveel molik in sitaat)...." +(Voorwoord). Met dié woorde het Totius sy werk goed gekarakteriseer. Dit +is 'n feiteversameling van die grootste belang oor "'n periode van +Afrikaanse oplewing", soos die ondertietel lui. Die rangskikking van die +feite, die ordening van sy biografiese materiaal het Totius met talent +gedaan. Van alle oorde het hy met groot vlyt en nasporingsywer sy +boustowwe bymekaar gemaak. Netjies opgepak lê die stene in afsonderlike +stapels. Die fondament is ook al gelê en daarop moet die boumeester nou +vir ons 'n sierlike skepping van monumentale skoonheid oprig. Dit is 'n +taak waarvoor die digterlike seun van 'n groot vader allesins berekend +is. Maar hy deel ons mee: "Die dag daarvoor sal wel later aanbreek". Die +redene wat Totius voorlopig van 'n interpretasie van sy feite laat +afsien het, moet ongetwyfeld gebillik word, as ons onthou, dat sy vader +se hand "teen almal was, en almal se hand teen hom". Addison het in 1716 +al verklaar: "The truth of it is, as the lives of great men cannot be +written with any tolerable degree of elegance or exactness within a +short space after their decease; so neither is it fit that the history +of a person who has acted among us in a public character, should appear, +until envy and friendship are laid asleep, and the prejudice both of his +antagonists and adherents be, in some degree, softened and +subdued."[422] Maar die opmerking van Samuel Johnson is nie minder juis +nie: "If a life be delayed till interest and envy are at an end, we may +hope for impartiality, but must expect little intelligence; for the +incidents which give excellence to biography are of a volatile and +evanescent kind, such as soon escape the memory, and are transmitted by +tradition."[423] Dit is juis dié soort insidente wat Totius, blykbaar +met opset verwaarloos het. "Die skrywer van hierdie reëls was toe maar +vyf jaar oud. Tog styg daar nog verskeie witte wolkies van skerpe +herinnering op bo die wegduisterende gesigseinder van kinderverlee. Die +skrywer sal daarmee die leser nie te veel lastig wees nie." (p. 243). +Doodjammer, want deur die verswyging van sy persoonlike herinneringe +ontbreek daar lewenswarmte aan die biografie. Die beeld van sy vader is +groot en imposant, maar daar is weinig _lewe_ in. Soos 'n reusagtige +silhoeët staan dit teen 'n agtergrond van die bontste verskeidenheid. +Maar Ds. Du Toit se pelgrimsreis van die wieg tot aan die graf, sy +titaniese worsteling met die lewe, die dramatiese afwikkeling van dié +geweldige stryd, die diepe kneusing van 'n groot siel wat van smaad en +hoon meer as sy volle deel gehad 't--daarvan val alleen 'n dowwe +flikkerlig op die beeld. En die indruk kom Totius self bevestig: "Van +Ds. du Toit se inwendige lewe weet ons nie veel nie" (p. 248).[424] "Ons +het tot dusver veel gesê van Ds. du Toit se _werk_ en weinig laat +deurstraal aangaande sy _persoon_. So hoort dit, want dis ons in die +eerste plaas te doen om die grote werk wat Ds. du Toit verrig het. Maar +daarom mag 'n beskrywing van sy persoon nie agterwege bly nie" (p. 378). +Die "persoonsbeskrywing" (Hoofstuk XVII) bring ons egter nie veel verder +nie. Dit bly aan die buitekant; ons mis daarin die vermoë om deur te +dring tot die innerlike psiege. Dit kan ons al weer met die skrywer se +_eie_ woorde bewys: "Nou oorgaande tot die beskrywing van Ds. du Toit se +meer inwendige lewe, _natuurlik soos dit sig naar buite geopbenbaar het_ +(want "wie weet wat in de mens is dan de geest des mensen die in hem +is?") sal ons eers bespreek sy emosionele lewe." (p. 381).[425] En hier +wou Totius tog meer wees as 'n feiteversamelaar, hier wou hy ons iets +van die persoonlikheid van sy vader laat voel. "The biographer must be +more than the mere realist who can photograph facts--he must be +something of the idealist as well, for he has to create as well as to +reproduce: and we value a biography exactly in proportion as its author +has succeeded in creating for us the character of a new man or woman to +be added to our own personal acquaintance."[426] Nou lyk dit vir my of +Totius met die metode wat hy volg, soiets nie kán bereik nie. Hy +verklaar: "Nou gaan ons oor tot 'n beskrywing van Ds. du Toit se +verstand en wil. Vanself hoef dit nie so uitvoerig te wees nie. Sy ganse +lewe en werk deur ons beskrewe lê getuigenis af van die grootte van sy +verstand en die krag van sy wil." (p. 396). Dit mag nou wel waar wees, +maar so 'n bewering help ons geen druppel om die persoonlikheid van 'n +mens te begryp nie. En buitendien, het ons nie die reg om van die +biograaf 'n artistieke sintese, 'n psigologiese interpretasie te verwag +nie? Ons is nie tevrede met hier 'n raps en daar 'n raps nie, ons wil 'n +volledige beeld hê. Die skrywer vervolg: "Ook moet hier die opmerking +gemaak word dat dit ons nie te doen is om 'n strenge groepering van die +sielsfunksies nie. Ons het 'n skema gemaak wat prakties aanwendbaar is. +Bowedien is die siel van 'n mens 'n eenheid, wat sig nie uit mekaar laat +kerf nie. Op die feit wys veral die nuwere sielkunde. Vandaar dat ons +reeds die verstand en wil laat inwerk het op sommige van die beskrewe +emosies of gemoedsaandoeninge." (p. 397.) Almal netjies beredeneerd, +maar hier help al die skemas en tabelletjies van die hele wêreld jou +totaal niks! Die biograaf staan voor dieselfde probleem as die +romanskrywer: Hoe moet ek die mens laat _lewe_? En as hy dié groot +wonder reg kry, dan is dit nie omdat hy 'n knap psigoloog is nie, goed +op die hoogte van die allerlaaste emosionele _formulae_, maar enkel en +alleen omdat hy kunstenaar is. Hoe die wonder geskied weet hy miskien +self nie, en ons kan dit alleen by benadering uitrafel; maar as ons sy +boek gelees het, dan is daar nog 'n man of vrou toegevoeg by die getal +van ons intieme vriende. En in die sielkundige skema van Totius mis ek +die warme intimiteit; ek ken sy vader na meer as 450 bladsye nog nie so +goed as my eie vader of een van my vriende nie. Die "witte wolkies" van +sy herinnering, die moes hy nie laat wegwaai het nie! + +Beskou ons Totius se biografie nou alleen as feiteversameling, dan is +dit inderdaad 'n handige kompilasiewerk, wat onmisbaar is vir die kennis +van ons letterkunde en geskiedenis. Hy het die outobiografie, briewe en +sitate op bekwame wyse inmekaar gevleg, sodat iedereen na bestudering +van die bewysstukke sy eie oordeel kan vorm. Daarmee het hy seker +bereik, wat hy Kuyper op die tietelblad laat sê: "Niet vergeten van onze +doden is niet genoeg. Er kan zo dikwels veel ook voor onze doden nog +gedaan worden. Om hun eer en goede naam te verdedigen tegenover +miskenning en laster.... Bitterheden weg te nemen, die als onkruid +tussen hen en hun omgeving waren opgeschoten...." Hy het as onpartydige +historikus sy vader sy eie saak laat voordra, hom uit sy werke, self tot +ons laat spreek; nou moet hy nog as _seun_ sy vader vir ons uitbeeld met +al die warmte van 'n liefdevolle kinderhart. Die voorwoord laat ons +hoop, dat "die dag daarvoor wel later (sal) aanbreek." Vir ons +letterkunde kan dit 'n blye dag word! + +Die biografie bevat besonderhede oor Du Toit se jeug, sy werk as +predikant van die gemeente Noorder-Pêrel, sy stryd vir die beginsel van +Christelik Nasionale Onderwys. Die oprigting van die _Genootskap van +Regte Afrikaners_, _Die Patriot_ en ander blaaie word uitvoerig +bespreek, asook die stryd vir die Afrikaanse taal. Duidelik blyk hoe +groot die invloed van Ds. S.J. du Toit sedert 1875 was, en van hoeveel +bewegings hy die eintlike vader kan genoem word. Die oprigting van die +Afrikaner Bond, die oplewing in die Kaap-Kolonie en die aandeel van _Die +Patriot_ in die Transvaalse Vryheidsoorlog is ook breedvoerig uitgewerk. +Uit die belangrike sitate kan ons 'n helder beeld van die kulturele lewe +van dié tyd saamstel. Ds. Du Toit se werk as Superintendent van Onderwys +en polietikus in die Transvaal, sy Bybelvertaling en reise word ook +behandel. Dan volg sitate oor sy houding tydens en na die Jameson-inval. +Die verklaring van Adv. J.H.H. de Waal, soos aangehaal op bladsy 2 word +deur Ds. Du Toit se eie woorde bevestig: "Die houding deur my in +_Patriot_ en _Getuige_ ingeneem teenoor die Transvaal-regering van die +laaste tyd was egter nie populêr in die Kolonie nie, veral sedert die +Jameson-inval. Dit het gemaak dat die blaaie agteruit gegaan het." (p. +313.) Oor Du Toit se stryd teen sektes en kettery word ook meedelings +gedaan. Met 'n beskrywing van sy persoon en laaste dae sluit die boek, +waarin ook nog enige gedigte van hom afgedruk is. + +Van Du Toit se veelsydige bekwaamheid, sy onvermoeide ywer vir +godsdiens, taal en nasie is op byna iedere bladsy bewyse te vind. Sy +lewensbeskrywing is meteen ook die geskiedenis van die ontwaking van die +Afrikaner bewussyn en sy aandeel daarin was ongetwyfeld belangrik. + +Of ons die deur moet oopset vir woorde soos die volgende, is +twyfelagtig: leaders (o.a. p. 41); waiter (p. 283); debater (p. 350); +smoking-cap (p. 379), wasies (p. 380). + + +§ 7. Ds. W. Postma (1874-1921), (Dr. O'kulis). + +Doppers (1918). + +Dr. O'kulis verklaar in sy inleiding: "Ik het die egte ou Doppers nog +goed geken en hulle opregte nasate leef ik nog mee saam, sodat ik meen +in staat te wees om enigsins 'n suiwere portret te skilder van 'n +eienaardige groep van ons volk...." Hy het 'n ruim opvatting van die +woord Dopper. "Al die Doppers (is) nie in die Dopperkerk nie, en ... nie +alle lidmate van die Gereformeerde Kerk van S.A. (is) egte Doppers nie." +(p. 8.) "Ons profeteer dan ook beslis ... dat ons volk altyd meer terug +sal draai naar die _Backveld_, al meer Dopper sal worde, naarmate ons +nasionale selfbewustheid ontwaak en ontwikkel" (p. 15). Op kernagtige +wyse word die hele lewensbeskouing van die Dopper uiteengeset en alles +wat daarmee in stryd is afgekeur. Die oorsprong van die Doppers, hul +isolement, godsdiens en beskawing word geskets en hul beginsels met +warmte verdedig. Ten slotte word daar 'n staanplek gevra vir die Dopper +in die Afrikaanse samelewing: "Ons vra geen guns, geen medelyde, geen +beloning, geen verering nie. Ons vra net staanplek in die Boer-geledere +om saam te werk en saam te stry vir die heilige pand ons saam +toevertrou" (p. 116). In die bylae volg die opienies van ander skrywers +oor die Doppers. + +Die grootste gedeelte van die boek is van godsdienstige aard en kan +buiten beskouing bly. Dat ons hier egter te doen het "met 'n faktor, wat +geweldig invloed uitgeoefen het op die kultuurlewe van ons volk" (p. 71) +is ongetwyfeld waar, en Dr. O'kulis se pleidooi vir die Doppers is 'n +belangrike bydrae op kultuur-historiese gebied. Daaruit kan ons die +Dopper se standpunt teenoor die wetenskap, die kuns, opvoeding, sport, +ens. leer ken. Die skrywer het 'n persoonlike kyk op al die probleme van +ons tyd, al is sy behandeling daarvan dan ook dikwels sketsagtig. +Kapitalisme en sosialisme kan seker nie met so 'n paar sinnetjies soos +die volgende afgemaak word nie: "Geen van bei ken soiets as 'n +lewens- of nasionale ideaal nie--hulle klim nooit hoër op as hulleself +nie. Daar is niks verhewens of opheffends in hierdie rigtings nie--dit +is net:--"Laat ons eet en drink en vrolik wees, want more sterf ons." +Ook die definiesie van modernisme is vaag en misleidend, (p. 65.) + +Die Boervrou, (1918). + +_Die Boervrou_, "Moeder van haar Volk" is saamgestel op versoek van die +Nasionale Helpmekaar- en Kultuur-Vereniging, Reddersburg. Die skrywer +verklaar: "Dis my doel om die lewe en dade van die Boervrou in die +geskiedenis op te spoor en voor te stel op eenvoudige en heldere wyse." +(Voorwoord).[427] Hy wil probeer om self "so min molik te sê en soveel +molik getuienis van vreemdelinge (ook vyandige), wat die mense geken het +invoer." (p. 20.) In hoofsaak is dit dan ook 'n kompilasiewerk, waarin +veral die periode van die Groot Trek en daarna uitvoerig behandel word. +Onder ander word die gedenkskrif van Anna Stenecamp afgedruk en 'n paar +krante-artiekels oor Maria Koopmans-de Wet. Daar is nog naklanke van die +_Eselskakebeen_: "Ongelukkig dat ons altyd op skool nog moet ly aan die +verouderde Engels-Turkse stelsel van afgryslike geestesmoord." (p. 104.) +"Dis nodig om die wissels van die spoor van ons Vaderlandse Geskiedenis +eers reg te sit vir ons, wat op skool deur _Cape History_ en +Jingo-laster so hopeloos verknoei is...." (p. 44.) + +"Die godsdienssin van die Boervrou is die sleutel van haar hele +geskiedenis; die wat dit nie vooropstel, en gedurig voor oë hou nie, kan +haar nie begryp, haar portret nie skilder nie" (p. 66). Godsdienstige +beskouings neem dan ook 'n groot plaas in, en telkens word 'n klein +prekie ingelas (o.a. p. 160, 179). Die streng-Kalvinistiese +lewensbeskouing van die skrywer laat hom dikwels teen allerlei +maatskaplike euwels te velde trek, teen "die sonde van kinderbeperking" +(p. 157), die vrouestemreg en allerlei vreemde sedes. "Hoe geleerd en +ontwikkel ons ook al word, laat ons Boer bly. Praat van _beskaaf_--wel +ik het nergens hoër, fyner beskawing gesien as by ons egte kristen Boer +voorouers nie." (p. 109.) Hy is nie teen vooruitgang nie: "Die Boervrou +mag die kappie en die manteltjie vaarwel sê en tog haar grootmoeder in +alles gelyk bly." (p. 177.) Maar ons moet voortbou op "die hegte breë +Boerfondament" en alle "vreemde modelle" vermy. "Daar is geen hoër adel, +geen fyner beskawing, geen edeler siel as die van die Boervolk self nie. +Al wat ons daarvan afwyk, gaan ons verkeerd, breek ons onsself af, +ondermyn ons ons indiwidualiteit. Ons mog dan wat vreemds byspyker, en +daar uitlandse vernis oor smeer, maar dit sal nie hou teen die +Afrikaanse son nie.... Wat ons het is egte goud, al mag dit nog nie +gelouter en bewerk wees nie, wat ons in die vreemde naloop is +klatergoud." (p. 206.) Hier ontaard die gevoel van nasionale eiewaarde +in chauvinisme, en werk die ou isolasie-drang van die Boer, en sy afkeer +van alle vreemde beskawing nog na. Op 'n ander plaas is sprake van "die +gesonde lewenswyse en wêreldbeskouing van die Boervrou, so afkerig van +die verfynde en demoraliserende uitlandse 'beskawing'...." So voer die +groot nadruk wat op die Afrikaanse voortreflikheid gelê word en die +waarskuwing vir alles wat vreemd is tot die stelling, dat alles in +Afrika goed is en alles daarbuite sleg. Dit was seker nie die bedoeling +van die skrywer nie, maar wanneer 'n goeie beginsel te veel op die spits +gedryf word, lei dit tot bekrompenheid. + +Die neiging vir allerlei moeilik verdedigbare generalisasies, wat ook in +_Doppers_ aangetoon is, blyk uit so 'n bewering: "Is die teenwoordige +oorlog nie vrug van die onvrouelikheid van die vrou van Berlyn, Parys, +Brussels, Londen?" (p. 180.) + +Die portret en karakter van die Boervrou het Dr. O'kulis met liefde +geteken. Veral in die sewende en agste hoofstuk, waar die skrywer self +meer aan die woord is, kom juiste opmerkings en 'n persoonlike +uitdrukkingswyse voor. Die nuwere geskiedenis wil hy verbygaan, maar oor +die konsentrasiekampe kán hy nie swyg nie. (p. 141.) "Die geskiedenis +swyg nie, al vergeet ons ook al graag." (p. 148.) "_Dwars deur ons land +loop die bloedspoor van die Boervrou_" (p. 114). Met eerbiedige hulde +volg hy die spoor deur ons geskiedenis. Van die politieke +vroueverenigings verwag hy weinig heil. Ook die foute van die Boervrou +word beskryf. In Mevrou Marie Koopmans-de Wet "sien ons die Boervrou +soos sy ontwikkel op die hoogste sport" (p. 181.) Die bylaes bevat +hoofartiekels van die _Mediator_ oor die trekkers en oor +vaderlandsliefde, asook 'n stuk uit Preller se _Voortrekkermense_. + +Tot die minder juiste uitdrukkings behoort o.a.: "'n daghelder feit" +(_Doppers_, p. 63); "die ster-rol speler in die bioskoop" (id., p. 66); +"Die meisies was ... op reken van die moeder...." (_Boervrou_, p. 59); +"oor algemeen" (id., p. 94); "meedoen met allerhande lewensdrukte" (id., +p. 97); "geleerdheid bring in 'n groef" (id., p. 105); "om oor die +toekoms te praat en te plan (id., p. 149); "omdat men hiervoor geen oog +had" (id., p. 24); "om die verdrukte landgenote te help met tonne van +selfgemaakte en geofferde versagting" (id., p. 92). As staaltjies van +retoriese beeldspraak kan dien: "Twee feite het hulle diep in die hart +deurboor" (id., p. 118); "die hartverskeurende skouspel; die vlym nog +dieper voel" (id., p. 148). + + +§ 8. Thos. Blok. + +Thos. Blok is in 1879 gebore. In Holland was hy 'n tydlank onderwyser en +sedert 1913 in Bloemfontein, waar hy tans hoof van die Voorbereidende +Tegniese Skool is. Hy het hom dadelik na sy vestiging in Suid-Afrika op +Afrikaans en geskiedenis toegelê. Hy streef daarna om die resultate van +sy argiefondersoek in aantreklike vorm uit te gee en bewerk veral die +periode van die Oranje Rivier Soewereiniteit. Van hom het verskyn 'n +serie leesboeke _Ons Eie Taal, Klein Jannie, Oom Willem, Hendrik Afbeen_ +en _Willem Kruger_, skool- en kinderlektuur, 'n paar bundels +kinderversies en _Grensboere_ (1918). + +Grensboere. + +Dit is 'n verhaal uit die dae van President Hoffman, "'n inleiding tot +die geskiedenis van die (Basoeto)-oorloë." Blok wil "'n duidelike beeld +... gee van die toestande, wat geheers het, en die moeilikhede, waarmee +die Boere te stry gehad het op die grens van Basoetoland.... Behalwe die +vorm, waar die storie in verskyn, is alles suiwer geskiedenis."[428] Die +geskiedenis smoor dan ook die verhaal dood; die argieflug is te sterk. +In die begin kry ons nog iets van die mense te sien, maar ons verloor +hulle gou tussen al die historiese feite en dokumente. In 'n suiwer +historiese vorm sou Blok se werk meer voldoening gee, want die feite wat +hy meedeel is belangrik en van sy simpatieke inlewing in die +Boerekarakter getuig iedere bladsy van die boekie. Die helder, +eenvoudige styl, wat alleen op enkele plekke spore van Hollandse invloed +vertoon, maak _Grensboere_ uiters geskik vir die jeug. Hinderlike +herhaling kom voor o.a. op p. 21: skaf--skaap; op p. 57: +gekies--kiesers--kies. + + +§ 9. Ds. G.B.A. Gerdener. + +G.B.A. Gerdener is in 1881 gebore op Wupperthal, 'n Rynlandse +sendingstasie in die Sederberge, Clanwilliam, waar sy vader, 'n Duitse +sendeling gearbei het. Sy gehele opvoeding het hy feitlik in +Stellenbosch geniet, en daar is hy ook tot predikant opgelei. Sy +teologiese studie het hy in 1922 voltooi aan die uniwersiteit in +Tübingen, waar hy die graad Dr. Phil. _cum laude_ verwerf het en hom +veral op die nuwere geskiedenis en die tydperk van die Hervorming +toegelê het. As sekretaris van die Christelike Studente-Vereniging het +hy in 1907 en 1910 groot buitenlandse reise gemaak. Gedurende 1912-17 +was hy onder die Mohammedane in Kaapstad werksaam en daarna as twede +predikant op Stellenbosch. Van hom het verskyn 'n bundel gedigte: _Uit +Mijn Jonkheid_ en verskeie godsdienstige werke, alles in Hollands. +_Sarel Cilliers, Die Vader van Dingaansdag_ is egter in Afrikaans +(1919). Hy was ook redakteur van _Het Gereformeerd Maandblad_. + +Sarel Cilliers. + +Piet Retief word die martelaar van die Groot Trek genoem, Andries +Pretorius, die krygsman en Sarel Cilliers die profeet (p. 3). "Beter +tiepe van die diepe godsvrug en die innige vroomheid, wat in dae van +donkerheid en droefheid aan die hart van die Trekkers lig en troos +verskaf het is daar nie dan Sarel Cilliers" (p. 4). Sy kinderjare en +uittog na die noorde word beskryf, terwyl ook in vlugtige trekke die +verloop en betekenis van die beweging van 1836 geteken word. Episodes +waarin Cilliers 'n groot aandeel gehad 't, soos die slag by Vegkop en +die aflegging van die gelofte word uitvoerig behandel en op helder wyse +toegelig. Cilliers se ervarings in Natal en later in die Vrystaat, sy +rol in die kerklike lewe is op aanskoulike wyse in die laaste hoofstukke +geskets. Deur verskillende anekdotes kry ons 'n helder beeld van sy +persoonlikheid. In die slothoofstuk word sy betekenis so saamgevat: "Hy +was 'n onverskrokke baanbreker van die beskawing, 'n dapper stryder vir +vryheid, 'n edel patriot en 'n vroom Godsman" (p. 90.) Die geskiedenis +van die Dingaansfees en die beste manier om dit te vier word bespreek. +Dit was dan ook die aanleiding tot die ontstaan van die biografie (p. +4). Die aanhangsels bevat 'n joernaal en verskeie briewe van Cilliers. + +"Die meeste mense van die twintigste eeu sal (Cilliers) noem 'n +onbuigsame, ouderwetse puritein" (p. 84). Deur sy verwante +lewensbeskouing kon Gerdener so 'n figuur met 'n begrypende liefde +aanvoel en hy slaag dan ook daarin om veel wat vaag was te verduidelik. +As hy ons egter vertel dat hy liewer "die sluier van vergetelheid" (p. +34) oor die onaangenaamheid tussen Cilliers en Smit wil trek, dan twyfel +ons aan sy objektiwiteit. Vir 'n geskiedkundige werk kan die +omsluieringsmetode nóg noodlottiger wees as vir 'n roman! Deur so 'n +sinnetjie bring die lewensbeskrywer homself onder die verdenking dat hy +te werk gegaan 't volgens die gesegde: _De mortuis nil nisi bene_. +Onwillekeurig vraag ons: Wat het nog meer onder "die sluier van +vergetelheid" geraak? In die aangehaalde geval is dit alleen getuigenis +uit 'n ander bron wat Gerdener tot 'n bespreking dwing. Maar die feit +dat hy dit met blykbare teësin doen, kan ons die indruk gee, dat hy +alleen 'n _lofrede_ op "die vader van Dingaansdag" wou skryf. En selfs +die vaagste sinspeling in dié rigting moet die biograaf vermy, as hy +geen agterdog wil opwek teen sy onpartydigheid nie. + +Ook die volgende verklaring is 'n erkenning deur die skrywer self van +wat daar nog ontbreek in sy werk: "Ons sluit hierdie Hoofstuk "Bloed en +Trane" met die gevoel dat daar taferele in die geskiedenis is, wat +niemand kan beskrywe nie. Neem b.v. Piet Retief, bo-op die Drakensberg +met sy aangesig in die rigting van die Indiese Oseaan.... Gebeurtenisse +kan 'n mens nog beskrywe, maar sulke manne, so groot, so onsterflik: die +Martelaar, die Profeet en die Staatsman van die Grote Trek. Hier moet +die digter en die skilder ons te hulp kom!" (p. 47.) Die +kunstenaar-biograaf mag egter sy taak nie so maklik op ander skuiwe nie! +Dit spreek vanself dat iemand wat uit stowwige oorkondes en +fragmentariese oorlewerings 'n beeld van 'n mens moet opbou daarin slegs +gedeeltelik kan slaag; die tydgenoot, steunende op intieme kennis en +persoonlike omgang is daartoe veel beter in staat. Maar waar die +tydgenoot dit nagelaat het is 'n biografie soos die van _Sarel Cilliers_ +vir ons van groot belang. Uit die beskikbare gegewens het Gerdener 'n +duidelike beeld van die man en sy betekenis saamgestel. By 'n twede druk +sal hy seker die onafrikaanse vorme wat daar nog in sy styl voorkom +vermy, en ook nie die piëteitlose afkorting _Maritzburg_ vir die ou +Voortrekkerstad gebruik nie (o.a. op p. 31). + + +§ 10. A.J. van der Walt. + +Andries Jacobus van der Walt is gebore op Grootfontein, Middelburg, +K.P. Van sy tiende tot sy vyftiende jaar het hy skool gegaan op +Ratelpoort, waar hy leer hoera skree het, toe die anneksasie van +Transvaal (1877) bekend word. Maar nadat hy enige jare skool gehou 't is +hy Transvaal toe en daar het hy gou tot 'n ander oortuiging gekom. Kort +na die Jameson-inval is sy Hollandse roman _Afrikaner wees u zelf_ +geskryf.[429] Gedurende die Twede Vryheidsoorlog moes hy saam met ander +die wyk neem na Delagoabaai en vandaar na Holland. In Europa het hy byna +twee jaar gebly, baie rondgereis en sy ondersoekings oor Andries Hendrik +Potgieter begin, wat nog op 'n uitgewer wag. Na sy terugkoms was hy eers +tien jaar lank by 'n versekeringsmaatskappy en toe weer onderwyser in +die distrik Potchefstroom, waar hy nog is. _Noordwaarts_, wat in 1906 al +klaar was het hy in Afrikaans omgewerk vir die _Burger_-leeskring +(1919).[430] In 1920 het ook nog verskyn _Vastrappers I_. + +Noordwaarts. + +In 1877 het 'n groot aantal huisgesinne die Suid-Afrikaanse Republiek +verlaat en noordwaarts getrek. Die skrywer het historiese gegewens oor +hierdie Dorsland-Trek versamel en dit as Deel II van _Noordwaarts_ +uitgegee. Die verhaal van D.J. Erasmus word afgebreek deur die volgende +opmerking van Van der Walt: "En dan volg 'n hele reeks van kostelike +informasie ... wat vir 2/3 as boustof verstrek ('t) van Boek II" (p. +217). Boek II is 'n gedeelte van 'n romantiese verhaal, wat aan die +_Boustowwe_ voorafgaan. Hier het ons dus te doen met 'n onwetenskaplike +vermenging van waarheid en verdigting, wat die boek vir die historikus +vrywel waardeloos maak. Selfs op die _boustowwe_ kan ons nie reken nie: +"Die skrywer het eers gemeen, by die _omwerking en besnoeiing van die +handskrif_, om die verdwaal-episode maar agterweë te laat....[431] Nog +duideliker blyk sy werkwyse uit die volgende: "Ons moes dus by die +skrale bedeling van boustof, nadat ons ons so goed moontlik onder ons +omstandighede op hoogte van die Land- en Volkkunde van die streke +waardeur die twee van Stadens denkelik getrek het, gebring het, toe maar +verder die regte van 'n romanskrywer ons aanmatig, om so op dié manier +die leemtes enigsins aan te vul." (p. 185.) Teen 'n historiese roman oor +die Dorsland-trek bestaan daar natuurlik geen besware nie, maar die +onoordeelkundige vermenging van fantasie en waarheid in 'n boek, wat die +ondertietel _Historiese Sketse_ draag, moet ten sterkste afgekeur word. + +Van der Walt het verskillende episodes uit sy boustowwe tot een verhaal +saamgeflans. Hy gee 'n reeks gekleurde historie-prente en laat op +bioskoopagtige wyse die vernaamste episodes voor ons verbytrek. In die +_uiterlike_ omstandighede van die trekkers het hy hom goed ingeleef. Hul +ontberinge en eindelose gesukkel in die dorsland word op skilderagtige +wyse geskets. "Die opeenvolging van ellendes" (p. 58), die lyding van +mens en dier in woeste oorde, die moeilikhede met die inboorlinge is op +duidelike en aanskoulike wyse voorgestel, sodat die geheel 'n treffende +rolprent van die volhardingsvermoë van die Afrikanerpioniers word. Maar +ons mis die hand van die kunstenaar wat só kan skilder, dat die figure +van die doek af na ons toe kom, met ons praat en die roersels van hul +innerlikste menssyn openbaar. Want daarvoor deins die skrywer terug. +"Ons laat maar liewer die sluier val!" (p. 112);[432] "Maar laat ons +maar liewer van Tys van Wyk, die vader en van Roelf, die liefhebbende +oom, swyg--swyg van algar se verdriet, wat elkeen op sy eie manier +getoon het...." (p. 136); "O, geen pen kan die aakligheid van die reis +beskrywe nie!" (p. 139); "Wie sal 'n vroumens se trane deurgrond?" (p. +162). So soek die skrywer altyd maar uitvlugte. Net waar hy 'n kans kry +om die dieper menslikheid te teken, getuig hy sélf van sy onmag. Hy bly +meestal die belangstellende toeskouer, wat nie die ellende self deurleef +nie, maar op 'n goeie distansie aantekeninge maak: "Laat ons, Leser, +hulle afkyk in hulle doen...." (p. 65). Die kranksinnige Mieta is "die +ware beeld van wanhoop" (p. 51) en 'n paar reëls verder weer "die beeld +van verregaande onverskilligheid". Tog het hy daarin geslaag om 'n hele +paar lewendige toneeltjies te teken, soos o.a. die dood van Joggie (p. +68 vlg.). Ook die vaste vertroue op die Voorsienigheid onder die bangste +gevare, en die stille godsvrug van die trekkers is goed weergegee. + +Die gebeurtenisse deur Van der Walt beskryf was vanself al danig +romanties. Maar hy is nog nie tevrede nie! Dit word so aangedik, dat +mens jou naderhand verbeeld dat jy onder die oud-testamentiese bedeling +leef. Daarom verbaas dit ons nie dat die steenbokkie reguit in Tys se +knipmes inloop nie! (p. 144). Die meisie wat deur die kaffers ontvoer +word, ontbreek ook nie, nog minder die paartjie wat mekaar "kry". +"Leser, ons paar _het_ mekaar nou. Sal ons ook nou maar ophou?" (p. +157.) Asseblief tog neef, want ons het dit al só baie gehoor! As jy van +die verliefde paartjie nie twee lewendige _mense_ kan maak nie, wat op +hul eie manier liefhet en nie mekaar sommer "kry" en "het" nie--bly dan +maar liewer stil! Die bruilof ens.--ja kyk--soiets lees ons elke dag in +_Die Burger_ en _De Volkstem_. Ons weet presies hoe dit gebeur en daar +in die wildernis is 'n mens ook maar 'n mens! Hou tog maar liewer op! + +In plaas van plastiese uitbeelding kry ons moralisasies en godsdienstige +oorpeinsings, soos by die beskrywing van Sarie Swarts se lotgevalle. Hoe +sterk die moraliserende tendens is blyk duidelik uit + +Vastrappers I. + +In die voorwoord al staan 'n heftige tirade teen allerlei "onruswekkende +verskynsels". Daartoe behoort: "die prysgewing van ons jeug aan die +Rugby-Moloch, ... die goddelose Rugby-gedoente" (p. 7); "die gruwelike +en gevaarlike sigarette-draak, gemengde baaiery, die Malthusiaanse +euwel" ens. Ook in die teks kom sulke uitvalle voor. Van der Walt het +seker die volste reg om vir sy lewensbeskouing propaganda te maak, maar +in 'n historiese werk kom sulke sedeprekery nie te pas nie. + +Die eerste afdeling van _Vastrappers_ bestaan uit sitate van "wat ander +mense so ongeveer van Boer geskryf het." Waarom ons dit eers moet lees, +is nie duidelik nie. Dan volg: "Die Historie van seker vier +Potgietergeslagtes", 'n reeks "oorspronklike famielieverhale", wat "so +orgineel moontlik" afgedruk word. Hy hoop dat "veral Jong S.A. se oë +meer mag oopgaan om die egte goud van ons skone Verlede te onderskei van +baie namaaksels en klatergoud van ons tye." (p. 37.) Die derde afdeling +"Baanbrekers en Vastrappers" is 'n soort sedekundige verhandeling om aan +te toon, dat daar "'n goue streep van Kalvinisme deur heel ons +Vaderlandse Geskiedenis (lê)" (p. 200). Afdeling IV dra 'n uit +taalkundige oogpunt onjuiste tietel: "Uit vanmelewe ou Potchefstroom se +dae". Dit is 'n herdruk van 'n artiekel uit _Het Westen_ van 1908, met +'n naskrif van 1919 waarin gedeeltes uit ou Potchefstroomse krante +afgedruk word. III en IV is albei "_onvoltooide_ sketse". "Omstandighede +het ons belet om al die informasie behoorlik te verwerk soos dit eintlik +behoort. Dit het gekom deels omdat ons nog nie klaar het met ons +histories ondersoek" (p. 211). Met dié woorde veroordeel die skrywer sy +eie werk. Die wanordelike allegaartjie wat hy ons aanbied, met sy +doolhof van inleidings, aanhangsels, naskrifte, note en +bymekaargeskraapte sitate is 'n duidelike bewys dat naas liefde vir die +voorgeslag 'n deeglike, wetenskaplike voorbereiding onmisbaar is. As +_Vastrappers I_ enige waarde het, dan moet dit gesoek word in die +Potgieterverhale, wat die grootste gedeelte van die boek beslaan. Die +beoordeling daarvan kan egter aan die historisie oorgelaat word. + +In _Noordwaarts_ skryf Van der Walt 'n gemaklik-vloeiende taal, wat +egter weinig persoonliks het. Die invloed van die Hollandse skool van +vóór '80 blyk nie alleen uit sy "bewerkte" sitate van Ten Kate nie, maar +ook uit beeldspraak soos: "'n vlym deur sy siel" (p. 152). Hinderlik is +die gebruik van "geword" (p. 60), en die verkeerde sinstelling: "Sy het +vooroorgeval, en het haar liggaam 'n skok gekry" (p. 90). In +_Vastrappers_[433] is die styl minder versorgd. Daar kom voor o.a.: "Die +Barbaar gevaar" (p. 202); "verhaalde" (p. 232); "Soiets sou wel meer +konsekwent, ... en op tot datum (up to date) gewees het, as al die +onnasionale _dus_ egoïsme in die hand werkende voetbal-gedoe." (p. +215.)[434]. + + +§ 11. Senator G.G. Munnik. + +Kronieke van Noordelike Transvaal, (1920). + +In die eerste hoofstukke word die nedersetting van blanke onder +Generaal Hendrik Potgieter in Soutpansberg beskryf. Dan volg 'n +uiteensetting van die moeilikhede met die talryke kafferstamme en die +gebeurtenisse wat gelei 't tot die belegering van Makapaan in sy +grotte.[435] Ook die politieke kibbelarye tussen verskillende +Transvaalse leiers en die toestande op die goudvelde word geskets. Uit +die lewe van die goudsoekers en jagters vertel die skrywer interessante +voorvalle. Sy ondervindings as mynkommissaris en landdros lewer die stof +vir meer as een vermaaklike anekdote, wat op lewendige toon vertel word. +Ons kry ook 'n goeie kyk op die verhouding tussen die regering, die +amptenare en die burgers. Die skrywer slaag daar goed in om ons 'n +kleurige beeld te gee van die lewe van die baanbrekers in die noorde, +die wisselvallighede van hul swerwersbestaan, hul moed en uithou-vermoë. +Veel beter as deur 'n lang betoog word die toestande geskets met 'n +voorval soos die volgende: "Uit die getuienis blyk ..., dat elkeen van +twee vyandige gemeentes die kerk, 'n sinkgebou, eis. Daarop breek die +wakkerste gemeente die kerk, die van hout en yster was, af, en karwei +dit weg op bokwaens, voordat hulle teenpartyders daar iets van wis" (p. +69). Ook die talryke Kruger-anekdotes word op aangename wyse vertel. +Sonder dat dit aanspraak kan maak op groot letterkundige verdienste is +die herinneringe van Senator Munnik ongetwyfeld 'n aantreklike boek, +waarin die algemeen-menslike kant van 'n so goed as onbekende historiese +tydperk mooi belig word. Sulke bydraes kan ook vir die geskiedkundige +navorser van groot belang wees en die skrywe van soortgelyke +herinneringe verdien navolging. Van Oud-Pres. F.W. Reitz het in +verskillende tydskrifte ook sulke memoires gestaan, wat behoorlik +bygewerk 'n interessante bundeltjie oor die ou dae kan word. + +Volgens 'n meedeling het Munnik sy werk nie oorspronklik in Afrikaans +geskrywe nie. Sy taal en styl laat nog heelwat te wense oor. Hy gebruik +_die_ as relatief; daar is 'n klompie anglisismes o.a. raar (Eng. rare) +(p. 21); "om vir verlore kanse op te maak" (p. 72); "hy was ook gemeng +met die affêres...." (p. 82). Die woordskikking is telkens verkeerd +b.v.: "Met die _vooruitsig_ (anglisisme) van 'n Hooglander het hy hom 'n +massa kruit saamgebring en het dit die Republikeinse Goewernement +aangeneem...." (p. 53). + + +§ 12. Ds. J.D. Kestell. + +Ds. Kestell is 15 Des. 1854 gebore op Pieter-Maritzburg. In sy jeug is +hy persoonlik met verskeie Voortrekkers in aanraking gewees. Hy vertel: +"Sarel Cilliers het ek gesien in die huis van my vader, en later op sy +eie plaas, Doringkloof. J.N. Boshoff het ek as kind op Pieter-Maritzburg +geken. Marthinus Oosthuijse het ek dikwels ontmoet, en uit sy eie mond +die geskiedenis van die Trek gehoor. Daniel Bezuidenhout het my self +verhaal wat sy wedervaringe was."[436] Na sy teologiese opleiding op +Stellenbosch het hy 'n jaar lank gestudeer aan die Utrechtse +uniwersiteit. As predikant het hy gestaan op Kimberley, Harrismith, +Ficksburg en Bloemfontein. Daarna was hy redakteur van _De Kerkbode_ en +op die oomblik is hy rektor van die Grey-Uniwersiteits-Kollege. + +Sy eerste geskrif was 'n toneelstuk oor Slagtersnek, _The Struggle for +Freedom_. In sy studiejare het hy ook 'n Engelse roman oor dieselfde +onderwerp geskryf. "Onse Jan" het dit vir _Het Z.A. Tijdschrift_ +vertaal. _Uit het Afrikaansche Boerenleven_ (1897) is 'n bundel +dorpsnovelles.[437] _De Voortrekkers_ of _Het Dagboek van Izak van der +Merwe_ (1898) is in samewerking met Nico Hofmeyr geskryf, _Johanna +Cloete_ in 1899. Gedurende die Twede Vryheidsoorlog het Ds. Kestell +Pres. Steyn en Genl. De Wet vergesel op hul togte en die stryd meegemaak +tot die bitter einde toe. Na die vrede het verskyn: _Met de +Boerencommando's_ of Mijn Ervaringen als Veldprediker en _De +Vredesonderhandelingen tusschen Boer en Brit_ (1909), die laaste in +samewerking met D.E. van Velden. + +Sy skoonvader se biografie het Ds. Kestell in 1911 uitgegee onder die +tietel _Het Leven van Prof. N.J. Hofmeyr_, die van _Christiaan de Wet_ +in 1920.[438] + +_Die Voortrekkers_ (1920) is 'n omwerking van 'n reeks voorlesings op +Kimberley gegee. Ds. Kestell is lid van die S.A. Akademie, die _Leidsche +Maatschappij_ en die _Historische Genootschap_ van Utrecht. Op kerklike +en nasionale gebied is hy een van die volksleiers. Volgens die redakteur +van _Die Brandwag_ is hy "in baie opsigte vir ons die verpersoonliking +van die beste wat daar in ons Afrikaanse volk woon."[439] Aan die +redakteur het hy ook vertel "hoe dit hom spyt, dat hy in die ou dae nie +deelgeneem het aan die stryd vir die regte vir Afrikaans nie." Hy is nou +besig om al sy verhale in Afrikaans te vertaal. + +Die Voortrekkers. + +Dit is "'n kort geskiedverhaal", waarin die oorsake en die vernaamste +gebeurtenisse in verband met die Groot Trek tot op 16 Desember 1838 +beknop en helder uiteengeset word; 'n handige boekie vir iedereen wat +die groot gang van die emigrasiebeweging wil begryp, sonder om daarvan +eintlik 'n studie te maak. Van Gardiner en Owen word gesê: "Maar so +bitter vyandig teen die Boere was hulle ook nie, dat hulle 'n barbaarse +opperhoof kon aanhits tot 'n gruwelike bloedbad." (p. 76). Die bewyse +vir die stelling ontbreek egter. + +"Ek vertrou dat wat aan my werk iets wat op sigself staan sal gee is, +dat ek persoonlik met eminente Voortrekkers in aanraking is gewees." (p. +VI.) Gedeeltelik is dit waar, maar daar is tog geen figuur, wat so +geteken is nie, dat ons na die lesing van die boekie voel, dat ook ons +in persoonlike aanraking met 'n Voortrekker gewees is. Kestell mis die +plastiese gawe wat vir so 'n uitbeelding nodig is. Hy verseker ons +trouens self, dat dit onmoontlik is. "_Onbeskryflik_[440] was die +aandoening in (Retief se) siel, toe hy staar op die land wat daar aan sy +voet lê: Natal, met sy golwende berge en dale" (p. 60). Ook die +beskrywing van Retief se eerste blik op Natal toon duidelik, dat Kestell +geen woordkunstenaar is nie, wat deur die mag van sy skilderende woord +'n beeld kan laat lewe nie. "In die jonge groen van die vroeë lente was +alles gedos.... Oral sien hy die veld _met_ 'n ryke oorvloed bedek +_met_[441] blomme van allerhande vorm en kleur en geur...." (p. 60). Ook +die moord van Retief is "onbeskryflik" (p. 76), en in die +Bloedrivierslag beleef die Trekkers "onbeskryflike ure" (p. 101). Of +anders is die tonele weer "ontsettend, hartverskeurend" (p. 86), +retoriese skrikmaak-frases, wat geen ontroering wek nie. In die eerste +hoofstuk (§ 6) het ons al gesien, dat Kestell van die Hollandse kuns van +na 1880 niks wil weet nie en in sy werk kom dan ook versteende +beeldspraak soos die volgende voor: "onuitwisbar(e) littekens in die +hart ... gebrand" (p. 8); "'n golf van onuitspreeklike smart" (_C. de +Wet_, p. 64). + +Die taal van _Die Voortrekkers_ is erg onafrikaans. Die dubbele +ontkenning word selde reg gebruik; _die_ as relatief, _hem_ en vorme +soos die volgende is storend: Het is nie swaar ... (p. 15); die droewig +pad (p. 103); Hulle het nie beter op die hoogte kon gewees het nie (p. +1);[442] geontbied (p. 71). Onbeholpe is die volgende: Dingaan (het) in +sy stad in druk gesprek gesit praat met twee van sy vernaamste kapiteins +(p. 78); Toe die dag breek kon dit beter gesien word om sig te verdedig. +(p. 82.) + +Christiaan de Wet. + +In die eerste hoofstukke word 'n oorsig gegee van sy jeug en die +moeilike jare wat op sy huwelik gevolg het. Op lewendige wyse word sy +aandeel in die Transvaalse Vryheidsoorlog meegedeel. Nadat hy 'n tydlank +veldkornet en volksraadslid gewees 't in die Transvaal, keer hy terug +Vrystaat toe, waar hy ook gou op politieke gebied optree. "Sy breë kyk +op sake" word veral geroem. Dan volg 'n historiese oorsig van die +gebeurtenisse wat aanleiding gee tot die Twede Vryheidsoorlog. De Wet +gaan op kommando as gewone burger, maar word gou veggeneraal en na die +oorgawe van Cronjé hoofkommandant. Met gebruikmaking van De Wet se +oorlogsboek gee Kestell dan 'n oorsig van die vernaamste +krygsgebeurtenisse. Die besoek van die Boere-generaals aan Europa word +beskryf en ook Mevr. De Wet se ondervindings gedurende die oorlog. Onder +die verantwoordelike bestuur word De Wet minister van landbou. + +Die gebeurtenisse na 1914 is breedvoerig behandel. Hier gee die skrywer +nie alleen 'n relaas van die uiterlike feite nie, maar hy toon duidelik +aan wat daar in die siel van die generaal omgegaan 't en hoe sy besluit +om te rebelleer geryp 't. Die laaste gedeelte van die biografie is die +bes geslaagde, omdat ons daar werklik in aanraking kom met 'n +persoonlikheid. De Wet se laaste veldtog, sy verhoor en gevangenislewe +word op gevoelvolle wyse beskryf. Met verskeie historiese bylaes sluit +die boek. + +Op die gebrek aan sielkundige analiese maak die skrywer ons 'n enkele +maal self weer opmerksaam: "Geen woorde kan beskryf wat daar op die +oomblik deur die siel van C. de Wet gaan nie" (p. 84).[443] Die +plastiese skildering is meestal geslaag, ofskoon die gemeenplaatse soms +hinderlik word: "Daar kom generaal De Wet aangery van die voorpunt, en +hy roep die burgers bymekaar. Hy bly sit op sy perd, en die burgers kom +voor hom staan. Hy is woedend kwaad. Hy byt op sy tande. Deur sy tande +kom die woorde sissend ... Daarna word hy kalmer, en eindelik haal hy sy +hoed af. "Kom ons bid", sê hy. Wat 'n gebed was dit uit die mond van dié +man, daar op die perd! Dit roer elkeen tot op die bodem van sy wese. +Elkeen voel dat die hare op sy hoof rys...." (p. 68-9). Meer as een +lewendige kommando-toneeltjie is treffend deur juiste tekening. Die +begin van hoofstuk XIII is daarvan 'n mooi voorbeeld. Ook uit die +generaal se jeug het die skrywer heelwat voorvalle opgeteken wat ons 'n +goeie insig in sy persoonlikheid gee. De Wet se eie meedelings is op +aangename wyse verwerk en munt uit deur aanskoulike voorstelling. +Kestell het gesegdes van hom opgeteken, wat 'n kosbare bydrae is tot ons +kennis van die groot heldefiguur, terwyl die na-oorlogse periode van sy +loopbaan op treffende wyse verduidelik is. + +Vergeleke met _Die Voortrekkers_ is die meeste on-Afrikaanse wendings +uit die styl verdwyn. Slegs selde stuit mens op 'n sin wat minder goed +in mekaargeset is, soos die volgende: "As hierdie manifes nou gelees +word, dan tref dit dadelik dat daarin uitdrukkinge voorkom soos dié nie +sou verwag word as uit die pen van Beyers te gevloei het nie, maar wat +dikwels van die lippe van De Wet geval het" (p. 202).[444] + + +§ 13. Dr. N.J. van der Merwe. + +Hy is gebore in 1888 op Senekal, O.V.S. Aan die Grey-Kollege het hy in +1907 gegradueer met honneurs in moderne tale. Twee jaar lank was hy +onderwyser in Fauresmith en daarna het hy teologie studeer aan die +Stellenbosse Kweekskool, waar hy in 1911 ook die B.D. eksamen afgelê +het. In 1914 was hy reisende sekretaris vir die C.S.V. en daarna +predikant op Wepener. Sy teologiese studie het hy voortgeset aan die +Vrye Uniwersiteit op Amsterdam, waar hy in 1921 gepromoveer het op 'n +dissertasie _Die Sosiale Prediking van Jesus Christus_. Op die oomblik +is hy predikant op Theunissen O.V.S. Hy is in 1916 gehuud met 'n dogter +van President Steyn. Sy skoonvader se lewensbeskrywing _Marthinus +Theunis Steyn_ het in 1921 verskyn in twee dele. + +Marthinus Theunis Steyn. + +Die skrywer van 'n politieke biografie staan voor 'n groot moeilikheid +wat deur Winston Churchill goed aangedui is in sy voorwoord by die lewe +van _Lord Randolph Churchill_. "The style and ideas of the writer must +throughout be subordinated to the necessity of embracing in the text +those documentary proofs upon which the story depends. Letters, +memoranda, and extracts from speeches, which inevitably and rightly +interrupt the sequence of his narrative, must be pieced together upon +some consistent and harmonius plan. It is not by the soft touches of a +picture, but in hard mosaic or tessellated pavement, that a man's life +and fortunes must be presented in all their reality and romance. I have +thought it my duty, so far as possible, to assemble once and for all the +whole body of historical evidence required for the understanding of Lord +Randolph Churchill's career." Op dieselfde manier het Van der Merwe te +werk gegaan. Die grootste gedeelte van sy biografie bestaan uit +historiese dokumente, waaronder 'n uitgebreide diktaat van Pres. Steyn, +briewe, redevoerings en offisiële stukke. Tereg verklaar hy dan ook in +sy voorwoord: "Met die volle bewussyn dat daar in die voorliggende werk +_dikwels eenvoudig boustof gelewer word_ waar die leser miskien 'n gebou +sou verwag, dog met die oortuiging dat dit onder die huidige +omstandighede voorbarig sou wees om meer te doen...."[445] + +John Morley het voor dieselfde probleem gestaan in sy _Life of William +Ewart Gladstone_: "Where the subject is a man who was four times at the +head of the government--no phantom, but dictator--and who held this +office of first minister for a longer time than any other statesman in +the reign of the Queen, how can we tell the story of his works and days +without reference, and ample reference, to the course of events over +whose unrolling he presided, and out of which he made history?... +Assuredly I am not presumptuous enough to suppose that this difficulty +of fixing the precise scale between history and biography has been +successfully overcome by me. It may be that Hercules himself would have +succeeded little better."[446] + +Selfs by 'n gewone lewensbeskrywing het die biograaf al 'n moeilike +taak. Hy moet 'n verslag gee van die uiterlike wederwaardighede van die +persoon; maar hy moet ook sy intellektuele en geestelike groeiproses +teken en die gestadige wisselwerking tussen die twee nooit uit die oog +verloor nie. Is die onderwerp van die lewensbeskrywing so 'n +buitengewone persoon soos Pres. Steyn, wat gedurende die periode +1896-1916 feitlik aan die hoof van die hele volk gestaan 't, dan word +dit nog noodsaaklik om die geskiedenis van die nasie ook te vertel. Op +die manier loop die biograaf gevaar om die eenheid van sy werk te +verstoor, presies soos die skilder van 'n groot veldslag, wat probeer om +àl die soldate van weerskante op sy doek in te druk. Die verstandige +biograaf sal soveel moontlik aan die historikus oorlaat en dit het Van +der Merwe dan ook meestal gedoen o.a. met die twede Vryheidsoorlog en +die vredesonderhandelinge. Sulke gebeurtenisse behoort tot die terrein +van die historikus. "To make some roughly effective summary of (such) +doings, in the way of epitome or extract, will be all that can fairly +come within the province of biography"[447] + +Edmund Gosse het verklaar, dat dit 'n groot fout is om, wat genoem word +_Life and Times_ van 'n mens te probeer beskryf. "History deals with +fragments of the vast roll of events; it must always begin abruptly and +close in the middle of affairs; it must always deal, impartially, with a +vast number of persons. Biography is a study sharply defined by two +definite events, birth and death. It fills its canvas with one figure, +and other characters, however great in themselves, must always be +subsidiary to the central hero."[448] + +Per slot van rekening bly dit 'n moeilikheid wat iedere biograaf op sy +eie manier moet oplos. Dit verdien in elk geval die noukeurige oorweging +van ons toekomstige lewensbeskrywers. Die lewensbeskrywing van Pres. +Steyn sou m.i. aan eenheid gewin het, as daar 'n skeiding gemaak was +tussen die historiese en biografiese gegewens. Die diktaat van die +president, sy redevoerings en die offisiële dokumente kan gemaklik as +historiese aanhangsel gegee word. Omdat dit alles in die teks van die +biografie geskuif word, verloor ons telkens die persoonlikheid van die +president uit die oog. By die behandeling van die Hertzog-kriesis (II, +Hoofstuk XII), en die Rebellie (II, Hoofstuk XIII) is dit veral die +geval. Hier word die lewensbeskrywing feitlik 'n offisiële blou-boek, 'n +bronnepublikasie. Maar dit is dan ook van dié gebeurtenisse waarvan die +skrywer in sy voorwoord sê: "Die rook trek nog uit meer as een brand ... +en daarom word hier 'n poging aangewend om so objektief moontlik te +wees; om die _ipsissima verba_ van die verskillende persone wat op die +toneel verskyn, letterlik weer te gee; en om alle kommentaar wat aan +partygevoel kan toegeskrywe word, te vermy." (I, p. 11.) Waar dit sulke +delikate kwessies geld, sou dit seker onbillik wees om nou al van die +skrywer 'n samevattende oordeel te verwag. Maar as die rook eendag +weggetrek 't is dit sy plig as biograaf om ons te laat voel wat daar in +die siel van die groot staatsman omgegaan het in die tyd. Dan sal sy +boek waarlik 'n _lewens_beskrywing word, want ten spyte van die +moeilikheid waarop Churchill sinspeel, bly dit tog waar dat 'n +versameling briewe, dokumente en redevoerings nog geen biografie uitmaak +nie, al word dit ook hoe netjies gerangskik. Die volgende bewering bevat +ongetwyfeld veel wat juis is: "A correspondence worth preserving should +be preserved apart. What the true biographer has to do with it is to use +it. The more he can extract of its purport; the more he can absorb of +its spirit; the better will be his book. The more he thrusts it in +bodily--how admirable so ever in itself--the more will his book be a +thing of shreds and patches. To depict worthily and enduringly any human +life really deserving to be depicted, is a task which was never yet +achieved without a strain on all the faculty the writer could upgather +for the occasion. That fact should suffice, one imagines, to convince a +man that letter-copying can go but a little way. Any penman can +transcribe letters--or without even inking his fingers--can put them +together, scissors-and-paste fashion, much quicker than any printer can +put them into type."[449] + +Van der Merwe het dikwels die skêr-en-lympot-metode toegepas, soms uit +noodsaak, soos in die laaste gedeelte van sy werk, maar gelukkig het hy +ons ook nader gebring tot die mens in Pres. Steyn. In die eerste ses +hoofstukke slaag hy daar uitstekend in om 'n duidelike beeld te gee van +Steyn as kind, boereseun, student, regsgeleerde en staatshoof. Met groot +liefde het hy alle beskikbare gegewens so verwerk, dat selfs iemand wat +die president nooit geken 't nie, die man vlak voor hom sien staan. Hier +spreek die biografie nie alleen tot ons verstand nie, maar ook tot ons +hart; hier is die warm tinteling van 'n aanraking tussen mens en mens, +die intiem-gesellige sfeer en nie alleen die bloot serimoniële +"kennismaking" tussen wildvreemdes nie. + +Alleen teen een opmerking het ons 'n bedenking: "Talryke staaltjies +word vertel van Steyn se jowiale natuur as student en sy hartlike +verkeer met sy Nederlandse vriende. Dit is egter nie nodig om die leser +met hierdie studentegrappies langer op te hou nie. Die lewe van elke +gesonde en vrolike student, soos Steyn was, is daar vol van" (I, p. 36). +Dit kan ons alleen betreur, want Plutarchus merk tereg op in sy +_Alexander_: [Greek: Oute tais epiphanestatais praxesi pantôs enesti +dêlôsis aretês ê kakias alla pragma brachy pollakis, kai rhêma, kai +paidia tis emphasin êthous epoiêsen mallon ê machai myrionekroi, +parataxeis hai megistai, kai poliorkia poleôn].[450] Samuel Johnson het +ook 'n juiste opmerking gemaak. Sommige biograwe, sê hy, "rarely afford +any other account than might be collected from public papers, but +imagine themselves writing a life, when they exhibit a chronological +series of actions or preferments; and have so little regard to the +manners or behaviour of their heroes, that _more knowledge may be gained +of a man's real character by a short conversation with one of his +servants, than from a formal and studied narrative begun with his +pedigree and ended with his funeral_."[451] Wanneer die skrywer sy +boustof omwerk tot 'n gebou, verdien die gekursiveerde woorde seker +nader oorweging. + +In die volgende hoofstukke word die onderhandelinge, wat gelei 't tot +die nouer vereniging van die twee republieke beskryf. Dan volg die +diktaat van President Steyn waarin die staatkundige gebeurtenisse vanaf +1896-1899 uiteengeset word. Vervolgens gee die skrywer 'n +gedokumenteerde verslag van die onderhandelinge wat aan die +oorlogsverklaring voorafgegaan 't. "Die tak, geduld sowel as +staatsmansbeleid en beslistheid van die Vrystaatse President word +daardeur duidelik geopenbaar" (I, p. 235). "Hoewel hy ook lank reeds aan +vrede gewanhoop het, was hy egter beslis om nie na die wapen te gryp nie +voor hy met 'n rein gewete sy volk kon verseker dat elke moontlike +middel te baat geneem was om die onheil af te keer" (I, p. 246). Die +President se houding blyk duidelik uit sy antwoord aan 'n paar offisiere +wat gesê 't: "Laat ons maar veg": "Ek stem nie toe tot oorlog 'n minuut +voor dit nie anders kan nie, maar weet dit, as ek die dag sê "Oorlog", +dan moet julle nie met my van vrede kom praat nie. Dan moet dit gaan tot +die bitter einde" (I, p. 273). Manlike woorde van een, wat ook met dade +bewys 't, dat hy tot die grootste van die _Bittereinders_ behoort! Hoe +graag sou ons meer wil weet van die "sieleworsteling" daar in die +eensame veld, op 'n stille sabbatsmore, 8 Oktober 1899--net voor die +versending van die ultimatum. (I, p. 275.) Maar dit is een van die +dramatiese momente wat die biograaf net vir ons aanstip. Wanneer Steyn, +gebroke in die liggaam, maar onverwinlik in die gees afskeid neem van sy +getroue by Vereniging, dan sê Van der Merwe ook: "Geen pen kan dit ooit +beskryf nie" (II, p. 51). En as die sterke man, gedeeltelik herstel +terugkeer na sy geannekseerde vaderland, dan roep die skrywer weer uit: +"Wat dié middag deur die hart van die Vrystaters by Kaalspruit-stasie +(naby Onzerust) gegaan het, sal geen pen ooit beskrywe nie" (II, p. +148). Maar sulke verklarings help ons nie om die tragiek van Steyn en sy +volk se lyding te begryp nie. Hier moet die kunstenaar-biograaf deur die +skoonheid van sy beeldende woord, deur die innigheid van sy weergawe ons +ontroer, hier kan hy nie volstaan met 'n blote vermelding van feite nie! + +In die twede deel word Steyn as "die siel van die vryheidstryd" geteken. +"Om sy ware grootheid te leer ken, moes 'n mens hom egter in sy +daaglikse handel en wandel onder sy offisiere en burgers sien" (II, p. +34). Hier word Van der Merwe in waarheid weer _lewens_-beskrywer, want +uit die kommando-anekdotes leer ons Steyn as mens veel beter ken as uit +sy offisiële depêches. Sou "die half-barbaarse gesegdes van Ruiter" (II, +p. 37) wat ons weerhou word, "uit vrees dat die leser wat Ruiter nie +geken het nie" dit "wat ru en plat sal vind", sou dit nie die realiteit +van die skildering verhoog 't nie? Hier geld Plutarchus en Johnson se +opmerkings weer. + +In die volgende hoofstuk is die president weer self aan die woord en +vertel hy van die "poginge tot vrede". Mev. Steyn se oorlogservarings en +haar ontmoeting met die president na die vrede, hulle vertrek na Europa +om herstel van gesondheid te soek word dan beskryf. Onder die +geneeskundige behandeling van prof. Winkler kom die langsame herwinning +van lewenskragte en eindelik keer die volksheld weer tot sy vaderland +terug. Die beskrywing van die lewe op Onzerust is goed geslaag, en op +treffende wyse word Steyn, as "volksiener en raadsman" geteken. Sy +bemoeiings om selfregering en die vereniging van die verskillende state +te verkry is die onderwerp van die volgende hoofstukke. Wanneer die +politieke verdeeldheid na die totstandkoming van die Unie begint, is +Pres. Steyn weer die raadsman van al die leiers. "Die enigste plek waar +al die partye so nou en dan in die gesonde lug van vertroue kom asem +skep het, was daardie boerplasie op die vlaktes van Kaalspruit. Almal +het daar hulle hart kom lug. Niemand het tevergeefs na Onzerust gekom +nie. Soos 'n vader innig besorg oor dreigende onenigheid onder sy +kinders, het President Steyn alles in sy vermoë gedoen om vrede en +eenheid te bewaar" (II, p. 242). + +Die onderhandelinge tydens die Hertzogkriesis en die rebellie word _in +extenso_ afgedruk. Daar is ook 'n uiteensetting van die president self +oor sy houding tydens laasgenoemde gebeurtenis. In die slothoofstuk word +die laaste dae van die president, sy begrafnis en die roudienste +beskryf. + +In sy voorwoord het die skrywer die hoop uitgedruk, dat sy arbeid "iets +sal bydra om die inspirasie van president Steyn se lewe vir die Volk te +bewaar en lig te werp op 'n seer belangrike deel van ons +volksgeskiedenis...." (p. VII). Dié doel sal hy ongetwyfeld bereik, nie +alleen omdat sy stof van soveel nasionale belang is nie, maar ook omdat +sy lewensbeskrywing uitmunt deur 'n helder, goedversorgde styl. + + +§ 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg. + +Moedersmart en Kinderleed, (1921). + +"Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos +hierdie in verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die +nageslagte bewaard bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige +skrywers wat ernstige werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se +geaardheid noukeurig sal bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord, +en daarmee het hy die waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster +het agtien maande in die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings +op ongekunstelde wyse, sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so +reg uit haar hart oor die dae van bitter swaarkry en ons luister met +ontroerde gemoed.... In algemene trekke ken ons die lydensgeskiedenis +van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe +soos die van Mevr. Boshoff wat daar 'n inniger lewe aan sal gee vir die +nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek gestel +'t, en dis 'n voorbeeld wat navolging verdien, want daar gaat nog meer +as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis +nie mag verlore gaan nie. + +Die twede gedeelte van _Moedersmart en Kinderleed_ bevat "herinneringe +uit die laaste oorlog", o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur +drank", wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte. + +"Alles hierin meegedeel is die _waarheid_ en niks minder dan die +_waarheid_," verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die +meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige +kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy +dit gedra 't. + +VOETNOTAS: + +[405] Vgl. Dr. L. v. Niekerk: _De Eerste Afr.-Taalbeweging_^1, p. 18 +vlg. + +[406] t.a.p., p. VII (10de druk). + +[407] Vgl. Hoofstuk I, § 9. + +[408] _Piet Retief_, p. 351. + +[409] Vgl. Hoofstuk II en III. + +[410] Voorwoord, 7de druk. + +[411] _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[412] In 1922 het _Voortrekkermense_ III verskyn. Dit bevat dertien +geskiedkundige dokumente. + +[413] Oor die taal van Preller kan vergelyk word: Dr. E.C. Pienaar, +_Taal en Poësie_^2, (p. 146-151). + +[414] Vgl. b.v. die aangehaalde voorbeelde uit _Kaptein Hindon_. + +[415] Oorspronklik verskyn in die _Jaarboek van Het Westen_(1909), later +in _Die Burger-Nuwejaarsnommer_ (1922). + +[416] In Hoofstuk V, § 17, is 'n lewensskets al gegee. + +[417] So staan die saamgestelde woorde deur die hele boek los van +mekaar. + +[418] Hiermee moet vergelyk word 'n soortgelyke toneel van F. Lion +Cachet. + +[419] Sitate volgens 2de druk (1917). + +[420] Gedeeltelik ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[421] Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: _Taal en +Poësie_^2 ens., p. 256 vlg. + +[422] _Freeholder_, No. 35. + +[423] _Rambler_, No. 60. + +[424] So 'n bewering is beslis onjuis, as ons onthou dat die _tietels_ +van Ds. S.J. du Toit se boeke sewe paginas in beslag neem! (p. 426-432). +Daaruit moet tog 'n volkome beeld van die man se inwendige lewe op te +diep wees. + +[425] Ek kursiveer. + +[426] Rev. Thomas Davidson: _Chambers's Encyclopaedia_ in die artiekel +"Biography". + +[427] 'n Werk van dieselfde geaardheid het onlangs verskyn: _Die +Afrikaanse Vrou_, "'n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in die +Geskiedenis van S.A. gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en 1918" +deur Eric Stockenström. + +[428] Voorberig. + +[429] Vgl. Dr. G. Besselaar: _Z.A. in de Letterkunde_, p. 80. + +[430] Lewensskets ontleen aan _Die Brandwag_, Des. 1918. + +[431] p. 228. Ek kursiveer. + +[432] Vgl. ook p. 130. + +[433] Die tipografiese uitvoering van die boek laat veel te wense oor. + +[434] Ek kursiveer. + +[435] Ook deur Preller in _Baanbrekers_ beskryf. + +[436] Voorberig, _Die Voortrekkers_^2. + +[437] Oor Kestell se Hollandse werk kan vergelyk word Dr. G. Besselaar: +_Z.A. in de Letterkunde_. + +[438] In 1922 het die twede uitgebreide druk van _Christiaan de Wet_ +verskyn, te laat egter om hier nog bespreek te word. Die sitate is +volgens die eerste druk. + +[439] Des. 1918. + +[440] Kursivering van my. + +[441] Kursivering van my. + +[442] Vgl. hiermee: "Hulle was te ver vooruit, anders het hy 'n grote +voorraad ammuniesie kan opgelaai het wat op die trein was." (_C. de +Wet_, p. 82.) + +[443] Vgl. ook p. 61, 143. + +[444] Vgl. ook op p. 215 die sin wat so begint: "Hierop het Smuts aan +hom meegedeel...." + +[445] p. VII. Ek kursiveer. + +[446] t.a.p. vol. I, p. 1-2. + +[447] Vgl. Edwards and Hole: _A Handbook to the Literature of General +Biography_, p. 13-22. + +[448] _Encyclopaedia Britannica_, in die artiekel: Biography. + +[449] Edwards and Hole, t.a.p., p. 24-5. + +[450] Gesiteer deur James Boswell in sy _Life of Samuel Johnson_. Hy gee +daarby die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it always in the +most distinguished achievements that men's virtues or vices may be best +discerned; but very often an action of small note, a short saying, or a +jest, shall distinguish a person's real character more than the greatest +sieges, or the most important battles." Uitgawe Napier, I, p. 6. + +[451] _Rambler_, No. 60. + + + + +NAAMREGISTER. + + +Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier +opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met +kursiewe syfers aangedui. + +A. + +Aschenborn, Hans Anton, 269 + +B. + +Beyers, Generaal C.J., 292. + +Bezuidenhout, Daniel, 313. + +Biel, A. du, 58, _200-205_. + +Blok, Thos., 304-305 + +Boonzaaier, 121. + +Booysen, C.M., 205. + +Boshoff, J.N., 313. + +Boshoff-Liebenberg, Mevr. Lenie, 324. + +Boshoff, Dr. S.P.E., 292-293. + +Bosman, Sadie, 225-228. + +Brink, Melt, 2, 3, 197. + +Bruggen, J. van, 21, 23, 46, 47, _161-176_. + +Bruggen, J.R.L. van (Kleinjan), 47, 58. + +Brümmer, Ds. N.J., 14, 29, 32, 33, 43, 44. + +C. + +Cachet, Prof. Jan Lion, 231. + +Cillié, Dr. G., 12. + +Cillié, Hettie, 46-53. + +Celliers, Prof. J.F.E., 5, 7, 10, 11, 12, 15, 17, 22, 31, 47, _48-53_, +194, 207, 228, 285, 324. + +Conradie, Ds., 27. + +D. + +D'Arbez, Sien Oordt, J.F. van. + +Dómine, Sien Jacobs, A.J. + +Dugteren, C.J.L. Ruysch van, 55. + +E. + +Engela, J.G., 135-136. + +Engelbrecht, J.F., 55. + +Engelenburg, Dr. 277. + +Erasmus, D.J., 308. + +Euvrard, Chris. C, 158-159. + +F. + +Fagan, Adv. H.A., 36, 57, _181-183_. + +Fanie, Oom, Sien Malan, J.H. + +Fouché, Dr. Leo, 105. + +Fourie, Chris, 185. + +G. + +Gass, Van, 278. + +Gerdener, Ds. G.B.A., 305-307. + +Gieljam, Stoffel, Sien Langenhoven. + +Goldblatt, Sarah, 182. + +H. + +Hatting, J.H., 278. + +Heerden, Ds. J.P. van, 11. + +Heerden, Mevr. Iz. van (Tannie van die Brandwag), 46. + +Heerden, Iz. van, (Vaalswaer), 54. + +Heever, Adv. F. v.d., 60. + +Hermanus, 59. + +Hertzog, Genl., 6, 101. + +Hoffman, Pres., 304. + +Hofmeyr, J.H. (Onze Jan), 41, 313. + +Hofmeyr, Marjorie, 182. + +Hoogenhout, C.P., 209. + +J. + +Jacobs, A.J. Dómine, 270-273. + +Jansen-Pellissier, Mevr. M., 46, _205-209_. + +Jeppe, Carl, 55. + +Jordaan, G., 261. + +K. + +Kamp, Prof. J., 18. + +Keet, Prof. B.B., 36. + +Kestell, Ds. J.D., 17, _313-317_. + +Kleinjan, Sien Van Bruggen, J.R.L. + +Klerk, L.C., de 278. + +Koopmans-de Wet, Mevr. Maria, 41, 302. + +Kruger, Ds. J.H., 219-225. + +Kruger, Pres., 7, 23, 283. + +L. + +Langenhoven, Adv. C.J., 21, 24, 37, 38, 39, 40, _136-140_, _239-248_, +_249-259_, 277, _284_. + +Linde, M., 58. + +Leipoldt, Dr. C. Louis, 34, 58, _259-261_. + +Lombaard, H.S. 291. + +Lub, J., 21, _133-135_. + +M. + +Malan, Dr. D.F., 13, 31. + +Malan, Essie, 182. + +Malan, J.H., 21, 159, 160, _209-219_, _288-291_. + +Marais, Adv. Eugène, N., 47, 48, 60, 276. + +Marais, Prof. I.J., 16, 17. + +Maré, Léon, 23, 46, _188-197_. + +Maré, Steph, 55. + +Marius, 45. + +Malherbe, Dr. D.F., 43, 60, 94, _141-158_. + +Malherbe, Mevr. K., 60. + +Malherbe, Dr. W.M.R., 33, 45, 206. + +Maritz, Genl., 53, 293. + +Merwe, Dr. N.J. van der, 317-324. + +Meurant, L.H., 1. + +Mimmie, Nig., 54. + +Moorrees, Prof. A., 17. + +Muir, Dr., 177. + +Muller, Dr. T.B., _34-36_, 176. + +Munnik, Senator G.G., 311-313. + +N. + +Neelsie, Sagmoedige,--Sien Langenhoven. + +O. + +O'Kulis, Dr.,--Sien Postma, Ds. Willem + +Oldendorf, Helene, 182, 183. + +Oordt, J.F. van, 55. + +Oosthuyse, Marthinus, 313. + +Otto, G.J., 207, _228-229_. + +P. + +Pannevis, A., 1. + +Pienaar, A.A., (Sangiro), 23, 58, _262-269_, 293. + +Pienaar, Dr. E.C., 11, 29, 42, 57, 128, 137, 141, 287. + +Pierneef, 184. + +Plessis, L.J. du, 292. + +Postma, Rikie, 58, 182. + +Postma, Ds. Willem (Dr. O'Kulis), _231-233_, _300-304_. + +Preller, G.S., 5, 21, 24, 30, 31, 37, 42, 45, 46, 47, 137, 274, 275, +_276-288_. + +Pretorius, President, 276. + +R. + +Reitz, Pres. F.W., 2, 312. + +Reitz, Joubert, _159-161_, 210. + +Rey, Genl. de la, 276. + +Roubaix, E. de, 45, 46, _53-54_. + +Roux, Frina, 184. + +Rozenburg, Jan van, Sien Waal, Adv. de + +Reenen, Reenen J. van, 11, 23, 59, _183-188_, _234-239_. + +S. + +Sangiro, Sien Pienaar, A.A. + +Schoon, Ds. H.F., 278. + +Schumann, T., 182. + +Slypsteen, _230_. + +Smit, Erasmus, 278. + +Smith, J.A., 294-295. + +Smith, Prof. J.J., 1, 2, 15, 34, 36, 40, 55, 57, 176, 205. + +Smuts, Generaal Jan, 65, 100. + +Steenkamp, Anna, 278. + +Steyn, Dr. H.J., 11, 15. + +Steyn, President, 275, 313. + +Steytler, Ds. A.I., 40. + +Swart, C.R., 182. + +T. + +Tannie van die Brandwag, Sien Mevr. Iz. van Heerden. + +Theunissen, N.H., 59, 182. + +Toit, D.P. du, 24, _197-199_. + +Toit, Ds. S.J. du, 1, 2, 41, 197, 292, 297, 298, 300. + +Toit, Dr. J.D. du, (Totius), 16, 231, 232, _296-300_. + +Tomlinson, G.C., 36, 176-180. + +Totius, Sien Toit, J.D. du, + +Trichardt, Karl, 279. + +V. + +Vaalswaer, Sien Iz. van Heerden. + +Velden, D. van, 313. + +Veritas, 182. + +Viljoen, Dr. W.J., 210. + +Villiers, F.E. de, 182. + +W. + +Waal, Adv. J.H.H. de, 21, 24, 29, 30, 41, 42, 43, 47, _100-133_, 230, +285, 286, 300. + +Walt, A.J. van der, 307-311. + +Wessels. D.W., 182. + +Wet, Generaal De, 313. + +Wet. Mevr. De, 316. + +Wielligh, G.R. von, 28, _62-99_, 182, 183. + +Wijk, Eugène C. van, 182. + +Wolla, 229. + +Z. + +Zinn, Christian, 140-141. + + + + +STELLINGE. + + +I. + +Die aandeel van GUSTAV PRELLER in die Twede Afrikaanse Beweging word +deur Dr. E.C. PIENAAR in sy dissertasie oorskat. + +II. + +By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die +uitpluisery van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot +'n begrip van skoonheid. + +III. + + "Wanneer de schaduw valt, en dat het sterflijck Dal + Snachts vleughelen bespreet, zoo slaept den grooten Al, + De Son, in Thetis schoot, ..." + + _Pascha_, (739-41) + +Verklaar met DIFEREE, dat de schaduw des nachts de aarde met vleugelen +bespreidt en dat "den grooten Al" de zon is die 't alles verlicht, en +niet 't heelal zoals VAN LENNEP en UNGER menen. + +IV. + +In het geding tussen Dr. LEENDERTZ en Dr. STERCK of EUSEBIA, aan wie +VONDELS _Peter en Pauwels_ werd opgedragen, ANNA VAN DEN VONDEL of MARIA +TESSELSCHADE ROEMERS zou zijn, heeft Dr. STERCK gelijk. + +V. + +De bewering van JOHN MIDDLETON MURRY, dat JAMES BOSWELL een absolute +pionier op het pad der biografie was, is onjuist. + +VI. + +De mening van Dr. THEAL, dat JAN VAN RIEBEECK uit lage stand in +Kompanjiesdienst is opgeklommen kan niet als juist worden aanvaard. + +VII. + +"In sommige van sy liedjies en in 'n heel enkele reël ook, is daar +onmiskenbare bewys van ware poëtiese gevoel en digterlike uitdrukking. +Al wat mankeer is die handskaaf en die sandpapier." (Adv. E.N. MARAIS in +_Die Brandwag_, Maart 1920.) So 'n bewering is in stryd met die wese van +alle egte poësie. + +VIII. + +Gemeenskapskuns behoort nie as algemene leuse voorgeskryf te word nie. + + + Transcriber's notes: + + Gesperrt indicated by = + Date of death character transcribed as [oorlede] in text version. + Superscripted text indicated by ^ + Ons Kleintji standardised from Ons Klyntji, and Ons Klintji + + + + + + +End of the Project Gutenberg EBook of Die prosa van die twede Afrikaanse +beweging, by Pieter Cornelis Schoonees + +*** END OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE *** + +***** This file should be named 18203-8.txt or 18203-8.zip ***** +This and all associated files of various formats will be found in: + http://www.gutenberg.org/1/8/2/0/18203/ + +Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online +Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net + + +Updated editions will replace the previous one--the old editions +will be renamed. + +Creating the works from public domain print editions means that no +one owns a United States copyright in these works, so the Foundation +(and you!) can copy and distribute it in the United States without +permission and without paying copyright royalties. Special rules, +set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to +copying and distributing Project Gutenberg-tm electronic works to +protect the PROJECT GUTENBERG-tm concept and trademark. Project +Gutenberg is a registered trademark, and may not be used if you +charge for the eBooks, unless you receive specific permission. If you +do not charge anything for copies of this eBook, complying with the +rules is very easy. You may use this eBook for nearly any purpose +such as creation of derivative works, reports, performances and +research. They may be modified and printed and given away--you may do +practically ANYTHING with public domain eBooks. Redistribution is +subject to the trademark license, especially commercial +redistribution. + + + +*** START: FULL LICENSE *** + +THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE +PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK + +To protect the Project Gutenberg-tm mission of promoting the free +distribution of electronic works, by using or distributing this work +(or any other work associated in any way with the phrase "Project +Gutenberg"), you agree to comply with all the terms of the Full Project +Gutenberg-tm License (available with this file or online at +http://gutenberg.org/license). + + +Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg-tm +electronic works + +1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg-tm +electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to +and accept all the terms of this license and intellectual property +(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all +the terms of this agreement, you must cease using and return or destroy +all copies of Project Gutenberg-tm electronic works in your possession. +If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a Project +Gutenberg-tm electronic work and you do not agree to be bound by the +terms of this agreement, you may obtain a refund from the person or +entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8. + +1.B. "Project Gutenberg" is a registered trademark. It may only be +used on or associated in any way with an electronic work by people who +agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few +things that you can do with most Project Gutenberg-tm electronic works +even without complying with the full terms of this agreement. See +paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project +Gutenberg-tm electronic works if you follow the terms of this agreement +and help preserve free future access to Project Gutenberg-tm electronic +works. See paragraph 1.E below. + +1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation ("the Foundation" +or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project +Gutenberg-tm electronic works. Nearly all the individual works in the +collection are in the public domain in the United States. If an +individual work is in the public domain in the United States and you are +located in the United States, we do not claim a right to prevent you from +copying, distributing, performing, displaying or creating derivative +works based on the work as long as all references to Project Gutenberg +are removed. Of course, we hope that you will support the Project +Gutenberg-tm mission of promoting free access to electronic works by +freely sharing Project Gutenberg-tm works in compliance with the terms of +this agreement for keeping the Project Gutenberg-tm name associated with +the work. You can easily comply with the terms of this agreement by +keeping this work in the same format with its attached full Project +Gutenberg-tm License when you share it without charge with others. + +1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern +what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in +a constant state of change. If you are outside the United States, check +the laws of your country in addition to the terms of this agreement +before downloading, copying, displaying, performing, distributing or +creating derivative works based on this work or any other Project +Gutenberg-tm work. The Foundation makes no representations concerning +the copyright status of any work in any country outside the United +States. + +1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg: + +1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate +access to, the full Project Gutenberg-tm License must appear prominently +whenever any copy of a Project Gutenberg-tm work (any work on which the +phrase "Project Gutenberg" appears, or with which the phrase "Project +Gutenberg" is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, +copied or distributed: + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + +1.E.2. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is derived +from the public domain (does not contain a notice indicating that it is +posted with permission of the copyright holder), the work can be copied +and distributed to anyone in the United States without paying any fees +or charges. If you are redistributing or providing access to a work +with the phrase "Project Gutenberg" associated with or appearing on the +work, you must comply either with the requirements of paragraphs 1.E.1 +through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the +Project Gutenberg-tm trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or +1.E.9. + +1.E.3. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is posted +with the permission of the copyright holder, your use and distribution +must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional +terms imposed by the copyright holder. Additional terms will be linked +to the Project Gutenberg-tm License for all works posted with the +permission of the copyright holder found at the beginning of this work. + +1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg-tm +License terms from this work, or any files containing a part of this +work or any other work associated with Project Gutenberg-tm. + +1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this +electronic work, or any part of this electronic work, without +prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with +active links or immediate access to the full terms of the Project +Gutenberg-tm License. + +1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, +compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any +word processing or hypertext form. However, if you provide access to or +distribute copies of a Project Gutenberg-tm work in a format other than +"Plain Vanilla ASCII" or other format used in the official version +posted on the official Project Gutenberg-tm web site (www.gutenberg.org), +you must, at no additional cost, fee or expense to the user, provide a +copy, a means of exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon +request, of the work in its original "Plain Vanilla ASCII" or other +form. Any alternate format must include the full Project Gutenberg-tm +License as specified in paragraph 1.E.1. + +1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, +performing, copying or distributing any Project Gutenberg-tm works +unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9. + +1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing +access to or distributing Project Gutenberg-tm electronic works provided +that + +- You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from + the use of Project Gutenberg-tm works calculated using the method + you already use to calculate your applicable taxes. The fee is + owed to the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, but he + has agreed to donate royalties under this paragraph to the + Project Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments + must be paid within 60 days following each date on which you + prepare (or are legally required to prepare) your periodic tax + returns. Royalty payments should be clearly marked as such and + sent to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation at the + address specified in Section 4, "Information about donations to + the Project Gutenberg Literary Archive Foundation." + +- You provide a full refund of any money paid by a user who notifies + you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he + does not agree to the terms of the full Project Gutenberg-tm + License. You must require such a user to return or + destroy all copies of the works possessed in a physical medium + and discontinue all use of and all access to other copies of + Project Gutenberg-tm works. + +- You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any + money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the + electronic work is discovered and reported to you within 90 days + of receipt of the work. + +- You comply with all other terms of this agreement for free + distribution of Project Gutenberg-tm works. + +1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg-tm +electronic work or group of works on different terms than are set +forth in this agreement, you must obtain permission in writing from +both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and Michael +Hart, the owner of the Project Gutenberg-tm trademark. Contact the +Foundation as set forth in Section 3 below. + +1.F. + +1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable +effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread +public domain works in creating the Project Gutenberg-tm +collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm electronic +works, and the medium on which they may be stored, may contain +"Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or +corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual +property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a +computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by +your equipment. + +1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right +of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project +Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project +Gutenberg-tm electronic work under this agreement, disclaim all +liability to you for damages, costs and expenses, including legal +fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT +LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE +PROVIDED IN PARAGRAPH F3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE +TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE +LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR +INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH +DAMAGE. + +1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a +defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can +receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a +written explanation to the person you received the work from. If you +received the work on a physical medium, you must return the medium with +your written explanation. The person or entity that provided you with +the defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a +refund. If you received the work electronically, the person or entity +providing it to you may choose to give you a second opportunity to +receive the work electronically in lieu of a refund. If the second copy +is also defective, you may demand a refund in writing without further +opportunities to fix the problem. + +1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth +in paragraph 1.F.3, this work is provided to you 'AS-IS', WITH NO OTHER +WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO +WARRANTIES OF MERCHANTIBILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE. + +1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied +warranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. +If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the +law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be +interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by +the applicable state law. The invalidity or unenforceability of any +provision of this agreement shall not void the remaining provisions. + +1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the +trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone +providing copies of Project Gutenberg-tm electronic works in accordance +with this agreement, and any volunteers associated with the production, +promotion and distribution of Project Gutenberg-tm electronic works, +harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, +that arise directly or indirectly from any of the following which you do +or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg-tm +work, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any +Project Gutenberg-tm work, and (c) any Defect you cause. + + +Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm + +Project Gutenberg-tm is synonymous with the free distribution of +electronic works in formats readable by the widest variety of computers +including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists +because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from +people in all walks of life. + +Volunteers and financial support to provide volunteers with the +assistance they need, is critical to reaching Project Gutenberg-tm's +goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection will +remain freely available for generations to come. In 2001, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure +and permanent future for Project Gutenberg-tm and future generations. +To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation +and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 +and the Foundation web page at http://www.pglaf.org. + + +Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive +Foundation + +The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit +501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the +state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal +Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification +number is 64-6221541. Its 501(c)(3) letter is posted at +http://pglaf.org/fundraising. Contributions to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent +permitted by U.S. federal laws and your state's laws. + +The Foundation's principal office is located at 4557 Melan Dr. S. +Fairbanks, AK, 99712., but its volunteers and employees are scattered +throughout numerous locations. Its business office is located at +809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887, email +business@pglaf.org. Email contact links and up to date contact +information can be found at the Foundation's web site and official +page at http://pglaf.org + +For additional contact information: + Dr. Gregory B. Newby + Chief Executive and Director + gbnewby@pglaf.org + +Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation + +Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive without wide +spread public support and donations to carry out its mission of +increasing the number of public domain and licensed works that can be +freely distributed in machine readable form accessible by the widest +array of equipment including outdated equipment. Many small donations +($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt +status with the IRS. + +The Foundation is committed to complying with the laws regulating +charities and charitable donations in all 50 states of the United +States. Compliance requirements are not uniform and it takes a +considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up +with these requirements. We do not solicit donations in locations +where we have not received written confirmation of compliance. To +SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any +particular state visit http://pglaf.org + +While we cannot and do not solicit contributions from states where we +have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition +against accepting unsolicited donations from donors in such states who +approach us with offers to donate. + +International donations are gratefully accepted, but we cannot make +any statements concerning tax treatment of donations received from +outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff. + +Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation +methods and addresses. Donations are accepted in a number of other +ways including checks, online payments and credit card +donations. To donate, please visit: http://pglaf.org/donate + + +Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic +works. + +Professor Michael S. Hart is the originator of the Project Gutenberg-tm +concept of a library of electronic works that could be freely shared +with anyone. For thirty years, he produced and distributed Project +Gutenberg-tm eBooks with only a loose network of volunteer support. + +Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed +editions, all of which are confirmed as Public Domain in the U.S. +unless a copyright notice is included. Thus, we do not necessarily +keep eBooks in compliance with any particular paper edition. + +Most people start at our Web site which has the main PG search facility: + + http://www.gutenberg.org + +This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, +including how to make donations to the Project Gutenberg Literary +Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to +subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks. + +*** END: FULL LICENSE *** + diff --git a/18203-8.zip b/18203-8.zip Binary files differnew file mode 100644 index 0000000..877c7ec --- /dev/null +++ b/18203-8.zip diff --git a/18203-h.zip b/18203-h.zip Binary files differnew file mode 100644 index 0000000..39f1ba3 --- /dev/null +++ b/18203-h.zip diff --git a/18203-h/18203-h.htm b/18203-h/18203-h.htm new file mode 100644 index 0000000..55c1726 --- /dev/null +++ b/18203-h/18203-h.htm @@ -0,0 +1,12944 @@ +<!DOCTYPE html PUBLIC "-//W3C//DTD XHTML 1.0 Strict//EN" + "http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-strict.dtd"> + +<html xmlns="http://www.w3.org/1999/xhtml"> + <head> + <meta http-equiv="Content-Type" content="text/html;charset=iso-8859-1" /> + <title> + The Project Gutenberg eBook of Die Prosa Van Die Twede Afrikaanse Beweging, by Pieter Cornelis Schoonees + </title> + <style type="text/css"> +/*<![CDATA[ XML blockout */ +<!-- + p { margin-top: .75em; + text-align: justify; + margin-bottom: .75em; + } + h1,h2,h3,h4,h5,h6 { + text-align: center; /* all headings centered */ + clear: both; + } + hr { width: 33%; + margin-top: 2em; + margin-bottom: 2em; + margin-left: auto; + margin-right: auto; + clear: both; + } + + img {border: 0} + table {margin-left: auto; margin-right: auto;} + + body{margin-left: 10%; + margin-right: 10%; + } + + .pagenum { /* uncomment the next line for invisible page numbers */ + /* visibility: hidden; */ + position: absolute; + left: 92%; + font-size: smaller; + text-align: right; + } /* page numbers */ + + .linenum {position: absolute; top: auto; left: 4%;} /* poetry number */ + .blockquot{margin-left: 5%; margin-right: 10%;} + .sidenote {width: 20%; padding-bottom: .5em; padding-top: .5em; + padding-left: .5em; padding-right: .5em; margin-left: 1em; + float: right; clear: right; margin-top: 1em; + font-size: smaller; color: black; background: #eeeeee; border: dashed 1px;} + + .bb {border-bottom: solid 2px;} + .bl {border-left: solid 2px;} + .bt {border-top: solid 2px;} + .br {border-right: solid 2px;} + .bbox {border: solid 2px; padding-bottom: .5em; padding-top: .5em; + padding-left: .5em; padding-right: .5em;} + + .padding {padding-bottom: 2em; padding-top: 2em;} + .center {text-align: center;} + .right {text-align: right;} + .left {text-align: left;} + .smcap {font-variant: small-caps;} + .g {letter-spacing: 0.66ex; font-style: normal; } + .caption {font-weight: bold;} + + .figcenter {margin: auto; text-align: center;} + + .figleft {float: left; clear: left; margin-left: 0; margin-bottom: 1em; margin-top: + 1em; margin-right: 1em; padding: 0; text-align: center;} + + .figright {float: right; clear: right; margin-left: 1em; margin-bottom: 1em; + margin-top: 1em; margin-right: 0; padding: 0; text-align: center;} + ins.translit {text-decoration: none;} + .footnotes {border: dashed 1px;} + .footnote {margin-left: 10%; margin-right: 10%; font-size: 0.9em;} + .footnote .label {position: absolute; right: 84%; text-align: right; padding-right: 0.1em;} + .fnanchor {vertical-align: super; font-size: .8em; text-decoration: none;} + + .poem {margin-left:10%; margin-right:10%; text-align: left;} + .poem br {display: none;} + .poem .stanza {margin: 1em 0em 1em 0em;} + .poem span.i0 {display: block; margin-left: 0em; padding-left: 3em; text-indent: -3em;} + .poem span.i2 {display: block; margin-left: 2em; padding-left: 3em; text-indent: -3em;} + .poem span.i4 {display: block; margin-left: 4em; padding-left: 3em; text-indent: -3em;} + .poem span.i5 {display: block; margin-left: 5em; padding-left: 3em; text-indent: -3em;} + // --> + /* XML end ]]>*/ + </style> + </head> +<body> + + +<pre> + +The Project Gutenberg EBook of Die prosa van die twede Afrikaanse beweging, by +Pieter Cornelis Schoonees + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + + +Title: Die prosa van die twede Afrikaanse beweging + +Author: Pieter Cornelis Schoonees + +Release Date: April 18, 2006 [EBook #18203] + +Language: Afrikaans + +Character set encoding: ISO-8859-1 + +*** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE *** + + + + +Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online +Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net + + + + + + +</pre> + + + +<h1>DIE PROSA VAN DIE TWEDE<br /> +AFRIKAANSE BEWEGING.</h1> + +<div class='padding'> +<h3>AKADEMIES PROEFSCHRIFT</h3> +<p>TER VERKRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR IN DE +LETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN DE UNIVERSITEIT VAN AMSTERDAM, OP GEZAG VAN +DE RECTOR-MAGNIFICUS DR. P. ZEEMAN, HOOGLERAAR IN DE FAKULTEIT DER WIS- +EN NATUURKUNDE, IN HET OPENBAAR TE VERDEDIGEN IN DE AULA DER +UNIVERSITEIT OP VRIJDAG 17 NOVEMBER 1922, DES NAMIDDAGS TE 3 UUR</p> + +<p class='center'>DOOR</p> + +<h2>PIETER CORNELIS SCHOONEES,</h2> +<h3>GEBOREN TE UNIONDALE, ZUID-AFRIKA.</h3> +</div> + +<p class='center'>AMSTERDAM Drukkerij en Uitgeverij + MCMXXII<br /> +J.H. DE BUSSY.</p> + + + + + +<div class='padding'> +<p class='center'><i>Aan my vrou<br /> +en kinders</i>.</p></div> + + + +<hr style="width: 65%;" /> +<p><span class='pagenum'><a name="Page_vii" id="Page_vii">[Pg vii]</a></span></p> +<h2><a name="VOORWOORD" id="VOORWOORD"></a><i>VOORWOORD</i>.</h2> + + +<p><i>Wanneer ek van die laaste skof op die akademiese pad terugblik, dan is +dit my 'n aangename plig om die Here Hooglerare van die Fakulteit van +Lettere en Wysbegeerte te bedank vir die onderwys wat ek gedurende enige +jare kon ontvang. Besonderlik wil ek U, hooggeleerde <span class="smcap">Prinsen</span>, +my geagte promotor bedank vir u voortreflike leiding, waaraan my +dissertasie veel te danke het</i>.</p> + +<p><i>Ook aan U, hooggeleerde <span class="smcap">Boer, Brugmans</span> en <span class="smcap">Stoett</span> wens +ek my opregte dank uit te spreek vir die inleiding in die hoëre taal- en +historiese wetenskap. Die welwillende belangstelling wat U steeds in my +studie getoon het, sal altoos vir my 'n aangename herinnering wees. Aan +U, hooggeleerde <span class="smcap">Six, Swaen</span> en <span class="smcap">Scholte</span> betuig ek ook my +erkentelikheid</i>.</p> + +<p><i>Dat ek my proefskrif in my moedertaal kon skryf, is 'n voorreg wat ek +baie op prys stel</i>.</p> + +<p><i>Aan die hulpvaardigheid wat ek steeds by die Universiteits-Bibliotheek +en by die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Vereeniging ondervind het, is +ek veel verskuldig; ook aan die direksie van die Nederlandsche Bank van +Zuid-Afrika vir opestelling van hul argief</i>.</p> + +<p><i>Met opoffering van eie belange het die heer en mevrou <span class="smcap">Spier</span>, +die heer J. <span class="smcap">Ingwersen</span> Sr., mevrou <span class="smcap">Schaberg-Kemink</span> en +die famielie <span class="smcap">Nierkens</span> aan my en my gesin in die tyd van die +groot woningnood 'n rustige woon- en studeerplekkie gegee. Dat ons dit +ten hoogste waardeer, spreek vanself. Sonder die daadwerklike steun van +die Unie-regering en die Herman-Coster-Fonds sou ek my studie nie kon +voltooi het nie. Aan almal ons innige dank! Dié dank kom ook toe aan ons +Hollandse vriende, wat soveel gedoen het om ons verblyf hier te +veraangenaam deur hul gasvryheid en hul bereidwilligheid om ons steeds +met raad en daad by te staan. In die sonnige suide sal die glimlag van +hul vriendskap nie vergeet word nie!</i></p> + + + +<hr style="width: 65%;" /> +<h2><a name="INHOUD" id="INHOUD"></a>INHOUD.</h2> + +<div class='center'> +<table border="0" cellpadding="4" cellspacing="0" summary=""> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>VOORWOORD</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_vii">VII</a> </td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK I.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>DIE TWEDE AFRIKAANSE BEWEGING</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_1">1</a>-<a href="#Page_28">28</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. Historiese Inleiding (<a href="#Page_1">1</a>-<a href="#Page_4">4</a>). § 2. Teëstelling tussen +die Eerste en Twede Beweging: (<a href="#Page_4">4</a>-<a href="#Page_6">6</a>). § 3. Die Twede +Beweging veel meer dan Taalbeweging (<a href="#Page_6">6</a>-<a href="#Page_7">7</a>). §4. Gevaar +vir Isolasie (<a href="#Page_8">8</a>). § 5. Kultuur-toestande (<a href="#Page_8">8</a>-<a href="#Page_14">14</a>). § 6. +Kalvinisme en Kuns (<a href="#Page_14">14</a>-<a href="#Page_18">18</a>). § 7. Die Prosa.—Algemene +Karakteristiek (<a href="#Page_18">18</a>-<a href="#Page_25">25</a>). Krietiese Standpunt (<a href="#Page_25">25</a>-<a href="#Page_27">27</a>). +§ 9. Beperking van Onderwerp.—Indeling (<a href="#Page_27">27</a>-<a href="#Page_28">28</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK II.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>POLEMIESE PROSA</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_29">29</a>-<a href="#Page_40">40</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +<b>Adv. J.H.H. de Waal</b> (<a href="#Page_29">29</a>-<a href="#Page_30">30</a>). <b>G.S. Preller</b> (<a href="#Page_30">30</a>-<a href="#Page_31">31</a>). +<b>Dr. D.F. Malan</b> (<a href="#Page_31">31</a>-<a href="#Page_32">32</a>). <b>Prof. N.J. Brümmer</b> (<a href="#Page_32">32</a>-<a href="#Page_33">33</a>). +<i>Die Brandwag</i> (<a href="#Page_33">33</a>). <b>Prof. J.J. Smith</b> (<a href="#Page_34">34</a>). <b>Dr. T.B. +Muller</b> (<a href="#Page_34">34</a>-<a href="#Page_35">35</a>) <i>Ons Moedertaal</i> (<a href="#Page_36">36</a>). <b>Adv. C.J. +Langenhoven</b> (<a href="#Page_37">37</a>-<a href="#Page_40">40</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK III.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>PROSA UIT DIE TYDSKRIFTE</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_41">41</a>-<a href="#Page_61">61</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. (a) <i>De Goede Hoop</i> (<a href="#Page_41">41</a>-<a href="#Page_43">43</a>). <i>(b).</i> (<a href="#Page_43">43</a>-<a href="#Page_45">45</a>). § 2. +<i>Die Brandwag</i> (<a href="#Page_45">45</a>-<a href="#Page_55">55</a>). <b>Jan F.E. Celliers</b> (<a href="#Page_48">48</a>-<a href="#Page_53">53</a>). +<b>Hettie Cillié</b> en <b>E.H.F. de Roubaix</b> (<a href="#Page_53">53</a>-<a href="#Page_54">54</a>) <b>Iz. van +Heerden</b> (<a href="#Page_54">54</a>-<a href="#Page_55">55</a>). § 3. <i>Die Huisgenoot</i> (<a href="#Page_55">55</a>-<a href="#Page_60">60</a>). § 4. +Ander Tydskrifte (<a href="#Page_60">60</a>-<a href="#Page_61">61</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK IV.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>G.R. VON WIELLIGH</b>, "Die Laaste stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners"</td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_62">62</a>-<a href="#Page_99">99</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +Lewensskets (<a href="#Page_62">62</a>-<a href="#Page_63">63</a>). <i>Eerste Skrywers</i> (<a href="#Page_63">63</a>-<a href="#Page_66">66</a>). <i>Jakob</i> +<i>Platjie</i> (<a href="#Page_67">67</a>-<a href="#Page_71">71</a>). <i>Huis en Veld</i> (<a href="#Page_71">71</a>-<a href="#Page_74">74</a>). <i>Staan jou Man</i> +(<a href="#Page_75">75</a>-<a href="#Page_77">77</a>). <i>Boesman-Stories</i> (<a href="#Page_77">77</a>-<a href="#Page_82">82</a>). Styl en taal (<a href="#Page_82">82</a>-<a href="#Page_99">99</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK V.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>ROMANS, VERHALE EN SKETSE</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_100">100</a>-<a href="#Page_230">230</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. <b>Adv. J.H.H. de Waal</b>: Lewensskets en inhoud van sy +twee romans (<a href="#Page_100">100</a>-<a href="#Page_103">103</a>). Is <i>Joh. van Wyk</i> 'n historiese +roman? (<a href="#Page_104">104</a>-<a href="#Page_108">108</a>). De Waal se romans is intriegeromans +(<a href="#Page_109">109</a>-<a href="#Page_111">111</a>). Karaktertekening (<a href="#Page_112">112</a>-<a href="#Page_117">117</a>). Natuurbeskrywing +(<a href="#Page_118">118</a>-<a href="#Page_119">119</a>). Styl (<a href="#Page_119">119</a>-<a href="#Page_125">125</a>). Dialoog (<a href="#Page_126">126</a>). Anglisismes +(<a href="#Page_127">127</a>-<a href="#Page_130">130</a>). Taal (<a href="#Page_130">130</a>-<a href="#Page_132">132</a>). <i>Stompies</i> (<a href="#Page_132">132</a>-<a href="#Page_133">133</a>); +§ 2. <b>J. Lub</b> (<a href="#Page_133">133</a>-<a href="#Page_135">135</a>). § 3. <b>J.G. Engela</b> (<a href="#Page_135">135</a>-<a href="#Page_136">136</a>). +§ 4. <b>Adv. C.J. Langenhoven</b>: Lewensskets (<a href="#Page_136">136</a>-<a href="#Page_137">137</a>). +<i>Ons Weg deur die Wêreld</i> (II en III) (<a href="#Page_137">137</a>-<a href="#Page_140">140</a>). +§ 5. <b>Christian Zinn.</b> (<a href="#Page_140">140</a>-<a href="#Page_141">141</a>). § 6. <b>Dr. D.F. Malherbe</b>: +<i>Vergeet nie</i>, inhoud (<a href="#Page_141">141</a>-<a href="#Page_143">143</a>). Bettie se "offer" (<a href="#Page_143">143</a>-<a href="#Page_148">148</a>). +Karaktertekening (<a href="#Page_148">148</a>-<a href="#Page_150">150</a>). Gebrek aan objektiwiteit +(<a href="#Page_150">150</a>). Styl (<a href="#Page_151">151</a>-<a href="#Page_158">158</a>); § 7. <b>Mej. Chris. C. Euvrard</b> +(<a href="#Page_158">158</a>-<a href="#Page_159">159</a>). § 8. <b>Joubert Reitz</b> (<a href="#Page_159">159</a>-<a href="#Page_161">161</a>). § 9. <b>Jochem van +Bruggen</b>: Lewensskets (<a href="#Page_161">161</a>-<a href="#Page_162">162</a>). <i>Teleurgestel</i> (<a href="#Page_162">162</a>-<a href="#Page_171">171</a>). +<i>Op Veld en Rande</i> (<a href="#Page_171">171</a>-<a href="#Page_174">174</a>). <i>Ampie</i> (<a href="#Page_174">174</a>). <i>Die Burgemeester +van Slaplaagte</i> (<a href="#Page_174">174</a>-<a href="#Page_176">176</a>); § 10. <b>Gordon Tomlinson</b> +(<a href="#Page_176">176</a>-<a href="#Page_180">180</a>). § 11. <b>Adv. H.A. Fagan</b>: Lewensskets: +<i>Uit 'n Studente-Album</i> (<a href="#Page_181">181</a>-<a href="#Page_182">182</a>). <i>Uitgesogte Afrikaanse +Verhale</i> (<a href="#Page_182">182</a>-<a href="#Page_183">183</a>). § 12. <b>Reenen J. van Reenen</b>: Lewensskets; +<i>Celestine, Verborge Skatte</i> (<a href="#Page_183">183</a>-<a href="#Page_185">185</a>). <i>Die Lokaas</i> +(<a href="#Page_186">186</a>-<a href="#Page_188">188</a>). § 13. <b>Léon Maré</b>: <i>Die Nuwejaarsfees</i> +(<a href="#Page_188">188</a>-<a href="#Page_195">195</a>). <i>Ou Malkop</i> (<a href="#Page_195">195</a>-<a href="#Page_197">197</a>). § 14. <b>D.P. du Toit</b> +(<a href="#Page_197">197</a>-<a href="#Page_199">199</a>). § 15. <b>A. du Biel</b>: <i>Getrou</i> (<a href="#Page_199">199</a>-<a href="#Page_202">202</a>). <i>Die</i> +<i>Misdade van die Vaders</i> (<a href="#Page_202">202</a>-<a href="#Page_205">205</a>). § 16. <b>Mevr. M. +Jansen-Pellissier</b>: Lewensskets; <i>Die Veldblommetjie</i>; +Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (<a href="#Page_205">205</a>-<a href="#Page_207">207</a>). +Sedeprekery (<a href="#Page_207">207</a>-<a href="#Page_208">208</a>). Styl en taal (<a href="#Page_208">208</a>-<a href="#Page_209">209</a>). § 17. <b>J.H. +Malan</b>: Lewensskets (<a href="#Page_209">209</a>-<a href="#Page_210">210</a>). <i>Die Swerweling</i> as +historiese roman (<a href="#Page_210">210</a>-<a href="#Page_212">212</a>). Karaktertekening (<a href="#Page_212">212-14</a>). +Styl en taal (<a href="#Page_214">214</a>-<a href="#Page_219">219</a>). § 18. <b>Ds. J.H. Kruger</b>: Lewensskets +en inhoud van <i>Twee Rampe en twee Gelukke</i> +(<a href="#Page_219">219</a>-<a href="#Page_220">220</a>). Die kenmerke van goeie dialoog (<a href="#Page_220">220</a>). +Karaktertekening (<a href="#Page_220">220</a>-<a href="#Page_223">223</a>). Styl en taal (<a href="#Page_223">223</a>-<a href="#Page_225">225</a>). +§ 19. <b>Mej. Sadie Bosman</b> (<a href="#Page_225">225</a>-<a href="#Page_228">228</a>). § 20. <b>G.J. Otto</b> +(<a href="#Page_228">228</a>-<a href="#Page_229">229</a>). § 21. <b>Wolla</b> (<a href="#Page_229">229</a>). § 22. <b>Slypsteen</b> (<a href="#Page_230">230</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'>HOOFSTUK VI.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_231">231</a>-<a href="#Page_248">248</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. <b>Ds. Willem Postma</b> (<i>Dr. O'Kulis</i>): Lewensskets +(<a href="#Page_231">231</a>-<a href="#Page_232">232</a>). <i>Die Eselskakebeen</i> (<a href="#Page_232">232</a>-<a href="#Page_233">233</a>). § 2. <b>Reenen +J. van Reenen</b>: <i>Die Agterstevoortrekkers</i> (<a href="#Page_234">234</a>-<a href="#Page_239">239</a>). +§ 3. <b>Adv. C.J. Langenhoven</b> (<i>Sagmoedige Neelsie</i>): +<i>Sonde met die Bure</i> (<a href="#Page_239">239</a>-<a href="#Page_243">243</a>). <i>Doppers en Filistyne</i> +(<a href="#Page_243">243</a>-<a href="#Page_248">248</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK VII.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>DIDAKTIESE PROSA</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_249">249</a>-<a href="#Page_261">261</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. <b>Adv. C.J. Langenhoven</b>: <i>Ons Weg deur die</i> +<i>Wêreld</i> I, IV, VI, IX (<a href="#Page_249">249</a>-<a href="#Page_253">253</a>). <i>Aan Stille Waters</i>.—Langenhoven +se letterkundige opvattings (<a href="#Page_253">253</a>-<a href="#Page_259">259</a>). +§ 2. <b>Dr. C. Louis Leipoldt</b>: <i>Praatjies met die Oumense</i> +(<a href="#Page_259">259</a>-<a href="#Page_261">261</a>). § 3. <b>G. Jordaan</b> (<a href="#Page_261">261</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK VIII.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>DIEREBESKRYWING</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_262">262</a>-<a href="#Page_269">269</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. <b>A.A. Pienaar</b> (<i>Sangiro</i>): Lewensskets (<a href="#Page_262">262</a>-<a href="#Page_263">263</a>). +<i>Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld</i> (<a href="#Page_263">263</a>-<a href="#Page_269">269</a>). +<b>Hans Anton Aschenborn</b> (<a href="#Page_269">269</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK IX.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>REISBESKRYWING</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_270">270</a>-<a href="#Page_273">273</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. <b>A.J. Jacobs</b> (<i>Dómine</i>): <i>Reisavonture op Land en +See</i> (<a href="#Page_270">270</a>-<a href="#Page_273">273</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='center' colspan='2'>HOOFSTUK X.</td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>HISTORIESE PROSA</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_274">274</a>-<a href="#Page_325">325</a></td></tr> +<tr><td align='left'><p> +§ 1. Inleiding (<a href="#Page_274">274</a>-<a href="#Page_276">276</a>). § 2. <b>Gustav S. Preller</b>: +Lewensskets (<a href="#Page_276">276</a>-<a href="#Page_278">278</a>). <i>Voortrekkermense I</i> en <i>II</i> (<a href="#Page_278">278</a>). +<i>Dagboek van Louis Trigardt</i> (<a href="#Page_279">279</a>). <i>Piet Retief</i> (<a href="#Page_279">279</a>-<a href="#Page_282">282</a>). +<i>Kaptein Hindon</i> (<a href="#Page_282">282</a>-<a href="#Page_283">283</a>). <i>Baanbrekers</i> (<a href="#Page_283">283</a>). <i>Twee +Geskiedkundige Opstelle</i> (<a href="#Page_284">284</a>). <i>Genl. Botha</i> (<a href="#Page_284">284</a>-<a href="#Page_285">285</a>). Letterkundige +Opvattings (<a href="#Page_285">285</a>-<a href="#Page_288">288</a>). § 3. <b>J.H. Malan</b>: +<i>Boer en Barbaar</i> (<a href="#Page_288">288</a>-<a href="#Page_291">291</a>). § 4. <b>Dr. S.P.E. Boshoff</b>: +<i>Vaalrivier, Rebellie-Sketse</i> (<a href="#Page_292">292</a>-<a href="#Page_293">293</a>). § 5. <b>J.A. Smith</b>: +<i>Brit en Boer</i> (<a href="#Page_294">294</a>-<a href="#Page_295">295</a>). <i>Naar Bloedrivier en Paardekraal</i> +(<a href="#Page_295">295</a>). § 6. <b>Dr. J.D. du Toit</b> <i>(Totius)</i>: <i>Ds. S.J. du Toit in</i> +<i>Weg en Werk</i> (<a href="#Page_296">296</a>-<a href="#Page_300">300</a>). §7. <b>Ds. W. Postma</b> (<i>Dr. O'Kulis</i>): +<i>Doppers</i> (<a href="#Page_300">300</a>-<a href="#Page_301">301</a>). <i>Die Boervrou</i> (<a href="#Page_301">301</a>-<a href="#Page_304">304</a>). § 8. <b>Thos. +Blok</b>: <i>Grensboere</i> (<a href="#Page_304">304</a>). § 9. <b>Ds. G.B.A. Gerdener</b>: <i>Sarel</i> +<i>Cilliers</i> (<a href="#Page_305">305</a>-<a href="#Page_307">307</a>). § 10. <b>A.J. van der Walt</b>: Lewensskets +(<a href="#Page_307">307</a>). <i>Noordwaarts</i> (<a href="#Page_308">308</a>-<a href="#Page_310">310</a>). <i>Vastrappers I</i> +(<a href="#Page_310">310</a>-<a href="#Page_311">311</a>). § 11. <b>Senator G.G. Munnik</b>: <i>Kronieke van</i> +<i>Noordelike Transvaal</i> (<a href="#Page_311">311</a>-<a href="#Page_313">313</a>). § 12. <b>Ds. J.D. Kestell</b>: +Lewensskets (<a href="#Page_313">313</a>), <i>Die Voortrekkers</i> (<a href="#Page_314">314</a>-<a href="#Page_315">315</a>). <i>Christiaan</i> +<i>de Wet</i> (<a href="#Page_315">315</a>-<a href="#Page_317">317</a>). § 13. <b>Dr. N.J. van der Merwe</b>: +<i>Marthinus Theunis Steyn</i> (<a href="#Page_317">317</a>-<a href="#Page_324">324</a>). § 14. <b>Mevr. Lenie +Boshoff-Liebenberg</b>: <i>Moedersmart en Kinderleed</i> (<a href="#Page_324">324</a>-<a href="#Page_325">325</a>).</p></td></tr> +<tr><td align='left' colspan='2'><b>NAAMREGISTER</b></td><td align='left'>Bls. <a href="#Page_327">327</a>-<a href="#Page_330">330</a></td></tr> +</table></div> + + + +<hr style="width: 65%;" /> +<p><span class='pagenum'><a name="Page_1" id="Page_1">[Pg 1]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_I" id="HOOFSTUK_I"></a>HOOFSTUK I.</h2> + +<h3>Die Twede Afrikaanse Beweging.</h3> +<h3>§ 1. Historiese Inleiding.</h3> + +<p>Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, +die <i>Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het +onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke +Provincie</i> (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n <i>Engelsman</i> gewees, wat +allereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat +Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en +beter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die +skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H. +Meurant (1811-1892) was.<a name="FNanchor_1_1" id="FNanchor_1_1"></a><a href="#Footnote_1_1" class="fnanchor">[1]</a></p> + +<p>Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word +Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur +die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7 +September 1872 in <i>De Zuid-Afrikaan</i> 'n artiekel skryf oor <i>De Bijbel in +het Afrikaansch</i>, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus +1875 vaste vorm kry deur die oprigting van <i>Die Genootskap van Regte +Afrikaners</i>.<a name="FNanchor_2_2" id="FNanchor_2_2"></a><a href="#Footnote_2_2" class="fnanchor">[2]</a></p> + +<p>Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal- maar +ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers +behandel.<a name="FNanchor_3_3" id="FNanchor_3_3"></a><a href="#Footnote_3_3" class="fnanchor">[3]</a> Reeds vóór die <span class='pagenum'><a name="Page_2" id="Page_2">[Pg 2]</a></span> +anneksasie van die Transvaalse Republiek +(1877) het <i>Die Patriot</i> al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;<a name="FNanchor_4_4" id="FNanchor_4_4"></a><a href="#Footnote_4_4" class="fnanchor">[4]</a> +"en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die +patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n +oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die +digter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier môreskemer, +eendag."<a name="FNanchor_5_5" id="FNanchor_5_5"></a><a href="#Footnote_5_5" class="fnanchor">[5]</a> Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale +herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op +15 April 1881 verklaar <i>Die Patriot</i>: "Die Afrikaners, veral die jeug, +het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teën Engels, +en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Die +verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek +nou beskaam."<a name="FNanchor_6_6" id="FNanchor_6_6"></a><a href="#Footnote_6_6" class="fnanchor">[6]</a> Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die +volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel al +duidelike kieme te sien is.<a name="FNanchor_7_7" id="FNanchor_7_7"></a><a href="#Footnote_7_7" class="fnanchor">[7]</a></p> + +<p>Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. Die +Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die +volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die +on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslag +aan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die politieke <i>volte +face</i>—en gevolgelike onpopulariteit—van die persoon, die aan die spits +gestaan het van die beweging wat, in die oë van die publiek, +onafskeidelik aan hom verbonde was."<a name="FNanchor_8_8" id="FNanchor_8_8"></a><a href="#Footnote_8_8" class="fnanchor">[8]</a> Heeltemal dood was die +Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a. die +bloemlesing van Pres. F.W. Reitz, <i>Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte</i>, +asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juis +is die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy tyd 'n +kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel +nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns +as <span class='pagenum'><a name="Page_3" id="Page_3">[Pg 3]</a></span> +onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se +optree—al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie—een +van die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse +skryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan +'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers +begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (<i>Die Huisgenoot</i> Mei +1922.)</p> + +<p>Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die +Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse +Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895 +maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en +1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller +(was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom +het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld.... +Waar hul vroeër, teenoor die naturelle, hul <i>stam</i>verwantskap gevoel +had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een +<i>nasie</i> is.... In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard +het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die +dood die lewe gevoed. Die puinhope van die twee Republieke het die +vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die +Kaap tot in Kongoland, en van Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"<a name="FNanchor_9_9" id="FNanchor_9_9"></a><a href="#Footnote_9_9" class="fnanchor">[9]</a> +"In die oorlogsjare.... is die vaderlandsliefde in lewendige ligte +uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die vreemde kom besinning en inkeer +tot menige Afrikaner. En na Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer, +en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die geheue drup."<a name="FNanchor_10_10" id="FNanchor_10_10"></a><a href="#Footnote_10_10" class="fnanchor">[10]</a></p> + +<p>Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê:</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i5">If a state submit<br /></span> +</div><div class="stanza"> +<span class="i0">"At once, she may be blotted out at once<br /></span> +<span class="i0">And swallowed in the Conqueror's chronicle.<br /></span> +<span class="i0">But in wars of freedom and defence<br /></span> +<span class="i0">The glory and grief of battle won or lost<br /></span> +<span class='pagenum'><a name="Page_4" id="Page_4">[Pg 4]</a></span> +<span class="i0">Solders a race together—yea—tho' they fail,<br /></span> +<span class="i0">The names of those who fought and fell are like<br /></span> +<span class="i0">A banked up fire that flashes out again<br /></span> +<span class="i0">From century to century, and at last<br /></span> +<span class="i0">May lead them on to victory,—I hope so—<br /></span> +<span class="i0">Like phantoms of the Gods."<br /></span> +</div></div> + +<p>Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur +'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in +die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit +egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken +word.<a name="FNanchor_11_11" id="FNanchor_11_11"></a><a href="#Footnote_11_11" class="fnanchor">[11]</a></p> + + +<h3>§ 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging.</h3> + +<p>Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar +dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry +en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken. +Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal +te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien +hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die hele +beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van een +talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling waarop +die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer verskil van +politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar gelukkig het +die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyf of meer +renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie.</p> + +<p>Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende +persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die +gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die +maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat +'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die neëntiende +eeu allermins te verwagte was. Aan <span class='pagenum'><a name="Page_5" id="Page_5">[Pg 5]</a></span> +die Kaap het wel betreklike rus +geheers, maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem +alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die +Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die +insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die +land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van +die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse +elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en +kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in +Zuid-Afrika een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig +van karakter, dat men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de +wedergade zal vinden."<a name="FNanchor_12_12" id="FNanchor_12_12"></a><a href="#Footnote_12_12" class="fnanchor">[12]</a> In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie +opbloei nie. Daar was geen tyd vir rustige besinning nie en die vinnige +loop van die gebeurtenisse het alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik +gemaak. Voeg ons daarby nog die stryd op taalgebied en die gebrekkige +eenheidsbesef, dan hoef dit niemand te verbaas nie, dat die +kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters alleen voortrekkerswerk +kon verrig.</p> + +<p>Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk +kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike +wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die +geskiedenis van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige +vooruitgang, wat sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo +toeneem. Die "nou-rym-ons-lekker"-periode<a name="FNanchor_13_13" id="FNanchor_13_13"></a><a href="#Footnote_13_13" class="fnanchor">[13]</a>, waarin iedereen, van +Generaal Joubert af tot die skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar +gedraai het, was verby en al dadelik word op die ernstige strewe van die +Twede Beweging nadruk gelê. In 1906 sê Preller al: "Afrikaans het tot +hiertoe groteliks gedien als 'n soort van trog, om al die o'erloop +vulgariteit van die nasie op te vang";<a name="FNanchor_14_14" id="FNanchor_14_14"></a><a href="#Footnote_14_14" class="fnanchor">[14]</a> en Jan Celliers verklaar in +sy brosjure, <i>Doel van Ons Tydskrif</i>: "As ons let op wat in hoofsaak tot +nog toe gelewer is in die Afrikaanse <span class='pagenum'><a name="Page_6" id="Page_6">[Pg 6]</a></span> +taal ... dan kan dit ons nie +verwonder nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik +om mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel +erken moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie +werk is, is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis +word.... Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die +sterkste geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees +vir ons om die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees <i>om +hom in te lei tot hoëre dinge</i>."<a name="FNanchor_15_15" id="FNanchor_15_15"></a><a href="#Footnote_15_15" class="fnanchor">[15]</a></p> + + +<h3>§ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging.</h3> + +<p>In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al +gou blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van <i>Die Patriot</i> +nie uitsluitend 'n <i>taal</i>beweging is nie. Generaal Hertzog begroet <i>Die +Brandwag</i> as volg in die eerste nommer: "Het Afrikaanse volk ontwaakt +tot het gevoel van mannelik eigen kracht, eigen waarde en zelfrespekt, +verlangt zichzelf te zijn.... Te lang reeds is 't volk begocheld +geworden door de luister van vreemde reklame en bedrogen geworden door +'t hooghartige ener aangematigde uitheemse meerderheid. Evenals op +industrieel en maatschappelik gebied, zo ook op intellektueel gebied +willen wij onszelven zijn. Wij willen zijn zoals <i>wij</i> zijn en niet +zoals <i>anderen</i> zijn...." En al gaandeweg groei die besef, dat die +grondslag van alle beskawing is die ontwikkeling van die hele volk +volgens die noodwendigheid van sy eie siel en sy eie geaardheid. "Ons +praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk vir 'n Afrikaanse +toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die erkenning van ons eie +taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die vadere aan ons +nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n volk van +ander volke onderskei.... <span class='pagenum'><a name="Page_7" id="Page_7">[Pg 7]</a></span> +Die skokkende gebeurtenisse van die laaste +twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef dat +hul lede is van 'n Afrikaanse volk—'n volk met eie tradiesies en sedes +en gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die +aarde."<a name="FNanchor_16_16" id="FNanchor_16_16"></a><a href="#Footnote_16_16" class="fnanchor">[16]</a></p> + +<p>Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid. Daar +word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook pogings +aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n Teken van die +kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat met liefdevolle +ywer gewerk word om die geestelike erfgoedere van die voorvaders teen +verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op kultuurgebied is die leuse +orals: "oneigene, ik late u, ... gaat reizen!" Die laaste boodskap van +President Kruger, waarin hy die volk aanspoor om uit die verlede te neem +wat goed is en daarop voort te bou vir die toekoms het in goeie aarde +geval. 'n Eensydige betragting van die mooi leuse lewer egter groot +gevaar op. Die strewe na 'n eg-Afrikaanse kultuur mag nie lei tot 'n +skrikkerige afwering van alle vreemde invloede nie. Geskiedenis beteken +juis verandering, en as ons vandag probeer om 'n beskawing te ontwikkel +uitsluitend uit wat ons as goed Afrikaans in die verlede voorkom, dan +moet dit op mislukking uitloop. Hoe hoog ons ook al die tradiesies van +die voorgeslag skat, ons moet nie vergeet nie, dat ons tans voor ander +probleme as ons voorvaders staan. Jan Celliers het in 1913 al gewys op +die onmoontlikheid van isolasie: "Die dag sal nog kom dat Suid-Afrika +net soos enige beskaafde land gelyk-op sal deelneem aan die wêreld se +beweginge en worstelinge op geestelik gebied, aan die wêreld se +vergaderde kennis. Die idee, wat sommige mense nog koester, om van S.A. +'n soort alleenstaande Israel te maak—bang en wars van uitlandse +inmenging en invloede—is 'n droombeeld wat met die dag reeds vaer +word."<a name="FNanchor_17_17" id="FNanchor_17_17"></a><a href="#Footnote_17_17" class="fnanchor">[17]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_8" id="Page_8">[Pg 8]</a></span></p> +<h3>§ 4. Gevaar vir Isolasie.</h3> + +<p>Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerige angsvalligheid alle +buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n benoude, +stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer Afrikaanse kuns +te kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet maar aansukkel op +ons eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad anders is as in die +ouere kultuur-lande. Dat hierdie rigting totaal verkeerd is, word al +dadelik bewys deur die feit, dat ons beste kunstenaars juis onder die +inwerking van buitelandse invloede hul skoonste werk geskep het. Die +egte kunstenaar laat hom nie verbaster deur 'n vreemde kultuur nie. Hy +ontleen daaraan wat vir die volle ontplooiing van sy gees diensbaar is, +en vervorm en verwerk die vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer +nasionale kunswerk. 'n Volk wat nie sy man kan staan teenoor vreemde +invloede nie, gaan te gronde en so ook die kunstenaar. Maar met reg kan +ons van hom eis, dat hy ons blik sal verruim en ons in intieme aanraking +bring met die kuns ook van ander lande. Isolering op letterkundige +gebied sou beteken opdroging, sou aanleiding gee tot 'n eindelose +herkouery. Laat ons kunstenaars dus gerus van alle oorde hul gees +verryk. As hul mans genoeg is, sal hul selfstandigheid niks daaronder ly +nie en ons kuns sy nasionale stempel behou. In elk geval geen Chinese +muur rondom Suid-Afrika nie!</p> + + +<h3>§ 5. Kultuur-toestande.</h3> + +<p>Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n +waaragtige diep-wortelende kultuur is. Maar so 'n kultuur is in elk +geval in wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon- en +beeldhoukuns maak al ons harte bly. Wie dan nog let op die wondere +ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat daar +inwendige kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog grootser +skoonheid <span class='pagenum'><a name="Page_9" id="Page_9">[Pg 9]</a></span> +sal lei. Ook by ons wag die jeug "het hoofd vol duistere +glories en de handen bevend van voorgevoel."<a name="FNanchor_18_18" id="FNanchor_18_18"></a><a href="#Footnote_18_18" class="fnanchor">[18]</a></p> + +<p>"Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de +dichters, waar zij muziek gaande maken en gezongen worden; of waar zij, +vanaf het tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters, +die een volk, aan zichzelf ontdekt, één maken."<a name="FNanchor_19_19" id="FNanchor_19_19"></a><a href="#Footnote_19_19" class="fnanchor">[19]</a> So het ook ons +digters die dinge, wat daar roer en woel in die hart van die nasie, +vertolk en die solidariteitsgevoel versterk, terwyl die prosaïste ons +gevoel van nasionale eiewaarde verhoog het deur die skildering van +grootse dade uit die wordingstydperk van die volk.</p> + +<p>Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk, wat +nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale +kultuur. Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n +egalige en natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot +gedeelte van die volk—miskien kan die werklike toestand benader word +deur te sê die helfte—leef nog voort in byna volslae onkunde van die +kultuuropenbaring, wat orals om hul opbloei. By so 'n besondere +gebeurtenis as 'n Dingaansviering b.v. merk hul wel dat daar 'n roering +is, maar die dieper betekenis van die kultuurbeweging bly onbegrepe, +omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling die orgaan daarvoor mis.</p> + +<p>'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye +is die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage +agterlikes het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde. +Daaraan moet toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende +elemente in ons kuns.</p> + +<p>Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as een +versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan van +dowwe verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te laat +kry in die intellektuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie word nie +verspil op debatte van die: <span class='pagenum'><a name="Page_10" id="Page_10">[Pg 10]</a></span> +"Wat is sterker: vuur of water"-tiepe nie? +As 'n mens so maand na maand die notule van baie vereniginge, (gelukkig +nie almal nie) deurlees, dan kan jy jou verbaas oor die deurtrapte +advokate-listigheid, wat aan een of ander beuselagtige onderwerp bestee +word, en die geesdriftige koppigheid waarmee die kwessie eindelik +uitgebaklei word. Triomfantelik word dan die uitslag aan die pers +meegedeel, asof dit 'n belangrike probleem is, wat nou vergoed opgelos +is! Op baie plekke is daar gelukkig mense wat leiding kan gee, en daar +bereik die vereniging of lees- en studie-sirkel dan ook sy doel, maar +dit is 'n feit dat meer as een persoon, met behulp van 'n bietjie +gladheid van tong 'n posiesie inneem, waartoe sy geestelike ontwikkeling +hom geen reg gee nie. Op die manier kry ons kunsdespote in +onderbaadjie-sakformaat, wat, ondanks hul goeie bedoelinge, remmend werk +op die ontwikkeling van 'n algemene kunsbegrip en die opbruisende +energie van die jong mense op niksbeduidende sakies laat verflenter.</p> + +<p>Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die +wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike +goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende +skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel +te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik +geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue +rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het +vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n +geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering +alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word +deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na skoonheid +in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kultuur.</p> + +<p>As dit waar is dat die materiële posiesie van die kunstenaar 'n simptoom +is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een inspirerende +voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur van 'n +regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting van <span class='pagenum'><a name="Page_11" id="Page_11">[Pg 11]</a></span> +algemene +waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en onmisbaarheid van +kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat die gemeenskap belang +stel in ideële goedere. Die suksesvolle reise van Lauwerijs en +Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.<a name="FNanchor_20_20" id="FNanchor_20_20"></a><a href="#Footnote_20_20" class="fnanchor">[20]</a> Naas al die +tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie opgesom<a name="FNanchor_21_21" id="FNanchor_21_21"></a><a href="#Footnote_21_21" class="fnanchor">[21]</a> +kan nog gewys word op die oprigting van die <i>Tydskrif vir Wetenskap en +Kuns</i> in Bloemfontein (1922).</p> + +<p>Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as +daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die +volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar +Dr. H.J. Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te +min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom +meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke +idealiste.... Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n +verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde +vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir +resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie."<a name="FNanchor_22_22" id="FNanchor_22_22"></a><a href="#Footnote_22_22" class="fnanchor">[22]</a> Die +skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by die +meeste van ons, die bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste +smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die +beoordeling van skilderye."<a name="FNanchor_23_23" id="FNanchor_23_23"></a><a href="#Footnote_23_23" class="fnanchor">[23]</a></p> + +<p>Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my soveel +per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (<i>Die +Huisgenoot</i>, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die +geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van <i>Ons Land</i>, 1919, +beveel Ds. J.P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel: +<i>De Dronkenschap van Dokter Dirkse</i>, waarin alle woorde met die letter +<i>d</i> begin. Dat <span class='pagenum'><a name="Page_12" id="Page_12">[Pg 12]</a></span> +dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, +blyk uit die volgende: "De drank doet duizenden dwaasheden. Daarom +drinkers, die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. Doorziet +daardoor de dwaasheid der dronkenschap, de droevige doodslag der +drankzuchtigen. Doodt dus dadelik, doch degelik de drankduivel. Doet dus +de drankduivel deerlik delgen...." Sedelike oorwegings het sy eerwaarde +hier inderdaad 'n "droevige doodslag" op die kuns laat pleeg! Dat so 'n +rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon word, is 'n aanduiding +dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig is. Ook die opvoering +van so 'n kykspel as die <i>Medea</i> van Jan Vos op Pretoria<a name="FNanchor_24_24" id="FNanchor_24_24"></a><a href="#Footnote_24_24" class="fnanchor">[24]</a> deur die +"Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken.</p> + +<p>Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, +wat seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die +mense wat so los in hul skoene staan—en wat hulself tog vir erg beskaaf +hou—tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos +<i>Tit-bits</i> en die <i>Strand Magazine</i>."<a name="FNanchor_25_25" id="FNanchor_25_25"></a><a href="#Footnote_25_25" class="fnanchor">[25]</a> En veel uit die volgende, wat +in 1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: "As ons let op wat tot nog +toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ... +gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese—die +soort soos Captain Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig +hou met die growwe feite van die lewe—nog altyd die meeste in die smaak +val.... In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie—ons hele +bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en alledaags. +Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld daarbuite al +moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie."<a name="FNanchor_26_26" id="FNanchor_26_26"></a><a href="#Footnote_26_26" class="fnanchor">[26]</a></p> + +<p>Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kultuur +"oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie, +dis geleen. Ons <span class='pagenum'><a name="Page_13" id="Page_13">[Pg 13]</a></span> +sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ... +As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes, +dan praat ons so ongemerk ... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: "Op +die gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral +ons taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied +het ons waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter +ontwikkelingsproses deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die +tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n +groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons met verbasing en blydskap +vervul."<a name="FNanchor_27_27" id="FNanchor_27_27"></a><a href="#Footnote_27_27" class="fnanchor">[27]</a></p> + +<p>Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op +het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die +verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het +feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat ons +volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik +bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is.... +Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen—het Hollandse, +het Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van Midden-Europa, +die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de natuurlike +erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en +Romeinen."<a name="FNanchor_28_28" id="FNanchor_28_28"></a><a href="#Footnote_28_28" class="fnanchor">[28]</a></p> + +<p>Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat van +'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste +druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste +musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy +eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe +primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die +toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur.... Ons +volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om +hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie +skilderstukke nie."<a name="FNanchor_29_29" id="FNanchor_29_29"></a><a href="#Footnote_29_29" class="fnanchor">[29]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_14" id="Page_14">[Pg 14]</a></span> +By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word +op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse +letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit +geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers +soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, òf totaal onbekend, of +nog alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg +het dan ook die Akademie daarteen protes aangeteken<a name="FNanchor_30_30" id="FNanchor_30_30"></a><a href="#Footnote_30_30" class="fnanchor">[30]</a> en in die laaste +jare kom ook hierin verbetering.</p> + + +<h3>§ 6. Kalvinisme en Kuns.</h3> + +<p>'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner +volk Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen +zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n +opvoeren van <i>Hamlet</i> zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J. +Brümmer.<a name="FNanchor_31_31" id="FNanchor_31_31"></a><a href="#Footnote_31_31" class="fnanchor">[31]</a> "Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op +'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die +"teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was "'n school voor de +beoefening van de deugd der onderworpenheid, ... was genoeg om de +Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de +weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder ons volk +op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking +wees, maar laat ons veral die somber stemming nie oordryf nie. "Om den +wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden +lach doen spelen", sê Dr. Kuyper.<a name="FNanchor_32_32" id="FNanchor_32_32"></a><a href="#Footnote_32_32" class="fnanchor">[32]</a> Dit was by ons nie nodig nie, want +'n guitige humor is juis een van die kenmerke van die Afrikaner volk. En +in die "meedogenloze" natuur van Suid-Afrika is die stralende son tog +steeds 'n simbool van blyheid gewees, wat ons uit die bedompige huise +gelok 't na jag- en veldvermaak.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_15" id="Page_15">[Pg 15]</a></span> +Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog +veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om +die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook +al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n +agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te +toon wat 'n voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die +Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, +want as afstammeling van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die +idee vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van +die afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse +kerkvensters mee te versier."<a name="FNanchor_33_33" id="FNanchor_33_33"></a><a href="#Footnote_33_33" class="fnanchor">[33]</a></p> + +<p>Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling +gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes +bevorder.<a name="FNanchor_34_34" id="FNanchor_34_34"></a><a href="#Footnote_34_34" class="fnanchor">[34]</a> "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n +voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand +verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante ten gunste +van die voorstel was. In <i>Die Banier</i> (Des. 1921) bepleit Dr. H.J. Steyn +die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die tyd is verby +om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse +toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons +nasionale gevoelslewe."<a name="FNanchor_35_35" id="FNanchor_35_35"></a><a href="#Footnote_35_35" class="fnanchor">[35]</a> In die taalstryd het die liefhebbery-toneel +uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar geselskappe, wat groot +gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in 1910 al: "Dis op ander +plekke ook duidelik gebleke dat die toneel 'n magtige middel kan wees +tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n spieël voor te hou van sy +drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel boesem eerbied en liefde +in vir die landstaal. In ons land, veral, waar so min gelees word, kan +die toneel 'n groot rol speel ..."<a name="FNanchor_36_36" id="FNanchor_36_36"></a><a href="#Footnote_36_36" class="fnanchor">[36]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_16" id="Page_16">[Pg 16]</a></span> +Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse +letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag +<i>De Dichter als Ziener</i> sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige +tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters +betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen +aan dat ideëel-zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet +hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige wereld." (II p. 57). Ter +stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire, <i>Kunst- en Levensbeelden</i>. +Van <i>l'art pour l'art</i> wil Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy +Prof. Woltjer aan: "Het begin en einde van alle poëzie is de ere Gods in +het woord Hem toegebracht uit en door zijn schepsel".</p> + +<p>In 1912 spreek Dr. I.J. Marais (✝ 1919) sy professorale banvloek +uit oor "De Nieuwere Richting in de Nederlandse Letterkunde",<a name="FNanchor_37_37" id="FNanchor_37_37"></a><a href="#Footnote_37_37" class="fnanchor">[37]</a> +waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij verheerliken de kunst; +zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden, vaak door geen mens +verstaan ..." Beets, Da Costa, Van Lennep, Bosboom-Toussaint, +Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet—die noem hy almal "sterren van +de eerste rang"! "Met hun heengaan nam de middelmatigheid bezit van het +terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om manne soos Vosmaer en Jan ten +Brink die les te lees word genoem "verwaandheid, die alle perken te +buiten gaat". En dan volg die uitspraak: "De <i>Opstellen</i> van Van +Deyssel, de <i>Letterkunde</i> van Kloos, de <i>Studies</i> van Van Eeden zijn +geen letterkunde die veredelt." Veral die wêreldbeskouing van die +Tagtigers prikkel tot teëspraak. "Het <i>èsthetiese</i> neemt de plaats in +van het <i>etiese</i>. Het schone wordt verheerlikt tegenover het goede en +het ware, en het heilige." Steunende op Taco de Beer en Ds. Hulsman word +die wêreldbeskouing dan veroordeel. Johan de Meester en Vermeylen val +onder die skrywers "van mindere rang" en alleen enkele sonnette van Perk +vind genade. En eindelik kom die volgende sug van verligting: "Goddank +dat onze Zuid-Afrikaanse <span class='pagenum'><a name="Page_17" id="Page_17">[Pg 17]</a></span> +schrijvers ons een andere weg hebben +aangewezen ... Couperus, Van Eeden, Van Deyssel en anderen kiezen wij +niet tot model in Z.A. Daartegen waarschuwen wij ..." Prof. A. Moorrees +breek 'n lansie vir Bilderdijk in sy dankwoord en prys die kritiek van +Beets teenoor die "van sommige latere kritici, wier kritiek grotendeels +schijnt te bestaan uit geïdealiseerde viswijventaal."<a name="FNanchor_38_38" id="FNanchor_38_38"></a><a href="#Footnote_38_38" class="fnanchor">[38]</a> Ook Ds. J.D. +Kestell verklaar dat "ondanks de moderne neiging om de schrijvers van +1880 te volgen, men zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n +oudere generatie, en inzonderheid aan Beets."<a name="FNanchor_39_39" id="FNanchor_39_39"></a><a href="#Footnote_39_39" class="fnanchor">[39]</a></p> + +<p>As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis. +Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van +Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees +geleer om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te +waarderen"<a name="FNanchor_40_40" id="FNanchor_40_40"></a><a href="#Footnote_40_40" class="fnanchor">[40]</a> en weier om 'n metode te volg, wat die meeste egte +kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot +sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o.a. onder "de +sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipiële voorligting by die +moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n +Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n +veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog mense +wat glo dat kristelike beginsels teenoor <i>egte</i> kuns nooit vyandig hoef +te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor <i>Kuns en +Sedelikheid</i> nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: "Ons +opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer +verwaarloos.... Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou +(nie), wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van +verbode vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom"? (<i>Die +Huisgenoot</i> Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die +voetpaadjie van ons Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale +grootpad, word dit 'n aktuële kwessie.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_18" id="Page_18">[Pg 18]</a></span> +Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en +S.A. goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne ziel +bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht. +Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de <i>traditionele</i> paden +... En op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn +vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit +gebied.... We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik +naïef. En aan onze <i>kunst</i> komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep +onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds +kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen +hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat +grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags +Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij +<i>weten</i>, en <i>gewaarschuwd zijn</i>, en niet overrompeld worden."<a name="FNanchor_41_41" id="FNanchor_41_41"></a><a href="#Footnote_41_41" class="fnanchor">[41]</a></p> + +<p>Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling +wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige +vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om +vastigheid te gee op stylgebied.</p> + + +<h3>§ 7. Die Prosa.—Algemene Karakteristiek.</h3> + +<p>In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die +Afrikaanse Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante +elemente—en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n +weerspieëling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer +het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd—'n stryd wat +feitlik elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande +taalkwessies, waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou +bekommer nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons +volksbestaan, vir ons volkseenheid. "Ons jong Afrikaanse taal <i>moet</i> win +en <i>sal</i> win", is die vlammende <span class='pagenum'><a name="Page_19" id="Page_19">[Pg 19]</a></span> +passiekreet van die herlewende volk; +en, eweas die manne van die Pleïade in Frankryk, verdedig ons +kunstenaars met heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan +'n lang periode van geestelike knegskap beëindig word; vol van die +besielende weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen +die wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan +ons op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar +seker sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders +blink in die skittering van 'n nuwe son.</p> + +<p>Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n +rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak. +Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog +alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in +die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter +van fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die +teenstanders: "Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend gewerk +en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur kan +ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende skoonheid +wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die uitdagende +houding van die voorstanders van Hollands, wat hul steeds beroep het op +'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van durf. In jeugdige +oormoed het ons aan skrywe gegaan—nie altyd omdat hier binne ons 'n +magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking gedwing 't nie, maar +ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar jaar +het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat in +die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek +dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd +verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in +Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding +meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs +op die pers gekom 't.</p> + +<p>Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die +manbaarheid van 'n jong taal—net <span class='pagenum'><a name="Page_20" id="Page_20">[Pg 20]</a></span> +so min as wat die goue erepennings +van die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte poësie +uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike +onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die "begenadigde +eenling" eenvoudig <i>moet</i> gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n +letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit +iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om +met rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy +daarin die fynste roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings +kan verklank.</p> + +<p>Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op +hol bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die +waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale +letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees. +Maar nie in één nag sal daar 'n katedraal uit die velde opdoem nie, soos +Albert Verwey êrens sê. Die waardelose ou timmerasie het ons omgesmyt, +die wanordelike periode van die afbrekery het ons deurgemaak, maar die +tyd is nou ryp om ernstig en rustig te bou aan die nuwe lewende kuns. Ná +die omwenteling <i>moet</i> en sal daar iets groots kom—maar as vanself.</p> + +<p>Naas die militante element is daar, soos reeds by die beskouing van die +kultuurtoestande opgemerk, 'n sterk didakties-moraliserende +stroming.<a name="FNanchor_42_42" id="FNanchor_42_42"></a><a href="#Footnote_42_42" class="fnanchor">[42]</a> Die toenemende sedebederf, "wat saam met 'n +bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het"<a name="FNanchor_43_43" id="FNanchor_43_43"></a><a href="#Footnote_43_43" class="fnanchor">[43]</a> laat meer as een skrywer 'n +preektoon aanslaan of traktaatjies in verhaalvorm skryf.</p> + +<p>Die kunstenaar wat ons 'n didaktiese roman in goeie sin kan gee ontbreek +nog. Carel Scharten sê tereg: "Het (is) ongetwijfeld mógelijk, dat ... +een strekking, mits tot een bezielenden hartstocht gegroeid, een gróót +talent tot de hoogste en tevens voor ieder verstaanbare kunst +opvoert...."<a name="FNanchor_44_44" id="FNanchor_44_44"></a><a href="#Footnote_44_44" class="fnanchor">[44]</a> By ons het die didaktiese stroming op die gebied van +die roman nie veel meer opgelewer as <span class='pagenum'><a name="Page_21" id="Page_21">[Pg 21]</a></span> +soetsappige vermanings nie, wat +heeltemal los en uit die verband staan, of anders verhale, opsetlik só +saamgestel, dat die strekking die <i>enige</i> doel is. Langenhoven, wat +aanvanklik sy lewenswysheid op betogende wyse meegedeel het, begin dit +nou in verhaalvorm te verwerk en by hom is daar seker kans, dat die +strekking tot besielende hartstog sal vergroei en mettertyd 'n +opbloeiing van gemeenskapskuns bring. Hy en ander skrywers teken die +kultuurverbastering op satieries-humoristiese wyse, terwyl die +mentaliteit van die arme blanke en sy agteruitgang in die stede +realisties geskets is deur J. van Bruggen en Lub.</p> + +<p>Die romanties aangelegde skrywers volg die voetspoor van historisie soos +Preller en J.H. Malan en verheerlik die nasionale verlede. Die +Voortrekkerperiode veral word met liefde bestudeer, maar ook die +Anglo-Boere-oorlog lewer stof vir 'n paar romans en talryke sketse. J.H. +Malan en De Waal gaan terug na die vroegste tydperk van die Kaapse +geskiedenis, terwyl ook resente gebeurtenisse, soos die opstand van 1914 +behandel word. Die invloed van Van Lennep is duidelik merkbaar by +sommige skrywers. Dikwels moet die historiese agtergrond hoofsaaklik +dien om 'n hele reeks awonture meer waarskynlik te maak. Die digterlike +gees, wat die historiese feite moet interpreteer, en deurdring tot die +innerlikste kern van 'n tydperk, sonder versmoor te raak onder +noukeurige argeologiese gegewens is alleen af en toe aanwesig. Daarom is +die resultaat meestal nie veel meer dan "'n gekleurde historieprent" +nie.</p> + +<p>'n Aaneenryging van kakelbonte awonture, wat die nuuskierigheid prikkel +deur al die konwensionele kunsies van 'n vernuftige intriege vind nog +groot byval, selfs by die ontwikkelde klasse. Dit is 'n voorkeur, wat +deur die tallose minderwaardige Engelse ontspanningsromans aangekweek en +in stand gehou word.<a name="FNanchor_45_45" id="FNanchor_45_45"></a><a href="#Footnote_45_45" class="fnanchor">[45]</a> As 'n skrywer maar behendig die draadjies kan +trek van 'n klompie houtpoppies, liefs met 'n stukkie vierkleur om die +hoed, en hul 'n paar ingewikkelde dansies laat uitvoer, waarby 'n paar +"rooies", of 'n klomp Soeloes in die stof getrap word, <span class='pagenum'><a name="Page_22" id="Page_22">[Pg 22]</a></span> +dan vind hy +lesers genoeg! Op karakterontwikkeling kom dit minder aan as daar maar +genoeg aksie, beweging en verrassinge is.</p> + +<p>Jan Celliers het die oorsake van die toestand as volg geformuleer: "Hoe +kan verwag word dat 'n jong kultuur, wat, so te sê, gister eers ontwaak +het, onder 'n jong volk, wat van die begin af 'n harde stryd om sy +bestaan te stry gehad het teen 'n hardhandige natuur, teen +honderd-duisende barbare, teen 'n vreemde oorheerser van buite, sou +ooreenkom met die van ouer lande? Hoe kan verwag word dat ons vir ons +besonder sou verdiep het in 'n studie van die mens en sy omgewing vir +filosofiese of vir kunsdoeleindes? Ons het die mens en die natuur +bestudeer met die oog op die praktiese vrae van die dag, wat gou en goed +opgelos moes word, waar ons bestaan van afgehang het. En dié stryd hou +nog altyd aan.... Ons bloed is nog aldag te veel in beweging, jaag ons +aan, ons het te veel te doen, ons moet gou klaar wees, het nie tyd om +veel te droom of te peuter nie.... Om een en ander rede is ons romans +nog veel meer op handelinge en vermenigvuldiging van gebeurtenisse +aangelê as op karakterstudie van 'n persoon of versameling van persone. +Dis vir ons onmoontlik om soiets doodkalm te behartig en ons grote stryd +te vergeet; onwillekeurig straal die stryd, en alles in verband daarmee, +in ons werk deur—romans, toneel, alles."<a name="FNanchor_46_46" id="FNanchor_46_46"></a><a href="#Footnote_46_46" class="fnanchor">[46]</a> Dat die opvatting van 'n +goeie roman, soos deur Jan Celliers in dieselfde voorlesing uiteengeset +nog lang nie algemeen is nie, blyk uit 'n pleidooi in <i>Die Huisgenoot</i> +(Okt. 1919), waarin ongetwyfeld die gevoelens geuit word van "die grote +gros van fatsoenlike mense, wat.... 'n pittige, boeiende verhaal belaai +met "kunsies", verkies bo 'n sielkundige studie van mens en natuur."<a name="FNanchor_47_47" id="FNanchor_47_47"></a><a href="#Footnote_47_47" class="fnanchor">[47]</a> +En dit sal seker nog lank duur voor al die "fatsoenlike mense" tot +juister kunsbegrippe kan opgevoed word en leer insien, dat Hollanders, +wat iets van letterkunde afweet al lank al nie meer op Van Lennep "roem +as 'n egte en groot romanskrywer" nie.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_23" id="Page_23">[Pg 23]</a></span> +In die laaste tyd is daar egter 'n reaksie gekom op die awontuurlike +rigting. J. van Bruggen, Léon Maré, Kruger, Van Reenen en ander verdiep +hul in karakterstudie en ook in talryke tydskrifverhale word die mens +meer en meer hoofsaak. Deur die genoemde skrywers is realistiese werk +van goeie gehalte gelewer. Oor die algemeen moet egter geseg word, dat +ofskoon ons goeie vertellers het, wat die kuns van aanskoulike +voorstelling verstaan, daar nog uiters selde 'n karakter geskep is, wat +deur plastiese uitbeelding en fyn, menskundige aanvoeling 'n blywende +indruk maak. Daar is meer as een skrywer met 'n raak opmerkingsgawe, +maar ons voel telkens asof die dinge meer deur 'n soort +projeksie-apparaat bekyk word, as deur die oog van 'n kunstenaar. Wat +Van Deyssel "de oppermacht der intuïtie" noem, ontbreek nog.</p> + +<p>"The depiction of the external, objective, carnal, precedes in every +form of expression of which we can have records, the consideration of +the internal, the subjective, the spiritual. We go from shapes, and +forms, and bulk, and externals, to the presentation of the life +within."<a name="FNanchor_48_48" id="FNanchor_48_48"></a><a href="#Footnote_48_48" class="fnanchor">[48]</a></p> + +<p>Daar is al genoeg aanduidings dat by ons die ontwikkeling dieselfde weg +sal volg. En Stoddard toon aan dat dit ook op ander terrein die geval +was. So het die skilders eers die Madonna met 'n oureool geskilder; +later pas "illumined and glorified by a light from within."</p> + +<p>Verskillende skrywers het op gelukkige wyse die inboorling geteken en +ook hier is die strewe merkbaar om van die skildering van uiterlike +eienaardighede oor te gaan tot die uitbeelding van dieper menslikheid. +En naas die jagstories met hul bonte awonturereeks staan Sangiro se +<i>Sketse</i>, waarin hy probeer "om die diere se gewaarwordinge uit hulle +uiterlike beweginge te verstaan."<a name="FNanchor_49_49" id="FNanchor_49_49"></a><a href="#Footnote_49_49" class="fnanchor">[49]</a></p> + +<p>Die groot behoefte aan leesstof in die moedertaal het meer as een +skrywer, veral in die begin, uit pure vaderlandsliefde na die pen laat +gryp. "Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed, ons +kan nie wag nie!"<a name="FNanchor_50_50" id="FNanchor_50_50"></a><a href="#Footnote_50_50" class="fnanchor">[50]</a> was die wagwoord. In baie voorredes kan <span class='pagenum'><a name="Page_24" id="Page_24">[Pg 24]</a></span> +mens dan +ook sien, dat die enigste doel van die skrywer was om die leeslus aan te +moedig. So verklaar De Waal van sy <i>Stompies</i>, dat hulle "van geen +besonder gehalte op letterkundig gebied (is) nie", "die enigste doel van +die skrywer is om te help voorsien aan (lees <i>in</i>) 'n nasionale +behoefte".<a name="FNanchor_51_51" id="FNanchor_51_51"></a><a href="#Footnote_51_51" class="fnanchor">[51]</a> "Ons kan nie ons volk laat agterbly nie", sê Langenhoven +by die verskyning van <i>Stukkies en Brokkies</i> (1911) en selfs in 1918 +heet dit nog: "Die hele boek is maar 'n noodshulpie". Ook D.P. du Toit +reken homself maar onder die "handlangers en knoeiers, wat somar +roustene aandra vir die binnemure".<a name="FNanchor_52_52" id="FNanchor_52_52"></a><a href="#Footnote_52_52" class="fnanchor">[52]</a> Onder sulke omstandighede hoef +die groot gebrek aan tegniek, waarop in die volgende hoofstukke +herhaaldelik sal gewys word, geen verbasing te wek nie.</p> + +<p>Vandag is die toestand só verander, dat ons met die volste reg van alle +aspirant-kunstenaars kan eis, dat hulle goed georiënteer is in die +wêreldletterkunde, dat hul ten minste 'n begrip het van die algemeen +erkende tegniese reëls, voordat hulle aan skrywe gaan. Ons kan ook met +reg verwag, dat hulle geen uitgediende, outydse modelle navolg nie, dat +hulle steeds in voeling bly met die literêre vooruitgang in ander lande. +Maar aan die eise het nog net enkele voldoen en daarom het ons +letterkunde allesbehalwe 'n moderne cachet.</p> + +<p>Op taalgebied heers daar by die meeste skrywers groot onsekerheid. Daar +is nog 'n soekery, 'n rondvallery om die juiste vorm te kry, wat +natuurlik maklik verklaarbaar is, by 'n geslag wat gister eers geleer +het om sy eie taal te skryf. By meer as een is die taal nog stroef en +onbuigsaam, wanluidend en sonder ritme. Ander weer, soos Preller, wat +goed op die hoogte van die moderne stylkuns is, skryf al in 1906 'n +gekultiveerde taal, klankvol wegdeinend op bevallige ritme en telkens +verrassend deur oorspronklike beeldspraak, ontleen aan Afrikaanse volk +en bodem.<a name="FNanchor_53_53" id="FNanchor_53_53"></a><a href="#Footnote_53_53" class="fnanchor">[53]</a> Uit tallose voorbeelde in die volgende hoofstukke sal blyk +hoe <span class='pagenum'><a name="Page_25" id="Page_25">[Pg 25]</a></span> +gevaarlik diep die vreemde parasiete al deur die bas van die +taalboom geknaag het, en hoeveel speurende sorg daar sal nodig wees om +hulle uit te vroetel.</p> + +<p>By enkele skrywers is daar 'n welbewuste strewe na mooiheid van klank en +frisheid van segging, by die meeste egter 'n gedagtelose naskrywery van +geykte Hoog-Hollandse beeldspraak. Gelukkig is daar ook al prosa +geskryf, wat bewys, dat Afrikaans in smydigheid, in seggingskrag en +klank alleen 'n kunstenaar nodig het om tot sy reg te kom. Wanneer ons +let op die stroom middelmatige verse, dan blyk dit hoe nuttig Jacob Geel +se uitspraak ook vir ons kan wees: <i>"Laat ons het Proza bewerken: de +echte Poëzie zelve zal er bij winnen"</i>.</p> + + +<h3>§ 8. Krietiese Standpunt.</h3> + +<p>In die volgende hoofstukke word 'n poging gedoen om die letterkundige +waarde van ons vernaamste prosawerk te bepaal. Wie bekend is met die +toestande in ons land sal toestem, dat by die estetiese kritiek 'n +verwysing na die kultuur-historiese waarde van die besproke boeke +noodsaaklik is. In enkele gevalle word dit afsonderlik gedoen, maar hier +kan met nadruk daarop gewys word, dat die meeste behandelde werke, wat +ook al hul gebreke mag wees, en hoe primitief hul ook dikwels mag skyn +vir iemand, wat op die hoogte van die moderne Europese lettere is, <i>tog +almal, byna sonder uitsondering, voortreflike dienste in ons taal- en +kultuurstryd bewys het</i>. Daarom pas dit ons om 'n eresaluut te bring aan +al die voortrekkerskrywers, wat ons volk van 'n geestelike hongerdood +gered 't, deur wie se liefdevolle ywer ons nie langer as doofstomme +bywoners in ons eie land hoef te sit en swyg nie. 'n Eresaluut, nie +alleen aan die begaafde artieste nie, maar ook aan die, wat in alle +eenvoudigheid houtkappers en waterdraers was, toe die meeste nog stil +gesit 't, of niks anders as spot oor had vir 'n beweging, wat 'n einde +aan ons lang periode van geestelike knegskap gemaak het.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_26" id="Page_26">[Pg 26]</a></span> +Die gevoel van piëteit hoef egter ons krietiese vermoë nie te verlam, +mag ons nie belet om sonder doekies omdraai 'n estetiese oordeel uit te +spreek nie. Dit sou 'n verkragting van ons gewete wees en 'n fatale +uitwerking hê op die verdere ontwikkeling van ons jong letterkunde. Nou +dat die taalstryd feitlik afgeloop is, word dit tyd om vas te stel, wat +ons tot dusverre bereik het; om te waardeer wat skoon is, om te laak wat +gebrekkig is. Tyd ook, om die voortbrengsele van ons kuns te meet aan +die meesterstukke van die buiteland. Want ons wil vorentoe beur! Ons wil +Suid-Afrika "hoog opstooten midden in de vaart der volken". Ons wil nie +'n pieperig-bleek kasplantjie hê nie, wat alleen 'n sukkelbestaan kan +voortsleep in 'n vaderlandse broei-atmosfeer. Dit moet 'n <i>kan-nie-dood</i> +wees, wat ook die kritiek van ons Dietse stamgenote nie kan ontwortel +nie, in vaderlandse bodem geplant, maar tog bestand teen alle wind en +weer.</p> + +<p>Op dié gedagte is ook die krietiese beskouing in die volgende hoofstukke +gebaseer. Wie dit daarmee nie eens is nie, sal op meer as een skynbaar +onbillike oordeel stuit. Maar laat diegene bedenk, dat ons op kuns-, net +so min as op ander gebied 'n laer kan trek en met doringtakke inmenging +van buite afweer. Op die gevaar van isolasie is reeds in 'n vorige +paragraaf gewys. As ons digters reeds so 'n hoë peil bereik het, dat +selfs Europese fynproewers hulle werk kan waardeer, dan hoef ons +prosaïste ook nie met minder tevrede te wees nie. Jong Suid-Afrika +streef ook op kunsgebied vooruit en die kunstenaar wat laag mik, sal in +'n paar tiental jare skoon vergeet wees. Daarom moet ook ons prosakuns +op 'n kosmopolietiese plan kom te staan, wat geensins denasionalisering +hoef te beteken nie. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons tans +verkeer, kan 'n gemotiveerde kritiek, waarin breedvoerig op prinsipiële +kwessies ingegaan word nuttig wees en daarna is ook in hierdie werk +gestreef. As dit lei tot 'n ruimer belangstelling in ons prosakuns, tot +meer vergelykende studie en 'n juister insig in letterkundige +verskynsele, dan is die doel van die skrywer bereik.</p> + +<p>Op die ooreenkoms tussen ons toestand en die <span class='pagenum'><a name="Page_27" id="Page_27">[Pg 27]</a></span> +Vlaamse is al dikwels +gewys en dit geld ook van die kritiek. August Vermeylen sê: "Elke +flamingant achtte het zijn plicht zijne algemeene gedachten in de +godentaal weg te brullen of uit te kwinkeleeren. In het begin onzer +herwording, na het jaar 1830, was de literatuur het voornaamste wapen +der Vlaamschgezindheid geweest, en lang nog meende ieder taalstrijder +dat wapen te moeten hanteeren. Het vergde dan ook meer dan gewonen takt +van den kritikus, om zich niet schuldig te maken aan landverraad, als +hij den rijmelenden taalbroeder wat minder "puik" moest verklaren."<a name="FNanchor_54_54" id="FNanchor_54_54"></a><a href="#Footnote_54_54" class="fnanchor">[54]</a></p> + + +<h3>§ 9. Beperking van Onderwerp.—Indeling.</h3> + +<p>Die volgende bespreking is beperk tot oorspronklike prosa, wat meer of +min tot die terrein van die skone lettere behoort. Buiten beskouing bly +dus <i>(a)</i> suiwer wetenskaplike prosa, waaronder 'n groot aantal +Afrikaanse dissertasies en die <i>Populêr-Wetenskaplike Serie</i> van die +Nasionale Pers; <i>(b)</i> godsdienstige prosa, soos die kinderbybel van Ds. +Conradie en 'n hele paar preekbundels; <i>(c)</i> vertalings en omwerkings; +<i>(d)</i> kinderboeke. Daar word 'n poging gedoen om te bepaal in hoeverre +ons historiese prosa, deur versorging van styl en ander artistieke +kenmerke tot die gebied van die kuns behoort.</p> + +<p>In § 7 is 'n algemene karakteristiek van ons prosa gegee. Op enkele +strominge word daar gewys, maar tewens blyk ook hoe alles by ons nog in +wording is. Veral by die romans en verhale is dit moeilik om tot 'n +bevredigende indeling te geraak. Waar daar nog net vae aanduidings is +van enkele hoofgroepe, en die meeste skrywers nog in verskillende +rigtings rondsoek, word dit onmoontlik en ongewens om nou al kampe af te +baken. Om dié rede is die voorkeur gegee aan 'n kronologiese indeling, +wat onder ander die voordeel bied, dat die meeste skrywers as 'n eenheid +kan bespreek word en, waar nodig, die ontwikkelingsgang in hul werk kan +aangedui word. Op die manier is die <span class='pagenum'><a name="Page_28" id="Page_28">[Pg 28]</a></span> +verbrokkeling van 'n skrywer se +werk soveel moontlik beperk. G.R. von Wielligh word in 'n afsonderlike +hoofstuk bespreek, omdat hy in baie opsigte <i>"'n Laaste stem uit die +Genootskap van Regte Afrikaners"</i> is. Vir die ander hoofstukke is geen +opheldering nodig nie. Op enkele uitsonderings na word hier die +Akademie-spelling gevolg.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_1_1" id="Footnote_1_1"></a><a href="#FNanchor_1_1"><span class="label">[1]</span></a> Vgl. <i>Die Huisgenoot</i>, Jan. 1922: <i>Eerste Skrywers en +Eerste Geskrifte in Afrikaans</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_2_2" id="Footnote_2_2"></a><a href="#FNanchor_2_2"><span class="label">[2]</span></a> Die vyftigste verjaardag van die <i>Genootskap</i> in 1925 mag +seker nie ongemerk verbygaan nie.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_3_3" id="Footnote_3_3"></a><a href="#FNanchor_3_3"><span class="label">[3]</span></a> Dr. L. van Niekerk: <i>De Eerste Afr. Taalbeweging</i> (1916); +<i>Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk</i>, deur Dr. J.D. du Toit (1917); <i>Eerste +skrywers</i> deur G.R. von Wielligh (1918); S.J. du Toit, <i>Geskidenis van +die Afr. Taalbeweging</i> (1880).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_4_4" id="Footnote_4_4"></a><a href="#FNanchor_4_4"><span class="label">[4]</span></a> Vgl. <i>Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk</i>, p. 203.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_5_5" id="Footnote_5_5"></a><a href="#FNanchor_5_5"><span class="label">[5]</span></a> Preller: <i>Inleiding tot Die Vlakte</i>, 5de druk, p. 7.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_6_6" id="Footnote_6_6"></a><a href="#FNanchor_6_6"><span class="label">[6]</span></a> Gesiteer deur Dr. J.D. du Toit: <i>Ds. S.J. du Toit</i>, p. +210.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_7_7" id="Footnote_7_7"></a><a href="#FNanchor_7_7"><span class="label">[7]</span></a> Vgl. Dr. S.P.E. Boshoff: <i>Volk en Taal van Suid-Afrika</i>, p. +62.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_8_8" id="Footnote_8_8"></a><a href="#FNanchor_8_8"><span class="label">[8]</span></a> J.H.H. de Waal in <i>Die Burger</i>, 12 en 13 Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_9_9" id="Footnote_9_9"></a><a href="#FNanchor_9_9"><span class="label">[9]</span></a> Dr. T.B. Muller: <i>Die Geloofsbelijdenis van 'n Nasionalis</i>. +(1913), p. 8.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_10_10" id="Footnote_10_10"></a><a href="#FNanchor_10_10"><span class="label">[10]</span></a> Preller: <i>Inleiding tot Die Vlakte</i>, 5de druk, p. 12.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_11_11" id="Footnote_11_11"></a><a href="#FNanchor_11_11"><span class="label">[11]</span></a> Die taalstryd het Dr. E.C. Pienaar beskryf in: <i>Taal en +Poësie van die Twede Afr. Taalbeweging</i>. Vgl. daarby egter Hoofstuk +III.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_12_12" id="Footnote_12_12"></a><a href="#FNanchor_12_12"><span class="label">[12]</span></a> Dr. W.J. Leyds: <i>Het Insluiten van de Boeren-Republieken</i> +I, p. XI.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_13_13" id="Footnote_13_13"></a><a href="#FNanchor_13_13"><span class="label">[13]</span></a> Vgl. L. v. Niekerk: <i>De Eerste Afr. Taalbeweging<sup>1</sup></i>, p. +64.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_14_14" id="Footnote_14_14"></a><a href="#FNanchor_14_14"><span class="label">[14]</span></a> <i>De Volkstem</i>, 18 Aug. 1906.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_15_15" id="Footnote_15_15"></a><a href="#FNanchor_15_15"><span class="label">[15]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_16_16" id="Footnote_16_16"></a><a href="#FNanchor_16_16"><span class="label">[16]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>, Julie 1919.—Prof. J.J. Smith. Vgl. ook +Hoofstuk III, § 3.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_17_17" id="Footnote_17_17"></a><a href="#FNanchor_17_17"><span class="label">[17]</span></a> <i>Neerlandia</i>, Sept. 1913.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_18_18" id="Footnote_18_18"></a><a href="#FNanchor_18_18"><span class="label">[18]</span></a> Vermeylen: <i>Verz. Opstellen</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_19_19" id="Footnote_19_19"></a><a href="#FNanchor_19_19"><span class="label">[19]</span></a> Carel Scharten: <i>De Roeping der Kunst</i>, p. 5.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_20_20" id="Footnote_20_20"></a><a href="#FNanchor_20_20"><span class="label">[20]</span></a> Vgl. my artiekel: <i>Kuns regeringsaak,<sup>2</sup> Die Brandwag</i>, +Jan. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_21_21" id="Footnote_21_21"></a><a href="#FNanchor_21_21"><span class="label">[21]</span></a> <i>Taal en Poësie<sup>2</sup></i> ens. p. 110-117.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_22_22" id="Footnote_22_22"></a><a href="#FNanchor_22_22"><span class="label">[22]</span></a> <i>Die Banier</i>, Aug. 1921. Dr. Steyn se verdienstelike +artiekels oor <i>Die Dietse Bond</i> het seker reg op meer algemene +belangstelling en behoort herdruk te word.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_23_23" id="Footnote_23_23"></a><a href="#FNanchor_23_23"><span class="label">[23]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>, Nov. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_24_24" id="Footnote_24_24"></a><a href="#FNanchor_24_24"><span class="label">[24]</span></a> Dr. E.C. Pienaar: <i>Taal en Poësie<sup>2</sup></i> ens., p. 47.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_25_25" id="Footnote_25_25"></a><a href="#FNanchor_25_25"><span class="label">[25]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Junie 1917.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_26_26" id="Footnote_26_26"></a><a href="#FNanchor_26_26"><span class="label">[26]</span></a> id. 15 Aug. 1911, <i>Skrywers en Gekrifte</i>, deur N.N. (Jan +Celliers).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_27_27" id="Footnote_27_27"></a><a href="#FNanchor_27_27"><span class="label">[27]</span></a> <i>Die Banier</i>, Okt. 1921. <i>Het Geleerde Jong Suid-Afrika 'n +Program?</i></p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_28_28" id="Footnote_28_28"></a><a href="#FNanchor_28_28"><span class="label">[28]</span></a> <i>Akademie-Jaarboek</i> I, p. 94.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_29_29" id="Footnote_29_29"></a><a href="#FNanchor_29_29"><span class="label">[29]</span></a> Dr. H.J. Steyn: <i>Die Banier</i>, Des. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_30_30" id="Footnote_30_30"></a><a href="#FNanchor_30_30"><span class="label">[30]</span></a> <i>Akademie-Jaarboek</i> V, p. 89.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_31_31" id="Footnote_31_31"></a><a href="#FNanchor_31_31"><span class="label">[31]</span></a> Id. I, p. 83. <i>Die Afrikaanse Volksziel</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_32_32" id="Footnote_32_32"></a><a href="#FNanchor_32_32"><span class="label">[32]</span></a> <i>Het Calvinisme en de Kunst</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_33_33" id="Footnote_33_33"></a><a href="#FNanchor_33_33"><span class="label">[33]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>. Feb. 1919.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_34_34" id="Footnote_34_34"></a><a href="#FNanchor_34_34"><span class="label">[34]</span></a> Vgl. <i>Jaarboek</i> I, p. 49 vlg. en p. 14. Vgl. ook Dr. G. +Besselaar: <i>Z.A. in de Letterkunde</i>, p. 95.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_35_35" id="Footnote_35_35"></a><a href="#FNanchor_35_35"><span class="label">[35]</span></a> In die pers is aangekondig, dat D.J. Smal, die bekende +yweraar vir gelyke taalregte na die buiteland gaan vir tegniese +toneelopleiding.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_36_36" id="Footnote_36_36"></a><a href="#FNanchor_36_36"><span class="label">[36]</span></a> <i>Akademie-Jaarboek</i> I, p. 92.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_37_37" id="Footnote_37_37"></a><a href="#FNanchor_37_37"><span class="label">[37]</span></a> <i>Jaarboek</i> III, p. 54 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_38_38" id="Footnote_38_38"></a><a href="#FNanchor_38_38"><span class="label">[38]</span></a> <i>Jaarboek</i>, p. 67. Vgl. ook sy oordeel oor Beets in V, p. +95 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_39_39" id="Footnote_39_39"></a><a href="#FNanchor_39_39"><span class="label">[39]</span></a> V, p. 103.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_40_40" id="Footnote_40_40"></a><a href="#FNanchor_40_40"><span class="label">[40]</span></a> III, p. 68.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_41_41" id="Footnote_41_41"></a><a href="#FNanchor_41_41"><span class="label">[41]</span></a> <i>Die Banier</i>, Okt. 1921 na aanleiding van die tydskrif: +<i>Het Getij</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_42_42" id="Footnote_42_42"></a><a href="#FNanchor_42_42"><span class="label">[42]</span></a> Vgl. § 5.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_43_43" id="Footnote_43_43"></a><a href="#FNanchor_43_43"><span class="label">[43]</span></a> Dr. W.M.R. Malherbe in 'n voorwoord by <i>Die +Veldblommetjie</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_44_44" id="Footnote_44_44"></a><a href="#FNanchor_44_44"><span class="label">[44]</span></a> <i>De Roeping der Kunst</i>, p. 399.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_45_45" id="Footnote_45_45"></a><a href="#FNanchor_45_45"><span class="label">[45]</span></a> Vgl. Jan Celliers: <i>Die Roman. Die Huisgenoot</i>, Aug. +1919.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_46_46" id="Footnote_46_46"></a><a href="#FNanchor_46_46"><span class="label">[46]</span></a> t.a.p.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_47_47" id="Footnote_47_47"></a><a href="#FNanchor_47_47"><span class="label">[47]</span></a> Die skrywer is J.W. van Kaapstad.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_48_48" id="Footnote_48_48"></a><a href="#FNanchor_48_48"><span class="label">[48]</span></a> Stoddard: <i>The Evolution of the English Novel</i>, Chapter +I.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_49_49" id="Footnote_49_49"></a><a href="#FNanchor_49_49"><span class="label">[49]</span></a> Voorwoord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_50_50" id="Footnote_50_50"></a><a href="#FNanchor_50_50"><span class="label">[50]</span></a> Jan Celliers in <i>Die Volkstem</i>, 19 Junie 1907.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_51_51" id="Footnote_51_51"></a><a href="#FNanchor_51_51"><span class="label">[51]</span></a> Voorrede 2de druk.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_52_52" id="Footnote_52_52"></a><a href="#FNanchor_52_52"><span class="label">[52]</span></a> Voorrede: <i>Sy Pa se Skuld</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_53_53" id="Footnote_53_53"></a><a href="#FNanchor_53_53"><span class="label">[53]</span></a> Vgl. b.v. sy Persoonlike appresiasie van <i>Joh. van Wyk, De +Volkstem</i>, 18 Aug. 1906.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_54_54" id="Footnote_54_54"></a><a href="#FNanchor_54_54"><span class="label">[54]</span></a> <i>Verz. Opstellen</i> II, p. 149</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_29" id="Page_29">[Pg 29]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_II" id="HOOFSTUK_II"></a>HOOFSTUK II.</h2> + +<h3>Polemiese Prosa.</h3> + +<p>"Ik houd van woorden, die op mij neêrbonken als vallende balken, van +woorden, die mij voorbijsissen als kogels", sê Lodewijk van Deyssel. +Sulke woorde van "roode gramschap" en "gele spotternij" sal in die +volgende oorsig telkens aangehaal word met die doel om daarop te wys, +dat enkele van ons strydskrifte oor die taalkwessie, nie alleen van +histories, maar ook van letterkundig belang is. Hier word dus geen +gedetailleerde geskiedenis van die taalstryd gegee nie—dit het Dr. E.C. +Pienaar in sy dissertasie gedoen<a name="FNanchor_55_55" id="FNanchor_55_55"></a><a href="#Footnote_55_55" class="fnanchor">[55]</a>.</p> + +<p>Met die oprigting van die tydskrif, <i>De Goede Hoop</i>, in Julie 1903 onder +redaksie van Adv. J.H.H. de Waal, 'n algemeen erkende voorstander van +Afrikaans, wat al sedert 1897 bydraes in dié taal gelewer het in <i>Ons +Land</i><a name="FNanchor_56_56" id="FNanchor_56_56"></a><a href="#Footnote_56_56" class="fnanchor">[56]</a> kry die Twede Beweging vaste vorm. As eindpunt van die +taalstryd kan beskou word 7 November 1919, die dag waarop die Kaapse +Sinode Afrikaans as offisiële kerktaal naas Nederlands erken het. Wat +Ds. N.J. Brümmer in 1909 gesê het geld ook tans nog: "Dit is wel waar, +dat so nou en dan nog een of ander Rip van Winkel uit syn slaap +opflikker en teen Afrikaans uitvaar, maar dit is maar die stuiptrekkinge +van 'n slang wat swaar vervel."<a name="FNanchor_57_57" id="FNanchor_57_57"></a><a href="#Footnote_57_57" class="fnanchor">[57]</a></p> + +<p>In die sestienjarige stryd het daar 'n groot aantal polemiese geskrifte +verskyn, aanvanklik in Hoog-Hollands <span class='pagenum'><a name="Page_30" id="Page_30">[Pg 30]</a></span> +weens die groot vooroordeel teen +die moedertaal, maar later meestal in Afrikaans. Reeds in die twede +nommer van <i>De Goede Hoop</i><a name="FNanchor_58_58" id="FNanchor_58_58"></a><a href="#Footnote_58_58" class="fnanchor">[58]</a> moet De Waal "'n geachte correspondent +uit Stellenbosch", wat gekla het oor "te veel Afrikaansch" daaraan +herinner, "dat Kaapsch-Hollandsch bij velen bijval vindt en hoe langer +hoe meer als zelfstandige taal erkend wordt." By sulke kalme +teregwysings het dit natuurlik nie gebly nie en De Waal het later onder +die skuilnaam <i>Jan van Rosenburg</i> die teenstanders meer as een kopskoot +gegee.</p> + +<p>Twee jaar later, op 19 April 1905 begint die stryd ook in Transvaal, +wanneer Gustav Preller sy reeks artiekels <i>Laat 't Ons Toch Ernst Wezen</i> +in <i>De Volkstem</i> publiseer. Dit is 'n kloek, goedgedokumenteerde +manifes, wat met onverbiddelike logika al die argumente van die +teenstanders ontsenu en as gevolg gehad 't die stigting van <i>Die +Afrikaanse Taalgenootskap</i>, op 13 Desember 1905. In Julie 1905 word +Preller se artiekels met weglating van die eerste gedeelte en voorsien +van 'n nuwe inleiding in brosjure-vorm uitgegee, met die ondertietel: +<i>Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse Schrijftaal</i>.<a name="FNanchor_59_59" id="FNanchor_59_59"></a><a href="#Footnote_59_59" class="fnanchor">[59]</a> +Afgesien van die historiese betekenis van Preller se brosjure verdien +dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit letterkundig oogpunt 'n +ereplaas onder die polemiese literatuur van die Twede Beweging. Met 'n +forse stem verkondig hy die waarhede, wat vandag so vanself sprekend +lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen ingang te vind.</p> + +<p>In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artiekel 'n +warme oortuigingsdrang op. Met die <span class='pagenum'><a name="Page_31" id="Page_31">[Pg 31]</a></span> +stryd vir die vereenvoudigde +spelling (1904) het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer +iedereen filoloog! "In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker +meer theologiseert dan uw zoon, die student is in de theologie," sê +Allard Pierson in <i>Intimis</i>. Lees mens filologie in plaas van teologie, +dan was dit presies ons toestand. Onder al die dilettante-wysheid en +verwarde taalbegrippe kom egter ook telkens brokstukke van +entoesiastiese welsprekendheid voor, waaruit blyk dat heel die volk in +roering was. Naas die lekeredenasies staan dan die kalm-wetenskaplike +betoë en ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig aan met hul +mokerslae alle opposiesie vergruisel het.</p> + +<p>Van die begin af was daar al sekerheid van die uiteindelike oorwinning. +"'n Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die +Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies", sê Preller op 9 Augustus +1905 in <i>De Volkstem</i>. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later +vir 'n eie letterkunde: "Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik +dat slegs 'n eige letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote, +deurtrokke van die Afrikaanse gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur +en deur in taal en inhoud, dat so 'n letterkunde alleen bereken is om +hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help om so 'n letterkunde voor +ons mense op te bouw? Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om +op te voed; ons kannie wag nie!"<a name="FNanchor_60_60" id="FNanchor_60_60"></a><a href="#Footnote_60_60" class="fnanchor">[60]</a></p> + +<p>En in die volgende jaar roep Dr. D.F. Malan: <i>"Dit is ons Ernst!"</i> "G'n +taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n +skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di +taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore +op di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di +volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs +syn skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore +en sterf saam."<a name="FNanchor_61_61" id="FNanchor_61_61"></a><a href="#Footnote_61_61" class="fnanchor">[61]</a> Op helder wyse set hy uiteen, dat Nederlands nooit +ons volkstaal kan <span class='pagenum'><a name="Page_32" id="Page_32">[Pg 32]</a></span> +word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. "Di +Afrikaanse Taalbeweging is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk +tot 'n gevoel van eiewaarde en tot di roeping om 'n waardiger plaas in +te neem in di wereldbeskawing."<a name="FNanchor_62_62" id="FNanchor_62_62"></a><a href="#Footnote_62_62" class="fnanchor">[62]</a></p> + +<p>Hoe die "gevoel van eiewaarde" al sterker word, blyk uit die brosjure +<i>Die Afrikaanse Nasie</i> (1908) waarin Prof. N.J. Brümmer 'n uiteensetting +gee van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat tot nog toe alleen +die Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word "omdat hulle +'n eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword +het". Hy ontken alle "nasionale eenheid" tussen Nederland en Hollands +Suid-Afrika. "Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid +in wereldbeskouing, gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan +tussen die Afrikaner en die Hollander....<a name="FNanchor_63_63" id="FNanchor_63_63"></a><a href="#Footnote_63_63" class="fnanchor">[63]</a>. Wat die Hollandse +letterkunde betref, die veelbesproke kultuurskat—die bestaan nog vir +enkele spesialiste onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan +ook soms vir studente, solank as hulle vir 'n eksame of prys werk. Ons +volk as volk dra van Hooft, Vondel, Cats of Bilderdijk net so min kennis +as van die man in die maan. Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil +ek nie eers praat nie. Of hierin ooit verbetering kan kom, betwyfel ek +sterk. Die Hollandse skrywers skryf nie vir ons nie, en al sou hulle ook +vir ons skrywe, dan raak hulle tog ons volkssiel nooit." Dit is +verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van die taalstryd gemaak +is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver, al sit daar +natuurlik 'n kern van waarheid in die bewerings. Die werk van sulke +geestelike aristokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die <i>hele</i> +nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit, dan sou dieselfde +bewering met die grootste stelligheid van die Nederlandse volk self kon +gemaak word. Carel Scharten sê b.v.: "Het leelijke, het onwegwerkbare +feit <span class='pagenum'><a name="Page_33" id="Page_33">[Pg 33]</a></span> +is juist, dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en +ongelezen blijven zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast +die voor heel een volk geweest."<a name="FNanchor_64_64" id="FNanchor_64_64"></a><a href="#Footnote_64_64" class="fnanchor">[64]</a> En in ander lande gaan dit net so. +Edward Garnett sê b.v. van Engeland: "Ons toneel is het grofste in +Europa en onze verwaarlozing van het drama van Shakespeare is werkelik +een schandaal."<a name="FNanchor_65_65" id="FNanchor_65_65"></a><a href="#Footnote_65_65" class="fnanchor">[65]</a></p> + +<p>Clément Vautel het nog onlangs in verband met die Molière-herdenking +opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. "Ieder +doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat +fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een +vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?"<a name="FNanchor_66_66" id="FNanchor_66_66"></a><a href="#Footnote_66_66" class="fnanchor">[66]</a></p> + +<p>Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog. +"Ons het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde +en ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels." Maar die manier waarop hy +hom die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig. +"As elkeen van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak, +dan sal dit wel nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde"! Dis +maar gelukkig dat al die Stellenbosse studente nie die raad opgevolg het +nie!</p> + +<p>Saam met die Unie gebore, staan <i>Die Brandwag</i> vanaf 1910 trou op die +uitkyk en telkens as artiekel 137 van die grondwet veronagsaam word, het +sy waarskuwingsienjaal weerklink. "Die Afrikaner moet beleefd wees en +ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate +dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne +die wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en +verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die +Afrikaner-taal vernietig word." (<i>Die Brandwag</i>, 1 April 1911.) Van +maand tot maand het die redakteur, Dr. W.M.R. Malherbe die stryd vir +Afrikaans voortgeset en 'n hele reeks warm pleidooie <span class='pagenum'><a name="Page_34" id="Page_34">[Pg 34]</a></span> +is daar te vinde +in die redaksionele kolomme, veral van die eerste jare.<a name="FNanchor_67_67" id="FNanchor_67_67"></a><a href="#Footnote_67_67" class="fnanchor">[67]</a></p> + +<p>In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel <i>Oom Gert Vertel</i>, voorafgegaan +van 'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J.J. Smith, tans professor +in Afrikaans aan die Stellenbosse Uniwersiteit. "Die werk van die +Afrikaanse Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk +moet dit altoos bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n +vrind en 'n bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as +jyself, moet jy oortuig—as jy ten minste nie jou eie ondergang wil +bewerkstellig nie."<a name="FNanchor_68_68" id="FNanchor_68_68"></a><a href="#Footnote_68_68" class="fnanchor">[68]</a> Die oortuigingswerk doen Smith op meesterlike +wyse. Hier is 'n geskoolde filoloog aan die woord, wat met kennis van +sake praat. "Ek grond my mening op die geskiedenis van die wording van +ander tale en op die herlewing in ons volk."<a name="FNanchor_69_69" id="FNanchor_69_69"></a><a href="#Footnote_69_69" class="fnanchor">[69]</a> En met onverbiddelike +logika bewys hy, dat die argumente van die teenstanders "alles maar slim +praatjies" is!</p> + +<p>Ook <i>Die Geloofsbelydenis van 'n Nasionalis</i> deur Dr. T.B. Muller is 'n +pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale +bewussyn. "Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem +geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in +Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Oos Afrika." Hier word die +vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. "In plaas +van na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die +algemene taak van die mensheid." En op oortuigende wyse bepleit hy die +middele om die doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid +getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid +as leier voel. "Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n +langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al +wat goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap.... Die +<span class='pagenum'><a name="Page_35" id="Page_35">[Pg 35]</a></span> +gevaar van die oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my +wel bewus van; maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op +aarde tot stand kan kom nie...." 'n Warm entoesiasme klink dan ook +heerlik op in sy hele betoog en met gloedvolle oortuiging leg hy sy +"geloofsbelydenis" af: "Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse +nasie vir geen ander burgerreg in die wereld wil verruil nie. Die grote +nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk, ... maar hul dra +ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan +een plek in afgeleefdheid oor te slaan.... By ons is dit so anders. As +'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan te gemoet. 'n Jong volk +leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n +jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die +ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit veel heerliker my +druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en karaktervorming +van 'n jong nasie dan om te help dokter aan; die kroniese kwale van 'n +oue ... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n +vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te +sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n +bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.... Laat Jong +Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, +maar met sy lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!" +Hoeveel erns daar in die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in +1905 'n Rhodesbeurs van £ 300 per jaar om in Oxford te studeer van die +hand gewys 't, omdat hy "eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man +wie se politiek hy verfoei en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die +vryhede van die Afrikaner-volk."<a name="FNanchor_70_70" id="FNanchor_70_70"></a><a href="#Footnote_70_70" class="fnanchor">[70]</a> In 1918 is hy aan die griep oorlede +in die ouderdom van 34 jaar. Om die warm idealisme, gesonde argumente en +forse styl is Muller se brosjure een van die beste stukke van ons +polemiese prosa.</p> + +<p>Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem <span class='pagenum'><a name="Page_36" id="Page_36">[Pg 36]</a></span> +die stryd ook in +felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad <i>Ons Moedertaal</i> opgerig +as orgaan van die A.T.V., onder redaksie van J.J. Smith, T.B. Muller en +G.C. Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad +"geen heuningtou" was nie, "waarop allerhande soorte goggas hulle kan +kom vergas.... <i>Ons Moedertaal</i> is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat +Simson met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van syn volk +gebruik het ..." (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans +deur drie Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. "Nou +behoef die Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als +Ismaeliete, teen wie alle man se hand gekeer is; hul veg nou met die +steun van die landswette agter hul rug" (15 Julie 1914). En op +kwaai-sarkastiese wyse het hul geveg! Veral in die kolom <i>Taalnuws en +Opmerkings</i> word nydige klappe uitgedeel. Die beste Nederlands van +Afrikaners noem hul nie meer "amper-Nederlands" nie, maar +"stertjie-Afrikaans", en as <i>Ons Land</i> per ongeluk "<i>het</i> universiteit" +skryf, dan sê <i>Ons Moedertaal</i>: "Werkelik dis treurig dat daar in ons +verligte dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee +rigtings tegelyk spartel." (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie +moeg om die "gebasel" van teenstanders te "verpletter", omdat hul "ander +werk het als om slapers en dromers te probeer wakker maak." (1 Nov. +1915.)</p> + +<p>Die "ander werk" was dan ook van meer ernstige aard. B.B. Keet pleit op +oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. "Daar is ontsaglik veel +onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek +liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende +beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel." (15 Sept. 1914.) +Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander +hoofstuk bespreek.<a name="FNanchor_71_71" id="FNanchor_71_71"></a><a href="#Footnote_71_71" class="fnanchor">[71]</a> Smith set sy werk voort in <i>Die Huisgenoot</i>, +waarin <i>Ons Moedertaal</i> in 1916 opgaan.</p> + +<p>Tot die polemiese prosa moet ook gereken word <span class='pagenum'><a name="Page_37" id="Page_37">[Pg 37]</a></span> +G.S. Preller se twee +<i>Taal-Tiepes</i>, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant (<i>Die Brandwag</i>, 15 +Feb. en 15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die +Boere veg, raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom "te +arm (is) om te bestaan".</p> + +<p>"Wat is 'n <i>"stoep"</i> op Engels, Jiems?" wou een van die seuns weet ... +Dit was ráak. Almal is tjoepstil.—"En wat bedui julle vir <i>koppie, +spruit, veld, kommando</i> ...?"</p> + +<p>Nou was 't Koen se kans om in te vryf: "Dáar het jul dit," sê hy, "die +skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige +Afrikaans." So raak Jiems getroef deur die Boereseuns, wat selfs vir die +lastige sportterme raad weet!</p> + +<p>Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer, +kry goed op sy baadjie. Hy wil: "Gij zult de dorschende os niet +muilbanden" vertaal met "Jy moet die os wat koring trap die bek nie +toebind nie". Maar sy optimistiese teenstander weet vir alles raad: +<span class='g'>"Vir ons is Afrikaans die taal van die Toekoms in ons wêrelddeel, ons +glo daarin, ons werk en leef daarvoor."</span></p> + +<p>"Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk,—'n mens +moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so! +Sy hoogmogende is 't nou so waarlik "'n lus geworde om gade te slaan hoe +daar gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te +proef!" En selfs in minder dan tien jaar, selfs in <i>vyf</i> jaar is die +wonder geskied!</p> + +<p>Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir +Afrikaans, C.J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die +psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou 't, in 1922 self een van die +eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan! In <i>Ons Land</i> van 12 +September 1911 skryf Langenhoven: "Als die Hollandse Kerk my sou vraag +om die Bybel, die psalm- en gesangboek en die formuliere, wat aan my +hart geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te +set, dan sou ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid +daarvoor; en ik sou die voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als +heiligskennend. Dit sou vir my smaak 'n parodie wees."</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_38" id="Page_38">[Pg 38]</a></span> +Een van die laaste, maar ook een van die welsprekendste pleidooie vir +Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die +Akademie in Julie 1914.<a name="FNanchor_72_72" id="FNanchor_72_72"></a><a href="#Footnote_72_72" class="fnanchor">[72]</a> Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed +so innig, dat dit meer geword 't dan 'n episode in 'n verbygaande stryd, +en op sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie +van gevoelens en gedagtes, wat jare lank in die hart van die volk geleef +het, maar nog nie hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die +"dorstige vulletjies", wat jare lank gesukkel en geploeter het langs +hopeloos versperde ompaaie om by die dam te kom, weet maar al te goed +hoe raak en hoe juis Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van +die pynigende dwaaltog geskilder het! "Ik denk terug met bitterheid aan +die verdere verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en +kollege verlaat, om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes +gedaan het: om dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en +pynlike self-oefening om te set en tot my siels-besitting te maak" (p. +427).</p> + +<p>Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak wat +Langenhoven nadruk lê. "Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek +tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstands-medium, en sy gebruik +als 'n gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot +uitwendige openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn" +(p. 428).... "Dit mag vir elke Afrikaner ewe verstaanbaar wees om te +lees: "Die huis se muur is stukkend", of om te lees: "De muur van het +huis is stuk". Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval +voor sy gees. Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste +geval is beeld en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte +onafskeidelik vasgeheg aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met +dieselfde spontane voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld +uit die elemente van vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word +nie" (p. 440).</p> + +<p>Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente <span class='pagenum'><a name="Page_39" id="Page_39">[Pg 39]</a></span> +teen Afrikaans +weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van +Suid-Afrika; daarin "mankeer die goddelike vuur—die element wat +onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke +wa-skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n +Murillo of 'n Michael Angelo maak nie" (p. 445). En die gevolg is: "'n +land sonder skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie +literatuur. Die inspirasie ontbreek.... Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! +in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om +digters, waar elke tafereel uit ons roemryke geskiedenis skreeuw om +skrywers" (p. 447). Maar met voldoening word gewys op die ontluikende +letterkunde in die moedertaal. "Ons wat so lank kwynend gesuig het aan +die artifisiële gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie +kondens-melk, begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te +word" (p. 449).</p> + +<p>Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. "Die Afrikaanse kind +(word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak +dat die taal van sy huis nie 'n taal van kultuur en beskawing is nie" +(p. 460).</p> + +<p>Deur die hele betoog klink "die smeekstem van 'n Afrikaner met +mede-Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar +altyd sal bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie" (p. +461). En by die laaste gedagte tril die stem van gloeiende +verontwaardiging: "Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! dis +onse kostelikste roem, onse hoogste besitting: die één enigste +witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar +gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat +ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deur triumfeer het; +die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van +ons volk" (p. 461).</p> + +<p>In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes +besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met 'n vlammende aanklag: "Komt +aan, gij de Villiers's en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd +voor—(om 'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht +hadden Hooghollands evengoed als <span class='pagenum'><a name="Page_40" id="Page_40">[Pg 40]</a></span> +gij, of beter, aan te leren—zoals de +priesters in de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne +heren, waar gij gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van +Zuid-Afrika hongert te midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet, +zoals van gemelde priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven. +Ge hebt ons kultuurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de +bevoorrechten onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest +in onze bittere behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek +noemen—ook niet tot één toe—dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands +geschreven in al de tijd toen men, volgens u terecht, het Hooghollands +onderwees en schreef en predikte, vandaag als een volksbezitting in de +letterkunde leeft. En deze dorre landen van u voorbijgaande zijn <i>wij</i> +begonnen—een korte halve generatie geleden—met onze gemene +kombuistaal. En de werken onzer schrijvers in het Afrikaans hebben ons +nu reeds een eigen letterkunde bezorgd, zodat de Afrikaner ook in de +kultuurwereld zijn hoofd niet meer met schaamte hoeft te laten hangen. +Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid hebben waar degenen die ons nu +tegenstaan niets deden?... Komt het u als een kleinigheid voor dat ook +deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal worden door de Rehums en de +Simsais?" So skryf Langenhoven in sy brosjure <i>De Heilige Ennen van +Rehum en Simsai</i>, wat onder die lede van die Sinode versprei is. Hoe +mooi word daarin die deftige toon met sy bybelse wendinge vir die +hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord op die brosjure <i>Onze +Afrikaans-Hollandse Spreektaal</i>, van Melius de Villiers met 'n +aanhangsel van Ds. A.I. Steytler (1919), waarteen ook J.J. Smith in <i>Die +Huisgenoot</i> op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek 't.<a name="FNanchor_73_73" id="FNanchor_73_73"></a><a href="#Footnote_73_73" class="fnanchor">[73]</a></p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_55_55" id="Footnote_55_55"></a><a href="#FNanchor_55_55"><span class="label">[55]</span></a> <i>Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging</i>, 2de +druk, 1920.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_56_56" id="Footnote_56_56"></a><a href="#FNanchor_56_56"><span class="label">[56]</span></a> Sien <i>Die Huisgenoot</i>, Okt. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_57_57" id="Footnote_57_57"></a><a href="#FNanchor_57_57"><span class="label">[57]</span></a> <i>De Volkstem</i>, 30 Des. 1909. Vgl. <i>Die Huisgenoot</i>, Julie +1922, oor opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse +preke.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_58_58" id="Footnote_58_58"></a><a href="#FNanchor_58_58"><span class="label">[58]</span></a> Aug. 1903.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_59_59" id="Footnote_59_59"></a><a href="#FNanchor_59_59"><span class="label">[59]</span></a> Vgl. Dr. E.C. Pienaar: <i>Taal en Poësie van die Twede +Afr.-Taalbeweging</i><sup>2</sup> p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die +brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14 +<i>Julie</i> 1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste +gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie +perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, +waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van +steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen +ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te +spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven." <i>De +Volkstem</i>, 19 April 1905.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_60_60" id="Footnote_60_60"></a><a href="#FNanchor_60_60"><span class="label">[60]</span></a> <i>De Volkstem</i>, 19 Junie 1907.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_61_61" id="Footnote_61_61"></a><a href="#FNanchor_61_61"><span class="label">[61]</span></a> <i>Dit is ons Ernst</i>, 13 Aug. 1908.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_62_62" id="Footnote_62_62"></a><a href="#FNanchor_62_62"><span class="label">[62]</span></a> <i>Dit is ons Ernst</i>, 13 Aug. 1908.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_63_63" id="Footnote_63_63"></a><a href="#FNanchor_63_63"><span class="label">[63]</span></a> Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering in <i>Die +Brandwag</i>, 15 Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_64_64" id="Footnote_64_64"></a><a href="#FNanchor_64_64"><span class="label">[64]</span></a> <i>De Roeping der Kunst</i>, p. 5 en 25.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_65_65" id="Footnote_65_65"></a><a href="#FNanchor_65_65"><span class="label">[65]</span></a> In 'n artiekel: <i>Het Boek in Engeland (Algemeen +Handelsblad.)</i></p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_66_66" id="Footnote_66_66"></a><a href="#FNanchor_66_66"><span class="label">[66]</span></a> Gesiteer in die <i>Algemeen Handelsblad</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_67_67" id="Footnote_67_67"></a><a href="#FNanchor_67_67"><span class="label">[67]</span></a> Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekel <i>Stryd +en Taalstryd</i>, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_68_68" id="Footnote_68_68"></a><a href="#FNanchor_68_68"><span class="label">[68]</span></a> <i>Oom Gert Vertel<sup>3</sup></i>, p. XX.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_69_69" id="Footnote_69_69"></a><a href="#FNanchor_69_69"><span class="label">[69]</span></a> t.a.p., p. XXI.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_70_70" id="Footnote_70_70"></a><a href="#FNanchor_70_70"><span class="label">[70]</span></a> Tomlinson in <i>Die Brandwag</i> Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_71_71" id="Footnote_71_71"></a><a href="#FNanchor_71_71"><span class="label">[71]</span></a> Vir verder besonderhede oor <i>Ons Moedertaal</i> kan verwys +word na Dr. E.C. Pienaar: <i>Taal en Poësie</i><sup>2</sup>, p. 64-74.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_72_72" id="Footnote_72_72"></a><a href="#FNanchor_72_72"><span class="label">[72]</span></a> Herdruk in <i>Ons Weg deur die Wêreld</i> (1919): <i>Afrikaans +als Voertaal</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_73_73" id="Footnote_73_73"></a><a href="#FNanchor_73_73"><span class="label">[73]</span></a> Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. +Smith se verweer oorgedruk en as pamflet versprei.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_41" id="Page_41">[Pg 41]</a></span> +</p> +<h2><a name="HOOFSTUK_III" id="HOOFSTUK_III"></a>HOOFSTUK III.</h2> + +<h3>Prosa uit die Tydskrifte.<a name="FNanchor_74_74" id="FNanchor_74_74"></a><a href="#Footnote_74_74" class="fnanchor">[74]</a></h3> + + +<h3>§ 1.(a) De Goede Hoop (1903-1914).</h3> + +<p>Die oprigting van die tydskrif <i>De Goede Hoop</i> in Julie 1903 deur Mev. +Koopmans-de Wet en "Onze Jan", "benevens andere der voorste Afrikaners +in de Kaapstad".<a name="FNanchor_75_75" id="FNanchor_75_75"></a><a href="#Footnote_75_75" class="fnanchor">[75]</a> met Adv. J.H.H. de Waal, 'n erkende voorstander van +Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in +die geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier +van die Eerste Beweging, Ds. S.J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse +politiek van ná 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met +soveel opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste +spartelings van die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909 +geduur, toe die tydskrif <i>Ons Taal</i> dood gekwyn 't, maar veral om +politieke redes moes daar 'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die +ondersteuning van <i>De Goede Hoop</i> deur "Onze Jan" was 'n voldoende +waarborg vir die eg-Afrikaanse rigting van die blad, en die redakteur +het van die staanspoor af vasgetrap vir Afrikaans. Deur sy verstandige +stadig-oor-die-klippers-taktiek<a name="FNanchor_76_76" id="FNanchor_76_76"></a><a href="#Footnote_76_76" class="fnanchor">[76]</a> het hy veel gedoen om <span class='pagenum'><a name="Page_42" id="Page_42">[Pg 42]</a></span> +die ou +vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl sy kragtige +artiekels onder die <i>nom de plume Jan van Rozenburg</i> 'n groot stoot aan +die nasionale beweging gegee het. <i>De Goede Hoop</i> was dan ook veel meer +as 'n "eerste voorbode van die naderende renaissance", soos Dr. E.C. +Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). "Van Kaapstad begint +die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een van +die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle +voortrekkerswerk gedoen het.</p> + +<p>Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging +besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit "op +sy kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E.C. Pienaar +doen, (Diss. p. 1) is stellig onjuis.<a name="FNanchor_77_77" id="FNanchor_77_77"></a><a href="#Footnote_77_77" class="fnanchor">[77]</a></p> + +<p><i>De Goede Hoop</i> het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was +tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.<a name="FNanchor_78_78" id="FNanchor_78_78"></a><a href="#Footnote_78_78" class="fnanchor">[78]</a> Dit het dan ook veral by +jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie +dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende +hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse +prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, +luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar +ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reël.</p> + +<p>Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die +volgende: "In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een +listige mededinger om de hand van de beminde ... Onverwachte +<span class='pagenum'><a name="Page_43" id="Page_43">[Pg 43]</a></span> +gebeurtenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig +tegen" (<i>G.H.</i> April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se +roman <i>Vergeet Nie</i>, en in nommer van Des. 1911 hoor ons van +"verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman".</p> + +<p>Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy +bewondering vir <i>Johannes van Wyk</i>. By sy beoordeling het die betekenis +van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. "Ons volkstaal, ons +dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en +verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of +andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en +waardering." Vandag sal Malherbe seker nie meer van <i>Johannes van Wyk</i> +o.a. beweer nie: "Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en +gebeurtenisse in die oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole +die inwendige van sy persone."</p> + + +<h4>(b). De Goede Hoop (1915-1921).</h4> + +<p>Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is +in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.<a name="FNanchor_79_79" id="FNanchor_79_79"></a><a href="#Footnote_79_79" class="fnanchor">[79]</a> In sy +studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid +en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie +voortgeset; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom +van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropies, kerklik en +wetenskaplik gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van +die A.T.V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die +wysbegeerte aan die Stellenbosse Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van +sy werk is in Hollands, o.a. <i>Spoken</i> en <i>Eerbied</i>. Die Afrikaanse +brosjure <i>Die Afrikaanse Nasie</i> is al onder Polemiese Prosa bespreek.</p> + +<p>Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se redaksie +nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans in +voorkom, word <span class='pagenum'><a name="Page_44" id="Page_44">[Pg 44]</a></span> +dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral +die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. +Die voorstanders van Afrikaans verenig hul rondom <i>Ons Moedertaal</i> +(1914), later verenig met <i>Die Huisgenoot</i> (1916) en <i>Die Brandwag</i> +(1910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee +kampe splits, invloed gehad 't op die groepering van lesers is +ontwyfelbaar. In hierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die +tydskrifte sou 'n nadere bespreking van die kwessie egter uit sy plek +wees.</p> + +<p>Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige +Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf +Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke <i>Die Spraaksame +Ossewa</i><a name="FNanchor_80_80" id="FNanchor_80_80"></a><a href="#Footnote_80_80" class="fnanchor">[80]</a> in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die +menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van +die as, wat "'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa" +is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by +Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik +aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. "Die ossewa is al +oud en daar sit wysheid in sy jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese +vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek +vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur. +Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur +kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende: +"as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919).</p> + +<p>Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry +blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen +uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word +aangegee, nl. die verhaal <i>Hansie Smal</i>, wat in een van die nommers van +die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee +Brümmer die verrassende uitspraak: "Poëzie moet vloeien, moet <i>zalvend</i> +zijn....<a name="FNanchor_81_81" id="FNanchor_81_81"></a><a href="#Footnote_81_81" class="fnanchor">[81]</a> (Sept. 1916). Dit staan daar!</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_45" id="Page_45">[Pg 45]</a></span> +Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n +eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende "gedig" dien, +wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is:</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">Geagte Heer, die editeur,<br /></span> +<span class="i2">Ek wil vir jou weer pla,<br /></span> +<span class="i0">Want ek wil in die "Goede Hoop"<br /></span> +<span class="i2">Vir jou 'n plekkie vra.<br /></span> +<span class="i0">Ek wil ook iets vir jou instuur<br /></span> +<span class="i2">Soos al jou vrindetal;<br /></span> +<span class="i0">En daarom skryf ek nou vir jou<br /></span> +<span class="i2">Oor "Lente in die Dal",<br /></span> +</div></div> + +<p>Op die manier kry die rymelaar "Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol! +(Sept. 1920.)</p> + +<p>Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte +nie. Dit is van "'n weerspannige dogter", wat "met 'n treurige, bleek +gesiggie.... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir +Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in +'n ... klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy +beskeidenheid, "versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n +ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid.</p> + +<p>'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy +beste werk in <i>Die Brandwag</i> verskyn het, word dit daar bespreek.</p> + +<p>Die letterkundige kritiek van <i>De Goede Hoop</i> bestaan nog altyd uit kort +aankondiginge. "Dons maar op, alles sal reg kom!" word <i>Marius</i> +toegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in +<i>De Goede Hoop</i> soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd +loop.</p> + + +<h3>§ 2. Die Brandwag (1910-1922).</h3> + +<p><i>Die Brandwag</i> is opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W.M.R. +Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1 +September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy in +<span class='pagenum'><a name="Page_46" id="Page_46">[Pg 46]</a></span> +September 1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer +totdat die uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word.</p> + +<p>Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: "Die +Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog +onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat +opgevul word deur "vreemde kaf, als <i>Home Notes</i> en <i>Home Chat</i> en <i>Home +Journal</i>, enz." Verder wil die tydskrif probeer om "leiding en koers te +geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar +streven ... 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot +maken." Met die uitvoering van die programma het die blad uitstekend +geslaag en dank sy die medewerking van feitlik alle skrywers en digters +van betekenis kon dit 'n hoë literêre peil bereik en tot die end toe +handhaaf. Dat die blad 'n faktor van groot betekenis in die kultuur- en +taalstryd was is ongetwyfeld, en die verdwyning daarvan moet as 'n ramp +beskou word. Daar is werk van blywende waarde in gepubliseer en deur +middel van die wedstryde het 'n hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem +van Bruggen, Léon Maré, E. de Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e.a. +bekend geword. In die kinder-afdeling het Mev. Iz. van Heerden naam +gemaak met haar voortreflike verhale, sodat "Tannie van Die Brandwag" 'n +geliefde naam by die kleinspan oor die hele land is.</p> + +<p>Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns +ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse +kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns, +terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese +belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op +die publikasie van ou handskrifte: "Daar is al soveel in die laaste +oorlog verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog +te redde is." (15 Julie 1910.)</p> + +<p>Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste +jaargang waarsku die opstelle-kommissie teen verhale met "awonture en +kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie +gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voorstelling <span class='pagenum'><a name="Page_47" id="Page_47">[Pg 47]</a></span> +van buitengewone +of gewone gebeurtenisse—met ware en rake tekening van karakters." (Des. +1910.) Die krietikus X verklaar: "Ons skrywers begin in te sien, dat die +krag en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting +van buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid +van skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van +karakter-uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is +nog iets anders as die "gemoedprikkelende verrassingen", waar <i>De Goede +Hoop</i> na gesoek het!</p> + +<p>Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek +al 'n gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot +wat G.S. P(reller) noem "onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysinge" +(15 Sept. 1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir +die besonder Afrikaanse kultuurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat +dit geen blywende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is +J.F.E. C(elliers) se beoordeling van <i>Stompies</i> deur Adv. J.H.H. de +Waal. "Ons is bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander +land daarvan gesê mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't +vir ons S.A. goed is, en dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan +lees en aan dink en aan gebruik van sy eie taal te bring, alle lof +verdien. Die skrywer siet goed in dat romanties aangelegde verhaaltjies, +met 'n pikante sousie van awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor, +meer lesers sal trek dan iets wat bepaald op letterkunde aangelê is, op +karakter- en gevoelstudie van 'n fynere soort.... Nou die skrywer die +<i>groot</i> publiek al by herhaling tevrede gestel het, spreek ons die hoop +uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien wat in diepgang, in gevoel- en +karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal wees in ons +wêrelddeel ..." (15 Jan. 1912.)</p> + +<p>In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as +krietikus, en ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mens van een +wat self digter is, nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie. +Sonderling is b.v. die volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen +se bundel <i>Lente-Stemme</i>: "Om die soort van <span class='pagenum'><a name="Page_48" id="Page_48">[Pg 48]</a></span> +gediggies goed te maak, is +veel moeiliker dan om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese +bekwaamheid en seker veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle +spore van sukkel uit jou werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920). +Nadat hy die aanwesigheid van "ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê +hy: "Al wat makeer is die handskaaf en die sandpapier.... En laat die +digter dit vir 'n grondbeginsel eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte +rympie is handewerk van net soveel betekenis as inspirasie." Na +aanleiding van dié resensie het ek aangetoon, dat so 'n beginsel 'n +absolute miskenning van die wese van alle egte poësie is. (<i>Die +Brandwag</i>, Okt. 1920.)<a name="FNanchor_82_82" id="FNanchor_82_82"></a><a href="#Footnote_82_82" class="fnanchor">[82]</a> Dit is bes moontlik, dat Marais met <i>skaaf</i> +en <i>handwerk</i> iets anders bedoel as die gewone opvatting van dié woorde +in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu dateer. Hy +moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met +betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand.</p> + +<p>Een van die trouste medewerkers was</p> + +<h4>Jan F.E. Celliers.<a name="FNanchor_83_83" id="FNanchor_83_83"></a><a href="#Footnote_83_83" class="fnanchor">[83]</a></h4> + +<p>As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees +verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. In <i>Die +Brandwag</i> het onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat +prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei +historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke +munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat +dit dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste +daarvan is later herdruk in sy <i>Afrikaanse Leesboek</i> (1920). Veel het hy +ook gedoen om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor +letterkunde te bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks +artiekels, getietel <span class='pagenum'><a name="Page_49" id="Page_49">[Pg 49]</a></span> +<i>Lewe en Lettere</i> in <i>Die Burger</i>, 1921,<a name="FNanchor_84_84" id="FNanchor_84_84"></a><a href="#Footnote_84_84" class="fnanchor">[84]</a> waarin +hy blyk gee van 'n gesonde kunsopvatting. In die stadium van +ontwikkeling, waarin ons volk tans verkeer, is so 'n causerie oor kuns +van groot waarde. 'n Verdienstelike omwerking van 'n roman van Henri +Bordeaux, <i>Bang vir die Lewe</i>, het ook van hom in <i>Die Brandwag</i> verskyn +en is later opgeneem in Die Burger-leeskring (1919). <i>Colombo</i> van +Prosper Mérimée het hy ook daarvoor vertaal (1920).</p> + +<p>Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar +verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die +kleinste klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van +hom as digter mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n +jubelende ekstase: "O <i>laat</i> my hier verlore raak, hier altyd bly, hier +sterwe as dit moet, want hier bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so +naby die Onsienlike as nêrens anders nie...." (<i>Die Brandwag</i>, Jan. +1917.) "Ons wil een word met die gaos van dartelende geluk en +ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die mallende, krullende +skuim, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde vrye roes van +uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In sy +uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in +verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. "Die see in +die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag—dronk, +mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself +oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, +swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit +oor-soppend die rotsbanke se skulp-skurfte, swoep! opdoeffend teen +blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in +puntjies uitpyl en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning +omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in +rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in +altyd-durende dans van strydlustige durf en ongeduld." (id.)<a name="FNanchor_85_85" id="FNanchor_85_85"></a><a href="#Footnote_85_85" class="fnanchor">[85]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_50" id="Page_50">[Pg 50]</a></span> +"Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende +kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik—met 'n stadig-lange swaai, +net of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande +of val in die rivier naas die skuit." (<i>Die Brandwag</i>, Jan. 1917.)</p> + +<p>Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars! +Noem dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van +Querido-aanse oorlading—ook goed; maar hier is in elk geval 'n +ontroerde, wat soek na treffende segging en juiste klank.</p> + +<p>Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur +nie; hy is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek, +telkens met 'n wondervraag stilstaan. "Pylsnel skiet 'n groot +naaldekoker soos 'n blou bliksemstraal deur die lug en is weg met een +van die stryders. En ek verwyder my, met die ewige vraag op my lippe, +hier as in die groot wêreld daarbuite: Waarom, God, waarom?" (<i>Leesboek</i> +p. 206.)</p> + +<p>"Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die +vraag aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is +alles sommerso?" (id. p. 204.)</p> + +<p>"Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees, +in elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur: <i>wat, waar is +die groot geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?" +(In die Kango-grotte. Die Brandwag</i>, April 1918.)</p> + +<p>Mooi plastiese uitbeelding is daar ook in <i>Winter-môre-mark</i>: "Kaffers +wat werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die +broeksakke, elke voet eina-eina neergeset,—almal ewe stuurs.... 'n +Pikenien het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy +kaal pensie, en daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as +aan kleef." (<i>Leesboek</i> p. 133.)</p> + +<p>Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook geskryf: +<i>Sy tel nie mee nie</i>, en <i>Nie nodig nie</i>, in sy <i>Leesboek</i> en <i>Waarom Hy +en nie Ek nie?</i> in <i>Die Brandwag</i> (15 Maart 1914). Hier is hy ook die +woord-arties, wat ons verras met fris beeldspraak. "Arme Gawie verwag 'n +bondgenoot en uitredder in oupa en begin dadelik: "Meneer, is dit nou +reg...." maar, wie <span class='pagenum'><a name="Page_51" id="Page_51">[Pg 51]</a></span> +sê, die ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n +maxim-sarsie van kort en klein gekapte skreeuerige woorde...." Onder sy +ander verhale munt die volgende uit: <i>Suster Greta</i>, (5 Aug. 1913); <i>'n +Ou Vlam</i>, (1 Mei 1912). <i>Vyf Minute</i>, (15 Junie 1913), is besonder goed +gestileer. Die goeie beginsels wat hy in <i>Die Huisgenoot</i>, (Aug. 1919) +aanbeveel, word hier toegepas—geen kakelbonte awonture nie—maar studie +van die mens.<a name="FNanchor_86_86" id="FNanchor_86_86"></a><a href="#Footnote_86_86" class="fnanchor">[86]</a> Van sy hand is ook die reeks didaktiese <i>Briewe van +Bram</i>, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom.<a name="FNanchor_87_87" id="FNanchor_87_87"></a><a href="#Footnote_87_87" class="fnanchor">[87]</a></p> + +<p>Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van +belang: <i>"Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens</i>,<a name="FNanchor_88_88" id="FNanchor_88_88"></a><a href="#Footnote_88_88" class="fnanchor">[88]</a> +omdat dit ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy +strewe naar geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid.... In ons +land het 'n skrywer 'n besonder moeilike taak: hy staat voor die +moeilikheid dat die buite-bevolking ander leesstof nodig het as die +dorpsbevolking; en hy mag die buite-bevolking nie sommer aan hul lot +oorlaat nie, en sê, "ek bemoei my net met die dorpsmense", omdat die +Afrikaners te min in aantal is teenoor die inkomelinge van buite, omdat +elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die skaal is vir ons taal- en +volksbestaan. <i>Die nasionale skrywer moet as-ware elke Afrikaner uit +snuffel en soek om hom 'n skool te gee, 'n meester, 'n boek, wat hy kan +verstaan, wat hom voorlig en opvoed</i>.<a name="FNanchor_89_89" id="FNanchor_89_89"></a><a href="#Footnote_89_89" class="fnanchor">[89]</a> Hier staan Celliers dus op +dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die se opvatting +sal die vraag nader bespreek word.<a name="FNanchor_90_90" id="FNanchor_90_90"></a><a href="#Footnote_90_90" class="fnanchor">[90]</a> 'n Groot gedeelte van Celliers se +prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang om die +volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê +hy verder: "Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en +geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld.... Aan hom +moet ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking +kan deurstaan met die <span class='pagenum'><a name="Page_52" id="Page_52">[Pg 52]</a></span> +letterkundige voortbrengsels van die +buiteland.... Die Afrikaanse kunstenaar moet dus <i>nie altyd</i><a name="FNanchor_91_91" id="FNanchor_91_91"></a><a href="#Footnote_91_91" class="fnanchor">[91]</a> +uitsluitend aan die beginner dink nie <i>en sy gevoel of siening in-toom +nie</i><a href="#Footnote_91_91">[91]</a>—hy moet daar dikwels die volle teuel aan gee en die +allerbeste lewer wat hy kan, want veral die opgevoede man moet vir ons +taal en nasionale saak gewin word ..." In sy poësie word die twede +gedeelte van die program uitgewerk en gelukkig het dit weinig gely onder +sy didaktiese en patriotiese geteoretiseer. As 'n <span class='g'>digter</span> ons kom +vertel, dat hy <i>nie altyd</i> ... <i>sy gevoel of siening in-toom nie</i>, +m.a.w. dat hy dit soms tòg doen om vir die "beginner" bevatlik te wees, +dan sou ons verwag dat dit met sy kuns heeltemal misloop, hoe goed die +bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is dit by Jan Celliers nie die geval +nie. Wat C.R. de Klerk van Vondel sê, geld ook hier: "De beste schilders +zijn niet zelden de onbeholpenste stamelaars als ze hun eigen werk +trachten te duiden in woorden."<a name="FNanchor_92_92" id="FNanchor_92_92"></a><a href="#Footnote_92_92" class="fnanchor">[92]</a> "Nut en stichting", "nuttigheid voor +de scholieren en opluikende jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan +een Berecht van Vondel, maar in sy beste werk, soos b.v. die <i>Lucifer</i>, +vergeet hy totaal, dat hy die mense wou "verbeter" en is hy veral 'n +<i>soeker van skoonheid</i>. Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die +laaste tyd ook in sy teoretiese beskouing 'n veel juister standpunt +inneem. "Geniale uitbeelding, plastiese voorstelling, dis die eintlike +werk van die kuns, die letterkunde. En die uitbeelding is hier alleen +goed as dit, daardeurheen, die gronde en dieptes laat sien, <i>sonder dat +dit die eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was om bepaald +sedelik of opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die +onderwyser</i>. 'n Ware kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese +stemming of gevoel, wat sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n +bepaalde doel gehad het. As die vrye uiting hom 'n rigting laat +voorskrywe deur 'n sedelike of ander doel, word persone en toestande +vanself verdraai, pasklaar gemaak, om aan die doel of <span class='pagenum'><a name="Page_53" id="Page_53">[Pg 53]</a></span> +strekking +diensbaar te wees, en dan is so 'n werk, as kunswerk, nie meer van die +beste nie."<a name="FNanchor_93_93" id="FNanchor_93_93"></a><a href="#Footnote_93_93" class="fnanchor">[93]</a></p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie +se werk herhaaldelik bekroon is, is</p> + +<h4>Hettie Cillié.</h4> + +<p>Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na +Transvaal getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die +Hugenote-Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir +histories-romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en +sketse is in verskillende krante en tydskrifte gepubliseer.<a name="FNanchor_94_94" id="FNanchor_94_94"></a><a href="#Footnote_94_94" class="fnanchor">[94]</a></p> + +<p>Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n +rol speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar +karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend +genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so +onpersoonlik is. <i>Twee Susters, (Die Brandwag</i>, 1 Maart 1913) en <i>'n +Ongeluk</i>, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename +toon vertel.</p> + +<h4>Emanuel H.F. de Roubaix.</h4> + +<p>Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte +verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby +Nieuwoudtville. Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste +lektuur was die Bybel, Katkisasieboek, <i>Ons Kleintji</i> en <i>Ons Tydskrif</i>. +In 1898 kon hy op Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse "Step by +Step" begin. Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit.</p> + +<p>In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in +Namakwaland. Veertien jaar was hy op <span class='pagenum'><a name="Page_54" id="Page_54">[Pg 54]</a></span> +Roggeland en vanaf 1922 is hy op +Paardekraal (Noord-Bokveld).</p> + +<p>Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang +trektogte—dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks +los anekdotes, (<i>Op wag in Boesmanland</i> b.v., (<i>Die Brandwag</i>, 1 Mei +1916), maar meestal 'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur, +en in eenvoudige, ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy +onderwerp, vertel hy die ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n +primitiewe beskawing, wat hy beskryf in onopgesmukte toneeltjies van +roerende eenvoudigheid. Treffend het hy die agterdog van die +Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede geteken in <i>In die Land van +Dr. Steenkamp</i>, (<i>Die Brandwag</i>, Julie 1920). In sy styl is daar af en +toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit vasgewortel in +die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder gelukkig. Daar +stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self. Onwaarskynlik klink +dit b.v. om 'n Namakwalandse "boggie van veertien jaar" te hoor praat +van "ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware skulderkentenis", +(<i>Die Brandwag</i>, 1 Des. 1917). Ook die outa in <i>Maar 'n ou Hotnot</i> praat +'n opgepoetste, onware taal.</p> + +<p>In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese +grieselighede. So teken hy in <i>Pietertjie en Johannetjie</i> 'n verlore +seun, wat op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (<i>Die +Huisgenoot</i>, Junie 1920.)</p> + +<h4>Iz. van Heerden—(<span class="smcap">Vaalswaer</span>).</h4> + +<p>Onder die jagstories, wat in <i>Die Brandwag</i> verskyn het, verdien die +reeks <i>Herinneringe van 'n Jagter</i> deur <i>Vaalswaer</i> vermelding. Dit is +geen geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n +klein anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter, +wat onder die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met +'n paar trekkies mooi 'n stemming aandui. 'n Goeie voorbeeld daarvan +staan in die nommer van 1 Oktober 1916. <i>Vaalswaer</i> is in 1870 in die +distrik Cradock gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saamgewerk <span class='pagenum'><a name="Page_55" id="Page_55">[Pg 55]</a></span> +in +die taalstryd, o.a. as sekretaris van die A.T.G. Met sy eggenote, +<i>Tannie</i>, woon hy nou op Potgietersrust.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p><i>Die Brandwag</i> bevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale, +waarvan o.a. die volgende kan genoem word: <i>'n Bestorming</i> deur Nig +Mimmie (15 Mei 1911); <i>Oormag</i> deur P. (Sept. 1921); <i>Boere op See</i> deur +O.D. (Sept. 1921).</p> + +<p>Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende +veral aandag: <i>Die Bymot</i> deur Carl Jeppe (15 Des. 1910); <i>Sy Terugkoms</i> +deur Steph. Maré (1 Des. 1912); <i>Wraak</i> deur J.F. Engelbrecht (15 Des. +1912); <i>'n Brief</i> deur H. (1 Des. 1915); <i>Oom Hans</i> (Sept. 1921). Van +sulke min of meer onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan +saamgestel word. As vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in +Afrikaans: <i>Die Niggies van die Kommandeur </i> verskyn deur J.F. van Oordt +(1856-1918),'n skrywer, wat onder die naam <i>D'Arbez</i> 'n hele reeks +Hoog-Hollandse romans gepubliseer het<a name="FNanchor_95_95" id="FNanchor_95_95"></a><a href="#Footnote_95_95" class="fnanchor">[95]</a>. Van hom is ook die verhaal +<i>Die Wolwegat</i>, later opgeneem in die bundel <i>Losse Klippe</i>.</p> + + +<h3>§ 3. Die Huisgenoot (1916-1921).</h3> + +<p>In Mei 1916 is <i>Die Huisgenoot opgerig</i> onder redaksie van Prof. J.J. +Smith, as vertegenwoordiger van die Afrikaanse Taal-Vereniging en C.J.L. +Ruysch van Dugteren, van die Nasionale Pers. Met die blad is verenig die +A.T.V. orgaan, <i>Ons Moedertaal</i>, wat onder die oorlogsdruk moeilik kon +bestaan<a name="FNanchor_96_96" id="FNanchor_96_96"></a><a href="#Footnote_96_96" class="fnanchor">[96]</a>. Na die dood van Ruysch van Dugteren in 1918 is Prof. Smith +alleen redakteur. Ofskoon Hollandse stukke natuurlik nog 'n enkele maal +opgeneem word, verskyn die blad sedert 1918 feitlik uitsluitend in +Afrikaans. Dit is ook die offisiële orgaan van die <span class='g'>A.T.V., A.C. V.V., +O.V.V.</span> <i>Helpmekaar</i> en <i>Werda</i>.</p> + +<p>Die doel van <i>Die Huisgenoot</i> word in die uitgawe <span class='pagenum'><a name="Page_56" id="Page_56">[Pg 56]</a></span> +van Julie 1917 só +aangedui: "<i>Die Huisgenoot</i> is 'n tydskrif, wat tot doel het die +handhawing van ons taalregte en die bevordering van Afrikaans. Dit wil, +sonder die terrein van partypolitiek te betree, meewerk in die opbou van +ons nasionale lewe deur die aandag te vestig op alles wat goed is in die +geskiedenis, owerleweringe en ideale van Hollands Suid-Afrika." Heel +goed word die geaardheid van die blad deur die redakteur beskryf: "<i>Die +Huisgenoot</i> het probeer om populêr te wees, sonder om juis die wetenskap +enige geweld aan te doen; en dit was altyd sy strewe om vir elke leser +in die Afrikaanse wêreld iets boeiends te verskaf. Deur +lewensbeskrywinge van groot Afrikaners, deur sketse uit ons dierewêreld, +deur stukke oor Suid-Afrikaanse kuns, deur verhale vir kinders en +grootmense, deur die bespreking van taalkwessies, deur wenke vir die +vrou, deur foto's, grappies en ander sake, het ons probeer om met die +smaak van al ons lesers enigsins rekening te hou. Ons het, met ander +woorde, 'n bont verskeidenheid nagestreef...." (Mei 1918). Met groot +sukses het die blad sy program uitgewerk. In die moeilike taak om +wetenskaplik en daarby ook populêr te wees, het die redaksie vry goed +geslaag. Voorlopig skyn die bestaan van 'n tydskrif nog daarvan af te +hang, want pas in 1922 het die pogings om 'n suiwer wetenskaplike en +kuns-blad te stig sukses gehad<a name="FNanchor_97_97" id="FNanchor_97_97"></a><a href="#Footnote_97_97" class="fnanchor">[97]</a>.</p> + +<p>Deur 'n konsekwente, ofskoon krietiese toepassing van die Akademie-reëls +het <i>Die Huisgenoot</i> veel gedoen om aan die verwarring op spellinggebied +'n einde te maak en die afdeling <i>Taalvrae</i> was seker een van die +nuttigste. Tog het die redaksie nooit uit die oog verloor nie, dat daar +naas die taal nog ander belangrike sake was. "We moeten een volk zijn +met eigen taal niet alleen, maar met eigen tradities, eigen bouwkunst, +eigen schilderkunst, eigen muziek, eigen levensopvatting." (Feb. +1917.)—"'n Volk wat hom ten volle wens te ontwikkel en wat 'n waardige +plek onder die nasies van die wêreld wil beklee moet hom op alle +gebied(e) ontwikkel. Dit is nie genoeg dat ons vir ons taalregte stry +nie; en dit is ook <span class='pagenum'><a name="Page_57" id="Page_57">[Pg 57]</a></span> +nie genoeg om na politieke mag te strewe nie...." +(Julie 1919).—"Uit ekonomiese afhanklikheid spruit alte dikwels +kultuurslawerny...." (April 1919).</p> + +<p>Daar is een geval waar die ywer vir die taal van letterkundige standpunt +minder gelukkig was. B. Spoelstra bring, "op 'n heel interessante +manier", seg die redakteur 'n versameling van ses-en-vyftig spreekwoorde +in 'n verhaaltjie byeen, (Jan. en Mei 1921) en ander lesers word +aangespoor om die spreekwoord-gimnastiek na te volg! Tot watter +verwarrende beeldspraak dit aanleiding gee, blyk al uit die eerste sin: +"Toe ons die ander dag <i>'n voëltjie gehoor fluit 't</i>, dat twee jong +mense <i>die huweliksbootjie wou instap</i>, en al taamlik gou <i>die +vierperdewa wou inspan</i>, het <i>menigeen sy tande geslyp</i> vir die bruilof +en gehoop om weer 'n keer lekker <i>te gaan skoffel</i>." (Jan. 1921.)</p> + +<p>Letterkundige kritiek beslaan 'n vername plaas in die blad en oor die +algemeen is dit op gesonde beginsels gebaseer. Dat die blad hom nie leen +tot onoordeelkundige ophemeling van minderwaardige of middelmatige werk +nie en by sy kritiek steeds 'n hoë peil handhaaf ten spyte van heelwat +teenstand is 'n verblydende teken.</p> + +<p>Dit spreek egter vanself dat met ongeveer 'n vyftiental resensente dit +moeilik gaan om die eenheid op krieties gebied te handhaaf. So word +dieselfde stuk by 'n eerste en twede druk nogal heel verskillend +beoordeel. Dit is die geval met <i>Die Vrou van S.A.</i> (Nov. 1918 deur H.A. +Fagan, Feb. 1922 deur F.B.).</p> + +<p>Veral in die begin van 1919 het 'n paar resensies van verskillende kante +teenspraak uitgelok en aanleiding gegee tot vrugbare polemiek.<a name="FNanchor_98_98" id="FNanchor_98_98"></a><a href="#Footnote_98_98" class="fnanchor">[98]</a></p> + +<p>In Februarie 1919 wys J.J. S(mith) op die algemene gebrek aan tegniek: +"Ons wil (die) skrywers net daarop wys, dat hul ons letterkunde 'n groot +diens sal bewys as hul, voor hul aan die skrywe gaan, eers 'n bietjie +wil studeer en nadink oor die wette wat gedurende die eeue heen in hul +besondere kunsvak geformuleer is." In 1920 word dit nodig om aan die +talryke skryflustiges <span class='pagenum'><a name="Page_58" id="Page_58">[Pg 58]</a></span> +die volgende waarskuwing te gee: "Kyk, die +Afrikaanse Taalbeweging het darem nou 'n stadium bereik waarin ons nie +meer alles wat daar in druk verskyn as hemelval hoef te begroet nie" +(E.C. P(ienaar) Nov.). <i>Slypsteen</i> ontlok aan M.T. die versugting: "Van +Lennep, Van Lennep en sy geesgenote—dat hulle tydperk hier in S.A. +verbygaan!" Daarby word gevoeg: <i>Slypsteen</i> "weet oënskynlik nog niks +van die groot strome in die hele nuwe Europese letterkunde nie." (Julie +1921.)</p> + +<p>Dat daar vir die Europese en meer spesiaal vir die Nederlandse +letterkunde so weinig, of glad geen plaas ingeruim word in <i>Die +Huisgenoot</i> nie is 'n gebrek, waarop ek in die uitgawe van Desember 1920 +gewys het. "Van die kunsafdeling in ons tydskrifte verwag ons veel meer. +Dit behoort ons op die hoogte te hou van kultuuruitinge en -strominge in +ander lande. Deur ons geografiese ligging loop ons groot gevaar om op +kunsgebied agterlik en geïsoleerd te bly. Ons land lê in 'n uithoek, en +die storme wat die gemoedere elders in heftige beroering bring, gly as +geruislose kabbeling om ons kuste heen, soms 'n paar verdwaalde +opdrifsels meevoerende. Vir ons tydskrifte meen ek is die tyd tans gekom +vir 'n breër behandeling van die literatuur, vir 'n intenser meelewe in +die literêre strominge van die wêreld, sonder welke dit onmoontlik is om +die literatuur van enige land te begryp. Deur vergelykende studie alleen +kom ons tot 'n besef van die groot eenheid, tot 'n begrip van die +menigvuldige aanknopingspunte tussen die nasionale en die internasionale +kultuur. Dit is onmoontlik om elke literatuur in 'n aparte hokkie te +hou. Ons moet in staat wees om 'n blik oor die gehele wetenskap te werp, +en op dié wyse alleen kan ons die onderlinge verband tussen die +verskillende dele en die grote geheel begryp."<a name="FNanchor_99_99" id="FNanchor_99_99"></a><a href="#Footnote_99_99" class="fnanchor">[99]</a></p> + +<p>Tot die prosaskrywers, wat in <i>Die Huisgenoot</i> gedebuteer het, behoort +A. du Biel, (<i>Getrou</i> en 'n paar kort verhale) en A.A. Pienaar +(Sangiro). Die kort verhale, wat enigsins bo die middelmatige uitkom is +besonder skaars. Die meeste daarvan verraai 'n <span class='pagenum'><a name="Page_59" id="Page_59">[Pg 59]</a></span> +ongeoefende hand. +<i>Onsigbare Hande</i> deur M. Linde (Maart 1920) en veral <i>Die Bosduiwenes</i> +deur J.W. (Des. 1920) verdien vermelding. Laasgenoemde is sonder enige +mooi-doenery, vol stemming en goed vertel. Ook die volgende bevat 'n +belofte: <i>Die Ou Bliktrommel</i> (Aug. 1917) deur <i>Kleinjan</i>, J.R.L. van +Bruggen, die digter van <i>Lente-Stemme</i>, en <i>Vergeet-my-Nietjies</i> deur +Rikie Postma (Des. 1921).</p> + +<p>Van die digter, Dr. C. Louis Leipoldt het o.a. verskyn: <i>Wit Anjeliere</i> +(Nov. 1919) en <i>Die Transportryer se Storie</i> (Okt. 1921). Hy laat graag +'n onopgeloste raaiseltjie aan die leser oor om tot nadenk te prikkel. +Dit is in ooreenstemming met sy kritiek oor Van Reenen se <i>Celestine</i>, +waar hy sê: "'n Ware kunstenaar fluister as hy by so 'n punt (waar jou +hare moet rys) kom: juis die sagte gefluister gee die indruk van +geheimsinnigheid, moedeloosheid, angs, gevaar, smart, vertwyfling." +(Nov. 1919.) Maar sy besgeslaagde verhaal het in <i>Die Brandwag</i> verskyn +(1 Aug. 1914). Dis 'n digterlike sprokie van wondervolle teerheid: <i>Die +Weeskindjie, wat 'n moeder wou hê!</i></p> + +<p>Die griep-epidemie, die opstand in 1914 en die druk van die oorlog, dit +is oorsake, wat die getal "blyeyndende" verhale so klein maak in die +jare 1918 en 1919, en 'n besondere voorliefde vir die skildering van +treurige voorvalle in die hand werk. Die strekkings-verhale van +<i>Hermanus</i> behoort tot die gebied van die traktaatjiesliteratuur. <i>As +Vader gaan Biljart speel</i> kan dien as staaltjie, (Nov. 1921). 'n +Voorbeeld van valse romantiekerigheid gee N.H. Theunissen in sy verhaal: +<i>Tussen die Aand- en Môre-skemer</i> (April 1920). Hy wil 'n digterlike +Voortrekkersdogter en haar dom-onnosele vryer uitbeeld. Dit sou moeilik +gaan om meer staaltjies van verknoeide viesie en onware tekening in 'n +kort verhaal bymekaar te bring. "Oor die lieflike gesiggie sprei daar 'n +tergende glimlag, ... en haar oë, <i>diep poele van geheimsinnigheid</i>, +verduister, en word <i>onleesbaar</i>." Die arme Jan kry les in digterlike +natuur-beskouing. "Kom en kyk hoe mooi lyk die groot bome, hoe hulle +hulde bring aan die sonsondergang." Die raadselagtige nooi word so +geteken: "Sy was die <span class='pagenum'><a name="Page_60" id="Page_60">[Pg 60]</a></span> +verpersoonliking van leed en van vreugde. Die +groot ruimtes was haar wêreld. Sy het geleef en gevoel vir alles om +haar. Vir haar <i>mede-wagenote</i> was sy <i>onaantasbaar</i>. Hulle siele kon +nie saamgaan met haar langs die babbelende strome, na die <i>soemende</i> +bosse op 'n blosende môre nie." As Jan haar in sy arme neem is daar in +haar "geen antwoordende vuur nie". Gelukkig, want in die dae was daar +nog geen brandweer nie! Maar nou kry Jan weer les in sielkunde: "Die +bloed wat deur my stroom, het die are van die wêreld gegee; die hart wat +in my klop, is die kloppende hart van die see. Sien jy, Jan, ek kan ook +rym!... Van uit die diepe aarde, van uit die waters het my liggaam +gekom; en my liggaam is 'n <i>hok</i> (sic!) van drome" ... Sy dowwe verstand +kon haar woorde nie volg nie. Die beeldspraak was buite die enge kring +van sy gedagtes." Ook ons slaan dit totaal dronk! Maar die domme Jan +ondergaan 'n gedaanteverwisseling. "Sy ontvang sy lippe sonder weerstand +... Hy trek hom weg en kyk na haar oë. 'n Straal van kennis, 'n +profeteviesie het hom ingevloei". Soe! maar dis darem vir jou 'n nooi! +In die aand het "die stergegordelde nag haar omhels" en na die Soeloes +se aanval "sluit hulle hul lippe in wederkerige, ewigdurende liefde, +terwyl die bloed hulle monde oorstelp. Al die vlekke op die gesigte van +die dode word deur 'n engelehand uitgewis. Die man se gesig word kalm, +oorsprei met 'n waas van alomkennis ..."—"Geef ons natuur en waarheid +weer" mag ons wel uitroep! Gelukkig is dit op ander plekke in die blad +wel aanwesig.</p> + + +<h3>§4. Ander Tydskrifte.</h3> + +<p>In <i>Die Boerevrou</i>, 'n damesblad, opgerig in Maart 1919 onder redaksie +van Mevrou K. Malherbe het 'n paar mooi verhale van Adv. Eugène, N. +Marais verskyn, o.a.: <i>Die Brief van Nooitgedag</i> (Des. 1919)<a name="FNanchor_100_100" id="FNanchor_100_100"></a><a href="#Footnote_100_100" class="fnanchor">[100]</a>. Ook +<span class='pagenum'><a name="Page_61" id="Page_61">[Pg 61]</a></span> +F. v.d. Heever,<a name="FNanchor_101_101" id="FNanchor_101_101"></a><a href="#Footnote_101_101" class="fnanchor">[101]</a> van wie in 1919 'n bundel gedigte uitgegee is, het +'n paar veelbelowende sketse geskryf, waaronder: <i>Werkstaking by die +Kleigat</i> (Mei 1922) uitmunt deur plastiese tekening.</p> + +<p>Sedert Maart 1920 het 'n orgaan van die Afrikaanse Studentebond as +byvoegsel van <i>Die Brandwag</i> verskyn onder die naam <i>Die Banier</i>. Die +inhoud was meestal van wetenskaplike aard en word hier dus nie nader +bespreek nie.</p> + +<p>In Junie 1922 het onder redaksie van Dr. D.F. Malherbe verskyn die +<i>Tydskrif vir Wetenskap en Kuns</i>. In die voorwoord word gesê: "Ons (wil) +met hierdie Tydskrif 'n gees van ernstige studie help aankweek, +geleentheid bied vir elkeen wat oorspronklike beskouinge het of nuwe +resultate of nuwe materiaal om te publiseer.... Laat die Tydskrif dan 'n +middel wees om Afrikaans betekenis te verleen in die wetenskaplike +wêreld, om te ontplooi die rykdom van sy vormende krag, sy vermoë om die +nuwe woord te skep wat met raak seggingskrag verras, om te openbaar sy +suiwerheid en helder eenvoud, om te getuig van sy mondigheid en +bruikbaarheid op elke gebied van die geestelike lewe, om deur sy +veelsydigheid van uiting ons volkskultuur tot skoner bloei te bevorder." +Die blad wil ook gee "kunskritiek wat kan oprys uit die vlakteveld van +dorre eensydigheid tot 'n hoër plan met wyer uitsigte." Die oprigting +van so 'n tydskrif is 'n bewys van die gestadige ontwikkeling en +ernstige strewe van die Twede Beweging.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_74_74" id="Footnote_74_74"></a><a href="#FNanchor_74_74"><span class="label">[74]</span></a> Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of +verhale van skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, +word hier nie behandel nie.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_75_75" id="Footnote_75_75"></a><a href="#FNanchor_75_75"><span class="label">[75]</span></a> <i>Goede Hoop</i>, Julie 1903.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_76_76" id="Footnote_76_76"></a><a href="#FNanchor_76_76"><span class="label">[76]</span></a> In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers +beswaar het teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat +na Juli de bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van +ons maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjure +<i>Laat 't ons toch Ernst wezen</i> sê hy: "Wij willen (Preller) in alle +vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De +invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk +geschieden" (Sept. 1905).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_77_77" id="Footnote_77_77"></a><a href="#FNanchor_77_77"><span class="label">[77]</span></a> Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek +ontstaan in <i>Die Burger</i>, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof +J.J. Smith het in <i>Die Huisgenoot</i>, Sept. en Okt. 1921, 'n helder +uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die +geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie +gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal +juis.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_78_78" id="Footnote_78_78"></a><a href="#FNanchor_78_78"><span class="label">[78]</span></a> Vgl. die eerste no., Julie 1903.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_79_79" id="Footnote_79_79"></a><a href="#FNanchor_79_79"><span class="label">[79]</span></a> Die lewensskets is aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918 ontleen.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_80_80" id="Footnote_80_80"></a><a href="#FNanchor_80_80"><span class="label">[80]</span></a> 'n Paar daarvan het eers in <i>Ons Moedertaal</i> gestaan.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_81_81" id="Footnote_81_81"></a><a href="#FNanchor_81_81"><span class="label">[81]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_82_82" id="Footnote_82_82"></a><a href="#FNanchor_82_82"><span class="label">[82]</span></a> In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af +met 'n paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of +badende digters—grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas +is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk +nie". Voorwoord, <i>Die Vlakte</i>, (1920) p. 7.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_83_83" id="Footnote_83_83"></a><a href="#FNanchor_83_83"><span class="label">[83]</span></a> Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. +209.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_84_84" id="Footnote_84_84"></a><a href="#FNanchor_84_84"><span class="label">[84]</span></a> Vanaf Feb. 1922 voortgeset in <i>Die Huisgenoot</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_85_85" id="Footnote_85_85"></a><a href="#FNanchor_85_85"><span class="label">[85]</span></a> Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie +ook gewys, 2de druk, p. 228.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_86_86" id="Footnote_86_86"></a><a href="#FNanchor_86_86"><span class="label">[86]</span></a> Vgl. p. 21 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_87_87" id="Footnote_87_87"></a><a href="#FNanchor_87_87"><span class="label">[87]</span></a> Een daarvan is opgeneem in die <i>Leesboek</i>, p. 185.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_88_88" id="Footnote_88_88"></a><a href="#FNanchor_88_88"><span class="label">[88]</span></a> Kursivering van die skrywer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_89_89" id="Footnote_89_89"></a><a href="#FNanchor_89_89"><span class="label">[89]</span></a> Ek kursiveer. <i>Die Brandwag</i>, Julie 1917.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_90_90" id="Footnote_90_90"></a><a href="#FNanchor_90_90"><span class="label">[90]</span></a> Sien Hoofstuk VII.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_91_91" id="Footnote_91_91"></a><a href="#FNanchor_91_91"><span class="label">[91]</span></a> Ek kursiveer. <i>Die Brandwag</i>, Julie 1917</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_92_92" id="Footnote_92_92"></a><a href="#FNanchor_92_92"><span class="label">[92]</span></a> <i>Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen</i>, p. +XI.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_93_93" id="Footnote_93_93"></a><a href="#FNanchor_93_93"><span class="label">[93]</span></a> <i>Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot</i>, Jan. 1922. Ek +kursiveer. Vgl. egter <i>Reg bo Reg</i> (1922): "In onse tyd van Jonge +nasionale opbou ... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook +te verdedig." (Voorwoord).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_94_94" id="Footnote_94_94"></a><a href="#FNanchor_94_94"><span class="label">[94]</span></a> Lewensskets aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918 ontleen.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_95_95" id="Footnote_95_95"></a><a href="#FNanchor_95_95"><span class="label">[95]</span></a> Vgl. <i>Z.A. Prozabundel</i>: Hoekstra—Viljoen, p. 102.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_96_96" id="Footnote_96_96"></a><a href="#FNanchor_96_96"><span class="label">[96]</span></a> Op die betekenis van <i>Ons Moedertaal</i> is in Hoofstuk II al +gewys.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_97_97" id="Footnote_97_97"></a><a href="#FNanchor_97_97"><span class="label">[97]</span></a> Vgl. § 4.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_98_98" id="Footnote_98_98"></a><a href="#FNanchor_98_98"><span class="label">[98]</span></a> Vgl. die nommers van Feb. en April.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_99_99" id="Footnote_99_99"></a><a href="#FNanchor_99_99"><span class="label">[99]</span></a> Uit 'n artiekel: <i>Oor Letterkundige Kritiek</i>. t.a.p.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_100_100" id="Footnote_100_100"></a><a href="#FNanchor_100_100"><span class="label">[100]</span></a> Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in die +<i>Almal-se-Boeke-</i>Serie verskyn onder die tietel <i>Margriet van +Laastelust</i>, (1922).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_101_101" id="Footnote_101_101"></a><a href="#FNanchor_101_101"><span class="label">[101]</span></a> Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat +gevestig in Windhoek.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_62" id="Page_62">[Pg 62]</a></span> +</p> +<h2><a name="HOOFSTUK_IV" id="HOOFSTUK_IV"></a>HOOFSTUK IV.</h2> + +<h3>G.R. von Wielligh.</h3> + +<h3>"Die Laaste Stem uit Die Genootskap van Regte Afrikaners".</h3> + + +<p>Die stamvader van die Von Wielligh-geslag was offisier in die +Oos-Indiese Kompanjie. Gideon Retief is op 1 April 1859 gebore in die +Pêrelse distrik. "Van sy sewende jaar af moes hy ploeglei, vee-oppas, op +die oesland hopies maak en meer dergelike werkies wat vir 'n plaaskind +nie ongewoon is nie."<a name="FNanchor_102_102" id="FNanchor_102_102"></a><a href="#Footnote_102_102" class="fnanchor">[102]</a> Deur borgstaan het sy vader alles verloor en +so moes Gideon self sy studie bekostig. Op sy elfde jaar het hy sy vader +vergesel op 'n handelstog na Boesmanland. Toe hy by sy terugkeer op die +Pêrelse Gimnasium kom, het hy net soveel Engels as Jakob Platjie geken, +maar binne vyf jaar was hy al landmeter. Deur sy beroep het hy groot +streke van Suid-Afrika goed leer ken. Op vyf-en-twintig-jarige leeftyd +is hy benoem tot Landmeter-Generaal van Transvaal.</p> + +<p>In 1903 het hom 'n ongeluk oorkom, wat byna tot volslae blindheid gelei +'t. Hy het na Delagoabaai gegaan om die astronomiese instrumente van die +Transvaalse regering te haal. By dié geleentheid is op 'n karnaval kalk +in sy oë gegooi. Mediese behandeling het sy toestand sover verbeter "dat +hy nou in sy regteroog 'n kwart natuurlike gesig teruggekry het. Hy lees +met 'n sterk bril en 'n dubbelde vergrootglas—sy neus <span class='pagenum'><a name="Page_63" id="Page_63">[Pg 63]</a></span> +byna op die +papier, en dan sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk."</p> + +<p>"Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk +geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge +soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie."</p> + +<p>Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf in <i>Die Patriot</i>, maar toe die blad +'n onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek +(1891). Later was hy weer medewerker vir <i>Ons Kleintji</i>, waarin die +eerste paar hoofstukke van <i>Jakob Platjie</i> verskyn het. Ook aan die blad +<i>Ons Taal</i> het hy bydraes gestuur.</p> + +<p>In 1907 het sy eerste <i>Dierestories</i> verskyn, vier dele waarvan tussen +1917 en 1922 uitgegee is. Verder: <i>Jakob Platjie</i> (1918); <i>Eerste +Skrywers</i> (1918); <i>Boesmanstories</i> I-IV (1919-1921); <i>Staan jou Man</i> +(1920); <i>Robinson Crusoë</i> (1920), <i>Huis en Veld</i> in 1921 gepubliseer, +maar reeds in 1916 geskryf; <i>Nimrod Seeling</i> (1921); <i>Ghwennie Barnveld</i> +(1922). 'n Groot aantal stories en artiekels het in die tydskrifte +verskyn, o.a. <i>Ons Geselstaal</i> in <i>Die Huisgenoot</i> (1921-'22), terwyl +nog 'n paar werke in die pers is.</p> + +<p>Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste Beweging, +wat ook aktief opgetree het in die twede. In <i>Eerste Skrywers</i> (1918) +skets hy die ontstaan en werk van <i>Die Genootskap van Regte Afrikaners</i>, +en verdedig die opvattings van die genootskap teenoor verskillende +aanklagte van die Twede Beweging. Hy deel allerlei feite mee wat van +groot belang is vir die geskiedskrywer van die Patriotbeweging, +polemiseer teen die spelling en organisasie van die Twede Beweging en +gee talryke taalkundige beskouings, wat getuig van 'n uitgebreide kennis +van die volkstaal, maar wat soms minder juis is deur sy gebrek aan +wetenskaplike insig in taalverskynsele. Reeds vanaf 1877 het Von +Wielligh "alle egte en suiwere Afrikaanse woorde, uitdrukkings, +sinswendinge, ens." opgeteken, maar sy werk het in die Anglo-Boere-oorlog +in die hande van die vyand geraak.<a name="FNanchor_103_103" id="FNanchor_103_103"></a><a href="#Footnote_103_103" class="fnanchor">[103]</a> Sy uitgebreide studie oor <i>Ons +Geselstaal</i> in <i>Die <span class='pagenum'><a name="Page_64" id="Page_64">[Pg 64]</a></span> +Huisgenoot</i> (1921-22) getuig van 'n onverfloude +belangstelling in die ontwikkeling en dialektiese verskynsels van die +volksspraak. Hy is 'n voorstander van purisme. Woorde soos "energie, +soliditeit, affiliasie, alternatief" noem hy <i>taalkriekies</i>, "wat ons +mense op die platteland—en ook baie dorpelinge—hoor sing, maar hulle +weet nie waar die goedjies presies sit nie."<a name="FNanchor_104_104" id="FNanchor_104_104"></a><a href="#Footnote_104_104" class="fnanchor">[104]</a> Hy waarsku veral teen +die gebruik van Neerlandse uitdrukkings "deur skrywers wat in Hollands +en in Holland gestudeer het."<a name="FNanchor_105_105" id="FNanchor_105_105"></a><a href="#Footnote_105_105" class="fnanchor">[105]</a> Eienaardig is dan ook die poging wat +hy doen om Hollandse en vreemde uitdrukkings "nae 's landts +gheleghenheyt" te verafrikaans. Woordevloed word "'n waterval van +woorde" (<i>Eerste Skr.</i>, p. 9); wierookvat, "wierooktessie" (p. 59); 't +onderspit delven, "die onderspit byt" (<i>Huis en Veld</i>, p. 31); +wittebroodsdagen, "soetebroodsdae" (p. 32); clairvoyance, +"heldersienery" (t.a.p., p. 177); propaganda, "voortplantingplanne" +(<i>Die Brandwag</i>, Feb. 1918).</p> + +<p>Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns. +Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om "die grote gros te bereik, +wat letterkundig honger en dors ly".<a name="FNanchor_106_106" id="FNanchor_106_106"></a><a href="#Footnote_106_106" class="fnanchor">[106]</a> "Die ou Genootskap het vir +leesstof vir die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir +lektuur vir ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is "Ons mik +hoog".<a name="FNanchor_107_107" id="FNanchor_107_107"></a><a href="#Footnote_107_107" class="fnanchor">[107]</a> In die voorwoord van <i>Huis en Veld</i> verklaar hy: "Nog +vashoudende aan die ywer om ons mense meer en meer te laat lees, het ons +vir ons meer deur die populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om +ons aan praalgeskrif te bind, want ons volk hou min van geskrifte, +volgeprop met dromery, maar verlang wel om verhale met korte bewoordinge +in sy (<i>lees hul</i>) ware kleure afgeskilder te sien. So het ons die wenk +gevolg van "praat gou want ek woon ver"." Von Wielligh staan dus nog +heeltemal op die Ou <i>Patriot</i>-standpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875 +groot dinge gebeur 't, dat die Twede Beweging die taalstryd <span class='pagenum'><a name="Page_65" id="Page_65">[Pg 65]</a></span> +gewin 't, +juis omdat die <i>intellektuele gedeelte</i> van die bevolking die voortou +geneem 't en nie tevrede was alleen met rympies en grappies nie. Vandag +mag nie iedereen meer rympies maak nie "van Generaal Smuts af tot die +veewagtertjie in die veld", en hom dan verbeel dat hy ons letterkunde +help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie weg, dat in die periode vóór +1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied nuttige werk gedoen 't, dat +hulle die land geskoffel het waarop ons vandag ploeg en saai. Maar vir +my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al vóór die +Anglo-Boere-oorlog kon gewin gewees het nie, as die leiers van die +Eerste Beweging hoër gemik 't.</p> + +<p>Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na +skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig +terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging +soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit +dikwels op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na +iets hoërs en skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n +oorspronklik warme aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn.<a name="FNanchor_108_108" id="FNanchor_108_108"></a><a href="#Footnote_108_108" class="fnanchor">[108]</a> As Von +Wielligh hom geroepe voel om vir die "minder bevoorregtes" te skrywe, +dan doen hy seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig +om "hoog te mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die +vuurmaakplek van sy lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy +in <i>Huis en Veld</i> en elders maar al te dikwels doen, dan leer hy hul +miskien wel hul eie taal lees, maar dan is daar geen sprake van +kulturele opheffing nie. En dit is tog sy doel, want hy verklaar sy +standpunt as volg: "Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk +onder die ander volke te laat uitblink; maar die Volksskrywer saai die +sade, wat voedsel vir sy eie Volk lewer."<a name="FNanchor_109_109" id="FNanchor_109_109"></a><a href="#Footnote_109_109" class="fnanchor">[109]</a></p> + +<p>Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns +druk hy so uit: "Kuns is skoon, <span class='pagenum'><a name="Page_66" id="Page_66">[Pg 66]</a></span> +kuns is verhewe, kuns is edel en +bo-aards; <i>maar dit neem 'n kunstenaar om kunsstukke te waardeer</i>. En +dis daarom dat die grootste gros net baie van 'n goeie "rympie" dink(,) +want dit klink in hulle ore nes die Walse van Strauss en nie nes die +Sonatas van Beethoven nie."<a name="FNanchor_110_110" id="FNanchor_110_110"></a><a href="#Footnote_110_110" class="fnanchor">[110]</a> Die gekursiveerde stelling is vals. +Tussen die kunstenaar en leser moet daar natuurlik 'n seker mate van +geestelike affiniteit bestaan, voordat daar sprake kan wees van +kunsgenot. Maar terwyl die kunstenaar, gedrewe deur 'n aangebore +skeppingsdrang die diepste aard van 'n wese of ding peil en dit dan tot +skoonheid herskep, hoef die kunsgenieter alleen 'n normale mens te wees +met 'n klein bietjie aanvoelings-vermoë. Die kunstenaar dring deur tot +die kern, verwyder daarvan al wat bykomstig is en bied ons dit aan in sy +suiwerste skoonheidsessensie. Hy doen die werk, ons moet alleen die +vreugde, wat hy by sy skeppingsdaad ondervind het, kan navoel en +hervoel. Von Wielligh speel dus maar 'n eenvoudige deuntjie op die +konsertiena of "ramkie", omdat hy meen dat daar tog so weinig mense is +wat iets beters kan geniet.</p> + +<p>Vir sy opvatting van die ontstaan van kuns is die volgende sitaat ook +van belang: "Daar was baie briewe en gedigte uit alle oorde van die +land.... (vir <i>Die Patriot</i>.) Baie minderwaardige stukke werd ook +geplaas om skryflus aan te wakker. Diegene wat beter kon doen, het nie +stil bly sit nie, en die wat swak was, het bygeleer. <i>Want as iemand +iets herhaaldelik aanpak, leer hy vanself om die volgende keer dit beter +te doen. En so werd die wieg vir aanstaande skrywers gereed +gemaak."</i><a name="FNanchor_111_111" id="FNanchor_111_111"></a><a href="#Footnote_111_111" class="fnanchor">[111]</a> Hier staan Von Wielligh dus nog op die agtiende-eeuse +standpunt: "Kunst wordt door arbeid verkregen". Sy werk dra nog +heeltemal die stempel van die <i>Patriot-periode</i>, en die ideale, wat hy +na streef is die van 'n verbygegane geslag. Hy staan met sy gesig +agterwaarts gekeerd en is "'n laaste stem uit die Genootskap van Regte +Afrikaners".</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_67" id="Page_67">[Pg 67]</a></span></p> + +<h4>Jakob Platjie.</h4> + +<p>In <i>Jakob Platjie</i> gee hy "egte karaktersketse uit die volkslewe van +Hotnots, Korannas en Boesmans".<a name="FNanchor_112_112" id="FNanchor_112_112"></a><a href="#Footnote_112_112" class="fnanchor">[112]</a> Platjie woon met sy ouers, "twee +opregte peperkorreltjie Hotnots" by die Drakensteinberg. As hulle op die +end van die maand hul loon ontvang, peil hul kantien toe. Iedries en +Sina, Platjie se ouers raak in die tronk en hyself verdwaal op weg plaas +toe en loop Koos Fonk, 'n smous raak, wat hom saam neem op 'n handelstog +na Boesmanland, ens. Dan word die verhaal 'n aaneenskakeling van los +anekdotes; Hotnotsfeeste word beskryf, Koos vier sy verjaarsdag en +agtervolg Boesmans, wat sy beeste gesteel 't, terwyl saans om die +wagvuurtjie allerlei Hotnotstiepes hul stories aan die nuuskierige +Platjie vertel. Koos Fonk trek ook na Griekwaland, waar ons Kleopas +Kipie hoor preek en twee kapteins sien oorlogmaak.</p> + +<p>Platjie keer na sy ouers terug, trek met hulle na Stellenbosch en kom na +hul dood op die sendingstasie Genadendal. Daar maak hy kennis met Dr. +Kleiner, wat uit Europa gekom 't vir etnologiese studie en vergesel hom +op sy togte as tolk. Platjie raak net hooggeleerd, word kristen, vertel +wolf-en-jakkalsstories aan sy kinders en sterf.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>In die voorrede verklaar Von Wielligh: "Wat die taal betref, wat ons in +die mond van die sprekers geleg het, mag ons in die rede geval worde +deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die +onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings +in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle +hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het +ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons +die lesers sou hinder." Uit 'n kunsoogpunt bederf hierdie besluit die +hele boek, want dit beteken 'n opsetlike vervalsing van die dialoog. Dit +was Von Wielligh se plig as kunstenaar om 'n Hotnot soos 'n <span class='pagenum'><a name="Page_68" id="Page_68">[Pg 68]</a></span> +Hotnot te +laat praat en ofskoon sy standpunt verdedigbaar was in die dae van die +Eerste Beweging, toe "Patterjots" sinoniem was met plat taal en die +getroue weergawe daarvan die taalsaak sou benadeel het, kon daar geen +rede bestaan om in 1918 nog so 'n apologie te maak nie.<a name="FNanchor_113_113" id="FNanchor_113_113"></a><a href="#Footnote_113_113" class="fnanchor">[113]</a> Ek gee 'n +paar staaltjies van die kunsmatig vervalste dialoog: Sina praat van +konstabels "wat net <i>daarop uit</i> is om <i>hulpelose</i> mense die tronk in te +prop" (p. 5); Iedries vertel: "Boems! Daar val 'n kanon<i>skot</i> op see in +Tafelbaai—<i>die egó bulder</i> van klofie tot klofie...." (p. 14), "So 'n +<i>toestand van sake</i> kon nie lank aanhou nie. Daar moes <i>'n toenadering +plaas vinde</i>" (p. 16); die ou toordokter sê vir Toel: "... maar jy is +my regterhand en <i>die voorwerp van my ongeveinsde vrindskap</i>", (p. 62); +ou Bleskop, 'n Koranna veewagter, vertel van die waterslang: "die water +maak agter hom sulke wit <i>kabbelings</i> en hy klowe die water <i>soos 'n +skip</i>" (p. 98); Platjie sê: "die baas het hom <i>in vrindelikheid</i> vanmôre +gestewel en gespoor" (p. 132); Samuël praat van kieries wat "begin <i>te +kletter</i>" (p. 77).</p> + +<p>Gelukkig staan naas sulke papiertaal baie dialoge, wat bewys, dat Von +Wielligh die Hotnotsspraak goed beheers en hul mentaliteit deur-en-deur +ken. En dis 'n kennis wat berus op 'n intieme aanraking met die +inboorlinge. Hy het hul bespied in al hul gewoontes en gebruike. Veral +die tekening van die parmantige Tys Bokkies is goed geslaag. Die +grootste gedeelte van die Griekwapreek is ook 'n bewys, dat hy hom +heeltemal ingeleef het in die psiege van die mense wat hy uitbeeld. Hy +slaag daar uitstekend in om die naïewe taal en beeldspraak, die +primitiewe gedagtegang weer te gee. Ook van die eienaardige humor van +die inboorlinge het hy gelukkige staaltjies gegee. By die beskrywing van +sulke toneeltjies is hy op sy beste, en ofskoon daar groot foute in die +komposiesie is, bly dit tog altyd nog 'n verdienstelike werk deur die +raak tiepering van enkele figure. <i>Die sentrale fout is, dat die mense +daar is ter wille van die taal en nie die taal ter wille van die mense +nie</i>. Von Wielligh het sy taal hartstogtelik lief. Jare lank is "pittige +taal" <span class='pagenum'><a name="Page_69" id="Page_69">[Pg 69]</a></span> +sy spesialiteit gewees. Reeds in 1881 het hy die burgemeester van +Utrecht (Holland) met sy "naieve uitdrukkingen" dronkgeslaan.<a name="FNanchor_114_114" id="FNanchor_114_114"></a><a href="#Footnote_114_114" class="fnanchor">[114]</a> En +nou het hy in <i>Jakob Platjie</i> probeer om sy moeisaam opgegaarde taalskat +te verwerk. Mens kry soms die indruk asof sekere anekdotes opsetlik +bedenk en ingelas is om 'n treffende uitdrukking of komieke +woordverdraaiing te kan gebruik.</p> + +<p><i>Jakob Platjie</i> is 'n etnologiese museum, vol opgestopte Hotnots, +Korannas en Boesmans. Hulle is kunstig opgestel te midde van 'n +nagebootste omgewing. Daar is 'n klipspelonk met mooi tekeninge, 'n +Boesman wat staan uintjies uitgrawe met sy harde kierie, en 'n paar +ander wat wild bekruip. Verder lê daar egte Boesmanspyle, ramkies, ens. +Die ou wildvelle wat die Hotnotpondokkie bedek, is effens opsygeslaan, +sodat ons 'n goeie idee van die konstruksie kan kry. Von Wielligh loop +tussen die opgestopte poppe rond, vertel allerlei anekdotes, verklaar +hul lewenswyse en die gebruik van die primitiewe gereedskappe. En in sy +hande dra hy 'n besonder oulike Hotnotpoppie, wat hy Platjie noem en wat +hy soos 'n geoefende buikspreker allerlei vrae laat stel, as die +museumbesoekers al bietjie dooierig word van die muwwe lug. "Tata en +memme, waar lê tog die danige geboorteland van julle?" (p. 6); "Toel, +waar lê jou geboorteland?" (p. 58); "Oom Bles, waar lê daardie land van +jou?" (p. 95); "Oom Ruiter, wat moes 'n mens eintlik maak as hy skielik +in die veld teen wilde Boesmans dam?" (p. 188), ens. En dan begin Von +Wielligh, as museumdirekteur weer te vertel van die ou dae se volk, +terwyl Ruiter, Toel, Oom Bles en Tys Bokkies by ons staan met hul stywe +gesigte en beweginglose lede. Telkens verseker hy ons, dat alles werklik +waar is: "Die verhaal lyk baie romanties, maar is eg Hottentots in al sy +besonderhede." (p. 58); "Hier volg nou 'n diskoers wat ons so dikwels +onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel." (p. 95.)<a name="FNanchor_115_115" id="FNanchor_115_115"></a><a href="#Footnote_115_115" class="fnanchor">[115]</a> Soms +raak die direkteur so erg boos op sy poppe, dat hy hulle reguit +toespreek en <span class='pagenum'><a name="Page_70" id="Page_70">[Pg 70]</a></span> +dan gelyk sy beeldspraak erg veel op die van 'n Griekwa +predikant soos Kleopas Kipie "O skynheilige mensdom, wat sy medemens +oordeel. As die helder soeklig op almal gedraai word, hoeveel +blikskottels en blikborde sal van die rakke tussen die silwergoed moet +pad gee. En hoeveel sal bly staan, wat as egte sterling silwer verklaar +word!" (p. 51.) Maar as Von Wielligh regtig ernstig word, dan draai hy +sy rug op die poppe, gooi vir Platjie ook weg en trakteer sy besoekers +op 'n lang etnologiese verhandeling. (Hoofstuk X.)<a name="FNanchor_116_116" id="FNanchor_116_116"></a><a href="#Footnote_116_116" class="fnanchor">[116]</a> As 'n mens ook +so oorloop van kennis is dit erg lastig om nog altyd eers iemand 'n +sopie te moet injaag voor sy tong loskom! Of om iemand van Europa te +laat oorkom soos Dr. Kleiner....</p> + +<p>Ons moet dit op prys stel dat Von Wielligh sy ervarings onder die +inboorlinge te boek stel. Maar dit is erg jammer, dat hy nie ingesien +het, dat hy sy eie kuns vermoor deur kort-kort allerhande didaktiese +byvoegsels en onnatuurlike dialoog daarin te wring, in plaas van sy +uitgebeelde persone, <i>soos die lewe self is</i> deur hul eie natuurlike +geaardheid en as gevolg van die omstandighede van hul bestaan <i>vanself</i> +een of ander mening te laat bewys of suggereer. Hy is verplig om soos 'n +museumgids by sy eie werk lang toesprake te hou, waarskynlik omdat hy +gevoel het, dat die werk self nie sprékend leef nie.</p> + +<p>Platjie is, soos reeds aangedui, niks anders as die pomp, wat Von +Wielligh gebruik om die water bo die aarde te kry. Ook in sy droom bly +hy nuuskierig. "Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne +aandag" (p. 224). As Platjie moeg word vir die pompery, dan kom Koos +Fonk help en later Dr. Kleiner. Maar die droom van Platjie is tog nog +die wonderlikste ding in die boek! Dis nie sommer vandag se Hotnot, wat +só kan droom nie! Platjie hoor 'n koningin sê: "Sien jul daardie +berge—ver en naby? Sien jul die klowe met hul trippelende en murmelende +kristal strome? Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die +skoenlapper en die by met nektar versadig? Sien jul die hemelpurper, +waarheen wolkies van vlas deur die son met goud geverf word?" (p. 224.) +<span class='pagenum'><a name="Page_71" id="Page_71">[Pg 71]</a></span> +As Von Wielligh dan so veel belang stel in die goudmyn van Ofir—'n +onderwerp, wat ook die leier van die Patriotbeweging in 'n roman bewerk +het—laat hom dan in 'n wetenskaplike blad sy opienie lug. Maar hy hoef +ons nie te kom wysmaak, dat 'n Hotnot, al is hy ook so danig geleerd +soos Platjie, só kan droom nie. Dit is 'n psigologiese onjuistheid, so +onbeskaamd-astrant, dat dit selfs die onnoselste "minder bevoorregte" +moet opval.</p> + +<h4>Huis en Veld.</h4> + +<p>Willie Rosveld is vyf jaar op jag gewees, neem sy vader se +produktebesigheid oor en trou met Hessie Bendel. Sy vrinde is Frans le +Blanc, 'n ongetroude slagter, en Dolf Baumann, 'n rytuigverhuurder en +groenteboer. Die famielies gee 'n piekniek, vier nuwejaar en gaan saam +strand toe. Dan trek hul na die diamantvelde. Ewert, Dolf se oudste +seun, gaan saam met 'n trek na die Dorsland. Frans word intussen +voorsien van "'n altyd laggende Amalie" (p. 146), 'n weduwee met 'n +groot veeplaas in Transvaal, wat hom trou "omdat sy (hom) van sy jeug af +ken ..." en omdat hy "as slagter, so grondig met veeboerdery bekend +was" (p. 147). As die goudvelde in Transvaal ontdek word, dan trek +Willie en Dolf weer soontoe. Hulle word ryk, kuier rond, besoek +Pretoria, waar hul met Oom Paul en Genl. Joubert gesels, maar word op +hul ou dag van mekaar geskei.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p><i>Huis en Veld</i> is 'n poging om die maatskaplike en ekonomiese toestande +omstreeks 1870 te skets. In plaas van <i>memoires</i> te skryf, probeer Von +Wielligh om die mense van 'n halwe eeu gelede self op die toneel te +voer, wat hom egter jammerlik misluk. Hy piets hul met 'n swepie deur al +die vier provinsies rond, sodat hy 'n kans kan kry om van die ou dae te +vertel. Dolf het gelukkig 'n seun, wat Dorsland toe kan trek, maar ons +voel nie, dat dit Ewert is wat al die ellende deurmaak nie. Dis +eenvoudig Von Wielligh, wat 'n opstelletjie skryf. Hy laat Willie trou +"nie om 'n liefdesverhaal in te voer nie, <i>maar wel om die gebruik, of +gewoonte, van daardie <span class='pagenum'><a name="Page_72" id="Page_72">[Pg 72]</a></span> +tyd aan te gee</i>" (p. 30). So gaan dit die hele +boek deur. Hy vertel, o so veel van die uiterlike omstandighede en van +die swerftogte van sy mense. Ons hoor wat die koring gekos 't, waarvan +hul brood maak, ons weet hoe hul 'n kers snuit, dat hulle "in daardie +tyd net so goed tandpyn gekry (het) as nou" (p. 22)—maar die mense self +ontmoet ons nooit. Hulle is nie eers aangeklede poppe in 'n museum van +oudhede nie, hulle is bloot <i>name</i>.</p> + +<p>Met 'n klein wysiging kan ons Von Wielligh sy eie woorde toeroep: <i>"Die +huis moenie 'n preekstoel wees nie en die veld nie 'n voorlesingsaal +nie."</i> (p. 88.) Dit is juis wat hy doen. Luister maar na hierdie +ouderwetse preek: "Jare is die vasgeklinkte skakels van 'n eindlose +ketting, en snoer aan mekaar tot in ewigheid; ons persoonlikheid is maar +as druppeltjie daaraan, om spoedig te verdamp en sy plek ken hom nie +meer nie ... Dis die laaste dag van die jaar; maar nie die einde van tyd +nie—(sou die "minder bevoorregtes" dit miskien nie weet nie? +P.C.S.)—tussen die begin en einde van oneindig ewigheid is geen middel +nie. (Q.E.D.!) Net soos die grootste hemelliggaam 'n stoffie in die +oneindige ruimte is, net so is eeue 'n oogwenk in die ongebroke snoer +van tyd," (p. 48-49.)<a name="FNanchor_117_117" id="FNanchor_117_117"></a><a href="#Footnote_117_117" class="fnanchor">[117]</a> Op p. 32-33 word ons in egte traktaatjiesstyl +vertel hoe iemand "diep onder die grond in 'n dronkaardsgraf" geraak +het.</p> + +<p>Dat daar 'n geestelike verwantskap tussen Von Wielligh en Kleopas Kipie, +die Griekwa-predikant bestaan, bewys die volgende: "Net so onsierlik as +'n blomtuin sonder blomme, so nutteloos as 'n horlosie sonder wysters, +of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal +die samelewing op aarde sonder vrouens wees. Daarom, groot is jou mag, o +vrou, sien toe dat jy dit op die regte tyd, en op die regte wyse +gebruik. Maar nie om berge te wil versit, of te uithaler te wees in 'n +kamer waar rotte komedie speel nie ..." (p. 121).</p> + +<p>Die selfde Oom Ignaas, wat beweer dat die huis geen preekstoel moet wees +nie, sit ewe getroos twee paginas vol te preek oor huweliksgeluk (p. +87-88), en sy vrou <span class='pagenum'><a name="Page_73" id="Page_73">[Pg 73]</a></span> +klop hom nog, want sy het byna drie blaaie nodig +voor sy uitgepraat is, (84-86). Op p. 79 preek Oom Ignaas weer oor +weeskinders en so sou daar nog meer voorbeelde aan te wys wees, wat net +danig "met slaapstof gespesery" is.<a name="FNanchor_118_118" id="FNanchor_118_118"></a><a href="#Footnote_118_118" class="fnanchor">[118]</a></p> + +<p>Die dialoog is meestal onnatuurlik. Soos 'n egte boekeheld sug Willie: +"Ag mag ek die onsterflike glimlag nog eens op moeder se lippe sien, of +die welgemeende raad van vader aanhoor!" (p. 4.) En watter Boermoeder +sou so praat: "Willie, ons is bly dat jy die veld deurreis het, <i>waar +alles deur die Natuur self geplant is</i>...." (p. 9). En Frans, die +slagter, die man wat sê: "Liefde is eiebelang en selfvermaak" (p. 148), +slaan ook 'n snaakse taaltjie uit by die Duiwels-Kantoor: "Waar is die +skilder wat die landskap op seildoek kan weergee! Waar is die digter om +die grillerige aanblik in woorde te beskrywe!" ens. (p. 157).</p> + +<p>Ou Kammies, wat so dapper met die doringstomp spook is goed geteken. As +hy praat dan luister ons graag, want sy taal is nie net 'n aftreksel van +Von Wielligh s'n nie. "Maar seur,—nou?—nou kraak my ou litte van +kanniemeernie en ek kan nie eers meer daardie klip raak spuug nie" (p. +47). Een so 'n sinnetjie laat ons direk voel dat ons met 'n <i>mens</i> te +doen het. Hoe raak is ook die toneeltjie waar Kammies met die +piekniekwaens aankom: "Wel, hoe het dit gegaan, outa Kammies?" vra +Willie. "Nee, goed seurtjie. Net jammer die wiele van die wa het van +droogte begin skree," antwoord die ou wynvlieg. "En die swaarste van al +was, outa, dat die smeergoed al die tyd op die waentjie lê," las Dolf +tussen in. "Dis by my kool die waarheid, seur Dolf! Toe het ek maar soos +bobbejaan gemaak—ander pad sit kyk." (p. 41.)</p> + +<p>Waarom sleep Von Wielligh kinders in sy verhaal as hy hulle net heeldag +toesnou: Moenie dit nie en moenie dat nie! nes 'n kwaai oupa wat hoofpyn +het? As die arm goedjies iets wil doen, dan moet hul altyd hoor: "Nee, +volstrek nie, die muile sal jul skop" (p. 57), "die slange sal jul byt" +(p. 44) en so word hul nog vyf keer iets <span class='pagenum'><a name="Page_74" id="Page_74">[Pg 74]</a></span> +verbied, (p. 42, 50, 56, 57 +voorlaaste paragraaf, en 67.)<a name="FNanchor_119_119" id="FNanchor_119_119"></a><a href="#Footnote_119_119" class="fnanchor">[119]</a></p> + +<p>Wat hy in <i>Staan jou Man</i> verklaar, is maar al te waar van homself: +"... ons wat groot en oud geword het, het magtig baie vergeet wat in die +kindersiel woon." (p. 147.) Anders sou hy die twaalfjarige Ester nie so +'n ou-menstaaltjie laat praat nie: "Kom ek om, dan kom ek om.... Sit ons +stil tuis, dan is ons tog kinders van die Dood." (p. 177.) En die +wonderlike Amerikaner, wat so netjies sug nes 'n middeleeuse rederyker +(p. 201) het ook 'n snaakse begrip van 'n kinderverstand as hy vir Ester +sê: "Hulle (die eierdoppies) het wel eens die kiem van lewe gedra, maar +is nou siellose stof geword en is tans oorblyfsels van verongelukte +verwagtings, nes die graffies van kinders wat slegs tydelik aan hulle +volk geleen was." (p. 201.)</p> + +<p>Eweas in <i>Jakob Platjie</i> hou Von Wielligh ook in <i>Huis en Veld</i> lang +verhandelinge oor die toestande van 'n halwe eeu gelede, wat heeltemal +los staan van die verhaal. So kry ons in hoofstuk III besonderhede oor +poswese, boerdery, kerk, skool, spoorweë en ... swawelhoutjies. Daar is +historiese uitweidings en 'n beknopte geskiedenis van die +Patriotbeweging; 'n definiesie van 'n lugspieëling (p. 109), wat sou pas +in 'n handboekie oor aardrykskunde, 'n boereraad teen koorssiekte en 'n +persoonlike appresiasie van die deugde van Engelse sout, kienapille en +"grou vomitief", ens. ens. Von Wielligh het ongetwyfeld 'n goeie kennis +van die tydperk wat hy beskrywe en sou seker 'n handboekie kan opstel +wat vir die historikus en argeoloog nuttig sal wees, as hy maar net leer +om te onderskei tussen gewigtige en onbelangrike sake en hul nie heel +deftig vertel dat "die graanboer meestal sy gesprek voer oor graan ploeg +en afoes; die wynboer belang (stel) in wingerde en wyn, en die veeboer +verdiep (is) in sy skape en beeste ..." (p. 57-58). Hy kan gerus aanneem +dat iedere normale mens dit oor vyftig jaar ook nog sal weet! Laat hom +in elk geval nie weer probeer om sy kennis soos Koos Fonk in 'n roman +rond te smous nie, want ook op letterkundige gebied is sulke +smokkelpraktyke strafbaar.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_75" id="Page_75">[Pg 75]</a></span> +</p> + +<h4>Staan jou Man.</h4> + +<p>In <i>Staan jou Man</i> word die boerelewe op die ooster-grense van die +Kaapkolonie in die tyd net voor die Groot Trek geskets. Gert Markeland, +weens sy groot lengte bekend as "Groot Fant" woon op die plaas +Kliphuiskoppie in die nabyheid van Grahamstad. Een van sy bure is Samuel +Firtree, 'n Engelse "setlaar", wat egter heeltemal Afrikaner geword het. +Jakob Raster, 'n Hollandse matroos, is Daan Wiks se skoolmeester. Groot +Fant gee op sy verjaarsdag 'n groot fees, en later word trekplanne op +Org Dapperman se plaas bespreek. Daar word 'n tier geskiet, by welke +geleentheid Raster les kry in perdry. Frankie Daai, 'n ou-jonkman maak +flikkers by Sytjie, wat skielik ryk geword het deur 'n groot erfenis, +maar word deur sy handelsvennoot Soekie Grasman uitgeoorlê. Victor, die +seun van Firtree, skiet per ongeluk Org Dapperman dood en verwond sy +vrou, waardeur die trekplanne uitgestel word. Allerlei kaskenades van +Rennie, Groot Fant se seun en Ester, Dapperman se dogter, word verhaal. +Ester red die bewoners van Kliphuiskoppie deur op dapper wyse die aantog +van Kaffers aan die bure bekend te maak. Plase en meubels word verkoop +en voorbereidings vir die Trek gemaak. Intussen het Daai en Grasman in +die tronk geraak en Groot Fant Sytjie gekies om die plek van sy oorlede +vrou in te neem. Die verhaal sluit met enige awonture van die trek.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Uit <i>Staan jou Man</i> blyk ten duidelikste dat Von Wielligh se +intriegemasjienerie net 'n paar radjies het, wat al lelik uitgeslyt is. +In <i>Huis en Veld</i> het hy tweemaal gebruik gemaak van 'n verlore brief +(p. 117 en 125), in <i>Staan jou Man</i> doen hy dit nog eens (p. 103) en ook +in Jakob Platjie speel 'n brief die rol van verklikker (p. 85). In +<i>Staan jou Man</i> bewys Sytjie ook nog Daai en Grasman se onskuld deur 'n +brief (p. 237).<a name="FNanchor_120_120" id="FNanchor_120_120"></a><a href="#Footnote_120_120" class="fnanchor">[120]</a>—Koos Fonk se verjaarsdagfees by Gansmond word +beskryf (Hoofstuk XII)<a name="FNanchor_121_121" id="FNanchor_121_121"></a><a href="#Footnote_121_121" class="fnanchor">[121]</a>; in <i>Huis en Veld</i> is daar Nuwejaarviering +(Hoofstuk VII), in <i>Staan jou Man</i> alweer 'n <span class='pagenum'><a name="Page_76" id="Page_76">[Pg 76]</a></span> +verjaarsdagfees (Hoofstuk +VI), en daarby nog 'n poffertjiesparty (Hoofstuk III).—Platjie sien +"skrifgeleerde" visioene, nadat hy soutvleis en stormjaers geëet 't (p. +222), Frankie Daai ooreet hom aan buffelkarbonaadjies en word deur 'n +lelike nagmerrie gery (Hoofstuk IX).—In <i>Huis en Veld</i> skrik die +vrouens hul lendelam vir spinnekoppe (p. 181) en Tant Annie het groot +respek vir klipsalmanders (Hoofstuk II).—Die vrindskaplike verhouding +tussen die famielies in <i>Huis en Veld</i> vind ons onder gewysigde +omstandighede terug in <i>Staan jou Man</i>. Jakoba word skielik ryk (<i>H. en +V.</i> p. 114), Sytjie ook <i>(S. jou M.</i> p. 90) en albei kry dadelik vryers. +Birdie se twee vryers raak albei in die moeilikheid deur hul slim +planne, Sytjie s'n netso. En so sou daar nog meer ooreenkomste aan te +wys wees.</p> + +<p>Die oorvloed van los anekdotes in al drie boeke is ook opvallend. In +<i>Staan jou Man</i> loop so baie kruispaadjies, dat ons glad van die +grootpad verdwaal. Die skrywer het dit blykbaar self gevoel, want hy +begint Hoofstuk XIV aldus: "Ons verlang nou al so baie na Kliphuiskoppie +... dat ons nou g'n minuut langer sal versuim om daarheen te gaan nie." +Die enigste draad, wat die anekdotes verbind, is dat almal bewys, dat +die persone hulle <i>man kan staan</i>. Dit word so 'n opeenhoping van dapper +dade, dat mens naderhand voel, dat die kindere Enaks weer opgestaan het, +terwyl Groot Fant 'n reinkarnasie van Simson is. Dat hy nog die moeite +doen om die pilaar van die kliphuis met kruit weg te blaas en dit nie +sommer omstoot nie, soos sy prototiep met die tempel van die Filistyne +gemaak 't, bly 'n raaisel!</p> + +<p>Dit spreek vanself dat by 'n roman, waarin die skrywer probeer om deur +'n semelagtige aaneenstrengeling van awontuurlike voorvalle te bewys, +dat die vernaamste persone almal hul man kan staan, van die psigologiese +uitbeelding niks tereg kom nie. As hy die smart van die trekkers moet +uitbeeld, wanneer hul die Kolonie verlaat, dan roep hy uit: "Ons verberg +ons gesig vir die warme trane van afskeid, ons sluit ons ore vir die +<i>hartverskeurende</i> snikke, wat sielesmart vertolk.... Vroue en kinders +wink mekaar toe met hulle hande of sakdoeke, en die mans waai met hulle +hoede—alles tekens van <span class='pagenum'><a name="Page_77" id="Page_77">[Pg 77]</a></span> +'n <i>hartgevoel wat woorde magteloos slaan om +(dit) te verklank"</i> (p. 240-241).<a name="FNanchor_122_122" id="FNanchor_122_122"></a><a href="#Footnote_122_122" class="fnanchor">[122]</a></p> + +<p>Dieper dan die trane en die sakdoeke kan hy nie sien nie en daarom wil +hy sy oppervlakkigheid agter 'n retoriese poespas wegsteek. Met die een +voorbeeld kan ek volstaan en merk alleen nog op, dat daar selfs geen +goedgetekende Hotnotsfiguur in <i>Staan jou Man</i> is nie.</p> + +<p>Die neiging om lang "moralisatiën ende contemplaciën" oor sy persone te +hou, is in <i>Staan jou Man</i> nog baie hinderliker dan elders. "En as ons +Frankie Daai so sien lê, dan rys die volgende oorwegings in ons gedagte +op:—" (p. 86). Wat die "oorwegings" met die slapende Frankie te doen +het, weet Von Wielligh alleen, want dis 'n beskrywing van die winter!! +As Frankie egter eers gedroom het, dat Sytjie hom wurg, maak "hierdie +afgryslike gesig ... verder 'n beroep op ons nadenking" en dan pas merk +ons dat die wintertoneeltjie 'n aanlopie was vir 'n uitgewerkte preek +oor die "vraatsugtige Mens", by welke uitroep ons seker aan Frankie se +gulsigheid met die buffelkarbonaadjies moet dink! Maar dis glad mis! Die +"vraatsugtige mens" handel nes die "kille nagwindjies"! So raak ons +"toegespinnerak" in die "stowwerige webbe" (p. 88) van +onverstaanbaarheid.</p> + +<p>Op p. 186 versoek hy die "waarde leser" om die pen uit sy hand te neem +"om die blydskap van tant Annie <i>in skrif</i> ... neer te <i>skrywe</i>"; op p. +147 staan 'n prekie oor kinders in Griekwa-styl; op p. 270 vertel Ester +en Rennie "hulle awonture en uitredding, <i>wat ons as volg teruggee</i>". +Die verklaring van <i>stormjaers</i>, p. 26, wat hy oor en oor gee in byna al +sy boeke, en die beskrywing van 'n <i>kakebeenwa</i> moet hy bewaar vir sy +oudheidkundige handboek.</p> + +<h4>Boesman-Stories.</h4> + +<p>"The religion of the Bushmen is made as clear from their own recitals as +such a subject can be, when it is remembered that the minds of the +narrators were <span class='pagenum'><a name="Page_78" id="Page_78">[Pg 78]</a></span> +like those of little children in all matters not +connected with their immediate bodily wants. Their views concerning the +sun, moon, and stars seem utterly absurd, but a European child five or +six years of age, if not informed, would probably give no better +explanation. Their faith too, that is, their unreasoning belief in many +things that to an adult European seem ridiculous, is seen to be that of +mere infants." So lui die verklaring van Dr. Theal in sy inleiding tot +<i>Bushman Folklore by Bleek and Lloyd</i> (p. XXXVIII) en wie die eerste +deel van Von Wielligh se <i>Boesman-Stories</i> (1919) gelees het, moet die +juistheid daarvan erken. Die stories verplaas ons in 'n spook-wêreld, +waar alles met toordery aanmekaar hang, waar die snaakste +gedaanteverwisselinge plaasvind en die aller-gekste maneuwers uitgevoer +word. In die wonderlike gedoentes is daar weinig logiese gang; daar is +geen kliemaks wat steeds die belangstelling gespan hou, geen goeie +motivering, geen artistieke, harmoniese eenheid nie. Meestal weet ons +nie of ons met mense of diere te doen het nie, want ofskoon die diere +gewoonlik enkele kenmerkende eienskappe hou, word die juiste maat in hul +vermensliking selde getref, en verrig hul dade, wat al te spesifiek +menslik is. So lees ons van 'n uil, wat sy mes laat val (I, p. 117), 'n +aasvoël, wat 'n springbok skiet (II, p. 19), 'n leeuwyfie, wat met +Boesmankinders saamwoon en hulle met knopkieries wapen (II, p. 109), 'n +tier wat hom as 'n reisiger vermom (II p. 140). En van sulke voorbeelde +krioel die stories. Dit word ten slotte 'n marteling om die grillige +kronkelinge van die Boesman-fantasie te volg. Van skoonheid uit +letterkundige oogpunt is daar heel weinig te bespeur in die kinderagtig +inmekaargedraaide versinsels, waaraan mens geen osseriem kan vasknoop +nie. Vir die etnoloog mag die gegewens, wat Von Wielligh met sulke +prysenswaardige ywer byeenversamel het van groot waarde wees, maar vir +die letterkunde is alleen enkele verhale uit die eerste twee dele van +enige betekenis. Mooi is nommer 41 waar 'n leeu met 'n klein meidjie by +die wagvuur speel. En so is daar ander toneeltjies uit die swerwende +jaglewe van die Boesman, wat treffend is deur oer-naïewe eenvoud; ook +raak <span class='pagenum'><a name="Page_79" id="Page_79">[Pg 79]</a></span> +skildering van diere (b.v. in nommer 44), maar selde 'n skone +geheel.</p> + +<p>In die eerste deel word hoofsaaklik die mitologie behandel, deel twee +bevat dierstories, terwyl die derde deel eintlik geen reg op die naam +<i>Boesman-Stories</i> het nie, want dis 'n geskiedkundige verhandeling oor +die "sedes, gewoontes en bekwaamhede" van die Boesman. Heelwat +besonderhede, wat reeds in <i>Jakob Platjie</i> en die eerste twee dele +voorkom, word hier herhaal, te same met persoonlike herinneringe en +allerlei anekdotes, wat die skrywer van ander persone verneem het. In +eenvoudige taal vertel Von Wielligh alles wat hy van die Boesmans weet. +Gelukkig het hy sy meedelings nie "met 'n vergulde nerfie +oor(ge)blaas"<a name="FNanchor_123_123" id="FNanchor_123_123"></a><a href="#Footnote_123_123" class="fnanchor">[123]</a> nie, want soos uit 'n nader bespreking van sy styl +sal blyk, is 't juis dìt, wat hinderlik is in sy romans. Hier loop hy +eenvoudig padlangs en vir die ondersoeker van Boesman-gewoontes deel hy +heelwat wetenswaardigs mee. In die voorwoord van die derde deel verklaar +hy, dat dit "van 'n wetenskaplike aard" is. Populêr-wetenskaplik sou +juister wees, want Von Wielligh is met als sy persoonlike ervaring 'n +leek sonder etnologiese vorming, wat geen begrip het van die groot +verband van sy onderwerp, en wat hom deur sy hartstog vir die Boesman +tot allerlei gewaagde en moeilik bewysbare generalisasies laat verlei. +So verklaar hy op p. 73, dat die Boesman 'n paar oë het, "om ver en raak +te sien soos nog geen ander menseras hom op kan beroem nie", en op p. 68 +verseker hy ons, dat daar "op die Europese toneel min ... dansers (is), +wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof ..." Op p. 21 verklaar hy: "soiets +as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie", terwyl hy kort daarop moet erken: +"In sterk wind is hy minder gelukkig". Die meedeling oor die slangsteen +op p. 52 is seker ook nie van wetenskaplike aard nie, ewemin as die +snaakse definiesie van "deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op 'n +tekening op verskillende afstande voor te stel" (p. 67). Vir die vakman +sal die volgende bewering ook stellig nie van veel nut wees nie: "Sy +voedsel (d.i. die Boesman s'n) bestaan byna <span class='pagenum'><a name="Page_80" id="Page_80">[Pg 80]</a></span> +uit enige ding—al wat hy +nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie." (p. 21).</p> + +<p>Die vierde deel bevat "gemengde vertellings, mees van 'n awontuurlike +aard", wat die skrywer gedeeltelik self opgeteken 't en gedeeltelik aan +ander bronne ontleen 't. Daar is 'n paar goeie jagstories en verhale wat +ons 'n kyk gee op die awontuurlike lewe van die boere teen die end van +die negentiende eeu. Uit letterkundige oogpunt is dit die besgeslaagde +bundel, ofskoon ook hier die psigologie soms nie dieper as die boonste +nerfie gaan nie, soos blyk uit die volgende: "Dis wonderlik watter +indruk so 'n verandering in die lewe van 'n Boesman maak. Hy kom uit die +wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en +sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die +groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom 'n +wonder bo wonder." (p. 132.) Met dit al het Von Wielligh met die +versameling van die stories 'n verdienstelike kultuur-historiese bydrae +gelewer. Wat hy met onvermoeide speursin uit verborge hoekies en +gaatjies gehaal 't sal altyd van belang bly, maar waar dit ons hier te +doen is om letterkundige skoonheid, moet gekonstateer word, dat die +geaardheid van 'n groot gedeelte van die stof sodanig is, dat dit slegs +vir wetenskaplike doeleindes geskik is.</p> + +<p>Gewoonlik word die serie <i>Boesman-Stories</i> as boeke vir die jeug beskou. +Blykens die voorberig van die vierde deel was dit allermins die +bedoeling van die outeur en uit die karakterisering van die inhoud is +dit duidelik, dat hy gelyk het. Daar is seker min Afrikaanse ouers, wat +sou wens, dat hul kinders so 'n volledige kennis van al die +Boesman-bygelofies bevoorbeeld moet hê, as wat Von Wielligh ons aanbied. +Niettemin sou daar seker 'n klein bloemlesing uit die vier dele kan +saamgestel word, wat sal voldoen aan die vereistes van 'n kinderboek. +Maar Von Wielligh is veels te optimisties waar hy sê: "...daar sal +gewis 'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar meer as kinders +hulle ore sal hou teen die blaaie van <i>Boesman-Stories</i> om te luister na +sprokies en vertellings <i>asof die woorde direk en duidelik afkomstig is +van die oorspronklike lippe wat hul vertel <span class='pagenum'><a name="Page_81" id="Page_81">[Pg 81]</a></span> +het</i>."<a name="FNanchor_124_124" id="FNanchor_124_124"></a><a href="#Footnote_124_124" class="fnanchor">[124]</a> Dit is in +flagrante teëspraak met die volgende: "Met die skrywe van hierdie +<i>Boesman-Stories</i> het ons die gedagtes van die Boesmans <i>in ons eie +woorde vertolk ...</i>"<a name="FNanchor_125_125" id="FNanchor_125_125"></a><a href="#Footnote_125_125" class="fnanchor">[125]</a> en gee aanleiding tot 'n ander opmerking. Die +eienaardige bekoring van die inboorlingestories sit ongetwyfeld +grotendeels in die persoonlikheid van die oorspronklike verteller. Dit +het Von Wielligh self gevoel, want in die voorberig van <i>Diere-Stories</i> +verklaar hy: "Niemand kan 'n Diere-Storie so smaakvol as 'n Hotnot +vertel nie. Dit smaak of hy alles daar voor hom sien en hoor, wat hy +verhaal. Haarfyn kan hy die Diere naboots en namaak—so natuurlik, dat +ons daarvan soms bang word." Nou is dit juis dié natuurlike element, wat +ons in die <i>Boesman-Stories</i> mis, terwyl in <i>Diere-Stories, soos deur +Hotnots vertel</i> die juiste toon baie beter getref word. Gelukkig het Von +Wielligh besef dat 'n kinderboek nie "deurspek met lesse, met sedepreke" +moet wees nie en met uitsondering van sekere minder artistieke +stylwendings kan die <i>Diere-Stories</i> as aangename kinderlektuur beskou +word, wat egter in hierdie verband nie nader kan bespreek word nie.</p> + +<p>Al dadelik blyk egter weer uit die volgende aanhaling, dat Von Wielligh, +as leek hoegenaamd geen insig het in die wordingsgeskiedenis van +dierverhale nie. In die voorberig van <i>Boesman-Stories I</i> stryk hy met +'n klein vetkersie ewe parmantig in die volle lig van 'n stralende son:</p> + +<p>"In Europa en Amerika word tot nog toe vrugtelose pogings aangewend om +gewilde en ingrypende (?) "Diere-Stories" te skrywe; hier in Suid-Afrika +het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeue gelede uitgewerk. Al +wat ons te doen het, is om die ryk oes in te samel." Hy weet dus nie, +dat feitlik alle volke hul dieresprokies het nie, dat selfs vandag nog +sulke vertellings van mond tot mond gaan oor die gehele aardbodem en dat +baie van ons jakkalsstories groot ooreenstemming vertoon met die +Europese verhale van die vos.<a name="FNanchor_126_126" id="FNanchor_126_126"></a><a href="#Footnote_126_126" class="fnanchor">[126]</a> Wat die digter van <i>Reinaerts +Historie</i> (II), reeds in die 14de eeu geseg <span class='pagenum'><a name="Page_82" id="Page_82">[Pg 82]</a></span> +het bly nog altyd waar, ook +in literêr-historiese sin: "Van Reinaerde es een groot saet Ghebleven +dat nu seere up gaet."</p> + +<p>Van Von Wielligh het ook nog verskyn 'n Afrikaanse bewerking van +Robinson Crusoë (1920) en 'n Boesman-Robinsonade, <i>Nimrod Seeling</i> +(1921). Nimrod is 'n seuntjie van vier jaar, wat in die hande van +Hotnots en Boesmans val en by hulle bly tot sy veertiende jaar. Deur 'n +aaneenskakeling van awontuurlike gebeurtenisse kry die skrywer nog eens +'n geleentheid om die gewoontes, sedes en bygelowe van verskillende +inboorlingstamme te skets, terwyl ook die jag op groot wild beskryf +word. Aangesien die verhaal vir die "jonger geslag" bedoel is, word 'n +eenvoudige styl gebruik. Maar selfs die spannendste awonture word op +dorre betoogtoon verhaal, sonder enige poging tot plastiese uitbeelding. +"Die leeu is nou kort agter ons. Toe Saba in haar boom was, steek sy +haar hand uit om my op te help. Maar helaas, my lang hare raak verward +in 'n droge tak. Saba breek met wilde krag die stuk tak en pluk my op; +net toe kom die leeu onder die boom en vang met sy voorpoot naar my +voete. <i>Hierop</i> maak Saba haar man as of hy uit sy boom wou afklim. Die +leeu sien dit, hol soheentoe en kry 'n skoot met 'n gifpyl, deur die +ander Boesman afgeskiet. <i>Hierop</i> gee Saba haar man hom nog 'n skoot, en +hy was nie meer nie." (p. 33-34.) Dit is maar een voorbeeld van die +dooierige, kroniekagtige vertellings, waarin die verskillende insidente +deur 'n uitgerekte string van +hierop—daarop—waarop—daarna—verder—voorts en soortgelyke woorde +aanmekaar geryg word.<a name="FNanchor_127_127" id="FNanchor_127_127"></a><a href="#Footnote_127_127" class="fnanchor">[127]</a> Dat ook hier herkouing van ou motiewe +aanwesig is, bewys o.a. die Griekwa-preek op p. 76.</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">Hy tok-tok, hy tok-tok,<br /></span> +<span class="i0">Hy tok-tok, hy tok-tok, ens. ens.<a name="FNanchor_128_128" id="FNanchor_128_128"></a><a href="#Footnote_128_128" class="fnanchor">[128]</a><br /></span> +</div></div> + +<p>Dit is die enigste ritme, wat daar in Von Wielligh se <span class='pagenum'><a name="Page_83" id="Page_83">[Pg 83]</a></span> +prosa is. Gevoel +vir die klankwaarde van woorde, vir die fyner modulasies, vir die mooi +melodie van glydende woordereekse besit hy nie. Ewe geduldig stryk hy sy +ramkie en op die eentonige deun "kerf" hy riel na riel uit. Dit is die +totaalindruk. In <i>Jakob Platjie</i> word ons af en toe deur 'n mooi +klankeffek verras en ook in die <i>Boesman-</i> en <i>Diere-Stories</i>, maar in +<i>Huis en Veld</i> dreun die dowwe preektoon dwarsdeur.</p> + +<p>Herhaling van dieselfde woorde is 'n vaste kenmerk van sy styl. "As 'n +man wild na huis bring, dan word die afgekoude <i>bene</i> 'n entjie van die +deur van sy hut op 'n hopie ge<i>gooi</i>. So het elke man in die kraaltjie +sy eie <i>been</i>hopie. Die af<i>geëte bene</i>, so lank <i>geëet word, word</i> in +die hol bak van die bors<i>been</i> van 'n volstruis geplaas. Is daardie +<i>been</i>skottel vol <i>bene</i>, dan word dit na die <i>been</i>hopie gedra en daar +neerge<i>gooi</i>." (<i>Boesman-Stories</i> III p. 34-35.) En so gooi Von Wielligh +nog 'n paar paragrawe aldeur <i>bene</i> op die <i>beenhopie</i>, totdat dit 'n +berg word! In <i>Huis en Veld</i> (p. 145) kom behalwe ander herhalings voor: +herstel—stel—stel, alles in een paragrafie.<a name="FNanchor_129_129" id="FNanchor_129_129"></a><a href="#Footnote_129_129" class="fnanchor">[129]</a></p> + +<p>"Onder sy aanvoer kom hul altyd vier<i>kant</i> veilig ander<i>kant</i> uit" +(t.a.p., p. 67). "Dit het Daan gesê, en hy gaan toe op 'n verraderlike +blok <i>sit</i>, wat sy plesier daarin vind om óm te slaan en die een wat +daarop wou <i>sit</i>, nog die moeite te gee om dit weer met sukkel in ewewig +op die grond te plaas en dan daarop te <i>sit</i>, met meer aandag wat onder +as wat voor die <i>sit</i>ter plaasvind" (t.a.p., p. 24). Afgesien van die +storende herhaling is dit seker besonder lompe styl. En sulke voorbeelde +is daar soos bossies!<a name="FNanchor_130_130" id="FNanchor_130_130"></a><a href="#Footnote_130_130" class="fnanchor">[130]</a></p> + +<p>Met nog een tok-tok-deuntjie kan ons volstaan. <i>"Daar</i> was nie <span class='pagenum'><a name="Page_84" id="Page_84">[Pg 84]</a></span> +lopende +<i>water</i> in die <i>kloof</i> nie; alleen was <i>daar</i> 'n gat <i>water</i> onder 'n +<i>water</i>val. <i>Daar</i> was geen ander ingang tot die <i>kloof</i> as van onder af +nie. Ons vind die dooie kalf bo in die <i>kloof</i> digteby die <i>water</i>val en +<i>daar</i> het ons die slag<i>yster</i> gestel soos dit behoort te wees, sonder +die <i>yster</i> aan iets vas te maak—anders draai die tier sy poot <i>daar</i>in +af. Lê die <i>yster</i> los, dan kan hy wel 'n entjie <i>daar</i>mee stap, dog van +ontvlug is glad geen sprake nie, <i>daar</i> die <i>yster</i> te <i>swaar</i> aan sy +seer poot hang." (<i>N. Seeling</i> p. 77-78.) "Ma, Pa vra of Ma nie Pa se +osse na die wa sal laat ja nie?" is kindergestamel van dieselfde +klankwaarde.</p> + +<p>Vir kombinasies van verwante gedagtes is Von Wielligh baie lief en +dikwels gee hy <i>in aliis verbis idem</i>. "Dit vul ons hart egter <i>met +blydskap</i> om <i>met vergenoegdheid</i> 'n terugblik te mag werp ... (<i>Eerste +Skrywers</i> p. 7); "Maar gelukkig het 'n <i>verwydering</i> van liefde en +vrindskap die lede nie van mekaar kon <i>skei</i> nie. Vrinde as altoos!" +(t.a.p., p. 49)—wat onsin is! "Hulle (verstaan: die Engelse) beskik oor +wêreldberoemde skrywers en <i>vertalings uit ander tale"</i> (t.a.p., p. 91); +"<i>Hy het</i> die Britse gesag <i>verlaat en vaarwel gesê</i>, en met sy Groot +Trek <i>het hy</i> in 1836 die Kolonie <i>verlaat</i> ..." (t.a.p., p. 103); "'n +lappies dorp <i>van tente</i> of 'n blikkies dorp <i>van sinkhuise</i>" (<i>H. en +V.</i>, p. 111); "<i>Rusteloosheid</i> egter gun hom <i>geen rus</i> nie"<a name="FNanchor_131_131" id="FNanchor_131_131"></a><a href="#Footnote_131_131" class="fnanchor">[131]</a> +(t.a.p., p. 6); "die renbaan het Freddie se beurs omgedop, <i>sodat die +binnekant nou buite sit</i>" (t.a.p., p. 128); "alles natuurlik onder vier +oë <i>en in diepe vertroue"</i> (<i>J. P.</i> p. 94); "Die trekboere het in tente, +maar liefs <i>by voorkeur</i> in matjieshuise gewoon" (t.a.p., p. 92); "die +man se lyf was amper kaal en <i>met min klere bedek</i>" (<i>Boesman-Stories</i> I, +p. 148). Dieselfde neiging om tog maar veral niks aan die fantasie van +die leser oor te laat nie blyk ook uit tal van nuttelose opmerkings by +die <i>Boesman-Stories</i>. Die tietel van No. 58 in deel III lui: "Nog meer +oor Bygeloof" terwyl die <i>Opmerking(s)</i> ons nog ewe deftig verseker: "In +hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies van +Boesmans"! By No. 53 en elders gaan dit net so!<span class='pagenum'><a name="Page_85" id="Page_85">[Pg 85]</a></span> +</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">Ick sie: geen dingh en is soo kleyn,<br /></span> +<span class="i0">Of 't gaet u tot het innigh breyn:<br /></span> +<span class="i0">Geen dit of dat, geen boere-schuyt,<br /></span> +<span class="i0">Of gy en treckt er voordeel uyt.<a name="FNanchor_132_132" id="FNanchor_132_132"></a><a href="#Footnote_132_132" class="fnanchor">[132]</a><br /></span> +</div></div> + +<p>As Von Wielligh in die sewentiende eeu geleef 't sou hy seker 'n tiental +emblematabundels geskryf 't. Wat van Vader Cats geseg is, geld ook van +hom: "Niets is hem te gering; geen afstand is hem te groot, geen +combinatie te zonderling; zijn blik volgt de vloo, dwaalt van de oester +tot het haantje van den toren."<a name="FNanchor_133_133" id="FNanchor_133_133"></a><a href="#Footnote_133_133" class="fnanchor">[133]</a> "De voorstellingen (in Sinne- en +Minnebeelden) zijn meerendeels ontleend aan het dagelijksch leven; een +doorgehakte paling welks twee deelen zich zoeken te vereenigen, een +brandend hout en een mooi meisje, eene papegaai in een kooi, een +spinneweb, een windhaan, een rattenval, een bordurende juffer ... +verwelkte rozen, een vlinder, eene fuik, enz."<a name="FNanchor_134_134" id="FNanchor_134_134"></a><a href="#Footnote_134_134" class="fnanchor">[134]</a></p> + +<p>"Frans weer was soos sodawater: druk jy die prop in, dan bruis dit, maar +die gas is gou uitgekook. Gou driftig, maar gou weer goed." (<i>H. en V.</i>, +p. 14.) Met 'n mooi plaatjie daarby sou dit 'n goeie <i>sinnebeeld</i> wees. +Cats redivivus, maar dan tog in onderbaadjiesak-formaat, want van sy fyn +vertellerstalent is daar by Von Wielligh weinig te bespeur. Dit is +bekend, dat Cats twistery tussen man en vrou verdedig deur daarop te +wys, dat 'n braakmiddel af en toe goed is vir die maag. Dit is wel iets +na Von Wielligh se smaak: "Om iemand kwaai woorde toe te voeg, of om hom +<i>vomitief</i> in te gee, kan jy iets onaangenamer terug verwag" (<i>H. en +V.</i>, p. 88). Dieselfde skerp "tegenstelling van verheven en plat" wat by +Cats so 'n komiese indruk maak, tref ons ook by Von Wielligh aan. As +Cats bevoorbeeld wil duidelik maak, dat die gedrag van iedere vryer +noukeurig ondersoek word, dan sê hy:</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">Een vryer moet het lyf als op de rooster leggen,<br /></span> +<span class="i0">Om daer, gelyck een worst, te worden omgewent,<br /></span> +<span class="i0">Totdat men aen den reuck syn roet (vet) en reuzel kent.<a name="FNanchor_135_135" id="FNanchor_135_135"></a><a href="#Footnote_135_135" class="fnanchor">[135]</a><br /></span> +</div></div> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_86" id="Page_86">[Pg 86]</a></span> +Von Wielligh verklaar met groot erns: "... so nutteloos as 'n horlosie +sonder wysters, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se +bors, net so sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees." (<i>H. en +V.</i>, p. 121).</p> + +<p>"Zeker, Potgieter had gelijk toen hij, met het oog op Huygens, zeide dat +voor den waren dichter niets te laag is om het tot zich op te beuren. +<i>Indien</i> de dichter het lage dan ook maar opbeurt. Dat doet Cats zelden. +Gewoonlijk bukt hij zich of hurkt er bij neer ... Liefst houdt hij zich +bij het dagelijksch leven; maar het dagelijksche wordt licht +alledaagsch, het alledaagsche staat niet ver van het platte, het platte +daalt gaarne af tot het ruwe."<a name="FNanchor_136_136" id="FNanchor_136_136"></a><a href="#Footnote_136_136" class="fnanchor">[136]</a> So gaan dit ook met Von Wielligh. +Dat hy sy boere ens. van die ou dae, beelde ontleen aan hul daelikse +bedryf laat gebruik, is goed gesien. As Frans die slagter b.v. in <i>Huis +en Veld</i> na aanleiding van 'n opmerking dat gebrekkige en sieklike mense +nie behoort te trou nie sê: "Dus hulle is van egtelike Liefde +uitgesluit. Hul moet hulle geluk in Vrindskap gaan soek—en is stompoor +gesny en op die stoppelland geja." (p. 16), dan tiepeer dit meteens die +man se hele persoonlikheid. Willie se grappie: "Ons het die ou jaar net +vandag nog aan die puntjie van sy stert, vannag glip hy hand uit en +slaan bolmakiesie oor die afgrond van die verlede" (p. 47) pas mooi in +die koffiedrink-atmosfeer. Maar wanneer Dolf se vrou in volle geselskap +sê: "dan maak Ma eers goed vuur op hulle asplekke" (p. 74), stap sy oor +die grense van alle welvoeglikheid. Von Wielligh moet bedenk, dat wat +uitstekend pas in <i>Jakob Platjie</i> nie orals kan gebruik word nie. Koos +Fonk se mikstuur "maak vrolik en olik en dan moet daar weer van die hond +se hare gehaal worde om op die hond se bytplek te sit" (p. 81). Sina is +"vir die tronk so bang ... as 'n bobbejaan vir die hits van 'n gloeiende +yster" (p. 5)—dit is raak opmerkings, wat ons dadelik as psigologies +juis voel. Maar ongelukkig het die Hotnot-Griekwa-Boesman-suurdesem deur +<i>al</i> Von Wielligh se werk getrek. Dolf se "beskouing omtrent sake het +nie dieper ingedring as 'n speld in 'n aap se <span class='pagenum'><a name="Page_87" id="Page_87">[Pg 87]</a></span> +duim nie" (<i>H. en V.</i>, p. +13); sy gestalte "laat iemand aan 'n bobbejaanpaal dink ... terwyl Frans +iemand aan 'n ronde-rib skapie herinner" (p. 13)<a name="FNanchor_137_137" id="FNanchor_137_137"></a><a href="#Footnote_137_137" class="fnanchor">[137]</a>; Hessie "kielie 'n +kort stukkie op die klavier" af (p. 36); Dolf lyk "net verspot ... asof +hy te veel galsterige varkspek geëet het" (p. 97) en in <i>Staan jou Man</i> +sit "algar ... by hierdie tyd soos paddas danig erg van die gemmerbier +opgeblaas" (p. 61); "Die son steek asof hy Fant in 'n groot stuk kaiings +wou opsmelt" (p. 18); Soekie Grasman is "so grappig dat hy 'n hele vrag +ape van lag sal laat uitskater" (p. 104) en druk Sytjie "om haar +beenderige ribbe" (p. 131); "M.A. en B.A.-tietels was vir hulle net +soveel wêrd as 'n broeksak vir 'n hond" (p. 149); "ons almal weet dat +die troos wat hieraan ontleen is, maar altyd 'n handvol vlieë bly" (p. +244). Met sulke beelde sal Von Wielligh seker die outas en aias in die +kombuis laat lag.<a name="FNanchor_138_138" id="FNanchor_138_138"></a><a href="#Footnote_138_138" class="fnanchor">[138]</a></p> + +<p>Met eienaardige logika probeer hy om die plat taal van die <i>Patriotters</i> +goed te praat: "'n Fout werd gevinde met die Eerste Skrywers, dat hul +ongekuiste taal gebruik het. Maar dit vind 'n mens by die eerste +skrywers van alle volke en die rede is hierin te soek: dat as iemand van +'n vlooi praat, dan is dit onbeskaaf, maar hy mag wel van 'n vlieg +praat. Dis niks om van 'n koei te praat nie; maar pas op om van 'n bul +te praat. Iemand kan sê: "dis leuenagtig"; maar "<i>dis waaragtig</i>" dan is +dit vloek. In die opvoeding word hom geleer wat te sê en nie te sê nie. +Dus hy word geleer hoe om in die sitkamer te praat. Alle dinge is +geoorloof; maar alle dinge is nie oorbaar nie". (<i>Eerste Skr.</i>, p. 38.) +Met iemand wat hom van sulke argumente bedien, val daar nie te redeneer +nie.<a name="FNanchor_139_139" id="FNanchor_139_139"></a><a href="#Footnote_139_139" class="fnanchor">[139]</a> Dat "die eerste skrywers van alle volke" hul van ongekuiste +taal bedien het, is 'n bewering wat stellig onwaar is in sy +algemeenheid; <span class='pagenum'><a name="Page_88" id="Page_88">[Pg 88]</a></span> +bowendien kan die gebruik daarvan in die negentiende eeu +beswaarlik geregverdig word deur 'n vergelyking met toestande van vyf of +ses eeue terug.</p> + +<p>In sy studie <i>Ons Geselstaal</i> verklaar Von Wielligh: "Dog iemand wat +regtig meen om suiwer Afrikaans te bestudeer, moet peil tot die bodem om +die Afrikaanse gedagtegang baas te raak. Hiervoor lewer Plat Taal ons 'n +uitstekende geleentheid om te leer hoe woorde van suiwer gehalte te +vorm. Dit wil sê, as ons meester van die Afrikaanse Plat Taal is, dan +besit ons die sleutel om woorde van 'n hoë gehalte te smee; besit ons +dan sulke doeltreffende woorde, dan word praalskrif op suiwer grondslae +vir ons so duidelik as die son aan die hemel—altyd opklim, opklim tot +die hoogste sport."<a name="FNanchor_140_140" id="FNanchor_140_140"></a><a href="#Footnote_140_140" class="fnanchor">[140]</a> Von Wielligh is hier ongetwyfeld op die regte +spoor, al raak hy ook verward in sy beeldspraak. Met <i>plat taal</i> bedoel +hy blykbaar die geselstaal van die onderste lae van die samelewing, wat +volstrek nie noodwendig plat is nie, terwyl onder <i>praalskrif</i>, taal van +letterkundige gehalte moet verstaan word. As Von Wielligh dus bedoel dat +die kunstenaars die volkstaal moet beluister, dan gee hy 'n raad wat +baie groot skrywers van alle volke gevolg het. Dit is bekend hoe Vondel, +Hooft, Brederoo en ander sewentiende-eeuers gedurende die wordingsproses +van die Neerlandse taal geput 't uit die sappige volkstaal. Hooft sê in +'n brief van 1630: "Verworpelingen van woorden van straet op te raepen +ende doen dienen daar ze deugen, al was 't onder de edelen, daer kan men +eer af hebben". Van Vondel vertel G. Brandt: "Om op elke stof en zaak de +rechte spreekwysen te vinden, onderzocht hy, by allerley slagh van +menschen, wat Duitsche woorden elk ontrent zyn werk, handteering en +kunst gebruikte. De landtluiden vraagde hy, hoe sy spraaken ontrent den +landtbou, en hoe ze 't geen daar toebehoorde noemden, en uitdrukten. +Ontrent den huisbou vraagde hy op gelyke wyse de timmerluiden en +metzelaars: ontrent de zeevaart en 't scheepstuig <span class='pagenum'><a name="Page_89" id="Page_89">[Pg 89]</a></span> +de zeeluiden; ontrent +de schilderkunst, en wat daartoe hoorde, de schilders: en zoo voort +ontrent alle ander bedryf, wetenschappen en kunsten. Dit strekte tot +opbou der taale en om van al wat hem voorquam met woorden die de zaake +eigen waaren te spreken."<a name="FNanchor_141_141" id="FNanchor_141_141"></a><a href="#Footnote_141_141" class="fnanchor">[141]</a> Dit is presies wat Von Wielligh met groot +ywer en toewyding gedoen het en die uitkomste van sy jarelange ondersoek +is dikwels verrassend. Maar dit is van meer belang vir die taalwetenskap +as vir die letterkunde, omdat Von Wielligh geen kunstenaar is nie, wat +uit sy versamelde gegewens 'n werk van skoonheid kan skep. Hy is +eenvoudig 'n belangstellende leek, wat hom verlustig in die "raak +kolskote"<a name="FNanchor_142_142" id="FNanchor_142_142"></a><a href="#Footnote_142_142" class="fnanchor">[142]</a> van die "spraakmakende gemeente", wat "sy lag nie kan +bedwing vir die raaksê-uitdrukkings"<a name="FNanchor_143_143" id="FNanchor_143_143"></a><a href="#Footnote_143_143" class="fnanchor">[143]</a> van die volksvernuf nie. As hy +binne "die grense van sy eie ploegland"<a name="FNanchor_144_144" id="FNanchor_144_144"></a><a href="#Footnote_144_144" class="fnanchor">[144]</a> bly, en die gesprekke van +eenvoudige volkstiepes of inboorlinge weergee, bereik hy dikwels 'n mooi +effek, maar sodra hy hom "werp op die vleuels van praalskrif" dan gee +dit 'n lelike misoes af. Van sy fyn opmerkingsgawe waar dit dinge uit +die alledaagse lewe geld, uit die boerebedryf en jagveld getuig byna +iedere pagina van sy werk. Ook die gewoontes van die diere het hy ywerig +bespied. Hy het honderdmaal geluister na geselsery oor "pynplekkies en +weersgesteldheid"<a name="FNanchor_145_145" id="FNanchor_145_145"></a><a href="#Footnote_145_145" class="fnanchor">[145]</a>, hom "knippeldik" versadig aan die kwinkslae en +"pittige" gesegdes van eenvoudige siele, wat jarelank in die veld- en +woestyneensaamhede rondgeswerf het. Daarom is daar in sy beeldspraak so +dikwels 'n plat-by-die-grondse geestigheid, 'n kombuisagtige bysmakie, +daarom verlustig hy hom in bywonergrappies.</p> + +<p>Wanneer hy binne "die grense van sy eie ploegland" bly, dan is sy +beeldspraak ook baie beter as die van sy "praalskrif". Ter tiepering 'n +paar voorbeelde: "Mog daar 'n verskilletjie ontstaan, word dit so gou +doodgedruk as die vonkie wat val op 'n pyproker se broek (<i>H. en V.</i>, p. +15); <span class='pagenum'><a name="Page_90" id="Page_90">[Pg 90]</a></span> +"Niemand kry die eer om hom te fop nie; hy lê altyd vir hulle +klaar, nes 'n haas wat met sy oop oë slaap, of nes 'n ystervark met sy +skerp penne, na die bedrieër toe." (<i>S. j. M.</i>, p. 68.) "Vat hom aan sy +hakskeen, en jy kry 'n terugskop met die polvy van 'n velskoen, waarin +'n nommer-12-voet sit, om jou maagpyn en winduit op jou hurke te bring; +dan pak hy die parmant aan die arms, ... stamp hom nes 'n karringstaf op +en af, tot hy hik." (id., p. 12); "Daarom het al die mans in daardie dae +nes spinnekoppe gelyk wat tot agter hulle nekke oopgeboener was." (id., +p. 6); "Fant het net soos iemand wat korhaan jag, om en om Sytjie gestap +tot sy gaan sit, toe korrel hy" (id. p. 229); "Wie sy ou steeks perd, +wat gewoonlik agteruitbeur as daar seekoegate agter is, verruil vir 'n +ander wat gewoonlik die vaart neem as daar miershope en slote voor is, +weet bepaald dat hy deurgaans in die midde van onsekerheid verkeer." +(id., p. 239). Rosa "sal haar laaste seep uitleen en dan haarself met 'n +baksteen skrop" (<i>Jakob Platjie</i>, p. 166). Abdol maak geld "soos +gemaalde koffie uit 'n meul." (id., p. 71.) "Oom, my bokke is regtig +mooi—hulle kloue kraak nes blinkleer stewels as hul so rondstap." (id., +p. 57.)</p> + +<p>Wanneer Von Wielligh nou sulke uitdrukkings gebruik, dan bly hy binne sy +eie ervaringssfeer en ofskoon daar geen sprake is van digterlike siening +nie, voel ons direk dat alles eg en deurleefd is. Maar te dikwels +vergeet hy dat die lekker-gesels-praatjies om die wagvuurtjie in die oop +veld sleg pas in die sitkamer en dan verspreek hy hom lelik. So lank as +hy nog by die wagvuurtjie bly, kan ons soms met genoege luister na sy +jaganekdotes en vertellings van die ou dae, dan hinder sy gekruide styl +ons nie, omdat dit so innerlik-eg is, so getuig van intieme omgang met +die natuur in sy oer-staat. Maar sodra hy die sitkamer binnestap, begint +hy op onnatuurlike toon te preek,—dan rek hy "'n taai-tammeletjie so +lank uit as (hy) kan"<a name="FNanchor_146_146" id="FNanchor_146_146"></a><a href="#Footnote_146_146" class="fnanchor">[146]</a> en jaag die geselskap uitmekaar deur sy +"pittige plat taal". Die gedurige botsing tussen sy natuurlike +geselsstyl en sy onegte "praalskrif", wat hom <span class='pagenum'><a name="Page_91" id="Page_91">[Pg 91]</a></span> +verlei tot 'n ridikule +vermenging van hoog en laag is juis wat ons kriewelrig maak.</p> + +<p>By die bespreking van <i>Huis en Veld</i> is aangetoon, dat hy <i>Kleopas +Kipie</i> maklik uitstof, wanneer hy sy sondagse manel aantrek. Dan word hy +gewoonlik onverstaanbaar in sy geaffekteerde hoogdrawendheid. "Met hulle +(die Trekkers) aangesigte na die noorde gekeerd, dwaal hulle dáár ver in +die suide op die agtergrond en sit op die verlede te broei. Die verlede +is vir vleis en bloed onnaakbaar; dog ons herinneringe, nes 'n +vliegtuig, is in staat om ons uit die deinsige hoogte op ons ou +dwaalplekke te laat neerkyk. Hulle sien uit hulle voëlvlug die ouderlike +woning, waarin hul die besitters van lewe met sy worstelinge geword het; +hulle sien die speelplekke met die waentjies en poppe wat hul +verbeeldingskrag gevoed en uitgeswel het, om deur bespieëling die weg +van toepassing te volg; ... Daarop keer die herinnering langsaam terug +... tot waar hul daardie aand gesit het. Dan lei Herinnering hul tot +onder die uitgebreide vleuels van Hoop, wat hul aan die hand vat ..." +(<i>S. j. M.</i>, p. 282-283). Dit is seker nie moontlik om meer "vishoekvas +in die spinnerakke"<a name="FNanchor_147_147" id="FNanchor_147_147"></a><a href="#Footnote_147_147" class="fnanchor">[147]</a> van jou verbeelding te raak nie, om nou 'n +tiepiese Von Wiellighaanse uitdrukking te gebruik. Eers <i>dwaal</i> die +Trekkers, dan <i>sit</i> hul "op die verlede te broei". Hul herinnering word +met 'n vliegtuig vergelyk; die vliegtuig kry 'n hand wat deur die +gevleuelde Hoop gevat word! Hiermee kan vergelyk word <i>Eerste Skrywers</i>, +p. 106: "Die heldemoed van die Afrikaner daar aan die dag gelê, het die +sluise van nasionale ontwaking oopgetrek; want die volk werd daarvoor +intyds ryp gemaak, sodat die verrassing nie as 'n onweerslag op hulle +gekom het nie."</p> + +<p>In die voorwoord van <i>Huis en Veld</i> kom nog 'n voorbeeld van verwarde +beeldspraak voor: "Hierdie swakke poging, deur ons aan die hand gegryp +om 'n druppeltjie in die emmer te laat val—is dit mis, dan is dit +mis,—is die uitvloeisel van 'n dryfveer, wat ons aanspoor, nie alleen +die skouer teen die wiel te sit nie, maar om <span class='pagenum'><a name="Page_92" id="Page_92">[Pg 92]</a></span> +ook volhardend ons hele +gewig daarop te werp. Ons mog in die voorreg deel om vanaf 1875 as +handlanger en baksteen-aangeër met die opbou van ons Afrikaanse +taalgebou mee te help ..." Sulke voorbeelde is daar baie in Von Wielligh +se werk.</p> + +<p>As voorbeeld van die komiese effek veroorsaak deur die teenstelling van +sy gewone en kamma-verhewe styl kan die volgende uit die twede paragraaf +van <i>Eerste Skrywers</i> (p. 1) dien: "Graag het ons gesien dat 'n +bevoegder lid ... sy kop oor die onderdeur van ons hartbeeshuis gesteek +het om te antwoord op die herhaalde aanklop." Maar dan word hy meteens +deftig: "Broeders en Susters! Blyhartig werp ons vir ons op die vleuels +van die gedagte om terug gedra te worde tot daardie dae, toe die sonskyf +van ons goeie nasionale taalsaak sy vergulde rand nog net so effentjies +bokant die donkere berge van onbewustheid en sluimer uitgesteek het." +Dan hoor ons van "'n koue harnas van geheimhouding oor ... brandende +gevoele", van "'n Afrikaanse boom, wat daar sy takke vry in ons heldere +lug uitbrei ..." en verneem dat in die dae "besigheid so slap soos +pannekoekdeeg en handel so plat soos die pannekoek self was"!</p> + +<p>Tot welke onsinnigheid Von Wielligh hom deur sy opgeskroefdheid laat +verlei, blyk uit die volgende voorbeelde: "Hierdie pragtige stukkie +landskap is met die penseel van die verwoestende mensehand op die +seildoek van die skone panorama doodgeskilder, sodat dit daar nooit weer +sal verskyn nie." (<i>H. en V.</i>, p. 71.) Die herhaling op die end is +tiepies. "Watter angs dit op die kindersiel afgespieël het val beter vir +die gedagte om dit te ontplooi as vir die pen om dit neer te grif" (<i>S. +j. M.</i>, p. 272); "Hulle monde was meer vloeibaar as die vloeistof wat +uit die man se klere tap." (id., p. 243); "Toe eers ontprop hy sy +opgebottelde gedagtes en gee hul onsigbare vleuels om oor die +gebeurtenisse van die dag, oor die twee jongmeisies en oor homself te +laat vlie." (id, p. 84) "Selfs die kristallug, waar die sterretjies uit +die onmeetlike verte neerkyk, is tans met 'n swart plafon toegespyker." +(id., p. 167.) 'n Voorbeeld van Laag-by-die-grondse humor staan op p. 95 +van <i>Staan jou <span class='pagenum'><a name="Page_93" id="Page_93">[Pg 93]</a></span> +Man</i>. Daar ontmoet ons ook nog juffroue, wat bordjies +dra met die opskrif: "alle toegang ten strengste verbode" en wat hul +voorstel hoe hul "'n weg sal baan deur 'n Eden van aardse saligheid"!!</p> + +<p>Dikwels gee Von Wielligh se neiging om abstrakte begrippe te +verpersoonlik, of met iets anders te identifiseer aanleiding tot die +allersnaakste kombinasies. "Die wapenhuis van Rennie en Ester was +taamlik gevuld met 'n rommel van deug en ondeug; die taak om die gebruik +daarvan onder 'n ystervoet vas te trap was aan streng moeders en minder +geduldige vaders oorgelaat." (id., p. 148); "Die woorde was maar die +vingers wat die harpsnare van aldaagse gebeurtenisse bespeel" (id., p. +158); "Het die uitlegginge ... altyd die blou strikkies van waarheid om +hulle nekke gedra?" (id., p. 147); "Hoe verkwikkend dit ook al vir +moeder en dogter was om in die arms van liefde te val ... tyd, egter, +het die skerp snede van die swaard van skei stomp gevyl en dit minder +gevoelig gemaak." (id., p. 144); "Hulle prikkelende nuuskierigheid om +die groot dorpe en see te sien, was die goue eiers van hulle verwagting +waarin die kuikentjies van verrassing reeds piep." (id., p. 218). Op die +jagveld is die Boesman "vis in die water en stuurman aan die roer van sy +verstand". (<i>B.-St.</i> III, p. 47). "Waarom moet ons ons woordeskat gaan +verryk met woorde wat yskoud is en wat met ons geen meegevoel koester +nie?" (<i>Eerste Skr.</i>, p. 80).</p> + +<p>In <i>Eerste Skrywers</i> (p. 125) haal Von Wielligh met instemming 'n +veroordeling van retoriese uitdrukkings aan, maar juis die twee +gewraakte beelde is hy besonder lief voor. In die voorwoord al vertrou +hy dat hy "in die <i>arms</i> van 'n genadige beoordeling sal val" en so is +daar nog baie ander soorte <i>arms</i> in sy werk te vind,<a name="FNanchor_148_148" id="FNanchor_148_148"></a><a href="#Footnote_148_148" class="fnanchor">[148]</a> terwyl +"Dingaan die <i>teuels</i> van tirannie en dood gevoer het net waarheen hy +wou" (<i>S. j. M.</i>, p. 11). Von Wielligh is trouens die laaste man, wat +oor retoriese styl moet klaag, want dit sou geen sware taak wees om 'n +paar paginas afgeslyte frases uit sy werk neer te skryf nie. <span class='pagenum'><a name="Page_94" id="Page_94">[Pg 94]</a></span> +In <i>Huis +en Veld</i> vind ons: "steunpilare van die samelewing" (p. 128), +"stortvloed van trane" (p. 130); "op die louere gaan rus" (p. 177 en +14); "om 'n luisterend oor te neig aan die sang ... van voëls, wat ... +hulle lieflike akkoorde laat weergalm" (p. 43). In <i>Eerste Skrywers</i>: +"Toe het die son van ons nasionale ontwaking ... sy ligdolke in die +duisternis van ons slapende harte ingepriem ..." (p. 103). In <i>Staan jou +Man</i>: "Dit het 'n vaste fondament van seltstandigheid onder hulle voete +geskuiwe en die vryheidsvlam in hul harte aangeblaas" (p. 149); "Die nag +het met sy sneeuwit kleed gekom ...; verkwikkende slaap ... het sy sagte +ferwele hand oor die vermoeide ooglede gestryk; die ongestadige weer het +sy septer van gesag aan 'n kalm dag oorhandig" (p. 277). So word soms +lang stukke aanmekaar gelas deur die banaalste beelde,<a name="FNanchor_149_149" id="FNanchor_149_149"></a><a href="#Footnote_149_149" class="fnanchor">[149]</a> waarvan +<i>sluier</i>,<a name="FNanchor_150_150" id="FNanchor_150_150"></a><a href="#Footnote_150_150" class="fnanchor">[150]</a> <i>floers, tyd</i>,<a name="FNanchor_151_151" id="FNanchor_151_151"></a><a href="#Footnote_151_151" class="fnanchor">[151]</a> <i>weegskaal</i> en <i>spinnerak</i> die +vernaamste is.<a name="FNanchor_152_152" id="FNanchor_152_152"></a><a href="#Footnote_152_152" class="fnanchor">[152]</a> Wat 'n <i>floers</i> is weet Von Wielligh blykbaar nie, +want hy skryf: "Om die floers van treurigheid te <i>onderdruk</i> staan die +haan ... vlerk klap en kraai ..." (<i>S. j. M.</i>, p. 240).<a name="FNanchor_153_153" id="FNanchor_153_153"></a><a href="#Footnote_153_153" class="fnanchor">[153]</a> En hoe mens +se <i>oogmaat</i> jou 'n <i>sluier voor die oë</i> kan <i>hang</i> is ook nie duidelik +nie, (id., p. 5).</p> + +<p>'n Totale gemis aan digterlike siening openbaar Von Wielligh in sy +natuurbeskrywing. Hy het ongetwyfeld veel opgemerk en kan ons vertel van +watter bossies skape en bokke die meeste hou. Iemand wat van plan is om +in die Karo te gaan boer, sal heelwat praktiese informasie in <i>Huis en +Veld</i> vind. Maar 'n kunstenaarsblik op die natuur soos die van Malherbe +het Von Wielligh nie. "Bome is hier in oorvloed, ons sien hier die soet +doring, kaffer <span class='pagenum'><a name="Page_95" id="Page_95">[Pg 95]</a></span> +wag-'n-bietjie, kiepersol, naboom, sekelbos, wilde vy, +waterbessie, wilde sering, vaarlandswilg en nog honderde ander tesame +met soveel soorte bosse." (<i>H. en V.</i>, p. 155.) So kry ons telkens 'n +dorre opsomming, presies asof dit die jaarverslag van 'n botaniese +vereniging is. Op p. 44 gee hy 'n katalogus van die soorte voëls, op p. +45 en 104 van die veldblomme, op p. 106 van die Karo-plante—"sommige +egter word nie deur vee gevreet nie"!<a name="FNanchor_154_154" id="FNanchor_154_154"></a><a href="#Footnote_154_154" class="fnanchor">[154]</a> 'n Enkele maal tref ons 'n +opmerking, wat van eie siening getuig: "die stoere akkerbome (brei) +hulle arms in alle rigtings (uit) om die kleinere gewasse 'n seën toe te +wens. Aan die stroom swaai die wilg lustig sy groen snoere en speel met +sy swepies in die wind." (<i>H. en V.</i>, p. 40.) Maar meestal vergenoeg Von +Wielligh hom met 'n verwerking van sy boerekennis, waarin hy af en toe +'n skoolmeesteragtige opmerking vleg om te wys dat hy ook 'n bietjie in +botanie gepeuter 't. "Ja, so noem ons mense dit, maar die plantkundiges +het dit 'n lang, ja 'n beesagtige lang naam gegee van Mesembrianthemum, +wat middagblom beteken." (<i>H. en V.</i>, p. 104).<a name="FNanchor_155_155" id="FNanchor_155_155"></a><a href="#Footnote_155_155" class="fnanchor">[155]</a></p> + +<p>Soos iedere boer stel Von Wielligh ook groot belang in die weer. "Kalm +en rustig werp die <i>goue</i> dageraad sy <i>sombere</i> lig oor die vlaktes van +Gwaggas. [Contradictio in terminis. P.C.S.]. Weldra verrys die son; maar +is van sy <i>oogverblindende</i> ligglorie ontroof—die dig gepakte dampkring +het al die sterk uitskietende strale opgesuig. [In Gwaggas was ek nog +nie, maar ek twyfel sterk of die lig van die <i>opgaande</i> son daar direk +"oogverblindend" word. P.C.S.]. Die son lyk nou so groot as 'n wa se +voorwiel (in alledaagse taal). [?? P.C.S.]. Vroeg laat die sonbesies +hulle hoor; die mense voorspel 'n warme dag en spoedig verandering in +die weer." (<i>Jakob Platjie</i>, p. 115.) Natuurlik kom daar allerlei soorte +<i>sluiers</i> te pas by sulke beskrywings. "Kyk, hoe pragtig staan elke +bossie onder 'n sluier van allerhande kleure van blomme" (<i>H. en V.</i>, p. +103); "die appelkoos is <span class='pagenum'><a name="Page_96" id="Page_96">[Pg 96]</a></span> +oortrek met 'n rooskleurige sluier" (id., p. +40), terwyl "die ruisende melkstroom nog sleg(s) deur die mistige sluier +van die aand sigbaar is." (id., p. 101.)</p> + +<p>"Seurtjie, kyk daar steek die dagbreek reeds sy rooi neus agter die +bergkam uit ..." (<i>H. en V.</i>, p. 38) sê Kammies, en Von Wielligh vind +die beeldspraak so treffend, dat hy dit self gebruik: "Die grou dag +steek spoedig sy droewige wenkbroue agter die bergrand uit...." (id., p. +3). Hoe banaal en konwensioneel is ook die volgende: "Dit was amper, +sononder, net toe die son die weste ligpoorte wou gaan sluit. Alvorens +die gulde deure te grendel, werp die son eers 'n blik terug om te sien +of die Nagwagter met sy vet gesig nog nie deur die oostelike vensters +loer nie. Toe die laaste sonstrale wegsterf en hulle betower en die +liggloed van die omliggende bergtoppe onttrek...." (id., p. 156); "Voor +die vuurstokers van die son nie ekstra brandstof op die sonnehaard plaas +nie om die slapers onder hulle komberse uit te brand...." (id., p. +52.)<a name="FNanchor_156_156" id="FNanchor_156_156"></a><a href="#Footnote_156_156" class="fnanchor">[156]</a> Dit skyn wel die vernaamste besigheid van die son, want ons +verneem dat "die oprysende son 'n ligstraal deur die skeur van (Soekie) +se venstergordyne (prop) om hom in die gesig wakker te kielie" (<i>S. j. +M.</i>, p. 119), en Victor "skrik in 'n vaart wakker, een oggend toe die +grou oggendlig die gordyne van sy slaapkamer <i>aantas</i>(!)" (id., p. 109). +Ou Kammies sal onder sy kornuite ook seker eer inlê met die volgende: +"Die daeraad steek sy grou sakdoek hoog uit aan die oostekant, asof hy +daarmee in die lug waai...." (id., p. 43).</p> + +<p>Nog 'n banale beeld is dat 'n maand of dag <i>sterf</i> en <i>begrawe word</i> +(<i>S. j. M.</i>, p. 99, 277); die jaargetydes of dae is die <i>jasse</i> van die +veld<a name="FNanchor_157_157" id="FNanchor_157_157"></a><a href="#Footnote_157_157" class="fnanchor">[157]</a> (id., p. 191), terwyl die berge <i>wit pruike</i> dra (id., p. 100 +en <i>H. en V.</i> p. 101).</p> + +<p>"Rapen as kinderhoofies" het Potgieter in sy novelle <i>Blaauw Bes, Blaauw +Bes!</i> "'n ongelukkige vergelyking" genoem, wat mens "van het +kannibalen-maal gruwen doet!" By Von Wielligh gaan "pluimvee, +speenvarkies en lammers", wat so skoon gemaak is as "poedelnakende +<span class='pagenum'><a name="Page_97" id="Page_97">[Pg 97]</a></span> +babetjies" in "die hongerige poorte des doods, of liewers gesê, die +snakkende monde"! (<i>Jakob Platjie</i>, p. 130-1).</p> + +<p>As staaltjies van die onbeholpe uitdrukkingswyse, wat mens so dikwels in +Von Wielligh se werk aantref, kan die volgende dien:</p> + +<p>In <i>Jakob Platjie</i>: "Dan kom hul luidrugtig in geselsery ... huistoe". +(p. 3); "By wyle het my vader in sy stadjie by sy famielie deurgebring" +(p. 59); "Hul had dun arms en bene met volwasse buikies, wat nie op +gereëlde voeding kan beslag lê nie ..." (p. 108); "Hul is by +uitnemendheid byejagters, om byneste op te spoor" (p. 112); "Dit was +genoeglike dae van wetenskaplike voedsel vir altwee partye" (p. 211).</p> + +<p>In <i>Huis en Veld</i>: "Edelmoedig het hulle (die Uitgewers) op die +voorgrond getree om hulle medewerking tot die bloei van 'n eie +Afrikaanse letterkunde geldelik te ondersteun"<a name="FNanchor_158_158" id="FNanchor_158_158"></a><a href="#Footnote_158_158" class="fnanchor">[158]</a> ('n Woord vooraf); +"Die lug is ... elektries swanger" (p. 154).</p> + +<p>In <i>Eerste Skrywers</i>: "Dit was die skone ideale en toewyding" (p. 1). +"En dan draai ons 'n sterker soeklig op al hierdie <i>gesigs</i>punte in ons +<i>gesigs</i>veld om te getuig, nie wat ons <i>uit</i> ander bronne ontleen het +nie, maar waar ons oog- en <i>oor</i>getuige van was." (p. 3); "Hulle moes +onder die wapenrusting van geheimhouding van hulle persoon hulle +skuilhou." (p. 6.) "Hiermee word dus 'n maatstaf in die hande van die +beoordelaars geplaas, wat wel in toepassing mag geneem worde ..." (p. +7); "Die skrywer het ... al die westelike distrikte van die Kaap weer +besoek met opmetings van plase" (p. 28); "dan ontruk ons nie <i>uit</i><a name="FNanchor_159_159" id="FNanchor_159_159"></a><a href="#Footnote_159_159" class="fnanchor">[159]</a> +nie; maar werp juis gemaakte geskiedenis <i>in</i><a href="#Footnote_159_159">[159]</a> die gapende kake +van die vergetelheid" (p. 47). "Nog minder het iemand getrag om die +skone wêreld, wat medegevoel afdwing met te veel geleerdheid te bederwe" +(p. 53); "As 'n skrywer baie met geoefendes (in plat taal) omgegaan het, +en hy self daar <span class='pagenum'><a name="Page_98" id="Page_98">[Pg 98]</a></span> +nie mis in bedeeld is nie ..." (p. 101); "Hierdie +bewering klop ons op die skouer, eis verdediging om nie abuislike foute +te maak nie" (p. 129).</p> + + +<p>In <i>Staan jou Man</i>: "'n Lusoord van aardse skepping" (p. 3); +"aangematigde skrik" (p. 15); "die liewe brawe koffie" (p. 37); "Sytjie +(was) reeds daar, want sy het die aankoms van haar pleegouers eerder +ontvang as die huismense gedink het" (p. 102)<a name="FNanchor_160_160" id="FNanchor_160_160"></a><a href="#Footnote_160_160" class="fnanchor">[160]</a>; "Toe word 'n Hof van +Heilige Geloofsgerig aangestel" (p. 150). Wat dit nou eintlik is, sal +Von Wielligh wel alleen weet! "Sy voel gelukkig om spoedig van aardse +smart verlos te wees en te herenig met haar eggenoot ..." (p. 164).</p> + +<p>In <i>Nimrod Seeling</i>: "twee wakker blou oge wat 'n lig van bewussyn laat +uitstraal het ..." (p. 59); "Hulle toon toe aan dat dié soort lewe, wat +ek verkies, 'n afbrekende eeu is ..." (p. 116).</p> + +<p>In <i>Boesman-Stories</i>: "Want 'n weerklank klink altyd mooier as die stem +wat dit weerkaats" (I, p. 34); "sy pylkoker val aan stukkies en die pyle +daarin verdor sy in kaf" (I, p. 141); "So gevoel die kinders hul veilig +onder die beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en +onder verskeurende ongediertes. Een dag leef hul in oordaad, dae daarna +vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken +net 'n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur +voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie." (III, p. 31); "om dit mooi +te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie" (III, +p. 5); "Watter ander gevolg moet ons hieroor vel ..." (III, p. 105).</p> + +<p>In <i>Diere-Stories</i>: Outa is "uitgedos in vriendelikheid self ..." (I, p. +9); Die dierestories "verskaf ... sielslewe in die hart van die ou +bokwagter" (I, p. 12); "Toe lag die Voëls nie meer nie; maar sit mekaar +knersend van verontwaardigheid kwaai aan te kyk ..." (I, p. 24).</p> + +<p>Oor die algemeen is Von Wielligh se taal suiwer, maar spore van Engelse +invloed kom tog voor.</p> + +<p>"Wydbegrippig" (<i>broad-minded</i>) (<i>Eerste Skr.</i>, p. 59); "Koos vra hul om +saam brekfis <i>te neem</i>" (<i>J. P.</i>, p. 70); <span class='pagenum'><a name="Page_99" id="Page_99">[Pg 99]</a></span> +"'n Korte wandeling gaan +neem" (<i>H. en V.</i>, p. 34); "Toe die klok twaalfuur slaan, rys die vrinde +..." (id., p. 52); "nukomelinge" (id., p. 174); "Moet tog nie +moeilikhede halfpad gaan ontmoet nie" (<i>S. j. M.</i>, p. 17); "alles het sy +natuurlike self gebly" (id., p. 39); "'n dood geheim" (id., p. 136); +"die naarste van drome" (id., p. 263); "toe hy so 'n skewe kyk na Kraai +gooi" (<i>B.-S.</i> II, p. 4 en 155);<a name="FNanchor_161_161" id="FNanchor_161_161"></a><a href="#Footnote_161_161" class="fnanchor">[161]</a> "ondergroei" (id., p. 107); "Die +Boesman kan baie wreed wees en 'n plesier daarin neem ..." (IV, 121); +"Julle neem dit lekker" (<i>D. S.</i> I, p. 43); "Jakhals het uit sy eieself +geweet ..." (id., p. 48); Jakhals vra aan Wolf "hoe 'n tyd hy daarvan +gehad het" (id., p. 61); Wolf vra "in 'n fluister" (id., p. 66); "En jy +meen te vertel die kinders het dit alles opgevreet?" (II., p. 11); Die +kat "pir" (id., p. 19). Ook in <i>Robinson Crusoë</i> is daar voorbeelde van +letterlike vertaling.</p> + +<p>Met die voorsetsels raak Von Wielligh soms verward: "met bliksem ... +vergeseld; in vatbare (?) wyse opgestel" (<i>E. Skr.</i>, p. 32, 120); Die +Boesmans "bedien hul met ribbebene wat hol geslyp is" (<i>B.-S.</i> III, p. +20). "Kamma-geleerdes" (<i>E. Skr.</i>, p. 108) is 'n gelukkige neologisme, +"pou-trots" (<i>S. j. M.</i>, p. 6) egter nie, en nog minder "posing" (id., +p. 27). Von Wielligh gebruik ook graag vorme soos: "as komme kan", +"ontvalle", "soude", (<i>E. Skr.</i>, p. 6, 8, 53). 'n Paar voorbeelde van +verkeerde woordskikking kom voor, o.a.: "Oom Willem word tot kommandant +gekies, omdat hy dapper is en kan in die grootste gevaar sy hoof koel +hou." (<i>J. P.</i> p. 151.)</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_102_102" id="Footnote_102_102"></a><a href="#FNanchor_102_102"><span class="label">[102]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918, waaraan hierdie lewensskets +ontleen is; 1850 is egter verkeerd, vgl. <i>Eerste Skrywers</i>, p. 151. In +<i>Die Huisgenoot</i>, Nov. 1919 staan 'n uitvoeriger biografie.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_103_103" id="Footnote_103_103"></a><a href="#FNanchor_103_103"><span class="label">[103]</span></a> Vgl. <i>Eerste Skrywers</i>, p. 57.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_104_104" id="Footnote_104_104"></a><a href="#FNanchor_104_104"><span class="label">[104]</span></a> <i>Eerste Skrywers</i> p. 35.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_105_105" id="Footnote_105_105"></a><a href="#FNanchor_105_105"><span class="label">[105]</span></a> t.a.p., p. 85.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_106_106" id="Footnote_106_106"></a><a href="#FNanchor_106_106"><span class="label">[106]</span></a> t.a.p., p. 159.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_107_107" id="Footnote_107_107"></a><a href="#FNanchor_107_107"><span class="label">[107]</span></a> t.a.p, p. 124.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_108_108" id="Footnote_108_108"></a><a href="#FNanchor_108_108"><span class="label">[108]</span></a> Vgl. my artiekel oor Letterkundige Kritiek in <i>Die +Huisgenoot</i> van Des. 1920.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_109_109" id="Footnote_109_109"></a><a href="#FNanchor_109_109"><span class="label">[109]</span></a> Private meedeling van die skrywer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_110_110" id="Footnote_110_110"></a><a href="#FNanchor_110_110"><span class="label">[110]</span></a> <i>Eerste Skrywers</i>, p. 113. Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_111_111" id="Footnote_111_111"></a><a href="#FNanchor_111_111"><span class="label">[111]</span></a> t.a.p., p. 54. Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_112_112" id="Footnote_112_112"></a><a href="#FNanchor_112_112"><span class="label">[112]</span></a> Vgl. Dr. L. v. Niekerk: <i>De Eerste Afrikaanse +Taalbeweging</i><sup>1</sup>, p. 189.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_113_113" id="Footnote_113_113"></a><a href="#FNanchor_113_113"><span class="label">[113]</span></a> Vgl. oor "Patterjots" Dr. L. v. Niekerk t.a.p.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_114_114" id="Footnote_114_114"></a><a href="#FNanchor_114_114"><span class="label">[114]</span></a> <i>Eerste Skrywers</i>, p. 101.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_115_115" id="Footnote_115_115"></a><a href="#FNanchor_115_115"><span class="label">[115]</span></a> Vir hinderlike tussenkoms van die outeur kan ook nog +vergelyk word p. 12, 21.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_116_116" id="Footnote_116_116"></a><a href="#FNanchor_116_116"><span class="label">[116]</span></a> Vgl. ook nog p. 217 et passim.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_117_117" id="Footnote_117_117"></a><a href="#FNanchor_117_117"><span class="label">[117]</span></a> Vgl. <i>Staan jou Man</i>, p. 88, 143.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_118_118" id="Footnote_118_118"></a><a href="#FNanchor_118_118"><span class="label">[118]</span></a> <i>Staan jou Man</i>, p. 55.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_119_119" id="Footnote_119_119"></a><a href="#FNanchor_119_119"><span class="label">[119]</span></a> Vgl. ook <i>Staan jou Man</i> p. 47.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_120_120" id="Footnote_120_120"></a><a href="#FNanchor_120_120"><span class="label">[120]</span></a> Waarom Daan Wiks so lank wag met sy gewigtige getuienis +word nie opgehelder nie.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_121_121" id="Footnote_121_121"></a><a href="#FNanchor_121_121"><span class="label">[121]</span></a> Ook nog verskillende fuiwe van Hotnots.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_122_122" id="Footnote_122_122"></a><a href="#FNanchor_122_122"><span class="label">[122]</span></a> Vgl. ook die flou praatjie oor Ester se droefheid, p. +169.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_123_123" id="Footnote_123_123"></a><a href="#FNanchor_123_123"><span class="label">[123]</span></a> Vgl. Voorwoord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_124_124" id="Footnote_124_124"></a><a href="#FNanchor_124_124"><span class="label">[124]</span></a> <i>Voorberig</i> 4de deel. Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_125_125" id="Footnote_125_125"></a><a href="#FNanchor_125_125"><span class="label">[125]</span></a> <i>Voorberig</i> 1ste deel. Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_126_126" id="Footnote_126_126"></a><a href="#FNanchor_126_126"><span class="label">[126]</span></a> Vgl. o.a. Prof. J.W. Muller se inleiding by sy +Reinaert-uitgawe.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_127_127" id="Footnote_127_127"></a><a href="#FNanchor_127_127"><span class="label">[127]</span></a> Vgl. o.a. p. 93, 22-23, 52, ens. Of daar in <i>Ghwennie +Barnveld</i>, 'n boek "vir jong meisies" in dié opsig verbetering is, kan +ek nie beoordeel nie, omdat dit na die skrywe van hierdie bespreking +verskyn het.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_128_128" id="Footnote_128_128"></a><a href="#FNanchor_128_128"><span class="label">[128]</span></a> <i>Boesman-Stories</i> II, p. 194.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_129_129" id="Footnote_129_129"></a><a href="#FNanchor_129_129"><span class="label">[129]</span></a> Vgl. nog <i>Eerste Skrywers</i>, p. 27: +gedruk—gedruk—drukkery—drukpersie; p. 60: "Ons was met ons deurkruis +van ons land ...", ens.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_130_130" id="Footnote_130_130"></a><a href="#FNanchor_130_130"><span class="label">[130]</span></a> Vgl. o.a. <i>H. en V.</i>, p. 143: "Al hierdie gebeurtenisse +het baie gevoelig 'n diepe indruk op die Afrikaanse huislike lewe en +dinkwyse gemaak en nagelaat." Lomp is ook: "Hy skuif sy raam op en staan +die heerlike koffie met tyd te geniet, terwyl sy oë 'n blik werp wat +buite in die fris oggendlug plaasvind." (<i>S. j. M.</i>, p. 119).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_131_131" id="Footnote_131_131"></a><a href="#FNanchor_131_131"><span class="label">[131]</span></a> Vgl. <i>Boesman-Stories</i> I, p. 55, "'n woelige Gees sonder +rus".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_132_132" id="Footnote_132_132"></a><a href="#FNanchor_132_132"><span class="label">[132]</span></a> Jacob Cats: <i>Houwelijck</i> I, 235.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_133_133" id="Footnote_133_133"></a><a href="#FNanchor_133_133"><span class="label">[133]</span></a> J. Prinsen: <i>Handboek tot de Ndlsche Lett. Ges.<sup>2</sup></i>, p. +335.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_134_134" id="Footnote_134_134"></a><a href="#FNanchor_134_134"><span class="label">[134]</span></a> G. Kalff: <i>Ndlsche Dichters der 17de Eeuw</i>, p. 37 +(Cats).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_135_135" id="Footnote_135_135"></a><a href="#FNanchor_135_135"><span class="label">[135]</span></a> Vgl. Kalff, t.a.p., p. 100.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_136_136" id="Footnote_136_136"></a><a href="#FNanchor_136_136"><span class="label">[136]</span></a> Kalff: t.a.p., p. 98.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_137_137" id="Footnote_137_137"></a><a href="#FNanchor_137_137"><span class="label">[137]</span></a> Vgl. in <i>Glorie Pan</i>: "Niks op aarde is bestendig nie; +alles is van korte duur nes 'n lappie op die seer vinger van 'n +bobbejaan." (<i>Die Brandwag</i>, 10 Des. 1913).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_138_138" id="Footnote_138_138"></a><a href="#FNanchor_138_138"><span class="label">[138]</span></a> Vgl. ook die onsmaaklike opmerking in <i>S. j. M.</i>, p. 65: +"Ons ou mense het min van snorbaarde gehou, wat so hinderlik met, soen +en sop-eet geblyk het"!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_139_139" id="Footnote_139_139"></a><a href="#FNanchor_139_139"><span class="label">[139]</span></a> Vgl. ook die snaakse betoog om te bewys dat <i>jy, jou</i>, +ens., nie plat is nie. <i>Eerste Skr.</i>, p. 97.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_140_140" id="Footnote_140_140"></a><a href="#FNanchor_140_140"><span class="label">[140]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>, Okt. 1921, pag. 247. In Hoofstuk XII +van <i>Eerste Skr.</i> behandel hy plat taal en ook in <i>Die Huisgenoot</i> Junie +1921, Hoofstuk XV van <i>Ons Geselstaal</i>. Vgl. die voetnoot van die +redaksie oor wat Von Wielligh onder "plat taal" verstaan.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_141_141" id="Footnote_141_141"></a><a href="#FNanchor_141_141"><span class="label">[141]</span></a> <i>Leven van Vondel</i>, Ndlsche Klassieken, p. 123.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_142_142" id="Footnote_142_142"></a><a href="#FNanchor_142_142"><span class="label">[142]</span></a> <i>Eerste Skr.</i>, p. 100.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_143_143" id="Footnote_143_143"></a><a href="#FNanchor_143_143"><span class="label">[143]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>, Okt. 1921, p. 247.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_144_144" id="Footnote_144_144"></a><a href="#FNanchor_144_144"><span class="label">[144]</span></a> <i>Eerste Skr.</i>, p. 126.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_145_145" id="Footnote_145_145"></a><a href="#FNanchor_145_145"><span class="label">[145]</span></a> <i>H. en V.</i>, p. 15.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_146_146" id="Footnote_146_146"></a><a href="#FNanchor_146_146"><span class="label">[146]</span></a> <i>Die Huisgenoot</i>, Mei 1921, p. 25. <i>Ons Gesels taal</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_147_147" id="Footnote_147_147"></a><a href="#FNanchor_147_147"><span class="label">[147]</span></a> <i>S. j. M.</i>, p. 133.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_148_148" id="Footnote_148_148"></a><a href="#FNanchor_148_148"><span class="label">[148]</span></a> Vgl. o.a. <i>S. j. M.</i>, p. 144, 195, 270, 282; <i>H. en V.</i>, +p. 146; <i>N. S.</i> Voorwoord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_149_149" id="Footnote_149_149"></a><a href="#FNanchor_149_149"><span class="label">[149]</span></a> Vgl. b.v. <i>S. j. M.</i>, p. 191.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_150_150" id="Footnote_150_150"></a><a href="#FNanchor_150_150"><span class="label">[150]</span></a> O.a. <i>S. j. M.</i>, p. 213, <i>H. en V.</i>, p. 123, 67, 86, 101, +130.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_151_151" id="Footnote_151_151"></a><a href="#FNanchor_151_151"><span class="label">[151]</span></a> O.a. <i>S. J. M.</i>, p. 167, 143.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_152_152" id="Footnote_152_152"></a><a href="#FNanchor_152_152"><span class="label">[152]</span></a> Uit <i>Die Huisgenoot</i> van Febr. 1922 blyk dat Von Wielligh +nog lustig op sy "praatmasjien" die ou deuntjies afdraai. Die +"spinnerakke" en die "kloue (wat) nes blinkleerstewels kraak" is daar, +terwyl die katalogus van die verskillende soorte koppies en rante +uitgebrei word deur ... "pramkoppies"! (p. 421).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_153_153" id="Footnote_153_153"></a><a href="#FNanchor_153_153"><span class="label">[153]</span></a> Vgl. ook <i>Eerste Skrywers</i>, p. 49, waar "'n floers van +neerslagtigheid" 'n somber gevoel "verwek".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_154_154" id="Footnote_154_154"></a><a href="#FNanchor_154_154"><span class="label">[154]</span></a> Vgl. ook nog p. 185.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_155_155" id="Footnote_155_155"></a><a href="#FNanchor_155_155"><span class="label">[155]</span></a> Vgl. ook p. 104 en p. 109 waar 'n verklaring van 'n +"lugverheffing" gegee word.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_156_156" id="Footnote_156_156"></a><a href="#FNanchor_156_156"><span class="label">[156]</span></a> Dieselfde beeld kom ook voor in <i>S. j. M.</i>, pag. 19.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_157_157" id="Footnote_157_157"></a><a href="#FNanchor_157_157"><span class="label">[157]</span></a> Ook die voëltjies dra "winterjassies", <i>H. en V.</i>, p. +43.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_158_158" id="Footnote_158_158"></a><a href="#FNanchor_158_158"><span class="label">[158]</span></a> "Ondersteunen" is waarskynlik 'n drukfout. Die twede +"hulle" slaan op "ondersteuners" in die vorige sin. Vergelyk <i>S. j. M.</i>, +p. 239: "Rustig verhef hulle die woonhuis ... deur die Trekkers hulle +eie hande opgebou".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_159_159" id="Footnote_159_159"></a><a href="#FNanchor_159_159"><span class="label">[159]</span></a> Kursivering van Von Wielligh.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_160_160" id="Footnote_160_160"></a><a href="#FNanchor_160_160"><span class="label">[160]</span></a> Vgl. <i>N. Seeling</i>, p. 57: Baie seediere, wat my geheuge +ontsnap het ..."!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_161_161" id="Footnote_161_161"></a><a href="#FNanchor_161_161"><span class="label">[161]</span></a> <i>N. S.</i>, p. 50, "afskeidskyk".</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_100" id="Page_100">[Pg 100]</a></span> +</p> +<h2><a name="HOOFSTUK_V" id="HOOFSTUK_V"></a>HOOFSTUK V.</h2> + +<h3>Romans, Verhale en Sketse.</h3> + + +<h3>§ 1. Adv. J.H.H. de Waal.</h3> + +<p>Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is gebore op 30 Desember 1871 op die plaas +Bakkerskloof, Stellenbosch. Sy vader was boer en handelaar, sy moeder +die oudste suster van "Onse Jan". Aan die Normaal Kollege in Kaapstad +het hy gematrikuleer en daarna was hy 'n tydlank onderwyser o.a. op +Uitenhage en Utrecht. Later het hy 'n betrekking aangeneem in sy vader +se ysterhandel, maar die joernalistiek het hom aangelok en as +voorbereiding vir dié vak het hy regte gaan studeer in Londen, waar hy +aangesluit 't by die Inner Temple en as studievrind o.a. Generaal Jan +Smuts had. Nadat hy in besonder kort tyd sy wetseksamens afgelê het, +tree hy in die huwelik met Emma de Kock (1898) en woon vir ses jaar in +dieselfde huis as "Onse Jan", vir wie hy as "luitenant" dien.</p> + +<p>In Julie 1903 word hy redakteur van die tydskrif, <i>De Goede Hoop</i>, +waarin <i>Stompies, Johannes van Wyk</i> en <i>Die Twede Grieta</i> verskyn het. +"Sy bedoeling met daardie geskrifte was om die jong lesers soveel +moontlik met leesstof in populêre skryftrant te voorsien, en wel in die +taal wat hy van jongsaf voorgestaan het—Afrikaans."<a name="FNanchor_162_162" id="FNanchor_162_162"></a><a href="#Footnote_162_162" class="fnanchor">[162]</a></p> + +<p>Op sy kantoor is op 5 Oktober 1906 die Afrikaanse Taal Vereniging +ontstaan. Aan sy inisiatief is die <span class='pagenum'><a name="Page_101" id="Page_101">[Pg 101]</a></span> +erkenning van ons taal in die Kaapse +geregshowe te danke.<a name="FNanchor_163_163" id="FNanchor_163_163"></a><a href="#Footnote_163_163" class="fnanchor">[163]</a> In Des. 1914 het hy afgetree as redakteur van +<i>De Goede Hoop</i>, as gevolg van 'n wryving met die uitgewers oor +politieke kwessies. Onder die <i>nom de plume</i>, <i>Jan van Rozenburg</i> had hy +naamlik Generaal Hertzog se politiek verdedig by die kabinetskriesis in +1912. Nederland het sy dienste as voorvegter vir ons taalregte erken +deur sy benoeming tot lid van die Leidsche Maatschappij. Op die oomblik +is hy lid van die volksraad vir Piketberg en een van die voormanne van +die Nasionale Party in die Kaapprovinsie.</p> + +<h4>Johannes van Wyk, (1906).<a name="FNanchor_164_164" id="FNanchor_164_164"></a><a href="#Footnote_164_164" class="fnanchor">[164]</a></h4> + +<p>Johannes van Wijk is 'n jongeling van edel inbors, wat deur sy +onbesproke gedrag, hoflike maniere en fyn beskawing die gunsteling van +die Kaapse samelewing word. Dit wek die jaloesie en haat op van sy neef, +Gert Rass, wat besluit om sy ondergang te bewerk. 'n Plan om Johannes +deur die Boesmans te laat doodmaak misluk. Gert word egter tot nuwe +wraakplanne geprikkel deur die feit, dat Hester Linde aan Johannes die +voorkeur gee. Deur vervalsing van 'n brief slaag hy daarin om Johannes +op 'n aanklag van hoogverraad teen die Goewerneur, Adriaan van der Stel, +in die gevangenis te kry. Johannes ontsnap, word deur Gert en sy +handlangers agterna gesit, maar vind eindelik onder die naam Koos Emmert +'n skuilplaas by 'n boer, Pierre de Villiers aan wie hy hom as kneg +verhuur. Hier raak hy weer deurmekaar met die Boesmans, maar word op die +laaste tippie deur sy vrinde, Malherbe en Joosten, gered. Intussen het +die goewerneur sy ontslag gekry en hoef Johannes nie meer as droster te +lewe nie. Gert drink 'n vergiftigde kelkie wyn, wat hy vir Johannes +bestem had en sterf. Met 'n driedubbele huwelik eindig die verhaal.</p> + +<p><i>Johannes van Wyk</i> het oorspronklik in <i>De Goede Hoop</i> verskyn, die +eerste hoofstuk in Jan. 1904. Die skrywer <span class='pagenum'><a name="Page_102" id="Page_102">[Pg 102]</a></span> +verklaar self, dat die +ontstaan van die roman te danke is aan sy betrekking as redakteur van +die blad.<a name="FNanchor_165_165" id="FNanchor_165_165"></a><a href="#Footnote_165_165" class="fnanchor">[165]</a> De Waal het skrywer geword, nie deur 'n innerlike +skeppingsdrang nie, maar deur die dwingende mag van omstandighede. +Toevallig het 'n yweraar en hartstogtelike voorstander van die lang +geminagte volkstaal die middel in die hand gekry om aan verstokte +teëstanders te wys, dat in dié taal 'n roman kon geskrywe word. Eers +probeer hy om deur uitlowing van 'n honorarium die skryflus van sy +lesers op te wek, maar die resultaat was teleurstellend; al die stukke +moes in die snippermand. Aangemoedig deur die sukses van sy toneelspel +<i>Angelina</i> het De Waal toe besluit om self 'n roman te skrywe. Met sy +nugter verstand het hy 'n reeks toneeltjies op kunsmatige wyse inmekaar +gepas en die resultaat was 'n leesbare roman, wat veral die jongeliede, +vir wie <i>De Goede Hoop</i> in die eerste plaas eintlik bedoel was met groot +spanning gevolg het. Ons staan hier voor 'n gewigtige +kultuurgebeurtenis. Dit naamlik: <i>in 1904 het die eerste Afrikaanse +roman van die Twede Beweging verskyn</i>.<a name="FNanchor_166_166" id="FNanchor_166_166"></a><a href="#Footnote_166_166" class="fnanchor">[166]</a></p> + +<p>Die skrywe van <i>Johannes van Wyk</i> was 'n daad van betekenis. Na al die +gekibbel 'n <i>daad</i>. En 'n daad, wat vir meer as een die oë laat oopgaan +het. Vir lange jare had die teëstanders van Afrikaans met triomfantlike +gebaar hul onweerlegbare stelling opgedreun: "Het Afrikaans heeft geen +letterkunde!" De Waal se antwoord was: <i>Johannes van Wyk</i>. "Die eerste +oplaag het bestaan uit 500 eksemplare, en die drukkerskoste was toe +slegs een-sesde van wat dit vandag vir so 'n aantal sou wees. Tog is ek +destyds gelukgewens geword met my moed dat ek dit gewaag het om 'n boek +in Afrikaans uit te bring."<a name="FNanchor_167_167" id="FNanchor_167_167"></a><a href="#Footnote_167_167" class="fnanchor">[167]</a> Vir die voorstanders van Afrikaans was +<i>J. v. W.</i> dan ook 'n welkome bondgenoot. Die Afrikaanse Taalgenootskap +in Pretoria het onmiddellik 'n beroep gedoen op alle Afrikaners om dit +te lees, en die meeste krante het dit warm aanbeveel.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_103" id="Page_103">[Pg 103]</a></span> +By die beoordeling van <i>J. v. W.</i> moet veral rekening gehou word met die +omstandighede waaronder dit ontstaan het. Maar sedert die eerste uitgawe +het nou byna twintig jaar verloop. De Waal het dit herhaaldelik omgewerk +en in 1921 het reeds die vyfde druk verskyn, veral omdat dit vir drie +publieke eksamens tegelyk voorgeskrywe was.<a name="FNanchor_168_168" id="FNanchor_168_168"></a><a href="#Footnote_168_168" class="fnanchor">[168]</a> Noudat die taalstryd +verby is moet ook die literêre waarde van <i>J. v. W.</i> bepaal word. Omdat +egter in bou en opset <i>Die Twede Grieta</i> soveel ooreenkoms daarmee +vertoon, kan die twee romans tegelyk bespreek word.</p> + +<h4>Die Twede Grieta</h4> + +<p>is die dogter, van Johan Conradie, wat kort na haar geboorte, waarby +haar moeder sterf, uit die huis van haar vader gesteel word en in Natal +as Miss Grace Palmer opgroei. Andries Burger, pleegsoon van Conradie, +loop saam met sy vrind, Bertie Muller, van die S.A. Kollege weg aan die +begin van die Anglo-Boere-oorlog en hul sluit by die republikeinse leërs +aan. Phineas Marais, stiefbroer van die "eerste" Grieta, Conradie se +oorlede vrou, is die sondebok van die roman. Hy verlaat die Teologiese +Kweekskool op Stellenbosch na die dood van sy vader, wat 'n groot +erfenis nalaat, word 'n geldwolf, loop in die oorlog oor na die Engelse +en vervolg Andries en Bertie, vir wie Hester Fourie, sy verloofde +afgewys het as doodsvyande. Andries en Bertie beleef die wonderlikste +awonture in die oorlog. Andries red Grace uit die hande van Kaffers, en +Bertie word verpleeg deur Hester. Na die oorlog ontdek Conradie dat +Grace Palmer sy doodgewaande dogter is, 'n feit wat Phineas se +roofproses teen hom in duie laat val. Presies soos Johannes van Wyk +eindig die verhaal met 'n driedubbele huwelik. Andries trou met die +twede Grieta, Bertie met Hester en selfs Conradie slaag daarin om "'n +sagsinnige liewe vroutjie van ag-en-twintig jaar" raak te loop, terwyl +Phineas na Engeland vertrek om die reputasie van S. Afrika daar te +verbeter.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_104" id="Page_104">[Pg 104]</a></span> +Ook die <i>Twede Grieta</i> het in <i>De Goede Hoop</i> verskyn, vanaf Jan. 1912.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>"Het grondplan van de meeste Scottsche romans is: de held trekt de +wereld in, beleeft komische of tragische avonturen en sluit in het eind +zijn bruid in de armen. Dit geldt voor Waverley, Old Mortality, Abbot, +Fortunes of Nigel, Peveril of the Peak, Quentin Durward, Rob Roy en meer +andere; de avonturen zijn meestal die van den oorlog en van de politiek +... En naast dit hoofdtype spreekt dikwijls de sensatieroman van +Radcliffe in de geheimzinnige verwikkelingen, het duistere mysterie, dat +den lezer tot het eind in spanning houdt."<a name="FNanchor_169_169" id="FNanchor_169_169"></a><a href="#Footnote_169_169" class="fnanchor">[169]</a></p> + +<p>In hoofsaak pas hierdie karakteristiek ook op die twee romans van De +Waal. Dit word begryplik as ons lees, wat hy self omtrent die ontstaan +van <i>Joh. Van Wyk</i> meedeel:<a name="FNanchor_170_170" id="FNanchor_170_170"></a><a href="#Footnote_170_170" class="fnanchor">[170]</a> "Ek het tevore (d.w.s. vóór die skrywe +van <i>J. v. W.</i>) maar min romans gelees—net die van Van Lennep, Victor +Hugo en 'n halfdosyn ander ..." Van Lennep herken ons dan ook dadelik in +De Waal se romans en aangesien Van Lennep al sy slim draaitjies van +Walter Scott geleer 't, het ons hier te doen met 'n navolging uit die +twede hand.<a name="FNanchor_171_171" id="FNanchor_171_171"></a><a href="#Footnote_171_171" class="fnanchor">[171]</a></p> + +<p>Aan 'n goeie historiese roman kan die volgende eis gestel word: "Hij +make gansch een tijdperk uit het verleden weer levend, in den vollen +rijkdom van al wat er in omging, idealen en vooroordelen, zeden en +gebruiken; hij geve voor een oogenblik de illusie, dat we tijdgenooten +zijn van een voorbijgegaan leven, van een vergeten beschaving."<a name="FNanchor_172_172" id="FNanchor_172_172"></a><a href="#Footnote_172_172" class="fnanchor">[172]</a> So +iets eis natuurlik diepgaande <span class='pagenum'><a name="Page_105" id="Page_105">[Pg 105]</a></span> +historiese studie en nog veel meer. "Het +is een gave van het genie, het algemeen menschelijke, het grootsche en +geweldige, zoowel als de teerste gevoelstrillingen in de tragédie +humaine onder welke vormen, in welke tijden ook, te voelen, te zien, te +grijpen en uit te beelden met middelen die altijd treffen, die altijd +leven van innerlijke waarheid."<a name="FNanchor_173_173" id="FNanchor_173_173"></a><a href="#Footnote_173_173" class="fnanchor">[173]</a> Die historiese romanskrywer moet, +soos Victor Hugo van Scott gesê het, wees: "'n buigzame solide geest, +die in zich opneemt als weeke was het cachet van iedere eeuw en van +ieder land en dezen indruk voor de nakomelingschap bewaart als +onvernielbaar brons.<a name="FNanchor_174_174" id="FNanchor_174_174"></a><a href="#Footnote_174_174" class="fnanchor">[174]</a></p> + +<p>Nou ontstaan die vraag: In hoeverre het <i>Johannes van Wyk</i> reg op die +naam historiese roman? Walter Scott maak gebruik van 'n spannende +intriege om sy historiese stof kleur en lewe te gee. Daar is 'n sterk +didaktiese element in sy werk: "het aanbrengen van historiekennis, niet +zoo zeer tot leering en waarschuwing voor toekomstige geslachten als wel +uitsluitend om het hebben van die kennis zelve, het wekken van liefde en +belangstelling voor het verleden. Die tendenz spreekt duidelijk uit de +lange inleidingen, de geleerde noten bij den tekst, de ophelderingen en +citaten aan het slot, de historische uitweidingen in de romans +zelve."<a name="FNanchor_175_175" id="FNanchor_175_175"></a><a href="#Footnote_175_175" class="fnanchor">[175]</a></p> + +<p>In <i>Joh. van Wyk</i> is egter die <i>intriege hoofsaak</i>. Die historiese +agtergrond word gebruik alleen om die leser die illusie van werklikheid +te gee. Daarvoor het De Waal 'n besonder awontuurlike tydperk uit die +vroegste geskiedenis van die Kaap gekies, waarin hy sy karakters die +wildste kaskenades kon laat uitvoer, sonder om die skyn van waarheid +prys te gee.</p> + +<p>Pas in 1911 is die dagboek van Adam Tas ontdek op die Kaapse Biblioteek +en in 1914 het Dr. Leo Fouché dit uitgegee. Die aantekeninge van Adam +Tas stel ons in staat om diep in te dring in die Kaapse toestande +gedurende die stryd van die boere teen W.A. van der Stel. Op vertroulike +manier deel Tas allerlei klein feitjies mee, met behulp waarvan 'n +romanskrywer sonder <span class='pagenum'><a name="Page_106" id="Page_106">[Pg 106]</a></span> +veel moeite 'n kleurryke beeld kan skilder van die +boerelewe aan die begin van die 18de eeu. In 1904 het De Waal natuurlik +nie die dagboek tot sy beskikking gehad nie, maar selfs na 1911 het hy +skynbaar geen aandag geskenk aan die nuwe gegewens, met die gevolg dat +sy uitbeelding van die historiese persone en toestande vaag en soms +heeltemal onjuis is. Selfs die dokumente wat reeds in 1904 beskikbaar +was,<a name="FNanchor_176_176" id="FNanchor_176_176"></a><a href="#Footnote_176_176" class="fnanchor">[176]</a> het De Waal nie geraadpleeg nie, want die historiese vernis, +wat op <i>J. v. W.</i> lê, is <i>baie dun</i>. Die feite wat die outeur verwerk, +kon hy uit die eerste die beste skoolhandboekie gehaal het. Hy doen +hoegenaamd geen poging om deur te dring tot die psiege van die manne, +wat in die worsteling teen Adriaan van der Stel die eerste saadjies van +ons nasionale bewussyn gesaai het nie. "Adam Tas en de mannen van 1705, +die de rechten en voorrechten der kolonisten zo onmiskenbaar +geformuleerd en zo dapper gehandhaafd hebben, mogen ... met recht +genoemd worden de grondleggers van ons politieke zelfbewustzijn."<a name="FNanchor_177_177" id="FNanchor_177_177"></a><a href="#Footnote_177_177" class="fnanchor">[177]</a></p> + +<p>Wat vertel De Waal ons van die manne? Hulle was "<i>almal welopgevoede, +knap boere, hoog aangeskrywe in die samelewing"</i>.<a name="FNanchor_178_178" id="FNanchor_178_178"></a><a href="#Footnote_178_178" class="fnanchor">[178]</a> Henning Huising +het <i>"die rykste man aan die Kaap geword deur 'n monopolie</i>". En die +arme drommels is so onversigtig om by 'n "<i>effe opgeskuifde raam</i>", +waarvoor "<i>net 'n dun wit gordyntjie</i>" hang "<i>op nie 'n alte sagte +toon</i>" 'n gesprek te voer sodat Johannes <i>elke woord</i> kon opvang! En dit +terwyl daar sulke mense soos Piet Rob was, van wie Tas verhaal: "Mij is +vertelt als dat de noordse Piet Rob deese morgen met zijn Paarde wagen +na Hottentots Holland is gereeden, die Schoft heeft welligt op deese +Lichtmis dag weder wat aan te brengen, want het een zeekere zaak is dat +die vent 't verklikkers ambagt sterk oeffent, dan hij staat er +mettertijd voor beloont te werden....<a name="FNanchor_179_179" id="FNanchor_179_179"></a><a href="#Footnote_179_179" class="fnanchor">[179]</a> Selfs die gewigtige dokument +teen die goewerneur lê oop op die skryftafel! <span class='pagenum'><a name="Page_107" id="Page_107">[Pg 107]</a></span> +En dis die manne, wat +flou grappies maak met Starrenburg, die vent wat hul soos die pes gehaat +'t, en van wie Tas in sy dagboek praat as "de schoft Landdrost,<a name="FNanchor_180_180" id="FNanchor_180_180"></a><a href="#Footnote_180_180" class="fnanchor">[180]</a> +Landdrost Beelzebub,<a name="FNanchor_181_181" id="FNanchor_181_181"></a><a href="#Footnote_181_181" class="fnanchor">[181]</a> schofagtigen roffiaan".<a name="FNanchor_182_182" id="FNanchor_182_182"></a><a href="#Footnote_182_182" class="fnanchor">[182]</a> Set maar 'n paar +sinnetjies uit Tas se dagboek naas die floue geteem, wat De Waal hom in +die mond lê en dan voel iedereen direk hoe onwaar, hoe absoluut vals die +uitbeelding in <i>J. v. W.</i> is. Op Van der Bijl se raad om die dokumente +teen die goewerneur liewer stukkend te skeur antwoord Tas: "Ag", sê Tas +spottend, "lelik in die pekel bring! Wat is daar op stuk van sake, om te +vrees? In g'n een van die ag-en-dertig beskuldigings teen die Goewerneur +kom daar 'n sweem van sediesie voor nie...."<a name="FNanchor_183_183" id="FNanchor_183_183"></a><a href="#Footnote_183_183" class="fnanchor">[183]</a> Vergelyk hiermee wat +Tas in sy dagboek onder datum 28 Des. 1705 aanteken: "... immers zoude +die eervergeeten vend (A. v.d. Stel) ons gaarne van kant helpen zoo 't +hem anders doenlijk was, die vervloekte Tyran heeft de Ingeseetenen +zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en geplukt, dat ze +bijna baloorig zijn geworden, nu soekt die onbeschaamden schendbrok de +schuld van zijn hals af te schuiven en mannen van eeren op dusdanigen +manier een smette aan te wrijven. O Tijden! O Zeden! dog de regtvaardige +God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bazen kop doen nederdaalen +en niet toelaaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden."<a name="FNanchor_184_184" id="FNanchor_184_184"></a><a href="#Footnote_184_184" class="fnanchor">[184]</a> In die +paar sinne voel ons die woes-laaiende passie van 'n man, wat veel gely +'t. Dis glad 'n ander kêrel dan die Tas, wat De Waal so kalmpies laat +redeneer oor die Goewerneur wat "ons planne mag dwarsboom".<a name="FNanchor_185_185" id="FNanchor_185_185"></a><a href="#Footnote_185_185" class="fnanchor">[185]</a></p> + +<p>Op pagina 186 word ons meegedeel, dat die goewerneur die volgende +persone gevange geneem 't: Wessel Pretorius, Jacob van der Heiden, +Pieter van der Bijl en Henning Huising. Op die volgende pagina begin +Hoofstuk XXX met die woorde: "Op las van die <span class='pagenum'><a name="Page_108" id="Page_108">[Pg 108]</a></span> +Goewerneur en sy raad ... +is Pieter van der Bijl, Henning Huising <i>en die twee ander</i> op 'n skip +wat op weg was na Amsterdam, gesit...." Wie is die <i>twee ander</i>? Uit die +verband kan ons alleen tot die gevolgtrekking kom, dat De Waal Pretorius +en Van der Heiden bedoel. Maar wat hy daarop laat volg is in stryd +hiermee, want ons verneem, dat Van der Heiden in die Kaapse tronk bly. +Hier bestaan dus duisterheid in die voorstelling.<a name="FNanchor_186_186" id="FNanchor_186_186"></a><a href="#Footnote_186_186" class="fnanchor">[186]</a> Die historiese +waarheid is, dat Henning Huising, Pieter van der Bijl, Ferdinand Appel +en Jan van Meerland na Holland gestuur is om voor die Here XVII te +verskyn.<a name="FNanchor_187_187" id="FNanchor_187_187"></a><a href="#Footnote_187_187" class="fnanchor">[187]</a> Dat àl die gevangene, met uitsondering van Tas en +Louw<a name="FNanchor_188_188" id="FNanchor_188_188"></a><a href="#Footnote_188_188" class="fnanchor">[188]</a> die goewerneur om vergifnis gevra het, is ook in stryd met die +historiese feite. Zevenhoven b.v. kon die landdrost met al sy +dreigemente nie klein kry nie, en toe die raadslid Brommert hom aanraai: +"Ga bij den Goeverneur en bid hem om vergiffenisse" was sy manlike +antwoord: "Dat kan ik niet doen, ik hebbe de waarheid gezegd.... Is dit +naer recht handelen? 't Lijkt beter naer Inquisitie."<a name="FNanchor_189_189" id="FNanchor_189_189"></a><a href="#Footnote_189_189" class="fnanchor">[189]</a></p> + +<p>Op pagina 186 kom daar nog 'n onjuiste bewering voor: ".... Willempie +het aan die kêrels te kenne gegee dat, as hulle die waarheid van die +klagtes wil ontken, hy hulle sal laat loop; maar <i>die laaste een het +geweier."</i> Fouché egter beweer: "Enkelen werden reeds bij het eerste +verhoor door de dreigementen van Starrenburg zo bang voor "de scherpere +middelen" die hen wachtten, dat zij alles deden, wat hun gevraagd +werd."<a name="FNanchor_190_190" id="FNanchor_190_190"></a><a href="#Footnote_190_190" class="fnanchor">[190]</a> Ook die spesiale pluimpie wat De Waal aan Tas gee, kan die +leser onder 'n verkeerde indruk bring. "Na zijn gevangenneming gedraagt +hij (d.i. Tas) zich niet met de standvastigheid, die velen van zijn +minder begaafde broeders tonen.<a name="FNanchor_191_191" id="FNanchor_191_191"></a><a href="#Footnote_191_191" class="fnanchor">[191]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_109" id="Page_109">[Pg 109]</a></span> +Ook <i>Die Twede Grieta</i> noem die outeur "'n historiese roman", maar weer +is hier die intriege hoofsaak en staan die geskiedkundige gedeeltes +meestal geheel los, nes hoofstukke wat gelig is uit 'n historiese +handboek. In Hoofstuk II b.v. gee die skrywer op p. 52-62<a name="FNanchor_192_192" id="FNanchor_192_192"></a><a href="#Footnote_192_192" class="fnanchor">[192]</a> 'n skets +van die Engelse anneksasie-politiek. Op p. 159-163 word die oorgawe van +Cronjé beskrywe; op p. 290-295 vind ons militêre beskouings en selfs die +vernaamste punte van die vredesverdrag van Vereniging. Waarskynlik het +De Waal met hierdie opsetlike byvoegsels die bedoeling gehad om sy jong +lesers op aangename wyse 'n les in vaderlandse geskiedenis te gee, wat +hulle in 1912 erg nodig had, want dit is bekend, dat die onderwys in dié +vak veel te wense oorgelaat 't en dat selfs vandag nog die waarheid op +allerlei wyse verdraai word. Die didaktiese element is dan 'n welbewuste +poging van 'n patriotiese skrywer om die anti-nasionale onderwyspolitiek +van die Engelse oorwinnaar teë te werk. Hier het ons dus 'n voorbeeld +van die wyse waarop die politieke toestand na die oorlog invloed +uitgeoefen het op die letterkunde.</p> + +<p>Dat die skrywer alleen deur 'n dorre betoog die nodige atmosfeer vir sy +verhaal kan skep is 'n teken van swakheid. So kry ons geen begrip van +die dramatiek van die worsteling nie. "De moderne historische romankunst +veronderstelt, dat ge uw historie kent en dat een enkele toespeling +genoeg is, om u in den tijd te verplaatsen en wie ze niet kent, moet aan +die enkele toespeling maar genoeg hebben om zich het noodige decor te +fantaseeren."<a name="FNanchor_193_193" id="FNanchor_193_193"></a><a href="#Footnote_193_193" class="fnanchor">[193]</a> Die historiese verhoudinge moet ons voel "als een +vanzelf sprekende bijzaak". Die doel moet wees om ons die reële lewe te +laat meelewe, "gezien in zijn algemeene menschelijkheid door een +modernen mensch en kunstenaar...."<a name="FNanchor_194_194" id="FNanchor_194_194"></a><a href="#Footnote_194_194" class="fnanchor">[194]</a> Die moderne historiese roman is +"een roman als elke andere, een greep uit het leven, het algemeen +menschelijke in schoonheid gezien en uitgebeeld, om esthetische motieven +gedacht en gevoeld <span class='pagenum'><a name="Page_110" id="Page_110">[Pg 110]</a></span> +in oude tijden en verhoudingen. De historische +romanschrijver is niet langer de soms weerspannige slaaf der historie; +de historie is zijn dienares geworden, die onderdanig en hulpvaardig, +zich op den achtergrond houdend, aanbrengt, wat tot kennis van de +economische, sociale, maatschappelijke toestanden, waarin de helden van +'s kunstenaars verbeelding leven ter beschikking moet zijn."<a name="FNanchor_195_195" id="FNanchor_195_195"></a><a href="#Footnote_195_195" class="fnanchor">[195]</a></p> + +<p>De Waal staan dus nog heeltemal op die ou standpunt en dit spreek +vanself, dat vir ons jongere, wat die moderne opvatting ken en waardeer, +sy historiese uitweidings die eenheid van sy romans hinderlik verstoor. +Die ware kunstenaar laat ons deur middel van die ervarings van sy +persone, deur die uitbeelding van hul sielelewe voel, wat daar omgegaan +het in die hart van die volk gedurende 'n seker tydperk. In Hoofstuk +VIII slaag De Waal dan ook uitstekend daarin om ons deur middel van 'n +samespraak tussen Bertie Muller en Kaptein Glide 'n stukkie +oorlogspsigologie te gee. Maar meestal bly die intriege hoofsaak en is +die oorlog 'n handige raam waarop die outeur oneindige awonture borduur. +Dit was dan ook volstrek nie sy bedoeling om die innerlike roersels van +die volksiel gedurende die wanhopige worsteling uit te beeld nie. +Presies soos by <i>Johannes van Wyk</i> het hy 'n periode uit die geskiedenis +geneem, waarin hy sy persone die bontste awonture kon laat beleef en tog +'n glimp van waarheid behou.</p> + +<p>De Waal se twee werke is geen historiese romans nie, maar wel +<i>intriegeromans</i>, presies soos die van sy leermeester, Jacob van Lennep. +J.H. van den Bosch het op voortreflike wyse hierdie soort roman +geskets<a name="FNanchor_196_196" id="FNanchor_196_196"></a><a href="#Footnote_196_196" class="fnanchor">[196]</a>: "De stof der kunst is het karakteristieke en typische in +zijn steeds nieuwe verwerkelijking. Als voortbrengsel der phantazie, +behoort tot de kunst ook de reproductie van het toevallig-uiterlijke. +Niet echter tot de beste. Het toevallige is niet noodwendig, het is waar +noch onwaar. Tijdelijk mag het behagen, misschien door nieuwheid en +gloed, voor een oogenblik spannen door <span class='pagenum'><a name="Page_111" id="Page_111">[Pg 111]</a></span> +vreemde ongewoonheid—weldra is +het achter de bank geworpen en verouderd; de onverschilligheid der +nakomelingschap velt er een zwijgend maar welsprekend vonnis over. Wil +het eeuwig leven als de natuur, dan moet het kunstwerk—zelve Eeuwige +natuur zijn, typisch en voleindigd.</p> + +<p>De Intrigeroman als zoodanig, niet kind van rijpe ervaring ... kind van +één dag daarentegen is bestemd om op denzelfden dag te sterven. Het is +de roman der willekeur, wier type men in den Graaf de Monte Christo +heeft leeren kennen. De intrigekunstenaar (al is zijn gave +benijdenswaardig) geeft ons geen werkelijkheid, niet de wereld vol +karakter rondom ons te aanschouwen,—het is de droomwereld eener +spelende phantazie. Zijn helden zijn marionetten, hij de man in de +poppekast. Het is de roman der oppervlakkigheid, zonder diepte van +leven, zonder inwendigen samenhang. In de mysterieuze natuur is ook +alles bont en willekeurig dooreen-geworpen, als in een +uitdragerswinkel;—voor oppervlakkige blikken: want in de diepte is +alles één. Het is kunst zonder waarheid, zonder wijsheid, geest en +beteekenis, omdat het kunst zonder idee is."<a name="FNanchor_197_197" id="FNanchor_197_197"></a><a href="#Footnote_197_197" class="fnanchor">[197]</a></p> + +<p>Ook De Waal se helde is marionette, aangeklede poppe, waarby die +awontuur alle psigologie verdring. "Scherp getrokken is de lijn tussen +deugd en boosheid. Hier ontwikkelen zich dan ook geen karakters; hier +wordt ook geen moeite gedaan, om uit elk, overigens zo wonderlik +samengesteld menselik hart, te halen, wat er, onder de werking van +allerlei samenlopende of elkander strijdige invloeden, uit te halen is; +verre van daar; onder al het levendig bedrijf, speelt ieder zijn hem +toebedeelde rol op de meest passieve wijze; ieder van zijn kreaturen is +gewaarmerkt tot een vast en onmiddellik te herkennen tiepe...."<a name="FNanchor_198_198" id="FNanchor_198_198"></a><a href="#Footnote_198_198" class="fnanchor">[198]</a> Die +enigste ontwikkeling, wat daar by De Waal se hoofkarakters te bespeur +is, bestaan daarin dat die oorspronklike eienskap waarmee hy hul bedeel +het, hoe langer hoe sterker <span class='pagenum'><a name="Page_112" id="Page_112">[Pg 112]</a></span> +word. Sy helde word al dapperder, sodat +hulle in die laaste hoofstuk <i>Uebermenschen</i> is, sy skurke al hoe +swarter, totdat hul die baarlike duiwel in persoon word. Hy bedenk +allerlei middeltjies, wat daarop bereken is om ons bewondering vir sy +held te laat styg, of ons veragting vir sy skurke te vergroot.</p> + +<p>Johannes van Wyk bied homself as vrywilliger aan teen die Boesmans; hy +is vergewingsgesind teen Gert en verpleeg hom as hy gewond is; hy red +Hester Linde op besonder dapper wyse; as hy Gert heeltemal in sy mag +het, neem hy geen wraak nie, maar wil alles vergeef; selfs Gert prys sy +saggeaardheid: "As 'n vlieg in sy karringmelk val, dan red hy dit!"<a name="FNanchor_199_199" id="FNanchor_199_199"></a><a href="#Footnote_199_199" class="fnanchor">[199]</a> +Hy gee twintig guldens aan ou Fekkie; "die gebrek aan intellektuele +geselskap het hy geweldig gevoel"<a name="FNanchor_200_200" id="FNanchor_200_200"></a><a href="#Footnote_200_200" class="fnanchor">[200]</a> op die plaas by Villiers; van +Fritz Köhler wil hy nie skinder nie; en as Gert sterf, dan voel Johannes +"weer die kinderlike, broederlike liefde van jonger jare opstyg in +hom".<a name="FNanchor_201_201" id="FNanchor_201_201"></a><a href="#Footnote_201_201" class="fnanchor">[201]</a> Voorwaar, 'n voorbeeldige jong kêrel! 'n Tugendheld!</p> + +<p>So ook Andries Burger. Hy is wel 'n bietjie koppig op skool, maar De +Waal laat ons goed voel, dat dit eintlik 'n goeie eienskap is, wat net +pedagogiese leiding nodig het. As Andries dan ook Perold se skool +deurloop het, word hy 'n tiepe van die nasionale student. Hy wil nie +eers met sulke "rou rooi" dametjies, soos Grace Palmer praat nie, en die +koppigheid van die kind moet ons bewonder, omdat 't die onversetlike +wilskrag van die jongeling verklaar, wat teen die wens van sy pleegvader +en professor tog oorlog-toe gaan. Andries is ook 'n sportsman van die +eerste water; hy weier om met sy beste vrind 'n dop te gaan steek en +verwyt hom ernstig sy losbandigheid en gebrek aan nasionale sin. Bertie +se swakheid moet dien om ons 'n hoër dunk van Andries te gee. In die +oorlog word Andries so gou gebrei, dat, "hy amper enigiets sou +waag".<a name="FNanchor_202_202" id="FNanchor_202_202"></a><a href="#Footnote_202_202" class="fnanchor">[202]</a> Hy maak 'n stoutmoedige aanbod aan Generaal De Wet (p. 159) +en as verkenner is hy die dapperheid in persoon, wat <span class='pagenum'><a name="Page_113" id="Page_113">[Pg 113]</a></span> +altyd die vyand +baas raak. Op 'n koppie red hy Bertie, neem drie National Scouts gevange +en skiet een dood. Sy gewonde vrind verpleeg hy met die grootste +selfopoffering (p. 206). Phineas voel "glad ongerus in Utrecht" as hy +hoor, dat daardie waagduiwel ... in die rondte swerf as verkenner"<a name="FNanchor_203_203" id="FNanchor_203_203"></a><a href="#Footnote_203_203" class="fnanchor">[203]</a> +en al is hy ook nie vandag se kind nie, waar dit op geslepenheid aankom, +moet hy telkens erken, dat Andries hom uitoorlê. Andries kry altyd die +mooi rol; hy red Grace van die Kaffers, bring haar in veiligheid en +voorsien haar van geld; hy maak die geld buit, wat Phineas en Loogman +van die weduwee afgeneem het en stuur dit aan haar terug met De Jager. +As Genl. De Wet 'n skitterende oorwinning behaal, dan is Andries +daarby.<a name="FNanchor_204_204" id="FNanchor_204_204"></a><a href="#Footnote_204_204" class="fnanchor">[204]</a> As veldkornet Potgieter in die nood raak, dan is 't +Andries, wat hom raad gee<a name="FNanchor_205_205" id="FNanchor_205_205"></a><a href="#Footnote_205_205" class="fnanchor">[205]</a>, en met die hulp van twee vrinde bestook +hy die Engelse uit 'n voordelige posiesie sodat die kommando ontsnap en +die vyand groot verliese ly. Maar Andries is nie alleen 'n onverskrokke +krygsman en verkenner nie, hy kan ook 'n mooi gedig maak en behaal selfs +'n prys daarmee.<a name="FNanchor_206_206" id="FNanchor_206_206"></a><a href="#Footnote_206_206" class="fnanchor">[206]</a> As die vrede gesluit word, dan hoor ons: "niemand +het die prysgee van die duurgekogte onafhanklikheid van die Transvaal +dieper ter harte geneem nie as die jong hooghartige Andries."<a name="FNanchor_207_207" id="FNanchor_207_207"></a><a href="#Footnote_207_207" class="fnanchor">[207]</a></p> + +<p>By die tekening van sy skurke gaan De Waal presies op dieselfde wyse te +werk. Die een laag swartsel na, die ander smeer hy op.</p> + +<p>Gert Rass steel blomme, bring Johannes daardeur in die moeilikheid, val +hom aan met 'n karwats en wil hom verwurg; hy stook Abram op om Johannes +deur die Boesmans te laat vermoor; wil die laken nie opsteek om Johannes +te red nie, en het selfs minder gevoel vir sy neef dan die Boesman, +Abram; jak Johannes af, wat hom verpleeg 't en laat sy ouers onder die +indruk kom, dat sy neef hom gewond 't; aan Klaartjie vertel <span class='pagenum'><a name="Page_114" id="Page_114">[Pg 114]</a></span> +hy +kluitjies oor sy neef; op die basaar fop hy met sy nommer, beskinder +Joosten en beroof hom van sy "violet"; hy laat 'n vervalste brief in +Johannes se sak stop om hom van hoogverraad beskuldig te kry; is dadelik +gereed om sy ontsnapte neef te agtervolg en wil hom koelbloedig +doodskiet; bedreig Hester Linde met 'n pistool, lieg as hy in die +moeilikheid raak, en huigel vrindskap vir Johannes om hom te kan +vergiftig. Gert word só gevaarlik in sy duiwelagtige haat, dat De Waal +verplig is om hom op te ruim voor hy Johannes en sy vrinde kan beloon +vir hul deug.<a name="FNanchor_208_208" id="FNanchor_208_208"></a><a href="#Footnote_208_208" class="fnanchor">[208]</a></p> + +<p>Phineas Marais, die eks-teoloog is ook 'n monster, wat al monsteragtiger +word. Sy huigelary word hoe langer hoe geraffineerder, en om die +bewondering vir Andries des te hoër te laat styg word sy teëstander al +hoe gewikster in Fariseïese listigheid. Hy moet deur sy verraad en +geldsug die nodige verwikkelinge skep, sodat Andries 'n kans kan kry om +sy edelmoedigheid en onverskrokkenheid aan die dag te lê. Die laagheid +van Phineas is die terrein waarop die patriot Andries, <i>le chevalier +sans peur et sans reproche</i> steeds met sukses opereer. Andries is +dwarsdeur die roman die lieweling van die outeur, orals word hy +verheerlik, orals word die pad vir hom skoongemaak.</p> + +<p>Op De Waal pas dan ook uitstekend die volgende verklaring van M.H. van +Campen: "Twee eigenaardigheden hebben alle pseudo-menschscheppers +gemeen, ten eerste: het verzoeten hunner nobele figuren tot dupen en +engelen—welke twee begrippen, als men de gewikstheid der duivelen +daarbij in aanmerking neemt, vrij wel elkander dekken!—; zij doen dit +zuiver instinctmatig, of wel: een onduidelijk bewustzijn van hun +onvermogen, in de menschschepping de aesthetische schoonheid te +bereiken, doet hen streven naar de ethische, welk streven tevens tot +gevolg heeft dat zij hun ignobele schepselen zoo zwart maken als de +satan zelf is, daardoor wordt de ethische schoonheid langs een omweg +bereikt: de lezer voelt, hoe boos de auteur op zijn figuur, hoe +<span class='pagenum'><a name="Page_115" id="Page_115">[Pg 115]</a></span> +verontwaardigd hij is, het ethisch schoon bevindt zich dus in den +auteur-zelf! En als het tweede dezer eigenaardigheden moet genoemd, dat +de pseudo-menschschepper, hetzij min of meer bewust van zijn onvermogen +als zoodanig, hetzij zelfs geheel onbewust daarvan en instinctief, de +menschbeelding op het zooveelste plan doet terugwijken en het bijwerk +brengt op het allereerste: het bijwerk van de "intrigue", van de taal, +van de natuurbeschrijving, het bijwerk van alles en nog wat. Schiep de +Heer in zes dagen heel de wereld en één menschenpaar, zij besteden dunkt +mij, volle zes dagen aan het scheppen eener menschenlóóze wereld en +stelen vijf minuten van den sabbath, om honderd menschen te maken! Die +menschen zijn er dan ook naar ...—"<a name="FNanchor_209_209" id="FNanchor_209_209"></a><a href="#Footnote_209_209" class="fnanchor">[209]</a> Alleen die volgende reserwe +moet ek maak: wat bywerk van taal en natuurbeskrywing betref, is daar by +De Waal geen sprake nie—hy vertrou enkel op 'n spannende intriege en 'n +historiese versiering om sy verhaal leesbaar te maak—wat later bewys +word.</p> + +<p>Hoe dat by De Waal alles afhang van die grillige toeval blyk uit die +verlowing van Hester Fourie en Bertie. Hester sê Phineas af, nie as +gevolg van 'n geweldige sielekonflik nie, waarin haar patriotisme en +liefde in botsing kom. Tot op die laaste behou sy haar naïewe geloof in +sy opregtheid, ja verneder haarself voor haar veragtelike aanbidder: "Ek +weet, dat jy my sal beskou as 'n bedriegster, 'n valse skepsel ... Ek +weet dat jy die naam van Hester Fourie sal verag, sal verfoei, sal wil +uitdelg uit jou geheue, ...<a name="FNanchor_210_210" id="FNanchor_210_210"></a><a href="#Footnote_210_210" class="fnanchor">[210]</a>. Sy is selfs gewillig om Phineas te +trou al was hy ook "handsupper"—eenvoudig omdat haar eie pa ook sy +nasie verraai het—'n rede wat psigologies absoluut vals is, omdat juis +die skrynende pyn daardeur veroorsaak, haar die verlore ideaal des te +inniger sal laat koester en haar verlange om dit in die minnaar terug te +vind oneindig versterk. "Pa het my diep teleurgestel, maar Phineas sal +sy man staan—<i>hy</i> sal aan sy volk getrou bly", so sou die <i>vrou</i> Hester +geredeneer het, die vrou wat geloof het <span class='pagenum'><a name="Page_116" id="Page_116">[Pg 116]</a></span> +dat hy 'n volksleier behoort te +word!<a name="FNanchor_211_211" id="FNanchor_211_211"></a><a href="#Footnote_211_211" class="fnanchor">[211]</a> As De Waal wou gehad 't, dat ons Hester Fourie moet bewonder +as 'n fiere dogter van die Vrystaat, dan moes hy die bitter kneusing van +haar meisieshart uitgebeeld 't by die oorlopery van haar vader en +minnaar, die wondere, geheimnisvolle rypwording van haar kinderliefde +vir Bertie en haar langsame bewuswording van die feit, dat haar gevoel +vir Phineas 'n vergissing was. Maar in die roman gehoorsaam sy aan "'n +onverklaarbare, waarskuwende stem ... 'n instink wat na geen menslike +raad wou luister nie",<a name="FNanchor_212_212" id="FNanchor_212_212"></a><a href="#Footnote_212_212" class="fnanchor">[212]</a> terwyl sy tog héél goed <span class='g'>weet</span>, dat Bertie die +plaas van Phineas in haar hart ingeneem 't. Of het Phineas haar ook leer +huigel?</p> + +<p>Haar liefde vir Bertie is nie 'n allesbeheersende, allesoorwinnende +passie nie, wat haar met dwingende mag na die geliefde dryf, maar haar +lot word beslis deur die absoluut <i>toevallige</i> ontdekking van Nurse +Nellie. Haar lewe is nie die langsame ontplooiing uit 'n innerlike +drang, wat onverbiddelik dryf na die vervulling van 'n eie +sielsgeaardheid nie, omdat die skrywer <i>nog nooit</i> geloop 't op die +slingerpaadjies, wat soos 'n wirrel-warrel-vlegwerk uitgesprei lê oor +die groot wonderland—<i>das Ewig-Weibliche</i>.</p> + +<p>Die <i>blinde</i> toeval! In <i>Johannes van Wyk</i> het die nommertrekkery op die +basaar 'n beslissende invloed op die lewensgeluk van ses persone. En as +Johannes sy kans laat glip, dan speel dieselfde <i>blinde</i> toeval hom die +meisie nogeens in die hand, dan kry hy 'n geleentheid om Hester te red +en verseker die flink optrede van sy vrinde hom 'n ongestoorde wandeling +met haar. By die eetmaal is dit wéér die <i>blinde</i> toeval, wat hom 'n +sitplaas naas Hester gee; wat die kaptein en kolonel met plotselinge +doofheid slaan, sodat hy sy geheimpies uitvoerig aan haar kan vertel. +Voorwaar, Johannes laat ons dink aan Van Lennep se motto by <i>De Roos van +Dekama</i>. Hy is die man wat: <i>"wacht en stille sitt"</i> en tog alles kry, +terwyl Gert met al sy slim planne homself in die ongeluk stort.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_117" id="Page_117">[Pg 117]</a></span> +Joosten, vir wie Fritz Köhler, "g'n enkele keer die kans wou gee +nie"<a name="FNanchor_213_213" id="FNanchor_213_213"></a><a href="#Footnote_213_213" class="fnanchor">[213]</a> om met Jeanette te praat nie, word ook deur die <i>blinde</i> +toeval gehelp—anders was hy vandag seker nog ongetroud!</p> + +<p>En Grace Palmer? Haar huwelik is afhanklik van die toevallige +ontdekking, dat sy die Twede Grieta is. Sy self gee drie redes op, +waarom 'n huwelik met Andries onmoontlik is.<a name="FNanchor_214_214" id="FNanchor_214_214"></a><a href="#Footnote_214_214" class="fnanchor">[214]</a> "De Intrigeroman kan +alles bewijzen. Hij is een droom; de natuurwet is er buiten dienst +gesteld."<a name="FNanchor_215_215" id="FNanchor_215_215"></a><a href="#Footnote_215_215" class="fnanchor">[215]</a> Om dié rede behoef dit dan ook geen verbasing te wek nie, +dat daar nog 'n hele reeks onwaarskynlikhede in die twee romans te vind +is, o.a. die verdwyning van Grieta, die onvoldoende motivering van die +haat tussen Andries en Phineas en veral die feit, dat Conradie die Kaap +verlaat sonder Andries mee te deel wie Grace is. Op die manier kry +Andries nog 'n kans om sy koppigheid te wys en die feit, dat hy nou al +deur sy oorlogervarings tot selfstandige man geryp is, verhinder sy +pleegvader nie om hom nog soos 'n stout seuntjie te behandel nie! In <i>J. +v. W.</i> laat die karakter van Abram ons ook twyfel aan die egtheid +daarvan; die skoot wat Abram net presies in die hart tref, terwyl hy op +Johannes se hart mik, verwek 'n skeptiese glimlag. Dat Gert in die +gifdrinktoneel hom so maklik laat fop, klink ook onwaarskynlik. De Waal +slaag daar nie altyd in om sy sterk-romantiese gegewens deur 'n +onweerstaanbare suggestiewe werking tot onbetwyfelbare realiteit te maak +nie.</p> + +<p>Dit blyk ook duidelik uit Andries se awontuur by Utrecht. Ons verneem +dat 't "buitengewoon donker" is—só donker selfs, dat die ruiter +"nouliks die kop van sy pêrd kon sien."<a name="FNanchor_216_216" id="FNanchor_216_216"></a><a href="#Footnote_216_216" class="fnanchor">[216]</a> Tog laat "'n warrelwindjie +'n dun stofwolkie ... opstuif"! Later eers word die terrein deur bliksem +af en toe verlig. Maar dit bly só donker, dat die kaffer "slegs 'n +donkere gestalte" is. Die skrywer laat ons egter nie <span class='g'>voel</span> deur +allerlei fyn trekkies nie, dat dit werklik donker is. Hy teken die hele +toneel asof <span class='pagenum'><a name="Page_118" id="Page_118">[Pg 118]</a></span> +dit alles in die skroeiende son gebeur 't. "Verbysterd en +asof half lam leun sy (Krysie) met haar een hand teen een van die +opstaande rotse." Het Andries kat-oë gehad, of het hy dit ook alles, +"met die hulp van (die) weerlig" so haarfyn gesien? Hy soek nie +voel-voel na die gewere en bandeliers nie—hy tel sommer "een van die +twee Lee-Metfords en die bandeliers op ...". Hy loop nie +struikel-struikel oor die los klippe in die donker nie—"hy <i>nader</i> ... +die meisie". En sy <span class='g'>sien</span> hom "verward" aan; "sy skud haar kop", as +hy haar iets vraag en "aan haar kappie en jas kon jy ... <span class='g'>sien</span>, +dat sy terdeë met klei in botsing gewees het." Het dit ook alles gebeur +met die hulp van bliksemstrale, want dis nog só donker, dat hy byna oor +die twee doodgeslaande perde val.</p> + +<p>Die gebrek aan suggestiewe besonderheidjies belet ons om die waarheid +van die nagtelike toneel te voel. Die skrywer het dit nie innerlik +deurleef nie, maar met sy nugter verstand die awontuur inmekaar gesit. +En hy was hier tog op bekende terrein, want hy was self onderwyser in +Utrecht en het seker meer as een van die donderstorme gesien, wat met +sulke plotselinge felheid kan neerswaai, so geheel anders as in die +Kaap.</p> + +<p>Die donderstorm word as volg beskrywe: "Die stormwolk, waaruit soveel +<i>vog gegiet</i> en <i>vuur geskiet</i> was, was nog met onverminderde water en +elektrisiteit belaai en woed nog aldeur voort, (dus 'n wolk, wat +voortwoed!) maar nie meer vlak bo-kant die hoofde van die jong twee nie. +Die reusagtige massa was na die noordweste gedrywe, en slegs die +nadruppels val nog by die vlugtelinge. Met die ooptrek van die hemel kom +ook die opgaande maan te voorskyn."<a name="FNanchor_217_217" id="FNanchor_217_217"></a><a href="#Footnote_217_217" class="fnanchor">[217]</a> Van natuurviesie geen sprake +nie, nog minder van indiwiduële impressie of verrassende segging. Die +hele beskrywing word gegee enkel om die laaste sinnetjie, want Andries +moet 'n kans kry om "die sewentienjarige poppie" te bekyk.</p> + +<p>Die beskrywing van Patrysvlei<a name="FNanchor_218_218" id="FNanchor_218_218"></a><a href="#Footnote_218_218" class="fnanchor">[218]</a> is soos die van 'n afslaer, wat 'n +plaas wil verkoop. Patrysvlei is "'n lushof" met mooi <span class='pagenum'><a name="Page_119" id="Page_119">[Pg 119]</a></span> +draadheinings. +Daar is 'n "deftige woonhuis" met "netjies ingerigte buitegeboue, +stalle, krale, kampies en pluimveehokke"; "<i>in</i> sag groen gelowerde +vrugteboorde", 'n groot tuin, 'n "massiefgewalde dam", deur 'n +"altydlopende stroom gevoed" en verder "uitgebreide, duidelik +afgebakende saai- en weilande". Die skrywer verseker ons, dat 't "'n +bekoorlike landgoed, 'n paradysie" is, maar so 'n vendusieagtige +ophemeling laat ons totaal koud en het met kuns niks te maak nie. Die +van buitegekome obserwatoriese gewaarwording is nie deur die van binne +opstygende deurvoeling tot 'n psigiese verbeelding geryp nie.</p> + +<p>Die verslag van die voetbalwedstryd in hoofstuk vyf van <i>Die Twede +Grieta</i> is ook 'n bewys van De Waal se onmag as kunstenaar. So 'n +beskrywing kan 'n rapporteur van 'n agterveldse krantjie ook gee, want +dis kleurlose joernalistiek, sonder 'n persoonlike aksent, in die +allergewoonste voetbaljargon. Die partytjie by Bertie was in 'n groot +saal "waar die meeste <i>van</i> die mense in vrolike gebabbel vergader +was.... Verversings en lekkernye is intussen rond<i>gedeel</i> en van die +keurigste sterk dranke kon jy te drink kry."<a name="FNanchor_219_219" id="FNanchor_219_219"></a><a href="#Footnote_219_219" class="fnanchor">[219]</a></p> + +<p>In <i>Johannes van Wyk</i> nog 'n staaltjie: Hester en Johannes sing saam op +die rots: "Toe begin hulle <i>weer</i>. Al die ander was stil as die graf. +Heerlik <i>weer</i> lui (weerlui?) die skone melodie. Trillend <i>weer</i> het +iedere noot in die rotsagtige kloof van kant tot kant <i>weer</i>klink. Met +soveel <i>ge</i>volg is elke woord uit<i>ge</i>bring <i>ge</i>word dat dit in<i>ge</i>dring +het tot in die diepste hoekie van elke hart en die fynste snare daar +<i>ge</i>roer het. Was dit dan wonder dat selfs Louise haar oë vogtig +<i>ge</i>word het?<a name="FNanchor_220_220" id="FNanchor_220_220"></a><a href="#Footnote_220_220" class="fnanchor">[220]</a> Viermaal <i>weer</i>; sesmaal <i>ge</i> opmekaar gestapel! en +dit in ses-en-'n-halwe reël! By die waaragtige kunstenaar, wat hom diep +in sy stof inlewe, verander ritme, styl, taal, woordekeus voortdurend al +na gelang van die stof. De Waal wil hier musiek in woorde verklank en hy +hakkel soos 'n doofstomme. Die mooi alliterasie: "Trillend weer het +iedere noot in die rotsagtige <i>k</i>loof van <i>k</i>ant tot <i>k</i>ant +<span class='pagenum'><a name="Page_120" id="Page_120">[Pg 120]</a></span> +weer<i>k</i>link" gaan verlore in die aanswellende gutturale kakofonie.</p> + +<p>De Waal se styl het geen eie geluid nie. Sy taal is die van die koele +gedagte, ontspring nie uit 'n ontroerde gemoed nie, mis harmoniese +ritme. Nooit voel ons; daarin die koorsagtige klop van die digter, nooit +tintel daarin die warm liefde vir singende woorde nie. Kort en saaklik +deel hy ons mee, soveel as nodig is om die intriege te verstaan, soms +met katalogusagtige dorheid. Grace word ingelei in "'n kamer van +middelmatige grootte, wat klaarblykelik gedien het vir eet-, slaap- en +werkkamer tegelyk, want in die middel staan daar 'n tafel met 'n bord, +'n kaasbak, 'n suikerpotjie, 'n standertjie, 'n paar koppies en +pierinkies en nog meer sulke goed; naby die venster sien jy 'n tafeltjie +met 'n goedkoop naaimasien en 'n werkmandjie daarop, terwyl, aan die +teenoorgestelde kant van die kamer, die voetenent van 'n ledikant van +agter 'n Japanese skerm uitsteek. Verder bemerk jy daar ook 'n +wastafeltjie en enige ander meubelstukke—almal oud en eenvoudig, maar +net en sindelik."<a name="FNanchor_221_221" id="FNanchor_221_221"></a><a href="#Footnote_221_221" class="fnanchor">[221]</a> Geen verrassende wending, geen metaforiese +vermoë. Dit is net asof hy 'n reusagtige settery het, waarin die sinne +netjies in hul bakkies gerangskik staan—<i>la phrase fait une fois pour +toutes</i>.<a name="FNanchor_222_222" id="FNanchor_222_222"></a><a href="#Footnote_222_222" class="fnanchor">[222]</a> As iemand skrik of verbaas is, dan het hy "wydgespalkte, +wit kykers", (<i>J. v. W.</i>, p. 37); Malherbe en Joosten volg Johannes se +bewegings "met beklemde harte en wyd-geopende oë", (<i>J. v. W.</i>, p. 71); +"Die dominee sien sy dogter met wydgespalkte oë aan", (<i>J. v. W.</i> p. +149); "die meid, met 'n uitdrukking van angs in haar groot, wit oë". +(<i>Tw. Gr.</i>, p. 7). "'n Klein gil <i>verlaat</i> sy bors, en met wydgespalkte +kykers starend staan hy vir 'n oomblik asof versteend", (<i>Tw. Gr.</i> p. +173); "ontsettend verras staar hy die meisie met wydgespalkte oë en ope +mond aan", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 392); "Palmer!?" roep Conradie, met groot oë, +verbysterd", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 353); "Maar voor hy iets meer sê, deins hy +verskrik terug, en staar haar met wydgespalkte oë aan", (<i>Tw. Gr.</i>, p. +350); <span class='pagenum'><a name="Page_121" id="Page_121">[Pg 121]</a></span> +"Met wydgeopende, verwilderde kykers staar hy die besoekster +asemloos aan", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 369); "Met ope monde asof deur towery +geboei, gaap hulle die singers in verlore bewondering aan", (<i>J. v. W.</i>, +p. 97); "die trotse Chrissie staar met wye fonkelende oë vaag op na die +plafond", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 224). As Boonzaaier dié romans moes illustreer +...! Dieselfde uitdrukking kom ook by Van Lennep voor: "Welnu! waar +wacht gij op?" vroeg de man, wien de uitdaging gold, aan den voerman, +die <i>met wijd opgespalkte oogen</i>, dit tooneel stond aan te gapen."<a name="FNanchor_223_223" id="FNanchor_223_223"></a><a href="#Footnote_223_223" class="fnanchor">[223]</a></p> + +<p>Soms laat De Waal nogal wonderlike maneuwers uitvoer: "Maar Jeanette het +alreeds haar <i>oë</i> met stille valksblikke na huis, werf en elke plekkie +daar rondom, vir sover as haar gesig nie <span class='g'>versper</span> was nie +<i>geslinger</i>", (<i>J. v. W.</i>, p. 199); "Sy oë begin van vooraf in sy kop te +rol", (<i>J. v. W.</i>, p. 15).</p> + +<p>Nog 'n ander stylverstening is: "'n Rilling loop deur sy lyf", (<i>J. v. +W.</i>, p. 38); "'n Vinnige rilling loop deur die hele lyf van Johannes", +(<i>J. v. W.</i>, p. 215); "'n Ysige rilling tref die lede van die +sielvermoeide student", (<i>Tw. Gr.</i>, p 389); "Hester haar liggaam tril +van die skok", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 200); "wat 'n gril skud sy lede", (<i>Tw. +Gr.</i>, p. 250); "Dit was of Andries 'n geweldige skok deur al sy lede +kry", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 314). "Wat 'n rilling loop daar deur sy hart", (<i>J. +v. W.</i>, p. 72). Van Lennep gebruik die uitdrukking ook: "Een koude +rilling liep mij door de aderen."<a name="FNanchor_224_224" id="FNanchor_224_224"></a><a href="#Footnote_224_224" class="fnanchor">[224]</a></p> + +<p>Nog 'n ander stylverstening is <i>asvaal</i> of <i>vaal soos as</i>.<a name="FNanchor_225_225" id="FNanchor_225_225"></a><a href="#Footnote_225_225" class="fnanchor">[225]</a> So sou +ons die hele inwentaris kan opmaak van die bakkies in De Waal se +settery; van die beperkte aantal stereotiepe uitdrukkings, wat met +tergende reëlmatigheid by amper elke dialoog voorkom—die "knersende +tande", "geamuseerde gesigte", die "hande in die hare", die krappery +agter die ore, of op die kop, die "bevestigende knikkies", "wit bewende +lippe", "glinsterende, <i>wetende</i>, verwilderde, verslindende ... oë"; +"vuurrooi wange", <span class='pagenum'><a name="Page_122" id="Page_122">[Pg 122]</a></span> +"veel-betekende (?) glimlaggies", "angstig-kloppende, +bonsende harte" en al die verskillende soorte <i>kyke!!</i>—o.a. "die kyk +... wat as 'n dolk tref", (<i>J. van W.</i>, p. 46). Dan nog De Waal se +besonder hartlam-uitdrukking <span class='g'>kykers</span>—van allerlei aard, diep, +vurige, swart, donkerbruin, glimlaggende, skitterende, medely wekkende, +sielvolle<a name="FNanchor_226_226" id="FNanchor_226_226"></a><a href="#Footnote_226_226" class="fnanchor">[226]</a>, glimmende, bewonderende, grys, groot, ope, blink, +pragtige, patetiese....<a name="FNanchor_227_227" id="FNanchor_227_227"></a><a href="#Footnote_227_227" class="fnanchor">[227]</a></p> + +<p>'n Enkele maal word ons verras deur 'n raak tekening: "rooi as 'n +granaatappel", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 121); "met 'n berouvolle krakie in sy +stem", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 269),—maar dis nes 'n eensame blommetjie in 'n +vaal stoppelland. Meestal is De Waal doodtevrede met die ou beskrywende +adjektiewe, wat die Neerlandse skrywers van vóór 1880 duisendmaal +afgerinkink het. Dit blyk veral waar hy die uiterlik van sy persone +teken. Hester Linde het "'n <i>lelie-blanke</i> kleur, afgewissel deur die +<i>roseblos</i> van gesondheid, ... daarby vertoon sy 'n paar oë so helder, +so <i>hemelsblou</i>, so <i>sielvol</i>, as g'n digter of skilder sou kan teken +nie; 'n lieflike neusie gelyk en reg <i>as van 'n marmer beeld</i>." (<i>J. v. +W.</i>, p. 63). Sy is 'n <i>engelagtige</i> wese, (<i>J. v. W.</i> p. 72 en 162) met +<i>hemelse</i> oë; ook Grieta is "'n <i>beeldfraaie</i> mens.... meer geskik vir +die tuiste van engele, dan vir hierdie prosaiese aardbol", (<i>Tw. Gr.</i>, +p. 1); "'n buitengewone <i>juweel</i>" met "melkwit hals" en "goudbruin hare, +wat tot sieraad sou gestrek het vir die skoonste <i>towergodin</i>", terwyl +Hester weer 'n "liewe <i>juweeltjie</i>" is, "'n allerpragtigste kind, die +<i>beeldskone</i> predikantsdogter" met "'n <i>sneeublanke</i> gelaat". Sy is "die +liewe engel wat dag en nag Johannes se gedagte besig hou en 'n <i>vuur</i> in +sy hart <i>aangesteek</i> het wat niks kan uitblus nie...." (<i>J. v. W.</i>, p. +178). Ook Grace laat "'n <i>vlammetjie ... ontbrand</i>, wat Andries nie lig +kon <i>blus</i> nie". Nes by Hester word ons verseker van die magteloosheid +van die skilder en nou ook nog van die beeldhouer: "Het ooit 'n skilder +'n kinnetjie pragtiger geskets? Het ooit 'n beeldhouer 'n mondjie bedeel +met soveel uitdrukking, soveel karakter, soveel <i>soete onskuld</i>, as wat +vertoon word <span class='pagenum'><a name="Page_123" id="Page_123">[Pg 123]</a></span> +deur daardie twee gesonde, klein, allerliefs gevormde +lippies?" (<i>Tw. Gr.</i>, p. 239). Sy is ook soos haar moeder "meer geskik +vir die tuiste van engele": "Dat 'n regtige, gewone, aardse mens so +<i>fouteloos</i> (anglisisme!) daar kon uitsien, sou hy nooit kan geglo het +nie." Ons glo dit dan ook nie!! Mens moet na Tollens en sy konfraters +gaan om die sussies van De Waal se engeltjies te kry. Hoor maar hoe +Tollens "<i>Het Ongenoemde Meisje</i>" "besing"<a name="FNanchor_228_228" id="FNanchor_228_228"></a><a href="#Footnote_228_228" class="fnanchor">[228]</a>:</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">"Der nachtegalen zang is schoon,<br /></span> +<span class="i0">Maar tienmaal schooner is haar toon,<br /></span> +<span class="i0">Haar stem doortintelt merg en bloed;<br /></span> +<span class="i0">Geen ziel, die zij niet smelten doet;<br /></span> +<span class="i0">Geen booswicht is er, als zij zingt,<br /></span> +<span class="i0">Wien niet een traan in de oogen dringt.<br /></span> +</div><div class="stanza"> +<span class="i0">Zij zweeft, als had zij wiekjes aan:<br /></span> +<span class="i0">Haar zooltje laat geen teeken staan.<br /></span> +<span class="i0">Haar vlechten zijn als ravengit,<br /></span> +<span class="i0">Haar boezem is als zwanenwit;<br /></span> +<span class="i0">Geen enkel sproetje vlekt haar kin<br /></span> +<span class="i0">En 't englenzieltjen evenmin.<br /></span> +</div><div class="stanza"> +<span class="i0">Wie zulk een meisje ooit ontmoet,<br /></span> +<span class="i0">Zoo schoon, zoo rein, zoo engelgoed;<br /></span> +<span class="i0">Wie 't orglen van een stem vernam,<br /></span> +<span class="i0">Zoo fraai of ze uit den hemel kwam,<br /></span> +<span class="i0">Geloof hij 't vast—zweer hij 't vrij:<br /></span> +<span class="i0">Dat is mijn meisje! dat is zij!"<br /></span> +</div></div> + +<p>De Waal se "fouteloos fraai" meisies dra natuurlik ook klere, "fouteloos +passend" soos Grieta; hul het "lieflike gelaatstrekke", "pragtige +elegante" gestaltes, of anders "heerlik-fraai—slank en tog vol"; +meestal "langwerpige" gesiggies soos Hester Linde, Hester Fourie en +Grace; maar die koddigste is wel die <i>plomp</i><a name="FNanchor_229_229" id="FNanchor_229_229"></a><a href="#Footnote_229_229" class="fnanchor">[229]</a> wange, wat by De Waal +blykbaar die betekenis van die Engelse <i>plump</i> het!!</p> + +<p>Vergelyk ons nou hiermee die manier, waarop Van Lennep sy dames en here +teken, dan val die sterk ooreenkoms dadelik in die oog. In <i>De Roos van +Dekama</i> word Madzy as volg voorgestel: "Voor zooveel men, <span class='pagenum'><a name="Page_124" id="Page_124">[Pg 124]</a></span> +nu zij +gezeten was, haar gestalte kon beoordeelen, was zij rijzig van postuur; +doch haar fijne leest was gewikkeld in een zwarten zijden mantel, die +niets liet bespeuren dan de bevallige ronding van een <i>leliewitten</i> +arm.... De kap van den mantel bedekte het hoofd, en was onder de kin +vastgestrikt, doch liet echter vryheid om de <i>edelste</i> en tevens +innemendste <i>wezenstrekken</i> te beschouwen, welke immer in het hart eens +jongelings liefde verwekt hebben<a name="FNanchor_230_230" id="FNanchor_230_230"></a><a href="#Footnote_230_230" class="fnanchor">[230]</a>. De strenge regelmaat des beloops +van neus en voorhoofd, welke aan het profiel der Grieksche Juno +herinnerden, was getemperd door den zachten, minzamen opslag van <i>twee +groote, helder hemelsblauwe oogen</i>, overwelfd door gitzwarte +wenkbrauwen, zoo zuiver van omtrek, <i>als waren zy door een +penseelgevormd</i>, en door de kuiltjes welke in de van gezondheid +schitterende wangen en in de ronde kin als tot een schuilplaats voor de +bevalligheden gevormd waren. Een klein vlekje ter zijde der bovenlip, +instede van het gelaat te ontsieren, stak geestig af tegen de blanke +tinten van het fijne, met blauwe adertjes gemarmerde vel, en verhoogde +de levendigheid van uitdrukking der wezenstrekken, vooral wanneer zij +zich tot een lachje saamtrokken, en de halfgeopende rozemond, de dubbele +rij der hagelwitte tandjes ontdekken liet."<a name="FNanchor_231_231" id="FNanchor_231_231"></a><a href="#Footnote_231_231" class="fnanchor">[231]</a> Vir Reinout is Madzy +dan ook dadelik 'n "<i>lieve engel</i>". "Reinout ... had een wel niet +rijzige, maar toch in allen deele <i>fraai gevormde</i>, gestalte. +<i>Ravenzwart haar krulde</i> hem met bevalligheid om de slapen; zijn +gelaatstrekken waren fijn en regelmatig, en schoon van nature bleek en +door de zuiderzon en de vermoeienissen des oorlogs met een gele tint +overdekt, hoogst bevallig en innemend. Geest en <i>scherpzinnigheid</i> +straalden uit zijn gitzwarte oogen, wier <i>levendigheid</i> waarde gaf aan +alles wat hij zeide."<a name="FNanchor_232_232" id="FNanchor_232_232"></a><a href="#Footnote_232_232" class="fnanchor">[232]</a> Malherbe "was middelmatig van gestalte, +welgeset, kragtig gebou. Sy blas kleur en Paryse neus het duidelik te +kenne gegee dat hy van Franse afkoms was; en sy groot welgevormde kop, +versierd met 'n bos digte, <i>pikswart krulhare</i>, het blyk gelewer van +meer <span class='pagenum'><a name="Page_125" id="Page_125">[Pg 125]</a></span> +dan 'n gewone mate van harsings; terwyl sy diep, vurige, +donkerbruin kykertjies, wat treffend gepas het by sy swaar wenkbroue, +die <i>wakkerste skerpsinnigheid</i> verraai het." (<i>J. v. W.</i>, p. 61.)</p> + +<p>Daar is nog meer reminisensies aan die versteende terminologie van vóór +1880 by De Waal. "Iedereen luister met ingetoë bewondering na die +<i>sielverheffende</i>, heerlike musiek", (<i>J. v. W.</i>, p. 228); +<i>verbryselende</i> tyding, (<i>J. v. W.</i>, p. 251); "wat daar in sy gemoed +omgaan, kan beter verbeel dan beskrywe word", (<i>J. v. W.</i>, p. 106); 'n +<i>ontluikende</i> man, (<i>J. v. W.</i>, p. 8). De Waal besef nie die +gevoelswaarde van die woord <i>ontluikende</i> nie, want ofskoon "'n +ontluikende <i>maagd</i>" 'n doodgewone staaltjie van die Parnastaal is, kan +ons ons moeilik 'n ontluikende <i>man</i> voorstel. In <i>Die Twede Grieta</i> kom +ook nog voor: "<i>verhewe</i>, edele gelaatstrekke", (p. 209); +"<i>onvergeetlike, hartstrelende</i>", (p. 318); "'n soet druppel in die +bitter beker", (p. 12); "<i>hartedrif</i>" (p. 382); "dit was asof 'n <i>priem</i> +sy hart deurboor en sy bloed yskoud word", (p. 96)<a name="FNanchor_233_233" id="FNanchor_233_233"></a><a href="#Footnote_233_233" class="fnanchor">[233]</a> "'n Vloed van +bitter onaangename gewaarwordings deurstroom sy beklemde gemoed", (id. +vgl. <i>J. v. W.</i>, p. 174); "sy was weggevaar na die heerlike wêreld van +die sorglose vergetelheid, rustig in die arms van die slaapgod ...", (p. +238); "<i>oorstelp</i> van vreugde en droefheid", (p. 174).</p> + +<p>Aan beelde waag De Waal hom baie selde en as hy dit doen, dan is 't +gemeenplaatse, of ridikule voorstellings soos: "Hy kon sy brein in geen +ander rigting laat vloei nie" (<i>Tw. Gr.</i>, p. 259); "Die nommer van die +meisie wat nou so dryf op die hete onstuimige stroom van sy gedagtes", +(<i>J. v. W.</i>, p. 64); sy gedagtes rol oor al die gebeurtenisse van die +aand terug", (<i>J. v. W.</i>, p. 106); "Die digte sluier wat haar geestesoog +bedek het, is afgeruk", (<i>J. v. W.</i>, p. 174); Andries hoor Grace se +"silwerstem. Dit <i>tril(!)</i> die snare van sy hart", (<i>Tw. Gr.</i>, p. 259); +"Byna onmiddellik daarna, soos in 'n towerslag verander haar gelaat in +glad 'n ander plooi ..." wat net so 'n wonderlike metamorfose is soos +die van Andries, wat volgens Phineas van 'n <i>askoek</i> tot 'n <i>doring +ontwikkel</i>, (<i>Tw. Gr.</i>, p. 242 en 382).</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_126" id="Page_126">[Pg 126]</a></span> +"Jacob van Lennep was van 1829 tot zijn dood in 1868, Rijks-advokaat; +bijna 40 jaar dus. Het ambt maakt de man. Deze man moet dus wel tot in +z'n tenen advokaat zijn geworden, vooral omdat-ie van z'n eigen natuur +al had, wat dat ambt in 'n mens pleegt te ontwikkelen: handigheid in 't +pareren en uitvallen; scherpzichtigheid van elk plekje dat de +tegenpartij bloot geeft; en bij deze schermmeesters-talenten, toch +eenvoudige waarheidszin en oprechtheid....<a name="FNanchor_234_234" id="FNanchor_234_234"></a><a href="#Footnote_234_234" class="fnanchor">[234]</a> Dieselfde eienskappe is +ook te vind in die romans van Advokaat De Waal. Hy het sy eie +pleiterstalent aan Malherbe geskenk en die kruisverhoor van Gert is een +van die besgeslaagde gedeeltes van <i>Johannes van Wyk</i>. Phineas behaal +ook 'n advokate-oorwinning op die Smithfielders en die weduwee, en sy +listige draaitjies laat ons meer aan die geregshof dan die Teologiese +Kweekskool dink. Vir die samestelling van sy intrieges kon De Waal dan +ook profiteer van sy eie ervaring by die geregshof, 'n element wat 'n +ruim plaas beslaan in albei romans. Die lewendigheid van sy dialoog laat +aan dieselfde invloed dink. Oor 'n raak antwoord staan sy persone selde +verleë, en tog ontaard dit nie in 'n vernufsdialoog nie, maar is +gewoonlik 'n weergawe van die los natuurlike gesèlstoon. Dat hy dit +egter nie altyd tref nie, bewys die volgende kromtaal, wat hy in die +mond van Professor Clarke lê: "Jy het skone vooruitsigte, <i>my jong</i> +(sic!), as jy net getrou by jou studies wil bly; en ek gee jou my woord, +dat alles, wat ek kan doen om jou meriete bekroon te kry met die sukses, +wat dit verdien, <i>sal</i> ek.<a name="FNanchor_235_235" id="FNanchor_235_235"></a><a href="#Footnote_235_235" class="fnanchor">[235]</a> Ook Ds. Kestell en Conradie spreek +Andries toe as <i>my jong</i>.<a name="FNanchor_236_236" id="FNanchor_236_236"></a><a href="#Footnote_236_236" class="fnanchor">[236]</a></p> + +<p>'n Staaltjie van gebrekkige psigologie vind ons in <i>Die Twede Grieta</i>. +Dis Andries se verjaarsdag en hy moet natuurlik die gewigtige +gebeurtenis aan sy maat op skool meedeel. "Mag jy soet opgroei! fluister +die ander grappig terug."<a name="FNanchor_237_237" id="FNanchor_237_237"></a><a href="#Footnote_237_237" class="fnanchor">[237]</a> Wie sou so 'n ou-tante-agtige wens verwag +van 'n kind van elf jaar? As hy nou nog gevra 't: "Het jy baie presente +gekry?" dan kon ons dit verstaan!</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_127" id="Page_127">[Pg 127]</a></span> +By De Waal kan ons konstateer 'n byna volslae veronagsaming van die +volkstaal. Hy was een van ons eerste skrywers en het soos weinig ander +die kans gehad om gebruik te maak van tiepies Afrikaanse wendinge, wat +in die rykste verskeidenheid net op die lewewekkende adem van die +kunstenaar gewag 't. Maar in plaas daarvan gebruik hy die dorre beendere +van 'n voos ou-tydse retoriek, wat al twintig jaar morsdood was. Of wat +uit kultuuroogpunt nog veel erger was, hy leen hot en haar van die +Engelse en set die jong lesers van <i>De Goede Hoop</i> 'n onsmaaklike +hutspot à l'anglaise voor—juis dié mense, wat hy, as taalyweraar, moes +oortuig van die deugdelikheid van die Afrikaanse taal. As De Waal +woordkunstenaar gewees 't, dan sou hy op sy togte met die Rondgaande +Hof, wat hom in nou aanraking met al die klasse van die samelewing oor +'n uitgestrekte gebied van die Kaapprovinsie gebring 't, die volkstaal +beluister 't, met volle teue die fris veldgeur van die ongerepte +Afrikaanse idioom ingedrink 't. En indien hy ook al dikwels die +verpestende lug, wat stadig maar seker by ons taalvensters ingewaai het, +moes opsnuif, was dit dan nie juis sy heilige plig as <i>voorman</i> om met +speurende sorg alle uitlandse bysmakies uit die nasionale taalspys, wat +hy vir argelose jongeliede opgedis het te verwyder nie? Maar die Engelse +stormwind het De Waal omgewaai en al het hy in die afgelope sewentien +jaar effentjies gespartel om op te staan, die vyfde druk van <i>Johannes +van Wyk</i> en die twede druk van <i>Die Twede Grieta</i> bewys dat dit hom tot +nog toe nie geluk 't nie.</p> + +<p>In sy dissertasie <i>Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging</i> +het Dr. E.C. Pienaar gekonstateer, dat met betrekking tot anglisismes +<i>Johannes van Wyk</i> "aan 'n ongeneeslike kwaal ly".<a name="FNanchor_238_238" id="FNanchor_238_238"></a><a href="#Footnote_238_238" class="fnanchor">[238]</a> In <i>Die Burger</i> +van Augustus 1921 laat De Waal hom as volg daaroor uit: "Is dit die +skuld van die outeur dat soveel anglisismes burgerreg verkry het in ons +taal? Toe ek die boek geskrywe het, het ek die spreektaal ten naastenby +weergegee soos hy gebruik geword het, nie soos ek of my taalvriende sou +verkies het dat hy moet wees nie. My <span class='pagenum'><a name="Page_128" id="Page_128">[Pg 128]</a></span> +skryftaal was maar 'n +weerspiegeling van die spraak.... Die woorde lyk (hou van) en kyk (blik) +... sou ek darem in geen geval laat vaar het nie. Hulle het pos gevat in +ons taal en verarm dit nie." Dr. Pienaar het ongetwyfeld gelyk as hy +beweer, dat De Waal se taal "'n weerspiegeling was van 'n +kunsmatigvervalste spraak-werklikheid, soos die onder bepaalde +anti-nasionale skool-invloede in bepaalde kringe geheers het."<a name="FNanchor_239_239" id="FNanchor_239_239"></a><a href="#Footnote_239_239" class="fnanchor">[239]</a> +Tereg word ook verder gelaak die gebrek aan "historiese atmosfeer" in +<i>Johannes van Wyk</i> "omdat die skrywer deftige Hollanders van die jaar +1700 anglisismes in die mond lê, wat tuis hoort by verengelste +Afrikaners van twee honderd jaar later, en selfs dan nog maar in sekere +kringe."<a name="FNanchor_240_240" id="FNanchor_240_240"></a><a href="#Footnote_240_240" class="fnanchor">[240]</a></p> + +<p>"Moed broei moed" is die vertaling, wat Grace Palmer gee van "Courage +breeds courage". Andries verbeter dit tot: "Moed kweek moed"<a name="FNanchor_241_241" id="FNanchor_241_241"></a><a href="#Footnote_241_241" class="fnanchor">[241]</a>. Dit +is presies die wyse waarop De Waal te werk gaan. Sy <i>gedagtewêreld</i> is +Engels; en sy skrywery is 'n langdurig gesukkel, 'n kriewelagtige +gepeuter om aan Engelse gedagtes 'n Afrikaanse tint te gee. Só kan geen +kunswerk ontstaan nie. Ons stuit gedurig op uitdrukkings en woorde, +waarvan die Engelse voorbeelde hul direk aan ons opdring. Dit is dan ook +'n vergeefse poging om die twee romans van anglisismes te suiwer, wat +die skrywer alreeds probeer doen 't; die rooi suurdesem het deur-en-deur +getrek tot in hul kern, soos blyk uit die volgende paar voorbeelde wat +gemaklik verdubbel kan word. In <i>Johannes van Wyk</i>, vyfde druk 1921, kom +voor: p. 29, "sou hy 'n twintigtal van daardie gebroed binne vyf minute +kon uitgevee het; p. 149, "Wat 'n jammer ..." p. 173, "dat F.K.... sy +kop mag verloor en 'n hand in so 'n daad hê; p. 174, Sou sy nie ... iets +kan sê of doen wat hom mag weggee nie? p. 215, (hy) bind sy rooi sakdoek +oor <i>die groter deel</i> van sy gesig; p. 224, Die twee lawwe kêrels ... +<span class='pagenum'><a name="Page_129" id="Page_129">[Pg 129]</a></span> +vind hulle uitgesny deur "die Franse advokaat"; p. 76, "Gou nou!" +<i>haas</i> Joosten sy twee vrinde <i>aan</i>, ...</p> + +<p>In <i>Die Twede Grieta</i>, twede druk, 1921: p. 11, watter adres hom in +Johannesburg sou vind, p. 54, Brittanje steek weer sy vinger in die +pasty; p. 136, 'n Stuiwer vir jou gedagte; p. 149, maar sy vrees het nog +die bo-hand gevoer; p. 213, Ons kon om die lewe nie raai; p. 242, in die +klein uurtjies van die nag; p. 308, die gees van jingoïsme—waarvan alle +... Afrikaners in die stede prooi was; p. 326, koerasie byeengesamel; p. +328, in watter woorde die nuus te breek; p. 377, Die aparte +uitdrukkings, wat daar beurtelings op die gelaat van Grieta verskyn het +... was 'n studie.—<i>Plompe</i> wange is reeds in 'n ander verband genoem. +In <i>Die Twede Grieta</i> hoor ons nog van 'n <i>milde</i> behandeling! (Eng. +mild).</p> + +<p>Ook die volgende uitdrukkings, meestal onbeholpe vertalings, toon +duidelik aan hoe De Waal in Engels dink en dan 'n woord of wending kies, +wat glad nie in die verband pas nie. In <i>Johannes van Wyk</i> b.v. p. 48, +aan die agterdeel van die huis; p. 80, 84, 246 die gestremde (Eng. +strained) stilte, verhouding, ens.; p. 84, En hy ... ontmoet haar lippe +met syne ... in 'n soete, hartelike kus; p. 101, U het ons almal uiters +gul vergas; p. 180, Die stem klink op verhewe toon<a name="FNanchor_242_242" id="FNanchor_242_242"></a><a href="#Footnote_242_242" class="fnanchor">[242]</a>; p. 217, jy 't +my in 'n desperate weg gedring; 'n goeie dag gee.</p> + +<p>In <i>Die Twede Grieta</i>: p. 41, Die ruime stellasies ... was besprenkeld +van toeskouers<a name="FNanchor_243_243" id="FNanchor_243_243"></a><a href="#Footnote_243_243" class="fnanchor">[243]</a>; p. 56, Op laasgenoemde plek spring daar 'n stad op; +p. 59, tegelyk sou die forte by Pretoria gegryp word; p. 198, sy +volledig die sin; p. 175, Intussen doen die verpleër aldeur alles in sy +vermoë om die vloei van die bloed te stuit, en werklik was die +lekkasie(!) binnekort aanmerklik verminder.</p> + +<p><i>Kyk</i> (blik), <i>kom kyk</i> (besoek) en <i>lyk</i> (hou van) is vaste +uitdrukkings van De Waal. By die gebruik van voorsetsels is hy ook +gedurig onder Engelse invloed of maak hy die snaakste foute. In +<i>Johannes van Wyk</i> b.v. p. 19, onttrek ... uit; p. 24, voorsien ... +met<a name="FNanchor_244_244" id="FNanchor_244_244"></a><a href="#Footnote_244_244" class="fnanchor">[244]</a>; p. 59, <span class='pagenum'><a name="Page_130" id="Page_130">[Pg 130]</a></span> +trakteer met lekkers; p. 60, deelneem in; p. 61, Aan +sy breë mond kan jy ... lees; p. 71, vermorsel aan 'n rots; p. 96, hy +roep op die sangpaar; p. 128, vervang met; p. 170, gedagtes in die saak +vorm; p. 180, om jou naamtekening aan hierdie getuigskrif ... te verkry; +p. 204, hy hou hom onledig aan die heel-maak van 'n ... mandjie; ens.</p> + +<p>In <i>Die Twede Grieta</i>: p. 335, om hom met die nou gang te begewe na sy +kompartement; p. 344, berus by haar laaste antwoord; p. 369, hy spring +met 'n skrik <i>in</i> sy sitplaas op; p. 388, 'n kelkie ... tot mekaar se +gesondheid drink; p. 227, "Kom!" roep die boer aan die pêrde; p. 156, +duskant van Paardeberg; p. 285, ryk in bobbiaan ...; ens.</p> + +<p>'n Voorbeeld van stokkerige Hollands vind ons in <i>Johannes van Wyk</i>, p, +190: Die <i>verbeide</i> vyand. Telkens is die woordskikking verkeerd. In die +<i>Tw. Gr.</i>, p. 47, b.v. Die trant van die spel, ja, het so 'n keer +geneem, dat, binne vyf minute na die ongeluk, <i>was</i> een van die +donkerbloues in staat ...; p. 79, Hy het my onder ander vertel ... dat +ofskoon Hollands en Engels op papier gelyke regte het, <i>word</i> daar in +die praktyk gesorg....<a name="FNanchor_245_245" id="FNanchor_245_245"></a><a href="#Footnote_245_245" class="fnanchor">[245]</a></p> + +<p>Die lidwoord ontbreek in: om sake weer op ou voet te kry; pas het hy +hierdie prooi in oog gekry; hulle wag tot oordeelsdag.<a name="FNanchor_246_246" id="FNanchor_246_246"></a><a href="#Footnote_246_246" class="fnanchor">[246]</a> Of anders +staan dit waar dit onnodig is: Omtrent honderd kanonne (word) in <i>die</i> +werking gebring.<a name="FNanchor_247_247" id="FNanchor_247_247"></a><a href="#Footnote_247_247" class="fnanchor">[247]</a></p> + +<p>Verder kom daar nog 'n hele stel uitdrukkings of woorde voor wat (a) 'n +allerkoddigste indruk maak deur hul lompheid; (b) volmaak onverstaanbaar +of ongebruiklik is; (c) waarvan De Waal die gevoelswaarde nie besef 't +nie. Ek gee enige voorbeelde:</p> + +<p>(a) Uit <i>Johannes van Wyk</i>:</p> + +<p>(p. 42) Toe verkwik hy sy gestel by 'n dammetjie; p. 68, die lewendige +kou water; p. 70, Versigtig en langsaam kom hy (die skuit) met sy +<i>swaarbelaaide</i> <span class='pagenum'><a name="Page_131" id="Page_131">[Pg 131]</a></span> +mense<i>vrag</i> gedurig nader; p. 82, die gemoedvolle +vader; p. 192, 't Was allesbehalwe 'n gevoel van gerustheid waarmee die +verdediger van die kraal nou <i>beset</i> was. Hy moes die toneel ... +<i>toe</i>skou; p. 226, Die liewe natuurlike musiek, wat hierdie lewendige +water op sy weg ... ondertoe na die vlakte <i>baan</i>; p. 82, En wat kom die +gewaad ook daarop aan, solank as dit nog reg is miet sy <i>inhoud</i>! (Ds. +Linde tot Hester); p. 227, Daardie selvolle kykers, wat so sy hart +<i>verteer</i> het.</p> + +<p>Uit <i>Die Twede Grieta</i>:</p> + +<p>(p. 236) Haar storie ... het sy op so 'n belang-prikkelende manier +vertel, dat dit van begin tot end die <i>aandag</i> van haar <i>geleide +boeiend</i> geïnteresseer het; p. 295, So het die burgers hulle <i>gelate wil +berus</i> by die besluite ...; p. 394, die vooruitlopende weet-al-leser; p. +4, in die wye, rond-gegruisde tuinpaadjie.</p> + +<p>(b) Uit <i>Johannes van Wyk</i></p> + +<p>p. 7, Sy ... <i>ontlos</i> haar van haar helper; p. 201, die bedleërige; p. +163, 'n aangestrande vreemdeling, 'n vermoede gevlugte seeman; p. 24, +spieder en bespeurder; p. 2, sy goedbelynde gesig.</p> + +<p>Uit <i>Die Twede Grieta</i>:</p> + +<p>p. 295, die harttrillende vierkleur; p. 308, weervaardigheid; p. 381, +die salig-oorstelpte besoeker.</p> + +<p>(c) Uit <i>Johannes van Wyk</i>:</p> + +<p>p. 5, die dik <i>prettige</i> dogter; p. 235, met 'n gesig oppervlakkig +prettig; p. 140, 'n prettige boer; p. 169, 253, nering; p. 102, Het komt +my voor dat tante Debora hem daartoe <i>aansart</i>; p. 58, die mense was +gemoedelik aangedaan; p. 68, Köhler het haar (die meisie) met geweld +<i>weggeraap</i>; p. 80, terugwerping; p. 75, toewerping; p. 165, Ek weet +waarlik van niemand wat 'n mooier <i>vorm</i> en postuur het nie (van +Johannes geseg); p. 188, en al die huisgesinne ... het met waens en +karre <i>na die setel</i> van plesier en vrolikheid vertrek.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_132" id="Page_132">[Pg 132]</a></span> +Uit <i>Die Twede Grieta</i>:</p> + +<p>p. 19, Wat sal van daardie verskriklike wil van hom word, as ...; As ek +jou belet om dit met geweld <i>uit</i> hom te <i>delg</i>; p. 20, Phineas Junior +... het welig opgegroei; p, 34, Haar geselligheid, wat sy by al haar +kennisse ... <i>beoefen</i> het; p. 114, na 'n koppie koffie by 'n buurman te +<i>benuttig</i> het; p. 286, om Andries <i>handtastelik</i> te verwelkom; p. 302, +tasbare dank; p. 265, nouliks was daardie aanval aanvaar.</p> + +<h4>Stompies.</h4> + +<p><i>Stompies</i>, 'n bundel stories, rympies en toneelspelletjies is, wat die +prosastukke betref, uit dieselfde hout as die romans gesny. Tien of +twaalf sulke <i>stompies</i> met timmermansvaardigheid aanmekaar gelas en met +historiese kleefstof van 'n patriotiese merk vasgelym vorm die lang +<i>stompe</i> van die romans. Maar dis dorre stompe van 'n stokoue, +doodgebloeide boom, wat De Waal omgekap 't om die taalvuurtjie mee op te +stook.</p> + +<p>In <i>Stompies</i> (1911) word die getal van die "engelagtige" meisies met +hul "betowerende, hemel-fraaie kykers (o.a. p. 7, 10, 156), <i>plompe</i> +rooskleurige wangetjies (p. 98), Venusagtige gestalte (p. 140), ens. +vermeerder. Hulle "stuur 'n elektriese stroom deur al die lede" (p. 156) +van hul aanbidders en as hulle so onversigtig is om in die water te val, +of deur Kaffers toegetakel word, dan kry die dapper redders, wat +<i>toevallig</i> daarop afkom die welbekende "koue rilling" wat "deur hul +hele lyf loop" (o.a. p. 78), totdat hul uiteindelik "die hemelse +gedaante van hul teergeliefde(s) te gemoet <i>vlieg</i>" (p. 83) en +"verrukkelike vreugde in hul <i>hart</i> straal." (p. 83.) Die gelukkige +paartjies word dan nog almal voorsien van 'n liewe gesonde seuntjie (p. +60), "twee fraaie kindertjies" (p. 104) of "drie gesonde kleintjies" (p. +158).</p> + +<p>Die voorwoord bevat nog 'n merkwaardige verklaring: "Soals die ironie +dit wil, gee <i>ek</i>, die alle digters en rympiesmakers beskou als +beklagenswaardige dromers en dwepers, nou self 'n klomp rympies uit!—" +Dat iemand wat so 'n beskouing daarop na hou, geen kunswerk kan lewer +nie, spreek vanself. Hy het self dan ook <span class='pagenum'><a name="Page_133" id="Page_133">[Pg 133]</a></span> +erken dat hy nie "in die wieg +gelê was om romans te skrywe nie. (Hy) het maar die leeslus onder ons +volk vir Afrikaans wil help opwek"<a name="FNanchor_248_248" id="FNanchor_248_248"></a><a href="#Footnote_248_248" class="fnanchor">[248]</a>. Hierdie oordeel kan na ons +ondersoek volkome bevestig word. Sy romans het geen letterkundige, maar +wel kultuur-historiese waarde. Dit was propaganda-werk, wat verskyn het +in 'n tyd toe die meeste ander voormanne nog niks gepresteer had en daar +feitlik geen Afrikaanse leesstof was nie. Sy doel het De Waal dan ook +bereik; <i>Hy het 'n groot deel van die Afrikaanse volk hul eie taal leer +lees</i>. Wanneer ons nou dat die stryd vir Afrikaans gewin is, behoefte +gevoel om ook die letterkundige waarde van die eerste prosawerk te +bepaal, dan moet daar nogeens met nadruk op gewys word, dat <i>Johannes +van Wyk</i> met al sy gebreke 'n faktor van belang in die taalstryd was.</p> + +<p>Dat dit gelees is, is veral te danke aan die spannende intriege. Wat J. +Koopmans van Van Lennep sê is ook van De Waal waar: "Meesterlik worden +de draden in één punt samengetrokken; als in een vuurwerk knapt en +knettert de kruithuls aan alle kanten; de ene vonk ontsteekt de andere +en draait de spil naar de gewenste zijde"<a name="FNanchor_249_249" id="FNanchor_249_249"></a><a href="#Footnote_249_249" class="fnanchor">[249]</a>. Solank as daar mense is +wat 'n boek lees alleen "vir die storie", sal De Waal se romans seker +gelees word.</p> + + +<h3>§ 2. J. Lub.</h3> + +<p>J. Lub is op 1 Mei 1868 gebore te Garijp, 'n dorpie in die provinsie +Friesland. In 1892 het hy as onderwyser na die Transvaal gekom. In die +Anglo-Boere-oorlog was hy vir ses maande in diens van die Rooi Kruis as +bestuurder van die ambulanstreine. Na die vrede het hy opgetree as +Hollandse dosent aan die Johannesburgse Normaal-Skool en tans is hy +inspekteur van skole op die Rand. Vyf bundels sketse het van hom +verskyn: <i>Eenvoudige Mense</i> (1908), <i>Donker Johannesburg</i> (1910)<a name="FNanchor_250_250" id="FNanchor_250_250"></a><a href="#Footnote_250_250" class="fnanchor">[250]</a>, +<i>In en om de Goudstad</i> (1912), <i>Het Zwarte Gevaar</i> (1913), <i>Oom Frikkie +en ander Sketse</i> (1918).<a name="FNanchor_251_251" id="FNanchor_251_251"></a><a href="#Footnote_251_251" class="fnanchor">[251]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_134" id="Page_134">[Pg 134]</a></span> +Van Lub se sketse is 'n groot aantal in Afrikaans geskrywe, maar dit is +die Afrikaans van 'n buitelander, waarin, hoe goed hy die taal ook al +deur 'n langdurige verblyf onder ons mense geleer 't, tog altyd nog iets +vreemds klink. Omdat sy persone meestal in 'n Engelse milieu optree, kom +daar in sy werk nogal baie Engelse uitdrukkings voor en hoewel dit soms +deur die geaardheid van die sketse noodsaaklik word, moet die +veelvuldige gebruik van woorde soos "cab, stretsjer, uitgeswindel, +loafers, motormen, sweets, gingerbier" ens. beslis afgekeur word. +"George lyk om te "marry", maar sy "job" betaal maar net £12-10s., en hy +het die laaste tyd op die reisies verloor, want sy "friend" het hom die +"wrong tip" gegee" (<i>Eenv. Mense</i><sup>3</sup>, p. 52). Al dien so 'n staaltjie nou +ook ter karakterisering, tog word die herhaling van sulke gebrabbel op +lange laas onleesbaar.</p> + +<p>Die verwording van die Afrikanerkarakter in die kosmopolietiese +goudstad—dit is die vernaamste onderwerp van Lub se sketse. "Daar binne +in die kuil (Johannesburg), vergaan 'n deel van ons arm mense, wat in +hoë plekke behoort te wees, maar wat nou in hole van ellende omkom en +bedelaars is ... of nog erger" (<i>Oom Frikkie</i>, p. 66). Die degenerasie +van sulke sosiale drenkelinge word in lewendige tafreeltjies beskryf. +Die algemene opset is gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die +stadsbeeld geteken; dan ontmoet "meester" een van sy oud-leerlinge of 'n +ander bekende van die plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So +kry "meester" af en toe 'n kans om die rol van Hildebrand teenoor die +diakenhuismannetje te speel. Anders word allerlei straattiepes op die +manier van Justus van Maurik beskryf, soms met 'n moraliserende prekie +as slot. "Dink tog 'n bietjie, as julle die busdrywer(s) sien, dat hy +ook een van ons medemense is", ens (<i>Eenv. Mense</i>, p. 36). Met 'n +poliesman as geleider besoek Lub die gevangenisse, agterbuurte en +reddingshuise. Die redakteur van <i>Die Brandwag</i> het sy werk juis +gekarakteriseer: "Sulke sketse is menslike dokumente ... 'n simpatieke +argief, wat die koue koerante en dokumente-argief van vandag se +geskiedenis aanvul vir die toekoms" (t.a.p., Des. 1918). <span class='pagenum'><a name="Page_135" id="Page_135">[Pg 135]</a></span> +Dit is goeie +joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp 'n lig op die +ontstaan van ons arme blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktuëel is.</p> + +<p>By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms +melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op die manier +verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's +op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat +meestal goed geslaag is.</p> + + +<h3>§ 3. J.G. Engela.</h3> + +<p>J.G. Engela is gebore in 1862 op Ceres, waar hy alleen Engels op die +skool kon leer. Op sewentienjarige leeftyd was hy al ouerloos en toe +moes hy tog-ry, skoolhou en allerhande ander werk doen om 'n bestaan te +maak. In die Transvaal was hy op die kantoor van die mynkommissaris, toe +die oorlog uitbreek. Hy is by Paardeberg gevang en na Ceylon gestuur. Na +die vrede was hy klerk in 'n winkel en in dié tyd het sy boeke verskyn. +In 1914 is hy as winkel-inspekteur aangestel, en toe hy op sestigjarige +leeftyd volgens die regulasies moes aftree, het hy gaan boer op "Die +Vlakte", in die distrik Bloemhof.</p> + +<h4>Afrikaanse Verhale en Gesellige Half-Uurtjies.</h4> + +<p>In die voorwoord van sy twede bundel, <i>Gesellige Half-Uurtjies</i> verklaar +die skrywer, dat hy "in alle eenvoudigheid getrag (het) om ons volk tot +meer lees aan te spoor." Dié doel het hy seker bereik, veral omdat in +1909, toe die eerste bundel verskyn het, Afrikaanse boeke nog baie +skaars was, maar ook omdat hy sy grappies op aangename wyse vertel. +Engela laat gewoonlik een of ander norse persoon in 'n strik loop. Hoe +om iemand 'n poets te bak is sy spesialiteit. Wie onder humor nog iets +anders verstaan dan pure grapperigheid sal dit seker nie eens wees met +Nico Hofmeyr nie, waar hy in die voorrede van die <i>Verhale</i> die skrywer +se "fyn humor" roem.</p> + +<p>Minder gelukkig is Engela met sy ernstige verhale, <span class='pagenum'><a name="Page_136" id="Page_136">[Pg 136]</a></span> +wat by voorkeur 'n +moordgeskiedenis behandel en erg melodramaties is. Vir romantiekerige +situasies is hy ook lief. So hoor ons dat Gratia "plaas neem op die ou +omgevalle boomstam, en ... haar betraande oë omhoog-slaan, naar die +heerlike groen lommer waarmee die woud so kunstig in 'n Septembergewaad +versier was.... Saggies roer sy die snare van haar Mandoliene aan...." +(<i>Half-Uurtjies</i>, p. 33). Tog ken Engela Rhijnvis Feith seker net uit sy +gesangeboek.</p> + +<h4>Gesels.</h4> + +<p><i>Gesels</i> (2de druk, 1913) is die swakste van die drie bundeltjies. Taal +en styl is hier besonder onbeholpe, die grappies word flou, soms selfs +stuitend. <i>Die Storms van Bergendal</i> is seker die summum van alle +bereikbare onnatuurlikheid. 'n Broer, wat met sy verlore gewaande suster +trou, haar dan keel af sny; 'n lyk, wat na 'n vreeslike storm deur die +"rumoerige woelwaters ... met alle sorg" in 'n kar "neergelê" word; 'n +gedrogtelike misgeboorte, wonderlike drome, en geesverskynings, waarby +vier predikante te pas kom, 'n groot skat, ens ... brr! Dis 'n +gruwelstuk, wat Jan Vos sou laat watertand!</p> + +<p>As 'n staaltjie van Engela se gebrekkige sinsbou kan die volgende dien: +"David was 'n Hotnot van ongeveer 40 à 50 jaar: Kort en sterk geboud, en +was van nature 'n buitegewoon opgeruimde skepsel, en kon hom ..." (p. +41); "Hy was uit op huisbesoek, en waarmee hy toe klaar was, en weer op +die terugreis huis toe" (p. 42). Dié snaakse gebruik van die voegwoord +tref mens deur die hele boek aan.</p> + + +<h3>§ 4. Adv. C.J. Langenhoven.</h3> + +<p>Polietikus, joernalis, digter, prosaïs en toneelskrywer is Langenhoven, +en veral in die laaste tyd toon hy 'n veelsydige bedrywigheid op +letterkundige gebied. Op Oudtshoorn was hy redakteur van <i>Het +Zuid-Westen.</i> In 1911 het verskyn <i>Stukkies en Brokkies</i>, "'n leesboekie +vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongeliede- en +Debatsverenigings". Dit is in 1914 opgeneem in <i>Ons <span class='pagenum'><a name="Page_137" id="Page_137">[Pg 137]</a></span> +Weg deur die +Wêreld</i>,<a name="FNanchor_252_252" id="FNanchor_252_252"></a><a href="#Footnote_252_252" class="fnanchor">[252]</a> grotendeels 'n didaktiese werk, wat egter ook verhale, +fantasieë, samesprake, aforismes en gedigte bevat. Die verhale en +fantasieë word hier bespreek, die didaktiese gedeeltes in hoofstuk VII. +Die samesprake behoort tot die toneel-literatuur en die "Spesiale stukke +vir Debatsvereniginge" (Afd. V.) kan buiten beskouing bly.<a name="FNanchor_253_253" id="FNanchor_253_253"></a><a href="#Footnote_253_253" class="fnanchor">[253]</a></p> + +<p>Op Langenhoven se belangrike aandeel in die taalstryd het Dr. E.C. +Pienaar gewys<a name="FNanchor_254_254" id="FNanchor_254_254"></a><a href="#Footnote_254_254" class="fnanchor">[254]</a>. Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale +Raad was, word hy volksraadlid vir Oudtshoorn. Tans is hy senator.</p> + +<p>Van hom het ook verskyn: <i>Die Pad van Suid-Afrika</i>, 'n digbundel; twee +satieries-humoristiese verhale: <i>Sonde met die Bure</i> (1921) en <i>Doppers +en Filistyne</i> (1922), wat in hoofstuk VI bespreek word; <i>Die Hoop van +Suid-Afrika</i> en ander toneelstukke; <i>Twee Geskiedkundige Opstelle</i><a name="FNanchor_255_255" id="FNanchor_255_255"></a><a href="#Footnote_255_255" class="fnanchor">[255]</a> +in samewerking met G.S. Preller; in Engels: <i>Republicans and Sinners</i> en +<i>The Everlasting Annexation</i>. <i>Aan Stille Waters</i>, wat nou in <i>Die +Burger</i> verskyn, is 'n reeks artiekels oor onderwerpe van uiteenlopende +aard. Daar is verhale, fantasieë, gedigte en bewerkings van psalme, +gesange en Engelse liedere. Binnekort verskyn dit in die <i>Almal se +Boeke</i>-serie, terwyl die gesange al afsonderlik uitgegee is onder die +tietel <i>Afrikaanse Gesange</i>. <i>Die Eensame Hoop</i> (1922) is 'n +kinderverhaal.</p> + +<h4>Ons Weg deur die Wêreld.</h4> + +<h4>(Afdelings II en III.)</h4> + +<p>In die eerste verhaal raak Ou Verkeerde Faans "'n onvermoeide ou +twismaker" onder die strelende warmte van die kaggel al sy kwellings +kwyt. Maar daar sal "nie more weer vuur in die kaggel wees nie" en +daarom moet Neef Kerneels maar dadelik die saak oor die bogslootjie +tussen hom en sy buurman skik. <i>Lammetjie en Wolf</i> is die verhaal van 'n +verdwaalde kindjie, wat in die <span class='pagenum'><a name="Page_138" id="Page_138">[Pg 138]</a></span> +hande raak van 'n verstokte misdadiger, +vir manslag tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel. Klein Miemie +verteder die ou sondaar se hart en hy bring haar terug na haar ouers. +Die omkeer by Hans Bonsa word alleen op betogende wyse beskryf; daar is +geen plastiese uitbeelding, soos van Miemie se dwaaltog nie, wat met +mooi innigheid geteken word. Dieselfde innigheid tref ons in <i>Twee Oues +van Dae</i>, waar 'n grysaard op gevoelige wyse uiting gee aan sy liefde +vir 'n troue hond. <i>Die Nuwe-Jaars-offer</i> is 'n verhaal van 'n jonge +man, wat gewillig die dood tegemoet gaan om 'n medeminnaar te red. In +die <i>Brief</i> klink die fyn sarkastiese toon van <i>Doppers en Filistyne</i> al +helder op, en ook die <i>Sonde met die bure</i>-motief is aanwesig. +"Eergister het Bertus Bakbene weer 'n straal van my beurt water gesteel +om sy ou pattatta-tuintjie nat te maak en ek het sy jong se graaf daar +uit sy hande geruk en hom 'n skrams raps daarmee oor die korrelkop gegee +en toe in die uitkeerplek ingerol om weer reg te lawe" (p. 48)<a name="FNanchor_256_256" id="FNanchor_256_256"></a><a href="#Footnote_256_256" class="fnanchor">[256]</a>. +Waterlei-moeilikhede gee ook in <i>Doppers en Filistyne</i> aanleiding tot +kostelike humor, maar Oom Stoffel moet op die dorpse bure 'n meer +verfynde taktiek toepas. Die naskrif van die brief is 'n mooi voorbeeld +van misplaatste moederliefde. <i>Die Kluisenaar van die Karro</i> "kon ... +uit elke bossie 'n preek haal" (p. 60). Dit is 'n botaniese les in +aantreklike vorm. <i>Meester</i> bevat skoolherinneringe. Dat meester egter +"'n <i>suiwere</i> Nederlandse aksent" had is onjuis, want die Nederlandse +"e" is allesbehalwe "presies die Afrikaanse ij" (p 62).</p> + +<p>Die <i>Fantasieë</i> begint met 'n allegorie in Bybelse styl. In die orige +stukke is "Boet Nelie" 'n grysaard, wat soos Jonathan in <i>Waarheid en +Droomen</i> op weemoedige wyse aan mymer gaan. Hy het 'n hunkering na die +ou "romantiese, skilderagtige" boereplase "met onbewerkte hoekies en +kweek-plekkies onder 'n skaduboom om op te lê en droom" van sy kinderdae +(p. 77). Niks is daar wat hom so treurig stem nie as die gestadige +verwoesting van soveel heerlikheid in die natuur deur die moderne +boerderymetodes. "Alles moet nou gelyk gemaak word—gelyk en reghoekig +en reglynig. Die tyd van sentiment <span class='pagenum'><a name="Page_139" id="Page_139">[Pg 139]</a></span> +is verby: dis nou die dag van +besigheid". Daarom gaat Boet Nelie vir laas kuier na die ou watersloot +en hy gesels op vertroulike wyse daarmee oor die ou dae. Hy is ook, die +vriend van die ou wa, wat vir brandhout moet verkoop word. Die sê van +Nelie "Sy hart is so vol liefde dat daar plek is vir al die ou goedjies +wat hy as kind mee maats gemaak het en al is hy nou 'n bejaarde man ... +dan kom hy nog met my gesels net soos toe hy 'n kind was—met my, die +stomme ou wa asof ek 'n mens was net soos hy" (p. 100). Die motorkar wat +Nelie mee plaas toe ry "is 'n masien. Daar is geen siel in hom nie en hy +roof my van my siel ook." (p. 105.) Op die ou geboorteplaas vind hy +nêrens troos nie. "Al die ou dinge wat sy hart aan vasgekleef het en die +metgeselle van sy skooldae en die dierbare van sy huisaltaar word een +vir een weggeruk ..." (p. 107.) Maar die ou berg het staande gebly en +die moet vir hom die raaisels van die lewe help oplos. "Seg my, my ou +berg, wat is die plan van die hele besigheid?" (p. 109.) Net soos Elia +wil hy weg wees "van die kranksinnige gewoel van die wêreld en nader +naar die troosvolle rus van die voorportaal van die hemel" (p. 110). En +die berg vertel hom: "dis nie die groot dinge wat belangrik is (nie)." +(p. 110.)</p> + +<p>Op die weemoedige kadans van sy mymerstemming laat Nelie hom saggies +voortwieg en die klare eenvoud<a name="FNanchor_257_257" id="FNanchor_257_257"></a><a href="#Footnote_257_257" class="fnanchor">[257]</a> van sy volsinne, wat met rustige en +kalme geleidelikheid mekaar opvolg is in harmoniese ooreenstemming +daarmee. Maar die doodnugter opmerkings oor mishandeling van die maag, +en die walging vir "insak-gansveermatrasse", waarin party mense op +"bloedige Karro-somerdae" kruip—dit is wanklanke in die +fantasie-atmosfeer.</p> + +<p>Blykens die voorberig van die derde druk het Langenhoven afgesien van +"die imperfektum wat (hy) eentyd van malligheid wou invoer".<a name="FNanchor_258_258" id="FNanchor_258_258"></a><a href="#Footnote_258_258" class="fnanchor">[258]</a></p> + +<p>Eienaardig is die gebruik van "ieder 'n mens" i.p.v. iedere mens<a name="FNanchor_259_259" id="FNanchor_259_259"></a><a href="#Footnote_259_259" class="fnanchor">[259]</a>, +"tussenposend" (p. 67), "'n lustige gemak" <span class='pagenum'><a name="Page_140" id="Page_140">[Pg 140]</a></span> +(p. 84, <i>Ons Weg</i>). Enkele +minder gelukkige uitdrukkings kom voor: die kalwertjies wat wil laat +drink wees (p. 15); die dik doringplate ... het begint minder te +weergalm (p. 19); 'n groot karree-boom, <i>wie se</i> diepgaande wortels.... +(p. 41); hy stuur hom daar haal (p. 54). Daar is 'n paar +opslag-mangelwortels tussen die beetrye,<a name="FNanchor_260_260" id="FNanchor_260_260"></a><a href="#Footnote_260_260" class="fnanchor">[260]</a> o.a.: "sonder om enige +partikuliere persoon toe te spreek (p. 6); met 'n effe suggestie van +rood (p. 80, <i>Ons Weg</i>); die doodskleed van die nag word ingegaar deur +die hand ... (id. p. 79).</p> + +<p>Daar is oorspronklike beeldspraak: as verkoue en sinkings jou gelyk +beetkry "een aan die disselboom ... en die ander aan jou briek ..." (p. +6); maar taamlik afgeslyte kom ook nog voor o.a.: die veld ... weef 'n +prag-tapyt op die vloer van die aardse tempel ... (<i>Ons Weg</i>, p. 29); +die onstuimige boesem van die rivier (p. 88); om snare in die +liefde-ontblote hart aan te roer (p. 21); die laken of doodskleed van +die winter, (<i>Ons Weg</i>, p. 78).</p> + + +<h3>§ 5. Christian Zinn.</h3> + +<p>Van Christian Zinn het in 1911 verskyn: <i>In Harte Verenigd</i>, of <i>Sketse +uit die Boere-Lewe</i>. Dit is 'n verhaal uit die tyd van die +Jameson-strooptog en Anglo-Boere-oorlog, waarin die skrywer geleentheid +vind om heelwat politieke beskouings aan die man te bring. Die dapper +held, mooi meisie en lae verraaier ontbreek nie. Die liefdesverhaaltjie +is vol soeterige sentimentaliteit. Daar is o.a. sprake van "'n miljoen +dralende soene"! Die historiese gebeurtenisse word oppervlakkig behandel +en die uitwerking daarvan op die uitgebeelde persone uiters gebrekkig +aangedui. Letterkundige verdienste het die verhaal nie, want die styl is +onbeholpe, gebrekkig en taamlik vol anglisismes. Vir die taalkundige kan +dit interessant wees, omdat daar soveel oorgangsvorme in voorkom. Van +die woord <i>baie</i> het Zinn blykbaar 'n groot afkeer; dit kom glo maar +eenmaal voor (p. 127). As voorbeeld van taal, styl en spelling kan die +volgende dien: Dit was net als of Suid Afrika verdoemd was <span class='pagenum'><a name="Page_141" id="Page_141">[Pg 141]</a></span> +om 'n +vreselike terugsetting te kry net so's voorspoed in bereik was. Die land +had mooi vooruit gegaan, in alle rigtinge was verbeterings te bespeure, +kapitaal had ingevloei, en die wonderlike rykdom wat S.A. eige is, werd +geopend, (p. 33); Sannie haar auntie Maria maak net goeie vooruitgang +met haar jongste minnaar, 'n jeugdige luitenant die met 'n party van die +Yeomanry uitgekom had, en die so opgenome was met die lewe in die +uitgestrekte Karroo, dat hy met graagte daarnaar vooruitsiet om sig neer +te set tot vee-boerdery ... (p. 132).</p> + + +<h3>§ 6. Dr. D.F. Malherbe.</h3> + +<p>Vir sy lewensloop en werk kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar se +proefskrif.<a name="FNanchor_261_261" id="FNanchor_261_261"></a><a href="#Footnote_261_261" class="fnanchor">[261]</a> Van belang is die volgende meedeling: "As 17-jarige +knaap het hy een keer deur die Karo gery sonder om meer te sien as 'n +vervelige uitgestrektheid van vlakte, dor en verlate. Maar toe hy in +1907 weer in daardie omgewing kom, het dit hom magtig aangegryp. Daar +was vir hom so 'n wonderlike geheimsinnigheid in, so 'n bekoring dat hy +gemeen het om daar vergoed te bly. In dié stemming is sy eerste werklike +gedigte geskrywe."<a name="FNanchor_262_262" id="FNanchor_262_262"></a><a href="#Footnote_262_262" class="fnanchor">[262]</a> Vir sy prosawerk ook, is soos nader sal blyk, sy +verblyf in die Karo van groot belang gewees.</p> + +<h4>Vergeet Nie, (1913).</h4> + +<p>In die nabyheid van die rustige Karodorpie, Steenburg woon die Du Pré +famielie op die plaas Rietfontein. Oom Willem en Tant Annie het saam oud +geword in die Karo-eensaamheid. Hul dogter, Bettie is ook 'n "kind van +die vrye veld, 'n pragtige voorbeeld van die Afrikaner-meisie". Oom +Willem is enigsins melankolies van geaardheid en die oorlogsgerugte +vervul hom met 'n donker voorgevoel. "Die vuur sal brand van noord tot +suid ... en dit is my asof ... ek die end nie sal belewe nie", so lui +sy <span class='pagenum'><a name="Page_142" id="Page_142">[Pg 142]</a></span> +profetiese woorde op die vooraand van die groot kriesis. En die +plegtige huisgodsdiens is nog nie afgeloop nie, toe Servaas Vermaak, die +bywoner, wat dorp toe was en daar Adonis as skaapwagter gehuur 't, met +die oorlogstyding vergoed 'n end maak aan die "rustige rus" van die +plaasbewoners. Nie lank na Servaas kom Bettie se verloofde, Piet Marais, +geneesheer op Steenburg om afskeid te neem. Hy is Kolonialer, maar offer +al sy goeie vooruitsigte op om by die Boere-ambulans in diens te tree. +Oom Willem, wat in alle sake die Bybel tot rigsnoer neem, veroordeel +rebellie, maar heg tog sy goedkeuring aan Piet se daad, as hy hoor dat +hy veral gaan om geneeskundige hulp te gee. Met gloeiende geesdrif +verdedig Piet sy handelwyse teenoor Bettie se besware en peil dan op sy +vosperd reguit Boere toe. Ons ontmoet hom weer by die Boeretroepe, maar +nie meer as Rooikruisdokter nie, want dis al die tydperk van +guerilla-oorlog. Piet is trots al die teleurstellings nog dieselfde +vurige entoesias, die geswore vyand en bestryer van papbroekerigheid. +"Nee, manne, laat ons saamstaan(,) almal wat kan tot die end." Onder sy +invloed word die flouhartige Japie du Plooy en Oom Jan ook +"bitter-einders".</p> + +<p>Intussen kom Bester, die beroemde rebelle-kommandant met 600 man die +eentonigheid van 'n vervelige namiddag verdryf op Rietfontein. Bester,'n +35-jarige man, wat tot hiertoe alle vroue met onverskilligheid verby +gegaan 't, moet dadelik "hands-op" vir Bettie! As sy na Piet verneem, +deel hy haar mee, dat hy weet van 'n Dr. Marais, wat vroeg in die oorlog +aan koorssiekte dood is. Hy beloof haar om nader inligtings in te win. +Oom Willem verwek heelwat ontstemming onder die rebellekommando deur die +verdediging van sy bybelse standpunt aangaande trou aan die regering. +Die volgende oggend sukkel hy dorp toe met sy eseltjies om die besoek +van die Boere aan Kommandant Hunt te rapporteer, en loop 'n lelike +skrobbering op, omdat sy rapport so laat inkom.</p> + +<p>Bester se liefde vir Bettie beïnvloed die bewegings van sy kommando en +deur sy herhaalde besoeke aan Rietfontein raak die Du Pré famielie in +die moeilikheid. Oom Willem, pas herstel van 'n swaar siekte word in 'n +vreeslike storm dorp toe gevoer deur die Engelse. In <span class='pagenum'><a name="Page_143" id="Page_143">[Pg 143]</a></span> +haar radeloosheid +bedenk Bettie 'n wanhopige plan om haar pa te red. Sy skryf 'n brief aan +Bester, wat met sy kommando nog in die nabyheid verkeer, en laat dit +deur Servaas besorg. Maar Adonis verklik alles aan die Engelse en as +Servaas terugkom van sy vrugtelose tog, word hy saam met Bettie en haar +moeder na die tronk geneem. Oom Willem en Servaas word na Port Alfred +gestuur deur die militêre, Bettie kom agter die tralies, terwyl Tant +Annie vrygelaat word op parool.</p> + +<p>Intussen het Dr. Marais een van Genl. De Wet se vertroudes geword en as +Du Plooy met rapporte na die Kolonie vertrek, kry hy 'n brief vir Bettie +mee, wat hy in Bester se hande laat. Maar deur sy poging om die brief +aan Bettie te besorg, raak Bester gevange en word ter dood veroordeel. +In die tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel, dat Piet nog leef. +Kort na Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na +Rietfontein. Oom Willem het kort na sy aankoms in die kamp op Port +Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Bettie word ons voorgestel as 'n ideale Boermeisie. Alleen die feit, dat +sy haar afgeleefde ouers nie kan verlaat nie, weerhou haar om Piet se +voorbeeld te volg en aan te sluit by die ambulans. In die gevangenis en +teenoor Hunt gedraag sy haar kloek. Sy is blykbaar trots op die rol wat +sy gespeel 't, en as Piet haar na die oorlog vra, of sy bereid is om vol +te hou in die groot stryd teen die Engelse kultuuroorweldiging, antwoord +sy met 'n tikkie verontwaardiging in haar stem: "Piet, mag jy my nog so +'n vraag vra nadat ek <i>soveel opgeoffer en gely het?</i>"<a name="FNanchor_263_263" id="FNanchor_263_263"></a><a href="#Footnote_263_263" class="fnanchor">[263]</a> Dit kom my +egter voor asof Bettie haarself <i>moedswillig</i> in die ongeluk gestort 't, +en as dit die geval is dan verloor haar "offer" vir die nasionale saak +heelwat van die heroïese kleure, wat die skrywer daarin geweef 't.</p> + +<p>Op pagina 66 staan: "Al die veerkrag van haar nasionale gevoel is deur +die oorlog in volle beweging gekom, en niks is daar sterker by haar +gewees as <i>die wens om <span class='pagenum'><a name="Page_144" id="Page_144">[Pg 144]</a></span> +positief te mag meedoen aan die stryd nie</i>. Maar +hoe kon sy haar ouers verlaat? Onmoontlik vir haar om uit te gaan as +verpleegster! En so is dit haar ernstige gebed geword dat sy op watter +wyse dit God behaag 'n aandeel mog kry aan die oorlog. En as sy niks kan +meedoen nie, dan wou sy meely met haar volk." Hoe edel hierdie besluit +op sigself ook al mag wees, dit neem die feit nie weg, dat Bettie se +naasbysynde plig ongetwyfeld was om vir die veiligheid van haar +afgeleefde ouers te sorg. Maar as sy by haar vader se siekbed moet waak, +dan spook die gedagte van deelneem aan die oorlog, wat 'n <i>idée fixe</i> by +haar word altyd deur haar brein: "Sou die Here haar roep om haar siek +vader op te pas, en mag sy daarom geen deel hê aan die oorlog nie? Sou +dit haar roeping en werk worde, beskeie en stil, <i>waar sy hoë aspirasies +had?</i>"<a name="FNanchor_264_264" id="FNanchor_264_264"></a><a href="#Footnote_264_264" class="fnanchor">[264]</a> Piet Marais se oorlogsgeesdrif en wie weet, miskien ook die +Engelse romans, wat sy van die skool af meegebring 't,<a name="FNanchor_265_265" id="FNanchor_265_265"></a><a href="#Footnote_265_265" class="fnanchor">[265]</a> het haar +blykbaar taamlik sentimenteel gestem en haar belet om 'n nugter kyk op +sake te behou. As Bester haar meegedeel 't, dat 'n sekere Dr. Marais in +die begin van die oorlog aan koorssiekte dood is, maak sy allerhande +onuitvoerbare planne—"sy sou stilletjies wegraak, te voet loop as dit +al was, haar lewe daaraan waag, sy sou sôre, dat sy êrens by die Boere +te lande kom, sy sou Piet soek ... en as hy waarlik dood was, <i>sy graf +met haar trane bevogtig!</i>"<a name="FNanchor_266_266" id="FNanchor_266_266"></a><a href="#Footnote_266_266" class="fnanchor">[266]</a> Die laaste sinnetjie kon wel in een van +Feith se romans gestaan 't! Daar is trouens meer wat ons aan die +sentimentele romans van die agtiende eeu herinner. 'n Paar ou briewe van +Piet maak sy "met voldoening ope en lees dit in stil mymering en met die +gevoeligheid van 'n teer vrouehart." (p. 64.) Dat Bettie "in die +traag-skrydende ure van die nag" romantiese plannetjies uitgedink het, +is psigologies volkome juis, maar ons is nie gewend, dat 'n flink +Boermeisie van drie-en-twintig jaar, wat bowendien reeds op haar +agtiende jaar "selfbewus en ryp genoeg vir verantwoordelikheid" (p. 33) +was, dat so 'n <span class='pagenum'><a name="Page_145" id="Page_145">[Pg 145]</a></span> +meisie, tans die enigste<a name="FNanchor_267_267" id="FNanchor_267_267"></a><a href="#Footnote_267_267" class="fnanchor">[267]</a> stut en steun van haar +grys ouers in uiters benoude dae haar al te lank oorgee aan 'n +Wertheriaanse sentimentaliteit nie.</p> + +<p>Bettie se volgende dade toon dat sy doelbewus, ja moedswillig alles doen +om "'n aandeel aan die oorlog te kry"—m.a.w. sy leg die veiligheid van +haar ouers in die waagskaal ter wille van 'n meisiesagtige gril, wat sy +vir "hoë aspirasie" aansien! Sy weet, dat haar pa 'n swartkruis agter sy +naam het, dat die geringste suspiesie hom in lewensgevaar kan bring en +tog ontvang sy Bester "alleen in die sitkamer" (p. 92). Bester het +ongetwyfeld 'n sterk indruk op haar gemaak, en ofskoon sy trou bly aan +Piet en haarself wys maak, dat "as Piet dood is, sy ook dood (sou) wees +vir die wêreld" (p. 90), sien sy tog verlangend uit na Bester se +terugkeer. En nie alleen omdat sy hoop, dat hy nuus van Piet bring nie. +Piet behou wel die ereplaas in haar gemoed, maar uit die omstandigheid, +dat sy oorweeg wat Bester vir haar kan beteken in geval Piet werklik +dood is, kan ons besluit dat sy persoonlikheid haar diep getref het. Sy +redeneer so: "Sy is mos sterk genoeg, sy het Piet <i>te</i> lief om aan enig +ander man te dink" (p. 95). En sy doen dit tog! Bettie maak 'n kriesis +van ernstige weifeling deur. Sy het Bester lief en al wat haar terughou +is "die dure besef van plig en eer." (p. 99.)</p> + +<p>Oom Willem het dadelik die groot gevaar ontstaande uit die herhaalde +besoeke van Bester ingesien en Bettie ernstig gewaarsku (p. 95). Sy het +volkome goed geweet, "dat alle persone, wat geheime konneksies met so 'n +gevreesde en verwenste mens het op die ongenadigste manier sou gestraf +word." (p. 96.) Tog ontvang sy Bester nòg eenmaal alleen—sy dink nie +aan die gevaar waaraan sy haar ouers blootstel nie, ofskoon hy haar +meedeel dat sy stap gevaarlik is en dat die Engelse dus naby is—sy gaat +<i>swygend</i> met hom die sitkamer binne en steek nog daarby 'n kers op (p. +97). Op die manier, bewerk sy haar pa se ongeluk. Kan ons haar dus glo +<span class='pagenum'><a name="Page_146" id="Page_146">[Pg 146]</a></span> +as sy uitsnik: "Ag Pa, ek kan dit nie help nie, ek is net so onskuldig +soos Pa"? (p. 102). Miskien wel; miskien was dit bloot vroulike +onversigtigheid. Maar die volgende stap van Bettie—die brief wat sy aan +Bester skrywe—is alleen verklaarbaar as 'n moedswillige poging om +haarself "'n aandeel aan die oorlog" te verskaf. Sy kom tot die +konklusie, dat alleen Bester haar pa kan red. Het sy gemeen, dat hy die +Engelse moet agtervolg en Oom Willem terugbring plaas toe? Moes Bester +vervolgens Rietfontein verdedig teen die Engelse oormag? homself, sy +kommando en die vrouens laat platskiet ter wille van één man? Of moes hy +die afgeleefde, sieklike grysaard, teen die se eie wil saamsleep op sy +swerftogte? In haar opgewondenheid het hierdie eenvoudige oorwegings nie +by haar opgekom nie en in haar naïewe geloof aan Bester se al-sterkheid +skryf sy aan hom—'n impulsiewe daad—psigologies volkome juis. Maar +haar moeder se opmerking, dat haar plan gevaarlik is, bring haar nie tot +nadenke nie. En plotseling blits dit deur haar gedagte: Nou kan ek my +"hoë aspirasies" bereik—sy kry die "besef ... dat sy self in die +draaikolk van gebeurtenisse begin meedans. Was dit dan nie altyd haar +ernstige versugting nie?" (p. 107). Juis, sy is lank al moeg vir die +eensame lewe op die plaas, waar sy al meer dan 'n jaar opgesluit sit. +Haar romantiese siel smag na dade van durf en intussen suggereer sy +haarself, heeltemal ter goeder trou, dat sy alles doen om haar pa se +ontwil!</p> + +<p>Maar Servaas is die man, wat haar tot rede sal bring! Hy weet meer dan +sy: "Die vlakte, die bossies, dit lewe van duisende kakies so na Vaaldam +se kant toe. Die hele wêreld is vanaand vol van hulle." (p. 110.) Hy +erken: "dis byna verniet om so iets te probeer en daarby gevaarlik." (p. +109.) Helaas! Arme Servaas verloor ook àl sy gewone boere-nugterheid—hy +kan "die vurige pleit van 'n skoon jonkvrou" nie weerstaan nie! En hy +gaat jou waarlik waar op die dollemansboodskap uit, ofskoon sy vrou +uitdruklik verklaar dat dit "gek mense se werk is om so iets te doen" +(p. 112).</p> + +<p>By 'n nugter beskouing van die feite moet ons kies tussen twee +opvattings: (1) òf Bettie is ten spyte van <span class='pagenum'><a name="Page_147" id="Page_147">[Pg 147]</a></span> +haar drie-en-twintig jaar +nog maar <i>'n bogkind</i> soos Janetta haar noem, wat met die grootste +onversigtigheid haarself, haar ouers en Servaas in die ongeluk stort, òf +(2) in 'n toestand van radelose opgewondenheid maak die <i>idée fixe</i> "om +haar deel aan die oorlog by te dra" haar onbekwaam om die simpelste +logiese gevolgtrekking te maak. In albei gevalle word dit dan egter +onmoontlik om haar handelwyse as 'n onselfsugtige, edele daad te beskou +en verloor haar <span class='g'>offer</span> sy grootse betekenis. Soos Malherbe haar +geteken 't kan sy nooit as heldin, as die "moedige Boermeisie met haar +sterk en besliste karakter"<a name="FNanchor_268_268" id="FNanchor_268_268"></a><a href="#Footnote_268_268" class="fnanchor">[268]</a> beskou word nie. Sy is eenvoudig die +slagoffer van haar kinderlike onnoselheid of van haar "hoë aspirasies", +wat ons medelyde opwek, en die bewondering vir haar kloek gedrag in die +gevangenis word getemper deur die bewussyn, dat dit alles onnodig was, +terwyl ons haar bowendien met reg kan verwyt, dat sy haar ouers en +Servaas met sy famielie in die ongeluk gestort 't—ja selfs die dood van +haar vader verhaas het. Bettie, soos die outeur haar wil voorstel, is 'n +psigologiese teenstrydigheid.</p> + +<p>M.H. van Campen het die raak opmerking gemaak, "dat kunst het <i>zichtbaar +worden der noodwendigheid in 't, voorgesteld gebeuren</i> ten gevolge +heeft, en dat het blijken dier noodwendigheid de schóónheid van 't +<i>voorgesteld gebeuren</i> uitmaakt."<a name="FNanchor_269_269" id="FNanchor_269_269"></a><a href="#Footnote_269_269" class="fnanchor">[269]</a> Dit is juis die sigbaarwording +van die noodwendigheid, wat ons in Bettie se "offer" mis. Malherbe het +een van die mees dramatiese momente in sy verhaal laat glip. Hy gee ons +self die gegewens vir die uitbeelding van 'n geweldige konflik: aan die +een kant Bettie se geheime liefde vir Bester, die bestaan waarvan sy +self nog nie wil erken nie; daarmee saamgevleg die hoop, dat hy haar +iets omtrent Piet Marais sal kan meedeel en bo-op dit, haar kriewelige +ongeduld om na 'n jaar van gedwonge niks-doen eindelik haar lang +gekoesterde plan om aktief op te tree in die oorlog uit te voer. Aan die +ander kant: die besef dat dit haar plig is om terwille van haar ouers en +as verloofde van Piet, wat <span class='pagenum'><a name="Page_148" id="Page_148">[Pg 148]</a></span> +miskien nog leef alle omgang met Bester te +vermy. As Bettie in só 'n konflik eenvoudig haar naasbysynde plig gedoen +'t, dan sou ons haar <i>ook sonder om te weet</i>, dat sy dapper was in die +tronk, as 'n heldin kan bewonder.</p> + +<p><i>Vergeet Nie</i> is 'n aaneenskakeling van dramatiese tonele, waarin die +oorlog voor ons geestesoog verbytrek. Sonder veel verandering sou dit +dan ook moontlik wees om die roman om te werk tot 'n toneelspel, waarin +daar wel veel aksie, maar weinig botsing van hartstogte sou voorkom Ons +kry 'n indruk van wat daar gewoel en gekook het in die hart van die volk +gedurende die oorlogsjare, van die lyding van vrouens en oumense, van +die dapperheid van die Kolonialers, die laagheid van die <i>National +Scouts</i>, die vervolging en plaery onder die krygswet. Maar by die +beoordeling van die boek moet ons een faktor veral nie veronagsaam nie: +dit naamlik, dat die teenswoordige geslag nog in meerder of minder mate +<i>onmiddellik</i> betrokke was in die gesketste gebeurtenisse, dat daar +tallose herinneringe van die groot oorlog nog lewe in ons bewussyn. Dié +herinneringe word deur die skrywer in dramatiese verhoudinge gegroepeer +en iedereen kan dadelik uit sy eie ondervindinge analoge gebeurtenisse +rekonstrueer. Dit versterk die indruk wat die gelesene op ons maak +honderdvoudig. Die skrywer roep ou halfvergete impressies uit hul +wegkruipplekkies te voorskyn. Op onbewuste wyse vul ons self die verhaal +aan, en so kry dit op laas 'n aktuële kleur, 'n sterk geprononseerde +persoonlike karakter, wat die leser tot in die diepste roersele van sy +siel beweeg, maar wat die verhaal <i>op homself nie besit nie</i>.</p> + +<p>Ek noem een voorbeeld om my bewering te verduidelik. Die teregstelling +van Bester herinner ons dadelik aan Kommandant Scheepers. Die +oorspronklike ontroeringe, veroorsaak deur die tragiese uiteinde van +Scheepers, versterk die indruk, wat die soortgelyke lot van Bester by +ons verwek en raak daar gedeeltelik mee geïdentifiseer. Die gevolg is, +dat Bester-Scheepers in die roman 'n werklik lewende persoonlikheid vir +ons word.</p> + +<p>Maar nou ontstaan die vraag: Is Bester, wanneer ons ons persoonlike +ervarings heeltemal uitskakel, nòg 'n lewende persoonlikheid, ontroer +die wyse waarop <span class='pagenum'><a name="Page_149" id="Page_149">[Pg 149]</a></span> +Malherbe hom uitgebeeld het ons dàn nog? Dit is die +enigste wyse waarop ons die kunswaarde van <i>Vergeet Nie</i> vir die +<i>nageslag</i> kan bepaal, want oor 'n tagtig of honderd jaar, sal die boek +nie meer in so 'n voordelige posiesie verkeer nie, dan kan dit alleen +nog profiteer van die nasionale oorleweringe van die groot stryd. En +selfs dìt sal die boek nog 'n groot voorsprong gee, want by 'n volk met +'n kragtige bewussyn word die nasionale helde uit 'n vergange +glanstydperk altyd met 'n stralekrans van heilige aanbidding versier. +Dit is bekend dat <i>De Geuzen</i> van Onno Zwier van Haren lank as 'n +kunswerk van die hoogste skoonheid beskou is, eenvoudig omdat dit 'n +nasionale onderwerp behandel.</p> + +<p>Maar ons keer terug tot Malherbe se karakteruitbeelding en vraag: Wat +weet ons nou eintlik van Bester? Hy is 'n bekwame en dapper kommandant, +wat verlief raak op Bettie. As hy hoor, dat haar verloofde nog leef, +besluit hy na enige stryd om haar dit mee te deel. In die hof verdedig +hy sy handelwyse op hartstogtelike manier en gaat sy dood tegemoet soos +'n held. Alleen by die beskrywing van sy laaste dae kry ons enigsins 'n +blik op sy sielelewe en die totaalindruk bly vaag. Bester is sonder +lewensdoordringing geteken, daar is niks indiwiduëels, wat hom tot 'n +duidelike persoonlikheid maak nie.</p> + +<p>Piet Marais eweso. Hy is 'n tiepe van die ontwikkelde Afrikaner, wat +deur 'n vyfjarige studie in Europa sy insigte verruim en sy lewe verdiep +het. Hy het daar "jare van worsteling" gehad, hy moes dikwels "met smart +afskeid neem van oortuiinge wat (hom) in vlees en bloed oorgegaan (was) +van (sy) kindsheid af." Hy was 'n ernstige soeker na waarheid, wat uit +ou tradiesies en nuwe wetenskap vir homself 'n eie lewensbeskouing +gebeitel het. In die karakter van Piet lê seker 'n stukkie +outobiografie, maar in 'n oorlogsroman was daar geen kans vir 'n +psigologiese uiteenrafeling van hierdie interessante fase in die +ontwikkeling van die Afrikaanse student nie. Ons wag nog op die +kunstenaar, wat die botsing en gedeeltelike samesmelting van die +Afrikaanse en Europese kultuur moet uitbeeld.</p> + +<p>Ons verneem ook nog enige besonderhede van Piet se oorlogservaring en +hoe hy verlang na Bettie. Maar <span class='pagenum'><a name="Page_150" id="Page_150">[Pg 150]</a></span> +'n lewende persoonlikheid, met wie ons +al die wisselende stemminge van die awontuurlike kommandolewe deurvoel, +word hy nie.</p> + +<p>Ook Tant Annie bly 'n vae figuur. Op Bettie het sy blykbaar geen invloed +nie. Selfs aan Hunt was dit duidelik, dat sy geen aktiewe rol kon speel +nie en die treurige gebeurtenisse slaan haar dan ook heeltemal terneer.</p> + +<p>Oom Willem is met meer liefde geteken. In sy bybelvasteid, sy afkeer van +pronk en na-apery is hy 'n tiepe van die Afrikaanse boer. Ons verneem +dat "dors na kennis hom aangespoor (het) tot selfopvoeding", maar uit +die opgawe van sy biblioteek blyk, dat dit hoofsaaklik godsdienstige +kennis was, waar hy na gestreef 't. Hy bly getrou aan die Engelse +regering, omdat sy godsdienstige oortuiging hom leer, dat rebelleer +sonde is. Maar, as hy later persoonlik kennismaak, met die onregverdige +taktiek van die Engelse, laai sy haat op teen die vyand van sy volk en +kry hy simpatie met die rebelle. <i>Vergeet nie</i> is die plegtige boodskap, +wat hy aan Servaas gee op sy sterfbed.</p> + +<p>Bester, Piet Marais en Tant Annie is karakters, wat <i>getiepeer</i>, maar +nie psigologies <i>gekreëer</i> is nie. Die skrywer staan te veel met sy eie +ekheid tussen die objektief beeldende teksdele, hy mis die gawe om sy +gegewens tot 'n saamgegroepeerde eenheid te bring, om sy persone +heeltemal objektief van uit hul eie innerlike wese te laat lewe. Deur +die subjektief deurleefde werklikheid vleg hy sy eie beskouings en +daardeur verdwyn die realiteitsillusie. Die roman word 'n +aaneenskakeling van dramatiese momente, maar geen epiese struktuur, +waarin die ganse sielelewe van 'n groot tydperk in sy gehele menslikheid +tot een grootse beelding samesmelt nie.</p> + +<p>As Piet Marais oorlog toe ry hoor ons: "Dis die eerste rit vanaand van +'n besielde Kolonialer na 'n slagveld wat so groot sal word soos byna +die gehele beskaafde Suid-Afrika, na 'n oorlog wat nie sal oortref word +in gemene gruweldade nie ... ens." (p. 22). Dit is wat Malherbe weet, +maar Piet was tog geen profeet nie. Op hinderlike wyse dring die skrywer +homself hier op die voorgrond.</p> + +<p>Sy historiese kennis verwerk Malherbe presies soos <span class='pagenum'><a name="Page_151" id="Page_151">[Pg 151]</a></span> +De Waal. Op pagina +52-54 staan 'n lang oorsig van militêre gebeurtenisse en op pagina 63-64 +'n uiteensetting van die toestande onder die krygswet. Alleen deur 'n +betoog kan hy die nodige atmosfeer vir sy verhaal skep. Só kry ons geen +begrip van die dramatiek van die worsteling nie.</p> + +<p>Soms egter slaag Malherbe daarin om deur pittige plastiek die leser +direk te tref. 'n Voorbeeld daarvan is die mooi kommando-toneeltjie in +hoofstuk X, waar 'n lewendige dialoog ons dadelik op hoogte van sake +bring. Die brief uit die konsentrasiekamp met sy bemoedigende woorde: +"Gaan voort, want ons saak is reg en God sal ons nie verlaat nie" laat +ewe ons gemoed tril en ons sien die duisende vroue in geduldige lyding. +'n Oomblik later vaag die nugter vraag van Generaal De Wet: "Hoe is die +posiesie?" alle droomgepeins weg. Maar as kort daarop "soos 'n magtige +gebed waar berusting in ruis" die burgers se plegtige lied tussen die +koppies weergalm en die generaal en sy staf met eerbiedig gebaar hul +hoede afhaal, dan sweef ons op die klankedeining na 'n wonderland van +heilige herinnering—dan sien ons die stoere manne "saamsing met vrou en +kind, met vrind en bloedverwant onder gewyde dak...." Hier is innigheid +van weergawe. Ons voel die diepe kneusing van sterk manneharte, wat op +die nuwe dag in stille Godsvertroue wag. 'n Skrywer, wat so mooi die +nodige sfeer met uiters gevoelige tikkies kan aandui, hoef waarlik nie +sy toevlug tot koel-verstandelike histories geredeneer te neem nie. Hy +hoef nie uit sy denkbewussyn allerlei verklarende toeligtings aan te +voer nie—die leser vang dadelik die aksent van waaragtigheid uit die +klank van sy woorde op.</p> + +<p>Maar selfs by hierdie mooi veldtablo kom die skrywer se opdringerigheid +te pas. Hy vind dit nodig om weer blyk te gee van sy historiese kennis +en vertel ons dat "die wêreld in kampe van blokhuise afgeperk is ... +waaromheen swaar kolomme opereer met 'n onuitputlike gedetermineerdheid +om die groot veggeneraal van die Boere in die reusenetwerk van bewegende +lyne toe te wikkel".<a name="FNanchor_270_270" id="FNanchor_270_270"></a><a href="#Footnote_270_270" class="fnanchor">[270]</a> Dat De Wet se gevangeneming die Boer-magte +<span class='pagenum'><a name="Page_152" id="Page_152">[Pg 152]</a></span> +sou knak is 'n feit, só vanselfsprekend, dat die meedeling daarvan +absoluut oorbodig is, vir ons <i>èn vir die nageslag</i>. Mens sou ewegoed 'n +Fransman daaraan kan herinner, dat Blücher en Wellington vir Napoleon +wou vang by Waterloo!! As die skrywer die orige informasie tog wou +meegedeel 't, dan moes hy dit so in die dialoog gevleg 't, dat ons dit +nie voel as 'n opsetlik skoolmeesteragtige opmerking nie.</p> + +<p>Gebrek aan plastiek is daar in die volgende sinnetjie: "In 'n +omsientjiestyd is die welkom bevel uitgevoer." (p. 135.) Dit is 'n blote +konstatering, wat by die leser geen impressie van die handeling wek nie. +En juis in die vorige sin slaag die skrywer daar pragtig in om deur die +herhaling van die woord <i>afsaal</i> 'n duidelike gehoorbeeld te suggereer. +"Afsaal", klink dit deur die rye, "afsaal tot ver agteruit en rondom". +Ons hoor hoe slaperige burgers met sware basstem mekaar die woorde nasê, +totdat die klankeketting dreun in die agterste gelid. Maar in plaas van +die gehoorhallusinasie te verinnig deur die geskuifel van die saals, wat +met dowwe plof en stiebeuelgerinkel op die aarde bons, kom die skrywer +met sy niksseggende verklaring: "In 'n omsientjiestyd is die welkom +bevel uitgevoer."</p> + +<p>Nog so 'n geval vind ons op pagina 13. "Dit kan stil, ontsettend stil +word op Rietfontein. In die middel van die dag kan dit gebeur dat daar +geen lewensteken te bespeur is nie." Uit so 'n beskrywing blyk duidelik, +dat die outeur nie <i>in</i> die toestand is nie, maar praatjies <i>oor</i> die +toestand maak. Hoeveel mooier is die beeld waarmee hy ons dadelik die +stilte en eensaamheid op Steenburg laat voel—die dorp, "waar alle +geluid en rumoer van menslike bedrywigheid nietig wegsterwe <i>soos die +breek van 'n dun, droë takkie in 'n ontsaglike woud</i>".</p> + +<p>Dan is daar nog iets wat hinderlik is in die kommando-toneel. Japie du +Plooy is "deur die invloed van Dr. Marais tot 'n waaghals en onvermoeide +verkenner <i>omgetower</i>." (p. 138.) Ook al "in 'n omsientjiestyd"? Vir so +'n sielkundige bolmakiesie het mens 'n ouderwetse toordokter nodig en ek +twyfel of Piet dié kuns in Duitsland geleer 't.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_153" id="Page_153">[Pg 153]</a></span> +Daar is nog meer voorbeelde van die neiging van die skrywer om hom +tussen sy verhaal en die leser te plaas. Servaas kom die dorp ingery op +die 12de Oktober 1899. Dan kry ons in enkele raakgetekende lyne 'n +pragtige ets van Steenburg en omgewing,—maar dit is nie <i>Servaas</i>, wat +die dorp so sien nie—dit is <i>Malherbe</i>. Ons loop nie saam met Servaas +onder die peperbome nie. Nee, die skrywer sit op een van die koppies en +peins oor die "sukkel-werksaamheid" van klein mensies en die +wyd-omhemelde velde, waarin die dorpie "soos 'n nouliks sigbare stippie" +wegsink. Intussen vergeet ons Servaas totaal, verdwyn alle +realiteitsgevoel. Malherbe vertolk die gedagtes van sy persone deur <i>sy</i> +lieriese parafrase in plaas van die gedagtes self, in hul eie taal te +gee.</p> + +<p>Op pagina 34 word die gang van die verhaal onderbreek deur die volgende +opmerking: "Arme Bettie en Piet, watter reggeaarde sou nie medely hê met +julle nie, ..." en op pagina 46 roep hy uit: "O, die wonderlike gawe van +heerlike ontboeseming aan die mensekinders gegee, ..."</p> + +<p>Bettie se innerlike lewe word soms op fyn-psigologiese wyse deurvoel. +Haar tobbery oor die lot van die geliefde, die nuansering van haar +gevoelens by die verskyning van Bester, die manier waarop sy wik en weeg +wat hy vir haar sou kan beteken ingeval Piet werklik dood is, dit is +treffend uitgebeeld. Maar haar karakter word onwaar, omdat ons nie kan +glo aan die egtheid van haar "offer" nie. Ook die tekening van Oom +Willem is aandoenlik in sy egte menslikheid. Maar die groot betekenis +van <i>Vergeet Nie</i> as literere kunswerk lê nie in die karakter-tekening +of komposiesie nie, maar in die styl met sy sterk persoonlike aksent.</p> + +<p>Malherbe se prosa is byna heeltemal vry van vreemde invloed. Dit is +prosa met 'n eie ritme, prosa waarop 'n fyn digterlike waas rus. Hy +beskryf nie alleen die uiterlik van wat hy sien nie, maar dring deur tot +die innerlikste wese, sodat ons die geur daarvan kry. Die skroeiende son +brand ons deur die hele boek, ons sien die stowwerige dwarrelwinde op +hul grillige togte oor die vaal Karovlaktes. Al die wisselende +natuurtonele het die skrywer diep ontroer—die skaduwees van die swart +wolke, langsaam skuiwend oor die jong skaapbossies, wat "soos dwergies +<span class='pagenum'><a name="Page_154" id="Page_154">[Pg 154]</a></span> +koes"; die plasreens, wat neerbons met woeste geswiep, die langgerekte +kettingligte wat geheimsinnige tekens aan die swart hemel skrywe. Op +Rietfontein het hy die witgeswelde arms van die vyelaning gesien, "waar +die jong vye soos klein kindervuisies aan uitloer"; Steenburg teken hy +met 'n paar uiters fyn penseelstrepies—die "rustige Karodorp, dromend +in selftevredenheid en wyd omwoon deur slapende koprande wat in +donkerbruin pantser en ylvaal groei uitgebeiteld rus teen die ewig-blou +hemel aan."<a name="FNanchor_271_271" id="FNanchor_271_271"></a><a href="#Footnote_271_271" class="fnanchor">[271]</a></p> + +<p>Sonder aarseling vertolk die digter die fantastiese skyn wat die dinge +in sy oog aanneem; sy impressionistiese beelde tril en bewe van jong +lewe. Sy metafore is nie spoggerige blinkgoed, wat as versiering van +buite opgeplak is nie, hul sit vasgegroei in sy skepping, wel spontaan +op uit sy onbewustheid. Adonis se ou baadjie is "lewensmoeg en klaar met +die wêreld", die kleurevariasie van sy gelapte ferweelbroek is "soos 'n +bont mensesee by 'n wedstryd waar die son sy ligte glans oor heenstrooi +op 'n vrolike somermiddag". So gee Malherbe ons telkens met 'n paar +raak-etsende woorde 'n verrassend-nuwe kyk, en haal hy skoonheid selfs +uit die flenter-ploiings van 'n ou Hotnot. Op die plaas het hy die +"dowwe basmusiek van die ooie, swaar van dreuning nes dié van 'n +aanstormende vloed afgewissel deur indringende skreenote van die +lammertjies" gehoor; hy het die kalwers stofdraaie sien maak as hul +onbekommerd die jong dag ingaan. Die swaar reendruppels spat teen die +vensterruite "of jy ertjies saai"; die westewind, "die hoopbederwer van +die Karoboer ... vlie tussen die wolke in en skeur hul uiteen met +dreunende en druisende gebaar. Wild klop hy hulle uiteen, die swaar +gepakte wolkemassas <i>soos 'n geoefende hanteerder van 'n sweep 'n digte +klomp vee</i>, totdat <span class='pagenum'><a name="Page_155" id="Page_155">[Pg 155]</a></span> +hul uitgedun heenseil, een-een wegsmeltend onder sy +verskroeiende asem, en die lug weer vry neerblou in die hittige +sonstrale."<a name="FNanchor_272_272" id="FNanchor_272_272"></a><a href="#Footnote_272_272" class="fnanchor">[272]</a></p> + +<p>So magtig is die indruk van die natuur op die skrywer, dat hy al die +wisselende stemminge van sy persone met 'n stukkie natuurviesie +deurwewe. As Servaas "vol van vrees vir die toekoms" teen "die vaal +hange uitslinger met sy kar", dan lyk "die swygende rande so naar, so +onvriendelik nes dreigende ongediertes", dan ry hy op 'n pad, wat +"spookagtig wegslinger tussen die donker swartkoppe in." Wanneer Piet +Marais wegry van Bettie oorlog toe, dan is dit donkermaan, dan sing "'n +byterige Oktoberluggie 'n klaende sangetjie" in sy ore. En as Bettie hom +agterna kyk dan straal "die blinkende sterre met oë van genade op 'n +verbroke vrouehart" neer. By haar ontwaking die volgende oggend "lê die +sonnegoud heilig en skoon soos 'n glimlag van Gods genade" op tafelrande +en koppies. Vir Japie du Plooy en sy maats is die rooi lug 'n +onheilspellende teken. Die westewind laat Bettie huiwer; "net so wreed +en meedogenloos soos die stofstorm daar buite heenbruis, so het die +omstandighede ook met haar lewe gespeel!" Wanneer Oom Willem weggevoer +word van Rietfontein hang "'n afgryslike weer in die lug" en na die +storm ruis die sagte buitjies "soos 'n vreedsame verontskuldiging vir +verbygegane wreedheid" neer oor die onskuldige grysaard. En die vroue op +die plaas voel "of die natuur selfs geen simpatie en gevoel vir hul leed +had nie." Oor die kindertjies van Servaas "gly die sonstrale van 'n +koninklike somermiddag beskermend en seënend." Oom Willem sterf saam met +die ondergaande son en die geruis van die see is 'n plegtige dodeklag". +Wanneer Bester sy doodvonnis hoor, sien die son "soos 'n rustige god in +spraaklose medely op 'n toneel van menslike leed" neer. By die +uitvoering van die vonnis kom die son weer "net agter verre rande uit +... terwyl rondom die <i>ligfontein</i> 'n bloedrooi halwe maan ver in die +blou uitsirkel. <i>Betyds gekom om bloedvermaak te aanskou</i>". Hier egter +kry ons die indruk, dat die son en die bloedrooi <span class='pagenum'><a name="Page_156" id="Page_156">[Pg 156]</a></span> +maan daar <span class='g'>met +geweld</span> bygesleep is. Veral die gekursiveerde sinnetjie bederf die +stemming, terwyl die omskrywing "ligfontein" banaal is.</p> + +<p>Wanneer Piet en Bettie na die oorlog op die klipheuwel by Rietfontein +sit, dan "<i>treur</i> ook die son in sy bloedrooi vlieserige omhulsel, 'n +weerglans van die bloed wat vergiet is op die Afrikaanse velde", maar +enige oomblikke later as hul twee siele "saam(vloei) in 'n heilige +vervoering van onvermengde geluk, van toekomsdrome en toekomsweelde" dan +"skemer die laaste <i>glimlag</i> van die ondergegane son in roerlose stilte +uit...."</p> + +<p><i>Vergeet Nie</i> begint met die son en eindig met die son. Meestal slaag +die skrywer daarin om met sy digterlike viesie op die natuur sy +stemmingsbeelde te verinnerlik, maar dit word ook soms bloot <i>manier</i>.</p> + +<p>Naas eg-Afrikaanse beelde, wat getuig van fyn waarnemingsgawe kry ons +egter ook flou-geryde uitdrukkings soos: "Verder het hy die sleutel +waarmee hy onmiddellike toegang tot Bettie sou verkry", (p. 69); Bester +is oortuig van sy "onblusbare liefdegloed" vir Bettie (p. 96); Aan Oom +Willem het die willekeur sy skaamtelose hand geslaan (p. 149); Bester +het sy vonnis in die gesig gekyk soos 'n marmerbeeld (p. 186); die +maatskappy, waarvan hy 'n bruikbaar lid geword het (p. 17); vanaand sal +'n nog bitterder leed haar siel deurboor (p. 19); Daar brand 'n vuur, +daar gloei 'n drif, 'n hartstog wat geen stormvloed sal uitdoof nie, +daar setel 'n beslistheid wat die teerste bande nie sal verander nie. +(p. 22). En so staan hy daar voor Servaas as 'n toonbeeld van goeie +voornemens.... (p. 7); ens.</p> + +<p>Ook onvervalste retoriek: Die suiwer suiderhemel met sy ontelbare +<i>flikkerbronne</i> ... 'n <i>klanklose(?) prag van lewende juwele</i> gesaai oor +die grondelose <i>boesem</i> van die lug, ... (p. 44); 'n gloeiende naald +boor langsaam deur sy siel, agterlatend 'n smal baan van verskroeide +lewensvreugde (p. 44)—'n beeld wat positief walglik is.</p> + +<p>Dan vind ons ook nog uitdrukkings, wat onduidelik en onbeholpe of +minstens vreemd is: Bettie is besig om met haar eenvoudige musiek "die +grond<i>toon</i> van haar lewensgeskiedenis te <i>vertel</i> (p. 73); die <i>trek</i> +van verwyt in haar vader se woorde (p. 105); 'n woord wat wreed <span class='pagenum'><a name="Page_157" id="Page_157">[Pg 157]</a></span> +sou val +op die tere <i>bodem</i> van plegtige liefde ... (p. 38); Bettie is die +<i>voorwerp</i> van die liefde (p. 18); Dit is of sy beperktheid oor homself +weggegroei ... het (p. 195); Bester met sy listige planne en +parmantigheid moes in die <i>hand</i> kom, ja selfs op sy <i>lewe</i> was dit +gemunt, waar kleurlinge in diens van Sy Majesteit hul <i>lewe</i> moes +<i>prysgee</i> onder sy <i>hande</i>! (p. 161); Bester "met sy onverskrokke +<i>bende</i> (p. 161);<a name="FNanchor_273_273" id="FNanchor_273_273"></a><a href="#Footnote_273_273" class="fnanchor">[273]</a> program (p. 31); <i>aan</i>speling i.p.v. +toespeling<a name="FNanchor_274_274" id="FNanchor_274_274"></a><a href="#Footnote_274_274" class="fnanchor">[274]</a> (p. 77 en 90); vuurgeveg (p. 140); Daarheen word gestuur +wat in die oë van die Engelse outoriteite as lastige pro-Boer-mense +<i>verskyn</i> het ... (p. 151). Alle kommunikasie met die distrik (is) +afgesny en handel <i>tot 'n nietigheid afgedruk</i> (p. 82); sommige +oomblikke voel dit hom of sy verstand hom begewe onder die invloed van +gedagte (p. 150).</p> + +<p><i>Waagmoed</i> is 'n ongelukkige neologisme; <i>wikkelwakkel</i> is ontleen aan +Guido Gezelle se gedig: "<i>Bonte Abeelen</i>" "Die Dood se grillige +<i>ont</i>klemming" is geen Afrikaans nie. (p. 154). 'n Voorbeeld van lelike +klink-klank staan op p. 175: Dit was 'n beleefde voor<i>spel</i> van die +treur<i>spel</i>." Malherbe is trouens nogal lief om kort op mekaar, soms in +een sin dieselfde woorde te gebruik. So kry ons tweemaal <i>toevallig</i> op +p. 99; warrel op p. 65; huis op p. 17, skynbaar op p. 18, nou op p. 14.</p> + +<p>Gevoel is maar al te dikwels <i>gemengd</i>—'n stereotiepe niksseggende +uitdrukking: (p. 24) daar woel 'n mengeling van gevoele in haar siel; +(p. 66) 'n warreling van gemengde gevoel.</p> + +<p>As 'n kunstenaar ons vertel dat iets <i>onbeskryflik</i> is, dan is dit 'n +belydenis van onmag of 'n retoriese reminisensie. Enige voorbeelde: (p. +65) Wie beskryf haar sielelyding ...; (p. 44) met 'n onbeskryflike krag; +(p. 46) die onbeskryflike weelde van onbeheerste gevoel.<a name="FNanchor_275_275" id="FNanchor_275_275"></a><a href="#Footnote_275_275" class="fnanchor">[275]</a> Op <span class='pagenum'><a name="Page_158" id="Page_158">[Pg 158]</a></span> +p. 34 +kom nog 'n ouderwetse slim draaitjie voor: "Bettie is toe na haar kamer +gegaan en ... wat sy daar gemaak het, sal iedereen wel weet wat van +meisies kennis het"! En wat moet ons dink van die "arme student wat met +'n <i>verskeurde</i> hart en <i>verslae</i> gees moet afskeid neem van sy +<i>dierbaarste op aarde</i> en dit vir baie lang tyd"! (p. 34).</p> + +<p>Afgeslyte uitdrukkings ontstel ons in dubbele mate by Malherbe omdat sy +stylkuns oor die algemeen deur so 'n innige, suiwer-eenvoudige woordkeus +beheers is. Ons voel dat hy gesoek het na die alleen-juiste woord en +dikwels klink daar 'n harmoniese toon in sy geïndiwidualiseerde sinsbou. +Hy wou méér gee, dan 'n gewone amusementsroman en as een van die eerste +<i>kuns</i>-uitings in prosa sal sy werk steeds van belang bly. Hy het die +joernalistieke vaalheid uit ons taal weggevaag deur sy fleurige beelde, +ontleen aan Afrikaanse veld en lug, en daarby besit hy as digter 'n fyn +gevoel vir woord- en klankwaarde.</p> + +<p>Ten spyte van die foute in sy styl en komposiesie hang <i>Vergeet Nie</i> +soos 'n klein druiwetrossie in die groen wingerd van ons letterkunde. +Die beelde met hul Karo-omwaasde ongereptheid is die wynkleurige +korrels, mekaar verdeukend in die transparante ronding van sappige +swelling, wat die tingerige steeltjies in hul liefdegroei bedek. En wie, +stil-gelukkig, die korrels een vir een in al hul sonnegeurende +sappigheid geproef het, sal ook die tere stingeltjie nie àl te wreed +vergooi nie.</p> + + +<h3>§ 7. Mej. Chris. C. Euvrard.</h3> + +<p>Van Chris. C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië het drie novelles +verskyn: <i>Twee Susters, Lena</i> en <i>Twee Broers</i>. Haar werk word hier +alleen vermeld, omdat aan <i>Twee Susters</i> in 1914 die eerste prys +toegeken is in die jaarlikse wedstryd van die Akademie. Dit is van geen +letterkundige belang nie, en bevat oorlogsondervindings in onbeholpe +skoolmeisies-styl. Ter tiepering 'n enkel staaltjie: "Lena was skaars +onder die <i>seil</i> uit, toe een van die wagte wat by die wa was, vir haar +vra of hy die <i>seil</i> sal aftrek. Lena sê ja en in 'n paar oomblikke <span class='pagenum'><a name="Page_159" id="Page_159">[Pg 159]</a></span> +was +die <i>seil</i> af en kon almal weer lug kry. Die <i>seil</i> was maar net af van +die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en tant +Sannie te <i>praat</i>, en terwyl hulle nog <i>praat</i>, kom 'n paar soldate ook +by die wa en begin ook met die meisies te <i>praat</i>." (<i>Twee Susters</i><sup>2</sup>, +p. 45.) Die redakteur van <i>Die Brandwag</i> het in Des. 1918 nog verklaar, +dat ofskoon haar werk oppervlakkig is dit "veel daartoe by(dra) om +leeslus op te wek by die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie" (p. +214). Vir die taalstryd mag dit dus miskien wel van enige betekenis +gewees het.<a name="FNanchor_276_276" id="FNanchor_276_276"></a><a href="#Footnote_276_276" class="fnanchor">[276]</a></p> + + +<h3>§ 8. Joubert Reitz (1880-1919).</h3> + +<p>Joubert, 'n seun van President F.W. Reitz is gebore op Bloemfontein in +1880, kort na die slag van Majoeba. Daarom het sy vader Generaal Piet +Joubert gevra om sy peetoom te wees. Met die oorlog van 1899-1901 het hy +dadelik aangesluit by die Pretoria-kommando. In 1900 het hy gedien onder +Kaptein Heinrich du Toit en terwyl hy in die Soutpansbergse distrik siek +lê aan die koors, het die Engelse hom gevang en na Bermuda gestuur.</p> + +<p>Na die vrede is hy met twee broers Madagascar toe, maar omdat dit daar +nie na hulle sin was nie, het hulle teruggekom na die Transvaal. Joubert +het hom toe as prokureur op Potchefstroom gevestig, waar hy in 1919 +oorlede is.</p> + +<p>Van hom het verskyn twee romans: <i>Die Dolosgooier</i> (1916) en +<i>Beproewing</i> (1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels +gedigte en prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee +is 'n reeks artiekels oor "<i>Oom Fanie</i> en sy ervarings met 'n maai- en +vliegmasjien."<a name="FNanchor_277_277" id="FNanchor_277_277"></a><a href="#Footnote_277_277" class="fnanchor">[277]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_160" id="Page_160">[Pg 160]</a></span> +Die Dolosgooier.</p> + +<p>Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk gaan na die diamantvelde by Bloemhof, +maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil +hy vertrek, nadat hy op die stasie "'n sterretjie" gesien het, maar sy +kaffer gooi die dolosse en die se voorspelling blyk juis, want Frits kry +'n paar mooi diamante. Nou trek hy weg om sy "sterretjie" te gaan soek +en al gou blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met wie hy 'n +vennootskap gesluit het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid +gehad en dié strooi nou skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op +die "sterretjie". Collins slaag daarin om 'n fabelagtige skat uit +Sekekoen se kafferstad te roof, maar hy beswyk aan 'n wond op die +hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits laat die kaffers £5000 +betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se twede voorspelling +kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms.</p> + +<h4>Beproewing.</h4> + +<p>Hierdie roman is meer of min op dieselfde plan gebou as <i>Die +Dolosgooier</i>. 'n Doodgoeie jonge man word vervolg deur 'n gewetelose +skurk, maar na baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word +plotseling skatryk en trou met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n +koeël uit die weg geruim word. Die ekspediesie na Duits-Suid-Wes en die +opstand vorm die agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee +aanleiding tot verwikkeling en die spanning oor die erfenis word deur +middel van 'n naamsverandering tot die ontknoping bewaar.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die +Duits-Wes-veldtog. Die raamwerk van <i>Die Dolosgooier</i> het hy in 'n +militêre gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers +geraak. Later het J.H. Malan, die "Oom Fanie" van die voorwoord dit +persklaar gemaak, onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl +verbeter, kortom die hele boek oorgeskryf met behoud van die +oorspronklike <span class='pagenum'><a name="Page_161" id="Page_161">[Pg 161]</a></span> +intriege.<a name="FNanchor_278_278" id="FNanchor_278_278"></a><a href="#Footnote_278_278" class="fnanchor">[278]</a> Dat die aandeel van die bewerker taamlik +groot was, blyk uit 'n vergelyking met <i>Beproewing</i>, waarin taal en styl +so sleg versorg is, dat die verhaal feitjik onleesbaar is. Dit krioel +van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz had aanleg om 'n +spannende intriege inmekaar te sit, maar sy uitdrukkingsvermoë was +hopeloos swak. Selfs na die skawery van die bewerker het daar in <i>Die +Dolosgooier</i> soveel oorgebly, wat onbeholpe is, dat van letterkundige +verdienste weinig sprake is, ofskoon dit deur die handige toepassing van +Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons awontuur-romans behoort.</p> + +<p>As voorbeeld van die kreupel styl en taal kan die volgende dien: "Frits, +hoewel 'n jonge, onervare man, terwyl hy nog onder sy komberse half-sit, +half-lê, naar die pragtige natuurprent kyk, gedronge om die natuurskoon +in oëskou te neem en, daar hy 'n dorpenaar was, moes tot die konklusie +kom ... ens. (p. 17); Harvey ... had die saak van die likwidasie moet +laat vaar.... Harvey het dit so haastig aangeneem, dat die kêrel had +begin te dink...." (p. 105). Anglisismes groei ook nog geil: (Hy) moes +van skool om sy eie lewe te verdien (p. 4); ons geluk is uit (p. 26); hy +begin te voel dat die grappie nie die kers wêrd was nie (p. 146), ens.</p> + +<p>Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die "troue geagte leser" en +dwarsdeur die verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en +Petrus is tiepes van die bekende volbloed skurke. In <i>Beproewing</i> neem +die politiek 'n groot plaas in. Die skrywer sê self: "Maar laat ons +liewer nie van die dinge praat nie, anders word die verhaal 'n politieke +vlugskrif...." (p. 97), wat dit dan ook teen die end werklik word.</p> + + +<h3>§ 9. Jochem van Bruggen.<a name="FNanchor_279_279" id="FNanchor_279_279"></a><a href="#Footnote_279_279" class="fnanchor">[279]</a></h3> + +<p>J. van Bruggen is gebore te Groede in die provinsie Zeeland, Nederland, +op 29 September 1881. In 1892 het sy vader hom in Johannesburg gevestig. +Aan die <span class='pagenum'><a name="Page_162" id="Page_162">[Pg 162]</a></span> +Pretoriaanse gimnasium het Jochem begint verse maak oor die +Voortrek. Die Anglo-Boere-oorlog het 'n end gemaak aan sy studie en vir +sewe maande was hy op kommando, totdat hy, by die oorgawe van +Johannesburg vasgekeer is. Van toe af moes hy vir homself sorg en in +plaas van ingenieur te word moes hy lewe van die geringe verdienste, wat +'n agentskantoortjie aan 'n onervare jong man in daardie tyd kon gee. Na +die vrede het hy in 'n wassery die gestrykte wasgoed in pakkies +opgemaak, boordjies getel, ens. Maar dit kon hy nie uithou nie. Hy het +uitgebars die veld in, ruimte toe en by sy boesemvrind G.J. Oosthuizen +op Steenkoppies gaan woon. 'n Tydlank was hy daar onderwyser aan die +C.N.O. skool. 'n Debatsvereniging en koor het onder sy leiding gebloei, +terwyl daar ook van hom toneelstukke opgevoer is. Sy volgende +onderneming was 'n tabaksbesigheid, wat hy met sy vrind Oosthuizen +opgerig het. Aanvanklik het alles goed gegaan, maar later, veral deur 'n +konneksie met 'n uitgeslape seun van Israel het die besigheid 'n totale +mislukking geword, met die gevolg dat albei in 1909 diep in die skuld +was. In <i>Ouboet</i> is o.a. 'n sydelingse herinnering aan hierdie episode, +wat vir 'n tydlank sy letterkundige aspirasies heeltemal gesmoor het. In +1912 het hy sy Voortrekkerverse weer verwerk, maar kon geen uitgewer +daarvoor kry nie. In 'n wedstryd van <i>Die Brandwag</i> het <i>Die +Praatmasjien</i> in 1914 'n prys gehaal en van toe af het Van Bruggen sy +koers gekry.</p> + +<p>In 1917 het sy roman <i>Teleurgestel</i> die Hertzogprys van die Akademie +behaal en in 1920 is sy kort verhale onder die tietel <i>Op Veld en Rande</i> +gebundel. Van 'n nuwe roman, <i>Ampie</i> het twee hoofstukke in tydskrifte +verskyn. "As boer moet ek in hierdie swaar tye net my kop gebruik om die +boerdery agtermekaar te hou, wat my werk as skrywer uitermate belemmer", +skryf Van Bruggen na aanleiding van <i>Die Burger</i> se enquête. <i>Die +Burgemeester van Slaplaagte</i> het in die serie <i>Almal se Boeke</i> in 1922 +verskyn.</p> + +<h4>Teleurgestel,</h4> + +<p>is 'n roman uit die Anglo-Boere-oorlog. Die Boere van Waterval en +omstreke is besig met skyfskiet as die <span class='pagenum'><a name="Page_163" id="Page_163">[Pg 163]</a></span> +veldkornet hulle kom +opkommandeer. Dirk Liebenberg het sy afgeleefde ouers na die kruitbadjie +by Waterval gebring en op 'n wandeling deur die kloof probeer hy om +Maria Brinkman oor te haal om sy vrou te word. Sy gee egter die voorkeur +aan haar ou speelmaat, Gys, wat as gevolg van 'n speelse opmerking van +haar die kordaatstuk uitvoer om 'n blom op 'n gevaarlike krans by die +waterval te pluk. By dié geleentheid word Gys en Dawid, Maria se broer, +deur Swartbooi, 'n geheimsinnige potteskuurder in 'n spelonk gelei, waar +hy vir hulle dolosse gooi en somber voorspellings oor die naderende +oorlog maak.</p> + +<p>Na vyftien maande kom 'n kommando nuwejaar vier op Waterval. Dirk +koester hands-op-planne, wat afstuit op die idealisme van die vrouens. +Later vind hy geleentheid om met Stols en Greef, wat graag hul famielies +wil besoek stilletjies af te swenk van die kommando. Hy trakteer hulle +op 'n paar goeie doppe "perskesop". Stols is 'n swak jabroer en laat hom +maklik oorhaal, maar Greef ry met sy maats se perde terug kommando toe. +Dirk vind Maria nog onhandelbaar en sluit in groot verbittering by die +Engelse aan, waardeur hy sy pa se dood veroorsaak, Stols sukkel terug +Boere toe, maar laat in sy verbouereerdheid sy geweer agter, wat die +vyand aanleiding gee om die woonhuis op Waterval af te brand. Deur Dirk +se verraad word Gys en Dawid vasgekeer in Swartbooi se grot, waaruit +hulle met moeite ontsnap. Gys word later gewond, die vrouens raak in die +kampe, maar na die vrede trou Gys met Maria, en Dawid met Elsie Greef, +terwyl Dirk 'n suiplap word.</p> + +<p>In <i>Teleurgestel</i> het Van Bruggen sy oorlogservarings verwerk. "Hy het +die verwoeste plase gesien na die oorlog, en hy het geluister na die +ondervinding van die <i>Bittereinders</i>, na die verhale uit die tyd toe die +Engelse oor Steenkoppies en omgewing hot en haar getrek het en uit die +droewe tyd van Johannesburg se renbaan."<a name="FNanchor_280_280" id="FNanchor_280_280"></a><a href="#Footnote_280_280" class="fnanchor">[280]</a> Swartbooi se prototiep was +"'n verdwaasde ou kaffer, wat die Hartleys—daardie tabakmagnate—se +<span class='pagenum'><a name="Page_164" id="Page_164">[Pg 164]</a></span> +kombuisgereedskap geskuur het, dag vir dag in 'n driffie en as 'n +malmens geskreeu het party nagte as hy rondloop."<a name="FNanchor_281_281" id="FNanchor_281_281"></a><a href="#Footnote_281_281" class="fnanchor">[281]</a></p> + +<p>In <i>Die Burger</i> het Van Bruggen verklaar: "In ooreenstemming met my +vorige werk, sal my strewe bly: 'n afbeeldsel van die lewe soos ek dit +gewaar, wat duidelik sal staan in die skynsel van romantiek."<a name="FNanchor_282_282" id="FNanchor_282_282"></a><a href="#Footnote_282_282" class="fnanchor">[282]</a> Nou +is "romantiek" juis een van die terme wat moeilik definieerbaar is, maar +Van Bruggen wil blykbaar te kenne gee, dat hy geen realis in die enge +betekenis van die woord is nie. Is die opvatting juis, dan gaan hy van +dieselfde beginsel uit as meer dan een kunstenaar van betekenis. Johan +de Meester sê b.v. "En als ik iets als onbelangrijk voel—als een ding +dat me niet interesseert—dan is 't het realisme, dat aan de loutere +beschrijving zonder meer van een brok werkelijkheid z'n volle kracht +geeft. Dat zou ik nooit kunnen doen."<a name="FNanchor_283_283" id="FNanchor_283_283"></a><a href="#Footnote_283_283" class="fnanchor">[283]</a> Cyriel Buysse verklaar: "De +beschrijving van een realiteit is toch heel iets anders dan die +realiteit.... Als de artiest niets aan de werkelijkheid toevoegde, zou +hij geen artiest zijn. Het beschrijven van détails zonder meer, zooals +Van Deyssel wel eens heeft gedaan, daar voel ik niets voor. Dat kan ik +niet mooi vinden. "L'âme des choses", zooals de kunstenaar die voelt, +moet uit zijn werken spreken."<a name="FNanchor_284_284" id="FNanchor_284_284"></a><a href="#Footnote_284_284" class="fnanchor">[284]</a> En Is. Querido verklaar met die +grootste stelligheid: "Ik moet met mijn innerlijk leven ingaan op de +dingen ... ik kan de dingen niet klein zien: ik moet ze vergrooten, +doorlichten ... ik moet er heelemaal door vervoerd worden ... <span class='g'>Ik heb +niets aan de realiteit</span>!"<a name="FNanchor_285_285" id="FNanchor_285_285"></a><a href="#Footnote_285_285" class="fnanchor">[285]</a></p> + +<p>Ofskoon ons Van Bruggen se beginsel dus kan aanvaar, lei sy +ver-romantisering dikwels tot 'n sodanige vermooiing en opsiering van +die werklikheid, dat die egtheid van sy figure in die gedrang kom. En +daarvan sê Querido: "Elke willekeurige fantastische belichting van 'n +werkelijkheidstafereel ... wordt valsch maakwerk, onechte, +gedrochtelijke romantiekerij."<a name="FNanchor_286_286" id="FNanchor_286_286"></a><a href="#Footnote_286_286" class="fnanchor">[286]</a> Swartbooi met "sy dwalende <span class='pagenum'><a name="Page_165" id="Page_165">[Pg 165]</a></span> +brein, +wat sy lewe so vol misterie maak" (p. 195), sy geheimsinnige grot en +orakeltaal is seker romanties geteken, maar wek skeptiese bedenkings van +ernstige aard. Gys en Maria op wie ook 'n sterk romantiese skynsel val, +bly vir ons vae figure. Stols daarenteë, wat deur sy jabroer-geaardheid +geen aanleiding tot romantiekerige vermooiing gegee het nie, is deur 'n +raak-realistiese uitbeelding tot 'n lewende mens geword, wat ons nie +maklik vergeet nie. Arme Liepie met sy "bang-oormekaar-kyk oë", seer rug +en orige knipmes ken ons deur en deur. Nog 'n ander byfiguur, Moeder +Greef met haar laslappies en ou-mens gemaal is met trekkies van +boetserende fynheid geteken, terwyl Luikes Greef met sy droë humor ook +goed geslaag is.</p> + +<p>By die uitbeelding van Dirk Liebenberg gee Van Bruggen 'n psigologiese +uiteenrafeling, maar sy afkeer van die skepsel van sy eie verbeelding is +só groot, dat dit hom nie geluk om onpartydig teenoor die figuur te +staan nie. Sy haat vir die walglike kreatuur het hom verhinder om +heeltemal op te gaan in Dirk se psiege. Reeds in die eerste hoofstuk +verraai hy deur 'n kwasi-twyfel sy vooroordeel. "Ons huiwer om hom so +wreed te beskuldig, <i>want ons ken sy verlede nie in besonderhede nie</i>. +Miskien sal die toekoms 'n gedagte aan die moontlikheid daarvan +regvaardig."<a name="FNanchor_287_287" id="FNanchor_287_287"></a><a href="#Footnote_287_287" class="fnanchor">[287]</a> Nou weet ons al: Dirk gaan die sondebok word, en die +ongeregtigheid word dan ook by wavragte op hom gelaai! Maar let wel, Van +Bruggen sèlf <i>ken sy verlede nie in besonderhede nie</i>. Hoe kan so 'n +persoon nou ooit fel-lewend vir ons word? Met 'n sug van verligting neem +die outeur afskeid van hom: "En so het ons klaar met Dirk" (p. 219). Hy +het só boos geword, dat hy hom, na 'n paar kwaai trappe vir ou-laas, uit +sy verhaal bons! Dit word mos bruilofstyd en daarby pas Dirk, die +suiplap met sy "valse gryns" nie. Maar dis 'n oplossing, wat ons nie +bevredig nie. Geslaag is die figuur nie, ofskoon daar telkens brokke +treffende analiese is. Maar meestal neem Van Bruggen teenoor Dirk die +houding van 'n bestraffende regter aan. "Kan 'n wolwe-aard so gou +verander <span class='pagenum'><a name="Page_166" id="Page_166">[Pg 166]</a></span> +in skape-gedweeheid; 'n dwingeland in 'n oë-dienaar ...?" (p. +12). 'n Oomblikkie tevore het hy nog gehuiwer "om hom so wreed te +beskuldig", maar nou is sy vonnis al gevel. Juis die bo sy onderwerp +staande gevoelloosheid verhinder hom om 'n warm-menslike omtrek aan die +verraaiersfiguur te gee. Later word Dirk dan ook eenvoudig as 'n +<i>besetene</i> uitgebeeld. "Die fluisterstem van sy gewete sterf in die +diepte weg, wat Satan bliksemsnel met misdaadplanne vul" (p. 145). By +die dood van sy moeder kry hy 'n "laaste kans" (p. 191). "Dis een van +die momente, waarin 'n goeie gees, so hom die tyd gegun werd om tot die +harde hart van Dirk deur te dring, 'n ander mens (van hom) sou kon +maak". Gelukkig bly ons die koddige psigologiese gedaanteverwisseling +bespaar!</p> + +<p>Soms gaat Van Bruggen so op 'n paar tree van sy persone af staan en +bepeins dan hulle toestand. Gys is "in strak starend gepeins" (p. 216). +En dan roep die outeur uit: "O watter gedagtes! So sterk nog as in sy +volle kragtyd ...." ens. Daar is nog meer sulke hinderlike ingrypsels +van die outeur. "Die leser wat onsigbaar agter Dirk aangestap en oor sy +skouer geloer het ... Dirk is te ongeduldig om die kamer rond te kyk, +maar ons kan dit nog net doen, vóór die aandskemering ons dit belet" (p. +23).<a name="FNanchor_288_288" id="FNanchor_288_288"></a><a href="#Footnote_288_288" class="fnanchor">[288]</a> Dit is verroeste romantegniek van die jaar nul! Dat Van +Bruggen egter 'n plastiese gawe van geen geringe betekenis het nie, +bewys die welgeslaagde toneel, waar Liebenberg vir Greef en Stols wil +oorhaal om die wapens neer te lê.</p> + +<p>'n Weemoedige klaagtoon van verdrietige berusting deurhuiwer die ritme +van Van Bruggen se styl in <i>Teleurgestel</i>. Die smart oor verlore +onafhanklikheid en die droewige herinnering aan oorlogsleed tril na in +somber klanke. En teen die end word Van Bruggen moeg vir die trommelslae +wat "die doodmars deurdof". "'n Lange sombere storie ... ons wil hom +deurhardloop" (p. 222). Tog klink daar soms 'n skaterlag; as die kakies +retireer vir 'n rollende pampoen (p. 173) en Greef vir Stols laat +"handsop" (p. 156). 'n Paar mooi kindertoneeltjies beloof iets vir die +toekoms.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_167" id="Page_167">[Pg 167]</a></span> +Opvallend is die gebruik van koppelwoorde soos: +knutselwerk-uitdenk-vermoë (p. 230), swaai-arm-beduie (p. 9), +goudblom-oorlaai (p. 20), droomglans-dowwe oë (p. 195). 'n Enkele maal +word daarmee 'n mooi effek bereik, maar meestal gee die oorvloedige +aanwending 'n indruk van gesogtheid, terwyl baie saamkoppelings in stryd +met die taaleie is. Die voorliefde vir lang-asem sinswendings versterk +die sware klank van sy prosa, wat met afgemete pas moeisaam voortbeweeg. +En daardeur ook hoor ons telkens dissonante b.v.: "Van onder oop, het +hoëveld se voor- en najaarsstorme daardeur gestroom en binne die lang +huise opgestuiwe in die smal-langwerpig drukke reghoek-ruimte, waar die +lewe in en uit rumoer na sy hokkies, en kinders spelend raas, +natbesweet" (p. 221). Tog het Van Bruggen deurgaans 'n fyn gevoel vir +woordklank. Telkens kry ons brokkies van sinne, wat in gereëlde +versritme vorentoe gly; "en vínnig word haar stáp, ofskóon sy dralend +peíns oor wóndervraág...." (p. 77). Maar ons stuit ook op klinkklank: +"terwyl sy <i>rol</i>-oë die kamer vergenoeg deur<i>rol</i>" (p. 114); <i>Al kante +uit</i> wil hy koers vat, so rol sy uitpuil oë <i>al kante uit</i> (p. 149); dat +drie ... by die <i>val</i> hulle eie <i>val</i> sal vind (p. 194); dit <i>beslis</i> +die twyfel van die <i>onbesliste</i> goeie man (p, 150).</p> + +<p>Koppelwoorde en sinsbou gee aan Van Bruggen se styl 'n moderne cachet. +'n Allersnaakste indruk maak daarnaas, die ouderwets-retoriese taal, +soos ons die ken uit die Hollandse predikante-literatuur van vóór 1880, +wat ook nog dikwels van Suid-Afrikaanse kansels gehoor word. 'n Knagende +wee, wat die hart verteer (p. 86); Daar drup dit in sy hongerige siel +heilsame lafenisdruppe en sy gedagte sien, as deur hemelse ingewing ... +(p. 83); wat alles die plegtige oomblik verhewe maak (p. 67); 'n Sug ... +tower 'n nuwe gevoel in sy boesem (p. 51); 'n swarte afgrond ... gaap +(p. 76), ens. Dit krioel ook van sulke domineesterme soos: hartsvriend +(p. 202), hartebodem (p 76), brandende gemoed (p. 50), tomelose hartstog +(p. 126), geestesoog (p. 57), skoonste hemeldeug (p. 80), ens.</p> + +<p>En hoe deftig paradeer Van Bruggen met 'n hele kommando holrug perde! +Dit is perde wat al meer as 'n halwe <span class='pagenum'><a name="Page_168" id="Page_168">[Pg 168]</a></span> +eeu nie meer "pylsnel oor die pad +sweef" nie (p. 70), dis ou doodgemoorde knolle, wat skaars nog 'n +vuiliskar kan trek. Gys is die "eweknie van Dawid in geesdriftige +opwerping van oorloglugkastele"; daar is in die kloof "'n reusemagneet" +wat hom trek (p. 56); "Die ontboeseming was as 'n warme son, wat die +yskors ontdooi" (p. 82); "toegedekte liefde (het) haar windsels +afgegooi" (p. 99); Die liggie lei hom soos 'n vuurtoring die ... skip +(p. 167); aan bande gelê (p. 169); ens. Gelukkig kry ons tussen die +muwwe, onpersoonlike beeldspraak so 'n enkele keer 'n fris veldwindjie: +As Swartbooi die plaasmense sien wegvoer deur die kakies dan is "die +lewe wat in sy oë kom blink, ... soos die ... in 'n koei se oë, wat wild +oor die kraalmuur kyk, wanneer haar pasgebore kalfie hok-toe weggedra +word", (p. 196); "die stryd teen onsigbare wapens ... soos mambas in die +ruigte" (p. 192); "Af drif toe ... kom 'n groot tentwa aangeklop" (p. +7). Daarnaas kry ons egter weer sulke badkamer-beeldspraak soos: Maria +"aarsel niks om 'n doeltreffende bekoeling uit te giet nie oor sy +brandende gemoed"! (p. 50); "Of 'n vloed yskoue water oor hulle rugge +uitgegiet word, so laat, wat agter is hulle ril" (p. 65). Ook +onsmaaklike triwialiteite soos: "Daar is geen druppel bloed meer in +Stols se neuspunt nie; dis alles weggestroom na die midde van sy romp +..." (p. 157).</p> + +<p>In sy natuurbeskrywing is Van Bruggen onbeholpe en soms banaal. Hy skerm +met groot woorde wat volkome retories en aandoeningloos van algemeenheid +is. "Die <i>skone dal</i> lê voor die perdelose ruiters in <i>volle +somerweelde</i>. Die ou opstal lyk so <i>skilderagtig</i>.... Ook is dit of die +<i>skouspel</i> hom <i>hipnotiseer</i>.... Die ganse moot brei uit <i>in sombere +somerweelde</i>" (p. 126-7). Sulke niksseggende frases laat ons heeltemal +koud. Nie deur die woord <i>somber</i> ontstaan die indruk van somberte nie. +Die somberte-emosie moet hy in beeld bring, moet hy ons laat aanvoel +deur plastiese trekke. Maar hy verswak nog meer die indruk van sy frases +deur te praat van "die lentegroen, (wat) in jeugdige ydelheid wou spog +..." En dan vervolg hy met valse, ondeurvoelde beeldspraak: "Uit egaal +donkergroen <i>spreek</i> nou éénselfde stemmige gedagte, waar uitgeswelde +rypheid elke deeltjie van die <i>ernstige</i> boskasie <span class='pagenum'><a name="Page_169" id="Page_169">[Pg 169]</a></span> +herinner aan +verwelking." Dit is viesie-verknoeiing. "Die stemming deel sig onbewus +mee aan die twee ..." Juis, <i>onbewus</i>, want hoe dit gebeur bly vir ons +'n raaisel. En dat Stols en Dirk albei in presies dieselfde stemming +geraak, is papier-psigologie! Daar is nog meer holle frases: "Dieselfde +voorjaarsagtermiddag het ook sy toweraandeel volbreng in die +natuurherlewing" (p. 20). Dirk kry "lewens-lente-visioene"! Die +voëltjies sing mooi "en dis of die ganse omgewing wil meedoen aan 'n +<i>gemoedsontboeseming</i>"! (p. 31) "Grootse natuurskoon" (p. 47), "roerlose +aandskoonheid" (p. 90); "dis van die aande, waarin natuur sy +<i>wonderskoonheid</i> wys met <i>stille majesteit</i>" (p. 166), "ruwe +natuurprag" (p. 52); "Die lente het weer 'n jong gewaad oor die velde +gesprei" (p. 202). En op p. 52 is daar weer "'n grootse gedagte, wat +<i>setel</i> in die lower-woestheid". Die gedagte spring van sy "setel" af en +hou 'n netjiese prekie in die tale Kanaäns. "Dis 'n plekkie, wat +mensekindere wil goedmaak en verhef bo wêreldse nietighede," ens.</p> + +<p>Duisterheid is dikwels die gevolg van die retoriese opblasery. "Die +kranse voor en weerskante is hoog en amper loodreg, bedek met ruwe +natuurprag, wat gestapel op kwynend-skemerlig en duister ... (p. 52). +Hoe moet mens jou nou 'n voorstelling vorm van wilde plante <i>gestapel</i> +op <i>skemerlig en duister?</i> Op p. 32 is daar "<i>klanke</i>, wat hemelwaart +<i>denk</i> en dankbaar swewe, vir sparende liefde ..." Al slaan <i>denk</i> ook +op <i>gevoel</i> dan is dit nog 'n onbeholpe parallelisme. Onverstaanbaar is: +"Ligvlekke, wat die boomskaduwees werk, hou vaste lyne" ens. (p. 87). En +wie hoor nie die gekreun van die bombastiese blaasbalk agter sinne soos +die volgende: "Dis pynlik om die <i>afbreuk van geesverbystering</i> (?) te +sien, wat flou, al flouer 'n kwynend verset teen eie onmag vertoon en in +sielsmart oorgaan ..." ens. (p. 9). Maria se "sterk gestel (het) begin +te luister na die stem van siekte. Tallose skrikgedagtes het +senewee-skokkend met haar liefde gespeel en bondgenoot geword van 'n +ongesteldheid wat haar sou neerdruk ens. (p. 234-5) En daarom het die +siekte so gesloer om uit te breek, uit eerbied vir die grondigheid van +haar verset en heldepoge." Sy kom uit die hospitaal "met twee (!) grote, +siel-vertolkende oë, <span class='pagenum'><a name="Page_170" id="Page_170">[Pg 170]</a></span> +verhewe-boeiend"! En daar is nog meer voorbeelde +van sulke opgeskroefde woordkramery. Wat moet mens aanvang met +taalgeknoei soos die volgende: "Humeur lê diep bedolwe onder tallose +swaardrukkende gedagtes" ens. "'n Onmag van sy logies verstand, laat +pessimisme die vrye teuel" (p. 82); Luikes is "oortrek deur die waas van +sy karakter ..." (p. 35); "die inwendige Greef" (p. 36);<a name="FNanchor_289_289" id="FNanchor_289_289"></a><a href="#Footnote_289_289" class="fnanchor">[289]</a> ens. ens.</p> + +<p>Die verpersoonliking van abstrakte begrippe gee aanleiding tot +raaiseltaal en gesogte wendings. "As die <i>sluipgang</i> van hulle +genegenheid tuis gekom het is dit getrouheid tot die dood ..." (p. 35); +"die koers ... waar vinnig verlange die bome deursoek" (p. 76); +"<i>Hartverheffende</i> momente wat <i>grondslag</i> vir 'n toekoms lê en lewens +bou of brokkel—kort as 'n sug, 'n fluisterwoord, 'n oogstraal as +diamante bly skitter aan die langste lewensdraad en nog glansies op sy +rafelpunt werp; gebonde aan seisoen nog tyd" (hoe rym dit met "kort as +'n sug"? P.C.S.) ens. (p. 106.) Met nog een voorbeeld van Van Bruggen se +onbeholpenheid kan ek volstaan: "Maar lewe het vasgeklem aan sy omhulsel +met ongekende adhesie, waardeur die wetenskap verbaas, wat eers +verwaarloos werd, omdat geen hoop bestaan het nie, met ywer die omhulsel +onder sy behandeling geneem het." (p. 214).</p> + +<p>Die dialoog is meestal onnatuurlik-styf en soms so deftig as 'n +redevoering. Gys sê: "Dis of natuur 'n moedwil toon om haar wonderwerke +treffender te maak. (p. 53); Ons volksaard is opgeruimd en vol korswil, +wat wys veral op sulke dae, waar hoop, by nuwe begin, ook nuwe ambiesie +gee" ens. (p. 89). En hoe netjies ryg Dirk sy sinne aan mekaar as hy +pleit vir Maria! Hy eindig so: "Die hoop sal my in doodsgevaar +dapper-versigtig, in moedeloosheid vasberade maak en my nasie laat +liefhê, omdat jou ideale myne sal word!" Met dié woorde vat hy haar hand +"wat sy nie kon terug trek nie, omdat haar sielestryd <i>onbeskryflik</i> +geword het." Dieselfde onmag om heftige emosie plasties uit te beeld +vertoon Van Bruggen ook waar hy Dirk se houding moet <span class='pagenum'><a name="Page_171" id="Page_171">[Pg 171]</a></span> +beskryf: "As hy +verneem dat sy moeder gestorwe is, <i>voel hy getref en kyk somber na die +aarde voor sy voete</i>." (p. 191.)</p> + +<p>Die taal van <i>Teleurgestel</i> is sterk Hollands gekleur. Woorde soos <i>bot, +mat, meewarig, halfliggend, gebly</i> (gesneuwel) (p. 111), <i>hawe, struik, +dryn</i> word dikwels aangetref. Maar ook die sinsbou is onafrikaans en +veral die gebruik van infinitiewe vorme is storend. "Maria hunker na +meer <i>wete</i>, nou die <i>skiete</i> opgehou het" (p. 171). Van sulke vorme +krioel die boek en dit gee soms aanleiding tot duisterheid soos op p. +184: "'n wese, wat versuim tot <i>sy kom</i>". Onafrikaans is ook: "Maria en +Elsie doen saam in die spel" (p. 91); "waarvoor diensies" (p. 6). Die +gebruik van die vorme <i>hê</i> en <i>het</i> is soms verkeerd.</p> + +<h4>Op Veld en Rande.</h4> + +<p>In <i>Op Veld en Rande</i> (1920) is dit moeilik om die skrywer van +<i>Teleurgestel</i> te herken, as die laaste verhaal, <i>Die Beeswagtertjie</i> +buiten beskouing bly. Alleen enkele stylwendings soos "wit orkaan +gedrewe wolke" (p. 122), en 'n paar geykte frases soos "toe twee harte, +wat lief en leed van die wêreld verstaan, opreg ineensmelt!", +"sielsgenot" (p. 109), "hartsgevoel" (p. 28), "hartetaal, vol gloed" (p. +59), herinner aan die manier van <i>Teleurgestel</i>. Hier ook geen +romantiekerige opsiering, maar onvervalste werklikheid. Hoe raak en +eenvoudig-waar word Sitman, die "meeldiaken" met sy "ongebleekte +kussingsloop" nie geteken nie! Hy is die man, "wat sit waar hy sit", +"die elfde plaag" (p. 27). Soos Van Bruggen hom geteken het met sy +astrante indringerigheid, altyd kunsies bedenkend om tog maar nooit aan +die werk te kom nie, sy windmaker-praatjies wat eie nietigheid moet +bedek, sal die bywonersfiguur lewe in ons letterkunde. Hy staan vlak +voor ons met al die flenters van sy verslegting. Hoe goed is nie geteken +sy poging om tog nog 'n skyn van vernaamheid te ontleen aan die +reputasie van sy onbekende "ouboet Karel van Staanderton se distrik". En +die dialoog is so spontaan—dis die lewende terugbeelding van egte +gesprekke sonder retoriese byspinsels van die outeur. Hoor maar ou +Sitman se gesanik: "Nou ja! ek hoor toe gister ... of was dit eergister +... nee <span class='pagenum'><a name="Page_172" id="Page_172">[Pg 172]</a></span> +dit was gister, dit wil my nou goed byval—Willemse het gister +hawer gelaai—ja dis reg, dit was gister.... Nou ja, ek hoor toe gister +by Oom Andries dat meneer de Klerk altemit iemand sal nodig kry om hand +by te sit" (p. 23). Hoe raak is ook die bywoner se hele persoonlikheid +geteken in die kwasi-gewigtige wyse waarop hy meedeel, dat hy "tot 'n +besluit gekom 't" (p. 256), of as hy klaag oor die baie werk (p. 43). +Uit so 'n paar plasties uitgebeelde toneeltjies word Sitman vir ons +meteens fel-lewend, terwyl Dirk Liebenberg, trots al die swaarwigtige +analiese alleen 'n toneelskurk bly.</p> + +<p>Ook "kromrug Bettie" met haar huilende kleinspan in die rokerige lug van +die hartbeeshuis is goed getiepeer. Hoe mooi leef die moeder-instink op +in die verdwaasde skepsel, as daar planne gemaak word om haar kinders na +die weeshuis te stuur. Sy glo tog so vas, dat niemand anders so goed vir +hulle sal kan sorg nie, al sit sy in die grootste ellende. "Daar is +Driesie!... Uit die staanspoor is sy maag onderste bo!... Sal hulle +tussen die kliprandjies rondloop om aambeibossie te soek? En dit laat +trek? En dit vir hom ingee?—Nog nooit nie!..." (p. 54). Hoe diep het +Van Bruggen ingedring in die kommergedagtetjies van die arme sieltjie!</p> + +<p>Die ander bywoners se mentaliteit word ook met 'n paar fors trekke +aangedui: Willemse, die staatmaker voorman, Neef Niklaas met sy +naïef-wysgerige praatjies oor "bestiering" en "bestuur", Gouws, die +dwarskop. Stols, uit <i>Teleurgestel</i> kon deur die oorlog nie in sy gewone +lewe geteken word nie. Maar nou sien ons die bywoners in hulle daelikse +besigheid, hulle getob oor allerlei kwellings en die wrokkende gevoel +oor hul afhanklike posiesie. En ook hulle baas, Andries Vry, die +konserwatiewe boer en Bybelvaste ouderling ontmoet ons.</p> + +<p>'n Enkele maal kom Van Bruggen self om die hoekie loer, op pagina 29 +nl., waar hy verstandige maar onletterkundige opmerkings maak oor +kafferpolitiek.</p> + +<p><i>Ouboet, Oom Jannie</i> en <i>Die Praatmasjien</i> is ook goed geslaag. Veral +die lugtige verhaaltoon val op na die sware sleepgang van +<i>Teleurgestel</i>. Daar is 'n vaardigheid in komposiesie, 'n handige +groepering van allerlei tiepes uit die boerelewe, wat met al hul +eienaardighede <span class='pagenum'><a name="Page_173" id="Page_173">[Pg 173]</a></span> +goed geteken word. As realistiese skilder van die +plattelandslewe openbaar Van Bruggen 'n bewonderenswaardige +deurdringingsvermoë. Stoffel Harmse, die omslagtige verteller en lastige +buurman, met sy vervelende "jy kan vir Sarie ook vra", Oom Jannie en die +weduwee, wat by "gebrek aan stof vir vertroulike konversasie hoofpersone +uit geslagregisters van al twee kante opnoem en bespreek" (p. 101)—dit +is fyn-psigologiese trekkies, wat bewys dat die skrywer hom ingeleef het +in die mentaliteit van sy mense. Hulle karakter word nie bestuur deur +geestige bokkespronge van die outeur nie, maar daar is 'n innerlike +ontplooiing, wat ons direk as waar en noodwendig voel. Dit geld egter +nie van <i>Die Beeswagtertjie</i> nie, wat eenvoudig 'n nugter bedenksel is, +en waar alleen Kleinbooi met enige lewenswarmte geteken is. Die +mynwerkers is alleen met so 'n paar strepies toneelverf bestryk en die +styl het weer dieselfde opgeskroefdheid as in <i>Teleurgestel</i>. Veral +pagina 140 is swak, waar "die onmusikale Josef 'n singlus uiter", en "'n +siel-treffende Engelse liedjie" deur sy neus gons "met +omgewing-influenserende dreun"! Die beskrywing van die begrafnis in <i>Oom +Jannie</i> (p. 83) is ook gedeeltelik misluk. Die toespraak tot die +"onverskillige, gevoellose ligmis" is heeltemal misplaas, terwyl die +volgende sinne ons aan die paddas herinner, wat met so 'n voortreflike +gawe des onderskeids die boere op Waterval verwelkom (p. 88). "Kyk! die +osse hou op met wei, of die redelose vee gevoel, dat nou die tyd nie is +vir sinlike lus nie," ens. (p. 83).</p> + +<p>In die natuurbeskrywing tref ons nog gemeenplaatse aan. "In +lewensvolheid juig die veld-van-reuse-blare, vol frisse groeikrag, +(wat?) met die fynste silwer blink en as diamante skitter" (p. 121). 'n +Enkele stylwending en woord, b.v. mande (p. 21), welk (p. 112) verraai +nog Hollandse invloed. Onbeholpe of foutief is o.a. die volgende: +argelose boerewerwe (p. 55); voorbeeldige besef (p. 112). In sy beperkte +moreel-voel is 'n verdrietige wens (p. 129); <i>myners-</i>ontboeseming (p. +133); Met Sitman op die onderpunt ... gaap die reeks van bywoners en +spring op die gros ... (p. 12) diamante te grawe wat stadig in die +stroewe hersens vreet (p. 14); 'n Ry van arbeid (p. 15); 'n gehele +<span class='pagenum'><a name="Page_174" id="Page_174">[Pg 174]</a></span> +voorkoms, wat H. dadelik kooi toe bring (p. 41), ens. Die volgende +meditasie is van die outeur en nie van Oom Jannie nie: "Daar moet weer +lewe kom, waar sorgvolle vlyt...." (p. 90).</p> + +<p>In die roman <i>Ampie</i>, waarvan nog net twee hoofstukke verskyn het<a name="FNanchor_290_290" id="FNanchor_290_290"></a><a href="#Footnote_290_290" class="fnanchor">[290]</a> +is Van Bruggen op sy beste. Hier laat hy ons as objektief-beeldende +kunstenaar die lewe van die opgevoerde persone intens meeleef. Hoe +suiwer is die weergawe van Ampie se gewaarwordings as sy maat, die esel +verkoop word! En op wat 'n innerlik-ware toon is sy in-hom-self-pratery +meegedeel! Los en natuurlik is die dialoog, waarin soms ewe 'n toon van +die rou werklikheid opklink: "Ampie stamp sy simpel suster eenkant-toe: +"Gee pad van my plek af!—Ma, kyk vir Ampie!—Ampie jy sal bars! brom +die ma, sonder om te roer." Raak-psigologies is dit om ou "Goor Dawid" +saam met Booyse vir sy seun te laat vermaan: "Ja Ampie, doen jou bes, +... dis Kaffersleg as 'n mens ongeleerd bly." Hoe rats is hy om 'n +ekskusie te bedenk as hy die kontrak moet teken: "Oom Kasper, jy weet +die griep.... Ek het hom in my rug gehad, en my hande was daardie tyd +glad dood, en ek het glad verleer om my naam te teken. Kom Ampie, vat +die pen onder: ek sal bo vat."<a name="FNanchor_291_291" id="FNanchor_291_291"></a><a href="#Footnote_291_291" class="fnanchor">[291]</a> 'n Enkel minder gelukkige +uitdrukking kom af en toe voor o.a.: "Nou is hy die voortbrengsel van +wat sy taaie liggaamstemming eis en sy sintuie."<a name="FNanchor_292_292" id="FNanchor_292_292"></a><a href="#Footnote_292_292" class="fnanchor">[292]</a></p> + +<h4>Die Burgemeester van Slaplaagte.</h4> + +<p>In <i>Die Burgemeester van Slaplaagte</i> bly die opgaande lyn in Van Bruggen +se kuns gehandhaaf. Dis 'n heel eenvoudige geskiedenis van 'n paar +eenvoudige mense in 'n dooierige dorpie, maar Van Bruggen maak dit tot +'n stukkie treffende realiteit deur sy lewensware uitbeelding. Oom Lood +wat "almelewe oorhoekse jukskeie en vrot voorslae" (p. 88) met 'n +toegeknypte oog verkoop, is famielie van Stols uit <i>Teleurgestel</i>. Maar +hy is met 'n dieper indringingsvermoë geteken. Ons ken nie alleen sy +uiterlike <span class='pagenum'><a name="Page_175" id="Page_175">[Pg 175]</a></span> +eienaardigheidjies nie, sy lus vir 'n boegoesopie, sy neiging +om alles voor die voet te sekondeer op 'n vergadering, maar droom saam +met hom oor sy toekomstige kosterskap, kreun saam met hom in sy +vadersmart. Want Lewina, sy dogter, doodmoeg vir die eentonige lewe in +'n slaperige stofholte trek na Johannesburg. Goed is die ouers se +instinktiewe wantroue vir die grote-stadslewe aangedui. Maar as hul +dom-gerus oor die dogter se toestand huistoe kom, is dit tog lekker om +so 'n bietjie te spog oor die ryk "huwelik"! Wanneer Lewina eindelik met +haar skande terugkeer, tob haar vader oor die raaisels van die +stadslewe, wat hy met sy onnosele Slaplaagte-logika wil oplos. Oom Lood +is met soveel gelukkige trekke uitgebeeld, dat ons hom deur-en-deur ken. +Die nasionale skoolmeester se skoene word toegedraai in die Engelse +krant, waarmee Peach hom wou oortuig van die Duitse gruweldade! Van +sulke kostelike humor is daar meer staaltjies. By Oom Lood staan dit +vas: "Daar was net een vèrplie baklei, en dit was in een-en-tagtig se +oorlog; en daarom het ons die Rooies toe uitgestof"! (p. 39). Van 'n +kunstenaar, wat so diep in die psiege van 'n eenvoudige siel kan +deurdring, kan seker nog veel verwag word. Treffend-juis is ook die +uitbeelding van Tant Lewina, 'n eenvoudige werk-esel met tog so 'n +gevoelige moederhart. As Boet Heina met sy plegtige waarskuwing kom, +gaan sy sit "soos 'n huismoeder op 'n Sondagmôre se boekevat as sy +tewens die kokery moet dophou" (p. 51). Deurtastend van geaardheid hou +sy haar met geen gepiep op nie (p. 84) en verstaan die kuns om +nuuskierige famielielede te troef met haar ratse tong.</p> + +<p>Ook die byfigure word met enkele raak trekke geteken, sodat die hele +stowwerige Slaplaagte met sy bewoners helder voor ons staan. Daar is +Pieter van Staden met sy moedelose, <i>don't-kêr</i>-stemming, omdat die +reent nie wil kom nie, maar vol vuur op die skoolkommissie-vergadering, +waar hy sy wysheid oor windpompe uit. Die hele vergadering is 'n mooi +geslaagde voorbeeld van Van Bruggen se "copiëerlust des dagelijkschen +levens". Hy hoef ons nie nog te verseker, dat 'n voorval "histories" is +nie (p. 60), ons voel direk dat alles eg is, so noukeurig selfs, dat dit +telkens die indruk van 'n "document humain" maak.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_176" id="Page_176">[Pg 176]</a></span> +'n Enkele maal kan hy 'n uitroep nie bedwing nie; "O, die kwaadpraat en +kwaaddink van die mensdom!" (p. 38). Ook in die dialoog is daar hier en +daar 'n plekkie, waar ons die skrywer, en nie die uitgebeelde persone +hoor praat nie. So sê die meester: "Ek hoop julle sal van teleurstelling +vrywaar wees" (p. 70), en Oom Lood: "Alles is net een infame bedrog" (p. +101). Komies is dit om net na die beskrywing van die groot droogte te +hoor dat "niks (voor)val wat <i>stof</i> gee tot gesels nie"! (p. 4). +Onduidelik is die volgende: "Op die bulteveld ... boei die eensaamheid +deur 'n magtige bekoring die onsigbare werking van die skeppende +Almag...." (p. 73); en slordig: "'n <i>Trek</i> van onverskilligheid om<i>trek</i> +haar oë" (p. 35).</p> + + +<h3>§ 10. Gordon Tomlinson.</h3> + +<p>Gordon Tomlinson is gebore op Swellendam in 1889. Vir alles wat +Afrikaans is, was hy van jongs af aan 'n sterk propagandis, sodat hy +b.v. in die Anglo-Boere-oorlog van skool weggeja is, omdat hy 'n +Vierkleur-ruiker in sy knoopsgat gedra het. Later het hy voortdurend +stroebeling gehad met die Engelse hoof. Die meeste awonture, wat in +<i>Deur die Smeltkroes</i> beskrywe word het in Swellendam gebeur tydens die +oorlog. Eers wou Tomlinson predikant word, maar weens 'n keelaandoening +moes hy die plan opgee. Op Stellenbosch het hy in die regte gestudeer en +daar het hy saam met Dr. Tobie Muller en Professor J.J. Smith een van +die voormanne van die A.T.V. geword, en deel uitgemaak van die redaksie +van <i>Ons Moedertaal</i>. Later het hy hom ingespan vir die Helpmekaar en +tans woon hy in Vredefort, waar hy hom met sy eggenote aan die +skilderkuns wy.<a name="FNanchor_293_293" id="FNanchor_293_293"></a><a href="#Footnote_293_293" class="fnanchor">[293]</a></p> + +<h4>Deur die Smeltkroes, (1917).</h4> + +<p>Op die dorp Vergenoeg woon Oom Gert de Bruyn, "'n egte tiepe van die +opregte Afrikaner" (p. 4) en Van der Bijl, 'n jingo, wat "rooier dan +rooi" is. As die Anglo-Boere-oorlog uitbreek kom daar 'n end aan die +<span class='pagenum'><a name="Page_177" id="Page_177">[Pg 177]</a></span> +vrindskaplike verhouding tussen die bure, tot verdriet van die kinders, +wat oor en weer verlief geraak 't—Piet de Bruyn op Susan van der Bijl, +en haar broer John op Lenie, Piet se suster. Susan het egter 'n "Engelse +modepoppie" geword en deur toedoen van Carel Nel, wat by die Van der +Bijls inwoon raak Piet in die moeilikheid en val in ongenade by Susan. +Verskeie awonture van Piet en John se skooldae word vertel, asook hul +ondervindings aan die Victoria Kollege. Hulle sluit by die kommando van +Scheepers aan en as John gevang word, slaag Piet daarin om die verraaier +Nel te ontmasker. Van der Bijl word 'n goeie Afrikaner en tussen die +jongspan kom alles reg, terwyl Nel so vrindlik is om in Australië +spoorloos te verdwyn.</p> + +<p><i>Deur die Smeltkroes</i> het 'n sterk-propagandistiese strekking. Tomlinson +verdedig die Afrikaanse beginsels teenoor die imperialistiese idee van +Engelse en verengelste Afrikaners. Hy gaat te keer teen die +verwaarlosing van Hollands op die skole, die onnasionale +geskiedenisonderwys, die eksamenstelsel, "die oudwyfse Skotse sisteem +alhier deur 'n Dr. Muir ingevoer" (p. 59), en "die nuwe +kindergarten-metode" (p. 9). Hy laat "Jong Suid-Afrika sug om die +vryheidsin, wat leef en sal leef, solank daar Afrikaners op Afrikaanse +bodem wandel" (p. 53) en gebruik elke geleentheid om sy patriotiese +gevoelens te lug. As pleidooi vir 'n suiwer-Afrikaanse kultuur het die +boek ongetwyfeld waarde. Maar as roman beskoud is dit 'n mislukking. +Behalwe die regstreekse propaganda, tree die outeur van die staanspoor +af gedurig op die voorgrond. Hy spreek sy lesers toe,<a name="FNanchor_294_294" id="FNanchor_294_294"></a><a href="#Footnote_294_294" class="fnanchor">[294]</a> vertel hulle +wat hy met "die spelers in hierdie drama" (p. 6) gaan doen, en omdat hy +hoofsaaklik 'n outobiografie skryf, verval hy telkens in persoonlike +mymeringe.<a name="FNanchor_295_295" id="FNanchor_295_295"></a><a href="#Footnote_295_295" class="fnanchor">[295]</a> Telkens moraliseer hy oor die dade van sy persone, b.v. +"Arme Piet! Had hy maar geweet, wat voorlê. Gelukkig, egter, het die +Voorsienigheid ons so gevorm, dat ons slegs vandag kan sien—en skaars +dit" (p. 62)</p> + +<p>Ofskoon hy blykbaar sielkunde by "Pappie (saliger <span class='pagenum'><a name="Page_178" id="Page_178">[Pg 178]</a></span> +gedagtenis)" (p. 69) +geleer het, blyk daar weinig van in die roman. Van kalwerliefde kry ons +die volgende vermaaklike verklaring: "Nie 'n nooi, leser, soos u en ek +seker al gehad het, maar een, wat jy in 'n meer idealistiese sin +liefhet. Jy het haar lief, maar hoe, weet jy nie. Jy het haar, hulle +ook, lief, as jy nog so jonk is, sonder dat die liefde miskien ooit +bekend word. Dis somar liefhê." (p. 17-18).</p> + +<p>Hoe weinig begrip Tomlinson het van die ingewikkelde prosesse van die +puberteitsjare blyk uit die beskrywing van Piet se aankoms op +Stellenbosch. "Piet stuur 'n stille gebed van dankbaarheid op, dat hy in +so 'n omgewing kan studeer en besluit om van die studentelewe in sy +geheel gebruik te maak, sodat hy 'n veelsydige ontwikkeling kan geniet +om also bes sy land te kan dien" (p. 66). Dis kastig dieselfde Piet wat +sulke uithaler kaskenades op die dorp aangevang het! Nou is hy meteens +'n suikersoet oompie, op wie Van Alphen 'n mooi gedig sou gemaak 't!</p> + +<p>As Piet die eerste maal in 'n geveg is, word sy gewaarwordings as volg +beskryf: "Die eerste paar oomblikke wis Piet nie eintlik, wat om te maak +nie. Sy hart klop vinniger, en as 'n koeël oor sy hoof fluit, koes hy +een kant toe. Maar gou-gou het die oorlogsgees hom oormeester...." ens. +(p. 125).</p> + +<p>Hoe oppervlakkig die psigologie is blyk uit die pogings om felle emosies +te beskryf. As Piet onverwags op sy maat by die kommando afkom, word ons +vertel: "Soos 'n mens maklik kan verstaan, was die wedersydse vreugde by +die ontmoeting groot." (p. 122.) "Ons sal liewer 'n sluier trek oor die +afskeid tussen die jong verloofde; waar die liefdegodin alheersend vir +'n oomblik is, moet die gewone mens soetjies trap." (p. 96.) Met sulke +praatjies maak hy hom van die saak af!</p> + +<p>Piet het die slapende Susan wakker gemaak met die vraag: "Het jy my +lief?... Vir Piet was daardie oomblik een van die vreeslikste, wat hy +ooit deurleef het. Dit was, asof die lot van die hele wêreld, van die +heelal selfs van haar hart afhang. Hy hoor duidelik die klop van sy +hart. "Is jy kwaad vir my?" fluister hy. Stadig draai sy haar hoof weer +om, en met 'n gloed van vreugde <span class='pagenum'><a name="Page_179" id="Page_179">[Pg 179]</a></span> +deur sy are, sien hy 'n vrindelike +glimlag op haar gesig. Hy buig neer, en die hele wereld verheug hom met +Piet, as hy die eerste reine soen van die onbevlekte lippies +ontvang...." (p. 37).</p> + +<p>Van der Bijl se bekering tot opregte Afrikaner is seker goed gemotiveer, +maar dit is geen proses, wat as 'n <i>coup de foudre</i> in een sinnetjie kan +beskryf word nie. (p. 110). Presies so gaan dit met Susan (p. 112) en +haar moeder (p. 111).</p> + +<p>In die karakteruitbeelding is daar die bekende skerp teëstelling tussen +goed en sleg. Oom Gert is die ideale patriot, Piet en John die dapper +helde, Van der Bijl die vurige jingo, Nel die lae verraaier. Die meisies +is "twee beelde van deug en skoonheid" (p. 146). As Nel genoeg moeite +veroorsaak 't om die "dapper helde" se "verhewe" karakter aan die lig te +bring, word hy nog vir ou-laas ekstra swart gesmeer en dan eenvoudig +uitgewip (p. 141). Dit is "merely a mechanical device for stopping +somewhere", soos Cross tereg opmerk. "A literary form cannot exist +without its art. If a fable may drift along at the pleasure of an +author, with the episode thrust in at will, then anybody can write a +novel."<a name="FNanchor_296_296" id="FNanchor_296_296"></a><a href="#Footnote_296_296" class="fnanchor">[296]</a></p> + +<p>Die swaarmoedige Piet werp hom "in wanhoop ... neer op sy bed, <i>wat skud +van die storm</i>, wat in die siel van die onstuimige jongeling woed"! (p. +22). Die "edele siele" van die arm meisies word ook "deur storme +geteisterd" (p. 134, 92), hulle droom "van rose en melk, van ongekende +en verrukkende klanke, van ruisende strome en bedwelmende blommegeure" +(p. 72). Die toneel op die strand tussen Susan en Piet (p. 41) is +taamlik sentimenteel.—"Die misterie van die nag pak hul beet; en met 'n +kleine skudding,(?) skuiwe Susan nader aan Piet.... "Piet, wat makeer? +Waarom is jy so stil?"—"Dit weet ek nie, maar ek word so swaarmoedig. +<i>Ek dink, dit is die verhewenheid van die heelal, wat my aangryp</i>." ... +"Dit was asof hy met die onbekende worstel, asof daar 'n wêreld van +gedagte hom oormeester. Naderhand, asof tot homself sprekende, <span class='pagenum'><a name="Page_180" id="Page_180">[Pg 180]</a></span> +fluister +hy 'n Lied van Smart...." Die gevolg is "dat Susan bitterlik ween" en +"met geboë hoofde keer hulle huiswaarts."</p> + +<p>Die talryke sugte in ons Afrikaanse romans vul Tomlinson onder ander met +die volgende variëteite aan: "geskok tot in die diepste wese styg daar +'n sug van die bodem van sy <i>beroerde</i>(?) hart—'n sug, wat 'n +wêreldspraak was. (p. 29); Susan sug alleen die sug van die tevredene en +die regvaardige"! (p. 116), ens.</p> + +<p>Tomlinson skryf 'n gemaklike styl, sy taal is suiwer en die dialoog +meestal los en natuurlik. Daar is lewendige toneeltjies met rake praat +en weerpraat o.a. p. 44-45, waar Oom Gert en sy buurman aanmekaar +spring. Onwaar word die dialoog wanneer hy Piet, wat toe nog nie deur sy +matriek was nie, laat sê: "Kerel, wie sal hom daar onder daardie +mengelmoes begeef behalwe alleen die met Imperialisme besetene?" (p. +54.) Bybelse wendings word met voorliefde gebruik, en dikwels is daar +ook 'n predikanterige kleur, b.v. "om sy sondedaad uit te wis" (p. 30). +Die veelvuldige gebruik van stereotiepe beelde is opvallend. "Maar al +was hul harte bloedende, het niemand dit getoon nie. Hulle harte was +aanmekaar gesnoer deur nuwe bande en deur 'n gemeenskaplike liefde +teenoor hul geliefde Suid-Afrika" (p. 142). Sulke gemeenplaatse ontneem +aan die styl alle persoonlike aksent.</p> + +<p>Onvervals retories word Tomlinson veral in sy natuurbeskrywings. "Die +son, bloedrooi, begin hom stadig in die arme van 'n veelkleurige see te +werp. Dit was, asof bruid en bruidegom ontmoet, albei in die fynste en +pragtigste kledy uitgedos.... Fyn goud val oor die hele aarde en +verfraai die skoonste <i>paleise</i> en die armoedigste strooihuise—ens." +(p. 40).<a name="FNanchor_297_297" id="FNanchor_297_297"></a><a href="#Footnote_297_297" class="fnanchor">[297]</a> Die <i>paleise</i> sou 'n mens aan Potsdam kan laat dink! Maar, +die "ouderwetse woning" van Van der Bijl had ook "<i>honderde</i> klein +venstertjies" (p. 4). Mooi is die stemmingsvolle gedig op p. 72, met +uitsondering van 'n enkele stoplap.</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_181" id="Page_181">[Pg 181]</a></span></p> +<h3>§ 11. Adv. H.A. Fagan.<a name="FNanchor_298_298" id="FNanchor_298_298"></a><a href="#Footnote_298_298" class="fnanchor">[298]</a></h3> + +<p>H.A. Fagan is gebore op Tulbagh in 1889. Van 1905 tot 1910 het hy op +Stellenbosch gestudeer en behalwe B.A. honneurs ook die Prel. L.L.B. en +Kerkadmissie-eksamens afgelê. Nadat hy ses maande op die Teologiese +kweekskool was, het hy vir enige tyd opgetree as waarnemende professor +aan die Victoria Kollege en vervolgens sy juridiese studie voortgeset in +Londen, waar hy advokaat geword 't aan die Middle Temple en ook die +L.L.B. graad behaal 't. In die begin van 1914 het hy hom gevestig as +advokaat in Kaapstad. Hy was een van die eerste direkteure van die +Nasionale Pers, 'n tydlank assistent-hoofredakteur van <i>Die Burger</i> en +daarna vir enige tyd professor in Hollands-Romeins reg aan die +Stellenbosse Uniwersiteit. Tans het hy weer sy praktyk as advokaat in +Kaapstad hervat.</p> + +<p>Van hom het verskyn <i>'n Eerste Digbundel, Uit 'n Studente-Album</i><a name="FNanchor_299_299" id="FNanchor_299_299"></a><a href="#Footnote_299_299" class="fnanchor">[299]</a> en +'n bloemlesing <i>Uitgesogte Afrikaanse Verhale</i> (Burger-Leeskring, 2<sup>de</sup> +jg.).</p> + +<h4>Uit 'n Studente-Album.</h4> + +<p><i>Uit 'n Studente-Album</i> bevat ses kort verhale, twee waarvan tot die +komiese genre behoort, <i>'n Vondeling</i> lyk die meeste op jeugwerk. Die +beskrywing van Japie se ontnugtering bly aan die buitekant, en die +melodramatiese ontknoping word deur niks voorberei nie. <i>Op 'n +Vakansiereis</i> en <i>Tableaux Vivants</i> gaan baie dieper en bevat 'n +belofte. Dit geld ook van <i>'n Gewone Rosie</i>, waarin daar iets teers +sprokiesagtig is. Twyfel ontstaat egter aan die psigologiese +uitbeelding, wanneer ons hoor, dat die seuntjie hom die nag voorgestel +het "as 'n meetlose swarte ruimte, waarin jy sou dool en swerf as 'n +verlore siel" (p. 168). Ook die volgende sin mis die kinderlik-naïewe +toon, wat anders goed bewaar word: "Tog is daar 'n waas van +geheimsinnige betowering oor die hele natuur gesprei" (p. 169).</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_182" id="Page_182">[Pg 182]</a></span> +Fagan het 'n aangename verteltoon, 'n goedversorgde styl, wat net hier +en daar bietjie konwensioneel word. "Die dood van sy vrou het 'n +ledigheid in sy hart gelaat ... (p. 116); Sy was 'n sonnestraal in sy +koue, sombere woning (p. 117); die spore van wrange sielsverdriet" (p. +126). Erg ongemaklik moet Japie gevoel het "met 'n gloeiende vuur in sy +brein"! (p. 28).</p> + +<p><i>'n Eerste Digbundel</i> bevat ook enkele prosastukke.</p> + +<h4>Uitgesogte Afrikaanse Verhale.</h4> + +<p>Hierdie bundel bevat negentien kort verhale van die volgende outeurs: +Helene Oldendorf, T. Schumann, G.R. von Wielligh, Rikie Postma, F.E. de +Villiers, C.R. Swart, Eugène C. van Wijk, Sarah Goldblatt, Essie Malan, +Frina Roux, Marjorie Hofmeyr, Chris. Fourie, N.H. Theunissen, D.W. +Wessels en "Veritas". Afgaande op die tietel sou mens verwag, dat dit 'n +bloemlesing is, maar die meeste verhale verraai 'n ongeoefende hand. +Daar is spore van diep gevoel, hier en daar 'n geslaagde toneeltjie, +maar weinig wat ontroer deur skoonheid van segging, klank of +uitbeelding. Die taal is deurgaans suiwer,—die skaaf van die +versamelaar het seker daaroor gegaan—en tog is daar kreupel +uitdrukkings soos die volgende: "Hy ken die druk van sy moeder toe hy +(aan) haar bors <i>gekweel</i> het (p. 22); Sy vraag ... bring haar terug (p. +51); die vryerpaar wat hier ... staan te sug, te verwyt ... (p. 73); die +onmeetbare landstonele van die gedagtes (p. 145); in vyftig jaar het die +land die mantel van beskawing aangegooi (p. 147); Watter rede het u om +nooit ag te gee aan ons uitnodiginge nie? (p. 175); Is u boodskap in +militêre belange? (p. 198); Sy geheue hou nog 'n allerskoonste gesig en +onwillekeurig bring hy sy hand aan die saluut" (p. 202).</p> + +<p>Die taal kon beskaaf word, maar die ouderwets-retoriese beeldspraak het +te diep gesit. Daar is b.v. 'n verhaal van "onbreekbare skakels in 'n +ketting deur smart gesmeed" (p. 42), waarin reeds op die eerste pagina +onder meer die volgende staaltjies voorkom: "Oorlog is in die lug. Selfs +die lieflike geur van die <span class='pagenum'><a name="Page_183" id="Page_183">[Pg 183]</a></span> +nuut-ontwaakte lenteblomme word verdring deur +'n verstikkende reuk van kruit en rookdamp; Offers ... op die altaar van +die nimmerversadigde oorlogsgod; die awendstond van sy veelberoerde +lewe", ens. (p. 36). So gaan dit die hele boek deur, alles mooi +grammatikaal korrek, maar sonder die fris geur van oorspronklikheid. Die +dames met hul "sielvolle blou oë" sug danig baie en die wind maak nogal +koddige maneuwers met die "geslaakte" dingetjies. "Dadelik skraap die +nagwind die suggie op, neem dit op sy vlerke en ry daarmee weg: oor die +velde en vlaktes, oor berge en dorpe, tot hy eindelik by 'n groot stad +kom. Tussen die hoë geboue deur vind hy sy pad tot by 'n oop venster. +Hier vertoef hy net 'n halwe sekonde, om die suggie van sy vlerke af te +skud, sodat dit binne in die kamer val"! (p. 128).</p> + +<p>Van Von Wielligh is daar 'n soort politieke allegorie, waarin hy dit +regkry om Dr. Jameson vóór die Groot Trek te laat optree. Ook nog 'n +vaderlike predikasie oor blomme: "Eiliewe nee, laat ons hartsnare dan +liewer weerklank vind" ens. (p. 29). Sy gehoor het so fyn geword, dat hy +"<i>klap</i>wiekende skoenlappers" (p. 32) ontdek het!</p> + +<p>Drie verhale gebruik die Duits-Suid-Wes-veldtog en verandering van +politieke oortuiging as motief en die meeste is dan ook geskryf tussen +1915 en 1918.</p> + +<p><i>Droogte</i> van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, <i>Oog om oog</i> is in sy +soort goed. Die gelukkige en treurende paartjies van die meeste verhale +maak geen blywende indruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde +oorsake ook gewyt moet word aan onbekendheid met die tegniek van die +kort verhaal. "More real brains are required for the construction of an +excellent short story than for a hundred pages of many a novel", sê +Harry T. Baker,<a name="FNanchor_300_300" id="FNanchor_300_300"></a><a href="#Footnote_300_300" class="fnanchor">[300]</a> en die uitspraak bevat seker waarheid.</p> + + +<h3>§ 12. Reenen J. van Reenen.</h3> + +<p>Reenen J. van Reenen is in 1884 op Calvinia gebore. In 1902 het hy met +sy B.A.-eksamen die eerste Koningin Victoria-beurs aan die S.A. Kollege +behaal. Vier jaar <span class='pagenum'><a name="Page_184" id="Page_184">[Pg 184]</a></span> +later het hy in Amerika sy studie vir siviele +ingenieur voltooi en na 'n jaar praktiese ondervinding op groot +besproeiingswerke in Nebraska na Suid-Afrika terug gekeer. Gedurende sy +studiejare het hy hom ook op taal en lettere toegelê en reeds van 1898 +af op die tekenkuns. Aan die <i>Brandwag</i>-interviewer vertel hy: "Dit was +met die herlewing van die Afrikaanse Taalbeweging, wat in 1915/16 so +sterk gegaan het, dat die skryflus by my opgekom 't. Ek het 'n paar +hoofstukke prosa en verse geskrywe, wat my vrinde hier op Bloemfontein +beval 't. Hulle aanmoediging het my beweeg om <i>Die Agterstevoortrekkers</i> +(1917) uit te gee. Maar gedurende die voorbereiding van dié werk moes ek +toe my ou teorie toepas: n.l. dat die poging om leeslus onder ons volk +op te wek, sal misluk, of in alle geval baie langer sal neem eer dit met +sukses bekroon word, as die leesstof nie geïllustreer is nie."<a name="FNanchor_301_301" id="FNanchor_301_301"></a><a href="#Footnote_301_301" class="fnanchor">[301]</a></p> + +<p>Van Reenen is ook 'n kampvegter vir die bestryding van grondverspoeling +en het hom spesiaal gewy aan die studie van die Boesmankuns, nadat hy in +1917 'n voordrag van die skilder Pierneef oor die inboorlingekuns gehoor +het. Ook op die gebied van folklore het hy al interessante ontdekkinge +gedoen. Behalwe die genoemde werk het van hom verskyn <i>Celestine</i> +(1919), en <i>Verborge Skatte</i> (1920), twee bundels sketse; 'n roman: <i>Die +Lokaas</i> (1921) en twee kinderboekies. Hy het ook baie ander werke +geïllustreer. <i>Die Agterstevoortrekkers</i> word in hoofstuk VI bespreek.</p> + +<h4>Celestine en Verborge Skatte.</h4> + +<p>Dit is twee bundels verhale, hoofsaaklik navolging van Edgar Allan Poe +aan wie <i>Verborge Skatte</i> dan ook opgedra is. <i>Celestine</i> bevat +spookstories, met een waarvan die skrywer in 1903 'n prys behaal 't in +<i>The South African News</i>. Dié verhaal, <i>'n Hopie Bene</i>, is 'n droom, +maar in die orige word die geheimsinnige element nie verklaar nie, +behalwe in <i>Tant Annie</i>. James Russel <span class='pagenum'><a name="Page_185" id="Page_185">[Pg 185]</a></span> +Lowell het aan Poe toegeken "a +power of influencing the mind of the reader by the impalpable shadows of +mystery".<a name="FNanchor_302_302" id="FNanchor_302_302"></a><a href="#Footnote_302_302" class="fnanchor">[302]</a> Verder sê hy: "In raising images of horror, also, he has +a strange success; conveying to us sometimes by a dusky hint some +terrible <i>doubt</i> which is the secret of all horror."<a name="FNanchor_303_303" id="FNanchor_303_303"></a><a href="#Footnote_303_303" class="fnanchor">[303]</a> Dit is wat ons +grotendeels by Van Reenen mis. Sy voorstellinge is te nugter, sy +geheimsinnigheid te deursigtig. Die subtiele realistiese illusie, wat +Poe b.v. in een van sy beste verhale <i>Ligeia</i> skep, lê buite Van Reenen +se bereik. Wie b.v. Poe se nagwake by die lyk van die Lady Rowena +vergelyk met die enigsins analoge situasie in die verhaal <i>Celestine</i> +(p. 30) voel direk, dat dit veral realistiese uitbeelding is, wat by Van +Reenen ontbreek. Poe verstaan die kuns om deur allerlei suggestiewe +besonderhede 'n dodelik beklemmende atmosfeer te skep—Van Reenen noteer +alleen die geheimsinnige feit. Die vergelyking wat Dr. Dorothy +Scarborough tussen Poe en Hoffmann maak, pas ook op Van Reenen "His +(Poe's) horrors have a more awful effect because he is an incomparably +greater artist. He knows the economy of thrills as few have done. His is +the genius of compression, of suggestion."<a name="FNanchor_304_304" id="FNanchor_304_304"></a><a href="#Footnote_304_304" class="fnanchor">[304]</a></p> + +<p>Die <i>Verborge Skatte</i> word deur Professor Erts se buitengewone vernuf +ontdek. Die raaiselskrif in <i>Die Voortrekker se Skat</i> is gebaseer op die +van Poe se verhaal, <i>The Gold-bug</i>. In <i>Die Kinderdief</i> word gebruik +gemaak van 'n motief, waarop Poe o.a. <i>The Purloined Letter</i> gebou het: +"the intellect suffers to pass unnoticed those considerations which are +too obtrusively and too palpably self-evident. The Minister had +deposited the letter immediately beneath the nose of the whole world, by +way of best preventing any portion of that world from perceiving it." +Ook in die uitwerking van die besonderhede is daar ooreenstemming.</p> + +<p>Van Reenen het 'n aangename verteltoon en sy verhale is verdienstelike +ontspanningslektuur.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_186" id="Page_186">[Pg 186]</a></span></p> + +<h4>Die Lokaas.</h4> + +<p>Gert Vermaak, 'n begaafde weeskind word deur oom Willem en tant Miem +aangeneem. Toe hy ses jaar oud was, kom 'n ontwikkelde Hollandse +skeepskaptein om gesondheidsredene op die Karoplaas woon. Onder sy +leiding word Gert so buitengewoon skerpsinnig, dat dit die +opmerksaamheid van 'n kapitalis trek, wat hom na Europa stuur om vir +advokaat te leer.</p> + +<p>Na sy terugkoms vestig hy hom in Kaapstad en word gou een van die leiers +van die Boereparty. Maar die kapitalis gebruik 'n mooi vrou as lokaas, +en by die stemming oor 'n gewigtige wetsontwerp word Gert ontrou aan sy +party.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Voorop moet gestel word, dat die skrywer geen poging doen om die +geleidelik voortskrydende geestelike ontwikkeling van 'n geniale kind te +skets nie. Hy gee alleen "'n loshangende versameling van staaltjies wat +Gert (hom), af en toe in die laaste dertig jaar ... vertel het." Die +skrywer is nie die objektiewe uitbeelder van 'n deurleefde werklikheid +nie, hy is net die verteller van Gert se geskiedenis. Hy self tree +telkens op die voorgrond, spreek "die welwillende leser" toe (p. 29), en +voel hom kort-kort gedronge om brokkies van sy eie wysheid by die +verhaal in te las. Daarom mis dit die warme tinteling van intimiteit, +daarom bly die skrywer maar al te dikwels aan die buitekant van sy +persone. "Dit lyk asof (Gert) teenoor die kaptein voel soos 'n minnaar +teenoor sy nooientjie ... hulle gesprekke was hom heilig en dit sou +heiligskennis wees om dit te publiseer" (p. 29). Alweer die treurige +sluiertaktiek, 'n vyeblaartjie om eie magteloosheid as kunstenaar te +bedek! Is dit dan nie juis die kunstenaar nie, wat met sy wondere +intuïesie moet deurdring tot die heilige der heilige? Die uiterlike +lewensfeite sien ons almal, lees ons daagliks in die krant, maar dit is +die kunstenaar, wat die verborge roersele van die hart moet openbaar. Hy +moet so opgaan in die persoonlikheid van sy figure, dat hy alles <i>seker +weet</i>, dat hy die kleinste nuansering van gevoelens en gewaarwordinge +kan ontleed. As hy alleen <span class='pagenum'><a name="Page_187" id="Page_187">[Pg 187]</a></span> +kan sê: <i>"Dit lyk asof ..."</i> (p. 29), dan +twyfel ons aan die egtheid van sy voorstelling. Hoe moet ons nou met +Gert meelewe, as van die drie belangrikste jare uit sy ontwikkeling +selfs geen "loshangende versameling van staaltjies" meegedeel word nie? +Maar wat wèl verhaal word is, dat die <i>R.M.S. Tartar</i> presies om vieruur +uit Tafelbaai gestoom 't met Gert aan boord en dat hy met die <i>R.M.S. +Scot</i> uit Europa teruggekeer 't! Van die jong advokaat weet ons nie veel +meer dan die plaat by p. 132 ons te sien gee nie—'n jongkêrel soos +duisend ander—geknip uit die eerste die beste kleermakerskatalogus!</p> + +<p>Gelukkig is daar enkele gedeeltes waar Van Reenen nie alleen die +verteller nie, maar Gert self is. Die uitmekaarhalery van Oom Willem se +oorlosie (p. 19-20), die waterlei in die nag (p. 40) en nog ander +toneeltjies uit Gert se kinderjare toon, dat die skrywer 'n fyn +psigologiese insig het. Dit geld ook van die manier, waarop Gert sy +besluit neem om Stella nie op te gee nie. Hoe treffend-juis is dit +gesien om die nesmakende duiwe die deurslag aan sy redenasies te laat +gee! Maar die mooi gestileerde sinne, wat Gert se dink-taal moet +voorstel is weer van Van Reenen. Ook enkele gelukkige trekke in Tant +Miem en Oom Willem toon, dat die skrywer 'n taamlike uitbeeldingsvermoë +het. Maar dit is alles so fragmentaries, dat die persone tog vaag bly. +So word die planne van die intrigerende kapitalis met dieselfde +behendigheid as in <i>Verborge Skatte</i> uitgewerk, maar daar is weinig +aanduiding, dat hy behalwe draadtrekker ook <i>mens</i> is.</p> + +<p>Gert is blykbaar 'n uitsonderingsfiguur, maar selfs so beskou, is daar +enkele trekke in sy karakter, wat wys op 'n verdraaide psigologie. Op p. +24 word ons verseker: "Soos 'n openbaring ... word sy volksbewussyn +skielik gebore". Hy is nog maar ses jaar oud, maar omdat hy so 'n +talentvolle knapie is, wil ons dit aanneem. Ongeveer ses of sewe jaar +later hoor ons egter: "Volksbewussyn sal hy maar ontwikkel in die +vreemde lande wat hy later sal deurreis" (p. 68). Afgesien van die +teëspraak is die voorstelling hier absoluut vals, want daar is geen +enkele jongeman van twaalf of dertien jaar <span class='pagenum'><a name="Page_188" id="Page_188">[Pg 188]</a></span> +nie wat, selfs al begryp hy +die abstrakte idee ook, so 'n wonderlike besluit kan neem. En die +wysgerige bespieëlinge op p. 52-53 is geen "raaisel" nie, maar eenvoudig +gedagtes van die skrywer self, wat hy aan die twaalfjarige knapie +opdring.</p> + +<p>As voorbeeld van die swak tegniek kan aangehaal word, dat deur die lang +uitweiding op p. 11-12 die spelende Gertjie skoon vergeet raak. Net so +gaan dit met die kaptein. "Ons durf darem nie langer by hierdie +interessante woordkuns vertoef nie, want ons vriend die seevaarder wag +nog al die tyd vir ons op die drumpel van die voordeur ..." (p. 16). Op +p. 22 heet dit: "Maar ek loop my verhaal verby, en ons moet eers weer 'n +bietjie terugkeer."</p> + +<p>Van Reenen het 'n los, gemaklik-vloeiende styl, wat egter weinig +persoonliks het. Beeldspraak gebruik hy maar selde; die "verdraaide +beeld" op p. 139 is nie gelukkig nie, en die "spatsels van die smeer van +die misvloer" wat mens aan golwe laat dink nog minder (p. 66). Die +"liefdesbeker" (p. 52) ken ons al van toeka se dae af! "In hierdie dae +begin Gertjie al in brein en liggaam tamelik uitrek" (p. 39)—'n pynlike +proses, wat mens aan die inkwisiesie laat dink! Verkeerd is: "Maar die +werk wat hy gedoen het, gee 'n <i>weerkaatsing</i> in sy professionele werk" +(p. 92). Veral in <i>Verborge Skatte</i> is die anglisismes volop. "Toe ek my +op my ou dag geskilder het as omring deur 'n kring talryke kinders (p. +112); om hande op die skobbejakke te lê (p. 151); Alles wys daarheen +...; Kan ek vanaand ... met my kollega opkom?" (p. 154) ens. In +<i>Celestine</i> kom o.a. voor: "Gelukkig had ek nie lank te wag ... (p. 93); +van êrens ... val daar 'n geweldige hou (p. 33); haar brood en botter +verdien" (p. 20).</p> + + +<h3>§ 13. Léon Maré.</h3> + +<p>H.L.F. Maré is in 1889 op Pietersburg gebore. Na 1902 het hy o.a. op +Wellington en Pretoria sy opvoeding voortgeset. Maar hy moes al gou sy +eie potjie skraap en toe het hy, terwyl hy in die posdiens was, privaat +gewerk vir Skool-Hoër. Hy is nou amptenaar in die Uniegebou, <span class='pagenum'><a name="Page_189" id="Page_189">[Pg 189]</a></span> +Pretoria. +Party van sy eerste stukke het in Nederlands verskyn. Van 1911 af is hy +'n troue medewerker van <i>Die Brandwag</i> gewees. Van hom het verskyn: <i>Die +Nuwejaarsfees op Palmietfontein</i> (1918) en <i>Ou Malkop</i>. Laasgenoemde is +bekroon met die Hertzog-prys van die Akademie (1919)<a name="FNanchor_305_305" id="FNanchor_305_305"></a><a href="#Footnote_305_305" class="fnanchor">[305]</a>.</p> + +<h4>Die Nuwejaarsfees, (1918).</h4> + +<p>Léon Maré is een van die weinige Afrikaanse skrywers by wie die awontuur +bysaak en die mens hoofsaak is. 'n Armsalige putgrawertjie, wat deur 'n +harde rotsrif skade ly, 'n houtryer op weg na die mark met 'n +vrag—sulke eenvoudige motiewe gebruik hy vir verhale. Tog leer ons Toot +veel beter ken in die omvang van 'n kort verhaal, dan al die +brawe-Hendrik helde van die awontuur-romans, wat hemel en aarde beweeg +deur hul buitengewone dade. Léon Maré besit die gawe om sy karakters te +laat lewe, só te laat lewe, dat mens hul asem op jou aangesig voel. Deur +die tekening van allerlei uiterlike eienaardigheidjies, +gelaatsuitdrukking, gebare, ens. sien ons hul vlak voor ons staan. +Terselfdertyd openbaar hy in sy beste stukke 'n indenkingvermoë, wat hom +in staat stel om selfs die fluistergeheimpies van 'n mensehart te +verstaan, deur te dring tot die diepste kern daarvan en al die +begeertes, stemminge en lewensaanvoelinge uit te beeld. Deur ligte +aanwaaisels van allerlei herinneringe laat hy ons heel die verlede van +sy figure begryp, terwyl ook die inwerking van hul omgewing plasties +voorgestel word. Selfs waar hy romantiese gegewens kies, soos in die +oorlogsverhale is dit tog altyd meer die mense, as hul awontuurlike +ondervindinge, wat Maré interesseer. Met hoeveel liefde verwyl hy nie in +<i>Die Kommandeer van Japie Moolman</i> by allerlei besonderheidjies, die +aanval van die waghond, die trappery op die kat, ens. Soms is sy +tafreeltjies 'n byna dood-nugter kopie van die gewone lewe en tog +ontroer dit omdat deur die beskrywing so iets warm-mensliks huiwer. Daar +is b.v. die inmekaar gekrimpte <span class='pagenum'><a name="Page_190" id="Page_190">[Pg 190]</a></span> +Toot op die putwal (p. 152)<a name="FNanchor_306_306" id="FNanchor_306_306"></a><a href="#Footnote_306_306" class="fnanchor">[306]</a> met sy +brood en koffie; langs hom sy verkluimde seuntjie. Hoe suiwer en eg word +die outjie se kindergedagtes weergegee! Dan weer Toot in sy huur-kamers, +met 'n konsertiena op die knie, of besig om 'n kinderskoentjie heel te +maak. Goed gesien is dit ook om Outa Booi na die oorlog op Japie Moolman +se geroeste ploeg te laat afkom (p. 85). Deur sulke eenvoudige middels +bereik die skrywer sy doel. Met tallose klein handelinge bou hy vir ons +'n lewende mosaïek.</p> + +<p>Op iedere pagina gee hy blyke van fyn waarneming. Hy het gesien hoe die +wind met die ou ooms se baard speel, hoe die stoffies agter 'n +galopperende ruiter uitslaan en wegkwyn, hoe die wagvure opflikker en +fantastiese skaduwees ronddans. Vir al die wisselinge in die natuur het +hy 'n ope oog—vir die songetinte wolke, die wasige mis op die +bergrande, die wondere van die sterrehemel. Ook weet hy hoe die +steenbokkie "sy eerste bekkie vol soet gras onderuit 'n graspol" afknyp +(p. 195), hoe die rysmiere uit hul gaatjies glip, hoe die muggies "in +sirkels van tallose spikkeltjies wals en sigsag ... oor waterpoele" (p. +102). Telkens weef hy mooi stemmingsstukkies inmekaar, gee hy met 'n +paar trekke die atmosfeer so duidelik aan, dat dit die +werklikheidsillusie versterk.</p> + +<p>Altyd geluk dit hom natuurlik nie. Hy is te veel geneig om iedere keer +weer te praat van <i>gordyn, disk, karmosyn, silhoeëtteer</i>, ens. Op p. 42 +las hy op storende wyse 'n kwasi-astronomiese opmerking in: "Die klein +fonkelende sterretjies is ligte van die eindelose Planete-wêreld ..." +ens. Grotendeels misluk is ook die tekening van Annie Bester voor die ou +harmonium: "In die voorhuiskamer, voor 'n oopgetrekte vensterraam ..." +ens (p. 37-38). Uit allerlei klein besonderhede blyk dat Maré die +toneeltjie alleen as toeskouer beskryf.<a name="FNanchor_307_307" id="FNanchor_307_307"></a><a href="#Footnote_307_307" class="fnanchor">[307]</a></p> + +<p>In <i>Die Nuwejaarsfees</i> word die vrolikheid van 'n klomp olifantjagters, +met forse trekke geteken. Die kaskenades van Oom Klaas, wat 'n ankertjie +egte brandewyn op slinkse wyse bespring, is goed beskryf. <i>Annie +Bester, <span class='pagenum'><a name="Page_191" id="Page_191">[Pg 191]</a></span> +Japie Moolman, Freek en sy perd Bles</i> behandel episodes uit die +vryheidsoorlog. In <i>Wrange Vrugte</i> word 'n geeerde volksraadslid deur +kindergebabbel en die afskietery van klappers op Krismisaand aan sy +verraad in dieselfde oorlog herinner. Die skets gee blyk van 'n goeie +psigologiese insig. Die afskeid van voortrekkers aan Dassieshoek in die +ou Kolonie en die rit van Frans Malan om die laers vir Dingaan te +waarsku, word in twee sketse beskryf. <i>Die Stem van die ou +Kafferkraal-Murasies</i> is 'n poging om die mentaliteit van 'n +Soeloesoldaat te teken, 'n poging, wat herhaal word in <i>Soeloe-Eer</i> uit +die bundel <i>Ou Malkop</i>. <i>Moebie</i> vertel van die tobbery van 'n +kaffermoeder oor haar seun, wat toevalle kry en <i>Joggem Helberg</i> is 'n +jongkêrel, wat in 1863 deur leeus verskeur word. Die eerste druk van +<i>Die Nuwejaarsfees</i> het ook nog bevat 'n retoriese beskrywing van 'n +storm, wat met reg by die twede druk weggelaat is. Drie nuwe verhale, +<i>Wrange Vrugte, Moebie</i> en <i>Joggem Helberg</i> het daarvoor in die plaas +gekom, terwyl tallose taal- en stylverbeteringe gemaak is.</p> + +<p>Onvoldoende taalkennis gee Maré se werk 'n lelike knou. Hy maak foute, +wat skooljongens kan verbeter. Sy interpunksie is swak, sy spelling +treurig. Hy skryf b.v. <i>lysels, geoeffende, vors</i> (fors), <i>vergaarderde, +gesannikie</i>, ens. Die dubbele negatief ontbreek dikwels en anglisismes +is volop o.a. "die hele van die ander dag (p. 42); een onheil, wat moet +plaas neem (p. 56); 'n menende knik (p. 60); afwerk (p. 92); twee meer +veldstoele (p. 105); (ek) lei die weg soheentoe (p. 138); opgelig (p. +141); hy gee 'n ander gapie (p. 148); gesette kake (p. 193); as die +vlamme ... opflaar (p. 201); haar bors ... hewe op en af (p. 225); (hy) +rys hom uit sy sitplek (p. 61); toe het bloedvergiftiging in die been +gesit" (p. 217) ens. ens. Woordskikking en verbuiging van byvoeglike +naamwoorde is dikwels gebrekkig, b.v. "En hy word gou agterna gevolg, na +die plek van bestemming, <i>goed of sleg</i>, deur sy troue manskappe (p. +78); deftig<i>e</i> geklede dames (p. 157); 'n spoelende en bruisend, kristal +stroom water (p. 102).</p> + +<p>Die opdrag om 'n kort skets te skryf, waarin die woorde <i>alleenliks</i> en +<i>nouliks nog</i> nie mag voorkom nie <span class='pagenum'><a name="Page_192" id="Page_192">[Pg 192]</a></span> +sou seker vir Maré die swaarste straf +wees. Tot vervelens toe prop hy dié woorde in alle hoekies en gaatjies, +en naderhand weet hy absoluut nie meer, wat hul eintlik beteken nie! In +<i>Ou Malkop</i> kom selfs voor <i>uiteindeliks</i> (p. 145), <i>oogverblindeliks</i>! +(p. 148), <i>natuurliks</i> (p. 195), en die volgende: "Guillaumet kan geen +woord uitkry van verbasenheid (!) nie en blik die gouverneur <i>alleenliks +net</i> meer in verwondering aan" (p. 198).</p> + +<p>Foutiewe meervoudige vorms soos die volgende kom voor: lofliede (p. +178), sugge (p. 95), streeltjies (p. 94), wandels (p. 131), getjilpe, +gefluite, gebruise (p. 43, 45, 52) ens. Die werkwoord word verkeerd +gebruik in: "Die son kom agter die koppie uit en <i>skitter</i> strale van +goud oor ... (p. 101); 'n vensterraam, waardeur 'n groot hanglamp sy +breë wit lig ... na buite ... <i>stroom</i> (p. 37); tante <i>sweef</i> haar arms +so voor haar uit ... (p. 35). Maar hy <i>gewaarword</i> nie 'n meisie nie (p. +75); Towenaars alleen <i>woon</i> so 'n kluisenaarslewe (p. 131); deur sy +fluksheid het hy gou <i>bevorder</i> tot kommandant ... (p. 209); Uit die +gewoel ... <i>hef</i> 'n nat voorhoof omhoog (p. 211); agtervolg (p. 60); die +doudruppels ... blink en skitter en <i>rol</i> boomstamme orals <i>af</i>" (p. +54).</p> + +<p>Lomp, of heeltemal onverstaanbaar is o.a. die volgende: "Haar gemoed +skiet haar diep (p. 60); Die grasdak ... skep nuwe herinneringe ... te +voorskyn (p. 98); met 'n gefynde oor (p. 79); Ek worstel om van 'n +betowerende wilskrag los te kom (p. 123); 'n stulpende onderaardse skok +(p. 141); 'n Vaal hond ... vlieg ... uit sy skuilplek, haal-haal oor die +gedraai of die ruiter hou-hou met sy karwats agtertoe ... (p. 61); die +vroutjie ... word veronderstel deur haar rokende man langs aan (p. 152); +die agent is toegehul in die geheime; deur al sy omgewings van grootheid +en deftigheid, word geen ondersoek ingestel nie ... (p. 155); nog 'n +terugdeinsende tree vorentoe" (p. 228).</p> + +<p>Die volgende rariteite gebruik Maré ook: geheelal (p. 42); die <i>toeskou</i> +van so 'n klomp waens ... het 'n dagbreek-oujaarsmore net toepaslik +gekleur (p. 14); gewigte rapport (p. 40); 'n staanbeeld uitgehou in +graniet (p. 43); met opgestrekte lippe (p. 56); wyshooftig (p. 70); diep +bewoog (p. 72); Die jonge rapportganger ... arriveer <span class='pagenum'><a name="Page_193" id="Page_193">[Pg 193]</a></span> +terug (p. 114); +opgedoste krygsmanne (p. 125); sissende-vurige dinamiet lonte<a name="FNanchor_308_308" id="FNanchor_308_308"></a><a href="#Footnote_308_308" class="fnanchor">[308]</a> (p. +141).</p> + +<p>Hoe die skrywer soms sukkel, blyk uit die volgende. In die eerste druk +kom voor: "'n toegerankte grennadella stoepie" (p. 43). Dit word in die +twede druk: "'n grenadella gerankte stoep"! (p. 44). Op p. 122 kry ons +weer "'n toegerankte grenadella-veranda".<a name="FNanchor_309_309" id="FNanchor_309_309"></a><a href="#Footnote_309_309" class="fnanchor">[309]</a></p> + +<p>Soms is daar iets telegramagtigs in die styl, meestal veroorsaak deur +die veelvuldige gebruik van verlede deelwoorde. Wanneer Ter Blanche die +voorhuiskamer beskou, lees ons: "'n Mooi aardige skulpaddoppie kom +eindelik onder oog, <i>opgestaan en oorgetree, en</i> dit word gou opgetel +van die tafeltjie, waar 'n groen kleedjie netjies oorgetrek is, <i>en</i> +waarop 'n groot lamp met 'n kleurige oorglas staan, <i>en</i> dit word +noukeurig beskou <i>en</i> bewonder." (p. 56.) Dit is 'n tiepiese voorbeeld +van Maré se verwarde, inmekaargedrukte sinne, slordig aanmekaar +gekoppel. Sulke <i>en-en</i>-reekse is daar soos bossies. "<i>En</i> eindelik +sissend <i>en</i> stomend verlaat die lokomotief die treinstasie stadig, <i>en</i> +onder 'n geween <i>en</i> geskreeu van "hoeré!" <i>en</i> hoede in die lug +opgegooi. <i>En sy</i>(!) trek voort, <i>en</i> nouliks ... ens." (p. 68). Dat die +koppelwoord naderhand glad geen betekenis meer het nie, of heeltemal +verkeerd gebruik word, blyk uit sinne soos die volgende: "Onderwyl hy +besig is, kom die diensmeisie binne, <i>en</i> met 'n silwer teepot, en +sinese koppies en pierings ... (p. 151); Behalwe vir 'n paar opmerkinge +nog oor die mooi onweer, wat diekant in die lug lê, <i>en</i> die seun gaan +haastig vooruit ..." (p. 65). Ook <i>hul-hul</i>-sinne kom voor. "Menige van +die burgers ... is ... in <i>hul</i> distrik teruggekeer as versterking, maar +hoewel in <i>hul</i> eie deel van <i>hul</i> land, was <i>hulle</i> geskei van <i>hul</i> +famielie-betrekkinge, want <i>hul</i> plase was so kaal ... en <i>hul</i> +famielies was almal <i>in</i>gevoer deur die vyand na die kampe ..." (p. 69). +Daar is nog meer sulke herhalings, wat aantoon, dat Maré se klankgevoel +soms erg gebrekkig is. "Bo op die kruin ... bars die son deur ... <i>en +verlig</i> met uitgespreide trillende strale die gras<i>toppe</i> van die +<span class='pagenum'><a name="Page_194" id="Page_194">[Pg 194]</a></span> +berg<i>toppe</i>, <i>en verlig</i> donkere spelonke <i>op</i>(!) (p. 195). Maar hy +gewaarword (!) nie 'n meisie nie wat buite<i>kant</i> <i>kamp</i> drade die<i>kant</i>, +op haar knieë neersak, haar hande tesame omhoog <i>vou</i>, ver<i>trou</i>end op +na die <i>troue</i> heldere wagtertjies bo haar kyk (p. 75); Skerp flikker +die staal mes voor aan die punt van sy ge<i>weer weer</i> ... (p. 76); 'n +gekletter van <i>perde</i>pote van verwilderde <i>perde</i>" (p. 49). Maré is ook +te lief vir langdradige omskrywings, wat soos 'n remskoen op sy +verhaalgang werk. As ons lank al weet wie Annie is, dan hoor ons nog +altyd van "Oom Andries Bester se dogter Annie" of "oom se dogter", (o.a. +p 37, 38).</p> + +<p>Nog 'n paar staaltjies van die skrywer se gebrekkige uitdrukkingsvermoë: +"Die tyd tree weer met haar sikkel soos gewoonlik in, en die uur of so +se vereniging hier word ook eindelik weer die verwyderde sny gegee<a name="FNanchor_310_310" id="FNanchor_310_310"></a><a href="#Footnote_310_310" class="fnanchor">[310]</a> +(p. 73); Daar verlos hy hom gou van sy swaar dik winter jas (p. 147); +baie hartseer luister die oubaas na die laaste koei vanaand op die plaas +se melk ... (p. 93); die generaal halt voor en klim uit sy saal, die +manskappe uit hul saals, en nouliks is al die tooms versamel of 'n paar +burgers kyk voor vasgehoude perde hul maats agter, wat so agter die +leiers aan wegtree, met hul mousers (p. 72); Dan maak ou oom en sy troue +oujong Jonathan stoele en rusbanke uit aardige houtsny uit stinkhout ... +(p. 203); Die hele dorp spring in wakkerte" (p. 80).</p> + +<p>Daar is ook voorbeelde van afgeslyte beeldspraak soos: "deurboorde harte +(p. 74 en 100); eindelik sprei die duisternis ... soos 'n swart kleed +wat neerval (p. 72); die bytende tand (p. 78); die hamer van Tyd" (p. +95). Komiek word dit wanneer ons hoor: "haar bors bewe meteens op en +neer soos die rustelose golwe van die see"!! (p. 60).</p> + +<p>Maar ten spyte van sulke opvallende stylgebreke ontroer Maré se prosa +ons tog, omdat, soos Jan Celliers tereg opmerk in sy voorwoord, hy +"dinge so gesien en gesê het as nog geen ander skrywer in ons land nie". +Sy krag lê nie in die tekening van groot-opgesette tonele <span class='pagenum'><a name="Page_195" id="Page_195">[Pg 195]</a></span> +nie; dit is +die vlugge vegies, waarmee hy op verrassende wyse 'n realiteits-illusie +kan skep. In sy beste werk is daar 'n innigheid, wat die kleinste +voorval beglans met 'n sagte en suiwer lig. Dan klink daar ook op in sy +sinne 'n sterk persoonlike aksent, dan vind hy die juiste woorde om sy +emosie te vertolk. Dit is 'n gebrek aan tegniese vaardigheid, wat sy +werk hier en daar soos skooljongens-geskryf laat lyk.</p> + +<p>Dié gebrek is in sy twede bundel</p> + +<h4>Ou Malkop</h4> + +<p>só markant, dat mens nie anders dan van <i>taalgemors</i> kan praat nie. +Voorbeelde daarvan staan op byna iedere pagina, en sitate word feitlik +oorbodig. Heeltemal misluk is die beskrywing van die ontsporing van die +Engelse trein (p. 41-42). "Hy kom aangestoom en aangedroom op sy +masjienery en hardloop los vooruit met alle krag en verdelgende mag.... +Die bodem van die aarde tril! Dis of die sterre in hul blou firmament +gril met iedere naderende stamp en uit hul gewelf wil losbeef!... 'n +Gehom-mmm! van raddewerk van masjienery!—en meteens! 'n lang ry +swart-kamers hol dol en ril duiselig oë verby!—'n groot windvlaag skep +alles op onder die kranksinnige gedruis! 'n Stulpende onderaardse skok!! +'n donderende donderslag!! en daar omrol 'n stuk swaar ysterwerk soos 'n +kanon in die lug" (p. 42). Dit is magtelose gestamel met viesie- en +taalverknoeiing, wat in die historiese skets <i>Etienne Barbier</i> 'n +toppunt bereik en soms geheel onverstaanbaar word. "Mnr. Guillaumet gryp +<i>sy</i> musiek in die een hand fermer, laat <i>sy</i> krullende kop effens op +<i>sy</i> skouer val en <i>sy</i> basstem rol uit <i>sy</i> breë bors:</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">Ons blink gespande snare!<br /></span> +<span class="i0">Saam 't stem van sangster's hare;<br /></span> +<span class="i0">Roep my hart van Cabo's kuste walm<br /></span> +<span class="i0">Terug na Nederlandse strande kalm!<br /></span> +</div></div> + +<p><i>En</i> daar volg handeklappies onder 'n toejuiging, <i>en</i> deur twenk! +twenk! snare alweer <i>en</i> 'n basstem klink ernstig deur...." (p. 168).</p> + +<p>Enkele staaltjies moet nog gegee word om aan te toon hoe Maré se taal en +styl verwilder het: "Die skaduwees <span class='pagenum'><a name="Page_196" id="Page_196">[Pg 196]</a></span> +dans en flonker hier en daar (p. +11); hy roep protestend deur 'n bol rook (p. 21); Uitgestrekte liggame +van slapende burgers is gedompel en verswak in die diepte van die nag se +boesem (p. 33); 'n opgeheefde sabel (p. 43); en nouliks of hy 's te +voorskyn gekom om te ontwapend (p. 44); met verslaagde oë (p. 53); ek +(het) my die vraag al gesit (p. 72); waar ... hiënas eentonig in +monotoon af en toe tjank (p. 81); ou Loftus ... wat 'n groot moege +glimlag vir hulle dra (p. 128); in 'n verre afwykte land (p. 133); +Borste hewe op en af ... (p. 142); die jagveld (is) nog in die luim van +die vroeë stilte gedompel (p. 154); Die meisie aan die sy van G. tree +die ontvlugte man uit die kasteel te voorskyn (p. 181); Vir 'n oomblik +is die voorgeneemde moordenaar ... in al sy ruheid gestem (p. 190); En +die aand laat, toe daar nog 'n tippie roesrooi in die verre geskiet +langs die verhewende bergkruine opskemer ..." (p. 200).</p> + +<p>Dit alles en veel wat nog erger is staan in die boek wat <i>mirabile +dictu</i> in die jaar onses Heren 1919 deur die Suid-Afrikaanse Akademie +vir <span class='g'>Taal</span>, <span class='g'>Lettere</span> en <span class='g'>Kuns</span> bekroon is met die +Hertzogprys!</p> + +<p>Hier en daar is natuurlik nog enkele gelukkige trekke, wat ons aan die +skrywer van <i>Die Putgrawer</i> herinner. Veral in <i>Fekkie</i>, die verhaal van +'n blomverkoopstertjie en <i>O so 'n harde Hart</i>, waarin die besoekers van +'n kantien geteken word, is daar goeie gedeeltes. <i>Die Liefling van die +Korps</i> gee 'n skildering van die kommando-lewe; <i>'n Wonderlike Ongeluk</i> +en <i>Die ou Poskoets</i> voer ons terug na die ou dae. In 'n brief aan <i>Die +Burger</i> praat Maré van "die onuitputlike bron van die lewes van ons +gewesene Afrikaners" en dit blyk dat veral "die stoere ou +olifants-jagters van 1861 se dae" hom aantrek. "In die algemeen is die +rigting van my strewe om al die goudgeel sonstraaltjies van die verlede +van ons voorgeslagte te herroep en te trag om dit vars te laat bly in +die geheues van ons jong geslag."<a name="FNanchor_311_311" id="FNanchor_311_311"></a><a href="#Footnote_311_311" class="fnanchor">[311]</a></p> + +<p>In die skets <i>Ou Malkop</i> word moralisasies van die skrywer tussen die +gepeins van die kaffer ingevleg en op p. 150 is daar 'n uitweiding oor +"die ou dae". In <span class='pagenum'><a name="Page_197" id="Page_197">[Pg 197]</a></span> +<i>Eensame Prospektors</i> is die dialoog onnatuurlik.<a name="FNanchor_312_312" id="FNanchor_312_312"></a><a href="#Footnote_312_312" class="fnanchor">[312]</a> +Ook in sy portret-tipiek is Maré nie gelukkig nie. As ons lees op p. 82, +dat Van der Walt 'n "dik gedraaide swart buffel-horing snor" het, en as +hy lag "geluide maak soos wat kom van wegdrentelende makoue" (p. 92), +dan ontstaan daar al twyfel; wanneer ons enige pagina's verder hoor, dat +Hoard "'n stywe snor oor die bo-lip soos gevoude swawelvlerkies" het (p. +100), dan versterk dit die suspiesie, dat die opsetlik bedagte kenmerke +meer van 'n lomp toneelspeler afgekyk is, dan na die lewe geteken.</p> + +<p>Sal Maré na 'n paar jaar ernstige studie alle tegniese moeilikhede +oorwin, en ons 'n kunswerk van rype voldragenheid aanbied? Dan vergeet +ons sy jeugdige <i>malkop</i>-onderneming, ten spyte van die +onsterflikheidsstempel van die Akademie.</p> + + +<h3>§ 14. D.P. du Toit.</h3> + +<p>D.P. du Toit is 'n afstammeling van die Du Toits Van Daljosafat, waar hy +groot geword 't. Sy moeder was 'n suster van Ds. S.J. du Toit. Omdat sy +gesondheid toe nie teen plaaswerk bestand was nie, het hy van 1891 af +onder Ds. S.J. du Toit gewerk op die redaksie van <i>Di Patriot</i> en ander +blaaie. In 1896 was hy sekretaris van die eerste Afrikaanse Taalkongres +in die Pêrel en <i>Ons Kleintji</i> het hy feitlik geredigeer onder toesig +van Ds. S.J. du Toit. Later was hy aan verskillende krante verbind, by +<i>Het Westen</i> o.a. as redakteur. Sedert die oprigting van <i>Die Burger</i> is +hy een van die subredakteure van die blad.</p> + +<p>Een van sy toneelstukke, <i>Die Bedriegers</i> is in 1893 geskryf. Wanneer +Melt Brink se toneelwerk buiten beskouing bly, dan is dit die eerste +Afrikaanse stuk wat gedruk en opgevoer is.<a name="FNanchor_313_313" id="FNanchor_313_313"></a><a href="#Footnote_313_313" class="fnanchor">[313]</a> Op Somerset-Oos is dit +vir die eerste maal gespeel. Van Du Toit het verder verskyn die +toneelstukke <i>Geldsug of Jaloesie</i> en <i>Die Herwonne Koninkryk</i>; 'n +roman, <i>Sy Pa se Skuld</i> (1918) en 'n bundel grappige versies +<i>Treinnonsens</i> (1922).</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_198" id="Page_198">[Pg 198]</a></span></p> +<h4>Sy Pa se Skuld.</h4> + +<p>Lina trou teen haar vader se sin met Fred, 'n volbloed skurk, wat met +die huwelik sy finansiële ondergang wil voorkom. Sy word onterf en Fred +moet vlug na 'n hele reeks misdade. Sy seun, Gert boet vir die misdade +van sy vader en word in sy liefde gedwarsboom. Op die ou end kom alles +tog reg en selfs die berouvolle Fred word in sy eer herstel.</p> + +<p>Du Toit doen wel 'n poging om deur te dring tot die innerlike lewe van +sy karakters, maar vir die uitbeelding van 'n geweldige psigologiese +kriesis is hy te huiwerig. "Dis te heilig, ons mag nie probeer om dit na +te speur nie" (p. 99); "Die afskeid sal ons egter nie trag te beskrywe +nie, eenvoudig omdat dit nie kan beskrywe word nie"<a name="FNanchor_314_314" id="FNanchor_314_314"></a><a href="#Footnote_314_314" class="fnanchor">[314]</a> (p. 113). Op +dieselfde manier glip hy oor die smart wat Gert en Lorrie uitstaan as +gevolg van die vervalste briewe. Dit is nie 'n deurleefde verhaal nie, +waarin die roersele van 'n mensehart blootgelê word. Du Toit beskou sy +persone meestal op 'n afstand as belangstellende toeskouer. "Terwyl hy +daar agter die randjie ry, raak hy ons ook uit die gesig" (p. 106). Die +handeling word nie direk in plastiese vorm gegiet nie, sodat iedere +leser onmiddellik sien en hoor wat daar gebeur. Die skrywer self is +telkens aan die woord en deur sy nugter opmerkings en prekerige +uitweidings kom die gebeurde tot ons langs 'n groot ompad, sodat dit nie +tot werklikheid kan vergroei nie. "Nou dis nie nodig om die twee nes hul +skaduwee te agtervolg nie...." (p. 48). "Die betrokke persone het ons +heeltemal uit die oog geraak" (p. 144). Daar is meer sulke aanduidings +van gebrekkige tegniek.<a name="FNanchor_315_315" id="FNanchor_315_315"></a><a href="#Footnote_315_315" class="fnanchor">[315]</a> Die preek oor die teks "Ik stond op het +zand der zee" is 'n nuttelose uitweiding en die lang beskrywing van die +viskopery net so. Die skrywer vertel ons self ewe naïef, dat Gert en +Lorrie <span class='pagenum'><a name="Page_199" id="Page_199">[Pg 199]</a></span> +"ook maar bloed weinig van die hele toneel gesien het"! (p. +151).</p> + +<p>Besonder omslagtig is Du Toit se verhaaltrant dikwels. 'n Enkele keer +besef hy dit self: "Dog ons sal nie op haar hande staan en kyk om te +sien hoe sy werk nie." ens. (p. 51.) Hy vermoei deur 'n langdradige +opsomming van allerlei onbelangrike besonderheidjies (vgl. b.v. p. 212), +terwyl ook die gesprekke met reportage-noukeurigheid weergegee word.</p> + +<p>Die styl verraai die hand van die geoefende joernalis, wat met gemak sy +sinne aanmekaar ryg, sonder juis te streef na skoonheid van klank. Maar +selfs die haastige joernalis mag nie sulke sinne soos die volgende +neerskryf nie: "Hy herinner hom nou goed, so duidelik as kan wees, dat, +toe hy gistraand sy tabaksak uit die sak wou haal sy sakdoek bo-op die +tabaksak in sy sak was, dat hy toe die sakdoek eers uitgehaal het en toe +die tabaksak en toe weer die sakdoek in sy sak gesteek het, en na hy sy +pyp gestop het, het hy die tabaksak somar so onverskillig bo-op die +sakdoek in sy sak gesteek." (p. 104)<a name="FNanchor_316_316" id="FNanchor_316_316"></a><a href="#Footnote_316_316" class="fnanchor">[316]</a> Maar sulke sinne is gelukkig +uitsondering en die styl is deurgaans helder en goed versorg. Om dié +rede veral moet die roman, ofskoon dit geen aanspraak kan maak op hoë +letterkundige verdienste nie een van die leesbaarste Afrikaanse romans +genoem word. "'n Rousteen vir die binnemure" noem die skrywer sy werk +met goeie selfkennis in die voorrede. Voorlopig kan ons sulke roustene +nog goed gebruik, al bestaan daar gegronde rede om te vrees, dat dit +mettertyd sal verbrokkel.</p> + +<p>As 'n voorbeeld van Du Toit se beeldspraak kan die volgende dien: "'n +Vat kan maar 'n sekere hoeveelheid hou. Pomp jy daar meer in, dan loop +dit oor. So is ook die menslike gemoed." (p. 87.)</p> + +<p>Engelse invloed blyk uit die volgende: "'n Man van professie (p. 178); +dit help nie vir ons om oor gestorte melk te huil nie (p. 190); tot my +dooddag toe (p. 207); 'n buig" (p. 160).</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_200" id="Page_200">[Pg 200]</a></span></p> +<h3>§ 15. A. du Biel.</h3> + +<p>A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik +Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in "die bittere +publieke skool van die lewe" het hy al sy kennis opgedoen. Van sy +twaalfde jaar af het hy baie gelees en van kleins af met sy vader lang +reise gedoen. Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir +homself 'n bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir sy ouers +ook op hom geval.</p> + +<p><i>Getrou</i> het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf.<a name="FNanchor_317_317" id="FNanchor_317_317"></a><a href="#Footnote_317_317" class="fnanchor">[317]</a> +<i>Die Misdade van die Vaders</i> het in 1919 verskyn. 'n Nuwe roman, <i>Kain</i>, +wat oor die periode 1870-80 handel is nou in die pers. Op die oomblik +verskyn in afleweringe <i>Oor Berg en Vlakte of Onder die Vierkleur</i>, 'n +verhaal vir die jeug, in die eerste nommer waarvan "pakkende awonture" +in vooruitsig gestel word.</p> + +<p>Die letterkunde beskou Du Biel as "die kragtigste wapen om ons volkie te +ontwikkel". Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika +op te wek.</p> + +<h4>Getrou.</h4> + +<p>Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk, Holland +en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so swak +aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees 't. Moet die +praatjies oor Lodewyk XIV, die "prag en praal van Versailles" en 'n paar +armsalige <i>ma chère's</i> ons nou onder die indruk bring, dat ons in +Frankryk verkeer? Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit +in aanraking nie, en die historiese vliesie is baie dun. Met 'n +komieklike naïwiteit vertel Du Biel ons in beeldspraak, wat baie op die +van Von Wielligh gelyk, hoe hy gesukkel het om "Vader Tyd se rytuig" te +laat stil hou! (p. 142). "Dit neem dan ook heelwat inspanning van die +verbeeldingskrag om die plek voor te stel soos dit twee eeue <span class='pagenum'><a name="Page_201" id="Page_201">[Pg 201]</a></span> +gelede +was, want die meedoënlose hand van vooruitgang spaar nie die oudhede +nie" (p. 141). Dat die koms van die Hugenote was "die stigting van die +Afrikaanse volk" (p. 127), is 'n onjuiste bewering. Verrassend is die +meedeling, dat die sewentiende eeu veral die eeu was "waarin die hele +wêreld sy eie sienswyse wou handhaaf ten spyte van Kristelike liefde, +van reg—ja, ten spyte van die Almagtige" (p. 147). Ook die volgende +slaan ons heeltemal dronk: "As ons die Amerikaanse volk beskou ... dan +vind ons oral 'n diep bewussyn van die majesteit van die Allerhoogste" +(p. 127). Sulke bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n primitiewe +historiese insig het.</p> + +<p>Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. "So 'n +man was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak +sy lewensgeskiedenis was" (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan +pas hy die welbekende <i>sluier-taktiek</i> toe! "Wel, leser, ons sal die +twee vanaand nie verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens +wat te heilig is om aan vreemde oë te ontbloot" (p. 30).<a name="FNanchor_318_318" id="FNanchor_318_318"></a><a href="#Footnote_318_318" class="fnanchor">[318]</a> Gedurig +dring die skrywer homself op die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n +teologiese student en gebruik selfs die dialoog vir sedekundige +verhandelinge.<a name="FNanchor_319_319" id="FNanchor_319_319"></a><a href="#Footnote_319_319" class="fnanchor">[319]</a> Die twee "ou seerobbe", wat op p. 160 begin te +praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou die sewejarige +Marie van Henri se storie (p. 15-20) verstaan het?</p> + +<p>Die verhaal is van die <i>Johannes van Wyk</i>-soort—'n aaneenstrengeling +van awonture—soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheld, wat +wondere verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat +sidder. Die skurk is "nie geheel sleg nie—geen mens is" (p. 99).<a name="FNanchor_320_320" id="FNanchor_320_320"></a><a href="#Footnote_320_320" class="fnanchor">[320]</a> +Tog kom daar van die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van +liefde is vir Du Biel eenvoudig. "Daar is diepe agting in haar hart vir +haar vriend—'n agting wat besig is om in liefde te verander: <i>die +enigste weg</i> waarlangs 'n edele liefde kan ontstaan"! <span class='pagenum'><a name="Page_202" id="Page_202">[Pg 202]</a></span> +(p. 53)<a name="FNanchor_321_321" id="FNanchor_321_321"></a><a href="#Footnote_321_321" class="fnanchor">[321]</a> Die +ingewikkeldste psigologiese prosesse word ons in een sinnetjie +meegedeel. "In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n man geword" (p. +38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus nie bestaan nie, +skyn hy aan heeltemal goeies tog te geloof, want Van Bergen is stroperig +braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok het nie. +Potsierlik is veral die toneel met Juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.)</p> + +<h4>Die Misdade van die Vaders.</h4> + +<p>Veel beter geslaag is <i>Die Misdade van die Vaders</i>. Hier is die skrywer +op meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die +Voortrekker-periode. Jan Alpenveld, 'n misdadiger besluit om aan die +Kaap 'n fatsoenlike lewe te begin. Met sy hoflike maniere verower hy die +hart van Annie Bester, 'n eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van +Petrus Liebenberg, wat verloof was aan sy seun Tjaart. As Oom Petrus +beswaar maak teen die huwelik, vlug Annie met Jan Kaap toe. Annie is die +dogter van "'n roekelose kêrel en 'n hopelose dronkaard" (p. 11 2<sup>de</sup> +druk). "Die Heilige Skrif is vir (Liebenberg) 'n lewendige wet en hy +trag om dit letterlik te volg". Na Annie se vlug sny hy haar naam uit +die famielie-register voor in die Bybel en lees daaruit die vervloeking +plegtig voor: "Die de misdaad der vaderen bezoek aan de kinderen, aan +het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij haten." Jan Alpenveld +raak na enige tyd in die hande van die gereg maar tussen sy seun, +Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie ontstaan weer 'n liefdesbetrekking, +wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek alleen na die +woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot dienste aan die +Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg met die +Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die van +die liefde is.</p> + +<p>Twee motiewe uit <i>Getrou</i> word nog 'n keer gebruik. <span class='pagenum'><a name="Page_203" id="Page_203">[Pg 203]</a></span> +Soos Annette in +haar eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi +praatjies van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner +lewe in Kaapstad en die vername houding van "Graaf Alpenveld". Van +Bergen bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend +word, Alpenveld net so. Die geheimsinnige "Verdwynende Boerewag" is 'n +knap verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van +gifbrakende monsters veg hy teen leeus; die skone dame word nie uit 'n +onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut +van 'n Kafferkaptein.</p> + +<p>Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjies; die vrymaking van +die slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse +van die Engelse sendelinge word bespreek, 'n Poging word gedoen om dit +alles binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings +is kort. "Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel ... en dit is +ook geskiedenis." (p. 124). Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal +tog nie daarin slaag om ons in die volle werklikheid van die +Voortrekkertydperk te plaas nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van sy +gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou gedurig 'n praatjie met die +leser, gee beskouings oor die gedrag van die karakters, las sedekundige +prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop oor drie geslagte, maar +daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al die bewoners van Uitkyk. +Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag geteken word. Selfs waar +dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o.a. met Lenie, kry ons selde die +indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen het. Lenie word ons op +p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker, dat haar vader die +"kundigheid"(!) waardeer, ofskoon ons van die waardering nooit iets merk +nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer aan Lenie se digterskap +herinner en 'n gediggie "wat sy in dié dae gemaak het" word meegedeel. +"In die dae" is net voor die Groot Trek, maar op p. 141 word ons +vertel—dis nou 'n goeie paar maande later—dat van dieselfde gedig, wat +ons al klaar gelees het nog net "enkele reëls" geskryf is! <span class='pagenum'><a name="Page_204" id="Page_204">[Pg 204]</a></span> +Deur sulke +onhandige sette<a name="FNanchor_322_322" id="FNanchor_322_322"></a><a href="#Footnote_322_322" class="fnanchor">[322]</a> is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde +persone altyd sien Meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter +Theal, Cory en ander historisie!</p> + +<p>"In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel +in al sy naaktheid...." (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie, +wat so dikwels in <i>Getrou</i> voorkom.<a name="FNanchor_323_323" id="FNanchor_323_323"></a><a href="#Footnote_323_323" class="fnanchor">[323]</a> Van wat in die siel van +Nikolaas en Lenie omgaan na die indrukwekkende vervloeking deur Oom +Tjaart hoor ons weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas +"lyk jare ouer: die gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in +plaas daarvan staat erns geskrywe" (p. 98).—"Arme Lenie! Sy is nou maar +slegs die gees van wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik +op haar gesig is onvergeetlik" (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel +beter in om ons te laat voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas +tevergeefs stry. Die vloek wat op hom rus deur sy geboorte kan selfs +deur sy dapperste dade nie weggeneem word nie. "Die misdade van sy +vaders" maak 'n volkome rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en +dat hy sy lewe opoffer vir dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit +hul gemeenskap stoot is 'n treffende kliemaks van 'n eg-menslike drama. +Met sy dood is die drama uit, en die slothoofstuk verswak alleen die +indruk.<a name="FNanchor_324_324" id="FNanchor_324_324"></a><a href="#Footnote_324_324" class="fnanchor">[324]</a> Lenie behoort aan niemand anders as aan die gevalle held +nie.</p> + +<p>Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word <i>Die Misdade van die +Vaders</i> iets meer dan 'n gewone awonture-verhaaltjie. Die moralisasies, +wat 'n groot gedeelte van die roman inneem is van dieselfde gehalte as +in <i>Getrou</i>. Daar is geen sprake van mooiheid van segging of +oorspronklikheid nie. "Hoe wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik; +niks bly vir een enkele uur geheel dieselfde nie." (p. 124.) Van sulke +afgesaagde bewerings krioel die boek. Of anders kry ons twyfelagtige +stellings <span class='pagenum'><a name="Page_205" id="Page_205">[Pg 205]</a></span> +soos die volgende: "Dit is een van die wonders van die +skepping dat dit in die mag van die mens is om te word wat hy verkies" +(p. 50).</p> + +<p>"Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en eenvoud", +verklaar Prof. J.J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit +seker, maar dit mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het +nie. Daar is niks persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer +deur fynheid van segging of klank, nie. Dikwels stuit ons op 'n +eentonige "hul-lerigheid" "<i>Hul</i> wou blomme pluk. Plotseling het <i>hul</i> +'n aantal Kaffers na <i>hul</i> sien aankom, en <i>hul</i> het begin hardloop. +<i>Hul</i> het gou gesien dat <i>hul</i> nie sou voorbly nie, en het na 'n dik +plek bosse weggedraai, waar <i>hul</i> gedink het dat <i>hul</i> miskien kon +wegkruip. <i>Hul</i> het die bosse gehaal; maar <i>hul</i> was doodmoeg, en die +Kaffers was kort agter <i>hul</i>. <i>Hul</i> moed was al byna op, toe <i>hul</i> by 'n +erdvarkgat kom." (p. 187.)</p> + +<p>In die taal is daar 'n paar anglisismes, onder meer die volgende: +"watter goeie doeleinde kan dit dien (p. 98); ontdoen" (p. 132, 228). In +<i>Getrou</i>: "En die dogter, is sy <i>skoon?</i> (Hollandisme).—O ja, sy is +gangbaar (p. 39); sy is in geen haas om terug te gaan nie (p. 92); +vroulike vorms" (p. 48). Die gebruik van <i>beken</i> en <i>erken</i> (p. 65, 71), +gelaster (p. 86)<a name="FNanchor_325_325" id="FNanchor_325_325"></a><a href="#Footnote_325_325" class="fnanchor">[325]</a> is verkeerd.</p> + + +<h3>§ 16. Mevrou M. Jansen-Pellissier.</h3> + +<p>Martha M. Pellissier is gebore op Bethulie. Haar grootvader was 'n +Franse sendeling. Aan die Hugenote-Kollege het sy in 1909 die B.A. graad +behaal, daarna onderwys gegee in Pieter-Maritzburg en in 1912 in die +huwelik getree met Advokaat E.G. Jansen L.V. Vir jare al is sy een van +die stuwende kragte van die Afrikaanse saak in Natal. Vir verskillende +vereniginge het sy ge-ywer en onder haar leiding het die Saamwerk-Unie +die eerste openbare eksamens in Afrikaans gehou. In verband met die +eksamens het sy haar ook toegelê op taalstudie en met medewerking van +C.M. Booysen <span class='pagenum'><a name="Page_206" id="Page_206">[Pg 206]</a></span> +'n Afrikaanse grammatika geskryf. Haar <i>Brandwag</i>-verhale +is in 1919 gebundel onder die tietel <i>Die Veldblommetjie en andere +Verhale</i>. Verder het sy nog geskryf <i>Afrikaner Harte</i>, 'n toneelstuk.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Die meeste verhale in <i>Die Veldblommetjie</i> het 'n duidelike strekking. +Dit is veral pedagogiese en seksuele vraagstukke, wat behandel word. +"Die skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n +bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het" sê Dr. W.M.R. Malherbe in sy +voorwoord. Daar is eintlik drie "veldblommetjies". Een volbring haar +kinderplig ten spyte van die ontevredenheid van haar verloofde, die +ander twee word verlei deur die skynskoon van die wêreld. <i>Waarom die +Agteruitgang?</i> is geskryf "uit oortuiging dat die agteruitgang van ons +mense op godsdienstig gebied grotendeels toe te skrywe is aan die feit +dat Afrikaans nie van die kansel gebruik word nie ..." (p. 47).</p> + +<p>Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word +op so 'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of +direkte les kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy +die situasie gewoonlik en eindig met 'n melodramatiese slot, wat soms +nogal onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te +lê op die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek<a name="FNanchor_326_326" id="FNanchor_326_326"></a><a href="#Footnote_326_326" class="fnanchor">[326]</a> en +beskouings oor die gedrag van die karakters ingevleg.<a name="FNanchor_327_327" id="FNanchor_327_327"></a><a href="#Footnote_327_327" class="fnanchor">[327]</a></p> + +<p>As gevolg van dié werkwyse het <i>Die Veldblommetjie</i> 'n bydrae op +nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat, +en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kultuur. Uit 'n +letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n +tendens afgekeur word. Die vernaamste fout is "that the moral suggests +the tale far more frequently than the tale suggests the moral"<a name="FNanchor_328_328" id="FNanchor_328_328"></a><a href="#Footnote_328_328" class="fnanchor">[328]</a>. +"Zoodra je de bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de +menschen onder den invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders +niet zouden hebben, moet je het <span class='pagenum'><a name="Page_207" id="Page_207">[Pg 207]</a></span> +leven een beetje verwringen, datgene er +uitkiezen, waardoor die ideeën worden opgewekt, en zoodoende een +eenigszins valsch beeld geven van het leven."<a name="FNanchor_329_329" id="FNanchor_329_329"></a><a href="#Footnote_329_329" class="fnanchor">[329]</a> Dit is 'n gevaar +waaraan die skryfster in haar ywer om ons oor te haal tot haar +opvattings nie ontsnap nie, maar dit geld meer die bou en opset van die +verhale, want in die uitwerking van details word ons dikwels getref deur +raak tekening van die lewe op plaas en dorp. Natuurlik kan tendensieuse +werk ook goeie kuns wees. Volgens Frederik van Eeden is die verskil +tussen goeie en verkeerde tendens-literatuur dit: "dat de kunstenaar, +die een zuiver kunstwerk maakt, daarbij wordt bewogen door de schoonheid +van zijn idealen, ook al zijn dit ethische idealen. De mensch, die +onzuiver werk maakt, denkt om den invloed, dien hij op anderen zal +hebben, tracht zijn lezers over te halen tot zijn overtuiging. Dit nu +kan een echt kunstenaar als zoodanig niets schelen. Die let alleen op de +schoonheid van hetgeen hij voor zich ziet. Let u op een van de +hoofdwerken van Shelley, dan voelt u, dat hij in grenzelooze bewondering +is voor hoog-menschelijke eigenschappen. Maar u merkt niet in hem de +kleinste poging om iemand te bekeeren tot zijn opvattingen. Als die +bekeering komt, dan moet ze komen door de schoonheid van wat hij te +aanschouwen geeft."<a name="FNanchor_330_330" id="FNanchor_330_330"></a><a href="#Footnote_330_330" class="fnanchor">[330]</a></p> + +<p>Bedenklik lyk my die houding, wat Professor Jan +F.E. Celliers in sy voorwoord by die sketse <i>Uit die Lewe</i> van Gawie J. +Otto aanneem teenoor strekkings-literatuur. "Die meeste sketse laat hy +heeltemal vir hulselwe spreek. Dog as egte Afrikaner, wat voel vir sy +volk, sien hy met besorgdheid hoe gebruike en sede onder ons verander, +en nie altyd in voordelige sin nie. Daarom verwyl hy graag met liefde by +herinneringe uit die verlede ... en kan hy nie nalaat nie om nou en dan +voor die ligbeeld te tree wat hy op die doek gooi en 'n paar ernstige +woordjies met ons te praat.... So 'n opbouende strekking vra nie in die +eerste plaas of hierdie of daardie opvatting van kuns daarmee tevrede is +nie; en dit was maar altyd en oral die kenmerk van <span class='pagenum'><a name="Page_208" id="Page_208">[Pg 208]</a></span> +die letterkunde van +'n jong volk, wat vir sy opbou waarskuwing en lering nodig het. Van die +ouere skrywers is daar menigeen wat ook, so tussenin, gemoedelik met ons +kan gesels." Die sedeprekery in ons letterkunde kan op dié wyse nie +geregverdig word nie. Aan 'n letterkunde wat in die begin van die +twintigste eeu pas ontluik, moet tog ander eise gestel word, dan aan die +van volke wat al vyf of ses eeue bestaan. Is daar dan miskien sedert die +tyd van Maerlant b.v. geen vooruitgang in kunsbegrip gewees nie? Moet +ons literatuur dan opgebou word op hopeloos verouderde beginsels? Die +Europese volke van vandag het seker nog net soveel "waarskuwing en +lering" nodig as in die tyd van Maerlant, en tog is daar geen enkele +kunstenaar, wat nou nog b.v. natuurlike historie op rym gee nie. As ons +skrywers voortgaan met die "gemoedelike geselsery" en sedeprekery, dan +kry ons 'n versameling van traktaatjies en geen letterkunde nie. Wanneer +iemand sketse <i>uit die lewe</i> skryf, dan moet dit só lewend wees, dat die +skrywer nie nog met 'n stokkie by sy beeld hoef te staan en preek nie. +Teken hy die egte Boereseuns, dan sal ons vanself weet, dat hy nie die +"bioskoopaanbidders, sigaretteverslinders, ens." bedoel nie. (p. 16.)</p> + +<p>"Al wat werkelijk schoon is geeft een zekere veredeling en heeft +daardoor ook overeenkomst met godsdienstige dingen. Als iemand die goed +begrijpt en als iemand een stuk kunst goed begrijpt, dan wordt hij +daardoor tot nadenken gebracht en dan wordt hij er ook beter door. Het +zal ethisch werken, zooals ook de muziek ethisch werkt ..."<a name="FNanchor_331_331" id="FNanchor_331_331"></a><a href="#Footnote_331_331" class="fnanchor">[331]</a> Op dié +wyse werk die kuns mee tot die opheffing van 'n nasie. Die dae van Vader +Cats is verby. Ons het tot die oortuiging gekom, dat "juist het +aller-subliemste in den mensch, het edelste, door iemand die er +didaktisch naar zou streven niet kan worden bereikt ... Zoodra je +didaktisch te werk gaat, moet je de menschen al redeneerend er toe +brengen goed te zijn. Maar wanneer je de menschen kunt ontroeren door +schoonheid, dan worden zij vanzelf goed."<a name="FNanchor_332_332" id="FNanchor_332_332"></a><a href="#Footnote_332_332" class="fnanchor">[332]</a></p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_209" id="Page_209">[Pg 209]</a></span> +Enkele verhale in <i>Die Veldblommetjie</i> is sonder strekking. <i>Ons +Heldinne</i> beskryf die tyding van vlugtende vroue gedurende die +Anglo-Boere-oorlog; <i>Andries</i> is 'n grapperige vertelling van die +makmaak van 'n kwaai vrou en <i>Die Storie van 'n Lam</i> 'n goeie +kinderverhaal.</p> + +<p>Die skryfster het 'n aangename verteltoon, wat alleen in <i>Liefdeswee</i> +spore van retoriek vertoon. Hier hoor ons o.a. van <i>hartsnare</i> (p. 177) +en dat "die tand van twee lange jare byt" (p. 183). Ook die beeldspraak +word troebel: "In sy donkere kykers, skuil daar nou weemoedige skaduwees +wat die weerkaatsing is van die soet-suur liefdesbrand in die hart" (p. +174). Die styl is egter deurgaans helder en natuurlik. In <i>Liefdeswee</i> +is daar 'n paar mooi brokkies natuurbeskrywing. Enkele anglisismes kom +voor, o.a.: "Perderuiters ... dring hul 'n weg deur die skaar (p. 24); +ek gaan vir 'n wandeling (p. 42); Tante ... haas na die kombuis (p. 88); +klok-gesig (p. 111); die kinders neem daar 'n pret in" (p. 142).</p> + +<p>Foutief is: "eikeboom, <i>wie se</i> spreiende takke (p. 154, 171) en +<i>gesuiwer</i> (p. 115). Die dubbele negatief ontbreek ook soms.</p> + + +<h3>§ 17. J.H. Malan.</h3> + +<p>J.H. Malan is in 1874 op Groenberg, Wellington gebore. Sy eerste +onderwys het hy van C.P. Hoogenhout ontvang. Van 1894-1897 was hy +onderwyser in die Vrystaat. Daarna het hy verder gestudeer en tydens die +Anglo-Boere-oorlog Hollands gedoseer aan die Hoëre Skool op Seepunt. In +1904 begin hy sy joernalistieke loopbaan by die <i>Re-Echo</i>. Vervolgens +het hy gewerk by <i>Het Zuid-Westen</i> en <i>Het Westen</i>. In Potchefstroom was +hy ook redakteur van die tydskrif <i>Werda</i>, wat vir ongeveer 'n jaar +bestaan het. Op die oomblik is hy op die redaksie van <i>Die Volksblad</i> in +Bloemfontein.</p> + +<p>Na die drie-jarige oorlog het Malan sy historiese ondersoekings in die +argiewe begin en 'n versameling van Africana aangeleg. <i>Boer en Barbaar</i> +het in 1913 verskyn,<a name="FNanchor_333_333" id="FNanchor_333_333"></a><a href="#Footnote_333_333" class="fnanchor">[333]</a> <span class='pagenum'><a name="Page_210" id="Page_210">[Pg 210]</a></span> +'n toneelstuk <i>Na Olikheid kom Vrolikheid</i> in +1917, en <i>Die Swerweling</i> in 1921.</p> + +<p>Tydens die veldtog van Dr. W.J. Viljoen ten gunste van die +Vereenvoudigde Spelling het Malan in <i>Ons Land</i> vir Afrikaans gepleit +onder verskeie pseudonieme, soos <i>Cabo, Bonhomie</i>, ens. Op +joernalistieke gebied is hy as <i>Oom Fanie</i> bekend. Hy het o.a. deur die +halfkroon-fonds £4000 vir Generaal De Wet se boete ingesamel. Vir sy +aandeel in <i>Die Dolosgooier</i> van Joubert Reitz word na die bespreking +van dié boek verwys.</p> + +<h4>Die Swerweling.</h4> + +<p><i>Die Swerweling</i> is "'n verhaal uit die tyd van die Franse Hugenote in +Drakenstein". Lambert Lourier, wat in Frankryk baie Hugenote oor die +grense gebring het, word in Suid-Afrika "'n onverbeterlike makdroster, +swerweling en niksdoener" (p. 165). Hy is 'n sieltjie sonder sorg, wat +"geen staanplek in hierdie wêreld (wou) hê nie." (p. 40.) "Ek is wat ek +nog mag word. Ek glo aan geen instelling van die mens nie" (p. 47). Sy +vernaamste besigheid is dan ook rondkuier, jag en ipocras drink by die +landdros, Samuel de Meurs, wat ook vroeër Hugenote gehelp 't om te +ontvlug. Van dié vlugtelinge woon daar ook in Drakenstein, en in die +smidswinkel ontdek Danie Hugo, dat Lambert die melkjong van die Orleanse +klooster, en De Meurs die brandwag was, wat hom so fluks gehelp 't om +met die meisies Anne en Jeannette te ontsnap. Anne het die vrou geword +van Pierre Rousseau, maar Jeannette, Hugo se verloofde het aan die +ontberings op die vlug beswyk. Lambert toon 'n neiging om sy +swerwersbestaan op te gee as hy verliefd raak op Anna, die dogter van +Rousseau. Maar hy verspeel sy kanse, omdat sy Kaapstadse "pepermintjie" +Isabella so vrypostig met hom omgaan. Nadat Danie vir Anna uit die see +gered 't, kry sy die ou-jonkman lief, terwyl Lourier troos soek by +Isabella. Op voorspraak van sy vrinde, benoem die Goewerneur, Louis van +Assenburgh, Lourier tot onder-stuurman op die retoervloot en op die +Amsterdamse skeepstimmerwerf vergeet hy al sy swerwersideale en word 'n +rustige werksman.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_211" id="Page_211">[Pg 211]</a></span> +<i>Die Swerweling</i> is 'n historiese roman, die hoofdoel waarvan die +aanbrenging van geskiedkundige kennis is. Daar is tallose historiese +uitweidings o.a. oor die vervolging van die Hugenote in Frankryk, die +politiek van die Oos-Indiese Kompanjie, ens. Uit allerlei besonderhede +blyk ten duidelikste dat hier 'n historikus, wat jare lank met groot +toewyding in argiewe sy gegewens bymekaar gesnuffel het aan die woord +is. "Dit is 'n jammerte dat geen enkele brief uit die tyd bewaard gebly +is nie in sover dit die Kaapse Hugenote aangaan" (p. 17). Soms deel hy +sy kennis op betogende wyse mee, soos in hoofstuk V, of anders laat hy +iemand 'n opsetlike vraag stel. Anne wil weet, wat vir mense die +Dragonders is (p. 20); Anna vra: "Maar wat is nou eindelik (eintlik?) +die galeie? (p. 22); De Smit: "Maar Aploon, wat is nou eintlik die +Buddhisme? (p. 59); en op p. 105 vra Anna weer: "Maar wat doen die +Hugenote en die misdadigers dan nou eintlik op die galei?" En so is daar +meer voorbeelde, wat ons telkens laat voel, dat ons hier met geen +<i>mense</i> te doen het nie, maar alleen met 'n skrywer, wat onder allerlei +vermomming sy byeengegaarde kennis aan die man wil bring.</p> + +<p>"Koopmans heeft voor eenige jaren in <i>De Beweging</i> (III jg.) den +historischen roman vergeleken bij die eigenaardige soort van publieke +vermakelijkheden, die zich toen nog wel als aanhangsel van +tentoonstellingen, onder den naam van Oud-Antwerpen, Oud-Dordt, +Oud-Holland en wat niet al voordeden. Een oudheidkundige en een +architect zetten zich aan het werk; oude prenten worden geraadpleegd, en +oude kaartboeken en werken over meubel- en kostuumkunde opgeslagen en +daar verrijst na wat passen en meten, wat "woekeren met de ruimte" een +marktpleintje met een straatje en een grachtje, overschaduwd door +vierjarige iepen, alles opgebouwd uit pleister, paklinnen, riet en +bordpapier. Een vroegere keukenmeid komt er u misschien als +oud-Hollandsche kellnerin een potje peuzelaar uit Heineken's brouwerij +brengen. Ge krijgt een oogenblik een gezellige illusie, maar dat is het +frissche, rijke leven niet. Gij houdt ten slotte het besef, dat alles +maar komedie en aanstellerij is, midden in de moderne maatschappij. +Achter gindsche <span class='pagenum'><a name="Page_212" id="Page_212">[Pg 212]</a></span> +schutting, die het raadhuis voorstelt, snort de +electrische tram voorbij."<a name="FNanchor_334_334" id="FNanchor_334_334"></a><a href="#Footnote_334_334" class="fnanchor">[334]</a></p> + +<p>Die vergelyking pas op <i>Die Swerweling</i>, want ten spyte van die +argaïstiese tintjie in die styl, ten spyte van al die moeite wat die +skrywer gedoen het om histories juis te wees in die skildering van die +omstandighede, gewoontes, huisraad en klere van die Kaapse Hugenote voel +ons direk, dat dit 'n bordpapiere wêreldjie is, wat ons die moderne +werklikheid nie laat vergeet nie. Die indruk word nog versterk deur die +gebruik van sulke outydse foefies soos die volgende: "Ons mag 'n +gedeelte van die gesprek by die voordeur afluister, solang die slaaf in +die kombuis aan slaap is ..." (p. 92); As 'n mens 'n dag na die gebeurde +in die vorige hoofstuk vermeld, en dit kort na sonsondergang, saggies by +die opestaande gang binnestap en by die deur links in die kamer kyk, sou +'n mens 'n meisie van omtrent 19 jaar oud voor 'n groot spieël het sien +staan." (p. 144.) So teken die moderne kunstenaar nie. Die laat ons geen +gesprekke by die voordeur afluister nie, maar plaas ons in die volle +realiteit, omdat hy met sy eie persoonlikheid die lewe van sy +uitgebeelde persone deurleef het. "Il faut que la réalité extérieure +entre en vous; <span class='g'>á nous en faire crier</span>, pour la bien reproduire", +sê Flaubert.</p> + +<p>Mens is halfpad deur die boek voor jy weet wie Anna en Anne is en die +ongelukkige gelykluidendheid van die name gee aanleiding tot +kindergestamel. "Anna mag wel verliefd op Lourier wees of word, maar dit +sal ten minste nie met die toestemming van Anne wees nie, as Anne weet +dat hy van Anna meer as van 'n vriendin hou." (p. 83.) Anna openbaar in +haar liefde so 'n netjies-redenerende nugterheid, dat ons twyfel aan die +egtheid van haar gevoel. Dit geluk haar uitstekend om haar vader se raad +op te volg. Sy moet "met Lourier se innerlike karaktertrekke soveel +moontlik in aanraking ... kom ... met intoming van gevoelens, sodat daar +'n terugtrekking kan wees" (p. 127). As Lambert by haar aandring op 'n +beslissing, dan antwoord sy ewe verstandig: "Dit is ingewikkeld vir 'n +meisie van my jare en onbedrewenheid om alles <span class='pagenum'><a name="Page_213" id="Page_213">[Pg 213]</a></span> +so haarfyn oor my +verlange en my wense uit te pluis en te beslis." (p. 133.) Tog het sy +hom werklik lief, maar na die onthullings in die bootjie volg daar so 'n +plotselinge ommekeer in haar gevoelens, dat dit baie op geestelike +akrobatiek gelyk. Vóór die bootongeluk het sy vir Hugo "nie die minste +ontferming of vriendelike nagedagte nie" (p. 168), maar kort daarna +"huil (sy) bitter en lang in haar pynlike verlange na hom" (p. 175). Sy +is ongetwyfeld 'n "fatsoenlike dame", wat heel verstandig handel en +weinig las het van 'n impulsiewe Franse temperament, maar in so 'n +koel-berekende "liefde", waarby finansiële oorwegings 'n groot rol +speel<a name="FNanchor_335_335" id="FNanchor_335_335"></a><a href="#Footnote_335_335" class="fnanchor">[335]</a> is niks wat ons deur skoonheid ontroer nie.</p> + +<p>Dat Lourier "die onverbeterlike swerweling en niksdoener" so 'n rustige +ambagsman in Amsterdam word, waar hy "'n verantwoordelike en winsgewende +pos" beklee (p. 198) is ook in stryd met die gewone menslike geaardheid.</p> + +<p>Hugo, "die verstandige, kalme figuur aan die Bergrivier" (p. 125) bly +ook meestal doodbedaard. Hy vind dit heeltemal billik, dat Anna "die man +se innerlike (moet) leer ken, wat verlang dat hy haar lewensgesel sal +wees" (p. 84). En as dit blyk dat sy verwagtings op 'n sandbank gebou +is, bring Pascal hom tot die heldhaftige besluit: "Hy sal losbly van +homself(?), om nie te verlang nie, dat sy vir hom liewer as vir 'n ander +sal hê en dit net omdat hy vir haar lief het" (p. 116). Van lange duur +is die filosofiese wysheid egter nie, want hy gaan slaap "met die +gedagte wat streef om die holligheid in die huis en haard tog eenmaal op +te vul met die geluk waarna hy in sy troostelose allenigheid smag" (p. +117). Dit kom my voor dat die neiging van die outeur om in die persoon +van Hugo die Hugenote te idealiseer hom hier parte speel. "Hy (behoor) +ook groot genoeg te wees om vir hom (aan 'n teleurstelling) te +onderwerp, soos hy met sy geloofsgenote gewoon was om te doen" (p. 116). +Maar van die grootheid merk ons nie veel nie, want as hy gaan slaap, +verlang hy al weer na Anna, doen <span class='pagenum'><a name="Page_214" id="Page_214">[Pg 214]</a></span> +hy dus presies, wat hy hom voorgeneem +'t om nie te doen nie!</p> + +<p>Die slemppartye van Lourier en De Meurs is miskien die besgeslaagde +toneeltjies in die boek. De Meurs met sy toegeknipte oog en knorrende +brak. Lambert in sy astrante vrindskaplikheid is goed geteken, terwyl +die dialoog meestal fris en lewendig is. Hoe styf en onnatuurlik word +dit egter op ander plekke! "Ja, as dit (die liefde) die diepte van die +ware moederliefde het en 'n vermeende liefde nie 'n bandelose drif is +nie wat te dikwels en helaas, al te gou tot 'n ontnugtering van die +werklikheid (?) kom." Sulke en nog swaarwigtiger betoë lewer Jacob de +Smit op p. 137. Hy praat van "'n nimmereindigende lewenswroeging", +terwyl ook Isabella so deftig soos 'n dominee redeneer: "Jy sien daar so +beteuterd en ontredderd na liggaam en siel uit, asof jou sterwensuur +naby is." De Smit vertel Lourier dat sy ouershuis "nou 'n droom, 'n +ysingwekkende, nimmereindigende herinnering (is). Terwille van (sy +moeder) het (hy) nog teen die verdrietelikhede van die lewe manhaftig en +hygend geworstel...." (p. 46). De Smit met sy triestige beskouings moet +dien as teëhanger van Lambert Lourier met sy lugtige swerwersnatuur. +Maar die hele selfmoordepisode behoort tot die swakste gedeeltes van die +boek. Malan verstaan nie die kuns om deur intuïtiewe deurdringende +details sy persone te laat leef nie en De Smit bly vir ons 'n skim. Sy +teatrale lamentasies mis alle egtheid en die tekening van sy geval is so +alledaags, dat dit by ons geen dieper gevoel opwek nie dan soortgelyke +berigte, wat ons af en toe terloops in 'n krant raaksien.</p> + +<p>Die onverstaanbare praatjies van Aploon oor Boeddhisme lyk baie na +onhandige vertalings uit 'n handboek oor Oosterse wysbegeerte. Onder +ander sê hy: "Die mens het geen eie ek nie. Hy bestaan uit 'n +liggaamlike uiterlike gevoel, waarneming, begeerte en bewussyn wat hy +hom kan verbeel en as hy sterf, plof dit almal uiteen" (p. 59). Die +vertalings uit Pascal is ook nie almal gelukkig nie "Die teenwoordige is +nooit ons <i>end</i> nie...." (p. 115). Die Franse teks lui: "Le présent +n'est jamais notre fin: le passé et le présent sont nos moyens; <span class='pagenum'><a name="Page_215" id="Page_215">[Pg 215]</a></span> +le seul +avenir est notre fin".<a name="FNanchor_336_336" id="FNanchor_336_336"></a><a href="#Footnote_336_336" class="fnanchor">[336]</a> Dit lyk baie of 'n Engelse vertaling Malan +hier op 'n verkeerde spoor gebring 't, want uit die verband blyk dit dat +Pascal wou sê: Die teenwoordige is nooit ons <i>doel</i> nie. Onduidelik is +ook Malan se vertaling van: "Si nous naissions raissonnables et +indifférents, et connaissant nous et les autres, nous ne donnerions +point cette inclination à notre volonté.<a name="FNanchor_337_337" id="FNanchor_337_337"></a><a href="#Footnote_337_337" class="fnanchor">[337]</a> "As ons +onverskillig—oplettend...." ens. (p. 115).</p> + +<p>Onverstaanbaarheid is 'n vaste kenmerk van Malan se styl. Telkens stuit +mens op sinne, wat jy drie of vier keer moet lees, voordat dit op 'n +manier duidelik word. Sy verwronge uitdrukkingswyse laat mens dink aan +'n swaargelaaide wa, wat kreun-kreun teen 'n knaende opdraand uitgesleep +word.</p> + +<p>Die duisterheid word meestal veroorsaak deur 'n onbeholpe sinsbou en +woordskikking, of 'n verwarde gedagtegang. "'n Halwe of hele bottel wyn +by glasieswyse genuttig in 'n aand deur een persoon, is nie juis beskou +deur die fatsoenlikste in die land nie, dat 'n mens op 'n ongeoorloofde +wyse oor jou maat gaan." (p. 92); "Ek snap dit nie, maar ek glo dat 'n +Indiese bende ook in die rigting van die onsienlike en harmonie vir +hulle beweeg" (p. 122); "Daarmee is hulle die aand, byna histories vir +die famielie se geskiedenis uitmekaar" (p. 126); "Hugo redeneer, dat +hier daar nou 'n mooi geleentheid moontlik sal kom ..." (p. 101); "Die +okkultistiese wysbegeerte ... had 'n vèrreikende invloed op die +ongelukkige man, waaroor hy dae lang steeds gedroom en met sy eie +toestand vergelyk het." (p. 61); "In geen land is 'n somersnag +bekoorliker nie as in Suid-Afrika.<a name="FNanchor_338_338" id="FNanchor_338_338"></a><a href="#Footnote_338_338" class="fnanchor">[338]</a> Die suidooste wind het af en toe +die dag gewaai en alhoewel dit in Olifantshoek byna pynlik was, die +alom-besielende stilheid in die natuur, kon die aanhoudende dreuning van +die "Sedoos" se geblaas ... nog duidelik gehoor word ..." (p. 132); "Vir +sy onderwyserskap wil <span class='pagenum'><a name="Page_216" id="Page_216">[Pg 216]</a></span> +hy verhoging van traktement hê, wat maar twee dae +in 'n week ... duur" (p. 12); "Dit was ons leiers se grootste fout +gemaak, dat hulle ..." (p. 19); "Vir haar skyn daar met 'n oormate van +poeier aan die gesig, voorligting oor betaamlikheid en stemmigheid +sonder suur en spraakloos te wees, ten minste ontbreek te hê" (p. +144-5).<a name="FNanchor_339_339" id="FNanchor_339_339"></a><a href="#Footnote_339_339" class="fnanchor">[339]</a></p> + +<p>Naas meer sulke voorbeelde kom daar nog baie staaltjies van onbeholpe +styl en verkeerde woordgebruik voor, waarvan enkele voorbeelde ter +tiepering gegee word: "Die geplas van die strooidak neerstromende water" +(p. 15); "oorstelp" (p. 64); "En as hy met ander honde op straat brutaal +is, dan as hy aan die kortend kom, vlug hy tussen sy baas se bene, wat +sy Nimf ... dan met sy stok verdedig" (p. 69); "ontbreek" (p. 72); "Toe +hy sy hand bo sy oë hou, om die gedaante ... te ontsyfer" (p. 74); +"herinner" (p. 124); "onderhoud" (p. 135); "Hy het ... so skokkend +geskrik" (p. 149); "bevel" (p. 178).</p> + +<p>Storende herhaling van dieselfde woord kom maar al te dikwels voor: "Hy +kan moontlik Hugo se sukses al onmoontlik gemaak het; +ongetwyfeld—sonder twyfel; belangstelling ... gestel het of stel" (p. +82-3); "weer ... weer ... weer" (p. 86, in een sin); so ook "buurman" +(p. 102); "Toe was sy ook etlike male voor die spieël en vol van mooie +bespiegelings oor haar indrukwekkende postuur ..." (p. 146); "almal ... +almal; wispelturige; Daar was ten minste 'n kenlike gemoedsvrede ... in +die kombuis van Pierre Rousseau kenbaar" (p. 9); ens.</p> + +<p>Die beskrywing van die verjaardagfees op die kasteel in Hoofstuk XVII +mag in alle opsigte histories juis wees, maar met kuns het dit seker +niks te maak nie. "Eindelik tree die goewerneur, onder menigvuldige +buigings van die gaste ... binne. Daaronder word opgemerk, onder meer, +landdros de Meurs, lede van die Politieke Raad, ander vernaamste +ingesetene van die stad.... Isabella was in 'n platgeplooide swart +syrok, mevr. luitenant Rheede in 'n polonnaise-plooirok...." <span class='pagenum'><a name="Page_217" id="Page_217">[Pg 217]</a></span> +(p. +153-4). So 'n verslag kan die jongste rapporteur van <i>Die Volksblad</i> ook +skrywe! In wat blykbaar as 'n kunswerk bedoel is, behoort so iets, om +die minste te sê seker nie voor te kom nie.</p> + +<p>Malan het 'n manier om met die grootste erns uit te wei oor alledaagse +onbelangrikheidjies. "Anne wat in die kombuis besig was om te stryk, het +binnegekom nadat Anna, haar dogter, vir haar van die gaste vertel het en +sy het hulle almal hartlik welkom geheet, nadat sy vir hulle gegroet +het" (p. 8). Nou weet ons dit tog sekuur: eers groet, dan welkom heet! +Maar, "intussen sal Anna voorbereidsels vir die ete maak" en "solang die +gaste en Pierre oor die rit, die weer en die boerdery praat is die tafel +gedek en verder alles in verband met die aandete in orde gebring. Toe +hulle almal aansit, was daar genoeg vir almal." Gelukkig vir die +huisvrou, maar hoe sy dit so sekuur kan weet by die begin van die +maaltyd al, is nie erg duidelik nie! Dan volg 'n uitweiding oor die +"Fransche brood". "Na die ete is die huisgodsdiens, wat deur Pierre +<i>gelei is, waargeneem</i>. Eers is 'n hoofstuk uit die Bybel uit +voorgelees, toe 'n psalmvers gesing, ens ..." Waarom moet sulke +welbekende sake so plegtig meegedeel word? Hier het Malan nou 'n mooi +geleentheid gehad, om deur enkele plastiese trekkies, deur die tekening +van 'n paar gebare of die aanduiding van 'n reeks klein handelinge sy +persone uit te beeld. Maar vir hom is dit, as historikus hoofsaak, dat +die leser moet weet van "die worsteling van die Camisarde, (wat) op die +punt is om onderdruk te word".</p> + +<p>Na die huisgodsdiens gaan die gaste in die kombuis om die vuurherd sit. +Die poging om die nuwe atmosfeer aan te dui is nie erg gelukkig +nie—daar is storende herhalings en verwronge sinsbou—terwyl die +volgende sin seker uit 'n kinderboekie verdwaal het: "Anne vra vir Anna +om die tessie met die stoof asseblief te gaan haal; en nadat sy dit +gebring het, (gewigtige meedeling! P.C.S.) het sy vir haar moeder daar +kole met die tang ingedoen en dit het onder Anna se voete in die stoof +gekom"! (p. 9-10).</p> + +<p>Gevoel vir die natuur het Malan wel, maar hy vergenoeg hom meestal met +konwensionele beeldspraak. <span class='pagenum'><a name="Page_218" id="Page_218">[Pg 218]</a></span> +Die bergpunte gooi hul "wit musse" +ongeduldig af (p. 5); "van die sonneskyf (spat) 'n see van gloeiende +vonke (af)" (p. 6); "Statig en deftig is die son reeds agter die +westerkimme weggestap in sy fonkelende mantel van goud en oranje en +violet" (p. 199). Waag hy hom aan 'n nuwe beeld dan kry ons rariteite +soos die volgende. 'n Wyfie-kokkewiek antwoord haar maat "in 'n perfekte +maat ..., met <i>halleluja's</i>" (p. 63), terwyl die lenteson elke jaar +"nimmerfeilend oor elke boom en blad na 'n gure winternood <i>halleluja's</i> +neergiet—helaas, helaas, ook as requiem vir die voorgeslag wat verby +is, wat leef, wat kom." (p. 80-1). Halleluja's as requiem! 'n +<i>Voor</i>geslag wat leef, wat kom! Dit staan daar!</p> + +<p>In hoofstuk III moet 'n vergelyking van die voortreflikhede van "eiland- en +waterleipatats" ons in die stemming bring vir 'n lofrede op die +Bergrivier "die lewensaar en voeder van die allereerste wegbaners in die +nuwe vaderland" (p. 38). "Aan sy oewers is hy die een na die ander +geslag as 'n neulende <i>kindjie</i> in die skommelende wieg, 'n +nooit-vergete troos." Maar in die volgende sin hoor ons: "By hulle moes +die Bergrivier se aansyn en waterrippeling die afspieëling van 'n +<i>moederportret</i> gewees het ..." Dat "die puriteinse gedeelte van die +volk ... die rooivlag ... uitgehang het" teen die ou bruilofsliedjies is +'n anakronistiese beeld, wat 'n snaakse indruk maak in die +agtiende-eeuse sfeer. (p. 183.) In die "aambeeldklanke aan die oewers +van die Eersterivier" klink 'n harmoniese toon, maar waarom moet ons +driemaal hoor dat die water "haastig" is? (p. 81).</p> + +<p>Stereotiepe uitdrukkings soos die volgende kom dikwels voor: "'n +Skynende lig in die ... dikste duisternis" (p. 108); Lourier bly "as 'n +soutpilaar staan" (p. 86), en voel "asof hy langsamerhand in 'n see van +wanhoop wegsink" (p. 162); ens. Naas retoriese uitdrukkings soos: "Sy +kreun van sielswroegende spyt" (p. 173) ook die mees alledaagse +beleefdheidsfrases: "By die geleentheid het hulle vir hom met die +innigste hartlikheid vir sy heldhaftige daad bedank en Hugo het dit met +die minlikste bereidwilligheid aanvaar" (p. 176). En hoeveel "sugte" +word daar nie "geslaak" nie! De Meurs "slaak die een na die ander +sielsverstorende sug" (p. 72); Anna "slaak <span class='pagenum'><a name="Page_219" id="Page_219">[Pg 219]</a></span> +... 'n diep sug van troos en +verligting" (p. 174); ens.<a name="FNanchor_340_340" id="FNanchor_340_340"></a><a href="#Footnote_340_340" class="fnanchor">[340]</a></p> + +<p>Onder die anglisismes kom voor: kyk (blik, en iemand besoek, p. 6, 13, +186, 62, 76); sieniek (sienikus, p. 84); "om daar ... so 'n ekshibiesie +van hom te maak" (p. 162); afgetrek (p. 183). Malan gebruik dikwels +Hollandse woorde en wendings: tors (p. 27); desulke (p. 32); verhole (p. +44); ens. Die volgende voorsetsels is foutief: "Uit die gang uit gaan 'n +mens <i>by</i> 'n rei<a name="FNanchor_341_341" id="FNanchor_341_341"></a><a href="#Footnote_341_341" class="fnanchor">[341]</a> trappe op na bo" (p. 24); "student <i>in</i> 'n +Neerlandse Uni(w)ersiteit" (p. 48); "die kroon was ... <i>deur</i> +mak-roosmaryn ... versier" (p. 183); "sakdoeke <i>aan</i> die vertrekkende +gewaai" (p. 189); "As amptenaar van die O.I.K. het hy ... <i>by</i> hom die +stempel van Batavia gedra" (p. 66). Uit 'n taalkundige oogpunt sou daar +nog heelwat op Malan se sinsbou aan te merk wees. Onder ander is sy +gebruik van die dubbele ontkenning, van <i>het</i> en <i>hê</i> dikwels foutief.</p> + + +<h3>§ 18. Ds. J.H. Kruger.</h3> + +<p>Ds. J.H. Kruger is in 1878 gebore op Venterstad, K.P. Aan die Teologiese +Skool, Burgersdorp het hy gestudeer en daarna enige tyd onderwys gegee. +Sy teologiese studie is in 1899 deur die oorlog onderbreek. Met die hulp +van vriende het hy deur Grootrivier gevlug en as rebel by die kommando's +aangesluit. Na herstelling van 'n wond by Spioenkop, Natal opgedoen, het +hy by Generaal De Wet aangesluit, maar in die verwarring by die slag van +Sandrivier is hy gevang en moes twee jaar as balling in Ceylon +deurbring. In 1906 het hy in Potchefstroom proponentseksamen gedoen. Sy +eerste standplaas was Elliot en van 1911 af Postmasburg. In 1921 het van +hom verskyn 'n roman, <i>Twee Rampe en Twee Gelukke</i>, waaraan in die +prysvraag van die firma J.H. de Bussy die twede, prys toegeken is.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_220" id="Page_220">[Pg 220]</a></span></p> +<h4>Twee Rampe en Twee Gelukke.</h4> + +<p>Bram, die eienaar van die plaas Leeukop het agteruit geboer en was +verplig om geld op te neem by sy buurvrou, ou tant Anna Smal, wat van sy +verleentheid wil gebruik maak om haar buffelagtige seun Hans met sy +fynopgevoede dogter Isabella te laat trou. Met skinderpraatjies steek +tant Anna vir Bram op teen die Breed-famielie, sy beste vrinde, wat op +die aangrensende plaas Oupos woon. Isabella het vir Piet Breed lief, +maar haar vader se afhanklike posiesie verplig haar om met Hans uit te +gaan, wat haar na 'n dansparty sleep. Tant Anna en Bram jaag die Breeds +van hulle huurplaas weg, maar Bram se gewete plaag hom so, dat hy sy +dogter en die Breeds kort voor sy dood om vergewing vra. Hans word in +die pad gesteek deur Bram se weduwee en as tant Anna die geld opsê, word +Piet Breed deur die vrygewigheid van Oom Segrys Boshof in staat gestel +om Leeukop te koop.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Die roman is hoofsaaklik in dialoogvorm geskryf. Die gesprekke word baie +breedvoerig weergegee, en as gevolg kry die verhaal hier en daar 'n +slepende gang. Heel weinig word aan die fantasie van die leser +oorgelaat. Daar is soms 'n neiging om alles tot op die been af te kluif. +Groetery, koffiedrinkery en soortgelyke dinge word oor en oor vertel. +Die skikkinge vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en ou +Jefta se relaas (p. 37-40) kon heelwat korter gewees 't.</p> + +<p>Die dialoog tref deur 'n besonder losse natuurlikheid. Die mense praat +geen kunstig inmekaar gesette vernufstaaltjie nie, maar hul gesprekke +word gekenmerk deur die sig-sag gang, die toevallig gebrokene van die +geselstaal.<a name="FNanchor_342_342" id="FNanchor_342_342"></a><a href="#Footnote_342_342" class="fnanchor">[342]</a></p> + +<p>Maar, "gesprekjes weergeven is geen dialoog, hoe letterlijk de +weergegeven woordjes en zinnetjes ook zijn.... De hooge en werkelijk +groote dialoog ontstaat pas in de door de ziel van den kunstenaar +herschapen taal-levingen. Dialoog krijgt alleen dan diepte, als hy +<span class='pagenum'><a name="Page_221" id="Page_221">[Pg 221]</a></span> +geheel op hetzelfde geïndividualiseerde plan staat van de waarde der +menschen en omgeving. Dialoog scheppen is even moeilijk als tragiek +scheppen, of liever moet zich geheel scheppend oplossen in de gansche +uiting. Evenmin als 'n <i>fotografische</i> opname eener omgeving, die alleen +door de ziel van een kunstenaar er in te brengen stemming kan weergeven +<i>van</i> die omgeving, evenmin kan een <i>fonografische</i> op- en overname van +een gesprek de stemming weergeven van de ziel der wezens die spreken. +Dialoog is stemmingskunst in de hoogste volmaking en 'n innig-levende +dialoog kan nooit 'n klankweergeving zijn van <i>afgeluisterde</i> +zinnetjes."<a name="FNanchor_343_343" id="FNanchor_343_343"></a><a href="#Footnote_343_343" class="fnanchor">[343]</a> Fonografies korrekte sinnetjies is seker volop in die +roman, maar in die pratery van ou tant Anna bereik Kruger ongetwyfeld +iets van die hoë dialoog. En dat sy mense op natuurlike wyse gesels is +ook al iets om dankbaar voor te wees, aangesien so baie van ons skrywers +nog soos Bredero van Rodenburg sê "de Vrouwen, Dienst-meysjens, ja +Stalknechts doe(n) Philosopheren ... dat ick doch meer voor een bewijs +van uwe wetenschap acht, als voor een eygenschap in die slach van +Menschen."<a name="FNanchor_344_344" id="FNanchor_344_344"></a><a href="#Footnote_344_344" class="fnanchor">[344]</a></p> + +<p>Kruger verstaan die kuns om uit die dialoog die innerlike wese van sy +mense te laat opduik en daardeur bereik hy meer dan baie ander skrywers +met analiese of beskrywing. Tant Anna het skaars haar mond oopgemaak of +ons ken haar al deur-en-deur in al haar skynheilige vroomheid. As +skinderbek veral is sy goed geteken. Op listig-diplomatieke wyse word +die driftige Bram eers opgestook, maar as hy te ver wil gaan in sy woede +laat sy hom bedaar met 'n bybelteks! (p. 66). Deur allerlei gelukkige +trekkies en haaltjies word sy so goed uitgebeeld, dat sy naderhand +lewendig voor ons staan met die vetswam onder haar kin, die vuil-gelige +tande, bleekrooi sakdoek en snuifdosie. Ook van Hans en Jan Booise kry +ons 'n realistiese portrettekening. Ou tant Anna se vroom uitvalle, haar +met bybeltekste deurspekte taal en haar manie om almal te dokter is +goed <span class='pagenum'><a name="Page_222" id="Page_222">[Pg 222]</a></span> +weergegee. So ook die buffelagtige lompheid van Hans. Maar die +kenmerkende eienskappe van moeder en seun word teen die end van die +verhaal só aangedik, dat die tekening karikatuuragtig word. Kruger moet +dit nie vergeet nie: "il n'y a point d'unité complète dans l'homme, et +presque jamais personne n'est tout à fait sincère ni tout à fait de +mauvaise foi."<a name="FNanchor_345_345" id="FNanchor_345_345"></a><a href="#Footnote_345_345" class="fnanchor">[345]</a></p> + +<p>Tog is daar 'n paar mooi realistiese toneeltjies uit die lewe op +Tweefontein<a name="FNanchor_346_346" id="FNanchor_346_346"></a><a href="#Footnote_346_346" class="fnanchor">[346]</a> en die manier waarop Hans van Leeukop verwilder word +(p. 202, vlg.) is 'n gelukkige vinding, wat van diep-psigologiese insig +getuig. Dit is ook waar van die uitbeelding van die oplopende Bram, wat +na die dansparty tot inkeer kom; die kwaai-koppige Oom Segrys, wat dit +nie kan kleinkry nie, dat dit na 'n dansparty altyd so mooi reent (p. +182); tant Martina, wat so trots is op haar "skoon geslagte" en die so +fyn kan uitrafel. Maar Piet bly 'n skim en die maklike manier, waarop hy +eienaar word van Leeukop gee hom die allures van 'n "romanheld". Dit is +die swak punt in die komposiesie van die boek. Oom Segrys se +buitengewone vrygewigheid word wel enigsins gemotiveer deur die feit, +dat die Breeds hom in die stormagtige nag gered 't, maar die oubaas, wat +so 'n swak het vir famielie-betrekkings het tog seker nog nader verwante +gehad, wat meer reg op sy geld het as Piet. Oom Segrys is eenvoudig die +<i>deus ex machina</i>, wat die ontknoping van die verhaal moet bewerk. Sulke +goedhartige ooms is maar bra skaars in die werklike lewe.</p> + +<p>Die tekening van Isabella is ook net gedeeltelik geslaag. Haar ervarings +op die dansparty is meer die indrukte van 'n dood-onskuldige teologiese +student, wat vir die eerste maal iets van die sondige wêreld sien en +notiesies maak vir 'n retoriese preek teen wêreldsgesindheid. "Will +Bottel het op haar 'n treurige, sonde-vieslike<a name="FNanchor_347_347" id="FNanchor_347_347"></a><a href="#Footnote_347_347" class="fnanchor">[347]</a> indruk gemaak" (p. +151). Sy sien hom lê op die vloer "soos iemand in die poel van +rampsaligheid moet lê" (p. 172). "Dit was vir haar of sy in 'n onheilige +<span class='pagenum'><a name="Page_223" id="Page_223">[Pg 223]</a></span> +omgewing staan en 'n besoedelde atmosfeer inasem, 'n atmosfeer, waarin +verpestende sondekieme ronddrywe" (p. 152). "Die onreinheid en +onheiligheid het haar angstig gemaak, ontevrede, ongemaklik en +verwaarloos laat voel, net soos iemand, wat vuil was en lanklaas gewas +het"!! (p. 177). Sulke opmerkings bewys, dat hier die predikant baas +speel oor die outeur. Hy kon hom nie vereenselwig met die malkop-dansers +in hul "dolle gloria" nie, maar bly 'n onwillige <i>toeskouer</i> van al die +sondige pret. Sy aanvoeling van Isabella se gewaarwordings is +grof-manlik en nie vroulik-subtiel nie. Maar as Isabella met Koos dans, +dan maak hy 'n raak opmerking: "Sy dans en voel, dat dit 'n genot moet +wees om te dans met 'n jonkman, wat sy sou bemin" (p. 163).</p> + +<p>Oom Freek is geen figuur wat ons tref deur indiwiduële tekening nie. Sy +mymering op p. 10-11 sit te netjies inmekaar om eg te wees. Dieselfde +indruk maak ook p. 74, terwyl Hans onmoontlik ou Jefta se woorde so +presies in sy gedagte kan nasê (p. 78). Dat al drie reisigers dieselfde +indruk van die verlate Oupos kry (p. 138) is ook onmoontlik. Mooi word +egter die atmosfeer aangedui as Piet in die waanhuis die doodkis +toeskroef (p. 20) en treffend-eg is die uitbeelding van sy +grillerig-bange gevoelens. "Piet verbeel hom meteens, daar uit die +groot, wye spinnekop-nes kom 'n grillerige langbeen....; die verewa +agter in die waanhuis kyk hom aan met groot starende oë".<a name="FNanchor_348_348" id="FNanchor_348_348"></a><a href="#Footnote_348_348" class="fnanchor">[348]</a> In die +damtoneeltjies is daar stukkies beskrywing van 'n suggestiewe +fynheid.<a name="FNanchor_349_349" id="FNanchor_349_349"></a><a href="#Footnote_349_349" class="fnanchor">[349]</a></p> + +<p>In die verhalende gedeeltes is Kruger se styl soms so kort afgebyt, nes +een wat ver gehardloop het en nog uitasem sy storie vertel.<a name="FNanchor_350_350" id="FNanchor_350_350"></a><a href="#Footnote_350_350" class="fnanchor">[350]</a> Eweas +in die dialoog kom hier ook 'n breedvoerigheid voor, wat af en toe +hinderlik word. "Die predikant staan op, maak keel skoon, haal sy bril +uit die skyf, vee dit af, hak hom met albei hande agter die ore vas, gee +'n versie op, lees 'n kapittel en begin toe, so effens oor die +brille<a name="FNanchor_351_351" id="FNanchor_351_351"></a><a href="#Footnote_351_351" class="fnanchor">[351]</a> loerend." (p. 30.) <span class='pagenum'><a name="Page_224" id="Page_224">[Pg 224]</a></span> +So 'n eentonige reeks moment-opnames +steek lelik af by realistiese skilderytjies soos die volgende: "Ou tant +Anna lag met wyd oopgerekte mond, die vetswam onder haar ken uitdyend en +die gehemelterooi agter haar vuil-gelige tande wysend." (p. 65.) En wat +maak vlak-vaal sinne, waarvan die volgende maar een voorbeeld is in 'n +letterkundige werk? "Die meeste meisies was in die groot langwerpige +eetkamer, waarin, behalwe 'n eettafel en 'n paar ouderwetse swart +stinkhout stoele, niksnie besonders was nie." (p. 152.) Onbeholpe van +segging is o.a. die volgende: "'n groot mis<i>stof stof</i>wolk (p. 70); die +om sy lyf met 'n riem vasgegorde te wye ferweelsbroek (p. 86), Oom Freek +(vra) met bewende ken, waaraan die lang yl baard skud en vlammende oë" +(p. 87); die herhaling van <i>slaap</i> op p. 181.</p> + +<p>'n Voorbeeld van smaaklose klink-klank is die beskrywing van die wind op +p. 146. "Draaiende, swaaiende kom met die paaie aangewaai stowwe suile +(stofsuile?), wat soos geel krullende kuiwe opstuiwe. Die hollende, +jollende wind skop die stowwe bolle (stofbolle?) soos dwalende, malende +vuilkolle hoog in die lug in...." So rym en allitereer hy dapper voort +nes 'n poëtaster, wat sy eerste versfabriekie aanmekaar klink! +Ondertussen word die <i>stofsuile</i> van <i>krullende kuiwe</i> tot <i>stofbolle</i> +en die weer tot <i>vuilkolle!</i> Komies is die klankeffek in die volgende: +"Die slappe wilkertakke ... skoppermaaie rusteloos, moedeloos, lindelam +heen en weer oor die dam"!<a name="FNanchor_352_352" id="FNanchor_352_352"></a><a href="#Footnote_352_352" class="fnanchor">[352]</a></p> + +<p>In sy beeldspraak is Kruger 'n enkele maal fris en oorspronklik. Ou +Jefta se hemp word deur die wind <i>bulsak</i> geblaas tussen sy skouers (p. +147); Isabella sidder "soos 'n voëltjie vir 'n mamba-slang" (p. 153); +Jana lyk "soos 'n Bloemfonteinse straat, wat ... opgemaak (is) vir die +hertog van Connaught" (p. 149). Die gewone cliché-praatjies is egter ook +volop: Die lykpreek het "byna 'n eeu geduur" (p. 30); "Koud soos 'n stuk +ys, waaraan sy gloeiende hart raak ..." (p. 84); "Haar hart het ... +gebrand van verlange, maar sy moes daardie liefdekole in haar boesem +dra"! (p. 223). Arme meisie!</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_225" id="Page_225">[Pg 225]</a></span> +Storend is die gebruik van 'n driedubbele negatief en weglating van die +dubbele negatief. "Vir haar was daar <i>niksnie</i> aangenamer <i>nie</i> (p. 24) +nooitnie ... nie; ens. "G'n blaartjie het geroer" (p. 7); ens.</p> + +<p>Ofskoon die gebruik van dialektiese vorme in die dialoog toelaatbaar is, +moet dit afgekeur word in die verhalende teks. Kruger gebruik o.a. +suffel, groos, espres, bebliek, ens. Wat hy o.a. met <i>preer</i> (p. 204), +<i>effetroon</i> (p. 62), <i>eenspaier</i> (p. 141) bedoel is my onbekend.<a name="FNanchor_353_353" id="FNanchor_353_353"></a><a href="#Footnote_353_353" class="fnanchor">[353]</a> +Verkeerd is: ongehawende stemme (p. 8), kostelike gordyne (p. 214), +terwyl <i>moedvallig</i> 'n Krugerisme is.</p> + +<p>Afsonderlik moet nog vermeld word, dat Kruger sy eie persoon nooit op +die voorgrond dring nie. Hy hou geen toesprake tot sy "geagte lesers" en +moraliseer nie oor sy karakters nie. Van 'n skrywer, wat in sy eerste +werk so 'n psigologiese indringingsvermoë openbaar en so realisties +teken, kan nog veel verwag word.</p> + + +<h3>§ 19. Mej. Sadie Bosman.</h3> + +<p><i>Langs Kronkelende Weë</i> (1921). Dit is 'n verhaal van "hartverskeurende +afskeid", van eindelose gekreun en gesteun, van sugte en snikke! Dis nie +die gewoonte om statistiese tabelletjies in 'n letterkundige kritiek te +gebruik nie, maar in hierdie geval moet tog vermeld word, dat daar byna +<i>vyftig</i> maal gesug word! Dan nog al die trane! Emmers vol! Soms kom al +om die ander bladsy byna die uitdrukkings "met 'n sug", "met betraande +oë" voor.<a name="FNanchor_354_354" id="FNanchor_354_354"></a><a href="#Footnote_354_354" class="fnanchor">[354]</a> Met sulke en dergelike huilerige woordjies, met 'n +salwende tederheidsbetoon, 'n sieklik-verweekte gevoelerigheid probeer +die skryfster om ons te ontroer. Met sielsleë frases wil sy ons in 'n +droefnisstemming bring! "Duisenderlei bange vrese vervul steeds haar +treurende hart en die skoon oë was moeg van al die stil geween ... die +oë vol skaduwees (waaragter) 'n wêreld van wee verberg was" (p. 155). +"Maar vanaand moes die sterre hulle aangesig verberg vir die +hartverskeurende strome van mensebloed(!) wat orals vloei, en skyn die +<span class='pagenum'><a name="Page_226" id="Page_226">[Pg 226]</a></span> +hemelse vrede verder as ooit te wees van die oorlog-geteisterde aarde" +(p. 61). "Met gebukte hoof, verbleekte gesig, en dromende oë hervat sy +haar lewenstaak; maar die glimlag op haar lippe het vir altyd verdwyn, +(So, so! P.C.S.) en haar hart daarbinne was versteend" (p. 96). Nêrens +'n gevoelde woord, met pure aanstellerige bombas. Of anders 'n mislike +foefie om eie onmag te bedek. "Oor die bitter skeiding en +hartverskeurende vaarwel laat ons saggies 'n sluier neer" ens. (p. 47).</p> + +<p>As Lear uiting gee aan sy droefheid oor die dood van Cordelia, dan sê hy +met 'n eenvoudige gebaar: "Pray you, undo this button. Thank you sir". +Só werk die beeldende kunstenaar.</p> + +<p>Groot en egte lewensgevoel kan alleen geuit word deur groot +styleienskappe. Daar is duisende diep ontroerdes, by wie alleen +hakkelwoordjies of stomme gebare 'n aanduiding gee van die +lewenstragiek. Maar alleen die kunstenaar kan die donker dieptes vir ons +oopblits. Dit kan nie gedaan word met praatjies oor "snikkende geween" +en "gesmoorde smartelike kreune" nie. In Sadie Bosman se styl is daar +nooit 'n opglansing van oorspronklikheid nie. Dit is wat Querido noem 'n +"grijseffene breikousenstijl", waarin die dooiste gemeenplaatse met 'n +geroetineerde ratsheid afgerittel word. Nooit raak sy verleë oor 'n +woord nie, die naalde klik-klik met masjinale reëlmatigheid.</p> + +<p>Tog het sy 'n stof behandel, wat by 'n waarlik voortreflike werker tot +'n geweldig aangrypende tragedie sou kon gegroei het. Hannes en Miemie +is verloof, maar deur die rebellie en die veldtog teen Duits Suid-Wes +(1914) ontstaan daar vyandskap tussen hul vaders. Hannes kom tot ander +insigte deur sy omswerwings in die Vrystaat en op die end van die +"kronkelende weë" kry hy tog vir Miemie. Geteken word dus die reaksie op +'n paar persone van die geweldige konflik, wat die Afrikanerdom in twee +partye verdeel 't en vandag nog soveel bitterheid veroorsaak. Maar die +twee vroue, deur wie Hannes tot <i>Nasionalis</i> bekeer word is geen gewone +sterwelinge nie—hulle is engele! Veral Lida word ons voorgestel as "'n +vleklose engel" en selfs die dokter "'n bedaarde ou Engelsman" (p. 198) +verklaar, dat "vir <span class='pagenum'><a name="Page_227" id="Page_227">[Pg 227]</a></span> +so 'n engel ons besoedelde aarde 'n onwaardige +woonplek (is)" (p. 199). Maar ook Miemie is so 'n voorbeeldige +jongedogter, dat dit geen verbasing wek as ons hoor dat sy "engelagtig +lyk" nie (p. 16) en Hannes "met so 'n hemelse teder blik aan(sien)"<a name="FNanchor_355_355" id="FNanchor_355_355"></a><a href="#Footnote_355_355" class="fnanchor">[355]</a> +(p. 44). Hannes is "'n treffende beeld van 'n flink jongeman, wat 'n +suiwer, eerbaar en opreg lewe lei" (p. 24). Sy enigste sonde is, dat hy +'n <i>Sap</i> is, maar die stroopsoet seuntjie word deur die liewe engeltjies +so mooi reggehelp, dat hy ook volmaak word! Beskou ons nou die orige +figure van die limpatiese geselskap, dan blyk dit, dat Oom Gideon +ooreenkoms vertoon met die swaarmoedige grysaards uit <i>Vergeet nie</i> en +<i>Teleurgestel</i>. Hoe dat Oom Koos nou eintlik tot berou kom, word nie +vertel nie. Die bedrywige Tant Lizzie, wat gelukkig geen tyd het om te +veel te sug nie is die bes geslaagde figuur. Waar daar geen geleentheid +vir sopperige sentimentaliteit is nie, blyk dit dat die skryfster 'n +goeie opmerkingsgawe het. Tant Lizzie is ten minste 'n menslike mens.</p> + +<p>Tot watter onsinnigheid die sentimentele neiging aanleiding gee blyk +hieruit: Miemie het "'n ondeunde kuiltjie, wat elkemaal so skelmpies uit +die wange loer, en waarin die hart van Hannes lank reeds baie diep +ingetuimel het"! (p. 3). Sy gaan na die somerhuisie waar "die +roostakkies en kamperfoelie om die latwerk heen(slinger); daar steek sy +dikwels haar arms na hulle uit "om hulle aan haar bekommerde hart te +druk"! (p. 56). Stel mens jou die dinge nou nugter voor, dan is dit om +van te skater!</p> + +<p>Die toneeltjie waarin die oue Basson, wat aan die maal geraak het oor sy +in die rebellie gevalle seun in die middel van die nag vir Hannes kom +vra: "Vir watter kant het jy gestem?" (p. 167) laat ons op plastiese +wyse voel, wat 'n lewenssaak die politiek vir ons mense is. Dit is +psigologie-in-aksie en heel wat anders dan 'n bewering soos die +volgende, wat ons op goed geloof moet aanneem, sonder dat ons daar iets +van gevoel het. "In die oorlogskool het (Hannes) geleer dat helde +gebore, en nie gemaak word nie, en dat die beesagtige in die <span class='pagenum'><a name="Page_228" id="Page_228">[Pg 228]</a></span> +mens soms +die redelose dier ver oortref" (p. 102).</p> + +<p>Die politieke tendens en die feit dat daar resente gebeurtenisse van +nasionale belang in behandel word, gee die roman 'n aktuele kleur. Deur +die een party kan dit as 'n wapen in die politieke stryd beskou word, +maar van letterkundige belang is dit nie. Feitlik is dit dan ook slegs +'n vertaling, want die oorspronklike uitgawe van 1916 was in +Hoog-Hollands.</p> + + +<h3>§ 20. G.J. Otto.</h3> + +<p>Gawie Joh. Otto is in 1880 gebore op Marico, Transvaal. Ottoshoop is na +sy vader genoem, wat onder die Republiek daar Mynkommissaris was. In +1896 het hy klerk geword in die Onderwys-Departement. Met drie wonde het +hy by die slag van Elandslaagte na awontuurlike ondervindings ontsnap en +deurgeveg tot 1901, toe hy gevang is en na Indië gestuur. Na die oorlog +was hy werksaam by C.N.O. skole. Hy het ook besonder aktief opgetree in +verskillende verenigings, asook op kerklike en politieke gebied. In <i>De +Volkstem</i> het behalwe baie ander artiekels van hom 'n feuilleton, <i>Koen +Vermaak</i> verskyn. Sy brosjure <i>Vreemde Stertvere</i> (1910) is 'n +aansporing om ons taalregte prakties toe te pas. 'n Toneelstuk, <i>Josef</i> +het in <i>Die Brandwag</i> verskyn, <i>Uit die Lewe</i>, 'n bundel sketse in 1921. +Sedert 1919 is hy Inspekteur van Blanke Arbeid vir die Vrystaat en o.a. +ook Sekretaris van die Raad van Advies vir Jongeliede.</p> + +<h4>Uit die Lewe.</h4> + +<p>Die skrywer vertel in 'n paar kort sketse hoe die Boereseuns in sy jong +dae skyfgeskiet, vis gevang en klippe gerol het. Hulle wys 'n Hollander, +wat sy Hoog-Hollands blykbaar eers in Afrika geleer 't, hoe om kalwers +te ry en met 'n nooi op te sit. Verder gee Otto 'n verslag van die +eerste twee maande van sy lewe en skets die ongerustheid van 'n paar arm +blankes wat ure lank op die Bloemfonteinse trein wag. Prof. Jan Celliers +het in sy voorwoord die bundeltjie goed gekarakteriseer: "Sonder <span class='pagenum'><a name="Page_229" id="Page_229">[Pg 229]</a></span> +te +danig hoë pretensies, wil (die skrywer) net die Afrikaanse lewe weergee, +en padlangs-eenvoudig met ons daaroor praat." Die klein stukkie lewe wat +hy teken, ken hy goed, maar hy is nie by magte om sy sintuiglike +waarnemings op te hef tot 'n hoër plan nie, omdat dit hom ontbreek aan +styl en uitbeeldingsvermoë. Dat 'n paar sketse 'n strekking het, is +alreeds opgemerk.<a name="FNanchor_356_356" id="FNanchor_356_356"></a><a href="#Footnote_356_356" class="fnanchor">[356]</a></p> + + +<h3>§ 21. "Wolla".</h3> + +<p>Wolla vertel in <i>My Groot Dag</i> (1921) die vakansie-awonture van Petrus +Breytenbach, onderwyser in Ermelo, van wie se Ford-outo 'n diamante-dief +met 'n mooi vroutjie behendig gebruik weet te maak. Die drietal word +deur speurders agtervolg en na allerlei wonderlike en soms erg +onwaarskynlike ondervindings gepak. Pietjie en Thea kom met die skrik +vry, maar Pietjie slaan 'n onnosele figuur as hy uitvind, dat hy in +plaas van 'n Duitse vliegenier 'n dief gehelp 't, en dat van sy mooi +plannetjies met Thea niks kan kom nie. Dit is 'n goed vertelde +amusements-verhaaltjie, net geskik vir spoorweg-lektuur. As die outo +verby Majoeba en ander slagvelde ry, dan vergeet Pietjie vir 'n ruk sy +"verhewe romantiese gedagtes" (p. 48) en verval in patriotiese +oorpeinsings. Af en toe laat Wolla ons effentjies glimlag, maar die +humor is soms plat by die grond, "'n Kêrel het eenmaal gesê, hy dink hy +kan gewoon word om te lewe op kasterolie, as hy net lank genoeg kan +aanhou daarmee. Ek glo dit goed." (p. 64.)</p> + +<p>Wolla vertoon 'n bedenklike ratsheid in letterlike vertaling uit Engels, +soms van die <i>slang</i> soort. "Om alles te kroon (p. 3 en 68); Wel, van al +die pedante snuiters ... vat die vent die koek (p. 127); Wel, ek was al +net siek van die plek (p. 93); Vir eenmaal het hy niks te sê gehad +nie.... (p. 123); Ermelo Hoger Skool" (p. 1); ens.</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_230" id="Page_230">[Pg 230]</a></span> +</p> +<h3>§ 22. "Slypsteen".</h3> + +<p>"Slypsteen" het blykbaar De Waal se romans goed bestudeer. Hy gebruik +motiewe uit <i>Johannes van Wyk</i> en <i>Die Twede Grieta</i>, maar slaag daar +nie in om sy storie so oulik inmekaar te draai nie as De Waal. Hans is +die "karakterlose wreedaard" (p. 79) van die verhaal <i>Broerliefde</i> +(1921). Maar hoe volleerd in duiwelstreke ook, hy word uitoorlê deur +Gert, wat 'n plaas in die heilige-kalender verdien.'n Gesteelde kind +veroorsaak 'n verwikkeling, waardeur Gert byna met sy suster trou. Daar +is 'n oujonkman, wat sy bes doen om 'n paar grappies te maak, in sy +"mymering" 'n hele storie vertel en in sy moralisasie tot by Adam en Eva +verdwaal! (Hoofstuk IX). Twee opgeskote seuns wat stroebeling kry, laat +Slypsteen so praat: "Ek meen, dat as jy jou nie verbeter nie, 'n +treurige toekoms jou deel sal wees, en jy 'n armsalige uiteinde sal +hê."—"Jou kleine niksnuts!" skree Hans.... "Wag, wag, Hans," hervat +Gert, ... "Kyk, toe jy daar op Kransburg my oor 'n draai gegee het, toe +moes ek dit verdra, maar sinds daardie tyd het ek 'n bietjie groter +geword. Egter, waarom sal ons nes vuil skuim teen mekaar bruis. Daardeur +sal my karakter net besoedel word, en jy nog dieper in die modder sak as +waar jy al reeds sit" (p. 47). Mens sou sê die brawe Gertjie was al 'n +paar jaar op die Teologiese Kweekskool!</p> + +<p>Op die heel laaste bladsy word in die gouigheid drie huwelike gesluit, +terwyl selfs die oujonkman nog verloof raak aan 'n ryk weduwee! Hans +trek na Rhodesië. Of hy daar nog altyd "helse planne" brou word nie +vermeld nie!</p> + +<p>Slypsteen skryf 'n eentonige styl, waarin nooit iets persoonliks opklink +nie. Hoe weinig hy sy taal beheers blyk uit voorbeelde soos die +volgende: "geondersoek (p. 17); sobat (p. 109 en 116); speuljies (p. +109); poosjie (p. 85); op plig (p. 91) en die verkleinwoorde: soenjie, +swaweljie, ens.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_162_162" id="Footnote_162_162"></a><a href="#FNanchor_162_162"><span class="label">[162]</span></a> Hierdie feite is ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_163_163" id="Footnote_163_163"></a><a href="#FNanchor_163_163"><span class="label">[163]</span></a> Vgl. <i>Die Burger</i>, 23 Sept. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_164_164" id="Footnote_164_164"></a><a href="#FNanchor_164_164"><span class="label">[164]</span></a> Eerste hoofstuk in <i>De Goede Hoop</i>, Jan. 1904.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_165_165" id="Footnote_165_165"></a><a href="#FNanchor_165_165"><span class="label">[165]</span></a> <i>Die Burger</i>, 12 Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_166_166" id="Footnote_166_166"></a><a href="#FNanchor_166_166"><span class="label">[166]</span></a> Vgl. vir "voorbodes" van die Twede Beweging: E.C. +Pienaar, <i>Taal en Poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging</i>, 2de +druk, p. 195.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_167_167" id="Footnote_167_167"></a><a href="#FNanchor_167_167"><span class="label">[167]</span></a> De Waal in <i>Die Burger</i>, Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_168_168" id="Footnote_168_168"></a><a href="#FNanchor_168_168"><span class="label">[168]</span></a> Voorwoord Vyfde Druk, waaraan al die sitate ontleen is.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_169_169" id="Footnote_169_169"></a><a href="#FNanchor_169_169"><span class="label">[169]</span></a> J. Prinsen: <i>De Oude en de Nieuwe Historische Roman in +Nederland</i>, p. 18.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_170_170" id="Footnote_170_170"></a><a href="#FNanchor_170_170"><span class="label">[170]</span></a> <i>Die Burger</i>, 12 Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_171_171" id="Footnote_171_171"></a><a href="#FNanchor_171_171"><span class="label">[171]</span></a> Volgens Prinsen, t.a.p., p. 51 is die "romantische roes +in Scott gekristalliseerd. Van dit kristal is Van Lennep de grove namaak +in ordinair vensterglas." Na 'n vergelyking van die twee skrywers kom +Prinsen tot die gevolgtrekking, dat al oorspronklikheid van Van Lennep +is "een zekere Hollandsche, soms lamlendige, soms goedmoedige +breedsprakigheid en een evenzeer Hollandsche ordinaire neiging tot +laag-bij-de-grondsche moppigheid." p. 53.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_172_172" id="Footnote_172_172"></a><a href="#FNanchor_172_172"><span class="label">[172]</span></a> Louis Maigron, <i>Le roman historique</i>, gesiteer deur +Prinsen, t.a.p., p. 1.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_173_173" id="Footnote_173_173"></a><a href="#FNanchor_173_173"><span class="label">[173]</span></a> Prinsen t.a.p. p. 7.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_174_174" id="Footnote_174_174"></a><a href="#FNanchor_174_174"><span class="label">[174]</span></a> id. p., 25.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_175_175" id="Footnote_175_175"></a><a href="#FNanchor_175_175"><span class="label">[175]</span></a> id. p., 21.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_176_176" id="Footnote_176_176"></a><a href="#FNanchor_176_176"><span class="label">[176]</span></a> <i>Het Dagboek van Adam Tas</i>: Leo Fouché, Hoofdstuk II § +1-3.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_177_177" id="Footnote_177_177"></a><a href="#FNanchor_177_177"><span class="label">[177]</span></a> t.a.p., p. 362.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_178_178" id="Footnote_178_178"></a><a href="#FNanchor_178_178"><span class="label">[178]</span></a> <i>J. v. W.</i>, p. 133.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_179_179" id="Footnote_179_179"></a><a href="#FNanchor_179_179"><span class="label">[179]</span></a> <i>Dagboek</i> onder datum 2 Febr., p. 126. Vgl. ook p. 142 +waar Tas gewaarsku word: "ook zeijde hij mij dat ik op mijn hoede moeste +weesen...."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_180_180" id="Footnote_180_180"></a><a href="#FNanchor_180_180"><span class="label">[180]</span></a> <i>Dagboek</i>, p. 138 onder datum 18 Feb. 1706.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_181_181" id="Footnote_181_181"></a><a href="#FNanchor_181_181"><span class="label">[181]</span></a> t.a.p., p. 142.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_182_182" id="Footnote_182_182"></a><a href="#FNanchor_182_182"><span class="label">[182]</span></a> p. 150.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_183_183" id="Footnote_183_183"></a><a href="#FNanchor_183_183"><span class="label">[183]</span></a> <i>J. v. W.</i> p. 133.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_184_184" id="Footnote_184_184"></a><a href="#FNanchor_184_184"><span class="label">[184]</span></a> <i>Dagboek</i>, p. 90.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_185_185" id="Footnote_185_185"></a><a href="#FNanchor_185_185"><span class="label">[185]</span></a> <i>J. v. W.</i> p. 134.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_186_186" id="Footnote_186_186"></a><a href="#FNanchor_186_186"><span class="label">[186]</span></a> Eers op p. 232 verneem ons, dat Jan van Meerland op die +see gesterf het.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_187_187" id="Footnote_187_187"></a><a href="#FNanchor_187_187"><span class="label">[187]</span></a> Fouché, <i>Dagboek</i>, p. 236.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_188_188" id="Footnote_188_188"></a><a href="#FNanchor_188_188"><span class="label">[188]</span></a> <i>J. v. W.</i>, p. 187.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_189_189" id="Footnote_189_189"></a><a href="#FNanchor_189_189"><span class="label">[189]</span></a> Fouché, p. 248.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_190_190" id="Footnote_190_190"></a><a href="#FNanchor_190_190"><span class="label">[190]</span></a> p. 242.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_191_191" id="Footnote_191_191"></a><a href="#FNanchor_191_191"><span class="label">[191]</span></a> t.a.p., p. XXVI.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_192_192" id="Footnote_192_192"></a><a href="#FNanchor_192_192"><span class="label">[192]</span></a> Twede Druk, 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_193_193" id="Footnote_193_193"></a><a href="#FNanchor_193_193"><span class="label">[193]</span></a> Prinsen: <i>De Oude en de Nieuwe Historische Roman</i>, p. +91.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_194_194" id="Footnote_194_194"></a><a href="#FNanchor_194_194"><span class="label">[194]</span></a> id.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_195_195" id="Footnote_195_195"></a><a href="#FNanchor_195_195"><span class="label">[195]</span></a> t.a.p., p. 104.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_196_196" id="Footnote_196_196"></a><a href="#FNanchor_196_196"><span class="label">[196]</span></a> <i>Taal en Letteren</i>, 1892.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_197_197" id="Footnote_197_197"></a><a href="#FNanchor_197_197"><span class="label">[197]</span></a> Vgl. hierby nog Prinsen: <i>Handboek tot de Nederl. Lett. +Ges.</i> p. 613-614.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_198_198" id="Footnote_198_198"></a><a href="#FNanchor_198_198"><span class="label">[198]</span></a> J. Koopmans: <i>De Beweging</i>, 1913.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_199_199" id="Footnote_199_199"></a><a href="#FNanchor_199_199"><span class="label">[199]</span></a> <i>J. v. W.</i>, p. 126.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_200_200" id="Footnote_200_200"></a><a href="#FNanchor_200_200"><span class="label">[200]</span></a> t.a.p., 164.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_201_201" id="Footnote_201_201"></a><a href="#FNanchor_201_201"><span class="label">[201]</span></a> t.a.p., p. 250.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_202_202" id="Footnote_202_202"></a><a href="#FNanchor_202_202"><span class="label">[202]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 160.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_203_203" id="Footnote_203_203"></a><a href="#FNanchor_203_203"><span class="label">[203]</span></a> t.a.p., p. 242.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_204_204" id="Footnote_204_204"></a><a href="#FNanchor_204_204"><span class="label">[204]</span></a> Vgl. p. 217.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_205_205" id="Footnote_205_205"></a><a href="#FNanchor_205_205"><span class="label">[205]</span></a> t.a.p., p. 261.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_206_206" id="Footnote_206_206"></a><a href="#FNanchor_206_206"><span class="label">[206]</span></a> p. 283.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_207_207" id="Footnote_207_207"></a><a href="#FNanchor_207_207"><span class="label">[207]</span></a> p. 295.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_208_208" id="Footnote_208_208"></a><a href="#FNanchor_208_208"><span class="label">[208]</span></a> Feitlik die enigste menslike gevoel, wat beide Gert en +Phineas besit, is liefde vir hul ... perde!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_209_209" id="Footnote_209_209"></a><a href="#FNanchor_209_209"><span class="label">[209]</span></a> <i>Nederlandsche Romancières van onzen Tijd</i>, p. 10.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_210_210" id="Footnote_210_210"></a><a href="#FNanchor_210_210"><span class="label">[210]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 305.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_211_211" id="Footnote_211_211"></a><a href="#FNanchor_211_211"><span class="label">[211]</span></a> t.a.p., p. 38.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_212_212" id="Footnote_212_212"></a><a href="#FNanchor_212_212"><span class="label">[212]</span></a> t.a.p., p. 306.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_213_213" id="Footnote_213_213"></a><a href="#FNanchor_213_213"><span class="label">[213]</span></a> <i>J. v. W.</i>, p. 210.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_214_214" id="Footnote_214_214"></a><a href="#FNanchor_214_214"><span class="label">[214]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 331.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_215_215" id="Footnote_215_215"></a><a href="#FNanchor_215_215"><span class="label">[215]</span></a> <i>Taal en Letteren</i>, 1892.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_216_216" id="Footnote_216_216"></a><a href="#FNanchor_216_216"><span class="label">[216]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 225. <i>Dag</i> op dieselfde pagina is seker 'n +drukfout vir <i>nag</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_217_217" id="Footnote_217_217"></a><a href="#FNanchor_217_217"><span class="label">[217]</span></a> t.a.p., p. 233.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_218_218" id="Footnote_218_218"></a><a href="#FNanchor_218_218"><span class="label">[218]</span></a> t.a.p., p. 89.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_219_219" id="Footnote_219_219"></a><a href="#FNanchor_219_219"><span class="label">[219]</span></a> t.a.p., p. 313.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_220_220" id="Footnote_220_220"></a><a href="#FNanchor_220_220"><span class="label">[220]</span></a> t.a.p., p. 229.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_221_221" id="Footnote_221_221"></a><a href="#FNanchor_221_221"><span class="label">[221]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 349. Beter geslaag is die beskrywing van +Johannes se kamer, <i>J. v. W.</i>, p. 163.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_222_222" id="Footnote_222_222"></a><a href="#FNanchor_222_222"><span class="label">[222]</span></a> Vgl. Rémy de Gourmont: <i>Esthétique de la langue +française</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_223_223" id="Footnote_223_223"></a><a href="#FNanchor_223_223"><span class="label">[223]</span></a> <i>Ferdinand Huyck</i>, p. 42.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_224_224" id="Footnote_224_224"></a><a href="#FNanchor_224_224"><span class="label">[224]</span></a> o.a. <i>Ferd. Huyck</i>, p. 91.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_225_225" id="Footnote_225_225"></a><a href="#FNanchor_225_225"><span class="label">[225]</span></a> Vgl. o.a. <i>J. v. W.</i>, p. 101, 122, 201; <i>Tw. Gr.</i>, p. +200, 357.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_226_226" id="Footnote_226_226"></a><a href="#FNanchor_226_226"><span class="label">[226]</span></a> Uit <i>J. v. W.</i></p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_227_227" id="Footnote_227_227"></a><a href="#FNanchor_227_227"><span class="label">[227]</span></a> Uit <i>Tw. Gr.</i></p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_228_228" id="Footnote_228_228"></a><a href="#FNanchor_228_228"><span class="label">[228]</span></a> <i>Dichtbloemen</i>, p. 150.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_229_229" id="Footnote_229_229"></a><a href="#FNanchor_229_229"><span class="label">[229]</span></a> <i>J. v. W.</i>, p. 63 en 226.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_230_230" id="Footnote_230_230"></a><a href="#FNanchor_230_230"><span class="label">[230]</span></a> Vgl. hiermee <i>Tw. Gr.</i>, p. 233-4 waar Krysie ook 'n +kappie dra.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_231_231" id="Footnote_231_231"></a><a href="#FNanchor_231_231"><span class="label">[231]</span></a> t.a.p., p. 106. Uitgave Sijthoff.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_232_232" id="Footnote_232_232"></a><a href="#FNanchor_232_232"><span class="label">[232]</span></a> t.a.p., p. 44.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_233_233" id="Footnote_233_233"></a><a href="#FNanchor_233_233"><span class="label">[233]</span></a> Vgl. ook <i>J. v. W.</i>, p. 174.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_234_234" id="Footnote_234_234"></a><a href="#FNanchor_234_234"><span class="label">[234]</span></a> J. Mathijs Acket: <i>Nieuwe Taalgids</i>, 15de jg., 6de afl., +p. 275.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_235_235" id="Footnote_235_235"></a><a href="#FNanchor_235_235"><span class="label">[235]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 67.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_236_236" id="Footnote_236_236"></a><a href="#FNanchor_236_236"><span class="label">[236]</span></a> t.a.p., p. 295, 311.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_237_237" id="Footnote_237_237"></a><a href="#FNanchor_237_237"><span class="label">[237]</span></a> t.a.p., p. 14.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_238_238" id="Footnote_238_238"></a><a href="#FNanchor_238_238"><span class="label">[238]</span></a> Twede Druk, p. 153, noot.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_239_239" id="Footnote_239_239"></a><a href="#FNanchor_239_239"><span class="label">[239]</span></a> <i>Die Burger</i>, Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_240_240" id="Footnote_240_240"></a><a href="#FNanchor_240_240"><span class="label">[240]</span></a> Vgl. ook Dr. Pienaar se dissertasie, p. 151-6 en Dr. +Boshoff: <i>Volk en taal van Suid-Afrika</i>, p. 407-424 waar die kwessie +uitvoerig bespreek word.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_241_241" id="Footnote_241_241"></a><a href="#FNanchor_241_241"><span class="label">[241]</span></a> Vgl. hiermee <i>J. v. W.</i>, p. 210 "'n Vreesagtige hart sal +nooit 'n flinke vrou vang nie."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_242_242" id="Footnote_242_242"></a><a href="#FNanchor_242_242"><span class="label">[242]</span></a> Vgl. p. 62, 'n <i>verhewe</i> betrekking in die diens van die +Kompanie.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_243_243" id="Footnote_243_243"></a><a href="#FNanchor_243_243"><span class="label">[243]</span></a> Vgl <i>J. v. W.</i>, p, 226 en <i>Tw. Gr.</i>, p. 237.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_244_244" id="Footnote_244_244"></a><a href="#FNanchor_244_244"><span class="label">[244]</span></a> Vgl. <i>Tw. Gr.</i>, p. 296.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_245_245" id="Footnote_245_245"></a><a href="#FNanchor_245_245"><span class="label">[245]</span></a> Vgl. ook <i>J. v. W.</i>, p. 199 en <i>Tw. Gr.</i>, p. 333.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_246_246" id="Footnote_246_246"></a><a href="#FNanchor_246_246"><span class="label">[246]</span></a> <i>Tw. Gr.</i>, p. 309, 51, 80.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_247_247" id="Footnote_247_247"></a><a href="#FNanchor_247_247"><span class="label">[247]</span></a> t.a.p.. p. 159.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_248_248" id="Footnote_248_248"></a><a href="#FNanchor_248_248"><span class="label">[248]</span></a> <i>Die Burger</i>, Aug. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_249_249" id="Footnote_249_249"></a><a href="#FNanchor_249_249"><span class="label">[249]</span></a> <i>De Beweging</i>, 1913.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_250_250" id="Footnote_250_250"></a><a href="#FNanchor_250_250"><span class="label">[250]</span></a> Ook in Engels verskyn as <i>Dark Johannesburg</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_251_251" id="Footnote_251_251"></a><a href="#FNanchor_251_251"><span class="label">[251]</span></a> Lewensskets ontleen aan <i>Prozabundel</i> van Hoekstra en +Viljoen.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_252_252" id="Footnote_252_252"></a><a href="#FNanchor_252_252"><span class="label">[252]</span></a> Die derde druk verskyn nou in afsonderlike afdelings.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_253_253" id="Footnote_253_253"></a><a href="#FNanchor_253_253"><span class="label">[253]</span></a> Vgl. Hoofstuk I, § 9.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_254_254" id="Footnote_254_254"></a><a href="#FNanchor_254_254"><span class="label">[254]</span></a> <i>Taal en Poësie<sup>2</sup></i> ens., p. 58-64.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_255_255" id="Footnote_255_255"></a><a href="#FNanchor_255_255"><span class="label">[255]</span></a> Sien Hoofstuk X.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_256_256" id="Footnote_256_256"></a><a href="#FNanchor_256_256"><span class="label">[256]</span></a> Nuwe Deel I. Sitate uit die nuwe druk word afsonderlik +vermeld.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_257_257" id="Footnote_257_257"></a><a href="#FNanchor_257_257"><span class="label">[257]</span></a> Vgl. die opmerkings oor 'n eenvoudige styl op p. 190-1. +In <i>Die Banier</i>, Julie 1921, staan ook 'n artiekel oor: <i>Lett. Styl.</i></p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_258_258" id="Footnote_258_258"></a><a href="#FNanchor_258_258"><span class="label">[258]</span></a> <i>Opvloog</i> op p. 5 is seker 'n drukfout.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_259_259" id="Footnote_259_259"></a><a href="#FNanchor_259_259"><span class="label">[259]</span></a> O.a. p. 17. Vgl. <i>Ons Weg</i>: "elk 'n man", p. 136.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_260_260" id="Footnote_260_260"></a><a href="#FNanchor_260_260"><span class="label">[260]</span></a> Vgl. p. 46.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_261_261" id="Footnote_261_261"></a><a href="#FNanchor_261_261"><span class="label">[261]</span></a> <i>Taal en Poësie</i> ens.<sup>2</sup>, p. 329. In 1921 het nog van +Malherbe verskyn: <i>Die Timmerman</i>, 'n Verhaal in Verse en <i>Koringboere</i> +'n toneelstuk; in 1922: <i>Rivier en Veld</i>, 'n digbundel.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_262_262" id="Footnote_262_262"></a><a href="#FNanchor_262_262"><span class="label">[262]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_263_263" id="Footnote_263_263"></a><a href="#FNanchor_263_263"><span class="label">[263]</span></a> <i>Vergeet Nie</i> (1920), p. 198. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_264_264" id="Footnote_264_264"></a><a href="#FNanchor_264_264"><span class="label">[264]</span></a> t.a.p., p. 91. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_265_265" id="Footnote_265_265"></a><a href="#FNanchor_265_265"><span class="label">[265]</span></a> Vgl. p. 15.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_266_266" id="Footnote_266_266"></a><a href="#FNanchor_266_266"><span class="label">[266]</span></a> p. 89. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_267_267" id="Footnote_267_267"></a><a href="#FNanchor_267_267"><span class="label">[267]</span></a> Sy het nog wel 'n broer, "wat op die aangrensende aanleg +woon", maar van hom verneem ons net, heeltemal teen die end van die +roman, dat hy na Servaas se gevangeneming die plaasbelange behartig +'t—'n rol wat erg onwaarskynlik klink.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_268_268" id="Footnote_268_268"></a><a href="#FNanchor_268_268"><span class="label">[268]</span></a> p. 129.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_269_269" id="Footnote_269_269"></a><a href="#FNanchor_269_269"><span class="label">[269]</span></a> <i>Over Literatuur</i>, p. 110.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_270_270" id="Footnote_270_270"></a><a href="#FNanchor_270_270"><span class="label">[270]</span></a> p. 138.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_271_271" id="Footnote_271_271"></a><a href="#FNanchor_271_271"><span class="label">[271]</span></a> <i>Uitgebeiteld</i> is minder gelukkig, want terwyl ons deur +die woorde om<i>woon</i> en slapende die goliat-rotse as <span class='g'>lewende</span> +monsters voel, laat <i>uitgebeiteld</i> weer aan 'n dooie materie dink. "De +hoofdzakelijke schoonheid van een "beeld" bestaat daarin, dat het de +<i>verborgen eenheidsessentie</i> van twee verschillende of zelfs schijnbaar +tegenstrijdige begrippen, zaken of wezens aantoont. En hoe duideliker en +overtuigender ons die eenheid wordt aangetoond, hoe grooter onze +verrukking is." (M.H. v. Campen <i>Over Literatuur</i>, p. 138). Die +<i>verborgen eenheidsessentie</i> wat Malherbe ons eers so goed laat voel, +verbreek hy deur een ongelukkige woord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_272_272" id="Footnote_272_272"></a><a href="#FNanchor_272_272"><span class="label">[272]</span></a> p. 65.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_273_273" id="Footnote_273_273"></a><a href="#FNanchor_273_273"><span class="label">[273]</span></a> Die verkeerde gebruik van <i>bende</i> is oor die hele land +verbrei deur 'n welbekende lied uit die <i>Hallelujah</i>-bundel, waarin van +"'n Daniëlsbende" sprake is! Ook Von Wielligh praat in <i>Eerste Skrywers</i> +(p. 138, by die portret) van "die klein <i>bende</i> van die Genootskap van +Regte Afrikaners".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_274_274" id="Footnote_274_274"></a><a href="#FNanchor_274_274"><span class="label">[274]</span></a> 'n Germanisme.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_275_275" id="Footnote_275_275"></a><a href="#FNanchor_275_275"><span class="label">[275]</span></a> Vgl. nog p. 101, 158, 104; en p. 24, Piet met sy +<i>onnoembaar</i> soet glimlag!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_276_276" id="Footnote_276_276"></a><a href="#FNanchor_276_276"><span class="label">[276]</span></a> Die Kommissie vir Taal en Lettere het gerappotteer: "'t +Novelletje ... <i>Twee Susters</i>, hoewel taal, stijl en inhoud nog veel te +wensen overlaten, is nochtans van genoegzame historiese waarde en geeft +blijk van belofte voor de toekomst ..." <i>Akademie-Jaarboek</i> V, p. 51.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_277_277" id="Footnote_277_277"></a><a href="#FNanchor_277_277"><span class="label">[277]</span></a> Meedelings van Oud-President F.W. Reitz.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_278_278" id="Footnote_278_278"></a><a href="#FNanchor_278_278"><span class="label">[278]</span></a> Meedeling van die heer J.H. Malan. Vgl. ook voorwoord van +"Oom Fanie". Sitate volgens die 1ste druk.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_279_279" id="Footnote_279_279"></a><a href="#FNanchor_279_279"><span class="label">[279]</span></a> Die biografiese feite is ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. +1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_280_280" id="Footnote_280_280"></a><a href="#FNanchor_280_280"><span class="label">[280]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_281_281" id="Footnote_281_281"></a><a href="#FNanchor_281_281"><span class="label">[281]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_282_282" id="Footnote_282_282"></a><a href="#FNanchor_282_282"><span class="label">[282]</span></a> Brief van 6 Jan. 1922.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_283_283" id="Footnote_283_283"></a><a href="#FNanchor_283_283"><span class="label">[283]</span></a> D'Oliveira, <i>De Jongere Generatie</i>, p. 21.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_284_284" id="Footnote_284_284"></a><a href="#FNanchor_284_284"><span class="label">[284]</span></a> t.a.p., p. 70.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_285_285" id="Footnote_285_285"></a><a href="#FNanchor_285_285"><span class="label">[285]</span></a> t.a.p., p. 139.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_286_286" id="Footnote_286_286"></a><a href="#FNanchor_286_286"><span class="label">[286]</span></a> Querido: <i>Over Literatuur</i>, p. 43.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_287_287" id="Footnote_287_287"></a><a href="#FNanchor_287_287"><span class="label">[287]</span></a> p. 8. Twede druk. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_288_288" id="Footnote_288_288"></a><a href="#FNanchor_288_288"><span class="label">[288]</span></a> Vgl. ook p. 206 en 222. In <i>Op Veld en Rande</i> kry ons net +eenmaal 'n toespraak tot die "geduldige leser" (p. 101).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_289_289" id="Footnote_289_289"></a><a href="#FNanchor_289_289"><span class="label">[289]</span></a> Vgl. p. 108.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_290_290" id="Footnote_290_290"></a><a href="#FNanchor_290_290"><span class="label">[290]</span></a> In <i>Die Burger, Nuwejaarsno.</i> 1922 en <i>Die Brandwag</i>, +Des. 1921.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_291_291" id="Footnote_291_291"></a><a href="#FNanchor_291_291"><span class="label">[291]</span></a> <i>Die Burger, N.J. No.</i> p. 19.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_292_292" id="Footnote_292_292"></a><a href="#FNanchor_292_292"><span class="label">[292]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, t.a.p., p. 172.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_293_293" id="Footnote_293_293"></a><a href="#FNanchor_293_293"><span class="label">[293]</span></a> Die lewensskets is ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. +1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_294_294" id="Footnote_294_294"></a><a href="#FNanchor_294_294"><span class="label">[294]</span></a> O.a. p. 14-15, 17-18, ens.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_295_295" id="Footnote_295_295"></a><a href="#FNanchor_295_295"><span class="label">[295]</span></a> O.a. p. 7.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_296_296" id="Footnote_296_296"></a><a href="#FNanchor_296_296"><span class="label">[296]</span></a> W.L. Cross, <i>The Development of the English Novel</i>. +(1920), p. 64.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_297_297" id="Footnote_297_297"></a><a href="#FNanchor_297_297"><span class="label">[297]</span></a> Vgl. ook p. 47: "goue velde met karmosyn geskilder".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_298_298" id="Footnote_298_298"></a><a href="#FNanchor_298_298"><span class="label">[298]</span></a> Lewensskets ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_299_299" id="Footnote_299_299"></a><a href="#FNanchor_299_299"><span class="label">[299]</span></a> Sonder jaartal. Die meeste verhale is in 1914 vir <i>Ons +Moedertaal</i> geskryf.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_300_300" id="Footnote_300_300"></a><a href="#FNanchor_300_300"><span class="label">[300]</span></a> <i>The Contemporary Short Story</i>, (p. 101).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_301_301" id="Footnote_301_301"></a><a href="#FNanchor_301_301"><span class="label">[301]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1919.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_302_302" id="Footnote_302_302"></a><a href="#FNanchor_302_302"><span class="label">[302]</span></a> <i>The Works of E.A. Poe</i> I, p. XI (1866).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_303_303" id="Footnote_303_303"></a><a href="#FNanchor_303_303"><span class="label">[303]</span></a> t.a.p., p. XII.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_304_304" id="Footnote_304_304"></a><a href="#FNanchor_304_304"><span class="label">[304]</span></a> <i>The Supernatural in Modern English Fiction</i>, p. 59.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_305_305" id="Footnote_305_305"></a><a href="#FNanchor_305_305"><span class="label">[305]</span></a> Uit: <i>Lett. Leesboek</i>, Bot-Kritzinger.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_306_306" id="Footnote_306_306"></a><a href="#FNanchor_306_306"><span class="label">[306]</span></a> Alle sitate volgens 2de druk.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_307_307" id="Footnote_307_307"></a><a href="#FNanchor_307_307"><span class="label">[307]</span></a> Hy vergeet selfs die "groot hanglamp", want op p. 40 word +die huisgodsdiens by kêrslig gehou.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_308_308" id="Footnote_308_308"></a><a href="#FNanchor_308_308"><span class="label">[308]</span></a> So word die meeste saamgestelde woorde dwarsdeur sy werk +geskryf.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_309_309" id="Footnote_309_309"></a><a href="#FNanchor_309_309"><span class="label">[309]</span></a> Vgl. hiermee: "'n wit seil bemaste Jonge Thomas", <i>Ou +Malkop</i>, p. 168.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_310_310" id="Footnote_310_310"></a><a href="#FNanchor_310_310"><span class="label">[310]</span></a> Vgl. ook p. 100: "iedere stamp en skok, wat die wa gee is +'n verwyderende skeur in droewige harte."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_311_311" id="Footnote_311_311"></a><a href="#FNanchor_311_311"><span class="label">[311]</span></a> Brief van 17 Jan. 1922.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_312_312" id="Footnote_312_312"></a><a href="#FNanchor_312_312"><span class="label">[312]</span></a> Vgl. b.v. p. 74.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_313_313" id="Footnote_313_313"></a><a href="#FNanchor_313_313"><span class="label">[313]</span></a> Meedeling van die outeur.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_314_314" id="Footnote_314_314"></a><a href="#FNanchor_314_314"><span class="label">[314]</span></a> Vgl. ook nog o.a. p. 29.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_315_315" id="Footnote_315_315"></a><a href="#FNanchor_315_315"><span class="label">[315]</span></a> O.a. p. 194 "Daar dit nie goeie maniere is om af te +luister wat sulke twee jonge mense ... praat nie, word die gesprek hier +nie meegedeel nie."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_316_316" id="Footnote_316_316"></a><a href="#FNanchor_316_316"><span class="label">[316]</span></a> Vgl. ook p. 238. "Die twee is getroud ..." ens.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_317_317" id="Footnote_317_317"></a><a href="#FNanchor_317_317"><span class="label">[317]</span></a> Oorspronklik as vervolgstorie in <i>Die Huisgenoot</i> +verskyn; in 1921 in <i>Die Burger-Leeskring</i> uitgegee.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_318_318" id="Footnote_318_318"></a><a href="#FNanchor_318_318"><span class="label">[318]</span></a> Vgl. o.a. ook nog p. 210. "Ek laat dit aan die +verbeeldingskrag van die leser oor ..."!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_319_319" id="Footnote_319_319"></a><a href="#FNanchor_319_319"><span class="label">[319]</span></a> O.a. p. 184.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_320_320" id="Footnote_320_320"></a><a href="#FNanchor_320_320"><span class="label">[320]</span></a> Waarom is dit "die treurspel van mislukte lewens"?</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_321_321" id="Footnote_321_321"></a><a href="#FNanchor_321_321"><span class="label">[321]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_322_322" id="Footnote_322_322"></a><a href="#FNanchor_322_322"><span class="label">[322]</span></a> Vgl. b.v. p. 41. "Albei sê baie wat nie juis vir ons van +belang is nie". Hoofstuk XIX staan op 'n verkeerde plek, en daarom moet +die leser uitgenodig word "om 'n weinig terug te gaan"!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_323_323" id="Footnote_323_323"></a><a href="#FNanchor_323_323"><span class="label">[323]</span></a> Vgl. ook die plotselinge omkeer by Oom Tjaart, p. 234.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_324_324" id="Footnote_324_324"></a><a href="#FNanchor_324_324"><span class="label">[324]</span></a> Die sgn. <i>proloog</i> kan ook gerus weggelaat word.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_325_325" id="Footnote_325_325"></a><a href="#FNanchor_325_325"><span class="label">[325]</span></a> Ook <i>gespot in M. v.d. V.</i>, p. 201.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_326_326" id="Footnote_326_326"></a><a href="#FNanchor_326_326"><span class="label">[326]</span></a> O.a. p. 61.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_327_327" id="Footnote_327_327"></a><a href="#FNanchor_327_327"><span class="label">[327]</span></a> O.a. p. 183.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_328_328" id="Footnote_328_328"></a><a href="#FNanchor_328_328"><span class="label">[328]</span></a> <i>The English Novel</i>: Walter Raleigh<sup>5</sup>, p. 268.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_329_329" id="Footnote_329_329"></a><a href="#FNanchor_329_329"><span class="label">[329]</span></a> Willem Kloos in <i>De Mannen van '80 aan het Woord<sup>3</sup></i>: +D'Oliveira p. 46.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_330_330" id="Footnote_330_330"></a><a href="#FNanchor_330_330"><span class="label">[330]</span></a> t.a.p., p. 76.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_331_331" id="Footnote_331_331"></a><a href="#FNanchor_331_331"><span class="label">[331]</span></a> Lodewijk van Deyssel. t.a.p., p. 32.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_332_332" id="Footnote_332_332"></a><a href="#FNanchor_332_332"><span class="label">[332]</span></a> Herman Robbers in <i>De Jongere Generatie</i>: D'Oliveira, p. +120.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_333_333" id="Footnote_333_333"></a><a href="#FNanchor_333_333"><span class="label">[333]</span></a> 2de druk 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_334_334" id="Footnote_334_334"></a><a href="#FNanchor_334_334"><span class="label">[334]</span></a> Prinsen: <i>De Oude en de Nieuwe Hist. Roman</i>, p. 71.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_335_335" id="Footnote_335_335"></a><a href="#FNanchor_335_335"><span class="label">[335]</span></a> Vgl. p. 127.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_336_336" id="Footnote_336_336"></a><a href="#FNanchor_336_336"><span class="label">[336]</span></a> <i>Pensées de Pascal</i>, par A. Gazier, p. 318.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_337_337" id="Footnote_337_337"></a><a href="#FNanchor_337_337"><span class="label">[337]</span></a> t.a.p., p. 158.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_338_338" id="Footnote_338_338"></a><a href="#FNanchor_338_338"><span class="label">[338]</span></a> Vgl. 'n dergelike naïewe opmerking op p. 178: "'n +Boerenhave (sic!) was daar nie in die ganse volksplanting nie ..."!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_339_339" id="Footnote_339_339"></a><a href="#FNanchor_339_339"><span class="label">[339]</span></a> Vgl. nog p. 80: "Die rus en kalmte ..." en p. 81: "Is dit +nie dieselfde streling ..."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_340_340" id="Footnote_340_340"></a><a href="#FNanchor_340_340"><span class="label">[340]</span></a> Vgl. o.a. nog p. 199, 29.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_341_341" id="Footnote_341_341"></a><a href="#FNanchor_341_341"><span class="label">[341]</span></a> Dwars deur die boek word dié woord en ook <i>uitwei</i> +verkeerd gespel. Dimunitiewe op <i>-fie</i> ook. Vgl. ook neer<i>vlei</i> op p. +192, ra<i>t</i> op p. 121. Die sinstorende drukfoute moet, soos die skrywer +my meedeel, gewyt word aan die besonder omstandighede, waaronder die +boek gedruk is.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_342_342" id="Footnote_342_342"></a><a href="#FNanchor_342_342"><span class="label">[342]</span></a> Die ketting-sin op p. 67 lyk egter wel +"ghevernuftizeert".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_343_343" id="Footnote_343_343"></a><a href="#FNanchor_343_343"><span class="label">[343]</span></a> Is. Querido: <i>Studiën</i>, p. 219.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_344_344" id="Footnote_344_344"></a><a href="#FNanchor_344_344"><span class="label">[344]</span></a> Voorrede: <i>Griane</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_345_345" id="Footnote_345_345"></a><a href="#FNanchor_345_345"><span class="label">[345]</span></a> Benjamin Constant: <i>Adolphe</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_346_346" id="Footnote_346_346"></a><a href="#FNanchor_346_346"><span class="label">[346]</span></a> O.a. p. 81.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_347_347" id="Footnote_347_347"></a><a href="#FNanchor_347_347"><span class="label">[347]</span></a> 'n Ongelukkige koppelwoord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_348_348" id="Footnote_348_348"></a><a href="#FNanchor_348_348"><span class="label">[348]</span></a> Waarom die stuitende en onnodige herhaling van +<i>spinnekop</i>?</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_349_349" id="Footnote_349_349"></a><a href="#FNanchor_349_349"><span class="label">[349]</span></a> Vgl. p. 220 b.v.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_350_350" id="Footnote_350_350"></a><a href="#FNanchor_350_350"><span class="label">[350]</span></a> Vgl. b.v. p. 7.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_351_351" id="Footnote_351_351"></a><a href="#FNanchor_351_351"><span class="label">[351]</span></a> Verstaan: glase.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_352_352" id="Footnote_352_352"></a><a href="#FNanchor_352_352"><span class="label">[352]</span></a> Vgl. nog p. 171: berge—werwe—swerwe; p. 194 dwars +bars.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_353_353" id="Footnote_353_353"></a><a href="#FNanchor_353_353"><span class="label">[353]</span></a> Duister is ook: "dat die ou jong simpatie ken", p. 188.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_354_354" id="Footnote_354_354"></a><a href="#FNanchor_354_354"><span class="label">[354]</span></a> Vgl. o.a. p. 184-204.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_355_355" id="Footnote_355_355"></a><a href="#FNanchor_355_355"><span class="label">[355]</span></a> Daar is ook 'n verpleegster, wat 'n <i>engellied</i> sing, (p. +71).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_356_356" id="Footnote_356_356"></a><a href="#FNanchor_356_356"><span class="label">[356]</span></a> Op pag. 207.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_231" id="Page_231">[Pg 231]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_VI" id="HOOFSTUK_VI"></a>HOOFSTUK VI.</h2> + +<h2>Satieries-Humoristiese Prosa.</h2> + + +<h3>§ 1. Ds. Willem Postma. (1874-1920). (Dr. O'Kulis).</h3> + +<p>Ds. Willem Postma was 'n seun van Prof. Dirk Postma, die vader van die +Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Hy is in 1874 in Burgersdorp gebore, +waar hy hom vir die leraarsamp voorberei het onder Prof. Jan Lion +Cachet, (Ou Oom Jan). Op Bethulie, Bloemfontein en Reddersburg was hy +predikant. In die oorlogsjare (1899-1902) moes hy uitwyk na Middelburg, +K.P., omdat hy geen eed van trou wou aflê nie. Daar het hy die kos vir +sy gesin in 'n winkel en deur privaatlesse verdien.</p> + +<p>Onder groot moeilikhede het hy die gemeente in Bloemfontein gestig. In +Mei 1905 het hy onder die skuilnaam <i>Jong Afrika</i> in die Hollandse +<i>Friend</i> begin te skryf oor die Afrikaanse taal, sonder dat hy iets van +Preller se stukke afgeweet het. As gevolg van die groot byval het Ds. +Postma toe gereeld bydraes onder die tietel <i>Oogdruppels</i> gelewer. Toe +die setter verstaan, dat die ondertekening van die eerste stuk, nl. +<i>Okulis</i>, oogdokter beteken, het hy daarvan Dr. O'Kulis gemaak en so het +die naam gebly. "Deur dié stukke het hy hom as volksman geopenbaar, het +hy hom 'n weg gebaan na die hart van die Vrystaatse volk ...," verklaar +Totius.<a name="FNanchor_357_357" id="FNanchor_357_357"></a><a href="#Footnote_357_357" class="fnanchor">[357]</a> In Bloemfontein was hy ook die stigter van wat tans bekend +is as die "Voorbereidende Tegniese Skool".</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_232" id="Page_232">[Pg 232]</a></span> +In die aangehaalde artiekel gee <i>Totius</i> 'n paar persoonlike +herinneringe en sê o.a. dat hy "nie maar 'n merkwaardige figuur (was) +nie, maar 'n heldeverskyning". Van hom het verskyn: <i>Die +Eselskakebeen</i>,<a name="FNanchor_358_358" id="FNanchor_358_358"></a><a href="#Footnote_358_358" class="fnanchor">[358]</a> <i>Doppers</i> (1918) en <i>Die Boervrou</i> (1919).</p> + +<p>In <i>Die Brandwag</i> (1912) het hy 'n teorie oor die ontstaan van Afrikaans +uitgewerk.<a name="FNanchor_359_359" id="FNanchor_359_359"></a><a href="#Footnote_359_359" class="fnanchor">[359]</a> Sedert 1918 was hy lid van die Akademie. Van belang is +nog dat sy vriende huiwerig was oor die uitgawe van die <i>Eselskakebeen</i>. +In 1920 is hy oorlede.</p> + +<h4>Die Eselskakebeen.</h4> + +<p>In <i>Die Brandwag</i><a name="FNanchor_360_360" id="FNanchor_360_360"></a><a href="#Footnote_360_360" class="fnanchor">[360]</a> het die skrywer verklaar, dat die boek 'n +"suiwere outobiografie" is met uitsondering van die laaste hoofstuk. +Maar dit is veel meer; dit is ook die biografie van etlike Afrikaner +geslagte, wat nog vir 'n tiental jare na die Anglo-Boere-oorlog gekreun +het onder dieselfde treurige onderwysstelsel deur hom beskryf. Pas in +die laaste jare het daar verbetering gekom en in sommige dele van ons +land heers feitlik dieselfde misstande noù nog.</p> + +<p>Eers beskryf Dr. O'Kulis sy geboorte, waarby Tant Antjie met haar +medisynetrommeltjies gehelp 't. Spoedig begint die taalmoeilikhede en in +'n donker onweersnag doen hy die ontdekking, dat ons liewe Heer ook +Afrikaans verstaan. Op skool is dit van die eerste dag af 'n gedurige +stryd teen die <i>step-by-step</i>-denasionalisering, wat die doel was van 'n +verpolitiekte stelsel, as so 'n onpedagogiese gedoente ten minste die +naam stelsel ooit verdien het. Mooi word die wisselwerking tussen die +skool- en huislike invloed beskryf. "Wel, die Boere het van al daardie +Royal Reader gedoente niks geglo nie as ek hulle bietjie wou vertel. Al +wat ek vir my moeite gekry het, was: "Jou Rooinek, glo jy al daardie +leuns?"<a name="FNanchor_361_361" id="FNanchor_361_361"></a><a href="#Footnote_361_361" class="fnanchor">[361]</a> Langsamerhand groei die verset van die aanvanklik deur +skoolwysheid oorblufte seuntjie. Die omgang met <span class='pagenum'><a name="Page_233" id="Page_233">[Pg 233]</a></span> +Boerfamielies, wat +vashou aan die ou <i>Trap der Jeugd</i> en die Bybel versterk die Boergees in +hom, totdat hy die geleerde weefsel van bedrog wegvee en met volle +selfkennis sy Engelse meester toevoeg: <i>Ek is 'n Boer</i> (p. 44). Hy wil +nie langer "'n agterryer in sy eie land", 'n jingo of weeluis wees nie +(p. 42). Wanneer die seun 'n man word, maak hy 'n eselskakebeen +vogtig<a name="FNanchor_362_362" id="FNanchor_362_362"></a><a href="#Footnote_362_362" class="fnanchor">[362]</a> met die trane van sy lang opgekropte spyt en dan dreun die +mokerslae op "die Filistyn in die Afrikaner". Dit word 'n geweldige +wapen in sy hand, waarmee hy seker meer as 'n "duisend man" verslaan +het! In die begin is daar 'n bietjie goedaardige skerts o.a. oor die +dominee se gesukkel met die Hollandse geslagte (p. 16), maar wanneer hy +die toestande op die Engelse skool beskryf, word die toon +kwaai-sarkasties en bitter. Die eensydige onderwys uit die <i>Royal +Reader</i>, oor <i>British en Cape History, Geography</i>, ens. word met +satieriese skerpsinnigheid aan die kaak gestel. Met 'n speelse vernuf +word die oorsprong van die Engelse nasie uitgepluis. "Daar is van die +geskiedskrywers, wat die oorsprong wil aflei uit die naam, nl. Angel +(Engel) en dan wil meen dat hulle van 'n Engele-geslag is. Of dit van +die gevalle engels is of van die ander is onmoontlik om uit te maak"! Op +aanskoulike wyse word aangetoon dat die geïmporteerde eksamenstelsel +geen rekening hou met die eise van ons samelewing nie. "Jannie het op +skool net 'n bietjie algemene kennis en die <i>School-Higher</i>-sertifikaat +opgetel. Vir die lewe moes hy daarna eers klaar maak." (p. 55.)</p> + +<p>Selfs vandag het die boekie nog aktuele waarde, en dis 'n +kultuur-historiese dokument, wat selfs die verre nageslag nog met +belangstelling sal lees. Al sal dit hulle nie so heftig ontroer nie soos +ons, wat al die ervarings self ondervind het, tog moet dit altyd +treffend bly deur sy raak voorstelling en bytende spot. Daar is enkele +uitweidings, wat die eenheid van die strydskrif verstoor, 'n paar +anekdotes, wat die direktheid van die aanval verminder, maar omdat dit +iets is wat werklik "uit (die) hart opgeborrel het"<a name="FNanchor_363_363" id="FNanchor_363_363"></a><a href="#Footnote_363_363" class="fnanchor">[363]</a> sal dit altyd +sy waarde behou.</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_234" id="Page_234">[Pg 234]</a></span></p> +<h3>§ 2. Reenen J. van Reenen.</h3> + +<h4>Die Agterstevoortrekkers (1917).</h4> + +<p>Johan van Heemskerck het in sy <i>Batavische Arcadia</i> (1637) 'n paar +Haagse here en dames 'n plesiertoggie laat doen met die doel om "onder +'t soet van minnepraetjes al spelende (te) komen tot kennisse van de +vaderlandtsche gelegentheden, daer niemandt een vreemdelingh in behoort +te zijn." Van Reenen stuur 'n aantal Bloemfonteinse geleerdes en +kunstenaars met hul famielies op die ou voortrekkerpad "om te probeer of +daar nie, daar in die bosse en klowe, in die kranse of op die bulte nog +van die heldemoed van die ou voortrekkers te bespeur is nie, en of daar +op die wye ope veld nie 'n kans is om weer die helder eenvoudige +duidelike uitsig op die lewensprobleme op te vang en in (hul) daaglikse +omgang te gebruik nie" (p. 32). Die ooreenkoms is duidelik, ofskoon daar +seker van bewuste navolging geen sprake kan wees nie. By Van Reenen is +daar nie soveel "loofwerck van liefkooserijtjes", maar die minnende +paartjie ontbreek tog ook nie. Die poging om pastorale en didaktiese +motiewe te verenig is al merkbaar in die aangehaalde sin. Oom Jakob sê +ook nog: "Dis die doel van die uittog ... om 'n veldwasempie op te vang +uit die <i>Afrikaanse Son en Veld</i>" (p. 31). Nog duideliker straal die +pastorale motief uit die volgende deur: "Daar in Bloemfontein in 'n +atmosfeer van kunsmatigheid, val die klank (van die ossewa) weg, hier op +die veld, ver van die besmetlike invloed van groot stede, mag die plof +plof van die ossevoete nou en dan in die sand wegval, maar die skok van +die wiele bly." (p. 110). Die didaktiese motief blyk ook nog hieruit: +"Opgewonde gee ek antwoord dat dit 'n eerste klas plan was om die +sienswyse van die voortrekkers te verstaan, en hulle geskiedenis met +smaak te leer lees...." (p. 20). En die sewende trekreël lui: "Elke aand +sal een van die trekkers ... 'n lesing gee oor die een of ander in die +geskiedenis van die Voortrekkers" (p. 37).</p> + +<p>Maar sterker nog dan die pastoraal-didaktiese motiewe <span class='pagenum'><a name="Page_235" id="Page_235">[Pg 235]</a></span> +van die verhaal +is die satieries-humoristiese element. Die meeste van die Bloemfonteinse +deskundiges verbeel hulle wat wonders. In die "afskeidsbrief" heet dit: +"Ons is beslote om ... ons diep kennis vir almal wyd en syd bekend te +maak" (p. 40). Die Professor wil drie waens vol boeke laai "om aan die +boere te verkoop"; Jan, die "goggadeskundige" wil die boere waarsku teen +skadelike insekte, en Antoon, die musikus hoop dat deur sy musiek "nuwe +ideale mag ingeboesem word in diegene wat binne die betowerde sirkel van +ons skitterende strale inkom." (p. 31.) Oom Jakob egter voel dat die +groot geleerdheid van sy maats eensydig is. "Op seker gebiede het ons +... vooruitgegaan, maar op ander ... is ons baie versleg" (p. 32). Hy is +dan ook gewillig om aan die voete van die plattelander te sit en lesse +van hom te leer. Ook Oom Kaas, die "diepgeleerde professor in +geskiedenis" voel, dat die hele spul dalk sal verkeerd loop, dat die +<i>Agterna</i>-trekkers bes moontlik <i>Agterstevoor</i>-trekkers sal word, en sy +voorspelling kom uit.</p> + +<p>Die vernaamste, doel van die skrywer is om die verwaandheid van die +hooggeleerde akademiese here bespotlik voor te stel. Die heel eerste +voorval gee al dadelik die toon aan. Die osse trek afdraand net so swaar +as opdraand en terwyl hulle 'n geleerde dispuut hou oor dié +raaiselagtige omstandigheid, kom 'n onnosele konstabel die moeilikheid +oplos deur die styfaangedraaide briek los te draai! Dat klein Leon aan +die ossewabriek dieselfde funksie as aan die van 'n outo se slinger +toeskryf, is meer dan 'n gelukkige grappie; dit is meteens al 'n +simboliese voorstelling van die groot afstand tussen die voortrekker- en +die moderne beskawing.</p> + +<p>Die trek is skaars aan die gang of die entomoloog vind uit, dat Oom Gert +iets oor goggas weet, wat hy nog nooit in sy diepsinnige handboeke van +gelees het nie, en met 'n ironiese laggie voeg die skrywer hom toe: +"Neef Jan, ek het gemeen jy gaan vir die boere leer, nie hulle vir jou +nie." (p. 54.) S.K., die professor in fiesika vind uit, dat al sy +gekompliseerde instrumente en spitsvondige berekeninge minder +vertroubaar is dan die kennis van die eerste die beste ou boertjie. En +dan is dit nog boonop klein Botterkoppie wat hom tot die <span class='pagenum'><a name="Page_236" id="Page_236">[Pg 236]</a></span> +erkentenis +bring! Op die tuinfees slaan almal behalwe Oom Jakob 'n gek figuur. Die +dorpelinge verskyn in trekkersdrag, maar die kastige trekkers in haastig +bymekaar geskraapte Europese spektakels! Alles doen hulle agterstevoor! +Die steekse motor van die dokter, wat deur die osse dorp toe moet +gesleep word is weer 'n ironiese beeld—die moderne vernuf afhanklik van +die ouderwetse trekkersmetode. Die professor kry in "'n hoekie van die +Vrystaat" 'n resep vir heuning-bier, wat hy tevergeefs in sy geleerde +foliante gesoek het, maar sy onbekendheid met die praktiese uitwerking +daarvan besorg hom 'n wetenskaplike hallusinasie, wat tot 'n algemene +bespotting aanleiding gee.</p> + +<p>By die afgebrande huis loop die trekkers 'n gewone boer raak, met 'n +ontwikkelde kunsgevoel en so 'n fyn beskawing dat dit hulle bewondering +afdwing. Wanneer die trekkers by Kerkenberg kom, waar Piet Retief se +naam op die rots staan, word die toon van die verhaal ernstiger. Die +historiese gevoel ontwaak en Oom Kaas bevredig Emmie se weetgierigheid +deur allerlei besonderhede oor die Voortrekkers se ossewaens mee te +deel. Op die Natalse pad kom die piëteitsgevoel tot uiting in 'n +humoristiese regsaak tussen ossewa en outo. "Ek het die Afrikaner Nasie +gedra toe dit nog 'n suigeling was; en nou, op my ou dag, wil julle hê +dat ek moet pad gee vir 'n bog kind, so jong dat hy self erken dat hy +nog nie eers gebore is nie." "Grootgeraas" is 'n outo van "aanstaande +jaar se model" en "Die Dromedaris" weier om pad te gee vir so 'n +"aangewaaide, buitelandse ding—niemand weet eers wie sy ouers is nie!" +(p. 210.) Hier is die soort humor aanwesig, wat volgens Schopenhauer is +"der hinter den Scherz versteckter Ernst",<a name="FNanchor_364_364" id="FNanchor_364_364"></a><a href="#Footnote_364_364" class="fnanchor">[364]</a> want uit so 'n toneel +spreek die wil van 'n volk om die erfenis van sy voorvaders te bewaar +"van vreemde smetten vrij".</p> + +<p>Dirk vind nog 'n geleentheid om die "geleerde ape", S.K. en die +Goggadoktor droog te sit. Hy verydel die grootskeepse +opgrawingsoperasies van die twee deur die egte voortrekkervurk met sy +pennemes uit te grawe, <span class='pagenum'><a name="Page_237" id="Page_237">[Pg 237]</a></span> +terwyl 'n verroeste valse "versigtig in watte +opgewoel" tereg kom in Jan se trommel. Dis 'n laaste verbluffende +kopskoot op die dorre kamergeleerdes!</p> + +<p>Die manier waarop die dansparty eindig is 'n bewys, dat die +agternatrekkers tog onder die besielende invloed van hul voorvaders +geraak het en hul onder al die malligheid goed ingeleef het in die gees +van dié grootse tydperk met sy skrynende wee. As die maan wegraak, en +die uile droewig skree, begint Antoon se viool "te huil soos 'n moeder +oor haar kind se lykie.... Soos diegene wat pas 'n dierbare vriend in sy +graf gelê het, uitmekaar gaan, so verdwyn nou stilletjies die gaste een +vir een" (p. 235). Om 'n toneel van sulke roerende stemming in al sy +innigheid uit te beeld—daarvoor was Van Reenen nie woordkunstenaar +genoeg nie. Die oorgang van uitgelate malligheid kom te plotseling. Dirk +se gulle lag oor sy welgeslaagde grap, sy "dis nou regtig 'n lekker bal" +klink nog in ons ore as ons by die "stille snikke van sterk mans" kom. +Maar ons voel tog iets van die stille plegtigheid van die oomblik en +enkele dowwe dreunings van 'n verre dodemars kom uit die verte +aansuis.... Verswak die skrywer nie die ernstige ondertoon van sy werk +deur na so 'n toneel weer met minnepraatjies aan te kom nie? En smoor hy +dit nie heeltemal deur die <i>ragtime</i>-klanke van die agterrede nie? Ek +meen van wel.</p> + +<p>Magteloos, totaal magteloos staan Van Reenen as woordkunstenaar teenoor +die natuur. Die trekkers mag 'n "veldwasempie" opgevang 't—ons kry nie +eers die ruik daarvan nie! "My hand het net gejeuk vir 'n kwas en verf +om die pragtige kleure op doek of kaart te skilder, maar al had ek die +gehad sou dit my darem onmolik gewees het om uit te druk wat ek gevoel +het...." (p. 84). En met die pen kom hy ook nie verder as 'n gestamel +oor die <i>onbeskryflike kleure</i> nie (p. 138). Dit is vir hom "'n soort +heligskennis om die wonderwerke van die Natuur te veel in hulle +teenwoordigheid te analiseer" (p. 152). Daarom moet ons tevrede wees met +die kennis, dat hy 'n lekker pypie daar op die Nek gerook 't, en dat hy +nooit moeg word van die Treurwilgers rondom die damme nie! (p. 85.)</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_238" id="Page_238">[Pg 238]</a></span> +Beskouings oor bou- en skilderkuns, meubilering en musiek word in die +verhaal ingevleg. "'n Mooi sandsteengebou gepleister met sement, soos +klipwerk nagemaak" word die aanleiding om teen na-apery van vreemde +kultuurvorme te waarsku (p. 86). Tussen die sekretaris en Antoon vind 'n +kunsdebat plaas (p. 138 vlg.). As Van Reenen egter meen dat die doel van +die kuns is om "die Natuur akkuraat ... weer (te) gee" (p. 141), dan is +hy nog op 'n dwaalpad.</p> + +<p>Met die taal sukkel hy ook nog baie. Sy woordskikking en voorsetsels is +telkens verkeerd. "In Switserland<a name="FNanchor_365_365" id="FNanchor_365_365"></a><a href="#Footnote_365_365" class="fnanchor">[365]</a>, elke tien jaar voer hulle 'n +toneel op wat gebeurtenisse in die lewe van die Here Jesus voorstel.... +(p. 121); om aan die datum van die almanak te kyk (p. 102); wat ek voor +strewe" (p. 141). Ook 'n hele paar anglisismes kom nog voor: "in herfs +(p. 19); Harrismith Distrik" (p. 154) ens. Gebrekkige taalgevoel blyk +o.a. uit die volgende: "Afrikaans het <i>haar</i> swak punte (p. 119); +Basoetoeland wat <i>haar</i> berge vir ons wys (p. 138); die woede eienaar" +(p. 42). Die juffrou M., op p. 153 moet blykbaar deurgaan vir 'n +Hollandse, maar "dat berg" het sy tog seker nooit gesê nie! Hoe weinig +"felicity in the flow of words" daar by Van Reenen is blyk uit +kreupelsinne soos die volgende: "Dan kom die sonsondergang en asof 'n +reuse skilder met 'n reuse rooi of rooskleur kwas die landskap skilder, +neem die blou berge 'n rooskleur skynsel aan. Dan word die kleur meer en +meer pers." (p. 138.) Ook die beeldspraak is weinig oorspronklik: "die +deken van die grappe (p. 137); 'n lugkombers" (p. 237). Beets is ook +versot op die banale deken- en mantelbeelde (vgl. XXI). Sou hy nou +werklik gemeen het, dat sy erbarmlike gerymel in dieselfde hoofstuk vir +poësie moet deurgaan?</p> + +<p>Die dialoog word meestal gekenmerk deur 'n besonder losse natuurlikheid +en tallose lewendige toneeltjies getuig van groot plastiese talent. +Sommige daarvan is egter skadelik vir die eenheid van die werk en dit +geld ook van enkele langer vertellings, wat die aandag op <span class='pagenum'><a name="Page_239" id="Page_239">[Pg 239]</a></span> +storende wyse +van die hooftema aflei. Dit is o.a. die geval met hoofstuk XXIV, wat +"Herinneringe uit die Engelse oorlog" bevat. Daar is nog meer sulke +uitweidings, wat die verhaal soms na 'n versameling van los anekdotes +laat lyk.</p> + + +<h3>§ 3. Adv. C.J. Langenhoven.</h3> + +<h4>(Sagmoedige Neelsie).</h4> + +<h4>Sonde met die Bure, (1921).</h4> + +<p>"Die ou wêreld is nou so treurig donker.... Om my dan self 'n bietjie op +te beur—en as ek dit kan regkry, menige ander arme drommel ook wat +altemit teen dieselfde versoeking moet stry om nie maar gedurig +miesrabel te voel nie ... (het) ek hierdie noukeurige en onverbloemde +verslaggie geskryf van 'n baie gelukkige vakansieplan...." (p. 1-2). Die +ou wêreld het té treurig geword, en daarom sit Langenhoven die hele +werskaf onderstebo neer. Sy bure het hom versondig en nou sê hy: Ek maak +soos <span class='g'>ek</span> lekker kry en kom julle nog verder met my lol, dan koggel +ek julle almal uit! Dit is so ongeveer die stemming waarin Neelsie +geskryf het.</p> + +<p>Sy vrou wou haar nie laat vermaak deur die weelderige leefwyse van haar +bure nie—dit was in die dae van Oudtshoorn se volstruisgloria. Sy het +aan hom gekarring en al sy besware "doodgealmiskie". Hy koop "'n +afgeleefde tremwa" in die Kaap, en toe agtien osse die soort strandhuis +nie kon trek nie, verower hy op 'n sirkusvendusie die olifant, Herrie. +Dwars deur die dorp gaan die tog, Olifantsrivier op. Almal wat hom +lastig val raak lelik gepier. Die burgemeester is eerste aan die pen en +sy bemoeisug gee Neelsie 'n kans om sy ergernis oor belastingkwellings +te lug. Op Stolsvlakte raak die pad versper deur die slingerende +gevaarte en van weerskante word die verkeer opgedam. Maar Herrie +verwilder die spul met sy gesnork deur 'n motorbeuel. So ver as Neelsie +gaan versondig hy sy bure—maar hulle het mos eerste begin te lol! En hy +slaan nog geld uit hulle ergernis ook om vir Engela, sy dogter se +<span class='pagenum'><a name="Page_240" id="Page_240">[Pg 240]</a></span> +numodiese klere te betaal! Dit word 'n wraakneming van 'n getergde man. +Die magistraat, Afdelingsraad en geregtelike mag agtervolg hom, maar +moet met hangende pootjies en skoongewaste koppe stamp-stamp huistoe ry +oor 'n omgeploegde pad. In Meiringspoort vind hy eindelik rus—vir 'n +tydlank ten minste. Daar raak hy aan filosofeer oor "al die nietige ou +mensies op aarde" (p. 61) en die wondere van die skepping. Maar die +lekker rooipit perskes, wat gedienstige jongkêrels vir Engela aandra, +laat hom uitvaar teen die nuwe soorte, wat allerhande plae in die land +gebring 't. En 'n stapel koerante maak hom briesend! Vroutjie peuter aan +hom oor sy ongeselligheid en as gevolg praat hy die arme dominee skoon +dronk van pure gasvryheid. Met 'n groot reent raak die kos skaars, maar +die jongkêrels knoop al De Rust se kabeltoue aan mekaar om oor die +kranse van dertienhonderd voet nuwe voorraad en ... Engela se beste +vryer af te hys!</p> + +<p>Een van die afdrifsels op die rivier is 'n dronk Hotnot, wat onder die +sing van "God save the King" op 'n stomp afdryf! "Ons het later gehoor +dat hy deur Oudtshoorn se distrik met Olifantsrivier af is, al singende +"Rule Britannia". En die laaste berigte wat van hom bekend is, is dat hy +onder Gouritzrivier se brug deur is see-toe met die laaste van sy drie +liedere. Dit was "Home Fires" (p. 93). Kostelike ironie!</p> + +<p>Oom Hendrik kom ook aangespoel om 'n goeie spook-storie te vertel. En +met sy vasgereende bure kom Neelsie gelukkig so goed klaar, dat selfs +die arm-blanke-vraagstuk aan sy geselligheid geen afbreuk doen nie. +Engela is ook in die skik met haar uit die lug gevalle vryer en die hele +wêreld kom so stadig aan weer reg.</p> + +<p>Skaars is die pad egter rybaar of die "sondesoekery" begint weer. Twee +deputasies kom Neelsie vra om hom verkiesbaar te stel, Prins Albert vir +die volksraad en Oudtshoorn vir die stadsraad. Prins Albert hoop om op +die manier sy paaie ongeploeg te hou en Oudtshoorn sê: "Ons wil hê jy +moet so vas wees in die dorp dat jy nooit weer daar uitkom nie" (p. +118). Dit is die laaste, maar glad nie die enigste klap wat Sagmoedige +Neelsie aan sy eieliefde gee nie. Die <span class='pagenum'><a name="Page_241" id="Page_241">[Pg 241]</a></span> +"sagmoedigheid" van hom is sommer +bossies. Juis die manier waarop hy daarmee omspring, sy koddige pogings +om kastig eie vernaamheid te handhaaf en homself te rehabiliteer is een +van die besgeslaagde humoristiese trekke. "Neelsie, ons bring jou De +Rust se groete. Jy weet hoe lief ons jou het. Moenie laat daar iets +tussen ons kom nie.... Bly op Oudtshoorn.... En die beswaar het ek +gewaardeer.... En tot vandag toe het daardie mense my nog lief. Ek moet +darem maar 'n goeie man wees" (p. 46).</p> + +<p>Komieklike verdraaiings, woordspelings en paradokse, die eienaardige +nuanse wat hy in geestige maar ook in die eenvoudigste opmerkings +lê—dit is 'n paar middels wat gebruik word. "Soos die ou spreekwoord +tog sê, as 'n mens dom is moet jy slim wees." (p. 6); tafelpote "moet +glo op een of ander manier ongelyk wees om gelyk te wees." (p. 10); "Ek +wil nie altyd wil nie, maar as ek darem nou wil, dan wil ek, of as ek +nie wil nie, dan wil ek nie." (p. 23.) Met 'n paar woorde bereik hy soms +'n mooi effek. Nadat hy 'n opsomming gegee het van al die swaar goed wat +op die tremwa is, voeg hy so ewe droog by: "En Engela se klere." (p. +48.) Anders kom hy weer met groot vertoon van erns die mees +vanselfsprekende feit vertel: "Engela en Willem het hulle, met +prysenswaardige bedagsaamheid jegens ons ouere smaak, onderwerp om maar +besonders van ons geselskap te bly en met hulle eie tevrede te wees, by +gebreke aan beter." (p. 110.)</p> + +<p>"The sense of the Comic is much blunted by habits of punning and of +using humouristic phrase: the trick of employing Johnsonian +polysyllables to treat of the infinitely little. And it really may be +humorous, of a kind, yet it will miss the point by going too much round +about it."<a name="FNanchor_366_366" id="FNanchor_366_366"></a><a href="#Footnote_366_366" class="fnanchor">[366]</a> Gelukkig kan dit nie van Langenhoven gesê word nie. Hy +maak 'n spaarsame gebruik van al die foefies en om die bos loop hy ook +nie. Mens kry by hom, wat Meredith noem "stout animal laughter", maar +ook "spiritual laughter".</p> + +<p>"Die geagte leser kan glo wat hy wil en as hy nie <span class='pagenum'><a name="Page_242" id="Page_242">[Pg 242]</a></span> +wil nie kan hy laat +staan," sê die skrywer in sy voorwoord. Maar die onwaarskynlikheid is in +so 'n verhaal 'n deug. "There is nothing more powerfully humorous than +what is called <i>keeping</i> in comic character ... (i.e.) consistency in +absurdity; a determined and laudable attachment to the incongruous and +singular. The regularity completes the contradiction; for the number of +instances of deviation from the right line, branching out in all +directions, shows the inveteracy of the original bias to any +extravagance or folly, the natural improbability, as it were, increasing +every time with the multiplication of chances for a return to common +sense, and in the end mounting up to an incredible and unaccountably +ridiculous height, when we find our expectations as invariably baffled. +The most curious problem of all, is this truth of absurdity to itself. +That reason and good sense should be consistent, is not wonderful: but +that caprice, and whim, and fantastical prejudice, should be uniform and +infallible in their results, is the surprising thing."<a name="FNanchor_367_367" id="FNanchor_367_367"></a><a href="#Footnote_367_367" class="fnanchor">[367]</a></p> + +<p>Nou is daar nog 'n paar "muggies"<a name="FNanchor_368_368" id="FNanchor_368_368"></a><a href="#Footnote_368_368" class="fnanchor">[368]</a>, wat moet katswink geslaan word, +vóórdat hulle ons slaapsiekte kan gee! In <i>Die Brandwag</i> (15 Mei 1912) +het Langenhoven gepleit vir "sulke handige woorde as: mistyk, +baaisikkel, drein, spiets, toast". In dieselfde artiekel kom voor: +<i>papier</i> (krant), <i>gedrop, hendikep, remnant, op te dres</i>. As 'n +takhaar, soos Oom Stoffel in <i>Doppers en Filistyne</i> praat van "die haai +sosaaietie van die dorp", dan het ons daar vrede mee. Ons sien hom sy +neus optrek vir die hele gedoente en hoor in die klank al sy veragting. +Dit is dieselfde beginsel wat hom laat sê <i>Broes Dekstrooi</i> en +<i>Makpaatrie</i> en dit tiepeer die man meteens. Maar die <i>gereelde</i> gebruik +van die sogenaamde "handige woordjies" moet stellig afgekeur word en dit +kan ons met Langenhoven se eie woorde doen: "Sal 'n groot Afrikaanse +letterkunde ooit ontstaan, dan sal hy groot wees omdat hy Afrikaans is: +Afrikaans in sinsbou, idioom, taalgenie, taalopvatting, taalgevoel, +taalstandpunt." (t.a.p.). In <i>Sonde met die Bure</i> stuit ons taalgevoel +<span class='pagenum'><a name="Page_243" id="Page_243">[Pg 243]</a></span> +op: "bargain (p. 16), trieks (p. 18), sake in order bring (p. 22), +kerrietse (p. 36), wybel (p. 98); ons dogter Engela had ook intussen +teruggekom (p. 20); nie alleen dat Vroutjie haar daaraan sou moes +versoen.... (p. 15); Vroutjie gee my weer 'n kyk" (p. 88). En is die +vorm <i>aan die gesels</i> (p. 41) nie veel meer Afrikaans nie as <i>aan 't +afkom, aan 't uitspan</i>, ens.?</p> + +<h4>Doppers en Filistyne, (1922).</h4> + +<p>"Nou ja, net soos Delila met Simson gemaak het—gekerm en gekarring tot +sy haar sin gekry het—net so het Soetlief met my gewerk tot sy my +oorgelewer het aan die dorpse Filistyne" (p. 7). Soetlief volg dieselfde +taktiek as Vroutjie. Sy is moeg vir die rustige plaaslewe en dwing dorp +toe om ook in die "adelkringe" te kom. Oom Stoffel, 'n opregte ou +takhaar moet toegee en dan begint die sonde met die dorpse bure, en die +dorpse gewoontes. Alles is "blink bedrog". In plaas van sy koele +rietdakhuis trek hy in "'n moderne ongerieflike verspotterigheid ... wat +jy kon omstoot buiten dat die uitgeknipte blikversierseltjies jou hande +sou stukkend sny." (p. 18.) Van "sonde en ergernis en dorpse modes en +dorpse vleis en brood" word hy dodelik siek. Neelsie jaag hom die stuipe +op die lyf en as die dokter hom wil opereer, slaan hy die kêrel "dwars +oor die wastafel" en vlug na die plaas.</p> + +<p>By sy terugkoms begint die spokery met sy buurman Makpaatrie oor die +waterlei-beurt. Steekbaard, die ou plaashond bevlieg die Skotsman, want +hy reken: "'n Vroumens met 'n lang rooi snorbaard en rokkies bokant die +kaal knieë—nee, soiets moenie wees nie" (p. 63), En hy veroorsaak nog +meer moeilikheid deur 'n slagting onder die Skot se "uitheemse soorte +bog-ongedierte".</p> + +<p>Die anderkantse buurman was "Ja-mes Wénderbaail". Miesies Ja-mes gee +Soetlief 'n kursus in dorpse beskaafdheid, maar Oom Stoffel hou sy lyf +nog altyd takhaar. Die onderhoud tussen hom en Miesies Ja-mes is 'n +meesterstuk van vlymende satiere. (p. 73-75.) Soos Langenhoven die +verengelste Van der Byl-famielie <span class='pagenum'><a name="Page_244" id="Page_244">[Pg 244]</a></span> +geteken 't sal hulle bly lewe in ons +letterkunde. Hier is hy werklik 'n "virtuoos van het sarcasme".</p> + +<p>Neelsie se joernalistieke ervaring kom Oom Stoffel te pas as hy die +Taaims-vaatdoekie aan flenters skeur en die hele redaksie met sy +karreekierie deurloop. Die Progressiewe Hollandse predikant word ook +ongenadig geroskam. As Neelsie met 'n vernuftige varkeberekening bewys, +dat Oom Stoffel koninklike bloed in sy are het skaam die ou hom +bitterlik. "Ek het gedog my peddekrie was skoon"! (p. 113.) Dit is die +ou Boeretrots wat met al sy veragting van uitheemse tietels hier +opflikker.</p> + +<p>Engela se klererekening bring vir Neelsie "in die verknorsing" en dit +gee aanleiding tot 'n humoristiese hofsaak. Die gedig wat hy in die +tronk maak, het egter onder sy verdrietige stemming gely.</p> + +<p>"Die dorpse duiwels se naam is legio" en in die loop van die verhaal kry +meer as een 'n goeie raps onder Oom Stoffel se kierie. Dit word 'n +deurlopende veroordeling van alle nuwe boggedoentes, van die "met blink +klatergoud-beslane doodkis", die "Mayoral Sunday", die ingevoerde +Engelse honde tot die vrot perskes, pere en appels met <i>fensie</i>-name en +<i>fensie</i>-wurms om maar 'n paar te noem. Oor alles moet hy sy +takhaar-wysheid lug, en as hy nie te kwaad word nie, laat hy ons glimlag +oorslaan in 'n onbedaarlike skaterlag. Al die nuwerwetse +verspotterigheid word met die ou plaaskierie goed deurgeloop.</p> + +<p>Dan kom egter "'n groot versoening ... my ou teëparty is almal bekeerd; +wat my vyande was is vandag my vriende" (p. 136). "Soos met 'n towerslag +is ons gevoelens teen mekaar verander en van onverdraagsaamheid tot +liefde oorgegaan. Makpaatrie en Broes is nie meer uitlanders nie; hulle +is Afrikaners.... Op die ent van vergaderings en konserte sing ek God +save the King uit volle bors ... (p. 67). Die groot versoening het nie +alleen van die Engelse Jingo's Afrikaners gemaak nie, maar ook die +Afrikaner-Jingo's bekeer (p. 86). Voortaan werk Oom Stoffel saam met +Miesies Ja-mes by die verkiesings.</p> + +<p>Maar die kastige "versoening" is juis die toppunt van alle ironie! Oom +Stoffel gee homself sy eie doodsteek! <span class='pagenum'><a name="Page_245" id="Page_245">[Pg 245]</a></span> +Hy het die teëparty so ongenadig +gekneus en gelooi, dat ons voel dat húlle nooit ofte nimmer met hom kán +saamwerk nie. Hoe moet ons dan die psigologiese raaisel van die +versoening verklaar? Delila-Soetlief het die ou takhaar se baard +afgeskeer! Nie alles nie—hy het nog heelparty van sy ou +swaap-nukke—maar Soetlief "knip elke oggend (s)y bokbaardjie vir (hom) +met die skêr reg volgens die nuutste S.A.P.-mode" (p 142). En al die tyd +verbeel hy hom, dat Soetlief en sy ou vyande "aan (s)y kant kom staan +het en saam met (hom) voel vir die beginsels en ideale, wat (hom sy) +lewe lank besiel het ..."! (p. 141.) So kom daar 'n vlymende politieke +ironie in die boek. En dit is 'n raak hou, omdat Langenhoven dit reg +gekry het om die ou takhaar homself te laat veroordeel.</p> + +<p>"If you detect the ridicule, and your kindliness is chilled by it, you +are slipping into the grasp of Satire. If instead of falling foul of the +ridiculous person with a satiric rod, to make him writhe and shriek +aloud, you prefer to sting him under a semi-caress, by which he shall in +his anguish be rendered dubious whether indeed anything has hurt him, +you are an engine of Irony."<a name="FNanchor_369_369" id="FNanchor_369_369"></a><a href="#Footnote_369_369" class="fnanchor">[369]</a> Die "satiric rod" was Oom Stoffel se +kareekierie; die "semi-caress" het van Soetlief gekom.</p> + +<p>"The foppish irony fretting to be seen, and the irony which leers, that +you shall not mistake its intention, are failures in satiric effort +pretending to be treasures of ambiguity"<a name="FNanchor_370_370" id="FNanchor_370_370"></a><a href="#Footnote_370_370" class="fnanchor">[370]</a>. Omdat Langenhoven so goed +daarin geslaag het om ook hierdie fout te vermy, daarom sal die satiere +ook vir later tyd sy oorspronklike frisheid behou, wanneer die politieke +koaliesie daarin gehekel al lank reeds tot die geskiedenis behoort. Hy +het self die grootste gedeelte van Oom Stoffel se ervarings deurleef en +kon die oubaas teken in 'n stemming van vergewende spot. Sy humor is +soos Höffding sê "das Gefühl des Lächerlichen auf Grundlage der +Sympathie". Al is hy vandag Oom Stoffel se politieke teenstander, hy het +die ou bondgenoot nog lief. "Der Humor trägt die <span class='pagenum'><a name="Page_246" id="Page_246">[Pg 246]</a></span> +Versöhnung im Gemüte. +Er unterscheidet sich von dem Witze, dasz er an den Dingen mit denen er +spielt einen innigen Herzenanteil nimmt, und das die Lust des Lachens +ein inniges Mitgefühl der Rührung für das Verlachte begleitet und +durchklingt."<a name="FNanchor_371_371" id="FNanchor_371_371"></a><a href="#Footnote_371_371" class="fnanchor">[371]</a> Die simpatie behoort Langenhoven in staat te stel om +ook die langsame groeiproses van die versoening in Oom Stoffel se gemoed +uit te beeld.</p> + +<p>Oom Stoffel word ons voorgestel as 'n ongeletterde takhaar. Sagmoedige +Neelsie, sy neef skuld hom 'n klompie geld en die moet sy spelling en +interpunksie verbeter. Dat Neelsie die Akademie-spelreëls op krietiese +wyse toepas—daaroor sal weinig hom seker berisp; maar van die kommas +het hy seker 'n goeie honderd vergeet. "Inhoud woordekeus en +styl"—alles is van Oom Stoffel. Hoe goed Neelsie hom ingeleef het in +die psiege van die ou takhaar blyk uit iedere pagina. Oom Stoffel word +vir ons 'n lewende persoonlikheid. Hy redeneer met die egte +boere-logika. "Soetlief het rooihare. Met 'n rooihaar-ding—of jy hom +ruil of koop of aanteel of trou; hoé jy hom ook kry—steek jy jou in 'n +waag." (p. 19.) Dié stelling bewys Oom Stoffel deur sy ervarings met +vosperde. "Onder al ... die klomp was maar een goeie. Nou kan die leser +by homself uitsyfer wat die kanse is wanneer 'n man 'n rooihaar-ding +aanskaf." Dit is 'n raak psigologiese uitbeelding, wat ons direk tref +deur sy egtheid. Ook Oom Stoffel se gesukkel om die hoe en die waarom +van al die dorpse instellings en gewoontes te verstaan is goed +weergegee. "Hoe dít uitwerk weet ek nie en Neelsie kan my dit ook nie +uitlê nie.... Waarom kan die Engelse kerk my kerk vat en hom uit 'n +blote dorp optel en in 'n city neersit?" (p. 29.) Dit is deur sulke +trekke, dat Oom Stoffel lewendig voor ons kom staan. Hy bly nie in die +boek nie. Die dorpelinge het straatlampe, "om hulle op hulle pad hel-toe +te verlig" (p. 34). Die dokter "kap met die punte van sy vingers oral +oor my bors en my maag rond <i>nes 'n houtkapper aan 'n vrot +wilgerboomstam</i>" (p. 46). "Waarom sou ek daardie ou koeie uit die sloot +opgrawe <i>en aan hulle dooi <span class='pagenum'><a name="Page_247" id="Page_247">[Pg 247]</a></span> +beendere kou en gallamsiekte kry?</i>" (p. +136). "Ou Ja-mes wat anders so suinig is dat hy 'n vlooi sal afslag en +dan die soutkorreltjie viermaal middeldeur maak om die vel in te pekel" +(p. 84). Uit sulke en tallose ander voorbeelde blyk hoe diep Langenhoven +ingedring het in Oom Stoffel se gedagtewêreld. Oom Stoffel is 'n +afsonderlike persoonlikheid. Hy leef, en hy leef sy eie lewe. Hy praat +ook sy eie taal, maar wanneer hy skryf, dan herken ons af en toe +<i>Neelsie</i> se gladdigheid, regsgeleerdheid en humor. Opvallend is dit +nie, maar ons voel dit tog in sinne soos die volgende: "Maar toe die ou +weer met my oor die muur aan 't raas gaan, beskuldig ek hom dat hy met +vrou en kinders en volk, en <i>met die medepligtigheid en korrupsie en +kollusie</i> van ou Broes Dekstrooi, my stelselmatig van my water besteel." +(p. 66.) Só kan 'n ou takhaar nie skryf nie.</p> + +<p>Enkele minder gelukkige uitdrukkings kom voor: "gedryfde gelukjag (p. +17); dat ek <i>aan</i> 'n boek <i>aan</i> 't skrywe was"<a name="FNanchor_372_372" id="FNanchor_372_372"></a><a href="#Footnote_372_372" class="fnanchor">[372]</a> (p. 1); ook 'n paar +anglisismes, o.a. "die doem van die Adamskind (p. 26).</p> + +<p>"Ek het geen rede om te dink dat Oom Stoffel Multatuli lees nie," sê +Sagmoedige Neelsie (p. 83 voetnoot). Ons ook nie, maar vir Neelsie self +moet Multatuli in baie opsigte 'n simpatieke skrywer wees. Fonkelende +vernuf, bytende sarkasme, 'n voorliefde vir paradokse en soms ook vir +oud-testamentiese wendings, dit en nog meer het Langenhoven met +Multatuli gemeen. Ook sy spelling-opstandigheid en afkeer van +"hooggeleerde akademiese here" en deskundiges herinner ons aan +Multatuli. "Die geleerde mense is alleen geleerd—die verstandige mense +is ongeleerd" (p. 135). "Die land wemel van skitterende deskundiges" +(<i>Die Burger</i>, 14 Aug. 1922). En dat hulle self so weinig presteer en +net "die verstandige mense" se werk wil kritiseer—dit steek Langenhoven +in die krop. Is dit nie of ons Multatuli se uitdaging hoor aan die +"hooggeleerde Muurling": "Laat zien wat <i>gij</i> voor den dag brengt, gij +... geen doctorandus meer, maar doctor, leeraar! Gij, geen doctor meer, +geen <span class='pagenum'><a name="Page_248" id="Page_248">[Pg 248]</a></span> +leeraar meer, maar <i>hoog</i>-doctor, <i>hoog</i>-leeraar, leeraar van +doctoren, doctor <i>van</i> leeraren, opperleeraar, opperdoctor!" (Idee 279.) +"Komäan, hoog-geleerden en zeer-geleerden, lever eens wat +volkeren-wijsheid aan 't volk dat uwe wijsheid in huur heeft, en +betaalt!" (Idee 281.) Sou Langenhoven hom nie met Multatuli vrolik maak +nie oor "den armen speciaal-professor die gestruikeld is over 'n +speciaal eigenschapje van 'n speciaal-atoom zijner specialiteit"? Ons +gun hom die plesier, as hy maar onthou dat 'n kunstenaar nog iets anders +is as 'n hooggeleerde.<a name="FNanchor_373_373" id="FNanchor_373_373"></a><a href="#Footnote_373_373" class="fnanchor">[373]</a> En ons lag saam met hom oor "taal- en +spelling-grille" as hy net nie in ernstige letterkundige werk daaroor +peuter nie!<a name="FNanchor_374_374" id="FNanchor_374_374"></a><a href="#Footnote_374_374" class="fnanchor">[374]</a></p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_357_357" id="Footnote_357_357"></a><a href="#FNanchor_357_357"><span class="label">[357]</span></a> In <i>Die Huisgenoot</i>, Jan. 1921, waaraan hierdie +lewensskets ontleen is. Enkele feite kom uit <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_358_358" id="Footnote_358_358"></a><a href="#FNanchor_358_358"><span class="label">[358]</span></a> Twede druk 1909. Die datum van die eerste druk is my +onbekend. <i>Doppers</i> en <i>Die Boervrou</i> word in hoofstuk X bespreek.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_359_359" id="Footnote_359_359"></a><a href="#FNanchor_359_359"><span class="label">[359]</span></a> Vgl. Boshoff: <i>Volk en Taal van S.A.</i>, p. 76 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_360_360" id="Footnote_360_360"></a><a href="#FNanchor_360_360"><span class="label">[360]</span></a> Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_361_361" id="Footnote_361_361"></a><a href="#FNanchor_361_361"><span class="label">[361]</span></a> Derde druk, p. 31.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_362_362" id="Footnote_362_362"></a><a href="#FNanchor_362_362"><span class="label">[362]</span></a> Vgl. <i>Richteren</i> 15:15.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_363_363" id="Footnote_363_363"></a><a href="#FNanchor_363_363"><span class="label">[363]</span></a> Voorwoord by die 3de uitgaaf.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_364_364" id="Footnote_364_364"></a><a href="#FNanchor_364_364"><span class="label">[364]</span></a> <i>Welt als Wille und Vorstellung</i> II, p. 109.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_365_365" id="Footnote_365_365"></a><a href="#FNanchor_365_365"><span class="label">[365]</span></a> Bedoel word Oberammergau, wat tog nie in Switserland lê +nie. <i>Vollendam</i> op p. 120 moet wees Volendam.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_366_366" id="Footnote_366_366"></a><a href="#FNanchor_366_366"><span class="label">[366]</span></a> <i>An Essay on Comedy</i> by George Meredith, p. 65.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_367_367" id="Footnote_367_367"></a><a href="#FNanchor_367_367"><span class="label">[367]</span></a> <i>English Comic Writers</i>: W. Hazlitt, p. 10. (Bohn's +edition).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_368_368" id="Footnote_368_368"></a><a href="#FNanchor_368_368"><span class="label">[368]</span></a> Sien voorwoord, No. 4.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_369_369" id="Footnote_369_369"></a><a href="#FNanchor_369_369"><span class="label">[369]</span></a> Meredith, t.a.p., p. 79.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_370_370" id="Footnote_370_370"></a><a href="#FNanchor_370_370"><span class="label">[370]</span></a> id., p. 83.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_371_371" id="Footnote_371_371"></a><a href="#FNanchor_371_371"><span class="label">[371]</span></a> Backhaus: <i>Das Wesen des Humors</i>, p. 70.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_372_372" id="Footnote_372_372"></a><a href="#FNanchor_372_372"><span class="label">[372]</span></a> Vgl. <i>Sonde met die Bure</i>: "En toe gaan ek aan 't skiet +aan die haan", p. 24.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_373_373" id="Footnote_373_373"></a><a href="#FNanchor_373_373"><span class="label">[373]</span></a> Oor die onvrugbaarheid van akademiese professore het +Langenhoven hom herhaaldelik uitgelaat. In <i>Die Banier</i>, Julie 1921, +beweer hy selfs, dat dit daarna lyk of 'n akademiese opleiding vir die +vorming van 'n kunstenaar noodlottig is—wat seker 'n onjuiste bewering +is. So 'n opleiding "het uitgeloop, nie op 'n mislukking nie, maar op 'n +sukses: op die sukses van 'n beoogde mislukking, want hy was opsetlik +bereken om te misluk"! Vir sulke spitsvondigheidjies is Langenhoven maar +àl te lief!</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_374_374" id="Footnote_374_374"></a><a href="#FNanchor_374_374"><span class="label">[374]</span></a> Vgl. b.v. <i>Ons Weg deur die Wêreld<sup>2</sup></i>, p. 81: +"gesteelde—nee, gestole moet ek sê—...." In <i>Aan Stille Waters</i> is +daar ook spellinggrappies.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_249" id="Page_249">[Pg 249]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_VII" id="HOOFSTUK_VII"></a>HOOFSTUK VII.</h2> + +<h2>Didaktiese Prosa.</h2> + + +<h3>§ 1. Adv. C.J. Langenhoven.</h3> + +<h4>Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX.<a name="FNanchor_375_375" id="FNanchor_375_375"></a><a href="#Footnote_375_375" class="fnanchor">[375]</a></h4> + +<p>Die eerste afdeling: <i>Naarheid en Waarheid</i> bevat aforismes. Bestaande +spreekwoorde word aangevul, verbeter of ontken. "Dis wáar, klere maak +nie die man nie. Maar slordigheid nog minder." "Een swaaltjie maak geen +somer nie. Hy maak nie eers 'n nes nie." "Daar mag halwe eiers wees wat +beter is as leë doppe, maar die halwe eiers wat naar my koers toe gekom +het was nog altyd vrot." 'n Groot aantal spreuke is woordspelings: "Om +te weet is net so maklik as om nie te weet nie. Wat swaar is, is om te +weet wát jy weet deur te weet wat jy nie weet nie." In andere klink daar +'n sarkastiese toon: "In 'n vrye land behoort elke koerantskrywer die +reg te hê om dwaasheid te verkondig." Die sonde-met-die-bure-motief is +hier ook aanwesig: "Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou +buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se famielie." Oom +Stoffel sal seker instem met die volgende: "As die son nou met die +beskawing wil saamgaan, moet hy in die nag skyn wanneer die mense wil +wakker wees en in die oggend ondergaan wanneer hulle wil slaap." +"Vroutjie" se redeneerkuns word so getiepeer: "Oortuig 'n vrou dat sy +nie reg is nie, sy klap jou om met simpel almiskié."</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_250" id="Page_250">[Pg 250]</a></span> +Die spreuke is 'n pittige samevatting van die skrywer se lewenswysheid. +Daar is raak opmerkings, wat getuig van 'n helder, logiese gedagtegang +en 'n uitgebreide ervaring; nuwe waarhede, op pakkende wyse uitgedruk; +ou waarhede, in 'n nuwe, oorspronklike vorm. As voorbeelde van sy +kernagtige styl kan die volgende dien: "Waar die vader op 'n donkie gery +het en die seun op 'n galop, kry jy die kleinkinders te voet." +"Kleinserigheid is die voorkant van seerkleinigheid."</p> + +<p>In die <i>Ligte Leekprekies</i> (IV) is daar 'n preek vir kinders oor +wedywer. "As julle nie weet wat kompetiesie is nie, soek 'n handvol +koring en gooi die vir 'n klompie hoenders. Dan sal julle kompetiesie +sien." (p. 71, Derde druk.) Die verskille tussen "hoender- en +mens-kompetiesie" word dan uitgewerk na aanleiding van wedywer op +sportgebied. Die deurmekaar Engels en Hollands pratery "is my +skoolmeester se skuld" verklaar Langenhoven. Mooi is dit seker nie!</p> + +<p>In <i>'n Preek vir Nooiens</i> word die deugde van die voorouers teenoor die +hedendaagse nuwighede geplaas, en die vergelyking val nie ten gunste van +die laaste uit nie, soos blyk uit die volgende lang-asem sin met sy +komieklike nadraaitjie: "En onse jonge dogters begint in te teken vir +ryk ge-illustreerde mode-joernale en 'n aangeleerde smaak te ontwikkel +vir bloedsomloop-versperrende nou-ryg borste-rokke, voet-martelende en +senuwee-renewérende spyker-polfytjies; vir die gesig-belemmerende +wa-wiel-hoed en die bene-belemmerende hobbelskirt; vir die lae-nek blous +en die ope-werk kous." (p. 80.) Teen die wedywer in huweliksgeskenke +word ook protes aangeteken: "Maar onder die teenswoordige opjaagvendusie +wat van menige bruilof gemaak word, weet jy nie watter geskenk 'n +konvensionele pligvervulling verteenwoordig en watter werklik van harte +gemeen is nie...." (p. 83).</p> + +<p>In <i>Beweging</i> word die ontwikkeling van ons vervoermiddels geskets en +die voorgeslag verheerlik: "Baie van ons voorouers had stoomharte by die +remskoenwaens; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens." (p. +88.) Al die menslike voertuie is egter onvolmaak, wanneer dit vergelyk +word met een "deur die <span class='pagenum'><a name="Page_251" id="Page_251">[Pg 251]</a></span> +liewe God gemaak." "So stil, so absoluut +eengalig, loop die ou aarde wat vir ons oor en deur die peillose +afgronde van die hemelruim veilig meevoer, dat die oorgrootste +meerderheid van die mensdom vandag nog oortuig is dat sy dood-stil bly +staan in een plek, beweegloos, roerloos." (p. 89.) Die aarde is "ons ou +moeder-wa" waarop die lewensreis afgeleg word. Dan ontstaan die vraag: +"Waarheen? Waartoe? Waarom?"</p> + +<p>In die kinderprekie oor <i>Ideale</i> word die volgende spreuk nader +uitgewerkt "Die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die wêreld +is maar die oeste van ongesiene gedagtesaadjies."</p> + +<p>In die sesde afdeling word <i>Die Betekenis van Opvoeding</i> op aanskoulike +en helder wyse uiteengeset en nagegaan wat <i>Die Kenmerke van 'n goeie +Toespraak</i> is.</p> + +<p>In die negende afdeling, waaraan die boek sy naam ontleen, tree +Langenhoven op as 'n gids op <i>Ons weg deur die Wêreld</i>. In 'n honderdtal +kort prekies, elkeen voorsien van 'n pittige teks word onderwerpe van 'n +groot verskeidenheid behandel. Daar is preke oor die mode, dronkenskap, +skindery, politiek, sedelike kwessies, ons eksamenstelsel, opvoeding, +skuldmaak, fariseïsme, liefdadigheid, eerlikheid, borgstaan, godsdiens, +die dood. Ook maatskaplike vraagstukke, soos die verhouding tussen +kapitaal en arbeid word bespreek. Hy probeer om homself en sy bure +grondig te leer ken. Hoe moeilik die <i>ken jouself</i> is, weet hy maar al +te goed: "Die enigste mens in die wêreld wat in die posiesie is om jou +te beoordeel is jyself, maar jy is die onbevoegdste, want jy is tegelyk +regter en beskuldigde. Jy alleen kan in jou hart inkyk: maar ongelukkig +dis jy wat inkyk—die baas en dienaar van die hart." (72.)</p> + +<p>Op sy weg deur die wêreld vind hy baie dinge wat verkeerd is, maar tog +bly hy optimisties: "Laat ons moed hou, maat, die ou wêreld is darem nie +so sleg nie!" (92.) "Die grote waarhede van godsdiens en wetenskap en +idealisme en vaderlandsliefde: immers dié regeer die wêreld." (id.) Tog +moet hy af en toe peins oor die volmaakte wêreld, wat sou ontstaan as +die menslike natuur anders was: "Veronderstel die hele mensdom sou +volkome waarheid-sprekend word, wat sou <span class='pagenum'><a name="Page_252" id="Page_252">[Pg 252]</a></span> +almal nie win daarby nie!" +(50.) "Die wêreld kon 'n soort van lushof gewees het waar ons al +singende en huppelende 'n lower-beskadude en bloem-bestrooide weg +vervolg het van ons wieg tot aan ons graf." Maar ons moet "met skaamte +bely: ... Alles is hier skoon en edel en groots behalwe die inwoners." +(53.)</p> + +<p>Enkele volkstiepes word raak gekarakteriseer; in nommer 10 die man wat +by alles voor-op-die-wa wil wees, in 64 die lastige kuiergas, wat "nie +gesels nie, maar gesels-maak". In 78 kom een van die weinige anekdotes +voor, want die direkte preektoon word maar uiters selde deur 'n verhaal +onderbreek.</p> + +<p>In die honderdtal preke vind ons veel wat fris en oorspronklik is, en +selfs die ou waarhede word op 'n besonder persoonlike wyse uitgedruk, +sodat dit prikkel tot nadink. "As jy op trou staan sal jy geen goeie +raad aanneem nie, en as jy op sterwe lê sal jy dit nie kry nie." (14.) +"My liewe man, moenie vrees vir jou dood nie: vrees vir jou lewe. By jou +dood sal jy verby kom: hy sal nie te swaar wees nie; want as hy te swaar +sou wees, sou hy onmooglik wees; en as hy onmooglik sou wees, sou jy +onsterflik wees. Wees gerus oor daardie laaste plig wat van jou gevorder +sal word op die aarde: jy sal nie kortkom nie—daardie laaste skuld sal +jy betaal tot op die uiterste greintjie van die uiterste penning" (55). +Dit is deur so 'n ongewone manier van sê, deur sulke verrassende +wendings, dat Langenhoven meestal daarin slaag om ons aandag vas te hou, +want sy preke is pure pit-kos, wat nie in oomblikke van verstrooiing +moet gelees word nie. Die oorvloedige gebruik van abstrakte begrippe, +die epigrammatiese styl met sy vernufspelings, paradokse en parallele +sinsbou vorder die grootste opmerksaamheid van die leser. "'n Bekwame +booswig sou minder van 'n booswig gewees het als hy 'n onbekwame booswig +was. Dáár, o mens, is jou kostelikste besitting: jou karakter wat jou +bekwaamheid bekwaam kan maak ten goede" (68). "Die meeste wyse mense wat +ek nog raak geloop het is dom mense, en die meeste slim mense dwaas" +ens. (9). "Al ons geluk is verbeelding en alle verbeelde geluk is geluk" +(<i>Aan Stille Waters</i>). "Leugenliewende waarheidgierigheid (92), <span class='pagenum'><a name="Page_253" id="Page_253">[Pg 253]</a></span> +die +ontsag vir sy gesag (93), die onreg dat 'n ander die reg ... het" +(77)—vir sulke knal-effekte is Langenhoven besonder lief. Dat hy met sy +puntige gesegdes soms 'n mooi indruk maak is seker; maar die vuurwerk +van sy vernuf verteer ook soms die gedagte wat hy wil uit. Op die manier +gaan die eenvoudigheid wat hy bo-alles na streef verlore. "Die +eenvoudigste sprekers, die eenvoudigste skrywers, is die wat die +diepste, diepste denkers is.... 'n Suiwere gedagte, 'n suiwere waarheid, +is van self soveel wêrd dat hy die beste indruk maak as hy op sy eie +verdienste, op sy eie waarde, ten toon gestel word in plaas van deur 'n +misdamp onduidelik bespeurbaar te wees." (<i>'n Goeie Toespraak</i>.)</p> + +<p>Op enkele minder gelukkige taalvorme kan hier nog gewys word: "Die man +<i>wiens</i> raad (21 et passim); toe hulle van alle invloede van Kerk en +Skool en Wet <i>ont</i>stoke was (27); die taktieke voordeel (37); meineders +(85); verrottenheid (86); om te wanregeer (91); ons <i>beweeg</i> die graaf +in die grond in" (p. 85, Derde Dr.). Die woordskikking is soms foutief +o.a.: "Anders maklik kan jou eie redenasies jouself naderhand ... +verlei" (p. 218). Troebel is die volgende beeldspraak: "die lente van +nuwe lewe en bottende, bloemende, bloedgalop." (p. 90, Derde Druk.)</p> + +<p>Afgesien van die storende gebruik van Engelse woorde soos: dres, mistyk, +blackmailer, safe, snobbery, jollie, shabby, independent, ens. is die +aantal anglisismes taamlik groot. Die volgende voorbeelde is aan +afdeling IX ontleen: "'n Klassiek van die literatuur (12); in growwe +opsigte (20); naar 'n gevolgtrekking te spring (21); op die lange baan +verydel die luiaard sy eie doel (25); sy professie van reine bedoelings +(37); nou en dan trek ons 'n blank; om deliberaat meineed te pleeg (48); +raar (Eng. <i>rare</i>) (52); die eerste plig is die makliker plig (61); die +wilde-hawer-saaiers in hulle jeug ...; sy iedere woord (71); die ou +vriende van jare lange stand" (83). In <i>'n Goeie Toespraak</i> hoor ons van +welsprekendheid, wat <i>platval</i> (p. 216). Ook in die sinsbou stuit mens +op Engelse wendings.</p> + +<p>Uit die reeks artiekels <i>Aan Stille Waters</i> kan ons Langenhoven se +letterkundige opvattings leer ken. "Die <span class='pagenum'><a name="Page_254" id="Page_254">[Pg 254]</a></span> +hedendaagse Europese dekadensie +van die kubiste en futuriste en impressioniste (volgens wie 'n ding moet +lelik wees om mooi te wees)" moet nie "aan ons Afrikaanse waarheidssin +en eenvoudsgevoel ... af(ge)smeer" word nie. (<i>Die Burger</i>, 14/8/22.) In +dieselfde artiekel spreek hy hom teen 'n beroepstoneel uit: "Ek (sou) +liewer ons kultuur op die gebied van die drama onontwikkeld sien bly as +dat ons beroepsbeoefenaars sou hê.... Ek hoef nie meer te sê nie as dat +volgens my insigte 'n klas van beroeps-vermaak-skaffers nie tot genoeg +nut vir die samelewing is om op te weeg teen die besware wat daar in te +bring is nie." As 'n beroepstoneel niks anders dan "vermaak-skaffers" +oplewer nie, sal baie die bewering seker onderskryf; maar van 'n goeie +toneelspeler verwag ons tog veel meer dan bloot <i>vermaak</i>! Ook "vir die +gewone mens" moet die kuns méér wees as "ontspanning ... tussen die +harde en dikwels onlieflike pligte van die lewe." (28/8/22). Maar hoe +hoog Langenhoven sy roeping as kunstenaar opvat, blyk uit die volgende: +Vir die kunstenaar sal die kuns "nie 'n afwisselende tydverdryf wees +nie; dit sal sy hele lewe wees." (id.)</p> + +<p>Die Bybel, die psalms en gesange is vir hom die toppunt van alle +bereikbare skoonheid. "Hy (d.i. Langenhoven) haal uit die Bybel aan, +omdat hy van geen letterkunde in die wêreld weet wat, as 'n saak van +blote verhewenheid en skoonheid, in die verte daarby kom nie; en uit ons +Psalms en Gesange, <i>omdat hy van niks in die Nederlandse lettere weet +wat daarby kom nie"</i> (31/7/22).<a name="FNanchor_376_376" id="FNanchor_376_376"></a><a href="#Footnote_376_376" class="fnanchor">[376]</a> By so 'n uitspraak het die gewyde +inhoud van die aangehaalde werke met hul geheiligde herinneringe seker +swaar geweeg. Veral die gekursiveerde stelling wek verwondering, want +wanneer die Bybel, weens sy unieke posiesie as die geïnspireerde Woord +buiten beskouing bly, dan is daar tog seker genoeg geestelike liedere +wat 'n vergelyking met die offisiële gesange glansryk kan deurstaan.</p> + +<p>Langenhoven se ideaal is om 'n boek te skryf "wat genot verskaf by die +veewagterskraal en nie benede <span class='pagenum'><a name="Page_255" id="Page_255">[Pg 255]</a></span> +die aandag van die hoogsgeleerde +uniwersiteits-professor (is) nie." (12/6/22). "Skryf ek vir die geleerde +mense, met die veronderstelling van kennis en ontwikkeling wat hulle +reeds klaar besit, dan word ek vir die grote meerderheid van die volk +onleesbaar—dan kan hulle geen vattigheid by my kry nie. Skryf ek met +die oog op die onbevoorregtes, waar my hart van jammerte en medelye is, +dan loop ek die gevaar dat teen die hoof van my nasie die vernederende +vreemde verwyt kan geslinger word: Julle is onbeskaaf; julle kultuur is +benede die hedendaagse ontwikkelde peil" (id). Die "versoening tussen +hierdie twee teenstrydige uiterstes" vind hy in die Bybel en by Homerus. +"Daarin is die verhewenste bereik waartoe die kuns van die lettere in +staat is, en bereik <i>langes die weg van die allernederigste +eenvoud</i>."<a name="FNanchor_377_377" id="FNanchor_377_377"></a><a href="#Footnote_377_377" class="fnanchor">[377]</a></p> + +<p>Duidelik word sy didaktiese standpunt uiteengeset in <i>Hoe skryf 'n +mens?</i> (17/14/22). "Wat ons roeping en plig is, ons wat skryf, is om +naar ons broers om te kyk wat die opvoeding van node het wat aan hulle +in hulle jonge dae weerhou is en wat hulle nergens anders kan kry nie as +by ons.... Met ons boeke, met ons tydskrifte, met ons koerante, behoort +ons veral diegene te help wat hulle nie self kan help nie." Langenhoven +streef na gemeenskapskuns. Sterk ontwikkel is by hom die liefde vir die +massa, vir <i>"die onbevoorregtes, waar (s)y hart van jammerte en medelye +is</i>." Op hom is die woorde van Frans Bastiaanse toepaslik: "Als een +kunstenaar zoo veel houdt van die massa-idee als een ander bijv. van +zijn geliefde of zijn moeder kan houden, dan kan die massa-idee in hem +dien ontroeringsstaat wekken, die tot het kunstenaarsschap aanleiding +geeft."<a name="FNanchor_378_378" id="FNanchor_378_378"></a><a href="#Footnote_378_378" class="fnanchor">[378]</a> Langenhoven begaan egter die fout om aan àl ons skrywers 'n +didaktiese dwang op te lê en in sy ywer en liefde vir die "arme +sukkelaars op die nederigste onderste sportjie" vergeet hy, <i>dat die +waaragtige kunstenaar geen skoolmeester is nie</i>. Die waaragtige +kunstenaar is iemand wat deur skoonheid ontroer is en wat die wondere +gawe besit om sy ontroering in taal of klank of kleur <span class='pagenum'><a name="Page_256" id="Page_256">[Pg 256]</a></span> +of marmer so te +uit, dat die oorspronklike verrukking wat hy by sy skeppingswerk +ondervind het, vir ander navoelbaar is. Dat daar van alle goeie kuns 'n +veredelende werking uitgaan, is vir die kunstenaar iets bykomstigs; doel +mag dit nooit wees nie. "Het primaire van een kunstwerk is de ontroering +die er in schuilt, en of die ontroering bij den kunstenaar nu gewekt +wordt doordat hij haar krijgt uit het massa-sentiment, of door het +natuurleven, of wat dan ook, dat blijft ten slotte hetzelfde, mits de +diepere ontvankelijkheid en het kunstenaars-temperament er zijn."<a name="FNanchor_379_379" id="FNanchor_379_379"></a><a href="#Footnote_379_379" class="fnanchor">[379]</a> +'n Kristen-kunstenaar b.v. sal in sy werk, ja <span class='g'>moet</span> as dit eg is, +sy godsdienstige gevoelens openbaar, omdat hy in 'n kunswerk vorm gee +aan die innerlikste roersels van sy wese. Maar as die self-openbaring +van die Kristen-kunstenaar ontstaan, nie uit 'n suiwer-estetiese drang +nie, dog met die bedoeling om ander te bekeer, dan word dit 'n preek, +wat met kuns niks te maak het nie. As die Kristen alleen uiting gee aan +sy godsdienstige ontroering en alleen daardeur gedryf word tot skepping +van sy werk, dan kan dit kuns wees. Op dieselfde wyse kan iemand wat +diep ontroer is deur die nood en behoefte van ons arm blanke, soos +Langenhoven b.v., kuns skep wat hul harte sal raak. Maar gaat al ons +skrywers nou voor hul skryftafels sit met die bewuste, vooropgestelde +doel: Ons moet "die duisende onbevoorregtes van ons volk", wat nou vir +die eerste maal boeke in hul eie taal kan lees, help, tot 'n hoër trap +van beskawing ophef, dan kan daar wel goeie didaktiese verhandelinge, +ens. ontstaan, skoolboekies vir grootmense, maar nooit ofte nimmer +<i>kunswerke</i> nie. Eenvoudig omdat kuns nie gefabriseer of gekommandeer +kan word nie, omdat kuns sy ontstaan dank aan 'n spontane ontroering van +'n begenadigde eenling. "An essential in creative art is the artist's +temperamental absorption in his own work. Art in that respect is +essentially aristocratic, however democratic its appeal may be. That is +what Meredith meant when he said, 'Do not democratize literature'. Beer +or blankets or biscuits or braces may be manufactured to <span class='pagenum'><a name="Page_257" id="Page_257">[Pg 257]</a></span> +please the +taste of the average man, but art cannot be so dealt with under penalty +of losing its quality as art."<a name="FNanchor_380_380" id="FNanchor_380_380"></a><a href="#Footnote_380_380" class="fnanchor">[380]</a></p> + +<p>Langenhoven beweer: "Die +meesterstukke van die wêreld, die klassieke wat die toets van die tyd +deurgestaan het, is nie dié wat te hoog vir die volk was nie, maar juis +die wat elementaal (verstaan: <i>elementêr</i>) was en hulle beroep gemaak +het op die ewige gevoelens en behoeftes en ervarings van die +ongekunstelde volkshart." (17/4/22). Om dié snaakse bewering te bewys, +neem hy die Bybel as voorbeeld. Maar afgesien van sy letterkundige +waarde, wat ongetwyfeld groot is, het die Heilige Skrif deur sy +godsdienstige inhoud só 'n bevoorregte posiesie, dat daarop geen +argument kan gebou word nie. Shakespeare, Dante, Vondel—aan sulke +kunstenaars moet ons die bewering toets. Hulle was en is nog altyd "te +hoog vir die volk", soos in hoofstuk II al aangetoon is. Dit is pure +onsin om van 'n kunstenaar te verwag dat hy hom na die publiek moet rig. +Hy moet eenvoudig getrou wees aan die innerlike stem, aan die heilige +ontroering, wat die skepping van kunswerk vir hom tot plig maak.</p> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">"Wer den Dichter will verstehen<br /></span> +<span class="i0">Muss in Dichters Lande gehen"<br /></span> +</div></div> + +<p>sê Goethe. "Dat is een wet van alle tijden voor de poëzie.... Een +dichter moet in niets anders leven dan in de aandoening, in de idee die +hij aan het dichten is. Hij moet niet met zijn verstand een geleidertje +bij zijn werk zetten, dat toekijkt of hij wel zoo schrijft dat vele +menschen het zullen kunnen lezen. Dan is de toestand niet zuiver meer en +is de poëzie vertroebeld."<a name="FNanchor_381_381" id="FNanchor_381_381"></a><a href="#Footnote_381_381" class="fnanchor">[381]</a></p> + +<p>Met dit alles word volstrek nie beweer, dat die kuns buiten die +maatskappy, buiten die volk hoef te staan nie. "Goede en groote kunst +heeft steeds in de maatschappij gestaan; al werkt ze niet rechtstreeks +op de massa, zij is en blijft een macht in de gemeenschap. Het +voortbrengen van goede, groote kunst is iets zeer persoonlijks en +individueels. Als toevallig dat persoonlijke en <span class='pagenum'><a name="Page_258" id="Page_258">[Pg 258]</a></span> +individueele dwingt tot +het scheppen van gemeenschapskunst, prachtig! <i>Maar zoo iets opzettelijk +aan te kweeken of bij politieke leuze voor te schrijven is een +dwaasheid</i>. De hoogste en teerste en tevens machtigste kunst oefent haar +levenden invloed rechtstreeks meestal slechts in beperkten kring, zal +wel zeer zelden spreken tot het gevoel en begrip van de grove +massa...."<a name="FNanchor_382_382" id="FNanchor_382_382"></a><a href="#Footnote_382_382" class="fnanchor">[382]</a></p> + +<p>Laat dié kunstenaar wat deur sy innerlike geaardheid en natuurlike +aanleg tot gemeenskapskuns geroep word, dit voortbring; maar laat ons +dit nie as enge dogma aan almal voorskryf nie, want iedere waaragtige +kunstenaar dien die mensheid op sy eie manier. Kloos sê: "Een gedicht is +de individueelste expressie van de individueelste gevoelens", en Adama +van Scheltema se formulering is presies die teenoorgestelde: "Een +gedicht moet zijn een muziekstuk van woorden en gedachten, dat door +zooveel mogelijk onzer medemenschen kan worden gevoeld en +begrepen."<a name="FNanchor_383_383" id="FNanchor_383_383"></a><a href="#Footnote_383_383" class="fnanchor">[383]</a>. Tog het albei skoonheid geskep. Maar die indiwidualis, +wat in stryd met sy roeping die hele gemeenskap wil dien met sy kuns +gaat ten gronde. Ons hoef alleen aan Gorter te dink. En didaktiese kuns +wat nie is "ontvangen en geboren uit de onweerstaanbare +schoonheidspassie, gesteund door kennis en arbeid" kan wees "leerzame +propagandistiese lectuur ..., maar dat gaat voorbij, daaruit vloeit niet +de koesterende warmte van het stralend vuur, <i>the joy for ever</i>."<a name="FNanchor_384_384" id="FNanchor_384_384"></a><a href="#Footnote_384_384" class="fnanchor">[384]</a> +"Even in novels of a superior order, which may be marked by some +psychological insight, atmospheric truth, and a highly consciencious +exposition of character and motive, we find that the didactic touch +often robs the story of the qualities of flexible grace and naturalness +which are essential to fine craftmanship."<a name="FNanchor_385_385" id="FNanchor_385_385"></a><a href="#Footnote_385_385" class="fnanchor">[385]</a>. Dit is 'n waarskuwing +wat ons kunstenaars gerus kan oorweeg.</p> + +<p>Gelukkig hoef ons in Suid-Afrika voorlopig nie te vrees vir +indiwidualistiese verwildering nie. Ons kunstenaars sluit hul nie op in +<i>ivoren torens</i>, gaat nie op in egoïstiese aanbidding nie, maar staan in +die middel van <span class='pagenum'><a name="Page_259" id="Page_259">[Pg 259]</a></span> +die volk. En as daar nog baie onbevoorregtes is, wat +selfs ons nasionale kuns nie kan waardeer nie, dan is dit omdat die weg +tot ware kunsbegrip lank is. Deur aan die volk hul moedertaal op die +skool te gee het Langenhoven die enigste weg ingeslaan waarlangs hul +gelei kan word tot 'n waardering van egte kuns.<a name="FNanchor_386_386" id="FNanchor_386_386"></a><a href="#Footnote_386_386" class="fnanchor">[386]</a></p> + + +<h3>§ 2. Dr. C. Louis Leipoldt.<a name="FNanchor_387_387" id="FNanchor_387_387"></a><a href="#Footnote_387_387" class="fnanchor">[387]</a></h3> + +<h4>Praatjies met die Oumense, (1918).</h4> + +<p>Die grootste gedeelte van die bundel bestaan uit 'n +populêr-wetenskaplike behandeling van mediese onderwerpe, soos kanker, +geslagsiektes en die drankkwessie. 'n Vyftal opstelle behoort egter tot +die didaktiese literatuur. Die <i>Praatjies</i> is geskrywe "om oumense, +veral die wat ouers is, aan te spoor om vir hulleself te dink".<a name="FNanchor_388_388" id="FNanchor_388_388"></a><a href="#Footnote_388_388" class="fnanchor">[388]</a> +Groot nadruk word gelê op die noodsaaklikheid om logies te redeneer en +die skrywer toon dan ook dat hy dié kuns goed verstaan. Sy rustige +betoogtrant munt uit deur klare eenvoudigheid. "Soos dit nou gaan, is +die meeste gepraat selfs oor belangrike sake net maar babbelpraat, omdat +diegene wat in die bespreking deel neem nie die moeite gedoen het om +vooraf die feite, wat op die onderwerp van toepassing is, te leer ken +nie." (p. 17.)</p> + +<p>Die kuns om te lees, verbeelding, opvoeding, vryheid en +verdraagsaamheid—dit is die didaktiese onderwerpe <span class='pagenum'><a name="Page_260" id="Page_260">[Pg 260]</a></span> +wat behandel word. +Sy pleidooi vir 'n suiwer Afrikaanse beeldspraak verdien die aandag: +"Ons hoef vir geen nasie agter te staan nie, wat vergelykenisse, geput +uit ons natuur, ons geskiedenis, ons alledaagse lewe, betref, maar waar +sien of hoor jy dat ons publieke sprekers van sulke nasionale beelde 'n +algemene gebruik maak?" (pag. 43.)</p> + +<p>Telkens word Multatuli met groot ingenomenheid aangehaal en die lesing +van sy werk aanbeveel<a name="FNanchor_389_389" id="FNanchor_389_389"></a><a href="#Footnote_389_389" class="fnanchor">[389]</a>. 'n Paar van Leipoldt se denkbeelde is +taamlik rewolusionêr en sal, deur ons land ten minste, seker 'n klein +Multatuliaanse "rilling" laat gaan. Hy is 'n teenstander van +godsdiens-onderwys op skole. "Is dit nie veel beter nie om uit die Bybel +te put stories en stukkies wat 'n rein opvoedkundige waarde het, en dit +voor te dra in die skool as deel van die algemene geskiedenis soos dan +ook die Herbartse volgelinge dit doen?" (p. 84.) Sendingwerk beskou hy +as 'n uiting van onverdraagsaamheid. Die sendelinge is "uitstekende, +mensliewende persone.... En tog, dieselfde beminnelike mense gaan naar +ander mense, wat nie juis bely wat hulle bely nie, en kwets die mense in +hulle diepste en heiligste gevoelens op 'n manier wat hulle van jou en +my nooit sal verdra nie." (p. 150.) Op p. 34 is sprake van "die +middeleeuse hipotese van erfsonde" en "die predestinasie of +verdoemingsleer van die Kristelike kerk." Predikante en prokureurs kry +'n opslagskoot op p. 16: "Die meeste van ons is geneig om die deskundige +te wantrou. Daar is net twee van die soort mense aan wie onder ons mense +'n algemene roem toegeken word, naamlik die predikante en die +prokureurs, en op die keper beskou is hulle deskundigheid tog maar van +die minste waarde"!</p> + +<p>Leipoldt se helder prosa bevat ongetwyfeld 'n belofte. "Ek weet dat wat +ek aanvoer van belang is vir ons volk, en dat dit algar dinge is, +waaroor 'n verstandige mens behoort na te dink" verklaar hy in sy +voorwoord. Die waarde van sy <i>Praatjies</i> lê daarin, dat dit 'n +aansporing tot selfstandig dink bevat. Op enkele minder gelukkige +taalvorme kan nog gewys word: "Ons herinner, <span class='pagenum'><a name="Page_261" id="Page_261">[Pg 261]</a></span> +hoe sy ewe manmoedig ... +pal gestaan het (p. 12); as ek dus iets verbeel (p. 29); hy is een van +die mense wat ... die naam van mistiek mag dra" (p. 32). "Die strikte +onderwyser" (p. 87) en "vandag is ons begrip nog geverwe deur gewoonte" +(p. 145) is anglisismes.</p> + + +<h3>§ 3. G. Jordaan.</h3> + +<p>G. Jordaan vertel in <i>Die Muurkassie</i> (1919) hoe Oom Andries "deur +oppassendheid en sorg ryk geword het". Hy hou vas aan die voorvaderlike +gewoontes en gereeld kom die Bybel uit die muurkassie. As klein Andries, +uit wie se jeug allerlei awontuurtjies meegedeel word, egter groot is, +trou hy met Florence McWire. Hy word een van die "society-mense" en dit +duur nie lank nie of die muurkassie word die bewaarplek vir kaarte en +brandewyn. Armoede volg en na 'n beskouing oor die arm-blanke-kwessie +roep die skrywer sy lesers, "wat ook grond geërf het van hulle ouers" +toe: "Daar kom 'n stroom van immigrante uit Europa. Vele oë is op die +erwe van die voorgeslagte (die plase van die boere). Laat ons met +rotsvaste beslistheid Naboth nasê: Dit zij verre van mij dat ik u geven +(of verkopen) zal de erve mijner vaderen!"</p> + +<p>Jordaan "skryf as gewone boer aan (s)y landgenote"<a name="FNanchor_390_390" id="FNanchor_390_390"></a><a href="#Footnote_390_390" class="fnanchor">[390]</a> 'n eenvoudige +lekeprekie oor 'n aktuele kwessie. Ter afwisseling vertel hy 'n paar +grappies: Oom Willie val in die stampkarring, Oom Andries in 'n bad +water, ens. Maar sy waarskuwing is ernstig, en ofskoon van geen +letterkundige, seker van kulturele belang. Hy is ook die skrywer van: +<i>Hoe zij stierven</i>.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_375_375" id="Footnote_375_375"></a><a href="#FNanchor_375_375"><span class="label">[375]</span></a> Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van +die stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk +gesiteer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_376_376" id="Footnote_376_376"></a><a href="#FNanchor_376_376"><span class="label">[376]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_377_377" id="Footnote_377_377"></a><a href="#FNanchor_377_377"><span class="label">[377]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_378_378" id="Footnote_378_378"></a><a href="#FNanchor_378_378"><span class="label">[378]</span></a> E. D'Oliveira: <i>De Jongere Generatie</i> p. 93.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_379_379" id="Footnote_379_379"></a><a href="#FNanchor_379_379"><span class="label">[379]</span></a> t.a.p., p. 94.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_380_380" id="Footnote_380_380"></a><a href="#FNanchor_380_380"><span class="label">[380]</span></a> Edward Garnett: <i>Friday Nights</i>, p. 257.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_381_381" id="Footnote_381_381"></a><a href="#FNanchor_381_381"><span class="label">[381]</span></a> D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_382_382" id="Footnote_382_382"></a><a href="#FNanchor_382_382"><span class="label">[382]</span></a> Prof. Dr. J. Prinsen: <i>Handboek</i><sup>2</sup> ens., p. 554. Ek +kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_383_383" id="Footnote_383_383"></a><a href="#FNanchor_383_383"><span class="label">[383]</span></a> D'Oliveira, t.a.p., p. 211.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_384_384" id="Footnote_384_384"></a><a href="#FNanchor_384_384"><span class="label">[384]</span></a> Prinsen, t.a.p., p. 671.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_385_385" id="Footnote_385_385"></a><a href="#FNanchor_385_385"><span class="label">[385]</span></a> Garnett, t.a.p., p. 265.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_386_386" id="Footnote_386_386"></a><a href="#FNanchor_386_386"><span class="label">[386]</span></a> Vgl. my artiekel oor die kwessie in <i>Die Huisgenoot</i>, +Aug. 1922. In sy repliek (<i>Die Burger</i>, 4/9/22) slaag Langenhoven daar +nie in om die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit +word 'n kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en +"skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers +gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige +kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle +kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer +het bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers van <i>Die +Huisgenoot</i> aangetoon word.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_387_387" id="Footnote_387_387"></a><a href="#FNanchor_387_387"><span class="label">[387]</span></a> Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: +<i>Taal en Poësie</i><sup>2</sup> ens, p. 300 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_388_388" id="Footnote_388_388"></a><a href="#FNanchor_388_388"><span class="label">[388]</span></a> Voorwoord.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_389_389" id="Footnote_389_389"></a><a href="#FNanchor_389_389"><span class="label">[389]</span></a> O.a. p. 88.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_390_390" id="Footnote_390_390"></a><a href="#FNanchor_390_390"><span class="label">[390]</span></a> Voorwoord.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_262" id="Page_262">[Pg 262]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_VIII" id="HOOFSTUK_VIII"></a>HOOFSTUK VIII.</h2> + +<h2>Dierebeskrywing.</h2> + + +<h3>§ 1. A.A. Pienaar. (SANGIRO).</h3> + +<p>Sangiro is in 1894 in die distrik Pretoria gebore. Op elfjarige leeftyd +het hy met sy ouers die voortrek na Duits-Oos meegemaak. Groot was die +ontberings op die lang trek van die kus af na Kilimandjaro. Eers was dit +malaria, toe vrek die trekdiere en eindelik was al die voedselvoorraad +op—verweg in wilde bosstreke, waar niks te kry was nie. Kort na die +aankoms by Kilimandjaro, waar toe al 'n paar Boerfamielies was, is twee +van sy broers dood aan die gevolge van malaria en die ontberings langs +die pad. Daar was geen ander maats naby die plaas nie en dus het hy +alleen opgegroei tussen die diere. Van die tyd vertel hy: "Die grootste +plesier het toe nog bestaan in die jagawonture en die doodskiet. Maar ek +het baie behae daarin geskep om jong wilde diere lewendig te vang en aan +my gewend te maak. Daardie eerste jare was 'n gedurige worsteling om die +vee snags teen roofdiere te beskerm. Dié werk het hoofsaaklik op my +gerus. Deur gedurige aanraking—jag en naspoor gedurende die dag en +opsit in die kraal snags, het ek natuurlik 'n baie intieme kennis van +die roofdiere veral gekry. Hierdie lewe het vier jaar geduur. Toe is ek +na Suid-Afrika om te studeer. (Heidelberg, Tvl. en Stellenbosch). Toe ek +in 1917 gaan kuier na Duits-Oos, was my lewensbeskouing baie verander. +Ek het dit nou swaar gevind om wild dood te skiet, en het die jag alleen +nog geniet wanneer dit gevaarlike teenstanders, soos die leeu en +renoster geld. Die grootste <span class='pagenum'><a name="Page_263" id="Page_263">[Pg 263]</a></span> +plesier het ek nou daarin gevind om die +diere in hulle eie omgewing gade te slaan. Die gebeurtenisse in my +boekie het gedurende hierdie twee jaar plaasgevind. Die stories is waar. +Die leeus het ek 'n weeklank elke maanlignag sit en beskou uit 'n boom. +Ek kon elke beweging bespeur en later weergee in my boek. Die jagters +wat daarin voorkom is my broer, ('n jonger een) en ek self."</p> + +<p>In 1920 het <i>Sangiro</i> aan die Stellenbosse Uniwersiteit gegradueer. Hy +is nou op die redaksie van <i>Die Burger</i>, en uit die blad is sy sketse +<i>Uit die Lewe</i> bekend. In 1921 het van hom verskyn: <i>Uit Oerwoud en +Vlakte, Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld</i><a name="FNanchor_391_391" id="FNanchor_391_391"></a><a href="#Footnote_391_391" class="fnanchor">[391]</a>. Daarvan vertel +hy: "Die boekie is geskryf in Quarta, Stellenbosch, waar 'n groot +verlange na die wildernis van my besit geneem het, sodra ek in 1918 weer +teruggekeer het uit Duits-Oos.... Ek kan dit nie help nie, maar ek het +'n gedurige heimwee na die wildernis—nou ook weer." So skryf <i>Sangiro</i> +net na sy terugkeer van 'n lang jagtog. Die jag was egter bysaak en die +volgende keer neem hy miskien net sy kamera saam. <i>Sangiro</i> is die +bynaam wat die Kaffers hom gegee het.</p> + +<h4>Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld.</h4> + +<p>M.H. van Campen het opgemerk, dat in die loop van die eeue die +beroemdste skrywers die dierewêreld "nimmer om zich-zelfs-wil in +literaire kunst" uitgebeeld het nie. In die Pancatantra, die fabels van +Aesopus, die Reinaert-sage en ook vir La Fontaine is die dier alleen van +belang "voor zoover het als acteur te gebruiken viel, wien een +<i>menschelijke</i> rol kon worden toebedeeld."<a name="FNanchor_392_392" id="FNanchor_392_392"></a><a href="#Footnote_392_392" class="fnanchor">[392]</a> "Zeer zeker ging al +dezen schrijvers het eigenaardige van het dier-leven niet onopgemerkt +voorbij, maar dat leven zagen zij niet als een schoonen stroom, machtig, +diep en hunner aandacht ten volle waardig, ook al hadden zij er nooit de +<i>spiegeling</i> van der <i>menschheid</i> gelaat in <span class='pagenum'><a name="Page_264" id="Page_264">[Pg 264]</a></span> +gezien.... De dieren spelen +(in de Indo-Europeesche dierensage) wel de eerste rol, maar die dieren +denken en handelen met <i>menschelijk</i> verstand, die dieren zijn <i>verkapte +menschen</i>, zijn <i>menschen in een dierenhuid gestoken</i>, gelijk in +Rostand's <i>Chantecler</i>." Natuurlik erken Van Campen dat "door spel en +tegenspel dezer als 't ware psychologisch-<i>kunstmatige</i> en <i>niet</i> naar +de doorgronde-werkelijkheid gebeelde dierfiguren, tafereelen van tot +schoonheid gestegen schalkheid, satyre, wijsgeerig en <i>mensch</i>-kundig +inzicht ontstaan (zijn), die voor geen andere werken van letterkunde +onder hebben te doen."</p> + +<p>In die diere-epos en diereroman van ons tyd word die dier om sy eie +ontwil uitgebeeld. Jack London se <i>Pittah</i> noem Van Campen: "een +dierenverhaal, dat ons den schrijver doet zien, zóó verzonken in de +contemplatie van het <i>dier</i>-leven, dat <i>dit</i> op het allereerste plan van +het werk staat, en de <i>menschen</i> er slechts in optreden voor zoover zij +invloed hebben op geest of lichaam van het dier." So langsamerhand het +daar 'n uitgebreide literatuur ontstaan, heeltemal gewy aan diere van +allerlei soort. Charles Derennes raak in sy <i>bestiaire sentimentale</i> +selfs in geesdrif oor 'n vlermuis en in <i>Le Roman de la Rivière</i> van +Georges Ponsot is die held 'n jong snoek. By sommige kunstenaars is dit +die herlewing van die ou pastorale idee, 'n wegvlugtery uit die +smoor-atmosfeer van die moderne beskawing. Edward Garnett vertel ons van +W.H. Hudson "who, (flings) off the soiled dust of our human +thoroughfares, and (goes) into nature's wilderness to escape the sight +of the <i>pale civilized faces</i>, with the mean round of petty human +interests of their <i>artificial indoor lives</i>."<a name="FNanchor_393_393" id="FNanchor_393_393"></a><a href="#Footnote_393_393" class="fnanchor">[393]</a> In Suid-Afrika met +sy wyd uitgestrekte vlaktes, wat nog so dun bevolk is, kan daar van so +'n motief egter geen sprake wees nie. By ons is daar nog maar weinig +"kinderen van weelderige overbeschaving",<a name="FNanchor_394_394" id="FNanchor_394_394"></a><a href="#Footnote_394_394" class="fnanchor">[394]</a> want die grootste +gedeelte van die volk leef nog in landelike eenvoudigheid. Maar deur die +gedurige rondtrekkery in woeste streke het die Boere in intieme +aanraking met die natuur gekom, en had hul die <span class='pagenum'><a name="Page_265" id="Page_265">[Pg 265]</a></span> +geleentheid om die lewe +van die groot wild van naby te bestudeer. In ons letterkunde is daar dan +ook tallose jagverhale. Maar so 'n digterlike gees soos Sangiro is nie +tevrede met die optekening van sy jagervarings nie. Deur 'n langdurige +verblyf in woeste streke geraak hy onder die mistieke bekoring van die +oerwoud, gaat hy geestelik heeltemal op in die geweldige drama van die +natuur. "Man ... can only enter into the vast world of (nature's) myriad +sentient life by employing all the old emotional tools—his sense of +mystery, love of beauty, poetic imagination, and human love—to +supplement and vivify the <i>impassive</i> truths of Science."<a name="FNanchor_395_395" id="FNanchor_395_395"></a><a href="#Footnote_395_395" class="fnanchor">[395]</a> Dit is +wat Sangiro doen. 'n Leeu is vir hom nie alleen "'n aantreklike wit" en +"na 'n goedgeslaagde skoot ... 'n stuk dooie vleis" nie, maar in elke +leeu sit "'n fyn georganiseerde lewe ..., 'n persoonlikheid in sy soort +ruim so interessant as dié van die mens" (p. 83). "Ook onder die wilde +diere bestaan daar 'n soort van geesteslewe, wat die opmerksame +waarnemer telkens weer met verwondering vul; vir hom word dit naderhand +moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hul uiterlike beweginge te +verstaan" (Voorwoord). Maar Sangiro is veel meer as 'n "opmerksame +waarnemer"; sy liefde vir die diere maak hom die digterlike vertolker +van al hul emosies en instinkte en deur middel van sy plastiese +uitbeelding laat hy ons dit ook navoel. "Wild nature's life being a +natural drama of instinct, an unceasing play of hunger, love, battle, +courtship, fear, parental emotion, vanity, and most of all, perhaps, +pure enjoyment of physical powers, it is obvious that every man who is +irresponsive in his feelings, or possessed of a dull artistic +imagination, or weak aesthetic sensibilities, must remain practically +aloof from wild nature and its infinite feast of characteristic +displays."<a href="#Footnote_395_395">[395]</a></p> + +<p>Edward Garnett het in die aangehaalde artiekel duidelik aangetoon, dat +die noukeurige wetenskaplike waarnemings van die beroepsnatuurkundige +aangevul en vertolk moet word deur artistieke en poëtiese verbeelding. +Tot die wetenskaplike ondersoeker sê hy: "You tell us countless <span class='pagenum'><a name="Page_266" id="Page_266">[Pg 266]</a></span> +facts +about the laws of life, but the actual spirit of life, its living +feeling, which is the essential volatile principle of life, can never be +fully assessed by you." Dié artistieke verbeelding en innige +aanvoelingsgawe besit Sangiro en daarom is sy sketse ook 'n kunswerk +geword.<a name="FNanchor_396_396" id="FNanchor_396_396"></a><a href="#Footnote_396_396" class="fnanchor">[396]</a> Hoe diep en innig die liefde vir diere kan word, blyk uit +die volgende verklaring van Dr. Jac. P. Thijsse: "Ik heb nu al zoovele +voorjaren met de vogels bewust meegeleefd, dat ik ook de Aprilmaand min +of meer op vogelmanier gevoelen kan en ik voel 's morgens bij 't +ontwaken, welke vogels in den nacht aangekomen kunnen zijn."<a name="FNanchor_397_397" id="FNanchor_397_397"></a><a href="#Footnote_397_397" class="fnanchor">[397]</a></p> + +<p>In die eerste skets beskryf Sangiro die lotgevalle van 'n leeufamielie. +In al hul houdings het hy die diere bespied, op al hul dwaalpaadjies het +sy oog hul gevolg. Die speelse vrolikheid van die kleintjies, die +versigtige sluipgang op die jagveld, die kennismaking met nuwe vrinde en +die nagtelike smulpartye word op mooi realistiese wyse geteken. Hy +probeer om al die fyn klanknuanserings in die leeuegebrul te verstaan. +Wanneer hy die smart van die trotse bosreuse oor 'n doodgeskiete wyfie +beskryf, die hulpelose verlatenheid en swerftogte van die bangerige +kleintjies, dan bereik hy 'n diepte en innigheid van plastiese +uitbeelding waar 'n roerende skoonheid in bewe. Die langsame ontplooiing +van die jaginstink by die jong diertjies word met treffende waarheid +geskilder. Die wilde natuur waarin die geweldige dieredrama afgespeel +word is nie alleen dekor, is nie louter omlysting nie, maar maak +onafskeidelik deel uit van die handeling. In die stilte van sy donker +wegkruipplek, in die lange ure van sy spannende nagwake het die +geheimsinnige gees van die wildernis hom aangeraak. Hy het die glans van +die maanspatsels oor donker blare gesien, die wegskuiwende skaduwees in +hul trage gang gevolg; die blitsoë van getergde leeus het hom laat +huiwer; die geritsel van die gras, die gekreun van die bome, die +jagkrete van al die oerwoud-bewoners het hy leer verstaan; die slagtande +van gulsige hiënas het hy hoor kners op die <span class='pagenum'><a name="Page_267" id="Page_267">[Pg 267]</a></span> +afgevrete bene van hul +prooi. En deur die skoonheid van sy woord laat hy ons dit ook alles sien +en hoor.</p> + +<p>"Ek sou ... vandag die geweer opsy laat en net met kamera en dagboek ter +hand 'n beeld uit die daaglikse lewe van die oerwoudbewoners probeer +opvang." (p. 169.) So ontstaat die skets: <i>In die Oerwoud</i>. By 'n +reënpannetjie is sy wagplek en al die lewe rondom hom word met raak +trekke geteken, terwyl ook die hele atmosfeer van die oerwoud goed +aangedui word.</p> + +<p>Die derde skets <i>Renosterlewe</i> is 'n deurlopende verhaal van die +vrindskap tussen 'n renostertjie en 'n jong seekoei, wat albei hul ouers +deur die koeëls van die jagters verloor het en troos en veiligheid in +mekaar se geselskap vind. Al hul awontuurlike ondervindings op lang +swerftogte deur oerwoud en oor vlaktes word met liefdevolle oorgawe in +treffende tafereeltjies uitgebeeld. Die hele tropiese omgewing met sy +miljoene dier-bewoners en weelderige plantegroei word vir ons 'n skone +realiteit, trillende van intense lewe tot in sy donkerste +wegkruipplekkies. In so 'n geweldige oerwoud is die mens maar 'n nietige +stippeltjie, en in die atmosfeer van plegtige stilte, waar elke geritsel +'n betekenis het vir duisende ore, besef ons, "that man's mind, though +the most marvellously complex instrument of all, is still, as it were, +but a human eyelet hole, through which the Universe can only be +refracted back to us in certain aspects of its incalculable whole."<a name="FNanchor_398_398" id="FNanchor_398_398"></a><a href="#Footnote_398_398" class="fnanchor">[398]</a> +Hoe dankbaar moet ons wees, dat daar kunstenaars soos Sangiro is, wat +ons nader aan die natuur bring, wat ons iets laat begryp van die intieme +lewe van die diere. Hy is op die jagveld nie alleen 'n vernielende +oorwinnaar nie, aangehits deur 'n primitiewe uitroeiingsinstink, maar +ook die digterlike aanskouer, wat voel dat daar in die krioelende lewe +om hom heen skoonheid te vind is. Dat hy protes aanteken teen die +onridderlike praktyke van party jagters kan ons verstaan.<a name="FNanchor_399_399" id="FNanchor_399_399"></a><a href="#Footnote_399_399" class="fnanchor">[399]</a> Maar sy +hele boek is so 'n welsprekende aanklag teen menslike wreedheid, dat 'n +direkte pleidooi, wat ook uit kunsoogpunt nie kan goedgekeur word nie, +oorbodig is.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_268" id="Page_268">[Pg 268]</a></span> +Treffend is die tekening van die eensame renosterwesie. "Sy ongeduldige +geproes, waarmee hy eers die seekoeitjie wou uitlok, onderwyl hy +opgewonde op die oewer ronddrentel en die sagte brak vol ronde +spoortjies trap, het langsamerhand, namate sy maat verder en verder +swem, in 'n smekende gepiep oorgegaan.... Nog 'n rukkie staan die donker +figuurtjie daar op die wit brak, af en toe sag kwiekende onderwyl hy oor +die water staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om +verder te sien met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy, +met sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige +renostergesiggie" (p. 204-6). So vind Sangiro vir al die woudbewoners +die juiste, tekenende woord. Van 'n gekweste seekoei kry ons die +volgende realistiese skildering: "In stomme wanhoop-staar hang die +massiewe kop omlaag, die verbryselde kakebeen bloederig-kwylend in +aanhoudende vergeefse poginge om tande op mekaar te knars." (p. 225.) +Ook die atmosferiese verskynsels, die tropiese sonsondergang, die +miswolke teen die hang van die berge, die sombere reënseisoen laat +Sangiro in fyn stemmings-beskrywinge vir ons leef. "Dae het verbygegaan, +en nog duur die sonskyn. Met die groei van die maan het die weer skielik +verander, en na 'n week van woeste, stikdonker nagte en droefskemerige +reëndae wasem die oerwoud weer geur uit onder 'n sonnige safierhemel; en +wellustige dae word gevolg deur toweragtige maanlignagte, wanneer +vuurvliegies oor 'n misties-glimmende watervlak dans en dowwe +eggo-klanke van nagdiere onder 'n donker, vogtige oerwoud rondom +weerklink." (p. 229.) Mens voel dat die skrywer sy gedagtes gekoester +het, sy woorde liefhad en hul met sorg neergeskryf 't. Daar is 'n +vloeiende buigsaamheid, 'n musikale streling in sy sinne. Telkens word +ons verras deur raak seggingskrag en fyngevoelige uitbeelding, sonder +dat aanstellerige en bygemaakte woordpronksels die klare eenvoud van sy +styl bederf.</p> + +<p>'n Enkele maal skryf hy aan die diere miskien te spesifiek menslike +gevoelens toe, en soms twyfel ons aan die juistheid van sy psigologie. +"Die renostertjie (staan) nog snuiwend in die rondte, gereed om te storm +... en <span class='pagenum'><a name="Page_269" id="Page_269">[Pg 269]</a></span> +heeltemal seker dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is." (p. +233.) In so 'n geval bring die skrywer sy eie waarneming op die dier oor +en oortuigend is dit seker nie. Maar daarteenoor staan, dat hy hom so +ingeleef het in die diereverstand, dat sy intuïesie hom selde op 'n +dwaalspoor bring.</p> + +<p>Oor die beeldspraak nog 'n opmerking: maak dit nie 'n komiese indruk +nie, as ons lees dat renosters "in alleryl die <i>hase</i>pad gekies het"? +(p. 188.)</p> + + +<h3>§ 2. Hans Anton Aschenborn.</h3> + +<p>Aschenborn is in 1888 gebore in Kiel. Sy vader is 'n Duitse admiraal. In +Mecklenburg het hy op 'n groot landgoed prakties leer boer. Van Prof. +Burmester in Kassel het hy skilderles gehad en sedert 1910 boer en +skilder hy in Suid-Wes-Afrika. Op die gebied van die artistieke +afbeelding van ons wilde diere is hy 'n baanbreker en verskeie uitgawes +is al deur hom geïllustreer.<a name="FNanchor_400_400" id="FNanchor_400_400"></a><a href="#Footnote_400_400" class="fnanchor">[400]</a> In 1921 het verskyn: <i>Uit die Lewe van +'n Gensbok</i>, die eerste van 'n reeks, waarin Aschenborn ook die koedoe, +wildebees en eland wil beskryf en afbeeld. "Die gensbok het ek op my +plaas in Suid-Wes so noukeurig gadegeslaan, dat hy vir my 'n intieme +vriend geword het", verklaar hy in sy voorwoord. Maar so 'n +woordkunstenaar soos Sangiro is hy nie. Sy boekie is van meer betekenis +vir die skilderkuns as vir die letterkunde. In eenvoudige, soms +gebrekkige taal skets hy 'n paar insidente uit die lewe van 'n gensbok.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_391_391" id="Footnote_391_391"></a><a href="#FNanchor_391_391"><span class="label">[391]</span></a> Oorspronklik in <i>Die Huisgenoot</i> verskyn.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_392_392" id="Footnote_392_392"></a><a href="#FNanchor_392_392"><span class="label">[392]</span></a> Over Literatuur, Twede Bundel: <i>Pit-tah, De Grijze Wolf</i>, +door Jack London, p. 205 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_393_393" id="Footnote_393_393"></a><a href="#FNanchor_393_393"><span class="label">[393]</span></a> <i>Friday Nights</i>: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_394_394" id="Footnote_394_394"></a><a href="#FNanchor_394_394"><span class="label">[394]</span></a> Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft's <i>Granida</i>, +Zw. Herdr.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_395_395" id="Footnote_395_395"></a><a href="#FNanchor_395_395"><span class="label">[395]</span></a> Garnett, t.a.p.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_396_396" id="Footnote_396_396"></a><a href="#FNanchor_396_396"><span class="label">[396]</span></a> Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die +verbeelding geen rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy +interpretasie op self waargenome feite berus.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_397_397" id="Footnote_397_397"></a><a href="#FNanchor_397_397"><span class="label">[397]</span></a> <i>Het Intieme Leven der Vogels</i>, p. 221.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_398_398" id="Footnote_398_398"></a><a href="#FNanchor_398_398"><span class="label">[398]</span></a> Edward Garnett, t.a.p.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_399_399" id="Footnote_399_399"></a><a href="#FNanchor_399_399"><span class="label">[399]</span></a> Vgl. o.a. p. 83 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_400_400" id="Footnote_400_400"></a><a href="#FNanchor_400_400"><span class="label">[400]</span></a> Ontleen aan <i>Die Huisgenoot</i> Des. 1920.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_270" id="Page_270">[Pg 270]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_IX" id="HOOFSTUK_IX"></a>HOOFSTUK IX.</h2> + +<h2>Reisbeskrywing.</h2> + + +<h3>§ 1. A.J. Jacobs.</h3> + +<h4>Reisavonture op Land en See deur 'n Dómine, (1920).</h4> + +<p>Volgens <i>De Goede Hoop</i>, Augustus 1919 is <i>Dómine</i> die skuilnaam van +A.J. Jacobs. Hy het oor Madeira 'n reis gemaak na Buenos Aires en +vandaar na die Boerekolonie in Argentinië om vir die geestelike belange +van die uitgewekene te sorg. 'n Lywige boekdeel het hy nodig om al sy +ervarings te vertel. En dan betreur hy dit nog, dat hy nie alles haarfyn +kan meedeel nie! "Dis tog jammer dat hulle nog nie 'n instrument soos 'n +gramafoon uitgevind het nie, wat mens op reis by jou kan dra nie. Dit +moet nes 'n sakkamera wees en daarmee moet mens <i>alles wat jy hoor kan +opvang en bewaar</i>. Daar gebeur so baie dinge, wat mens hoor en dis +moeilik om alles akkuraat weer te gee."<a name="FNanchor_401_401" id="FNanchor_401_401"></a><a href="#Footnote_401_401" class="fnanchor">[401]</a> Die neiging om <i>alles</i> mee +te deel is juis <i>Dómine</i> se fout. Hy veronderstel, dat tallose +besonderhede, wat vir hom persoonlik van belang is, ook die leser sal +interesseer en weet eenvoudig van geen ophou nie. En dit is jammer, want +hy het ongetwyfeld slag om 'n anekdote smaaklik te vertel, soms met so +'n droog-humoristiese draaitjie, dat iedereen daarby moet glimlag. Maar +sulke onderhoudende gedeeltes lê diep toegepak onder wavragte van +onbelangrike sake. So kry ons b.v. allerlei banaliteite oor die <i>Saxon</i>; +tot selfs die tonnemaat van die skip word meegedeel! (p. 18.) Soms lyk +dit of die skrywer hom 'n klein <span class='pagenum'><a name="Page_271" id="Page_271">[Pg 271]</a></span> +agterveldse leserskring voorstel, wat +hy met groot syfers kan dronkslaan! Is dit nou nodig om nog in 1920 te +vertel: "Eendag is die pond sterling veel meer waard as op 'n ander +keer"? (p. 61.) Dit is maar een voorbeeld van die tallose uitweidings, +wat allermins op 'n fris oorspronklikheid kan aanspraak maak en +eenvoudig 'n herkouery van oorbekende sake word.</p> + +<p>Soms lyk dit weer of die skrywer 'n handleiding vir toekomstige +emigrante wou skryf.<a name="FNanchor_402_402" id="FNanchor_402_402"></a><a href="#Footnote_402_402" class="fnanchor">[402]</a> Hy gee selfs kook-resepte!<a name="FNanchor_403_403" id="FNanchor_403_403"></a><a href="#Footnote_403_403" class="fnanchor">[403]</a> En so word sy +reisbeskrywing 'n sonderlinge byeenskraapsel van allerlei wysheid.</p> + +<p>Dat <i>Dómine</i> op spellinggebied geen deskundige is nie, blyk al uit die +tietel van sy boek. Afgesien van die tallose drukfoute kry mens op byna +iedere bladsy rariteite soos die volgende: "vollende, dokse, hemdjie, +kerritse, nuwes, baik, stadte, raste (i.p.v. rasse), geflatter" ens. Ook +anglisismes is volop en dwarsdeur die boek stuit mens telkens op sinne +waarin die negatief, woordskikking en voorsetsels verkeerd is. Lomp +uitdrukkings soos "puur bloed inboorlings" (p. 169), "die besnedenis van +sy gesig" (p. 148) ens. toon duidelik, dat <i>Dómine</i> sy taal glad nie +beheers nie. Hoe sou hy anders so iets, soos die volgende kan skryf: +"Verre van in 'n soort afsondering, as in 'n groewe, vas te sit, het +hulle met hul sedelike en nywerheids talente gewoeker. Die rykes het die +armes voortgehelp deur onderlinge geselskappe om hout te saag, land van +bosse rein te maak en alle soorte ambagte te beoefen." (p. 184.)</p> + +<p>Natuurbeskrywings kom daar baie in die boek voor, maar gewoonlik word +die land uit die oogpunt van 'n boer gesien. "Die plek waar ons sou +staan, was besonder waterryk; groot kuile en helder strome loop deur die +ganse breedte van die kañedón of vlei. 'n Boer se hart sal bly word, as +hy die rykdom van gras en water kan aanskou" (p. 227). Hy is gedurig in +die stemming van 'n boer, wat 'n nuwe landstreek opneem om die beste +plek vir 'n plaas uit te soek, en ondertussen bereken watter soort +boerdery daar die voordeligste sal wees. In 'n handboek <span class='pagenum'><a name="Page_272" id="Page_272">[Pg 272]</a></span> +vir emigrante +sou sulke aanwysings seker onmisbaar wees, maar die skrywer wou tog iets +anders gee. As hy by die glanspunt van sy reis kom, en sy tog oor die +mere en deur die oerwoude moet beskryf, is hy 'n opmerksame toeris, wat +gedurig syfertjies en berekeninge in sy sakboek opteken. "Die formasie +van mere tussen hoë berge is in veel opsigte merkwaardig. Op gesag van +Delgado weet ek dat hierdie een 12,000 vt. bokant die oppervlak van die +see geleë is" (p. 174). Gevoel vir skoonheid het hy ook, maar wanneer +dit tot uiting kom, blyk sy volslae magteloosheid as taalkunstenaar. +"Alles skyn omtower in iets onnatuurliks, denkbeeldigs, fantasties!... +Nee, geen kunstenaar kan op die doek verewig, wat daar ieder dag +afgespeel word nie. Die Skepper wat daardie <i>onbeskryflik heerlike +gloed</i> van lig as met 'n towerslag op berg en bos heenwerp ... laat Sig +nie naboots nie!... Bokant ons hoofde <i>ver</i>skiet bundeltjies +agterblywende sonstrale <i>ver</i>by.... Dit word aand en die stil maar <i>guur +lug voel skerp</i> teen hande en gesig.... Van alles wat mens sien en +ondervind, skyn die bloedsomloop vinniger en warmer in sy werk te gaan: +<i>geen</i> honger of <i>koue</i> hinder in hierdie towerwêreld nie...."<a name="FNanchor_404_404" id="FNanchor_404_404"></a><a href="#Footnote_404_404" class="fnanchor">[404]</a> Wie +sou nou in só 'n omgewing praatjies verkoop oor honger, kou en +bloedsomloop—en nogal teenstrydige praatjies ook! "Majestueuse en +reuse-berge, ontsaglike kratermond, onpeilbare diepte, toweragtige +effek" ens.—dit is almal holle frases, wat ons gladenal nie kan ontroer +nie.</p> + +<p>By die beskrywing van die oerwoud kom die sakboekie weer te pas. Die +"sirkelvormige bek van die onderaardse blaasbalk ('n krater) moet enorm +groot wees ..." (p. 177); ongelukkig kon <i>Dómine</i> hom nie meet nie! Maar +die bome is 150 vt. hoog, die uitholling vir die pad 20 vt. diep en die +boomstamme lê 15 vt. dik op mekaar gestapel in 'n moerassige plek. "Een +boom was 6 vt. dik, as die vet humus van varens en struikgewas wat +daaraan kleef, meegereken word". Sulke duimstokbeskrywings kan nou +eenmaal geen "onvergetelike <span class='pagenum'><a name="Page_273" id="Page_273">[Pg 273]</a></span> +afdruk op die geheue" maak nie. Dit doen +<i>Sangiro</i> wel, al meet hy sy bome nie.</p> + +<p>Beter slaag <i>Dómine</i> as hy die toestande en gewoontes in Suid-Amerika +beskryf. Hier val sy neiging om oor-akkuraat te wees nie so in die oog +nie. Ook die ervarings van die trekkers en hul moeilikhede in die +vreemde land het hy op lewendige wyse geteken.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_401_401" id="Footnote_401_401"></a><a href="#FNanchor_401_401"><span class="label">[401]</span></a> p. 85. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_402_402" id="Footnote_402_402"></a><a href="#FNanchor_402_402"><span class="label">[402]</span></a> Vgl. o.a. p. 103 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_403_403" id="Footnote_403_403"></a><a href="#FNanchor_403_403"><span class="label">[403]</span></a> p. 173.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_404_404" id="Footnote_404_404"></a><a href="#FNanchor_404_404"><span class="label">[404]</span></a> p. 175. Ek kursiveer.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_274" id="Page_274">[Pg 274]</a></span></p> +<h2><a name="HOOFSTUK_X" id="HOOFSTUK_X"></a>HOOFSTUK X.</h2> + +<h2>Historiese Prosa.</h2> + + +<h3>§ 1. Inleiding.</h3> + +<p>Reeds voor die oprigting van die <i>Genootskap van Regte Afrikaners</i> het +'n paar voorstanders van die moedertaal gewerk aan <i>Die Geskiedenis van +ons Land, in die Taal van ons Volk</i>.<a name="FNanchor_405_405" id="FNanchor_405_405"></a><a href="#Footnote_405_405" class="fnanchor">[405]</a> By die verskyning van die boek +in 1877 word opgemerk: "Engelse, mar gen Hollanse Geskiedenis van ons +land bestaan daar tot nog toe. En dat ons op die Engelse Geskiedenisse +nie so mar o'eral kan afgaan nie, sal elke leser wel sien voor hy ons +boek uitgelees het." Nog lange jare het dit geduur voordat Theal en Cory +dié uitspraak in sy algemeenheid geloënstraf 't, en telkens moet ons +historisie nog optree teen 'n uitgebreide laster-kampanje. Preller het +op een van die oorsake daarvan gewys in die voorrede by die sewende druk +van <i>Piet Retief</i> (1911), waar sprake is van "die gaotiese en primitiewe +toestand waarin ons openbare dokumente-versamelinge asnog verkeer.... As +die dokumente beskikbaar was ... dan is daar net een geskiedkundige +waarheid bestaanbaar; dié naamlik, wat stap vir stap gesteun staan op +die oorspronklike stukke."<a name="FNanchor_406_406" id="FNanchor_406_406"></a><a href="#Footnote_406_406" class="fnanchor">[406]</a> 'n Stelselmatige geskiedverdraaiing +wortelende nie alleen in politieke animositeit nie, maar met voorbedagte +rade as politieke wapen gebruik—dit is een van die grootste prikkels +wat tot historiese studie aangespoor 't. Die navorsingswerk van ywerige +historisie met liefde en <span class='pagenum'><a name="Page_275" id="Page_275">[Pg 275]</a></span> +groot opoffering gedaan, het 'n felle lig +gewerp op ons <i>eeu van onreg</i>. Onder sulke omstandighede is dit +verstaanbaar dat naas die besadigd-wetenskaplike weerlegging ook die +bitterste verontwaardiging opgelaai het.</p> + +<p>Die verhoogde belangstelling in ons vaderlandse geskiedenis is 'n uiting +van die groeiende volksbewussyn, want eers wanneer 'n nasie volkome +oortuig is van sy eie selfstandigheid ontwaak die begeerte om die helde +van die wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese +prosa bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet +Retief, President Steyn, Generaal De Wet en ander word die geskiedenis +van 'n hele tydperk gegroepeer.</p> + +<p>Die historisie wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te +rehabiliteer en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te +gee kan reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar +gister verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul +aantal is veel groter dan die wat vir die volgende paragrawe in +aanmerking kom. Hier word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste +historiese werke in Afrikaans onder die Twede Beweging en 'n ondersoek +ingestel na die <i>letterkundige</i> gehalte daarvan, 'n Bespreking van die +historiese waarde val buiten die kader van hierdie werk.<a name="FNanchor_407_407" id="FNanchor_407_407"></a><a href="#Footnote_407_407" class="fnanchor">[407]</a> Dit spreek +natuurlik vanself, dat ook die dorste kroniek vir die historikus groot +waarde kan hê.</p> + +<p>Die herstelling van die Voortrekkerskerk in Pieter-Maritzburg en die +inrigting daarvan as museum, die Vroue-monument en tallose ander +gedenktekens—dit is maar 'n paar bewyse, dat die Afrikanervolk ontwaak +tot 'n besef van die betekenis van sy nasionale verlede. Die oprigting +van die Historiese Bond in 1920 met die doel om bronne op te spoor en te +versamel, die tiende druk van Preller se <i>Piet Retief</i> in dieselfde jaar +is ook tekens in dié rigting, terwyl op die jaarlikse Dingaansvierings +die tradiesies van die voorgeslag bestendig word.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p class='g'>'n Nuwe nasie het besit geneem van sy erfporsie en is besig om sy +geestelike <span class='pagenum'><a name="Page_276" id="Page_276">[Pg 276]</a></span> +onafhankelikheid uit te werk! Die Afrikaanse Bestemming is +"wyd en breed soos die Afrikaanse veld."<a name="FNanchor_408_408" id="FNanchor_408_408"></a><a href="#Footnote_408_408" class="fnanchor">[408]</a></p> + + +<h3>§ 2. Gustav Schoeman Preller.</h3> + +<p>Preller is 4 Okt. 1875 gebore op die Plaas Klipdrif, distrik Pretoria. +Sy oorgrootvader Preller was wat ons ou mense nou nog 'n "blommesoeker" +noem, d.i. natuurkundige. Hy het aan die Kaap gewoon, terwyl die +grootvader veeboer geword 't in Natal, waar sy Friese beeste die aandag +getrek 't. Komdt. Robert Preller (✝ 1916), die vader van die +skrywer het na die Vrystaat verhuis en in die oorlog onder Genl. De la +Rey gedien. Hy was getroud met 'n dogter van H. Schoeman (✝ +1890), wat met die Voortrek saamgekom 't en in die tyd van President +Pretorius generaal en waarnemende president geword 't.</p> + +<p>Gustav Preller se eerste herinneringe gaan terug na 'n plaas in die +nabyheid van Standerton, Paardekop, wat destyds aan sy vader behoort 't. +Op sy vyfde jaar is hy te perd met sy vader saam na die Swasielandse +bosveld. In 1886 is hulle verhuis na Rietspruit, ook in die distrik +Standerton. Toe kort daarop hy en sy suster egter moes skoolgaan, het sy +vader die skaapboerdery opgegee en dorp toe gegaan, omdat losjies vir +die kinders nie te kry was nie. In 1891 gaan die famielie na Pretoria, +waar Gustav eers 'n rukkie in 'n Boere-winkel gewerk 't, toe op 'n +prokureurskantoor en later in staatsdiens getree 't. Voordat hy egter +sover was moes hy verskeie jare hard werk onder private onderwysers en +ook daarna het hy sy studie voortgeset. Hy was eerste klerk op die +hoofkantoor van mynwese toe die twede vryheidsoorlog uitbreek. Dié stryd +het hy meegemaak met die derde battery van die staatsartillerie tot vier +maande voor die vrede, toe die hele res van sy afdeling oorrompel en +gevangegeneem is. Na sy terugkoms uit Indië was al wat hy besit 't skoon +weg. Op versoek van Eugène Marais word hy toe redakteur van <span class='pagenum'><a name="Page_277" id="Page_277">[Pg 277]</a></span> +<i>Land en +Volk</i>. Voor die oorlog al het hy dikwels artiekels geskryf vir die +koerante en tydskrifte—dikwels in Engels!—o.a. in <i>The Moon</i> en <i>De +Pers</i>. Vir <i>De Volkstem</i> het hy gedurende enige jare al die mynnuus +gelewer en <i>Land en Volk</i> voortgeset tot Maart 1903, toe hy subredakteur +van <i>De Volkstem</i> word, 'n pos wat hy vandag nog beklee. Die meeste +opstelle en stories wat tussen 1905-'10 in dié krant verskyn 't as +feuilletons is van sy hand. Die bekende artiekels getietel: <i>Knop oor +Landsake</i> is ook van hom. Hy is lid van die S.A. Akademie, van die +Historische Genootschap in Utrecht en die Maatschappij van Nederlandsche +Letterkunde. Van hom het verskyn: <i>Laat 't ons toch Ernst Wezen</i> (1905); +<i>Piet Retief</i> (1906); <i>Baanbrekers</i> (1915); <i>Kaptein Hindon</i> (1916); +<i>Dagboek van Louis Trigardt</i> (1917); <i>Voortrekkermense</i> I en II (1918 en +1920); <i>Generaal Botha</i> (1920). Saam met Dr. Engelenburg het hy ook +geskryf: <i>Onze Krijgsofficieren</i> (1903) en <i>De Familie Kruger</i> (1904). +<i>Charley's Aunt</i> het hy vertaal, (<i>Piet s'n Tante</i>), <i>Les Héritiers +Rabourdin</i>, (<i>Erfgename van Erasmus</i>) en <i>Jock of the Bushveld</i> van Sir +Percy Fitzpatrick. Die voortrekkers-rolprent is onder sy leiding +opgestel. In 1919 het hy met C.J. Langenhoven geskryf: <i>Twee +Geskiedkundige Opstelle</i>. Op sy aandeel in die taalstryd en sy werk as +redakteur van <i>Die Brandwag</i> is alreeds gewys.<a name="FNanchor_409_409" id="FNanchor_409_409"></a><a href="#Footnote_409_409" class="fnanchor">[409]</a></p> + +<p>Sy vernaamste werksaamheid is op geskiedkundig terrein en sy navorsings +oor die Voortrekkersperiode veral verseker hom 'n plaas as baanbreker +onder die Afrikaanse historisie. "Uit 'n aantal oorspronklike historiese +dokumente, in die koerant (<i>De Volkstem</i>, 13 Des. 1905) openbaar gemaak +... is langsaam gegroei" die kloeke boekdeel <i>Piet Retief</i>, waarvan die +oplaag in 1920 al veertienduisend eksemplare bereik 't.<a name="FNanchor_410_410" id="FNanchor_410_410"></a><a href="#Footnote_410_410" class="fnanchor">[410]</a> "Sedert die +tyd (1905) het daar ander werke van Preller oor die Voortrek gevolg. +Want hy set sy arbeid onvermoeid voort.... Wie op sy studeerkamer kom, +sal kan sien die reeks gekatalogiseerde lewens van Voortrekkers, soveel +moontlik met die portret of portrette van die <span class='pagenum'><a name="Page_278" id="Page_278">[Pg 278]</a></span> +betreffende man of vrou +daarby.... Preller leef <span class='g'>in</span>, leef <span class='g'>vir</span> daardie tyd. Die +naspeur en die bekendstel daarvan het langsamerhand sy eintlike +lewenstaak geword, sodat ons vandag oor die lengte en breedte van ons +land tevergeefs sal soek na die eweknie van Preller as kenner van die +Voortrek en sy mense, tot selfs van die kleredrag wat in die tyd gedra +is."<a name="FNanchor_411_411" id="FNanchor_411_411"></a><a href="#Footnote_411_411" class="fnanchor">[411]</a></p> + +<p>'n Hele reeks belangrike dokumente oor die Voortrek het Preller bymekaar +gemaak in</p> + +<h4>Voortrekkermense, I en II, (1918 en 1920).<a name="FNanchor_412_412" id="FNanchor_412_412"></a><a href="#Footnote_412_412" class="fnanchor">[412]</a></h4> + +<p>Daarin kom o.a. voor die herinneringe van Van Gass, J.H. Hatting, L.C. +de Klerk, Karl Trichardt, Anna Steenkamp en 'n herdruk van Erasmus Smit +se dagboek. Die laaste is oorspronklik uitgegee deur Ds. H.F. Schoon +(1896). 'n Groot gedeelte van die gegewens het Preller in sy <i>Piet +Retief</i> verwerk. L.C. de Klerk het hy in 1908 "teruggeneem naar die +Natalse slagvelde Van die Voortrek, en dáar ter plase opgeskryf wat hy +daarvan te vertelle had" (I, p. 211). "Hier had ik een van die +Voortrekkers op die eienste grond van die Voortrek; my doel was om, as +'t kon, die ander Voortrekkers <i>as mense</i> daar te sien herleef, inplaas +van die steriotiepe "itinerant prayer-meeting", waar ander van vertel." +(id., p. 212.) Die dokumente stel ons in staat "om die Voortrekkers te +leer ken soos hulle hulself gesien het, op die trek, in die laer, op die +jag en in die huislike kring; aan hul arbeid, hul godsdiens en vermake, +in hul gewoontes en in die kleredrag van hul tyd. Buitendien verskaf 't +uitsluitsel oor tal van belangwekkende historiese gebeurtenisse" (id., +p. 1). Die krietiese opmerkings van Preller getuig van groot +skerpsinnigheid en 'n intieme kennis van die voortrekkerperiode. In die +twee dele het hy dokumente van die grootste belang op wetenskaplike wyse +uitgegee.</p> + +<p>Op dieselfde manier het hy ook (1917) in opdrag van die Akademie +uitgegee die</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_279" id="Page_279">[Pg 279]</a></span></p> +<h4>Dagboek van Louis Trigardt (1836-8).</h4> + +<p>"Vir die kennis van ons volk besit ons uit die tyd van die Voortrek geen +ander dokument wat hiermee te vergelyke is—die daaglikse aantekeninge +van 'n Afrikaner wat die grote, ja grootse in die historie volbring +sonder dit nogtans as bewuste doel voorop te stel, maar tevrede is om 't +vanself, as dominante gevolg van sy handeling voor 'n dag te laat tree +uit 'n kroniek van die kleine" (p. XI). Preller toon verder aan hoe +belangrik die <i>Dagboek</i> is "vir ons kennis van die inboorling bevolking +van Transvaal, vir verskeie seer merkwaardige historiese uitkomste, vir +(ons) aankomende nasionale letterkunde, vir die volkekundige en ons +kennis van Suid-Afrikaanse meteorologiese toestande." (XII vlg.). Die +belangrikheid van die <i>Dagboek</i> word seker aanmerklik verhoog deur die +voortreflike inleiding en note, asook deur die feit dat die teks op 'n +wetenskaplike wyse behandel is. Ontroering tril daar in die woorde +waarmee die resultate van Trigardt se trek beskryf word: "Die voorste +Voortrek is volbring! Dis slegs 'n Verkenning gewees vir die +Afrikaner,—van die Vryheid en die See. 'n Verkenning egter, net soos +dié van Piet Retief, wat nie vrugteloos is nie.... Hans van Rensburg se +ongelukkige trek had tot eind-bestemming die oseaan; en die 49 manne, +vroue en kinders wat daar aan die Limpopo-boorde geval het onder die +Soeloe-asgaai, was die eerste dúre offer wat die Boere Nasie gebring het +aan 'n ingeskape vryheidsdrang. Trigardt se trek en ál die mensewee, wat +uit hierdie Dagboek soos 'n seëning oor die nageslag saggies snik, was +aangeleg op éen-selfde hoë nasionale Bestemming...." (<span class="smcap">cxxvi</span> +vlg.)</p> + +<h4>Piet Retief, (1906).</h4> + +<p>Dit is Preller se hoofwerk, wat hy met jarelange ywer en groot liefde +tot stand gebring het. Alles wat van die groot Voortrekker bekend is +word meegedeel. Maar uitsluitend biografie is dit allermins. Ons kry 'n +volledige beeld van die moeilikhede op die Kaapse grens, die oorsake van +die Trek, die onderlinge verhoudings <span class='pagenum'><a name="Page_280" id="Page_280">[Pg 280]</a></span> +en geskille tussen die +aanvoerders, die internasionale status en grondwettelike instellings van +die Trekkers, die moeilikhede van hul togte en hul betrekkinge met die +naturelle. Die gebeurtenisse wat aanleiding gee tot Dingaan se groot +verraad word haarfyn uitgepluis en die konklusies van die skrywer se +ondersoek op helder wyse uiteengeset en gestaaf. Ook die gebeurtenisse +na Retief se moord tot aan die Bloedrivierslag word beskryf en die +betekenis van Retief se optrede bepaal.</p> + +<p>Dit gaan uiters moeilik om objektief te staan teenoor 'n boek soos <i>Piet +Retief</i>, want die tragedie daarin uitgebeeld is op sigself al só roerend +in sy dramatiese afwikkeling en só betekenisvol vir die lot van ons +nasie, dat selfs 'n uitgedroogde kroniekskrywer sonder 'n vleugie +verbeelding nog daarin sou slaag om ons die grootsheid van die +worsteling te laat gevoel. Dit het Preller blykbaar ook besef, want hy +gee 'n onopgesmukte verhaal, in sober gehoue styl waarin die tragiese +gebeurtenisse self tot hul reg kom, sonder dat die aandag afgelei word +deur bykomstige woordfraaiigheid. Treffend is dit veral by die +hoogtepunt van die verhaal, waar in die beskrywing van die oorrompeling +deur die dansende kaffers alleen 'n joernalistieke draaitjie in die styl +hinderlik is. In 'n <i>Volkstem</i>-artiekel mag so 'n uitdrukking soos "die +welwillende leser" (p. 272, 10<sup>de</sup> dr.) op sy plek wees—híer seker nie! +Nadat die posiesie van die <i>dramatis personae</i> aangegee is, word die +dansbeweging mooi beskryf:</p> + +<p>"Drieduisend pare voete kom in forse beweging om tyd te hou na 'n +wild-eentonige maatsang, wat al naarder en wilder word na gelang Dingaan +se improwisasie hul opwinding aanspoor, sodat naderhand die nugtere +aarde dril en dreun onder die neergehurkte Boere...." (p. 273). Wanneer +Retief protesteer as "die bokspringende rye" teen sy vrinde aanstort in +hul lawaaierige dans, vervolg Dingaan sy onheilspellende deuntjie: +"Drink, o drink van die bier! Jul brandende kele roep daarom! Drink +soveel jul kan; want môre sal jul nie meer drink nie." (p. 274.) Dan +klink meteens temidde van die "barbaarse orgie" die fatale sein: +"<i>Boelàlánie abatágatie</i>!" Juis deur die sobere eenvoud in die styl, die +kalme <span class='pagenum'><a name="Page_281" id="Page_281">[Pg 281]</a></span> +weergawe van die historiese besonderhede raak die toneel ons tot +in die hart, moet dit ook iemand van 'n ander nasie raak. Saggies huiwer +die ontroering in die woorde: "Retief ... troue, moedige Retief, +regskape, opregte Afrikaner, siel van die aankomende +Afrikaner-nasie!—sy marteling moes die onmenslikste gewees het van +almal!... Met knopkieries werd hy afgemaak—laat ons hoop vóórdat +Dingaan se laaste bevel aan sy afgebeulde liggaam voltrek was!" (p. +277.)</p> + +<p>Hoofstuk XXIX is 'n meesterlike samevatting van Retief se optrede en die +betekenis daarvan. Hier kom Preller se forse styl meer tot sy reg, omdat +hy geen historiese dokumente hoef aan te voer nie. Met breë blik oorsien +hy die hele Trek en met simpatieke aanvoeling van die Boere-standpunt en +lewensbeskouing deel hy in helder, logiese redenering sy gevolgtrekkinge +mee. "Piet Retief het 'n nasie gestig; of, as dit histories te veel gesê +is, het hy ten minste met volkome bewustheid die grondslag gelê waarop +'n nasie ontstaan is. Hy was idealis in nasionale sin—dit is te sê, hy +het hom met die Voortrekkers, met sy volk, duidelik voor oë gestel die +nastrewing van 'n ideaal, wat insluit 'n onafhanklike ontwikkeling en +voortbestaan van dié volk as nasionale eenheid op die wêreld." (p. 345.) +Retief het "die Afrikaanse Bestemming in woorde ontwerp—wyd en breed +soos die Afrikaanse veld...." (p. 351.) "Hy is die eerste gewees wat die +gebore Afrikaner se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van +Suid-Afrika as sy "vaderland" gewaag het; terwyl die meeste ander die +land sowel as hulself nog maar beskou het as 'n volslae willose +aanhangsel van een of ander Europese ryk." (p. 350.) Hy het "deur sy +werk, sowel as deur sy dood, die Hollands-Afrikaanse Emigrant laat +begryp ... dat hy nie somar 'n op sigself rondswerwende eenling is nie, +maar deel uitmaak van 'n groot volksverband, met een belang en een +bestemming." (p. 355.)</p> + +<p>Solank daar 'n Afrikaner is "jaloers op sy geskiedenis, jaloers op die +waaragtige waarheid daarvan" sal <i>Piet Retief</i> gelees word, want Preller +het daarmee 'n duursame monument opgerig van die wordingstydperk van ons +nasie. Buitendien het <i>Piet Retief</i> deur sy verskyning in <span class='pagenum'><a name="Page_282" id="Page_282">[Pg 282]</a></span> +1906 'n +besonder plaas in ons letterkundige geskiedenis. Saam met <i>Johannes van +Wyk</i>, wat in dieselfde jaar in boekvorm verskyn 't is dit die eerste +prosawerk van betekenis onder die Twede Beweging.</p> + +<h4>Kaptein Hindon, (1916).</h4> + +<p>Dit is die <i>Oorlogsaventure van 'n Baas-Verkenner</i>, "'n getroue weergawe +van die middellike dagboek-aantekeninge van die krygsman self." +(Voorwoord). Maar groter waarde het Preller se bewerking: "Die +toevallige omstandigheid, dat die outeur die grootste gedeelte van +dieselfde gebeurtenisse as Hindon—al was 't ook soms op 'n +afstand,—meegemaak 't, (is) vanself bevorderlik gewees aan 'n +lewendiger opvatting by die beskrywing dan anders die geval kon gewees +'t; en ... 'n gevolgelik dieper ingeleefde voorstelling." Hieraan is dit +te danke dat Preller se bewerking van die dagboek nie geword 't 'n +eentonige relaas van awonture nie, maar 'n lewendige voorstelling van +belangrike episodes uit die twede vryheidsoorlog. Daarby verloor hy +nooit die historiese verband uit die oog nie, en word al die +alleenstaande oorlogsfeite ingeskakel in die groot geheel. So word dit +'n saamhangende verhaal van die gebeurtenisse tussen 1895 en die vrede +van Vereniging. Deur 'n handige gebruik van Engelse bronne, soos die +outobiografie van Sir William Butler, geluk dit Preller om tallose +belangrike historiese feite te staaf en onverdiende laster aan die kaak +te stel. Onder ander word die opstokery van die Kaffers op oortuigende +manier bewys.</p> + +<p>Die tallose heldefeite van Hindon en sy maats word op aanskoulike wyse +beskryf. Dit geld ook veral van die veldtog in Natal, wat met groot +uitvoerigheid geteken word. Vermaaklik is Hindon se awontuur by die huis +van die Middelburgse volksraadslid (p. 291 vlg., 2<sup>de</sup> druk). Deur +talryke anekdotes, wat 'n helder lig werp op die toestande tydens die +stryd en die mentaliteit van albei vegtende partye word die beskrywing +van die militêre gebeurtenisse op aangename wyse afgewissel.</p> + +<p>Hoe mooi Preller daarin slaag om sy veldslag-indrukke te verklank, blyk +o.a. uit die volgende: "Die eienaardige dubbele <span class='pagenum'><a name="Page_283" id="Page_283">[Pg 283]</a></span> +koe-ka knal van die +Engelse lee-metfordgewere, wat mens in die begin duidelik kon onderskei +van die dowwe mouser s'n énkele dodelike doef-slaggie, smelt nou saam in +éen gelykmatige kraakgeluid, wat soos springmielies in 'n vetpot sing +deur die laagte en teruggewerp word van die bergkante af, deurmekaar in +'n sware dreuning, waarin net die kanonne-bas naderhand oorheers. By die +skansmuurtjes zip-zip die klein koëltjes teen die klippe, en stukkies +fluit vrolik een-kanttoe, of 't skuur met so 'n snaakse sing-sangetje +skielik deur die lug oorheen, waarvan mens die dodelike vyandskap eers +merk as 't raak is, en 'n man inmekaar sak op die grond, of die fyn +blaartjes van die mimosa-boompies hier bokant afspat, op die vilthoede" +(p. 58). "Bom na bom breek briesend op hul klipskanse uitmekaar, en bars +met brullende giering bôkant hul toegewyde hoofde in nydige +moment-blitse oop, om hul inhoud oor die Boere uit te braak, soms vyf, +ses tegelyk, wat die kante van die kop omkarn in kokende kraters en 'n +onweer van skerwe en rotse opjae." (p. 125).</p> + +<h4>Baanbrekers, (1915).</h4> + +<p>Hierdie brosjure, 'n herdruk van <i>Brandwag</i>-artiekels bevat "'n Hoofstuk +uit die voorgeskiedenis van Transvaal", waarin die moord van +ag-en-twintig persone by Moorddrif in 1854 en die belegering van +Makapaansgat deur 'n strafkommando beskryf word. By dié ekspediesie was +ook Paul Kruger en besonder interessant is die waagstukke wat van hom +meegedeel word. Preller moet weer verskillende verdraaide voorstellings +weerleg. "Die dinge is verby, en die laster-kampanje het sy uitwerking +gehad. Praktiese, materiële voordeel kan 't nie meer aanbring om 't te +weerleg nie. Tog is 't tyd om, terwille van die waarheid alleen, 'n +oordeel wat op dié manier gevorm werd teen die Boere-volk, in hersiening +te neem, en inplaas van die fantasie-beelde van politieke +feuilletoniste, of die sentiments-oorweginge van 'n wekelike altruïsme, +die onweerlegbare feite alleen te laat spreek" (p. 33). Met die +optekening van so 'n "heroiese insident" het Preller ongetwyfeld nuttige +werk gedoen.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_284" id="Page_284">[Pg 284]</a></span> +Preller en C.J. Langenhoven het saam uitgegee:</p> + +<h4>Twee Geskiedkundige Opstelle, (1919).</h4> + +<p>Eersgenoemde se opstel oor <i>Suid-Afrika s'n Boere-Republieke</i> is 'n +bondige opsomming van die vernaamste feite uit ons geskiedenis in die +tydperk 1486-1910. In enkele pagina's word daarvan 'n handige oorsig +gegee en juis die snelle opeenvolging van die gebeurtenisse laat 'n +sterk indruk van ons "eeu van onreg" na.</p> + +<p>Langenhoven gee <i>'n Paar Algemene Oorweginge omtrent +Geskiedenis-studie</i>. Met aanskoulike beelde toon hy aan "dat die hele +wilde natuurlewe 'n onafgebroke stryd is" (p. 114.) Een van die +vernaamste stellings in die betoog is "dat die geskiedenis 'n eindelose +ketting is van oorsake en gevolge wat nie plotseling begin en nie +plotseling afbreek nie." (p. 130.) Na 'n paar opmerkings oor die +kudde-instink word die ontwikkeling van ons volksbewussyn geskets en +daarop aangedring, dat geskiedenis-studie meer behoort te wees as 'n +ondersoek van "die blote geraamte van uitwendige datums en +gebeurtenisse" (p. 143). "In ons vurige idealistiese vaart word ons +skielik nugter geskok teen 'n feit van die guurste en nakendste +realisme" (p. 147)—ons honderd-duisend arm blanke naamlik. "Dit is 'n +baie ernstige siekte-verskynsel. Die geskiedkundige moet die diagnose +van die kwaal vind en daaruit moet ons die remedie soek" (p. 154.) +Preller beweer daarenteen in sy <i>Eksplanasie</i>: "Die diagnose is egter +die werk, nie van die Geskiedenis nie, maar van die Staat. Die +geskiedenis word eers daaruit opgebou" (p. XII). Preller wil die +statistiese metode van ondersoek op die arm-blankevraagstuk toepas.</p> + +<h4>Generaal Botha, (1920).</h4> + +<p>In hierdie brosjure het Gustav S. Preller 'n paar artiekels oor Genl. +Botha verenig. Dit is "meer brokstukke van die boustof (vir 'n +lewensbeskrywing) as dat 't aanspraak wil maak op 'n afgeronde +behandeling." (Voorwoord.) Hy deel dan verder mee dat hy op hom geneem +'t "die byeenbrenge van die materiaal vir 'n <span class='pagenum'><a name="Page_285" id="Page_285">[Pg 285]</a></span> +uitvoeriger 'lewe' van +Suidafrika s'n grootste staatsman". Die brosjure bevat enkele +herinneringe van persone wat Genl. Botha intiem geken 't en 'n herdruk +van 'n artiekel uit <i>Neerlandia</i> deur Dr. J.H. Kiewiet de Jonge. Daar is +meedelings oor die generaal se famielie en kindsdae, oorlogservarings, +sy politiek en huislike lewe. In kleine omvang is heel wat interessants +bymekaar gebring.</p> + +<hr style='width: 45%;' /> + +<p>Vir die kennis van Preller se letterkundige opvattings is van belang een +en ander uit sy reeks artiekels: <i>Eerstelinge—'n Persoonlike +appresiasie van J.H.H. de Waal s'n Roman, Joh. van Wyk</i>. (<i>De Volkstem</i>, +18 Aug. 1906 vlg.). <i>Joh. van Wyk</i> is volgens die artiekel "op s'n best +'n vernuftig inmekaar gewarde verhaal van 'n paar mense met hul haat, +afguns en liefde, wat s'n 'boeiendheid' ontleen aan die manier waarop +dit inmekaar geset is, aan die ontknoping en aan 'n gemaklike +verhaaltrant. Die mens-tragedie daarin blyf klein ... die romantiek is +partykeer voos, die stylmiddele gebrekkig, die psychologie hopeloos +vals." Tog kon hy die kulturele waarde van die roman insien: "Dis net +die ding wat ons nodig het om te leer lees. Al die ander sal later kom." +Maar dit is merkwaardig, dat hy van die staanspoor af sy mening sonder +doekies omdraai uit, en sy letterkundige oordeel nie deur bykomstige +omstandighede laat benewel nie. <i>Eerstelinge</i> open die literêre kritiek +van die Twede Beweging op waardige wyse. Onder ons prosaskrywers is daar +seker weinig wat al in 1906 so 'n fors, persoonlike styl had. Wie kon +toe al iets so raak sê, soos die volgende: "Die klompie afgejakkerde +woorde ... wat 'n sukkellewe bymekaar gesweet het ...; Die hele wereld +bekyk hul van die hopie waar húl op staan; ómdat húl die hang anderkant +die bult nie kan sien nie, is die aarde pannekoek-plat op syn pilare +gegrondves." Ook met sy <i>Inleiding tot Jan Celliers</i> in <i>Die Vlakte</i> +(1908) het Preller 'n kloek stuk prosa gelewer wat uitmunt deur fris +beeldspraak en kragtige geluid.</p> + +<p>Vir sy taalgebruik is die volgende van belang: "Dis glad nie nodig om +voor wat hul taal-barbarisme noem ... <span class='pagenum'><a name="Page_286" id="Page_286">[Pg 286]</a></span> +juis so wild te wees als 'n +histeriese jong meisie voor 'n groot miskruier-gogga...." En in sy werk +is woorde soos <i>touchant, subiet, marsiale, parafernalië, imminente, +violente, skrupules</i> ens. glad nie skaars nie.<a name="FNanchor_413_413" id="FNanchor_413_413"></a><a href="#Footnote_413_413" class="fnanchor">[413]</a></p> + +<p>Oor dialoogkuns maak hy die volgende juiste aanmerking: "Dialoogkuns ... +is in algeval nie die nakende natuurlikheid nie; maar, gepaard aan +grondige mensekennis die neerslag van 'n skeppende verbeelding; iedere +stenograaf sou 'n mens kon verseker dat jij die grootste onsin van die +wereld sou hoor als jij presies moes neerskrijf, woord voor woord, wat +daar gesproke word...." Dan leg hy die vinger op 'n tegniese fout, wat +vandag nog deur byna àl ons verhaalskrywers gemaak word: "'n Techniese +fout wat De Waal nou en dan maak is om telkens <i>self</i> so 'n gemoedelike +gesprekkie met sijn lesers te hou, wat totaal nie te pas kom nie." Hy +wys ook daarop dat De Waal "Adam Tas als historiese figuur ... geen reg +laat wedervaar nie."</p> + +<p>Die volgende pleidooi vir fris beeldspraak is vandag nog net so nodig as +in 1906: "De Waal sal in sijn latere werke ... 'n groter en 'n warmer +liefde (krij) voor sijn <i>woord</i>, voor die afgebeulde, seerrug woord, wat +waarlik tog nie meer kan nie. Die sal hij bêre, en alleen gawe, ronde, +hele woorde inspan, en mooi agtermekaar, so's 'n span breed-gerugde +vaarlandse osse, wat gelijkweg beur om sijn mening te trek en te draag. +'So geseg, so gedaan' ... gaat ons perbeer opvolg, maar als 'n vorm van +uitdrukking voor éwig begrawe, en in die uitbeelding van gedagte en +gevoel gaan ons altijd soek naar die raakste woorde, en al die +verslonste ou plunjes en toiens weggooi.... Gee ons maar 'n kans; ons +gaat ons woorde navoel, en wik en weeg iedereen, sodat iedereen +naderhand weer inbom, en dreun en gons so's die ko'els van 'n pompom, in +plaats van so's 'n uitgewaaide ou stofstorm op ons neer te sak." Word +hier nie op tiepies Afrikaanse wyse die denkbeelde van die Tagtigers +weergegee nie? Dat Preller dit al <i>aan die begin</i> van die Twede Beweging +gesê het, is merkwaardig. <span class='pagenum'><a name="Page_287" id="Page_287">[Pg 287]</a></span> +En dat die strewe na 'n persoonlike woordkuns +by hom erns was, blyk uit al sy prosawerk. Dit sou seker nie moeilik +wees om daarin ook pagina's aan te wys, wat nie meer as goeie +joernalistiek is nie, bladsye waarin "die afgebeulde, seerrug woord" nog +gemoor word, uitdrukkings met die haastigheid van 'n koerantskrywer +neergeklits. Maar meestal klink uit sy prosa op 'n eie stem en telkens +verras hy ons deur skoonheid van segging en mooiheid van klank.<a name="FNanchor_414_414" id="FNanchor_414_414"></a><a href="#Footnote_414_414" class="fnanchor">[414]</a> +Omdat by ons nog soveel muwwe, onpersoonlike stylkuns is, so 'n oorvloed +van "verslonste ou plunjes en toiens", of anders aanstellerige +woordpraal, daarom is dit 'n ware verademing om te luister na die +harmoniese deining en wieging, wat Preller se periodes vorentoe stoot. +Hy is ten minste iemand, wat nie sommer die eerste die beste frases wat +in sy gedagte opkom afskryf nie; sy sinne maak nie die indruk van "so +gemaak en so gelaat staan" nie; hy hoor nog die taalklanke, deurvoel die +nog in hul volle betekenis.</p> + +<p>Dat Preller historiese gegewens ook kan omwerk tot 'n aangrypende +verhaal, daarvan het hy die bewys gelewer in <i>Moedersmart</i>.<a name="FNanchor_415_415" id="FNanchor_415_415"></a><a href="#Footnote_415_415" class="fnanchor">[415]</a> Op +treffend-realistiese wyse word daarin uitgebeeld die foltering van 'n +moeder, wat die sterwensgeroep van een kind moet veronagsaam om 'n ander +gesonde uit die hande van die kaffers te red. In sy historiese werk word +die moordlustige bedrywe van die kaffers op saaklike wyse meegedeel, +maar hier is dit deur plastiese tekening tot 'n roerende tragedie +gegroei.</p> + +<p>Oor Preller se taalgebruik hoef na die genoemde bespreking van Dr. E.C. +Pienaar nie uitgewei te word nie. Op enkele minder mooie uitdrukkings +kan hier nog gewys word: "In die tyd het hy en hy alleen in breë en +diepe trekke in die kinders van Suidafrika <i>uitgehou</i> die wye omvang van +'n selfstandige Afrikaner-nasie" (<i>P. R.</i> p. 350); "Die werke van dié +manne ... wat <i>verminder aan</i> die nasionale onbewustheid ... (id. p. +347); "sodat honderde gesinne ... van gebrek sou moes <i>krepeer</i>" <span class='pagenum'><a name="Page_288" id="Page_288">[Pg 288]</a></span> +(id. +p. 300); "Die Nylstroom ... wat hier breed is en ruig <i>bewas</i> met bos en +riet; twee stamme ... van die oorspronklike ras <i>afgespring</i> +(<i>Baanbrekers</i>, p. 9, 12); "g'n kopere <i>bendes</i> om begeestering van +buite in of uit te blaas nie" (<i>K. Hindon</i>, p. 31); "dan kan jy enige +tyd jou weg uitkry" (id. p. 293); "In die verdere loop van dieselfde +gesprek sê hy te glo, dat...." (id. p. 317); "Weinig wonder, dat baie +van hulle die voorkeur daaraan gegee het...." (<i>Trigardt</i>, LXXIII); "die +welsprekende wond in sy hofie" (<i>Moedersmart</i>).</p> + + +<h3>§ 3. J.H. Malan.<a name="FNanchor_416_416" id="FNanchor_416_416"></a><a href="#Footnote_416_416" class="fnanchor">[416]</a></h3> + +<h4>Boer en Barbaar, (1913).</h4> + +<p>By die twede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel. Hy +gee "die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en +verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het," soos +die ondertietel lui. Dit is "volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige +geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk" (p. IX).<a name="FNanchor_417_417" id="FNanchor_417_417"></a><a href="#Footnote_417_417" class="fnanchor">[417]</a></p> + +<p>Malan begint met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek +breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n +kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor vee- en +wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die +Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke +onder Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die +verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook +die betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy +aan die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens +kry ons 'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die +opkoms en ondergang van die Soeloenasie, die eerste Engelse kolonie in +Natal, die moord van <span class='pagenum'><a name="Page_289" id="Page_289">[Pg 289]</a></span> +Retief met die daarop volgende moorde en veldtogte +en die vestiging van die Boere-republiek in Natal. As aanhangsel volg +nog 'n verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie.</p> + +<p>Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk en die groot +aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n +hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en +belangriks opgediep uit die voortrekkersperiode. Maar tot die historisie +wat die uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk +behoort Malan nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit en die gawe om op +helder, logiese wyse die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek +by hom maar al te dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose +feite en besonderheidjies moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n +grootse tafereel vergroei, die besielende asem wat die stof van die ou +foliante wegblaas en die vergete helde in lewende lywe voor ons laat +staan—die besit Malan slegs in geringe maat. Dit help nou eenmaal nie +om net te praat van "die hartroerendste episodes" (p. 286), +"onuitwisbare tonele" (p. 299), "hartdoorborende reise" (p. 301), +"ontsettende toestande", "verbryselde manne" (p. 302), want dit is tog +maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die +toneel dan werklik "onuitwisbaar" is, teken dit dan in al sy kleure en +geure, in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat +ook óns daar iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net +daaroor praat nie. Want Malan wil meer gee as 'n gekatalogiseerde +feiteversameling of 'n wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan +die moraliseer en wys op die deugde van die voortrekkers, wat dan met +die teenswoordige sedebederf gekontrasteer word. (o.a. p. 317-8). Die +geskiedenis is vir hom "die leermeesteres des lewens" (p. 396). As die +nageslag "afdwaal van die eienskappe van welvoeglikheid, statige +fatsoenlikheid, ysterklip karakter en godsvrug van ons wegbaners", dan +raak hy op die pad wat lei "tot ondergang en vernietiging".</p> + +<p>Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die trekkers. +Hy laat vir 'n paar bladsye die <span class='pagenum'><a name="Page_290" id="Page_290">[Pg 290]</a></span> +kroniekstyl met al sy feite en syfers +staan en beskryf "die laaste aand" in die ou Kaapse woning (p. 136 +vlg.).<a name="FNanchor_418_418" id="FNanchor_418_418"></a><a href="#Footnote_418_418" class="fnanchor">[418]</a> Hier sê hy nie: "Niemand kan sig inbeel, welke tonele deur +die brein van elkeen ... gevlieg het" (p. 285); hy is nie meer 'n blote +toeskouer op 'n distansie van 'n "onuitwisbare toneel" nie, maar die +trekker self wat afskeid neem. Omdat hy die geval werklik deurleef het +in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook die ontroering in sy woorde, al +stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke en al verdwyn die weemoedige +stemming geheel en al deur so 'n potsierlike beeld: 'n Maanstraaltjie is +"<i>'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers wadend oor die +menslike stipjes</i>...."! (p. 140). Daar is nog tallose voorbeelde van +viesie-verknoeiing, o.a.: "'n hartebranding, wat onuitspreeklik was" (p. +275); "snoewende woordegloed" (p. 398); "Shaka rol die golwe van kaffers +oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand" (p. 156); ens.; ook +onbeholpe uitdrukkings soos: "'n diepheuse buiging" (p. 123); "geen +Britse leërmag met hulle destyds verwaande Europees-Waterloo militêre +geflikker.... (p. 348); hy "was bestemd, om die finale verwoesting van +Dingaan se kolossale mag ... te help vernietig (p. 381); die gevolg was +'n sieklike jammerte ... wat as 'n hitte stroom deur Europa gestroom +het...." ens. (p. 49); "hy had egter intussen 'n groot verlies van bloed +wat die mensliewende, dappere Afrikaner in 'n floute skok (p. 310). Die +onbeholpenheid bereik sy toppunt in onleesbare sinne: "Piet Retief was +seker een van die merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en +besonder bekwaam en—lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste +swakhede, veral in die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan +disipline, sug naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom." (p. +186.) "Stuart vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet +was, en na eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. +Retief in 1814 was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die +veldfles van Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in die <span class='pagenum'><a name="Page_291" id="Page_291">[Pg 291]</a></span> +huis +van die heer H.S. Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te +sien" (p. 289). Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde +sinsbou staan by klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit +letterkundige oogpunt hoef ons seker nie te soek in 'n boek waar die +argitektuur van die sinne so 'n gaotiese warboel is nie—'n ordelose +hoop klippe van alle moontlike soorte,—agteloos op mekaar gesmyt, +sonder vaste plan, sonder sierlike lyne. Watter fyngevoelige leser sal +nie struikel oor sinne soos die volgende nie: "Ek het dadelik enige +poorte van die laer laat opemaak, skryf hy op die 23<sup>ste</sup> Des., 1838 naar +Kaapstad en verskyn in die <i>Zuid-Afrikaan</i>...." (p. 349); "Hulle noem +die raad deur 'enige persone' te syn gekies." (p. 202); "Op die 28<sup>ste</sup> +Jan., 1837 was ... die Kommando terug, sonder een enkele man, behalwe +vier van Moroko se Barolongs gesneuwel, verlore te hê." (p. 186); "toe +Paul Kruger hem die hand in sy stoel gesete en waarom sy kinders en +kindskinders geskaard was, druk, ..." (p. 147).</p> + +<p>Dan is daar nog staaltjies van mislukte hoogdrawendheid soos: "Die +<i>Mayflower</i> kwaker pelgrimvaders is nou verander in 'n weelde baaiende, +onsindelikheid en bedrog...." ens. (p. 133).</p> + +<p>Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se +akker kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inwersie +van onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander +foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie. +Tot die anglisismes behoort o.a.: "'n warme tyd" (p. 30); "die Londen +Sending Genootskap" (p. 35); "China skoteltje" (p. 132); "Wat die +opvolging van Shaka betref, het Mbopa vir Mahlangana vals gespeel" (p. +235).</p> + +<p>Wat ook al die streng-historiese waarde van <i>Boer en Barbaar</i> mag wees, +dít staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die +letterkundige waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van +Malan, wat met soveel toewyding gewerk 't en daarby gewillig was "to +scorn delights, and live laborious days" vir die historikus groter +waarde het. Deur die belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as +gelees word.</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_292" id="Page_292">[Pg 292]</a></span></p> +<h3>§ 4. Dr. S.P.E. Boshoff.</h3> + +<p>Stephanus Petrus Erasmus Boshoff is in 1891 gebore op Vaalbank, distrik +Senekal. Eers het hy in die Boland skool gegaan en later na die Grey +Kollege gekom. Na sy M.A. eksamen in 1912 het hy aan die Uniwersiteit +van Amsterdam in die Nuwe Lettere gestudeer. Met die uitbreek van die +oorlog het hy na Suid-Afrika teruggekeer en daar deelgeneem aan die +rebellie. Sy ondervindinge op kommando en in die tronk het hy beskryf in +<i>Vaalrivier, die Broederstroom</i> (1916)<a name="FNanchor_419_419" id="FNanchor_419_419"></a><a href="#Footnote_419_419" class="fnanchor">[419]</a> en <i>Rebellie-Sketse</i> (1918).</p> + +<p>Na die troebele is hy aangestel as professor aan die Potchefstroomse +Uniwersiteitskollege. In 1921 het hy sy studie in Amsterdam voltooi en +<i>cum laude</i> gepromoveer tot doktor in die Nederlandse Taal en Lettere op +'n dissertasie: <i>Volk en Taal van Suid-Afrika</i>.</p> + +<p>Hy sê self "dat hy hom nog nie en miskien nooit sal reken tot die +Afrikaanse skrywers nie. Wat hy doen is maar houthakkers- en +waterputterswerk vir ons ontluikende letterkunde" (<i>Die Brandwag</i>, Des. +1918). Hy is in die eerste plaas dan ook filoloog, en sy dissertasie is +'n monumentale werk, die vrug van jarelange arbeid. Ook uit bowegenoemde +sketse blyk sy voorliefde vir taalkundige waarneming. In samewerking met +L.J. du Plessis het hy ook uitgegee twee deeltjies <i>Afrikaanse +Volksliedjies</i>, 'n versameling van piekniek- en minne-rympies. Die +inleiding getuig van onvermoeide nasporingsywer op die gebied van +folklore. Meer as een fyn liedjie, wat in een of ander uithoek van ons +land lê en roes, sal deur die bundels algemeen bekend word.</p> + +<p>Van Boshoff het verder nog verskyn 'n toneelstuk <i>Jannies, Johnnies en +Jantjies</i> en 'n gewysigde bewerking van Ds. S.J. du Toit se <i>Magrieta +Prinsloo</i>. Hy is onlangs tot lid van die Leidsche Maatschappij benoem.</p> + +<h4>Vaalrivier, die Broederstroom en Rebellie-Sketse.</h4> + +<p><i>Vaalrivier</i> behandel veral die laaste dae van Generaal C.F. Beyers, +terwyl <i>Rebellie-Sketse uit my Dagboek 1914-1915</i> <span class='pagenum'><a name="Page_293" id="Page_293">[Pg 293]</a></span> +verskillende gevegte +en ook die tronklewe beskryf. Dit is feitlik alles persoonlike +ervarings, wat die skrywer meedeel en hy doen dit op 'n aangename +verteltoon, in 'n goed versorgde styl. Hy het daar mooi in geslaag om +die taamlik eentonige militêre en topografiese meedelings af te wissel +met lewendige dialoog, waardeur ons 'n goeie kyk kry op die stemming +onder die burgers. Veral die beskrywing van die tronklewe munt uit deur +aanskoulikheid en raak humor. Mooi staaltjies van boerekwinkslae word +ook gegee en o.a. die knaende rooklus goed uitgebeeld. Daar is burgers +wat selfs van die dominee twak kry "want die predikante was prakties en +hul roltwak was gewoonlik langer as hul predikasies" (<i>R. S.</i> p. 132). +"Na die preek kon 'n mens dan ook gewoonlik 'n gelukkige roker hier en +daar onder die skare onderskei aan die blou rookwolkies om hom heen, en +aan die streep minder gelukkige broeders, wat agter hom aanstryk om tog +maar net die ruik van die rook te kry." (t.a.p., p. 133.) Daar is meer +sulke voorbeelde van goeie waarneming, wat getuig van intieme kennis van +die boere-mentaliteit. Die rake slag, waarmee sommige persone uitgebeeld +word is 'n aanduiding, dat die skrywer ook op die gebied van die roman +sukses sou hê.</p> + +<p>Die styl word gekenmerk deur 'n besonder voorliefde vir alliterasie, +waarvan reeds die eerste sin van <i>Vaalrivier</i> 'n voorbeeld is. In die +beeldspraak verras meer as een oorspronklike wending, b.v. "'n eensame +en blykbaar verlate woonhuis ... waarby 'n lang en nog eensamer ou +bloekomboom half staan en slaap, nes 'n reier op sy een been langs die +vlei" (<i>Vaalrivier</i> p. 92). 'n Paar maal word <i>die</i> as relatief gebruik +o.a. "Genl. Maritz, <i>die</i> hy in daardie geval...." (<i>R. S.</i> p. 5). +Telkens kom <i>vyandige</i> i.p.v. <i>vyandelike</i> voor, b.v. "vyandige +perderuiters" (<i>Vaalrivier</i> p. 55). Die anglisisme op p. 36 "die Jingoes +(het) my 'n vreeslike lewe gelei" moet seker op rekening van die spreker +gestel word. Die bewering, dat kuns "'n lukseartiekel" is (<i>R. S.</i> p. +122) moet blykens die verband nie <i>au sérieux</i> geneem word nie. 'n +Voetnoot, soos die eerste op p. 24 (<i>Vaalrivier</i>) kan gerus weggelaat +word.</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_294" id="Page_294">[Pg 294]</a></span></p> +<h3>§5. J.A. Smith.</h3> + +<p>Johannes Anthonie Smith is gebore op Grootfontein, distrik Aberdeen in +1886. In sy jeug het hy <i>Ons Kleijntji</i> gelees en vir Afrikaans geywer. +Toe hy byna vyftien jaar was het hy weggeloop na die Boere-kommandos en +tot die vrede geveg. Aan die Hoëre Skool in Stellenbosch het hy sy +studie voortgeset en daarna gaan boer. Die groot droogte van 1915 het +aanleiding gegee tot die keuse van 'n joernalistieke loopbaan. Eers was +hy tydelik werksaam by <i>De Nieuwe Tyd</i>, 'n Aberdeense krant en later +redakteur van <i>Het Westen</i>. Sedert 1917 is hy redakteur en bestuurder +van <i>Onse Courant</i>, Graaff-Reinet. Dit is die eerste krant wat in die +Kaapprovinsie oorgeslaan het in Afrikaans. Smith het daarin en ook +andersins aktief opgetree in die stryd om Afrikaans as voertaal erken te +kry. Die gevolg was die invoering van die Afrikaanse medium in die Hoëre +Skool op Graaff-Reinet. Hy versamel tans gegewens oor die mense en +toestande in dié distrik vóór die Groot Trek, en werk aan 'n brosjure +oor die teregstelling van Komdt. Scheepers. Van hom het verskyn: <i>Brit +en Boer, van Slagtersnek tot Jopie Fourie</i> (1917) en <i>Naar Bloedrivier +en Paardekraal</i> (1918)<a name="FNanchor_420_420" id="FNanchor_420_420"></a><a href="#Footnote_420_420" class="fnanchor">[420]</a>.</p> + +<h4>Brit en Boer.</h4> + +<p>Die skrywer gee 'n kort oorsig van die historiese gebeurtenisse van 1814 +tot 1915. "By ons volk is 'n groot behoefte aan 'n kort, duidelik, +onpartydig en in Afrikaans geskrywe historieboek...." verklaar hy in sy +voorwoord. Deur gebrek aan 'n lewendige, persoonlike styl het dit egter +alleen 'n versameling van feite geword. As voorbeeld van die dikwels +gebrekkige styl en kanselagtige beeldspraak kan die volgende dien: "Hier +werd Afrikaanse lewens ontneem deur die Engelse, vir die eerste maal en +werd later nog weer herhaal.... Die diepe wond is nooit geen balsem +toegedien, maar steeds meer nuwe wonde in die boesem van die +diepgeteisterde volk <span class='pagenum'><a name="Page_295" id="Page_295">[Pg 295]</a></span> +geslaan." (p. 21.) Vorme, soos die volgende laat +mens twyfel of die boek wel in Afrikaans geskryf is: "Op s'n treurigs +(p. 22); Retief en de syne (p. 39); Die Regering ... het moe geword ... +en dag dit best.... (p. 64). Na veel moeite kreeg men die inwoners so +ver.... (p. 66); Goud werd gevonden" (p. 82) ens. Dan krioel dit nog van +taalkundige rariteite o.a. kalmtjes (p. 110); Men sal herinner (p. 77); +Southey het lang reeds in sy verstand gehad ... (p. 81) ('n Anglisisme); +sy bedriegelik invloed (p. 85); vermompte despotisme (p. 96); Mettertyd +het die uitlander populasie, die op sigself nie 'n presiese dreigende +gevaar was ... (p. 107); die ver-engelsen van die hele aardbol" (p. 108) +ens. As die dubbele negatief reg gebruik word is dit 'n uitsondering.</p> + +<h4>Naar Bloedrivier en Paardekraal.</h4> + +<p>Op eenvoudige wyse gee die skrywer 'n beknopte oorsig van die +gebeurtenisse, wat in verband staan met Bloedrivier en Paardekraal, +volgens sy beskouing "'n onuitputtelike bron van sede- en nasionale +lesse" (p. 11). Hy wou 'n werk lewer "wat vir die opkomende geslag +onmisbaar moet wees in verband met die hedendaagse Dingaanfees." Of die +onmisbaarheid van lange duur sal wees val te betwyfel, omdat die styl, +ofskoon beter versorg dan in <i>Brit en Boer</i> so weinig artistiek en +dikwels onbeholpe is. "Na hierdie aanval is die laers in vier groot +laers verdeel en teruggeset en het onder die bevel van Maritz ... +gestaan" (p. 41). Daar is meer sulke voorbeelde. Die dubbele negatief +ontbreek nog telkens en uitdrukkings soos "skatte-buiters (p. 59), +verpeins (p. 82); 'n bewering te maak uit denkbeeldige inisiatiewe" (p. +70) is 'n aanduiding van gebrekkige taalbeheersing.</p> + +<p>Nadruk word veral gelê op die verband tussen Bloedrivier en Paardekraal: +"As 'n mens Dingaansdag kan of mag vier, dan kan en <i>moet</i> 'n mens die +herstelling van die onafhanklikheid in 1880 ook vier. Albei jaartalle +het dieselfde betekenis vir die volk." (p. 93.)</p> + + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_296" id="Page_296">[Pg 296]</a></span></p> +<h3>§ 6. Dr. J.D. du Toit (Totius).<a name="FNanchor_421_421" id="FNanchor_421_421"></a><a href="#Footnote_421_421" class="fnanchor">[421]</a></h3> + +<h4>Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk, (1917).</h4> + +<p>"Een omstandigheid moet by die lees veral nie vergeet word nie. Ds. du +Toit was 'n Ismaël: sy hand was teen almal, en almal se hand was teen +hom.... By die beskrywing van sy lewenstaak was dus wysheid en tak 'n +hoofvereiste, en die skrywer wil hier die opregte versekering gee, dat +hy sy uiterste bes gedoen het om by oue gevoelighede verby te skram en +om oue wonde nie seer te maak nie. Vandaar dat deurgaans geen kritiek +geoefen en geen beoordeling van persone en gebeurtenisse gegee word nie. +Die dag daarvoor sal wel later aanbreek. Die skrywer wou volstaan met +die blote meedeling van <i>feite</i> (soveel molik in sitaat)...." +(Voorwoord). Met dié woorde het Totius sy werk goed gekarakteriseer. Dit +is 'n feiteversameling van die grootste belang oor "'n periode van +Afrikaanse oplewing", soos die ondertietel lui. Die rangskikking van die +feite, die ordening van sy biografiese materiaal het Totius met talent +gedaan. Van alle oorde het hy met groot vlyt en nasporingsywer sy +boustowwe bymekaar gemaak. Netjies opgepak lê die stene in afsonderlike +stapels. Die fondament is ook al gelê en daarop moet die boumeester nou +vir ons 'n sierlike skepping van monumentale skoonheid oprig. Dit is 'n +taak waarvoor die digterlike seun van 'n groot vader allesins berekend +is. Maar hy deel ons mee: "Die dag daarvoor sal wel later aanbreek". Die +redene wat Totius voorlopig van 'n interpretasie van sy feite laat +afsien het, moet ongetwyfeld gebillik word, as ons onthou, dat sy vader +se hand "teen almal was, en almal se hand teen hom". Addison het in 1716 +al verklaar: "The truth of it is, as the lives of great men cannot be +written with any tolerable degree of elegance or exactness within a +short space after their decease; so neither is it fit that the history +of a person <span class='pagenum'><a name="Page_297" id="Page_297">[Pg 297]</a></span> +who has acted among us in a public character, should +appear, until envy and friendship are laid asleep, and the prejudice +both of his antagonists and adherents be, in some degree, softened and +subdued."<a name="FNanchor_422_422" id="FNanchor_422_422"></a><a href="#Footnote_422_422" class="fnanchor">[422]</a> Maar die opmerking van Samuel Johnson is nie minder juis +nie: "If a life be delayed till interest and envy are at an end, we may +hope for impartiality, but must expect little intelligence; for the +incidents which give excellence to biography are of a volatile and +evanescent kind, such as soon escape the memory, and are transmitted by +tradition."<a name="FNanchor_423_423" id="FNanchor_423_423"></a><a href="#Footnote_423_423" class="fnanchor">[423]</a> Dit is juis dié soort insidente wat Totius, blykbaar +met opset verwaarloos het. "Die skrywer van hierdie reëls was toe maar +vyf jaar oud. Tog styg daar nog verskeie witte wolkies van skerpe +herinnering op bo die wegduisterende gesigseinder van kinderverlee. Die +skrywer sal daarmee die leser nie te veel lastig wees nie." (p. 243). +Doodjammer, want deur die verswyging van sy persoonlike herinneringe +ontbreek daar lewenswarmte aan die biografie. Die beeld van sy vader is +groot en imposant, maar daar is weinig <i>lewe</i> in. Soos 'n reusagtige +silhoeët staan dit teen 'n agtergrond van die bontste verskeidenheid. +Maar Ds. Du Toit se pelgrimsreis van die wieg tot aan die graf, sy +titaniese worsteling met die lewe, die dramatiese afwikkeling van dié +geweldige stryd, die diepe kneusing van 'n groot siel wat van smaad en +hoon meer as sy volle deel gehad 't—daarvan val alleen 'n dowwe +flikkerlig op die beeld. En die indruk kom Totius self bevestig: "Van +Ds. du Toit se inwendige lewe weet ons nie veel nie" (p. 248).<a name="FNanchor_424_424" id="FNanchor_424_424"></a><a href="#Footnote_424_424" class="fnanchor">[424]</a> "Ons +het tot dusver veel gesê van Ds. du Toit se <i>werk</i> en weinig laat +deurstraal aangaande sy <i>persoon</i>. So hoort dit, want dis ons in die +eerste plaas te doen om die grote werk wat Ds. du Toit verrig het. Maar +daarom mag 'n beskrywing van sy persoon nie agterwege bly nie" (p. 378). +Die "persoonsbeskrywing" (Hoofstuk XVII) <span class='pagenum'><a name="Page_298" id="Page_298">[Pg 298]</a></span> +bring ons egter nie veel +verder nie. Dit bly aan die buitekant; ons mis daarin die vermoë om deur +te dring tot die innerlike psiege. Dit kan ons al weer met die skrywer +se <i>eie</i> woorde bewys: "Nou oorgaande tot die beskrywing van Ds. du Toit +se meer inwendige lewe, <i>natuurlik soos dit sig naar buite geopbenbaar +het</i> (want "wie weet wat in de mens is dan de geest des mensen die in +hem is?") sal ons eers bespreek sy emosionele lewe." (p. 381).<a name="FNanchor_425_425" id="FNanchor_425_425"></a><a href="#Footnote_425_425" class="fnanchor">[425]</a> En +hier wou Totius tog meer wees as 'n feiteversamelaar, hier wou hy ons +iets van die persoonlikheid van sy vader laat voel. "The biographer must +be more than the mere realist who can photograph facts—he must be +something of the idealist as well, for he has to create as well as to +reproduce: and we value a biography exactly in proportion as its author +has succeeded in creating for us the character of a new man or woman to +be added to our own personal acquaintance."<a name="FNanchor_426_426" id="FNanchor_426_426"></a><a href="#Footnote_426_426" class="fnanchor">[426]</a> Nou lyk dit vir my of +Totius met die metode wat hy volg, soiets nie kán bereik nie. Hy +verklaar: "Nou gaan ons oor tot 'n beskrywing van Ds. du Toit se +verstand en wil. Vanself hoef dit nie so uitvoerig te wees nie. Sy ganse +lewe en werk deur ons beskrewe lê getuigenis af van die grootte van sy +verstand en die krag van sy wil." (p. 396). Dit mag nou wel waar wees, +maar so 'n bewering help ons geen druppel om die persoonlikheid van 'n +mens te begryp nie. En buitendien, het ons nie die reg om van die +biograaf 'n artistieke sintese, 'n psigologiese interpretasie te verwag +nie? Ons is nie tevrede met hier 'n raps en daar 'n raps nie, ons wil 'n +volledige beeld hê. Die skrywer vervolg: "Ook moet hier die opmerking +gemaak word dat dit ons nie te doen is om 'n strenge groepering van die +sielsfunksies nie. Ons het 'n skema gemaak wat prakties aanwendbaar is. +Bowedien is die siel van 'n mens 'n eenheid, wat sig nie uit mekaar laat +kerf nie. Op die feit wys veral die nuwere sielkunde. Vandaar dat ons +reeds die verstand en wil laat inwerk het op sommige van die beskrewe +emosies of gemoedsaandoeninge." (p. 397.) <span class='pagenum'><a name="Page_299" id="Page_299">[Pg 299]</a></span> +Almal netjies beredeneerd, +maar hier help al die skemas en tabelletjies van die hele wêreld jou +totaal niks! Die biograaf staan voor dieselfde probleem as die +romanskrywer: Hoe moet ek die mens laat <i>lewe</i>? En as hy dié groot +wonder reg kry, dan is dit nie omdat hy 'n knap psigoloog is nie, goed +op die hoogte van die allerlaaste emosionele <i>formulae</i>, maar enkel en +alleen omdat hy kunstenaar is. Hoe die wonder geskied weet hy miskien +self nie, en ons kan dit alleen by benadering uitrafel; maar as ons sy +boek gelees het, dan is daar nog 'n man of vrou toegevoeg by die getal +van ons intieme vriende. En in die sielkundige skema van Totius mis ek +die warme intimiteit; ek ken sy vader na meer as 450 bladsye nog nie so +goed as my eie vader of een van my vriende nie. Die "witte wolkies" van +sy herinnering, die moes hy nie laat wegwaai het nie!</p> + +<p>Beskou ons Totius se biografie nou alleen as feiteversameling, dan is +dit inderdaad 'n handige kompilasiewerk, wat onmisbaar is vir die kennis +van ons letterkunde en geskiedenis. Hy het die outobiografie, briewe en +sitate op bekwame wyse inmekaar gevleg, sodat iedereen na bestudering +van die bewysstukke sy eie oordeel kan vorm. Daarmee het hy seker +bereik, wat hy Kuyper op die tietelblad laat sê: "Niet vergeten van onze +doden is niet genoeg. Er kan zo dikwels veel ook voor onze doden nog +gedaan worden. Om hun eer en goede naam te verdedigen tegenover +miskenning en laster.... Bitterheden weg te nemen, die als onkruid +tussen hen en hun omgeving waren opgeschoten...." Hy het as onpartydige +historikus sy vader sy eie saak laat voordra, hom uit sy werke, self tot +ons laat spreek; nou moet hy nog as <i>seun</i> sy vader vir ons uitbeeld met +al die warmte van 'n liefdevolle kinderhart. Die voorwoord laat ons +hoop, dat "die dag daarvoor wel later (sal) aanbreek." Vir ons +letterkunde kan dit 'n blye dag word!</p> + +<p>Die biografie bevat besonderhede oor Du Toit se jeug, sy werk as +predikant van die gemeente Noorder-Pêrel, sy stryd vir die beginsel van +Christelik Nasionale Onderwys. Die oprigting van die <i>Genootskap van +Regte Afrikaners</i>, <i>Die Patriot</i> en ander blaaie word uitvoerig +bespreek, asook die stryd vir die Afrikaanse taal. Duidelik <span class='pagenum'><a name="Page_300" id="Page_300">[Pg 300]</a></span> +blyk hoe +groot die invloed van Ds. S.J. du Toit sedert 1875 was, en van hoeveel +bewegings hy die eintlike vader kan genoem word. Die oprigting van die +Afrikaner Bond, die oplewing in die Kaap-Kolonie en die aandeel van <i>Die +Patriot</i> in die Transvaalse Vryheidsoorlog is ook breedvoerig uitgewerk. +Uit die belangrike sitate kan ons 'n helder beeld van die kulturele lewe +van dié tyd saamstel. Ds. Du Toit se werk as Superintendent van Onderwys +en polietikus in die Transvaal, sy Bybelvertaling en reise word ook +behandel. Dan volg sitate oor sy houding tydens en na die Jameson-inval. +Die verklaring van Adv. J.H.H. de Waal, soos aangehaal op bladsy 2 word +deur Ds. Du Toit se eie woorde bevestig: "Die houding deur my in +<i>Patriot</i> en <i>Getuige</i> ingeneem teenoor die Transvaal-regering van die +laaste tyd was egter nie populêr in die Kolonie nie, veral sedert die +Jameson-inval. Dit het gemaak dat die blaaie agteruit gegaan het." (p. +313.) Oor Du Toit se stryd teen sektes en kettery word ook meedelings +gedaan. Met 'n beskrywing van sy persoon en laaste dae sluit die boek, +waarin ook nog enige gedigte van hom afgedruk is.</p> + +<p>Van Du Toit se veelsydige bekwaamheid, sy onvermoeide ywer vir +godsdiens, taal en nasie is op byna iedere bladsy bewyse te vind. Sy +lewensbeskrywing is meteen ook die geskiedenis van die ontwaking van die +Afrikaner bewussyn en sy aandeel daarin was ongetwyfeld belangrik.</p> + +<p>Of ons die deur moet oopset vir woorde soos die volgende, is +twyfelagtig: leaders (o.a. p. 41); waiter (p. 283); debater (p. 350); +smoking-cap (p. 379), wasies (p. 380).</p> + + +<h3>§ 7. Ds. W. Postma (1874-1921), (Dr. O'kulis).</h3> + +<h4>Doppers (1918).</h4> + +<p>Dr. O'kulis verklaar in sy inleiding: "Ik het die egte ou Doppers nog +goed geken en hulle opregte nasate leef ik nog mee saam, sodat ik meen +in staat te wees om enigsins 'n suiwere portret te skilder van 'n +eienaardige groep van ons volk...." Hy het 'n ruim opvatting van die +woord Dopper. "Al die Doppers (is) <span class='pagenum'><a name="Page_301" id="Page_301">[Pg 301]</a></span> +nie in die Dopperkerk nie, en ... +nie alle lidmate van die Gereformeerde Kerk van S.A. (is) egte Doppers +nie." (p. 8.) "Ons profeteer dan ook beslis ... dat ons volk altyd meer +terug sal draai naar die <i>Backveld</i>, al meer Dopper sal worde, naarmate +ons nasionale selfbewustheid ontwaak en ontwikkel" (p. 15). Op +kernagtige wyse word die hele lewensbeskouing van die Dopper uiteengeset +en alles wat daarmee in stryd is afgekeur. Die oorsprong van die +Doppers, hul isolement, godsdiens en beskawing word geskets en hul +beginsels met warmte verdedig. Ten slotte word daar 'n staanplek gevra +vir die Dopper in die Afrikaanse samelewing: "Ons vra geen guns, geen +medelyde, geen beloning, geen verering nie. Ons vra net staanplek in die +Boer-geledere om saam te werk en saam te stry vir die heilige pand ons +saam toevertrou" (p. 116). In die bylae volg die opienies van ander +skrywers oor die Doppers.</p> + +<p>Die grootste gedeelte van die boek is van godsdienstige aard en kan +buiten beskouing bly. Dat ons hier egter te doen het "met 'n faktor, wat +geweldig invloed uitgeoefen het op die kultuurlewe van ons volk" (p. 71) +is ongetwyfeld waar, en Dr. O'kulis se pleidooi vir die Doppers is 'n +belangrike bydrae op kultuur-historiese gebied. Daaruit kan ons die +Dopper se standpunt teenoor die wetenskap, die kuns, opvoeding, sport, +ens. leer ken. Die skrywer het 'n persoonlike kyk op al die probleme van +ons tyd, al is sy behandeling daarvan dan ook dikwels sketsagtig. +Kapitalisme en sosialisme kan seker nie met so 'n paar sinnetjies soos +die volgende afgemaak word nie: "Geen van bei ken soiets as 'n lewens- of +nasionale ideaal nie—hulle klim nooit hoër op as hulleself nie. Daar +is niks verhewens of opheffends in hierdie rigtings nie—dit is +net:—"Laat ons eet en drink en vrolik wees, want more sterf ons." Ook +die definiesie van modernisme is vaag en misleidend, (p. 65.)</p> + +<h4>Die Boervrou, (1918).</h4> + +<p><i>Die Boervrou</i>, "Moeder van haar Volk" is saamgestel op versoek van die +Nasionale Helpmekaar- en Kultuur-Vereniging, Reddersburg. Die skrywer +verklaar: "Dis <span class='pagenum'><a name="Page_302" id="Page_302">[Pg 302]</a></span> +my doel om die lewe en dade van die Boervrou in die +geskiedenis op te spoor en voor te stel op eenvoudige en heldere wyse." +(Voorwoord).<a name="FNanchor_427_427" id="FNanchor_427_427"></a><a href="#Footnote_427_427" class="fnanchor">[427]</a> Hy wil probeer om self "so min molik te sê en soveel +molik getuienis van vreemdelinge (ook vyandige), wat die mense geken het +invoer." (p. 20.) In hoofsaak is dit dan ook 'n kompilasiewerk, waarin +veral die periode van die Groot Trek en daarna uitvoerig behandel word. +Onder ander word die gedenkskrif van Anna Stenecamp afgedruk en 'n paar +krante-artiekels oor Maria Koopmans-de Wet. Daar is nog naklanke van die +<i>Eselskakebeen</i>: "Ongelukkig dat ons altyd op skool nog moet ly aan die +verouderde Engels-Turkse stelsel van afgryslike geestesmoord." (p. 104.) +"Dis nodig om die wissels van die spoor van ons Vaderlandse Geskiedenis +eers reg te sit vir ons, wat op skool deur <i>Cape History</i> en +Jingo-laster so hopeloos verknoei is...." (p. 44.)</p> + +<p>"Die godsdienssin van die Boervrou is die sleutel van haar hele +geskiedenis; die wat dit nie vooropstel, en gedurig voor oë hou nie, kan +haar nie begryp, haar portret nie skilder nie" (p. 66). Godsdienstige +beskouings neem dan ook 'n groot plaas in, en telkens word 'n klein +prekie ingelas (o.a. p. 160, 179). Die streng-Kalvinistiese +lewensbeskouing van die skrywer laat hom dikwels teen allerlei +maatskaplike euwels te velde trek, teen "die sonde van kinderbeperking" +(p. 157), die vrouestemreg en allerlei vreemde sedes. "Hoe geleerd en +ontwikkel ons ook al word, laat ons Boer bly. Praat van <i>beskaaf</i>—wel +ik het nergens hoër, fyner beskawing gesien as by ons egte kristen Boer +voorouers nie." (p. 109.) Hy is nie teen vooruitgang nie: "Die Boervrou +mag die kappie en die manteltjie vaarwel sê en tog haar grootmoeder in +alles gelyk bly." (p. 177.) Maar ons moet voortbou op "die hegte breë +Boerfondament" en alle "vreemde modelle" vermy. "Daar is geen hoër adel, +geen fyner beskawing, geen edeler siel as die van die Boervolk self nie. +Al wat ons daarvan afwyk, gaan ons <span class='pagenum'><a name="Page_303" id="Page_303">[Pg 303]</a></span> +verkeerd, breek ons onsself af, +ondermyn ons ons indiwidualiteit. Ons mog dan wat vreemds byspyker, en +daar uitlandse vernis oor smeer, maar dit sal nie hou teen die +Afrikaanse son nie.... Wat ons het is egte goud, al mag dit nog nie +gelouter en bewerk wees nie, wat ons in die vreemde naloop is +klatergoud." (p. 206.) Hier ontaard die gevoel van nasionale eiewaarde +in chauvinisme, en werk die ou isolasie-drang van die Boer, en sy afkeer +van alle vreemde beskawing nog na. Op 'n ander plaas is sprake van "die +gesonde lewenswyse en wêreldbeskouing van die Boervrou, so afkerig van +die verfynde en demoraliserende uitlandse 'beskawing'...." So voer die +groot nadruk wat op die Afrikaanse voortreflikheid gelê word en die +waarskuwing vir alles wat vreemd is tot die stelling, dat alles in +Afrika goed is en alles daarbuite sleg. Dit was seker nie die bedoeling +van die skrywer nie, maar wanneer 'n goeie beginsel te veel op die spits +gedryf word, lei dit tot bekrompenheid.</p> + +<p>Die neiging vir allerlei moeilik verdedigbare generalisasies, wat ook in +<i>Doppers</i> aangetoon is, blyk uit so 'n bewering: "Is die teenwoordige +oorlog nie vrug van die onvrouelikheid van die vrou van Berlyn, Parys, +Brussels, Londen?" (p. 180.)</p> + +<p>Die portret en karakter van die Boervrou het Dr. O'kulis met liefde +geteken. Veral in die sewende en agste hoofstuk, waar die skrywer self +meer aan die woord is, kom juiste opmerkings en 'n persoonlike +uitdrukkingswyse voor. Die nuwere geskiedenis wil hy verbygaan, maar oor +die konsentrasiekampe kán hy nie swyg nie. (p. 141.) "Die geskiedenis +swyg nie, al vergeet ons ook al graag." (p. 148.) "<i>Dwars deur ons land +loop die bloedspoor van die Boervrou</i>" (p. 114). Met eerbiedige hulde +volg hy die spoor deur ons geskiedenis. Van die politieke +vroueverenigings verwag hy weinig heil. Ook die foute van die Boervrou +word beskryf. In Mevrou Marie Koopmans-de Wet "sien ons die Boervrou +soos sy ontwikkel op die hoogste sport" (p. 181.) Die bylaes bevat +hoofartiekels van die <i>Mediator</i> oor die trekkers en oor +vaderlandsliefde, asook 'n stuk uit Preller se <i>Voortrekkermense</i>.</p> + +<p>Tot die minder juiste uitdrukkings behoort o.a.: "'n <span class='pagenum'><a name="Page_304" id="Page_304">[Pg 304]</a></span> +daghelder feit" +(<i>Doppers</i>, p. 63); "die ster-rol speler in die bioskoop" (id., p. 66); +"Die meisies was ... op reken van die moeder...." (<i>Boervrou</i>, p. 59); +"oor algemeen" (id., p. 94); "meedoen met allerhande lewensdrukte" (id., +p. 97); "geleerdheid bring in 'n groef" (id., p. 105); "om oor die +toekoms te praat en te plan (id., p. 149); "omdat men hiervoor geen oog +had" (id., p. 24); "om die verdrukte landgenote te help met tonne van +selfgemaakte en geofferde versagting" (id., p. 92). As staaltjies van +retoriese beeldspraak kan dien: "Twee feite het hulle diep in die hart +deurboor" (id., p. 118); "die hartverskeurende skouspel; die vlym nog +dieper voel" (id., p. 148).</p> + + +<h3>§ 8. Thos. Blok.</h3> + +<p>Thos. Blok is in 1879 gebore. In Holland was hy 'n tydlank onderwyser en +sedert 1913 in Bloemfontein, waar hy tans hoof van die Voorbereidende +Tegniese Skool is. Hy het hom dadelik na sy vestiging in Suid-Afrika op +Afrikaans en geskiedenis toegelê. Hy streef daarna om die resultate van +sy argiefondersoek in aantreklike vorm uit te gee en bewerk veral die +periode van die Oranje Rivier Soewereiniteit. Van hom het verskyn 'n +serie leesboeke <i>Ons Eie Taal, Klein Jannie, Oom Willem, Hendrik Afbeen</i> +en <i>Willem Kruger</i>, skool- en kinderlektuur, 'n paar bundels +kinderversies en <i>Grensboere</i> (1918).</p> + +<h4>Grensboere.</h4> + +<p>Dit is 'n verhaal uit die dae van President Hoffman, "'n inleiding tot +die geskiedenis van die (Basoeto)-oorloë." Blok wil "'n duidelike beeld +... gee van die toestande, wat geheers het, en die moeilikhede, waarmee +die Boere te stry gehad het op die grens van Basoetoland.... Behalwe die +vorm, waar die storie in verskyn, is alles suiwer geskiedenis."<a name="FNanchor_428_428" id="FNanchor_428_428"></a><a href="#Footnote_428_428" class="fnanchor">[428]</a> Die +geskiedenis smoor dan ook die verhaal dood; die argieflug is te sterk. +In die begin kry <span class='pagenum'><a name="Page_305" id="Page_305">[Pg 305]</a></span> +ons nog iets van die mense te sien, maar ons verloor +hulle gou tussen al die historiese feite en dokumente. In 'n suiwer +historiese vorm sou Blok se werk meer voldoening gee, want die feite wat +hy meedeel is belangrik en van sy simpatieke inlewing in die +Boerekarakter getuig iedere bladsy van die boekie. Die helder, +eenvoudige styl, wat alleen op enkele plekke spore van Hollandse invloed +vertoon, maak <i>Grensboere</i> uiters geskik vir die jeug. Hinderlike +herhaling kom voor o.a. op p. 21: skaf—skaap; op p. 57: +gekies—kiesers—kies.</p> + + +<h3>§ 9. Ds. G.B.A. Gerdener.</h3> + +<p>G.B.A. Gerdener is in 1881 gebore op Wupperthal, 'n Rynlandse +sendingstasie in die Sederberge, Clanwilliam, waar sy vader, 'n Duitse +sendeling gearbei het. Sy gehele opvoeding het hy feitlik in +Stellenbosch geniet, en daar is hy ook tot predikant opgelei. Sy +teologiese studie het hy in 1922 voltooi aan die uniwersiteit in +Tübingen, waar hy die graad Dr. Phil. <i>cum laude</i> verwerf het en hom +veral op die nuwere geskiedenis en die tydperk van die Hervorming +toegelê het. As sekretaris van die Christelike Studente-Vereniging het +hy in 1907 en 1910 groot buitenlandse reise gemaak. Gedurende 1912-17 +was hy onder die Mohammedane in Kaapstad werksaam en daarna as twede +predikant op Stellenbosch. Van hom het verskyn 'n bundel gedigte: <i>Uit +Mijn Jonkheid</i> en verskeie godsdienstige werke, alles in Hollands. +<i>Sarel Cilliers, Die Vader van Dingaansdag</i> is egter in Afrikaans +(1919). Hy was ook redakteur van <i>Het Gereformeerd Maandblad</i>.</p> + +<h4>Sarel Cilliers.</h4> + +<p>Piet Retief word die martelaar van die Groot Trek genoem, Andries +Pretorius, die krygsman en Sarel Cilliers die profeet (p. 3). "Beter +tiepe van die diepe godsvrug en die innige vroomheid, wat in dae van +donkerheid en droefheid aan die hart van die Trekkers lig en troos +verskaf het is daar nie dan Sarel Cilliers" (p. 4). Sy kinderjare en +uittog na die noorde word beskryf, terwyl <span class='pagenum'><a name="Page_306" id="Page_306">[Pg 306]</a></span> +ook in vlugtige trekke die +verloop en betekenis van die beweging van 1836 geteken word. Episodes +waarin Cilliers 'n groot aandeel gehad 't, soos die slag by Vegkop en +die aflegging van die gelofte word uitvoerig behandel en op helder wyse +toegelig. Cilliers se ervarings in Natal en later in die Vrystaat, sy +rol in die kerklike lewe is op aanskoulike wyse in die laaste hoofstukke +geskets. Deur verskillende anekdotes kry ons 'n helder beeld van sy +persoonlikheid. In die slothoofstuk word sy betekenis so saamgevat: "Hy +was 'n onverskrokke baanbreker van die beskawing, 'n dapper stryder vir +vryheid, 'n edel patriot en 'n vroom Godsman" (p. 90.) Die geskiedenis +van die Dingaansfees en die beste manier om dit te vier word bespreek. +Dit was dan ook die aanleiding tot die ontstaan van die biografie (p. +4). Die aanhangsels bevat 'n joernaal en verskeie briewe van Cilliers.</p> + +<p>"Die meeste mense van die twintigste eeu sal (Cilliers) noem 'n +onbuigsame, ouderwetse puritein" (p. 84). Deur sy verwante +lewensbeskouing kon Gerdener so 'n figuur met 'n begrypende liefde +aanvoel en hy slaag dan ook daarin om veel wat vaag was te verduidelik. +As hy ons egter vertel dat hy liewer "die sluier van vergetelheid" (p. +34) oor die onaangenaamheid tussen Cilliers en Smit wil trek, dan twyfel +ons aan sy objektiwiteit. Vir 'n geskiedkundige werk kan die +omsluieringsmetode nóg noodlottiger wees as vir 'n roman! Deur so 'n +sinnetjie bring die lewensbeskrywer homself onder die verdenking dat hy +te werk gegaan 't volgens die gesegde: <i>De mortuis nil nisi bene</i>. +Onwillekeurig vraag ons: Wat het nog meer onder "die sluier van +vergetelheid" geraak? In die aangehaalde geval is dit alleen getuigenis +uit 'n ander bron wat Gerdener tot 'n bespreking dwing. Maar die feit +dat hy dit met blykbare teësin doen, kan ons die indruk gee, dat hy +alleen 'n <i>lofrede</i> op "die vader van Dingaansdag" wou skryf. En selfs +die vaagste sinspeling in dié rigting moet die biograaf vermy, as hy +geen agterdog wil opwek teen sy onpartydigheid nie.</p> + +<p>Ook die volgende verklaring is 'n erkenning deur die skrywer self van +wat daar nog ontbreek in sy werk: <span class='pagenum'><a name="Page_307" id="Page_307">[Pg 307]</a></span> +"Ons sluit hierdie Hoofstuk "Bloed en +Trane" met die gevoel dat daar taferele in die geskiedenis is, wat +niemand kan beskrywe nie. Neem b.v. Piet Retief, bo-op die Drakensberg +met sy aangesig in die rigting van die Indiese Oseaan.... Gebeurtenisse +kan 'n mens nog beskrywe, maar sulke manne, so groot, so onsterflik: die +Martelaar, die Profeet en die Staatsman van die Grote Trek. Hier moet +die digter en die skilder ons te hulp kom!" (p. 47.) Die +kunstenaar-biograaf mag egter sy taak nie so maklik op ander skuiwe nie! +Dit spreek vanself dat iemand wat uit stowwige oorkondes en +fragmentariese oorlewerings 'n beeld van 'n mens moet opbou daarin slegs +gedeeltelik kan slaag; die tydgenoot, steunende op intieme kennis en +persoonlike omgang is daartoe veel beter in staat. Maar waar die +tydgenoot dit nagelaat het is 'n biografie soos die van <i>Sarel Cilliers</i> +vir ons van groot belang. Uit die beskikbare gegewens het Gerdener 'n +duidelike beeld van die man en sy betekenis saamgestel. By 'n twede druk +sal hy seker die onafrikaanse vorme wat daar nog in sy styl voorkom +vermy, en ook nie die piëteitlose afkorting <i>Maritzburg</i> vir die ou +Voortrekkerstad gebruik nie (o.a. op p. 31).</p> + + +<h3>§ 10. A.J. van der Walt.</h3> + +<p>Andries Jacobus van der Walt is gebore op Grootfontein, Middelburg, K.P. +Van sy tiende tot sy vyftiende jaar het hy skool gegaan op Ratelpoort, +waar hy leer hoera skree het, toe die anneksasie van Transvaal (1877) +bekend word. Maar nadat hy enige jare skool gehou 't is hy Transvaal toe +en daar het hy gou tot 'n ander oortuiging gekom. Kort na die +Jameson-inval is sy Hollandse roman <i>Afrikaner wees u zelf</i> +geskryf.<a name="FNanchor_429_429" id="FNanchor_429_429"></a><a href="#Footnote_429_429" class="fnanchor">[429]</a> Gedurende die Twede Vryheidsoorlog moes hy saam met ander +die wyk neem na Delagoabaai en vandaar na Holland. In Europa het hy byna +twee jaar gebly, baie rondgereis en sy ondersoekings oor Andries +Hendrik <span class='pagenum'><a name="Page_308" id="Page_308">[Pg 308]</a></span> +Potgieter begin, wat nog op 'n uitgewer wag. Na sy terugkoms +was hy eers tien jaar lank by 'n versekeringsmaatskappy en toe weer +onderwyser in die distrik Potchefstroom, waar hy nog is. <i>Noordwaarts</i>, +wat in 1906 al klaar was het hy in Afrikaans omgewerk vir die +<i>Burger</i>-leeskring (1919).<a name="FNanchor_430_430" id="FNanchor_430_430"></a><a href="#Footnote_430_430" class="fnanchor">[430]</a> In 1920 het ook nog verskyn <i>Vastrappers +I</i>.</p> + +<h4>Noordwaarts.</h4> + +<p>In 1877 het 'n groot aantal huisgesinne die Suid-Afrikaanse Republiek +verlaat en noordwaarts getrek. Die skrywer het historiese gegewens oor +hierdie Dorsland-Trek versamel en dit as Deel II van <i>Noordwaarts</i> +uitgegee. Die verhaal van D.J. Erasmus word afgebreek deur die volgende +opmerking van Van der Walt: "En dan volg 'n hele reeks van kostelike +informasie ... wat vir 2/3 as boustof verstrek ('t) van Boek II" (p. +217). Boek II is 'n gedeelte van 'n romantiese verhaal, wat aan die +<i>Boustowwe</i> voorafgaan. Hier het ons dus te doen met 'n onwetenskaplike +vermenging van waarheid en verdigting, wat die boek vir die historikus +vrywel waardeloos maak. Selfs op die <i>boustowwe</i> kan ons nie reken nie: +"Die skrywer het eers gemeen, by die <i>omwerking en besnoeiing van die +handskrif</i>, om die verdwaal-episode maar agterweë te laat....<a name="FNanchor_431_431" id="FNanchor_431_431"></a><a href="#Footnote_431_431" class="fnanchor">[431]</a> Nog +duideliker blyk sy werkwyse uit die volgende: "Ons moes dus by die +skrale bedeling van boustof, nadat ons ons so goed moontlik onder ons +omstandighede op hoogte van die Land- en Volkkunde van die streke +waardeur die twee van Stadens denkelik getrek het, gebring het, toe maar +verder die regte van 'n romanskrywer ons aanmatig, om so op dié manier +die leemtes enigsins aan te vul." (p. 185.) Teen 'n historiese roman oor +die Dorsland-trek bestaan daar natuurlik geen besware nie, maar die +onoordeelkundige vermenging van fantasie en waarheid in 'n boek, wat die +ondertietel <i>Historiese Sketse</i> draag, moet ten sterkste afgekeur word.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_309" id="Page_309">[Pg 309]</a></span> +Van der Walt het verskillende episodes uit sy boustowwe tot een verhaal +saamgeflans. Hy gee 'n reeks gekleurde historie-prente en laat op +bioskoopagtige wyse die vernaamste episodes voor ons verbytrek. In die +<i>uiterlike</i> omstandighede van die trekkers het hy hom goed ingeleef. Hul +ontberinge en eindelose gesukkel in die dorsland word op skilderagtige +wyse geskets. "Die opeenvolging van ellendes" (p. 58), die lyding van +mens en dier in woeste oorde, die moeilikhede met die inboorlinge is op +duidelike en aanskoulike wyse voorgestel, sodat die geheel 'n treffende +rolprent van die volhardingsvermoë van die Afrikanerpioniers word. Maar +ons mis die hand van die kunstenaar wat só kan skilder, dat die figure +van die doek af na ons toe kom, met ons praat en die roersels van hul +innerlikste menssyn openbaar. Want daarvoor deins die skrywer terug. +"Ons laat maar liewer die sluier val!" (p. 112);<a name="FNanchor_432_432" id="FNanchor_432_432"></a><a href="#Footnote_432_432" class="fnanchor">[432]</a> "Maar laat ons +maar liewer van Tys van Wyk, die vader en van Roelf, die liefhebbende +oom, swyg—swyg van algar se verdriet, wat elkeen op sy eie manier +getoon het...." (p. 136); "O, geen pen kan die aakligheid van die reis +beskrywe nie!" (p. 139); "Wie sal 'n vroumens se trane deurgrond?" (p. +162). So soek die skrywer altyd maar uitvlugte. Net waar hy 'n kans kry +om die dieper menslikheid te teken, getuig hy sélf van sy onmag. Hy bly +meestal die belangstellende toeskouer, wat nie die ellende self deurleef +nie, maar op 'n goeie distansie aantekeninge maak: "Laat ons, Leser, +hulle afkyk in hulle doen...." (p. 65). Die kranksinnige Mieta is "die +ware beeld van wanhoop" (p. 51) en 'n paar reëls verder weer "die beeld +van verregaande onverskilligheid". Tog het hy daarin geslaag om 'n hele +paar lewendige toneeltjies te teken, soos o.a. die dood van Joggie (p. +68 vlg.). Ook die vaste vertroue op die Voorsienigheid onder die bangste +gevare, en die stille godsvrug van die trekkers is goed weergegee.</p> + +<p>Die gebeurtenisse deur Van der Walt beskryf was vanself al danig +romanties. Maar hy is nog nie tevrede nie! Dit word so aangedik, dat +mens jou naderhand <span class='pagenum'><a name="Page_310" id="Page_310">[Pg 310]</a></span> +verbeeld dat jy onder die oud-testamentiese bedeling +leef. Daarom verbaas dit ons nie dat die steenbokkie reguit in Tys se +knipmes inloop nie! (p. 144). Die meisie wat deur die kaffers ontvoer +word, ontbreek ook nie, nog minder die paartjie wat mekaar "kry". +"Leser, ons paar <i>het</i> mekaar nou. Sal ons ook nou maar ophou?" (p. +157.) Asseblief tog neef, want ons het dit al só baie gehoor! As jy van +die verliefde paartjie nie twee lewendige <i>mense</i> kan maak nie, wat op +hul eie manier liefhet en nie mekaar sommer "kry" en "het" nie—bly dan +maar liewer stil! Die bruilof ens.—ja kyk—soiets lees ons elke dag in +<i>Die Burger</i> en <i>De Volkstem</i>. Ons weet presies hoe dit gebeur en daar +in die wildernis is 'n mens ook maar 'n mens! Hou tog maar liewer op!</p> + +<p>In plaas van plastiese uitbeelding kry ons moralisasies en godsdienstige +oorpeinsings, soos by die beskrywing van Sarie Swarts se lotgevalle. Hoe +sterk die moraliserende tendens is blyk duidelik uit</p> + +<h4>Vastrappers I.</h4> + +<p>In die voorwoord al staan 'n heftige tirade teen allerlei "onruswekkende +verskynsels". Daartoe behoort: "die prysgewing van ons jeug aan die +Rugby-Moloch, ... die goddelose Rugby-gedoente" (p. 7); "die gruwelike +en gevaarlike sigarette-draak, gemengde baaiery, die Malthusiaanse +euwel" ens. Ook in die teks kom sulke uitvalle voor. Van der Walt het +seker die volste reg om vir sy lewensbeskouing propaganda te maak, maar +in 'n historiese werk kom sulke sedeprekery nie te pas nie.</p> + +<p>Die eerste afdeling van <i>Vastrappers</i> bestaan uit sitate van "wat ander +mense so ongeveer van Boer geskryf het." Waarom ons dit eers moet lees, +is nie duidelik nie. Dan volg: "Die Historie van seker vier +Potgietergeslagtes", 'n reeks "oorspronklike famielieverhale", wat "so +orgineel moontlik" afgedruk word. Hy hoop dat "veral Jong S.A. se oë +meer mag oopgaan om die egte goud van ons skone Verlede te onderskei van +baie namaaksels en klatergoud van ons tye." (p. 37.) Die derde afdeling +"Baanbrekers en Vastrappers" is 'n soort sedekundige verhandeling om aan +te toon, dat daar <span class='pagenum'><a name="Page_311" id="Page_311">[Pg 311]</a></span> +"'n goue streep van Kalvinisme deur heel ons +Vaderlandse Geskiedenis (lê)" (p. 200). Afdeling IV dra 'n uit +taalkundige oogpunt onjuiste tietel: "Uit vanmelewe ou Potchefstroom se +dae". Dit is 'n herdruk van 'n artiekel uit <i>Het Westen</i> van 1908, met +'n naskrif van 1919 waarin gedeeltes uit ou Potchefstroomse krante +afgedruk word. III en IV is albei "<i>onvoltooide</i> sketse". "Omstandighede +het ons belet om al die informasie behoorlik te verwerk soos dit eintlik +behoort. Dit het gekom deels omdat ons nog nie klaar het met ons +histories ondersoek" (p. 211). Met dié woorde veroordeel die skrywer sy +eie werk. Die wanordelike allegaartjie wat hy ons aanbied, met sy +doolhof van inleidings, aanhangsels, naskrifte, note en +bymekaargeskraapte sitate is 'n duidelike bewys dat naas liefde vir die +voorgeslag 'n deeglike, wetenskaplike voorbereiding onmisbaar is. As +<i>Vastrappers I</i> enige waarde het, dan moet dit gesoek word in die +Potgieterverhale, wat die grootste gedeelte van die boek beslaan. Die +beoordeling daarvan kan egter aan die historisie oorgelaat word.</p> + +<p>In <i>Noordwaarts</i> skryf Van der Walt 'n gemaklik-vloeiende taal, wat +egter weinig persoonliks het. Die invloed van die Hollandse skool van +vóór '80 blyk nie alleen uit sy "bewerkte" sitate van Ten Kate nie, maar +ook uit beeldspraak soos: "'n vlym deur sy siel" (p. 152). Hinderlik is +die gebruik van "geword" (p. 60), en die verkeerde sinstelling: "Sy het +vooroorgeval, en het haar liggaam 'n skok gekry" (p. 90). In +<i>Vastrappers</i><a name="FNanchor_433_433" id="FNanchor_433_433"></a><a href="#Footnote_433_433" class="fnanchor">[433]</a> is die styl minder versorgd. Daar kom voor o.a.: "Die +Barbaar gevaar" (p. 202); "verhaalde" (p. 232); "Soiets sou wel meer +konsekwent, ... en op tot datum (up to date) gewees het, as al die +onnasionale <i>dus</i> egoïsme in die hand werkende voetbal-gedoe." (p. +215.)<a name="FNanchor_434_434" id="FNanchor_434_434"></a><a href="#Footnote_434_434" class="fnanchor">[434]</a>.</p> + + +<h3>§ 11. Senator G.G. Munnik.</h3> + +<h4>Kronieke van Noordelike Transvaal, (1920).</h4> + +<p>In die eerste hoofstukke word die nedersetting van blanke onder Generaal +Hendrik Potgieter in <span class='pagenum'><a name="Page_312" id="Page_312">[Pg 312]</a></span> +Soutpansberg beskryf. Dan volg 'n uiteensetting +van die moeilikhede met die talryke kafferstamme en die gebeurtenisse +wat gelei 't tot die belegering van Makapaan in sy grotte.<a name="FNanchor_435_435" id="FNanchor_435_435"></a><a href="#Footnote_435_435" class="fnanchor">[435]</a> Ook die +politieke kibbelarye tussen verskillende Transvaalse leiers en die +toestande op die goudvelde word geskets. Uit die lewe van die +goudsoekers en jagters vertel die skrywer interessante voorvalle. Sy +ondervindings as mynkommissaris en landdros lewer die stof vir meer as +een vermaaklike anekdote, wat op lewendige toon vertel word. Ons kry ook +'n goeie kyk op die verhouding tussen die regering, die amptenare en die +burgers. Die skrywer slaag daar goed in om ons 'n kleurige beeld te gee +van die lewe van die baanbrekers in die noorde, die wisselvallighede van +hul swerwersbestaan, hul moed en uithou-vermoë. Veel beter as deur 'n +lang betoog word die toestande geskets met 'n voorval soos die volgende: +"Uit die getuienis blyk ..., dat elkeen van twee vyandige gemeentes die +kerk, 'n sinkgebou, eis. Daarop breek die wakkerste gemeente die kerk, +die van hout en yster was, af, en karwei dit weg op bokwaens, voordat +hulle teenpartyders daar iets van wis" (p. 69). Ook die talryke +Kruger-anekdotes word op aangename wyse vertel. Sonder dat dit aanspraak +kan maak op groot letterkundige verdienste is die herinneringe van +Senator Munnik ongetwyfeld 'n aantreklike boek, waarin die +algemeen-menslike kant van 'n so goed as onbekende historiese tydperk +mooi belig word. Sulke bydraes kan ook vir die geskiedkundige navorser +van groot belang wees en die skrywe van soortgelyke herinneringe verdien +navolging. Van Oud-Pres. F.W. Reitz het in verskillende tydskrifte ook +sulke memoires gestaan, wat behoorlik bygewerk 'n interessante +bundeltjie oor die ou dae kan word.</p> + +<p>Volgens 'n meedeling het Munnik sy werk nie oorspronklik in Afrikaans +geskrywe nie. Sy taal en styl laat nog heelwat te wense oor. Hy gebruik +<i>die</i> as relatief; daar is 'n klompie anglisismes o.a. raar (Eng. rare) +(p. 21); "om vir verlore kanse op te maak" (p. 72); "hy was ook gemeng +met die affêres...." (p. 82). <span class='pagenum'><a name="Page_313" id="Page_313">[Pg 313]</a></span> +Die woordskikking is telkens verkeerd +b.v.: "Met die <i>vooruitsig</i> (anglisisme) van 'n Hooglander het hy hom 'n +massa kruit saamgebring en het dit die Republikeinse Goewernement +aangeneem...." (p. 53).</p> + + +<h3>§ 12. Ds. J.D. Kestell.</h3> + +<p>Ds. Kestell is 15 Des. 1854 gebore op Pieter-Maritzburg. In sy jeug is +hy persoonlik met verskeie Voortrekkers in aanraking gewees. Hy vertel: +"Sarel Cilliers het ek gesien in die huis van my vader, en later op sy +eie plaas, Doringkloof. J.N. Boshoff het ek as kind op Pieter-Maritzburg +geken. Marthinus Oosthuijse het ek dikwels ontmoet, en uit sy eie mond +die geskiedenis van die Trek gehoor. Daniel Bezuidenhout het my self +verhaal wat sy wedervaringe was."<a name="FNanchor_436_436" id="FNanchor_436_436"></a><a href="#Footnote_436_436" class="fnanchor">[436]</a> Na sy teologiese opleiding op +Stellenbosch het hy 'n jaar lank gestudeer aan die Utrechtse +uniwersiteit. As predikant het hy gestaan op Kimberley, Harrismith, +Ficksburg en Bloemfontein. Daarna was hy redakteur van <i>De Kerkbode</i> en +op die oomblik is hy rektor van die Grey-Uniwersiteits-Kollege.</p> + +<p>Sy eerste geskrif was 'n toneelstuk oor Slagtersnek, <i>The Struggle for +Freedom</i>. In sy studiejare het hy ook 'n Engelse roman oor dieselfde +onderwerp geskryf. "Onse Jan" het dit vir <i>Het Z.A. Tijdschrift</i> +vertaal. <i>Uit het Afrikaansche Boerenleven</i> (1897) is 'n bundel +dorpsnovelles.<a name="FNanchor_437_437" id="FNanchor_437_437"></a><a href="#Footnote_437_437" class="fnanchor">[437]</a> <i>De Voortrekkers</i> of <i>Het Dagboek van Izak van der +Merwe</i> (1898) is in samewerking met Nico Hofmeyr geskryf, <i>Johanna +Cloete</i> in 1899. Gedurende die Twede Vryheidsoorlog het Ds. Kestell +Pres. Steyn en Genl. De Wet vergesel op hul togte en die stryd meegemaak +tot die bitter einde toe. Na die vrede het verskyn: <i>Met de +Boerencommando's</i> of Mijn Ervaringen als Veldprediker en <i>De +Vredesonderhandelingen tusschen Boer en Brit</i> (1909), die laaste in +samewerking met D.E. van Velden.</p> + +<p>Sy skoonvader se biografie het Ds. Kestell in 1911 <span class='pagenum'><a name="Page_314" id="Page_314">[Pg 314]</a></span> +uitgegee onder die +tietel <i>Het Leven van Prof. N.J. Hofmeyr</i>, die van <i>Christiaan de Wet</i> +in 1920.<a name="FNanchor_438_438" id="FNanchor_438_438"></a><a href="#Footnote_438_438" class="fnanchor">[438]</a></p> + +<p><i>Die Voortrekkers</i> (1920) is 'n omwerking van 'n reeks voorlesings op +Kimberley gegee. Ds. Kestell is lid van die S.A. Akademie, die <i>Leidsche +Maatschappij</i> en die <i>Historische Genootschap</i> van Utrecht. Op kerklike +en nasionale gebied is hy een van die volksleiers. Volgens die redakteur +van <i>Die Brandwag</i> is hy "in baie opsigte vir ons die verpersoonliking +van die beste wat daar in ons Afrikaanse volk woon."<a name="FNanchor_439_439" id="FNanchor_439_439"></a><a href="#Footnote_439_439" class="fnanchor">[439]</a> Aan die +redakteur het hy ook vertel "hoe dit hom spyt, dat hy in die ou dae nie +deelgeneem het aan die stryd vir die regte vir Afrikaans nie." Hy is nou +besig om al sy verhale in Afrikaans te vertaal.</p> + +<h4>Die Voortrekkers.</h4> + +<p>Dit is "'n kort geskiedverhaal", waarin die oorsake en die vernaamste +gebeurtenisse in verband met die Groot Trek tot op 16 Desember 1838 +beknop en helder uiteengeset word; 'n handige boekie vir iedereen wat +die groot gang van die emigrasiebeweging wil begryp, sonder om daarvan +eintlik 'n studie te maak. Van Gardiner en Owen word gesê: "Maar so +bitter vyandig teen die Boere was hulle ook nie, dat hulle 'n barbaarse +opperhoof kon aanhits tot 'n gruwelike bloedbad." (p. 76). Die bewyse +vir die stelling ontbreek egter.</p> + +<p>"Ek vertrou dat wat aan my werk iets wat op sigself staan sal gee is, +dat ek persoonlik met eminente Voortrekkers in aanraking is gewees." (p. +VI.) Gedeeltelik is dit waar, maar daar is tog geen figuur, wat so +geteken is nie, dat ons na die lesing van die boekie voel, dat ook ons +in persoonlike aanraking met 'n Voortrekker gewees is. Kestell mis die +plastiese gawe wat vir so 'n uitbeelding nodig is. Hy verseker ons +trouens self, dat dit onmoontlik is. "<i>Onbeskryflik</i><a name="FNanchor_440_440" id="FNanchor_440_440"></a><a href="#Footnote_440_440" class="fnanchor">[440]</a> was die +aandoening <span class='pagenum'><a name="Page_315" id="Page_315">[Pg 315]</a></span> +in (Retief se) siel, toe hy staar op die land wat daar aan +sy voet lê: Natal, met sy golwende berge en dale" (p. 60). Ook die +beskrywing van Retief se eerste blik op Natal toon duidelik, dat Kestell +geen woordkunstenaar is nie, wat deur die mag van sy skilderende woord +'n beeld kan laat lewe nie. "In die jonge groen van die vroeë lente was +alles gedos.... Oral sien hy die veld <i>met</i> 'n ryke oorvloed bedek +<i>met</i><a name="FNanchor_441_441" id="FNanchor_441_441"></a><a href="#Footnote_441_441" class="fnanchor">[441]</a> blomme van allerhande vorm en kleur en geur...." (p. 60). Ook +die moord van Retief is "onbeskryflik" (p. 76), en in die +Bloedrivierslag beleef die Trekkers "onbeskryflike ure" (p. 101). Of +anders is die tonele weer "ontsettend, hartverskeurend" (p. 86), +retoriese skrikmaak-frases, wat geen ontroering wek nie. In die eerste +hoofstuk (§ 6) het ons al gesien, dat Kestell van die Hollandse kuns van +na 1880 niks wil weet nie en in sy werk kom dan ook versteende +beeldspraak soos die volgende voor: "onuitwisbar(e) littekens in die +hart ... gebrand" (p. 8); "'n golf van onuitspreeklike smart" (<i>C. de +Wet</i>, p. 64).</p> + +<p>Die taal van <i>Die Voortrekkers</i> is erg onafrikaans. Die dubbele +ontkenning word selde reg gebruik; <i>die</i> as relatief, <i>hem</i> en vorme +soos die volgende is storend: Het is nie swaar ... (p. 15); die droewig +pad (p. 103); Hulle het nie beter op die hoogte kon gewees het nie (p. +1);<a name="FNanchor_442_442" id="FNanchor_442_442"></a><a href="#Footnote_442_442" class="fnanchor">[442]</a> geontbied (p. 71). Onbeholpe is die volgende: Dingaan (het) in +sy stad in druk gesprek gesit praat met twee van sy vernaamste kapiteins +(p. 78); Toe die dag breek kon dit beter gesien word om sig te verdedig. +(p. 82.)</p> + +<h4>Christiaan de Wet.</h4> + +<p>In die eerste hoofstukke word 'n oorsig gegee van sy jeug en die +moeilike jare wat op sy huwelik gevolg het. Op lewendige wyse word sy +aandeel in die Transvaalse Vryheidsoorlog meegedeel. Nadat hy 'n tydlank +veldkornet en volksraadslid gewees 't in die Transvaal, keer hy terug +Vrystaat toe, waar hy ook gou op politieke <span class='pagenum'><a name="Page_316" id="Page_316">[Pg 316]</a></span> +gebied optree. "Sy breë kyk +op sake" word veral geroem. Dan volg 'n historiese oorsig van die +gebeurtenisse wat aanleiding gee tot die Twede Vryheidsoorlog. De Wet +gaan op kommando as gewone burger, maar word gou veggeneraal en na die +oorgawe van Cronjé hoofkommandant. Met gebruikmaking van De Wet se +oorlogsboek gee Kestell dan 'n oorsig van die vernaamste +krygsgebeurtenisse. Die besoek van die Boere-generaals aan Europa word +beskryf en ook Mevr. De Wet se ondervindings gedurende die oorlog. Onder +die verantwoordelike bestuur word De Wet minister van landbou.</p> + +<p>Die gebeurtenisse na 1914 is breedvoerig behandel. Hier gee die skrywer +nie alleen 'n relaas van die uiterlike feite nie, maar hy toon duidelik +aan wat daar in die siel van die generaal omgegaan 't en hoe sy besluit +om te rebelleer geryp 't. Die laaste gedeelte van die biografie is die +bes geslaagde, omdat ons daar werklik in aanraking kom met 'n +persoonlikheid. De Wet se laaste veldtog, sy verhoor en gevangenislewe +word op gevoelvolle wyse beskryf. Met verskeie historiese bylaes sluit +die boek.</p> + +<p>Op die gebrek aan sielkundige analiese maak die skrywer ons 'n enkele +maal self weer opmerksaam: "Geen woorde kan beskryf wat daar op die +oomblik deur die siel van C. de Wet gaan nie" (p. 84).<a name="FNanchor_443_443" id="FNanchor_443_443"></a><a href="#Footnote_443_443" class="fnanchor">[443]</a> Die +plastiese skildering is meestal geslaag, ofskoon die gemeenplaatse soms +hinderlik word: "Daar kom generaal De Wet aangery van die voorpunt, en +hy roep die burgers bymekaar. Hy bly sit op sy perd, en die burgers kom +voor hom staan. Hy is woedend kwaad. Hy byt op sy tande. Deur sy tande +kom die woorde sissend ... Daarna word hy kalmer, en eindelik haal hy sy +hoed af. "Kom ons bid", sê hy. Wat 'n gebed was dit uit die mond van dié +man, daar op die perd! Dit roer elkeen tot op die bodem van sy wese. +Elkeen voel dat die hare op sy hoof rys...." (p. 68-9). Meer as een +lewendige kommando-toneeltjie is treffend deur juiste tekening. Die +begin van hoofstuk XIII is daarvan 'n mooi voorbeeld. Ook uit die +generaal se jeug het die <span class='pagenum'><a name="Page_317" id="Page_317">[Pg 317]</a></span> +skrywer heelwat voorvalle opgeteken wat ons 'n +goeie insig in sy persoonlikheid gee. De Wet se eie meedelings is op +aangename wyse verwerk en munt uit deur aanskoulike voorstelling. +Kestell het gesegdes van hom opgeteken, wat 'n kosbare bydrae is tot ons +kennis van die groot heldefiguur, terwyl die na-oorlogse periode van sy +loopbaan op treffende wyse verduidelik is.</p> + +<p>Vergeleke met <i>Die Voortrekkers</i> is die meeste on-Afrikaanse wendings +uit die styl verdwyn. Slegs selde stuit mens op 'n sin wat minder goed +in mekaargeset is, soos die volgende: "As hierdie manifes nou gelees +word, dan tref dit dadelik dat daarin uitdrukkinge voorkom soos dié nie +sou verwag word as uit die pen van Beyers te gevloei het nie, maar wat +dikwels van die lippe van De Wet geval het" (p. 202).<a name="FNanchor_444_444" id="FNanchor_444_444"></a><a href="#Footnote_444_444" class="fnanchor">[444]</a></p> + + +<h3>§ 13. Dr. N.J. van der Merwe.</h3> + +<p>Hy is gebore in 1888 op Senekal, O.V.S. Aan die Grey-Kollege het hy in +1907 gegradueer met honneurs in moderne tale. Twee jaar lank was hy +onderwyser in Fauresmith en daarna het hy teologie studeer aan die +Stellenbosse Kweekskool, waar hy in 1911 ook die B.D. eksamen afgelê +het. In 1914 was hy reisende sekretaris vir die C.S.V. en daarna +predikant op Wepener. Sy teologiese studie het hy voortgeset aan die +Vrye Uniwersiteit op Amsterdam, waar hy in 1921 gepromoveer het op 'n +dissertasie <i>Die Sosiale Prediking van Jesus Christus</i>. Op die oomblik +is hy predikant op Theunissen O.V.S. Hy is in 1916 gehuud met 'n dogter +van President Steyn. Sy skoonvader se lewensbeskrywing <i>Marthinus +Theunis Steyn</i> het in 1921 verskyn in twee dele.</p> + +<h4>Marthinus Theunis Steyn.</h4> + +<p>Die skrywer van 'n politieke biografie staan voor 'n groot moeilikheid +wat deur Winston Churchill goed aangedui is in sy voorwoord by die lewe +van <span class='pagenum'><a name="Page_318" id="Page_318">[Pg 318]</a></span> +<i>Lord Randolph Churchill</i>. "The style and ideas of the writer must +throughout be subordinated to the necessity of embracing in the text +those documentary proofs upon which the story depends. Letters, +memoranda, and extracts from speeches, which inevitably and rightly +interrupt the sequence of his narrative, must be pieced together upon +some consistent and harmonius plan. It is not by the soft touches of a +picture, but in hard mosaic or tessellated pavement, that a man's life +and fortunes must be presented in all their reality and romance. I have +thought it my duty, so far as possible, to assemble once and for all the +whole body of historical evidence required for the understanding of Lord +Randolph Churchill's career." Op dieselfde manier het Van der Merwe te +werk gegaan. Die grootste gedeelte van sy biografie bestaan uit +historiese dokumente, waaronder 'n uitgebreide diktaat van Pres. Steyn, +briewe, redevoerings en offisiële stukke. Tereg verklaar hy dan ook in +sy voorwoord: "Met die volle bewussyn dat daar in die voorliggende werk +<i>dikwels eenvoudig boustof gelewer word</i> waar die leser miskien 'n gebou +sou verwag, dog met die oortuiging dat dit onder die huidige +omstandighede voorbarig sou wees om meer te doen...."<a name="FNanchor_445_445" id="FNanchor_445_445"></a><a href="#Footnote_445_445" class="fnanchor">[445]</a></p> + +<p>John Morley het voor dieselfde probleem gestaan in sy <i>Life of William +Ewart Gladstone</i>: "Where the subject is a man who was four times at the +head of the government—no phantom, but dictator—and who held this +office of first minister for a longer time than any other statesman in +the reign of the Queen, how can we tell the story of his works and days +without reference, and ample reference, to the course of events over +whose unrolling he presided, and out of which he made history?... +Assuredly I am not presumptuous enough to suppose that this difficulty +of fixing the precise scale between history and biography has been +successfully overcome by me. It may be that Hercules himself would have +succeeded little better."<a name="FNanchor_446_446" id="FNanchor_446_446"></a><a href="#Footnote_446_446" class="fnanchor">[446]</a></p> + +<p>Selfs by 'n gewone lewensbeskrywing het die biograaf <span class='pagenum'><a name="Page_319" id="Page_319">[Pg 319]</a></span> +al 'n moeilike +taak. Hy moet 'n verslag gee van die uiterlike wederwaardighede van die +persoon; maar hy moet ook sy intellektuele en geestelike groeiproses +teken en die gestadige wisselwerking tussen die twee nooit uit die oog +verloor nie. Is die onderwerp van die lewensbeskrywing so 'n +buitengewone persoon soos Pres. Steyn, wat gedurende die periode +1896-1916 feitlik aan die hoof van die hele volk gestaan 't, dan word +dit nog noodsaaklik om die geskiedenis van die nasie ook te vertel. Op +die manier loop die biograaf gevaar om die eenheid van sy werk te +verstoor, presies soos die skilder van 'n groot veldslag, wat probeer om +àl die soldate van weerskante op sy doek in te druk. Die verstandige +biograaf sal soveel moontlik aan die historikus oorlaat en dit het Van +der Merwe dan ook meestal gedoen o.a. met die twede Vryheidsoorlog en +die vredesonderhandelinge. Sulke gebeurtenisse behoort tot die terrein +van die historikus. "To make some roughly effective summary of (such) +doings, in the way of epitome or extract, will be all that can fairly +come within the province of biography"<a name="FNanchor_447_447" id="FNanchor_447_447"></a><a href="#Footnote_447_447" class="fnanchor">[447]</a></p> + +<p>Edmund Gosse het verklaar, dat dit 'n groot fout is om, wat genoem word +<i>Life and Times</i> van 'n mens te probeer beskryf. "History deals with +fragments of the vast roll of events; it must always begin abruptly and +close in the middle of affairs; it must always deal, impartially, with a +vast number of persons. Biography is a study sharply defined by two +definite events, birth and death. It fills its canvas with one figure, +and other characters, however great in themselves, must always be +subsidiary to the central hero."<a name="FNanchor_448_448" id="FNanchor_448_448"></a><a href="#Footnote_448_448" class="fnanchor">[448]</a></p> + +<p>Per slot van rekening bly dit 'n moeilikheid wat iedere biograaf op sy +eie manier moet oplos. Dit verdien in elk geval die noukeurige oorweging +van ons toekomstige lewensbeskrywers. Die lewensbeskrywing van Pres. +Steyn sou m.i. aan eenheid gewin het, as daar 'n skeiding gemaak was +tussen die historiese en biografiese gegewens. <span class='pagenum'><a name="Page_320" id="Page_320">[Pg 320]</a></span> +Die diktaat van die +president, sy redevoerings en die offisiële dokumente kan gemaklik as +historiese aanhangsel gegee word. Omdat dit alles in die teks van die +biografie geskuif word, verloor ons telkens die persoonlikheid van die +president uit die oog. By die behandeling van die Hertzog-kriesis (II, +Hoofstuk XII), en die Rebellie (II, Hoofstuk XIII) is dit veral die +geval. Hier word die lewensbeskrywing feitlik 'n offisiële blou-boek, 'n +bronnepublikasie. Maar dit is dan ook van dié gebeurtenisse waarvan die +skrywer in sy voorwoord sê: "Die rook trek nog uit meer as een brand ... +en daarom word hier 'n poging aangewend om so objektief moontlik te +wees; om die <i>ipsissima verba</i> van die verskillende persone wat op die +toneel verskyn, letterlik weer te gee; en om alle kommentaar wat aan +partygevoel kan toegeskrywe word, te vermy." (I, p. 11.) Waar dit sulke +delikate kwessies geld, sou dit seker onbillik wees om nou al van die +skrywer 'n samevattende oordeel te verwag. Maar as die rook eendag +weggetrek 't is dit sy plig as biograaf om ons te laat voel wat daar in +die siel van die groot staatsman omgegaan het in die tyd. Dan sal sy +boek waarlik 'n <i>lewens</i>beskrywing word, want ten spyte van die +moeilikheid waarop Churchill sinspeel, bly dit tog waar dat 'n +versameling briewe, dokumente en redevoerings nog geen biografie uitmaak +nie, al word dit ook hoe netjies gerangskik. Die volgende bewering bevat +ongetwyfeld veel wat juis is: "A correspondence worth preserving should +be preserved apart. What the true biographer has to do with it is to use +it. The more he can extract of its purport; the more he can absorb of +its spirit; the better will be his book. The more he thrusts it in +bodily—how admirable so ever in itself—the more will his book be a +thing of shreds and patches. To depict worthily and enduringly any human +life really deserving to be depicted, is a task which was never yet +achieved without a strain on all the faculty the writer could upgather +for the occasion. That fact should suffice, one imagines, to convince a +man that letter-copying can go but a little way. Any penman can +transcribe letters—or without even inking his fingers—can put them +together, scissors-and-paste fashion, <span class='pagenum'><a name="Page_321" id="Page_321">[Pg 321]</a></span> +much quicker than any printer can +put them into type."<a name="FNanchor_449_449" id="FNanchor_449_449"></a><a href="#Footnote_449_449" class="fnanchor">[449]</a></p> + +<p>Van der Merwe het dikwels die skêr-en-lympot-metode toegepas, soms uit +noodsaak, soos in die laaste gedeelte van sy werk, maar gelukkig het hy +ons ook nader gebring tot die mens in Pres. Steyn. In die eerste ses +hoofstukke slaag hy daar uitstekend in om 'n duidelike beeld te gee van +Steyn as kind, boereseun, student, regsgeleerde en staatshoof. Met groot +liefde het hy alle beskikbare gegewens so verwerk, dat selfs iemand wat +die president nooit geken 't nie, die man vlak voor hom sien staan. Hier +spreek die biografie nie alleen tot ons verstand nie, maar ook tot ons +hart; hier is die warm tinteling van 'n aanraking tussen mens en mens, +die intiem-gesellige sfeer en nie alleen die bloot serimoniële +"kennismaking" tussen wildvreemdes nie.</p> + +<p>Alleen teen een opmerking het ons 'n bedenking: "Talryke staaltjies word +vertel van Steyn se jowiale natuur as student en sy hartlike verkeer met +sy Nederlandse vriende. Dit is egter nie nodig om die leser met hierdie +studentegrappies langer op te hou nie. Die lewe van elke gesonde en +vrolike student, soos Steyn was, is daar vol van" (I, p. 36). Dit kan +ons alleen betreur, want Plutarchus merk tereg op in sy <i>Alexander</i>: +<ins class="translit" title="Oute tais epiphanestatais praxesi pantôs enesti dêlôsis aretês ê +kakias alla pragma brachy pollakis, kai rhêma, kai paidia tis emphasin +êthous epoiêsen mallon ê machai myrionekroi, parataxeis hai megistai, +kai poliorkia poleôn"> +Οὔτε ταῖς ἐπιφανεστάταις πράξεσι πάντως ἔνεστι δήλωσις ἀρετῆς ἢ +κακίας ἀλλὰ πρᾶγμα βραχὺ πολλάκις, καὶ ῥῆμα, καὶ παιδιά τις +ἔμφασιν ἤθους ἐποίησεν μᾶλλον ἢ μάχαι μυριόνεκροι, παρατάξεις αἱ +μέγισται, καὶ πολιορκία πόλεων. +</ins><a name="FNanchor_450_450" id="FNanchor_450_450"></a><a href="#Footnote_450_450" class="fnanchor">[450]</a> Samuel Johnson het ook 'n juiste opmerking +gemaak. Sommige biograwe, sê hy, "rarely afford any other account than +might be collected from public papers, but imagine themselves writing a +life, when they exhibit a chronological series of actions or +preferments; and have so little regard to the manners or behaviour of +their heroes, that <i>more knowledge may be gained of a man's real +character by a short conversation <span class='pagenum'><a name="Page_322" id="Page_322">[Pg 322]</a></span> +with one of his servants, than from a +formal and studied narrative begun with his pedigree and ended with his +funeral</i>."<a name="FNanchor_451_451" id="FNanchor_451_451"></a><a href="#Footnote_451_451" class="fnanchor">[451]</a> Wanneer die skrywer sy boustof omwerk tot 'n gebou, +verdien die gekursiveerde woorde seker nader oorweging.</p> + +<p>In die volgende hoofstukke word die onderhandelinge, wat gelei 't tot +die nouer vereniging van die twee republieke beskryf. Dan volg die +diktaat van President Steyn waarin die staatkundige gebeurtenisse vanaf +1896-1899 uiteengeset word. Vervolgens gee die skrywer 'n +gedokumenteerde verslag van die onderhandelinge wat aan die +oorlogsverklaring voorafgegaan 't. "Die tak, geduld sowel as +staatsmansbeleid en beslistheid van die Vrystaatse President word +daardeur duidelik geopenbaar" (I, p. 235). "Hoewel hy ook lank reeds aan +vrede gewanhoop het, was hy egter beslis om nie na die wapen te gryp nie +voor hy met 'n rein gewete sy volk kon verseker dat elke moontlike +middel te baat geneem was om die onheil af te keer" (I, p. 246). Die +President se houding blyk duidelik uit sy antwoord aan 'n paar offisiere +wat gesê 't: "Laat ons maar veg": "Ek stem nie toe tot oorlog 'n minuut +voor dit nie anders kan nie, maar weet dit, as ek die dag sê "Oorlog", +dan moet julle nie met my van vrede kom praat nie. Dan moet dit gaan tot +die bitter einde" (I, p. 273). Manlike woorde van een, wat ook met dade +bewys 't, dat hy tot die grootste van die <i>Bittereinders</i> behoort! Hoe +graag sou ons meer wil weet van die "sieleworsteling" daar in die +eensame veld, op 'n stille sabbatsmore, 8 Oktober 1899—net voor die +versending van die ultimatum. (I, p. 275.) Maar dit is een van die +dramatiese momente wat die biograaf net vir ons aanstip. Wanneer Steyn, +gebroke in die liggaam, maar onverwinlik in die gees afskeid neem van sy +getroue by Vereniging, dan sê Van der Merwe ook: "Geen pen kan dit ooit +beskryf nie" (II, p. 51). En as die sterke man, gedeeltelik herstel +terugkeer na sy geannekseerde vaderland, dan roep die skrywer weer uit: +"Wat dié middag deur die hart van die Vrystaters by Kaalspruit-stasie +<span class='pagenum'><a name="Page_323" id="Page_323">[Pg 323]</a></span> +(naby Onzerust) gegaan het, sal geen pen ooit beskrywe nie" (II, p. +148). Maar sulke verklarings help ons nie om die tragiek van Steyn en sy +volk se lyding te begryp nie. Hier moet die kunstenaar-biograaf deur die +skoonheid van sy beeldende woord, deur die innigheid van sy weergawe ons +ontroer, hier kan hy nie volstaan met 'n blote vermelding van feite nie!</p> + +<p>In die twede deel word Steyn as "die siel van die vryheidstryd" geteken. +"Om sy ware grootheid te leer ken, moes 'n mens hom egter in sy +daaglikse handel en wandel onder sy offisiere en burgers sien" (II, p. +34). Hier word Van der Merwe in waarheid weer <i>lewens</i>-beskrywer, want +uit die kommando-anekdotes leer ons Steyn as mens veel beter ken as uit +sy offisiële depêches. Sou "die half-barbaarse gesegdes van Ruiter" (II, +p. 37) wat ons weerhou word, "uit vrees dat die leser wat Ruiter nie +geken het nie" dit "wat ru en plat sal vind", sou dit nie die realiteit +van die skildering verhoog 't nie? Hier geld Plutarchus en Johnson se +opmerkings weer.</p> + +<p>In die volgende hoofstuk is die president weer self aan die woord en +vertel hy van die "poginge tot vrede". Mev. Steyn se oorlogservarings en +haar ontmoeting met die president na die vrede, hulle vertrek na Europa +om herstel van gesondheid te soek word dan beskryf. Onder die +geneeskundige behandeling van prof. Winkler kom die langsame herwinning +van lewenskragte en eindelik keer die volksheld weer tot sy vaderland +terug. Die beskrywing van die lewe op Onzerust is goed geslaag, en op +treffende wyse word Steyn, as "volksiener en raadsman" geteken. Sy +bemoeiings om selfregering en die vereniging van die verskillende state +te verkry is die onderwerp van die volgende hoofstukke. Wanneer die +politieke verdeeldheid na die totstandkoming van die Unie begint, is +Pres. Steyn weer die raadsman van al die leiers. "Die enigste plek waar +al die partye so nou en dan in die gesonde lug van vertroue kom asem +skep het, was daardie boerplasie op die vlaktes van Kaalspruit. Almal +het daar hulle hart kom lug. Niemand het tevergeefs na Onzerust gekom +nie. Soos 'n vader innig besorg oor dreigende onenigheid onder sy +kinders, het President <span class='pagenum'><a name="Page_324" id="Page_324">[Pg 324]</a></span> +Steyn alles in sy vermoë gedoen om vrede en +eenheid te bewaar" (II, p. 242).</p> + +<p>Die onderhandelinge tydens die Hertzogkriesis en die rebellie word <i>in +extenso</i> afgedruk. Daar is ook 'n uiteensetting van die president self +oor sy houding tydens laasgenoemde gebeurtenis. In die slothoofstuk word +die laaste dae van die president, sy begrafnis en die roudienste +beskryf.</p> + +<p>In sy voorwoord het die skrywer die hoop uitgedruk, dat sy arbeid "iets +sal bydra om die inspirasie van president Steyn se lewe vir die Volk te +bewaar en lig te werp op 'n seer belangrike deel van ons +volksgeskiedenis...." (p. VII). Dié doel sal hy ongetwyfeld bereik, nie +alleen omdat sy stof van soveel nasionale belang is nie, maar ook omdat +sy lewensbeskrywing uitmunt deur 'n helder, goedversorgde styl.</p> + + +<h3>§ 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg.</h3> + +<h4>Moedersmart en Kinderleed, (1921).</h4> + +<p>"Dis van die grootste belang dat persoonlike ondervindinge, soos hierdie +in verband met die lewe in die Konsentrasiekampe, vir die nageslagte +bewaard bly. Dis almal kosbare materiaal vir die toekomstige skrywers +wat ernstige werk sal maak van ons geskiedenis en ons volk se geaardheid +noukeurig sal bestudeer." Aldus Jan Celliers in sy voorwoord, en daarmee +het hy die waarde van die boekie goed aangedui. Die skryfster het agtien +maande in die konsentrasiekampe gesit en deel haar ervarings op +ongekunstelde wyse, sonder enige literêre pretensies mee. Sy praat so +reg uit haar hart oor die dae van bitter swaarkry en ons luister met +ontroerde gemoed.... In algemene trekke ken ons die lydensgeskiedenis +van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe +soos die van Mevr. Boshoff wat daar 'n inniger lewe aan sal gee vir die +nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek gestel +'t, en dis 'n voorbeeld wat navolging verdien, <span class='pagenum'><a name="Page_325" id="Page_325">[Pg 325]</a></span> +want daar gaat nog meer +as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis +nie mag verlore gaan nie.</p> + +<p>Die twede gedeelte van <i>Moedersmart en Kinderleed</i> bevat "herinneringe +uit die laaste oorlog", o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur +drank", wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte.</p> + +<p>"Alles hierin meegedeel is die <i>waarheid</i> en niks minder dan die +<i>waarheid</i>," verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die +meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige +kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy +dit gedra 't.</p> + +<div class="footnotes"><h3>VOETNOTAS:</h3> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_405_405" id="Footnote_405_405"></a><a href="#FNanchor_405_405"><span class="label">[405]</span></a> Vgl. Dr. L. v. Niekerk: <i>De Eerste Afr.-Taalbeweging</i><sup>1</sup>, +p. 18 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_406_406" id="Footnote_406_406"></a><a href="#FNanchor_406_406"><span class="label">[406]</span></a> t.a.p., p. VII (10de druk).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_407_407" id="Footnote_407_407"></a><a href="#FNanchor_407_407"><span class="label">[407]</span></a> Vgl. Hoofstuk I, § 9.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_408_408" id="Footnote_408_408"></a><a href="#FNanchor_408_408"><span class="label">[408]</span></a> <i>Piet Retief</i>, p. 351.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_409_409" id="Footnote_409_409"></a><a href="#FNanchor_409_409"><span class="label">[409]</span></a> Vgl. Hoofstuk II en III.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_410_410" id="Footnote_410_410"></a><a href="#FNanchor_410_410"><span class="label">[410]</span></a> Voorwoord, 7de druk.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_411_411" id="Footnote_411_411"></a><a href="#FNanchor_411_411"><span class="label">[411]</span></a> <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_412_412" id="Footnote_412_412"></a><a href="#FNanchor_412_412"><span class="label">[412]</span></a> In 1922 het <i>Voortrekkermense</i> III verskyn. Dit bevat +dertien geskiedkundige dokumente.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_413_413" id="Footnote_413_413"></a><a href="#FNanchor_413_413"><span class="label">[413]</span></a> Oor die taal van Preller kan vergelyk word: Dr. E.C. +Pienaar, <i>Taal en Poësie</i><sup>2</sup>, (p. 146-151).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_414_414" id="Footnote_414_414"></a><a href="#FNanchor_414_414"><span class="label">[414]</span></a> Vgl. b.v. die aangehaalde voorbeelde uit <i>Kaptein +Hindon</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_415_415" id="Footnote_415_415"></a><a href="#FNanchor_415_415"><span class="label">[415]</span></a> Oorspronklik verskyn in die <i>Jaarboek van Het +Westen</i>(1909), later in <i>Die Burger-Nuwejaarsnommer</i> (1922).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_416_416" id="Footnote_416_416"></a><a href="#FNanchor_416_416"><span class="label">[416]</span></a> In Hoofstuk V, § 17, is 'n lewensskets al gegee.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_417_417" id="Footnote_417_417"></a><a href="#FNanchor_417_417"><span class="label">[417]</span></a> So staan die saamgestelde woorde deur die hele boek los +van mekaar.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_418_418" id="Footnote_418_418"></a><a href="#FNanchor_418_418"><span class="label">[418]</span></a> Hiermee moet vergelyk word 'n soortgelyke toneel van F. +Lion Cachet.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_419_419" id="Footnote_419_419"></a><a href="#FNanchor_419_419"><span class="label">[419]</span></a> Sitate volgens 2de druk (1917).</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_420_420" id="Footnote_420_420"></a><a href="#FNanchor_420_420"><span class="label">[420]</span></a> Gedeeltelik ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_421_421" id="Footnote_421_421"></a><a href="#FNanchor_421_421"><span class="label">[421]</span></a> Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar: +<i>Taal en Poësie</i><sup>2</sup> ens., p. 256 vlg.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_422_422" id="Footnote_422_422"></a><a href="#FNanchor_422_422"><span class="label">[422]</span></a> <i>Freeholder</i>, No. 35.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_423_423" id="Footnote_423_423"></a><a href="#FNanchor_423_423"><span class="label">[423]</span></a> <i>Rambler</i>, No. 60.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_424_424" id="Footnote_424_424"></a><a href="#FNanchor_424_424"><span class="label">[424]</span></a> So 'n bewering is beslis onjuis, as ons onthou dat die +<i>tietels</i> van Ds. S.J. du Toit se boeke sewe paginas in beslag neem! (p. +426-432). Daaruit moet tog 'n volkome beeld van die man se inwendige +lewe op te diep wees.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_425_425" id="Footnote_425_425"></a><a href="#FNanchor_425_425"><span class="label">[425]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_426_426" id="Footnote_426_426"></a><a href="#FNanchor_426_426"><span class="label">[426]</span></a> Rev. Thomas Davidson: <i>Chambers's Encyclopaedia</i> in die +artiekel "Biography".</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_427_427" id="Footnote_427_427"></a><a href="#FNanchor_427_427"><span class="label">[427]</span></a> 'n Werk van dieselfde geaardheid het onlangs verskyn: +<i>Die Afrikaanse Vrou</i>, "'n Beknopte oorsig van die rol wat die vrou in +die Geskiedenis van S.A. gespeel het in die 350 jaar tussen 1568 en +1918" deur Eric Stockenström.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_428_428" id="Footnote_428_428"></a><a href="#FNanchor_428_428"><span class="label">[428]</span></a> Voorberig.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_429_429" id="Footnote_429_429"></a><a href="#FNanchor_429_429"><span class="label">[429]</span></a> Vgl. Dr. G. Besselaar: <i>Z.A. in de Letterkunde</i>, p. 80.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_430_430" id="Footnote_430_430"></a><a href="#FNanchor_430_430"><span class="label">[430]</span></a> Lewensskets ontleen aan <i>Die Brandwag</i>, Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_431_431" id="Footnote_431_431"></a><a href="#FNanchor_431_431"><span class="label">[431]</span></a> p. 228. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_432_432" id="Footnote_432_432"></a><a href="#FNanchor_432_432"><span class="label">[432]</span></a> Vgl. ook p. 130.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_433_433" id="Footnote_433_433"></a><a href="#FNanchor_433_433"><span class="label">[433]</span></a> Die tipografiese uitvoering van die boek laat veel te +wense oor.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_434_434" id="Footnote_434_434"></a><a href="#FNanchor_434_434"><span class="label">[434]</span></a> Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_435_435" id="Footnote_435_435"></a><a href="#FNanchor_435_435"><span class="label">[435]</span></a> Ook deur Preller in <i>Baanbrekers</i> beskryf.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_436_436" id="Footnote_436_436"></a><a href="#FNanchor_436_436"><span class="label">[436]</span></a> Voorberig, <i>Die Voortrekkers</i><sup>2</sup>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_437_437" id="Footnote_437_437"></a><a href="#FNanchor_437_437"><span class="label">[437]</span></a> Oor Kestell se Hollandse werk kan vergelyk word Dr. G. +Besselaar: <i>Z.A. in de Letterkunde</i>.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_438_438" id="Footnote_438_438"></a><a href="#FNanchor_438_438"><span class="label">[438]</span></a> In 1922 het die twede uitgebreide druk van <i>Christiaan de +Wet</i> verskyn, te laat egter om hier nog bespreek te word. Die sitate is +volgens die eerste druk.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_439_439" id="Footnote_439_439"></a><a href="#FNanchor_439_439"><span class="label">[439]</span></a> Des. 1918.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_440_440" id="Footnote_440_440"></a><a href="#FNanchor_440_440"><span class="label">[440]</span></a> Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_441_441" id="Footnote_441_441"></a><a href="#FNanchor_441_441"><span class="label">[441]</span></a> Kursivering van my.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_442_442" id="Footnote_442_442"></a><a href="#FNanchor_442_442"><span class="label">[442]</span></a> Vgl. hiermee: "Hulle was te ver vooruit, anders het hy 'n +grote voorraad ammuniesie kan opgelaai het wat op die trein was." (<i>C. +de Wet</i>, p. 82.)</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_443_443" id="Footnote_443_443"></a><a href="#FNanchor_443_443"><span class="label">[443]</span></a> Vgl. ook p. 61, 143.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_444_444" id="Footnote_444_444"></a><a href="#FNanchor_444_444"><span class="label">[444]</span></a> Vgl. ook op p. 215 die sin wat so begint: "Hierop het +Smuts aan hom meegedeel...."</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_445_445" id="Footnote_445_445"></a><a href="#FNanchor_445_445"><span class="label">[445]</span></a> p. VII. Ek kursiveer.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_446_446" id="Footnote_446_446"></a><a href="#FNanchor_446_446"><span class="label">[446]</span></a> t.a.p. vol. I, p. 1-2.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_447_447" id="Footnote_447_447"></a><a href="#FNanchor_447_447"><span class="label">[447]</span></a> Vgl. Edwards and Hole: <i>A Handbook to the Literature of +General Biography</i>, p. 13-22.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_448_448" id="Footnote_448_448"></a><a href="#FNanchor_448_448"><span class="label">[448]</span></a> <i>Encyclopaedia Britannica</i>, in die artiekel: Biography.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_449_449" id="Footnote_449_449"></a><a href="#FNanchor_449_449"><span class="label">[449]</span></a> Edwards and Hole, t.a.p., p. 24-5.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_450_450" id="Footnote_450_450"></a><a href="#FNanchor_450_450"><span class="label">[450]</span></a> Gesiteer deur James Boswell in sy <i>Life of Samuel +Johnson</i>. Hy gee daarby die volgende vertaling van Langhorne: Nor is it +always in the most distinguished achievements that men's virtues or +vices may be best discerned; but very often an action of small note, a +short saying, or a jest, shall distinguish a person's real character +more than the greatest sieges, or the most important battles." Uitgawe +Napier, I, p. 6.</p></div> + +<div class="footnote"><p><a name="Footnote_451_451" id="Footnote_451_451"></a><a href="#FNanchor_451_451"><span class="label">[451]</span></a> <i>Rambler</i>, No. 60.</p></div> +</div> + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_326" id="Page_326">[Pg 326]</a></span> +</p> +<h2><a name="NAAMREGISTER" id="NAAMREGISTER"></a>NAAMREGISTER.</h2> + + +<p>Alleen die name van Suid-Afrikaanse skrywers en persone is hier +opgeneem. Die plek waar die vernaamste bespreking(s) voorkom, is met +kursiewe syfers aangedui.</p> + + +<div class='center'> +<table border="0" cellpadding="4" cellspacing="0" summary="Register of Names"> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>A.</td></tr> +<tr><td align='left'>Aschenborn, Hans Anton, <a href="#Page_269">269</a></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>B.</td></tr> +<tr><td align='left'>Beyers, Generaal C.J., <a href="#Page_292">292</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Boshoff, Dr. S.P.E., <a href="#Page_292">292</a>-<a href="#Page_293">293</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Bezuidenhout, Daniel, <a href="#Page_313">313</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Bosman, Sadie, <a href="#Page_225">225</a>-<a href="#Page_228">228</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Biel, A. du, <a href="#Page_58">58</a>, <i><a href="#Page_200">200</a>-<a href="#Page_205">205</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Brink, Melt, <a href="#Page_2">2</a>, <a href="#Page_3">3</a>, <a href="#Page_197">197</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Blok, Thos., <a href="#Page_304">304</a>-<a href="#Page_305">305</a></td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='2'>Bruggen, J. van, <a href="#Page_21">21</a>, <a href="#Page_23">23</a>, <a href="#Page_46">46</a>, <a href="#Page_47">47</a>, <i><a href="#Page_161">161</a>-<a href="#Page_176">176</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Boonzaaier, <a href="#Page_121">121</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Booysen, C.M., <a href="#Page_205">205</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='2'>Bruggen, J.R.L. van (Kleinjan), <a href="#Page_47">47</a>, <a href="#Page_58">58</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Boshoff, J.N., <a href="#Page_313">313</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Boshoff-Liebenberg, Mevr. Lenie, <a href="#Page_324">324</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Brümmer, Ds. N.J., <a href="#Page_14">14</a>, <a href="#Page_29">29</a>, <a href="#Page_32">32</a>, <a href="#Page_33">33</a>, <a href="#Page_43">43</a>, <a href="#Page_44">44</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>C.</td></tr> +<tr><td align='left'>Cachet, Prof. Jan Lion, <a href="#Page_231">231</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='3'><p>Celliers, Prof. J.F.E., <a href="#Page_5">5</a>, <a href="#Page_7">7</a>, <a href="#Page_10">10</a>,<br /><a href="#Page_11">11</a>, <a href="#Page_12">12</a>, <a href="#Page_15">15</a>, <a href="#Page_17">17</a>, <a href="#Page_22">22</a>, <a href="#Page_31">31</a>, <a href="#Page_47">47</a>,<br /><i><a href="#Page_48">48</a>-<a href="#Page_53">53</a></i>, <a href="#Page_194">194</a>, <a href="#Page_207">207</a>, <a href="#Page_228">228</a>, <a href="#Page_285">285</a>, <a href="#Page_324">324</a>.</p></td></tr> +<tr><td align='left'>Cillié, Dr. G., <a href="#Page_12">12</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Cillié, Hettie, <a href="#Page_46">46</a>-<a href="#Page_53">53</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'></td><td align='left'>Conradie, Ds., <a href="#Page_27">27</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>D.</td></tr> +<tr><td align='left'>D'Arbez, Sien Oordt, J.F. van.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Dugteren, C.J.L. Ruysch van, <a href="#Page_55">55</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Dómine, Sien Jacobs, A.J.</td></tr> +<tr><td><span class='pagenum'><a name="Page_327" id="Page_327">[Pg 327]</a></span></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>E.</td></tr> +<tr><td align='left'>Engela, J.G., <a href="#Page_135">135</a>-<a href="#Page_136">136</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Erasmus, D.J., <a href="#Page_308">308</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Engelbrecht, J.F., <a href="#Page_55">55</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Euvrard, Chris. C, <a href="#Page_158">158</a>-<a href="#Page_159">159</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Engelenburg, Dr. <a href="#Page_277">277</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>F.</td></tr> +<tr><td align='left'>Fagan, Adv. H.A., <a href="#Page_36">36</a>, <a href="#Page_57">57</a>, <i><a href="#Page_181">181</a>-<a href="#Page_183">183</a></i>.</td> +<td align='left'></td><td align='left'>Fouché, Dr. Leo, <a href="#Page_105">105</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Fanie, Oom, Sien Malan, J.H.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Fourie, Chris, <a href="#Page_185">185</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>G.</td></tr> +<tr><td align='left'>Gass, Van, <a href="#Page_278">278</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Gieljam, Stoffel, Sien Langenhoven.</td></tr> +<tr><td align='left'>Gerdener, Ds. G.B.A., <a href="#Page_305">305</a>-<a href="#Page_307">307</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Goldblatt, Sarah, <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>H.</td></tr> +<tr><td align='left'>Hatting, J.H., <a href="#Page_278">278</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Hermanus, <a href="#Page_59">59</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Heerden, Ds. J.P. van, <a href="#Page_11">11</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Hertzog, Genl., <a href="#Page_6">6</a>, <a href="#Page_101">101</a>.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>Heerden, Mevr. Iz. van (Tannie<br />van die Brandwag), <a href="#Page_46">46</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Hoffman, Pres., <a href="#Page_304">304</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Hofmeyr, J.H. (Onze Jan), <a href="#Page_41">41</a>, <a href="#Page_313">313</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Heerden, Iz. van, (Vaalswaer), <a href="#Page_54">54</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Hofmeyr, Marjorie, <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Heever, Adv. F. v.d., <a href="#Page_60">60</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Hoogenhout, C.P., <a href="#Page_209">209</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>J.</td></tr> +<tr><td align='left'>Jacobs, A.J. Dómine, <a href="#Page_270">270</a>-<a href="#Page_273">273</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Jeppe, Carl, <a href="#Page_55">55</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Jansen-Pellissier, Mevr. M., <a href="#Page_46">46</a>, <i><a href="#Page_205">205</a>-<a href="#Page_209">209</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Jordaan, G., <a href="#Page_261">261</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>K.</td></tr> +<tr><td align='left'>Kamp, Prof. J., <a href="#Page_18">18</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Klerk, L.C., de <a href="#Page_278">278</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Keet, Prof. B.B., <a href="#Page_36">36</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='2'>Koopmans-de Wet, Mevr. Maria,<br /><a href="#Page_41">41</a>, <a href="#Page_302">302</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Kestell, Ds. J.D., <a href="#Page_17">17</a>, <i><a href="#Page_313">313</a>-<a href="#Page_317">317</a></i>.</td><td align='left'></td></tr> +<tr><td align='left'>Kleinjan, Sien Van Bruggen, J.R.L.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Kruger, Ds. J.H., <a href="#Page_219">219</a>-<a href="#Page_225">225</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'></td><td align='left'>Kruger, Pres., <a href="#Page_7">7</a>, <a href="#Page_23">23</a>, <a href="#Page_283">283</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>L.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>Langenhoven, Adv. C.J., <a href="#Page_21">21</a>, <a href="#Page_24">24</a>,<br /><a href="#Page_37">37</a>, <a href="#Page_38">38</a>, <a href="#Page_39">39</a>, <a href="#Page_40">40</a>, <i><a href="#Page_136">136</a>-<a href="#Page_140">140</a></i>,<br /><i><a href="#Page_239">239</a>-<a href="#Page_248">248</a></i>, <i><a href="#Page_249">249</a>-<a href="#Page_259">259</a></i>, <a href="#Page_277">277</a>, <i><a href="#Page_284">284</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Leipoldt, Dr. C. Louis, <a href="#Page_34">34</a>, <a href="#Page_58">58</a>,<br /><i><a href="#Page_259">259</a>-<a href="#Page_261">261</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Lombaard, H.S. <a href="#Page_291">291</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Linde, M., <a href="#Page_58">58</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Lub, J., <a href="#Page_21">21</a>, <i><a href="#Page_133">133</a>-<a href="#Page_135">135</a></i>.</td></tr> +<tr><td><span class='pagenum'><a name="Page_328" id="Page_328">[Pg 328]</a></span></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>M.</td></tr> +<tr><td align='left'>Malan, Dr. D.F., <a href="#Page_13">13</a>, <a href="#Page_31">31</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Malherbe, Mevr. K., <a href="#Page_60">60</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Malan, Essie, <a href="#Page_182">182</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Malherbe, Dr. W.M.R., <a href="#Page_33">33</a>, <a href="#Page_45">45</a>, <a href="#Page_206">206</a>.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>Malan, J.H., <a href="#Page_21">21</a>, <a href="#Page_159">159</a>, <a href="#Page_160">160</a>, <i><a href="#Page_209">209</a>-<a href="#Page_219">219</a></i>,<br /><i><a href="#Page_288">288</a>-<a href="#Page_291">291</a></i>.</td><td align='left'></td><td align='left'>Maritz, Genl., <a href="#Page_53">53</a>, <a href="#Page_293">293</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Merwe, Dr. N.J. van der, <a href="#Page_317">317</a>-<a href="#Page_324">324</a>.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>Marais, Adv. Eugène, N., <a href="#Page_47">47</a>, <a href="#Page_48">48</a>,<br /><a href="#Page_60">60</a>, <a href="#Page_276">276</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Meurant, L.H., <a href="#Page_1">1</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Mimmie, Nig., <a href="#Page_54">54</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Marais, Prof. I.J., <a href="#Page_16">16</a>, <a href="#Page_17">17</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Moorrees, Prof. A., <a href="#Page_17">17</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Maré, Léon, <a href="#Page_23">23</a>, <a href="#Page_46">46</a>, <i><a href="#Page_188">188</a>-<a href="#Page_197">197</a></i>.</td> +<td align='left'></td><td align='left'>Muir, Dr., <a href="#Page_177">177</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Maré, Steph, <a href="#Page_55">55</a>.</td><td align='left'></td><td align='left'>Muller, Dr. T.B., <i><a href="#Page_34">34</a>-<a href="#Page_36">36</a></i>, <a href="#Page_176">176</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Marius, <a href="#Page_45">45</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Munnik, Senator G.G., <a href="#Page_311">311</a>-<a href="#Page_313">313</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Malherbe, Dr. D.F., <a href="#Page_43">43</a>, <a href="#Page_60">60</a>, <a href="#Page_94">94</a>,<br /><i><a href="#Page_141">141</a>-<a href="#Page_158">158</a></i>.</td><td align='left'></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>N.</td></tr> +<tr><td align='left'>Neelsie, Sagmoedige,—Sien Langenhoven.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>O.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>O'Kulis, Dr.,—Sien Postma,<br />Ds. Willem</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Oordt, J.F. van, <a href="#Page_55">55</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Oosthuyse, Marthinus, <a href="#Page_313">313</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Oldendorf, Helene, <a href="#Page_182">182</a>, <a href="#Page_183">183</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Otto, G.J., <a href="#Page_207">207</a>, <i><a href="#Page_228">228</a>-<a href="#Page_229">229</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>P.</td></tr> +<tr><td align='left'>Pannevis, A., <a href="#Page_1">1</a>.</td> +<td align='left'>Postma, Rikie, <a href="#Page_58">58</a>, <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Pienaar, A.A., (Sangiro), <a href="#Page_23">23</a>, <a href="#Page_58">58</a>,<br /><i><a href="#Page_262">262</a>-<a href="#Page_269">269</a></i>, <a href="#Page_293">293</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Postma, Ds. Willem (Dr. O'Kulis),<br /><i><a href="#Page_231">231</a>-<a href="#Page_233">233</a></i>, <i><a href="#Page_300">300</a>-<a href="#Page_304">304</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Pienaar, Dr. E.C., <a href="#Page_11">11</a>, <a href="#Page_29">29</a>, <a href="#Page_42">42</a>, <a href="#Page_57">57</a>,<br /><a href="#Page_128">128</a>, <a href="#Page_137">137</a>, <a href="#Page_141">141</a>, <a href="#Page_287">287</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='2'>Preller, G.S., <a href="#Page_5">5</a>, <a href="#Page_21">21</a>, <a href="#Page_24">24</a>, <a href="#Page_30">30</a>, <a href="#Page_31">31</a>,<br /><a href="#Page_37">37</a>, <a href="#Page_42">42</a>, <a href="#Page_45">45</a>, <a href="#Page_46">46</a>, <a href="#Page_47">47</a>, <a href="#Page_137">137</a>, <a href="#Page_274">274</a>,<br /><a href="#Page_275">275</a>, <i><a href="#Page_276">276</a>-<a href="#Page_288">288</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Pierneef, <a href="#Page_184">184</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Plessis, L.J. du, <a href="#Page_292">292</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Pretorius, President, <a href="#Page_276">276</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>R.</td></tr> +<tr><td align='left'>Reitz, Pres. F.W., <a href="#Page_2">2</a>, <a href="#Page_312">312</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Roux, Frina, <a href="#Page_184">184</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Reitz, Joubert, <i><a href="#Page_159">159</a>-<a href="#Page_161">161</a></i>, <a href="#Page_210">210</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left' rowspan='2'>Rozenburg, Jan van, Sien Waal,<br />Adv. de</td></tr> +<tr><td align='left'>Rey, Genl. de la, <a href="#Page_276">276</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Roubaix, E. de, <a href="#Page_45">45</a>, <a href="#Page_46">46</a>, <i><a href="#Page_53">53</a>-<a href="#Page_54">54</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Reenen, Reenen J. van, <a href="#Page_11">11</a>, <a href="#Page_23">23</a>, <a href="#Page_59">59</a>,<br /><i><a href="#Page_183">183</a>-<a href="#Page_188">188</a></i>, <i><a href="#Page_234">234</a>-<a href="#Page_239">239</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>S.</td></tr> +<tr><td align='left'>Sangiro, Sien Pienaar, A.A.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Smuts, Generaal Jan, <a href="#Page_65">65</a>, <a href="#Page_100">100</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Schoon, Ds. H.F., <a href="#Page_278">278</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Steenkamp, Anna, <a href="#Page_278">278</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Schumann, T., <a href="#Page_182">182</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Steyn, Dr. H.J., <a href="#Page_11">11</a>, <a href="#Page_15">15</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Slypsteen, <i><a href="#Page_230">230</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Steyn, President, <a href="#Page_275">275</a>, <a href="#Page_313">313</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Smit, Erasmus, <a href="#Page_278">278</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Steytler, Ds. A.I., <a href="#Page_40">40</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Smith, J.A., <a href="#Page_294">294</a>-<a href="#Page_295">295</a>.</td><td align='left'></td><td align='left'>Swart, C.R., <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Smith, Prof. J.J., <a href="#Page_1">1</a>, <a href="#Page_2">2</a>, <a href="#Page_15">15</a>, <a href="#Page_34">34</a>, <a href="#Page_36">36</a>,<br /><a href="#Page_40">40</a>, <a href="#Page_55">55</a>, <a href="#Page_57">57</a>, <a href="#Page_176">176</a>, <a href="#Page_205">205</a>.</td><td align='left'></td></tr> +<tr><td><span class='pagenum'><a name="Page_329" id="Page_329">[Pg 329]</a></span></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>T.</td></tr> +<tr><td align='left'>Tannie van die Brandwag, Sien<br />Mevr. Iz. van Heerden.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Toit, Dr. J.D. du, (Totius), <a href="#Page_16">16</a>,<br /><a href="#Page_231">231</a>, <a href="#Page_232">232</a>, <i><a href="#Page_296">296</a>-<a href="#Page_300">300</a></i>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Theunissen, N.H., <a href="#Page_59">59</a>, <a href="#Page_182">182</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Tomlinson, G.C., <a href="#Page_36">36</a>, <a href="#Page_176">176</a>-<a href="#Page_180">180</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Toit, D.P. du, <a href="#Page_24">24</a>, <i><a href="#Page_197">197</a>-<a href="#Page_199">199</a></i>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Totius, Sien Toit, J.D. du,</td></tr> +<tr><td align='left'>Toit, Ds. S.J. du, <a href="#Page_1">1</a>, <a href="#Page_2">2</a>, <a href="#Page_41">41</a>, <a href="#Page_197">197</a>,<br /><a href="#Page_292">292</a>, <a href="#Page_297">297</a>, <a href="#Page_298">298</a>, <a href="#Page_300">300</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Trichardt, Karl, <a href="#Page_279">279</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>V.</td></tr> +<tr><td align='left'>Vaalswaer, Sien Iz. van Heerden.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Viljoen, Dr. W.J., <a href="#Page_210">210</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Velden, D. van, <a href="#Page_313">313</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Villiers, F.E. de, <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Veritas, <a href="#Page_182">182</a>.</td><td align='left'></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>W.</td></tr> +<tr><td align='left' rowspan='2'>Waal, Adv. J.H.H. de, <a href="#Page_21">21</a>, <a href="#Page_24">24</a>,<br /><a href="#Page_29">29</a>, <a href="#Page_30">30</a>, <a href="#Page_41">41</a>, <a href="#Page_42">42</a>, <a href="#Page_43">43</a>, <a href="#Page_47">47</a>, <i><a href="#Page_100">100</a>-<a href="#Page_133">133</a></i>,<br /><a href="#Page_230">230</a>, <a href="#Page_285">285</a>, <a href="#Page_286">286</a>, <a href="#Page_300">300</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Wet. Mevr. De, <a href="#Page_316">316</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Wielligh, G.R. von, <a href="#Page_28">28</a>, <i><a href="#Page_62">62</a>-<a href="#Page_99">99</a></i>,<br /><a href="#Page_182">182</a>, <a href="#Page_183">183</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Walt, A.J. van der, <a href="#Page_307">307</a>-<a href="#Page_311">311</a>.</td><td align='left'></td><td align='left'>Wijk, Eugène C. van, <a href="#Page_182">182</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Wessels. D.W., <a href="#Page_182">182</a>.</td><td align='left'></td> +<td align='left'>Wolla, <a href="#Page_229">229</a>.</td></tr> +<tr><td align='left'>Wet, Generaal De, <a href="#Page_313">313</a>.</td><td align='left'></td></tr> +<tr><td align='left'></td><td align='left'>Z.</td></tr> +<tr><td align='left'>Zinn, Christian, <a href="#Page_140">140</a>-<a href="#Page_141">141</a>.</td></tr> +</table></div> + + + +<hr style="width: 65%;" /><p><span class='pagenum'><a name="Page_330" id="Page_330">[Pg 330]</a></span></p> +<h2><a name="STELLINGE" id="STELLINGE"></a>STELLINGE.</h2> + + +<h3>I.</h3> + +<p>Die aandeel van <span class="smcap">Gustav Preller</span> in die Twede Afrikaanse Beweging +word deur Dr. E.C. <span class="smcap">Pienaar</span> in sy dissertasie oorskat.</p> + +<h3>II.</h3> + +<p>By die literatuuronderwys behoort die hoofdoel nie te wees die +uitpluisery van taalkundige vraagstukke nie, maar wel die opvoeding tot +'n begrip van skoonheid.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_331" id="Page_331">[Pg 331]</a></span></p> +<h3>III.</h3> + +<div class="poem"><div class="stanza"> +<span class="i0">"Wanneer de schaduw valt, en dat het sterflijck Dal<br /></span> +<span class="i0">Snachts vleughelen bespreet, zoo slaept den grooten Al,<br /></span> +<span class="i0">De Son, in Thetis schoot, ..."<br /></span> +</div></div> +<p class='right'><i>Pascha</i>, (739-41)</p> + + +<p>Verklaar met <span class="smcap">Diferee</span>, dat de schaduw des nachts de aarde met +vleugelen bespreidt en dat "den grooten Al" de zon is die 't alles +verlicht, en niet 't heelal zoals <span class="smcap">Van Lennep</span> en <span class="smcap">Unger</span> +menen.</p> + +<h3>IV.</h3> + +<p>In het geding tussen Dr. <span class="smcap">Leendertz</span> en Dr. <span class="smcap">Sterck</span> of +<span class="smcap">Eusebia</span>, aan wie <span class="smcap">Vondels</span> <i>Peter en Pauwels</i> werd +opgedragen, <span class="smcap">Anna van den Vondel</span> of <span class="smcap">Maria Tesselschade +Roemers</span> zou zijn, heeft Dr. <span class="smcap">Sterck</span> gelijk.</p> + +<h3>V.</h3> + +<p>De bewering van <span class="smcap">John Middleton Murry</span>, dat <span class="smcap">James +Boswell</span> een absolute pionier op het pad der biografie was, is +onjuist.</p> + +<p><span class='pagenum'><a name="Page_332" id="Page_332">[Pg 332]</a></span></p> +<h3>VI.</h3> + +<p>De mening van Dr. <span class="smcap">Theal</span>, dat <span class="smcap">Jan van Riebeeck</span> uit lage +stand in Kompanjiesdienst is opgeklommen kan niet als juist worden +aanvaard.</p> + +<h3>VII.</h3> + +<p>"In sommige van sy liedjies en in 'n heel enkele reël ook, is daar +onmiskenbare bewys van ware poëtiese gevoel en digterlike uitdrukking. +Al wat mankeer is die handskaaf en die sandpapier." (Adv. E.N. +<span class="smcap">Marais</span> in <i>Die Brandwag</i>, Maart 1920.) So 'n bewering is in +stryd met die wese van alle egte poësie.</p> + +<h3>VIII.</h3> + +<p>Gemeenskapskuns behoort nie as algemene leuse voorgeskryf te word nie.</p> + +<div class='bbox'> +<p>Transcriber's notes</p> +<p>Ons Kleintji standardised from Ons Klyntji, and Ons Klintji</p></div> + + + + + + + + + +<pre> + + + + + +End of the Project Gutenberg EBook of Die prosa van die twede Afrikaanse +beweging, by Pieter Cornelis Schoonees + +*** END OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK DIE PROSA VAN DIE TWEDE *** + +***** This file should be named 18203-h.htm or 18203-h.zip ***** +This and all associated files of various formats will be found in: + http://www.gutenberg.org/1/8/2/0/18203/ + +Produced by Christine D., Michael Ciesielski and the Online +Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net + + +Updated editions will replace the previous one--the old editions +will be renamed. + +Creating the works from public domain print editions means that no +one owns a United States copyright in these works, so the Foundation +(and you!) can copy and distribute it in the United States without +permission and without paying copyright royalties. Special rules, +set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to +copying and distributing Project Gutenberg-tm electronic works to +protect the PROJECT GUTENBERG-tm concept and trademark. Project +Gutenberg is a registered trademark, and may not be used if you +charge for the eBooks, unless you receive specific permission. If you +do not charge anything for copies of this eBook, complying with the +rules is very easy. You may use this eBook for nearly any purpose +such as creation of derivative works, reports, performances and +research. They may be modified and printed and given away--you may do +practically ANYTHING with public domain eBooks. Redistribution is +subject to the trademark license, especially commercial +redistribution. + + + +*** START: FULL LICENSE *** + +THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE +PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK + +To protect the Project Gutenberg-tm mission of promoting the free +distribution of electronic works, by using or distributing this work +(or any other work associated in any way with the phrase "Project +Gutenberg"), you agree to comply with all the terms of the Full Project +Gutenberg-tm License (available with this file or online at +http://gutenberg.org/license). + + +Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg-tm +electronic works + +1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg-tm +electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to +and accept all the terms of this license and intellectual property +(trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all +the terms of this agreement, you must cease using and return or destroy +all copies of Project Gutenberg-tm electronic works in your possession. +If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a Project +Gutenberg-tm electronic work and you do not agree to be bound by the +terms of this agreement, you may obtain a refund from the person or +entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8. + +1.B. "Project Gutenberg" is a registered trademark. It may only be +used on or associated in any way with an electronic work by people who +agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few +things that you can do with most Project Gutenberg-tm electronic works +even without complying with the full terms of this agreement. See +paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project +Gutenberg-tm electronic works if you follow the terms of this agreement +and help preserve free future access to Project Gutenberg-tm electronic +works. See paragraph 1.E below. + +1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation ("the Foundation" +or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project +Gutenberg-tm electronic works. Nearly all the individual works in the +collection are in the public domain in the United States. If an +individual work is in the public domain in the United States and you are +located in the United States, we do not claim a right to prevent you from +copying, distributing, performing, displaying or creating derivative +works based on the work as long as all references to Project Gutenberg +are removed. Of course, we hope that you will support the Project +Gutenberg-tm mission of promoting free access to electronic works by +freely sharing Project Gutenberg-tm works in compliance with the terms of +this agreement for keeping the Project Gutenberg-tm name associated with +the work. You can easily comply with the terms of this agreement by +keeping this work in the same format with its attached full Project +Gutenberg-tm License when you share it without charge with others. + +1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern +what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in +a constant state of change. If you are outside the United States, check +the laws of your country in addition to the terms of this agreement +before downloading, copying, displaying, performing, distributing or +creating derivative works based on this work or any other Project +Gutenberg-tm work. The Foundation makes no representations concerning +the copyright status of any work in any country outside the United +States. + +1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg: + +1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate +access to, the full Project Gutenberg-tm License must appear prominently +whenever any copy of a Project Gutenberg-tm work (any work on which the +phrase "Project Gutenberg" appears, or with which the phrase "Project +Gutenberg" is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, +copied or distributed: + +This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with +almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or +re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included +with this eBook or online at www.gutenberg.org + +1.E.2. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is derived +from the public domain (does not contain a notice indicating that it is +posted with permission of the copyright holder), the work can be copied +and distributed to anyone in the United States without paying any fees +or charges. If you are redistributing or providing access to a work +with the phrase "Project Gutenberg" associated with or appearing on the +work, you must comply either with the requirements of paragraphs 1.E.1 +through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the +Project Gutenberg-tm trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or +1.E.9. + +1.E.3. If an individual Project Gutenberg-tm electronic work is posted +with the permission of the copyright holder, your use and distribution +must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional +terms imposed by the copyright holder. Additional terms will be linked +to the Project Gutenberg-tm License for all works posted with the +permission of the copyright holder found at the beginning of this work. + +1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg-tm +License terms from this work, or any files containing a part of this +work or any other work associated with Project Gutenberg-tm. + +1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this +electronic work, or any part of this electronic work, without +prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with +active links or immediate access to the full terms of the Project +Gutenberg-tm License. + +1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, +compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any +word processing or hypertext form. However, if you provide access to or +distribute copies of a Project Gutenberg-tm work in a format other than +"Plain Vanilla ASCII" or other format used in the official version +posted on the official Project Gutenberg-tm web site (www.gutenberg.org), +you must, at no additional cost, fee or expense to the user, provide a +copy, a means of exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon +request, of the work in its original "Plain Vanilla ASCII" or other +form. Any alternate format must include the full Project Gutenberg-tm +License as specified in paragraph 1.E.1. + +1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, +performing, copying or distributing any Project Gutenberg-tm works +unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9. + +1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing +access to or distributing Project Gutenberg-tm electronic works provided +that + +- You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from + the use of Project Gutenberg-tm works calculated using the method + you already use to calculate your applicable taxes. The fee is + owed to the owner of the Project Gutenberg-tm trademark, but he + has agreed to donate royalties under this paragraph to the + Project Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments + must be paid within 60 days following each date on which you + prepare (or are legally required to prepare) your periodic tax + returns. Royalty payments should be clearly marked as such and + sent to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation at the + address specified in Section 4, "Information about donations to + the Project Gutenberg Literary Archive Foundation." + +- You provide a full refund of any money paid by a user who notifies + you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he + does not agree to the terms of the full Project Gutenberg-tm + License. You must require such a user to return or + destroy all copies of the works possessed in a physical medium + and discontinue all use of and all access to other copies of + Project Gutenberg-tm works. + +- You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any + money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the + electronic work is discovered and reported to you within 90 days + of receipt of the work. + +- You comply with all other terms of this agreement for free + distribution of Project Gutenberg-tm works. + +1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg-tm +electronic work or group of works on different terms than are set +forth in this agreement, you must obtain permission in writing from +both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and Michael +Hart, the owner of the Project Gutenberg-tm trademark. Contact the +Foundation as set forth in Section 3 below. + +1.F. + +1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable +effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread +public domain works in creating the Project Gutenberg-tm +collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm electronic +works, and the medium on which they may be stored, may contain +"Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or +corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual +property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a +computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by +your equipment. + +1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right +of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project +Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project +Gutenberg-tm electronic work under this agreement, disclaim all +liability to you for damages, costs and expenses, including legal +fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT +LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE +PROVIDED IN PARAGRAPH F3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE +TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE +LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR +INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH +DAMAGE. + +1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a +defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can +receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a +written explanation to the person you received the work from. If you +received the work on a physical medium, you must return the medium with +your written explanation. The person or entity that provided you with +the defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a +refund. If you received the work electronically, the person or entity +providing it to you may choose to give you a second opportunity to +receive the work electronically in lieu of a refund. If the second copy +is also defective, you may demand a refund in writing without further +opportunities to fix the problem. + +1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth +in paragraph 1.F.3, this work is provided to you 'AS-IS', WITH NO OTHER +WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO +WARRANTIES OF MERCHANTIBILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE. + +1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied +warranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. +If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the +law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be +interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by +the applicable state law. The invalidity or unenforceability of any +provision of this agreement shall not void the remaining provisions. + +1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the +trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone +providing copies of Project Gutenberg-tm electronic works in accordance +with this agreement, and any volunteers associated with the production, +promotion and distribution of Project Gutenberg-tm electronic works, +harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, +that arise directly or indirectly from any of the following which you do +or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg-tm +work, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any +Project Gutenberg-tm work, and (c) any Defect you cause. + + +Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm + +Project Gutenberg-tm is synonymous with the free distribution of +electronic works in formats readable by the widest variety of computers +including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists +because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from +people in all walks of life. + +Volunteers and financial support to provide volunteers with the +assistance they need, is critical to reaching Project Gutenberg-tm's +goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection will +remain freely available for generations to come. In 2001, the Project +Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure +and permanent future for Project Gutenberg-tm and future generations. +To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation +and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 +and the Foundation web page at http://www.pglaf.org. + + +Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive +Foundation + +The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit +501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the +state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal +Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification +number is 64-6221541. Its 501(c)(3) letter is posted at +http://pglaf.org/fundraising. Contributions to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent +permitted by U.S. federal laws and your state's laws. + +The Foundation's principal office is located at 4557 Melan Dr. S. +Fairbanks, AK, 99712., but its volunteers and employees are scattered +throughout numerous locations. Its business office is located at +809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887, email +business@pglaf.org. Email contact links and up to date contact +information can be found at the Foundation's web site and official +page at http://pglaf.org + +For additional contact information: + Dr. Gregory B. Newby + Chief Executive and Director + gbnewby@pglaf.org + +Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg +Literary Archive Foundation + +Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive without wide +spread public support and donations to carry out its mission of +increasing the number of public domain and licensed works that can be +freely distributed in machine readable form accessible by the widest +array of equipment including outdated equipment. Many small donations +($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt +status with the IRS. + +The Foundation is committed to complying with the laws regulating +charities and charitable donations in all 50 states of the United +States. Compliance requirements are not uniform and it takes a +considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up +with these requirements. We do not solicit donations in locations +where we have not received written confirmation of compliance. To +SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any +particular state visit http://pglaf.org + +While we cannot and do not solicit contributions from states where we +have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition +against accepting unsolicited donations from donors in such states who +approach us with offers to donate. + +International donations are gratefully accepted, but we cannot make +any statements concerning tax treatment of donations received from +outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff. + +Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation +methods and addresses. Donations are accepted in a number of other +ways including checks, online payments and credit card +donations. To donate, please visit: http://pglaf.org/donate + + +Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic +works. + +Professor Michael S. Hart is the originator of the Project Gutenberg-tm +concept of a library of electronic works that could be freely shared +with anyone. For thirty years, he produced and distributed Project +Gutenberg-tm eBooks with only a loose network of volunteer support. + +Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed +editions, all of which are confirmed as Public Domain in the U.S. +unless a copyright notice is included. Thus, we do not necessarily +keep eBooks in compliance with any particular paper edition. + +Most people start at our Web site which has the main PG search facility: + + http://www.gutenberg.org + +This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, +including how to make donations to the Project Gutenberg Literary +Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to +subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks. + +*** END: FULL LICENSE *** + + + +</pre> + +</body> +</html> + diff --git a/LICENSE.txt b/LICENSE.txt new file mode 100644 index 0000000..6312041 --- /dev/null +++ b/LICENSE.txt @@ -0,0 +1,11 @@ +This eBook, including all associated images, markup, improvements, +metadata, and any other content or labor, has been confirmed to be +in the PUBLIC DOMAIN IN THE UNITED STATES. + +Procedures for determining public domain status are described in +the "Copyright How-To" at https://www.gutenberg.org. + +No investigation has been made concerning possible copyrights in +jurisdictions other than the United States. Anyone seeking to utilize +this eBook outside of the United States should confirm copyright +status under the laws that apply to them. diff --git a/README.md b/README.md new file mode 100644 index 0000000..7058809 --- /dev/null +++ b/README.md @@ -0,0 +1,2 @@ +Project Gutenberg (https://www.gutenberg.org) public repository for +eBook #18203 (https://www.gutenberg.org/ebooks/18203) |
